title
stringlengths 0
200
| maintext
stringlengths 0
24.9k
| url
stringlengths 21
190
| date_publish
stringlengths 0
19
|
---|---|---|---|
Oliebolkrans met verskillende bolae
|
Genoeg vir 50 klein oliebolle
• 30 g suiker
• 5 ml (1 t) sout
• 10 g (1 sakkie) kitsgis
• 7,5 ml (1½ t) fyn kaneel
• 5 ml (1 t) gemengde speserye
• 5 ml (1 t) gemmer
• 80 g gemmer in stroop, fyn gekap
• gerasperde skil van 2 lemoene
• 500 g broodmeel
• 375 ml (1½ k) louwarm melk
• 80 g botter, gesmelt
• olie vir diepbraai
Lemoenglaseersel
• Meng 170 g gesifte versiersuiker met 45 ml (3 e) lemoensap tot dit ’n gladde pasta vorm.
Ander bolae
• 1 x 385 g-blikkie Caramel Treat
• 100 g kakaopoeier
• 100 g versiersuiker
• 100 g donkersjokolade, op die ontvriesstelling in die mikrogolf gesmelt
1 Gebruik ’n elektriese menger met ’n deeghaak. Gooi die suiker, sout, kitsgis, fyn kaneel, gemengde speserye, gemmer, lemoenskil en broodmeel in die bak van die menger.
2 Meng die melk en botter in ’n maatbeker en gooi stadig by die meel terwyl die masjien hardloop. Meng vir sowat 10 min. tot die deeg glad en elasties is.
3 Bedek die bak en laat die deeg vir 1 uur in die mengbak rys tot dubbel in grootte.
4 Knie die deeg vir 1 min. af en rol in rolletjies van 25 g uit. Druk die rolletjies effens plat.
5 Verhit die olie in ’n groot kastrol tot 180 °C. Diepbraai ’n paar oliebolle op ’n slag tot goudkleurig en gaar. Die bolletjies dryf na bo sodra hulle gaar is. Dreineer op kombuispapier en laat afkoel.
6 Doop ’n paar bolletjies in die lemoenversiersel en doop die res onderskeidelik in die karamel of kakaopoeier, versiersuiker, of in die gesmelte donkersjokolade.
7 Tooi hier en daar met goudblad. Pak ’n krans op ’n mooi dienbord en smul!
|
http://www.rooirose.co.za/oliebolkrans-met-verskillende-bolae/
|
2016-12-08 09:28:30
|
Wen met Avène
|
Het jy ’n velsorgvraag of -vrae oor volwasse aknee of ’n olierige vel wat jy wil hê moet deur ’n kenner beantwoord word? Dit is nou jou kans!
Avène, die velsorgreeks met kundiges wat in 1736 in die suide van Frankryk begin het om ’n vertroulike verhouding tussen dermatologiese laboratoriums en verbruikers te vestig, bied jou nou die geleentheid om ’n spesifieke velsorgvraag oor volwasse aknee of ’n olierige vel te vra wat een van hul kenners sal beantwoord.
Deel jou vraag en jy kan ’n Avène-velsorgpak (spesifiek geformuleer vir volwasse aknee en olierige velle), ter waarde van R1 000 OF een van 10 velsorganalises deur Avène WEN.
Deel jou vraag voor 13 Desember 2016 (en voltooi die vorm) om in aanmerking te kom vir die prys.
Bepalings en voorwaardes geld
Besoek Avène se webblad hier of volg hulle op Facebook
#MooisteVelMetAvene
Wen met Avene Vraag: Het jy ’n spesifieke velsorg-vraag wat jy vir die kenners van Avène wil vra? Wat is die vraag? *
Naam *
Van *
Kontaknommer *
E-posadres *
Fisiese adres *
Ek het die kompetisiereëls en -voorwaardes gelees en verstaan. * Ja
Mag rooi rose jou laat weet van enige spesiale aanbiedinge en nuus? * Ja Nee
|
http://www.rooirose.co.za/wen-met-avene/
|
2016-12-08 08:15:36
|
Petrolbom tref glo bewaarder se huis
|
'n Petrolbom is vermoedelik deur Gladwell Plaatjies se slaapkamervenster gegooi. Alles in die kamer is in die brand verwoes. Foto: Lizette da Silva
GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp-polisie ondersoek 'n saak van brandstigting nadat 'n bewaarder se huis Saterdagaand omstreeks 23:00 aan die brand gesteek is.
Gladwell Plaatjies, wat by die George-tronk werk, was by die gevangenis toe hy deur sy bure oor die brand by sy huis in Missionstraat gekontak is.
Daar word vermoed dat die brand in sy slaapkamer ontstaan het. Verdagte bakstene, wat nie vroeër daar was nie, is glo op die bed en vloer gevind. Gerugte doen die ronde dat 'n petrolbom deur sy kamervenster gegooi is.
Die res van die huis se mure was pikswart weens erge rookskade.
Niemand is in die voorval beseer nie en geen verdagtes is nog aangekeer nie.
Die motief vir die aanval is onbekend, maar die polisie volg verskeie leidrade op.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê hulle ondersoek alle moontlikhede. "Ons wag vir verslae van die plaaslike brandweer en ons deskundiges wat op die toneel was om die presiese oorsaak van die brand vas te stel."
Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. Cindy Fernold by die Pacaltsdorp-polisie skakel by 044 803 9130/34.
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/178617/Petrolbom-tref-glo-bewaarder-se-huis
|
2016-12-14 06:00:00
|
Bush Lapa Musiekfees die plek om te wees
|
Dozi is op 22 December op die verhoog.
GEORGE NUUS - Die Bush Lapa Musiekfees wat verlede Maandag afgeskop het, is dié plek om te wees as jy ‘n Afrikaanse musiekliefhebber is of net ‘n heerlike ete of skemerkelkie in ‘n pragtige landelike omgewing weg van die geroesemoes van die stad wil geniet.
Die musiekvertonings wat nog voorlê, is Dozi (22 Desember), Jay en Arno Jordaan (23 Desember), Chris Chameleon (26 Desember), Theuns Jordaan (27 en 28 Desember) en Francois van Coke (29 Desember). Op 31 Desember, sluit die fees af met die alombekende Oujaarsaandpartytjie met die party-band Eclips (lede Darryl de Lange - ex-Mean Mister Mustard en Morne Richards) wat optree. Gaste kan heerlik kom dans met die opsie van 'n spitbraai-ete by.
As jy te laat is om ‘n kaartjie in die hande te kry vir die musiekvertonings wat nog voorlê, is daar ander redes waarom jy ‘n draai moet maak. Die Bush Lapa vorm deel van 'n groter prentjie, naamlik die Herold's Bay Resort wat ook beskik oor 'n gastehuis (selfsorgeenhede) met bomabraaifasiliteite en die lieflike vlagskiplokaal, asook die Down to Earth Venue & Restaurant met sy asemrowende uitsigte oor see, woud en Mosselbaai se liggies in die verte saans. Die oord is slegs 10 minute se ry van George af in 'n rustige omgewing met 'n plaasatmosfeer geleë.
Down to Earth is daagliks oor die Desember-seisoen oop as restaurant vir ontbyt asook middag- en aandetes. Die venue is bekend om sy korporatiewe, privaat en jaareindfunksies asook troues en konferensies, dinees en skemerkelkfunksies.
"Ons ruim perseel leen hom tot groot byeenkomste, maar is ook intiem genoeg vir verjaardagpartytjies en informele kuiers. In die somer is buitelugfunksies 'n alternatief," sê KD Fourie, eienaar van die Herold’s Bay Resort en stigter van die musiekfees.
Sondagmiddagetes word aangebied in 'n ontspanne atmosfeer met lewendige agtergrondmusiek. Op Kersdag word 'n Kersete bedien.
Noddy, die hoofsjef, is bekend vir sy smullekker kos wat hy met vars bestanddele en passie voorberei. Die personeel is vriendelik en lewer uitstekende diens.
Kaartjies vir die musiekfees word direk hanteer deur www.webtickets.co.za en is beskikbaar by die Pick n Pay Money Counter-toonbank in George asook by die Musiekfees se spesiale kaartjietoonbank by Eden Meander Lifestyle Centre. Vir meer inligitng, kontak Herold's Bay Resort by 044 851 0113.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/178836/Bush-Lapa-Musiekfees-die-plek-om-te-wees
|
2016-12-18 18:00:00
|
Bordeelsaak: Vroue sit, man kry borg
|
Generiese foto.
GEORGE NUUS - Die twee Chinese vroue wat verlede maand by 'n bordeel in die middedorp van George aangekeer is, verskyn môre weer in die hof.
Beide vroue, waarvan een onwettig in die land is, is verlede Vrydag borgtog geweier en word by die gevangenis op Oudtshoorn aangehou.
Landdros Faith Twala het die saak tot môre (15 Desember) uitgestel vir pleit onderhandelinge.
Die man wat saam met die vroue op 2 November in Cradockstraat in hegtenis geneem is, is vrygelaat op R5 000-borgtog.
Dié verdagte, ook 'n Chinees, bedryf 'n winkel in Nelson Mandela Boulevard en het geldige dokumentasie wat van binnelandse sake bekom is. Hy het in sy borgtogaansoek getuig dat hy "nie eintlik die vroue ken nie, maar daar was vir 'n braai".
Tog kon hy nie aan die hof verduidelik hoe die geld waarmee die lokvink betaal het, in sy besit gekom het nie. Die Valke het die verdagtes, Xiuping Jiang, Sufong Lin en Min Gxi Zhong, tydens 'n geheime operasie (Sting) aangekeer nadat die polisie inligting opgevolg en 'n lasbrief bekom het.
Hulle staar aanklagte van onder andere prostitusie en die bedryf van 'n bordeel in die gesig.
Landdros Twala het gesê die voorkoms van dié misdaad, wat in 'n ernstige lig gesien word, het algemeen geraak in George.
Die staat het aangevoer dat die drie verdagtes almal vlugrisiko's is en oneerlik was met die hof. Een van die vroue het ook 'n soortgelyke vorige veroordeling.
Denver Malgas het vir die beskuldigdes verskyn en Eric Mtyobile vir die staat.
* The two Chinese women who were arrested at a brothel in town last month, will appear in the George magistrate's court again today for plea negotiations. Both women, one of whom is an illegal immigrant, were denied bail last Friday. Both women are being detained in Oudtshoorn. A Chinese man, who was arrested with the women on 2 November, was released on bail of R5 000.
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/178612/Bordeelsaak-Vroue-sit-man-kry-borg
|
2016-12-14 10:00:00
|
Krale verander lewens by kerk
|
Drie kreatiewe vroue wat 'n geleentheid aangegryp het wat hul lewens verander het, van links: Brenda Plaatjies, Elaine Muller en Sarie Stuurman. Foto's: Alida de Beer
GEORGE NUUS - Drie vroue van die Wildernesshoogte-gemeente van Hope Church het nuwe hoop vir die toekoms nadat hulle die geleentheid aangegryp het om deel te word van 'n kraleprojek wat die kerk begin het.
Met kleurvolle kraletjies wat Elaine Muller, Brenda Plaatjies en Sarie Stuurman uit tydskrifpapier maak, skep hulle armbande waarvan die verkope hulle nie alleen in staat stel om 'n beter lewe te maak nie, maar ook om 'n kinderhuis te ondersteun.
Bri Childress, 'n sendeling van Hope Church in Zambië waar 'n soortgelyke projek begin is, het die drie vroue vyf maande gelede die tegniek kom leer. Hope Church se pastoorsvrou, Marinette van Coller, het die Zambië-projek vroeër op die been gebring.
Sarie, Elaine en Brenda se armbande is tans beskikbaar by die Kersmark by die NG Moederkerk, die Eden-gemeente se mark 'ekliefkrismis', en by die Outeniqua Farmers' Market. Met die wins uit hul verkope, het hulle 50 wesies in Zambië hierdie jaar kos gegee.
Elaine, 'n enkelma, sê sy kan nou behoorlik vir haar sesjarige dogtertjie sorg. "Ons kort nou niks en sonder Annalie en Bri sou dit nie moontlik gewees het nie."
Sarie, 'n vrou wat maklik glimlag, se lewe het ook ten goede verander.
"Ek het niks gehad toe ek twee jaar gelede by die gemeente aangekom het nie. Nou het ek al my leerlingrybewys gekry en ek kon self daarvoor betaal. Ek neem nou rylesse. Later kan ek vir myself 'n huisie kry. Hierdie werk het vir my en my gesin wonders gedoen."
Brenda, ook 'n enkelma met 'n vyfjarige seuntjie, sê benewens die sin wat die kreatiewe werk aan haar lewe gee, kan sy ook vir haar kind sorg waar sy voorheen op 'n staatstoelaag staatgemaak het.
Hulle produksie is op van 'n aanvanklike 50 kraletjies per dag tot 600. Van die kraletjies het 'n inspirerende woord op, soos 'Hoop', 'Liefde' of 'Mooi'.
Kraletjies word 'gerol' van glanstydskrifpapier en ou kalenders. Hulle maak ook armbande vir korporatiewe klante waaronder Oakhurst Insurance, Knysna Olifantpark, Redberry Farm, Groot Constantia en die Garden Route Game Lodge.
Annalie sê deesdae is die drie vroue 'n inspirasie en bemoedig hulle ander vroue in die Wildernesshoogte- informele woongebied.
ARTIKEL & FOTO'S: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/178547/Krale-verander-lewens-by-kerk
|
2016-12-13 15:00:00
|
Tabakbedryf vereer presteerders
|
Die pryswenners wat deur ULSA en VITAS vereer is. Foto: Verskaf.
LANDBOU NUUS - Universal Leaf Suid-Afrika (ULSA), sowel as die VITAS SA Tabakklub, het onlangs tydens 'n jaarafsluitingsfunksie vir die Wes- en Oos-Kaap, presteerders in dié bedryf vereer vir buitengewone prestasies.
Coenraad Strydom, operasionele bestuurder van ULSA, het tabakboere geluk gewens met uitstekende kwaliteit en opbrengs. "Nie lank terug nie is 3 ton per hektaar opbrengs gesien as bykans onmoontlik.
Vandag is dit amper 'n gemiddelde tabakoes – wenners in die Oos-Kaap en Wes-Kaap het meer as 4,5 ton tabak per hektaar afgehaal," sê hy. Dit, ten spyte van 'n nasionale oesverlies van 17% as gevolg van droogte en haelskade.
"Ons glo dat boere wat nou begin met tabakboerdery, luister na voorligting wat gegee word. Daar is soveel ontwikkeling in die bedryf as gevolg van navorsing en produkproewe.
As 'n boer nie bybly hiermee nie, sal die nuwelinge in die bedryf die ou manne verbyglip wat produksie betref," sê Janno Koen, ULSA se agronomie-bestuurder in die Oos- en Wes-Kaap.
Spesialiteitsprodukte kan ook die bedryf in die toekoms totaal verander. Olivier Duval, die hoof uitvoerende beampte van VITAS SA het 'n paar sodanige produkte bekend gestel en genoem dat sowat 2 500 tegniese bemarkers tans daagliks nagenoeg 20 000 boere wêreldwyd besoek.
VITAS se internasionale navorsing- en ontwikkelingsresultate is nou ook tot Suid-Afrikaanse boere se beskikking, en hulle betrokkenheid by plaaslike tabakproewe sowel as saailingprojekte sal beslis waarde kan toevoeg vir plaaslike boere.
By die funksie het ULSA sertifikate uitgedeel aan die wenners van elke streek, sowel as wisseltrofeë vir spesifieke prestasies. VITAS SA het ook sertifikate, sowel as produkpryse ter waarde van R48 000 oorhandig aan die ses wenners van die twee streke.
Die pryswenners wat deur ULSA en VITAS vereer is: Agter van links is: Dempers Muller (Oos-Kaap: ULSA en VITAS SA 2de,), Riaan Terblanche (Wes-Kaap: ULSA wenner, VITAS SA 2de), Deon Ferreira (Oos-Kaap: ULSA en VITAS SA 3de), Andries en Piet Fourie (Wes-Kaap: ULSA en VITAS SA 3de) Voor van links: Rudie Strydom (ULSA algehele beste oesverbetering Wes-Kaap), Johan Botha (Wes-Kaap: ULSA 2de, VITAS SA wenner), Jerry Strydom (pa van Rudie), Merwe van der Watt (Oos-Kaap: ULSA algehele beste oesverbetering Oos-Kaap) Afwesig: Arries Boerdery: ULSA Beste Algemene Produksiebeplanning Wes-Kaap, HJ Oelofse: ULSA Beste Algemene Produksiebeplanning Oos-Kaap, Klipstoot Boerdery: Oos-Kaap: ULSA en VITAS SA wenner. Foto verskaf
ARTIKEL: SUSAN BOTHA
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Hessqua, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/Agri-Focus/177825/Tabakbedryf-vereer-presteerders
|
2016-12-02 08:00:00
|
Hierdie tyd van die jaar gebeur dinge baie vinnig. Dit is asof almal tot op die laaste minuut van die laaste dag voor die vakansie wag om alles af te handel. Almal stroom iewers heen. Die wat tuis is val in die stroom inkopiesentrums toe, die wat by die sentrums is stroom in gange langs en weer uit by die hekke met leë beursies en vol kattebakke terug huis toe.
Karre met karavane, bote en Ventertjies stroom van Gauteng af see toe en seemense stroom weer noorde toe. Almal is iewers deel van 'n stroom en tot 'n mate is dit eintlik een groot gekkigheid. Ons werk die hele jaar net om hom af te sluit deur in rye te staan om kos te koop, geskenke te laat toedraai, uit te eet of iewers op 'n strand te lê met sand wat aan ons dikgesmeerde sonblok vasklou.
As jy vra wat mense die vakansie doen kom die antwoorde "Ek gaan bietjie by Hartenbos ontspan," "Ons gaan wildtuin toe," "Ons gewone karavaanstaanplek is bespreek, ons gaan net ontspan."
Die Kersfeeskoors pak almal beet en as hy jou nie beetgepak het nie forseer iemand hom in jou keel af met spesiale aanbiedinge, swart Vrydae en afgesaagde blikkerige Kersfeeesliedjies in winkels.
Is ek dan gekant teen Kersfees? Glad nie.
Is ek gekant teen geskenke en mooi wense en mooi horingoue liedjies van Boney-M en Little Drummer Boy wat al vir dekades lank sy trommetjie voos speel? Glad nie.
Ek is gekant teen die valsheid en die leegheid wat met die Kerstyd gepaardgaan en die verwagting dat een Kerspartytjie wat 'n glimlag op 'n bejaarde se gesig sit of een mal gejaagde vakansietjie vir die volgende twaalf maande sal hou tot die volgende een. Ek is gekant teen mooi wense en beloftes dat die nuwe jaar net mooi dinge sal inhou wat skielik soos kosmosse opslaan en uitgedeel word nadat ons vir elf maande en tien dae by mekaar verbygeleef het.
Het ek in 'n anti-Kersfees 59-jarige suurknol verander? Dalk.
Ontspan? Tussen derduisende ander ontspannendes? Ek twyfel. Net so min soos wat 'n bloedrooi Kersvader en vallende sneeu deel is van ons Kersfees, net so min is 'n vakansie iewers gedurende hierdie tyd ontspannend.As ek 'n Kersfeeswens kon hê, sou dit een wees wat vra dat ons 365 dae, en die ekstra kwart enetjie ook, doen wat ons nou in hierdie tyd verplig voel om te doen; om vir mekaar om te gee, om daai Kersete sommer hier in Februarie vir 'n tannie wat alleen in Tuishuis sit te gee, om sommer net omdat ons lus voel in die middel van die jaar 'n vriend te bel en hom 'n mooi volgende week toe te wens en deur die jaar 'n paar naweke weggaan na stil plekke toe waar mens werklik kan ontspan.
|
http://www.georgeherald.com/viewblog/1713/Die-mite-van-Kersfees
| ||
Katte loop deur onder koeëls
|
Dié mannetjieskat, Ninja, van George-Suid is verlede Dinsdag met 'n windbuks in die woonbuurt geskiet. Die koeël het hom op die linkerboud getref.
GEORGE NUUSFLITS - Katte in George-Suid moet ook deesdae koes vir windbukskoeëls, soos hul maters in Denneoord.
windbuks geskiet , maar die keer in Cradockstraat, in die middedorp. Kort na 'n voorval drie weke gelede in Denneoord is 'n gesteriliseerde mannetjieskat verlede Dinsdag (6 Desember) met 'n, maar die keer in Cradockstraat, in die middedorp.
Chantel de Witt se kat Ninja moes behandeling by 'n veearts ondergaan nadat hy op sy linkerboud geskiet is. De Witt is van voorneme om die saak by die polisie aan te meld. Sy vra dat mense met inligting oor die voorval die Tuinroete-dierebeskermingsvereniging sal kontak.
In 'n onlangse voorval in Denneoord is die Lesch-familie se wyfiekat, Rozy, op die hoek van Porter- en Hugenotestraat met 'n windbuks in die maag geskiet. Monique Lesch, die kat se eienaar, het 'n stewige veeartsrekening van sowat R3 700 om te betaal.
Die Tuinroete-dierebeskermingsvereniging het beklemtoon dat dit onwettig is om met 'n windbuks in 'n woonbuurt te skiet. Volgens die bestuurder van die vereniging, Frieda Jansen van Rensburg, blyk dit dat daar 'n toename in voorvalle is waar katte geteiken word. "Dit is absoluut onaanvaarbaar," het sy gesê.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/178426/Katte-loop-deur-onder-koeels
|
2016-12-12 10:00:00
|
Inbrake in Delvillepark neem toe
|
Jan Flores, lid van die buurtwag, het verlede week die houtstoele by 'n plakkershuis in Syferfontein gekry en weer aan die wettige eienaars terugbesorg. 'n Informele winkel word van die huis bedryf en is vermoedelik een van die afsetpunte vir gesteelde goedere.
GEORGE NUUS - Voorvalle van diefstal in Delvillepark het die afgelope tyd skerp toegeneem en nie eers die nat wasgoed op die wasgoedlyne word gespaar nie.
Verskeie inwoners se wasgoed is op dié wyse gesteel en wil dit voorkom of baie van die kwaaddoeners jong kinders is.
In een van die voorvalle is 'n vrou van Olympicrylaan se wasgoedlyne gestroop en die nat wasgoed in 'n swart sak gegooi. Toe die dief deur 'n buurvrou, vanuit haar eie huis, gekonfronteer word, het hy haar genooi om uit te kom en haar gevloek. Hy is deur twee mans agternagesit en het die sak in die veld langs die pad gegooi voor hy in die rigting van Syferfontein, 'n informele nedersetting, weggehardloop het.
Die woonbuurt se buurtwag het verskeie gesteelde eiendom in Syferfontein teruggekry.
Nog gesteelde goedere is deur die buurtwag teruggevind in ‘n onwettige hut in die bosse aan die onderkant van Fawnrylaan. Vroeër die week was munisipale werkers besig om skoon te maak in die bosse.
Sammy Bouwers, woordvoerder van die Delvillepark-buurtwag sê meeste van die voorvalle vind plaas gedurende die dag wanneer inwoners by die werk is.
"Minderjariges word telkens deur die polisie gevang met gesteelde goedere in hul besit, maar ‘n paar dae later loop hulle weer vrylik in die buurt rond om te kyk waar hulle kan inbreek. Ons vra alle inwoners om meer waaksaam te wees, veral oor die feesseisoen."
Nog 'n lid van die buurtwag Jan Flores, het 'n beroep op alle inwoners gedoen om vergaderings by te woon waar die misdaadsituasie en ander probleme in die woonbuurt bespreek word. "Ons kan dan kyk na moontlike oplossings. Inwoners moet ook betrokke raak by die buurtwag se patrolliegroep, want dit is tot voordeel van alle inwoners van Delvillepark," sê Flores.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
Na verneem word, is daar moontlik twee afsetpunte, 'n informele winkel wat aan 'n vrou behoort en 'n onwettige skrootwerf wat aan 'n man behoort, waar dit blyk meeste van die gesteelde goedere van die hand gesit word.Die buurtwag is in gesprek met die polisie en die George-munisipaliteit om aandag te gee aan probleme in die area.
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/178991/Inbrake-in-Delvillepark-neem-toe
|
2016-12-21 10:00:00
|
Virgill Gericke: 'Kom ons praat oor rassisme'
|
Virgill Gericke verlede week in die George Herald-nuuskantoor waar hy 'n pleidooi gerig het dat mense moet toetree tot 'n debat oor rassisme. Foto: Ilse Schoonraad
GEORGE NUUS - PBI-raadslid Virgill Gericke het heftig reageer na twee briefskrywers hom in verlede week se George Herald van rassisme beskuldig het.
Gericke het sekere uitlatings gemaak oor 'n inwoner van Victoriabaai wat daarvan verdink word dat hy die braaigeriewe laat afbreek het - glo om alkoholmisbruik en die gepaardgaande wangedrag by die strandoord te beperk.
Gericke het onder andere gesê die betrokke inwoner moet liewers na Orania verhuis. Die briefskrywers het na aanleiding van Gericke se standpunt geskryf hy moet sy rassebril afhaal en hom eerder vergewis van die wangedrag by die baai.
In 'n sterk bewoorde antwoord in 'n brief hierdie week sê Gericke "your attack on me is typical that of white Afrikanerism disconnected from the real challenges we are facing in South Africa". (Lees die volledige brief op bl 25.)
Gericke het in 'n gesprek met die George Herald sy standpunt verdedig en alle Georgiete uitgenooi om toe te tree tot 'n gesprek oor rassisme. "As gevolg van persepsies wat bestaan soos 'alle wit mense is rassisties' of 'alle swart mense is anti-wit' is dit broodnodig dat ons so 'n gesprek begin. Ons moet praat oor transformasie en integrasie van gemeenskappe op alle vlakke. Solank mense apart woon, werk en sosiaal verkeer, sal die wanpersepsies voortleef.
Oor die polemiek oor Victoriabaai het Gericke gesê dit is geïsoleerde gevalle wat uit verband geruk word en dit versuur verhoudinge. "Die meeste mense gedra hulle self."
Hy sê leiers het 'n verantwoordelikheid om rassisme, soos hy, vreesloos aan te spreek. "Ons vind egter in ons eie dorp dat talle leiers anderpad kyk as hulle rassisme sien. Ons moet 'n platform skep waar mense openlik en eerlik oor rassisme kan praat."
Hy het ook gesê hy is deeglik daarvan bewus dat nie alle Afrikaners hulle aan rassisme skuldig maak nie. "Ek hoop nie my taamlik sterk bewoorde brief laat Afrikaners voel ek 'vilify' hulle nie. Ek het dit teen die twee individue wie se briewe duidelike rassistiese ondertone het.
"Ek het groot bewondering vir die bydrae wat die Afrikaners gelewer tot die opbou van die land."
Gericke sê hy kan nie manalleen die rassismegesprek voer nie en dat mense asseblief moet inkoop. "Ek sal vroeg volgende jaar besonderhede oor die rassismeplatform bekend maak. As ons saamwerk, kan ons van 'n klein begin iets groots vermag."
ARTIKEL: ILSE SCHOONRAAD, GEORGE HERALD REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/178990/Virgill-Gericke-Kom-ons-praat-oor-rassisme
|
2016-12-21 10:00:00
|
Denneoord-kat in maag geskiet
|
Rozy se ounooi het nie dadelik besef wat fout is nadat sy met 'n windbuks geskiet is nie. INLAS: Die windbukskoeël wat in Rozy se maag gevind is.
GEORGE NUUS - 'n Harde slag Saterdagaand, 26 November, op die hoek van Porter- en Hugenotestraat in Denneoord was toe nooit 'n venster wat toegeslaan het nie, maar 'n windbukskoot. Hierdie keer was die Lesch-familie se wyfiekat, Rozy, die teiken.
'n Sterk vermoede bestaan dat die onbekende skieter doelbewus katte in die buurt teister. Rozy is tans op die herstelpad, maar Monique Lesch, die kat se eienaar, het 'n stewige veeartsrekening van sowat R3 700 om te betaal.
Boonop is Rozy se boetie, Simba, se pelvis twee maande gelede op drie plekke gebreek.
"Hy is of deur iemand seergemaak of deur 'n kar gestamp," het Monique gesê. "Nog katte in die buurt word vermis. Ons is baie bekommerd."
Nadat Rozy geskiet is, het Monique aanvanklik gedink 'n vensterruit het haar seergemaak. 'n Inspeksie van haar beserings het die volgende dag geen spoor van 'n skietwond opgelewer nie.
"Ek het haar 'n paar dae later veearts toe geneem en toe bel hulle my met die vreeslike nuus dat sy 'n windbukskoeël binne haar maag het.
Blykbaar trek die gaatjie waar die koeël penetreer dadelik toe, dis hoekom ek nie geweet het sy is geskiet nie. Haar dunderm is beskadig en sy het infeksie in al haar ingewande."
Rozy is intussen terug by die huis en herstel goed na die voorval.
Nog 'n kat van Denneoord, Fluffy, is in Junie op 'n kort afstand vermoedelik ook met 'n windbuks geskiet . Fluffy se linkerbeen is na die voorval geamputeer. Dit volg na 'n reeks voorvalle in hierdie woonbuurt, waaronder die dood van 'n Deense hond in 2014.
Die hond, Jessie, se nekslagaar is getref nadat iemand haar met 'n .22-geweer geskiet het.
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/178342/Denneoordkat-in-maag-geskiet
|
2016-12-09 07:00:00
|
Plaaslike organisasies help beseerde renoster
|
Die verdoofde rensosterkalfie word per helikopter naby sy ma neergelaat. Foto: Willem Burger.
SUID-KAAP NUUS - Danksy die betrokkenheid van 'n plaaslike vliegopleidingsintansie met takke in George, Oudtshoorn en Beaufort-Wes kon 'n span veeartse verlede Vrydag 2 Desember die versorging van 'n beseerde renoster in die Oos-Kaap voortsit.
Volgens dr. Willem Burger, veearts van Oudtshoorn en lid van AWCF (African Wildlife Conservation Foundation) is die renosterkoei ernstig beseer toe stropers haar horing in Junie vanjaar afgekap het.
Die wond was so diep dat die renoster se sinusholtes ontbloot is en sy en haar kalfie, wat nog aan haar drink, is vir die dood agtergelaat.
Die vliegskool, Aifa (Avic International Flight Training Academy) het 'n vliegtuig beskikbaar gestel om die span van AWCF en STS (Saving the Survivors) na die reservaat te vlieg.
Volgens Burger het hulle, hul eerste reddingsoperasie in Junie onderneem waartydens die pasiënt deur dr. Brendan Tindall gestabiliseer is en rekonstruktiewe chirurgie deur dr. Johan Marais van STS gedoen is. Burger het logistieke ondersteuning gebied.
"Tydens die eerste prosedure word 'n harde bedekkingsdop ontwerp en met unieke ortopedies-chirurgiese prosesse bo-oor die wond vasgeheg.
Die prosedures is deur dr. Marais ontwikkel. Die doel van die dop is om die ontblote sinus-holtes en die slymvliese in die neus tydens die herstelperiode te beskerm."
Tydens die oorspronklike behandelingsfase is die koei en kalf in 'n boma geplaas waar hulle dag en nag onder die wakende oë van die reservaatpersoneel was. Na 'n herstelproses van 'n aantal weke is die renoster en haar kalfie weer in die reservaat vrygelaat.
Gedurende verlede week se opvolgprosedure is die renosterkoei en haar kalf weer verdoof om die ma se wond te behandel. Volgens Burger is dit noodsaaklik om ma en kalf tydens die prosedure bymekaar te hou aangesien die kalf nog aan die ma drink.
Om te voorkom dat die twee na die prosedure in die digte bosse van mekaar geskei word, is dit belangrik dat hulle gelyk wakkergemaak moet word sodat die band tussen hulle onmiddellik gevestig kan word.
Na die toediening van die verdowingsmiddel neem dit ongeveer vyf tot sewe minute vir die diere om bewusteloos te word. Tydens hierdie periode is hulle gedisoriënteerd en dwaal hulle weg van mekaar. "Dit was dus nodig om die verdoofde kalf per helikopter op te lig en tot by die ma te bring," sê Burger.
Tydens die prosedure is gevind dat die wond goed herstel het, die hele mediese prosedure is herhaal en 'n nuwe chirurgiese dop is deur dr. Johan Marais oor die wond vasgeheg.
Nadat die koei en kalf wakker geword het is dadelik herenig en in die veld vrygelaat.
Burger sê as dit nie vir die onbaatsugtige betrokkenheid van STS, AWCF en Aifa was nie, sou dit onmoontlik gewees het om hierdie duur operasies te loods en sou slagoffers van renosterstroping eenvoudig in die veld gelaat word om 'n stadige en wrede dood te sterf.
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/178375/Plaaslike-organisasies-help-beseerde-renoster
|
2016-12-09 10:00:00
|
Arendsrus wen toekenning as topbestemming
|
Johan Joubert (regs) ontvang die Sanlam-toekenning as Topbestemming in die land in die driesterhotelafdeling.
GEORGE SAKE NUUS - Die idilliese Arendsrus Country Lodge in Geelhoutboom het nie verniet die Sanlam-toekenning as Topbestemming in die land in die driesterhotelafdeling ontvang nie. Gaste ervaar hier egte Afrikaanse gasvryheid en kos, en 'n hoë standaard van diens met aandag aan die fynere detail.
Hulle is verlede jaar vir dieselfde toekenning genomineer. Die huidige eienaar, Johan Joubert het die plek se potensiaal drie jaar gelede raakgesien, dit gekoop en opgeknap, en gou gevestig as gewilde bestemming. Hulle het ook al 'n sertifikaat van uitmuntendheid ontvang van Accomo Direct.
Die boomryke Arendsrus, geleë in die voetheuwels van die Outeniquas met onbelemmerde uitsigte oor die berge en 'n groen landskap, is 'n ware lafenis vir enige siel wat aan die geraas en gewoel van die stad wil ontvlug.
Oornagakkommodasie word in ses kamers (bed en ontbyt) en 'n selfsorgeenheid gebied, elkeen weggesteek tussen reusebome en met pragtige uitsigte oor die landelike omgewing.
Die onthaalvenue waar van troues en produkbekendstellings tot jaareindpartytjies gehou word, het 'n knus atmosfeer wat met slim beligting saans in 'n feëwêreld omskep word. Alet Malan, met ongeveer 20 jaar ondervinding in die spysenieringsbedryf agter haar rug, is aan die stuur van die restaurant en onthaalvenue terwyl haar dogter, Liani die akkommodasie bestuur. Albei is puntenerig wanneer dit kom by diens en netheid, en saam met 'n toegewyde personeelspan sorg hulle vir puik diens.
"Ons neem alle terugvoer van ons kliënte ter harte en het al verskeie verbeterings aangebring volgens hulle aanbevelings," sê Johan.
Die restaurant bied 'n spyskaart met 'n groot verskeidenheid met ontbyt, ligte etes soos quiches en toebroodjies, asook hamburgers, biefstuk, pastageregte en nagereg. Boplaas en Jakkalsvlei se wyne word aangehou en spiritualieë is ook beskikbaar.
Die hele gesin is welkom. Daar is 'n swembad, speelparkie, bordspeletjies en heerlike stapgeleentheid in die vars plaaslug.
Rig navrae vir verblyf aan Liani by 060 962 6869 en oor die restaurant en spyseniering aan Alet by 071 442 8362.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
Die gelisensieerde restaurant wat uitkyk oor 'n kleurvolle roostuin, is in Desember elke dag oop (buite seisoen slegs van Woensdag tot Sondag). Sondae word hul gewilde driegang-buffet aangebied. Spysenieringsdienste vir skemerkelkies, verjaardae of ander funksies is ook beskikbaar en wyn-en-kos-paring word op aanvraag gedoen.
|
http://www.georgeherald.com/news/News/Southern-Cape-Business/178703/Arendsrus-wen-toekenning-as-topbestemming
|
2016-12-14 12:00:00
|
3 Gesinne verloor alles in brand
|
Brandweermanne besig om die vuur te probeer blus. Foto's: Lizette da Silva.
GEORGE NUUSFLITS - Drie gesinne van New Dawnpark is vanoggend dakloos gelaat nadat hul huise in ‘n brand verwoes is.
Niemand is in die brand, wat vermoedelik in een van die sinkplaathuise agter in die erf ontstaan het, beseer nie.
Die eienaar van die hoofhuis, Katherine Plum, was reeds weg werk toe ten tyde van die brand. Sy en haar dogterjie (9) het in die geboude huis voor in die erf gewoon. Plum het in trane uitgebars toe sy kort voor 08:00 op die toneel in Voëlnesvaringslot opdaag.
Plum en haar susterskind, Enelane Baadjies, wat agter in die erf gewoon het, het mekaar omhels en verslae gekyk na die puin. Baadjies wie se houthuis agter teen Plum se huis geleë was, is ook brand verwoes. Sy, haar man en 9-jarige seun het in die huis gewoon.
Die brand het vermoedelik ontstaan in ‘n derde woning op die erf, waarin ene Fritos, gewoon het. Hy was nie op die toneel met George Herald se besoek nie.
Die polisie en George-brandweer was op die toneel saam met raadslid Cecil Noble.
Beamptes van grondbestuur by die George-munisipaliteit is reeds gekontak en hulle sou vanoggend die toneel besoek om ondersoek in te stel. Hulle sal ook bepaal of Plum se geboude huis nog veilig is om in te woon.
Noodbehuising sal intussen aan die families verskaf word.
Katherine Plum, eienaar, word getroos deur raadslid Cecil Noble.
Katherine Plum, eienaar, word getroos deur raadslid Cecil Noble.
Die toneel in Voëlnesvaringslot.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/178031/3-Gesinne-verloor-alles-in-brand
|
2016-12-06 12:00:00
|
Plaasbewoners se blyplek in gedrang
|
'n Paar van die bewoners op Hansmoeskraalplaas 202 by die hoenderhok waarin van hulle woon in die agtergrond. Foto: Alida de Beer
GEORGE NUUS - Bykans 30 mense wat op die plaas Hansmoeskraal 202, gedeelte 13, net buite Pacaltsdorp woon, se lot is in die weegskaal nadat die plaas verkoop is.
Die nuwe eienaar, Jan Oosthuizen, wat ook 'n aangrensende plaas besit, het in November oordrag geneem. Die bewoners het die George Herald genader nadat hulle kragtoevoer afgesny is en hulle gehoor het dat hulle ander verblyf sal moet kry.
Van die mense bly in hoenderhokke wat jare gelede as woonplekke ingerig is.
'n Munisipale amptenaar het voorheen ook op die plaas gewoon wat almal se geld vir krag ingesamel en aan die munisipaliteit oorbetaal het. So het hulle krag aangeskakel gebly.
Hulle het glo onlangs vir krag betaal en kon twee strokies (gedateer vir Oktober) aan die koerant toon. Dit blyk dat die geld aan 'n tussenganger betaal is wat dit aan die vorige eienaar moes oorbetaal.
Oosthuizen sê hy moes 'n agterstallige munisipale rekening van R250 000 vereffen voordat die kooptransaksie gefinaliseer kon word. Daar was onwettige kragaansluitings op die plaas wat hy met die munisipaliteit se medewete afgesny het.
"Van die kabels het op die grond gelê wat baie gevaarlik is. Verder is daar nie bouplanne of rioolaansluiting nie en het die mense nie 'n huurooreenkoms nie."
Oosthuizen gaan om uitsettingsbevele aansoek doen. Van die bewoners het reeds die plaas begin verlaat en nog ses gesinne het te kenne gegee dat hulle in Desember gaan trek, het hy gesê. "Daar is ses huisies en 'n woonhuis wat ek wil uitverhuur. Verder het ek die plaas vir weiding vir my diere gekoop."
Werner Coetzee, wat homself voorgestel het as die verloofde van Caroline Bitirimoglu wat die plaas aan Oosthuizen verkoop het, het namens haar gepraat en gesê nie al die plaasbewoners het hulle samewerking gegee met die betaling van krag of huur nie.
Bitirimoglu het die plaas van haar vervreemde man geërf nadat hy twee jaar gelede oorlede is. Sy het toe teruggetrek plaas toe. Volgens Coetzee het hulle 'n "probleem geërf". "Ons het ons geld (vir die verkoop) nou ontvang en gaan trek," het hy gesê.
Debra Sauer, mediaskakelbeampte van die George-munisipaliteit het bevestig dat die munisipale rekening vir die plaas op datum is.
Sy het gesê gedurende die tydperk wat die betrokke amptenaar daar gewoon het, het sekere bewoners met die elektrisiteitsmeters gepeuter. "Om die elektrisiteit weer aangeskakel te kry, moes hulle 'n ooreenkoms met die munisipaliteit aangaan en 'n boete betaal, sowel as hul rekening.
Die amptenaar het met Nico Smit Prokureurs gereël om die betalings te hanteer en die munisipaliteit te betaal. Al die geld is betaal en die amptenaar het bewys van betaling."
Volgens Sauer het die elektrotegniese afdeling tydens 'n inspeksie gevind dat een van twee transformators op die plaas wooneenhede voer wat nie kragmeters het nie en dus nie vir krag betaal het nie. Slotte is egter aan die betrokke kragbokse van hierdie eenhede aangebring.
Van die bewoners is jare gelede op die eiendom ingeneem as deel van die El Shaddai Life Recovery Mission, 'n artikel 21-maatskappy. Die George Herald het voorheen berig dat die vorige eienaar van die plaas, David Bitirimoglu die eiendom destyds bekom het met die doel om behoeftige mense te help.
In 2010 was die plaasbewoners egter in die nuus toe hulle by die koerant gekla het oor die behandeling wat hulle by El Shaddai ontvang het. Pastoor Richard Mason, wat die projek bestuur het, is egter twee jaar gelede weg en Bitirimoglu is in daardie tyd oorlede.
Frieda Oosthuizen, 'n bejaarde vrou, sê sy woon al 15 jaar op Hansmoeskraal en het geen ander heenkome nie.
"My man het hier kruppel geraak, siek geraak en gesterf."
Sy sê 'n aantal babas en kleuters is ook op die plaas gebore en dit is hulle tuiste. Nog 'n inwoner, Willem Braaf kla dat hy sedert die krag afgesny is, nie sy nebuliseerder kan gebruik om sy asemhalingsprobleme te behandel nie. Verder moet die inwoners wat nie gasstowe het nie, op vure buite hul woonplekke kook.
Patricia Zeelie sê sy kan nie na 'n plakkerskamp toe trek met haar 18-jarige seun wat 'n dwelmprobleem het nie. "Hy sal daar heeltemal van die pad af gaan. Dit is nie lekker om Kersfees so in te gaan nie."
ARTIKEL & FOTO: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/178618/Plaasbewoners-se-blyplek-in-gedrang
|
2016-12-14 08:00:00
|
Dwelmbaas begin tronkstraf
|
Generiese foto
GEORGE NUUS - Die berugte dwelmbaas, Jacobus Witbooi (64), oftewel Japie Jas van Parkdene het Dinsdag sy 15 jaar gevangenisstraf by die George-tronk begin uitdien.
Witbooi is in Junie 2011 in die streekhof in Thembalethu 15 jaar tronkstraf opgelê vir handel in dwelms en het sedertdien aansoeke om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding sowel as sy vonnis ingedien.
Witbooi het Dinsdag voor streeklanddros P Govender verskyn en Muller Redelinghuys, die senior staatsaanklaer, het vir die staat verskyn.
In Mei vanjaar is sy aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys, maar is sy borgtog deur die Kaapse hooggeregshof tot 1 Septermber verleng hangende ‘n verdere aansoek na die Appèlhof in Bloemfontein. Nog ‘n aansoek is vroeër die maand ingedien, maar die stukke is egter nooit by die appélhof ingedien nie. Die hof het Dinsdag egter beslis om geen verdere verlenings toe te staan nie en dat Witbooi sy vonnis begin uitdien.
Die polisie het in April 2001 beslag gelê op die mandrax-tablette wat langs die N2-snelweg in onderskeidelik Mosselbaai en George versteek was.
Streeklanddros Thembekile Anna het tydens vonnisoplegging gesê die hof aanvaar die getuienis van die hoofgetuie, Jan Swarts.
Swarts het vir sowat vier jaar (van 1997 tot 2001) vir Witbooi gewerk en is beskou as sy regterhand. Hy was vir ‘n aantal jare in die getuienisbeskermingsprogram en het onlangs uitgekom.
Swarts het getuig hoe hy en ander werkers in die dwelmnetwerk in luukse motors en minibussies van Witbooi vir hom groot besendings dwelms vanuit Johannesburg en Kaapstad na George vervoer het.
Sekere voertuie sou in sommige gevalle voor die voertuie ry wat die dwelms vervoer, net om te kyk op daar enige padblokkades op die roete is. Die dwelms is dan eers op plekke langs die pad versteek voordat dit opgetel en versprei is aan ander handelaars of individue regoor die Suid-Kaap.
Witbooi het destyds self in die getuienisbank ingeskuif en ontken dat hy dwelms verkoop.
Kapt. Calvin Mooi het die saak teen Witbooi ondersoek en was toe verbonde aan die georganiseerde misdaadondersoekeenheid op George. Mooi werk deesdae by die Conville-speurtak.
Die staatsaanklaer in die saak was Hankie Marx. Streeklanddros Anna het in Februarie vanjaar sy stryd teen kanker verloor.
• In 2005 is Witbooi skuldig bevind aan bedrog en belastingoortredings wat in Junie 2004 plaasgevind het. Hy het teen sy vonnis geappelleer, maar sy aansoek het misluk en hy is tronkstraf van 24 maande opgelê vir bedrog. Hy is ook ‘n verdere 18 maande tronkstraf, wat opgeskort is vir vyf jaar, of ’n boete van R20 000 opgelê op aanklagte van die oortreding van die Inkomstebelastingwet.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/179159/Dwelmbaas-begin-tronkstraf
|
2016-12-22 16:00:00
|
Ekstra busritte & langer ure in feesseisoen
|
A GO GEORGE bus in town. Photo: Supplied.
GEORGE NUUS - Ekstra ritte en verlengde ure gedurende die feesseisoen vir Pacaltsdorp-passasiers wat by die Garden Route Mall werk, midibusse pleks van minibusse op besige roetes en 'n passasiersvriendelike gemeenskapsroete - hierdie is net sommige van die veranderings wat GO GEORGE op Sondag 18 Desember sal instel.
Die feesseisoen-aanpassings sal geld vanaf 18 Desember tot 8 Januarie 2017.
Die veranderings is gebaseer op passasiersaanvraag en behoort verskeie kwessies wat in die laaste tyd deur passasiers uitgelig is, aan te spreek.
Roete 12 Pacaltsdorp - Garden Route Mall is op verskeie maniere verfyn. Eerstens sal hierdie roete voortaan met slegs midibusse ry van Maandae tot Saterdae, om genoeg kapasiteit te verseker vir Pacaltsdorpers om betyds vir werk by die Mall aan te kom.
Die skedule verander effens met die eerste bus wat voortaan om 06:30 sal vertrek vanaf die Heather-bushalte, en nie meer om 06:20 soos wat nou die geval is nie.
Die eerste twee ritte van die dag word egter tans met minibusse gedoen, en met al die ritte wat voortaan deur midibusse bedien gaan word, behoort kapasiteitsprobleme gedurende spitstye iets van die verlede te wees.
Op Sondae gaan 'n mengsel van mini- en midibusse gebruik word, geskeduleer volgens aanvraag, maar die goeie nuus vir mense wat graag wil gaan inkopies doen, is dat alle Sondagritte gedurende die feesseisoen met midibusse gedoen sal word.
Tweedens word operasionele ure op Roete 12 vir die feesseisoen verleng om die langer besigheidsure van winkels in die Garden Route Mall en Eden Meander te akkommodeer. Van 18 Desember tot 8 Januarie 2017 sal die laaste bus van die dag om 20:55 by die Mall vertrek, een uur later as gewoonlik.
Terselfdertyd is ekstra ritte op hierdie roete bygevoeg, slegs vir hierdie tydperk, met 'n bus wat elke 20 minute pleks van elke 40 minute vertrek, regdeur die dag, die hele week.
Die nuwe byvoegings op die Rosemoor-roetes, Roetes 53A (weeksdae) en 53B (Saterdae), word herlei om deur Triumphstraat te ry, soos wat die aanvanklike plan was. Opgradering van Triumphstraat is nou afgehandel en hierdie twee vinniger, korter roetes sal voortaan met 'n langer deel van Beerstraat langs ry.
Inwoners wat naby Beerstraat woon, word aangemoedig om hierdie roetes pleks van die langer Roete 53 te gebruik. Twee nuwe bushaltes is in Rietbokstraat naby die aansluiting met Triumphstraat gebou om hierdie roete te bedien. Aangesien die Rosemoor-roetes deesdae die pad agter Eden Meander gebruik, is nog 'n nuwe bushalte, Eden Meander, naby die Blue Mountain-ingang gebou.
Passasiers wat Roete 56 CBD - Denneoord gebruik, sal bly wees om te verneem dat midibusse pleks van minibusse voortaan gedurende spitstye ingespan gaan word.
Om geriefliker oorklim tussen verskillende roetes te verseker, is sekere tydroosterveranderings aangebring op Roetes 7 CBD - Garden Route Mall, 56 CBD - Denneoord, 13 City Loop, 12 Pacaltsdorp - Garden Route Mall en 53 Rosemoor (onder andere die terugbring van die rit wat 05:00 by die Mall vertrek). Hierdie tydroosters word in gedrukte formaat aan passasiers uitgedeel.
Enige persoon wat nog nie een ontvang het nie, kan gerus 'n afskrif gaan haal by die GO GEORGE-inligtingskiosk in Cradockstraat by die vervoerkern (Hub), die inbelsentrum skakel by 0800 044 044 of die webblad by www.gogeorge.org.za besoek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/178542/Ekstra-busritte--langer-ure-in-feesseisoen
|
2016-12-13 11:00:00
|
11-jarige skaakspeler kritiek na ongeluk
|
Michael Sweetbert (11).
GEORGE NUUSFLITS - 'n Belowende jong skaakspeler van George wat Donderdag ernstig beseer is in 'n ongeluk in die Vrystaat, is steeds in 'n kritieke toestand in die hospitaal.
Michael Sweetbert (11) en sy pleegpa, Eduan Naudé was onderweg na die SA junior skaakkampioenskappe wat die naweek in Boksburg gehou is, toe die ongeluk naby Parys plaasgevind het.
Geen ander voertuie was betrokke nie.
Albei het verskeie ernstige beserings opgedoen.
Michael is opgeneem in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein en Naudé is vandag van Kroonstad oorgeplaas na die Bloemfontein-hospitaal.
'n Fonds is intussen deur Eden Skaak vir Michael gestig omdat die gesin nie 'n mediese fonds het om te help met die mediese onkostes nie.
Skenkings kan gemaak word by:
Verwysing: Michael Fund
Meer inligting volg soos die bekendgemaak word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
Bank: AbsaTakkode: 632005Rekeninghouer: SWD SSORekeningnommer: 407 8216 928
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/178840/11jarige-skaakspeler-kritiek-na-ongeluk
|
2016-12-18 21:00:00
|
Die Bybel sê: 'Elia het baie bang geword en gevlug. Hy het na Berseba, 'n dorp in Juda, gegaan en sy dienaar daar agtergelaat. Hy het die woestyn 'n dagreis ver binnegegaan. Hy het toe onder 'n besembos gaan sit en gebid dat hy liewer moet sterf...' (verse 3-4 NLV).
Wat was Elia se fout?
Dieselfde een wat ons soms maak wanneer ons depressief is: Ons fokus op ons gevoelens eerder as op die feite van die situasie. Dit gebeur wanneer ons af voel. Elia het as gevolg van een insident wat hom geïntimideer het, soos 'n mislukking gevoel. Hy het by homself gedink, 'Ek is so 'n lafaard - hoekom hardloop ek weg?' Omdat hy soos 'n mislukking gevoel het, het hy aangeneem hy is 'n mislukking.
Gevoelens lieg dikwels; en wanneer ons fokus op hoe ons voel, eerder as om op die realiteit te fokus, raak ons in die moeilikheid. Byvoorbeeld, wanneer ons 'n fout in een area maak, neig ons om soos 'n mislukking in die algemeen te voel. Dit is 'n miskonsepsie. Almal kan foute maak, en jy kan in sommige areas misluk sonder om as persoon 'n mislukking te wees. Kundiges in geestesgesondheid waarsku ons om uiting te gee aan ons gevoelens.
Dit is egter nie die volle antwoord nie, omdat gevoelens gewoonlik onbetroubaar is. God sê nie vir ons om met ons gevoelens in aanraking te kom nie, maar om in aanraking met die waarheid van sy Woord te kom, omdat dit ons uiteindelik gaan vrymaak (Sien Johannes 8:32 NLV). Om depressie te oorkom, moet jy God se Woord bestudeer en oefen om jou gevoelens in lyn te bring met wat die Woord sê.
|
http://www.georgeherald.com/viewblog/1711/Hoe-om-depressie-te-oorkom-2
| ||
Jouwkompas.nu jongerenmagazine Kompas
|
http://www.omsionswil.nl/jouwkompasnu-jongerenmagazine-kompas.html
| ||
Dom Boer se lag vir die dag:
|
Verstaan my nou baie mooi
Dokter Randensent se ontvangsdame: “U naam asseblief, Meneer?”
Nuwe pasiënt: “Brandt.”
Ontvangsdame: “Hoe spel ‘n mens dit?”
Nuwe pasiënt: “B soos in bloedklont, R soos in rumatiek, A soos in artritis, N soos in nierstene, D soos in dermatitis, T soos in trombose.”
|
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-269/
|
2017-01-16 09:32:11
|
70 verkeersamptenare geskors
|
Die Automobiele Assosiasie (AA) verwelkom die skorsing van 70 amptenare by ses toetsvoertuigsentrums in Johannesburg vir korrupsie. Hierdie is ‘n belangrike stap om paaie in Suid-Afrika veiliger te maak.
“Baie probleme wat verband hou met padveiligheid begin en eindig by die lisensiekantore. Verteenwoordigers van die Departement van Vervoer het hulle kommer oor wydverspreide korrupsie by hierdie sentrums, wat onbevoegde en gevaarlike bestuurders op ons paaie plaas, uitgespreek. Vir ons is dit ‘n bemoedigende en eerste stap in die hantering van hierdie probleme,” sê die AA.
Dié stap kom nadat die minister van Vervoer, Dipuo Peters, vroeër vandeesmaand aangekondig het dat die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) ‘n oudit van die verkeersentrums sal doen om die vlak van korrupsie in die uitreiking van bestuurderslisensies en padwaardigheidsertifikate te bepaal.
“Ons hoop die ontwikkelings in Johannesburg is net die begin. Die RTMC moet op dieselfde manier regoor die land by lisensiekantore optree sodat die paaie veiliger kan wees,” sê die AA.
Die uitkomste van so ‘n oudit sal die heropleiding van personeel, die verwydering van die korrupte personeel, sterker en meer robuuste stelsels en ‘n skuif na ‘n meer doeltreffende hantering van bestuurdertoetse en padwaardigheid in plek stel.
“Mense wat hulle rybewyse of padwaardigheidsertifikate gekoop het moet ook bewus wees dat die wet op hulle spoor is. Onbevoegde bestuurders en onpadwaardige voertuie dra by tot sterftes op vandag se paaie. Mense wat hulle dokumente koop is skuldig aan hierdie misdade,” sê die AA.
Volgens die AA het SA baie gelisensieerde bestuurders het, maar nie genoeg van hulle is bevoegde bestuurders nie. Met 500-duisend lisensies wat jaarliks uitgereik word en amper 2 000 daagliks is dit belangrik om te weet hoeveel van hulle wettig is.
Bron: Automobiele Assosiasie van SA
|
http://www.proagri.co.za/70-verkeersamptenare-geskors/
|
2017-01-26 09:19:03
|
Hino en Zuikerkop help landbouskool met voer en vervoer
|
Ware redders uit die nood het flink na vore getree om Landboudal, ’n landbouskool in Jacobsdal, te help om die wurggreep van die droogte te verlig. Dr Carl Scholtz van Zuikerkop Boerdery by Clocolan het 48 ronde bale gras en kaf geskenk en Hino Vragmotors het dit gratis 1 474 km vervoer om dit vir Landboudal se honger beeste af te lewer. Voor hierdie skenking het die skool noustrop getrek met voer.
Hierdie voer het ’n groot verskil in die diere se lewe gemaak aangesie Jacobsdal vanaf Junie tot Desember 2016 ’n skamele 21 mm reën gehad het. “Dit is nie net droog nie, dit is baie droog,” het Roger Nolan, plaasbestuurder van die landbouskool, in Desember gesê. Gelukkig het Jacobsdal darem vanaf die einde van Desember tot in 2017 reën begin kry.
Maar in Desember was dit nog baie droog en die beeste was honger. Toe die voerskenking afgelewer word, het Roger onmiddellik van die bale vir die beeste geneem. Die beeste het die voer al van die trekker se wa af begin eet, so honger was hulle. As jy vir Roger uitvra oor die droogte sê hy. “Hoe hanteer mens regtig ’n droogte? As dit nie vir die donasies was nie sou ons nie oorleef het nie. Ons is baie dankbaar.”
Dr Scholtz, ’n veearts wat hom na 25 jaar in die praktyk toespits op vee-, wild- en saaiboerdery, sê hy is dankbaar dat Zuikerkop Boerdery in die posisie kon wees om te help. Hy sê dat hulle self vroeg in die winter hulle vee verminder het, maar daarna het dit goed gereën sodat hulle winterweiding, hoofsaaklik hawer, kon plant. Normaalweg werk hulle oesreste in die grond in om humus op te bou, maar terwyl hulle aan die stroop was, het die oproep om hulp vir Landboudal ingekom. Daarom het hulle die stroopreste gebaal en geskenk. Net nadat die bale opgelaai en weggestuur is, het dit lekker gereën en net twee weke later het die lande groen opslag vir hulle eie vee gelewer.
Hino staan reg om te help
Dit is nie die eerste keer dat Hino Vragmotors gratis vervoer verskaf om droogtehulp aan boere te lewer nie. Hino het ook in 2016 by NAMPO na boere uitgereik en voer afgelewer waar boere dit baie nodig gehad het. “As verskaffer van trokke aan die boeregemeenskap in Suid-Afrika is Hino immers deel van die boerderygemeenskap,” sê Leslie Long, Hino Vragmotors se senior bestuurder van Bemarking en Produkbeplanning. Hulle is ook bereid om deurlopend versoeke om hulp met vervoer te oorweeg.
Toonbeeld van gehalte en betroubaarheid
Die Hino 700-2845 wat Landboudal se voer afgelaai het, is ’n voorbeeld van die puik vervoeroplossings wat Hino die boer bied, al is dit maar een van ’n wye reeks. Die bruto massawaarde van die vragmotor is 28 ton en die totale tonnemaat is 56 ton insluitend die vragmotor, sleepwa en vrag. Gewoonlik word hierdie trok met sleepwaens/superleunwakombinasies gebruik om gewasse of melk van die plaas na silo of mark te vervoer. Die binnekant van die Hino-vragmotor is veilig en gemaklik. Die bestuurder kan ver en lank ry voordat hy moeg word, en as hy wil stilhou om te rus, is daar selfs ’n snoesige slaapplek. Die outomatiese handratkas help om sake vir die bestuurder maklik te maak en om deurgaans die beste trekkrag vir die beste brandstofverbruik te handhaaf.
Die langafstandbrandstoftenk sorg dat jy baie ver kan ry voordat jy moet stilhou om vol te maak. Hino se mense besef hoe belangrik dit vir die boer is om bederfbare produkte gou en betroubaar by hulle bestemmings te besorg, daarom is een van Hino se dienste HinoCare wat ondersteuning aan kliënte bied – van diensplanne, waarborge en onderdelevervangings tot 24 uur padbystandsdiens.
Taai tydren bewys
Hino neem vanjaar vir die 26ste agtereenvolgende jaar aan die Dakar-tydren deel. “Wat dit besonders maak, is dat dit nog nooit in die vorige 25 jaar (vanaf 1991) gebeur het dat een van ons vragmotors aan die tydren moes onttrek nie. Hino maak nie net die Dakar klaar nie, maar doen dit ook baie mededingend.
In vanjaar se tydren wat nou net klaargemaak het, het ons weer ’n eerste en tweede plek behaal in die onder 10 liter enjinklas. Dit is nou die agtste agtereenvolgende jaar wat Hino die prestasie behaal, sê Leslie.”
Kontak Leslie Long by 011-809-2265 vir meer inligting oor Hino se voortreflike vragmotors vir die boer of besoek hulle webtuiste by www.hino.co.za.
|
http://www.proagri.co.za/hino-en-zuikerkop-help-landbouskool-met-voer-en-vervoer/
|
2017-01-23 15:43:37
|
Dom Boer se lag vir die dag:
|
Sondag in die kerk
Dominee Goedehart preek oor die mens se sondige ontvangenis en geboorte en vra: “Is daar enigeen ons ons wat kan sê dat hy foutloos en volmaak is? As daar so ‘n perfekte mens is, laat hom dan nou opstaan…”
Tot sy verbasing staan een ou agter in die kerk op.
Dominee Goedehart: “Broer, verstaan ek jou reg? Reken jy jy is foutloos en volmaak?”
Ou: “Nee, glad nie Dominee. Ek staan maar op namens my vrou se eerste oorlede man wat nie self vandag hier is nie.”
|
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-268/
|
2017-01-13 08:28:32
|
Wildsvleisregulasies verwelkom
|
Die Rooivleisbedryfsforum verwelkom die voorgestelde wildsvleisregulasies soos gepubliseer in die Staatskoerant van 4 November 2016. Die Forum was een van die partye wat namens die hele rooivleisbedryf dringende vertoë gelewer het vir die publisering van wildsvleisregulasies, aangesien die welstand van die verbruiker van die uiterste belang is en omdat veiligheidstandaarde op alle vleissoorte van toepassing moet wees, insluitende wildsvleis.
Die gebrek aan plaaslike regulasies vir die insameling en slag van wildsvleis en die gebrek aan nasionale standaarde wat gelykstaande is aan internasionale handelsvereistes beperk die mededingendheid van wildsvleis in die internasionale mark. Die gepubliseerde konsepregulasies verskaf voldoende waarborge vir die produksie van veilige wildsvleis sover dit strukturele-, operasionele- en voedselveiligheidvereistes betref. Die rooivleisbedryf is daarvan oortuig dat die implementering van die konsepregulaies in samewerking met onafhanklike vleisinspeksiedienste sal lei tot ‘n gunstige reaksie van EU-vennote.
Wildsvleis ding om dieselfde verbruikersmandjie mee en daarom moet die rooivleisbedryf verseker wees dat gelyke vleishigiënestandaarde op alle spesies toegepas word.
Bron: RPO bulletin Januarie 2017
|
http://www.proagri.co.za/wildsvleisregulasies-verwelkom/
|
2017-01-09 15:25:10
|
Besproeiing: Meer suurstof in water sit wins in jou sak
|
Dit is deeglik bewys – hoe meer suurstof in die besproeiingswater, hoe gesonder die plante en hoe groter en gesonder die boer se oes. Wanneer besproeiingswater min suurstof bevat, veroorsaak dit ’n suurstofarm toestand in die grond, wat gunstig is vir allerlei ongewensthede soos swamme, anaërobiese mikro-organismes en aalwurm wat die toevoer van suurstof, water en nitrate na die plant belemmer.
Boonop veroorsaak suurstofarm water dat biofilm die drupperlyne en besproeiingspype verstop. Maar daar is hoop: Suurstof- of osoonverrykte besproeiingswater help die boer om ’n aërobiese grondtoestand te skep. Die osoonverrykte water verwyder virusse, swamme, spore en ander mikro-organismes wat die gesondheid van die grond benadeel. Dit belug die grond en lei tot ’n sterker, doeltreffender wortelstelsel wat die opneem van kunsmis, suurstof en water verseker. Die uitvloeisel daarvan is plante wat vinniger groei en gouer gesonder produkte lewer.
Kyk net wat doen suurstofverrykte besproeiingswater vir die boer:
Minder plantsiektes
Die suurstofverrykte water vernietig bakterieë en parasiete. Chemiese produkte wat sleg vir die grond en mens is kan dus verminder of uitgeskakel word.
Suurstofverrykte water beveg bakterieë van families soos Pseudomonas, Flavobacterium, Streptococcus en Legionella sonder om grond, plant, dier of mens te benadeel. Aalwurm floreer in anaërobiese grondtoestande wat veroorsaak is deur swak besproeiingswater, te veel onopgeloste kunsmis, die son se hitte en lae humusvlakke. Maar aalwurm aard nie in suurstofryke grond nie en verkas namate die suurstof die toestand van die grond verbeter.
Verbeterde plantgroei en produkte
Onvoldoende suurstof in die wortelgebied belemmer die plant se groei, veral in swaar kleigrond. Ondergrondse drupbesproeiing kan aangewend word om suurstof by die wortelgebiede te plaas, maar dit moet ’n hoë konsentrasie suurstof bevat wat òf deur osoon òf ’n kombinasie van osoon en waterstofperoksied verskaf word.
In Australië is waterstofperoksied en osoon deur drupperlyne aan die plante in swaar en versadigde kleigrond voorsien en die opbrengs het aansienlik (tot met 29%) verbeter. Die aanwending van suurstofverrykte water is die goedkoopste oplossing vir alle boere, of hulle met vrugte, groente, lusern of diere boer. Die smaak van die vrugte en ander produkte verbeter soos die hoeveelheid suiker meer word namate die moederplant gesonder word as gevolg van die toediening van suurstofverrykte water.
Die voordele van besproeiing met suurstofverrykte water op die grond kan binne 30 tot 40 dae gesien word en die groter opbrengs, beter gehalte produk en laer onkoste sal binne een seisoen ervaar word.
Besparing
Besproeiing met osoonverrykte water beteken dat minder kunsmis toegedien hoef te word, minder water kan per siklus gepomp word wat ook minder krag verbruik, geen swamdoders hoef gekoop te word nie en minder arbeid is nodig om drupperlyne skoon te maak.
NedWater het die oplossing
NedWater se kundiges het baie ondervinding van watersuiwering. NedWater spesialiseer in:
Suurstofverryking van besproeiingswater.
Die behandeling van afvalwater wat van slagplase, melkerye, varkboerderye, krokodilplase en riool afkomstig is tot ’n herbruikbare gehalte.
Drinkwater vir diere (hoenderhokke ensovoorts) en huishoudings (behandeling van e-coli en hardewater).
Watertenksterilisasie.
Lugsterilisasie in geboue (TB-bestryding), babakamers, kleuterskole, motors en toe vragmotors wat plaasprodukte vervoer.
Die grootte van die suurstoftoediener word bepaal deur die vloei wat deur die drupper of besproeiingspyp plaasvind. ’n Persentasie van die water wat deur die pyp vloei word onttrek en die suurstof word onder hoë druk saam met die water wat onttrek is teruggeplaas. Dit het tot gevolg dat kleiner toedieners gebruik kan word, wat die behandeling goedkoper maak. Die suurstoftoedieners verg min onderhoud en is die beste belegging wat enige boer kan maak.
NedWater is as verskaffer genoteer by VKB/NTK en Gert Coetzee kan by 081-386-4212 gekontak word vir meer inligting. Besoek ook www.nedwater.co.za.
|
http://www.proagri.co.za/besproeiing-meer-suurstof-water-sit-wins-jou-sak/
|
2017-01-23 13:39:01
|
Hoekom dorpenaars nie regstreek krag vanaf Eskom kan kry nie
|
Hoewel verskeie munisipaliteite nalatig is met die betaling van hulle elektrisiteitsrekening aan Eskom, is die voorstel dat kragverspreiding van die plaaslike regering na Eskom self verskuif moet word, nie moontlik nie. Dit sal ernstige gevolge vir die staatskas hê.
So sê Eyal Shevel, sektorhoof van korporatiewe en openbare sektorgraderings by Global Credit Ratings (GCR), nadat Eskom die elektrisiteitstoevoer na die nie-betalende munisipaliteite in die Noordwes en Noord-Kaap in Januarie 2017 wou afsny.
“Sommige mense het aangevra dat agterstallige munisipaliteite beheer moet verloor oor die elektrisiteitsverspreiding aan verbruikers,” sê Eyal. “Dit is nie doenbaar nie, as gevolg van die manier wat die munisipale sektor in SA gestruktureer is. Elektrisiteitsverspreiding behels ‘n belangrike deel van die inkomste vir plaaslike owerhede.”
Hy sê die elektrisiteitsinkomste in agt metropolitaanse munisipaliteite in Suid-Afrika en 19 sekondêre stede is verantwoordelik vir 38% gemiddeld van die totale inkomste. Vir kleiner, meer plattelandse munisipaliteite, is elektrisiteitsverspreiding verantwoordelik vir ‘n kleiner aandeel van sowat 24% inkomste gemiddeld, maar kan heelwat laer as 20% wees. Hierdie inkomstebron is steeds baie belangrik.
“Die beheer van die verspreiding van elektrisiteit is ‘n groot voordeel vir plaaslike owerhede, in die sin dat mense verseker dan hulle rekeninge betaal vir al die munisipaliteit se dienste soos eiendomsbelasting en riool.
“Deur ‘n direkte skakel tussen Eskom en die kliënt te skep by die munisipaliteite, maak dit die plaaslike regering geheel en al afhanklik van die nasionale tesourie vir inkomste. Dit is onbekostigbaar vir ons ekonomie,” sê hy.
Dit sal ook ‘n enorme administratiewe las op Eskom plaas, veral op ‘n tyd wanneer hulle moet fokus op kragopwekking en instandhouding.
Twee opsies vir die probleem
‘n Afgebakende rekening of ‘n waarborg wat deur die nasionale regering verskaf word is die twee oplossings wat voorgestel word.
Met ‘n afgebakende rekening kan elektrisiteitsverbruikers betalings na die rekening maak. Geld in hierdie rekening sal dan direk aan Eskom betaal word vir die elektrisiteit wat op grootmaat gebruik word. Hierdie rekening kan Eskom die geld voorsien wat aan hulle toekom en van die geld kan dan weer aan die munisipaliteit betaal word sodra hulle skuld totaal vereffen is.
Die tweede opsie is die waarborg van die regering “wat ‘n meer toepaslike en praktiese oplossing vir kleiner munisipaliteite is,” sê Eyal.
Dit sou sien dat die nasionale tesourie Eskom direk vir die skuld van ‘n munisipaliteit betaal en dan trek hulle die syfer af van die regering se subsidies wat aan die omgewing(munisipaliteit) gegee word. Die regering se waarborg sal ‘n groter vertroue in areas gee waar daar ‘n gebrek aan finansiële beheermaatreëls is.
“Die nadeel van hierdie oplossing is dat wanneer daar ‘n tekort aan fondse of geld is, dit die beskikbare subsidie van maatskaplike behoeftes wegneem,” sê Eyal.
“Ons moet ‘n gesamentlike besluit neem om die munisipaliteit aan die stuur van verspreiding te hou, maar wat ook Eskom se boeke laat klop.”
Bron: Bizcommunity
|
http://www.proagri.co.za/hoekom-dorpenaars-nie-regstreek-krag-vanaf-eskom-kan-kry-nie/
|
2017-01-26 12:36:06
|
Die reën is hier
|
Deur Johan van den Berg, Santam Landbou
Die reën het uiteindelik oor groot dele van die land aan die einde van 2016 en die begin van 2017 begin val. Wat ‘n wonderlike nuwejaarsbegin is dit nie? Vir die eerste keer in baie jare is neerslae van meer as 50 mm en selfs meer as 100 mm aangeteken oor die Noord-Kaap, Noordwes en Wes-Vrystaat.
Alhoewel harde reënbuie ook voorgekom het, was die meeste reën in die vorm van sagte deurdringende reën wat oor baie dae met bewolkte toestande voorgekom het. Alhoewel beweer word dat die droogte gebreek is, is daar egter nog ‘n redelike lang pad na volledige herstel vir veral veeboere. Eerstens was hierdie reën nog glad nie genoeg om ondergrondse waterbronne te laat herstel nie. Tweedens is opvolgreën nodig sodat saad kan ontkiem en ook die plantjies wat na die vorige reën opgekom het, te laat groei. Met die droogte van die laaste paar jaar het die spesiesamestelling van weidingsgewasse ook begin verander en moet daar nog baie reën val, maar veral goeie bestuur plaasvind om herstel te kan toelaat. Derdens het damvlakke ook nog nie herstel nie en alhoewel daar ‘n verbetering is, is daar nog baie damme wat krities min water het.
Finansieël kan selfs graanboere wat nou baie goeie oeste verwag, nog lank sukkel om skuld te delg wat oor ‘n tydperk opgebou is. Vir die week vanaf 1 tot 8 Januarie 2017 het baie goeie neerslae voorgekom oor veral die noordwestelike en sentrale binneland. Hierdie gebied is een van die gebiede in die land wat die afgelope paar jaar die ernstigste droogtes ervaar het. Baie min of geen reën het egter voorgekom oor die Wes-Kaap en suidelike dele van die Noord-Kaap. Dit het ook nog baie kol-kol gereën oor veral Limpopo.
Wat betref die see-oppervlaktemperature in die Stille Oseaan bly temperature op die grens tussen neutraal en La Nina – dus byna geen verandering die afgelope paar maande nie. Voorspellings dui dat toestande dalk meer na neutraal gaan neig in die komende maande voor die winter. In die Indiese Oseaan is toestande ook baie naby aan neutraal of normaal. Gegewe die stand van hierdie twee indikators bly die kanse dus nog baie goed om ten minste gemiddelde reënval te kry vir die volgende maande. Die implikasie van die huidige goeie toestande en verwagte verdere goeie neerslae van meer as 50 mm tot 100 mm op die korttermyn (res van Januarie en begin Februarie) asook vir die res van die seisoen, is dat baie goeie somergraanoeste verwag kan word.
Veldherstel is ook besig om plaas te vind. Die kanse dat verdere droë toestande in die Wes-Kaap kan begin uitbrei is baie goed en langtermynvoorspellings lyk ook ongunstig vir die winterreënvalgebiede van Suid-Afrika, asook aangrensende gebiede soos die suidelike dele van die Noord-Kaap en gedeeltes van die Oos-Kaap.
Opsommend
Alhoewel die uitwerking van die droogte van die laaste paar jaar nog lank sal aanhou, lyk dit ten minste of die draaipunt nou bereik is. Vir die eerste keer in baie jare is werklik effektiewe reënval gekry oor veral die westelike dele van die land.
Toestande lyk oor die algemeen baie goed vir ‘n baie goeie somergraan-oes, alhoewel windskade plek-plek voorgekom het. Rekord opbrengste is moontlik oor baie gebiede.
Swak La Nina tot neutrale toestande bly steeds heers in die Nino-gebiede van die Stille Oseaan.
Dit lyk asof verdere baie goeie reënneerslae kan voorkom in die tweede deel van Januarie en eerste deel van Februarie oor die grootste gedeelte van die somerreënvalgebied, maar toestande lyk kommerwekkend oor die Wes-Kaap en aangrensende gebiede op die kort- sowel as langtermyn.
Vrywaring: Die inligting in hierdie verslag word gebruik op eie risiko en die opsteller neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid of toepaslikheid van hierdie inligting nie.
|
http://www.proagri.co.za/die-reen-hier/
|
2017-01-11 16:15:07
|
Vetterige kos kan jou ook gesonder maak
|
Professor Tim Noakes glo vetterige kos soos botter, kaas en rooivleis kan jou gewig laat verloor in kombinasie met die regte vars groente, maar daar is ook nou deur ‘n internasionale studie bevind dat dit nie al is wat vetterige kos kan doen nie, dit kan ook mense se gesondheid verbeter.
Daar is bevind dat ‘n dieet wat ryk is aan natuurlike versadigde vette en laag is in koolhidrate, oorgewig middeljarige mans maerder en gesonder kan maak. Navorsers het ook waargeneem dat mense wat so ‘n dieet volg, laer bloeddruk en glukose-vlakke het, wat verbind word met ‘n verlaagde risiko om hartsiektes, tipe 2-diabetes en kanker op te doen.
Dit is die jongste navorsingstudie wat onderneem is om te bewys dat die tradisionele benadering om vet te vermy en eerder verwerkte koolhidrate in te neem, skadelik vir die gesondheid is.
Huidige dieet-advies raai mense aan om kos wat ryk is aan versagdigde vette soos room, botter, rooivleis, eiers en kaas te vermy, omdat dit na bewering die risiko om hartsiektes, tipe 2-diabetes en kanker op te doen, verhoog.
Professor Sherif Sultan, ‘n hartspesialis van die Universiteit van Ierland sê die huidige dieetriglyne moet dringend aanpas word. Mense behoort nie die hoë koolhidrate-diëte te volg soos wat hulle oor die afgelope dekade aangeraai is om te doen nie.
Diëte moet eerder grootliks uit hoëvet-kosse van ‘n goeie gehalte bestaan. Dit sal die stygende risiko van tipe 2-diabetes beperk en die groeiende getal mense wat aan gewigsverwante hartprobleme ly, omswaai.
Hy sê hoë koolhidrate-diëte en verfynde suikers is die hoofrede vir die toename in kardio-vaskulêre sterftes. Dit is een van die grootste rampe van die 21 ste eeu. Persone wat aan die navorsingstudie deelgeneem het, het onverwerkte vette van natuurlike bronne ingeneem, insluitende botter, room, kaas en klapperolie. Dit het vervaardigde vette soos margarine, hoogs verwerkte olies en transvette in verwerkte kos uitgesluit.
Die navorsingresultate is in die American Journal of Clinical Nutrition gepubliseer.
Bron : Mirror.co.uk en RPO Bulletin Januarie 2017
|
http://www.proagri.co.za/vetterige-kos-kan-jou-ook-gesonder-maak/
|
2017-01-10 08:21:52
|
Gebruik antibiotika verantwoordelik
|
Die dieregesondheidsbedryf voorsien waarde aan die gemeenskap deur diere en gevolglik mense teen siektes te beskerm. So sê Health-for-Animals,‘n nie-winsgewende, nie-regeringsorganisasie wat die vervaardigers van veeartsenykundige produkte, entstof en ander dieregesondheidsprodukte regdeur die wêreld verteenwoordig.
Antibiotika genees nie net mense van bakteriese siektes nie, maar ook diere. Op dié manier word die morele verpligting teenoor diere wat in die mens se sorg is, vervul. Antibotika speel ‘n rol in volhoubare veeproduksie deur vermorsing en ondoeltreffendheid wat deur siektes veroorsaak word, te voorkom. Dit help ook om te verseker dat die kosprodukte wat van diere verkry word, veilig is.
Antibiotika moet altyd verantwoordelik en volgens veeartsenykundige voorskrif gebruik word. Dit moet ook net gebruik word as dit regtig nodig is. Antibiotika is kragtige werktuie wat vir die komende geslagte bewaar moet word. Daarom moet dit altyd so gebruik word dat die moontlikheid van die stimulering van weerstandige bakteriese stamme beperk word.
Dit vereis korrekte beleid en strategieë. Ingeligte besluitneming berus op betroubare feite en daar moet onderskeid getref word tussen mites en taktieke om beleidsmakers en die publiek te mislei.
Onder die groot aantal wanopvattings oor die rol van antibiotika in landbou is die volgende bewerings:
“Antibiotika word net toegedien om groei te bevorder” – Antibiotika word egter by plaasdiere om presies dieselfde redes gebruik as wat die geval is by mense – om siektes te voorkom en te beheer. Alle sogenaamde groeibevorderende antibiotiese produkte is in 2006 in Europa verban en die gebruik van medies belangrike antibiotika om gewigstoename en voerdoeltreffendheid te verbeter sal oor die volgende twee jaar in Amerika en Kanada onttrek word. Ander groot landbou-ekonomieë het soortgelyke beleide aanvaar.
“Antibiotika word net gebruik om swak boerderypraktyke te verdoesel.” – Daar word geglo dat diere wat naby aan mekaar in hokke aangehou en gespanne is, makliker siektes sal kry en dus meer antibiotika nodig sal hê. Moderne landbou-eenhede is egter baie suksesvol omdat die diere produktief is. Diere is net produktief as hulle gesond en ontspanne is. Oor die algemeen kan swak dierewelsyn tot siektes lei en diere se vatbaarheid vir siektes verhoog. Veranderinge in die veebedryf het positiewe gevolge gehad, soos beter higïene en beter biosekuriteitsmaatreëls, wat die risiko van siektes verlaag.
“Plaasdiere is ‘n groot bron van besmetting waarteen mense weerstandig is.” – Sommige stamme van bakterieë wat weerstandig is word in plaasdiere gevind en daar is ‘n teoretiese risiko dat dit gesondheidsprobleme in mense kan veroorsaak, deur òf regstreeks van dier na mens oorgedra te word, òf deur die bakteriese besmetting van kos, òf deur weerstandige gene wat tussen menslike en dierelike bakteriese stamme uitgeruil word. Hoewel boere en veeartse toegee dat sulke risiko’s wel bestaan, is dit duidelik dat dit nie ‘n belangrike faktor is in die ontwikkeling van multi-middelweerstandige bakteriële besmetting van mense nie.
“Weerstandigheid word maklik van diere na mense oorgedra”. – Die meerderheid bakterieë is aangepas om op ‘n sekere gasheerspesie te oorleef, wat beteken dat ‘n bakteriële stam wat in beeste of skape gevind word, waarskynlik nie in mense sal oorleef nie.
Bron: RPO Bulletin Januarie 2017
|
http://www.proagri.co.za/gebruik-antibiotika-verantwoordelik/
|
2017-01-11 08:46:29
|
Wreedheid by veediefstalvoorvalle onaanvaarbaar
|
Die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum was die afgelope tyd by baie vergaderings en misdaadvoorkomingsgroepe regoor die land betrokke en dit is duidelik dat die wreedheid wat by veediefstalvoorvalle betrokke is, heeltemal onaanvaarbaar is. En dit het ook ‘n duidelike impak op die ekonomie.
Ander misdade soos renosterstropery is gereeld in die nuus. Dit het gelei tot openbare bewustheid en eenheid met die wildlewe in Suid-Afrika, daarom wil die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum die algemene publiek en veral boere bewus maak van die wreedhede wat tydens veediefstalvoorvalle gepleeg word. Wees gewaarsku dat van die foto’s onder aan die artikel baie grafies is en ontstellend kan wees.
Impak van veediefstalsake
2010/2011 2011/2012 2012/2013 2013/2014 2014/2015 Beeste Gesteel R484 800 000 R621 099 000 R557 820 000 R598 017 000 R610 467 000 Teruggevind R211 664 000 R288 855 000 233 760 000 R231 735 000 R247 632 000 Verlore R273 136 000 R332 244 000 R324 060 000 R366 282 000 R362 835 000 Gesteel R117 022 100 R141 675 000 R138 105 000 R127 540 800 R143 541 200 Skaap Teruggevind R24 103 300 R 35 353 500 R 32 052 450 R 26 660 800 R 35 523 200 Verlore R 92 918 800 R106 321 500 R106 052 550 R100 880 000 R108 018 000 Gesteel R 53 992 500 R 68 132 600 R 61 230 750 R 62 978 400 R 65 037 000 Bokke Teruggevind R 15 117 000 R 20 063 400 R 16 222 500 R 19 080 000 R 18 297 000 Verlore R 38 875 500 R 48 069 200 R 45 008 250 R 43 898 400 R 46 740 000
Die aantal veespesies wat in 2015/16 gesteel is, is nog nie deur die SAPD beskikbaar gestel nie, maar hierdie is die mees onlangse inligting.
Bron: Nasionale veediefstal voorkomingsforum
|
http://www.proagri.co.za/wreedheid-veediefstalvoorvalle-onaanvaarbaar/
|
2017-01-20 09:16:43
|
Reën nie altyd so goed vir alle vrugte nie
|
Die reën het uiteindelik oor groot dele van die land begin neersak in 2017 na ‘n lang tydperk van droogte. Dit is wonderlike nuus, want ‘n jaar gelede was meeste druiwe-oeste as gevolg van die droogte kleiner.
Reën kan steeds ook slegte nuus vir druiweboere inhou wat nou in die volle druiweproduksietydperk is. Indien dit te veel reën kan daar nie geoes word nie. “Die reën sal ‘n groot uitwerking op die wit pitlose druiwe hê. Daar sal ‘n probleem met die aanbod van druiwe wees aangesien hulle nie kan oes tot die boorde droog is nie,” sê Gary Britz, uitvoerder van Ele Trading.
Die variëteite wat die meeste hierdeur geraak word, is Sugra One en Thompson.
Deesdae het boere nette en plastiek oor hulle druiweboorde aangesien hulle weet dat dit meestal die tyd van die jaar reën, maar die nette kan steeds nie harde reën hokslaan nie.
Bron: freshplaza
|
http://www.proagri.co.za/reen-nie-altyd-goed-vir-alle-vrugte-nie/
|
2017-01-16 16:12:35
|
Voer dringend benodig na veldbrand by Calvinia
|
Die verwoestende veldbrand wat op die einde van verlede jaar skade op 16 plase in Calvinia-distrik aangerig het, kos miljoene rande. Die brande is moontlik deur ’n foutiewe Eskom-transformator veroorsaak.
André Steenkamp van die plaas Elandsfontein by Calvinia het gesê die veld is vernietig. Die boere benodig sowat 200 ton voer per maand om hul kuddes te voer en aan die lewe te hou. Min of meer 6000 skape (dragtiges ook) moet gevoed word.
André het gesê daar was al voerskenkings maar hulle benodig vervoer om dit te gaan haal. Henk van Wyk, voorsitter van Agri Noord-Kaap, het gevra dat mense wat skenkings wil maak hom by 071-606-4461 moet skakel.
|
http://www.proagri.co.za/voer-dringend-benodig-na-veldbrand-calvinia/
|
2017-01-10 09:49:35
|
11,5 miljoen hoenders kan vrek as Eskom Standerton se krag afsny
|
Astral Foods Limited, ‘n groot Suidelike-Afrika pluimveemaatskappy, het ‘n afskrif van ‘n brief deur Eskom aan die Lekwa (Standerton) plaaslike munisipaliteit bekom. Volgens die brief gaan daar vanaf 23 Januarie geskeduleerde kragonderbrekings na die dorp wees as gevolg van uitstaande betalings aan Eskom.
Die geskeduleerde afsnytye van die krag sal Astral se voer- en pluimvee bedrywighede onderbreek. Daar is ‘n verdere risiko dat Eskom die krag finaal sal afsny as die munisipaliteitskuld nie verbeter nie,.
Chris Schutte, besturende direkteur van Astral, sê: “Ons beskou die kennisgewing van die kragonderbrekings en potensiële afsluiting van toevoer van elektrisiteit as ‘n katastrofe. ‘n Hoenderboerdery het te alle tye voer, water en ventilasie nodig. Die pluimveeverwerkingsaanleg vereis deurlopend krag om masjinerie en verkoeling aan die gang te hou.
“Die kragonderbrekings sal regstreeks tot welsynskwessies, onderbrekingskoste en die verlies van die finale produk in die koue ketting lei. Die omvang van hierdie besluit het verreikende gevolge op die gemeenskap, vee en voedselsekuriteit op nasionale vlak. ”
Astral is Lekwa plaaslike munisipaliteit se grootste kliënt en het tot op datum al hulle rekeninge aan die munisipaliteit betaal. Regstappe sal geneem word indien dit die onderneming gaan benadeel.
Gegewe die grootte van Astral se Goldi-verwerkingsaanleg en die Meadow Feeds-meule in die dorp (die grootste voermeule op die vasteland), asook al Astral se braaikuikenplase in die Standerton-omgewing, maak dit Astral die grootste werkgewer in Standerton. Astral se bedrywighede in die streek gee aan 4 115 mense werk.
As Eskom die krag amptelik afsny sal Astral met 11,5 miljoen hoenders sit wat hulle nie sal kan voer nie.
Chris sê verder: “Ons praat tans met die betrokke partye oor die implikasies wat die planne van Eskom sal hê. Ons erken dat Eskom die reg het om betaling vir elektrisiteit te ontvang, maar ons het ons rekeninge aan die munisipaliteit betaal.”
Bron: Uitgereik deur Keyter Rech Investor Solutions vir ASTRAL foods
|
http://www.proagri.co.za/115-miljoen-hoenders-kan-vrek-eskom-standerton-se-krag-afsny/
|
2017-01-17 08:33:58
|
Manny Da Costa Huldeblyk
|
Deur Helga Prinsloo, uitvoerende beampte en dagbestuur van die Beefmaster Telersgenootskap
Manny Da Costa was nie net ʼn teler nie, maar ook betrokke as raadslid van die Beefmaster Beestelersgenootskap van SA vir baie jare.
Albert Einstein het gesê: “Die waarde van ‘n man moet gesien word, in wat hy gee en nie in dit wat hy in staat is om te ontvang nie.” Daar is geen beter woorde om Manny Da Costa te beskryf nie!
ʼn Ware “Gentleman” wat almal met soveel respek behandel het, altyd nederig en met ʼn glimlag op sy gesig. Hy het die vermoë gehad om ‘n totale vreemdeling te laat voel soos ʼn jarelange vriend.
Manny het nie net in die Beefmaster Genootskap diep spore getrap nie, maar in die Veebedryf en Landbousektor as ʼn geheel was hy alombekend, bemind en gerespekteer.
Wat ʼn voorreg om hierdie besonderse man te kon ken. Dit is met ʼn swaar hart wat ons van hom afskeid neem. Ons harte en gebede is met die Da Costa familie in hierdie moeilike tyd.
|
http://www.proagri.co.za/manny-da-costa-huldeblyk/
|
2017-01-26 16:26:21
|
Eerste jagluiperdwelpies by die Rietvlei Natuurreservaat gebore
|
Die geboorte van drie jagluiperdwelpies by die Rietvlei Natuurreservaat suid van Pretoria vroeg in November 2016 het vir groot opwinding by gereelde besoekers en die personeel gesorg.
Die moeder van die jagluiperdwelpies, Kiara, het haar welpies probeer wegsteek. Slegs ‘n paar van die personeel het al die voorreg gehad om die hulle te sien en die ma en kleintjies lyk almal gesond. Hulle geslag is nog nie in hierdie stadium bekend nie.
Jagluiperds is weer by die Rietvlei Natuurreservaat in 2014 gevestig toe ‘n mannetjie jagluiperd, Sanbona, aan hulle geskenk is deur die Pretoria Oos-tak van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging. Hule het ook geld geskenk vir ‘n elektroniese halsband om die personeel in staat te stel om sy bewegings dop te hou.
In November 2015 het Kiara en drie ander jong weeskind-jagluiperds by Sanbona aangesluit van die Welgevonden Reservaat waar hulle ma dood is aan beserings terwyl sy gejag het. Die Trust vir Bedreigde Wildlewe (EWT) se jagluiperdprojek het gehelp om ‘n nuwe huis vir die welpies te kry en die Rietvlei Natuurreservaat is as die geskikte kandidaat gekies. Dit is ‘n veilige hawe waar die jong diere kan leer om te jag.
Aanvanklik is die vier jagluiperds in ‘n boma by die Rietvlei Natuurreservaat gehou en in Januarie 2016 amptelik in die reservaat vrygestel om self reg te kom. Hulle het goed aangepas en suksesvol gejag. Na ‘n paar maande is drie van die vier jong jagluiperds na ander reservate verskuif as deel van EWT se jagluiperdprogram.
Kiara het agtergebly, want die reservaat het gehoop dat sy en Sanbona sal begin teel, maar Kiara is erg beseer is toe sy gejag het. Sy is vermoedelik deur ‘n swart wildebees bygekom. Twee beseerde tone aan haar voorklou moes afgesit word en ‘n diep wond aan haar agterbeen het ‘n rukkie gevat om te genees.
Nadat sy tyd deurgebring het in die veeartsenykunde kliniek is Kiara teruggeskuif in die boma om te herstel. Sy is maande na die besering eers weer terug in die reservaat geplaas, maar die mediese span was onseker of sy weer suksesvol sal kan jag.
Presies 12 maande na Kiara se aankoms verras sy almal met haar kleintjies.Volgens die reservaat se personeel was daar geen bewyse dat haar beserings haar verhoed het om te jag nie. Sy is in ‘n uitstekende kondisie en kyk mooi na haar welpies. Die reservaat kan net een jagluiperd teelpaar huisves en daarom sal die welpies na ‘n ander plek geskuif word sodra hulle 18 maande oud is en self kan jag.
Dieter Labuschagne, bewaringskoördineerder van die Pretoria Oos-tak van SA Jagters, sê die vereniging het ‘n jarelange verbintenis om die reservaat se bewaringsbedrywighede te ondersteun.
Tot op hede het die tak R184 000 se geld en toerusting tot die reservaat bygedra. Dit sluit in die bou van die boma in 2011, elektroniese halsbande vir Sanbona en Kiara en R30 000 vir die koop van Sanbona in 2014. Die tak samel geld in vir bewaring deur bewustheidsprojekte.
“Die Rietvlei Natuurreservaat se jagluiperd-suksesstorie is ‘n bewys dat die publiek en lede van SA Jagters kan bydra tot bewaring in hulle gemeenskappe. As jagters is ons toegewyd daaraan om die natuurlike habitat te bewaar. Rietvlei Natuurreservaat is die grootste natuurreservaat in ‘n metropoliaanse gebied in die wêreld en een van 57 bewaringsareas in Tshwane alleen,” sê Dieter.
Bron: SA Jagters en Wildbewaringsvereniging
|
http://www.proagri.co.za/eerste-jagluiperdwelpies-die-rietvlei-natuurreservaat-gebore/
|
2017-01-25 08:02:34
|
Die nuwe Mitsubishi Triton is in Suid-Afrika
|
Mitsubishi Motors Suid-Afrika verwelkom die herontwerpte Mitsubishi Triton. Die 2017-model, die vyfde in die Colt/Triton-reeks, is die mees gevorderde bakkie wat Mitsubishi nog in sy gebalanseerde kombinasie tussen ware sportnutsagtige padgedrag en swaardiens-werkvermoë ontwikkel het.
Die splinternuwe Triton maak sy buiging in Suid-Afrika nadat hy hom as groot gunsteling in markte soos Australië, Brasilië, Europa en die Midde Ooste gevestig het. Die Suid-Afrikaanse reeks maak sy buiging met die vooraanstaande Mitsubishi Triton 2.4 Di-DC MIVEC-dubbelkajuit.
Die nuwe model is herontwerp, maar sy hoogs aangeskrewe eienskappe wat sy voorgangers uiters gewild gemaak het, het behoue gebly.
“Die opdrag aan die ontwerpers en ingenieurs was reg van die begin af om die wese van die Triton te behou, maar ook om aspekte soos rit, hantering en gemak te verbeter ten einde ’n volwaardige sportnuts-ervaring agter die stuur te bewerkstellig,” sê Nic Campbell, hoofbestuurder van Mitsubishi Motors Suid-Afrika.
Nic verduidelik dat die ingenieurs 185 kernkomponente van die Triton teenoor sy voorganger verbeter het ‒ van die dieper en sterker laaibak, die hersiening van die enjinkapvorm ten gunste van lugdinamiese doeltreffendheid, en die verfyning van die bestuurder se sitposisie om gemak en sig vanuit die voertuig te verbeter.
Ander gewilde elemente soos die kenmerkende J-lyn tussen die kajuit en die laaibak is aangepas om binneruimte te bevorder. Dit word met die intrapslag deur al die insittendes, veral dié in die agterkant van die dubbelkajuite, ervaar.
Die ontwerpbenadering vir die nuwe Triton was “atleties”, wat duidelik aan die buite-ontwerp van die nuwe bakkiereeks gesien kan word. Die uitgeboude enjinkap, fris sierrooster en omvou-kopligte vloei in ’n diep skouerlyn tot by die stertligte en geronde laaideur wat nou moeiteloos met net een hand oop- en toegemaak kan word. Die ingeboude remlig in die laaideur kan nie meer soos dié wat in die kajuit se agterkant ingebou is, versteek word nie.
Gemak en gerief
Die saamgestelde ontwikkeling, wat die nuwe Triton aansienlik teenoor sy voorganger verbeter het, sal waarskynlik duideliker te sien wees in die kajuit wat spesifiek gevorm is om dieselfde soort gemak en gerief as Mitsubishi se reeks sportnutsvoertuie en ikoniese Pajero te weerspieël.
Dit is nou nie net baie makliker om in en uit die nuwe Triton te klim nie, maar agter die stuur voel dit baie meer natuurlik danksy die gesaghebbende sitposisie wat beter sig van agter die stuur oor die voorkant van die voertuig bied. Die bestuurder geniet die voordeel van ’n nuwe voorpaneel met oppervlakke wat maklik skoongemaak kan word en vir praktiese gebruik gekies is. Reeks-spesifieke toerusting in die nuwe modelle sluit ’n intuïtiewe raakskerm-vermaakstelsel met Bluetooth- en USB-klankverbindings sowel as ’n sleutellose drukknop-aansitter in.
Die bestuurder voel tuis danksy toerusting soos spoedbeheer, dubbelsone-lugversorging, ’n trurat-kamera, ’n elektries verstelbare bestuurdersitplek, kantel- en teleskopies verstelbare stuurkolom en leerbekleedsel om maar net ’n paar van die nuwe standaardeienskappe te noem.
Die kajuit self is met 20 mm tot 1 745 mm gerek om kajuitruimte verder te verbeter, terwyl skouerruimte voor en agter ook verbeter is. Subtiele veranderings sluit herontwerpte sitplekke met dikker en digter spons vir groter gemak op lang ritte in.
Lewendige splinternuwe MIVEC-dubbelbonokasenjin van 2.4ℓ
Die Mitsubishi Triton het ’n nuwegeslag-viersilinder-turbodiesel met ’n aluminium-enjinblok. Die nuwe enjin bied die ideale kombinasie tussen ’n blits-turboaanjaer met ’n ongewone lae 15.5:1-drukverhouding wat lewendige wringkrag teen lae enjinsnelhede lewer.
Die 2,4ℓ-MIVEC-enjin het ’n aluminium silinderblok met versterkte staalvoerings vir duursaamheid en ingeboude hoëdrukbuis-dieselinspuiting. Die enjin is 30 kilogram ligter as sy voorganger, wat die Triton van ratser en veiliger hantering help voorsien.
Dié nuwe vrydraaiende enjin lewer aansienlik meer krag en drasties minder vibrasie danksy nuwe monteerpunte op die onderstel. Sy kraglewering kom op 133 kW teen 3 500 r/min te staan, met sy wringkragpiek ’n stewige 430 Nm teen 2 500 r/min. Brandstofverbruik kom op 7,6 liter per 100 kilometer in die gekombineerde siklus te staan.
Die nuwe 2.4ℓ-MIVEC-turbodiesel dryf die agterwiele (2H) of al vier wiele (4H in die geval van 4×4) aan met die keuse van ’n kortwissel-sesganghandratkas of outomatiese vyfgang-transmissie.
Vier dubbelkajuit-weergawes in 4×2- of 4×4-gewaad en met die keuse van ’n sesgang-handratkas of outomatiese vyfgang-transmissie is dadelik te koop. Al die modelle word met ’n vyfjaar/90 000 km-diensplan en driejaar/100 000 km-fabriekswaarborg bekend gestel.
Reeks en pryse:
Mitsubishi Triton 2.4 Di-D 4×2 (handrat) – R479 900
Mitsubishi Triton 2.4 Di-D 4×2 (outomaties) – R499 900
Mitsubishi Triton 2.4 Di-D 4×4 (handrat) – R539 900
Mitsubishi Triton 2.4 Di-D 4×4 (outomaties) – R559 900
Bron: Mitsubishi Motors Suid-Afrika
|
http://www.proagri.co.za/die-nuwe-mitsubishi-triton-suid-afrika/
|
2017-01-25 11:04:52
|
Europa se goedkoop hoenderboudjies wurg SA se pluimveebedryf
|
‘n Groot pluimveemaatskappy, RCL Foods, wat die Rainbow en Farmer Brown hoenderhandelsmerke besit, sê die regering se nuwe 13,9% invoertarief op been-hoenderporsies van die Europese Unie af, is onvoldoende.
Suid-Afrikaanse hoenderprodusente, die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, en arbeidsorganisasies blameer die storting van hoendervleisprodukte vir die probleme wat produsente ondervind om ekonomies te oorleef.
Scott Pitman, besturende direkteur van die verbruikersafdeling by RCL, sê dat 1 355 werkers, personeel en bestuur hulle werk teen die einde van Januarie kan verloor as gevolg van die wêreldwye ooraanbod van hoender-agterkwarte.
“Die noordelike halfrond se verbruikers, wat die meeste van die hoendervleis in die wêreld eet, soek net borsvleis en vlerke en daarom is die agterkwarte in ooraanbod. Afrika is een van die min plekke wat dit verkoop,” sê hy.
“Maar as gevolg van die ooraanbod moet hulle hul pryse so ver verlaag om met die pryse van ingevoerde hoender mee te ding, dat dit nie meer ekonomies sin maak om te produseer nie. Die 13,9% nuwe EU-tarief is nutteloos,” sê hy.
Die regering is bewus van die krisis
Die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, wat in Desember die tariewe op ingevoerde hoenderporsies verhoog het, sê: “Die regering is bewus van die krisis wat die pluimveebedryf in die gesig staar en oorweeg die aanwysing van hoender as een van die produkte wat staatsinstellings plaaslik moet aankoop.
Die adjunk direkteur-generaal van die Nywerheidsontwikkelingsafdeling van die Departement van Handel en Nywerheid, Garth Strachan, sê: “Die departement het ‘n taakspan van kundiges saamgestel om die diepte van die krisis en die uitwerking daarvan op die pluimveebedryf te evalueer.”
Bron: Bizcommunity
|
http://www.proagri.co.za/europa-se-goedkoop-hoenderboudjies-wurg-sa-se-pluimveebedryf/
|
2017-01-23 08:58:55
|
Dom Boer se lag vir die dag:
|
Bakkery benodig proefleser
Gawie se liewe vrou verjaar en soos alle vroue aanvaar sy nie die vermeerdering van jare inskiklik nie. Hy wil haar troos en besluit om vir haar ‘n verjaarsdagkoek te laat bak met die volgende woorde daarop: “Jy word nie ouer, jy word net beter.”
Hy gaan na Madiba’s Uhuru BEEE Bakery and Fancy Cakes en plaas die bestelling, maar die affirmative bestuurder sê die inskrywing is te lank om in een reël op die koek te pas.
“Dit is mos nie ‘n probleem nie,” sê Gawie. “Deel die woorde in twee. Skryf net ‘Jy word nie ouer’ bo en ‘jy word net beter’ onder.
Die koek word afgelewer met die woorde: “Jy word nie ouer bo, jy word net beter onder.”
|
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-278/
|
2017-01-30 07:15:47
|
Desember 2016: Trekker- en stroperverkope
|
Trekkerverkope van 349 eenhede vir Desember is aansienlik (byna 28%) meer as die 273 eenhede wat verlede Desember verkoop is. Vir die 2016-kalenderjaar is trekkerverkope ongeveer 11% laer as verkope vir 2015. Stroperverkope van sewe eenhede in Desember is dieselfde as die sewe eenhede wat in Desember van die vorige jaar verkoop is. Vir die 2016-kalenderjaar is stroperverkope ongeveer 14% laer as verkope vir 2015.
Algemene somerreën het nou in die meeste van die land geval en die meeste boere, selfs in die westelike dele wat vir ᾿n tyd lank droog was, het reeds hulle gewasse aangeplant. Gewasse wat op land staan lyk goed en sentiment in die mark is positief. Wat nou vereis word is opvolgreën tot einde Februarie, sodat die aangeplante gewasse hulle volle opbrengspotensiaal kan behaal.
Volgens ramings in die bedryf, behoort algehele trekkerverkope in 2017 minstens so goed te wees as wat dit in 2016 was.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
|
http://www.proagri.co.za/desember-2016-trekker-en-stroperverkope/
|
2017-01-12 15:33:44
|
Jupidex het alles om mooi hooi te maak
|
http://www.proagri.co.za/jupidex-het-alles-om-mooi-hooi-te-maak/
|
2017-01-23 16:11:29
|
|
Brandstofpryse sal verder in Februarie styg
|
Deur Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-Ekonoom
Brandstofpryse sal verder in Februarie styg volgens die jongste inligting van die Departement van Energie wat vandag bekend gemaak is. Hiervolgens kan die prys van petrol 93 (ULP & LRP) in Gauteng op Woensdag, 1 Februarie moontlik met 31,3c per liter en die prys van diesel met ‘n 0,005% swaelinhoud met 24,0c per liter styg.
Die redes vir hierdie prysstygings kan nog hoofsaaklik aan die heelwat hoër internasionale ru-olieprys toegeskryf word nadat die lede van die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (OPUL), asook die 11 lande wat nie lede van die organisasie is, op 10 Desember 2016 uiteindelik ‘n ooreenkoms bereik het om hulle produksie van ru-olie met 1,8 miljoen vate per dag te verminder. Die ooreenkoms het op 1 Januarie 2017 vir 6 maande lank in werking getree.
Die olieprodusente het Sondag na ‘n vergadering in Wenen, Oostenryk bevestig dat die ooreenkoms baie goed nagekom word en dat die betrokke olielande alreeds 1,5 miljoen vate per dag of meer as 80% van hulle gesamentlike teiken uit die mark verwyder het.
Die verdere styging in die prys van Brent ru-olie tot $58 per vat en die gevolglike hoër internasionale pryse van petroleumprodukte hierdie maand het sover stygings van bykans 42,1c per liter in die plaalike petrolprys en 34,6c per liter in die dieselprys veroorsaak. Die versterking van die R/$-wisselkoers oor die afgelope maand het ‘n verlaging in die plaaslike petrolprys van 10,8c per liter en 10,6c per liter in die dieselprys gehad.
|
http://www.proagri.co.za/brandstofpryse-sal-verder-februarie-styg/
|
2017-01-24 10:58:31
|
Baie meer mielies is aangeplant
|
Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder mielies is 30,95% meer is as wat die vorige seisoen aangeplant is en die voorlopige oppervlak onder witmielies is ook 53,46% meer as die vorige seisoen.
Die voorlopige oppervlakteskatting van somergewasse is hoofsaaklik gegrond op die resultate van ’n nie-ewekansige opname onderneem deur die Direktoraat vir Statistiek en Ekonomiese Analise van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en weerspieël die situasie soos gedurende die 3 de week van Januarie 2017.
Die hersiene aangeplante oppervlakte en produksiesyfers sal deur die Oesskattingskomitee op 28 Februarie 2017 vrygestel word en sal hoofsaaklik gegrond wees op inligting verkry vanaf die “PICES”-opname vir die Noord-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes-provinsies.
Kommersiële mielies:
Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2,549 miljoen ha, wat 30,95% of 602 450 ha meer is as die 1,947 miljoen ha wat verlede seisoen aangeplant is, en ook 3,50% of 86 200 ha meer as die voornemens om te plant syfer van 2,463 miljoen ha soos vrygestel in Oktober 2016.
Die voorlopige oppervlak onder witmielies is 1,557 miljoen ha, wat ’n toename van 53,46% of 542 450 ha verteenwoordig vergeleke met die 1,015 miljoen ha die vorige seisoen. In die geval van geelmielies is die oppervlakteskatting 992 000 ha, wat ook 6,44% of 60 000 ha meer is as die 932 000 ha geplant die vorige seisoen.
Ander somergewasse:
Die voorlopige oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 665 800 ha, wat omtrent 7,33% of 52 700 ha minder is as die 718 500 ha aangeplant die vorige seisoen.
Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 542 200 ha, wat ’n toename van 7,84% of 39 400 ha verteenwoordig vergeleke met die 502 800 ha geplant die vorige seisoen. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 45 500 ha, wat 101,33% of 22 900 ha meer is as die 22 600 ha geplant vir die vorige seisoen.
Die oppervlakteskatting vir sorghum het afgeneem met 24,12%, van 48 500 ha tot 36 800 ha teenoor die vorige seisoen. Vir droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 45 000 ha, wat 30,81% of 10 600 ha meer is as die 34 400 ha geplant vir die vorige seisoen.
Wintergewasse – 2016 produksieseisoen
Die verwagte kommersiële produksie vir koring is 1,893 miljoen ton, wat 0,95% of 17 850 ton meer is as die vorige skatting van 1,876 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,72 t/ha is. Die hoofrede vir die toename in koringproduksie is as gevolg van produsente wat beter as verwagte opbrengste gestroop het, veral in die Wes-Kaap.
Die verwagte produksie in die Wes-Kaap het met 1,52 % of 16 150 ton toegeneem, van 1,066 miljoen ton tot 1,082 miljoen ton teenoor die vorige skatting. Die produksieskatting vir die Vrystaat is onveranderd gelaat op 308 000 ton. In die Noord-Kaap is die verwagte produksie ook onveranderd gelaat op 266 000 ton. Die oppervlakteskatting vir koring is 508 365 ha.
Ander gewasse:
Die produksieskatting vir moutgars is 354 065 ton, wat 4,4% of 14 930 ton meer is as die vorige skatting van 339 135 ton. Die oppervlakte beplant is beraam op 88 695 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,99 t/ha beloop. Die verwagte kanola-oes is afwaarts aangepas met 3,12% of 3 400 ton na 105 460 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 68 075 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,55 t/ha.
Bron: Oesskattingskomitee
|
http://www.proagri.co.za/baie-meer-mielies-aangeplant/
|
2017-01-27 11:37:52
|
Voorligtingsessies oor diversifikasie opsies vir boere
|
Kommersiële boere het eersdaags die geleentheid om in ‘n enkele voorligtingsessie meer inligting te bekom oor die verskillende verskansingstrategieë wat daar beskikbaar is.
Gesonde sake- en risikobestuursbeginsels vereis dat boere deeglik oorweeg en beplan hoe om die onsekere omgewing waarin boerdery bedryf word, te bestuur. Daar is verskeie bestaande inisiatiewe en moontlikhede vir boere om behoorlike diversifikasie te bewerkstellig en aanbiedings is gereël waar ‘n oorsig gegee gaan word oor die verskillende opsies.
Die sessies word in verskillende streke aangebied deur Old Mutual, die TLU SA en Agri All Africa waar kundiges die opsies en die oorwegings wat in ag geneem moet word by elkeen sal toelig. Die inligtingsessies het ten doel om boere in staat te stel om opsies te vergelyk om uiteindelik ingeligte besluite te kan neem. Die sessies word in Afrikaans aangebied.
Die sessies is gratis en oop vir alle boere en belangstellendes. Vooraf registrasie is egter ‘n vereiste en kan geskied by die kontakpersone vir die verskeie streke soos gelys in die tabel hieronder.
Volgens Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, “maak die onsekere beleidsomgewing en toekoms van landbou in SA dit noodsaaklik dat opsies oorweeg moet word om belange buite die Suid-Afrikaanse ekonomie te diversifiseer. In dié opsig het TLU SA reeds moontlikhede in Georgië en Bulgarye wat landbouvriendelike geleenthede aan boere bied ondersoek.”
“Dit is egter belangrik dat alle opsies oorweeg moet word en daarom wil ons boere ook bekendstel aan geleenthede in Afrika, vandaar die samewerking met Agri All Africa, asook verskansings-moontlikhede wat beskikbaar is deur finansiële instellings en platforms, waar Old Mutual as vennoot betrek is”, sê Bennie.
Dr Theo de Jager, Voorsitter van Agri All Africa sê: “Ons neem graag deel aan die inisiatief om voorligting aan boere te gee oor die moontlikhede wat in Afrika bestaan. Die kundigheid van SA boere is in groot aanvraag en ons poog om hierdie geleenthede in Afrika te ontsluit met advies en ondersteuning aan boere en landboubesighede.”
Volgens Koos Nel, van Old Mutual Agrimark, is “dit belangrik dat boere bewus is van beleggingsgeleenthede en opsies wat nou beskikbaar en toeganklik is.”
Hy sê: “Bates en beleggings buite die primêre boerderybesigheid is ‘n fundamentele bousteen van ‘n weldeurdagte finansiële en sakeplan om sekerheid te skep vir die toekoms van families. Ons maak vak-spesialiste van Old Mutual Wealth beskikbaar om die opsies te bespreek. Elbe Thatcher, ‘n fidusiêre kundige, gaan praat oor trusts en gepaardgaande risiko’s wat oorweeg moet word. Riaan Craven, streekbestuurder van Old Mutual International sal oorsese opsies toelig en Greg Potgieter, ‘n aandele portefeuljebestuurder sal meer inligting bied oor hoe boere hulle kan verskans deur plaaslike en oorsese aandeleportefeuljes.”
Vier sessies is geskeduleer en verdere voorligtingsessies sal volgens behoefte aangebied word. Belangstellendes kan by die onderstaande kontakpersone registreer vir bywoning of skakel met Lynne Kayser by 012-804-8031 of [email protected] vir verdere navrae.
Streek Plek Lokaal Datum / Tyd Kontak Oos Ermelo DLU Saal op Hoërskool gronde 8 Februarie 10h00 Danie du Plessis Sel: 082-929-3347 [email protected] Sentraal / Gauteng Devon Devon BU saal reg oorkant SAPD stasie 9 Februarie 10h00 Lynette du Plessis Tel: 012-804-8031 [email protected] Noordwes Lichtenburg Indaba Konferensie sentrum, Kerkstraat 34 Lichtenburg 1 Maart 10h00 Gert Cruywagen Sel: 082-497-0386 [email protected] Noord / Limpopo Potgietersrus / Mokopane Potgietersrus Gholfklub 2 Maart, 10h00 Drickus Botha Sel:082-774-9287 [email protected]
Bron: TLU SA
|
http://www.proagri.co.za/voorligtingsessies-oor-diversifikasie-opsies-vir-boere/
|
2017-01-30 07:38:44
|
Beesvleispryse bly sterk
|
Beesvleispryse bly sterk in Januarie as gevolg van die sterk winste gedurende Desember. Die goeie reënval wat oor groot dele van die land geval het help ook dat pryse sterk bly, want boere kan dan langer die beeste in die veld hou. Internasionaal is die beesvleismark nog onder druk. Met Trump aan bewind, gaan ons verdere munt wisselvalligheid sien wat ‘n belangrike drywer in pryse sal wees.
Plaaslik
Die geskatte Absa vleispryse is sooss volg:
Klas A-pryse is 1,97% laer teen R38/kg. Klas C-pryse is 0,26% hoër teen R33,80/kg. C-graad pryse volg gewoonlik ‘n afwaartse neiging in Desember, maar verlede jaar was daar nie so afwaartse neiging nie. Die gemiddelde speenkalfpryse was 2,9% hoër teen R25,83/kg. Die speenkalfmark was baie sterk gedurende Desembermaand oor die skaarsheid van die kalwers. Die gemiddelde huidprys oor die afgelope week was 1,14% laer teen R15,17/kg van die vorige week se prys van R15,34/kg. Die onlangse sterkte van die geldeenheid is een van die faktore wat druk op pryse plaas.
NB* Huidpryse word bepaal deur die gemiddeld van die RMAA (Rooivleisabattoirvereniging) en onafhanklike maatskappye.
Bulmark-faktore
Week-op-week se slagtinggetalle soos deur die Rooivleisabattoirvereniging het met 11,01% verminder.
Goeie vraag en beperkte voorrade van speenkalwers ondersteun pryse. Die verwagte dalings in mieliepryse in die komende maande wat volg op die verwagte gunstige oes sowel as goeie weidingstoestande is faktore wat die kalfmark moet ondersteun.
Goeie reënval in sommige dele van die land het kuddes help herbou.
Beesvleispryse het ‘n hoë vlak in die feestyd bereik.
Uitvoergeleenthede kan die pryse ondersteun.
Beermark-faktore
Die prysdruk in die speenmark sal in die speenseisoen gedurende Maart tot Mei wees.
Verbruikers is gewoonlik onder druk tydens Januariemaand as gevolg van hulle besteding tydens die feestyd en die skole wat open.
Internasionaal
Nieu Seeland se bulle het laer verhandel die afgelope week teen 5,19NZ$ per kilogram en koeie het sywaarts verhandel teen 3,85NZ$ per kilogram teenoor ‘n week gelede.
In die VSA was beesvleispryse soos volg:
Top side was 0,11% hoër teen $198,58/cwt. Rump was 0,05% laer teen $240,39/cwt en Strip loin was 3,86% hoër teen $561,33/cwt. Chuck het 0,68% hoër verhandel teen $222,78/cwt. Brisket was 4,08% laer teen $206,57/cwt. Die karkas gelykstaande prys was 0,69% hoër teen $280,59/cwt.
Bulmark-faktore
Die VSA se beesvleismark is steeds onder druk van verhoogde plaaslike produksie.
Beermark-faktore
Die versterking van die Nieu Seelandse dollar het druk op pryse die afgelope week geplaas.
Bron: Absa Agri Trends
|
http://www.proagri.co.za/beesvleispryse-bly-sterk/
|
2017-01-27 11:26:19
|
2017 Mercedes GLS 350d 4Matic
|
Mercedes se GLS (voorheen bekend as die GL klas) is ‘n bielie van ‘n wa. Groot ja, soos Pierre Spies en Etsebeth se groot as jy nou die vergelyking met mense wil hê. Die GLS vorm deel van Mercedes se luukse sportsnuts reeks waarvan die GLE (voorheen die ML-Klas) sy kleinboet is. Waar die GLE byvoorbeeld as die Mercedes E-Klas sedan motor se plaasjapie boetie gesien word, is die GLS weer die S-klas sedanmotor se avonturier broer. In die plaaslike sportsnuts wereld is die GLS vergelykbaar met die grootbak Range Rover en Toyota se Land Cruiser 200. Uber-luuks, uiters bekwaam van die pad af en uiteraard peperduur.
Die Mercedes Benz GLS beskik oor permanente vierwielaandrywing en met die spesiale veldry pakket soos op ons toetsmodel 350 d, bied dit ook ‘n laestrek ratkas en ewenaarslotte op beide die voor en agterste aste. In fôr-baai-fôr terme is dit net vir hardebaard klipklimmers en duintrappers beskore.
Die 2017-model is nou ook toegerus met Mercedes se nuwe 9-gang outomatiese ratkas wat die keuse van ses ritmodusse bied. Benewens die gewone “Gemak”, “Sport” en “Individueel” verstellings, is daar ‘n spesiale veldry-modus. Hierdie ritmodusse word met ‘n draaiknop verstel op die middelkonsole tussen die twee voorste sitplekke. Skakel oor na “Veldry of Veldry Plus” en jy kan laestrek kies waar die hoogte van die voertuig met 4 verskillende hoogtes verstel kan word. Die lugvering wat standaard op die GLS is lig dan die groot GLS na gelang van die verstelling. Hierdie modus sal slegs ingeskakel bly tot met ‘n maksimum van 20 kpu wat dit outomaties kanselleer wanneer die spoed oorskry word. Die reuse 20 duim allooiwiele is geskoei met 275/R20 rubber wat behoorlik kan vastrap waar dit nodig is.
Binne is die kajuit bykans oordadig luuks, heel gepas vir die topmodel in Mercedes se luukse SUV reeks. Die heerlik sagte wit leerbekleedsel van ons toetsmodel mag dalk onprakties vir die veld wees, maar dit bring ‘n dekadente ervaring van luukse oordadigheid. Ons toetsmodel se wit bekleding was smaakvol gekomplimenteer met oniks-swart en gepoleerde aluminium afwerking in die voorpaneel en op die deurpanele. As topmodel SUV in die Mercedes stal bied die GLS uiteraard ‘n omvangryke toegeruste kajuit as standaard, met klasleidende veiligheids- en geriefsfunksies soortgelyk aan Mercedes se überluukse S-klas sedanmotor.
Die GLS is een van die weinig ware 7-sitplekkers waar 7 volwassenes in luukse gemak geakkommodeer kan word. Die tweede ry sitplekke vou elektries na voor plat om maklike toegang na die derde ry sitplekke te bied. Beide die tweede en derde ry sitplekke bied afsonderlik beheerde lugversorging, terwyl TV-skerms agter in die voorste kopstutte vir afsonderlike vermaak sorg vir die tweede ry insittendes.
Die GLS350d 4-Matic is die enigste dieselenjin model in die GLS reeks en word aangedryf deur ‘n 2987 cc V6 turbodiesel wat ‘n indrukwekkende 190 kW enjinkrag en 620 Nm trekkrag lewer. Dit is genoeg om die meer as 2 ton wa van 0-100 kpu in slegs 7,8 sekondes te laat versnel. Ry jy egter ligvoets kan die kolos jou beloon met ‘n dieselverbruik van slegs 7,3 l/100 km. Vir diegene onder ons wie dit kan bekostig, is die Mercedes GLS 350d se basisprys van R1 283 900 nie te sleg nie. Dit bied veel meer as sy mededingers uit Japan en is heelwat goedkoper as daai fênsie Engelse wa waarmee die koningin rondgery word. Dit bly steeds ‘n voertuig wat slegs vir ‘n klein minderheid beskore is.
Dit laat my onwillekeurig dink aan ‘n storie van twee ou boere doer uit die Namakwaland se knersvlakte. Hulle was omtrent lewenslank boesemvriende, maar was ook buurmanne en swaers – die twee het met mekaar se susters loop en trou. Beide egpare het net een kind elk gehad en die twee kinders was van skool af gekys en wragtag jare later, na universiteit met mekaar getrou waarna hul toe in die Kaap gaan woon het. Terwyl daar by die profesioneel gekwalifiseerde jong egpaar nie ‘n finansiële tekort was nie, het hulle se ouers geglo dat daar elke maand ‘n slagding van die plaas af gebring moet word (want die Kaapse vleis is duur en smaak pure plank!) So kry die twee boesemvrinne dan ook weer, soos maar elke maand die geval was, vroeg een Saterdagmôre hulle se ry Kaap toe om voorraad en nog wat by die groothandelaars te gaan koop en dan sommer terselfdertyd die kinders se slagding te loop afgee. As die hammel die maand van oom Koos se plaas kom, dan ry die twee met oom Jan se bakkie en volgende maand is dit net annersom.
Die kinders het self vooruitgeboer en intussen in ‘n nuwe huis in ‘n beter woonbuurt in die noordelike voorstede ingetrek. Die twee oues moes sommer gaan kyk of alles darem na smaak is, het die twee ma’s besluit, sodat wanner hulle krismas gaan kuier, hulle alles kan saambring wat dalk sou kort. Tot by Malmesbury verby was dit nog maklik en Klipheuwel oor was ook nog so-so, maar toe oom Koos se vaalgeel ‘85 Toyota bakkie sy neus genadiglik by Durbanville se dorpsgrens oorsteek is daar terstond gestop, koffie uit die fles van die plaas (die Kaapse koffie proe plêstiek volgens oom Koos) geskink en pyp opgesteek terwyl hulle vir die kênners wag om hul teen die pad te kom kry. Kleinjan moet voor ry na die nuwe huis toe, maar “moet om hemelsnaam nie jaag, die ou bakkie kan net sestag”, het oom Koos ernstig vermaan voor hul wegtrek dorp in agter kleinjan se BeeEm aan.
By Kenridge voor die nuwe huis se ingang aangekom, skuif ‘n elektriese hek stadig oop en toe oom Koos sy stofvuil bakkie die boomryke erf binnekreun, sien hul hoe die groot garagedeur stadig, asof deur ‘n onsigbare hand, na bowe opgehys word. Oom Jan het van onder sy baai-foukels na oom Koos geloer en deur sy geel tande gesê: “Koosman, sie jy, dis nou hoe dit lyk as gjeld in die vekeerde hande kom!”
Deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive
|
http://www.proagri.co.za/2017-mercedes-gls-350d-4matic/
|
2017-01-13 11:50:18
|
Dom Boer se lag vir die dag (spesiaal vir vegetariërs):
|
Bloedstollende riller
‘n Ma en haar dogtertjie staan voor die vleistoonbank van die supermark en kyk hoe die blokmanne die karkasse bewerk.
‘n Blokman saag ‘n skaapkarkas middeldeur en die dogtertjie ril. “Ag toe maar,” sê haar ma. “Dit is maar net vleis.”
Die blokman saag die boude en blaaie af en die dogtertjie ril: “Toe maar Liefie,” sê haar ma. “Dit is nie so erg nie.”
‘n Ander blokman voer ‘n klomp vleis in die meule en die dogtertjie ril. “Toe maar my kind,” troos haar ma. “Dit is maar net maalvleis.”
By ‘n houtblok kap ‘n ander blokman ‘n stuk beesvleis driftig met ‘n beukhamer en die dogtertjie ril. “Ag toe maar my kind, dit is maar net om dit sag te maak,” sê haar ma. “Dit word in alle slaghuise gedoen.”
‘n Ander blokman kom met sy arms vol vleis wat hy reeds verpak het nader en smyt die pakkies langs die skaal neer.
“Kyk nou liewer weg of knyp jou oë toe my kind!” waarsku die ma en ril. “Hier kom die grusame deel wat enige mens met kille vrees vervul en snags bewend van angs laat wakkerskrik – hulle gaan nou die pryse opplak.”
|
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-spesiaal-vir-vegetariers/
|
2017-01-17 08:17:20
|
Pöttinger se Novacat X8 sny skoon, raak en wyd
|
Wanneer die lusern gesny moet word en die weer is reg, is daar nie tyd vir speletjies op die Van Niekerks se plaas net buite Brits, op die Thabazimbi-pad, nie. “Ons is mos so gelukkig om hier by ons baie reën te kry,” vertel Flippie van Niekerk. Dit beteken egter dat die venstertydperk wat hulle het om hulle lusern en hawer te sny en genoeg te laat droog om te baal, soms maar baie kort is. Dan maak ’n masjien, soos die Pöttinger Novacat X8, wat 8,3 meter wyd sny, die wenverskil.
Die Novacat is ook toegerus met rollerkneusers wat afdroging bespoedig sonder om die gehalte van die voer in te boet. Flippie sê daar is manne wat sê hulle sny tot 25 km per uur met die Novacat X8, maar hy verkies om sy snywerk teen 12 km per uur te doen, want dan weet hy dit word deeglik en akkuraat gedoen en die pale van sy oorhoofse besproeiingstelsel bly nie in die slag nie!
Een van die groot voordele van die kombinasiemasjien met sy snyer voor en dubbelsnyers skuins agter, is dat die agterste arms saam of afsonderlik gelig kan word sodat die operateur met die voorste snyer, wat hy baie mooi kan sien, tot teen hindernisse soos pale of ’n heining, kan sny. Die ander groot voordeel is dat die lusern nooit platgetrap word nie. Flippie sê vroeër moes hulle eers in die een rigting sny en dan terugsny na die ander kant om die lusern wat platgeval het op te tel. Nou beweeg hy een slag deur die land en al wat agterbly is drie netjiese windrye wat maklik opgetel kan word.
Hy sê die Pöttinger-snyers sny baie gelyk – jy kan die hoogte presies stel en dit is die hoogte wat die snyer handhaaf, al is die grond ongelyk. Nog ’n voordeel wat hy baie geniet, is dat jy baie maklik die lemme kan vervang as dit nodig is. In die gereedskapskissie is ’n lemsleutel wat jy kan gebruik om die veerknippie af te druk en woerts-warts die lemme te ruil.
Flippie sê dit is sy tweede Pöttingersnyer en hy is baie tevrede. “Ek het nog nie moeilikheid gehad nie, maar ek weet ook oom Wynn Dedwith-hulle van Valtrac is altyd bereid om te help as ’n mens ’n probleem sou kry.” Hy wil graag sy aanplantings uitbrei en noudat hy die regte toerusting het, weet hy hy sal die werk kan doen, en sommer lekker vinnig ook.
Goed, beter…Pöttinger
Hier is so ’n paar van die Pöttinger-eienskappe wat van die Novacat X8 ’n wêreldklassnyer maak:
Skoon snitte tot teen die grond is moontlik, want die geboë voorkant van die snystaaf sorg dat die grond onderdeur gly en die gras bo-oor. Materiaal gly ook glad oor die geronde snyskywe.
Gelyke snyhoogte word gehandhaaf deur Alpha Motion-tegnologie, wat behels dat die ondersteuningsraam en die koppelarms saamwerk om die snykas vorentoe (9 grade), agtertoe (12 grade) of na links en na regs (16 grade) te kantel soos die kontoere voorskryf.
Die monteerbalk is aan die middelpunt van elke snyer geheg sodat die snyers ongelykhede in die land nog beter kan volg.
Die snyer is so ontwerp dat selfs lang, swaar gras wat gaan lê het, netjies gelig en gesny kan word.
Die snit is netjies, skoon en eenvormig as gevolg van die optimale oorvleueling van die lemme se snypad.
Daar is ’n ingeboude meganiese wegbreekaksie wat verhoed dat die snyblad beskadig word wanneer daar ’n klip of hoekpaal in die pad beland.
Danksy Pöttinger se modulêre ontwerp kan elke skyf en rat met sy laers as ’n eenheid uitgehaal word. Die onderdele is ook los beskikbaar en dis nie nodig om die hele tol te vervang nie.
Met Pöttinger se Power Control-eenheid word alles vanuit die trekker se kajuit beheer. Daar is ook Isobusvriendelike eenhede beskikbaar om saam met ’n bestaande GPS-skerm te gebruik.
Vind uit hoe Valtrac jou kan help met die regte masjien vir voersny. Skakel Attie de Villiers by 083-261-9863, 056-817-8006 of stuur ’n e-pos na [email protected]. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting.
|
http://www.proagri.co.za/pottinger-se-novacat-x8-sny-skoon-raak-en-wyd/
|
2017-01-23 15:23:46
|
Die sleutel tot sukses: Valley bly die spilpunt aan die spits
|
“Produksiekoste hier in ons wêreld is hoër as in die westelike streke van die land, daarom moet ons intensief boer,” vertel Carl de Jager van die plaas, Trekboer, wat aan die seekant van Van Reenenspas geleë is waar die pad begin afdaal Ladysmith toe.
Die westewinde wat van die see af teen die berg vaswaai help gewoonlik met goeie reënval in die gebied, maar soos die res van die land was daar ook ’n paar droë jare en Carl vertel dat die reënvalpatroon oor die algemeen verander het. “Dit reën net nie meer soos in die ou dae nie.” Met planttyd in November was die grond droog en dit sou sekerlik nie moontlik gewees het om te plant sonder behoorlike besproeiing nie. Op Trekboer word dié behoorlike besproeiing deur Valley-spilpunte verskaf en met die 15 spilpunte wat oral op die plaas geanker is, lyk dit behoorlik of Valley laer getrek het teen droogte.
Vir die afgelope tien jaar word daar al op die plaas ’n stelsel van geenbewerking beoefen met wisselbou tussen mielies, soja en voer of weiding vir die Braford-kudde. Carl sê hulle het met geenbewerking begin om erosie te bekamp, want vroeër jare moes hulle elke keer na ’n stortbui reën kyk hoe die kosbare bogrond uit die lande gespoel word. Nou is die biologiese inhoud van die grond al goed opgebou en die erdwurms is aktief. Selfs al bewei die beeste die lande, sak die reën- en besproeiingswater in die grond in tot waar die gewasse se wortels dit ten beste kan benut.
Met ’n stand van 100 000 mielie- en 450 000 sojaboonplante per hektaar, is die waterbehoefte aansienlik. Carl sê hy gebruik nie afstandbeheer vir enige bestuurstake op die plaas soos grondvogmeting of besproeiingskedulering nie, want hy glo daaraan om self te gaan kyk hoe gaan dit met sy gewasse.
“Ek gaan kyk self hoe nat is die grond en hoe lyk my plante, want dan kan ’n mens enige moontlike probleem betyds raaksien en sommer gou in die kiem smoor,” sê hy. Carl het damme op die plaas wat met reënwater, fonteine en uit ’n spruit gevoed word, en die spilpunte word afsonderlik aangeskakel vanuit die indrukwekkende pompstasie onder die groot dam se wal. Die spilpunte loop in die aand om verdamping te voorkom en laer kragtariewe te benut.
Waarom Valley?
“Ons het tien jaar gelede begin met twee Valleys en ons het geen rede om nie aan te hou met Valleys nie, want die eerste twee loop nou nog sonder sukkel,” sê Carl. Hy sê daar moes een ratkas vervang word, maar verder was daar nog geen ander werk as normale instandhouding nodig nie.
Instandhouding beteken dat elke masjien een keer per jaar oopgemaak, deurgegaan en gesmeer word. Die bande word twee keer per jaar nagegaan en Carl sê hy maak seker dat al die bande se drukking dieselfde is, want anders moet die aandrywingstelsel te hard werk. Carl glo vas as jy na jou goed kyk, dan kyk jou goed na jou. Net voor planttyd gaan hy ook met ’n spoortoemaker deur elke land sodat die spore nie te diep uitloop nie. Daardeur word vasval verhoed en dit maak dit ook baie makliker om deur die land te beweeg met die spuit en stroper.
Die Valleys wat op die plaas loop, moet nie net hard en aanhoudend werk en teen hellings loop nie, hulle moet ook staande kan bly teen die woeste westewinde wat goed kan woed in die wyk. Carl sê hulle het nog nie ’n spilpunt gehad wat omgewaai het nie, maar om seker te maak, gebruik hulle net “swaar masjiene”. Die swaardiens spilpunte se spanne word vervaardig uit pyp met ’n deursnit van 168 mm teenoor die ligter masjiene se 127 mm pyp.
’n Bykomende voordeel van die dikker pyp is dat die water makliker vloei met minder weerstand, wat inderwaarheid tot kragbesparing lei. Teen die einde van verlede jaar is die 15de Valley op die plaas staangemaak en daar loop nou 4 sestorings, 4 vyftorings en 7 viertorings.
Carl sê hulle is ook baie tevrede met Valley se diens en die ondersteuning van hulle plaaslike verskaffer, Spilkon, van Dundee. “Ons het regtig nie juis probleme met die spilpunte nie, maar Frik-hulle hou alle nodige onderdele aan en het ook die kundigheid om te help met die ontwerp en installasie van nuwe spilpunte.”
Frik Vreken is die eienaar van Spilkon. Hy sê hulle kan in enige besproeiingsbehoefte voorsien, maar wanneer dit by spilpunte kom, is Valley die naam. “Daar is ’n rede waarom Valley die wêreldleier in spilpuntbesproeiing is,” sê Frik. Spilkon bedien die hele Noord-Natal, Oos-Vrystaat en Oos-Transvaal en Frik sê boere wat begin om saam met Valley ’n pad te loop, bly gewoonlik deel van die Valley-familie. Die belangrikste rede daarvoor is Valley-spilpunte se betroubaarheid en duursaamheid. Valley is byvoorbeeld die enigste spilpuntvervaardiger wat self sy ratkaste vervaardig en dit nie by buiteverskaffers aankoop nie. Die aandryfstelsels is ontwikkel vir die doel waarvoor dit gebruik moet word.
Valley maak ook voorsiening vir al die verskillende behoeftes en voorkeure van boere, ook met betrekking tot bestuurstelsels. Vir boere wat verkies om hulle spilpunte met die hand te gaan aansit, is die basiese meganiese beheerpaneel voldoende. Alle Valley-beheerpanele is egter GPS-gereed en kan aan Valley se gevorderde afstandbeheerde produkte gekoppel word.
Die beheerpaneelreeks bestaan uit die meganiese panele tot die meer gevorderde Select2, Pro2, Touchpro, en Autopilot-lineêr, wat verskillende vlakke van elektroniese beheer toelaat. Wanneer hierdie elektroniese panele aan die Valley Basestation 3 gekoppel word, is die opsies eindeloos, en word presisiebesproeiing ’n werklikheid met die minste moeite moontlik.
Nog ’n ontwikkeling waarop Valley se mense in Suid-Afrika baie trots is, is die spuitstuk- of sproeiertegnologie wat veral in ons droë land sorg dat elke druppel water behoorlik benut word. Gert van der Werff , bemarkingsbestuurder van Valley in Suid-Afrika, sê Valley doen noukeurige navorsing om elke waterdruppel se grootte en spoed presies reg te kry sodat dit nie te hard teen die grond vasslaan of op pad grond toe weggewaai word nie. Valley se mikpunt is dat 95% van alle water wat toegedien word, deur die plante opgeneem kan word.
Terug op Trekboer bevestig Carl hoe belangrik elke druppel water is. Hy sê hulle werk ten nouste saam met kundiges om seker te maak hulle grond is reg, hulle aanplantings is die beste wat dit kan wees en hulle plante kry die beste voedingstowwe en beskerming… maar sonder water beteken dit alles niks.
Besoek gerus www.valleyirrigation.com/za, skakel 010-350-0050, of stuur ʼn e-pos na [email protected] om uit te vind wie verskaf Valley in jou vallei. In die oostelike streek kan Frik Vreken van Spilkon geskakel word by 083-284-1025 of stuur ’n e-pos na [email protected].
|
http://www.proagri.co.za/die-sleutel-tot-sukses-valley-bly-die-spilpunt-aan-die-spits/
|
2017-01-23 09:38:14
|
ANC beleid sal Suid-Afrika vernietig
|
Deur Fanie Brink – Onafhanklike Landbou-ekonoom
“Die ANC se hernude aanslag op die politieke stabiliteit en ekonomiese vooruitgang van die land met sy ‘radikale ekonomiese transformasie’ en ‘daadwerklike grondhervorming’ sal Suid-Afrika op sy knieë dwing as gevolg van ongekende ekonomiese agteruitgang, hongersnood en baie groter armoede,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.
Hy sê die regering se beleid van “radikale ekonomiese transformasie” is niks anders nie as ‘n beleid van “ons wil alles hê om te verdeel om sodoende ons regeringsbewind ten alle koste te beskerm en te verleng tot die ekslusiewe voordeel van die ANC-elite.” Dit kom in werklikheid daarop neer dat hulle net soos baie politieke leiers in Afrika bloot wil “kapitaliseer op menselyding” deur voor elke verkiesing weer nuwe leë beloftes aan mense te maak wat steeds arm is en swaar kry.
Hierdie proses is ook spesifiek na verwys deur die uitgetrede voorsitter van die Kommissie van die Afrika-unie, Nkosazana Dlamini-Zuma, in haar nuwejaarsboodskap toe sy sekere leiers in Afrika blameer het omdat hulle verantwoordelik is vir die lyding van hulle mense. Sy het gesê dat “…. governments and leadership are there to protect the vulnerable, to serve the people, not to be the cause of the people’s suffering and retrogression.” Die ANC-elite is myns insiens net so skuldig hieraan met die verdere verkryging en beskerming van hulle korrupte rykdom en belowe nou weer na 22 jaar om iets daaraan te probeer doen.
Die herhaalde bedreiging van die herverdeling van grond was geensins onverwags nie en bly steeds die laaste gashalmpie waaraan die ANC vasklou om aan bewind te probeer bly na 2019. Dit is ook ‘n baie kenmerkend stap wat baie leiers in Afrika gebruik het om hulle diktatorskap te vestig. Die ANC-regering se bankrotskap sal met sy voortgesette onbekostigbare en vernietigende beleid veroorsaak dat daar in elk geval nooit geld beskikbaar sal wees om kommersiële boere vir hulle grond te vergoed nie. Geen wet sal ook ooit geld vir die doel beskikbaar kan maak nie en die verdere herverdeling van grond sal gevolglik bloot op ‘n “grondgryp” aksie neerkom, selfs binne die voorskrifte van die Grondwet. As ‘n boer nie die regering se prys vir sy plaas wil aanvaar nie, selfs nadat die regsproses deurloop is, kan die staat steeds met die onteiening van sy plaas voortgaan teen die prys wat hy wil betaal.
Die tyd het nou aangebreek dat die georganiseerde kommersiële landbou ‘n streep in die sand moet trek om daardeur die regering te waarsku teen die uiters nadelige politieke onstabiliteit en ekonomiese agteruitgang wat sy grondverdeling vir die land sal in hou. Die vernietiging van die land se produksiepotensiaal sal van Suid-Afika ‘n permanente voedselinvoerland maak wat uiteindelik van voedselhulp deur die buiteland afhanklik sal raak.
Fanie sê die kommersiële landbou kan nie voortgaan om die regering se ontwikkelingsprogram vir kleinboere te ondersteun nie, net om uiteindelik gedwing te word om hulle plase aan hierdie boere af te staan nie. Hulle het nou die laaste kans om weg te stap van hierdie regering se vergrype en vernietigingswerk wat, soos die regering verlede jaar bewys het, hulle presies niks in die sak sal bring nie.
“Die georganiseerde landbou sal nou dringend ‘n kopskuif moet maak om nie langer as deel van die probleem en nie eerder deel van die daadwerklike verset en optrede teen die aanslag van die regering deur die kommersiële boere beskou te word nie.”
Daar bestaan oor baie jare meer as genoeg bewyse in Afrika dat kleinboere geensins voedselsekuriteit vir ‘n land kan verseker nie, selfs nie met die hulp van groot internasionale donateurs wat miljarde dollar daarvoor beskikbaar stel nie. Baie kleinboere in Afrika is deur die gevolge van ernstige droogtes uitgewis, terwyl die geldskenkings aan die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram wat hongersnood probeer verlig, begin opdroog het.
In die Central African Republic, byvoorbeeld, kon 65% van die bevolking wat van die landbou afhanklik is nie die afgelope jaar van genoeg voedsel voorsien word nie omdat die voedselhulpprogramme nie aan al die behoeftes kon voldoen nie. Sowat 1,6 miljoen mense sal steeds van voedselhulp vanjaar in hierdie land afhanklik wees.
“Die nuwe beloftes van die ANC oor ‘n ekonomiese groeikoers van 2,9% hierdie jaar en die aanwending van R870-miljard oor die volgende drie jaar vir infrastruktuur en die ontwikkeling van swart intrepreneurs, kan noual van die tafel afgevee word want daar gaan nie hieraan voldoen word nie. Bloot omdat die ANC verder in sy beleid van sosialisme en kommunisme sal verval wat slegs ekonomiese groei kan vernietig en geensins kan skep nie. Asook omdat die grootste gedeelte van R870-miljard nie vir die doel waarvoor dit begroot word uiteindelik aangewend sal word nie weens die regering se onstuitbare korrupsie wat grootliks vir die ekonomiese agteruitgang in die land verantwoordelik is.”
“Dit bly steeds onverstaanbaar hoe die belastingbetalers in die land dit kan toelaat dat die regering hulle aanhou mislei oor die wanbesteding van die belasting wat hulle betaal sonder om daadwerklik daarteen beswaar te maak en ernstig daarteen op te tree.”
“Ek stem saam met die mense wat sê dat Suid-Afrika nie ‘n tweede-Zimbabwe” sal word nie omdat die kans uitstekend is dat die land ‘n “eerste-Suid-Afrika” sal word. Daar is nog nooit voorheen ‘n land in Afrika met so ‘n hoë ontwikkelingspeil en groeipotensiaal gesien wat deur regeringsbeleid so vernietig is nie!
Foto: Fanie Brink
|
http://www.proagri.co.za/anc-beleid-sal-suid-afrika-vernietig/
|
2017-01-10 07:55:10
|
Dexter: Die kleinraam ras met die groot moontlikhede
|
Daar is twee hoofredes waarom beesboere kruisteling gebruik. In die eerste plek gaan dit oor die basterkrag van die nageslag en in die tweede plek gaan dit oor die inbou van die beste eienskappe van die twee rasse in die nageslag.
As kleinraambees het Dexterbulle egter ook die bykomende waarde dat hulle gebruik kan word om grootraamverse op ’n jonger ouderdom oop te maak vir ’n langer produksieleeftyd. Voor ons in meer besonderhede na die kruisteelwaarde kyk, net eers ’n bietjie agtergrond oor die Dexterras in Suid-Afrika.
Die volgende is ’n uittreksel uit ’n artikel deur Ockie Barnard, president van die Dexter-genootskap, soos dit in die Dexter-joernaal verskyn het:
Dexters se aankoms in Suid-Afrika
Die rekords van die Departement van Landbou dui aan dat die eerste Dexter-beeste in Suid-Afrika deur mev AI Conway, Firwoods, Paarl, ingevoer is. Die bul, La Mancha Chief, vanuit die kudde van RT Robertson van Malahide, Dublin, het in 1917 hier aangekom. Nog meer Dexters is ingevoer in 1921, 1936, 1938 en ook latere jare. Die ras het sy oorsprong in Ierland en daar word geskryf dat die ras reeds in die 16de eeu bekend was. Dit maak die Dexter een van die oudste beesrasse ter wêreld.
Die eerste plaaslike Dexter-beeste was veral gewild onder die Merinoskaapboere van die Karoo en daar word oorvertel dat hulle dit hoofsaaklik gebruik het om hanslammers groot te maak. (Soms het glo tot soveel as 4 tot 6 lammers aan ’n Dexter-koei gedrink!) In 1953 is die stigtingsvergadering van die Dexter Genootskap van SA te Colesberg gehou.
Hoekom Dexters?
Die ideale dubbeldoelras
’n Dexter-koei produseer 10 x haar liggaammassa melk per laktasieperiode en speen dan nog ’n kalf van 52% en meer van haar liggaamsmassa. Die gemiddelde speenpersentasie van die hele RSA se beeskuddes is maar 45,5%.
Die Dexter is baie lig op die veld
Dexter-koeie weeg ongeveer 260 kg tot 350 kg en bulle ongeveer 550 kg tot 700 kg. Dit beteken jy kan drie Dexters aanhou in die plek van twee grootraambeeste.
Dit is hoogs winsgewend om met ’n Dexter te boer
As jy die koeie ook soggens melk en dan saans die kalf apart hou van die koei, word daar tussen 5 en 8 liter melk per koei geproduseer. As ons die laktasietydperk op 200 dae bereken en jy verkoop melk teen byvoorbeeld R6 per liter, bring so ’n koei R6 000 tot R8 000 inkomste in terwyl ’n kalf van 160 tot soveel as 210 kg gespeen word. Konserwatief bereken kan so ’n Dexter-koei dus R9 000 tot R11 000 en meer per jaar inbring. As die koei nie gemelk word nie, kan die volgende vergelyking steeds getref word: 3 Dexter-kalwers teen ’n speengewig van 160 kg = 480 kg.
Dit vergelyk mos uitstekend teen ‘n ander beesras se 2 kalwers wat saam dan 480 kg moet weeg! Min ander beesrasse sal hierdie uitdaging aanvaar! Dus produseer Dexters meer vleis per hektaar as meeste ander beesrasse.
Langslewendheid en vrugbaarheid
Dexter-verse word reeds so jonk as 12 tot 14 maande by die bulle gesit en die algemene vrugbaarheid van Dexter-koeie is welbekend. Daar was al koeie wat meer as 21 jaar oud geword het met ’n aanwas van 19 kalwers oor haar leeftyd.
Die Dexter se vleisgehalte
In die eerste plek is dit die ideale porsiegrootte met dikte gekombineer. As jy ’n biefstuk van 350 g bestel en dit is dun gesny, verloor mens al die sappigheid van die vleis! Met ’n lekker Dexter-biefstuk, gaan dit beslis nie gebeur nie! ’n Interessante kenmerk van die vleis is die donker kleur daarvan. Vleiskenners weet dit is ’n teken van smaak en geurigheid. Daarby het dit goeie marmering en ’n uitstekende vleis- tot beenverhouding.
Die Dexter is goed aangepas
Dexters se prestasies in die skouring is welbekend, maar die ras het hom ook onderskei in alle veldtoestande regoor die land. Daar is Dexter-telers in al die provinsies. Tydens die landswye droogte van 2015/16 het boere in die Vrystaat ’n studie gedoen met jong bulle om te kyk hoe gehard hulle is. Tydens die toets is slegs ’n lek bestaande uit 10 sakke sout, 1 sak fosfaat en 2 sakke melassemeel gegee en hulle moes maar self op die karige weiding klaarkom.
Daar was 13 bulle (tussen 7 en 9 maande) in die toets vanaf 16 November 2015 tot 2 Mei 2016. Die swakste GDT oor die totale tyd was 345 en die beste GDT was 583 g/ dag. Die gemiddelde GDT oor die totale tyd was 441 g/dag. Die gemiddelde gewigtoename was 76,84 kg. Dit is baie goeie syfers as mens in ag neem dat dit van die ergste droogtes was wat ons land in menseheugenis beleef het. Daar is heelwat Dexter-telers wat deelneem aan die Fase C-toetse wat by die LNR gedoen word. Ook hier onderskei die Dexter homself en voeromsette van 5,73 kg per 1 kg vleis en groei van 1,4 kg per dag word hier verkry!
Die Dexter is maklik hanteerbaar
Toe ek met Dexters begin boer het, het ek ’n drukgang vir die skape gehad en ek gebruik steeds dieselfde drukgang, net met ’n weegbrug en nekklamp by. Die ras het ’n aangename, sagte temperament en kan selfs met gemak deur klein kinders hanteer word.
Kruisteelvoordele
Met ’n goed uitgewerkte kruisteelprogram kan al die goeie eienskappe soos hierbo genoem deel van jou vleiskudde word, maar daar is nog bykomende voordele:
Dexter-bulle kan grootraamverse op 12 tot 14 maande dek, aangesien Dexters bekend is vir kalwers met besonder lae geboortemassa en dus nie kalfprobleme vir daardie tipe verse veroorsaak nie. Die verse kalf dan op 21 tot 23 maande.
In 2008 het ’n teler ’n Dexter-bul met 10 Simbra-verse gepaar. Almal was met die eerste dekking dragtig. Die gemiddelde geboortegewig was 31 kg. Toe die kalwers in 2009 op 210 dae gespeen is, het hulle tussen 193 kg en 234 kg geweeg. Dit is uitstekend as in ag geneem word dat hierdie diere die eerste keer op 33 maande sou gekalf het. Hulle het egter op 33 maande vir ’n tweede keer gekalf van ’n Limousin-bul!
Kontak gerus die Dexter Genootskap om uit te vind hoe jou kudde kan verbeter. Stuur ’n e-pos aan: [email protected] of [email protected].
|
http://www.proagri.co.za/ons-praat-oor-kruisteling-dexter-die-kleinraam-ras-met-die-groot-moontlikhede/
|
2017-01-23 16:42:38
|
Politieke en ekonomiese vooruitsigte vir die landbou in 2017
|
Deur Fanie Brink – Onafhanklike Landbou-ekonoom
Die algemene landbouvooruitsigte het teen die einde van 2016 baie beter daaruit gesien as ‘n jaar gelede, veral wat die produksie van mielies en ander somergewasse betref. Die veldweiding het baie goed herstel in daardie gebiede wat geseënd was met goeie reën. Sommige gebiede in die land het ongelukkig feitlik geen reën gekry nie, maar die hoop dat die Goeie Gewer nog voldoende reën vir die hele land sal voorsien, beskaam nie.
Hierdie vooruitsigte kan goeie gevolge vir die nuwejaar inhou want dit blyk asof die klimaat ‘n positiewe wending geneem het dat dit hopelik nie weer die grootste bedreiging vir voedselsekerheid in 2017 sal wees nie. Die grootste bedreiging vir die landbou in die nuwe jaar sal ongetwyfeld eerder kom van die kant van die regering met sy onbekostigbare en vernietigende politieke en ekonomiese beleid.
Hierdie beleid was hoofsaaklik verantwoordelik vir feitlik geen ekonomiese groei oor die afgelope jaar nie, ‘n uiteindelike onvermydelike afgradering van die soewereine en kredietgradering van die land, ongekende wanbestuur van belastingbetalers se geld, totale onsuksesvolle grondhervormingsbeleid en onstuitbare korrupsie. Die regering se verlammende transformasiebeleid sal Suid-Afrika as ‘n ontwikkelende land ook in 2017 al meer transformeer in ‘n onderontwikkelde land soos in die res van Afrika met net soveel agteruitgang, hongersnood en armoede.
Die regering het in 2016 duidelik sy rug op die landbou gedraai. Nie alleen sover dit die kommersiële produksie van voedsel betref nie maar ook op die ontwikkeling en vestiging van opkomende produsente. Die kommersiële landbou het geen droogtehulp na die ergste droogte in dekades ontvang nie, terwyl die aanwending van die hulp wat aan opkomende produsente verleen is, hoogs onder verdenking geplaas is. Meer as die helfte van die droogtehulp wat in die minister van Finansies se mediumtermyn begrotingsraamwerk in Oktober vanjaar begroot is, was na ‘n ander staatsdepartement gekanaliseer wat geensins met droogtehulp aan opkomende produsente verband gehou het nie. Daar moet geen twyfel bestaan dat die regering ook in 2017 van die landbou af sal weg stap nie.
Die regering se inmenging in die ekonomie met nuwe wetgewing en die hersiening van feitlik al die vorige wetgewing wat sedert 1994 ingestel was, maar nie die vereiste doelstellings bereik het om armoedeverligting, werkloosheid en ongelykheid aan te spreek nie, sal nuwe uitdagings en bedreigings vir die landbou in 2017 inhou. Veral ook sover dit wetgewing betref wat met die gelyke verdeling van rykdom, grondhervorming, watergebruik en die sekerheid van verblyfreg verband hou.
Die hersiening van hierdie wetgewing kon soveel voordeliger vir die land gewees het as dit eerder gefokus het op hoe dit ekonomiese groei vir die land kon skep, maar dit is hoofsaaklik daarop gemik om die regerende party aan bewind te probeer hou ten koste van enige verdere ontwikkeling en vooruitgang vir die land en al sy mense. Die meeste van die radikale ekonomiese transformasie-inisiatiewe wat die ANC vir sy ondersteuners aanbied, is eenvoudig ‘n kaping van die staat deur die korrupte ANC-elite en hulle trawante.
In feitlik alle gevalle sal die werking van markkragte deur die regering weereens verwerp word wat verdere ernstige bedreigings vir die finansiële oorlewing van landbouprodusente sal meebring. Hoofsaaklik omdat die regering homself totaal in die duisternis bevind en duidelik geen begrip het hoe ekonomiese groei gedryf en geskep word nie en nog minder dat voedselsekerheid slegs volhoubaar kan wees as die produksie van voedsel winsgewend is, soos wat dit ook in al die ander bedrywe in die ekonomie ‘n voorvereiste is.
Die ekonomiese vooruitsigte vir die landbou sal nie in 2017 verbeter as die regering en spesifiek die departement van Landbou, Bosbou en Visserye nie ernstig oor die kommersiële produksie van voedsel besin en daadwerklike stappe neem om dit te bevorder en teen onregverdige buitelandse mededinging en natuurrampe te beskerm nie. Die tyd het ook aangebreek dat die georganiseerde landbou nou meer as ooit tevore drastiese pogings moet aanwend om die regering se politieke aanslag en ekonomiese bedreigings vir die landbou met ‘n gesamentlike visie en missie vir ‘n winsgewende en volhoubare kommersiële landboubedryf, daadwerklik af te weer. Daarsonder sal die ekonomiese vooruitsigte vir die landbou nie in 2017 verbeter nie.
Die jongste dreigende politieke aanslag van die werkersklas op die toekomstige voortbestaan van kapitalisme en die vinniger vestiging van kommunisme in die land moet nie onderskat word nie. Dit sal die ekonomie uiteindelik totaal van ‘n winsmotief ontneem en die land gevolglik van enige verdere ekonomiese ontwikkeling en vooruitgang beroof. Enige positiewe vooruitsigte vir ekonomiese groei sal gevolglik reeds vanaf volgende jaar vinnig begin verdwyn, terwyl die algemene welvaart wat dan nog in die land bestaan net verder en vinniger verdeel en verteer sal word.
|
http://www.proagri.co.za/politieke-en-ekonomiese-vooruitsigte-vir-die-landbou-2017/
|
2017-01-09 09:08:42
|
Nuutste oor damvlakke
|
http://www.proagri.co.za/nuutste-oor-damvlakke/
|
2017-01-12 15:23:34
|
|
Neem jou Ford Kuga 1.6 na jou naaste handelaar
|
Ford SA, bekende motormaatskappy, het die Ford Kuga 1.6 liter EcoBoost as gevolg van veiligheidsredes teruggetrek. Talle van hierdie voertuie het al aan die brand geslaan en die lewe van mense in gevaar gestel.
Die Ford Kuga’s wat tussen Desember 2012 en Februarie 2014 gebou is moet teruggeneem word na hulle naaste handelaar toe. ‘n Totaal van 4 556 motors word hierdeur geraak. Die 1.5 liter en 2.0 liter modelle word nie hierdeur geraak nie.
Ford het alreeds 15 enjins en ‘n motor na Europa en die VSA gestuur vir ‘n ondersoek om die werklike rede vir die brande te bepaal. Die inligting wat verkry is van die vorige voorvalle en die onderhoudsrekords wat deur die handelaars gekry is, help om die oorsaak van die vure te bepaal. Dit lyk asof die enjin oorverhit omdat die verkoelingstelsel nie werk nie. Die silinderkop kraak, wat veroorsaak dat die olie lek en dit dan vlam vat. Onderdele wat verantwoordelik is vir die enjinoorverhitting sal vervang moet word.
Met die veiligheid wat in ag geneem word, moet verbruikers wat die betrokke Ford Kuga-modelle ry dit dadelik na hulle naaste handelaar neem. Indien enige so Kuga-eienaar ‘n aanduiding kry dat die enjin oorverhit moet hulle dadelik aftrek, die enjin afskakel en uit die motor klim. Vir veiligheidsredes moet die enjinkap ook nie oopgemaak word nie.
Die nooddienste moet eerste geskakel word, indien nodig, dan Ford se padbystandsdiens by 086-115-0250. Die diens is 24 uur en sewe dae ‘n week beskikbaar en word deur die AA (Automobiel Assosiasie) ondersteun.
Die 1.6 Kuga is weer veilig om te bestuur sodra daar na die verkoeilingstelsel gekyk word. Die veranderinge wat Ford nou maak word deeglik getoets en hulle sal hulle kliënte op hoogte hou.
Ford doen alles moontlik om die verbruikers van ongerief te verminder en verseker kliënte dat hulle veiligheid Ford se eerste prioriteit is.
Indien ‘n kliënt enige probleem met hulle 1.6 Kuga ervaar, of vertragings in die herstel as gevolg van ‘n tekort aan onderdele, sal reëlings getref word deur die naaste Ford-handelaar en Ford-kliëntediens om ‘n motor vir die kliënt te voorsien terwyl die voertuig herstel word.
Enige kliënt se bekommernisse of navrae kan gerig word aan Ford se kliëntediens by 086-001-1022.
Bron: Ford SA
|
http://www.proagri.co.za/neem-jou-ford-kuga-1-6-na-jou-naaste-handelaar/
|
2017-01-18 08:45:58
|
Dieregesondheidsforum bekyk weerstand teen antibiotika
|
Die vraagstuk van weerstand teen antibiotika is breedvoerig tydens die jongste vergadering van die Nasionale Dieregesondheidsforum bespreek. Die grootste bekommernis is dat daar tans geen sentrale punt is vanwaar bevindinge oor weerstandigheid gedeel kan word nie. Dit is tans die gesamentlike verantwoordelikheid van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die Departement van Gesondheid. Daar sal ernstig besin moet word oor wie die proses behoort te bestuur.
Dit is ook kommerwekkend dat veeartse en die veebedrywe agtergelaat word. Verskeie vergaderings is met die mediese professie, wat nie bewus is van die werk wat veeartse doen nie, gehou.
Sommige produksiebedrywe het onlangs posisiestandpunte oor die gebruik van antibiotika in hulle praktyke uitgereik.
Tydens die vergadering is daar ook terugvoering gegee oor dr Mpho Maja, direkteur-generaal van Dieregesondheid, se besoek aan Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP). Een van OBP se uitdagings wat tydens die besoek uitgelig is, is OBP se verouderde infrastruktuur en die feit dat die meeste toerusting eers onlangs geïnstalleer is.
Produksie- en kwaliteitsprobleme is glo opgelos en die meeste entstowwe is nou beskikaar, òf op die rak òf dit is gereed om gehaltetoetse te ondergaan. Die verskillende vertolkings van “beskikbaar” is opgeklaar. As OBP sê ‘n entstof is beskikbaar, beteken dit die entstof het die groenlig gekry, maar dit is nie noodwendig al verpak en versprei nie.
Die verspreiding van entstof is bespreek en OBP het verduidelik dat die kontrak met Bayer as verspreider beëindig is. Verspreiding vind nou deur koöperasies plaas. Entstof word ook nie meer by OBP verkoop nie, behalwe aan veeartse wat dit vooraf bestel het. Dié benadering word gevolg om konflik met koöperasies wat die enstof versprei, te vermy. OBP het ook aangedui dat hulle geen beheer het oor wat koöperasies aankoop nie.
Een koöperasie mag die hele vooraad van ‘n spesifieke entstof aankoop en so ‘n tekort in die land veroorsaak. ‘n Gebrek aan kommunikasie met kliënte, veral boere, is onder OBP se aandag gebring en daar is onderneem om ‘n maandelikse inligtingstuk uit te reik oor die beskikbaarheid van entstof.
Tydens die vergadering het OBP daarop gewys dat verskeie bewusmakingsveldtogte oor die entstof teen slenkdalkoors geloods is. OBP is ‘n lid van die Food and Agriculture Association (FAO) en die internasionale organisasie vir dieregesondheid, die OIE. Daar is oorgenoeg gegewens wat op die gevare wys as diere nie teen slenkdalkoors ingeënt word nie. Dit kom regstreeks van NASA en die voorspelling is gemaak dat die oostelike gedeeltes van Afrika se reënvalpatrone in noue verband staan met uitbrekings van slenkdalkoors. Dié voorspellings is ook na die westelike gedeeltes van Afrika uitgebrei.
Die slenkdalkoorsentstof word tans aan internasionale kliënte verkoop en nie aan Suid-Afrikaners nie. OBP het egter voorraad opgebou sodat daar genoeg van die entstof beskikbaar is. Baie dosisse entstof is aan ons buurlande verkoop. Veeartse koop dit tans in samewerking met boere aan, maar koöperasies het nie so goed op die waarskuwings oor slenkdalkoors gereageer as wat gehoop is nie.
‘n Voorstel vir die ontwikkeling van ‘n entstof teen hartwater is deur die LNR ingedien. Dit is egter nog aan die kom en ‘n entstof is nog nie vervaardig nie. Dit sal waarskynlik eers teen 2021 gereed wees vir verspreiding. Die vergadering was dit eens dat dit uiters belangrik is dat laboratoriums gereed is vir die brusellose-veldtog en die beskikbaarheid van antigene is nie onderhandelbaar nie.
Die kwessie van diere-identifikasie as een van die belangrikste steunpilare van die veeartsenykundige strategie is ook bespreek. ‘n Besprekingsdokument word tans saamgestel en sal teen die einde van Januarie 2017 gepubliseer word. Daar word beplan dat alle lede van die Dieregesondheidsforum betrokke sal wees by die besprekingsdokument, waarna ‘n vergadering teen die einde van Februarie of Maart gehou sal word om dit te finaliseer.
Bron: RPO Bulletin Januarie 2017
|
http://www.proagri.co.za/dieregesondheidsforum-bekyk-weerstand-teen-antibiotika/
|
2017-01-10 11:15:30
|
Ultrasoniese klank help om drupbesproeiing funksioneel te hou
|
Felix Reinders, Landbounavorsingsraad: Instituut vir Landbou-ingenieurswese
Moderne drupbesproeiing het vanaf ’n eenvoudige waterbronbestuurstelsel ontwikkel tot ’n ingewikkelde, kennisintensiewe bestuurstelsel wat die chemiese, fisiese en biologiese omgewing manipuleer waarin die plant lewe. Dit word algemeen aanvaar dat drupbesproeiing die doeltreffendste besproeiingsmetode is, maar dit kan ook ondoeltreffend wees as gevolg van swak watergehalte, swak bestuur en onderhoudsprobleme.
Die ernstigste probleem met drupbesproeiing is die verstopping van die druppers. Verskeie benaderings in die voorkoming daarvan sluit in filtrering, spoeling en chemiese behandeling van besproeiingswater. ’n Uiters suksesvollemetode om die druppers funksioneel te hou, is ultrasoniese klank.
Hierdie vernuwende tegnologie is ontwerp en gebou deur ’n Suid-Afrikaanse boer, mnr Leon Lingnau, en word vandag suksesvol deur verskeie boere in Suid-Afrika gebruik. Die tegnologie, bekend as Greendrum, gebruik slegs ultrasoniese klank in ’n waterbad om drupperlyne skoon te maak en te onderhou, en dit is omgewingsvriendelik.
Ultrasoniese klank vorm miljoene klein vakuumborrels op alle mikro-oppervlaktes van die pyp en het ’n inplofreaksie wat saam met die skokgolwe alle vuilgoed en aanpaksels binne sekondes van die druppers en pyp stroop. Die tegnologie is beskikbaar in ’n mobiele sowel as ’n vasstaande masjien, wat dit ’n aanpasbare oplossing maak wat kostedoeltreffend is.
Die Greendrum-drupperlynskoonmaakmasjien is tegnies geevalueer op verstopte drupperlyne in die laboratorium van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Landbou-ingenieurswese (LNR-ILI). Die internasionaal aanvaarbare meting wat gedoen word om die werkverrigting van ’n drupperstelsel te bepaal is die koëffisiënt van variasie (KV). Dit is´n statistiese parameter wat ’n aanduiding gee van die wisselvalligheid van vervaardiging tussen verskillende druppers in dieselfde reeks.
Met die evaluasie in die LNR-ILI, is gevind dat nuwe druppers se koëffisiënt van variasie (KVq) varieer van ’n uitstekende 2,1% tot ’n goeie 4,2% met ’n gemiddeld van 3,1%. Druppers met ’n KV groter as 5% is nie wenslik om te gebruik nie.
Vir die toets van die Greendrummasjien is drupperlyne van verskeie besproeiingsgebiede bekom:
Pontdrif by die Limpoporivier;
Pietersburg met boorgatwater;
Mooketsi by die Koedoesrivier en
Vredendal met Olifantsrivierwater.
Toetse is op die drupperpype soos verkry uit die veld uitgevoer om die KV van die werkverrigting van die pype vas te stel en daarna is dit deur die Greendrum-masjien “skoongemaak”. Die resultaat was dat ’n verandering van 73% in die koëffisient van variasie (KV) gemeet is. Die herwinde pype het ’n swak KV van 10,57% gelewer en na ultrasoniese klankbehandeling het dit ’n uitstekende KV van 2,85% gelewer. Die druppers kon op geen ander manier skoongemaak word nie, maar Greendrum se ultrasoniese manier was uitermatig doeltreffend in die herstel van die druppers.
Die rede vir die gebruik van die drupperlynskoonmaakmasjien is nie net vir die herwinning van vuil en verstopte druppers nie, maar om dit te gebruik as ’n voorkomingsaksie sodat die drupperlyne deurgaans so goed soos nuut gehou kan word. Die gedagte is om die drupperlyne gereeld vanaf die begin (nuwe druppers) skoon te maak en op die manier kan die boer sy drupbesproeiing in ’n goeie toestand hou vir baie jare van funksionele werkverrigting.
Die onderhoud van ’n drupbesproeiingstelsel is van kardinale belang vir doeltreffende werkverrigting. Dit is belangrik om die pype na elke siklus te inspekteer vir moontlike verstoppings (kolle wat droog is en plante wat onderpresteer). Lekplekke moet onmiddellik herstel word. ’n Goeie onderhoudsprogram is uiters belangrik en dit moet sorgvuldig gevolg word vir die suksesvolle langtermynwerking van enige drupbesproeiingstelsel.
Tesame daarmee is die Greendrum ultrasoniese klankmasjien ’n tegnologies gevorderde metode om drupperpype doeltreffend, ekonomies en omgewingsvriendelik skoon te maak en funksionele werkverrigting te verseker.
Vir meer inligting, kontak Leon Lingnau by 082-896-0393 of [email protected].
|
http://www.proagri.co.za/ultrasoniese-klank-help-om-drupbesproeiing-funksioneel-te-hou/
|
2017-01-23 12:57:11
|
FORD EVEREST 2.2D: Kleiner dieselenjin uiteindelik hier!
|
Met die bekendstelling van die Everest ‘n paar jaar gelede het Ford dit duidelik gemaak dat die nuwe Everest ‘n heeltemal nuwe voertuig is. ‘n Rasegte en hardebaard SUV met behoorlike 4×4 vermoës in die veld, maar steeds verfynd en gesofistikeerd genoeg om as gesinsvoertuig werk en kerk toe ry. Die aanvanklike model was beskikbaar slegs as 4×4 met die kragtige 3,2 l turbodiesel enjin en 6-spoed outomatiese ratkas wat maar dors kan wees as die regtervoet effe swaar is. Verder was die model se stewige prys ook buite die bereik van die gemiddelde koper.
Uiteindelik het Ford SA die Everest-reeks uitgebrei deur die toevoeging van vyf modelle met die kleiner, goedkoper en meer ekonomiese 2,2 liter turbodiesel enjin met die nuwe modelreeks wat plaaslik gebou word in Ford se Silverton aanleg buite Pretoria. Ons het die bekendstelling einde laasjaar by die pragtige Legends Golf landgoed in Limpopo bygewoon.
‘n Taai stryd woed steeds tussen die Everest, Toyota se gewilde nuwe Fortuner en in ‘n mindere mate die Chev Trailblazer. Nou, met die Everest wat ook ‘n kleiner dieselenjin weergawe aan kopers bied om Toyota se 2,4 L dieselbron uit te daag, gaan daar selfs nog meer stof opgeskop word, veral omdat die 2,2 diesel Everest ook ‘n 4×4 model insluit – ‘n opsie wat Fortuner kliënte steeds nie kan kry nie.
Die 2.2 diesel se 230 mm grondvryhoogte dra by dat die Everest, soos die Ranger bakkies, gemaklik deur 800 mm diep water kan ry. Die groot blink sierrooster imponeer, maar tog sonder om te veel “bling” uit te stal. Daar is egter onmiskenbare trekke na Ford se topverkoper Amerikaanse F-reeks trokke. Van agter is die meer geronde voorkoms van die Everst effe sagter op die oog met ‘n breë chroom strook waarin die “Everest”-logo duidelik pryk, maar ook dit lyk nie goedkoop of onooglik nie. Die donker plastiek afwerking in die voorste en agterste buffers kontrasteer mooi met die bakverfkleure en beklemtoon die aggressiewe voorkoms van die voertuig. Selfs die kanttrappe is smaakvol geïntegreer met die voertuig.
Binne is die ruim kajuit goed en smaakvol uitgelê met Ford wat grootliks slaag om ‘n premium gevoel in die nuwe Everest te vestig. Ek persoonlik hou van die voorpaneel waar die dowwe gepoleerde afwerking rondom die instrumente modern vertoon. Ford se witjasse het klem ook op die praktiese gebruik geplaas en daar is gevolglik genoeg bêreplekkies vir bottels, ens.
Die kajuit het sewe breë gemaklike sitplekke in 3 rye. By die XLS-modelle is die sitplekke met ‘n duursame en praktiese materiaalstof afgewerk, terwyl die luukser XLT-modelle leerbekleedsel kry. Anders as met die Toyota Fortuner, vou die 3 de ry sitplekke in die vloer plat om die agterste laairuimte te vergroot . By die luukser XLT-modelle is daar ‘n groot kleurraakskerm bo middel in die voorpaneel wat al die kommunikasie, klank, rit-en voertuig inligting asook die beelde van die tru-kamera huisves. Die stuurwiel is toegerus met skakelaars vir talle van hierdie funksies insluitend die spoedbeheerstelsel.
Soos met die Ranger bakkies word Ford se elektroniese “Terrain Management ” – permanente viertrekstelsel ook in die kleiner 2,2 diesel model gebruik en bied ‘n keuse tussen “Normaal”, “Sneeu,/Grond/Gras”, “Sand” en “Rotse”. Die beheerknop daarvoor is tussen die voorste sitplekke agter die rathefboom. Tydens die bekendstelling was daar ‘n geleentheid om die nuwe 2,2 diesel se fôr-baai-fôr vermoës te toets op ‘n uitdagende 4×4 baan en dit was duidelik dat die 2,2 diesel model nie in die veld deur sy 3,2 liter boet, wat as ‘n hardebaard veldryer bekendstaan, oorskadu sal word nie. Danksy ook aan ondermeer ‘n aktiewe oordragkas, ‘n elektroniese agterste sluitewenaar en ‘n stelsel wat Ford “torque on demand” noem, kon die 2,2 diesel die toets met vlieënde vaandels slaag. Die nuwe 2,2d 4×4 is slegs met handrat en ook net in die laer XLS afwerkingsvlak beskikbaar, wat beteken dit is standaard toegerus met 17” wiele anders as die 18 duimers op die luukser XLT-modelle. Die voordeel daarvan is dat die band ‘n hoër profiel het wat dit meer geskik maak vir sandry.
Aandrywing is met ‘n 2,2 liter TDCI vier silinder diesel turbo kragbron wat reeds geruime tyd diens doen in die Ranger bakkies. Piek kraglewering is 118 kW en ‘n fris 385 Nm se wringkrag wat tussen 1800 en 2600 toere beskikbaar is. Beide XLS en XLT weergawes is nou verkrygbaar in 6-spoed handrat of 6-spoed outomaties met “Sport” en “Manual” modusse en het beïndruk met seepgladde oorskakeling.
Vir veiligheid bied die nuwe Everest sewe lugsakke en onder andere ook elektroniese stabiliteitsbeheer met bakrolstabiliteitbeheer. ABS, vastrapbeheer, wieltolbeperking, elektroniese remhulp en elektroniese omrol-weerstand is ook standaard. Verder is daar ook blindekol monitering met ‘n waarskuwing as ander motoriste van die kant nader, asook parkeergonsers en ‘n tru-kamera om die groot wa veilig in klein parkeerruimtes te kry.
Tydens die bekendstelling was ek opnuut beïndruk met die Everest se stil kajuit en min padgeraas. Ons het vanaf Lanseria na die Legends Golf Oord in Limpopo en weer terug gery oor ‘n verskeidenheid van padoppervlaktes, insluitend grondpad. Die goeie ritgehalte het opgeval, danksy die onafhanklike voorvering wat klein ongelykhede en slaggate in die pad ongemerk absorbeer, terwyl die gerieflike kajuit bygedra het tot ‘n aangename ritervaring. Die fris voertuig het gemaklik by die spoedgrens getoer en verbygesteek. Padgedrag en hantering was onberispelik met opmerklik min bakrol as ek die 2,5 ton sportsnuts deur draaie en swiepe gelooi het.
Met die kleiner enjin, beter brandstofverbruik, 4×4 beskikbaarheid en ‘n kompeterende prys gaan die Ford Everest 2,2 TDCI sy teenstanders opdraend gee.
Kernsyfers:
Enjin: 2198 cc, 4 silinder dieselturbo
Piekkrag: 118 kW
Wringkrag; 385 Nm
Ratkas: 6-spoed handrat XLSmodel
6-spoed outomaties XLT model
Verbruik: 6,9l/100km
Tenkkapasiteit: 80 liter
Tipe brandstof: 50ppm diesel
Sleepvermoë: 3000 kg
Grondvryhoogte: 230 mm
Naderhoek: 29˚
Vertrekhoek: 25˚
Pryse: R453 900 XLS
R470 900 XLS Outo
R529 900 XLS 4×4
R478 900 XLT
R495 900 XLT Auto
Deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive
|
http://www.proagri.co.za/ford-everest-2-2d-kleiner-dieselenjin-uiteindelik-hier/
|
2017-01-27 10:38:46
|
Januarie 2017
|
Daar is al hoe meer bewerings en getuienis dat die verwoestende brande in die Wes-Kaap doelbewus gestig word en dat politiek die dryfveer is. Ek wonder darem tot watter vlak van onnoselheid moet ’n mens daal om te glo dat verkiesingsuitslae gaan verander as niemand meer kos het om te eet nie.
Die aktiviste kan dalk nog hulle maatjies opsweep, maar hulle gaan sukkel om die duisende plaaswerkers wat moontlik hulle werk kan verloor omdat plase tot niet gaan, te oortuig dat sulke optrede tot hulle voordeel is. Boere en die hele landboubedryf sidder nog om te herstel na die versengende droogte (wat steeds op plekke voortduur) en nou is daar nog ’n uitdaging wat klaarblyklik mensgemaak is.
ProAgri is dankbaar dat ons ook weer ’n rol kon speel om ’n landbouskool in die droogtetyd te help. Lees meer daaroor in die artikel oor Hinotrokke. Ons vertrou dat die droogtehulpkraantjies na mens en dier wat dit nodig het, nie sal opdroog nie.
In hierdie uitgawe val die klem op besproeiing en dit laat ’n mens maar net weer besef hoe afhanklik ons van water is en hoe belangrik dit is om ons waterbronne met oorleg te gebruik. Ons het ook ’n hele paar voermaakartikels. Die noodsaak om voer te bêre vir die maer jare is baie hard tuisgebring die afgelope paar jaar.
Mag 2017 vol vreugde en voorspoed wees en kyk tog uit vir die ProAgri Pat Hinde Toyota Hilux waarmee ons redaksionele span van nou af gaan ry. Ons sien uit na die jaar se rygenot!
Boer slim!
Annemarie Bremner > [email protected]
Laai ProAgri 203 hier af: proagri_203_januarie_2017_web
|
http://www.proagri.co.za/proagri-203-januarie-2017/
|
2017-01-23 08:42:36
|
Wolmark styg weer
|
http://www.proagri.co.za/wolmark-styg-weer-2/
|
2017-01-19 11:01:14
|
|
Dom Boer se lag vir die dag:
|
Heeltemal onregverdig
Die getroude man kla: “Ek SIT op my gemakstoel, LEES my koerant, KYK krieket op die beeldradio, LUISTER na musiek oor die radio, DRINK ‘n bier, EET aartappelskyfies, KRAP in my oor, OORWEEG dit om môre te gaan visvang, DINK aan die dag wanneer ek gaan aftree en VRYF die hond se pens met my voet… en dan het my vrou die vermetelheid om my te beskuldig dat ek niks doen nie.
|
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-276/
|
2017-01-30 07:12:49
|
Eskom stem in om Standerton se hoenders vir eers te red
|
Die krisis rondom die miljoene hoenders in Standerton wat kan vrek as gevolg van Eskom se besluit om die krag na die plaaslike munisipaliteit af te sny, is vir eers afgeweer. Astral, ‘n groot Suidelike-Afrika pluimveemaatskappy, het vroeër ‘n brief vanaf Eskom ontvang waarin hulle gesê het hulle gaan die krag na Standerton afsny. Die maatskappy het toe ‘n dringende hofinterdik aangevra om Eskom te verhoed om die elektriese toevoer af te sny.
Eskom het na ‘n vergadering met die adjunk-regterpresident van Pretoria se Hooggeregshof ingestem om die afsny van die elektrisiteit na Lekwa plaaslike munisipaliteit tot 28 Februarie 2017 uit te stel sodat die aansoek aangehoor kan word op 21 en 22 Februarie 2017.
Chris Schutte, besturende direkteur van Astral, sê: “Ons neem kennis dat die onmiddellike krisis afgeweer is, maar dit beteken steeds nie dat die munisipaliteit in staat is om hulle pligte na te kom en die streek van krag te voorsien nie. In ons opinie is Lekwa ‘n mislukte regeringstruktuur wat nie in staat is oom hulle finansiële verpligtinge na te kom nie. Ons benodig dringende ingryping vanaf die nasionale regering om ‘n permanente oplossing vir die situasie te kry wat sal verseker dat Astral en ander organisasies in die gemeenskap hulself nie weer in die situasie sal bevind as 28 Februarie kom nie.
“Soos ons voorheen gesê het, indien hulle werklik die kragtoevoer sal afsny, sal dit ernstige gevolge vir Astral inhou. Ons sal regstappe neem om ons organisasie te beskerm. Hierdie gereelde en herhalende dreigemente van elektrisiteitsonderbrekings ontwrig almal.”
Sedert Astral Eskom se brief ontvang het oor die afsny van die elektrisiteit het Astral met verteenwoordigers van die plaaslike munisipaliteit, provinsiale regering en ander partye wat hierdeur geraak word vergader om die krisis op te los. Astral kon ongelukkig nie direk met Eskom kommunikeer nie.
Chris sê verder: “Ons is verleë dat ‘n meningsverskil tussen twee staatsinstellings oor betalings ‘n negatiewe impak op organisasies het. Eskom het die monopolie op kragvoorsiening in die land wat maatskappye geen ander werkbare alternatief laat nie, maar steeds dring Eskom daarop aan om betalende verbruikers te penaliseer.”
Kliek hier om ons vorige artikel oor Astral en die elektrisiteitskwessie te lees.
Bron: Keyter Rech Investor Solutions vir ASTRAL
|
http://www.proagri.co.za/eskom-stem-om-standerton-se-hoenders-vir-eers-te-red/
|
2017-01-23 09:03:48
|
Waterinstallasies: Raadpleeg die kundiges
|
’n Plaas beteken niks sonder behoorlike watertoevoer nie. Vir enige watertoevoerstelsel, van die boorgatpomp tot drukvermeerdering (booster) of ’n besproeiingsnetwerk, is dit noodsaaklik om seker te maak dat jou toerusting geskik is vir die werk wat dit moet doen. Elsumo se slimkoppe sê dit is verbasend hoe dikwels mense toerusting gebruik wat glad nie bymekaar pas nie. Dit lei tot lae produktiwiteit van die stelsel en hoër onderhoud- en bedryfskostes.
Elsumo is ’n voorlopervervaardiger en -verspreider van topgehalte hoëtegnologietoerusting vir enigiets wat met watertoevoer en afloopbestuur te doen het. Elsumo is die toonbeeld van gehalte in wateringenieurswese. Die maatskappy het in 1913 in Windhoek tot stand gekom en lewer dus al langer as ’n eeu trotse diens. Vandag is daar takke in Kaapstad, Johannesburg en Windhoek vanwaar produkte voorsien word vir die munisipale, nywerheid- en landbousektor.
Vir al jou watervervoerbehoeftes
Elsumo het uitgebreide toetsgeriewe by al sy takke en kan dus alle toerusting fisies toets en ’n rekenaarverslag verskaf. Dit gee al die tegniese inligting wat jy nodig het en jy kan ook verseker wees dat jou toerusting wel aan die spesifikasies voldoen waarvoor dit gebruik gaan word. Elsumo se kundiges werk graag saam met ’n boer aan die beplanning van sy waterprojek. Die diens behels nie net die verskaffing van die regte produkte nie, maar ook die aanbeveling van doeltreffende ekonomiese oplossings.
Elsumo kan jou onder meer help met:
– Toerusting vir die voorsiening van drinkwater en water vir nywerheidsgebruik
– Sonkrag en alternatiewe kragvoorsieningsoplossings
– Voorafondersoeke en toetsgeriewe
– Behandeling van water en afvalwater
– Alle pompe: Boorgat-, druk-, dreinerings- en rioolpompe
– Ontwerp en kosteberamings
– Deurlugtingstelsels
– Onderhoudsprogramme en rugsteunbystand
– Grondwateronttrekking
Elsumo se belofte van gehalte
Elsumo en sy personeel is toegewyd aan die lewering van betroubare en volhoubare gehalte diens en produkte. Deur die presiese ontleding van jou behoeftes kan ons jou help om die duur lesse van onakkurate en ondoeltreffende installasies te vermy. Daarby bied ons uitstekende rugsteundiens en onderhoudsplanne om die toekoms van jou waterinstallasie te waarborg.
Besoek gerus een van Elsumo se vertoonlokale om na hulle produkte te kyk en om met kundiges oor jou behoeftes te gesels. Besoek ook www.elsumo.co en volg Elsumo op Facebook.
|
http://www.proagri.co.za/waterinstallasies-raadpleeg-die-kundiges/
|
2017-01-23 15:02:54
|
Dis net brande waar jy kyk
|
Die Wes-Kaap het die afgelope tyd baie swaargekry met erge brande en nou dink mense boonop dat dit dalk opsetlik begin is. Die brande was al orals in die Wes-Kaap soos Danabaai, Somerset-wes, Stilbaai, Riversdal, Heidelberg, Albertinia, Paarl en verlede week ook in Rawsonville. Om maar ‘n paar op te noem.
Baie eiendomme is al verwoes en mense se lewe in gevaar gewees as gevolg van die brande en met die sterk wind versprei die brande baie vinnig.
Die landboubedryf in die Wes-Kaap was die afgelope jaar onder baie druk as gevolg van die droogte en net toe boere begin opgewonde raak oor reën tref die volgende ramp hulle, die brande. Agri Wes-Kaap sê op hulle webtuiste dat die brande boere net verder onder druk plaas en dit skade aan duisende landbouhektaar rig en dis ook baie sleg vir die ekonomie.
Selfs die Suid-Afrikaanse Lugmag is op Woensdag 18 Januarie ingespan om te help om brande te bestry. Woensdag was die prioriteitsgebied ook die Paarl, waar die meeste brande was. Daar was 200 brandbestryders op die grond en vier helikopters in die lug. Die ander brande was in die Grootwintershoek-bergreeks.
Jean du Preez, bekende in die landboukringe en voormalige redakteur van Landbouweekblad, se plaas, Windsor, naby Riversdal was ook Woensdag aan die brand. Sy plaashuis het tot op die grond afgebrand.
Talle brande het al historiese landgoede geëis, soos die landgoed Calais in Klein Drakenstein waar die herehuis vernietig is en die geboortehuis van Totius op Augusta in die Kleinbosch area.
Die publiek moet dadelik die brande aanmeld en indien brande naby jou plaasvind moet jy eerder so vinnig as moontlik jou huis verlaat. Dit is ook noodsaaklik om dadelik die eienaars van die aangrensende grond in kennis te stel.
Brande kan by die volgende plekke aangemeld word:
Kaapstad – 021-480-7700
Kaapse Wynlande – 021-887-4446
Weskus – 022-433-8700
Overberg – 028-425-1690
Sentraal-Karoo – 023-414-2603
Foto: Landbou Sosiaal
|
http://www.proagri.co.za/dis-net-brande-waar-jy-kyk/
|
2017-01-20 08:45:32
|
Dom Boer se lag vir die dag:
|
Spyker op die kop
Die vrou is verwagtend en nou kry sy op die snaaksste tye ‘n hunkering na sekere eetgoed. Sy stuur haar man om dringend ‘n sjokoladekoek te gaan koop.
Die man eet lustig saam met haar aan die sjokoladekoek en sê: “Ek het iewers gelees so ‘n smagting na sekere eetgoed spruit uit ‘n tekort aan een of ander iets in ‘n mens se liggaam. Watse tekort sou in my liggaam wees wat my so na hierdie sjokoladekoek laat smag?”
Vrou: “Dalk ‘n tekort aan wilskrag?”
|
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-272/
|
2017-01-24 08:52:39
|
VKB Bieliemieliefees: Só vier die mielieboere fees
|
Wanneer die mielies groen en geil in die lande om die Vrystaatse dorp, Reitz, groei, is dit tyd om nader te staan vir die VKB Bieliemieliefees. Van 16 tot 19 Februarie 2017 word die 37ste Bieliemieliefees aangebied en daar is tapkarre vol bedrywighede vir oud en jonk om te geniet.
Aan landboukant is VKB as hoofborg daar met ’n keurige uitstalling van sy wye reeks produkte en dienste aan boere. In die mieliehartland kan boere ook by die verskillende saadmaatskappye se proefaanplantings ’n draai maak om kultivarkeuses vir die volgende seisoen makliker te maak. Al die groot trekker- en landboutoerustingmaatskappye is daar vir ’n fees van landboumeganisasie.
In die vee-afdeling kraai skaap koning met ’n kuddekompetisie waarvoor Vleismerino’s, Dohne-Merino’s, Merino’s en Dormers ingeskryf is. Die beoordelaars sal na drie diere uit elke kudde kyk en al die nodige syfers in ag neem om te bepaal watter kudde en ras die meeste ekonomiese waarde bied. Die beoordeling begin Vrydagoggend om nege-uur. Daar is ook ’n skeerkompetisie waarby die organiseerders graag boere wil betrek om te sien wie die bobaasskeerder van die kontrei is. Die professionele manne sal ook skeerdemonstrasies hou.
Die meeste beesrasse sal in stalletjies te sien wees en die diere tree ook elke dag aan vir ’n parade deur die skouterrein. Saterdag om elfuur is daar ’n Merinoramveiling deur Majope Merino’s en boere wat op soek is na goeie genetika, kan gerus daar gaan inloer.
Volop vermaak vir almal
’n Nuwe kuier-area reg voor die verhoog waar feesgangers lekker kan sit en kuier is een van die nuwighede by die skou vanjaar. Daar is ’n propvol verhoogprogram met kunstenaars soos Francois van Coke, Steve Hofmeyr, Leah, Snotkop en Anton Botha.
Die fees het ook ’n aantal opkomende sangers wat hulle talent vertoon en Wian van der Berg sal mense met sy kulkunstoertjies vermaak. Schalk Bezuidenhout, ’n komedian wat ook op die kykNET-program, Hotel, te sien is, tree as programleier en seremoniemeester op.
Vir die jongspan is daar bedrywighede soos skopfietsies, sagte speelgoed, gesigverf, inkleur en kleispeel met ’n avontuurland, spring en speelkasteel wat hulle die ganse dag sal besig hou. Vir die sport- en avontuurgeesdriftiges word daar bergfiets-, en vierwielmotorfiets- wedrenne, ’n marathon, bulletjierugby en mini-netbal aangebied. Kinderkuns, fotografie, stronkbraai, en Mnr en Mej VKB is ’n paar van die kompetisies waaroor mense kan inskryf en natuurlik is daar ’n biertuin, lekker kos en veral groenmielies om te eet.
Vir meer inligting oor 2017 se VKB Bieliemieliefees besoek www.bieliemieliefees of gaan gesels saam op die Facebook-blad. Daar is ook ’n lys van gastehuise vir besoekers van ver.
|
http://www.proagri.co.za/vkb-bieliemieliefees-vier-die-mielieboere-fees/
|
2017-01-24 09:11:45
|
Instansies aangewys om produkte te inspekteer
|
Die minister van Landbou, Senzeni Zokwana, het drie instansie aangewys op 13 Januarie 2017 om verskeie plaaslik vervaardigde sowel as ingevoerde dier en verwerkte plantprodukte te inspekteer. Dit spruit uit ‘n lang en ‘n deursigtige keuringsproses.
Die gevolmagtigdes is aangewys in terme van artikel 2(3) van die Landbouprodukstandaarde-wet nommer 119 van 1990 en is verantwoordelik vir die inwerkingstelling van artikel 3 en sy ondersteunende artikels van die wet.
Die volgende gevolmagtigdes sal verantwoordelik wees vir die toepassing van die plaaslike/ invoerregulasies met betrekking tot die produkte waarvoor hulle aangestel is:
1. Nejahmogul Technologies and Agric Services
Suiwel en nagemaakte suiwelprodukte
Eetbare suiglekkers
2. Agency for Food Safety
Pluimvee vleis
Eiers
Enige ander vleis en vleisprodukte waarvoor regulasies uitgevaardig is
3. Impumelelo Agribusiness Solutions
Verwerkte produkte (vrugtesap en drank, bevrore vrugte en groente, konfyt, jellie en marmelade, rooibos, heuning, tafelolywe, vet versprei, mayonnaise, slaaisouse en asyn). Geblikte verwerkte produkte (geblikte pasta, ingemaakte sampioene, geblikte vrugte en ingemaakte groente)
Enige ander verwerkte produkte en ingemaakte verwerkte produkte waarvoor regulasies uitgevaardig is
Die aangewese gevolmagtigdes sal nou begin met die opstel van hulle bedrywighede en om belanghebbendes te raadpleeg. Hulle sal mettertyd regdeur die waardeketting werk, dit wil sê by fabrieke, verwerkingsaanlegte, verspreidingsentrums, kleinhandelaars en grensposte.
Die koste van die inspeksie sal gegrond wees op die Staatskoerant se gepubliseerde tariewe.
Die Departement sê die toepassing van hierdie regulasies sal lei tot die bevordering van billike handelspraktyke, konsekwente gehalte produkte en verbruikersbeskerming. Die handhawing van die regulasies sal verder lei tot die voorkoming van swak gehalte produkte wat ingevoer word na Suid-Afrika.
Bron: Departement van Landbou
|
http://www.proagri.co.za/instansies-aangewys-om-produkte-te-inspekteer/
|
2017-01-27 07:36:20
|
Die kanaalbreuk in die Wes-Kaap word herstel
|
http://www.proagri.co.za/die-kanaalbreuk-die-wes-kaap-word-herstel/
|
2017-01-24 13:21:23
|
|
In beeld: 20 namen die pas na hun Ajax-vertrek doorbraken
|
http://www.voetbalzone.nl/inbeeld.asp?uid=297532
| ||
Voelgoed
|
https://voelgoed.co.za/
| ||
Twee vas ná terreuraanval in Kanada talle lewens eis
|
Ses mense is dood en agt beseer toe ’n skietery Sondagaand in ’n Kanadese moskee uitgebreek het.
6 people are dead in a shooting at a mosque in Quebec, police say. Attack is being investigated as act of terrorism https://t.co/i9LGX1Gd6b pic.twitter.com/EtBmLOHhrZ — CNN Breaking News (@cnnbrk) January 30, 2017
Justin Trudeau, Kanada se eerste minister, het die voorval in Quebec City as ’n terreuraanval bestempel.
Tonight, Canadians grieve for those killed in a cowardly attack on a mosque in Quebec City. My thoughts are with victims & their families. — Justin Trudeau (@JustinTrudeau) January 30, 2017
Volgens getuies het twee gewapende mans in swart klere die gebou ingevaar en wild en wakker op die moskeegangers begin skiet, berig CNN.
Die BBC berig die Kanadese polisie het reeds twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die voorval. Die eerste verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en die twee in die omtrek van die voorval. Dit is vermoedelik die enigste verdagtes.
Quebec mosque shooting latest:
• 6 dead, 8 wounded
• 2 arrests
• "terrorist attack" – Canada PM @JustinTrudeauhttps://t.co/Ps6GX7cxD5 — BBC Breaking News (@BBCBreaking) January 30, 2017
Na wat berig word, was daar ongeveer 50 mense in die moskee was toe die aanval uitgevoer is.
Na aanleiding van die spanning wat tans daar heers in die VSA, het polisielede in New York vinnig daarop gereageer en plekke van aanbidding onder bewaking geplaas.
Our prayers tonight are with the people of Quebec City as they deal with a terrible attack on a mosque. We must stand together. — Bill de Blasio (@NYCMayor) January 30, 2017
Bykomende bronne: The New York Times, ABC News
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/twee-vas-na-terreuraanval-in-kanada-talle-lewens-eis/
| |
Kaapse kobra pik man van Goodwood in sy tuin
|
‘n Man van Goodwood in Kaapstad het ‘n onderonsie met ‘n Kaapse kobra oorleef en sterk tans aan in die hospitaal.
Woordvoerder vir Netcare911, Athlenda Mathe, sê die man is deur die slang gepik terwyl hy Saterdagmiddag in sy tuin doenig was.
“Toe Netcare911-paramedici op die toneel aankom was die man in ‘n stabiele toestand,” sê Anthlenda.
“Paramedici het hom begin behandel waarna hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.”
Bron: News24
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kaapse-kobra-pik-man-van-goodwood-in-sy-tuin/
| |
Dié tegno-gewoontes lei misdadigers reguit na jou besittings
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/die-tegno-gewoontes-lei-misdadigers-reguit-na-jou-besittings/
| ||
Lesers kap terug oor aantygings: Ons is nie almal so nie, sê 4×4-bestuurders
|
Julle jaag, julle is onbeskof en julle gun niemand anders ’n plekkie op die pad nie.
Dit is van die enkele aantygings wat Huisgenoot-lesers onlangs teenoor bestuurders van viertrekvoertuie in ’n hewige lesersdebat gemaak het.
Nadat ’n leser genaamd Elsabe geskryf het: “Jou groot, kragtige, intimiderende dubbelkajuit is beslis nie ’n vinnige sportmotor wat gemaak is om teen 160 km/h op ’n snelweg mee te jaag en almal uit jou pad te dwing nie,” het viertrekvoertuie se eienaars teruggekap en sê hulle aikôna, ons verdien nie al hierdie kritiek nie.
“Ek weet nie waar jy aan jou inligting kom nie, maar ek’t nog nooit gesien, ervaar of gedroom dat ’n 4×4 met al sy bykomstighede 160 km per uur kan haal nie,” skryf Thomas per e-pos in reaksie op Elsabe se brief.
“Op die 4×4-forum waartoe ek behoort, is jy en jou vals aantyging op die oomblik besonder ongewild. Ek wil ook byvoeg dat dié forum 50 000 intekenaars het, van wie ek nie een al daai spoed sien bereik het met hul motor nie.”
Ene Rita skryf dat haar man ’n dubbelkajuitvoertuig besit en dat dit beslis nie gemaak is om mee te jaag, soos die briefskrywer beweer nie.
“Hy intimideer ook nie ander bestuurders nie. Die voertuig is gekoop vir gerief en gemak en om ’n woonwa te sleep. En ja, ’n gehalte dubbelkajuitvoertuig is amper duurder as ‘n sportmotor!” voeg Rita by.
“Die bestuurders van ander luukse voertuie en sportmotors dink hulle het die pad saam met die voertuig gekoop.
“Moenie kla oor dubbelkajuit-bestuurders nie, kyk na die ander, arrogante bestuurders met hul luukse, duur voertuie wat bo-oor jou sal ry as jy nie vinnig genoeg padgee nie.”
Op Facebook het ene Ernie dit selfs gewaag om te raai wie die sondaars is wat Elsabe so warm onder die kraag het. “Ek waag dit vandag om te sê dat as dit waar is, is dit ‘n spesifieke groep 4×4’s wat wel dan die skuldiges is. Land Rover Discovery 2- en Defender-gebruikers is dit beslis nie, want hulle kan nie 110 km/h breek nie.”
Ene Eloise het selfs bygevoeg: “Dis nie ons ander padverbruikers se skuld as jy sonder selfvertroue grootgeword het nie.” En bygevoeg: “Dis gewoonlik kort mannetjies wat met die 4×4’s ry om groot te voel.”
Maar ene Retief skryf in sy brief aan Huisgenoot hy vermoed “die rede waarom Elsabe ongelukkig is, is omdat sy nie ‘n viertrek kan bekostig nie en jaloers is.
“Ek is self ’n 4×4-bestuurder en word nou oor die selfde kam geskeer as ’n padvark.”
Hy wonder ook met watter voertuig Elsabe dan ry en sê hy “neem aan dit is ’n ouerige voertuig wat nie meer so vinnig kan ry nie,” en waarsku haar dat sy nie “moet kwaad wees vir almal omdat (sy) sukkel om 80 km/uur te ry” nie.
Ook ene Jannie skryf in sy brief aan Huisgenoot dat Elsabe eenvoudig jaloers is.
“En dan kan dit nog bos toe gaan ook, maar jy nie, siestog!”
Stem jy saam met hierdie leser (en baie ander mense) se opvatting dat 4×4-bestuurders die mees ongeskikte bestuurders op die pad is, of glo jy die briefskrywer is sommer jaloers? Deel jou storie met ons en stuur dit na [email protected].
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/lesers-kap-terug-oor-aantygings-ons-is-nie-almal-so-nie-se-4x4-bestuurders/
| |
Voormalige model sterf weens dodelike siekte wat almal dog is anoreksie
|
Sy was “klaar gebaklei”.
Sewe jaar gelede was die lewe baie anders vir Lisa Brown. Toe was die voormalige model in haar 20’s. Sy het haar nagraadse studie gedoen, met haar universiteitsliefde getrou en dit geniet om fynproewersetes te kook.
“Ek was opgewek, sosiaal, gesond en lewenslustig. Nou het ek heeltyd pyn, ek’s afhanklik van ander en is die meeste dae tot my huis beperk,” het sy in 2015 aan The Huffington Post gesê.
Maar ná haar 28ste verjaardag het alles verander.
Lisa, van Wisconsin in Amerika, kon geen kos inhou nie en het vinnig gewig begin verloor.
Toe sy haarself weeg, het sy tot haar skok uitgevind haar gewig het binne minder as twee jaar van ’n gesonde 63,5 kg tot net 40 kg afgeneem.
“Ek was so geskok dat ek amper omgeval het. Tóé het ek besef ons moet ’n oplossing vind – ek het vir my lewe gevrees.”
Eers in 2013 is bostandige mesenteriese arteriesindroom (SMA), ’n seldsame toestand waar haar dunderm saamgepers is, by haar gediagnoseer. Dít is wat verhoed het dat haar kos normaal deur haar dermkanaal vervoer kon word.
En nou het Lisa in die ouderdom van 34 haar stryd teen dié toestand verloor.
“Die laaste ding wat ek vir haar gesê het, was: ‘Gaan wees vry,’ ” het haar man, Patrick aan PEOPLE vertel.
“Ek mis haar klaar so baie. Ek wens ek kon haar elke dag sien, maar sy het nou vrede.”
Hy sê sy het haar eie begrafnis beplan.
“Lisa het gesê almal moet helder kleure dra en prettige stories oor haar vertel,” sê hy. “Sy’t selfs bedankingskaartjies gemaak vir almal wat gekom het. Dis pragtig versier en daar’s ’n oop hek daarop.”
Hoewel ’n dundermoorplanting vir SMA-pasiënte ’n opsie is, was dit in Lisa se geval nie moontlik nie omdat sy nie die 9 kg sou kon optel wat nodig was om die operasie te ondergaan nie.
Hoewel pasiënte met hierdie toestand ook teen ’n eetsteuring kan baklei, was dit nie die geval met Lisa nie, sê dr. Matthew Kroh, haar dokter in die Cleveland-kliniek.
“Lisa ly nie aan anoreksie of bulimie nie,” het hy in 2015 aan PEOPLE gesê.
Lisa het ten tyde van haar dood net 34 kg geweeg.
“Vandag is die dag waarop my beste vriendin, my spanmaat, my vrou, eindelik verlos is van lyding en pyn,” het Patrick geskryf op die GoFundMe-blad wat hy geskep het.
“Sy is vreedsaam, omring deur haar familie, hemel toe. Ek sou sê ’n engel het haar vlerke gekry, maar sy was en is meer as ’n engel.”
Bronne: people.com, gofundme.com, huffingtonpost.com
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/voormalige-model-34-sterf-weens-dodelike-siekte-wat-almal-dog-is-anoreksie/
| |
’n Boeremeisie maak ’n plan: Toe sy nie ’n perd kon kry nie, ry sy ’n KOEI!
|
Kan jy nou meer! Wie sou kon raai ’n mens het nie ’n perd nodig om op ’n plaas rond te ry of oor hindernisse te spring nie?
Hannah Simpson, ’n 18-jarige meisie van Nieu-Seeland, het dié onverwagte ontdekking gedoen nadat haar ouers sewe jaar gelede geweier het om vir haar ’n duur perd te koop en die plaaswerker ’n blink plan beraam het.
A photo posted by Hannah Simpson (@hanney_simpson) on Jan 1, 2017 at 3:03pm PST
Sy het op ’n melkkoei geklim. En toe sy weer sien, ry sy rond op Lilac, ’n bruin Switserse bees, soos meisies in Amerikaanse rolprente op veeplase maak.
A photo posted by Hannah Simpson (@hanney_simpson) on Dec 25, 2016 at 2:45am PST
Lees ook: Rare boesemvriende saam al is hul hul huis kwyt oor baba met diere-allergie
A photo posted by Hannah Simpson (@hanney_simpson) on Mar 1, 2016 at 10:51pm PST
“Lilac was toe net ses maande oud en ek was net ’n pikkie. Dit was ’n uitdaging van my broer om op te spring en sy het piekfyn daarmee gelyk – en toe gaan ons aan.
Voorheen het ek net twee keer op ’n ponie gery – en ’n skaap,” sê Hannah van die eerste keer dat sy aan die buitewyke van Invercargill, ’n dorp op Nieu-Seeland se Suideiland, op haar geliefde koei geklim het.
A photo posted by Hannah Simpson (@hanney_simpson) on Mar 1, 2016 at 10:34pm PST
Die ervaring was nie so erg soos sy haar voorgestel het dit sou wees nie en sy was verbaas toe Lilac haar nie afgooi nie. “Ek skat dis amper soos ’n perd, behalwe dat sy stadig is en dit ’n effens anders beweging is,” vertel sy.
Lees ook: Leeu sien baba in leeukostuum vir ’n welpie aan
In die afgelope sewe jaar het Hannah op Lilac se rug ’n daaglikse verskynsel in die kontrei geword. En Lilac het selfs onlangs begin spring – met baie aanmoediging van Hannah. “Sy is ’n koei en ek kan nie verwag sy moet soos ’n perd ry nie.
A video posted by Hannah Simpson (@hanney_simpson) on Dec 28, 2016 at 1:09pm PST
Sonder ’n bietjie aanmoediging sou sy nie eintlik iets gedoen het nie; sy het ’n baie rustige geaardheid.”
Selfs nadat Hannah se droom bewaarheid is en sy twee jaar gelede ’n perd gekry het, verkies sy steeds om op Lilac te ry. “Sy is meer spesiaal as ’n perd, meer uitsonderlik.”
Bronne: cbc.ca, theguardian.com, mid-day.com
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/vreemde-storie/n-boeremeisie-maak-n-plan-toe-sy-nie-n-perd-kon-kry-nie-ry-sy-n-koei/
|
2017-01-01 23:03:03
|
Dogter se hartseer briewe aan geskeide pa wat hulle nie mag sien nie
|
My pappa sal altyd vir my veg. Hy kan tot my hare vir my vleg.
Hy sal altyd in my hartjie bly. En ek weet dat hy nooit daaruit sal gly.
Sy vrou hou al drie jaar lank sy dogters van hom af weg.
“Hulle was amper ’n jaar by my nadat die gesinsadvokaat hulle in my sorg geplaas het, maar toe laai hul ma hulle by die skool op terwyl ek besig was om plaas toe te trek. Sedertdien weier sy dat ek hulle gereeld sien,” vertel Ben.
Sy identiteit en woonplek word verswyg om die minderjarige kinders se identiteit te beskerm. Die polisie sê hulle kan nie die kinders aan hom laat terugbesorg voor al die sake van beweerde molestering wat deur sy eks aanhangig gemaak is, afgehandel is nie, selfs al kon nog geen bewyse van sy dogters af gevind word nie.
Sy eksvrou is ’n baie dinamiese sakevrou, sê hy. Sy reis gereeld die wêreld vol. Hulle was 15 jaar getroud en die skeisaak is reeds nege jaar gelede afgehandel.
Hy en sy eks het ook twee seuns en hulle woon nou by hom en sy huidige vrou op die plaas. Hy is ’n bekende sakeman op die dorp en besit onder meer ’n drankwinkel en restaurant.
“Ek weet nie hoekom ek nie goed genoeg is dat hulle tyd hier kan kom deurbring nie,” sê-vra Ben hartseer. “Hulle geniet dit op die plaas. Hulle vrek oor diere.
“Toe ek nou die dag my jongste dogter bel om te hoor wat sy in haar vakansie doen, het sy moedeloos vertel sy sit in die kamer op haar bed en teken en skryf vir my gediggies,” vertel hy.
Hier is die volledige briefie waaruit ons hierbo aangehaal het:
My pappa sal altyd vir my veg. Hy kan tot my hare vir my vleg.
Hy sal altyd in my hartjie bly. En ek weet dat hy nooit daaruit sal gly.
Ek hoop dat hy dit weet en dit nooit in sy hele lewe sal vergeet.
Pappa is my beste-este maat. Hy gee uit die boonste rakke raad.
Pappa is soos die prins met wie ek sal wil trou, want pappa is mooier as die mooiste pou.
As ek sukkel, is pappa altyd daar, al is dit net om te sê: ‘Die kos is gaar!’
Pappa ondersteun my altyd en maak die lekkerste Kersfeesmaaltyd.
Pappa is die beste wat ’n kind kon vra. Geen kind het ’n beter pa.
Pappa is my held, ek weet ek kan op pappa staatmaak soos my haakspeld.
Pappa is ’n pragtige mens en nog mooier voor die kameralens.
Pappa is ’n wonderwerk van kop tot toon en het diep in my hart kom woon.
Pappa laat ons almal vreeslik lag, pappa is so sterk met sou glo pappa was in die weermag.
Pappa is my groot superster en as liefde geld was, is Pappa al lankal ’n miljoenêr.
Hier is ’n briefie van sy ouer dogter:
“Dankie, Dad, xx vir al Dad se ondersteuning en bystand deur alles wat ek aanpak! Ek waardeer Daddy regtig baie en dankie vir al die moeite wat Dad insit al is dit net om my vir 2 minute te bel en na my ge-moan te luister of om spesiaal Pretoria toe te ry. x Dad is baie spesiaal vir my en jy, my Daddy, sal nooit replace kan word nie!
I love you, my hero, Dadda💜”
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/dogter-se-hartseer-briewe-aan-geskeide-pa-wat-hulle-nie-mag-sien-nie/
| |
‘Wens my voorspoed toe’ - jong vrou se laaste wens voor vliegtuig neerstort
|
Die pragtige Endeah Cakrawati (30) was aan boord van die 1948 Grumman G-73 Mallard wat op Australië Dag in die Swanrivier neergestort het. Saam met haar was haar lewensmaat, die vlieënier Peter Lynch (52), pa van drie.
Lynch yang Tewas Bersama Endah Cakrawati di Perth Adalah Bosnya: Endah Cakrawati (30) tewas… https://t.co/YAvHeeKFNk — ray (@kuterind) January 27, 2017
Volgens berigte was Endeah aanvanklik senuweeagtig en sou sy nie saamgevlieg het nie. Sy het wel van plan verander op die laaste nippertjie. Vir haar vriende het sy laat weet dat sy wel senuweeagtig is “maar super-opgewonde”.
Kyk video: Twee sterf toe vliegtuig in Swanrivier neerstort
“Ek kan dit doen, wens my voorspoed toe,” was haar laaste wens.
Ook Peter het sy bedenkinge oor die weerstoestande gehad. Hy het sy kommer oor die gebrek aan wind en die gepaardgaande hitte met sy vriend Mack McCormack in teksboodskappe geopper, kwalik ’n halfuur voor hulle van Serpentine-lughawe opgestyg het.
Hy het ook nog nooit vantevore op dié rivier geland nie.
Mack self het die ramp vanaf die Barrackstraat-kaai aanskou. Hy het na bewering onmiddellik geweet dit gaan fataal wees toe hy sien die vliegtuig tref die water.
Sondag het News.com.au eklusief onthul dat Endah haar laaste oomblikke op video vasgelê het en op Instagram gedeel het.
Sy gesels vrolik terwyl hulle vir die vlug voorberei en na die aanloopbaan taxi. Dit lyk byna of sy self ook ewe behendig met die stuurstokke is.
“In Perth en reg vir Skyworks vandag,” sê sy op die video terwyl sy haar volgelinge ’n vrolike Australië Dag toewens.
Kort daarna het die vliegtuig neus eerste in die Swanrivier neergestort en in stukke gebreek. Geskokte toeskouers wat reeds byeen was vir die Skyworks-vertoning was stomgeslaan.
Waarnemende kommissaris Stephen Brown was ’n ooggetuie van die ramp.
“Ek het met my rug na die rivier gestaan en na die suide van die kaai gekyk. Ek het lewendige toevoer in my oor gehad terwyl ek besig was om met nuuskanale onderhoude te voer toe ek die verandering in die vliegtuig se klank bo my kop hoor.
WA police confirm 52yo Peter Lynch's 30yo girlfriend Endah Cakrawati was also killed in Australia Day plane crash in Swan River #perthnews — Nova937News (@Nova937News) January 27, 2017
“Die mense wat voor my gestaan het, se aandag was duidelik afgetrek deur wat hulle gesien het. Ek het omgedraai nadat ek my prate gepraat het en het gesien dat die vliegtuig neergestort het. Dit het duidelik in minstens twee groot stukke opgebreek.”
Die vermoede bestaan dat Peter en Endah op slag dood is.
Perth se burgermeester, Lisa Scaffidi, het gesê dat Peter die vliegtuig oorgebou het en dit vanaf Amerika oor die Stille Oseaan na Australië gevlieg het. Peter het glo die vliegtuig van 2011 besit en het reeds meer as 120 uur vliegure daarmee agter die rug.
Bronne: news.com.au, perthnow.com.au
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/wens-my-voorspoed-toe-jong-vrou-se-laaste-wens-voor-vliegtuig-neerstort/
| |
Rekordbenoemde La La Land - waaroor die groot bohaai?
|
Ek is laat en moet heel voor in ’n stampvol Labia-teater inskuif. Die twee hoofakteurs, Ryan Gosling en Emma Stone, vertoon skielik lewensgroot en hul energieke spel trek ’n mens dadelik in.
La La Land begin eintlik eers Vrydag in Suid-Afrika draai, maar ’n paar gelukkige siele het dit net minder as ’n week vroeër by ’n spesiale bekendstelling te siene gekry.
Die rolprent is alles wat dit beloof om te wees – ’n kleurvolle musiekblyspel onderskraag deur ’n sterk storie met oortuigende spel deur twee jong, aantreklike akteurs.
Die liedjies is almal oorspronklik, die prent is pragtig geskiet en die vars draaiboek en regie (albei behartig deur Damien Chazelle) verseker jy bly enduit vasgenael.
La La Land is ’n liefdesbrief aan Los Angeles, ’n stad waar baie drome al waar geword het én verpletter is. Ons volg die twee karakters wat verlief raak terwyl hulle drome van ’n loopbaan in die musiek- en filmbedryf nastreef. Gaan hul drome waar word? En wat gaan gebeur wanneer dié droommeisie of droomman nie meer in die droom inpas nie? Dit is van die dieper kwessies wat in dié romantiese prent aangeroer word.
Hoewel die fliek geïnspireer is deur talle bekende musiekprente, oorheers die sing en dans nie die prent nie. Daar is heeltemal genoeg dialoog en storie vir die meer ernstige kykers.
’n Verhaal van drome en opofferings is niks nuuts nie ; nog minder is flieks wat in Los Angeles afspeel, maar die manier waarop die nostalgie van ou swart-en- wit musiekprente met die kleur en energie van hedendaagse lokettreffers versmelt word, maak van dit ’n uiters verfrissende kyk-ervaring.
Dit is die derde keer dat Ryan Gosling en Emma Stone ’n verliefde paartjie speel en die natuurlike vonkel tussen hulle dra baie by tot die algehele wenresep. Geen van die twee is sangers van beroep nie, maar hulle hak wel die knoop deur (beslis meer so as Russel Crowe in Les Misérables).
La La Land het reeds geskiedenis gemaak toe dit sewe Golden Globes opgeraap het, meer as enige ander fliek tot dusver. Dit spog nou ook met 14 Oscar-benoemings, wat dit reeds in die liga van Titanic plaas.
Dit is veral besonders as jy in ag neem dat Damien Chazelle net 32 jaar oud is en La La Land net sy derde rolprent.
Interessant genoeg het hierdie prent amper nooit die silwerdoek gehaal nie.
Die nuuswebtuiste Quartz vertel hoe Damien saam met die rolprent se komponis, Justin Hurwitz, met die idee vir ’n kortfilm vorendag gekom het as deel van hul finale tesis as studente aan die Universiteit Harvard. Dit is daarna uitgebrei tot ’n onafhanklike vollengterolprent wat goed ontvang is.
Maar nadat Damien na Los Angeles getrek en die draaiboek herskryf het, het hulle baie gesukkel om befondsing te kry – en toe dit uiteindelik kom, wou die ateljee dit ingrypend verander.
Damien het toe sy aandag toegespits op sy tweede film, Whiplash, wat in 2015 drie Oscars ingepalm het.
Dít het die weg gebaan vir La La Land, ’n droom wat eers ná ses jaar ’n werklikheid geword het.
|
http://www.huisgenoot.com/vermaak/rekordbenoemde-la-la-land-waaroor-die-groot-bohaai/
| |
Die peperduur geskenke wat beroemdes mekaar gee sal jou na jou asem laat snak
|
Die bekendes en beroemdes van Hollywood en elders laat nie op hul wag as dit kom by die gee van peperduur geskenke nie. Ons het ‘n paar uitgesonder.
Die liefde kos nou wel niks, maar Drake, die Hotline Bling-sanger, het geen kanse gewaag toe hy sy nuwe romanse met Jennifer Lopez, sangeres van Jenny from the Block, wou verstewig nie, en het haar aan die begin van die jaar ’n diamanthalssnoer van $100,000 (sowat R1 35 miljoen van Tiffany & Co. gegee.
Ek wed jou die 47-jarige ma van twee sien uit na haar verjaardaggeskenk.
Jay Z is lankal besig met Big Pimpin’, maar sy verjaardaggeskenke het ’n vlak of twee gestyg met die sangeres Beyoncé as sy vrou.
Voor hul huweliksprobleme hoofnuus geword het, het Bey haar rapper-man op sy 41ste verjaardag met ’n Bugatti Veyron Fbg par Hermès van $24 miljoen (toe sowat R174 miljoen) bederf, berig LA Times.
Bey heers nie net oor die poptrefferlys nie, maar sy is ook koningin van groot gebare.
Wat gee ’n mens vir die modeslaaf wat reeds alles het? Blykbaar ’n seksspeelding van $1,7 miljoen (toe R12,85 miljoen).
Die sokkerikoon David Beckham het na bewering in 2004 vir sy vrou, Victoria, ’n diamantversierde platinum-bykomstigheid gegee wat die wenkbroue laat lig het.
Peperduur, maar dit sluit ’n verwyderbare diamantring en bypassende diamanthalssnoer in – ’n geskenk wat ’n op meer as een vlak sal bevredig.
Waar het dinge verkeerd gegaan? Nadat Angelina Jolie vir Brad Pitt ’n hartvormige privaat eiland van $12 miljoen (toe sowat R117,6 miljoen) gekoop het, was ons oortuig dit was een romanse tussen beroemdes wat gaan hou.
Dit was ook nie die eerste keer dat Angie vir haar man grond gekoop het nie. Sy het in 2011 geld uitgehaal vir grond met ’n waterval daarop, in die hoop dat Brad ’n huis daar naby sou bou. Hopelik het sy die kwitansies gehou toe sy hom om ’n egskeiding dagvaar.
Courteney Cox, medester van Jennifer Aniston in Friends, het ’n ekovriendelike geskenk vir haar gesondheidsbewuste pel gekies.
Hul vriendskap deur dik en dun maak bewonderaars gelukkig, en Courteney het bewys dit sal vir ewig hou toe sy vir die ster van Horrible Bosses in 2008 ’n fiets van Chanel vir $12,000 (toe sowat R99 000) gekoop het, kompleet met ’n gekwilte leersitplek.
Tom Cruise was absoluut smoorverlief op Katie Holmes.
Wie kan sy springery op die rusbank vergeet? Dit was dus geen wonder dat hy in 2005 sy toenmalige verloofde kwistig met die moeder van alle geskenke vir beroemdes bederf het nie – haar eie privaat straler as trougeskenk teen die grootoogprys van $20 miljoen (toe sowat R127,2 miljoen).
Kim Kardashian en Kanye West is die laaste van die groot verkwisters, maar Kim se verbeelding het hoogty gevier toe in Kanye se verjaardag in 2015 aanbreek.
Die werklikheidster het volgens berigte die hele Staples Center, tuiste van die Los Angeles Lakers-basketbalspan, gehuur het sodat Kanye en sy pelle ’n vriendskaplike wedstryd kon geniet.
Die prysetiket was ’n koel $110,000 (toe sowat R1,34 miljoen). Hoop daar is ten minste met die rustyd ’n paar lemoene verskaf!
© Cover Media
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/die-peperduur-geskenke-wat-beroemdes-mekaar-gee-sal-jou-na-jou-asem-laat-snak/
| |
Huisgenoot Mobi
|
Kry jy skielik nie meer boodskappe via WhatsApp nie? Dít is dalk waarom:
Vanaf middernag 31 Desember werk WhatsApp nie meer op ouer bedryfstelsels nie.
Die boodskapplatform het verlede jaar aangekondig die app sal gestaak word op Android 2.2 Froyo of ouer weergawes van Android, iPhone’e wat met iOS 6 of ouer bedryf word, asook Windows Phone 7 of vroeëre weergawes.
Soos Mashable berig, is dit taamlik ou stelsels, maar miljoene mense wêreldwyd gebruik dit steeds op hul selfoon. Sowat 1,4 miljoen toestelle werk byvoorbeeld steeds met Android 2.2.
Lees ook: Miljoene mense gaan die einde van die maand sonder WhatsApp moet klaarkom – Is jy een?
Hierdie stelsels is tans op WhatsApp se swartlys:
1. Android 2.1
2. Android 2.2
3. Windows Phone 7
4. iPhone 3GS/iOS 6
Die app, wat al sewe jaar bestaan, sal ook op 30 Junie 2017 op BlackBerry OS, BlackBerry 10, Nokia S40 en Nokia Symbian S60 ophou werk.
“Terwyl hierdie mobiele toestelle ’n belangrike deel van ons ‘storie’ was, bied dit nie die soort vermoëns wat ons nodig het om ons app se kenmerke in die toekoms uit te brei nie,” het die maatskappy verlede jaar in ’n verklaring gesê.
Lees ook: WhatsApp het ’n opwindende nuwe funksie – en nou kan almal dit geniet!
“Dit was vir ons ’n moeilike besluit, maar die regte een om mense beter maniere te gee om in aanraking te bly met vriende, familie en geliefdes wat WhatsApp gebruik.
“As jy een van die geraakte mobiele toestelle gebruik, stel ons voor jy gradeer voor einde 2016 op na ’n nuwer Android, iPhone of Windows Phone om voort te gaan om WhatsApp te gebruik.”
|
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/verbruiker/miljoene-gebruikers-oornag-van-whatsapp-afgeskop/
| |
KYK: Skokfoto’s van baba se voete ná huiswerker hom glo op stoof brand
|
’n Johannesburgse ma van ’n 14 maande oue baba was onbewus van die marteling wat haar kind moes verduur toe sy die kleintjie in die sorg van haar huiswerker los.
Roodepoort Record het skokkende foto’s onthul van die baba se voete wat met blase bedek is.
Daar word vermoed die huiswerker het die kind se voete op die stoof gebrand. Volgens die ma, wie se naam doelbewus weerhou word, het die huiswerker meer as sewe maande by hulle gewerk en die kind opgepas terwyl sy by die werk was.
“Sy het my die oggend (22 Desember) gebel en gesê ek moet dadelik huis toe kom, daar is iets fout met die kind se voete.
“Ek kon my oë nie glo nie. Die huiswerker kon nie aan my verduidelik wat gebeur het nie.”
Sy het haar kind na die hospitaal gehaas, waar die dokter vir haar gesê het die blase is weens warm teer of van ’n stoof. Volgens haar het die gesin nie teer op hul perseel nie.
Die huiswerker het glo ná die konfrontasie met die ma die pad gevat en nie weer opgedaag vir werk nie.
Die baba se verbande is Maandag verwyder, maar volgens die ma is haar kind nog baie huilerig en sukkel om te slaap.
Die ma het intussen ’n saak by die Sophiatown-polisiekantoor aanhangig gemaak.
Volgens ao. TJ de Bruyn, polisiewoordvoerder, hanteer die kindereenheid die saak, maar is daar geen nuwe inligting nie.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-skokfotos-van-baba-se-voete-na-huiswerker-hom-glo-op-stoof-brand/
| |
Huisgenoot Mobi
|
Iris Mittenaere, ‘n 24-jarige tandheelkunde student van Frankryk, het die afgelope naweek die res van die wêreld se mooistes uitgestof om as Mejuffrou Heelal gekroon te word.
Iris, wat uit die noorde van Frankryk kom, het agterna vertel sy beskou haar titel as “iets wat mense kan help en waarmee sy mense kan verstaan”.
A photo posted by Iris Mittenaere (@missuniverse) on Jan 29, 2017 at 11:28pm PST
Iris wil glo veral vir mondhigiëne en -sorg die wêreldoor baklei.
Raquel Pelissier van Haiti en die Colombiaanse Andrea Tovar is as eerste en tweede prinsesse aangewys. Die res van die top deelnemers het van Kenia, Indonesië, Meksiko, Peru, Panama, die Fillipyne, Kanada, Brasillië, Thailand en Amerika gekom.
Suid-Afrika se deelnemer, Ntando Kunene, het ongelukkig nie daarin geslaag om deur te dring na die top 13 nie. “Suid-Afrika en die res van die wêreld, dankie vir jul ongelooflike ondersteuning en entoesiasme,” het sy op Instagram geskryf.
“Ek waardeer dit. Na sovele jare is hierdie die einde van my loopbaan as skoonheidskoningin. Ek tree nou af,” het sy geskerts.
A photo posted by Ntandoyenkosi (@kunene_ntando) on Jan 29, 2017 at 11:35pm PST
Ntando se kamermaat, Mary Were van Kenia, het daarin geslaag om die top ses te haal.
Die glansgeleentheid is vanjaar by die Mall of Asia-arena in Manila in die Filipyne aangebied. Die aanbieder, Steve Harvey, het gegrap dat hy darem vanjaar die wenner reg aangekondig het, nadat hy verlede jaar die glips gemaak het en verkeerde vrou as wenner aangekondig het.
Bronne: Instagram, CNN.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/en-die-nuwe-mejuffrou-heelal-is/
|
2017-01-30 07:28:00
|
So, jy is vet . . . wat nou?
|
Van kindsbeen af was jy die “vetterige” een gewees. Of die oulike kind met die ronde wangetjies. Of jy het ná skool aan “eerstejaarsindroom” gely en nog nooit weer die gewig afgeskud nie.
Jy was maar altyd die oorgewig vriendin. . .
Wat ook al die rede waarom jy nou oorgewig is, die feit bly staan dit verg tyd om jou leefstyl te verander en eindelik ’n gesonder jy te wees. Maar wat doen ’n mens tot daardie dag aanbreek?
Dr. Owen Wiese van die TV-kanaal VIA se program Die Eet Oorlog gee raad.
JOU DENKE BEPAAL HOE JY OOR JOUSELF VOEL
“Ek is vet en sal altyd wees; dus kan ek maar net sowel eet.” Of: “Om maer te word kos geld.” Of: “Ek het al alles probeer. Niks werk nie. Ek kan maar die handdoek ingooi.” Dit is algemene denkpatrone van oorgewig mense. Al hierdie gedagtes word agtergrondmusiek vir jou lewe.
Wat jy ook al doen, dit gaan jou nie oornag maer maak nie. Maar om jou gemoed en gedagtes reg te kry hoef nie ’n ewigheid te vat nie. Almal het hul af dae. Jy moet besef jy gaan nie elke oggend uit die bed opspring en die toonbeeld van optimisme wees nie.
Deur net te verander hoe jy oor jou liggaam dink, gaan reeds ’n wesenlike verskil maak. Om jouself net heeltyd daaraan te herinner dat jy oorgewig is en niks daaraan kan doen nie, gaan jou niks in die sak bring nie.
Dink eerder hoe jy elke dag ’n klein verandering kan maak op jou reis.
WEES REALISTIES
Ek weet van ’n vrou wat elke maand vir haar stelle nuwe klere gaan koop het wat drie nommers te klein was. Haar rede: “Dit spoor my aan om gewig te verloor.”
Dit is wel so dat die regte motivering ’n mens baie kan help, maar om uitermatige verwagtings daar te stel, dek jy net die tafel vir verdere teleurstelling. As dinge nie gebeur soos jy dit wil hê nie, gaan jy vir die res van jou lewe glo jy is vet.
MOENIE JOUSELF WEGSLUIT NIE
Oorgewig mense vermy dikwels sosiale geleenthede omdat hulle skaam is vir hul liggaam. Deur ’n kluisenaar te word en jouself af te sny van alles en almal gaan jy net tot jou gewigsprobleem bydra.
Navorsing het bewys mense wat ledig of alleen is, wend hulself dikwels tot kos. Dink maar daaraan: ’n Aand voor die TV gaan dikwels gepaard met eet.
Geniet jou lewe, maar wees altyd bewus van versoekings wat jou kan belemmer om jou teikengewig te bereik.
Om jouself toe te sluit tot jy maer is, is beslis nie ’n goeie idee nie.
FORMULEER JOU PLAN VIR SUKSES
As jy al ooit ’n handwerkprojek aangepak het, sal jy weet beplanning is noodsaaklik. Ja, jy is dalk tans oorgewig, maar as jy weet jy het ’n goed geformuleerde plan om jou leefstyl te verander, gaan dit soveel makliker wees om jou einddoel te bereik. Wees bewus van waar jy nou is en waar jy wil wees.
Stel jou padkaart na sukses vas en hou daarby.
KRY JOU ONDERSTEUNINGSNETWERK IN PLEK
Ek het nog altyd gedink die “vettievergaderings”, soos sommige mense dit noem, het tog ’n punt beet. Ondersteuningsgroepe hoef nie noodwendig ’n Woensdagaandvergadering in ’n stowwerige kerksaal te wees nie.
’n Paar vriendinne wat mekaar op ’n WhatsApp-groep ondersteun, kan net so suksesvol wees. Moet ook nooit vergeet van die mense naaste aan jou nie.
Familie is wonderlike steunpilare en sal jou beslis bystaan as hulle verstaan waarom jy jou leefstyl wil verander.
Daar is geen rede om weg te kruip nie. Ja, jy is oorgewig, maar jy is steeds ’n mens met ideale, idees en behoeftes. Leef jou lewe. Kry jou kop reg. Weet waarheen jy op pad is.
Kort voor lank is jy sterk op pad na ’n nuwe, gesonder jy!
Het jy ’n vraag vir dr Owen? Klik hier om met hom te gesels!
|
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/so-jy-is-vet-wat-nou/
| |
Ysingswekkende foto’s wys hoe Tafelberg-rotsklimmer met kabelkarretjie gered word
|
Tafelberg se kabelkarretjie is die naweek ingespan om ’n rotsklimmer wat in die moeilikheid beland het te red.
Twee vriende het Sondagmiddag die rotslys aan die voorkant van die berg uitgeklim toe een van die klimmers se hegpunte loskom.
“Hy het ’n hele ent geval, maar die ander toue waaraan hy geheg was het sy val gestuit,” sê Johann Marais, woordvoerder van Wildernis Soek en redding.
Die man het sy been seergemaak en sy vriend het hulp ontbied.
Die Tafelbergsweefspoor se hulp is ook ingekry.
“Reg onder die reguit kranse (van die berg) is daar ’n gedeelte waar mens maklik kan loop en dit is maklik om iemand tot op daardie gedeelte van die berg te neem en hom te stabiliseer,” verduidelik Johann. Reddingswerkers wat van die bo-kant van die berg tot by die man geklim het, het hom tot daar geneem.
Die kabelkarretjie is tot reg bo die toneel gebring en die beseerde man is toe met behulp van die toue in die karretjie opgehys.
Die sweefspoor was vir veertig minute gesluit terwyl die reddingspoging plaasgevind het.
Johann sê die kabelkarretjie is al in die verlede gebruik, maar dit is nie iets wat baie gebeur nie. “Ons is vreeslik dankbaar teenoor die maatskappy wat die sweefspoor besit.”
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/ysingswekkende-fotos-wys-hoe-tafelberg-rotsklimmer-met-kabelkarretjie-gered-word/
| |
Huisgenoot Mobi
|
Colo, die wêreld se oudste gorilla wat in ’n dieretuin gebore is, is in die ouderdom van 60 jaar vreedsaam in haar slaap oorlede.
Colo, wat deel was van ’n bewaringsprogram van die Columbus-dieretuin in Columbus in die Amerikaanse deelstaat Ohio, is in 1956 gebore.
Sy is eers Cuddles gedoop voor daar ’n kompetisie gehou is om haar ’n naam te gee. Die wenner het haar toe Colo gedoop.
Sy is by geboorte deur haar ma verwerp en moes deur die dieretuin se personeel grootgemaak word. Haar geliefkoosde eetding was tamaties en sy het in 2006 haar vyftigste verjaardag met ‘n teepartytjie gevier.
Sy is vreedsaam in haar slaap oorlede, het die dieretuin gesê.
“Colo het generasies van mense se hart geraak, dié wat haar besoek het sowel as haar versorgers.
“Sy was ’n ambassadeur vir gorillas en het mense geïnspireer om meer te leer oor hierdie kritiek bedreigde spesie en mense gemotiveer om gorillas in hul natuurlike habitat te beskerm,” het die dieretuin se uitvoerende hoof, Tom Stalf, in ’n verklaring gesê.
Kyk hier na ’n video van Colo op haar 59ste verjaardag.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/colo-die-wereld-se-oudste-gorilla-in-aanhouding-sterf/
| |
Vermeende sekspes staan tereg op 78 klagte nadat tiener haar eie lewe neem
|
Die verhoor van ’n Nederlandse man wat tereg staan op klagte van onder meer die besit van kinderpornografie, afpersing en ander misdade waarby 34 jong meisies en vyf mans betrek word, het Woensdag begin.
Die man, wat in ’n hof in Amsterdam net as Aydin C. geïdentifiseer word, word ook verbind met die afpersing van ’n Kanadese tienermeisie genaamd Amanda Todd, wat in 2012 as 15-jarige haar eie lewe geneem het.
Sy het voor haar dood ’n video aanlyn gedeel waarin sy verduidelik hoe sy aanlyn geboelie en gedreig is met naakfoto’s van haarself. Die video is miljoene keer gekyk.
Die man het glo op die internet na slagoffers gesoek en homself voorgedoen as ’n jong vrou of seun van 18 wat vriendskappe in kuberkletskamers aangeknoop het. Sodra hy die slagoffer se vertroue gewen het, het hy hulle oortuig om voor hul rekenaar se kamera uit te trek en seksdade uit te voer.
Hy het hulle dan daarmee afgepers om nog seksdade uit te voer en soms geld gevra. Die man het gedreig om die foto’s aanlyn te versprei, aan die meisies se ouers en vriende te stuur en om dit in hul skool uit te lek.
“Die meisies het in sy web verstrengel geraak,” het staatsaanklaers aangevoer.
Hy het glo ’n kaalborsfoto van Amanda aanlyn gedeel en op Facebook gelaai, waar Amanda se skoolvriende dit gesien het.
Hy ontken al die bewerings. Sy slagoffers het glo van so ver soos Australië, Engeland, Kanada en Noorweë gestrek. Hy het gewoonlik jong meisies geteiken, maar ook vyf gay mans van Australië.
Stappe word ook nou gedoen sodat hy aan Kanada uitgelewer kan word, waar hy tereg sal staan op aanklagte wat met Amanda se dood verband hou.
“Dit is bittersoet,” het Amanda se ma, Carol Todd, oor die verhoor gesê. “Dit is bitter, want dit bring al die seer terug wat ek gevoel het toe Amanda gesukkel het en wat ek ná haar dood gevoel het.
“Maar dit is ook soet omdat dit die begin is van ’n proses van geregtigheid wat hopelik ’n uitslag sal bring waarmee ons almal tevrede sal wees.”
Bronne: TB News Watch, Sudbury, BBC, Security Week.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/vermeende-sekspes-staan-tereg-op-78-klagte-nadat-tiener-haar-eie-lewe-neem/
| |
Jou sterre vir Maandag, 30 Januarie 2017
|
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.
JOU DAG
Die sterre bevoordeel diep denke, kreatiwiteit en meelewendheid.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jou jaar gaan vol uitdagings en verrassende ompaaie wees. Maar as jy realistiese doelwitte stel en georganiseerd is, gaan jy aangename vooruitgang toon.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Jy voel verplig om jou standpunt op ’n sterk manier aan ander mense te stel. Jy gaan dit ook nie ter harte neem as mense in beheer van sake vir jou sê wat om te doen nie. Maar is dit die slimste manier van optree?
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Verwar jou strewes vir die toekoms jou? Fokus jou gedagtes, Bul, en konsentreer op dit wat werklik belangrik is vir jou, en ook op jou kernwaardes. Dit sal voordelig wees om met ’n vertroude vriend/in te praat.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Jy gaan vandag ietwat rusteloos voel. Kry iets uitdagends en stimulerends om te doen, by voorkeur in ’n groepsituasie. Weerstaan ook die drang om duur aankope om suiwer emosionele redes te doen.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
’n Intieme verhouding gaan intens wees, want die planete klits jou buierige sy deurmekaar. Vermy ook gesprekke oor politiek of godsdiens. Iets wat as ’n aangename bespreking begin, kan in ’n verwarrende gemors eindig.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Moenie vandag die krag van persoonlike aanraking onderskat nie, Leeu. As jy intieme verhoudings koester en die kommunikasiekanale oophou, gaan jy uitvind jou opsies word skielik meer.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Jy moet baie meer buigsaam en sensitief wees wat ’n wankelende verhouding betref. En ondervind jy probleme ten opsigte van die romantiek? Ware intimiteit is slegs moontlik as jy jou hart oopmaak.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Moenie vandag groot besluite neem aangaande werkskwessies of familiesake nie. As jy te haastig optree, kan jy met ’n huishoudelike drama of ’n professionele probleem opgeskeep sit.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Dit is vandag ’n resep vir moeilikheid om by ’n nodelose kragmeting met ander mense betrokke te raak. Spits liewer jou beheervraatneigings toe op persoonlike projekte terwyl jy jou intense energie na binne stuur.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Jy gaan vind jy kan heelwat doen om ’n familielid te help wat ’n rowwe tydjie deurmaak. Skuif persoonlike oordeel opsy. Jy het hoofsaaklik ’n oop en meelewende hart nodig.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Dit is ’n uitstekende dag om projekte te takel wat hope konsentrasie verg. Maar moenie meer belowe as wat jy in werklikheid kan lewer nie. Selfvertroue en konsentrasie is vandag die sleutel tot Steenbok-sukses.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Wat ’n vertraagde projek of uitgestelde droom betref, moet jy jou gedagtes fokus, geduldig wees en ’n langtermynsiening inspan. Dit sal jou vandag baat om kreatiewe maniere uit te dink om jou kontantvloei ’n hupstootjie te gee.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Moenie toelaat dat vae twyfel in jouself jou vandag vertraag nie, Visse. Vier jou sterk punte en werk aan jou swakhede. Jy sal jouself ook help as jy iemand bystaan wat in nood verkeer.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017
|
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-maandag-30-januarie-2017/
| |
Bebaarde boer se veerligte danspassies besorg hom groot roem
|
Jay Lavery is nie net ’n man wat baie lief is vir sy diere nie, hy’s ook iemand wie se lyf net moet bewéég as daar musiek is.
Die vyftigjarige boer van Sharon Springs, New York, het onlangs sy buiging op Ellen DeGeneres se kletsprogram gemaak vanweë die epiese afmetings wat sy dansvideo op Facebook aangeneem het.
Die video waarin hy op Shia se Cheap Thrills dans, het byna die 9-miljoen kerf verbygesteek sedert 30 Desember op Facebook gedeel is.
Hoekom is Jay se danspassies ekstra merkwaardig?
“Die skuur waarin my bokke aangehou word, is bitter koud in die winter. Vanweë die sinkdak, gebeur dit ook dat daar soms ys op die dak val – en dit verskrik die bokke.
“Daarom speel ek musiek, enige musiek van klassiek tot hip-hop, om die klank van vallende ys te demp.”
Behalwe dat Jay natuurlik self ook warm bly terwyl hy die skuur skoonvee, is dit sy ideale kans om sy danspassies op die proef te stel.
Dis juis sy danspassies wat vir hom dubbele vreugde besorg. Tydens sy verskyning op Ellen, het ’n baie emosionele Jay vertel dat hy 15 jaar gelede ’n ingrypende rugbesering opgedoen het.
“Ek het gedink ek sal nooit weer kan dans nie,” het Jay gesê terwyl die trane loop.
Verskeie rugoperasies later wat ook die samesmelting van sy rugwerwels behels het, sukkel Jay vandag nog met permanente rugpyn.
“Joga en meditasie is die enigste alternatief tot medikasie vir my. Ek hoop dus ek kan iemand kan inspireer om ten spyte van pyn wel te beweeg.
“Bowendien is almal nou op soek na iets wat nie polities is nie, net iets wat jou vroliker laat voel,” het hy gesê.
Behalwe die fenomenale terugvoer op Jay se oulike danspassies, het hy natuurlik nog ’n nuutjie op die lyf geloop.
Hy sê hy word oorweldig deur trou-aanbiedinge van vroue wat al te graag die dansende boer in hul arms wil hou.
Hy is nie seker hoekom die video so gewild is nie.
“Ek kan dit nie regtig verduidelik nie. Dis beslis nie my verstommende danspassies nie. Dis net ’n ou man wat rondbeweeg,” dryf hy ligweg die spot met homself.
Jay het ook sy agter-die-skerms ervaring op The Ellen Show so met sy vriende op Facebook gedeel.
Bronne: kvdr.com, today.com, timesunion.com, Facebook
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/bebaarde-boer/
| |
Vriend van vermiste vrou betrap met haar ma se gesteelde motor
|
’n Vriend van Nicola Pienaar (28), wat sedert 5 Januarie vermis is, verskyn Maandag in die landdroshof in Port Elizabeth in verband met ’n gesteelde motor.
Die 32-jarige vriend is Saterdag in Port Elizabeth met Nicola se ma se motor, ’n silwer Peugeot 206, in sy besit aangekeer.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die man sal op ’n aanklag van die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig in die hof verskyn.
Nicola en die vriend het glo op 5 Januarie saam uit die Paarl gery.
Volgens kol. Naidu beweer die vriend dat hulle op 7 Januarie ’n uitval gehad het, waarna die vriend haar in Oudtshoorn met geld afgelaai het en haar aangesê het om na die Paarl terug te keer.
Nicola se petrolkaart is daarna vir die laaste keer op 9 Januarie in Krakeel, ’n klein dorpie naby Kareedouw in die Oos-Kaap, gebruik.
Die polisie is Saterdagoggend ingelig oor ’n Peugeot wat in ’n verlate parkeerterrein van ’n KFC-kitskosrestaurant in Kaapweg staan.
“Die blitspatrollie het 05:00 die motor bereik,” sê kol. Naidu.
Sy sê by nadere ondersoek van die nommerplaat het hulle besef die voertuig is as gesteel in die Paarl aangemeld. Nicola se vriend was in die motor en is op die toneel in hegtenis geneem.
Marlaine Pienaar-Vice, Nicola se ma, het die motor vroeër as gesteel aangemeld en haar dogter as vermis kort daarna.
Sy wou egter nie kommentaar lewer nie uit die vrees dat dit die ondersoek kan belemmer. Nicola is steeds vermis.
Kol Naidu sê die plaaslike polisiebeamptes werk saam met speurders van die Paarl om haar op te spoor.
Enige person met inligting oor waar Nicola haar dalk bevind kan die polisie by 021 807 4000 skakel.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/vermiste-vrou-se-viend-met-haar-ma-se-gesteelde-motor-betrap/
| |
Ma van Angelina Jolie se aangenome dogter pleit by ster om haar kind te sien
|
Die biologiese ma van Angelina Jolie se aangenome dogter, Zahara, het ’n beroep op die aktrise gedoen om haar met haar dogter in aanraking te laat kom.
Die ster van Maleficent het Zahara in Julie 2005 aangeneem toe die Ethiopiese boorling net ses maande oud was.
Zahara se ouma het op die amptelike aannemingsdokumente aangedui dat die baba ’n vigswesie was, maar die kind se ma, Mentewab Dawit Lebiso, het daarna na vore gekom en gesê sy lewe en wil in aanraking bly met haar dogter, wat sy erken het “baie gelukkig” is om deel van Angelina se kroos te wees.
Die aktrise het nie in die openbaar op Mentewab se pleidooi reageer nie, maar die desperate ma het nou weer probeer om Zahara, wat vroeër vandeesmaand 12 geword het, beter te leer ken.
“Ek wil net hê sy moet weet ek lewe en dat ek verlang om met haar te praat,” het Mentewab aan die DailyMail.co.uk gesê. “Ek wil nie my dogter terughê nie, ek wil net in kontak met haar wees en haar bel en met haar gesels.”
Mentewab hou vol sy is dankbaar dat die superster haar baba ’n baie gemaklike lewe gee, maar sy verlang steeds na kontak met Zahara.
“Angelina was meer van ’n ma vir haar as wat ek ooit was. Sy is met haar van babatyd af, maar dit beteken nie dat ek haar nie mis nie. Ek mis haar gedurig. Ek dink elke dag aan haar en verlang daarna om haar stem te hoor of haar gesig te sien.
“Ek weet wanneer sy verjaar, maar ek is hartseer omdat ek nie die dag saam met haar kan vier nie. Ek sou so graag haar verjaardae en ander spesiale dae saam met haar wou vier.”
Angelina het nog nie kommentaar gelewer op Mentewab se jongste poging om tot haar uit te reik nie. Sy raak tans gewoond aan die lewe as enkelma van ses kinders nadat haar en haar man, Brad Pitt, se paadjies in September geskei het.
© Cover Media
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/ma-van-angelina-jolie-se-aangenome-dogter-maak-desperate-pleidooi/
| |
Borgtog vir beskuldigde in Tokai-moordsaak - hof besluit
|
Een van die vier mans wat daarvan aangekla word dat hy die tiener Franziska Blöchliger help verkrag, beroof en vermoor het, is Woensdagoggend borgtog geweier.
Howard Oliver, wat die aanklagte van moord en verkragting ontken en net pa staan vir sy aandeel in die roof van Franziska se iPhone, het afgekyk terwyl landdros Goolam Bawa in die Wynberg-landdroshof gesê het Howard het nie bewys dat daar uitsonderlike rede is om hom borgtog toe te staan nie.
Franziska is verwurg en het ernstige kopwonde opgedoen toe sy op 7 Maart verlede jaar in die Tokai-woud in in Kaapstad aangeval is. Haar naakte lyk is op die toneel gevind.
Die polisie het gesê ’n bra en T-hemp is vermoedelik gebruik om haar te verwurg en een van haar skoenveters is om haar nek gebind. Sy het ernstige beserings aan haar geslagsdele en gesig gehad.
Howard word saam met Jonathan Jonas, Jerome Moses en Daniel Easter van die misdade aangekla.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/borgtog-vir-beskuldigde-in-tokai-moordsaak-hof-besluit/
| |
Port Elizabethse polisiebaas deur vier mans aangeval, beroof
|
’n Polisiebaas van Port Elizabeth is Woensdagaand in sy huis in Somerstrand deur vier mans aangeval en beroof.
Genl.maj. Dawie Rabie, groepbevelvoerder van die Motherwell-polisiegebied, het ’n steekwond aan sy kop opgedoen nadat hy tuis oorrompel is.
Brig. Marinda Mills, polisiewoordvoerder, sê Dawie was omstreeks 19:00 saam met sy kleinkind en nog ’n familielid tuis toe hulle onbekende stemme in die huis hoor.
Hy het ondersoek ingestel en vier onbekende mans in die huis aangetref. Die rowers het toegang tot die huis verkry deur die diefwering voor een van die kamervensters te verwyder.
“Daar het ’n struweling tussen Dawie en die booswigte ontstaan waarna hy (Dawie) ’n steekwond aan sy kop opgedoen het wat gelukkig nie baie ernstig is nie. Hy het daarna in sy huis mediese behandeling ontvang,” het Marinda gesê.
Die mans het met drie selfone en ’n iPad gevlug.
Niemand is in hierdie stadium in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/port-elizabethse-polisiebaas-deur-vier-mans-aangeval-beroof/
| |
EKSKLUSIEF: Deon Lotz gesels oor nuwe Afrikaanse fliek Hoener Met Die Rooi Skoene
|
Die gesoute akteur, Deon Lotz, beskryf die nuweling op die silwerskerm, Hoener Met Die Rooi Skoene, “slim en snaaks.”
Hy vertolk die rol van die suksesvolle maar minder gewilde sakeman en impresario Du Toit de Waal. Hy word een aand vermoor terwyl sy ontvangsdame een aand weer lustig voortklets op die foon.
Die rol van Bonnie, die ontvangsdame word deur Lizz Meiring vertolk.
“Die karakters is uniek en Hoener met die Rooi Skoene is oorspronklik en magies; net so fassinerend en eksentriek soos die onontdekte juweel van ’n dorpie waar ons verfilm het: Klaarstroom, weggesteek in die Klein-Karoo.”
Hoener Met Die Rooi Skoene word vanaf 27 Janaurie in teaters landwyd vertoon.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/eksklusief-deon-lotz-gesels-oor-nuwe-afrikaanse-fliek-hoener-met-die-rooi-skoene/
| |
Vrou lek oogballe om ander te help - kyk video
|
Was jy al ooit raadop wanneer seesand in jou oë waai en jy net nie daarvan ontslae kan raak nie?
Wel, as jy in Bosnië woon, kan jy ’n vrou besoek wat vinnig met dié probleem sal klaarspeel.
Hava Celebic (80), ook bekend as Nana Hava, vra sowat R140 vir haar dienste en kan onder meer lood, saagsels en glas uit mense se oë haal deur haar tong saggies oor haar klante se oogballe te beweeg.
In ’n video wat haar diens demonstreer kan jy sien hoe sy haar mond met alkohol uitspoel voordat ’n man sy ooglid wyd oopmaak en sy die ritueel uitvoer.
Hava beweer sy het al omtrent 5 000 mense gehelp, van wie baie eers hulp by professionele medici gesoek het wat niks vir hulle kon doen nie.
“Ongelukkig kan ek dit (haar gawe) nie vir my nageslagte leer nie, want my kinders is te gewalg deur die idee om jou tong in iemand se oog te druk. Maar ek is ook al gesê mense gaan my tong uitsny wanneer ek doodgaan, sodat die dorp kan aanhou om mense te behandel.”
Dié alternatiewe heler sê sy behandel mense gratis as hulle nie geld het nie en sy het al kliënte gehad wat uit ander wêrelddele reis om van haar dienste gebruik te maak.
Kyk die video hier:
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/vreemde-storie/vrou-lek-oogballe-om-ander-te-help/
| |
Was dit toe ’n tornado op Secunda? Kyk self
|
Foto’s van ’n “tornado” op Secunda het op 29 Januarie soos ’n veldbrand in sosiale media versprei nadat inwoners beeldmateriaal op Facebook gedeel het.
“Dit lyk soos ’n tornado op die berg langs Sasol,” het ’n inwoner onder meer op Reënval SA se Facebook-blad geskryf. Maar dit was toe meer ’n klomp warm lug as enigiets anders.
Alhoewel dit op gister se foto’s en video-opnames lyk asof ’n tornado die omgewing getref het, ontken Mkhsushulwa Msimanga, toesighouer van die SA Weerdiens se weervoorspellers op Nelspruit, dit.
Secunda het wel verlede jaar onder groot storms en ’n paar tornado’s deurgeloop.
Roelof Gouws, ’n plaaslike inwoner en direkteur van Secunda 911, beaam dit.
“Gister was daar net ’n groot warrelwind wat geen gevaar vir mens of eiendom ingehou het nie,” het hy telefonies aan Huisgenoot gesê.
Daar was volgens hom gister geen storms in die omgewing nie, maar dit was wel baie warm en die temperatuur het tot diep in die 30 grade Celsius gestyg. Hy vermoed dit is juis die hoë temperatuur wat die sterk warrelwind veroorsaak het.
Die warrelwind het hope fyn stof opgetel en dít het veroorsaak dat dit soos ’n groot storm lyk, het Roelof gesê.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/was-dit-toe-n-tornado-op-secunda-kyk-self/
| |
Huisgenoot Mobi
|
’n Suid-Afrikaanse man en sy Britse medepligtige word deur die Thailandse polisie gesoek ná die skietdood van ’n Britse sakeman vroeër vandeesweek.
Volgens die Bangkok Post is Tony Kenway (39) is in sy rooi Porsche Cayenne in die stad Pattaya, ’n bekende toeristebestemming aan die Thaise kus, doodgeskiet.
Tony was die afgelope sewe jaar in Thailand woonagtig en het vier jaar gelede met Somporn Kenway getroud.
Volgens die Pattaya Daily-koerant het Tony ‘n rekenaarbesigheid gehad. Hy is na bewering gereeld deur die polisie in hegtenis geneem omdat hy sonder ’n werkspermit in die land gewerk het het.
Pattaya cops seek help in British businessman's murder https://t.co/xKiy0WvToX pic.twitter.com/IoFPYuAS5p — Bangkok Post (@BangkokPostNews) January 25, 2017
Die Bangkokse dagblad Kom Chad Luek het berig die polisie soek na twee buitelanders, Miles Dickens Turner van Brittanje en Abel Caldeira Bonito, glo van Suid-Afrika. Die twee verdagtes het na bewering kort ná die moord Kambodja toe gevlug via die provinsie Trat.
Two Men Wanted Over Brits Murder In Pattaya Have Fled The Countryhttps://t.co/Khpbc2lvYa pic.twitter.com/MzSfFFqa7y — Stickboy Bangkok (@StickboyBangkok) January 25, 2017
Beeldmateriaal van die insident wys hoe die slagoffer na sy sportmotor loop en inklim.
Een verdagte is kort op sy hakke en ruk die bestuurderkant se deur oop. Hy vuur ’n enkele skoot in Kenway se kop af, hardloop na ’n wagtende motorfiets gehardloop en spring agterop voordat die twee verdagtes wegjaag.
’n Koeël en sigaretstompie is op die toneel gevind en ingestuur vir forensiese toetse.
Daar word verder berig Kenway het glo ondermeer ’n onwettige dobbelwebtuiste bestuur het en het onlangs konflik gehad met ’n groep buitelanders in die stad.
Die Pattaya Daily News berig voorts dat Tony ’n oproepsentrum bedryf het en dat hy buitelandse beleggers se arm probeer draai het om in Thailand te belê.
Van die beleggers het na bewering aansienlike bedrae as gevolg daarvan verloor. Tony is na bewering in 2016 gearresteer en op borgtog vrygelaat. Daar word voorts beweer dat die luukse motor waarin hy doodgeskiet is, ’n gehuurde motor was.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/suid-afrikaner-gesoek-na-skietdood-van-britse-sakeman-in-bangkok-kyk-video/
| |
Studielenings - wat behels dit?
|
Vanaf ʼn vroeë ouderdom begin leerders droom oor hulle toekomstige loopbaan. Hulle raak daarom aktief besig met die nodige studiebeplanningsproses en ʼn groot kopseer hiervan is die koste betrokke, of te wel die betaling daarvan.
Die voortdurende #FeesMustFall-optogte het die hele Suid-Afrika in rep en roer oor naskoolse studie-onkostes, aangesien dit vir die meeste studente en hul ouers of ander persone wat verantwoordelikheid neem vir die rekening, hopeloos te duur is.
Volgens Pravin Gordhan (minister van finansies) moet die finansiering van onderrig die regering se grootste prioriteit wees, soos aangedui in die medium-termyn begroting beleidsverklaring. Gordhan verduidelik dat die regering te werk moet gaan met finansiële instellings en die korporatiewe sektor om meer lenings, werksgeleenthede sowel as beurse vir studente te kan verskaf.
Aangaande hierdie stelling bied Wikus Olivier, skuldbestuur-kenner by DebtSafe, meer insig rakende studielenings. Olivier sê daar is basies drie soorte lenings wat studente kan ondersoek:
ʼn Studente lening
ʼn Studente lening is ontwerp om studente te help betaal vir tersiêre onderrig en die gepaardgaande fooie, soos byvoorbeeld klasgelde, boeke en lewenskostes. Dit kan verskil van ander lenings in die sin dat die rentekoers aansienlik laer kan wees en dat die terugbetaling eers begin wanneer die student sy of haar studies afgehandel het. Daar is verskeie instansies wat studente lenings bied, byvoorbeeld ABSA, Nedbank, Standard Bank en FNB.
In baie gevalle reken jong werkendes nie die terugbetalings in hulle uitgawes, wanneer hulle ʼn salaris begin verdien nie. Hulle verbind hulself tot ander krediet-ooreenkomste soos byvoorbeeld finansiering vir ʼn voertuig. Wanneer die instansie wat die studente lening voorsien het uitvind die student het werk, verwag hulle dat ʼn volledige paaiement afbetaal word. Ongelukkig word talle studente in hierdie strik vasgevang. Raak daarom eerste ontslae van jou studieskuld, aangesien dit jou prioriteit behoort te wees wanneer jy die beroepswêreld betree.
ʼn Persoonlike lening
ʼn Persoonlike lening is wanneer die bank vir jou ʼn bedrag voorskiet, wat jy dan op ʼn maandelikse basis oor ʼn vasgestelde tydperk terugbetaal. Die vaste rentekoers van ʼn persoonlike lening is heelwat hoër as ʼn studente lening, maar laer as ʼn kredietkaart s’n. Dit skep ook stabiliteit omdat ʼn vaste bedrag jou in staat stel om vooraf te begroot. Indien die leerder jonger as 18 is moet ʼn ouer, of iemand wat aan die kriteria voldoen, borg staan vir die leerder. Persoonlike leningsopsies kan verkry word by banke asook ander instansies soos givemecredit en HippO.co.za.
Hou die volgende in gedagte wanneer jy aansoek wil doen vir ʼn persoonlike lening:
• Kredietverskaffers moet ʼn kwotasie aan jou uitreik sowel as alle fooie en premies duidelik deurgee. Dit bied jou die geleentheid om die beste opsie te kies deur die verskillende verskaffers en hul dienste met mekaar te vergelyk.
• Neem ook kennis dat daar ʼn onmiddellike verwagting is aangaande die paaiementbetaling, sodra ʼn persoonlike lening se geld aan jou oorbetaal word.
ʼn Beurs
Talle instellings bied beurse aan op grond van akademiese, kultuur- of sportprestasie, wat beteken dat hulle gedeeltelik of ten volle vir jou studies betaal. Sommige werkgewers stel ook beurse beskikbaar vir werknemers wat graag verder wil studeer. Die voordeel van ʼn beurs is dat jy nie ʼn lening hoef aan te gaan nie, aangesien iemand anders die finansiële implikasies dra. Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) is ʼn bekende organisasie wat beurse (en ook lenings) toeken. Verdere opsies van beursinstansies kan op AMB Media se webblad ondersoek word.
Tersiêre onderrig word deur baie mense beskou as ʼn belangrike element tot ʼn suksesvolle loopbaan en lewe. Olivier beveel aan dat studente hulle huiswerk aangaande studielenings deeglik vooraf doen, sodat die beste opsie vir hul behoeftes aangegaan word. Indien jy tans vasgevang is in studieskuld en geen uitkomkans sien om skuld-vry te wees nie, kontak DebtSafe se skuldberaders om jou die nodige hulp en plan van aksie aan te bied.
• Oor DebtSafe
DebtSafe is ʼn geregistreerde skuldberader en het al duisende oorverskuldigde Suid-Afrikaners gehelp om hul skuld af te betaal met behulp van hulle innoverende skuldhersieningsprogram. Begin jou nuwe begin deur een van ons bekwame skuldadviseurs te kontak: 0861 100 999; e-pos: [email protected] of SMS jou naam en “info” na 30898 (gratis SMS).
|
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/geldsake/studielenings-wat-behels-dit/
| |
Ons roep alle blokraai-betotteldes vir bietjie naweekpret!
|
http://www.huisgenoot.com/gons-pret/ons-roep-alle-blokraai-betotteldes-vir-bietjie-naweekpret/
| ||
Hartseer nuus: Oud-Bokheld Joost van der Westhuizen nou op suurstof
|
Dit is ’n dag wat die oud-Bokheld Joost van der Westhuizen (45) se familie geweet het gaan kom en gevrees het, maar dit was steeds ’n skok.
Joost, wat al sedert Mei 2011 verbete teen motorneuronsiekte veg, is nou afhanklik van suurstof.
“Dit is ontsettend moelik. Dit gaan moeilik met hom, maar hy veg voort,” het Joost se broer, Pieter, Vrydag aan Huisgenoot bevestig. Hy vertel Joost is steeds by sy huis in Midrand, maar is nou “’n rukkie” op suurstof.
Hy vertel hulle wou dit eers stil hou ter wille van sy twee jong kinders , Jordan (12) en Kylie (10), by die sangeres en aanbieder Amor Vittone, van wie hy vervreem is.
Pieter weet egter mense wil weet hoe dit met Joost gaan.
“Ek weet mense wil vir hom bid. Daar is baie mense…” het hy moedig vertel.
Een van hulle wat baie hartseer en bekommerd is, is sy vriend Toks van der Linde, oud-Springbok en aanbieder van Toks en Tjops.
“Dink asb in gebed aan die legend vanaand,” het Toks Donderdag op Facebook gesȇ.
Ook die sanger Arno Jordaan het Donderdagaand getwiet: “Dink aan die yster en sy familie vanaand! Dit gaan nou bitter bitter sleg met Joost! Jyt lank baklei yster, byt nog bietjie vas toe!” SIC
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/hartseer-nuus-oud-bokheld-joost-van-der-westhuizen-nou-op-suurstof/
|
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.