title
stringlengths
0
200
maintext
stringlengths
0
24.9k
url
stringlengths
21
190
date_publish
stringlengths
0
19
PE prokureur se seun steeds bewusteloos ná ongeluk: ‘Die ergste is, dit lyk of my seun slaap’
Alwyn Griebenow (20), seun van die prokureur met dieselfde naam, is sedert verlede naweek in ’n koma nadat hy in ’n padongeluk buite Alexandria, sowat 100 km noordoos van Port Elizabeth, betrokke was. Na wat verneem word, het ’n vriend van Alwyn die bakkie bestuur. Alwyn is uit die bakkie geslinger. Die vriend, wat slegs sy pols beseer het, het Alwyn 26 m van die bakkie gevind. Alwyn Griebenow steeds onder ligte verdowing, maar vordering dui op herstel. https://t.co/z66nUAQAu5 pic.twitter.com/BaeUb5uiQN — Netwerk24 (@Netwerk24) January 25, 2017 Hy het voorheen ’n noodhulpkursus voltooi en het geweet hoe om Alwyn se asemhaling weer aan die gang te kry. Hy het Alwyn daarna op sy sy gedraai en na ’n nabygeleë plaas gegaan vir hulp. Twee ure later het ambulansdienste op die toneel opgedaag. Alwyn word sedertdien in die Life St. George’s-hospitaal in Port Elizabeth gehou en was eers onder ligte verdowing geplaas om verdere swelling op sy brein te verhoed. Alwyn se pa is tans die prokureur van Christopher Panayiotou, wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou, Jayde, se huurmoord beplan het. Defence lawyer Alwyn Griebenow arrives at the Port Elizabeth high court #ChristopherPanayiotou pic.twitter.com/mqcBSOc221 — Deneesha Pillay (@deneeshapillay) October 11, 2016 Alwyn jnr. is sy enigste seun. Alwyn snr. het aan Huisgenoot gesê sy seun se mediese span het gisteraand alle verdowing gestaak en dat hy nou net bewusteloos is. “In hierdie stadium wag ons maar dat hy wakker word. Dit is baie moeilike omstandighede vir ons en ons hoop Alwyn baklei terug om by te kom,” het Alwyn snr. gesê. Alwyn sê die omvang van sy seun se breinbesering kan nie presies bepaal word voor hy wakker word en sy bewussyn herwin nie. “Ons bid maar dat die ergste nie sal gebeur nie. Dit is nou ’n baie lang proses en ons kan maar net wag en kyk of hy wakker word. Ons glo God is by ons,” sê hy. “Die ergste van alles is dit lyk asof my seun slaap. Hy het nie ’n merk aan hom nie, nie ’n skrapie nie. Hy lyk soos ’n engel wat slaap . . .” Alwyn was ten tyde van die ongeluk ’n student aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en het Megatronika studeer.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/pe-prokureur-se-seun-steeds-bewusteloos-na-ongeluk-die-ergste-is-dit-lyk-of-my-seun-slaap/
Tweejarige in kritieke toestand ná kapingsdrama
’n Tweejarige seun is in ’n ernstige toestand nadat hy Oujaarsaand in die kop geskiet is tydens ’n kapingsdrama in Olievenhoutbosch, het paramedici Sondag gesê. “Teen 22:50 Saterdagaand, is Netcare 911-paramedici ontbied na die toneel waar die skietery plaasgevind het in Centurion, Gauteng,” sê die nooddiensgroep-woordvoerder Chris Botha. Ná die skietery het die seun se ma aanhou ry tot sy ’n ambulans langs die pad gesien het. “Paramedici van verskeie nooddiensgroepe het onverpoos gewerk om die kritiek beseerde kind op die toneel te stabiliseer,” sê Chris. Die seun is met lugvervoer na die hospitaal geneem vir verdere behandeling. Polisie ondersoek die presiese gebeure van die skietery. Tweede skietery in die omgewing Intussen, vertel ER24-paramedici, het hulle ’n manspasiënt met skietwonde in dieselfde omgewing behandel – en die twee skietvoorvalle is na bewering verwant aan mekaar. “ER24 is na ’n nabye polisiestasie ontbied, waarna hulle na die toneel begelei is,” sê woordvoerder Russel Meiring. “Met sy aankoms het ER24-paramedici een manlike pasiënt skietwonde in sy nek en rug opgedoen, teëgekom.” Die man was in ’n kritieke toestand en is op die toneel gestabiliseer voor hy na ’n hospitaal vervoer is vir dringende behandeling. “Die twee voorvalle is glo verwant aan mekaar, maar die plaaslike owerheid sal die saak verder ondersoek,” sê Russel. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/tweejarige-in-kritieke-toestand-na-kapingsdrama/
Gewilde aktrise verwag tweede bondeltjie vreugde
Die aktrise Zooey Deschanel is glo weer swanger, 18 maande nadat sy die lewe aan haar eersteling, Elsie Otter, geskenk het. Die ster van die fliek 500 Days of Summer, het haar eerste swangerskap stilgehou en tot Elsie se geboorte in Julie 2015 gewag om die babanuus te bevestig, en toe sommer ook aangekondig sy het getrou met haar dogter se pa, Jacob Pechenik. “Ek’s verheug om te bevestig dat Zooey Deschanel en haar man, Jacob Pechenik, die ouers van ’n pragtige, gesonde babadogtertjie is,” het die aktrise se woordvoerder toe in ’n verklaring aan die media gesê. Sy en Jacob is in Junie 2015 stilletjies in Texas getroud. Zooey was voorheen getroud met Ben Gibbard, voorsanger van die groep Death Cab For Cutie. Hulle is in 2011 uitmekaar. Sy het ná haar dogter se geboorte uit die kollig gebly en nog ’n beroemde mamma, Megan Fox, het haar tydelik vervang in die treffersitkom New Girl. Megan het ’n farmaseutiese verteenwoordiger gespeel wat die kamer huur waaruit Zoey se karakter, Jess, getrek het nadat sy vir juriepligte moes aanmeld. Zooey sal waarskynlik hoop dat haar tweede swangerskap, waaroor Us Weekly Donderdag vir die eerste keer berig het, makliker as die eerste een sal wees wat haar kosdrange betref. Sy het tydens ’n verskyning op die Amerikaanse televisieprogram Jimmy Kimmel Live! in 2015 gekla: “Jy kan nie soesji eet nie. Jy kan nie kaas eet wat lekker smaak nie. Jy kan ’n bietjie koffie drink, maar ek het altyd iets soos vier koppies ’n dag gedrink. En nou kan ek net ’n halwe koppie drink – dis mos lagwekkend!” – Cover Media
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/gewilde-aktrise-verwag-tweede-bondeltjie-vreugde/
Menseslagting in Turkye is minstens 39: is daar Suid-Afrikaners dood?
Dit kom voor geen Suid-Afrikaners is in die dodelike Istanboelse nagklubskietery op Oujaarsaand dood nie. Minstens 39 mense is glo in die slagting dood. Death toll from New Year's club shooting in Istanbul rises to 39, Turkey's Interior Minister says. https://t.co/0lhEMeir9D pic.twitter.com/Gz2uTDqFP1 — CNN Breaking News (@cnnbrk) January 1, 2017 Die skietery het volgens berigte 39 mense geëis. Die department van internasionale verhoudinge en samewerking se woordvoerder Clayson Monyela sê: “Tot dusver is daar geen inligting wat aandui enige Suid-Afrikaners is deur die ongelukkige voorval geraak nie.” The Gaurdian berig die Turkse minister van binnelandse sake sê die skieter is steeds op vrye voet al is daar berig hy is deur polisie doodgemaak. ’n Skieter het in die Reina-klub – een van die stad se gewildste en eksklusiefste nagklubs – binnegekom en verwoesting gesaai. Die klub is aan die oewer van die Bosphorus aan die Europese kant van die Turkse stad en het ’n terras wat na die water lei. Die skieter het glo Kalashnikovs gebruik om die mense af te maai. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/menseslagting-in-turkye-is-minstens-39-is-daar-suid-afrikaners-dood/
Klein Elnye se moed raak min voor amputasie
Dit is nou min dae voor hul vrolike prinsessie se “bababeentjie” afgesit moet word. Die fyn Elnye Potgieter van Pretoria het Donderdag vyf geword. Elnye ly aan die seldsame Ollier-beensiekte en haar linkervoet word nou op 7 Februarie in die Life Groenkloof-hospitaal geamputeer. Sy gaan haar verjaardaggeskenk, ’n nuwe Doc McStuffins-rokkie, aantrek wanneer sy vir haar operasie hospitaal toe gaan. Die Disney-karakter Doc is ’n sesjarige “dokter” wat opgestopte poppe regdokter. Weens Olliersiekte is haar linkerbeen – die “bababeentjie”, soos sy dit noem – reeds sowat 9 cm korter as haar regterbeen. Dié verskil sal groter word namate sy ouer word. Huisgenoot het aan die begin van vanjaar oor dié dapper meisie geskryf wat op haar jong ouderdom moes vrede maak met die onafwendbare, dat sy haar voet sal moet verloor om ’n meer normale lewe te kan lei (Tot siens vir my ‘bababeentjie’, Huisgenoot, 5 Januarie 2017). “My voetjie gaan in ’n pers kissie na Jesus toe,” het die bekkige meisie nog vertel. Dít kom nadat haar ma aan haar moes verduidelik wat gaan gebeur. Al wat sy wou weet, is wat van haar voet gaan word. Elnye se ma, Elmarie (34), ’n administratiewe beampte, het Donderdag vertel waar Elnye tot nou toe nog vol moed was, raak sy tans maar baie bang en huil as hulle met haar daaroor praat. “Ek dink die realiteit dat sy nie meer ’n voet gaan hê nie, tref haar nou. Ek probeer positief en besig bly. Ek dink as dit eers gedoen is, gaan dit ons hard tref . . .” Maar Elnye het haar verjaardag Donderdag moedig gevier. Haar ma het ’n hartroerende boodskap vir haar middelste kind van drie geskryf. Sy het ’n boetie, Eduan (7), en sussie, Elmoré (3). “Vandag is sy vyf. En vyf moeilike jare, maar tog die beste, want sy is absoluut vir my as ouer ’n voorbeeld,” het Elmarie op die WhatsApp-groep van al Elnye se ondersteuners gesê. “Die meeste wilskrag, al is dit vir haar so moeilik, sal sy steeds haar beste gee en doen. Dankie, Pappa (God), vir hierdie wonderwerk en seëning. Dit is vir my ’n eer om haar mamma genoem te kan word.” Haar man, Eddie (38), wat sy eie aluminiumonderneming bedryf, het met Huisgenoot se onderhoud ook vertel van die enorme mediese kostes wat nie gedek word nie. Een hiervan is die prostese wat Elnye gaan moet kry en wat namate sy groei aangepas en vervang sal moet word. Elmarie sê hul mediese fonds dek slegs tot R11 000 van dié komende operasie. Eddie is aan die voortou om ’n gholfdag in Pretoria te reël om fondse vir Elnye in te samel. Bekendes soos die opkomende sanger Joe Black is reeds aan boord vir die geleentheid op 23 Februarie by die Akasia Country Club. Besoek die webtuiste Childmedi.org vir inligting oor hoe om die Potgieters te help. Vir die gholfdag kan mense Ria Horn e-pos by [email protected] of Eddie by [email protected] Wat is Olliersiekte? Olliersiekte is ook as meervoudige enchondromatose bekend en kom by sowat een uit 100 000 mense voor. Dr. Juan Marin, ’n ortopediese chirurg van Johannesburg, sê enchondrome is niekwaadaardige, kraakbeenagtige gewasse wat naby die groeiplate van die been vorm. “’n Kind het kraakbeen wat (harde) been word namate die kind groei. Die groeiplate bestaan uit kraakbeen. Wanneer dit nie hard word nie, vorm dit enchondrome.” Die siekte word gewoonlik by jong kinders gediagnoseer en is nie oorerflik nie. Dit word gekenmerk deur enchondrome in die beenskag en metafise van verskeie bene. Dit is geneig om in een ledemaat voor te kom. Die aangetaste ledemaat is gewoonlik korter. Komplikasies sluit in misvorming, herhaalde beenbreuke en swakker spiere. Dit is ook moontlik dat enchondrome mettertyd kwaadaardig kan word. As dit ná puberteit begin vergroot, word kwaadaardigheid gewoonlik vermoed – veral as daar pyn en herhaalde frakture is. Dan moet die ledemaat geamputeer word.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/klein-elnye-se-moed-raak-min-voor-amputasie/
Kyk: Nóg ’n paartjie bewusteloos met kinders agter in voertuig
’n Saak van kinderverwaarlosing staar William Ballard (36) en Delaney Crissinger (32) in die gesig nadat hulle albei so bedwelm was dat hulle bewusteloos voor in hulle voertuig gesit het met twee babas op die agtersitplek. Kringtelevisiekameras het bevestig William en Delaney het vroegoggend by ’n vulstasie in Sarasota, Florida, ingery. Teen 08:00 het klante agtergekom die paartjie is bewusteloos in die voertuig. ’n Vyf maande oue baba en eenjarige was agter in die voertuig. Ooggetuies kon dwelms deur die ruit sien en het die nooddienste ontbied. “Ons sien nie regtig wat verslawing is tot ons iets soos dit sien nie. Dis wat my die hartseerste maak,” sê Eric Roundtree, ’n ooggetuie wat in die restaurant langsaan werk. “Jy’s ’n volwassene, jy kan doen wat jy wil. Maar moenie jou kinders betrek nie. En daardie twee klein onskuldige kinders het niks hiermee te doen gehad nie, maar nou ly hulle daaronder.” Van die klante het hul eie voertuie om dié van William en Delaney s’n parkeer sodat hulle nie kon wegjaag as hulle sou wakker word voor die polisie se koms nie. Toe die polisie opdaag, was die paartjie steeds vas aan die slaap. Die polisie het beslag gelê op verskeie dwelmmiddels, onder andere heroïen en ’n vol spuitnaald op die vloer langs ’n babaformule-blik. William en Delaney bly albei in aanhouding. Bronne: sarasotasheriff.org, dailymail.co.uk, fox32chicago.com
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/kyk-nog-n-paartjie-bewusteloos-met-kinders-agter-in-voertuig/
Jou sterre vir Dinsdag, 3 Januarie 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore. JOU DAG Die maan is vandag by die sagsinnige, vrygewige, goedgelowige Visse. AS JY VANDAG VERJAAR Jy is op die diereriem se dag van algehele betrokkenheid gebore; daarom hou jy daarvan om ’n bydrae te lewer. Weerstaan egter in 2017 die drang om baie hardkoppig te wees. RAM 21 Mrt.-20 Apr. Stadig oor die klippe! Mars vuur jou ongeduld aan en jy wil hê dinge moet op jou manier en onmiddellik gedoen word. Geliefdes het dalk ander idees en dit kan tot probleme lei. BUL 21 Apr.-21 Mei Druk jou vandag uit. Die Mercurius/Venus-verbinding is fantasties vir heerlike dagdromery, kreatiewe projekte, geestelike strewes, kommunikasie met kollegas en ook om ander mense te help. TWEELING 22 Mei-21 Jun. Moenie vandag te veel vrede tuis of by die werk verwag nie. Mars is besig om ’n familielid of kollega se emosies op te stook en as jy nie oppas nie, kan jy onder skoot kom. KREEF 22 Jun.-23 Jul. Jy voel nie besonder verdraagsaam nie; daarom sal jy vandag gou geïrriteerd voel. Probeer geduldiger wees, want anders sal jy op die ou end by ’n frustrerende meningsverskil betrek word. LEEU 24 Jul.-23 Aug. Dis nie ’n goeie dag om kritiek uit te deel nie; dit maak nie saak hoe “konstruktief” jy dit beskou nie. ’n Kollega of huismaat sal verdedigend raak en as jy sy/haar pogings kritiseer, kan die vonke spat. MAAGD 24 Aug.-23 Sept. Mercurius, jou kragplaneet, is in truratmodus. Dit verlangsaam alles. Hoor hierdie aanhaling van die Britse skrywer J.R.R. Tolkien (1892-1973): “Gaandeweg reis ’n mens ver.” WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt. Ons roep alle nonchalante Weegskale! Jul diplomatieke vaardighede kan benodig word, want terloopse opmerkings krenk fyngevoelige geliefdes en hulle gaan aanvallend of kwaad reageer. SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov. Romanse word beklemtoon. Dit is dus die ideale dag om ’n liefdesgedig te skryf of ’n superromantiese teksboodskap te stuur. Maak net seker jy haal jou roosgetinte bril af en toe af en hou tred met die werklikheid. BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des. Die klem val tans op gesinsake. As jy opmerksaam, proaktief en oorredend is – ’n bedrieglike kombinasie – kan jy probleme voorsien en hulle oplos nog voor hulle werklik opduik. STEENBOK 22 Des.-20 Jan. Kry jou prioriteite in orde. Jou motto vir die dag kom van die Britse skrywer J.R.R. Tolkien (1892-1973): “As meer van ons voedsel, vreugde en liedjies bo vergaarde goud gestel het, sou die wêreld ’n vroliker plek wees.” WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. As jy vandag ondeurdagte besluite neem, kan jy in ’n baie warm water beland. Jy voel prikkelbaar en kan maklik dwase keuses maak – veral waar geld betrokke is. VISSE 20 Feb.-20 Mrt. Die maan, Venus, Mars en Neptunus besoek almal jou teken. Jy is dus op jou wesenlike beste terwyl jou meelewende, kreatiewe en spirituele sy na die hoogste versnelling oorskakel. © Joanne Madeline Moore
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-dinsdag-3-januarie-2017/
Droogte in dele van die Oos-Kaap die felste in ’n honderd jaar
Hartverskeurende tonele van dooie skaap, bok en bees, droë damme en koedoes wat aan grensdrade hang . . . Dit is wat ’n mens begroet in die distrikte Jansenville en Steytlerville in die Oos-Kaap. Boere hier in die sybokhaar-hartland gaan gebuk onder die kwaaiste droogte in honderd jaar. Dié droogte sal na verwagting die vleis- en bokhaarbedryf ernstig knou. Wanneer bakkies in die Steytlerville-omgewing aangery kom en die angorabokke op Rietfontein die bakkies gewaar, hardloop hulle agterna in die hoop dat hulle gaan voer kry. Dit is hoe die diere die afgelope vyf maande hier oorleef. Ook net party. Boer Heinie Dorfling moes al baie van sy vee slag en aanskou hoe by die 200 weens die droogte gevrek het. Selfs skilpaddoppe lê onderstebo tussen dorre bossies. Dorpers, merino’s en beeste het in die modder van droë damme vasgeval, en kalwers en lammers vrek omdat die ooie nie melk het nie. Koedoes wat gewoonlik grasieus oor die grensdrade seil, is te sien waar hulle uitgedroog aan drade hang omdat hulle te swak was om oor te spring. Heinie sê geld vir voer word drasties minder. Bokhaarbokke is die goud van dié streek en die droogte verlaag die gehalte daarvan, asook die hoeveelheid. Boere kyk moedeloos na die wolke en hoop op nog reën. Hier het verlede jaar slegs ’n kwart van die gemiddelde 400 mm per jaar geval. Hoewel daar hier en daar ’n katspoegie geval het, het die uitsonderlik hoë temperature sake vererger. Op die plaas Erekroon, in die Jansenville-omgewing, staan Marx Strydom junior bont om hanslammers melk te gee omdat die ooie gevrek het nadat hulle die lewe geskenk het. Hier is dit amper ongekend om vee te voer. Boere begroot nie meer as 7% daarvoor nie. Maar Marx het reeds die helfte van sy inkomste aan veevoer vir sy merino’s en angoras bestee. Hy het weens die droogte reeds meer as 400 stuks vee verloor. Aan sy voete lê die karkasse van sowat 50 angoras. Oor twee weke sou hul pragtige hare geskeer word. Die vagmassa het weens die droogte afgeneem, en al is die volume minder, sou dit darem ’n inkomste kon bring. Hy is ’n boer in murg en been, sê Marx. Maar dit vat aan ’n man om die vrektes so te aanskou. Dougie Stern, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê die boere is kundig en het deur slagting van vee probeer verseker dat hul kernkuddes behoue bly. Maar dit sal steeds jare duur voor die veld weer genoeg heilsame kos vir die vee kan voortbring. En die uitwerking van die droogte sal ongetwyfeld ook ’n impak hê op die verbruiker. Die regering het vroeër droogtehulp verskaf, maar dit was nie teen dié uitmergelende droogte opgewasse nie. Intussen het groot getalle wild in die gebied van Jansenville en Steytlerville gevrek weens die voortslepende droogte wat reeds drie jaar aanhou. Dit het ’n algemene gesig geword om koedoes vir ’n groenigheid in die tuine te sien snuffel. Baie was eenvoudig te swak om die ander kant van die draad te haal. Jagters bring gewoonlik ’n groot ekonomiese inspuiting vir die gebied. Johan Staphorst, uitvoerende hoof van die Oos-Kaapse wildbestuursgenootskap, het bevestig dat die jagseisoen in dié deel van die Karoo nou in die weegskaal is. Laat Saterdagaand het die Suid-Afrikaanse Weerburo nog steeds geen goeie nuus vir die Oos-Kaap gehad nie. Eastern Cape Tomorrow 's Weather overview: 29.1.2017 pic.twitter.com/Cg0qb48kQW — SA Weather Service (@SAWeatherServic) January 28, 2017 – Veronica Fourie
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/droogte-in-dele-van-die-oos-kaap-die-felste-in-n-honderd-jaar/
Lid van Johannesburgse metropolisie in die gesig geskiet
’n Metropolisiebeampte van Johannesburg is in die gesig geskiet tydens ’n skietery in Main Reef-straat in Roodepoort, het die departement Maandag gesê. Die 50-jarige beampte en sy kollega het ’n wit Mitsubishi-paneelwa probeer stop wat vermoedelik gesteelde goedere vervoer het, sê hoof-superintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie. “Toe die beampte uit hul patrollievoertuig klim om die motor te nader, het die verdagtes wild begin skiet en hom in die kaak getref,” sê Wayne. Sy kollega het teruggeskiet, maar die verdagtes het gevlug. Die beampte is in ’n ernstige, maar stabiele, toestand in die Tshepo Themba-hospitaal. Wayne kon nie bevestig hoeveel inisttendes in die Mitsubishi was nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/johannesburgse-metropolisiebeampte-in-die-gesig-geskiet/
Ma woedend oor ‘belaglike vonnis’ vir dokter ná haar tweejarige se dood
“Ek is woedend!” is die reaksie van Geraldine Bennett, ma van die kleuter wat ná ’n mangeloperasie dood is, op die vonnis wat Donderdag in die Vereeniging-hooggeregshof opgelê is vir die narkotiseur wat skuldig bevind is aan nalatigheid tydens die operasie op die tweejarige Jaundré. Sy beskryf die vonnis van vier jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan strafbare manslag nie, en die 18 maande gemeenskapsdiens as “belaglik”. “Ons het vir byna vyf jaar baklei en gedink dit gaan ’n baie swaarder straf wees. Is dit wat my seuntjie se lewe werd is? Niks sal ooit sy leemte vul nie. Sy sussie sal hom nooit leer ken nie,” vertel Geraldine. “Wat ek vir altyd van hom gaan mis, is daardie potblou ogies, sy lewenslustigheid en no care-houdinkie. Hy was ’n regte klein seuntjie.” Hy sou vanjaar gr. 1 begin het. Oral in die koerante en op TV moes Geraldine toekyk hoe ma’s hulle haasbekkies vir die eerste keer “grootskool” toe vat. Dit sou ook sy en Jaundré gewees het: “Toe ek vanjaar sy ouer boetie gaan aflaai vir die eerste dag terug by die skool, was al Jaundré se kleuterskoolmaatjies daar om met gr. 1 te begin.” Geraldine se stem word onderbreek deur snikke. Jy kan oor die telefoon aanvoel dat die seer vir haar nog so rou is. “Dit het vir hom vier jaar geneem om te sê hy is skuldig,” kry sy deur die huil deur gesê. Die narkotiseur, dr. Deon Kotze, het op 18 Januarie erken hy was nalatig en het dus skuldig gepleit. Luidens sy verklaring erken hy sy bedoeling was om die halotaan, ’n middel wat vir narkose gebruik word, ná twee minute van vyf persent na twee persent te verminder, maar hy het nie. Dit het ernstige kardiorespiratoriese onderdrukking veroorsaak by Juandré. Die gemeenskapsdiens wat hy opgelê is, sal onder meer behels dat dr. Kotze mediese opleiding aan narkotiseurs gee. “Hoe kan hy wat vir die dood van ’n kind verantwoordelik is, studente oplei. Ek verstaan dit nie,” sê Geraldine. ’n Saak van strafbare manslag is teen dr. Deon Kotze aanhangig gemaak nadat Jaundré op 4 Mei 2012 in Mediclinic Vereeniging dood is. Streeklanddros Retha Willemse het gedurende die hofverrigtinge gesê weens die kompleksiteit van die saak is twee deskundige assessore aangestel om hulp te verleen. Intussen sukkel Geraldine se oudste seuntjie, Heinie (10), om oor sy boetie se dood te kom. Hy was vyf toe Jaundré dood is. “Sy gemoed gaan op en af, so saam met ons s’n,” vertel Geraldine. Hy het, soos sy en haar man, Heinrich, sielkundige hulp ontvang. Hy het baie aggressief geraak en gedink dis sy skuld dat sy boetie dood is. “Vir my is dit moeilik om met ’n vreemde mens te praat oor hierdie baie private gevoelens binne my. Die dood van my kind het ook spanning op my huwelik geplaas, omdat ons steeds so baie emosies het wat ons elkeen afsonderlik moet hanteer.” Die egpaar het op 23 Oktober 2014 ’n babadogtertjie, Jessica, ryker geword. Jessica beteken geskenk van God. “Sy is nou amper so oud soos Jaundré was. Ons vertel haar baie oor haar boetie en die huis is vol foto’s van hom. “Op sy verjaardag en spesiale dae soos Kersfees en Paasfees gaan besoek ons sy graffie in Heidelberg. Dan sal Jessica na die graf wys en sê: ‘Ghoempie se huis.’ Dit was sy bynaam.” Ekstra bronne: vaalweekblad.com, maroelamedia.co.za an
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/ma-woedend-oor-belaglike-vonnis-vir-dokter-na-haar-tweejarige-se-dood/
Ag, moeder! Rolene deel nuwe foto van haar kosbare prinsie
http://www.huisgenoot.com/bekendes/ag-moeder-rolene-deel-nuwe-foto-van-haar-kosbare-prinsie/
2017-01-21 09:13:48
Brits se redder van katte se uitvindsel verbeter weggoodiertjies se lewens
Daar was mos die toweragtige fluitspeler van Hameln wat rotte gelok het uit die dorp. Sean Mitchell is Brits se redder van katte wat die verwaarlose diertjies lok na ’n fabriek waar hy hulle versorg. Hy het selfs die plaaslike koerant, die Komorant, gehaal met sy liefdesdaad teenoor die dorp en omgewing se weggooi- en rondloper-katte. Hulle het nou selfs nou hul eie “vermaak” so saam met die luukse katkos, skoon water en ander lekkernye wat hy hulle bied. Sean het sy vernuf in staalwerk ingespan om ’n masjien te maak wat hy HOMEchase noem. Dis ’n “lok-en-jaag-sisteem” sê hy. Dit het allerhande katoeters en toutjies met speelgoed-muise en ander lokaas aan het, jy heen en weer oor die werf rondtrek, tot 110km uur, sodat die katte dit kan jaag. Van die rondloperkatte het Sean (30) van die rand van die dood gered deur aanvanklik uit sy eie sak vir kos en ’n veearts te betaal. En hy sorg dat die wyfiekatte reggemaak word sodat hulle nie kan aanteel en nog ’n klomp honger katjies oplewer nie. “Ek is nog my hele lewe lank ’n kat-liefhebber,” vertel hy aan Huisgenoot. “Selfs toe ek ’n ruk lank oral oorsee gewerk het, het ek daar ook rondloperkatte gevoer. Ek kan eenvoudig nie toekyk dat hierdie diertjies swaarkry nie,” vertel hy. Hy het so vyf jaar gelede begin om die dorp se katte te begin voer. Die staaldak-fabriek waar hy werk se gronde het nou ’n veilige hawe vir die katte op dié dorp in Noordwes, 68km van Johannesburg af. Die beste van alles is dat sy baas, Theunis Duvenhage, die hoof uitvoerende beampte van SS Profiling ook ’n diereliefhebber is en help met befondsing vir kos. Hy het selfs ingestem dat Sean bakke met kos en water oral rondom die fabriek mag uitsit vir die katte. ’n Hospitaal daarnaby, wat self ’n projek geloods het om die katte op hulle gronde te steriliseer, het gevra of Sean nie hulle katte ook daar kan huisves nie. ’n Plaaslike veearts, dr. Gerhardus Scheepers, sit nou gereeld hand by om die katte te steriliseer. Elke kat het ’n sagte slaapplek en komberse en van die makker katte kom maak hulle gereeld tuis op Sean se lessenaar om hom met liefde te bedank. Oor naweke sal hy ook ’n draai kom maak en antibiotika in die bakke sit vir katte wat besmette oë of wonde opgetel het. Daar is op die oomblik veertig katte wat permanent ’n heenkome by Sean-hulle gekry het en daar is nog vyftig ander wat gereeld kom kuier om kos, water, medisyne, liefde en vermaak met Sean se masjien te kry. Hulle noem nou tong-in-die-kies die fabriekswerf die “Kitty Retirement Village”. Sean wil graag sy hulp verder uitbrei op die dorp en ook na ander weggooi-diere wat bietjie gepamperlang kan word totdat hulle dalk permanente huise het. 1 2 3 4 5 6 7 « » Foto: Sean Mitchell Foto: Sean Mitchell Foto: Sean Mitchell Foto: Sean Mitchell Foto: Sean Mitchell Foto: Sean Mitchell Foto: Sean Mitchell Om geld hiervoor in te samel het hy ’n befondsing-veldtog geloods. As jy wil skenk gaan na https://gogetfunding.com/hungry-feral-stray-cats-need-you-love-food/
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/katteredder-van-brits-se-uitvindsel-verbeter-weggoodiertjies-se-lewens/
Jou sterre vir Donderdag, 26 Januarie 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore. JOU DAG Jy kan ’n gebeurtenisvolle en verontrustende dag vol intense emosies te wagte wees. AS JY VANDAG VERJAAR Die gelukkige Jupiter kan dalk hierdie jaar ekstra besigheid na jou kant toe stuur. Julie en Augustus is die mees romantiese maande van 2017. RAM, 21 Mrt.-20 Apr. Hoe meer jy ander mense probeer beheer, hoe moeiliker gaan jou dag raak. Jy wil jou idees op geliefdes of kollegas afdwing, maar dalk stel hulle nie belang in dit waarmee jy te koop loop nie. BUL, 21 Apr.-21 Mei Dit is ’n goeie tyd om jou doelwitte vir die toekoms te formuleer, asook om enige reisplanne te konsolideer wat jy dalk in die vooruitsig het. Wend jou tot jou internasionale kontakte om jou op die hoogte te hou van die jongste nuus. TWEELING, 22 Mei-21 Jun. Die maan is in die Steenbok en jy het heelwat te leer uit hierdie pligsgetroue teken – soos om minder te klets en meer produktief te werk. Om superdeeglik te wees is beslis die manier om vandag te werk te gaan. KREEF, 22 Jun.-23 Jul. Jy wil graag aan geliefdes toon hoeveel jy omgee, maar moenie oorbeskermend wees nie. Alle verhoudings kort ruimte om asem te haal en daar is ’n groot verskil tussen liefhê en versmoor. LEEU, 24 Jul.-23 Aug. Verhoudings lyk ietwat wispelturig terwyl jy sê wat op jou hart is. Staan dan terug en kyk hoe die vonke spat. ’n Bietjie minder “eerlikheid” en heelwat meer takt sal minder drama in die dag veroorsaak. MAAGD, 24 Aug.-23 Sept. Kry ’n bietjie verskeidenheid in jou daaglikse roetine. En as jy met ’n voortdurende verhoudingsprobleem sit wat jou kwel, probeer gerus ’n heeltemal nuwe benadering. Grawe diep, Maagd! WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt. Dit is tyd om jou nes te vertroetel en reg te skud terwyl jy huis en haard skoonmaak, opruim en versier. Sodra jou huishoudelike omgewing kant en klaar is, sal jy verhoudingsake ook beter die hoof kan bied. SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov. Die sterre plaas magskwessies in die kollig; dus jy sal jou Skerpioenagtige greep op iets of iemand moet verslap. Jy gaan ’n moeilike dag hê as jy alles om jou probeer beheer! BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des. Jy is vandag in ’n hoogs nuuskierige bui en gretig om te reis of iets nuuts te leer. Wat geld betref, moet jy die versoeking weerstaan om spandabel met kontant en roekeloos met krediet te raak. STEENBOK, 22 Des.-20 Jan. Die maan en Pluto vorm ’n paar in jou teken, dus moet jy inskakel by die vriendelike en liefdevolle Steenbok in jou binneste. Jou huidige motto kom van die skrywer Charles Dickens: “ ’n Liefdevolle hart is die mees opregte wysheid.” WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. Jy is in ’n bui om ’n paar klippe in die bos te gooi en ’n bietjie opslae te maak, want Uranus maak jou teenstrydige sy wakker. Wees slim en bring ’n bietjie gehaltetyd alleen deur sodat jy kan afkoel en herkalibreer. VISSE, 20 Feb.-20 Mrt. Die klem is weg van jou af en op die groep. Hoe kan jy tot jou plaaslike gemeenskap bydra en die mense om jou ondersteun? Om ander mense te help is een van jou spesiale talente, so moet dit nie vermors nie. Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-donderdag-26-januarie-2017/
Pa en dogter (6) lewend gevind ná dramatiese internasionale soektog ter see
Ná ’n maand lange dramaties soektog ter see oor landsgrense heen het ’n Nieu-Seelandse man en sy sesjarige dogter gister (Woensdagmiddag) ongedeerd met hul beskadigde seiljag vasgemeer in die vissershawe Ulladulla, 230 km suid van Sydney in die Australiese staat Nieu-Suid-Wallis. Alan Langdon (46) het 27 dae lank oor ’n afstand van 2 600 km oor die Tasmaanse See geseil nadat een van die 6,4 m lange katamaran se twee roers tydens ’n storm gebreek en die boot van koers af gedryf het. By sy aankoms het Alan gesê hy en sy dogter, Que, was nooit werklik in gevaar nie, maar hy kon niemand van hul situasie in kennis stel nie. Luidens berigte is Alan gewikkel in ’n toesigstryd met sy dogter se ma, Ariane Wyler. Op ’n kol is gevrees hy het met Que gevlug. Die hele drama het op 17 Desember verlede jaar begin toe Alan en Que die Kawhia-hawe in Nieu-Seeland op ’n kort seereis verlaat. A man and his daughter, 6, have been found alive on the south coast after 27 days at seahttps://t.co/03NcO7WSh6 — Canberra Times (@canberratimes) January 12, 2017 Vier dae later het ’n storm hulle getref. Hul kontak met die buitewêreld is afgesny en die een roer het gebreek. Al raad was om oor die Tasmaanse See te vaar, want Alan het geweet hy sou Australië op die een of ander plek bereik, vertel hy. Intussen het Ariana ’n spesialis in kinderopsporing, Col Chapman, aangestel om hulle te soek, iets wat sy blykbaar ook vantevore gedoen het. By sy aankoms in Australië het Alan gesê hy het geen benul gehad hulle is as vermis aangemeld en dat hy ’n mediastorm sou binnevaar nie. Bronne: ABC; SMH
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/pa-en-dogter-6-lewend-gevind-na-dramatiese-internasionale-soektog-ter-see/
Jong man op gewilde vakansiestrand doodgesteek
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/jong-man-op-gewilde-vakansiestrand-doodgesteek/
Krieketheld boul sy meisie uit toe hy haar die jawoord vra
http://www.huisgenoot.com/bekendes/krieketheld-boul-sy-meisie-uit-toe-hy-haar-die-jawoord-vra/
Welbekende sanger en liedjieskrywer van Brittanje sterf op 75
Die wêreldbekende liedjieskrywer en sanger Peter Sarstedt is dood in die ouderdom van 75, het die BBC bevestig. Singer-songwriter Peter Sarstedt dies aged 75 https://t.co/E3LbVtPid0 — BBC News (UK) (@BBCNews) January 8, 2017 Peter is welbekend vir sy treffer Where Do You Go To (My Lovely)? wat in 1969 vir weke boaan die trefferlyste gepryk het. Sy familie het die hartseer nuus van sy afsterwe Sondag bevestig. Hy is volgens hulle vreedsaam in sy slaap oorlede. Volgens ‘n verklaring was sy naasbestaandes “saam met hom tot die einde” en dat talle sy musiek en liedjies sal mis. Sy bekendste liedjie gaan oor ‘n meisie wat in armoede groot word net om later om die wêreld te reis. Van sy ander musiek sluit in Beirut, Take Off Your Clothes, I am a Cathedral en Frozen Orange Juice. Beide sy broers het ook gesing. Sy oudste broer, Richard, het onder die verhoognaam Eden Kane opgetree en het sulke treffers soos Well I Ask You in 1961 opgelewer. Sy jongste broer, Clive, het onder die verhoognaam Robin Sarstedt geding. Sy bekendste treffer is My Resistance is Low van 1976. Bronne: CNN; BBC
http://www.huisgenoot.com/bekendes/welbekende-sanger-en-liedjieskrywer-van-brittanje-sterf-op-75/
Gr. 1’tjie hospitaal toe gejaag op eerste skooldag
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/gr-1tjie-hospitaal-toe-gejaag-op-eerste-skooldag/
WhatsApp: 4 slim wenke wat dit nóg beter maak
Dis 2017 en tyd om ten volle gebruik te maak van die groen boodskap-ikoon op jou foon. Huisgenoot het ‘n paar wenke wat jou help om die WhatsApp-boodskapdiens slimmer te benut. Sien só met wie jy die meeste op WhatsApp praat As jy ’n iPhone het, maak WhatsApp oop en gaan na “Settings”, maak “Data and storage use” oop en gaan dan na “Storage use”. Hier sal jy sien met wie jy die meeste praat en wie die meeste bêreplek op jou foon in beslag neem. Vir Android-fone, maak “Settings” in die app oop en gaan na “Chats”, klik daarna op “Chat history” en dan op “Email chat”. Dit sal nou vir jou wys wie jy gereeld gekontak het. Maak groepgesprekke stil Is jy moeg daarvan dat jou foon elke paar minute zoem en dan is dit ’n groepgesprek op WhatsApp waar iemand ’n foto van hul nuwe brei-skepping gedeel het? Maak groepgesprekke stil sonder om jou kennisgewings vir privaat boodskappe stil te maak. Klik net op die groep wat jy wil stilmaak en dan op die ikoon regs bo op die skerm wat lyk soos ’n mikrofoon met ’n streep daardeur. Hier kan jy kies of jy die gesprek vir agt uur of selfs ’n jaar wil stilmaak. As jy ’n iPhone gebruik, moet jy eers die gesprek oopmaak wat jy wil stilmaak, tik op die groep se naam (of selfs ’n spesifieke mens in die groep se naam) en druk “Mute”. Bêre ’n belangrike boodskap of foto vir later Klik op die boodskap wat jy wil bêre om dit te merk en klik dan op die ster-ikoon boaan die skerm. Nou sal jy daarna kan teruggaan wanneer jy ook al wil. Gaan net na die kolle-kieslys regs bo in die app en klik op “Starred messages”. Stuur gesprekke na jou rekenaar Het jy ’n juweel van ’n gesprek wat jy graag in jou e-pos of op jou rekenaar wil bêre om te onthou? Open net die gesprek, gaan na die kolle-kieslys en klik op “Email conversation”. En siedaar, dis vir altyd gebêre. iPhone-gebruikers moet op die kontak klik, na die onderkant van die “Contact info page” afrol en op “Export chat” klik. via GIPHY
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/verbruiker/whatsapp-4-slim-wenke-wat-dit-nog-beter-maak/
Ambulansbestuurder ernstig beseer toe hy polisiewa tref
’n Ambulansbestuurder het ernstige beserings opgedoen en is in die hospitaal opgeneem nadat hy agterin ’n polisievangwa vasgery het. Die voorval het Maandagoggend omstreeks 09:50 naby die Hennenman-verkeersdepartement in die Vrystaat gebeur. Die bestuurder van die vangwa wou glo by die lisensiekantoor indraai toe die ambulans dit tref. Sers. Mamello Mokhuoane, polisiewoordvoerder, sê die twee polisielede in die polisievoertuig, wat albei in die polisie se vlootafdeling werk, het net ligte beserings opgedoen. Die ambulansbestuurder is egter ernstig beseer en is per helikopter na ‘n hospitaal in Welkom geneem.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/ambulansbestuurder-ernstig-beseer-toe-hy-polisiewa-tref/
#SpeelSaam: Kan jy die oulike outjies in ’n legkaart bymekaar sit?
http://www.huisgenoot.com/gons-pret/speelsaam-kan-jy-die-oulike-outjies-in-n-legkaart-bymekaar-sit/
Is dit sleg om te eet vir twee tydens jou swangerskap?
Onlangse navorsing het bevind dat vroue wat tydens swangerskap vir twee eet, nie hul babas op die lange duur skade berokken nie. Vroue word lankal gewaarsku oor die gevaar van ooreet en te veel gewig tydens swangerskap aansit, het ’n onlangse studie bevind kilogramme wat ophoop, sal nie werklik die kind se gesondheid op die duur benadeel nie. Trouens, navorsers aan die Universiteit van Aberdeen het ontdek net ’n baie skielike en kwaai gewigstoename het ’n uitwerking op die baba se welsyn. Deskundiges het die mediese data ondersoek van byna 4 000 vroue wat tussen 1950 en 1956 in Skotland gekraam het. Die gesondheidsrekords van hul kinders is ook tot 2011 ontleed. Daar is bevind dat die moeders se gewigstoename gedurende swangerskap geen uitwerking gehad het op die risiko dat hul kinders voor die ouderdom van 60 jaar ’n beroerte of hartaanval sou kry of sterf nie. Tewens, die span gelei deur dr. Sohinee Bhattacharya het bevind die nageslag se leefstyl het ’n groter uitwerking op hul gesondheid gehad as die postuur van hul moeders gedurende swangerskap. “Dié bevindings is nogal ontstellend, want dit dui daarop dat daar eintlik geen verwantskap bestaan tussen die moeder se gewigstoename tydens swangerskap, en hartsiektes of vroeë sterfte as volwassene nie,” was dr. Bhattacharya se opmerking oor die resultate wat in The BMJ se tydskrif Heart gepubliseer is. “Slegs in uiterste gevalle, waar die moeder se gewigstoename uitermate groot was, het ons ’n hoër risiko vir beroerte in die volwasse nageslag gevind. Maar wanneer die volwassene se leefstylfaktore, soos BMI en rookstatus, in ag geneem word, verdwyn hierdie verskil ook.” Sy het voorts verduidelik hierdie studie beklemtoon ’n belangrike boodskap vir openbare gesondheid –hoewel kinders niks kan doen aan die gewig wat hul moeders tydens swangerskap aangesit het nie, hulle hul gesondheid in hul eie hande kan neem deur ’n gesonde leefstyl te volg. Die Nasionale Gesondheidsdiens in Brittanje raai swanger vroue aan om nie in die eerste ses maande van swangerskap hul kosinname te verhoog nie. Hulle behoort in die laaste drie maande hul dieet elke dag met net sowat 840 kilojoules te verhoog. Die nuwe navorsing het nie ondersoek ingestel na die uitwerking van gewigstoename tydens swangerskap op die moeder se gesondheid nie. © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/is-dit-sleg-om-te-eet-vir-twee-tydens-jou-swangerskap/
Huisgenoot Mobi
“Sy word vermis en alles is bloot gissings tot waar ons bewyse kry,” het Marlaine Pienaar-Vice Dinsdag gesê. Haar dogter, Nicola Pienaar (28), word reeds sedert 5 Januarie 2017 vermis. “Ek sal dit waardeer as enigiemand met enige nuus oor waar sy haarself mag bevind, na vore sal kom,” sê Marlaine, wat nog steeds hoop op ’n wonderwerk dat haar dogter ongeskonde gevind sal word. Nicola se vriend, Jacobus Johannes Oosthuizen, 32, is Saterdag in Port Elizabeth in hegtenis geneem. Hy was in besit van Marlaine se Peugeot 206 wat intussen as gesteel aangegee is. Die motor was tot boordens toe vol met boeke, klere (ook van Nicola se klere) en beddegoed toe die polisie dit in Kaapweg, Port Elizabeth, gevind het. Daar was ook ’n byl in die motor gevind. Hy het Maandag in die Baaise landdroshof verskyn op aanklag daarvan dat hy in besit was van ’n voertuig wat vermoedelik gesteel is. Marlaine het aan News24 gesê hy was ’n vriend van haar dogter en dat sy nooit enige probleme met hom ervaar het nie. “Toe ek hom ontmoet het, was hy vir my net ’n normale man. Ek het glad nie sleg van hom gedink nie. In hierdie stadium dink ek nie ek moet oordeel nie. Ek sal wag vir bewyse.” “Dis vir my baie moeilik om te verstaan hoe Nicola kon weggaan sonder om vir my daarvan te vertel,” het Marlaine gesê. Luidens berigte was Marlaine en Nicola baie geheg aan mekaar. Nicola bly in ’n woonstel by haar ma se psigologie-praktyk in die Paarl. Sover bekend is sy die laaste keer by haar ma se huis gesien op 5 Januarie. Intussen berig Die Burger Oos-Kaap dat Nicola se woonstel in ‘n warboel aangetref is. Na wat berig word, het ma en dogter op die dag van haar verdwyning mekaar vir die laaste keer gekontak op WhatsApp twee uur voordat sy vir die laaste keer aanlyn was. Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê die saak teen Oosthuizen is tot Vrydag, 27 Januarie, uitgestel. Hy is intussen na St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth oorgeplaas nadat hy Maadag borgtog geweier is. Hy het volgens berigte ’n vals woonadres aan die polisie verskaf. Oosthuizen het na bewering aan die polisie gesê dat hy en Nicola reeds bykans ’n jaar lank in ’n verhouding is. Hy het glo tydens sy inhegtenisname aan die polisie vertel dat hy en Nicola op 7 Januarie woorde gehad het op pad na Port Elizabeth. Volgens hom sou hy haar daarop in Oudtshoorn afgelaai het met die opdrag om terug te keer na die Paarl. Sy sou glo die terugrit per bus aangepak het. Hy het tot dusver geen verdere inligting verskaf rondom haar verdwyning nie. Nicola se petrolkaart is op 9 Januarie in Krakeel, ‘n dorpie naby Kareedouw in die Oos-Kaap gebruik. Die bestuurder van die vulstasie het aan Herald Live gesê daar is beeldmateriaal, vermoedelik van Oosthuizen, wat 06:20 op daardie oggend die motor se petroltenk laat vul het. Die beeldmateriaal is glo nie duidelik genoeg om uit te maak of daar wel nog iemand in die motor is nie. Enige persoon met inligting oor waar Nicola haar dalk bevind kan die polisie by 021 807 4000 of Crime Stop by 08600 10111 skakel. Bykomende bron: heraldlive.co.za
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/vermiste-meisie-van-paarl-se-ma-bly-hoop-vir-n-wonderwerk/
Jou sterre vir Maandag, 2 Januarie 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore. JOU DAG Vandag se sterre bevoordeel kameraad- en geselskap. AS JY VANDAG VERJAAR In 2017 moet jy slimmer eerder as harder werk. Ruim ook tyd in vir gereelde ontspanning en gesinspret. RAM 21 Mrt.-20 Apr. Gebruik jou talent vir selfbevordering sodat jy in die kollig skitter en jou loopbaan bevorder. Onthou: Dis nie wat jy weet nie; dis wie jy ken. Begin dadelik netwerk. BUL 21 Apr.-21 Mei Jy voel dalk vandag geestelik en liggaamlik traag. Moet jy nie meer gemotiveerd wees om te oefen nie? Die tyd is nou ryp om gesonde gewoontes vir die nuwe jaar te vestig. TWEELING 22 Mei-21 Jun. Jy het hope idees, maar die uitdaging is om aan verpligtinge te voldoen. Kom jou beloftes na, werk hard daaraan om jou doelwitte te bereik en voltooi bowenal dit waarmee jy begin het. KREEF 22 Jun.-23 Jul. ’n Intieme verhouding is ietwat wankelmoedig. Daar kan spanning wees tussen ’n professionele en ’n persoonlike vennootskap. Tegemoetkoming is die beste manier om probleme op te los. LEEU 24 Jul.-23 Aug. Mercurius, die kommunikasieplaneet, beweeg agteruit deur jou werksone; verwag verwarring. Dis tyd dat jy werklik met jou kollegas begin praat. Konstante verbinding sal die deurslag gee. MAAGD 24 Aug.-23 Sept. Trap versigtig wat familie en vriende betref, Maagd. As jy te vitterig, kieskeurig of krities is, gaan hulle nog meer verwarrend en wispelturig optree. Drink dus ’n kalmeerpil en probeer ontspan. WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt. ’n Verhouding met ’n familielid kan beproef word as jy uitvind wat sy/haar ware agenda is. Kom mekaar tegemoet as julle wil hê dinge moet in ’n positiewe rigting beweeg. SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov. Jy is vandag gretig om met ander mense in gesprek te tree. Mercurius beweeg egter nou agteruit deur jou kommunikasiesone; neem dus jou tyd – veral wanneer jy in die sosiale media kommentaar lewer. As jy twyfel, moenie! BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des. Berei jou voor vir ’n besige, produktiewe dag waarin jy soveel moontlik gedoen wil kry. Dis nou die ideale tyd om jou geldsake uit te pluis, maar moenie weens oorhaastigheid jou goeie voornemens in die wiele ry nie. STEENBOK 22 Des.-20 Jan. Dit kan lyk of dinge stadig vorder, maar hope positiewe projekte ontwikkel agter die skerms. Slim Steenbokke moet nou geduldig wees en volhard. WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. Daar kan vandag wrywing – of verwarring – oor geld weesn. Die pro-aktiewe Mars vuur jou geldsone aan; byt op jou tande en stel ’n geldprobleem eens en vir altyd reg. VISSE 20 Feb.-20 Mrt. Mercurius moedig briljante idees aan en Venus bevorder jou kreatiewe streep. Moenie die geleentheid vermors om jou dikwels uit te druk nie. © Joanne Madeline Moore
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-maandag-2-januarie-2017/
Bekende aktrise verklap Donald Trump was glo heeltemal behep met haar
Kristen Stewart het gekap na Donald Trump toe sy onlangs praat oor aanmerkings wat hy in 2012 oor haar persoonlike lewe gemaak het. Die voormalige aanbieder van Celebrity Apprentice het in Oktober 2012 ’n reeks bitsige opmerkings op Twitter oor Kristen gemaak ná berigte dat sy haar destydse kêrel en medester in Twilight, Robert Pattinson, verneuk het. “Almal weet ek is reg as ek sê Robert Pattinson moet Kristen Stewart afsê. Hy sal my oor ’n paar jaar bedank. Wees slim, Robert,” het Donald, nou die president van Amerika, geskryf. “Robert Pattinson moenie vir Kristen Stewart terugvat nie. Sy’t hom soos ’n hond verneuk en sal dit weer doen – wag maar en kyk. Hy kan soveel beter doen!” Donald het dié twiets gedeel nadat foto’s uitgekom het van Kristen se affair met Rupert Sanders, die regisseur van haar fliek Snow White and the Huntsman. In die foto’s het die twee mekaar gesoen en omhels tydens ’n uitstappie in Los Angeles. Rupert was toe nog getroud met die model Liberty Ross, by wie hy twee kinders het, en Kristen en Robert was ’n paartjie. Albei verhoudings is verbreek ná die nuus van die affair gebreek het. Kristen het nou vir die eerste keer die bitsige twiets aangespreek en gekap na die eiendomsmagnaat. “Hy was ’n paar jaar gelede so kwaad vir my, hy was omtrent behep met my en dit was f***** mal,” het die aktrise Vrydag aan Variety gesê. “Ek kan dit nie verstaan nie. Dis so ’n vergesogte konsep dat ek nie wil glo dit het werklik gebeur nie. Dis waansinnig.” Kristen, wat nie ’n Twitterblad het nie, het gesê sy het destyds Donald se twiets ignoreer omdat dit niks met haar te doen gehad het nie. “Hy was in daardie stadium net ’n werklikheidster. Ek het geen verwysingsraamwerk van hom gehad nie. Dit was nie regtig iets nie,” het sy gesê op ’n vraag oor hoe die 45ste president se twiets haar nou laat voel. “Maar as ek nou terugkyk, het iemand my daaraan herinner en ek het gesê: ‘Oe my genade, jy’s reg! Hy gaan waarskynlik hieroor twiet’.” Donald is as president in Washington, D.C. ingehuldig, en dit het gelei tot vreedsame en gewelddadige optogte regoor die land. Miljoene vroue het ook Saterdag aan optogte in Washington, regoor Amerika en regoor die wêreld deelgeneem. Op ’n vraag oor watter boodskap sy het vir jong vroue wat die idee van Donald as president vrees, het Kristen laat hoor: “Dames, staan op vir jouself! Ek was nog nooit die mees polities aangevuurde mens nie, maar ek dink op hierdie stadium is dit nie meer polities nie. Dis ’n humanitêre kwessie. “Ek sou sê wees deel van dit waarin jy glo, op watter manier dit ook al gebeur. Ek gaan nie vir enigeen sê hoe hulle moet voel nie, maar ek’s doodseker ons voel almal dieselfde.” © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/bekende-aktrise-verklap-donald-trump-was-glo-heeltemal-behep-met-haar/
EKSKLUSIEF: Slagoffers praat oor kaalfoto-afpersing in sosiale media
Die SA Community Crime Watch (SACCW) vra die publiek moet enige inligting deel wat hulle en die Valke kan help in hul ondersoek na ’n beweerde misdaadsindikaat wat mansgebruikers van die sosiale media teiken en afpers vir geld. Volgens Steven King, uitvoerende hoof van die SACCW, ’n misdaad-en-inligtingsentrum sonder winsoogmerk, kry hulle met ’n aantal gevalle van afpersing te doen. Hy sê slagoffers word per WhatsApp of Facebook Messenger genader en gedreig om ’n seker bedrag oor te betaal. “Doen hulle dit nie, word pornografiese foto’s vanaf die internet afgelaai en op die slagoffer se sosialemediaplatforms gedeel.” Steven het bevestig twee gevalle, een in Gauteng en een in Kwazulu-Natal, is by die polisie aangemeld en albei word verbind met dieselfde sindikaat, wat glo vanuit Limpopo bedryf word. Huisgenoot het gesels met die twee mans, Patrick Waite (49) van Durban en Frans Herbst (32) van Pretoria, wat albei deur dié sindikaat geteiken is. Danksy hul ervaring in wetstoepassing het hulle gelukkig geen geld aan die sindikaat betaal nie. Patrick, hoof van Alert South Africa, ’n organisasie wat die publiek, polisie en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en ander van inligting voorsien, sê dit lyk asof die sindikaat hoofsaaklik slagoffers teiken en probeer uitbuit wat vir wetstoepassingsagentskappe werk. “Dit is dus mense wat in ’n posisie is waar hulle geloofwaardigheid kan verloor as die sindikaat pornografiese materiaal op hul Facebook-blad sou publiseer,” sê hy. Hy sê iemand wat hulle as ’n vrou voorgedoen het, het hom op Facebook en WhatsApp bevriend en toe genader. “Dis natuurlik vir mans om nuuskierig te wees wanneer ’n vrou hul kontak,” sê hy oor hoekom hy die vriendskapsversoek aanvaar het. Patrick sê sy het in haar vroeë 20’s gelyk. Hy glo hierdie “vrou” het sy selfoonnommer op sy Facebook-blad gekry en hom toe van daar op WhatsApp genader. “Toe sy my kontak om ‘haai’ te sê, het ek vir haar gevra hoe ek kan help. Sy’t my gevra om vir haar (kaal) foto’s van myself te stuur. Ek het nee gesê. Toe stuur sy vir my ’n foto van ’n penis en wou my afpers deur dit aan my vrou te stuur of dit op Facebook te deel. Ek het vir haar gesê ek is nie getroud nie . . .” Die persoon het dreigende manipulasie- en intimidasietaktiek ingespan om hom bang en paniekerig te probeer maak. Die persoon het toe gedreig om die pornografiese foto op die Facebook-blaaie van al sy vriende, familielede en kollegas te deel. Patrick sê hy het met behulp van ’n vriend, wat ook in wetstoepassing werk, die nommer nagespoor na die Giyani-inkopiesentrum in Limpopo. En die valse Facebook-blad was in gebruik in ’n internetkafee in die sentrum. Frans het Dinsdag ’n soortgelyke ervaring gehad. Hy het ook ’n vriendskapsversoek op Facebook gekry van iemand wat die skuilnaam Caroline Sonia gebruik. Hy glo glad nie dit was ’n vrou nie, maar “sy” het op ’n manier sy selfoonnommer in die hande gekry. Sy het hom op WhatsApp genader en ’n foto van ’n kaal vrou aangestuur. Sy het toe gevra hy moet naakfoto’s van homself aan haar stuur. Hy het geweier. Kort daarna het hy ’n boodskap van ’n ander nommer gekry waarin iemand (ook glo ’n vrou) hom daarvan beskuldig dat hy dié mens se suster seksueel teister. “Die (eerste gebruiker se kwansuise suster) het vir my ’n foto van ’n kaal man se lyf gestuur met my kop wat daarop aangebring is. Enigeen wat my ken, kan duidelik sien dis nie ek nie. Die ‘vrou’ het toe geëis dat ek R2 000 betaal of sy sou die foto in die sosiale media deel.” Hy het met behulp van ’n vriend wat vir die Valke werk, probeer om die persoon te ontmoet om die geld self te oorhandig, pleks van dit elektronies oor te betaal. Die persoon het toe nog geld geëis. Steven sê mense wat by so iets betrek word, moet ’n saak by hul plaaslike polisiekantoor aanhangig maak en ook die SACCW inlig. “Alle inligting wat verskaf word, word met die strengste vertroue hanteer. Ons is bewus daarvan dat daar baie slagoffers is en het die gemeenskap se hulp nodig om hulle aan die pen te laat ry.” Mense kan die volgende mense om hulp nader: Steven King (SACCW) – 082-920-5799 Marius Jacobs (SACCW) – 079-898-4539 Lourens Smit (SASR/SACCW) – 084-317-4149 Of stuur ’n e-pos na Mike Venter (SACCW) – [email protected]
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/eksklusief-slagoffers-praat-oor-kaalfoto-afpersing-in-sosiale-media/
Lydenburg rou ná ‘liefdevolle’ tienjarige op sy fiets doodskok
Die gemeenskap van Lydenburg, Mpumalanga, is in rou dompel nadat ’n 10-jarige seuntjie Vrydag doodgeskok het toe hy met sy fiets oor ’n gelaaide kragdraad gery het. Jayden Landsberg het die middag met die vooruitsig van ’n heerlike naweek saam met sy vriende gaan fietsry. Hy het toe onwetend deur ’n plas water gery waarin die draad was. Volgens sy vriende het hulle probeer om hom te red, maar hulle het ook geskok. Jayden is om 17:00 na die hospitaal gehaas, maar dokters kon hom nie red nie. “Die seun was in dieselfde skool (Laerskool Lydenburg) as my seuntjie. Hy was so liefdevol,” het ’n anonieme inwoner aan Huisgenoot gesê. Jayden se ma, Hendrien Landsberg Venter, het oor die naweek haar profielfoto op Facebook verander na een waarop haar blondekopseun breed glimlag. Hendrien het nog nie op Huisgenoot se navrae gereageer nie, maar vriende van die familie deel al sedert Vrydag hul meegevoel met die familie. “My hart breek vir julle! Jul is voortdurend in ons gebede. Geen woorde sal julle troos nie; mag Liewe Jesus julle net styf vashou in hierdie tyd van smart,” lui een boodskap. Volgens die Steelburger, ’n gemeenskapskoerant in die omgewing, het die sekuriteitsmaatskappy wat eerste op die toneel afgekom het die kragkabel intussen gaan toets. Hulle het bevind dat dit wel gelaaid is. Die munispipaliteit het glo kort daarna die elektrisiteitstoevoer by ’n kragboks na aan die toneel gaan afskakel. Hulle het nog nie op Huisgenoot se herhaalde navrae om kommentaar gereageer nie.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/lydenburg-rou-na-liefdevolle-tienjarige-op-sy-fiets-doodskok/
George Michael se begrafnis moet eers wag op toksikologie-verslag
George Michael se begrafnis is glo vertraag omdat die lykskouer nog wag op die resultate van die toksikologietoetse op die sanger se liggaam. Die Careless Whisper-sanger is op Kersdag op 53 jaar by sy huis in Oxfordshire, Engeland dood. ’n Aanvanklike nadoodse ondersoek was “onoortuigend” en toksikologietoetse is te aangevra om vas te stel of dwelms ’n rol in George se dood gespeel het. Die polisie van Thames Valley wag egter nog op die uitslae van hierdie toetse, berig die Britse koerant Daily Mirror. En dit beteken Darren Salter, die senior lykskouer in Oxfordshire, kon tot dusver nie ’n geregtelike doodsondersoek na die Wham!-ster se dood open nie. George se liggaam sal slegs aan sy familie gegee word as alle toetse uitgevoer en ’n volledige geregtelike doodsondersoek voltooi is. Fadi Fawaz, die sanger se aan/af kêrel, het op George se liggaam by sy huis afgekom en twiets wat hy later gedeel het, het daarop gesinspeel dat die sanger dalk sy eie lewe geneem het. Die haarstilis het later volgehou hy was nie vir die twiets verantwoordelik nie en kuberkrakers vir die verspreiding van valse gerugte blameer. George se familielede het daarna ’n verklaring uitgereik waarin hulle mense vra om nie te bespiegel oor die oorsaak van die sanger se dood totdat die lykskouer se verslag uitgereik is nie. “Daar was in die week sedert sy tragiese dood heelwat kommentaar gelewer en bespiegel oor George en die omstandighede rondom sy dood,” het ’n verklaring van sy geliefdes aan BuzzFeed News gelui. “Dis onvermydelik dat daar in die toekoms meer gaan wees. Die familie is verpletter met sy heengaan en wil nie kommentaar lewer op enige bespiegeling, nou of in die toekoms, nie. “Die uitslae van hierdie (toksikologie) toetse sal waarskynlik vir ’n hele paar weke nog onbekend wees. Mnr. Michael se dood word tans nog as onverklaarbaar, maar nie verdag beskou nie.” Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/george-michael-se-begrafnis-moet-eers-wag-op-toksikologie-verslag/
2017-01-06 00:00:00
Spier-moord: Jason Rohde se borgtogvoorwaardes verander
Jason Rohde, voormalige uitvoerende hoof van Lew Geffen Sotheby’s in Suid-Afrika, het Vrydagoggend in die Stellenbosch-landdroshof verskyn op aanklag van moord op sy vrou Susan Rohde. Jason het saam met sy swaer in ’n reënerige Stellenbosch opgedaag. Hy was netjies geklee in ’n donker pak. Sy regspan het ’n rukkie later by hom aangesluit. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek. Rohde se borgtog is verleng en sy borgtogvoorwaardes is aangepas. Lees ook: Spier-moord: Top-10-dinge wat jy oor Jason Rohde se eerste dag in die hof moet weet Die tyd wat hy deur die dag het om by die polisiekantoor aan te meld, is verleng. Wanneer hy in Johannesburg is, moet hy drie keer ’n week – op Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 20:00 – by sy naaste polisiekantoor aanmeld. Wanneer hy buite Johannesburg is, moet hy daagliks by ’n polisiekantoor aanmeld en nie meer twee keer per dag soos tevore nie. Volgens sy prokureur Daniel Witz is dit om Jason meer tyd te gee om saam met sy dogters deur te bring. Susan is verlede jaar dood agter die badkamerdeur van die egpaar se hotelkamer op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch aangetref. ’n Elektriese koord was om haar nek en daar is aanvanklik gedink dat Susan selfdood toegepas het. Jason en Susan het die naweek van Susan se dood Sotheby’s se jaarlikse konferensie by Spier bygewoon. Jason moet weer op 30 Junie in die hof verskyn.
http://www.huisgenoot.com/nuus/spier-moord-jason-rohde-se-borgtogvoorwaardes-verander/
Ontmoet Rudi Claase se roos
“Dit het ’n baie unieke reuk; as wit ’n reuk was, sou dit so geruik het”, sê Charmuchè Pelser, Rudi Claase se bestuurder, oor die roos wat nou hom genoem is. My Rudi Claase roos beskikbaar by Ludwigs Rose A photo posted by Rudi Claase (@rudi_claase) on Jan 7, 2017 at 3:17am PST Nadat Rudi sy musiekvideo Rose vir Jou op die plaas Ludwig Rose opgeneem het, het hulle aangebied om ’n roos ter ere van hom te vernoem. “Dis om hom te vereer omdat hy so ’n uitmuntende liedjieskrywer is”, vertel Charmuchè. “Die terugvoer tot dusver was verskriklik positief, mense bel gereeld om te hoor waar hulle die rose kan kry.” Volgens Halmar Taschner van Ludwig Rose is die roos in groot aanvraag. “Dis baie gewild”, vertel hy. Rudi bevind hom nou in die geledere van Steve Hofmeyr, Bles Bridges en Rina Hugo, na wie die roosplaas ook rose genoem het. Charmuchè sê Rudi het vir homself so agt boompies by sy huis aangeplant en ‘n ruk lank van die rose tydens sy vertonings uitgedeel.
http://www.huisgenoot.com/bekendes/ontmoet-rudi-claase-se-roos/
2017-01-07 11:17:13
Man met 36 Amerikaanse veghonde glo vas sy twee jong seuns is veilig by hulle
Die Amerikaanse veghond het ’n omstrede reputasie. Trouens, 17 lande plaas wetlike beperkings op die aanhou van dié hpnde as troeteldiere en in dele van Engeland en Amerika word die honde heeltemal verbied. Maar Marlon Grennan en sy vrou, Lisa, het 36 van hulle. Die paartjie het twee seuns, Jordan (5) en Jackson (10 maande), iets wat hul kritici behoorlik ontstig. Maar Marlon sê die seuns is heeltemal veilig in die geselskap van sy trop honde, waarvan een (wat heel gepas Hulk heet) glo die grootste Amerikaanse veghond ter wêreld is. Marlon is die eienaar van Dark Dynasty K9s, ’n maatskappy wat veghonde oplei om sekuriteitshonde in die Amerikaanse deelstaat New Hampshire te wees. Hy het dit sy lewenstaak gemaak om te bewys dat dié honde doodveilig is, solank hulle die regte opleiding kry. En dis presies wat hy mense in sy videoreeks probeer bewys. “Ek het besef YouTube bied my ’n platform om mense hierdie honde se saggeaardheid te wys,” sê hy volgens die Daily Star “Ek kry duisend boodskappe per dag van mense wat sê hulle het my video’s gekyk en dit het hul mening oor veghonde heeltemal verander.” “Al wat mense sien, is ons daaglikse lewe en hoe ons in vrede en harmonie leef,” sê hy. “Hierdie honde het net sterk leierskap nodig. My kinders is mal daaroor om tyd saam met die honde deur te bring; ek vertrou hulle volkome.” In Suid-Afrika het die nuus dat ’n driejarige meisie verlede naweek deur haar oupa se hond – na bewering ’n Amerikaanse veghond – verskeur is, heftige reaksie van plaaslike veghond-eienaars ontlok. “Ek het vier veghonde en twee kinders; daar moet tog sekerlik meer in hierdie storie steek,” het ’n YOU-leser,”op Facebook geskryf. “As jou hond reg geteel en grootgemaak is, behoort hulle nooit iemand aan te val nie . . . ” Kon so ’n tragedie voorkom gewees het? Ongeag met watter soort honderas jy te doen het, ouers moet versigtig wees met honde by hul kinders, sê Lucy Breytenbach, ’n dieregedragskenner van Kaapstad en stigter van Just Dogs Behaviour. Lucy sê: “Labradors het byvoorbeeld ’n hoë toleransie om mee gepeuter te word, maar (veiligheid) kan nooit gewaarborg word nie.” Honde word met ’n goeie geaardheid gebore, sê Pam Whyte, ’n “hondefluisteraar” van die Kaap. ’n Kind is veilig as ’n hond se sosiale instink gestimuleer word en die kind as lid van die trop beskou word. Maar as die hond se “nood-senuweestelsel” geaktiveer word deur te veel oefening of deur nie genoeg kilojoules in te kry nie, klop die hond se hart vinniger, sy inhibisies verdwyn en dit lei tot onvanpaste gedrag, sê sy. Bronne: Daily Star, facebook.com/DarkDynastyK9s, Netwerk24
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/man-met-36-amerikaanse-veghonde-glo-vas-sy-twee-jong-seuns-is-veilig-by-hulle/
Pa en ander kind sterf ook nadat tragiese ongeluk ma en 4-jarige dogter eis op N17
Die twee lede van ’n gesin wat Sondag wat ’n tragiese ongeluk op die N17 in Brakpan, oos van Johannesburg, aanvanklik oorleef het, het ook intussen aan hul beserings beswyk. Mom and child killed in N17 #Brakpan collision. pic.twitter.com/AMjVVy0Ve4 — ER24 EMS (Pty) Ltd. (@ER24EMS) January 22, 2017 Nadat ’n ma en haar vierjarige dogter op slag dood is, is die pa en ander kind ook intussen in die hospitaal oorlede. Die bestuurder van ’n Toyota RunX het na bewering beheer oor die motor verloor. Die motor het gerol en teen ’n brugpilaar gebots. Die Brakpan-polisie versoek ooggetuies van ’n motorongeluk waarin ’n gesin Sondag gesterf het, om na vore te kom. Kapt. Pearl van Staad, polisiewoordvoerder, het gevra dat enigeen wat die ongeluk gesien gebeur het, ao. Swarts by die Brakpan-polisiekantoor kontak. ’n Klag van strafbare manslag word ondersoek. Die oorledenes se name sal bekend gemaak word wanneer familielede in kennis gestel is. Bel ao. Swarts by 011 744 4940.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/pa-en-ander-kind-sterf-ook-nadat-tragiese-ongeluk-ma-en-4-jarige-dogter-eis-op-n17/
Suid-Afrikaanse glanspaartjie kondig babanuus aan
Die glanspaartjie Sharlto Copley en Tanit Phoenix gaan ouers word! A photo posted by Tanit Phoenix Copley (@tanitphoenixofficial) on Dec 31, 2016 at 7:30pm PST Tanit het Sondag die goeie nuus met haar Instagram-aanhangers gedeel toe sy ’n foto van haar kaal magie wys. “My eie klein bababoepie,” skryf die 32-jarige skoonheid by die foto. A photo posted by Tanit Phoenix Copley (@tanitphoenixofficial) on Dec 31, 2016 at 9:27pm PST Sy en Sharlto (43), wat veral bekend is vir sy rol as Wikus van der Merwe in die film District 9, het verlede Februarie stil-stil getrou en is al ’n paartjie sedert 2012. A photo posted by Tanit Phoenix Copley (@tanitphoenixofficial) on Oct 26, 2016 at 7:55pm PDT Baie geluk, julle twee!
http://www.huisgenoot.com/bekendes/suid-afrikaanse-glanspaartjie-kondig-babanuus-aan/
2017-01-01 03:30:30
Steve Hofmeyr en sy Janine vier spesiale dag
Die jaar skop omtrent op ’n hoë noot af vir die sanger Steve Hofmeyr en sy vrou, Janine! Die paartjie, wat in Julie hul prinsessie, Romy-Lee, in die wêreld sal verwelkom, vier vandag hul derde huweliksherdenking. ❤❤❤ A photo posted by Janine Hofmeyr (@janinehofmeyr) on Feb 10, 2016 at 4:05am PST Steve en Janine het vandag in 2014 by die eksklusiewe Green Leaves Country Lodge by die Hartbeespoortdam afgehaak. “My droom-engel. Vandag is jy al drie jaar my man. (Dit) voel eintlik baie langer, want jy was nog altyd die liefde van my lewe. En sal altyd wees!!! Ek sien so uit na die jare wat voorlê,” het sy vanoggend op Instagram gekoer. “En veral oor die “Onsie” wat binne my groei. Dankie vir jou liefde, omgee en arms wat my toevou sommer heeltyd. Ek lief jou met my hele hart. So vreeslik baie,” het sy geskryf by kiekies van hulle op onder meer hul troudag. Steve het op sy beurt op Facebook vir Janine geskryf: “Dankie, Janine, dat jy ’n kans gevat het met my, toe die wêreld op ons opgegee het en ek op myself . . . Vandag drie jaar getroud.” Steve het op Kersdag in die sosiale media onthul hy gaan vir die sesde keer pa word. Dis Janine se eersteling. “Ons het so lank probeer, maar dié enetjie lyk my gaan deurdruk. Hou vir ons duim vas. Dankie. Kersfees is GROOT dié jaar! *Romy-Lee*,” het hy by ’n sonarfoto op Instagram geskryf. Ons het so lank probeer, maar die enetjie lyk my gaan deurdruk. Hou vir ons duimvas. Dankie. Kersfees is GROOT die jaar! *Romy-Lee* A photo posted by Steve Hofmeyr (@steve.hofmeyr) on Dec 25, 2016 at 2:58am PST Hy het ook op Facebook die nuus aangekondig. Romy-Lee sal Steve (nou 52) se tweede dogter wees. Sy oudste kind, Charissa Albertyn (28) is ’n Engelsonderwyseres in Korea. Hy het ook vier seuns, Armand (27), ’n sanger, Devon (21), ’n akteur, en Sebastian (15) en Benjamin (13), sy twee seuns uit sy eerste huwelik. Steve kan duidelik nie wag om weer pa te word nie. Hy het vroeër vandeesmaand op Facebook geskryf:
http://www.huisgenoot.com/bekendes/steve-hofmeyr-en-sy-janine-vier-spesiale-dag/
2016-02-10 12:05:16
Vrystaters dans sakkie-sakkie tot op die web - ja, wêreldwyd!
As daar nou een ding behalwe braai is wat Afrikaners met oorgawe kan doen, dan is dit dans! Noem dit wat jy wil – langarm, sokkie, sakkie-sakkie of selfs kotiljons – sodra daar meer as een musieknoot opklink, gebeur die onweerstaanbare: Jou tone begin kriewel, jou heupe kry ’n lewe van hul eie en die salige genot van dans gee jou voete vlerke. Dit was dus hoog tyd dat die buitewêreld ook met hierdie vrolike deel van ons DNS kennis maak. Danksy ’n vlugvoetige danspaartjie van Bloemfontein het verskeie internasionale webtuistes nou ook die bekoring van dié danskuns agtergekom. Terwyl Anna en Dirco van Dancesation in Bloemfontein besig was om te repeteer vir die Volksblad Kos-en-kunsmark, het hulle in alle waarskynlikheid nie besef hóé ver buite die Vrystaatse vlaktes hul rumba-sokkie-sakkie-kotiljons die aandag sou trek nie. “Hulle het ’n eenvoudige en doodgewone roetine vir ’n kunsskou gechoreografeer. Selfs kleedrepetisies het in ’n hipnotiese vertoning ontaard waarin daar van die grasieuse rumba na die verstommende sokkie gevloei is,” het BoredPanda, ’n webtydskrif vir kuns, ontwerp en fotografie, daaroor geskryf. Volgens goodthingsguy.com het die video tot posisie nommer 20 op YouTube se gewildheidslysie geklim (of in hierdie geval gedáns)! Die video is al meer as 83 000 keer gekyk. JacarandaFM is ewe trots op die twee se danspassies en beskryf Anna en Dirco se uitvoering as ’n soort sosiale baldans uniek aan Suid-Afrika. 1. Het jy ook Saterdae in die waenhuis of dalk in die skoolsaal bymekaargekom vir ’n lekker dans?2. Wie onthou dat babapoeier of selfs meel op die vloer gestrooi is om die vloer gladder te maak vir daardie willewragtig-tiekiedraai-oomblikke?3. Destyds kon daar, naas rugbyverskille, ook altyd hewige debat gevoer word oor watter provinsie se langarmdansers dit die beste kon doen.4. Francois Hayes het in 2008 ’n CD getiteld Kotteljons uitgereik.5. Tant Mossie Se Sakkie Sakkie Boere Dans is waarskynlik die eerste liedjie wat in jou kop opduik as jy die woorde sakkie-sakkie hoor.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/vrystaters-dans-sakkie-sakkie-tot-op-die-web-ja-wereldwyd/
Kyk: Bruidegom verloor beheer toe hy sy waggelende bruid sien
In romantiese flieks is dit nie snaaks om die bruidegom te sien beheer verloor oor sy emosies nie, veral nie as die bruid in haar wasige droom van ’n trourok grasieus die pad kansel toe stap nie. Daar’s trane, ’n bewerige glimlag en die oomblik oënskynlik te groot. Maar toe Thomas Gardner van Chicago, Illinois sy bruid Beth vir die eerste keer op hul groot dag sien, het die prentjie heeltemal anders daaruit gesien. Die kans is wel goed dat daar trane was, maar dan sou dit bloot te wyte wees daaraan dat hy byna histeries uitgebars het van die lag toe hy sy waggelende bruid vir die eerste keer gewaar. Vra jouself af – watter bruid sou dit duld dat haar geliefde haar met alles behalwe bewondering en liefde in sy oë sou aanskou? Wel, Beth was nie enigsins daardeur van stryk gebring nie. Inteendeel, sy het mooitjies spreekwoordelik sy voete onder hom uitgeslaan deur al waggelende en struikelende na hom toe te kom in haar verstommende “trourok”: ’n opblaasbare T-Rex-kostuum! Die videograaf van Jon Clark Weddings wat die spulletjie op beeld vasgevang het, John Murray, het dit op YouTube as ’n eerste vir hom ook beskryf. “En ek het al baie goed gesien! Wanneer die bruid jou vertel sy gaan soos ‘n T-Rex aantrek weet jy dit gaan ’n prettige affêre wees. Die beste trouvideo ooit!” Maar hoe het die bruidegom self gevoel toe hy omdraai en die prehistoriese bruid gewaar? “Ek was geheel en al verstom toe ek omdraai en haar sien. Verstom, sê ek jou!!!!!” Gelukkig het hy gou sy spraak herwin, sy bruid uit haar besondere uitrusting losgerits en kort voor lank was dit die ene glimlagte en liefde tussen mnr. en mev. Gardner. Dis duidelik dat die paartjie nie net absoluut gek is oor mekaar nie, maar ook oor ’n goeie skeutjie humor beskik. Hier is die langer weergawe van die twee se dag en hul treffende beloftes aan mekaar. Baie geluk aan die paartjie wat bewys het dat die liefde selfs ’n “trourok” uit die oertyd kan oorwin. Bronne: news.com.au, Facebook.
http://www.huisgenoot.com/nuus/beheer-waggelende-bruid-sien/
Leef in styl en kry tot 50% afslag op uitgesoekte handelsmerke
PROMOSIE Soek jy nuwe klere om die jaar stylvol in te gaan? Doen jou terug-kollege-toe-inkopies by Edgars Active, waar jy van 26 to 31 Januarie tot 50% afslag sal kry op uitgesoekte handelsmerke. Jy sal goed lyk en goed voel wanneer jy die jaar aanpak. Nou kan jy stylvol en gemaklik wees teen ’n prys wat werk met enige student se begroting. Of jy klasdraf, swot in die biblioteek, uithang saam met vriende of uitgaan vir die aand, sal jy die regte uitrusting by Edgars Active kry. Met drie verskillende betaalopsies, sal jy beslis een kry wat jou sak pas. Jy kan kies of jy kontant wil betaal, op krediet wil koop of wil bêrekoop – Edgars Active bederf jou met al die keuses! Like ons op Facebook en volg ons op Instagram. Klik hier om jou naaste Edgars-winkel te vind.
http://www.huisgenoot.com/promosies/leef-in-styl-en-kry-tot-50-afslag-op-uitgesoekte-handelsmerke/
2017-01-30 00:00:00
Ma stort hart oor engelkind wat skaars 3 maande aan hulle ‘geleen’ was
“Ek sou nie wou hê my baba moes die res van sy lewe hoeveel operasies ondergaan en met pyn en lyding sit nie. Die Here het geweet van beter en klein Herman verlos van al hierdie dinge,” skryf Isabella van Niekerk, ’n huisvrou van Meyerton, oor haar baba, wat binne drie maande ná sy geboorte weens ’n hartprobleem oorlede is. ’n Dokter het te laat ontdek hy is met ’n gat in sy hartklep gebore. “In die tydjie dat hy by ons was, het ons nie geweet van sy hartprobleem nie. Die hospitaal het aanvanklik geen toetse gedoen om vas te stel of alles in orde is nie.” Hulle het op 12 Desember – op pa Joe Ridgard, ’n glas-en-aluminiumwerker, se verjaardag – deurgejaag hospitaal toe, toe hulle agterkom iets is nie pluis met baba Herman nie. Hy het onder meer gesukkel om asem te kry. “Tóé eers het ons uitgevind hy het ’n hartprobleem.” Hy is vyf dae later in die hospitaal dood. Daar is verskillende maniere vir ma’s om te rou oor so ’n voortydige afsterwe van ’n baba: ’n gedenktuin, ’n tatoeëermerk van die geboortedatum of, in dié geval, ’n spesiale Facebook-gedenkblad . . . Isabella het ook besluit sy wil ’n boek skryf en self uitgee: Baba Herman . . . Ons klein vegtertjie tot aan die einde. “Dis om my belofte aan my baba na te kom,” vertel sy aan Huisgenoot. “Ek het besluit om hierdie boek te skryf en op te dra aan my geliefde engelkind. Hy is vir ’n baie kort tydjie aan ons geleen. Sy lewe het begin op 19 September 2015 en is geëindig op 17 Desember 2015. “Baba Herman het ons lewe baie verryk en met sy afsterwe is ons lewe uitmekaargeruk. So ook het baba Herman mense regoor die land bymekaargebring deur ’n Facebook-blad wat vir hom oopgemaak is die dag toe hy in die waakeenheid opgeneem is,” sê sy. “My woorde aan elke mamma en pappa wat ’n kind aan die dood moes afstaan en deur ’n moeilike tyd gaan waar hul kind in die hospitaal is met hartprobleme: Julle moet nooit ophou bid en glo nie. Jesus sal julle elke sekonde van die dag deurdra. Jesus het my van dag een af deurgedra en dra my nou nog . . . My baba is oorlede twee dae voor hy drie maande oud sou geword het. Ek kon my baba se afsterwe nie aanvaar nie en het dit moeilik gevind om hom te laat gaan. “Maar vandag kan ek met blydskap sê dat ek berusting daarin gevind het. Jesus het een van sy mooiste blommetjies uit sy tuin gepluk. My baba is nou in Jesus se arms. Gelukkig en sonder enige pyn. Sy hartjie is weer volmaak en gesond. Geen mens op aarde kon my baba genees van sy hartprobleem nie . . . Hier is ’n brief wat Isabella aan Baba Herman geskryf het: Hermantjie, Mamma se liefie. Ek kan nie vir jou sê hoe stukkend ek weer vanoggend is nie. Jou kombers waarin jy die laaste ruk toegedraai was waaraan mamma weer so klou. Ek het jou in die lewe gebring en so lief geword vir jou. Die vashou, elke drukkie, kort-kort ’n soen op jou kop. Ek het jou so toegevou in my liefde. Jy het al my leemtes gevul wat oop was. Jy het my geleer wat geduld is en om al die mooi in die lewe raak te sien. Ek weet jy is aan my en pappa geleen . . . maar soms verstaan ek nog nie waarom jy moes gaan nie. Jy het skaars ’n lewe gehad. My seun, ek kan net aan al die mooi dinge dink wat ons saam gehad het. Toe ek jou liggaam gister so gekoester en vasgehou het, het ek geweet dat dit die laaste vashou was . . . Ooit. My moederhart het gebreek. Jou pragtige gesiggie was so rustig. Mamma is bitter lief vir jou. Ek en pappa het soveel drome vir jou gehad wanneer jy die dag terug huis toe sou kom. Drome vir jou toekoms. My seun, jy is ’n stukkie goud. Jy sal altyd in ons harte wees. Ek vou ons liefde toe in my hand en sal dit elke dag styf vashou. Nooit maar nooit sal ek dit laat gaan. My kind, my liefie, my alles. Mamma gaan jou ontsettend baie mis. Ek gaan sukkel om jou te laat gaan. Ek is lief vir jou met my hele hart. Weet net dít: Ons sal mekaar weer eendag sien. Dan kan mamma en pappa jou weer vashou en liefhê. En dan sal ons vir ewig bymekaar kan wees. Jou mamma. As julle haar boek in die hande wil kry, maak kontak met Isabella van Niekerk by [email protected]
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/ma-stort-hart-oor-engelkind-wat-skaars-3-maande-aan-hulle-geleen-was/
Turkse sanger sê hy’s Adele se pa
’n Turkse musikant het aangebied om DNS-toetse te ondergaan om te bewys hy is die sangeres Adele se biologiese pa. Mehmet Asar beweer het hy ’n vakansieromanse met die sangeres se ma, Penny Adkins, gehad toe sy in 1987 met vakansie in Bodrum was. Mehmet, wat toe ’n taxibestuurder was, beweer hy het kontak met Penny verloor toe sy na Brittanje terugkeer, maar hy is oortuig hy is Adele se pa. “Ek het Bodrum en Pamukkale saam met Penny Adkins en haar vriende vir twee weke getoer,” het Mehmet (52) aan die Turkse media vertel, volgens The Sun. “Ons het toe baie van mekaar gehou. Ons was vir twee weke saam. “Sy het toe haar vakansie verleng en ’n maand later na Engeland teruggekeer. Sy het twee keer na Bodrum gekom en ’n maand lank gebly. Met haar vertrek wou sy hê ek moes saam haar gaan. Maar ek het vir haar gesê ek wou eerder in Bodrum woon as Engeland en dat sy hier kon bly as sy wou. “Sy het teruggekeer na Engeland en ons het ’n paar keer oor die foon gesels, maar dit was destyds moeilik en duur om internasionale oproepe te maak. Ons het daarna kontak verloor. Die tyd wat ons saam was, stem ooreen met die tyd wat Adele gebore is.” Mehmet het verlede jaar ’n bietjie navorsing gedoen en is nou oortuig hy is Adele se regte pa, en nie haar vervreemde pa, Marc Evans, nie. En dit lyk of Adele hom dalk glo – sy het in 2015 in ’n televisie-onderhoud gepraat van haar Turkse en Spaanse wortels, berig The Sun. “Toe ek haar familie opsoek, was ek geskok om uit te vind haar ma was dieselfde vrou saam met wie ek jare gelede was,” het Mehmet onlangs aan ’n Turkse koerant vertel. “Die vrou wat ek liefgehad het, was Adele se ma; sy’t nie verander oor die jare nie. “Ek het gesien toe Adele haar regterhand oplig tydens ’n konsert die derde en vierde vingers is teenaan mekaar . . . en my regterhand se derde en vierde vingres is ook teenaan mekaar as ek dit oplig. En die hoë note wat sy maak as sy sing, is soortgelyk aan myne, wat ook geneties kan wees.” Mehmet hou vol hy het nou met die bewerings uitgekom omdat hy wil hê Adele “moet die feite weet” en sê hy het die sangeres en haar ma na Bodrum genooi. “Hulle kan hier kom vakansie hou en ons kan ontmoet. Ek dink ek is Adele se pa, ek kan dit aanvoel. Ek kan selfs ’n DNS-toets doen as sy dit wil hê.” Adele het nog nooit ’n goeie verhouding gehad met Marc nie. Hy’t Penny verlaat toe die sangeres twee jaar oud was. Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/turkse-sanger-se-hys-adele-se-pa/
Oe, hier kom drama! Nóg ’n terugslag vir Brad en Angie
Die akteurpaar Brad Pitt en Angelina Jolie het in September verlede jaar skokgolwe deur die wêreld gestuur toe hulle aankondig hul paadjies gaan skei. Nou is daar nog slegte nuus vir die Hollywood-paartjie. Hul egskeiding gaan glo in ’n dokumentêre prent vir die kassie omskep word. Ian Halperin (52), die Kanadese skrywer van die boek Brangelina: The Untold Story of Brad Pitt and Angelina Jolie (2009) gaan nou glo intieme besonderhede onthul oor hul egskeiding in sy dokkie. Ons wonder hoe die paartjie oor die jongste verwikkelinge voel, veral omdat hulle onlangs besluit het om eerder die moddergooiery te stop en ’n verenigde front voor te hou vir hul ses kinders se onthalwe. Film Maker Set To Release New Documentary About Brad Pitt And Angelina Jolie’s Relationship https://t.co/EVtPrixXgn pic.twitter.com/l1WLrwbR0H — T.blade beat (@Tbladebeatz) January 26, 2017 Angie (41) het glo dié besluit gemaak nadat Brad (53) staande toegejuig is toe hy onlangs by die Golden Globes-toekennings op die verhoog ’n verskyning gemaak het. “Baie geheime gaan uitkom (in die dokkie),” verklap ’n bron. “Die grootste skok sal sy bewering wees dat hulle vir meer as ’n jaar al vervreem was voor hulle uitmekaar is,” vertel die ingeligte. “Ian en sy span het ook beeldmateriaal en onderhoude met Brad en Angelina gekry wat nog nooit gesien is nie.” Die fliek gaan Broken: The Incredible Story of Brangelina heet. Brad Pitt and Angelina Jolie documentary set to 'reveal reasons behind their divorce' https://t.co/D2dV8qQW7K pic.twitter.com/1EQF3FHAkN — Daily Mail Celebrity (@DailyMailCeleb) January 26, 2017 “Dit is die laaste ding wat hulle nodig het,” vertel ’n bron, veral omdat dinge nou so goed gaan vir Brad. Dié is bly dat hy die afgelope paar weke meer tyd met hul kinders, Maddox (15), Pax (13), Zahara (12), Shiloh (10) en die agtjarige tweeling Knox en Vivienne, kon deurbring. “Dit lyk of hy ’n positiewer uitkyk het. Dit gaan nou baie beter. Hy kan tyd met hulle deurbring,” vertel ’n bron oor die Fury-ster. “Hy lyk baie gelukkiger. Hy het sy kinders baie gemis. Die kinders is sy hele wêreld. Dis al waaroor hy omgee.” Brad is die afgelope paar weke weer gereeld deur bure gewaar op die landgoed in Los Feliz, Los Angeles, waar hy voorheen met sy gesin gewoon het. Hy het aanvanklik uitgetrek nadat hulle aangekondig het hulle gaan skei. Hy maak glo nou die landgoed so kindervriendelik as moontlik sodat hy gedeelde toesig oor sy kroos kan kry. Hy het glo sover twee groot trampoliens, ’n groot speelgrond en 50m skaatspark vir sy oudste seuns opgerig. “Hy doen alles wat hy kan om te probeer baklei vir sy kinders.” Angelina is ook besig om weer stadig die kollig te betree na haar skok-aankondiging oor hul egskeiding. Die beeldskone Hollywood-ster is onlangs aangewys as die nuwe gesig van die Franse skoonheidshuis Guerlain se nuwe parfuum, Mon Guerlain. Sy gaan boonop haar salaris vir dié projek net so aan liefdadigheid skenk. Die Jolie-Pitts is nie al glansmense in Ian se visier nie. Die Jacksons beter hulle ook staal vir ’n dokkie. Ian gaan glo ook sy ander topverkoper-boek Unmasked, oor die wyle koning van pop Michael Jackson, ook omskep in ’n fliek. Dis getiteld Gone Too Soon. Bronne: thesun.co.uk, missoulian.com, eonline.com
http://www.huisgenoot.com/bekendes/oe-hier-kom-drama-nog-n-terugslag-vir-brad-en-angie/
KYK: Winkeldief op heterdaad betrap terwyl sy produkte in haar onderklere versteek
Kyk nou net. ’n Goeie paar bloomers kan deesdae ingespan word om ’n misdaad te pleeg! ’n Nuwe video van drie vroue wat uitgevang word terwyl hulle doodluiters winkelprodukte in hul onderklere en handsakke versteek, het sedert die naweek soos ’n veldbrand aanlyn versprei. Dit is nie duidelik waar die voorval plaasgevind het en of die polisie dié vindingryke diewe al aangekeer het nie. In die video, wat ook deur die gemeenskapskoerant Rekord gedeel is, kan gesien word hoe die vroue by ’n winkelrak staan. Die een lig haar rok op en begin links en regs produkte in haar onderklere versteek. Sy kry dit reg om vyf produkte in haar broekie te versteek, party voor en party agter. Die ander vrou prop intussen haar handsak vol produkte. Die derde vrou versteek ook produkte onder haar klere. Dié wilde video is al meer as 27 800 keer gekyk.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-winkeldief-op-heterdaad-betrap-terwyl-sy-produkte-in-haar-onderklere-versteek/
VIDEO: Tiere verskeur toeris nadat hy hul kamp betree
’n Man is dood nadat hy deur tiere aangeval is toe hy hul kamp by ’n dieretuin in die Ooste van China betree het. Die man het glo die afgelope Sondag bo-oor die tiere se kamp se heining geklim en na die tiere geloop, wat besig was om te eet. Die voorval het by die Ningbo Youngor-dieretuin in die Zhejiang-distrik van China plaasgevind. Die groep tiere het die man aangeval, waarna een tier hom weggesleep het. Hy is onder meer in sy nek en kop gebyt. “Ek het gesien hoe die tier die man aanval. Sy gesig was toe onder die bloed. Elke keer wat hy regop gesit het, het die tier hom weer grond toe gedruk,” het ’n ooggetuie aan die South China Morning Post gesê. Tot dusver is die man net bekend aan sy van, Zhang. Hy is hospitaal toe gejaag, maar het nie die aanval oorleef nie. Hy was volgens berigte saam met sy vrou, twee jong kinders en ‘n vriend by die dieretuin, maar dit is nie bekend of sy gesin en vriend die aanval aanskou het nie. Bewaarders het die tiere met klappers probeer verjaag en volgens berigte later een van die tiere geskiet. WAARSKUWING: Hierdie video bevat beeldmateriaal wat sensitiewe kykers kan ontstel. Bronne: Metro UK, Telegraph, South China Morning Post.
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/video-tiere-verskeur-toeris-nadat-hy-hul-kamp-betree/
Hoe minder sout, hoe langer jou lewe meen kenners
Blykbaar het mense in die laaste jare van sout vergeet met dié dat so baie aandag aan ons inname van suiker en vet bestee word. Maar onthou: Te veel sout kan jou gesondheid knou. In nuwe navorsing is bevind as jy net 200 mg (gelykstaande aan ’n klein pakkie aartappelskyfies) minder per dag inkry, kan dit die risiko vir ’n dodelike hartsiekte verminder. Navorsers onder leiding van die Tufts-universiteit in Boston, Massachusetts, reken Amerika kan jaarliks tot R43,5 biljoen aan gesondheidsorgkoste bespaar as alle Amerikaners hul sout-inname met 400 mg per dag verminder. Na raming neem hulle tans sowat twee keer soveel sout in as die voorgestelde daaglikse inname van 2 000 mg. Te veel sout kan tot ’n magdom hartprobleme lei asook nierversaking en beroerte. Die span, wat uit Amerikaanse sowel as Britse navorsers bestaan het, het ondersoek ingestel na die doeltreffendheid van wetgewing in 183 lande wat sout-inname oor 10 jaar met 10 persent verminder het. Daarna het hulle geraam hoeveel verlore lewensjare weens swak gesondheid gered sou kon word deur ’n beleid van verminderde sout-inname tussen 2011 en 2020. Hul gevolgtrekking was dat ’n vermindering in die sout-inname van 10 persent in dié tydperk sowat 5,8 miljoen verlore lewensjare weens swak gesondheid sou kon red omdat die aantal mense wat aan hartsiektes ly, drasties verminder sou kon word. Hulle het toe ook bereken hoeveel geld bespaar sou kon word danksy verminderde sout-inname. Hul gevolgtrekking was 1,13 internasionale dollar (’n hipotetiese geldeenheid waarvan die koopkrag wêreld dieselfde is) per persoon. “Ons weet te oormatige soutgebruik lei tot honderdduisende sterftes jaarliks weens hartsiektes,” sê Dariush Mozaffarian, hoofskrywer van die studie. “Die triljoendollarvraag is hoe ons mense se sout-inname kan verminder en hoeveel so ’n poging sal kos. Ons bevindings, tesame met vorige studies in bepaalde lande, bied bewyse dat ’n regeringsbeleid oor die vermindering van natrium-inname hoogs doeltreffend is en aansienlik beter werk as selfs hoogs kostedoeltreffende mediese voorkomingsmaatreëls.” Die bevindings is gepubliseer in die vaktydskrif BMJ. © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/hoe-minder-sout-hoe-langer-jou-lewe-meen-kenners/
Goeie nuus: TV-liefling is glo swanger!
Die aktrise, Laura Prepon, ook bekend as Alex Vause van Orange is the New Black, is, na berig word, swanger. Bronne het aan die tydskrif People vertel die 36-jarige aktrise en haar verloofde, Ben Foster (ook 36), verwag hul eersteling. Pregnant Laura Prepon Steps Out with Baby Bump at Sundance Film Festival https://t.co/pvS97LiH3S #babies #tv — Sekinat (@Sekinatlawal081) January 24, 2017 Die twee is sedert verlede jaar ’n paartjie en Ben het in Oktober die groot vraag gevra. Die paartjie vier die nuus van hul baba by die Sundance-rolprentfees in Utah, waar Laura haar nuwe rolprent, The Hero, bekendstel. Die nuus oor hul baba was amper so ’n groot skok soos hul verlowing – Laura het in Oktober verlede jaar by die première van The Girl on the Train in New York opgedaag met ’n nuwe ring aan haar vinger en met haar verloofde gedweep. Die aktrise het onlangs erken hul program is so bedrywig dat dit vir haar moeilik is om haar troue te beplan: “Hy is op pad om aan twee rolprente te werk,” het sy aan E! News vertel. “Dit is net, jy weet, beplanning. Dis kwaai.” Laura het ook probleme met haar gastelys, want sy wil van haar groot dag ’n intieme geleentheid maak. “Ons wil net ’n baie klein troue hê, maar daar is so baie mense vir wie ons liefhet en omgee,” het sy vertel. 8 more days!!! So excited for Season 4 of #OITNB! pic.twitter.com/spQhO07f1F — Laura Prepon (@LauraPrepon) June 9, 2016 “Dis vreemd. Die opstel van jou gastelys vir die troue is skynbaar ’n hele affêre wat nogal ’n klompie probleme kan veroorsaak. Die rolverdeling van Orange is the New Black alleen sluit seker 50 mense in.” Maar vir die oomblik geniet Laura haar verlowing: “Ek’s gelukkig . . . Hy’s die liefde van my lewe.” Ben het sy verlowing met Robin Wright, Sean Penn se eksvrou, in 2015 ’n tweede keer beëindig. Hulle het in 2012 begin uitgaan en hy het in Desember 2013 die jawoord gevra, maar hulle is byna ’n jaar later uitmekaar. Hulle het toe nog ’n slag herenig, maar in 2015 het hul paaie geskei. Hy is ook verlede jaar romanties verbind met Karen Elson, eksvrou van die rocker Jack White. Laura het voorheen met Christopher Masterson, die broer van Danny Masterson, haar medester in That 70’s Show, uitgegaan, asook met die akteur Scott Michael Foster. – Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/goeie-nuus-tv-liefling-is-glo-swanger/
Maak so as die matriekuitslae teleurstel
Dis nie meer lank voor die uitslae van die 2016-matriekeindeksamen bekendgemaak word nie. ’n Opvoedkundekenner sê egter ouers en versorgers moet hulle nou al voorberei om leerders te kan ondersteun wat nie na verwagting presteer het nie. Nola Payne is die fakulteitshoof by die Onafhanklike Instituut van Opvoeding, die grootste verskaffer van privaat hoër opvoeding in die land. Sy maan die wyse waarop volwassenes die volgende paar weke bestuur en reageer wanneer die uitslae bekendgemaak word, kan ’n beduidende uitwerking hê op hoe matrikulante teleurstelling verwerk. “Die Desember-vakansie sal ’n bittersoet een wees vir die gesin van die matrieks wat weet hul uitslae sal waarskynlik nie aan verwagtinge voldoen nie – óf omdat die leerder nie so goed gevaar het nie óf omdat hul prestasie dalk nie goed genoeg was om toegang te kry tot studie vir ’n gesogte kwalifikasie nie,” sê Nola. Lees ook: Matrieks se bittere eindeksamenstryd word met ’n tikkie humor opgekikker “Jy kan nou al begin werk aan maniere om die teleurstelling te oorkom,” sê sy. “Hoe nader die datum kom waarop die uitslae bekendgemaak word, hoe hoër sal die spanningsvlakke word. Dit kan hoër vlakke van woede en aggressie insluit as deel van ’n leerder se verdedigingsmeganisme teen die verwagte reaksie van ouers,” sê sy. “Dink oor wat tot die gedrag kan aanleiding gee en vra byvoorbeeld: ‘Jy lyk baie gespanne; wil jy daaroor gesels?’” Ander simptome soos depressie, sosiale onttrekking of gesondheidsprobleme soos hoofpyn kan toeneem, sê Nola. “Verantwoordelike volwassenes word aangemoedig om reguit vrae te stel, soos wanneer, waar en hoe die jong mens tot hul resultate sal toegang kry. Bou jou planne om dié van die matrikulant. Deel jou eie gevoelens van angs en normaliseer dit deur byvoorbeeld te sê: ‘Ek voel ook gespanne oor jou uitslae, maar, onthou, ons kan dit saam uitpluis en dit van daar vat.’ Herbevestig jou onvoorwaardelike aanvaarding.” Lees ook: Uitblinkermatrieks gee hul topwenke vir ’n suksesvolle eksamen Dit is belangrik dat ouers en versorgers op so ’n manier oor verskillende moontlikhede begin praat dat die leerder verstaan “swak” uitslae is nie die einde van die wêreld nie. “Berei jouself voor met inligting oor wat die ander opsies kan wees. Dis ’n moeilike situasie; dit kan ontmoedigend wees om te voel jou gesin het moed opgegee met jou, maar die uitslae kan ook beter wees as wat verwag is. Alles gaan oor balans. “As jou kind ure ná die bekendmaking nog nie die uitslae met jou gedeel het nie, moet jy vra. Die gesin kan die situasie net bestuur as die inligting bekend is. As daar ’n woedende reaksie is, reageer met empatie en laat die bui bedaar voor jy weer vra.” Nola sê ouers moet let op hierdie praktiese wenke om spanning oor uitslae te bowe te kom: Vind uit of die kind hul uitslae voor jou wil sien en of hulle tevrede is om die ervaring met jou te deel. Herinner hulle die uitslae definieer nie wie hulle is nie en beklemtoon hul goeie eienskappe. Hulle het die versekering nodig dat jou liefde onvoorwaardelik is. Begin bespreek hul keuses vir verdere studie of die lewe ná skool. Berei die leerder op die dag voor:
http://www.huisgenoot.com/matriek-2016/maak-so-as-die-matriekuitslae-teleurstel/
Bekende sanger se liefdesbootjie sink
Die One Direction-sanger Louis Tomlinson en die aktrise Danielle Campbell het glo ná 14 maande saam uitgemaak. Die paartjie het in November 2015 begin uitgaan, maar hul paadjies het glo geskei ná ’n moeilike paar maande vir Louis, waartydens hy sy ma, Johannah, in Desember ná ’n stryd teen kanker aan die dood moes afstaan. Maar die twee is luidens berigte op vriendskaplike wyse uitmekaar en kom nog goed oor die weg. “Louis en Danielle het besluit om uit te maak, maar hulle gaan nog vriende wees,” het ’n bron aan die Britse koerant The Sun vertel. “Hulle praat nog met mekaar en daar is geen kwade gevoelens nie.” Danielle is kort ná Johannah se dood op 43 opgemerk waar sy ’n hotel in Londen saam met Louis verlaat. Die laaste keer dat sy op haar Instagram-blad na die sanger verwys het, was op Oukersaand – dieselfde dag dat Louis 25 geword het. Toe het sy ’n ou kiekie van hulle gedeel en daarby geskryf: “Lekker verjaar, my lief.” Sy het die afgelope drie weke niks op Instagram gedeel nie. Ten spyte daarvan dat die twee enkele weke ná Johannah se dood uitgemaak het, sê die bron Danielle het Louis bygestaan terwyl hy oor sy ma rou. “Dis baie hartseer, want Danielle het Louis deur die aaklige tyd bygestaan. Sy’t getrou gebly en volgehou om ondersteunend te wees, en dis presies wat hy nodig het. Soms werk dinge nie uit nie en (om uit te maak) was vir Louis en Danielle die beste oplossing.” Louis se aandag word intussen van sy verbrokkelde verhouding afgelei deur promosiepligte in Amerika vir sy liedjie Just Hold On saam met Steve Aoki. Louis se verteenwoordigers het nog nie kommentaar gelewer op die bewerings dat hy en Danielle uitgemaak het nie. – Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/bekende-sanger-se-liefdesbootjie-sink/
Nuuskommentaar: Media in die loopgraaf
Daar is ’n verskuiwing van mediavoorkeure onder lesers en luisteraars. Beteken dit dat die gedrukte media sonder meer voor die kuberruim gaan swig, en sou so iets wenslik wees? Herman Toerien neem ’n paar aspekte onder die loep. Oor die belangrikheid van die media, en in besonder die pers, bestaan geen twyfel nie. Die pers is al immers dikwels as die vierde, weliswaar nie-amptelike been van die demokrasie beskryf. Tog moet die media self, of mediakundiges, dikwels self die belangrikheid onderstreep. So was daar onlangs ’n artikel van prof. Johannes Froneman, mediakundige van die Potchefstroomse kampus van die NWU, getiteld, “Dié joernalistiek bly onontbeerlik.” Omtrent dieselfde tyd skryf die bekende dr. Leopold Scholtz ’n artikel onder die titel, “Moenie die media afskryf.” In ’n snel-veranderende wêreld bly ou, gevestigde praktyke gereeld in die slag. In minder as een geslag het slakkepos so te sê uitgedien geraak. Hoeveel poskaarte verwag u vanjaar? (of liewer iewers deur die loop van volgende jaar omdat die Poskantoor se aflewering nie altyd waffers vinnig is nie), en hoeveel poskaarte stuur u uit? Of stuur u liefs die Kersboodskappe met die selfoon uit? Selfs die telefoon moes grootliks vir die selfoon plek maak. ’n Nuwe geslag word groot sonder die geringste verwagting om eendag ’n gewone telefoon in die huis te hê. Hierdie omvattende ontwikkelings sal noodwendig na die mediawêreld deursuiker. Anders as met die slakkepos en vastelyn-telefoon is die weerstand nie hoofsaaklik veral bejaardes met ’n weerstandigheid om nuwe tegnologie baas te raak nie. Baie van diegene wat vir die behoud van gedrukte koerante pleit, is self ysters in kuberruim, en wend ook die kuberruim aan om voorbrand te maak vir die behoud van gedrukte koerante. Een van die belangrikste aspekte van ’n groot koerantgroep is dat dit gewoonlik oor ’n baie sterk span beskik wat na die suiwerheid en kwaliteit van taalgebruik beskik. Daar is behoorlike gevestigde tradisies van korporatiewe geheue wat aan nuwe geslag joernalis tot volgende geslag van joernalis oorgedra word. So word voorkom dat allerlei taalgoggas aan boord sluip, en die lesers kry ’n behoorlike blootstelling aan baie goeie Afrikaans. Ongelukkig bring vernuwing en besparings nie altyd verbeterings nie, en die vreemdste goggas slaan soms soos masels uit. Ons lees nou gereeld iemand het ’n operasie gekry of ontvang, ons lees van seksies en afdelings in wette in plaas van artikels. Mense word links en regs “verban” terwyl hulle eintlik net geskors is of uitgeskop is. Pres. Jacob Zuma is glo lief om eertydse bondgenote “onder die bus in te gooi” in plaas van om hulle vir die wolwe te gooi. Verwarring oor numeriese terme kan groot verskille maak, soos om die Amerikaanse “billion” met ’n biljoen, in plaas van miljard te vertaal. Dit is maar enkele voorbeelde van uitrafeling. Beeld se sportredakteur, Gert van der Westhuizen, het pas in ’n rubriek, Afrikaners vermoor hul eie taal, erg uitgepak oor taalgoggas wat aan boord gesluip het. By die oorgrote meerderheid lesers sou die voorbeelde wat hy noem ongesiens verbygesluip het. Die media, en in besonder die gedrukte media, se rol strek egter veel verder as hierdie gemeenskapsdiens. Dit moet as waghond dien teen owerheidsvergrype. ’n Mens kan ’n lang lys sake maak wat aan die lig gekom het na die media dit aan die groot klok gehang het, waaronder Nkandla. ’n Openbare uitsaaier sal nie maklik politiek-sensitiewe vergrype kan oopkrap nie, en as dit politiek gekaap is, ook nie die wil daartoe hê nie. Op hierdie terrein is politieke korrektheid dikwels die gedrukte koerant se grootste vyand. In die moderne bemarkingsomgewing speel ’n mediamengsel ’n belangrike rol. Op wetenskaplike gronde word bepaal hoeveel persent van ’n bemarkingsbegroting aan die gedrukte media spandeer, hoeveel aan die radio, en hoeveel aan die TV. Selfs brosjures en pamflette word dikwels saam met koerante versprei (teen ’n koste) omdat die assosiasie-effek ’n groot invloed het. Die gedrukte koerant het dus (nog) baie positiewe stoom ook, en sal nie so vinnig uitgedien raak soos ander tegnologiese wonders van gister en eergister nie. Maar dan moet dit ondersteun word. Maar … koerantbase moet ook besef die oorlewigsdraad is dun, en dat koerante nie kan bekostig om in ’n oorlog met sy lesers betrokke te raak nie. Die era wat ’n redakteur in ’n hoofartikel kan skryf dat die openbare diskoers oor aborsies iets van die verlede is (terwyl dit in byvoorbeeld die VSA juis toeneem), en dus verder nuus hieroor verswyg, is verby. ’n Redakteur kan ook nie sy persoonlike klein byltjies slyp nie. Lokvaljoernalistiek van gerespekteerdes laat ’n swak smaak. Te veel bydraes van loskop-rubriekskrywers veroorsaak lesersweerstand. Gelukkig is Suid-Afrika se Afrikaanse koerante nou op die regte koers, en verdien ondersteuning. Maar sou die gedrukte koerant ondergaan – wat is die alternatief? Dit word dikwels gestel dat die mag van die sosiale media onderskat word, soos met die Amerikaanse presidentsverkiesing. Die breë sosiale media kan egter nie so maklik onderskei tussen werklike nuus, en opperste wolhaarstorie nie. ’n Goeie joernalis of nuuspraktisyn, is immers opgelei en gekonfyt in die omgaan van inligting. Nuusplatfoms in die kuberruim is waarskynlik nou die naaste wat ’n mens kan kom aan ’n futuristiese koerantidee. Met ’n tablet is dit net so “draagbaar” soos ’n koerant, en met nuus op die selfoon, selfs meer. Anders as die koerant word dit deurlopend opgedateer. Dit kan self uitsendings doen, soos klankgrepe, en ook video-insetsels plaas. Nuutgeplaasde nuus is net so dadelik aan ’n Afrikaanse leser in Nieu-Seeland as in die VSA beskikbaar. Daar is egter ongelukkig diegene wat tegnologies opsien teen die nuwe moontlikhede. En groot korporatiewe adverteerders moet dikwels nog oortuig word dat hierdie nuusplatvorms ’n doeltreffende manier is, en ’n beduidende aandeel van ’n mediamengsel verdien. Die lesersgetalle kan immers bewys word.
https://www.kwevoel.co.za/2017/01/27/nuuskommentaar-media-die-loopgraaf/
2017-01-27 17:11:15
Nuwe personeel by HFM
HFM verwelkom hul nuwe personeellede wat vanaf Januarie 2017 by hulle aangesluit het. Me Dalene Jacobs in die administratiewe afdeling en mnr Hendrik Buys wat hierdie jaar wiskunde en geskiedenis as vakke gaan aanbied. Related
https://www.kwevoel.co.za/2017/01/12/nuwe-personeel-hfm/
2017-01-12 10:18:06
‘n Sukkelende Suid-Afrika onder die top-10 wêreld-risiko’s
Deur Matthew le Cordeur Volgens ‘n verslag wat Dinsdag 3 Januarie in Times magazine gepubliseer is, tel Suid-Afrika onder die top-10 risiko’s vir die wêreld vir 2017 onder die opskrif “struggling South Africa”. “Die hoogs onpopulêre President Jacob Zuma, omring deur vermeende korrupsie aanklagte, is bang om die mag na iemand wat hy nie vertrou nie oor te plaas”, aldus die verslag van die Amerikaanse politieke-wetenskapkenner, Ian Bremmer. “Die binnegeveg oor ‘n opvolger het tot gevolg dat alle noodsaaklike momentum vir ekonomiese hervorming in die land en Suid-Afrika se vermoë om leierskap te bied om konflikte in naburige lande te stabiliseer, beperk word.” Die land se Bruto Binnelandse Produk weerspieël ‘n kommerwekkende 0,5% groei in 2016, ver onder die 5% groei soos vereis in die Nasionale Ontwikkelings Plan om 11 miljoen werksgeleenthede teen 2030 te skep. Die gebrek aan groei gaan geen bydrae lewer om die groeiende werkloosheidsyfers, wat sosiale onstabiliteit en die groeiende gaping tussen ongelykhede verder aanjaag, te stuit nie. Werkloosheidsyfers het ‘n dertien jaar hoogtepunt gedurende November 2016, met 27,1% groei gedurende die derde kwartaal van 2016, bereik. Dit sal sake vir Suid-Afrika net versleg met die moontlikheid van dompeling tot rommelstatus wat gedurende 2017 bewaarheid kan word met waarskuwings van “politieke geraas” sodra die graderings agentskappe Standard & Poors, Moody’s en Finch die land se status verder af gradeer waar dit geen buitelandse beleggers sal lok nie, waarsku ontleders. Hierdie “geraas” fokus op Zuma, wat steeds 783 klagtes van bedrog, afpersing en korrupsie in die gesig staar. Zuma het ‘n beroep deur die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee om uit te tree vanweë sy verhouding met die Gupta familie wat al hoe meer na vore tree, oorleef. Sy termyn as ANC President eindig in 2017 en as staatspresident in 2019. Sakeleiers sal al hoe meer van Minister Pravin Gordhan as Minister van Finansies verwag om besteding hok te slaan en maniere te vind om die graderings agentskappe te oortuig dat Suid-Afrika steeds oop is vir beleggers om hul geld hier te belê. Daarby betree suid-Afrika ook ‘n jaar waar die 9,6GW kernkragsentrales ooreenkoms die verhoog gaan deel met die ANC opvolgingstryd. Indien Gordhan en die Nasionale Tesourie daarin slaag om die kernkrag ooreenkoms te blokkeer, staar hy dieselfde lot as Nhlanhla Nene, wat in Desember 2015 as minister van finansies summier afgedank is, in die gesig. Dit sal beslis die markte onrustig maak, veral indien sy opvolger hierdie graderings-onvriendelike ooreenkoms deurvoer. “Geen debat is nodig dat vanjaar onthou sal word as een van die meeste gebeurlikhede in die 22-jaar-oue demokrasie nie.” Die rand eenheid staar ook ‘n rowwe rit in die gesig wat verder deur die Time se ander top 10 risiko’s geaffekteer sal word. – News24 Bron: http://www.fin24.com/Economy/sa-one-of-top-10-risks-to-the-world-in-2017-time-20170104
https://www.kwevoel.co.za/2017/01/05/n-sukkelende-suid-afrika-onder-die-top-10-wereld-risikos/
2017-01-05 18:55:44
Ramaphosa se heuningkwas beïndruk nie voormalige SA super entrepreneur
Gedurende ‘n inligtingsessie verlede week in Davos waar die Wêreld Ekonomiese Forum vergader het, het Cyril Ramaphosa, Adjunk President van Suid-Afrika, ‘n helde verwysing gemaak na die Suid-Afrikaans gebore entrepreneur, Elon Musk van Paypal-faam wat die wêreld sy eerste produksie elektriese motorvoertuig, die Tesla gegee het en super entrepreneur van SpaceX, die eerste privaat ruimtevaart firma wat op ‘n kommersiële basis herwinbare vuurpyle vir die ruimte- industrie lanseer. Musk, ‘n oud leerling van Boys High in Pretoria, het pas nadat hy sy matriek voltooi het, na Amerika verhuis, homself in Calefornië gevestig en daar sy heil gevind waar hy jong ingenieurs uit die “Silikon Vallei” betrek en deel van sy drome gemaak het. Ramaphosa het tydens sy toespraak geskimp dat die Suid-Afrikaanse regering hierdie super entrepreneur se genialiteit by Suid-Afrika moet betrek. ‘n Skimp wat geen trefkrag het nie aangesien die Suid-Afrikaanse regering nie in die opbouing van tegnologie en vaardighede belê nie. Musk is egter deur die VSA se nuwe president, Donald Trump, betrek en is reeds aangestel in een van die president se raadgewende spesialisgroepe. Alhoewel Musk hom voor die verkiesing teen Trump se kandidatuur uitgespreek het en as groot kampvegter teen aardverhitting, sy stem daarteen dik maak, het hierdie nuwe skuif die wind uit joernaliste se seile geneem aangesien Trump en baie van sy ondersteuners aardverhitting as ‘n foefie sien. Net so het Musk se steun vir die nuut aangestelde Staatsekretaris, Rex Tillerson, wenkbroue laat lig. Die feit is egter dat Musk se vennoot in die totstandkoming van Paypal, Peter Thiel, reeds lank voor Trump se verkiesing as president, noue bande met Trump gehad het. Tillerson is ‘n man van woord en daad en daar is geen rede dat Musk hom nie hoef te steun nie. Net soos Musk die motor, ruimte en songedrewe industrieë op hul koppe gedraai het, is Trump besig om die politieke arena te ontwrig. Dit voeg meer waarde tot hul eiesoortige benaderings as wat hul verskille mag impliseer. Om werkverskaffing in die VSA se vervaardigingsektor te skep was ‘n fokuspunt regdeur Trump se verkiesingsveldtog. Ekonome in Wall Street was skepties hieroor aangesien tegnologiese vordering baie van hierdie tipe poste oorbodig gemaak het, tog is daar diegene wat glo dat Tesla voordele vir Musk inhou indien hy Trump sou help. Die skepping van hoë tegnologiese vervaardigings poste in die VSA geniet hoë prioriteit by die regerings-administrasie ten opsigte van werkskepping en daar word geglo dat Elon Musk oor doelwitte beskik om dit te bereik wat reg in lyn met Trump se administrasie sal wees. Tesla se aandele prys het oorspronklik na Trump se onverwagte oorwinning in November geval, maar het weer begin styg soos die vrese oor hoe nuwe skoon energie-maatreëls die omgewings-fokus van die maatskappy mag affekteer, vervaag het. Ons lewe in ‘n komplekse wêreld met komplekse persoonlikhede wat nie noodwendig in die vakkies pas waarin die media hulle sou wou plaas nie. (Bron: Alec Hogg – BuzNews.com en Bloomberg)
https://www.kwevoel.co.za/2017/01/27/ramaphosa-se-heuningkwas-beindruk-nie-voormalige-sa-super-entrepreneur/
2017-01-27 17:10:46
Eskom mag munisipaliteite se krag afsny
Die Hoë Hof in Noord Kaap het die staatsgedrewe kragvoorsiener, Eskom, die reg verleen om tien wanbetalende munisipaliteite wat versuim het om miljarde rand vir elektrisiteit aan Eskom oor te betaal, se kragtoevoer af te sny. Eskom is die reg toegestaan om met hulle debiteure af te reken nadat die Hoë Hof AfriForum se hof interdik om Eskom te verhoed om dit te doen van die hand gewys het. AfriForum het verlede jaar ‘n dringende interdik aansoek in die Hoë Hof in Pretoria ingedien om Eskom te stop om die kragtoevoer na vyf van die munisipaliteite wat geld aan Eskom skuld se kragtoevoer af te sny. Hierdie interdik aansoek volg op die aankondiging van Eskom oor sy voorneme om die invordering van die inkomste van kraglewering aan munisipaliteite wat geld aan hom skuld, oor te neem. Eskom se groep uitvoerende beampte belas met kliëntediens, Yanda Noah, het destyds bekend gemaak dat uitstaande munisipale elektrisiteitsrekenings aan die einde van Maart sowat R6 miljard beloop het en dat hulle besig is om met 42 munisipaliteite hieroor te onderhandel. AfriForum het egter in ‘n geswore verklaring aangevoer dat Eskom, deur die aksie om kraglewering te sny, wetsgehoorsame burgers wat wel hul rekenings betaal, sou straf. Hulle het ook aangevoer dat Eskom oor ander meganismes beskik om die geld aan hule verskuldig in te vorder. Ongeag dit het die hof AfriForum se aansoek met koste verwerp deurdat die munisipaliteite verantwoordelik gehou moet word vir die uitstaande bedrae, ook dat die reg van die verbruikers nie Eskom se reg om wettiglik hulle skuld in te vorder, oorskadu nie. Die saak gaan voort aangesien AfriForum hul voorneme wys om die afsny van krag verder te beveg. Tot dan het Eskom die groen lig gekry om voort te gaan om dienslewering te staak aan die munisipaliteite wat hulle geld skuld. Die staking van elektriese kragvoorsiening sou gister (5 Januarie 2017) begin, maar uitstel is aan die munisipaliteite in die Vrystaat en Noord Wes Provinsies verleen tot 16 Januarie om hul kragrekenings te betaal voordat die krag afgesny sal word. Die sewe munisipaliteite wat in die Vrystaat geaffekteer word is Tokologo, Nketoana, Nala, Mantsopa, Masilonyana, Dihlabeng and Moqhaka. Die drie munisipaliteite in die Noord Wes Provinsie wat hierdeur geraak word is Naledi, Mamusa and Ventersdorp. Bron: http://buzzsouthafrica.com/court-permits-eskom-to-disconnect-municipalities-owing-it/
https://www.kwevoel.co.za/2017/01/06/eskom-mag-munisipaliteite-se-krag-afsny/
2017-01-06 05:10:41
R8 miljard vermors op nuttelose Chinese loko’s
Foto Bo: Die eerste twee 232 Class 45 diesel-lokomotiewe word aan Transnet deur CRRC se Vise-President Sun Yongcai, in Durban oorhandig. (Foto: Railway Gazette) Transnet is besig om vure dood te slaan aangaande ‘n kontrak van sowat R8 miljard vir nuwe Chinees-vervaardigde diesel-elektriese lokomotiewe met eenhede wat erge tegniese probleme ondervind sedert hulle afgelewer is. Transnet het in 2014, onder Brian Molefe as Hoofbestuurder, die grootste bestelling vir lokomotief-eenhede in die geskiedenis van Suid-Afrika geplaas toe ‘n tender van R50 miljard aan vier internasionale vervaardigers toegestaan is vir die lewering van 1 064 nuwe lokomotiewe. Molefe se naam is nou gereeld in die nuus nadat dit bekend geword het dat hy as vorige hoof van Telkom R800 000 per maand verdien het. Hy is ook deur die verslag aangaande die Staatskaping, wat deur die voormalige Openbare Vervolger vrygestel is, as die tussenganger in die skakeling met die Gupta familie geïdentifiseer. Media24-joernalis, Pieter-Louis Myburg, het onthul dat die alternators van die eerste twee eenhede wat verlede jaar in Suid-Afrika afgelewer is, soveel probleme oplewer dat die eenhede totaal onbruikbaar is. The Namibian van Namibië het ook berig dat TransNamib bekend gemaak het dat soortgelyke probleme met die vier eenhede wat in 2004 deur Namibië aangeskaf is ondervind is en dat hulle van almal ontslae geraak het. Onder hierdie probleme was juis die dieselenjin gedrewe alternator koppeling. Die R50 miljard bestelling was opgedeel tussen vier vervaardigers. Hiervan is 591 aan Chinese vervaardigers toegestaan waarvan China North Rail (CNR) 232 diesel-eenhede en Chine South Rail (CSR) 359 elektriese-eenhede teen onderskeidelik R7,8 miljard en R14,6 miljard sou verskaf. Hierdie twee vervaardigers het na die toekenning van die tender saamgesmelt as CRRC en daarmee die wêreld se grootste vervaardiger van spoor-toerusting geword. Transnet hou egter vol dat die lokomotiewe slegs in ‘n “prototipe stadium” is en dat CRRC “al die probleme suksesvol opgelos het”. CRRC se eerste 45 diesel-eenhede het gedurende Augustus verlede jaar in Durban aangekom. Uit verskeie bronne is berig dat die eenhede alternatorprobleme van dag een af ondervind het. Een van die tendervereistes het dit duidelik uitgespel dat al die verskaffers al die eenhede in Suid-Afrika moes vervaardig en van Suid-Afrikaanse onderdeelverskaffers gebruik moes maak, maar CRRC is toegelaat om 20 van die 232 diesel-eenhede volledig in China te vervaardig. Mike Asefovits, a senior bestuurder in Transnet se korporatiewe aangeleentheid afdeling het gemeld dat die vibrasies in die alternators nie ‘n rede tot kommer is nie. Hierdie probleme word gewoonlik tydens toetsing en ingebruikneming uitgeklaar. Volgens hom is die herstelkoste nie Transnet se probleem nie maar vir die rekening van die verskaffer. Drie bronne wat vertroud is met hierdie reuse kontrak van Transnet, sê dat CRRC reeds 20 van die klas 45 lokomotiewe vervaardig het wat aandui dat die projek reeds verby die prototipe stadium is. Nieteenstaande die feit dat CRRC volhou dat die eenhede nog nie oorhandig is nie, was daar verskeie media berigte aangaande ‘n oorhandiging seremonie wat Gedurende Augustus in Durban aangebied is. – News24 Bron: http://www.news24.com/SouthAfrica/News/exclusive-transnets-new-chinese-locomotives-fail-first-test-20170123
http://www.kwevoel.co.za/2017/01/25/r8-miljard-vermors-op-nuttelose-chinese-lokos/
2017-01-25 07:56:28
Afrika Koning aanvaar nie Westerse regstelsel
Koning Zwelibanzi Buyelekhaya Dalindyebo het in ‘n emosioneel belaaide brief vanuit sy Oos Kaapse gevangenissel die ander koninkryke bedank wat “onbeskaamd hom ondersteun het deur nie die oorwinning van die Westerse regstelsel, wat met verdraaide feite hom tot ‘n gewone burger, ‘n krimineel en aanhitser tot misdaad verneder het,” respekteer nie. Zwelibanzi is koning van die abaThembu stam in Suid-Afrika. Hy is die seun van die vorige koning, Sabata Jonguhlanga Dalindyebo, ‘n afstammeling van die amaHala bloedlyn en heerser van die huidige bakwaDalindyebo nageslag. Dalindyebo, wat tans ‘n 12-jaar vonnis uit in die Oos London Korrektiewe Sentrum uitdien, sê in ‘n brief wat deur die “Black Opinion” gepubliseer is, dat “die datum 30 Desember 2015 die verjaarsdag was van die oorwinning van die Suid-Afrikaanse Romeins-Nederlands wet-gedrewe regstelsel oor die waardes wat aan die tradisionele wette geheg word en daardeur ‘n bespotting van die koning maak, sy eer gekrenk het en hy in ‘n donker sel gegooi is.” Die koning het nou een jaar uitgedien van sy vonnis nadat hy in 2009 in die Oos Kaapse Hoë Hof skuldig bevind is aan sewe gevalle van ontvoering, drie gevalle van aanranding, drie van brandstigting en een elk van die regsverydeling en strafbare manslag. Laasgenoemde klag is tersyde gestel nadat sy appél deur die Appélhof geslaag het. Met die hulp van mede-konings, insluitend die Zulu koning Goodwill Zwelithini, het hy sy vertoë om verskoning tot President Jacob Zuma gerig. Die konings het intussen met die president vergader maar geen aankondiging is tot dusver uitgereik nie. Die argument vir kwytstelling van sy vonnis voer ondermeer aan dat hy as koning die leier van sy nasie, nes alle ander konings, se soewereine mag ontken word deur die konings een vir een tronk toe te stuur. Volgens hom was hy ooggetuie van die ondermyning van koninkryke by sekere strukture wie se agenda dit is om konings se mag af te takel deur elke besluit wat die konings neem teen die Handves van Menseregte soos verwoord in die konstitusie te vergelyk, kompleet asof konings geen regte het nie. Hy sê in die brief voorts dat die hoofrede vir die interpretasie van die beginsel van gelykheid deur die howe verdraai word wat maak asof konings nie bestaan nie. Die koning voer aan dat die koloniale- en apartheids-regerings die koninkryke ondermyn het en konings tot opperhoofde gereduseer het. Daarby word hulle steeds deur verskeie wetgewings wat uit hierdie tydperk dateer regeer. Hy sê sy status is bepaal deur hierdie wetgewing toe te pas in sy verhoor wat reeds in 2004 ‘n aanvang geneem het. As koning van die AbaThembu, verteenwoordig hy die trots en identiteit van sy nasie, iets wat stadig maar seker besig is om te vervaag uit die geheue van die meeste mense. “My hoop is in die jong mense gevestig vir wie dit noodsaaklik is om die waarheid te hoor voordat hulle deur die Romeins-Nederlandse wette beïnvloed word, wette wat daarop gemik is om hul uiteindelike lot te bepaal.” Die vraag is hoe die tradisionele wetstelsel die koning sal raak indien hy ‘n kriminele daad sou pleeg, ongeag die wetstelsel wat van toepassing is. Dit wil so al blyk asof die koning wil voorstel dat hy as koning bo alle wette verhewe is. Bron: Donwald Pressly – Editor: Cape Messenger
https://www.kwevoel.co.za/2017/01/25/afrika-koning-aanvaar-nie-westerse-regstelsel/
2017-01-25 07:51:04
7 onderskeidings vir HFM leerling
Johan Bezuidenhout het tydens die afgelope matriekeksamen uitmuntende presteer deur sewe onderskeidings te behaal. Tydens die 2016 NSC-eindeksamen het Johan ‘n gemiddeld in alle vakke gehad van 84% en het onderskeidings behaal in Afrikaans HT, Engels EAT, Wiskunde, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskap, Geskiedenis en Lewenswetenskap. Hy is ook aangewys as die beste kandidaat in Engels EAT in Hoërskool Frikkie Meyer. Johan is ingeskryf as eerstejaar ingenieurstudent in Chemiese Ingenieurswese te Potchefstroom kampus van die NWU. Hy sal sy studentejare begin as deel van die Patria manskoshuis. Hy beplan om sy graad te voltooi en direk daarna sy M.Ing aan te pak. Johan het ook in sport presteer deurdat hy vir die afgelope twee jaar kaptein van die Frikkie Meyer-interhoërswemspan was. Sy liefde vir swem gaan nie doodloop nie en hy beplan om sy swem voort te sit in Potchefstroom. Daarmee saam speel hy graag muurbal en tennis. Hy stel ook belang aan die meer tegnologiese kant van die spektrum en beloon homself met ‘n rekenaarspel af en toe.
https://www.kwevoel.co.za/2017/01/10/7-onderskeidings-vir-hfm-leerling/
2017-01-10 06:26:42
Witspan wen HFM Interhuis
Hoërskool Frikkie Meyer het hul jaarlikse Interhuis atletiekbyeenkoms op Vrydag 20 Januarie aangebied. Die dag was vol mooi prestasies en daar is lekker gees gebou vir die Interhoër Atletiekbyeenkoms met Frikkie Meyer wat vanjaar gasheer vir al die deelnemende skole sal speel. Die Witspan wen die Interhuis byeenkoms met 1089 punte, gevolg in die tweede plek deur die Rooispan met 908 punte en die Blouspan in die derdeplek met 768 punte. Die Blouspan wen die trofee vir die beste spangees en sang en die Witspan vir die beste dirigente opkoms. Die Sangbeker is deur die Rooispan ingepalm. Die Beste Seunsatleet van die dag was Devoux Deysel. Devoux ontvang ook die trofee vir die Algeheel Beste Enkel-prestasie van die dag met ‘n wenafstand van 62.05m in Spiesgooi (So/16) wat vir hom 985 punte verdien. Die beste Dogtersatleet van die dag was Charne Ras. Foto’s: Annabelle Tromp Individuele prestasies vir die dag was as volg: * Beste Junior Seun: Baan – Anrich Basson (So/15) met ‘n ABSA tabelpunt van 777 in die 100m. * Beste Junior seun: Veld – Anrich Basson (So/15) met ‘n ABSA tabelpunt van 883 in Diskus. Beste Junior Dogter: Baan – Hazel Kennedy (Do/15) met ‘n ABSA tabelpunt van 717 in die 100m. Beste Junior Dogter: Veld – Twana Nel (Do/14) met ‘n ABSA tabelpunt van 770 in Hoogspring. Beste Senior Seun: Baan – Fanie Modimola (So/16) met ‘n ABSA tabelpunt van 824 in die 100m. Beste Senior Seun Veld: – Devoux Deysel (So/16) met ‘n ABSA tabelpunt van 985 in Spiesgooi. Beste Senior Dogter Baan: Tacia van Wyk (Do/16) met ‘n ABSA tabelpunt van 562 in die 100m. Beste Senior Dogter Veld: – Charne Ras (Do/16) met ‘n ABSA tabelpunt van 813 in Gewigstoot. Beste Dogter-atleet van die dag: Charne Ras Beste Seun-atleet van die dag: Devoux Deysel Algeheel: Beste enkel-prestasie van die dag – Devoux Deysel met ‘n wenafstand van 62.05m in Spiesgooi (So/16) wat vir hom 985 punte verdien.
http://www.kwevoel.co.za/2017/01/25/witspan-wen-hfm-interhuis/
2017-01-25 10:33:34
“Rhodes Must Fall” Aktivis aanvaar Rhodes Beurs
‘n “Rhodes must fall” aktivis het ‘n veertigduisend pond Rhodes beurs aanvaar. Joshua Nott was aktief betrokke by die veldtog om Rhodes se standbeeld op die kampus van die Universiteit van Kaapstad af te breek en onderwys te dekolonialiseer. Die beurs sal aangewend word vir sy studies aan die Universiteit van Oxford in Brittanje. Nott (23) het homself erge kritiek op die hals gelaai met die aanvaarding van die studiebeurs. Die aksie om Rhodes se standbeeld te verwyder en die onderwys te “dekolonialiseer” het tot onnodige geweld op die kampus aanleiding gegee. Nott het destyds beweer dat die standbeeld van Cecil John Rhodes ‘n simbool van kolonialisering en rassisme is. Hy het selfs die standbeeld vergelyk met ‘n “swastika in Jerusalem”. Met dit in gedagte was baie mense geskok dat hy die beurs in die naam van die man waarteen hy baie energiek as aktivis betoog het aanvaar het. Op sosiale platforms word na hom verwys as ‘n skynheilige wat homself uitverkoop het, veral nadat dit aan die lig gekom het dat sy pa ‘n welgestelde prokureur is. Die Rhodes Trust het intussen ook hul besluit verdedig deur aan te voer dat hulle jong mense met enorme vermoë, ongeag spesifieke politieke affiliasie, ondersteun. Daarby was hy betrokke by ‘n wye reeks inisiatiewe ten opsigte van sosiale verandering.
http://www.kwevoel.co.za/2017/01/26/rhodes-must-fall-aktivis-aanvaar-rhodes-beurs/
2017-01-26 04:23:03
Rand steeds die beste belegging vir 2017
Die Goldman Sachs Groep, ‘n Amerikaans gebaseerde multinasionale finansiering maatskappy betrokke by globale investering, bestuur en finansiële dienste, het aangekondig dat die BRICS ontluikende markte wat insluit Brazilië, Rusland, Indië en Suid-Afrika, nieteenstaande die kwynende waarde van die rand, steeds die beste beleggings voordele vir 2017 bied. In die lig van die swak vertoning van die Chinese yaun sowel as die ander tradisionele “veilige” Asiatiese ekonomieë wat sensitief is vir die onlangse verkiesing van Donald Trump met sy “Amerika eerste” verkiesingsmanifes en moontlike beleid, glo Goldman Sachs se analiste dat die ontluikende BRICS markte steeds die beste opbrengste vir investering gaan bied. Goldman Sachs analiste beveel dat beleggers lang en gebalanseerde ekonomiese pakkette van die BRICS geldeenhede aanbied teenoor die Suid Koreaanse won en Singapoer dollar, twee geldeenhede wat volmag toegang aan beleggers tot blootstelling in China kan bied. Volgens die analiste staar die VSA beperkinge op invoere in die gesig indien Trump met sy verkiesings-beleid voorgaan, teenoor die BRICS lande wat nie in ‘n groot mate hierdeur geaffekteer sal word nie. Terwyl die ANC hul 105de verjaarsdagvieringe ten midde van werkloosheid en swak ekonomiese groei hou en president Zuma steeds sy 5% groei vir hierdie jaar aan volgelinge voorhou, is daar realiste soos Gwede Mantashe wat besef dat daar dringend aandag aan werkloosheid, werkskepping en groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie gegee moet word om die rand in staat te stel om te herstel, alvorens enigsins geloofwaardigheid aan die president se uitsprake geheg kan word.
http://www.kwevoel.co.za/2017/01/08/rand-steeds-die-beste-belegging-vir-2017/
2017-01-08 21:36:49
Inwoner wen agterkwart by Vleislapa
‘n Meevaller soos min het Johan Tsalamandris te beurt geval toe hy op 24 Desember as die wenner van Vleislapa Marshallstraat se gelukkige trekking aangewys is en ‘n beesagterkwart gewen het. Die groot aantal Vleislapa-kliënte wat hul gunstelingslaghuis vanaf November tot 23 Desember vir aankope besoek en R500 of meer spandeer het, kon hul kasregisterstrokies in die kompetisiehouer plaas om vir die gesogte prys in aanmerking te kom. Hooffoto: Johan Tsalamandris, onderdelebestuurder van BB Nissan het rede om te glimlag terwyl André Rabé (regs), toesighouer by Vleislapa Marshallstraat sy groot prys, ‘n beesagterkwart, aan hom oorhandig. (foto verskaf)
http://www.observer.co.za/inwoner-wen-agterkwart-by-vleislapa/
2017-01-13 06:35:00
Aanhoudingsdrama eindig vreedsaam, geen beserings
Die beweerde gyselaarsdrama by Secure Crime Prevention se gebou in Hans van Rensburgstraat is gisteraand (Maandag) omstreeks 22:00 na suksesvolle onderhandelinge vreedsaam beëindig. Die polisie en lede van die Polokwane Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was tot laat op die toneel waar vyf personeellede blykbaar deur ongeveer 30 sekuriteitswagte aangehou is, hangende onderhandelinge oor salariskwessies. ‘n Man wie se vrou en skoonma saam met drie ander in die drama aangehou is, sê hy wou ongeveer 15:00 gistermiddag sy vrou gaan oplaai toe hy by die hek deur aggressiewe wagte voorgekeer is en hulle hom aangeraai het om te ry. Die GPF se hulp is ingeroep om bystand te verleen en het in Marshallstraat, buite die gesigsveld van die ontevrede wagte bymekaar gekom omdat hulle glo oproerig geraak het sodra iemand die gebou probeer nader het. Volgens inligting is slegs twee polisie-offisiere toegelaat waarvan een glo die adjunk-kommissaris vir sigbare polisiëring, Lucas Tlako was. Daar is later op die toneel verneem dat die wagte ongewapen is, maar dat daar wel skade aan die gebou aangerig is nadat ‘n staaldeur afgebreek is. Eienaar van Secure Crime Prevention, Marlene Barnard het Dinsdag aan Polokwane Observer bevestig dat hul in finansiële knyp is. “Die besigheid is onlangs in sakeredding geplaas en wagte het net gedeeltelike salarisse in Desember ontvang, maar eis hul volle salarisse. ’n GPF-lid, die polisie en ons prokureur het lank met die ontevrede wagte onderhandel om sonder geweld tot ‘n beslissing te kom. Ons is nog geskok oor die voorval, maar gelukkig is niemand beseer nie.” Die GPF-woordvoerder, Johan Retters het gesê almal is ongedeerd. “’n Ooreenkoms is blykbaar bereik en ons het ongeveer 22:00 gisteraand van die toneel verdaag,” sê hy. Provinsiale polisiewoordvoerder, Mampashwa Seabi kon nie die voorval bevestig nie. Storie en foto: RC Myburgh >>[email protected] Hooffoto: ‘n Polisievoertuig voor Secure Crime Prevention se kantore gisteraand (Maandag).
http://www.observer.co.za/aanhoudingsdrama-eindig-vreedsaam-geen-beserings/
2017-01-17 08:06:00
LUR, hoës besoek PHS na topmatriekuitslae
LUR vir onderwys, Ishmael Kgetjepe, Capricorn uitvoerende burgemeester, John Mpe, Polo­kwane uitvoerende burgemeester, Thembi Nkadimeng en speaker van die Limpopo-wetgewer, Polly Boshielo het Hoërskool Pietersburg (PHS) verlede Donderdag besoek om die skool met hul puik matriekuitslae geluk te wens. Die besoek aan PHS vorm deel van die plaaslike regering se terug skool toe-veldtog wat besoeke aan die topskole sowel as skole wat swak presteer het, insluit. Premier Stan Mathabatha sou na verwagting later by die afgevaardiges wat skole regoor die provinsie besoek, aangesluit het. Nkadimeng het gesê leerders moet in geloof vasklou om sukses te behaal terwyl Mpe en Boshielo dit eens was dat Limpopo jaarliks op PHS se uitslae trots kan wees en dat die skool ‘n groot bydrae tot die algehele prestasie van die distrik en die provinsie lewer. “Die doel van die besoek is om julle, die skoolhoof, leerders en onderwysers geluk te wens met ‘n byna 100% slaagsyfer. Júlle is ‘n 100% skool en dit is duidelik dat jul jaarliks na goeie punte streef. Ons wil ook vanjaar se matrieks aanmoedig om in jul voorgangers se voetspore te volg en selfs beter te doen om vanjaar weer die 100%-merk te behaal,” het Kgetjepe gesê. Hy het die skool ook uitgedaag om vanjaar en in die toekoms nie net 100%-slaagsyfer te verwerf nie, maar ook die top graad 12-leerder in die provinsie op te lewer. Storie en foto: RC Myburgh >>[email protected] Hooffoto: Regeringsamptenare wat PHS verlede Donderdag besoek het is voor, superintendent-gene­raal van die onderwysdepartement, Beauty Mathuwana, kringbestuurder, Maggie Ratale, Polokwane uitvoerende burgemeester, Thembi Nkadimeng en speaker van die Limpopo-wetgewer, Polly Boshielo. Agter is Capricorn uitvoerende burgemeester, John Mpe, LUR vir onderwys, Ishmael Kgetjepe en PHS-skoolhoof, Willie Schoeman.
http://www.observer.co.za/lur-hoes-besoek-phs-na-topmatriekuitslae/
2017-01-19 07:11:00
Mall of the North verwarm harte by Martha Hofmeyr
Die voorste winkelsentrum in die stad, Mall of the North sowel as sentrumhuurders het die inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes met ‘n Kerspartytjie en geskenke bederf. Die senior burgers het weggelê aan ‘n smaaklike ete wat Panarottis Mall of the North voorberei het waarna koek, deur Mall of the North geskenk, bedien is. Mari Delport, Mall of the North-bemarkingsbestuurder en Tabitha Lekganyane, promosie- en openbare betrekkingebestuurder, het fluks vrugtesap geskink wat deur Game Mall of the North en Hygienik Dairies geborg is. Boonop het die winkelsentrum aan elke gas ‘n geskenksak met toiletware oorhandig. Erica Pre-primêre Skool het die partytjie afgerond met ‘n pakkie koekies wat ook aan elke inwoner geskenk is. Plaaslike sanger en leerder van Hoërskool Pietersburg, Mischa Bekker, het die senior burgers vemaak. Dawie Lee, bestuurder van die SAVF Polokwane het elke borg opreg bedank en gesê die geleentheid beteken ongelooflik baie vir die inwoners. Storie en foto’s: Alet-Elize van Jaarsveld >>[email protected] Hooffoto: Rina Pretorius, inwoner van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes word deur Mari Delport, bemarkingsbestuurder van Mall of the North bedien.
http://www.observer.co.za/mall-of-the-north-verwarm-harte-by-martha-hofmeyr/
2017-01-13 06:42:00
Horn veg moedig tot die einde
André Horn is vanoggend (Vrydag) in Netcare Pholosho Hospitaal in die stad oorlede. Horn, ‘n sakeman van die stad en bekende in die insleepbedryf en motorsportkringe is in 2015 met pankreaskanker gediagnoseer wat mettertyd versprei het. Begrafnisreëlings in nog nie bekend nie. ‘n Volledige berig volg in Polokwane Observer van 19 Janaurie. Storie & foto: ELNA ESTERHUYSEN >>[email protected] Hooffoto: André Horn en Tumelo Moyaba, sy onkoloog. Die foto is in Maart 2016 geneem.
http://www.observer.co.za/horn-veg-moedig-tot-die-einde/
2017-01-13 07:57:00
Tiaan Enslin skitter met nasionale krieketweek
Die 14-jarige Tiaan Enslin se droom om eendag professioneel krieket te speel, is nie net ‘n hersenskim nie as mens sy onlangse prestasies op die keper beskou. Die jong ster van Hoërskool Pietersburg (PHS) het gedurende die Desembervakansie tydens die Momentum o.15 Nasionale Krieketweek in Potchefstroom sy staal getoon en is as alsydigste speler van die toernooi aangewys. Tiaan is ook drie keer agtereenvolgens as Speler van die Wedstryd teen onderskeidelik Eastlands, Suidwestelike Distrikte (SWD) en Noord-Kaap aangewys en het die algehele derde beste boulsyfer gehandhaaf. Hy het ook die tweede meeste paaltjies (18) tydens die toernooi met ‘n beste telling van vyf paaltjies vir slegs 27 lopies geneem wat hy teen SWD laat kantel het. Voor die paaltjies het hy ‘n totaal van 148 lopies, ‘n gemiddeld van 21,14 lopies per wedstryd, aangeteken. Sy beste telling was 57 lopies teen Noord-Kaap. Vir Tiaan was die wedstryde die hoogtepunt van die toernooi, hoewel die samesyn met ander spelers ook uitgestaan het. “Ek kan afrigters se siening dat die grootste aanpassing van o.13 na o.15-vlak is, beaam omdat die kwaliteit, spoed en moeilikheidgraad aansienlik hoër is. Dit maak dinge op die krieketveld net interessanter omdat mens nie vir ‘n oomblik konsentrasie kan verloor nie.” Hy speel sedert sy laerskooldae aan Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) krieket en het as o.11, o.12- en o.13-speler provinsiale kleure verwerf en as kaptein van die o.11- en o.13-Oosskool- en Limpopospanne uitgedraf. As o.13-speler is hy boonop as Oosskool se beste kolwer en algehele speler aangewys en het erkenning vir die hoogste gemiddelde lopietelling gekry. Sy liefde vir krieket is voortgesit toe hy twee jaar gelede as groentjie by PHS aangesluit het. Vanjaar is hy kaptein van die o.15-span en sy skitterende toernooivertoning was sy eerste groot prestasie as hoërskoolspeler. “Krieket is ‘n spansport en elke speler moet sy kant bring. Elke wedstryd bring sy eie uitdagings en mens kan geen voorspelling maak nie omdat dit ‘n konstante leerskool is.” Kolfwerk is sy gunstelingdeel, maar hy erken dat hy al twee keer vir nul van die veld af moes stap terwyl hy gewens het die aarde sluk hom in. Daarteenoor was sy beste telling 88 lopies nie uit nie in ‘n wedstryd teen Laerskool Tzaneen. Volgens hom is die eienskappe van ‘n goeie krieketspeler nederigheid, die vermoë om konstant te leer en te groei en om in alle omstandighede ‘n heer te bly. “My sukses lê grotendeels in harde oefening omdat ek vyf keer per week afrigting ontvang.” Sy droom is om in PHS se eerstespan te wees en eendag vir die provinsiale- en Proteaspan uit te draf. Storie en foto: RC Myburgh >>[email protected] Hooffoto: Die veelsydige Tiaan Enslin het tydens die onlangse Momentum o.15 Nasionale Krieketweek uitgeblink.
http://www.observer.co.za/tiaan-enslin-skitter-met-nasionale-krieketweek/
2017-01-19 07:21:00
Aanhoudingsdrama eindig vreedsaam
Die beweerde gyselaarsdrama by Secure Crime Prevention se gebou in Hans van Rensburgstraat is Maandag omstreeks 22:00 na suksesvolle onderhandelinge vreedsaam beëindig. Die polisie en lede van die Polo­kwane Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was tot laat op die toneel waar vyf personeellede blykbaar deur ongeveer 30 sekuriteitswagte aangehou is, hangende onderhandelinge oor salariskwessies. ‘n Man wie se vrou en skoonma saam met drie ander in die drama aangehou is, sê hy wou ongeveer 15:00 Maandag sy vrou gaan oplaai toe hy by die hek deur aggressiewe wagte voorgekeer is en hulle hom aangeraai het om te ry. Die GPF se hulp is ingeroep om bystand te verleen en het in Marshallstraat, buite die gesigsveld van die ontevrede wagte bymekaar gekom omdat hulle glo oproerig geraak het sodra iemand die gebou probeer nader het. Volgens inligting is slegs twee polisie-offisiere toegelaat waarvan een glo die adjunk-kommissaris vir sigbare polisiëring, Lucas Tlako was. Daar is later op die toneel ver­neem dat die wagte ongewapen is, maar dat daar wel skade aan die gebou aangerig is nadat ‘n staaldeur afgebreek is. Eienaar van Secure Crime Prevention, Marlene Barnard het Dinsdag aan Polokwane Observer bevestig dat hul in finansiële knyp is. “Die besigheid is onlangs in sakeredding geplaas en wagte het net gedeeltelike salarisse in Desember ontvang, maar eis hul volle salarisse. ’n GPF-lid, die polisie en ons prokureur het lank met die ontevrede wagte onderhandel om sonder geweld tot ‘n beslissing te kom. Ons is nog geskok oor die voorval, maar gelukkig is niemand beseer nie.” Die GPF-woordvoerder, Johan Retters het gesê almal is ongedeerd. “’n Ooreenkoms is blykbaar bereik en ons het ongeveer 22:00 Maandagaand van die toneel verdaag,” sê hy. Provinsiale polisiewoordvoerder, Mampashwa Seabi kon nie die voorval bevestig nie. Storie & foto: RC Myburgh >>[email protected] Hooffoto: ‘n Polisievoertuig voor Secure Crime Prevention se kantore.
http://www.observer.co.za/aanhoudingsdrama-eindig-vreedsaam/
2017-01-19 07:16:00
Vyf aangehou oor beweerde wanbetaling van sekuriteitswagte
Die polisie is tans op ‘n toneel in Hans van Rensburgstraat waar vyf mense blykbaar deur ongeveer 30 sekuriteitswagte aangehou word hangende onderhandelinge oor salariskwessies. Tans is ongeveer drie polisielede en ‘n vierde persoon in die gebou van ‘n bekende sekuriteitsmaatskappy om met die wagte te onderhandel. Die nuutste inligting is dat die wagte honger is en kos eis. ‘n Man wie se vrou, skoonma en drie ander personeellede in die sogenaamde gyselaarsdrama vasgevang is, sê hy wou ongeveer 15:00 sy vrou gaan oplaai toe hy by die hek deur aggressiewe wagte voorgekeer en aangeraai is om te ry. “Die besigheid is onlangs blykbaar onder besigheidsbestuur geplaas. Wagte het salarisse ontvang, maar nie die volle bedrag nie omdat daar nie genoeg geld is nie. Nou is hulle ongelukkig en eis volle salaris,” sê hy. Die gemeenskap se hulp is ingeroep om op bystand te wees indien mannekrag nodig sou wees. Gemeenskaplede het in Marshallstraat bymekaar gekom – uit die gesigsveld van die ontevrede wagte omdat hulle glo oproerig raak sodra die gebou genader word. Volgens inligting was slegs twee polisie-offisiere toegelaat waarvan een glo adjunkkommissaris vir sigbare polisiëring, Lucas Tlako is. Op die toneel is verneem dat die wagte nie gewapen is nie, maar dat daar wel skade aan die gebou aangerig is nadat ‘n staaldeur glo afgebreek is. Storie: RC Myburgh [email protected] Hooffoto: ‘n Polisievoertuig op die toneel waar vyf mense glo deur ongeveer 30 wagte aangehou word weens ontevredenheid oor salarisse. (Foto: RC Myburgh)
http://www.observer.co.za/vyf-aangehou-oor-beweerde-wanbetaling-van-sekuriteitswagte/
2017-01-16 00:00:00
Swendelaars bedwelm bejaarde, roof glo R30 000
Nooddienspersoneel het Dinsdag na die Eduanparkpark gehaas om ‘n 66-jarige vrou vir skok te behandel nadat sy na bewering deur drie verdagtes bedwelm, van R30 000 beroof en by die park afgelaai is. Lucy Teffo was erg geskok en werknemers van die nabygeleë kafee het haar probeer kalmeer. Polokwane Observer het op die toneel met Teffo gepraat. Teffo sê sy was die oggend by ‘n teël- en hardewarewinkel in die industriële gebied om ‘n kwotasie vir boumateriaal te kry waar sy glo deur drie mans, waarvan twee hulle as polisielede voorgedoen het, om die bos gelei is. “Ek het agtergekom ‘n man agtervolg my op ‘n kort afstand. Die volgende oomblik het ‘n tweede man, die soge­naamde polisieman, hom van my af weggestamp en gesê die agtervolger het iets aan my arm gesmeer en ek is moontlik ‘getoor’. Hy het verdere hulp aangebied en gevra waarheen ek op pad is. Ek het hom vertrou en gesê ek moet bank toe gaan om geld te trek,” sê Teffo. Daar was volgens Teffo nog ‘n persoon in die rooi voertuig, vermoedelik ‘n Volkswagen Polo. “Hulle het buite die bank in die voertuig bly wag terwyl ek by ‘n winkelsentrum in Bendor R30 000 uit my rekening onttrek het en in ‘n koevert binne-in ‘n plastiese sak in my handsak versteek het.” Teffo het weer ‘n saamrygeleentheid van die mans aanvaar. Tydens dié rit het een glo ‘n chemiese middel in haar gesig gespuit. “Ek was skielik baie deurmekaar en kan nie veel onthou nie, maar het eers in die park waar hulle my afgelaai het tot verhaal gekom. Toe ek die koevert oopmaak, is die geld met opgevoude koerantpapier vervang.” Sy meen die drie het saamgewerk om haar te beroof. Edwel-gemeenskapspolisiëringsforum was vinnig op die toneel en ‘n soektog na die sogenaamde rooi Polo is begin, maar die motor kon nie opgespoor word nie. ‘n GPF-lid het bevestig dat die bank se beeldmateriaal wys hoe Teffo geld by ‘n kassiere in die bank onttrek en in ‘n rooi Polo klim. Nooddienspersoneel het Teffo vir verdere behandeling na die Polokwane Provinsiale Hospitaal geneem. Provinsiale polisiewoordvoerder, Mamphaswa Seabi sê dié tipe misdaad is besig om hand uit te ruk en word byna daagliks regoor die provinsie aangemeld. “Skurke teiken veral ouer mense omdat hulle nog bygelowig is en aan toordery glo. Misdadigers kom daagliks met nuwe skelmstreke vorendag om mense te beroof en ons waarsku opnuut om nie in sulke lokvalle gevang te word nie.” Hy kon nie die spesifieke voorval bevestig nie. Storie & foto’s: RC Myburgh >>[email protected] Hooffoto: ‘n Winkelassistent probeer Teffo kalmeer nadat sy beroof is. Links: ‘n Bewys van die R30 000 wat Teffo uit haar rekening onttrek het.
http://www.observer.co.za/swendelaars-bedwelm-bejaarde-roof-glo-r30-000/
2017-01-19 07:24:00
Berugte broers, meeloper stroop glo ook in Polokwane Wildreservaat
Deon en Nick van Deventer en Onwand Muchagowa wat Maan­dag in die Makhado Landdroshof in Louis Trichardt vir beweerde renosterstroping verskyn het, word volgens die polisie ook met die voorval in die Polokwane Wild­reservaat verbind. Provinsiale polisie se kommunikasiehoof, Motlafela Mojapelo sê die trio het Maandag in die hof verskyn waarna die saak tot Woensdag vir verdere ondersoek uitgestel is terwyl hul in aanhou­ding bly. “Ons kan bevestig dat al drie met die stroping van ‘n renosterkoei en -kalf op ‘n plaas in die Witpoort-distrik sowel as die voorval waar ‘n renoster Desember in die Polokwane Wild­reservaat geskiet en onthoring is, verbind word.” Die renoster in die Polokwane Wildreservaat wat op Oujaarsdag deur ‘n besoeker gevind is, is sowat vyf maande gelede as voorsorg teen stroping onthoring, maar selfs die stompie is deur die stropers afgekap. Die Van Deventer-broers en Muchagowa is verlede week buite Louis Trichardt aangekeer nadat hulle vermoedelik ‘n renosterho­ring wou verkoop. Mojapelo sê lede van die polisie se bedreigde spesie-eenheid op Louis Trichardt het inligting oor verdagtes wat vermoedelik ‘n renosterhoring wil verkoop, ontvang en dadelik ‘n soektog na die verdagte voertuig geloods. “Toe die verdagtes besef hulle word agtervolg, het hulle ‘n voorwerp by die venster uitgegooi. ‘n Polisievoertuig het gestop en die renosterhoring opgelaai. Die ander polisievoertuig het die verdagtes agternagesit en hulle gearresteer.” Die broers is glo al voorheen met ‘n landwye renosterhoring­sindikaat verbind en is glo al met verskeie voorvalle in die Kruger Nasionale Park, Bela-Bela en Komatipoort sowel as die Hluhluwe-Imfolozi Park in KwaZulu-Natal verbind. Volgens inligting het Deon al vyf jaar tronkstraf weens renosterstropery uitgedien. Storie: RC Myburgh >>[email protected] Hooffoto: Polisie op die toneel waar drie verdag­tes buite Louis Trichardt aangekeer is nadat hulle blykbaar ‘n renosterhoring wou verkoop. (Foto: Verskaf)
http://www.observer.co.za/berugte-broers-meeloper-stroop-glo-ook-in-polokwane-wildreservaat/
2017-01-19 07:30:00
Boer op ons werf
http://www.landbou.com/
Raadiyaha Iswiidhen
http://sverigesradio.se/sida/default.aspx?programid=2172
#rrwenk: rugpyn
• As jy rugpyn sonder enige swelling het, drink vir pynverligting ’n oor-die-toonbank pynpil met asetaminofeen as aktiewe bestanddeel. • As jy rugpyn het mét swelling, inflammasie of ’n warm, rooi plek oor die seer gedeelte, drink ’n anti-inflammatoriese pynpil soos aspirien of ibuprofen. • As jou pyn nie binne twee weke vanself opklaar nie, laat ’n dokter daarna kyk. LEES OOK: Lysie vir jou noodhulpkas LEES OOK: Pynpilverslawing
http://www.rooirose.co.za/rrwenk-rugpyn/
2017-01-24 14:55:49
Kosblik-idees week 4
Beplan vir elke week * Koop ook vars vrugte, groente en sappe saam met die bestanddele vir die week se middagetes en kosblikhappies * Maak van die geregte wat gevries kan word. ’n Mens het naweke meer tyd vir bak, laat die kinders help en bak sommer al Sondagaand die muffins of neutkoekies * Koop genoeg koeldrankbotteltjies en vries vyf sappies vir die komende week * Koop liefs volgraanbrood vir die toebroodjies LEES OOK: Kosblik-idees week 1 LEES OOK: Kosblik-idees week 2 LEES OOK: Kosblik-idees week 3 Maandag (middagete-idee) Basiese macaroni-en-kaas – genoeg vir 4 Dis maklik om die geurige, basiese macaroni te maak. Ons het soetmieliepitte, ertjies en klein kersietamaties deur die macaroni gemeng, maar jy kan dit net so voorsit. Onthou om die basiese mengsel oor die naweek dubbel aan te maak en die helfte vir Woensdag se spek-eneier-nessies te hou. • 200 g macaroni • 125 ml (½ k) room • 310 ml (1¼ k) melk • 375 ml (1½ k) gerasperde cheddar • sout en swartpeper na smaak • gerasperde neutmuskaat na smaak 1 Kook die macaroni in ’n kastrol met kokende water en ’n bietjie sout tot nét sag. Dreineer en sit terug in die kastrol. 2 Voeg die room, melk en kaas by en plaas oor lae hitte tot die kaas gesmelt is. 3 Geur met sout, peper en neutmuskaat. Roer versigtig deur en dien op. Maniere om dit voedsamer te maak * Voeg ’n hand vol soetmieliepitte, ertjies en gekapte kersietamaties net voor opdiening by. * Vlok ’n gerookte forel, snoek- of makrielfilet met jou vingers en roer deur die pasta. Geblikte tuna of salm wat deeglik gedreineer is, werk ook goed. Gaar oorskietvleis soos hoender, worsies of lamsvleis kan vinnig deur die macaroni geroer word. * Popeye se kos: Was ’n hand vol spinasieblare deeglik, sny die stingels af en soteer oor lae hitte in ’n pannetjie met ’n bietjie olyfolie. Roer deur die macaroni. * Kombineer dié basiese resep met die basiese maalvleismengsel van Maandag, Week 1. Rasper ekstra kaas oor en sit vinnig onder die oondrooster vir ’n heerlike aandete. Dinsdag (kosblik-idee) Viskoekies – genoeg vir 6 ’n Heerlike en voedsame gereg. Die mengsel kry patats én aartappels in wat dit heilsamer maak. Onthou dit sommer volgende keer wanneer jy kapokaartappels maak: Patats gemeng met gewone aartappels smaak vorentoe. • 1 groot aartappel (±250 g), geskil en in blokkies gesny • 1 groot patat (±250 g), geskil en in blokkies gesny • 1 x 200 g-blik gehalte-salm • uitgedrukte sap en gerasperde skil van ’n suurlemoen • sout en swartpeper • 30 ml (2 e) gekapte pietersielie • koekmeel om die koekies in te rol • sonneblomolie vir vlakbraai. 1 Kook die aartappels en patats sag, dreineer en laat effens afkoel. 2 Meng die res van die bestanddele tot by die pietersielie deur die aartappels en patats. Moenie die mengsel te veel meng nie, anders raak dit te pap. 3 Vorm ronde viskoekies. Rol eers in ’n bietjie meel en braai dan in die olie tot gaar en goudbruin. 4 Klad op kombuispapier en laat effens afkoel voor opdiening. (Die viskoekies kan vir twee dae in die yskas gehou word.) Heilsame snoephappie-idees * AVOKADO is superkos vir kinders en ’n lekker middagete. * GROENTE soos kersietamaties, klein worteltjies, mielies, ertjies en komkommerstokkies werk goed. * SPRINGMIELIES is ’n goeie alternatief vir aartappelskyfies. * DROËVRUGTE, neute en sade is voedsaam en uitstekende bronne van energie. Woensdag (middagete-idee) Spek-en-eier-nessies – genoeg vir 4 Gebruik die ander helfte van die macaroni wat vir Maandag berei is. Gebruik die kleinste eiertjies wat jy kan kry vir dié resep. • 1 hoeveelheid basiese macaroni-en-kaas (resep by Week 4, Maandag) • 8 repies swoerdlose rugspek • 4 eiertjies 1 Voorverhit die oond tot 200 °C. 2 Braai die spek tot bros en klad op kombuispapier. 3 Pak twee repies spek in elk van 4 bakkies met ’n inhoudsmaat van omtrent ’n koppie – dit moet die binnekant van die bakkie uitvoer. 4 Skep die macaroni in die spekomhulsel. Maak ’n gaatjie in die macaroni en breek ’n eier in elke gaatjie. 5 Bak tot die eiertjie gaar is. Sit warm voor. Donderdag (kosblik-idee) Heuning-en-piesang-brood – genoeg vir 1 middelslagbroodjie of 6 individuele broodjies Ons het ons broodjies in klein broodpannetjies gebak, maar jy kan die beslag ook in ’n muffinpannetjie bak. Ons het nie versiersuiker gebruik nie omdat dit mors in ’n kosblik, maar ek sluit die resep in – dis ’n heerlike, gesonde opsie vir ’n partytjiekoek. • 125 g botter • 30 ml (2 e) heuning • 15 ml (1 e) lemoensap • 50 g (½ k) sultanas • 155 g (1¼ k) koekmeel • 10 ml (2 t) bakpoeier • 2,5 ml (½ t) koeksoda • 110 g strooisuiker • 2 eiers, liggies geklits • 2 piesangs, fyn gemaak Versiersuiker (opsioneel) • 1 x 250 g-houertjie roomkaas, sag gemaak • 80 ml versiersuiker • 25 ml (1 e + 2 t) suurlemoensap 1 Voorverhit die oond tot 150 ºC. Spuit ’n broodpan van 19 x 9 cm met kleefwerende sproei. 2 Smelt die botter, heuning en lemoensap oor lae hitte en roer nou en dan. Voeg die sultanas by en laat afkoel. 3 Sif die meel, bakpoeier en koeksoda saam in ’n groot mengbak. Voeg die suiker, eiers en afgekoelde bottermengsel by en klits vir 3 min. met ’n elektriese klitser of handklitser. 4 Vou die fyn piesang in die mengsel in en skep in die broodpannetjie. 5 Bak vir ’n uur of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat die broodjie in die pannetjie afkoel. Indien jy versiersuiker wil oorgooi Meng die roomkaas, versiersuiker en suurlemoensap in ’n mengbak en klits tot glad met ’n elektriese of handklitser. Giet oor die broodjie, sny in skywe en sit voor. Vrydag (middagete-idee) Eier-en-sousboontjie-broodjie – genoeg vir 2 Ons het ’n kampeer-roosterbroodpannetjie gebruik, maar jy kan ’n outydse jafelpan gebruik. • 4 snye witbrood (of volgraanbrood vir ’n gesonder weergawe) • margarien om die brood te smeer • 60 ml (¼ k) sousboontjies • 2 klein eiertjies 1 Verhit die pannetjie op ’n stoofplaat. 2 Smeer die brood met margarien. Sit eers die onderste sny in die pannetjie met die margarienkant na onder. 3 Skep twee lepels vol sousboontjies in die middel van die brood en versprei dit oor die hele sny. Maak ’n holtetjie in die boontjies en breek ’n eier versigtig daarin. 4 Sit die ander sny brood bo-op met die margarienkant na bo. 5 Bak vir 8-9 min. of totdat die eier gaar, maar steeds sag is. Nog idees * Voeg ’n repie bros gebraaide spek by. * Gebruik oorskiethoender of lappies toebroodjieham saam met skyfies tamatie en kaas. Onthou, tamatie word baie warm en kan klein mondjies brand.
http://www.rooirose.co.za/kosblik-idees-week-4/
2017-01-30 06:00:41
Bessie-gladdejantjies met krakerige muesli + jy kan WEN
Hierdie Jungle Oats-gladdejantjies is ideaal vir ’n gesonde ontbyt. Dit is heilsaam, propvol antioksidante en vesel, én dit is boonop liplekker! Kry die resep onder, voltooi die vorm en vertel ons hoe jy graag jou Jungle Oats geniet en jy kan een van twee Nutribullets of ’n heerlike Jungle Oats-geskenkpak wen. Bessie-gladdejantjies met krakerige muesli Bestanddele • 1 ½ k gevriesde bessies (aarbeie, frambose, bloubessies) • 2 ryp piesangs • 2 k Griekse of Bulgaarse jogurt, gevries • 1 e heuning Bolaag • 1 k Jungle Muesli (enige geur) • ¾ k Jungle Ultra Crunch (oorspronklike geur) • 1 k vars bessies • heuning vir garnering Metode 1. Plaas bessies, jogurt en heuning in ’n menger (blender). Meng tot glad. 2. Plaas in opdienbakkies. 3. Meng muesli en Jungle Ultra Crunch saam en voeg bo-op gladdejantjie-mengsel. 4. Garneer met vars bessies heuning, net voor opdiening. Wenk Eksperimenteer met verskillende vrugte vir variasie. Wen ’n Nutribullet of Jungle Oats-geskenkpak Naam & van * Kontaknommer * E-posadres * Posadres * Hoe eet jy graag jou Jungle Oats? * Ek het die kompetisiereëls en -voorwaardes gelees en verstaan * Ja Wil jy vir ons weeklikse nuusbrief inteken? * Ja Nee Kompetisie sluit 29 Januarie 2017
http://www.rooirose.co.za/bessie-gladdejantjies-met-krakerige-muesli-jy-kan-wen/
2017-01-19 09:29:55
Wat het dié SA-bekendes die vakansie aangevang
Verlief Elma Postma en Paul Potgieter is op 14 Desember 2016 in Limpopo getroud. Elma was ’n pragtige bruid in ’n elegante sjampanjekleur rok met fyn detail. Caster Semenya het op 7 Januarie 2017 met haar lewensmaat, Violet Raseboya, getrou. Die troue het op dieselfde dag as Semenya se verjaardag geval. Caster het hierdie foto op Instagram gedeel met die byskrif: “Ons perfekte dag.” Verloof Radioraps se Jonathan, oftowel Rikus de Beer, het aan Kaylee van den Bergh verloof geraak. Die goeie nuus is op 26 Desember 2016, ’n dag na Kersfees, op Facebook gedeel. Wayde van Niekerk het aan sy meisie, Chesney Cambell, verloof geraak en ’n kort video op Intragram gedeel. In die video kan sy aanhangers die ring sien, met die woorde “Sy het ‘ja’ gesê,” daarby geskryf. Franja du Plessis en haar kêrel, Willie Engelbrecht, wat al vir sowat ses jaar uitgaan, is ook verloof. Franja spog al ’n geruime tyd met ’n ring aan haar ringvinger op Sosiale Media, wat haar aanhangers laat wonder het. Nou weet ons! Vakansie Karlien van Jaarsveld het hierdie kosbare foto van haar en haar seuns op Instagram gedeel op haar verjaardag, met die byskrif “My grootste geskenk.” Dit lyk of sy ’n lekker tyd by die see gehad het saam met familie en haar verloofde. Angelique Gerber het hierdie foto van haar fietse lyfie en baba Jaques op Oujaarsdag gedeel. Sy skryf daarby dat sy die laaste dag van 2016 saam met haar “gunstelingpersoon in die hele wêreld,” deurbring. Minki van der Westhuizen het haar goedverdiende ruskans na Boer Soek ’n Vrou op die strand spandeer. Op die foto wys Minki hoe sy ’n bietjie sonvang en skryf speels by dat sy haar dubbelken met haar vingers wegsteek. Ivan Botha en Donnalee Roberts het Kersfees saam spandeer en Ivan het hierdie foto op Instagram gedeel. Hy skryf by: “Geseënde Kersfees almal. Mag julle dag vol liefde en vrede wees.”
http://www.rooirose.co.za/wat-het-die-sa-bekendes-die-vakansie-aangevang/
2017-01-10 09:25:13
Fiks & ferm: water, swangerskap, oefening
Hoeveel water? ‘Net wanneer jy dors is.’ Dr. Tim Noakes van die Sportwetenskap-instituut van Suid-Afrika sê die idee dat atlete iets moet drink vóór hulle dors is, hou geen water nie. In der waarheid is dit beter om na jou liggaam te luister en te drink as jy dors is. Te veel water kan jou maagkrampe gee en volgens dr. Noakes is daar geen bewyse dat elektroliete krampe keer nie. En ’n klein bietjie dehidrasie is ook nie die einde van die wêreld nie, sê hy. Lees meer hieroor in Tim Noakes se boek Waterlogged: The serious problem of overhydration in endurance sport. • Die studie: Hardlopers het drie oefensessies van twee uur elk gedoen waar hulle die eerste keer volgens dors gedrink het: sowat 180 ml per uur. Die tweede keer 120 ml elke 15 tot 20 min. en die derde sessie 300 ml elke 15 – 20 min. Die eerste twee oefenlopies het nie probleme veroorsaak nie, maar die laaste een waar sowat twee liter in die twee uur gedrink is, het twee van die hardlopers soveel maagkrampe gegee dat hulle nie die sessie kon voltooi nie. 150 Dis die hoeveelheid minute van matig intense aërobiese aktiwiteit wat ’n gesonde vrou veilig tydens en kort ná ’n swangerskap per week kan doen. Dis goed as jy hierdie twee en ’n half uur in kleiner sessies deur die week kan versprei. Maak ’n geskenk vir jou atleetvriende Epsomsout is magnesiumsulfaat en het eindelose voordele vir die liggaam. Magnesium kan deur die vel geabsorbeer word en is dus net die regte badsout vir atlete. Maak dit ekstra lekker deur dit met geurige olies, growwe sout, kruie en blomblaartjies te meng. Maak so Meng 500 g growwe sout met 20 druppels essensiële olie soos laventel, roos, of waarvan jy hou, en voeg 500 g Engelse sout (beskikbaar by apteke) by. Meng gedroogde blomblare by vir die mooiheid en sit in organza-sakkies (te koop by kralewinkels) sodat die blomblare nie jou bad verstop nie. Die sakkies word soos ’n teesakkie in jou bad gegooi. Verpak alles in ’n Zip Lock-plastieksakkie en sit in ’n mooi boksie.
http://www.rooirose.co.za/fiks-ferm-water-swangerskap-oefening/
2017-01-26 11:46:02
Sit terug in Mequfi, Mosambiek
Sit terug in Mequfi, Mosambiek ~ Ons reisartikel “Sit terug” in die rooi rose van Februarie 2017 fokus op die Diamonds Mequfi Beach Resort naby die hawestad Pemba in die noorde van Mosambiek. Hier is nog wenke! Foto’s Mariette Snyman
http://www.rooirose.co.za/sit-terug-mequfi-mosambiek/
2017-01-09 05:00:14
Volmaanpiekniek by die Taalmonument
Glo jy aan die man in die maan of dat die maan van kaas gemaak is? Kom beskou die volmaan van nader vanaf die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg – by die eerste Volmaanpiekniek van die jaar op Vrydag, 13 Januarie 2017. Die pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou. ’n Gratis begeleide toer van die monument word om 18:30 aangebied. Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of een (teen R250 vir twee persone, of R350 met ’n mandjie ingesluit), by Volksmond Koffiewinkel te bestel (021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie en ligte verversings. Besoekers moet onthou om flitse en warm klere saam te bring. Geen honde en vure word toegelaat nie. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Kaartjies kos R25 vir volwassenes, R10 vir Suid-Afrikaanse studente en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar), en is by Computicket en by die hek beskikbaar. Geen besprekings is nodig nie. Jaarpermitte is by die Taalmonument beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot Volmaanpieknieks insluit. Volmaanpieknieks vind ook plaas op 11 Februarie en 11 Maart 2017. Vir meer inligting oor geleenthede by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za. Die piekniekreeks word aangebied ten bate van Laat ons Lees! – die Taalmuseum se voorleesprojek vir kinders. Piekniekgangers word aangemoedig om ’n nuwe of tweedehandse kinderboek saam te bring ter ondersteuning van dié projek.
http://www.rooirose.co.za/volmaanpiekniek-die-taalmonument/
2017-01-10 14:02:25
Die krag van jou denke
Wat my eerste opval, is dié man se lewensblyheid. Niks oordrewe of aangeplak nie, eerder ’n diep vreugde wat soos ’n gesellige vuurtjie brand. Vir ’n gesogte Amerikaanse skrywer en motiveringspreker, nogal een van die hand vol ghoeroes wat in die trefferdokumentêr The Secret opgetree het, lyk Mike Dooley bra gewoon waar hy in ’n hotelsitkamer met my sit en gesels. Boonop het hy ’n lugweginfeksie. Die meester van manifestasie word sowaar ook siek. Hoewel The Secret (die boek) 146 weke op die New York Times se topverkoperlys was en saam met die fliek reeds in 2009 ’n rekordbedrag van $300 miljoen ingebring het, het dit heelwat kritiek ontlok. Baie mense het gevoel die boodskap dat jy kan kry wat jy wil hê bloot deur jou gedagtes en emosies anders te rig, is ’n growwe oorvereenvoudiging, om nie te praat van die moontlike bevordering van selfgerigtheid en materialisme nie. Daarom was dit vir my verfrissend om Mike met sy werkwinkel, Playing the Matrix, in Johannesburg (2013) in aksie te sien. Hy is plat op die aarde, werklik nederig en het die aard van die werklikheid oopkop nagevors en deel sy bevindinge met ’n eiesoortige sin vir humor. Sy wysheid is nie goedkoop nie; hy ken swaarkry. Vir my het die “aha“ in sy uiteensetting van die fynere kunsies van manifestasie gelê. Soos hy verduidelik het, is The Secret (die fliek) bloot ’n kykie van 92 minute na die sogenaamde Law of Attraction vanuit verskeie oogpunte. Dis ’n inleiding tot ’n onuitputlike onderwerp; allermins omvattend. Dit vra verdere ondersoek. Dié perspektief, saam met Mike se aanbieding, het my voorbehoude oor The Secret die nek ingeslaan. In hierdie artikel wil ek van sy belangrikste insigte weergee, maar wat ek kan inpas, is kwalik ’n skeppie water uit ’n grote oseaan! Die manifestasieproses Wat is manifestasie nou eintlik? Vir my kom dit daarop neer dat ons medeskeppers is van die lewe wat ons lei. Dis algemeen bekend dat alles in die heelal uit energie bestaan. Kwantumfisici het reeds dekades gelede bevind dat die ingesteldheid van die waarnemer tydens ’n eksperiment help bepaal of elektrone as deeltjies of golwe manifesteer. Mike stel dit so: “Thoughts become things.” Ons kan lank hieroor redeneer, maar dis die aanname waarop die manifestasie-teorie berus. “If thoughts become things,“ vervolg Mike, “choose the good ones!” Beteken dit as jy op siekte fokus, gaan jy kanker kry, en as jy verbete op ’n rooi sportmotor konsentreer, gaan daar binnekort een in jou motorhuis staan? Ons voel almal aan die lewe is ingewikkelder as dit. Die mate waarin ons ons werklikheid (bewustelik) skep, is ’n moeilike vraag. Maar dit kan pret wees om die redenasies vir eers te systap en dié beginsels as ’n proefneming toe te pas. Jy het min om te verloor, en ’n newe-effek van “choosing the good thoughts” is dat jou gemoedstoestand verbeter elke keer wanneer jy jou fokus in die rigting van dankbaarheid, die goeie dinge in die lewe, en positiewe verwagting swaai. Die manifestasieproses, volgens Mike, lyk so: • Definieer jou begeerte in die vorm van die eindresultaat • Hou dit algemeen • Gaan oor tot aksie • Wees geduldig Begin by die einde Weens ons logiese linkerbreinopvoeding glo die meeste van ons as jy ’n droom het, moet jy die stappe wat tot die verwesenliking daarvan sal lei, vooraf kan uitstippel. Kan jy nie, is dit – of liewer, jy – onrealisties. Aikôna, sê Mike. Sy aanbeveling is: “Definieer jou begeerte in terme van die eindresultaat.” Met ander woorde, kry ’n duidelike beeld van daardie nuwe huis wat jy al so lank begeer. Visualisering (ja, die dagdromery waarvoor sommige van ons kleintyd gestraf is) is ’n belangrike instrument in die manifestasieproses. Maar Mike het ’n paar voorbehoude. Visualisering en die skep van “vision boards” – borde waarop jy prente vasspeld wat jou begeertes verteenwoordig – is beslis kragtige hulpmiddels, veral as jy al jou sintuie inspan wanneer jy dit voor jou geestesoog oproep. Die doel daarvan is egter om jou opgewonde te kry oor die vervulling van jou droom, nie om by jou die verwagting te skep dat dit presies so gaan manifesteer nie. Jy kan ’n collage maak van hoe jou droomhuis gaan lyk, sê Mike, “maar stel jou ook oop vir ander moontlikhede – dalk iets beters! Hou altyd ’n veel groter prentjie in gedagte.” Dit help om te onthou dat dit waarna ons hunker, ten diepste ’n toestand is. Die persoon of situasie waaraan ons ons hart hang, glo ons, sal ons gelukkiger maak. Dis daardie geluk waarna ons smag. Visualisering werk dus die doeltreffendste wanneer jy besef dat die gevoel wat jy (wil) ervaar eintlik die geheime bestanddeel is. Jou uitkoms, glo Mike, moet intellektueel sin maak én goed voel. Dit moenie ’n voorwaarde wees vir ander drome nie, en dit moet algemeen wees. Met “algemeen“ bedoel Mike dat jou eindresultaat nie afhanklik moet wees van spesifieke mense, besonderhede, opeenvolging van gebeure, of tydlyne nie. Om hierdie punt te illustreer, gebruik hy ’n visuele voorstelling van sy “matrix“. Ek kan dit ongelukkig nie hier weergee nie, maar kom dit daarop neer dat elkeen van ons verlangens ’n plek het op ’n kontinuum wat van algemeen na spesifiek loop. Ons algemeenste behoefte is geluk. Dan volg breë begeertes soos lewensonderhoud, oorvloed (abundance), gesondheid, verhoudings en voorkoms. Op elk van hierdie gebiede raak ons oogmerke meer spesifiek. Lewensonderhoud word jou loopbaan, en verfyn dan tot ’n spesifieke posisie, werkgewer en maandelikse inkomste. Verhoudings loop byvoorbeeld van ’n begeerte na romanse na ’n spesifieke persoon wat jy in die oog het. Voorkoms – om goed te voel oor hoe jou liggaam funksioneer en hoe jy lyk – kan so spesifiek word soos ’n sekere teikengewig. Dis maklik om te sien dat die kans om gedetailleerde begeertes vervul te kry, baie skraler is as om omvattender doelstellings te bereik. “Ek wil gelief voel” kan op baie meer maniere realiseer as “Tom Cruise moet so lief wees vir my dat hy sy lewe vir my sal gee”. Selfs al vervang jy Tom Cruise deur jou buurman, kan dit wees dat hy nie beskikbaar is nie of gewoon nie belang stel nie. Mike beklemtoon dit dat ons ander nie kan verander of dwing om by ons verwagtinge in te pas nie. “Hoe meer spesifiek dit is wat jy vra, hoe meer beperk jy die hulp wat jy van die lewe kan kry,” som Mike dit op. “Do not insist upon the path, the players, or the details, but upon the overall change you wish to experience, which will summon the path, players and details for you.” Mike voeg by dat spesifieke mense of situasies selde noodsaaklik is vir die wonderlike lewe wat ons graag wil lei, al moet die meeste van ons ’n aansienlike kopskuif maak om dit te glo. “En as dinge presies gebeur soos wat jy verlang, gaan dit nie noodwendig jou welsyn verseker nie. As ons spesifieke dinge wil hê, gebeur dit so: soms werk dit, soms werk dit nie, en soms wens ons dit het nie gewerk nie!“ Anders gestel: “The best way to find ‘love’- which, incidentally, is just as true for finding money, is to focus less on these ‘by-products’ of a life well lived and more on a life well lived.” ’n Goeie wenk is om byvoorbeeld wat werk betref, nie te fokus op wát jy wil doen nie, maar op hoe jy wil voel wanneer jy dit doen; nie op gesondheid as sodanig nie, maar op alles wat gesondheid vir jou moontlik kan maak; rakende verhoudings nie op wié nie, maar op die uitkoms van ’n nuwe of verbeterde verhouding; ten opsigte van voorkoms nie op diëte, gewig of tydlyne nie, maar op die tevredenheid wat jy (sal) ervaar as jy goed voel oor jouself. Begin dus by die einde. Definieer jou eindresultaat so algemeen moontlik, en vertrou dat die besonderhede vir hulself sal sorg. “Details should be seen as consequences of larger dreams coming true rather than ‘how’ to make them come true.” Gaaf, nou weet jy waarvoor om te wens. Beteken dit jy kan nou salig terugsit? Allermins. Gaan oor tot aksie Die indruk dat al wat jy hoef te doen om ’n rooi sportmotor te kry, is om daagliks na die foto van een te staar, kan nie verder wees van Mike se uitkyk nie. “I teach responsibility,” sê hy. Dit sluit in dat ons volle verantwoordelikheid neem vir wat ons dink, sê en doen, ook vir ons eie geluk. In hierdie trant beveel Mike aan dat jy “aan elke deur sal klop en elke klip sal omkeer om te kry wat jy wil hê.” Die (beduidende) verskil is dat ons grootgemaak is om te glo dat ons manifestasies teweeg gebring word deur dit wat ons beplan en uitvoer. Uit Mike en soortgelyke denkers se oogpunt is ons slegs médeskeppers van ons werklikheid. Ons hoef nie al die wysheid in pag te hê of alles self te doen nie. “Wát jy doen, is lank nie so belangrik as dát jy dit doen nie,” sê Mike. “Wanneer ons tot optrede oorgaan, trek dit magieserwys die regte mense en hulpbronne aan. As jy elke moontlike pad volg, navigeer jy boonop rondom jou eie beperkende oortuigings. Hou aan hulp vra, hou aan om nuwe rigtings uit te toets, hou aan om positief op omstandighede te reageer, hou aan om te innoveer. Moet net nooit die dak oor jou kop op die spel plaas nie. Gee 110%, maar onthou dat jou manifestasie nie van spesifieke omstandighede of besonderhede afhanklik is nie. Die ‘hoe’ kan jou heeltemal verras.” Een van Mike se praktiese wenke is dat jy jou eindresultaat omskryf binne die konteks van een van die algemene velde – lewensonderhoud, oorvloed, gesondheid, verhoudings en voorkoms – en dat jy dan vyf “deure“ lys waar jy in dié verband kan aanklop. Lys nog vyf aktiwiteite vir elke “deur”. As jou eindresultaat kreatiewe, vervullende werk is, binne die konteks van lewensonderhoud, is een van jou “deure” dalk om te skryf. Vyf moontlike aktiwiteite is om jou eie webwerf te begin, ’n boek te skryf, by ’n skryfkring aan te sluit, ’n boekeskou by te woon, en elke dag 15 minute se skryfwerk te doen. Sorg dat jy werk maak van dié idees. Geduld, o geduld As jy op pad is na ’n bestemming waar jy nog nooit voorheen was nie en dis drie uur se ry, lyk die roete die eerste twee uur en 59 minute maar vreemd, sê Mike. Jy moet noodgedwonge vertrou jy is op die regte pad. “Verwág terugslae en teëspoed. Moenie te veel daaroor tob nie. Doen eerder wat jou hand vind om te doen, en hou moed. My ervaring is dat vrees en negatiwiteit ons nie kan terughou nie, solank ons op die eindresultaat bly fokus. Ons is bestem om suksesvol te wees – al kom daardie sukses in ’n gans ander vorm as wat ons verwag.” Tydens die manifestasieproses het ons boonop meestal nie die geringste idee hoe lank dit gaan neem nie. Wat ons binne weke verwag, kan letterlik jare neem. Vir Mike vorm tydlyne deel van wat hy “the cursed hows” noem – die aandrang op spesifieke besonderhede waarmee ons ons eie manifestasies saboteer. Moet sover moontlik nooit vir die lewe ’n spertyd gee nie, beklemtoon hy. Eers met die terugkyk, sal jy agterkom hoe alles in plek geval het. “When do you know it was all spot on? At the end.” Ons tipies Westerse fokus op môre moet gesien word vir wat dit is, en aangepas word. “Die beste deel van die reis is die reis self. Sorg dat jy dit vandág geniet!”
http://www.rooirose.co.za/die-krag-van-jou-denke/
2017-01-27 14:34:38
Transaksionele Analise
In die artikel “Kry jou lewe terug” in die rooi rose van Februarie 2017 praat persoonlike ontwikkelingspesialis Judy Klipin oor “other-centredness”, of wat gebeur wanneer jy ander mense se behoeftes outomaties bo jou eie stel. In die artikel word daar verwys na Transaksionele Analise. Hier kan jy meer oor dié sielkundige benadering lees. Vir party van ons is persoonlike ontwikkeling ’n leefwyse; ander word deur ’n krisis na terapie gedryf. Terwyl die verskeidenheid ortodokse en komplementêre terapievorme bly groei, is daar ’n toenemende neiging om tradisionele sielkunde met energiegenesing te kombineer. Een opwindende voorbeeld is die gesamentlike gebruik van Transaksionele Analise (TA) en Touch for Health (TFH). TA het in die jare sestig begin opslae maak toe psigoanalis dr. Eric Berne se Games People Play en ander boeke topverkopers was. Dié sielkundige benadering het wyd aftrek gekry omdat dit persoonlike en kommunikasieprobleme prakties en verstaanbaar hanteer. TFH is ’n holistiese gesondheidstelsel wat eeue oue kennis van drukpuntterapie en moderne beginsels van fisiologie en biochemie inspan om mense se liggaamsenergie te balanseer. Spiertoetsing – ’n tegniek wat die liggaam laat “praat” – staan sentraal. “Ek werk kognitief en my dogter, Adri, intuïtief,” sê Hendrien Nortjé, maatskaplike werker en TA-terapeut van Pretoria. Adri, ’n media-analis, het ’n deeltydse TFH-privaatpraktyk. “Hoewel ons kliënte nie noodwendig albei terapievorme gebruik nie, is dit verstommend hoe dieselfde kernkwessies wat tydens praatterapie by my na vore kom deur spiertoetsing by Adri uitgewys word – al bespreek ons dit nie vooraf nie. Dit bevestig die beginsel dat ons innerlike wêreld, wat ons gedrag en belewing van die werklikheid bepaal, op sellulêre vlak vasgelê is. Deur dit met terapeutiese gesprekke of liggaamstegnieke na die oppervlak te bring, kan issues nuut benader of deur energiebalansering opgelos word. Dan is ons nie meer die slagoffers van emosionele wonde en gekondisioneerde patrone nie, maar vry om heilsamer keuses te maak. Só kan mense en verhoudings begin blom.” Ons omgang met mekaar TA bied praktiese begrippe wat “transaksies” tussen mense – ons omgang in intieme sowel as minder persoonlike verhoudings – en die dryfvere agter ons optrede en sienswyses belig. Die bekendste is seker die drie egostate: Parent, Adult and Child. Elkeen van ons het ’n innerlike Ouer, Volwassene en Kind: eiesoortige uitdrukkings van denke, optrede en gevoel. Jou Child verteenwoordig al die “kinders” wat jy ooit was. Soos in jou kinderjare soek dit soms goedkeuring, voel dit angstig of rebels, of dans na ander se pype. Jou Parent het die gedagtes, gedragswyses en waardes (insluitende vooroordele) van jou versorgers, gesagsfigure en kultuur geabsorbeer. Dit vertel jou graag hoe jy “behoort” te funksioneer. Jou Adult het uit ervaring van die werklikheid gegroei en kan onafhanklik dink en gepas in die hier en nou reageer. Dis vry van illusies, soos dat ander jou kan beheer. Soms sê jy vir jouself: “Hoekom het jy dít gaan staan en doen?” of “knap gedaan!” Ander kere raak jy vies vir iemand in ’n magsposisie, en dan wil ’n deel van jou hom toetakel terwyl ’n ander deel sê: “Stop!” ’n TA-analis sou verduidelik dat dit jou Parent was wat jou Child aangeprys of gekritiseer het. In die tweede voorbeeld wou jou Child iemand uit woede bykom, maar jou Adult het halt geroep. Bewustheid van wanneer jy (en ander) vanuit ’n sekere egostaat reageer, kan nuttig gebruik word om konfliksituasies te ontlont. Transaksies “kruis” wanneer een persoon vanuit die Parent of Child en die ander vanuit die Adult optree. Die doel van terapie is om jou Adult die meeste van die tyd aan die stuur te kry sodat jy jou éie waarheid leef en ongekondisioneer reageer. Tog bly jou Parent en Child ook in die prentjie. “Mense wat kleintyd trauma ervaar het, se Child het dikwels reparenting nodig,” sê Hendrien. “Ek gebruik aanvanklik my Parent daarvoor, maar later leer hulle om hul eie Parent in te span.” TA kyk ook na jou life script, ’n onbewuste lewensteks wat jy as kind begin skep het om “in ’n wêreld soos dié met mense soos dié te kan oorleef”. Dit bepaal wat oor en oor in jou lewe gebeur, of jy nou telkens terugval in ’n verslawing of onsuksesvolle verhoudings manifesteer. “Dalk het jou ouers baklei toe jy twee jaar oud was en omdat kinders op daardie ouderdom egosentries leef, het jy besluit dis jou skuld. Jy is dus sleg. As jy jou script kan verander deur nuwe bane in die brein te vorm, kan jy ander keuses maak. Die oomblik as jy verstáán, is daar vryheid.” Juis hier kan TFH ’n groot rol speel. “Omdat die script in die liggaamselle gevorm word, word dit nie so maklik deur praatterapie ontsluit nie. Daarby het baie van ons verleer om na die natuurlike intelligensie van ons lyf te luister. Ons word van kleins af aangespoor om ons liggaam met ons verstand te beheer; ons het vooropgestelde idees oor hoe om lief te hê, te eet of te slaap, pleks van om na binne te gaan en te hóór wat ons liggaamswysheid sê. TFH kan die kloof tussen kop en lyf help oorbrug.” Ander TA-begrippe sluit injunctions en drivers in. Injunctions is nieverbale opdragte of voorskrifte wat ouers weens hul eie verwonding onbewustelik aan hul kinders oordra, wat hul geluk en gesondheid nadelig raak. Injunctions is moenies: moenie bestaan nie, moenie grootword nie, moenie sukses behaal nie, en so meer. Op grond hiervan neem kinders besluite wat hulle lewenslank kan skaad. Drivers word ook onbewustelik oorgedra, byvoorbeeld: wees sterk, wees perfek, probeer harder. “Baie Suid-Afrikaanse mans kry die ‘wees sterk’-boodskap en leer nooit om hul gevoelens uit te druk nie. Soms word injunctions en drivers saamgegooi om oortuigings te vorm soos ‘ek mag net bestaan as ek perfek is’.” Met hierdie en ander instrumente help Hendrien individue, paartjies en gesinne om van hul leefwêreld sin te maak en dit positief te verander. “Enige uitdaging, behalwe ernstige psigiatriese probleme, kan doeltreffend hanteer word.” Klem op die lyf “Touch for Health kan talle fisieke en emosionele kwessies help verlig,” sê Adri Nortjé. “Soms kom iemand bloot weens spierspasmas, maar my eintlike belangstelling is verhoudings, gewigsverlies en voeding, insluitende allergieë. In die eerste sessie balanseer ek kliënte se postuur, ingesteldheid en lewensenergie. Ek werk met veertien spiere wat die hart, lewer en longe insluit. Kinesiologie of spiertoetsing, waartydens ek ’n ligte drukking op ’n arm of been uitoefen om te sien of ’n sekere spier sluit of nie, dui aan waar blokkasies is en watter tegnieke ek kan gebruik om die energievloei te herstel. Spiere hou met spesifieke emosies verband, wat uiteindelik ’n volledige prentjie van die kliënt se welsyn gee. Hoewel dit nie ’n gewone masseersessie is nie, verlig dit fisieke en emosionele spanning en pyn.” Tweede en daaropvolgende sessies fokus op diepliggender kwessies. “Hier gebruik ek klank- en kleurterapie. Deur spiertoetsing kry ons maklik toegang tot trauma wat in die selle gestoor is, en deur die gebruik van klank of kleur raak ons daarvan ontslae. Dis verstommend hoe so ’n proses mense die energie gee om agterna lewensveranderings te maak of hul sê te sê.” Adri se eie verhaal illustreer die geneeskrag van TFH. “Toe ek in die laerskool was, het ’n matriekdogter my seksueel gemolesteer. As tiener het ek gewigsprobleme ontwikkel en deurentyd gevoel daar is fout met my – ek het probeer kompenseer deur ander te plesier, perfek te wees en nooit foute te maak nie. “Pogings om hierdie trauma deur terapeutiese insette te verwerk, het net ge-deeltelik gehelp. Jare later, toe ek tydens my opleiding as TFH-terapeut die ‘kliënt’ was, het ’n spiertoetstegniek dié verwonding uitgewys. Dit het ook aangedui dat ek die beste op klankterapie sou reageer. Die klank wat ek moes gebruik om die trauma te verwerk, was om te kreun – jy kan ook skree, lag, sing of sug. “Al het dit ure geneem, kon ek die trauma herleef en laat gaan sodat dit op ’n sellulêre vlak nie meer deel van my was nie. Agterna was ek onbeskryflik verlig, maar ’n week lank doodmoeg en depressief. Dit was ’n gróót skuif nadat my lyf so lank aan daardie negatiewe energie moes dra. Daarna het ek oor ’n lang tydperk die ekstra gewig verloor. Daar was nie meer ’n ‘gat’ wat ek met kos moes vul nie.” Die ongewone kombinasie van ’n gevestigde sielkundige benadering soos Transaksionele Analise en die liggaamsgerigte Touch for Health maak nuwe deure oop – veral vir mense wat na binne én buite meer geïntegreerd wil leef.
http://www.rooirose.co.za/transaksionele-analise/
2017-01-16 05:00:18
Alkoholgebruik: op die waterkar
Al ooit gewonder wat ’n maand sonder alkohol vir jou gesondheid kan doen? Sommer baie, sê dié wat die drankies ’n maand lank vir water verruil het. En een van die grootste voordele? ’n Mooier vel en minder plooie. Ná die oordaad van die vakansie en Januarie se dun beursie is dit in elk geval ’n goeie idee om ’n nuwe blaadjie om te slaan. Wat sê die wetenskap? • Die hoeveelheid vet in jou lewer neem met 15% af. Hoekom is dit belangrik? ’n Oormaat alkohol laat vetselle in die lewer ophoop wat later tot permanente skade en lewersirrose kan lei. New Scientist het ’n studie onder vrywilligers gedoen waar tien mense vir dertig dae geen alkohol gebruik het nie, en vier hul gewone gang gegaan het. Die vrywilligers was gewone sosiale drinkers, nie mense met ’n alkoholprobleem nie. Die goeie nuus is dat selfs net dertig dae se geheelonthouding ’n verskil van 15% gemaak het. • Jy verloor gewig. Hoekom? Alkohol is hoog in kilojoules wat jy selde as deel van jou dieet inreken. In die New Scientist-studie het vrywilligers in ’n maand 2% van hul liggaamsgewig verloor sonder om te oefen of minder te eet. • Baie alkoholiese drankies is gelaai met suiker. Dis leë kilojoules sonder voedingstowwe wat jou gewig laat aansit. Jou liggaam kan nie alkohol stoor nie en daarom kry die metabolisering van alkohol voorrang. Dit beteken jou liggaam kan nie vette en suikers doeltreffend verwerk nie, wat jou metabolisme vertraag en jou gewig laat aansit. • Jou vel is minder ontwater en lyk vogtiger. Dit het ook vel-aandoenings soos rosacea, ekseem en skilfers verbeter. • Jy slaap beter. Alkohol maak jou aanvanklik lomerig en jy raak maklik aan die slaap, maar dit kan jou slaappatroon benadeel as jy laat saans iets drink. Dit beïnvloed die gehalte van jou slaap omdat die prosessering van alkohol diep slaap kan verhinder. Volgens dr. André van Jaarsveld van BSS-Africa, wat in uitputting en slaapprogramme spesialiseer, neem elke drankie sowat ’n uur om uit jou stelsel te werk. As jy voor agt in die aand twee glase wyn drink, sal dit eers teen tienuur uitgewerk wees. Die bevindings van ’n studie wat in die joernaal Alcoholism: Clinical and Experimental Research gepubliseer is, toon dat drankies kort voor slapenstyd die alfagolfpatrone in jou brein laat toeneem, wat ’n aanduiding is dat drinkers slegter slaap. • Mense wat drink terwyl hulle eet, eet tot 30% meer as dié wat nie drink nie. Navorsers meen dat alkohol jou sintuie verskerp wat jou meer laat eet. Dit breek ongelukkig ook jou wilskrag af en jy sê moeiliker nee. • Alkoholgebruik kan jou risiko op kankers van die mond, lewer, bors, kolon en rektum laat toeneem. • Sukkel jy met sooibrand? Eerstens sneller die suur in wyn sooibrand, maar die alkohol in drankies verslap die klep tussen die maag en die slukderm wat suur in jou slukderm laat opstoot en die binnewand van die slukderm irriteer. Rooiwyn is selfs erger as witwyn. Dertig dae sonder alkohol Dr. Niall Campbell, ’n alkoholverslawingskenner aan The Priory-hospitaal in Londen, verduidelik wat in die loop van ’n maand met jou gebeur as jy van gemiddelde alkoholinname na geen alkohol oorslaan. Ná 24 uur • Jou liggaam begin onmiddellik om die alkohol uit jou stelsel te werk en jou detoks begin sommer dadelik. • Die eerste effek is dat jou bloedsuiker normaliseer. • Jou oë is helder. • As jy gewoonlik met ’n babelas wakker word, sal jy helder dink en sonder ’n hoofpyn wakker word. • Alkohol dehidreer jou en daarsonder sal jou vel dadelik plomper lyk met minder plooie. Alkohol kan die kapillêre vate in jou vel laat swel en so verantwoordelik wees vir die rooi skynsel in jou gesig. • Jou lewer moet oortyd werk om alkohol af te breek. Nou kan die orgaan aan sy normale funksies aandag gee. • Jy slaap dieper en voel meer uitgerus. Ná sewe dae • Jou gemoed voel dalk ligter. Mense drink soms om van hul sorge te vergeet, maar omdat alkohol ’n depressant is, maak dit jou neerslagtiger. • Alkohol laat jou hart harder werk en kan hartkloppings gee omdat dit bloedvate verslap. Daarsonder behoort jou hartklop laer te wees wat oefening makliker maak. • Jy begin gewig verloor sonder die leë kilojoules van alkohol. • Jou slaappatrone behoort ná ’n week te verbeter. Alkohol ontwater jou en dus word jy snags van die dors wakker. As jy dit gereeld moet doen, beïnvloed dit jou slaappatroon. Ná twee weke • Alkohol is ’n groot oorsaak vir sooibrand. Ná 14 dae behoort dit te bedaar. • Jy verloor steeds gewig. Verskuilde kilojoules in alkohol hoop maklik op in vetrolletjies. Een groot glas wyn (250 ml) van 13% alkohol bevat 852 kJ. Dis byna dieselfde as ’n sjokoladestafie (946 kJ), of ’n gewone hamburger (1 071 kJ). Twee glase wyn (1 704 kJ) is ’n ekstra maaltyd – ’n porsie lasagne van Woolworths bevat 1 776 kJ. Ná drie tot vier weke • Jou bloeddruk verbeter. Te veel alkohol verhoog jou bloeddruk, wat verder opgejaag word as jy weens jou drinkgewoonte gewig aansit. Ná ’n maand • Jou vel lyk aansienlik beter. Mense vertel hoe dit jare van hul gesig vee – sonder enige duur roompies en spesiale gesigbehandelings. • Jy behoort vroliker te voel en meer energie te hê. Hoewel alkohol jou aanvanklik opwen, voel jy uitgeput en moeg wanneer dit uitgewerk is. Omdat alkohol ’n depressant is, kan dit jou swartgallig maak. • Jy spaar geld. ’n Goedkoop bottel wyn kos sowat R40. Twee glase wyn (2 x 175 ml) per dag bring jou by 14 bottels wyn per maand. Teen R40 elk spaar jy R560 per maand en ’n reuse R6 720 per jaar. Mense drink gewoonlik meer oor naweke, so jy spaar waarskynlik baie meer. • As jy probeer swanger raak, het jy nou ’n beter kans. Hoeveel energie in jou drankie? As ons gewig wil verloor, rantsoeneer ons kos, maar drankies word nie altyd oor dieselfde kam geskeer nie. Tog kan een drankie sommer ’n hele maaltyd verteenwoordig as jy nie oppas nie. Selfs mense wat hulself as gemiddelde drinkers sien (een gewone grootte glas wyn van 175 ml per aand bevat 595 kJ) kan tot 17 850 kJ per maand deur drankies inneem. Dis 21 balletjies roomys per maand. G’n wonder dis moeilik om die rolletjies in toom te hou nie. Volwassenes wat elke dag drink, kan tot 10% van hul daaglikse energie deur drankies inneem. Met bier moet jy jou storie ken, want boetiekbiere kom in verskillende sterktes en groottes. ’n Gewone blikkie bier (330 ml) bevat sowat 500 kJ. Een klein sopie (25 ml) spiritualieë is ongeveer 218 kJ. As jy boonop mengeldrankies drink, vererger die soet koeldrank waarmee jy die alkohol meng die saak. Een gewone sopie tequila bevat 420 kJ, maar ná jy dit in ’n gevriesde Margarita omtower het, is dit nader aan 2 100 kJ (dieselfde as ’n kaasburger). Boonop proe jy nie die alkohol in yskoue drankies so maklik nie, en is die kans dat jy dit vinnig drink en nog een bestel baie groot. Glase het ook deur die jare al hoe groter geword en is nou byna groot genoeg vir ’n goudvis. Wat is ’n sopie? Die aanbevole daaglikse riglyne verskil van lande, maar in Suid-Afrika word gereken dat een sopie 12 g alkohol bevat, wat omtrent gelyk aan 75 ml wyn is. Suid-Afrika val onder die eerste twintig lande wat alkoholverbruik betref. En 58% van padongelukke gebeur weens alkoholmisbruik. Veilige alkoholverbruik is sowat 12–14 eenhede per week. Maar dit hang van jou geslag en gewig af. As jy min weeg en vroulik is, moet jy minder drink. Doen jouself ’n guns en meet hoeveel wyn jou gewone drinkglas by die huis bevat. Dis waarskynlik meer as wat jy dink. Skinkers het ook ’n veel swaarder hand wanneer hulle hardehout en ander drankies by die huis skink.
http://www.rooirose.co.za/alkoholgebruik-op-die-waterkar/
2017-01-12 11:33:30
Brooklyn Bubbles terug in Pretoria
Die suksesvolle en hoogs verwagte Brooklyn Bubbles keer in 2017 terug na Pretoria, dié keer uitgestrek oor twee dae – Vrydag en Saturdag (3 & 4 Maart). Die fees sal meer as 20 van Suid-Afrika se beste Méthode Cap Classiques insluit, asook sjampanje wat al die pad uit Frankryk ingevoer is! Vonkelwyne wat getoets sal word sluit in Avondale, Champayne Nicolas Feuillatte, Charles Fox, Domaine des Dieux, Champayne Taittinger, Luc Belaire, Villiera, Montpellier de Tulbagh, Genevieve MCC en Paul Rene. Musiek, soesji, oesters, charuterie en ’n keuse van plaaslike en ingevoerde kase plaas die kersie op die koek. Dié fees beloof om ’n hoogtepunt op almal se sosiale kalender te wees. Kaartjies vir hierdie BBP (VIP)-gebeurtenis beloop R600 vir die Vrydag en sluit sjampanje en kos in. Saterdag se kaartjies beloop R300 per persoon en sluit toegang tot die fees, ’n komplimentêre proe-glasie en 15 proe-koepons in. • Waar: Brooklyn Mall (In ’n markiestent reg langs Tashas in Veale straat) • Datum: Vrydag (3 Maart) vanaf 18h00 tot 22h00 en Saterdag (4 Maart) vanaf 12h00 tot 17h00 • Besprekings by www.webtickets.co.za • Sosiale media: #BrooklynBubble
http://www.rooirose.co.za/brooklyn-bubbles-terug-pretoria/
2017-01-23 12:14:16
5 van ons beste pastaresepte
Osso Bucco Pasta Genoeg vir 6 • sout en gemaalde swartpeper • 250 ml (1 k) koekmeel • 1,5 kg (sowat 6) gesnyde beesskenkels • 60 ml (¼ k) olyfolie • 1 ui, gesny • 3 knoffelhuisies, gekneus • 250 ml (1 k) vrugtige rooiwyn soos Pinotage • 500 ml (2 k) hoenderaftreksel • 2 x 410 g-blikke kersietamaties • 4 lourierblare • 30 ml (2 e) tamatiepasta • 15 ml (1 e) suiker • 500 g (1 pak) gaar penne-pasta Voorverhit die oond tot 180 ºC. 1 Geur die koekmeel na smaak en rol die beesskenkels hierin. Verhit olie in ’n groot, oondvaste kastrol en braai die skenkels hierin tot goudbruin. Geur na smaak, haal uit en hou eenkant. 2 Braai die ui in dieselfde kastrol vir 5 min. tot sag. Voeg die knoffel by en braai vir 1 min. Geur na smaak. Sit die skenkels terug in die kastrol. 3 Gooi die rooiwyn by en prut vir 5 min. Gooi die aftreksel, tamaties, lourierblare, tamatiepasta en suiker by. Sit die kastrol in die oond en bak vir 2½ uur of tot die vleis van die been afval. Bedien warm saam met die pasta. Gebakte broccoli-spinasie-en-okkerneut-pastagebak Genoeg vir 6 • 500 g broccoli • 200 g (2 k) rou pasta • 200 g (4 k) spinasie, in repies gesny • 15 ml (1 e) olyfolie • 1 groot rooi ui, gesny • 2 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap • skil van 1 suurlemoen en 15 ml (1 e) suurlemoensap • ’n hand vol basiliekruid, gekap • 250 ml (1 k) vetvrye- ongegeurde jogurt • 100 g (1 k) mozzarellakaas, gerasper • 10 ml (2 t) parmesaankaas, gerasper • 50 g (1/2 pakkie) okkerneute, gerooster en gekap Voorverhit die oond tot 180 ºC. 1 Blansjeer die broccoli vir 5 min. in kookwater en dompel dadelik in yswater. 2 Kook die pasta tot gaar. 3 Spoel die spinasie af, sny die blare in repies en blansjeer vir 3 min. in kookwater. Dompel dadelik in yswater. 4 Verhit die olie in ’n braaipan en soteer die uie en knoffel tot deurskynend. 5 Haal af en roer die suurlemoenskil en -sap, ba­silie­kruid en jogurt by. 6 Meng die broccoli, pasta, spinasie en neute en geur goed met sout, swartpeper en neutmuskaat – sommer lekker baie. 7 Sit in ’n oondbestande bak en strooi die kase oor. 8 Bak vir 15 min. of tot die kaas gesmelt en ligbruin is. Sit voor met ’n slaai. Vinnige Mediterreense pasta Genoeg vir 4 • 125 ml (½ k) olyfolie + ekstra om oor te sprinkel • 250 g (1 houer) kersietamaties met stingels • 400 g fettuccini-pasta • fyn gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen • 125 ml (½ k) fyn parmesaan • 1 knoffelhuisie, gekneus • hand vol pietersielie, gekapte • 100 g (1 pakkie) kalamata-olywe • 2 x 170 g-blikkies fyn tuna, gedreineer • hand vol basieliekruid 1 Maak ’n groot kastrol drie kwart vol water en geur met ‘n knypie sout. Bring tot kookpunt. 2 Sprinkel olyfolie oor die kersietamaties en rooster onder die oondelement tot die skilletjies begin oopbars. Haal uit en hou eenkant. 3 Voeg die pasta by die kookwater en kook volgens die aanwysings op die pak. 4 Meng solank die suurlemoenskil en -sap, parmesaan, knoffel en pietersielie. 5 Dreineer die pasta en meng die suurlemoensous, olywe, geroosterde tamaties en tuna deur die warm pasta. 6 Strooi basiliekruidblare oor en bedien dadelik. Spaanse chorizo-pasta Genoeg vir 6 • 15 ml (1 e) olyfolie • 100 g repiesspek, in stukkies gesny • 250 g chorizo, in skywe gesny • 1 ui, fyn gekap • 4 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap • 1 rooi soetrissie, wit pitjies en vliesies verwyder en in blokkies gesny • 10 ml (2 t) paprika • ’n hand vol basiliekruidblare, grof gekap • 2 x 400 g-blikkies heel geskilde tamaties • 300 g kersietamaties, middeldeur gesny • 1 liter (4 k) goeie hoenderaftreksel • 500 g penne-pasta • gerasperde parmesaan vir opdiening 1 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot kastrol of pastapot. Braai die spek en chorizo vir 5-6 min. daarin tot goudkleurig. Haal uit en hou eenkant. 2 Braai die uie, knoffel en soetrissie vir 5 min. in dieselfde kastrol tot sag. Voeg die paprika by en braai vir nog 1 min. 3 Voeg die basiliekruid, tamaties, kersie-tamaties en hoenderafreksel by en bring tot kookpunt. 4 Voeg die pasta by en kook vir 10 -12 min. of totdat die pasta al dente is (moenie te lank kook nie). 5 Skep die chorizo en spek terug by die pasta en roer deur. Geur met sout en gemaalde swartpeper. 6 Sit met geras-perde parmesaan voor. Gebakte carbonara Genoeg vir 4 • 250 g spekrepies, in blokkies gesny • 400 g (4 k) pennenoedels • 2 middelslaguie, fyn gekap • 1 knoffelhuisie, fyn gekap • 30 ml olyfolie • 6 eiers • 250 ml melk • 250 ml room • 100 g cheddarkaas, gerasper • sout, neutmuskaat en swartpeper • 250 ml ertjies • 150 g mozzarellakaas, in blokkies gesny Verhit die oond tot 180 C. 1 Braai die spek in ’n middelslagpan tot bros. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag en deursigtig. 2 Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie. 3 Meng die eiers, melk, room en cheddarkaas. Geur met sout, neutmuskaat en peper. 4 Skep die pasta in ’n oondvaste bak met ’n inhoudsmaat van 3 liter. Strooi die ertjies oor en gooi die melk-en eiermengsel bo-oor. Druk die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in. 5 Bak tot goudkleurig en geset voor jy smul.
http://www.rooirose.co.za/5-van-ons-beste-pastaresepte/
2017-01-10 11:40:40
Wen met Vita Coco
Wat is lekkerder as ’n verfrissende drankie tydens die warm somersmaande? Koel af, hidreer jou liggaam en geniet die heerlike soet smaak van klapper met Vita Coco se reeks gesonde klapperwater! Dit is 100% natuurlik en propvol vitamiene, kalium en elektroliete. Boonop is Vita Coco beskikbaar in 4 heerlike geure! Skryf in en jy kan 4 kaste Vita Coco-water wen. Beantwoord die maklike vraag en voltooi die vorm om in te skryf. Bepalings en voorwaardes geld. Sluitingsdatum: 24 Januarie 2017 VRAAG: WAT IS JOU TOPWENK OM GEHIDREERD TE BLY? Naam * Van * Kontaknommer * Posadres * Fisieke adres * E-posadres * Het jy die reëls en voorwaardes gelees? * Ja Nee Mag rooi rose jou van enige spesiale aanbiedinge laat weet? * Ja Nee
http://www.rooirose.co.za/wen-met-vita-coco/
2017-01-17 16:00:40
Wasdag
~ Wanneer jy in ’n nuwe wasmasjien belê, is daar meer faktore as net hoe skoon die masjien was. Deur Cornel Dunn
http://www.rooirose.co.za/wasdag/
2017-01-02 06:00:09
Swierig in swart en wit
~ Daar is baie wat verkeerd kan gaan met swart-en-wit dekor wat hierdie seisoen se grootste neiging is, maar as jy dit met ’n ligte hand aanpak, kan dit enige vertrek in ’n ontwerperspasie omskep. Deur Cornel Dunn
http://www.rooirose.co.za/swierig-swart-en-wit/
2017-01-22 05:00:17
Detoks jou voorkoms
1 Bly een dag per week grimeervry Só sê dr. Ian Webster, ’n Kaapse dermatoloog en eienaar van dermastore.co.za. Grimering, en veral onderlaag, kan 20-25 bestanddele bevat, onder meer preserveermiddels en pigmente. Wanneer jy een dag per week nie grimering dra nie, gee jy jou vel kans om asem te haal en natuurlik te funksioneer. Dis op die dag ook nie nodig om jou gesig diep te reinig nie omdat dit jou vel kan uitdroog. 2 Hou vervaldatums in ag Altesame 97,4% van die studente wat aan ’n gevallestudie (Investigation on the Use of Expired Make-up and Microbiological Contamination of Mascara), deelgeneem het oor die gebruik van grimeermiddels wat reeds verval het, het erken dat hulle hulle nie aan die vervaldatum steur nie. Altesame 70% van dié groep het maskara gebruik wat skadelike bakterieë bevat en tot ooginfeksies kon lei. Gooi liewer ou produkte weg as om geld aan medikasie te bestee! Daar behoort op die agterkant van die meeste verpakkings ’n simbool te wees wat soos ’n oop dekseltjie lyk met die aantal maande daarby, sê maar 12 m, sodat jy met die oopmaakslag al die vervaldatum in gedagte kan hou. Die Amerikaanse skoonheidskenner en skrywer Paula Begoun het algemene riglyne saamgestel: Grimering • Maskara en vloeibare oogomlyners: 4-6 maande • Room- of vloeibare onderlaag: 6-12 maande • Poeierprodukte: 2-3 jaar • Lipstiffie en glans: 2-3 jaar Velsorg • Reinigers: 1 jaar • BHA- OF AHA-afskilferaars: 1 jaar • Bevogtigers en serums: 6 maande tot een jaar “Gooi produkte uit wat snaaks lyk of ruik” Paula Begoun 3 Limfdreinering “Ons limfstelsel verwyder vaskulêre vloeistof en gifstowwe uit die liggaam, maar namate ons ouer word, onaktiewer raak en meer spanning het, word die limfstelsel luier en stadiger,” verduidelik Cindy van der Merwe van Cryoliving in Kaapstad. Met Cryoliving se SleekSculpt-behandeling lê jy in ’n baie groot broek met 24 verskillende lugkompartemente waardeur die lug op en af vloei en druk, wat met limfatiese beweging help. Ons het die behandeling getoets en het ’n effense vermindering van selluliet gesien. Dit is ’n gemaklike en ontspannende behandeling. Ná ses behandelings het ek 11 cm in totaal verloor (maar ook gesond geëet en geoefen). 4 Los die slegte gewoontes Ons kundiges sê watter goeie gewoontes jy moet aanleer om jou vel op sy beste te laat lyk: Die dermatoloog: Dr. Ian Webster • Maak jou gesig skoon voor jy gaan slaap. Jou vel herstel en vernuwe terwyl jy slaap. • Smeer soggens sonskerm aan en wend deur die dag weer sonroom aan. • Gebruik ’n goeie breëspektrumsonskerm met ’n hoë sonbeskermingsfaktor. • Bly binnenshuis op die warmste deel van die dag wanneer UV-bestraling op sy ergste is – veral as jy nie sonskerm aanhet nie. Dit kan tot DNS-beskadiging lei wat velkanker kan veroorsaak. Die estetiese velterapeut: Sonette Donker (en eienaar van skinid.co.za) • Los die sigarette. ’n Roker se vel verouder tien jaar vinniger as ’n nie-roker s’n, veral vanweë die gebrek aan vitamien C. Die vel lyk ook vaal en grys weens ’n tekort aan suurstof, en neem twee keer so lank om te herstel. • Skaal die sopies af, want oormagtige alkoholgebruik kan tot velsensitiwiteit lei. • Eet gesond. ’n Swak dieet kan jou voortydig oud laat lyk en puisies veroorsaak omdat jou vel nie die nodige voedingstowwe kry nie. • Hande tuis. Wanneer jy aan puisies karring en druk, kan dit merke laat en selfs hiperpigmentasie veroorsaak. Die nasionale opleier vir Estée Lauder en Tom Ford, Leila Marx sê: • Moenie jou gesig net met water, of water en seep reinig nie. • Verwyder ooggrimering met ’n geskikte produk, nie baba-olie nie. • Verwyder daardie lae maskara behoorlik sodat jou wimpers nie swak word en breek nie. • Gebruik ’n afskilferaar om te voorkom dat die veltekstuur oneweredig en grof word. Daar is geen produk wat die tekstuur beter sal laat lyk nie. 5 Maskers Wissel jou gewone masker af met een wat onsuiwerhede verwyder soos ’n geaktiveerde houtskool- of kleimasker. ’n Multi-masker is ’n goeie idee: Wend die klei- of houtskoolmasker slegs op die probleemgedeeltes aan, soos die T-sone. Gebruik jou gewone masker op die res van jou gesig. Lees ook: Die beste multi-maskers Houtskoolmaskers Houtskool wat negatief gelaai is, trek soos ’n magneet geaktiveerde bakterieë, gifstowwe, oortollige olie en ander gifstowwe (wat positief gelaai is) uit jou vel. Klei Klei is bekend daarvoor dat dit oortollige olie absorbeer en die vel liggies afskilfer. Ideaal vir olierige of kombinasievelle. 6 Suiwer jou hare Besoedeling beïnvloed ook ons hare. Dit is nie die gifstowwe van motors en fabrieke wat die skade aanrig nie, maar die metale en minerale in kraanwater. Die metale en minerale bou in jou haarvesels op en veroorsaak oksidatiewe skade (’n soort onsigbare roes). Meng asyn met water en spoel jou hare hiermee af, of gebruik ’n opknapper wat histidien bevat. 7 Anti-oksidante “Besoedelingmolekules is vier keer kleiner as dié van jou vel en kan jou vel daarom maklik binnedring. Anti-oksidante help om die skade wat besoedeling aanrig teë te werk,” sê Sonette Donker. Vitamien C en E, resveratrol, groen tee, bessies en granate is almal gewilde en goeie anti-oksidante wat in velsorgprodukte gebruik word. 8 Voorkom inflamveroudering “Inflammaging”, soos dit op Engels bekend is, is die opgeboude velskade wat met verloop van tyd opgedoen word. Die skade word aangerig deur laegraadse ontsteking (inflammasie) wat deur die omgewing, genetika, dieet en persoonlike gewoontes veroorsaak word. Inflammasie is eintlik bedoel om ons te beskerm, maar wanneer daar konstante inflammasie is, word die vel en velstruktuur geleidelik afgebreek,” verduidelik dr. Bradley Wagemaker van Lamelle. ’n Gesonde leefstyl, dieet en produkte wat die vel se natuurlike anti-inflammatoriese respons naboots, kan hiermee help, sê hy. Lamelle Dermaheal is ontwikkel om selveroudering en inflammasie teë te werk. 9 Vitamien C Vitamien C is ’n anti-oksidant, maar is so ’n belangrik dat hy sommer sy eie plek in ons artikel verdien. “Dié vitamien is vir alle mense belangrik, maar veral vir rokers, want een sigaret neem 15 mg vitamien C uit jou vel,” sê Sonette Donker. Ons liggame maak nie natuurlik vitamien C nie, hoewel die vitamien ’n belangrike rol speel in die vervaardiging van kollageen wat help om jou vel helderder, jonger en gesonder te laat lyk, Dis ook goed vir pigmentasie. Dis belangrik dat die produk lugdig verpak is om dit stabiel te hou. As die room in ’n pot is of ’n skroefdoppie het, los dit liewer.
http://www.rooirose.co.za/detoks-jou-voorkoms/
2017-01-12 12:15:57
Lyk stylvol in geel
Geel word beskou as ’n diverse kleur wanneer dit kom by mode, en soos met enige kleur, is die beste raad om jou veltoon as riglyn te gebruik om te bepaal watter skakerings jou gelaatstrekke komplimenteer. Helder skakerings van geel is meer gepas vir donkerder gelaatstrekke, en aangesien dit somer is, pas dié skakering ook perfek by bruingebrande veltone. Sagter skakerings van geel is ideaal vir ligter veltone en indien jy ’n meer porselyn-tipe veltoon het, is ligte pastelskakerings van geel die beste keuse. Kikker jou klerekas op met stylvolle geel motiewe en bykomstighede. Komplimentêre kleure vir geel sluit in: Blou, wit, grys en swart. Balans is die geheim, daarom is ons beste raad om jou uitrusting eenvoudig te hou met monotoon kombinasies en geel bykomstighede om jou uitrusting af te rond. Geel van kop tot tone Midi rok (R1899.00) Country Road Maksi-rok (R1299.00) Country Road Moulose rok met borduurwerk (R499.00) Foschini Rok (R507.00) Zara Sjiffonrok (R899.00) H&M Toppies Bloes met frille (R599) Country Road Langmou bloes (R508) Zara Bloes met gedrukte motiewe (R179.00) H&M Rok met frille (R999) Mango Geel bloes (R370) Truworths Broeke en rompe Palazzo driekwartbroek (R449.00) Mango Romp (R563.00) Zara Kortbroek (R149.00) H&M Palazzo broek (R507.00) Zara Romp (R629) H&M
http://www.rooirose.co.za/lyk-stylvol-in-geel/
2017-01-07 00:00:00
Doen dit self: Binnenshuise plante
Binnenshuise plante het jare gelede reeds in huise verskyn (ter versiering), en vandag is dit weer ’n groot gier. Daar is verskeie plante wat binne versorg kan word en lank kan leef. Die pot waarin jy dit plant, is altyd belangrik – daar moet genoeg dreinering wees en dit moet nie op jou vloer of mat, mors nie. Hierdie tipe plante is ook ’n wenner as dit kom by verjaardaggeskenke. Deesdae, met al die waterbeperkings, is dit nodig om plante te plant wat min water verg. Wanneer jou plante binnenshuis is, benodig dit minder water. Dit is dus ’n water-wyse plan om plante in jou huis te sit! Plantspesies wat binnenshuis gebruik kan word Aalwyn Orgidieë Peace Lily Spin-plant Palm Boston-varing Ander plante kan ook gebruik word – hierdie is slegs ’n lys van die mees algemene plante. 7 wenke Wees versigitg vir vlieë. Moenie enige suikerkorrels, koffie- of teedruppels naby die plant laat lê wat vlieë sal lok nie. Moenie jou plante te veel water gee nie. Onthou, hulle ontvang nie direkte sonlig nie. Doen navorsing of vra ’n kundige hoeveel water jy behoort te gee. Dit is een van die grootste redes waarom binnenshuise plante doodgaan. Wanneer jy met vakansie gaan, maak seker daar is iemand wat na jou plante kyk. Mosserige, of kleierige kompos is nie ideaal vir hierdie plante nie. Plante neem ’n tydjie om aan te pas wanneer hulle op ’n spesifieke plek in die huis geplaas word – moenie die plante te veel rondskuif nie. Snoei die plante gereeld sodat hulle nie lank groei nie, maar na alle kante toe uitspruit. Vee die plant se blare met ’n klam lappie of watte. Hier is ’n paar idees: Eva Solo self-water houer (R599) Yuppiechef.com 20 kg Ferox Aloe (R995) Weylandts 10 kg Ferox Aloe (R595) Weylandts Lapsakkies met leer (R419 elk) Yuppiechef.com Sementbakkie met Tillansia-plant (R325) Weylandts Sementhouer met Platyceruim (R320) Plantrakkie (R899.99) Mr Price Home Macrame-planthanger (R240) Hellopretty.co.za Lapsakkies met leerband (R419) Yuppiechef.com Aalwyn Macrame-hangpot (R350) Hellopretty.co.za Eva Solo-blombak (R1 049) Yuppiechef.com Eva Solo-blombak (R1 049) Yuppiechef.com
http://www.rooirose.co.za/doen-dit-self-binnenshuise-plante/
2017-01-16 05:00:16
Kinders & vitamiene
Vir al hul vitamiene As jou kinders elke week hierdie kos kry, kry hulle al die nodige vitamiene, van A, C, D E tot K in. Dit sluit ook al die B-vitamiene in, soos folaat, biotien en niasien. Die superkoslys is: Volroom of 2% laevetmelk, kaas, eier, maer rooivleis, hoender, vis, grondboontjiebotter, groenbone, spinasie, broccoli, alle soorte kool, wortels en tamaties en enige vrugte. Vir al hul minerale Gee jou kind elke week hiervan om die hele spektrum te dek, insluitende kalsium, kalium, magnesium, swael, fosfor, yster, koper, sink, natrium en chloried: Melk, kaas, jogurt, eiers, vis, hoender, vleis, pietersielie, sardiens, grondboonbotter, neute, lewer, hoender, bone, heelgraanpap. Vir al die ekstras Jou kind het ook chroom, jodium, fluoried, selenium en kobalt nodig, wat hy uit dié kosse kry: Heelgraanpap soos hawermout en heelgraanbrood, olyfolie, vleis, melk, jogurt, kaas, gejodeerde sout. Wat van aanvullers? Daar is nie oortuigende bewyse dat kinders wat normale huiskos eet veel by vitamiene baat vind nie. Maar daar is uitsonderings – dié met ’n melkallergie, diabetes, AAHS of AAS en crèche-kinders. Voorkeurlys vir crèche-kinders Hy word aan baie meer kieme blootgestel. Help sy immuniteit bou met sink, multivitamien, mineraalaanvulling, probiotika, omega 3-salmolie (500 – 1 000 mg per dag). Beste ekstras vir diabete Kinders met tipe 1-diabetes het baie goeie vitamien- en mineraalaanvullings nodig omdat die liggaam baie vitamiene en minerale uitskei in sy poging om van oortollige suiker ontslae te raak. Vra jou dieetkundige om die beste aanvuller voor te skryf met die korrekte dosis gegrond op jou kind se gewig. • Kyk veral vir multivitamiene wat yster en sink bevat. • Kinders met tipe 1-diabetes se kanse om hart- en bloedvatsiektes te ontwikkel is 30% hoër as gewone mense s’n. Daarom is dit baie belangrik dat hulle van vroeg af omega-3-aanvullings neem om hulle te beskerm. • ’n Chroom-aanvuller help veral om suikervlakke bestendig te hou, omdat dit die goeie absorpsie van insulien aanhelp. Chroom help ook met die opname van alle vitamiene en minerale. • Nuwe navorsing wys dat daar ’n sterk verband tussen ’n vitamien D-tekort en diabetes is. Jy kan jou kind se vitamien D-vlakke deur ’n bloedtoets laat bepaal. Vitamien D beskerm die hart en pankreas en help met konsentrasievlakke. Ekstra vir kinders met melkallergie Sy skelet moet op ander maniere gebou word. Sorg vir 1 000 mg kalsiumaanvuller per dag, verdeel in twee dosisse van 500 mg sodat die liggaam dit beter opneem. Kies ’n aanvuller wat vitamien D bevat. Multivitamien & mineraalaanvuller. As jou kind asma of gereelde lugweginfeksies soos brongitis kry, maak seker sy mineraalaanvuller bevat 10-15 mg sink ook. Beter konsentrasie vir kinders met AAHS en AAS Help sy brein optimaal werk met 1 000 mg omega-3-olies (salmolie is die beste), multivitamien, mineraalaanvuller met sink en yster. Onthou vitamien L Dit is die belangrikste van almal. Dosis: Oordosering onmoontlik Wat dit doen: Waarborg gelukkige, gebalanseerde kinders Bron: Ma se hart
http://www.rooirose.co.za/kinders-vitamiene/
2017-01-26 13:35:32
Meisiesnit die nuwe kêrelsnit-jean?
Hoewel die meisie- en kêrelsnit-jean soortgelyk is, vervang die een nie die ander nie, maar skep dit eerder nóg ’n keuse om jou uitrustings te bepaal. Die nuwe meisiesnit-jean is ’n stylvoller en netjieser weergawe van die sorgvrye kêrelsnit-jean. Dit is egter nie dieselfde as die jeans wat jou ma destyds in die 90’s hoog bo haar heupe gedra het nie. Met ’n effe meer gekurwe snit rondom die heupe en bene, sorg die meisiesnit-jean vir ’n fyn en vroulike silhoeët. Boonop is dit ’n pasmaat vir enige item in jou kas wat jy reeds saam met jou ander denims kon dra. ’n Paar kenmerke wat die twee van mekaar onderskei Meisiesnit • Slanker om die bene • Nouer om die heupe • Denimmateriaal is effens dikker Kêrelsnit • Sit baie los om jou bene en heupe • Growwer denim • Gewoonlik meer geskeurde detail as die meisiesnit Dra dit so Kies die meisiesnit-jean vir ’n verfynde voorkoms, sonder om die gemaklike en sorgvrye gevoel te verloor. As jy bang is dat jou bene sy vorm in die lospassende snit verloor, trek skoene met ’n oop enkel aan en rol jou pyp rofweg op. Wissel jou uitrusting met tekkies en ’n T-hemp vir ’n gemaklike voorkoms, of ’n meer elegante spykerhak. Trek aandag met groot en kleurvolle bykomstighede wat jou voorkoms vrolik afrond. Meisiesnit-jean (R629) H&M Oopskouertoppie (R299) Foshini Oranje kralehalsnoer (R179) Miladys Vlootkleure armbande (R119) Miladys Swart Spykerhakskoene (R1399) Aldo Luiperdpatroon palmbeursie (R188,51) Accessorize
http://www.rooirose.co.za/meisiesnit-die-nuwe-kerelsnit-jean/
2017-01-30 05:00:22
Kaleidoskoop se gunstelingseisoen
Gunsteling Seisoen kom bykans vier jaar na Kaleidoskoop hul eerste album vrygestel het. Joube en Anique Jordaan, lede van die groep, sê hulle is baie opgewonde oor die album se vrystelling. “Die afwagting in ons harte groei by die dag.” “Ons hoop en glo, met elf nuwe oorspronklike liedjies uit ons albei se penne, asook twee oorspronklike Engelse verwerkings van bestaande liedjies, dat dit die lang wag werd gaan wees!” Die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album getiteld Wegbreek, is reeds gedurende November 2016 aan radiostasies landwyd uitgereik en die musiekvideo vir hierdie liedjie word eersdaags bekendgestel. Gunsteling Seisoen word op 24, 25 en 26 Maart 2017 by die Atterbury Teater in Pretoria bekendgestel en kaartjies kan by Computicket bespreek word. Vir meer inligting oor dié groep gaan na www.kaleidomusiek.co.za
http://www.rooirose.co.za/kaleidoskoop-se-gunstelingseisoen/
2017-01-30 11:00:50
Baba- en kleuterkamerdekor vir ’n moderne mamma
Wanneer jy die kamer begin beplan, hou in gedagte dat jy nie nét by kinderafdelings in winkels hoef te kyk nie. Kies ’n tema waarvolgens jy gaan werk en hanteer dit soos ’n proses. Jy moet vroegtydig begin beplan – só kan jy ook elke maand ietsie aankoop (dit help met die uitgawes!) Stappe om te volg 1. Kies jou kamer 2. Begroting 3. Tema 4. Kleurskema 5. Afmetings (sodat jy weet waar groter meubels sal inpas) 6. Aankope 9 slim wenke • Indien die kamer geverf moet word, doen dit vroegtydig sodat die kamer genoeg kan oopstaan voordat jy die dekor aanpak. • Kies ’n persoonlike item wat jy graag in die kamer wil hê, soos ’n skildery of kombersie uit jou kleintyd. Die kleure wat in daardie item voorkom moet vir jou ’n aanduiding gee van watter kleure jy in die kamer gaan gebruik. • Maak seker dat, wanneer jy aankope doen, alles wasbaar is. Alles moet gewas kan word sodat wanneer daar ’n glips was, jy nie moeite hoef te doen om dit met die hand te was nie. • Voeg iets persoonlik (soos foto’s in rame), by die aantrektafel. Dit verskaf stimulasie en jou kinde sal só die mense begin leer ken. • Maak seker jy het ’n gemaklike sitplek vir daardie laataande of vroegoggende. • Beligting in ’n babakamer is belangrik – soms wil jy die kamer ordentlik belig hê en ander tye slegs ’n flou liggie. Maak seker dat jy dit so kan stel. • Begin met die kot. Die regte kot is ’n groot besluit en dis nie altyd beskikbaar nie. Jy het nodig om te weet hoe groot jou kot gaan wees voordat jy die res van die kamer kan beplan. • Stoorplek. Beplan jou stoorspasie slim! Waar gaan jy die doeke, room en ander toiletware bêre? Maak seker jy het genoeg praktiese stoorplek. • Beplan ’n kamer wat jy nie te veel hoef te verander nie. Onthou, kinders word vining groot. Dit kan baie duur raak as jy die kamer elke nou en dan moet verander. Hier is ’n paar items wat nou in die winkels beskikbaar is.:
http://www.rooirose.co.za/baba-en-kleuterkamerdekor-vir-n-moderne-mamma/
2017-01-30 05:00:31
Donnalee Roberts se top wenke
Wie is jou top plaaslike ontwerpers? Vesselina Pentcheva Mode-ontwerper. Haar werk is letterlik die mooiste mooi en haar liefde vir wat sy doen kan in elke detail van haar werk gesien en gevoel word. Ek het al die voorreg gehad om van haar lieflike rokke na baie geleenthede te dra en elke keer voel dit vir my of haar rokke net mooier en mooier word! www.vesselina.co.za Marion Rehwinkel Juwelier. Marion se werk is kuns! Sy het al twee roosgoud ringe vir my gemaak wat my letterlik laat voel asof ek klein kunswerkies aan my vingers dra. Ek bewonder die sorg en detail wat in haar werk gaan, dis werklik besonders. www.marionrehwinkeljewellery.com Willem Boshoff (Burgundy Collective) Willem is ’n fenominale entrepeneur en besigheidsman wat die mooiste leersakke en -bykomstighede ontwerp. Hy en sy wonderlike span mense van die maatskappy, Burgundy Collective, vervaardig leerprodukte wat van die hoogste kwaliteit en waarde spreek. www.burgundycollective.com Wat is jou top skoonheidswenke? • Ek gebruik Neostrata se produkte en te danke daaraan is my vel ten alle tye gevoed, gesond en gelukkig. • Al is jy hoe moeg of al is dit hoe sleg om eers jou grimering af te haal voordat jy gaan slaap nadat jy ’n lang dag of aand gehad het , voel dit nog aakliger en is dit nog slegter vir jou vel (en jou gemoed), om met ou grimering wakker te word. • Water, water, water! Dis moeder natuur se grootste geskenk aan ons, dit voed jou vel en liggaam én reinig jou wat so nodig is in vandag se dolle gejaag, stres, besoedeling en gifstowwe wat ons van alle kante af inkry. As ek voel dit raak te vervelig, hou ek daarvan om groot stukke pynappel in my water te gooi, dit geur die water heerlik. • As aktrise hoop ek om my voorkoms nog baie te kan verander om verskeie karakters uniekheid te gee, maar ek dink dis baie belangriker om jou gesondheid op te skerp as jou voorkoms. Jy het net een liggaam waarin jy ’n leeftyd moet leef en hoe gesonder jy van binne is, hoe meer gaan jou voorkoms na buite straal. KYK OOK: Agter-die-skerms foto’s by Donnalee se voorbladfotosessie vir rooi rose: Wat is jou stylwenke? • Dra dit waarin JY gemaklik en mooi voel, nie wat ’n Instagram feed sê is mode of mooi nie. Hoe gemakliker jy voel in iets, hoe stylvoller en mooier en met meet selfvertroue gaan jy dit dra. Jy kan die mooiste uitrusting in die hele wêreld aanhê, maar as jy nie gemaklik in jou eie vel voel nie, beteken dit niks. • Vind ’n persoonlike styl wat jou liggaamsbou komplimenteer, sodat jy nie heeltyd jou klere moet op of af of reg trek nie. • Die regte onderklere is baie belangrik, dit moet jou lyf komplimenteer en by jou uitrusting pas. • Mooi versorgde naels, vel en hare is baie mooier as enige bykomstigheid. Ek is bevoorreg om by Veaudry International in Johannesburg en Tosca Salon in die Kaap my hare te laat doen. Dit is wonderlik dat die gesondheid en toestand van my hare altyd ’n prioriteit is. • Moenie bang wees om met klein details te eksperimenteer nie, dit druk jou eie unieke stempel op jou styl af. • Kies grimering wat jou beste eienskappe beklemtoon (veral ’n onderlaag wat 100% by jou velkleur pas). Ek gebruik Temptu SA se airbrush-grimering. Dit is wonderlik want dit het ’n ‘flawless finish‘ wat betekend dit bedek alles maar is so lig dat my vel steeds voel asof dit asemhaal. • Parfuum is my gunstelingbykomstigheid en dis ook die lekkerste kompliment om te kry as iemand dink ek ruil lekker! Watter woorde beskryf jou? Ek weet nie noodwendig of hierdie woorde my beskryf nie, maar dis definitief eienskappe wat vir my baie belangrik is en waaraan ek daagliks werk. • Dankbaar: ek is oneindig dankbaar om te kan droom en om gesond genoeg te kan wees om kliphard aan daardie drome te werk. Ek maak ’n punt daarvan om dankbaar te wees vir alles wat ’n mens so dikwels as vanselfsprekend aanvaar – om te kan sien, om te kan hoor, om vrylik te kan beweeg, om te kan lag. Ek is dankbaar vir al die guns wat al op my lewe neer gereën het, en ek is net so dankbaar vir al die swaarkrytye want dit het my gevorm, ek het daaruit geleer en gegroei en dit het my uitkyk ten opsigte van die mensdom en die lewe gevorm en my geleer om begrip te hê (al stem ’n mens nie altyd saam nie). • Om Joyous te wees en om JOY in alles te vind. Nehemia 8:10 sê: “The Joy of the Lord is your Strength” … jy is tot alles in staat deur God wat jou krag gee. • Hardwerkend: ek glo met my hele hart dat daar nie ’n ding bestaan soos: “’n droom wat TE groot is nie.” Dit hang van jou af hoe hard jy bereid is om te werk om daardie droom ’n realiteit te maak. • Passievol: as jy nie passie vir die lewe en dit wat jy daagliks aanpak kan vind nie, gaan jou lewe ’n baie lang en vervelige reis word. Wat is die 10 beste flieks wat jy al gekyk het? Forest Gump, Life is Beautiful, Amélie, The Notebook, About Time, Fight Club, Dirty Dancing, Shawshank Redemption, Pad na jou Hart, Vir Altyd. Ons twee films is soos my kinders, daarom kon ek hulle nie uitlos nie. 🙂 Wat is die grootste mylpale wat jy al bereik het? Dis die grootste voorreg om te kan werk en leer en groei in ’n industrie waaroor ek SO passievol is, en om deel te kan wees van ’n groep pioniers wat saam kliphard werk om hierdie industrie te laat groei. Dit inspireer en motiveer my daagliks om net nog harder te wil werk. Pad na jou Hart en Vir Altyd was twee van my grootste drome. Ek het nog nooit so hard gewerk soos met daardie twee projekte nie en daarom is dit ook die grootste mylpale wat ek al die voorreg gehad het om op ’n professionele vlak te kon bereik. Wie dink jy sal ’n interessante groep mense wees om saam om ’n tafel mee te kuier? My ma, my pa, Ivan (Botha), my Ouma Lenie, Moeder Theresa, Nelson Mandela, Robin Williams en Meryl Streep. Wat is jou kosbaarste besitting? My herinneringe. * Die Februarie 2017-uitgawe van rooi rose is vanaf Maandag, 16 Januarie 2017 op die rakke.
http://www.rooirose.co.za/donnalee-roberts-se-top-wenke/
2017-01-16 11:29:17
Spaarplanne
Ons Suid-Afrikaners is glo maar treurige spaarders, wat boonop nie juis binne ons finansiële vermoëns leef nie. Volgens statistieke spaar ons sowat 15% tot 20% van ons inkomste, wat heeltemal te min is om, byvoorbeeld, vir ons oudag voorsiening te maak. Hoe gemaak as jy nie genoeg gespaar het nie? Hoe spaar jy as jy klaar elke maand sukkel met ’n spul rekeninge en skuld wat handuit ruk? Kort- en mediumtermyn-spaarplanne Die eerste stap om beheer oor jou geldsake te neem is om ’n begroting op te stel. En veral om daarby te hou. In ’n begroting sit jy nie net uiteen wat elke maand betaal moet word nie (motor, skoolfonds, medies, ens.), maar jy moet ook bepaal wat jou kort-, medium- en langtermynprioriteite is. Byvoorbeeld: Is dit vir jou belangriker om vir jou aftrede te spaar (lang termyn), of vir jou kinders se studie (medium termyn)? Neem in ag dat daar “weggesteekte” uitgawes is, soos ’n vinnige koffie op pad werk toe, snoepiegeld vir die kinders, Sondagkoerante … Beplan daarvoor sodat jy nie aan die einde van die maand vasbrand nie. As jy onseker van jou uitgawes is, hou vir ’n maand al jou betaalstrokies. Jy sal kan sien waar jy te veel bestee, veral aan goed wat nie noodsaaklik is nie. Suzelle Jooste, senior regsadviseur by Ou Mutual, sê jy moet eerste die skuld takel waar regstappe dreig, en daarna dié wat die meeste rente hef. Sy sê al gaan dit broekskeur, móét jy jou skuld delg as jy weer op die been wil kom. As jy een rekening afbetaal het, voeg daardie geld by die bedrag wat jy aan ’n ander rekening afbetaal. Sodoende kom jy vinniger uit jou verknorsing. Ou Mutual sê ’n goeie manier om jou geld te bestuur is om dit nie te “sien” nie. As jy debietorders vir die meeste uitgawes het, word jy nie in die versoeking gelei om “net die één keer” nie daardie paaiement te betaal nie. Doen dit ook vir spaargeld – as die geld outomaties uit jou rekening verdwyn, kan jy dit nie mors nie. Vermy “spesiale” aanbiedinge en uitverkopings. Vra jouself af of jy regtig van plan was om daardie goedere te koop. Net as jy van plan was om iets spesifieks te koop is dit sinvol, anders bestee jy net geld aan goed wat jy nie regtig nodig het nie. Wanneer jy wel geld spaar met iets wat jy gekoop het, moenie dan meer koop nie. Bêre daardie geld wat jy gespaar het. Dit kan help om ’n noodfonds op te bou, of om skuld vinniger af te betaal. Spaar is die geheim tot finansiële standvastigheid. Ou Mutual beveel aan dat jy spaar ’n prioriteit maak en elke maand minstens 10% van jou bruto salaris (met ander woorde, voor aftrekkings) spaar. ABS Belasting-en-boekhoudienste sê dit is belangrik om so vroeg moontlik te begin spaar. Pravin Gordhan (Suid-Afrika se voormalige minister van finansies), sê Suid-Afrikaners moet hulself bemagtig deur hul finansiële kennis te verbeter. “Gewone mense moet weet dat finansiële instellings tans regtig in gierige monsters verander het wat wins najaag. Hulle wil nie ryk word deur ’n balans te tref tussen eie gewin en die regte stel etiese en morele beginsels nie.” Finansiële instellings moet mense eerlik oor hul produkte inlig. Hy sê ons moet onsself opvoed sodat ons kritiese vrae oor finansiële produkte kan vra en ons eie finansiële lot kan bepaal. Weet jy byvoorbeeld hoeveel bankkoste jy per maand betaal? Kan jy dalk spaar deur van bank of selfs net rekeningstrukture te verander? Het jy regtig ’n Platinum-rekening nodig as ’n Goue rekening eintlik dieselfde voordele teen verlaagde koste bied? Versekering kan ’n duur, maar nodige uitgawe wees. Maar kan jy dalk ’n beter premie beding? Het jy byvoorbeeld lank nie ’n eis ingestel nie, of die veiligheidmaatreëls by jou huis verbeter? As jy ’n geen-eis-uitbetaling van ’n versekeringsmaatskappy ontvang, spaar dit eerder as om dit op onnodige goed uit te gee. Dag-tot-dag besparings Ou Mutual gee hope raad vir daaglikse besparings. Dit is inderdaad baie makliker om klaarbereide kos te koop en vinnig in die mikrogolfoond te druk, maar deur self kos te maak kan jy baie spaar – én gesonder eet. • As jy self kook, kan jy sorg dat daar iets oor is vir die volgende dag se middagete. Jy sal skrik as jy optel hoeveel jy bestee as jy elke dag ’n toebroodjie vir werk koop. • Moenie te veel varsprodukte op ’n slag koop nie. Te gereeld is daar groente/vrugte in die yskas wat oud geword het. • Wanneer jy iets by die groot maat kan koop, doen dit. Dikwels kos ’n paar items dieselfde as ’n groot pak van ’n betrokke produk. • Beplan jou inkopies en etes vir die week en maand – sodoende koop jy net wat jy nodig het en nie onnodige goed vir “as jy dit dalk nodig het nie”. Vat ’n inkopielysie saam winkels toe – dit help om jou op koers te hou. • Jy hoef nie noodwendig die heel goedkoopste, generiese produkte te koop nie, maar kan minder luukse produkte kies. Het jy regtig die heel duurste koffie nodig, of is die een wat ’n paar rand minder kos ook lekker? • Maar onthou, goedkoop koop, is partykeer duur koop. Koop gehalteprodukte wanneer dit saak maak. Byvoorbeeld: om elke maand ’n effens goedkoper sonneblomolie te koop is nie die einde van die wêreld nie, maar ’n goeie wasmasjien kan jou op die lang duur baie geld en ’n gesukkel spaar. • Indien jy nie seker is oor ’n aankopie nie, wag en dink ’n dag of wat daaroor na. Jy kry dalk klarigheid oor of jy dit werklik nodig het, en of dit nie dalk êrens anders goedkoper beskikbaar is nie. • Suid-Afrika se elektrisiteit word al duurder. Eskom het ’n reeks energiebesparingswenke op hul webtuiste, wat insluit: Skakel alle elektriese toestelle af wanneer jy hulle nie gebruik nie, ook selfoonlaaiers. Deur energiebesparende produkte te koop, kan jy ’n aansienlike verskil aan jou elektrisiteitsrekening maak – sekere gloeilampe gee vyf keer meer lig en hou tien keer langer as tradisionele gloeilampe. Was eerder jou klere in koue water, en vermy die tuimeldroër indien moontlik. As jy met vakansie gaan, maak jou yskas leeg en skakel dit af. Skakel ook die geiser(s) af. Partykeer moet ’n mens besluite neem wat lyk asof hulle ’n groot impak op jou leefstyl gaan hê, maar nie noodwendig so ’n krisis is nie. Die Australiese webtuiste www.savingsguide.com.au stel die volgende leefstylveranderings voor om geld te spaar: * Eet minder uit. * Kies ’n kleiner satelliettelevisiepakket. * Kanselleer jou gimnasiumlidmaatskap en begin stap of draf. * Sluit by die biblioteek aan, eerder as om boeke te koop. * Ou Mutual wys daarop dat jy geld kan spaar deur jou motor goed in stand te hou – deur seker te maak jou bande se druk is korrek, kan jy onnodige slytasie voorkom, asook jou petrolverbruik verbeter. Help jou kinders spaar Prem Govender sê Suid-Afrika het die derde swakste gevaar in ’n opname oor kinders en geldsake. Pravin Gordhan bevestig dit: “Dit is belangrik dat alle Suid-Afrikaners, van die ouderdom van tien af, verstaan wat dit beteken om te beplan en begroot, hoe om ’n bankrekening oop te maak, en hoe om dit te bestuur.” Kenners raai aan dat ’n mens spaar pret maak vir die hele gesin, deur te kyk wie elke week die meeste kan spaar. Daardie spaargeld kan in ’n blik in die kombuis gegooi word sodat die gesin hulleself kan bederf wanneer hulle genoeg geld vir ’n luukse het. Langtermyn-besparings Volgens Ou Mutual se sesde Besparings- en Beleggingsmonitor (2012) het 37% van stedelike Suid-Afrikaners nog nooit ’n finansiële adviseur besoek nie. ABSA sê die voordele daarvan om ’n adviseur se dienste te benut sluit in: • Die verkryging van gespesialiseerde, objektiewe raad wat sal voorkom dat jy die verkeerde besluite neem. • Jy het iemand beskikbaar wat ingewikkelde, tegniese taalgebruik kan ontsyfer. • ’n Adviseur neem jou individuele behoeftes in ag en kan namens jou beter tariewe onderhandel. • Daar is ’n middelman wat omsien na jou belange as jy ’n eis moet instel. • Ou Mutual wys daarop dat voorsiening vir jou aftrede nie eenmalig moet plaasvind nie, maar oor tyd bestuur moet word. Begin so vroeg moontlik voorsiening maak vir jou oudag, en beskou dit as ’n ernstige saak. Wees slim Suzelle Jooste sê dit is algemeen bekend dat baie min Suid-Afrikaners eendag gerieflik sal kan aftree. “Indien mense nie op hul oudag van ander afhanklik wil wees nie, sal hulle betyds moet begin spaar.” Sy sê aftreeannuïteite is ’n slim manier om vir jou oudag voorsiening te maak, asook om nou geld te spaar. Sy sê die primêre voordele van aftreeannuïteite is: • ’n Groot voordeel van die annuïteite is dat dit inkomstebelastingverligting op bydraes bied van tot 15% van jou inkomste wat nie jou aftrede befonds nie. • Dit bied insolvensiebeskerming. Krediteure kan nie op geld in jou annuïteit beslag lê nie. • Vir die persoon wat nie gedissiplineerd genoeg is om te spaar nie, help dit om daardie dissipline te skep. Die persoon word ook teen homself beskerm, want hy kan eers op 55 toegang tot die annuïteit verkry, behalwe in ’n geval van ongeskiktheid. • Aftree-annuïteite kan help om vir bydraes vir mediese skemas ná aftrede voorsiening te maak. Kortom Jy kan die kernpunte van die verskeie kenners se raad soos volg opsom: * Spaar van vroeg af – selfs van kindsbeen af. * Delg jou skuld so gou moontlik. * Bepaal jou kort-, medium- en langtermyn-prioriteite. * Spaar daagliks. * Hou ’n oog op die toekoms.
http://www.rooirose.co.za/spaarplanne/
2017-01-26 10:08:54
Tannie Poppie se broodpannekoek (ons manier)
– genoeg vir 6 Pannekoekbeslag • 250 ml koekmeel • 10 ml (2 t) bakpoeier • 2,5 ml (½ t) sout • 1 eier • 375 ml (1½ k) melk • 5 ml (1 t) gesmelte botter • gerasperde skil van 1 lemoen • 250 g vars of bevrore rooi bessies • 1 rosyntjiebrood, in dik snye gesny • 200 g 70% donkersjokolade, gekap en gesmelt (op die ontvriesstelling vir 1-2 min.) • 1 x 375 g-blikkie karamel • 60 ml (¼ k) botter vir bak LEES OOK: Pannekoek met karamellemoene en gesoute karamelsous Beslag 1 Meng die koekmeel, bakpoeier en sout. Klits die eier en melk goed saam. Voeg die botter en lemoenskil by. 2 Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en klits tot glad. Laat die beslag vir 30 min. rus. 3 Verhit die bessies in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt en roer deurentyd. Verlaag die temperatuur en prut vir 5 min. Trek van die hitte af en laat heeltemal afkoel. 4 Meng die gesmelte donkersjokolade en karamel in ’n groot mengbak. Hou eenkant. 5 Smeer 4 van die snye van die brood met die karamelmengsel, gevolg deur skeppies van die bessies. Sit die res van die snye brood daarop om toebroodjies te vorm. 6 Verhit die botter in ’n kleefwerende pan oor matige hitte. 7 Dompel die toebroodjies in die pannekoekbeslag. Bak vir 2-3 min. aan elke kant of tot goudkleurig.
http://www.rooirose.co.za/tannie-poppie-se-broodpannekoek-ons-manier/
2017-01-16 13:42:40
Van seevakansie tot ISIS-terreuraanval
Hoe voel dit as ’n terroris jou reg in die oë kyk terwyl hy met ’n masjiengeweer op jou en ander mense losbrand wat saam met jou op ’n museumvloer lê? Hoe voel dit as jy ure lank op hulp moet wag en in ’n hospitaal in ’n vreemde land om jou lewe moet veg? Toe Estelle en Johan du Preez van Centurion op 16 Maart 2015 in Rome aan boord van die MSC-passasierskip Splendida gaan, het hulle na ’n besonderse bootreis uitgesien. “Daarna sou ons saam met ons seun Chris en skoondogter Carla wat in Londen woon deur Skotland toer. Dit was ons laaste vakansie voor ek in November (2016) ná 25 jaar as maatskaplike werker by die Weskoppies-psigiatriese hospitaal sou aftree. Johan, vroeër in die motorvervaardigingsbedryf, was reeds met pensioen. “Die Splendida het die Middellandse See na Tunisië oorgesteek en ons was opgewonde oor die daguitstappie op 18 Maart 2016. Dit sou ’n besoek aan die Bardo Nasionale Museum in Tunis en die ruïnes van Kartage insluit.” By die museum was daar tientalle toeristebusse. Binne het Estelle, Johan en ander MSC-passasiers hulle op die eerste verdieping aan die Romeinse mosaïekwerk verwonder. “Ons het uit ’n groot saal in ’n syvertrek uitgestap,” vertel Estelle. “Skielik sê ’n Franse vrou: ‘He’s got a gun!’ Die museum is langs die parlementsgebou, en in die tuin aan daardie kant sien ons toe mans wat op mekaar skiet. Ek sê nog: ‘Hier is ’n jong oorloggie aan die gang,’ toe ons geweervuur in die gebou hoor. Die skote het by die trappe opgekom. Ons het almal teruggebondel in die saal en instinktief platgeval. “’n Terroris met ’n AK-47 het ingestorm. Ek was reg voor hom. Hy het met swart, yskoue oë na ons gekyk en sy geweer heen en weer geswaai terwyl hy die magasyn leegskiet.” “Die skote het oor my kop gegaan,” sê Johan. “Estelle het op haar maag voor my gelê. Ek het gesien hoe haar lyf met die geweld van die skote ruk en omkeer. Haar voet het eenkant toe geswaai en is deur nog ’n koeël getref. Die soldaat en sy maat het omgedraai en is vort. Op ons vloer het dit stil geraak. Die geweervuur is af ondertoe. “Verskeie mense was dood. Ander het begin kreun of kerm van die pyn. Ek wou weet of Estelle kon opstaan. Sy kon nie. Ek het gevra: ‘Waar het jy seer?’ Sy het gesê: ‘Orals. Trek uit jou baadjie en druk dit op my wonde. Ek bloei uit.’ “Ek het my baadjie in haar jeans gedruk. Eensklaps was daar ’n vreeslike slag. Ons weet nou nog nie of dit ’n skokgranaat was nie. Ek het paniekbevange begin rondhardloop om hulp vir Estelle te kry. Niemand kon my verstaan nie. Hulle het óf Arabies óf Frans gepraat.” Intussen het Estelle met haar kop teen dié van ’n Japanse vrou, ook van die skip, gelê. “Ons het ons koppe teen mekaar gedruk. Toe sy ophou druk, het ek besef sy is dood. Johan het teruggekom en ons het mekaar vasgehou en gebid. By tye het ek my bewussyn verloor.” “In ’n stadium het Estelle gesê: ‘Sê vir die kinders ek is lief vir hulle, maar hiér gaan ek nie doodgaan nie,’” onthou Johan. Intussen het ’n gyselaarsdrama hom buite op die parkeerterrein afgespeel. Sowat drie uur later het Johan gesien hoe mense met AK-47’s, gasmaskers en vuurvaste baadjies die saal binnekom. “Ek was vol bloed en hulle wou my wegneem, maar ek het my teëgesit en geskree: ‘My wife! Doctor! Doctor!’ Drie mans het my na die hoofingang gesleep waar dit van die weermagsoldate en polisiemanne krioel het. Hulle wou weet: ‘Het die terroriste baarde gehad? Hoe het hulle klere gelyk?’ “Hulle wou almal wat kon beweeg van die perseel verwyder, maar ek het geweier. Daar binne was Estelle besig om dood te gaan. Sy was op die vyfde draagbaar wat by die trappe afgekom het en ek kon saam met haar in die ambulans ry. Die paramedikus wat haar ’n binneaarse drup moes gee, het so van die skok gebewe dat hy vier gate in haar arm gesteek het. Sy het ’n suurstofmasker gekry. Ek het by haar kop gesit en bly sê: ‘Haal asem!’ “Ons is na ’n staatshospitaal – die private hospitale was vol – en dit was weer ’n gesukkel met die Engels. Toe Estelle op ’n trollie verdwyn, het ek besef ek moes ons besittings op die skip gaan kry. Daar het ek gehoor dat 16 van die 24 mense wat dié dag omgekom het van die Splendida was. ISIS het skynbaar die parlementsgebou geteiken waar daar ’n bespreking oor terrorisme sou wees, en toe hulle nie toegang kon kry nie, het hulle die museum aangeval. “Laataand was ek weer by die Habib Thameur-hospitaal. Ons selfoon het net SMS roaming gehad en ek het gesukkel om die kinders in die hande te kry. Toe ek Chris uiteindelik opspoor, het ek gesê: ‘Ek laat weet môre of Ma leef.’ “Estelle het drie skote dwarsdeur haar onderlyf gehad. Een wond was so groot dat ek my hand daarin kon steek. Daar was inwendige beserings aan haar dunderm, blaas en heup, en haar voet het ernstige ligamentskade gehad. Die chirurg wat die noodoperasie gedoen het, het genadiglik in die weermag ervaring van koeëlwonde opgedoen.” “Estelle was aan lewensondersteunende masjiene gekoppel en voorlopig in ’n medies geïnduseerde koma geplaas sodat haar liggaam kon rus. Sy sou die volgende vyf weke in die waakeenheid bly en tien keer narkose kry. Sy sou komplikasies soos inflammasie, die opbou van vloeistof in haar buik en infeksie in die longe moes oorkom. Tydens ’n voetoperasie het sy ophou asemhaal, maar hulle kon haar na ons toe terugbring.” Die dag ná die terreuraanval het Chris en Carla bleek van die skrik in Tunis geland. Johan het vir hulle verduidelik dat Estelle “logies gesproke dood moes gewees het. Dis ’n wonderwerk dat sy nie in die museum doodgebloei het nie. “Dit was ons grootste frustrasie dat Estelle so seer daar lê terwyl ons niks kon doen nie. Normaalweg praat besoekers deur ’n venster met pasiënte in die waakeenheid, maar ons kon elke dag van agt tot agt by Estelle sit. Carla was bang sy word uit die koma wakker terwyl ons nie daar is nie. Ons het vergrotings van gesinsfoto’s op die muur langs haar bed geplak.” “Die hospitaalpersoneel was ongelooflik,” vertel Carla. “Omtrent agt dokters en twee verpleegsters het deurentyd na Ma omgesien. Binne tien dae het sy ons herken en grootliks op haar eie begin asemhaal. Maar sy kon nie praat nie, en die pynmedikasie het haar soms deurmekaar gemaak.” Estelle onthou die drogbeelde wat sy in die koma gesien het – “waarskynlik die gevolg van die trauma en sterk verdowing. Ek was doodbang vir ’n lig in die kamer. Ek het ervaar hoe ek geskiet word en ek wou hê Chris en Carla moes weggaan, want ek was bang hulle word ook geskiet.” Estelle het weke lank ’n pyp in die keel gehad. “Toe ek bykom, kon ek nie woorde vorm nie. Ek het gevrees ek sou nooit weer kon praat nie. Carla het ’n alfabet gemaak, en ons het ook met die oë gekommunikeer tot alles eindelik weer normaal was.” “Estelle se herstelproses het nie glad verloop nie,” sê Johan. “Sodra ons een struikelblok oorkom het, was daar ’n volgende. Ek het gesukkel om positief te bly wanneer ek gesien het hoe swak sy was.” Estelle onthou Johan het op ’n dag gesê sy moenie oor hom bekommerd wees nie, hy sou oukei wees. “Hy het gedink ek gaan sterf. Soms het ek gevoel as ek my oë toemaak, sou ek sommer net wegwaai. Maar dan het ek na Johan, Chris en Carla gekyk, en ek kón nie. Ek was dit aan hulle en myself verskuldig om te herstel.” Lees ook: Estelle du Preez se herstelwenke ná ISIS-aanval Soveel liefde Die Tunisiërs en MSC het uit hul pad gegaan om die slagoffers van die aanval te help. “MSC het hotelverblyf verskaf en topbestuurslede gestuur om verskillende taakgroepe te koördineer,” sê Johan. “Estelle het ’n skaars bloedgroep en toe daar nie bloed beskikbaar was nie, het ons bestuurslid dit gereël. Hulle het my van ’n selfoon voorsien en ook ’n sielkundige uit Rome gestuur. “Die minister van toerisme het almal by die hotel kom ontmoet, en ’n bestuurder verskaf om ons elke dag hospitaal toe te neem. Die hotel het vir ons middagete gestuur én kos vir Estelle – hospitaalkos bly maar hospitaalkos! Estelle het maklik 15 kg verloor.” Toe Estelle beter was, sê Carla op ’n dag haar skoonma haat vuil hare. “Vyf dokters, almal vroue, het hul werk net so gelos en my in die motor geboender om droë sjampoe te gaan koop.” “Ek is dikwels gevra of ek my aanvaller haat,” sê Estelle. “Hy is later doodgeskiet, en kon nie meer skade aanrig nie. Dit is so dat radikale Moslems die aanval uitgevoer het, maar dit was ook Moslems wat ons met die onbeskryflikste liefde omring het. Ons moet ontslae raak van die boksies waarin ons mense plaas. “Die sekuriteitswag by die hospitaal het gehuil toe hy hoor wat met ons gebeur het. Die skoonmaker het soms haar kop op my bors kom sit en gesê: ‘We pray.’ Onbekende Tunisiërs het blomme gebring. ’n Ou vrou in swart klere het deur ’n tolk kom sê sy vra om verskoning dat dit in hulle land gebeur het. “Ek het een keer genoem ek het ’n ‘ding met engeltjies’, en die volgende dag het die fisioterapeut ’n ring met engelvlerkies aan my vinger kom sit. ’n Dokter het vir my ’n Hamsa aan ’n kettinkie gegee – ’n amulet om my te beskerm. ’n Ander het weer van haar ma se tradisionele kos gebring.” “Die personeel het gesê hulle kon sien ons is baie lief vir mekaar,” vertel Carla. “Hulle het gevra tot wie ons bid. Ons het gesê ons is Christene, en interessante gesprekke oor geloof gehad.” Huis toe Op 23 April 2016 was Estelle en Johan terug in Pretoria. “Estelle is per kommersiële vlug op ’n draagbaar vervoer, ’n uitmergelende tog wat altesaam 23 uur geduur het,” vertel Johan. “Sy is in Unitas-hospitaal opgeneem en weens infeksie dieselfde nag teater toe. Haar wonde is nog twee keer onder narkose skoongemaak en twee verdere operasies het gevolg.” Estelle praat met lof van die spesialiste en die verpleegpersoneel. “Ek was maar broos. Een dag was daar ’n voorval in die hospitaalgebou; ’n afkondiging het gelui dat almal vir instruksies moes wag. Ek was angstig omdat ek heeltemal te swak was om op te staan. Gelukkig was alles in orde.” Op 10 Junie 2016, presies 100 dae ná die Bardo Museum-voorval, is Estelle huis toe. Ironies genoeg was daar dieselfde dag ’n tweede terreuraanval in Tunis. Estelle kon nie teruggaan werk toe nie, en vandag lê een of meer operasies steeds voor. Maar sy voel sy het “die uitdaging emosioneel oorkom en oorwin. Ek kyk met ’n ander bril na die lewe. Ek waardeer élke nuwe dag! “Ek weet nou dat nie net die beseerde persoon nie, maar ook dié wat vir hulle lief is deur die trauma gaan. Ek het dikwels gedink Johan, Chris en Carla kry swaarder as ek wanneer hulle so magteloos langs my bed staan. “Twee aspekte het my deur alles gedra: eerstens, my geloof in God. Die feit dat jy gelowig is, keer nie dat slegte goed met jou gebeur nie. Ek het immers gebid dat ons vakansie geseënd moes wees. Maar wanneer slegte goed gebeur, is Hy daar. Jy kry elke dag letterlik die regte hoeveelheid krag om die uitdagings te hanteer. Hy stuur sy engele op die mees onverwagse maniere om jou te ondersteun. So het ’n vriend van my seun, ’n mediese dokter, my een aand laat onverwags besoek en my help begryp hoe noodsaaklik ’n operasie was waaroor ek bang en onseker gevoel het. “Tweedens verwonder ek my aan die mense in my lewe. My man het my soos ’n baba versorg. My kinders, familie, vriende, kollegas, versorgers en die gebedsgroepe was eenvoudig daar. Ek het gewéét ek is nooit alleen nie. Die band tussen my en my mense is mateloos versterk. Bowenal het ek nou die seker wete dat ons in die moeilikste uur die meeste genade ontvang.” ’n Viering! “Sedert die terreuraanval was ons weer oorsee,” sê Estelle. “Ek is nie bang om te reis nie, hoewel ek lande met hoë veiligheidsrisiko’s sal vermy. Voor die terreuraanval was ons in ’n hotel in Rome langs die Basilica Santa Maria Maggiore. Daar was nie tyd om dié kerk te besoek nie, maar ek het my voorgeneem om later daar ’n kers te gaan aansteek. Terwyl ek baie siek was, het ek geweet ek moes gesond word om my voorneme uit te voer. “Op 18 Maart, presies ’n jaar ná die aanval, het ek ’n kers gaan aansteek om dankie te sê dat ons lewe. Ons en die kinders het ook ons eie klein ‘Camino’ gestap tussen die klein dorpies Corniglia en Vernazza in die Cinquaterre-streek in Italië. Dit was nie ’n maklike stappie nie, maar Chris het my gehelp. Dit was ekstra spesiaal omdat ons besef het ons kon dood gewees het. Dis so belangrik om voluit te lewe en te doen wat jy werklik wil!”
http://www.rooirose.co.za/van-seevakansie-tot-isis-terreuraanval/
2017-01-12 13:58:47
#rrwenk: verwyder oorwas tuis
Skielik bietjie doof? Of sing jou ore? Een van die algemene oorsake is oorwas wat diep in jou oorkanaal opbou. Jy kan dit tuis verwyder, mits jy nie oorpypies (grommets) het nie, of aan ’n ernstige chroniese oorkwaal ly nie. Maak so • Jy het ’n 5 ml-spuit of -oogdrupper en baba-olie of gliserien nodig. • Maak die olie of gliserien sterk louwarm maar dit mag jou nie brand nie. • Trek ’n bietjie op in die spuit of drupper. • Hou jou kop regop en trek jou oorskulp opwaarts. Dit maak die oorkanaal meer toeganklik. • Spuit ’n paar druppels in die oorgat. Moenie die spuit indruk nie. Die olie sal vanself inloop. • Wag vyf minute dat die was kan sag word. • Sak jou kop skerp na jou skouer sodat die was kan uitloop. • Jy kan nou ook ’n bietjie warm water in jou oor indrup. • Maak jou oor goed droog met ’n handdoek of haardroër. • As jou gehoor ná ’n paar herhalings nie beter is nie vra ’n dokter om te kyk wat skort.
http://www.rooirose.co.za/rrwenk-verwyder-oorwas-tuis/
2017-01-24 15:18:25
Wipkar, hoofstuk 2
“Hendri du Toit”. Die naam flits swart in haar e-pos se inboks. Arien skrik so groot sy moet eers gou badkamer toe gaan. Haar blaas hou nie van skokke nie. Sy sit op die troon en bewe en vryf haar troupand verskonend blink met toiletpapier. Die ellendige Jos! Dis sy skuld dat sy dié onbesonne daad gepleeg het. As hy haar so nou en dan soos ’n vrou laat voel het, het sy nie na Cari se raad geluister nie. Cari en haar ellendige Italiaanse warmbloedigheid het haar nou in groot moeilikheid. Arien weet sy is in haar wese te konserwatief om ’n minnaar te kry. Maar die skade is klaar gedoen. Daar wag ’n e-pos van Hendri du Toit op haar en sy wil weghol! Sy bel Cari bewerig. Dié is natuurlik oorstelp oor die nuus. “Meisie! Hoe kan jy dit uithou? Lees dit dadelik en bel my terug!” Sy wens iemand wil haar tot haar sinne bring. Miskien moet sy haar ma bel? Maar ’n skril stemmetjie in haar binneste keer haar. Haar ma sal ’n hartaanval kry! Sy klik op die e-pos. Dit voel soos ’n ewigheid voor dit oopmaak. “My Rientjie! Hoe bly is ek om van jou te hoor! Natuurlik wil ek my foto’s terug hê! Moet dit asseblief nie in die asblik gooi oor ek so ’n stupid skoolseun was nie! Kan ons vanmiddag gaan koffie drink? Ek is juis nou in Sandton.” Arien hol weer badkamer toe van skrik. Na Dana se geboorte is haar blaas oppiekoffie. Sy kan nie eens hard nies nie en ’n e-pos van Hendri is heeltemal te veel vir haar knypers. Haar mond is droog en haar hande bewe. Sy wens sy hoef nooit weer uit die toilet te gaan nie. Sy sal liefs haar lewe op die troon deurbring as om saam met Hendri du Toit te gaan koffie drink. Genade! Sy weeg 82 kg! Daar is geen manier wat sy sal toelaat dat haar groot skoolliefde haar so sien nie! Sy bel Cari weer. “Bly kalm, Meisie. Ons sal die man besig hou tot jy 10 kg verloor het. Ek kry jou vanmiddag vieruur by Newscafé in Rivonia, dan beraam ons ’n plan van aksie. Intussen wees jy koel en formeel en vertel hom jy is toegegooi onder afsprake en … ja, vertel hom jy gaan ’n week by ’n spa deurbring want jy en jou man het ’n groot funksie waarvoor jy stunning wil lyk!” “Spa? ’n Funksie? Ek en Jos? Ons gaan nêrens heen nie!” “Ag jinne, Arien! Partykeer wil ek jou skud! Natuurlik weet ek jy en ou brombeer gaan nêrens heen nie, maar jy moet jou lover darem wys jy het nie al die jare na skool oor hom getreur nie.” Arien voel trane van magteloosheid agter haar oë brand. Dit voel klaar of die situasie haar versmoor. “Moenie die man my lover noem nie!” Cari lag so hard dat Arien die foon ’n entjie weg van haar oor moet hou. “Ons werk daaraan, Meisie. Wag net!” Arien wens sy was nie so hulpeloos teen Cari se aanslae nie. Sy weet in haar hart sy is en bly ou koekerige Arien wat in die Vrystaat grootgeword het. Sy verkies ’n normale, rustige lewe. Sy wil die e-pos aan Hendri so gou moontlik stuur sodat sy ’n einde kan maak aan die gemors. “Hoe moet ek die e-pos begin? Jy sal moet help! Jy het my aangehits!” Cari gee duidelike instruksies. Arien moet ten minste twee uur wag voor sy die e-pos beantwoord. “Die man moet ’n bietjie in spanning wag. Ons wil nie te gretig lyk nie.” Cari voorsien sommer die bewoording van die e-pos ook: “Goeiedag Hendri, Gaaf om van jou te hoor. Ek is ongelukkig druk besig vandag. Kan ek die foto’s in die pos gooi? Groete Arien.” Arien bid dat Hendri sy pos-besonderhede sal stuur en dat die hele simpel speletjie verby sal wees. Sy verorber ’n hele staaf Cadbury’s Bubble van spanning. Hendri antwoord blitsig. “Rientjie, dit sal nie deug as jy die foto’s vir my pos nie! Ek MOET jou sien!” Arien se bene voel soos jellie. Haar maag slaan bollemakiesie en sy is naar van die homp sjokolade en skok. Dié ding moet so gou moontlik gestop word! Teen vieruur sit sy by haar en Cari se gunstelingtafel by Newscafé in die rokers-afdeling. Sy het al ’n G&T weens spanning agter die blad as Cari opdaag. Sy vroetel met die elegante pakkie Vogue-sigarette in haar hand. Dis die eerste keer dat sy haar eie sigarette gekoop het! Sy weet sy is nou op die afdraande pad. Die brede weg! Die sigarette en die e-pos en als is verkeerd, sy weet. “Dit help nie jy betig Jos oor sy drinkgewoontes en hier sit jy self en slaan ’n drankie weg teen spanning nie,” maan ’n stemmetjie haar. Haar konserwatiewe gemoed waai verwoed rooi vlae. Cari kom sensueel deur die tafels aangesweef. Newscafé sit gepak van die manne van die aandelebeurs en Cari se aankoms word nooit misgekyk nie. “En toe! Jy het sommer klaar ’n nuwe gloed op die wange! Ek het jou gesê jy het ’n lover nodig!” Arien neem ’n groot sluk G&T. “Hou op daarmee! Die man is nie my minnaar nie! Ek het net ’n e-pos vir hom gestuur.” Arien skrik vir haar eie stem wat bo die gedruis skemkelkie-stemme opklink. Die mans by die tafel langs hulle het haar beslis gehoor want hulle hou haar nou oor die rante van hul whiskyglase dop. “Sien jy nou!” Arien fluister waarskuwend aan Cari. “Die soort ding is nie vir my nie. Ek is nie Italiaans nie en ons Afrikaner-meisies is nie die lover-soort nie.” Cari se rooi lippe tuit in die rigting van die waarderende gehoor by die tafel langsaan. “Wag nou, Meisie. Hierdie ding het jy nodig. Jy weet dit net nog nie. Jy sal my nog bedank hiervoor.” Arien sluk byna ’n halwe glas G&T weg en stik. “Ek gaan Jos nie verneuk nie! Hy is ’n buffel, maar hy is …” Cari maak haar sin klaar. “ … hy is ’n lummel en hy waardeer jou nie. Sê my? Wanneer laas het julle … ?” “Cari!” Arien bloos en sy loer of die mans by die tafel langsaan Cari se welluidende stem gehoor het. Hulle het! Hulle sit nou openlik en luister! “Loverboy Hendri gaan nog handig wees. Jy sal sien. Hier, ek het navorsing gedoen en vir jou uitgedruk. ’n Detox-dieet wat jou vyf kilogram in een week sal laat verloor. Jy kan die afspraak met Hendri maak vir oor twee weke.” Sy hou haar gemanikuurde hand oor Arien se glas. “En hierdie is jou laaste G&T tot jy 10 kg verloor het. Van nou af net mineraalwater vir jou. Liters mineraalwater.” Arien kou van spanning die stukkies ys onderin haar glas. ’n Kelner daag na ’n ruk op met ’n yslike bottel ontwerpersmineraalwater. Met komplimente van die manne by die tafel langsaan, beduie hy. Arien is lus en trap hulle uit omdat dit onbedagsaam is om haar en Cari se gesprek af te luister. Die grynslag op hulle gesigte keer haar. Een hou sowaar sy duime in die lug en knipoog vir haar! Arien bestuur in ’n waas van spanning en ergernis huis toe. Haar vaal lewetjie het in chaos verander die oomblik toe sy die e-pos aan Hendri du Toit gestuur het. Sy wonder hoe oorleef mense dan die spanning van ’n affair? Sy weet Jos loer rond en kuier tog te lekker saam met die meisies op kantoor, maar in haar wese was sy nog altyd lojaal aan hom. Jos is genadig nie by die huis nie. Hy werk weer laat. Maar vanaand gee sy nie om dat hy waarskynlik weer vir haar jok nie. Sy wil alleen wees. Sy bestel pizza vir die seuns en verskoon haarself. Sy lê ure in die fetusposisie op die bed en luister na haar malende gedagtes. Sy weet haar lewe saam met Jos is ver van ideaal. Sy weet Cari is reg oor Jos. Maar haar lewe is in ’n soort van gemaksone waarin sy weet hoe om die verantwoordelikheid van ’n beroep en huis en die seuns te hanteer. Sy weet hoe om Jos en sy dinge te hanteer. Sy weet dis hoegenaamd nie aanvaarbaar hoe Jos haar behandel nie, maar sy weet sy sal nie maklik die moed hê om hom te los nie. Haar selfoon vibreer teen elfuur. Sy weet dit is ’n SMS met een van Jos se flou verskonings en sy skakel die foon af. Vanaand gaan sy nie by die foon waak ingeval haar selfsugtige man in sy dronkenskap ’n ongeluk maak of hy gevang word vir dronkbestuur nie. Vanaand wil sy sin probeer maak van die warboel emosies wat haar lewe op ’n skielike wipkarrit geplaas het. Sy weet nie meer of sy hartseer is oor Jos sy vermaak in ’n bottel whisky en die oulike jong makelaars soek nie. Sy is hartseer oos haar seuns nooit kwaliteit-tyd saam met hulle pa deurbring nie en dat hulle gesinslewe ver van ideaal is. Vanaand is sy hartseer omdat Jos haar maag nooit meer laat bollemakiesie slaan soos Hendri du Toit se e-pos gedoen het nie. “Rientjie.” Hendri is die enigste man wat haar nog ooit so genoem het. Sy onthou hoe smoorverlief sy was op die hoofseun en rugbykaptein wat HAAR raakgesien het. Hy het HAAR uitgesoek as sy prinses! Jos het haar nog nooit so spesiaal laat voel nie. Nie eens toe daar nog romanse in hul lewe was nie. “Ek MOET jou sien.” Dié woorde van Hendri stuur ’n tinteling deur haar gespanne lyf. Hendri wil haar sien! Daar is ’n dringendheid in sy e-pos. Sy wéét skielik sy gaan môre op sy e-pos beantwoord en ’n afspraak maak om oor twee weke saam met hom te gaan koffie drink. Sy weet sy doen iets onbesonne, maar dit is asof sy besig is om beheer oor haar gemoed te verloor. Cari is reg, sy verdien dit ook dat ’n man haar lipstiffie afsoen. Sy verdien nie ’n man wat haar haar maskara elke dag laat afhuil nie. Al is dit hoe verkeerd, weet sy sy het die tinteling nodig wat die gedagte aan Hendri du Toit deur haar lyf stuur. Sy weet sy gaan vir twee weke net op suurlemoene en spinasiesap leef. Sy gaan ongelooflik lyk as sy by die koffiewinkel instap. Sy gaan Hendri wys wat hy al die jare gemis het. Laatnag drink sy ’n kalmeerpil saam met ’n koppie soet tee. Sy weet sy moet steeds die volgende oggend vroeg opstaan en die seuns skool toe neem. Sy moet steeds funksioneer al is daar muisneste wat besig is om die linkerkant van haar brein toe te spin. Voor sy in ’n salige slaap val, draai sy haar troupand om en om. Dis ’n eenvoudige goue ring sonder die diamant wat Jos al sedert hul troue vir haar belowe. Sy kyk altyd na mooi ontwerpe van diamantringe. Sy het mooi hande, dis haar beste bate, het so baie mense al vir haar gesê. Die ideale hande vir ’n mooi diamantring. Die ou bekende seer kom lê in haar. Sy was nog nooit vir Jos belangrik genoeg om vir haar ’n diamantring te koop nie. Nie eens ná die kinders se geboortes nie. Sy weet dit is ’n belaglike wens wat sy deur die jare koester, maar sy wou nog altyd ’n mooi ring gehad het waarmee sy kon spog. Dit verteenwoordig vir haar in ’n mate hoe ’n man oor sy vrou voel. Die eenvoudige ring aan haar vinger is ’n seer herinnering hoe Jos oor haar voel. Sy is vir hom die praktiese een wat die huishouding en sy lewe laat glad verloop. Op aande soos vanaand voel sy sy is vir Jos niks meer nie. Haar laaste gedagte boer by Hendri du Toit. Al druis dit teen alles waaraan sy glo, wens sy sy kan net een keer in Hendri se arms wees. Sy wil net een keer weer iemand se prinses wees. Sy wil nie aan die gevolge vir haar huwelik met Jos dink nie. Sy herhaal die gedagte aan haarself: Dis Jos se eie skuld.
http://www.rooirose.co.za/wipkar-hoofstuk-2/
2017-01-25 15:12:51
Lae-alkohol wyn vir ’n lekker Kaapse uitstappie
As jy in die Kaap woon of kuier, is ’n uitstappie na ’n wynplaas een van daardie moet-doen dinge. Maar drink en bestuur is uit. Wees slim: as jy die vrou agter die stuur is, kies wynplase wat bekend is vir lae-alkohol wyn en/of nie-alkoholiese wyn. Dit is heerlik, gesofistikeerd en trendy. Wenk ’n Wynproe sluit gewoonlik vier tot ses glasies in. As ses proeglasies korrek geskink is, is dit min of meer gelyk aan een glas wyn. As jy lae-alkohol wyn kies, is jy steeds veilig agter die stuur. Maar sê dat jy bestuur, sodat hulle nie jou glasies oorvol maak nie. Beste wynproe vir alkoholvrye wyn Die lekkerste opsie is nie-alkoholiese vonkelwyn. Ons kan JC le Roux se Le Domaine aanbeveel. Dit is verfrissend en lig, en net effens soet. Die borreltjies gee dit dieselfde finesse as ’n glas egte MCC. JC le Roux is op die pragtige Devon Valleipad, net buite Stellenbosch, met al sy eetplekke en ander vermaak. Die area rondom JC le Roux is besonder mooi en geskik vir ’n kort stappie of maklike fietstoer van plaas tot plaas. Beste wynproe vir lae-alkohol wyn As die Kaap te besig raak na jou smaak, is dit lekker om die pad te vat na ’n plek soos Robertson. Dit is minder as twee uur se ry vanaf Kaapstad en daar is oorgenoeg om te doen om ’n dag-uitstappie daarvan te maak. Vir die motorbestuurder is Four Cousins se Skinny-reeks (wit, rooi en blos) die perfekte lae-alkohol wyn. Dit is verfrissend, met ’n intense nasmaak wat die mond lekker vul en bevredig. Four Cousins is bekend vir hul avontuurlike wyn-en-kos kombinasies. Dit is ’n onverwagse treffer. Die gewone proegoedjies soos olywe, sjokolade, brood, beskuitjies en neute is daar, maar hier praat ons van liquorice (die regte outydse soort), Sweetie pies, dieretuin-koekies, Turkse lekkers, nougat, fudge, granitas en selfs kruie. Mens loer bra skepties na jou bordjie proegoed, maar wees gereed om verras te word. Die kombinasies wérk – selfs met lae-alkohol wyn. Eetplekke, kuns en donkies by Robertson, McGregor Wat van ’n bietjie kultuur? Daar is ’n beeldetuin by Rialheim, wat langs Four Cousins is. Stap sommer soontoe … tensy jy ’n kattebak vol eetgerei koop. Rialheim spesialiseer in hipermoderne pottebakkersware wat wissel van koffiebekers tot slaaibakke en dekoratiewe elemente. ’n Geheimpie: hulle is verskaffers vir @Home, en sekere buitelandse winkelgroepe. Jy kan dieselfde items hier kry wat in verskeie eksklusiewe winkels uitgestal word. Min mense weet hoe naby jy eintlik aan McGregor is, as jy eers in Robertson is. Dit is maar ’n kwartier weg. Gaan verken gerus hierdie lieflike Kaapse juweeltjie. Daar is ’n aftreeplek vir donkies, ’n dosyn of so snuffelwinkeltjies, kuns en lieflike eetplekke om te verken. Ons kan Green Gables as eetplek vir ’n ligte, informele middagete aanbeveel. Lees ook: Lus vir ’n vakansie of naweek in Robertson / McGregor??
http://www.rooirose.co.za/lekker-uitstappies-lae-alkohol-wyn-en-bestuurders/
2017-01-20 10:22:21
Foto's: Fifty Shades Darker
Fifty Shades Darker volg ’n beseerde Christian Grey, wat probeer om ’n versigtige Ana Steele terug in sy lewe te lok, maar sy vereis ’n nuwe reëling voordat sy hom nog ’n kans sal gee. Ana se begeerte vir Christian regeer steeds al haar gedagtes en wanneer hy wel ’n nuwe reëling voorstel, kan sy nie die versoeking weerstaan nie en hervat hulle hul versengende seksuele verhouding. Soos die twee aan hul vertroue begin bou en stabiliteit probeer vind, daag skadufigure uit Christian se verlede op, vasberade om hul hoop op ’n toekoms saam te vernietig. Die filmsterre Dakota Johnson en Jamie Dornan vertolk weer die hoofrolle en die seks-simbool, Kim Basinger, keer terug op die grootskerm om dinge ’n bietjie te laat opvlam. Daar word beweer dat Me. Basinger onderteken het om ook te verskyn in die derde Fifty Shades-rolprent. Fifty Shades Darker is die tweede E.L. James-romanse in die reeks, ná die eerste Fifty Shades of Grey. Hier is ’n paar foto’s uit die fliek:
http://www.rooirose.co.za/fotos-fifty-shades-darker/
2017-01-26 12:42:50
Topaz Page-Green: ’n hart vir honger kinders
Hoekom sit daardie kinders pouses so eenkant?” wou Topaz tien jaar gelede by ’n skool in Soweto weet. “Hulle het nie kosblikke nie en wil nie kyk hoe die ander kinders eet nie,” het die antwoord gekom. Dié antwoord het dié beeldskone top-Suid-Afrikaanse model, wat deesdae in New York woon, geïnspireer om in 2005 The Lunchbox Fund te stig. Topaz was onlangs (in 2016) in die land om die eerste dekade van die fonds te vier. “Daardie antwoord het my destyds soos ’n ton stene getref. Daar is elke dag miljoene kinders wat sonder kos skool toe gaan. My eerste gedagte was: Dis waansinnig. Ons moet daardie kinders kos gee!” Sy wou aanvanklik elke honger kind in die land begin voer, maar gesonde verstand en goeie beplanning het geseëvier: Sy het met die honderd armste kinders in daardie skool begin en vir haarself mikpunte gestel. En hulle bereik. Vandag verskaf die Lunchbox Fund 2,6 miljoen voedsame maaltye per jaar aan kinders in Suid-Afrika. Daar is al sowat 13 000 kinders in 135 skole landwyd, veral in afgeleë landelike gebiede, wat elke dag ’n bord kos kry, maar Topaz het reeds haar volgende teiken gestel: ’n daaglikse, gebalanseerde en gefortifiseerde maaltyd vir 50 000 kinders. Dis ’n reuse-uitdaging as jy na die syfers kyk: 12 miljoen kinders in Suid-Afrika leef onder die armoedsgrens. Die regering kan deur die Nasionale Skoolvoedingsprogram sowat agt miljoen van hulle kos gee. Dit beteken daar is daagliks vier miljoen honger kinders by skole. En dit is dié gaping wat die Lunchbox Fund probeer oorbrug. Die kos by skole het ook ’n byvoordeel wat deurslaggewend is: Desperate ouers wat nie hul kinders kan voed nie, maak seker die kinders gaan skool toe sodat hulle minstens een ordentlike ete per dag kan kry. En dit beteken die kinders het ’n beter kans om hul skoolopleiding te voltooi: “’n Leë maag het nie ore nie. Honger kinders kan nie leer nie.” Topaz se passie is tasbaar wanneer sy oor hierdie projek praat. Maar hoe het ’n mooi model van Suid-Afrika daarin geslaag om so ’n liefdadigheidsorganisasie op die been te bring en te laat groei?Op die koop toe met groot name in Hollywood en die vermaaklikheidsbedryf, soos Salman Rushdie, Joaquin Phoenix, Hugh Masekela en Francois Pienaar op haar adviesraad en onder die beskermheerskap van emeritus aartsbiskop Desmond Tutu. Beroemdes soos Maggie Gyllenhaal, Liv Tyler, Naomi Campbell, Olivia Wilde, Sting en Beyoncé is ook aktief by die jaarlike geldinsamelingsgala in New York betrokke. “Dit help as julle in dieselfde buurt in New York woon en gereeld in koffiewinkels in mense vasloop,” praat sy die feit weg dat sy gereeld saam met beroemdes en bekendes kuier. “En ek aanvaar nie ‘nee’ as ’n antwoord nie,” sê sy laggend. ’n Bietjie Google-speurwerk vertel meer: Phoenix is ’n gewese kêrel, so ook Rushdie. Sy is tans die gesig van die Kenneth Cole Courageous Class Look Good for Good advertensie-veldtog in Amerika. Dus: Eintlik is Topaz ’n teësinnige celeb wat haar lewenspassie gevind het in die werk wat sy hier in Suid-Afrika doen en waarin sy haar met hart en siel stort. Hoe kry sy die geld vir haar organisasie? Dié kry immers geen bydrae van die Suid-Afrikaanse regering nie? Met toegewyde geldinsameling en volgehoue harde werk, vertel sy. En met tegnologie ook. “Ons is ’n baie klein span met streng dissipline en ’n kultuur van aanspreeklikheid. Geen geld word op onnodighede gemors nie – dit kom by die mense uit wat dit moet kry. Ons samel die meeste van die geld in Amerika in. Wanneer ek verduidelik wat die vlak van armoede in townships, informele nedersettings en plakkerskampe is, gaan Amerikaners se hande en harte oop.” En eintlik vra sy nie veel nie: Dit kos slegs R2,50 per dag om een kind kos te gee met die kospakkies wat vroue in die gemeenskap by die skole voorberei. Of dink so daaraan: Jóú skenking van R500 kan een kind ’n jaar lank kos gee … Wat is in die kosblik? Hoe smaak die kos wat hulle verskaf? “Kos moet ’n vreugde wees, ’n ervaring om na uit te sien. Dit is ’n hartsding, dit gaan nie net oor eet nie. Dit moenie soos ’n rantsoen voel nie. Ons verskaf elke dag van die week ’n ander warm, gekookte maaltyd sodat daar variasie is. Ons moedig die vroue wat die kos by die skole voorberei aan om kreatief te wees wanneer hulle kook.” Gelukkig is daar ’n wêreldwye neiging na filantropie – mense wíl gee. Dis ’n soort teenreaksie op die buitensporigheid van die hedendaagse verbruikerskultuur, asook die vermorsing en vernietiging van die aarde se hulpbronne, sê Topaz. Mense se waardes is besig om te verander. “Dit het cool geword om te gee.” Die beheptheid met die sosiale media werk ook in haar guns: In Amerika, en nou ook in Suid-Afrika, vorm restaurante vennootskappe met die fonds met behulp van ’n app genaamd “Feedie” wat mense op hul selfone kan laai. Die treflyn van die Feedie-app is “Take a picture and feed a child”. Almal neem mos deesdae obsessief foto’s van hul kos en van hulself in restaurante. Sit dit via Feedie op Instagram en die restaurant kry gratis blootstelling en publisiteit. Vir dié voorreg betaal restaurante ledegeld van sowat 500 dollar (sowat R7 000 ) per jaar aan die fonds, en volgens Topaz is Amerikaanse restaurante dol daarop. In Suid-Afrika is verskeie restaurante ook reeds aan boord. (Sien onder.) “Kos en kookkuns is deesdae die in-ding. Ek beskou die Feedie–veldtog as die filantropie van kos.” Maar wat van “donor fatigue”? Is mense nie deesdae baie skepties en sinies oor liefdadigheidsorganisasies wat hul sakke vol stop en niks doen vir die mense wat hulle voorgee om te help nie? Topaz se groen oë blits sommer briesend: “Ons is ’n lean and mean fighting machine en ons gaan nie jou geld mors nie! Ons kan presies wys waarheen die geld gaan. Ons trustees betaal ons koste, soos salarisse. Al die geld wat geskenk word, gaan vir die lewering van kos vir die kinders. Doen gewoon jou huiswerk as jy liefdadigheid wil ondersteun – moenie ’n verskoning soek om nie te gee of te help nie!” Out @thelunchboxfund babas in Dikikiki Crèche outside Hlabisa / Kwa Zulu Natal A photo posted by Topaz T. Page-Green (@topaztallis) on Sep 21, 2015 at 9:14am PDT “As jy net die slegste wil glo, is dit bloot omdat jy nie wíl gee nie.” Hulle besef maar te goed dat die publiek ’n weerstand kan opbou teen liefdadigheid wat as ’n fasade vir gierigheid en skelmstreke kan dien en daarom is verantwoordbaarheid die basis waarop hulle bou. “Ons praat elke enkele dag daaroor en trek dit deur na elke aspek van ons werk – van produksie, aflewering, seleksie en monitering van die kospakke; elke enkele punt en stap van die proses het ’n stel reëls waarby ons onwrikbaar hou.” Ofskoon sy in New York woon en van waar sy onvermoeid werk om geld in te samel, is haar hart in Suid-Afrika en sy is baie gereeld hier. Haar klein span in Suid-Afrika deel haar passie en sin vir verantwoordbaarheid. “Hulle is toegewyde, lojale en passievolle mense en leef, eet en adem die fonds net soveel soos ek. Hulle is in hierdie saak om die regte redes. “Ek is gedrewe om meer te doen,” sê sy. Sy glo die wesenlike karaktereienskappe wat haar dryf, is waagmoed, durf, dapperheid, sterkte en ’n diep sin vir jou bestemming op aarde. “Die wêreld kan oorweldigend wees as jy nie weet waarvoor jy hier is en wat jy moet doen nie.” “Vir my was daardie dag in die Soweto-skool die weerligstraal-oomblik wat my laat besef het ek kan ’n verskil maak, al is dit ook net een mondvol op ’n slag. Ek wil nooit stop nie. Dit is wat my soggens laat opstaan, wat my bedags dryf en wat my snags wakker hou. “Dit laat elke sel in my liggaam tintel en lewe – dit voel asof dit ’n lig in my aan-skakel, dit maak my gelukkig en stralend en laat my vibreer van lewenslus en lewensvreugde. En dit is wat die wêreld nou nodig het, pleks van apatie en die soeke na iets wat jou miserabel en onbeduidend sal laat voel.” Meer inligting: www.thelunchboxfund.org
http://www.rooirose.co.za/topaz-page-green-n-hart-vir-honger-kinders/
2017-01-20 10:00:54