title
stringlengths 0
200
| maintext
stringlengths 0
24.9k
| url
stringlengths 21
190
| date_publish
stringlengths 0
19
|
---|---|---|---|
Dom Boer se lag vir die dag:
|
Die huisvrou se droom
As die slim ouens regtig so slim was, sou hulle lankal ‘n wasmasjien ontwerp het wat elke keer ‘n gelyke aantal sokkies lewer.
|
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-287/
|
2017-02-10 07:57:07
|
Ford se verkope bly goed ondanks Kuga-drama
|
Ford Motormaatskappy van Suidelike Afrika se verkope vir Januarie 2017 het goed begin ondanks die drama met die eienaars wat hulle Kuga’s moes terugneem. Die Ranger oorheers die mark en die Everest-reeks het sy tweede hoogste verkope tot op datum bereik.
Met ‘n totaal van 6 634 voertuie wat in Januarie 2017 verkoop is was Ford se verkope 1,7% hoër in vergelyking met die selfde maand verlede jaar, terwyl die maatskappy se totale markaandeel op 14,5% geëindig het.
Die Mustang het sy beste verkope in Januarie ooit bereik met 128 eenhede en die EcoSport het die SUV-leier gebly. Die Ford Ranger-bakkie was die voertuig wat in Suid-Afrika die meeste verkoop is – 2 677 eenhede.
“Ons is dankbaar vir ons kliënte se vertroue in die Ford handelsmerk en ons reeks produkte ten spyte van die uitdagings wat verband hou met die veiligheidsherroeping vir die 1.6-liter Kuga,” sê Gerhard Herselman, hoofbestuurder van verkope vir Ford Motormaatskappy in Sub-Sahara Afrika-streek.
“Ford hanteer die kwessies oor die Kuga 1.6 en ons sal doen wat ons kan om kliënte se bekommernisse aan te spreek en om weer vertroue in ons produk te kry. Ons waardeer ons kliënte wat by ons staan in hierdie moeilike tyd en ons fokus daarom om die probleem op te los.”
Die Januarie 2017-bedryfverkoopsresultate wat deur NAAMSA (National Association of Automobile Manufacturers van Suid-Afrika) bekendgestel is, wys dat dit 3,7% hoër as in Januarie 2016 was.
Bron: Ford Motors
|
http://www.proagri.co.za/ford-se-verkope-bly-goed-ondanks-kuga-drama/
|
2017-02-06 20:23:50
|
Die landboubedryf verloor ‘n steunpilaar
|
Die landbou- en veral die veebedryf het die naweek ‘n groot verlies gely met die skielike afsterwe van Johan Malan (60), rasbestuurder van die Santa Gertrudis, Limousin en Wagyu Beestelersgenoorskappe. Hy is Saterdag in ‘n motorfietsongeluk oorlede.
Hy was nie net ‘n leier nie, maar ook ‘n vriend, pa en broer. Mense het op sy Facebookblad geskryf hy was ‘n steunpilaar, leier en gesinsman. Johan het sy B.Agric-graad by die Universiteit van die Vrystaat verwerf en het ‘n groot rol in die beeswêreld gespeel.
“Johan sal altyd onthou word vir sy liefde vir beeste en sy saggeaarde persoonlikheid. Johan het ‘n passie gehad om kennis oor te dra aan die jeug en was by baie skole betrokke om opleiding te gee. Hy het sy beroep ernstig opgeneem en het altyd tyd gehad om met mense te praat oor die beesbedryf. Die bedryf het ‘n groot man en kennis verloor,” sê Tiny Smith, ‘n bemarker van ProAgri, wat Johan baie goed geken het.
Volgens berigte was Johan in ‘n kop-teen-kop motorfietsongeluk net buite Bloemfontein. Hy en die ander persoon is op slag op die toneel oorlede.
Foto: Facebook
|
http://www.proagri.co.za/die-landboubedryf-verloor-n-steunpilaar/
|
2017-02-13 11:39:00
|
Skaapvleispryse bly stewig
|
Plaaslike pryse is tans steeds stewig weens die sterk vraag wat in die feesseisoen voorgekom het. Pryse mag egter tot ‘n mate verslap weens verbruikersweerstand teen hoër pryse.
Internasionaal mag ‘n sterk aanvraag van Sjina skaapvleispryse oor die korttermyn verstewig, veral met die nuwejaarsvieringe in dié land, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik
Skaapvleispryse was gedurende die feesseisoen hoër, maar daar mag afwaartse druk op pryse wees as gevolg van ‘n seisoenale daling in vraag gedurende Januarie. Daar mag ook verbruikersweerstand teen die hoër pryse wees. Die goeie reënval kan egter daartoe lei dat pryse versterk weens die herbouing van kuddes.
Die voorspelde ABSA-pryse was as volg: Klas A is 0,50% laer teen R62,20 per kg en Klas C is 0,44% hoër teen R50,21 per kg. Die gemiddelde pryse van voerlammers het sywaarts verhandel teen R30,38 per kg. Die gemiddelde prys van Dorperskaapvelle het 10,18% laer verhandel teen R40,92 per vel en Merino het 10,00% hoër verhandel teen R89,52 per vel.
Bulmark faktore
Pryse word ondersteun deur die feit dat verbruikers meer geld spandeer het in die vakansie en dit het die pryse tot in Januarie versterk.
Gunstige weervooruitsigte mag die veemark ondersteun omdat weiding verbeter en kuddes herbou word. Dit mag veepryse hoog hou.
Beermark faktore
Week-op-week stygings van 60% in slagsyfers (RMAA statistiek) het moontlike druk op markpryse geplaas. Gedurende die week wat op 15 Januarie geëndig het, het Klas A-pryse week-op-week van R68,70 per kg tot R62,51 per kg gedaal.
‘n Verlangsaming in vraag het gedurende Januarie voorgekom, in lyn met seisoenale neigings.
Internasionaal
Die Nieu-Seelandse lamspryse was in die week van 24 Januarie 2017 meestal laer vergeleke met die vorige week. Lam het 0,92% laer afgesluit op NZ$75,4 per kop vir ‘n 15 kg lam. Lamspryse was 1,03% laer teen NZ$105,5 per kop vir ‘n 21 kg lam. Ooie het sywaarts afgesluit teen NZ$63,00 per kop vir ‘n 21 kg ooi. Invoerpariteitspryse vir lam was 0,27% hoër teen R55,53 per kg, terwyl die invoerpariteitsprys vir skaapvleis 1,04% hoër was teen R37,31 per kg.
Bulmark faktore
Voorrade bly baie laag en omdat die markte daarvan bewus is dat dit so sal bly deur die jaar, is kliënte gretig om nou van die produk te bekom.
Pryse het op hoë vlakke gebly en na verwagting sal dit verder styg, veral in Sjina en die Midde-Ooste.
Stygende voorrade van Nieu-Seelandse lam het sover hierdie seisoen nie daarin geslaag om die vraag na die produk te demp nie.
Pryse versterk soos wat Australië-dag naderkom.
Beermark faktore
Pryse daal dié tyd van die jaar tipies soos wat produksie verhoog.
Bron: RPO se Februarie Nuusbrief
|
http://www.proagri.co.za/skaapvleispryse-bly-stewig/
|
2017-02-06 12:44:44
|
Agbiz en Agri SA reageer op die staatsrede
|
President Jacob Zuma het weer, soos verlede jaar, te midde van chaos, met lede van die EFF wat onder meer uitgegooi is, sy staatsrede gelewer.
Johannes Moller, president van Agri SA, sê: “Te midde van moeilike omstandighede het president Zuma homself goed gedra terwyl hy die staatsrede gelewer het.” Hy voeg by dat die verrigtinge wat plaasgevind het beslis nie ‘n land weerspieël waar mense probeer om die welsyn van alle burgers op ‘n ordelike en gedissiplineerde manier te verbeter nie.
Mnr Moller sê dat Agri SA vooraf gevra het vir staatsmanskap in die hantering van die vele ekonomiese en maatskaplike euwels van die land. “President Zuma het ‘n paar kwessies in ‘n visioenêre wyse hanteer en die beginsels oor transformasie wat deur hom uitgedruk is, kan in my oogpunt, veral op ‘n koöperatiewe basis, tussen die regering en die privaatsektor in werking gestel word.”
Agbiz sê dat die uitsprake voor die staatsrede oor die onteiening van 70% van Suid-Afrika se grond (die regering het alreeds min of meer 25%) tesame met uitsprake oor radikale ekonomiese transformasie onsekerheid in die landbousakesektor geskep het.
Dr John Purchase, besturende direkteur van Agbiz, gee sy mening oor Zuma se staatsrede: “Deur radikale sosio-ekonomiese transformasie beter te defninieer en dat dit grootliks deur die bestaande wetlike raamwerk gedryf word, is ‘n goeie beginpunt vir verdere betrokkenheid. Dat grondhervorming uitgevoer sal word binne die Grondwet, is ook ‘n goeie vertrekpunt. Die voorgestelde wysiging aan die Mededingingswet waarna Zuma verwys het om sogenaamde konsentrasie in eienaarskap aan te spreek is ook ‘n interessante byvoeging tot die debat.
“Die staatsrede sê te min om die nodige strukturele verandering in die ekonomie te kry om binne die volgende paar jaar ’n groeikoers van 4% tot 6% te kry. Hoe meer die regering ingryp en in die ekonomie ‘speel’, soos in die staatsrede gesê is, hoe meer sku gaan belegging van die private sektor word en na alternatiewe geleenthede soek.”
Hy voeg by dat Agbiz volhoubare transformasie ondersteun, maar daar is ook ‘n algemene bekommernis dat die regering se plan om “tot die maksimum die strategiese hefbome van die staat gaan benut” sal lei tot oorregulasie in die bedryf wat die privaatseketor negatief sal beïnvloed en voedselsekuriteit in gevaar sal stel.
Mnr Moller van Agri SA voeg by en sê: “President Zuma het melding gemaak van lofwaardige grondhervormingsinisiatiewe wat deur boere in samewerking met plaaswerkers gelei is. Hy het ook die belangrikheid van die Nasionale Ontwikkelingsplan en die Grondwet beklemtoon. Dit is die baie raamwerke wat Agri SA ook gebruik om werkbare grondhervormingsvoorstelle aan die regering aan te bied.”
Hy sê ook dat Agri SA soos in die verlede sal voldoen aan die versoek van die president om saam met die SAPD te werk om veiliger gemeenskappe te verseker.
President Zuma het genoem dat R2,50-miljard gegee is vir droogtehulp, maar Agri SA bevraagteken hierdie bedrag. Volgens Agri SA is baie min ondersteuning aan boere gegee. “Ons sal wel met die Departement van Landbou betrokke raak om te hoor hoe hierdie bedrag uitgewerk is.”
Agbiz meen dat die staatsrede vir 2017 nie werklik inspirerend was nie en daar is kommer oor of daar ’n sterk, samehangende en omvattende ekonomiese strategie bestaan om die probleme van Suid-Afrika op te los.
Bron: Agbiz en Agri SA
|
http://www.proagri.co.za/agbiz-en-agri-sa-reageer-op-die-staatsrede/
|
2017-02-10 13:03:03
|
Hoe raak die nuwe nasionale minimumloon boere?
|
Die adjunk-president, Cyril Ramaphosa het ‘n aankondiging gedoen oor die lang verwagte nasionale minimumloon. Dit volg na twee jaar van onderhandelinge wat op verskeie vlakke plaasgevind het, het hy gesê.
“Dit bring sekerheid vir die landbou oor die vergoedingsvlakke wat in die volgende jaar betaalbaar sal wees,” het Neil Hamman, voorsitter van Agri SA se Beleidskomitee oor Arbeid, gesê.
Die aankondiging oor ‘n nasionale minimumloon wat op 1 Mei 2018 in werking sal tree, is gegrond op ‘n uurlikse tarief van R20. Die landbousektor sal vir eers 90% van dié loon moet betaal. Dit kom daarop neer dat landbou R18 per uur sal betaal. Die inwerkingstelling in 2018 is nou ‘n jaar vroeër as wat aanvanklik aangekondig is.
Die landbou sal reeds vanaf Maart vanjaar R15,39 per uur betaal. Dit is na aanleiding van ‘n verhoging wat deur die Minister van Arbeid aan die minimumloon vir landbou aangebring is, wat die minimumloonvlakke vir landbou reeds met 8% verhoog het. Dit bring landbou alreeds nader aan die loon wat vandag aangekondig is, sê Neil.
“Agri SA ag die arbeidsmag in die landbousektor van onskatbare waarde. Die sektor word tans nog in baie dele van die land geraak deur die droogte en verskeie boere moet nog herstel hiervan. Die sektor herstel ook nog van die groot verhoging in vergoedingsvlakke wat in 2013 ingestel is” sê Neil.
“Boere wat steeds nie in ‘n posisie gaan wees om die verhoging te bekostig nie, kan nog aansoek doen vir artikel 50-variasie,” sê hy. Daar sal geleentheid wees om voor die inwerkingtreding van die nasionale minimumloon in 2018 aansoek te doen vir die variasie. Variasie kan slegs toegestaan word vir ‘n jaar tydperk. Dit kan help met tydelike verligting.
Sien hieronder verdere toeligting insake die loonstrukture van toepassing op landbou vanaf 2016 tot 2020:
Minimumloon periode Maandeliks Weekliks Daagliks Uurliks 1 Maart 2016 tot 28 Februarie 2017 R2 778,83 R641,32 R128,26 (van toepassing op ‘n werker wat 9 uur per dag werk) R14,25 1 Maart 2017 tot 28 Februarie 2018 R3 001,13 R692,62 R138,52 (van toepassing op ‘n werker wat 9 uur per dag werk) R15,39 1 Mei 2018 tot 30 April 2019 – – – R18,00 1 Mei 2019 tot 30 April 2020 – – – R20,00
Bron: Agri SA
|
http://www.proagri.co.za/hoe-raak-die-nuwe-nasionale-minimumloon-boere/
|
2017-02-10 13:17:13
|
Kommersiële mielie-oes is 3,21% meer
|
By ‘n vergadering wat op 10 Februarie 2017 gehou is, het die Oesskattings-skakelingkomitee (CELC) die finale produksiegewassesyfers vir kommersiële wit- en geelmielies, sonneblomsaad, sojabone, grondbone en sorghum vir 2016 nagegaan.
Die skattings van die totale produksiesyfers soos deur die Nasionale Oesskattingskomitee vrygestel is, is hersien en die gepubliseerde syfers van die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdienste (SAGIS) van werklike lewerings is as die grondslag vir die berekeninge gebruik.
Die syfers van die mielies aanwending-opname om op die plaas te gebruik en terughoudings te bepaal, wat uitgevoer is deur die Departement van Landbou en die telefoniese opname wat deur die Nasionale Oesstatisitiek-konsortium (NCSC) gedoen is, is by die SAGIS-afleweringssyfers bygevoeg om die finale oesproduksiesyfers te bereken.
In vergelyking met die finale oessyfers en die syfers wat verlede September 2016 gegee is is die kommersiële mielie-oes nou 7,778 miljoen ton wat 3,21% of 241 625 ton meer as die finale oesskattingsyfer van 7,537 miljoen ton is.
Vir witmielies is die herberekende oessyfer 3,408 miljoen ton wat 4,76% of 154 725 ton hoër as die finale oesskattingsyfer is. Vir geelmielies is die herberekende oessyfer 4,370 miljoen ton wat 2,03% of 86 900 ton meer as die finale oesskattingssyfer is.
By kommersiële sonneblomsaad het die finale oessyfer dieselfde gebly op 755 000 ton. Sorghum en grondbone is onderskeidelik afwaarts aangepas met 4,92% of 3 650 ton en 6,21% of 1 170 ton. Die sojaboon-oes is effens opwaarts aangepas van 741 550 ton na 742 000 ton, wat 0,06% of 450 ton meer is.
Die Oesskattingskomitee wil alle produsente en bedryfrolspelers wat inligting op ‘n gereelde basis verskaf het om die akkuraatheid van die oesskattings te verbeter, bedank.
Produsente wat nie deelneem aan die maandelikse opname van die Departement nie, word dringend versoek om ook tot die oesskattingsproses by te dra.
Bron: Oesskattingskomitee
|
http://www.proagri.co.za/kommersiele-mielie-oes-321-meer/
|
2017-02-13 10:14:46
|
Januarie 2017 se trekker- en stroperverkope
|
Trekkerverkope van 478 eenhede in Januarie is byna 18% minder as die 580 eenhede wat verlede Januarie verkoop is, terwyl stroperverkope van 16 eenhede dieselfde is as die 16 eenhede wat verlede Januarie verkoop is.
Die laer trekkerverkope vanjaar weerspieël ᾿n hoë mate van omsigtigheid in die mark. Baie boere het nog nie die kontantvloei na die droogte van die vorige seisoen om die aankoop van nuwe trekkers te finansier nie. Verder is algemene reën in Februarie nodig om die mielie-oes tot sy volle potensiaal te laat ontwikkel. Sentiment in die mark is nietemin positief weens die algemene goeie somerreën wat tot dusver in die seisoen geval het. Die sterker Rand is ook ᾿n positiewe faktor wat marksentiment beïnvloed.
Volgens ramings vir 2017 in die bedryf sal algehele trekkerverkope minstens so goed wees soos verkope in 2016.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
|
http://www.proagri.co.za/januarie-2017-se-trekker-en-stroperverkope/
|
2017-02-07 06:25:55
|
RCL se hoenderbeen staan voor groot krisis
|
RCL Foods, een van SA se grootste hoenderprodusente, sê hulle staan voor ‘n droewige toekoms, aangesien hulle 1 355 werkers (die helfte van die werksmag) by hulle groot Hammarsdale-bedrywighede in KwaZulu-Natal moes aflê.
Hulle sê dat die land se hoenderbedryf ernstige uitdagings in die gesig staar as gevolg van gestorte invoere en hoë hoendervoer-insetkoste as gevolg van die droogte. Hulle verwag ‘n daling in inkomste per aandeel van tussen 54,1% and 36,9% vir die ses maande tot einde Desember in vergelyking met dieselfde tydperk die vorige jaar.
Dit sluit drie abnormale items in: R37,4-miljoen na belasting voorsiening vir herstruktureringskoste as gevolg van die vermindering in hoendervolumes; ‘n na belasting inkorting van R102,7-miljoen vir oortollige aanleg en toerusting wat hiermee verband hou en ‘n wisselkoersverlies van R27,9-miljoen.
“Die hoender sake-eenheid het ‘n program begin om die Hammarsdale-bedrywighede na ‘n enkele skof te verminder wat ‘n gedeelte van die nie-winsgewende IQF- (individuele diepvries) -produk uitskakel,” sê die groep.
Scott Pitman, besturende direkteur van die groep se Verbruikersfdeling, sê hulle verkoop plase in die Hammarsdale-gebied. Hy sê ook die regering het met die plaaslike pluimveebedryf gepraat om te probeer help om hulle probleme op te los. “Dit lyk belowend maar tot dan is die bedryf in die moeilikheid.”
Die groep sê wel behalwe vir die nie-winsgewende hoenderbesigheid, het hulle ‘n groei in winste gesien in hulle ander bedrywighede soos suiker, gebak en kruideniersware.
“Ons gaan voort om vordering te maak in die rigting van ‘n meer gebalanseerde portefeulje, wat ons posisioneer as ‘n sterker, meer gediversifiseerde onderneming wat reg is vir groei,” sê die besturende direkteur, Miles Dally.
Die Europese Unie-afvaardiging sê dat die krisis nie hulle skuld is nie. Die EU se ambassadeur vir SA, Marcus Cornaro, sê die media “were barking up the wrong tree” oor ‘n ingewikkelde saak.
Hy het gepraat oor die voordele van vryehandel met die EU, selfs al vestig die nuwe Amerikaanse president, Donald Trump, nuwe handelsversperrings.
Hy sê die EU bly die dominante bron van regstreekse buitelandse belegging in SA, wat vir 350 000 werksgeleenthede verantwoordelik is. Die Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms wat SA bekragtig het met die EU aan die einde van 2016 was ‘n sterk onderskrywing deur die land van bykomende geleenthede vir handel en werksgeleenthede.
Lees ons vorige berig hieroor hier.
Source: Business Day en Bizcommunity
|
http://www.proagri.co.za/rcl-se-hoenderbeen-staan-voor-groot-krisis/
|
2017-02-08 15:14:35
|
Standerton se sakelui staan bankvas agter Astral oor Eskom
|
http://www.proagri.co.za/standerton-se-sakelui-staan-bankvas-agter-astral-oor-eskom/
|
2017-02-07 06:22:11
|
|
SA se appel en peer-uitvoerskattings vir 2017
|
‘n Gewone sagtevrugte-seisoen word verwag ondanks droogtetoestande wat sekere produksiegebiede raak. Alhoewel die vrugte se groottes kleiner as gewoonlik is, is die algemene eetkwaliteit baie goed en die kleur lyk belowend in die stadium.
Die oesseisoen het ‘n week later begin in vergelyking met die vorige seisoen. Die algehele verwagting vir die uitvoer van die oes lyk goed met appelvolumes wat verwag word om te verhoog met 3% terwyl peervolumes in lyn met verlede jaar is.
Sagtevrugte uitvoerskattings:
2012 2013 2014 2015 2016 2017 skatting Skatting vs 2016 Appels 28 672 346 34 740 044 27 127 687 33 063 328 34 063 266 34 940 469 877 203 3% Pere 14 233 483 15 832 419 16 248 989 15 360 718 17 775 364 17 846 200 70 836 0% Totaal 42 905 830 50 572 464 43 376 676 48 242 046 51 838 630 52 786 699 948 039 2%
Die verhoging in appelvolumes is as gevolg van nuwe aanplantings en jong boorde wat nou in produksie inkom. Die groot variëteite wat bydra tot die groei in appel uitvoervolumes is Fuji (+7%), Royal Gala/Gala (+3%) en Golden Delicious (+2%).
Ten spyte van die groei in peer-aanplantings die afgelope paar jaar, word daar verwag dat dit hierdie jaar min of meer dieselfde as laasjaar gaan wees. ‘n Afname in uitvoervolumes van Williams Bon Chretien-peer (-16%) word verwag as gevolg van kleiner vruggroottes, ‘n goeie vraag vanaf die inmaakbedryf en ‘n gebrek in die vraag van die Noordelike Halfrond se invoere.
Uitvoervolumes van die volgende pere – Packham’s Triumph (+3%), Forelle (+3%) en Abate Fetel (+5%) word verwag om te verhoog in vergelyking met die vorige seisoen.
‘n Moeilike seisoen in terme van die opbrengs van produsente en winsgewendheidsvlakke word verwag as gevolg van die versterking van die Rand teenoor die belangrikste geldeenhede (US Dollar, UK Pound en Euro).
Bron: Hortgro
|
http://www.proagri.co.za/sa-se-appel-en-peer-uitvoerskattings-vir-2017/
|
2017-02-01 07:53:14
|
AA gee wenke aan nuwe bestuurders
|
http://www.proagri.co.za/aa-gee-wenke-aan-nuwe-bestuurders/
|
2017-02-06 07:44:45
|
|
Dom Boer se lag vir die dag:
|
Gryp die geleentheid
Inskrywing op ‘n grafsteen: “Hier rus Hennetjie Steenkamp, in die lewe eggenote van Klippies Steenkamp, grafsteenmaker. Hierdie steen is deur haar man opgerig as ‘n eerbewys aan haar en as ‘n voorbeeld van sy werk. ‘n Soortgelyke grafsteen kan bestel word teen net R5 600.”
|
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-284/
|
2017-02-06 12:48:20
|
Voelgoed
|
2 dae 20 ure / 0 kommentaar
Ons kan leer by Bybelvroue. Wie is jou gunstelingvrou in die Bybel? Met wie vereenselwig jy jou? Driehonderd lesers kry die geleentheid om dít wat hulle by hierdie vroue geleer het, met ander te deel.
|
https://voelgoed.co.za/
| |
Huisgenoot Mobi
|
’n Ma van Johannesburg is geskok nadat die gesin se hond teen haar vierjarige seun, Bono, gedraai het terwyl hy die dier Maandag kosgegee het.
Kgomotso Kubheka (31), van Brakpan, sê sy weet nou nie wat om met die hond, wat ook vier jaar oud is, te doen nie.
Die ma van drie was by die werk toe die kinders se oppasser haar ongeveer drieuur die middag bel. “Sy het gesê ’n hond het my seun gebyt en dit is ernstig.”
Kgomotso, wat onseker is watter ras die hond is, het haar huis toe gehaas sonder om te weet hoe erg die wonde is. “Op pad huis toe het ek nie geweet of ek moet huil of dink die oppasser het oordryf nie.”
‘Hy het die brood weggevat’
By die huis het Kgomotso gesien Bono is aan die regterarm gebyt. Sy het met hom hospitaal toe gejaag.
“Die vlees was ontbloot en ons het hom hospitaal toe geneem waar hulle vir hom steke ingesit en inspuitings en medisyne gegee het.”
Toe Kgomotso weer by die huis kom, het sy die oppasser gevra wat gebeur het. Die oppasser het vir haar gesê haar twee ander kinders, Lindo (6) en Kamu (10), het televisie gekyk toe hulle Bono se gille hoor.
“Hulle het na buite gehaas en gesien die hond het hom gebyt. Hy (Bono) het vir hulle gesê hy het met die hond gespeel deur vir hom brood te voer en toe hy dit begin eet, het hy die brood weggevat.
“Ek dink dit het die hond kwaad gemaak en dit is waarom hy hom gebyt het,” het sy gesê, en bygevoeg sy dink haar seun het onskuldig met die hond gespeel.
‘Ek weet nie hoe ek nou oor honde voel nie’
“Ek was eerlikwaar geskok dat hy deur ons eie hond gebyt is. Toe ek huis toe gaan, het ek aanvanklik gedink hy is deur ’n ander hond gebyt. Ek was geskok dat ons hond dit gedoen het.”
Kgomotso sê die gesin het die hond om veiligheidsredes aangebou, soos die meeste van hul bure.
“Nou is ek nie eintlik seker wat om te doen nie. Ek oorweeg alternatiewe, want hoe sal ek weet of hy die kinders weer sal aanval?”
Kgomotso sê sy wil die Dierebeskermingsvereniging oor die hond nader sodat sy ’n ingeligte besluit kan neem.
Bono herstel goed en was verheug dat hy Dinsdag by die huis kon bly.
Bron: News24
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/johannesburgse-seuntjie-4-se-vlees-ontbloot-na-gesin-se-hond-hom-onverwags-aanval/
| |
E-sigarette is toe wel veiliger, bevind studie
|
In ’n onlangse studie is bevind e-sigarette is veiliger as gewone sigarette en wanneer die roker sy gewone sigarette met e-sigarette vervang, sal hul inname van tabakverwante karsinogene en toksiene verlaag.
Luidens die studie deur die American College of Physicians, wat in die Annals of Internal Medicine gepubliseer is, was daar nog kommer oor die moontlike blootstelling aan karsinogene en toksiene, hoewel die gewildheid van e-sigarette toegeneem het.
Die studie is deur dr. Lion Shahab en sy kollegas aan die University College London uitgevoer.
“Sommige verslae beweer e-sigarette is net so gevaarlik soos rook, maar die skrywers van die studiestuk sê daardie verslae is gegrond op studie wat min betrekking het op blootstelling van gebruikers van e-sigarette in die reële wêreld,” was Shahab se mening.
Navorsers het die inname van potensieel gevaarlike chemikalieë deur gebruikers van e-sigarette gemeet en dit vergelyk met mense wat van gelisensieerde nikotienplakkers en sigarette gebruik gemaak het.
In die studie is bevind wanneer rokers na e-sigarette oorskakel, hul inname van kankerwekkende chemikalieë drasties verlaag — tot by ’n vlak wat voorkom by mense wat nikotienplakkers gebruik. Hul nikotieninname het egter onveranderd gebly.
Dit kom voor asof die gebruik van e-sigarette of nikotienplakkers terwyl jy aanhou rook, nie dieselfde uitwerking bied nie.
Volgens die skrywers bevestig die uitslae e-sigarette is net soos ander nikotienvervangingsmiddels baie veiliger as gewone sigarette en dit kan nuttig wees as hulpmiddel om die rookgewoonte te laat vaar by mense wat ander beskikbare steunmiddels beproef het.
Die skrywers raai rokers aan om op te hou rook ten einde gesondheidsvoordele te verkry.
Klik hier om meer inligting oor die studie te bekom.
Bron: News24
|
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/e-sigarette-is-toe-wel-veiliger-bevind-studie/
| |
Internasionale sangsensasie se huis deur poetsbakkers as te koop aangebied
|
Drake se huis in Los Angeles is na bewering te koop aangebied deur ’n poetsbakker wat geen verbintenis met die rapper het nie.
Die Kanadese musikant se huis was kortstondig op die eiendomswebtuiste Zillow.com as te koop geadverteer. Die blyplek, kompleet met ’n grot in die Playboy-styl, was vir sowat R270 miljoen gelys.
Maar ’n eiendomsagent van Los Angeles sê die huis is op Zillow gelys deur ’n poetsbakker wat beweer het hy is Drake se bestuurder.
Alexei Pavlov, ’n agent vir First Choice Realty in Los Angeles, het aan redakteurs by die eiendomswebtuiste Mansionglobal.com gesê hy het die inskrywing gesien en die foonnommer gebel wat as ’n kontak gegee is.
Hy het toe ingestem tot ’n verkoopprys van byna R270 miljoen vir Drake se droomhuis, wat ook ’n sauna en tuisteater het.
Alexei sê hy het dokumente onderteken waarin ingestem word dat die eiendom gelys word, met die Hotline Bling-rapper se regte naam, Aubrey Drake Graham. Maar toe hy verder ondersoek instel, het hy per ongeluk ’n konsep-inskrywing van Drake se huis op veelvoudige eiendomswebtuistes gelaai.
Alexei het aan TMZ.com gesê nadat hy vir die poetsbakker nog dokumentasie gevra het wat hulle toestemming gee om namens die musikant op te tree, het hulle erken hulle is nie Drake se bestuurder nie en die inskrywing was ’n poets.
Plasings wat lui die huis is te koop het sedertdien van eiendomswebtuistes verdwyn.
Dit sou vreemd gewees het as Drake die huis verkoop het, want die ster het blykbaar verlede jaar die eiendom langsaan vir amper R40,5 miljoen gekoop – glo om te verhoed dat sy bure oor geraas kla.
© Cover Media
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/internasionale-sangsensasie-se-huis-deur-poetsbakkers-as-te-koop-aangebied/
| |
Vrou se erg ontbinde lyk toegedraai in wit linne uit rivier gehaal
|
’n Jong vrou se erg ontbinde liggaam is Vrydag uit ’n stroom noord van Durban gehaal.
Dié jong vrou, vermoedelik 31 jaar oud, se liggaam het toegedraai in wit linne in die rivier rondgedryf. “Inwoners van die omgewing het die polisie en reddingswerkers in kennis gestel,” sê Kyle van Reenen van Marshall Security aan Huisgenoot.
Die reuk het inwoners van haar bewus gemaak.
“Dit was nie ’n maklike opdrag nie en hulle moes eers die vrou se liggaam uit die rivier kry, dit in ’n houer plaas en toe teen ’n styl rivieroewer uit dra,” sê Kyle.
Volgens hom het die meisie se vriend het haar glo onlangs as vermis aangemeld.
Die polisie ondersoek ’n saak van moord.
Bykomende bronne: Durbanzone.co.za; Tabloidmedia.co.za
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/vrou-se-erg-ontbinde-lyk-toegedraai-in-wit-linne-uit-rivier-gehaal/
| |
9-jarige help om paramedikus se lewe te red ná hy aan lietsjie-pit verstik
|
Selfs paramedici benodig soms hulp, en in die geval van KwaZulu-Natal se Philani Shamase het in die gedaante van ’n 9-jarige superheld oor sy pad gekom.
Volgens die gemeenskapskoerant Zululand Observer was Corné Kruger (9) byderhand toe Philani aan ’n lietsjie-pit begin stik het.
“Ek het vir Philani in die beheerkamer van die nooddienste gaan kuier en vir hom ’n lietsjie aangebied,” sê Corné.
Volgens Corné het hy besef daar skort iets toe Philani sy keel begin vashou het.
Corné het flink reageer en drie harde houe op Philani se rug geplant. Die pit het toe uit Philani se keel losgekom.
Maar wat as die houe nie die gewenste uitwerking gehad het nie? Die selfversekerde Corné het gesê sy volgende stap sou die Heimlich-maneuver wees.
Corli, die klein rakker se ma, het aanvanklik nie vir Corné geglo toe hy haar vertel wat gebeur het nie.
Na die tyd het Philani die gebeure aan Corli bevestig.
Ekstra bron: zululandobserver.co.za
Wat moet jy doen as iemand verstik?
Ons almal was in ’n situasie waar iemand effens verstik het. Maar hoe gemaak wanneer iemand in jou geselskap se lewe werklik in gevaar is weens iets wat hul lugweg blokkeer. Die noodwerkers van Crisis on Call vertel hier wat jy dan moet doen. Hou dit byderhand, want jy kan iemand se lewe red.
Verstikking
Wat is die tekens dat iemand verstik? Wanneer die persoon se keel net gedeeltelik geblokkeer is, sal hy nog kan hoes en proes.
Maar wanneer hy glad nie kan asem kry nie, sal die persoon
1. na sy keel gryp
2. angstig en verbaas lyk
3. se gelaatskleur blouerig vertoon
4. eindelik sy bewussyn verloor.
BEHANDELING: Hoe behandel ek iemand wat gedehidreer is stap-vir-stap?
As die persoon kan praat, hoes of huil, moet jy hom/haar aanmoedig om daarmee voort te gaan. Hou die persoon so kalm as moontlik.
As die persoon nie kan praat, huil of hoes nie, doen die volgende:
1. Ontbied die nooddienste
2. Vra die persoon om sy mond oop te maak. As jy die voorwerp kan sien, verwyder dit met jou vingers.
3. As die voorwerp onsigbaar is, moenie jou vingers in die mond insteek nie. Jy kan dalk die voorwerp onwetend dieper indruk.
4. Moenie iemand wat ouer as een jaar oud is op die rug slaan nie. Dit kan die voorwerp nog stewiger laat vassit.
Heimlich-maneuver vir persone vanaf geboorte tot een jaar oud:
1. Hou die baba oor jou voorarm met die gesig na onder en gee vyf harde houe met die palm van die hand tussen die skouerblaaie
2. Draai die baba om en dien vyf borskas drukke met die palm van die hand/of die vingers toe. Trek ’n streep tussen die twee tepels en druk op die borsbeen net onder hierdie streep.
3. Kyk in die mond of die obstruksie losgekom het. As dit in die mond lê, verwyder dit met jou vingers.
4. Indien nie, herhaal die prosedure tot die obstruksie losgekom het en in die mond is.
Heimlich-maneuver vir persone ouer as een jaar oud:
1. Staan agter die persoon en sit jou arms om die persoon se middel onder die borsbeen en vat jou hande voor vas. As die persoon swanger of baie groot is, skuif jou arms hoër op tot jou arms om die persoon kan gaan.
2. Maak ’n vuis teen die persoon se lyf.
3. Gryp die vuis met u ander hand vas en gee vier vinnige kragtige inwaartse en opwaartse drukke.
4. Herhaal ses tot 10 keer tot die lugweë skoon is.
5. As die persoon sy bewussyn verloor, lê hom op sy rug neer en hurk oor hom.
6. Dien vier vinnige, kragtige opwaartse houe toe met die palm van jou hand net onder die borsbeen. Hou die elmboë reguit.
7. Draai die persoon se kop sywaarts en kyk of die voorwerp losgekom het.
8. Herhaal tot die lugweë skoon is.
Heimlich-maneuver op jouself wanneer jy alleen is:
1. Leun vooroor oor ’n stoel met ’n regop rugleuning.
2. Plaas jou vuiste net onder jou borsbeen.
3. Val neer op die stoel sodat jou vuiste met ’n opwaartse beweging op die abdomen druk.
Persone wat hul bewussyn weens verstikking verloor het, moet altyd deur ’n dokter gesien en ondersoek word.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/9-jarige-help-paramedikus-se-lewe-red-na-hy-aan-lietsjie-pit-verstik/
| |
Huisgenoot Mobi
|
Die sexy Afrikaanse sangsensasie Brendan Peyper het sy moses amper teëgekom toe die wiel van sy bakkie onverwags op die hoofweg afbreek.
Die Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie-sanger was Saterdag op pad na die OR Tambo Internasionale Lughawe toe sy agterwiel afbreek. Hy moes Saterdagoggend na Mosselbaai vlieg om die aand by die Dias-fees op te tree.
Tania Fourie, woordvoerder vir Select Musiek, vertel aan Huisgenoot Brendan het baie groot geskrik. “Ons is net dankbaar dat hy niks oorgekom het nie,” sê Tania.
Goedhartige verbygangers het die ster raakgesien en gestop om hulp te verleen.
En hoewel hy sy vlug verpas het, het die feesorganiseerders hom tegemoet gekom en sy vertoning met ’n paar uur uitgestel. Brendan sal na verwagting om 22:00 optree.
“Brendan is so lief vir daardie bakkie. Hy het onlangs nuwe wiele opgesit maar het nie die regte sleutel om die wiele te vervang nie.”
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/gewilde-afrikaanse-sanger-skrik-groot-toe-wiel-op-hoofweg-loskom/
| |
Bone-en-wors-roosterbrood
|
’n Vullende ontbyt om jou woema te gee vir die dag.
GENOEG VIR 4 MENSE
Gaarmaak: 10 min.
Bereiding: 5 min.
200 g boerewors, in skywe gesny
200 g-blik borlotti-bone, gedreineer en afgespoel
250 g kersietamaties, in skywe gesny
4 tiemietakkies, gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
2 snye roosterbrood
’n hand vol pietersielie, gekap
1. Plaas ’n kastrol oor matige hitte. Wanneer die pan warm is, voeg die boerewors by en braai 2 min. of tot dit begin verbruin.
2. Voeg die gedreineerde bone en tamaties by en roer die tiemie in. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Laat prut 5 min. of tot die sous deurwarm is en tot jou voorkeur verdik het.
3. Skep die boonmengsel bo-op die roosterbrood en garneer met die pietersielie.
Deur Hope Malau
Foto’s: Jacques Stander
|
http://www.huisgenoot.com/wenresepte/rooivleis/bone-en-wors-roosterbrood/
| |
Jou sterre vir die naweek (11-12 Februarie 2017)
|
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.
SATERDAG
JOU DAG
Gryp die positiewe astrologiese energie aan wat vandag na jou kant toe kom.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy help graag familie en vriende. Vanjaar is die jaar om balans te vind tussen omsien na ander mense en om jou eie unieke talente te ontwikkel.
SONDAG
JOU DAG
Jy kan vandag effense emosionele verwarring of eienaardige buie verwag.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jou motto vir hierdie jaar kom van jou bekende verjaardaggenoot Abraham Lincoln: “Die meeste mense is omtrent so gelukkig soos wat hulle besluit om te wees.”
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Die geluk is hierdie naweek aan jou kant, want die planete seën jou romantiese en platoniese verhoudings. Sommige Ramme gaan ook ’n gelukkie deur ’n spesiale mediakontak raakloop. Geniet dit.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Weerstaan die versoeking om hierdie naweek ’n genotsugtige sofapokkel te wees. Kom aan die gang. Hoe meer proaktief jy raak ten opsigte van oefening en slim koskeuses, hoe gesonder en gelukkiger gaan jy wees.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Reis, studie en stimulerende geselskap lyk hierdie naweek gunstig. Moenie weggevoer raak en te veel aan te veel mense beloof nie. Slim Tweelinge sal minder beloof en meer lewer.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Alle soorte huishoudelike sake lyk die naweek gunstig omdat die jolige Jupiter optimisme en positiewe gevoelens tussen gesinslede versterk. Maak die beste daarvan terwyl dit daar is.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Kommunikasie met ander mense – persoonlik en in die sosiale media – behoort pret te wees met Jupiter wat jou gesindheid beklemtoon en ’n bietjie welkome humor in die mengsel inspuit. Reis en opleiding lyk gunstig.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Die sterre bevoordeel finansiële en werkkwessies, terwyl jy sake met plesier meng. Jou motto vir die naweek kom van jou bekende verjaardaggenoot Thomas Edison: “Ek het nog nie een dag in my lewe gewerk nie. Dit was alles net pret.”
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Moenie te veel agteroor sit nie. As jy passievol proaktief bly, gaan dit ’n naweek vol geluk wees. Dit is ook ’n uitstekende tyd om met familie, vriende en kollegas te sosialiseer.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Dit is ’n wonderlike naweek om vriendskappe te verstewig en gesinsverhoudings op ’n positiewe wyse te vertroetel. Die krag van jou verbeelding het die potensiaal om jou na opwindende nuwe hoogtes te neem.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Jupiter aktiveer jou sosialemedia- en netwerksones, wat jou nog meer sosiaal as gewoonlik sal laat voel. Dit is dus ’n puik naweek om met ander mense op genotvolle en gelukkige wyse kontak te maak.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
As jy jouself in ’n leierskapposisie bevind, streef daarna om die balans te verkry tussen baas wees en om aan ander mense die vryheid te gee om hul eie pad te vind. Moedig hulle ook aan om hul eie persoonlike toppunt te bereik.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Die Son en Jupiter skyn hierdie naweek op jou sterrewiggelary en stuur ’n gelukkige geleentheid in jou rigting. Jy moet uitreik en dit aangryp – met passie en swier – anders gaan jy dit misloop.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Meditasie en bepeinsing is hierdie naweek die geheim tot gesondheid, rykdom en geluk. Jy kan ook dalk die sleutel ontdek tot die raaisel, geheim of misterie wat jou lankal pla.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017
|
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-die-naweek-11-12-februarie-2017/
| |
Portugese vis
|
Hier is een van die twee ander resepte uit vandeesweek se episode van Jy het ’n Wenresep! op VIA (DStv-kanaal 147). Kry hierdie week se wenresep in die jongste uitgawe van Huisgenoot (9 Februarie 2017).
Portugese vis
Yolanda de Bruyn van Durbanville se stiefpa is Portugees en aan huis het hulle nooit vervelige kos geëet nie, want haar ma het geglo die pad na ‘n man se hart loop deur sy maag.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min
Gaarmaak: 15 min
Staantyd: oornag
VIS
2 kg koningklip (of stokvis), gefileer en in mooi blokke gesny, nie te klein nie
Koekmeel gegeur met sout en peper en visspeserye
Olie om in te braai
SOUS
1 bos vars pietersielie fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus
brandrissie na smaak (opsioneel)
2/3 bruinasyn en 1/3 olyfolie, total 700 ml vloeistof
Gekookte eier vir afronding
Portugese rolletjies vir voorsit
1 Rol die vismootjies in meel en bak in verhitte olie tot net gaar. Bak stadig oor medium hitte tot gaar en draai gereeld om. Sit vis in n dieperige bak met deksel.
2 Moenie die pan skoonmaak nie. Plaas die pan terug op stoof, oor stadige hitte.
3 Gooi die gekapte pietersiele , knoffel en olyfolie-mengsel in die pan, kook tot geurig en gooi warm oor die gebakte vis. Maak seker vis is bedek en laat oornag staan, draai vis so elke paar uur om , sodat mengsel deur die vis kan trek.
4 Sit voor met lekker vars Portugese brood of rolletjies.
5 Garneer met gekookte gekapte eier en stukkie vars pietersielie.
WENK: Moenie die vis te lank braai nie, dan word dit droog. Kook die sous tot lekker geurig en die panskraapsels losgekom het.
Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).
Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.
|
http://www.huisgenoot.com/wenresepte/seekos/portugese-vis/
| |
Trek solank jou stapskoene aan en stap saam in Madiba se voetspore
|
Trek solank jou stapskoene aan, gryp jou pet en maak gereed vir hierdie jaar se 27 for Freedom-wedloop wat op 11 Februarie 2017 plaasvind!
Die 27 for Freedom-wedloop bring nie net hulde aan die 27 jaar wat oudpres.Nelson Mandela in die tronk deurgebring het nie, maar daar is ietsie ekstra spesiaal hierdie jaar. Dit is ook 27 jaar sedert Madiba uit die tronk vrygelaat is.
Madiba het die laaste deel van sy tronkstraf by Victor Verster, nou die Drakenstein korrektiewe sentrum, uitgedien voordat hy op 11 Februarie 1990 vrygelaat is.
Huisgenoot en You-joernalis, Almari Wessels, het verlede jaar die wedloop bygewoon. Sy sê dit was ’n heerlike geleentheid om in die legendariese Nelson Mandela se voetspore te probeer volg en op dieselfde pad te loop wat hy in 1990 gestap het.
“Jy voel ook skaars jy stap so ver, want die Paarlse natuurskoon slaan jou asem weg en die samehorigheidsgevoel van almal wat deelneem maak die atmosfeer iets besonders.”
Annami Mailovich, aanlynredakteur van Huisgenoot.com, het ook die geleentheid bygewoon. Sy sê die atmosfeer is amper onwerklik wanneer jy verby die gevangenis stap.
“Dit ruk jou om te dink dat die vader van ons demokrasie 27 jaar in ’n tronk spandeer het. Die staptog maak ’n mens akkuut bewus hiervan.”
Die Drakenstein korrektiewe sentrum in samewerking met die Drakenstein-munisipaliteit, Kaapse Wynlande-distriksmunisipalite en vennote beoog om atlete en besoekers met konserte, ’n karnival, hope aktiwiteite, lekker kos en kompetisies te vermaak.
Jy het nog tot Sondag, 5 Februarie 2017 tyd om die familie, kinders, fiks of nie-fiks, oud of jonk bymekaar te kry en in te skryf om ’n luilekker dag van samesyn te geniet.
Spesifiek die inskrywings vir die 10 km en 27 km wedlope sluit hierdie Sondag, so spring vinnig! Inskrywings vir die 5km pretloop is egter oop tot 08:00 die oggend van die wedloop
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/trek-solank-jou-stapskoene-aan-en-stap-saam-in-madiba-se-voetspore/
| |
Wonderlike nuus vir die Siamese tweeling wat in Centurion van mekaar geskei is
|
’n Siamese tweeling wat in Januarie tydens ’n ses uur lange operasie in ’n hospitaal in Pretoria geskei is, sal na verwagting Dinsdag ontslaan word.
Die dogtertjies, Uwenzile en Uyihlelile Shilongonyane van Swaziland, is op 21 Januarie – drie weke ná hulle vroeggebore is – van mekaar geskei.
Die tweeling was aan die heup geheg. Elkeen het sy eie hart en ander lewensbelangrike organe, wat hul kanse op oorlewing ná die skeiding verbeter, het die pediatriese chirurge, dr. Mariza de Villiers en dr. Paul Stevens by die Netcare Unitas-hospitaal in ’n verklaring voor die operasie gesê.
Paul het verduidelik dat narkose die chirurgiese span se grootste uitdaging sou wees. Die tweeling was op so ’n manier aan mekaar geheg dat hul gesiggies na mekaar gewys het.
“Intubasie vir sulke klein babas is reeds ’n delikate kwessie, maar omdat hul gesigte so naby mekaar is en hulle nie op hul rug gedraai kon word om narkose toegedien te word nie, was dit heelwat ingewikkelder as gewoonlik,” het hy gesê.
Vier narkotiseurs het tydens die operasie na die tweeling omgesien. Dit het meer as drie uur geduur – dis bykans die helfte van die teatertyd – om die narkose “presies reg” te kry.
Die tweeling is omstreeks 12:00 geskei en die operasie is kort voor 14:00 afgehandel. ’n Teaterspan van 11 verpleegkundiges en agt dokters was deel van die operasie.
Dr. Marleen Engelbrecht, ’n pediater, het op 30 Januarie gesê die tweeling is in ’n stabiele toestand en herstel goed.
“Uwenzile en Uyihlelile word nie meer binneaars gevoed nie en hul liggaamsfunksies werk almal goed,” het Marleen in ’n verklaring gesê.
Die Swaziland-regering se Phalala-fonds het vir die operasie betaal.
Bron: News24
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/wonderlike-nuus-vir-die-siamese-tweeling-van-centurion/
| |
Het jy geweet? Só werk ’n 3D-drukker
|
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/superma/het-jy-geweet-so-werk-n-3d-drukker/
| ||
KYK: Durbanse vrou word met ’n SLANG in haar bed wakker!
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-durbanse-vrou-word-met-n-slang-in-haar-bed-wakker/
| ||
Sanger en sy vrou verras met ’n drieling!
|
Pharrell Williams se vrou, Helen Lasichanh, het die lewe aan ’n drieling geskenk.
A photo posted by Celebritea Entertainment News (@thacelebriteaofficial) on Jan 31, 2017 at 7:23am PST
Die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer en sy vrou, ‘n mode-ontwerper, het in September bevestig hulle gaan ouers word en vir hul agtjarige seun, Rocket Ayer, ’n bababoetie of –sussie gee.
Nou het sy woordvoerder, tot groot verbasing van sy aanhangers, aan Vanity Fair bevestig Helen het vroeër vandeesmaand die lewe aan drie babas geskenk.
Die woordvoerder het nie die babas se name of geslag gedeel nie, maar gesê Helen en die kleingoed is “gesond en gelukkig”.
A photo posted by MARIANNE (Czech Republic) (@mariannemagazine) on Jan 31, 2017 at 6:07pm PST
Al is dit nog nie bekend wat die babas se name gaan wees nie, het Pharrell waarskynlik ’n paar kreatiewe idees. Hy het in 2014 meer vertel oor die betekenis van sy seun se naam en gesê hy en sy vrou wou ’n seuntjie met ’n baie sterk naam hê.
“Die Indiane het hul kinders na ’n natuurkrag of dier of element genoem en ons het die voorbeeld gevolg en hom vernoem na ’n mensgemaakte masjien wat bedoel is om op te styg, om groot hoogtes te bereik,” het hy aan die Amerikaanse kletsprogramaanbieder Oprah Winfrey gesê.
“Metafories gesproke is hy ook so genoem oor Stevie Wonder se Rocket Love, Elton John se Rocket Man en Herbie Hancock se Rocket. Almal my gunsteling-musikante. En sy tweede naam is nie Man nie, dis Ayer na Roy Ayers.”
A photo posted by World Music Awards (@worldmusicawards) on Jan 31, 2017 at 5:37pm PST
Die babas gaan beslis vir ’n besige 2017 vir die sanger agter die treffer Happy sorg. Nadat hy in Desember op die loopplank verskyn het by Karl Lagerfeld se Chanel-modevertoning, is daar aangekondig hy sal die eerste man ooit wees wat in ’n handsakadvertensie vir Chanel saam met Cara Delevingne en Kristen Stewart gaan verskyn.
En hy’s ook ’n gereelde gesig by toekenningsgeleenthede as vervaardiger van die Oscar-benoemde fliek Hidden Figures. Die fliek het Sondag die prys vir beste ensemble by die Akteursgilde-prysaand gewen en daar is sprake dat dit ook ’n Oscar kan inpalm.
© Cover Media
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/sanger-en-sy-vrou-verras-met-n-drieling/
|
2017-01-31 15:23:38
|
Jou sterre vir Maandag, 13 Februarie 2017
|
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.
JOU DAG
Ernstige denke en belangrike sake word beklemtoon.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy het ’n impulsiewe kant. Vanjaar is die jaar om spontaniteit en harde werk te kombineer. Passie en uithouvermoë kan jou help om uitdagings in oorwinnings te verander.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Dit kan voorkom asof jou doelwitte onbereikbaar is, maar moenie moedeloos raak nie. Jy kan jou drome bewaarheid deur beplanning en uithouvermoë. Maar jy moet bereid wees om dit op die lange duur te doen.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Wat ’n vriend of groepdinamika betref, moet jy vandag dinge deurdink voor jy reageer. Saturnus eis geduld en behoedsaamheid van jou. As jy twyfel, maak dubbel seker.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Jy sal moontlik ’n ernstige onderwerp met ’n geliefde of kollega moet bespreek. As jy ’n vakansie beplan, moet jy eers al die navorsing doen en pryse vergelyk voor jy bespreek.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Die sterre beklemtoon aandag aan roetinetakies – hoewel dit die laaste ding is waarvoor jy lus voel. Verwag kommunikasieprobleme terwyl jy probeer uitpluis wat werklik in ’n verhouding aangaan.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Ambisieuse katte is dikwels gefokus wat werk en geldsake betref. Vandag is dit tyd om ander rykdomme in jou lewe te waardeer, soos familie, vriende, troeteldiere en stokperdjies.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Jou opmerksaamheid jeens en aandag aan besonderhede word vandag verhoog, aangesien die maan en Saturnus jou gedagtes fyn instel. Navorsing, studie en geldsake lyk gunstig.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Vandag is nie die dag vir ligsinnige aanmerkings en oppervlakkige gesprekke nie. Die sterre beklemtoon die bespreking van ernstige sake met familie en vriende terwyl julle praktiese oplossings probeer vind.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Jy moet seker maak jy het ’n soliede, strategiese plan wat ’n finansiële kwessie of gesinsaak betref. As jy op ’n logiese en geduldige wyse deur dinge werk, sal sukses eindelik volg.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
’n Onverskillige benadering gaan nie vandag werk nie. Die sterre beklemtoon besonderhede en presiese navorsing, goed wat nie jou natuurlike sterk punte is nie. Doen dus jou bes om te fokus.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Moenie dinge vandag op sigwaarde aanvaar nie. As jy probeer om iets te koop, moet jy eers navorsing doen. As iemand jou iets vertel wat omstrede kan wees, moet jy tyd neem om dubbel seker te maak voor jy reageer.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Moenie vandag kortpaaie kies nie. ’n Onverskillige houding gaan bloot beteken jy sal dinge moet oordoen. As jou benadering metodies is, kan jy take voltooi en nog tyd oorhê vir speel.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Die ernstige Saturnus is in jou loopbaansone, dus gaan jy suksesvol wees wat jou werk, opleiding of vrywilligerswerk betref – dis nou indien jy minder dagdroom en meer konsentreer. Daar’s geen plaasvervanger vir harde werk nie.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017
|
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-maandag-13-februarie-2017/
| |
Baaise onnie in hof vir beweerde seksdade met 15-jarige skolier
|
’n Voormalige adjunkhoof aan die Hoërskool Linkside in Port Elizabeth word deur ’n klag van statutêre verkragting in die gesig gestaar nadat hy glo ’n 15-jarige leerder van die skool ’n paar jaar gelede verkrag het.
Tertius Dorfling (54) het in die Port Elizabeth-streekhof onskuldig gepleit op hierdie klagte wat die vrou, nou 20, teen hom maak.
Die vrou beweer Dorfling, wat getroud is en kinders het, het haar seksueel voorberei toe sy ’n gr. 9-leerder aan die skool was.
Nadat sy hierdie aantygings teen hom gemaak het, is Dorfling in Oktober 2014 deur die departement van onderwys afgedank.
Die donkerkopvrou het haar getuienis in camera gelewer voor sy versoek het dit moet vir die media oopgestel word. Sy het aangevoer haar verhouding met die skool se adjunkhoof het in 2011 begin. Sy was ’n tiener wat baie probleme gehad het en was desperaat vir aandag, het sy getuig.
Die vrou en Dorfling het baie tyd saam deurgebring en hy het ’n mentor vir haar geword.
Daarna het hulle na bewering seks in sy motor, by sy huis en by ’n gastehuis in die stad gehad. Die vrou voer verder aan hul verhouding het begin toe hulle in ’n stadium saam in sy motor was en hy in ’n stil straat stilgehou het. Dorfling het toe glo sy hand op haar been gesit.
“Ek het vir hom gesê dit is verkeerd, maar hy het gesê dit voel reg,” het sy getuig.
Alwyn Griebenow, Dorfling se prokureur, het die vrou gevra wat sy daarna gevoel het. Sy het gesê sy het verskeie emosies gevoel, maar het die kontak geniet.
Sy beweer hulle het in die daaropvolgende ses maande verskeie kere seks gehad. Dorfling het na bewering vir haar ’n toekoms saam belowe.
“Ek wou alles gehad het wat hy vir my beloof het,” het sy aan die hof gesê.
“Die hof sien net die seksuele daad raak en erken nie intellektuele manipulasie nie. Hy (Dorfling) het my lewe hel gemaak. Dit het my ses maande geneem om eindelik die krag bymekaar te maak om vir hom nee te sê en van hom ontslae te raak.”
Die saak is tot 12 Junie uitgestel wanneer Dorfling na verwagting sal getuig.
Bykomende bron: PE Herald
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/baaise-onnie-in-hof-vir-beweerde-seksdade-met-15-jarige-skolier/
| |
Joost sterf tuis omring deur al sy naaste familielede
|
“Joost was ’n toegewyde en liefdevolle pa en sy familie gaan hom baie mis,” het Pieter, die ontslape Springbokheld Joost van der Westhuizen se broer, Maandagaand tydens ’n perskonferensie in Johannesburg gesê.
Joost (45) het Maandagmiddag sy stryd teen die aftakelende motorneuronsiekte (MNS), waarmee hy vyf jaar gelede gediagnoseer is, verloor.
“Ons waardeer die nasie se ondersteuning in hierdie moeilike tyd,” het Pieter tydens die samekoms gesê.
Die oud-Bok is Saterdag in ’n kritieke toestand met asemhalingsprobleme in die Life Fourways-hospitaal in Johannesburg opgeneem.
Lees ook: Amor bring roerend hulde aan Joost: ‘Jy was en is my eerste liefde’
Joost is omstreeks 12:00 huis toe. Volgens Claire Kaye-Grobler, die woordvoerder van Joost se J9-stigting, was hy by sy volle bewussyn en het hy self besluit hy wil eerder huis toe gaan om by sy familie te wees.
Dis daar waar hy omring deur al sy naaste familielede omstreeks 13:30 oorlede is.
Lees ook: ‘Joost, jy’s ’n held,’ sê MNS-lyer wat al 12 jaar met dié vernietigende siekte worstel
Pieter het gevra dat die familie se privaatheid in hierdie moeilike tyd gerespekteer word.
’n Openbare gedenkdiens word hierdie komende Vrydag om 12:30 by Loftus Versveld aangebied. Volgens Claire moet belangstellendes vroeg opdaag aangesien plek beperk gaan wees.
Joost word deur sy twee kinders, Jordan (13) en Kylie (10), oorleef asook deur sy ouers, Gustav en Mariana, en twee broers, Pieter en Gustav, en hul gesinne.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/joost-sterf-tuis-omring-deur-al-sy-naaste-familielede/
| |
SA Poskantoor waarsku teen bedrogspul
|
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het die publiek gewaarsku om bedag te wees op ’n afleweringsbedrogspul wat ontwerp is om hul geld te steel.
Die oortreders kontak kliënte van die Lesotho Posdienste deur ’n oproep of e-pos, gee voor hulle is werknemers van die SA Poskantoor en lig hulle dan in van ’n pakkie wat vir hulle by die poskantoor wag.
Dan sê hulle aan kliënte die pakkie sal net afgelewer word indien ’n sekere bedrag geld betaal word. Gevalle is al aangemeld waar kliënte gevra is om R2 500 in ’n bankrekening (wat op bedrieglike wyse geopen is) te betaal voor hulle die pakkie kon kry.
Die SA Poskantoor waarsku die publiek om bedag te wees indien hulle sulke oproepe of e-posse ontvang.
Die SA Poskantoor en die Lesotho Posdienste vereis nie van kliënte om enige inbetalings in bankrekenings te doen voor pakkies beskikbaar gestel word nie – formele prosedures word gevolg om kliënte in te lig van ’n pakkie wat afgehaal kan word.
Lede van die publiek met inligting word gevra om die polisie of Poskantoor se Crimebuster Hotline by 0800 020 070 te bel.
Die publiek word aangemoedig om waaksaam te wees en hulle nie deur sulke oproepe om die bos te laat lei nie. As jy twyfel, bel jou plaaslike poskantoor of die kliëntediensnommer.
Bron: Fin24
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/sa-poskantoor-waarsku-teen-bedrogspul/
| |
Jou sterre vir Woensdag, 8 Februarie 2017
|
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.
JOU DAG
Die navolging van kreatiewe projekte en hulp aan ander lyk vandag gunstig.
AS JY VANDAG VERJAAR
Soek positiewe maniere om aan alledaagse werklikhede te ontsnap. Vanjaar is die jaar om meer gedissiplineerd te wees by die werk en om jou huislike lewe in orde te kry.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
As jy vandag uit die moeilikheid wil bly, moet jy dink voor jy dinge uitlap wat jy later gaan berou. Jy is in die bui om die verhoudingsbootjie te skommel, maar dit is nie baie slim nie.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Moenie die mag van jou intuïsie onderskat nie. Dit kan jou op die regte koers plaas, veral by die werk. Gee aandag aan jou drome – probeer dit moontlik vir jou iets sê?
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Probeer om ferm dog buigsaam te wees teenoor ’n gespanne geliefde. Moet jou nie by sinlose rusies betrek nie, want dit gaan jou nêrens bring nie. ’n Intieme vriend het goeie raad, dus moet jy mooi luister.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Vandag se sterpatrone versterk jou kreatiwiteit; maak die meeste daarvan. Moenie meegevoer raak en die grense tussen feit en fiksie laat verdof nie. Hou die twee mooi uitmekaar.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
’n Impulsiewe opmerking kan vinnig hand uitruk. Wees versigtig oor wat jy persoonlik kwytraak of aanlyn plaas. Herlaai jou energievlakke deur gehaltetyd saam met ’n spesiale mens deur te bring – jouself.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Geldsake is die middelpunt terwyl jy wipplank ry tussen pessimisme oor jou finansiële toekoms die een oomblik en stille selfvertroue die volgende oomblik. Die ware prentjie is iewers tussenin.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Voel jy onrealisties oor ’n projek wat voltooi moet word? Moet jy nie dalk ander mense aan boord neem en meer delegeer nie? Dink kreatief en hou jou opsies wyd oop.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Die planete aktiveer jou sone van selfuitdrukking en dit versterk jou kreatiwiteit en verskerp jou intuïsie. Skakel in by die kunstenaar in jou binneste en luister na die intensiteit van die stemmetjie binne-in jou.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Wat geldsake en werk betref is dit tyd om logika met intuïsie te kombineer. Kry eers die feite en sorg dan dat jy die moed het om jou natuurlike instink te volg. Dit sal jou in die regte rigting lei.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Pluto versterk jou onverdraagsaamheid met foute – joune en ander mense s’n. Luister na die woorde van jou beroemde verjaardaggenoot Jack Lemmon: “Mislukking sal jou nie skaad nie, maar vrees vir mislukking sal jou verlam.”
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Raak meer betrokke by wat in jou plaaslike gemeenskap gebeur. Maak die meeste van jou huidige verbintenisse in die omgewing, of dit nou by ’n mark, kunsuitstalling, skoolkermis of omgewingsgroep is.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
’n Geliefde kan nou wel in ’n nukkerigheid verval, maar dit beteken nie jy moet hul probleme absorbeer nie. Wees simpatiek, maar moenie toelaat dat hulle jou emosies deurmekaarkrap nie.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017
|
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-woensdag-8-februarie-2017/
| |
Studies meen dis wat paartjies wie se verhouding skipbreuk ly, moet doen
|
In ’n onlangse studie is bevind paartjies wie se verhouding deur ’n moeilike tyd gaan, kan wel later geluk vind.
Hulle moet net vasbyt en deurdruk.
Bevindings uit navorsing toon meer as twee derdes van ouers wat ongelukkig was ná die koms van hul eersteling, was 10 jaar later doodgelukkig.
Dit druis in teen die opvatting dat mense ter wille van hul kinders in ongelukkige verhoudings bly.
Harry Benson van The Marriage Foundation en Steve McKay van die Universiteit van Lincoln het data van 10 000 ouers bestudeer wat aan die Millennium Cohort Study deelgeneem het.
Hulle het gefokus op ouers wat aangedui het hulle was kort ná die geboorte van hul eerste kind, in die tydperk rondom 2000, ongelukkig.
Daar is aan die paartjies gevra hoe hulle 11 jaar later gevoel het. Sewe uit 10 was nog bymekaar en net een van die 10 wat bymekaar was, het steeds ongelukkig gevoel.
Meer as ’n kwart van die ouers wat voorheen gevoel het hul verhouding is in gevaar, maar wat bymekaar gebly het, het hulself later as “uiters gelukkig” bestempel.
Benson en McKay het uit hierdie resultate tot die gevolgtrekking gekom die paartjies wat bymekaar gebly het en wat op die randjie van skei was, sou waarskynlik meer as twee keer makliker skei as getroude paartjies.
Hulle beklemtoon die belonings wat voorlê indien ouers deur moeilike tye bymekaar bly.
“In teenstelling met die algemene opvatting is dit die beste ding wat jy ooit sou kon doen om in ’n ongelukkige huwelik te bly,” het Benson verduidelik.
“Daar is oomblikke van ongelukkigheid in die meeste huwelike, maar behalwe in uiters skaars gevalle waar die verhouding misbruik insluit, kan die meeste paartjies deur die probleme werk en agterna gelukkig wees.”
Sir Paul Coleridge, die hoof van The Marriage Foundation, steun hierdie bevindings en beskryf dit as “mite-vernietigend”, aangesien dit bewys indien ’n paartjie deur ’n moeilike tyd gaan terwyl hulle by ouerskap aanpas, dit nie noodwendig beteken hulle kan nie anderkant uitkom nie.
©Cover Media
|
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/verhoudings-leefstyl/studies-meen-dis-wat-paartjies-wie-se-verhouding-skipbreuk-ly-moet-doen/
| |
Anika Smit-moord: Smiley van Wyk se gebroke ouers ‘huil elke dag’
|
Die ouers van André (Smiley) van Wyk (24), wat op aanklagte van moord, verkragting en lykskending op die blondekoptiener Anika Smit teregstaan, het Dinsdag by die Pretoria-Noord-landdroshof teleurgesteld en gebroke sonder hul seun uitgestap.
Jan van Wyk (45), wat Smiley destyds as tweejarige aangeneem het, vertel hy en sy vrou, Judie (43), het gehoop Smiley sou dieselfde dag nog borgtog kry.
Die uitspraak van Smiley se borgaansoek gebeur nou eers Vrydag nadat landdros Pierre Wessels ná die verdediging, staat se vertoë en die inligting wat ter tafel gelê is, aangedui het dit sal “billik” wees om eers oor sy beslissing te besin, al het hy ’n goeie idee wat hy wil doen.
Jan vertel hy en Judie “huil nog elke dag” en Dinsdagaand was geen uitsondering nie. Jan sê dit was vir hulle baie stresvol en uitmergelend.
“Judie huil elke aand. Ek ook maar,” het dié groot donkerkopman Woensdag aan Huisgenoot vertel. Die egpaar glo steeds in hul kind se onskuld.
“André se plekkie is leeg by die huis. Net om hom daar by ons te hê, saam te wees en sy grappies te hoor. Ek sê steeds: Ek kén my kind.”
Dit is al vier maande sedert Smiley homself in die oggendure van 17 September verlede jaar aan die polisie in Pretoria-Noord oorgegee en oor Anika se moord “gebieg” het.
Hy het egter Dinsdag in ’n skokwending sy pleit na onskuldig verander en beweer hy het dit gedoen omdat hy die aand by ’n nagklub deur twee onbekende mense “gedreig” is om oor die grusame misdaad te bieg.
Die 17-jarige Anika Smit is op 10 Maart 2010 in haar pa, Johan, se huis in Theresapark verkrag, doodgesteek en haar hande is afgekap.
Nico Venter, #AnikaSmit se eks, by sy pa en regspan wag in spanning buite hof. Foto: Martin de Kock – @Jana_vdMerwe pic.twitter.com/woD2g5irpt — Huisgenoot (@huisgenoot) September 19, 2016
Haar hande is nooit gevind nie.
Die hof het met die lees van lt.kol Mike van Aardt, die ondersoekbeampte, se verklaring gehoor Smiley het glo in die polisieselle gespog hy het tatoeëermerke op sy bors van twee hande met bloed wat drup en dat hy as Smiley Scissor Hands bekend wil wees.
Andrè van Wyk, wat tereg staan vir die #AnikaSmit-moord se regspan sê hulle gaan nie formeel aansoek doen vir borg – via @hildatjie pic.twitter.com/OwkCnrnIVn — Huisgenoot (@huisgenoot) September 26, 2016
Jan sê hy kan nie glo sy Smiley het die “bog” kwytgeraak nie en dat dit glad nie in sy geaardheid is nie.
“Hy het nie eens tatoes nie; dis bogstories,” meen Jan.
Hulle kon nie ná die verrigtinge veel met hom praat nie, maar het vir hom ’n hamburger, tjips en koeldrank van Wimpy gebring.
“Hy cope, maar dit is moeilik vir hom in die tronk,” vertel Jan, wat hom een keer per week by die Kgosi Mampuru II-gevangenis besoek.
Jan vertel die Hoërskool Gerrit Maritz, waar Anika ook voor haar dood op ’n tyd ’n klasmaat van Smiley was, het destyds sy vrou gebel om te sê Smiley het glo op ’n skoolbank gekrap hy het die moord gepleeg.
“Ek onthou André was erg omgekrap. Hy het gesê hy het dit nie gedoen nie en die skool het dit ook nie verder gevoer nie.”
Oor die staat wat Smiley as ’n dief wou skets wat al sy ma se ring en ’n vraestel op skool gesteel het, sê Jan Smiley is geskors ná die vraestelvoorval en hy het daarna die skool in gr.11 verlaat.
Maar die stellings oor die ring is belaglik aangesien dit net ’n kostuumring was. Die hof het by monde van adv. Corrie Nieuwenhuys, vir die verdediging, gehoor hy wou die ring vir ’n meisie gee.
Jan vertel hy het volle vertroue in Corrie en die opdraggewende prokureur, Latham Dixon, dat hulle hul seun Vrydag by die huis sal hê.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/anika-smit-moord-smiley-van-wyk-se-gebroke-ouers-huil-elke-dag/
| |
Tereza Troskie-Herbst dolgelukkig in ‘nuwe, moderner huis’ ná gedwonge skuif
|
Tereza Troskie-Herbst hou baie meer van die nuwe, moderner huis waarin sy en haar gesin pas in Bloemfontein ingetrek het.
Die huis is baie naby aan die huis in Waverleyweg waaruit hulle pas getrek het.
“Hier is ongelooflik baie ruimte en die badkamers is absoluut eksoties,” het Tereza (48), ’n gewese Mev. Suid-Afrika, telefonies gesê. Sy hou ook van die ligte en afronding van die huis en het dit baie meer in haar smaak beskryf as hul vorige huis, wat sy as ’n baie ou huis bestempel.
“Daardie huis is al dekades gelede gebou.”
Tereza en haar man, Bennie, en haar seun, Jamie, het pas in die nuwe huis ingetrek en is steeds besig om alles reg te kry. “Ons het die huis ’n drie-maande-projek gemaak.”
Die nuwe huis het ook ’n swembad, wat die vorige huis nie gehad het nie.
Tereza-hulle is ’n ruk gelede deur ’n hofbevel aangesê om hul ou huis te verlaat.
Netwerk24 het toe berig Tereza was volgens hofstukke verlede jaar R82 133 agter met die betaling van huurgeld aan Nelie Smith-Mansuitrusters, ’n filiaal van Boet Troskie, Tereza se eksman, se Mimosa-groep aan wie die huis behoort.
Tereza het destyds aan Huisgenoot gesê sy het van haar huurgeld nie betaal nie omdat Boet haar na bewering geld geskuld het en sy skuldvergelyking toegepas het. Op sy beurt het Boet dié bewering afgemaak as “die grootste snert wat ek nog gehoor het”.
Destyds het Tereza gesê hulle het verskeie verbeterings aan die huis aangebring terwyl hulle daar gewoon het.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/tereza-troskie-herbst-dolgelukkig-in-nuwe-moderner-huis-na-gedwonge-skuif/
| |
Die groot kwelvraag: gaan die Oroville-damwal hou of nie?
|
Byna 200 000 mense is teen Maandag reeds inderhaas ontruim nadat een van die grootste damme in Amerika se noodsluis erg weggekalwe is terwyl die watervlakke aansienlik bly styg.
“Daar was geen plan nie – hulle het ons ’n uur gelede kennis gegee,” het ene Joseph Wright Sondagaand aan die plaaslike media gesê.
In verskeie plekke is die vulstasies is gesluit, petrolpompe afgesit en debiet- en kredietkaarte-geriewe werk nie.
Vir baie van die inwoners van die omgewing is hierdie ongelukkig nie ’n unieke ervaring nie. Duisende moes rondom die 1960s, 1980s en 1990s voor katastrofiese vloede vlug.
Soos Gail Agrifoglio (67), ’n afgetreke vurkhyser-operateur. Sy het dié keer bloot net ’n paar kussings en ’n paar stukkies skoon klere ingepak vir haar ontruiming na Fairfield want sy verwag om binne ’n dag weer na haar huis terug te keer.
“Ek kry eintlik so die kans om weer van my familie te sien,” het sy geskerts. Sy’s ook nie bekommerd oor enige moontlike verlies wat sy mag ly nie.
“As dit gaan, dan gaan dit. Dit kan vervang word, mense nie . . .”
Swaar reën en sneeustorms bring wel verligting na meer as vyf jaar se intense droogte, maar terselfdertyd jaag dit die watervlakke teen ’n ongenadige spoed op.
Kyk hoe laag was die damvlak in 2014!
Dis nie net die Oroville-dam waar die sluise oopgestel moes word nie. Verskeie ander damme moes ook reeds water begin vrylaat het.
Aerial video shows strain on California's Oroville Dam's backup spillway hours before thousands ordered to evacuate. https://t.co/Pcik3F5AWo pic.twitter.com/6TwgGUGI63 — ABC News (@ABC) February 13, 2017
’n Gapende gat is verlede week in die dam se hoof-noodsluis opgemerk. Dit het amptenare forseer om vir die eerste keer sedert die dam in 1968 vir die eerste keer oopgestel is, die noodsluise oop te trek.
Incredibly helpful graphic for those of us trying to understand what's happening. #OrovilleDam https://t.co/IppjFhvh1l pic.twitter.com/b90TClucgS — Tim Grieve (@timgrieve) February 13, 2017
Die dam self blyk staande te bly, maar die erosie-skade aan die noodsluis kan tot strukturele skade lei en ’n onbeheersde stortvloed van water voorspel niks goed vir nabygeleë dorpe in die omgewing nie.
Stunning drone video shows #OrovilleDam holding back a massive wall of water as thousands ordered to evac – https://t.co/t6fk3h4ZsS #KPRC2 pic.twitter.com/GtmK7GZOBq — KPRC 2 Houston (@KPRC2) February 13, 2017
Die veiligheid van die dam het reeds in 2005 opspraak verwek toe omgewingsgroepe ’n beroep op die staat gedoen het om die noodsluis met beton te versterk, eerder as om net op die heuwels van grond staat te maak.
Hulle versoek is egter verwerp.
Die amptenare het destyds glo aangedui dat die noodsluis byna 107 000 kubieke meter per sekonde sou hanteer.
Maar die afgelope naweek kon die water nie vinnig genoeg by die hoof-betonsluis afgevoer word nie. Dinsdag het miljoene liters water reeds oor die noodsluise begin vloei.
‘This is not a drill’: People evacuate as fears of #OrovilleDam spillway collapse grows https://t.co/ziiBu5KbYE pic.twitter.com/E6jDs5Webl — RT (@RT_com) February 13, 2017
Sondagaand is ses helikopters ingespan om houers volgelaai met klippe op die beskadigde kant van die heuwel af te gooi as noodmaatreël om die wal te help versterk.
Maandag, 13 Februarie, het die kantoor van die goewerneur van Kalifornië, Jerry Brown, diegene bedank wat help om die inwoners van die omgewing veilig te hou.
Een van die mense wat moes ontruim, het ’n kort video op Twitter gedeel.
Uit alle oorde word hulp en huisvesting aan diegene wat hul huise moes agterlaat, aangebied. Dit wissel van die plaaslike kermisterrein, die Rooi Kruis en weermag tot tempels.
Sikh Temples offering food and shelter … open to ALL evacuated people #OrovilleDam #OrovilleSpillway … Please share pic.twitter.com/4O5ZUhl1TH — Shivpreet Singh (@shivpreetsingh) February 13, 2017
Daar is tot nou toe nog geen aanduiding van wanneer die ontruimingsbevel teruggetrek gaan word nie.
Meer oor die Oroville-dam
Met’n damwal van 230 m is die Oroville-dam die hoogste dam in Amerika. Dit vorm ook ’n kritieke en integrale deel van die land se waterstelsel wat die voorsiening van water, vloedbeheer en hidroëlektriese kragopwekking betref.
In 2013 was daar ’n kraak in een van die sluise maar dit is afgemaak as normaal.
Vanaf 7 Februarie 2017 het ’n krater ontstaan in die beskadigde noodsluis. Teen 10 Februarie was die krater reeds 90 m wyd, 150 m lank en 14 meter diep.
Bronne: usatoday.com, mercurynews.com, sacbee.com, rt.com
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/die-groot-kwelvraag-gaan-die-oroville-damwal-hou-of-nie/
| |
Ag, moeder! Is hierdie prinsie dalk die wêreld se oulikste?
|
Daar is ’n rede waarom die bolwang-engel as die mooiste koninklike baba ter wêreld gekroon is.
Bhoetan se kroonprins Jigme Namgyel Wangchuck het sy eerste verjaardag hierdie week gevier en die koninklike geleentheid is met ’n nuwe portret van die knapie gevier.
Prins Jigme staan as die draakprins van Bhoetan bekend. Hy is die seun van koning Jigme Khesar Namgyel Wangchuck (36) en koningin Jetsun Pema (25), heersers van die Bhoeddistiese koninkryk aan die oostelike rand van die Himalajas, genestel in die berge tussen China en Indië.
Op die onlangs uitgereikte foto pryk die eenjarige met kuiltjies in ’n geel-en-goue geborduurde mantel met ’n bypassende geel speelmotor in sy hand.
Sy trotse ma het die wêreld ook getrakteer met foto’s van haar oulike seun op Facebook tydens die vieringe van Bhoetan se nasionale dag in Desember.
Die foto is by die Lingkana-paleis geneem waar hy saam met sy ouers woon, berig MailOnline.
Die aantreklike paartjie word die William en Kate van die Himalajas genoem, volgens US People.
Die geliefde koninklike egpaar het die geboorte van hul seun bekendgemaak net ’n paar maande voor die hertog en hertogin van Cambridge hul koninkryk verlede April besoek het.
Die volgende foto’s wat ons graag sal wil sien, is van ’n speelafspraak tussen die draakprins en sy Britse eweknieë, prins George (3) en prinses Charlotte (1).
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/ag-moeder-is-hierdie-prinsie-dalk-die-wereld-se-oulikste/
| |
Vrou bedank Fifty Shades-ster nadat sy eindelik swanger raak
|
Jamie Dornan is onlangs deur ’n vrou genader wat gesê het sy rolprent Fifty Shades of Grey het haar gehelp om swanger te raak nadat sy jare lank gesukkel het.
A photo posted by Sarah Carroll (@sarahmichelleyc) on Feb 1, 2017 at 2:52am PST
Die 34-jarige akteur het die rol van Christian Grey, ’n man wat gek is oor sadomasochisme, in die 2015-rolprent vertolk. Hy sit die rol voort in die opvolgprent, Fifty Shades Darker, wat vandeesmaand uitgereik word.
Tydens ’n onderhoud Maandagaand in The Ellen DeGeneres Show het die aanbieder vir Jamie gevra of hy bewus is dat daar, ongeveer nege maande nadat die eerste rolprent uitgereik is, wêreldwyd ’n merkbare golf van geboortes was.
“Ek het een werklik aangrypende en eerlike storie gehoor toe ’n vrou met my kom praat nadat sy my herken het,” het Jamie gesê. “Sy het vertel sy het gesukkel om swanger te raak en, nadat sy en haar man Fifty Shades gesien het, het alles vir hulle in plek geval en toe raak sy swanger.”
A photo posted by Jamie Dornan (@_jamie_dornan_) on Jan 30, 2017 at 11:04am PST
Jamie tree weer in Fifty Shades Darker op teenoor Dakota Johnson, wat die rol van Anastasia Steele vertolk. Die verhaal volg Christian en Anastasia se liefdesverhaal terwyl hulle probeer om sy obsessies in hul verhouding te bevredig. Christian het ’n “rooi kamer” vol seksinstrumente in sy huis.
Ellen het aan die ster van Noord-Ierland gevra of hy ooit die speelgoed in sy eie lewe gebruik het voor hy die rol aanvaar het.
“Ek bedoel, die komiese deel is – jy het al ’n variasie gebruik van feitlik alles wat jy in die Red Room teëkom, maar nie vir dieselfde doel nie,” het Jamie verduidelik. “Dis meer iets soos dit wat jy sou gebruik om perd te ry of ’n sak wat besonder vol is, vas te maak – soos ’n gespe. Jy het dus die stel vaardighede en jy verbaas jouself tot ’n mate.
“Ek moet erken, ek was baie onkundig daaroor.”
A photo posted by Jamie Dornan (@_jamie_dornan_) on Jan 18, 2017 at 3:58pm PST
Jamie deel, wat sy persoonlike lewe betref, nie Christian se voorliefde vir katelstoeiery nie. En hy het ook nog nie sy toevlug tot enige van die rolprent se speelgoed geneem deur dit huis toe te neem en saam met sy vrou, Amelia Warner, in die gerief van hul eie huis te beproef nie.
“Ek dink nie sy wil ’n gebruikte rekwisiet hê nie!” het hy gesê en gelag toe Ellen hom daarna vra.
© Cover Media
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/vrou-bedank-fifty-shades-ster-nadat-sy-eindelik-swanger-raak/
|
2017-02-01 10:52:37
|
Wen een van vyf Carmien Tea-geskenkpakke ter waarde van R1 100 elk en verskyn dalk op TV!
|
http://www.huisgenoot.com/wen/wen-een-van-vyf-carmien-tea-geskenkpakke-ter-waarde-van-r1-100-elk-en-verskyn-dalk-op-tv/
|
2017-02-06 00:00:00
|
|
Jongste nuus oor Joost: Oud-Bokheld op ventilator - so gaan dit nou
|
Die oud-Bokheld Joost van der Westhuizen (45) se toestand is nou meer stabiel, maar hy is aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel waar hy steeds in die Life Fourways-hospitaal in Johannesburg in die waakeenheid om sy lewe veg.
Pieter van der Westhuizen (47), Joost se broer, het bevestig dat Joost met ’n ventilator suurstof deur deurmiddel van ’n pyp in sy mond kry. Hy vertel Joost het onder die omstandighede ’n goeie eerste nag in die hospitaal gehad.
“Joost se aand was rustig. Sy toestand is nou meer stabiel,” het Pieter Sondagoggend per SMS aan Huisgenoot gesê. Dit kom 24 uur ná Joost Saterdag na die hospitaal gehaas is toe hy asemhalingsprobleme ontwikkel het.
Joost se J9-stigting wat hom vir MNS-lyers beywer, het in ’n laaste plasing Saterdagaand gedeel: “Hou asseblief aan bid, die familie waardeer al die ondersteuning van oor die wêreld heen.”
Joost, wat in 2011 met die aftakelende motorneuronsiekte (MNS) gediagnoseer is, het net meer as twee maande ’n suurstofmasjien begin gebruik om hom, veral snags, te help as hy voel hy het asemnood.
Amor Vittone, Joost se vervreemde vrou en die ma van sy kinders, Jordan (13) en Kylie (10) het Saterdag die hele dag saam met Joost se naaste familie en vriende by die hospitaal gewaak. Sy was doodmoeg toe sy eers ná 21:00 by die huis aankom op die landgoed in Dainfern, Midrand waar Joost ook naby haar saam met drie heeltydse versorgers bly.
Sy het ook die “siek” gerugte veroordeel van mense wat sonder die regte inliging plasings in sosiale media maak.
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/jongste-nuus-oor-joost-oud-bokheld-op-ventilator-so-gaan-dit-nou/
| |
Alwyn Griebenow eindelik met sy vierpotige vriend herenig
|
Die 20-jarige Alwyn Griebenow en sy hond, Hilux, was op 20 Januarie saam in ’n motorongeluk naby Alexandria, sowat 100 km buite Port Elizabeth.
Alwyn is uit die bakkie geslinger en Hilux, wat ten tyde van die ongeluk agter op die bakkie gesit het, het sy poot en ’n paar ribbes gebreek.
Alwyn is die seun van ’n bekende prokureur van Port Elizabeth, wat dieselfde naam het. Hy was twee weke lank ná die gru-ongeluk in ’n koma.
Hy het die afgelope week goeie vordering getoon en kon begin eet en sy oë oopmaak. Ná byna twee weke in die Life St. George-hospitaal is hy verlede Vrydag na die Aurora-hospitaal, ’n rehabilitasiesentrum in die stad, oorgeplaas.
Dit is hier waar hy Saterdag met Hilux herenig is. Hulle het mekaar vir die eerste keer sedert die ongeluk weer gesien.
Die twee sal mekaar nou elke week kan sien terwyl Alwyn sy rehabilitasie ondergaan.
Alwyn sr. het aan Huisgenoot gesê sy seun kan al ’n paar woorde sê, al is dit mompelend.
“Ons is ongelooflik dankbaar vir Alwyn se vordering,” het hy gesê. “Dit is ’n wonderwerk en ons is dankbaar vir die Here dat my seun nog by ons is.”
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/alwyn-griebenow-eindelik-met-sy-vierpotige-vriend-herenig/
| |
Huisgenoot Mobi
|
Captain America (Chris Evans) en sy komediant-meisie, Jenny Slate, se verhouding is verby. ’n Bron het aan Us Weekly gesê hulle het onlangs uitgemaak en is steeds “baie goeie vriende”.
A photo posted by Us Weekly (@usweekly) on Feb 8, 2017 at 10:38am PST
Jenny (34) het by die Sundance-rolprentfees in Utah verlede maand haar rolprentster-kêrel se lof besing en hom “ ’n wonderlike ou” genoem.
Die twee het verlede Mei begin uitgaan en ’n maand later hul debuut as paartjie gemaak op die rooi tapyt by die première van The Secret Life of Pets in New York. Toe het die smoorverliefde Jenny Chris haar “droom gr. 7-kêrel” genoem.
“Ons het mekaar nie geken toe ons grootword nie, maar ons het sowat ’n halfuur se ry van mekaar af grootgeword,” het sy gesê. “Ons was ’n ruk lank vriende.”
Die komediant was voorheen met Dean Fleischer-Camp getroud, terwyl Chris (35) met Kate Bosworth, Minka Kelly en Jessica Biel uitgegaan het. Jessica is nou met Justin Timberlake getroud.
A photo posted by paradiswinter84 (@paradiswinter84) on Feb 9, 2017 at 1:17am PST
Jenny en Chris werk steeds saam en sal binnekort hoofrolle in die drama Gifted vertolk.
Tydens ’n verskyning op Anna Faris se potgooi Unqualified verlede April, het Jenny erken sy was ’n bietjie geïntimideer deur die ster van The Avengers toe hulle mekaar die eerste keer as mede-akteurs ontmoet.
“Ek het nie geweet wat om te verwag toe ek Chris ontmoet nie,” het sy verduidelik. “Ek was ’n bietjie bang, want ek het gevoel of ek ken hom nie. Hy is ’n reuseman met groot spiere en hy is Captain America. Hoe sou ons ooit aanklank vind?
“Die eerste aand toe ons saam kuier, het ek gedink: ‘Sjoe, ek kan maklik 90 uur saam met Chris kuier.’ ”
© Cover Media
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/liefdesbootjie-sink-vir-hollywood-grote-maar-hulle-bly-goeie-vriende/
|
2017-02-08 18:38:23
|
KYK VIDEO: Bekendes betoon eer aan Joost van der Westhuizen by privaat gedenkdiens
|
Roubeklaers het Vrydagoggend stadig maar seker by die ontslape rugby-ikoon Joost van der Westhuizen se privaat gedenkdiens by ’n kerk in Pretoria aangekom.
Dié diens, wat die openbare gedenkdiens om 12.30 by Loftus Versfeld voorafgaan, is deur Joost se naaste familielede bygewoon sowel as sy eerste vrou, Marlene Duvenhage, en die oud-Bokafrigter Heyneke Meyer en die rugbylegende James Small.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-video-bekendes-betoon-eer-aan-joost-van-der-westhuizen-by-privaat-gedenkdiens/
| |
KYK: Charlize Berg se gevoelvolle vertolking van bekende lied sal jou hoendervel gee
|
Dit is ’n oomblik wat sommer spontaan met ’n selfoon vasgevang is, maar luister jy daarna, kry jy hoendervel.
A photo posted by Charlize Berg (@charlizeberg) on Jan 26, 2017 at 1:08am PST
Die sangeres Charlize Berg (24) trou in April met haar kêrel van die afgelope agt jaar, die argitek Warren Linden (24). Sy is tans in die proses om in hul nuwe woonplek in te trek.
“Die plek het nog nie eintlik meubels nie en ek het gedink: Waar sal ek weer so ’n leë vertrek kry waarin ek ’n akoestiese klank kan vasvang,” vertel die blondekop.
Dis toe dat sy Dinsdagaand besluit dis die ideale plek om die gewilde liedjie Amazing Grace te sing.
Haar kleinboet, Markus (21), se meisie, Rochelle Snyman (20), was saam met haar en het die oomblik op kamera vasgevang.
Charlize het die video op Instagram gelaai en haar aanhangers was gaande daaroor.
In die video kan ’n mens sien hoe diep die sangeres haar in die liedjie inleef.
“Ek verloor myself in elke optrede wat ek doen,” vertel sy. “Dis elke keer vir my ’n emosionele ervaring en ek delf diep wanneer ek sing.”
Sy beskryf dit as ’n oomblik van lofprysing.
“Ek het net my oë toegemaak en my verbeel ek sweef op ’n wolk in die hemel.”
Kyk hier na die video:
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/kyk-charlize-berg-se-gevoelvolle-vertolking-van-bekende-lied-sal-jou-hoendervel-gee/
|
2017-01-26 09:08:47
|
Leerlinge aan Stellenbosse spogskool moet ‘vir weke van groepsbyeenkomste wegbly’ weens masels
|
Leerlinge van die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch mag vir die volgende vier weke nie aan enige sportbyeenkomste, kultuur- of akademiese geleenthede deelneem nie.
Die skool het in ’n verklaring, wat ook op Facebook gedeel is, gesê dat masels wel by dié skool uitgebreek het.
Huisgenoot het Donderdag berig ‘n masels-epidemie lê tans Stellenbosch lam.
“Ons is deur die owerhede in samewerking met die nasionale en provinsiale gesondheidsdepartemente in kennis gestel dat ons enige massabyeenkomste met ons leerlinge moet vermy,” lui die verklaring.
Toegang tot die skoolgrond word ook net tot leerlinge en personeel beperk. Slegs interne kulturele byeenkomste gaan voort.
Geen byeekomste wat deur ander skole bygewoon word, kan op die skoolterrein aangebied word nie. Luidens die verklaring moet alle leerlinge so gou moontlik ingeënt word teen die siekte.
Die skool se ope dag, wat vir 13 Februarie beplan word, gaan moontlik ook uitgestel word.
Paul Roos-leerlinge sou Vrydag saam met Paarl Gimnasium, Hoër Jongenskool Paarl, Bloemhof en Hoër Meisieskool Paarl aan die Prestige (Driehoek) –atletiekbyeenkoms deelgeneem het.
Paul Roos het intussen onttrek. Die skool en die koshuise is wel steeds oop.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/leerlinge-aan-stellenbosse-spogskool-moet-vir-weke-van-groepsbyeenkomste-wegbly-weens-masels/
| |
Die jongste nuus oor Joost van der Westhuizen se toestand
|
Nadat dit bekend geword het die oud-Bokheld Joost van der Westhuizen is Saterdag in ’n kritieke toestand gehospitaliseer, het gerugte oor sy beweerde dood soos ’n veldbrand versprei.
Die J9-stigting het egter dié gerugte in die kiem gesmoor toe hy in ’n kort verklaring op Facebook die teendeel bevestig het.
“Joost is steeds besig om in die hospitaal te veg. Hou aan bid vir hom,” skryf die stigting.
Facebook-volgelinge van die stigting is vermaan om hulle nie aan die valse gerugte te steur nie.
“Volg asseblief net hierdie blad vir enige nuus (oor Joost). Daar is talle gerugte (wat die ronde doen), maar ons sal aanhou om die ware besonderhede (op hierdie blad) te deel.”
Van die gerugte wat Huisgenoot onder oë gehad het sê onder meer: “Hierdie het nou ingekom van ’n uiters betroubare bron. Rus in vrede Joost! Joost is oorlede. Nog nie amptelik nie. Wag seker eers dat al die familie in kennis gestel word. Rus in vrede ou grote.”
’n Ander Facebook-gerug strook hiermee: “Shame Joost is oorlede!! So so sad!! #legend”
Intussen het plaaslike bekendes gereageer op die nuus van Joost se opname in die hospitaal:
Die Joost wat ek ken is 'n taai ou bliksem. Vasbyt broer. Ons dink aan julle. Vat dit soos 'n wegwedstryd… — Steve Hofmeyr (@steve_hofmeyr) February 4, 2017
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/die-jongste-nuus-oor-joost-van-der-westhuizen-se-toestand/
| |
Ombudsman-verslag skok: Meer psigiatriese pasiënte dood ná verskuiwing
|
’n Geraamde 94 psigiatriese pasiënte is dood nadat hulle van die Life Esidimeni-hospitaal na nieregeringsorganisasies (NRO’s) verskuif is, het die gesondheidsombudsman, prof. Malegapuru Makgoba, Woensdag in ’n verslag bekend gemaak.
Dit kom nadat die Gautengse LUR vir gesondheid, Qedani Mahlangu, die getal verlede September op 36 geraam het.
Die werklike sterftesyfer kan boonop hoër wees, het prof. Makgoba nou verklaar in sy terugvoer oor die ondersoek na die gevolge van die Gautengse departement van gesondheid se oorplasing van psigiatriese pasiënte na NRO’s.
“Hierdie is ’n voorlopige syfer, want daar is ander agentskappe soos die SAPD wat die proses ondersoek. Daar is steeds liggame in lykshuise wat uitgeken moet word,” het hy gesê.
“En dis merkwaardig dat net een mens aan ’n geestesiekte-verwante oorsaak dood is. Die ander 93 is weens ontwatering, diarree, epilepsie en talle ander oorsake buiten geestesongesteldheid dood.
“Wanneer jy ’n berig lees dat iemand aan natuurlike oorsake dood is, stel dit jou gerus. Maar as jy gaan ondersoek instel, vind jy dat iemand eintlik die vorige aand gaan slaap het in ’n plek wat veronderstel is om na hulle om te sien, maar dat hulle die volgende dag dood aangetref is.”
Mentally ill patients are human beings like you and I! Their human rights must be promoted AND protected!Their lives matter! — Vusi Pikoli (@VusiPikoli) February 1, 2017
Life Esidimeni het amper vier dekades lank ’n kontrak met die Gautengse gesondheidsowerheid gehad om die pasiënte te versorg. Maar Mahlangu het die ooreenkoms opgeskort omdat die koste daarvan volgens haar te hoog was.
Volgens prof. Makgoba is bevind dat al die betrokke NRO’s se lisensies ongeldig was.
“Die Gautengse gesondheidsdepartement het pasiënte dus uit ’n gelisensieerde instelling gehaal en hulle na ongelisensieerde geriewe oorgeplaas.”
Hy het aanbeveel dat van die departement se senior amptenare geskors word terwyl hul geskiktheid vir hul amp bekyk word.
Mahlangu het pas haar bedanking ingedien.
Bronne: enca, ewn, JacarandaFM
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/ombudsman-verslag-skok-meer-psigiatriese-pasiente-dood-na-verskuiwing/
| |
Huisgenoot Mobi
|
Die polisie is glo op soek na ’n tweede verdagte wat betrokke kon wees by die grusame moord op Tanya Wiers van Polokwane.
“Ons ondersoek duur voort en ons is op soek na nog iemand wat kan help met die ondersoek,” sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder.
Tanya (44) se naakte lyk is gistermiddag (Dinsdag) in haar slaapkamer deur haar tienerseun gevind toe hy van die skool af gekom het.
Albei Tanya se oë is uitgesny en sy het verskeie steekwonde aan haar nek en ken gehad, sê Motlafela.
Sy het ook wonde aan haar hande gehad, wat daarop kan dui dat sy terugbaklei het.
Die polisie het gister ’n 25-jarige verdagte aangekeer wat in die woonbuurt gewerk het. Van Tanya se besittings, soos haar juwele, selfoon en ’n tabletrekenaar, is by hom gevind.
Volgens Motlafela is dit nog onduidelik wat die motief vir die aanval was en waarom die verdagte(s) besluit het om haar oë te verwyder.
Berading is vir die geskokte tienerseun gereël. Sy was ’n tuisbly-ma en het drie kinders gehad.
Huisgenoot het Tanya se man, Rolf, gekontak. Hy was in daardie stadium by die lykshuis en sou later met Huisgenoot gesels. Hy het egter later nie weer op ons oproepe gereageer nie.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/tiener-kry-berading-nadat-hy-na-skool-op-ma-se-kaal-geskende-lyk-afkom/
| |
Nuwe hofdatum vir bylmoordsaak - kyk foto’s, video van emosielose Henri van Breda by hof
|
’n Nuwe hofdatum is Vrydagoggend vir die vermeende bylmoordenaar, Henri van Breda, vasgestel.
Regter Elize Steyn het in hof 3 van die Kaapse hooggeregshof aangedui dat die saak op 27 Maart sal begin en dat Henri se borgtogvoorwaardes intussen onveranderd sal bly.
Henri het saam met sy regspan by die hof opgedaag. Geen familie of sy meisie, Daniellá Janse van Rensburg, was in sig nie.
Henri (21) geklee in sy kenmerkende blou baadjie en geruite grys en blou das het geen emosie getoon terwyl hy gewag het vir hofverrigtinge om te begin nie. Hy het wel vir kort rukkies met medebeskuldigdes in die hofbank langs hom gesels.
Sy ligte bruin hare wat in sy nek krul was netjies agtertoe gekam.
Tydens die hofverrigting het dit aan die lig gekom dat alle stappe wat voor die saak gedoen moet word voltooi is en dat die regter gevra sal word dat ’n kundige bystand bied met DNS-bewyse.
Henri word van drie moordklagte aangekla, een van poging tot moord en dwarsboming van die gereg. Hy het homself in Junie verlede jaar by die Stellenbosch-polisiestasie oorhandig. Hy is op R100 000 borg vrygelaat.
Sy ouers, Martin (54) en Teresa (55) van Breda, sy broer Rudi (22) is met ’n byl vermoor in die luukse De Zalze gholflandgoed buite Stellenbosch in die vroeë oggendure van 27 Januarie 2015.
Sy suster, Marli (17) het die aanval oorleef, maar het ernstige breinbeserings opgedoen.
Toe die hofverrigtinge verby is het Henri op sy gemak buite die hofsaal vir sy regspan gewag terwyl hy op sy foon doenig was. Toe hulle by hom aansluit het hulle die gebou onmiddellik verlaat.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/nuwe-hofdatum-vir-bylmoordsaak-kyk-fotos-video-van-emosielose-henri-van-breda-by-hof/
| |
Transitorowers loop hul rieme styf in Pretoria
|
’n Man is dood en ses van sy vermeende medepligtiges is in hegtenis geneem tydens ’n gefnuikte transitorooftog Woensdag by ’n Shell-garage in Pretoria-Wes, sê die polisie.
Twee van die mans wat in hegtenis geneem is, is na bewering polisiebeamptes, maar dit word nog bevestig, sê kapt. Kay Makhubela.
Sewe mans het in twee voertuie by die vulstasie stilgehou en gewag dat die G4S-geldwa aankom.
“Een van die G4S-veiligheidswagte het by die garage ingegaan en toe hy met die geldkis terugkeer, het een van die verdagtes ’n vuurwapen op hom gerig.”
Die wag het die geldkis oorhandig, in sy voertuig teruggeklim en ’n paniekknoppie gedruk wat ’n elektriese skokmeganisme in die geldkiss geaktiveer het.
Die vermeende dief het die geldkis laat val en ’n skietgeveg het tussen die wagte en rowers uitgebreek.
Een van die rowers is doodgeskiet. Sy ses vermeende medepligtiges het in ’n Hyundai gevlug. Die polisie het hulle met ’n helikopter in Atteridgeville opgespoor, waar hulle aangekeer is.
Twee ongelisensieerde vuurwapens en ’n R5-geweer is teruggevind.
Bron: News24
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/transitorowers-loop-hul-rieme-styf-in-pretoria/
| |
Bekende aktrise se ousus sê sy’s ‘die beste mamma’
|
Blake Lively se ousus, Robyn, het net lof vir die aktrise se ouerskapsvaardighede en sê sy’s “die beste”.
A photo posted by Blake Lively fan (@foreverblakelively) on Jan 30, 2017 at 3:39pm PST
Die 44-jarige Robyn is self ’n aktrise en ma van drie kinders. Sy sê haar 29-jarige suster is ’n fantastiese ma vir haar dogters, James (2) en die drie maande oue Ines.
Robyn sê Blake het by haar om raad kom aanklop toe sy die eerste keer swanger raak. “Ek het vir haar gesê om hulle nie te veel te voer en water te gee nie, want hulle raak te gou groot,” het Robyn skertsend in die Amerikaanse program Entertainment Tonight vertel. “Koester en geniet hulle net.”
Robyn het ook Blake se man, die Deadpool-akteur Ryan Reynolds, geloof en sê “hy is net so ongelooflik”.
“Hulle is wonderlik en beskerm hul klein gesin en is doodnormaal. Hul gesin is alles en ek is so trots op hulle. Hulle het ’n sin van normaliteit behou en dis ongelooflik.”
Blake het verlede jaar aan die tydskrif Marie Claire gesê dis vir haar en haar man van vier jaar van groot belang om vir hul kinders so ’n normale lewe as moontlik te gee.
“Ryan het lekker, normale grootwordjare gehad en ons wil hê ons kinders moet dieselfde normale lewe hê wat ons gehad het. Ons wil hulle nooit ontneem van dit wat ons gehad het nie, want dan sal ons regtig selfsugtig voel.”
Robyn dink egter klein James is ’n ster in wording. Sy het juis verlede jaar die kollig gesteel toe Ryan sy ster op die Hollywood Walk of Fame kry. “Hou maar die ruimte dop!”
Cover Media
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/bekende-aktrise-se-ousus-se-sys-die-beste-mamma/
|
2017-01-30 23:39:43
|
‘Pa, ek is jammer jy moes gaan, maar jy wou’ - Kylie en Jordan neem roerend afskeid van hul pa
|
Roubeklaers het Vrydagoggend stadig maar seker by die ontslape rugbyikoon Joost van der Westhuizen se privaat gedenkdiens by ’n kerk in Pretoria aangekom.
Dié diens, wat die openbare gedenkdiens om 12.30 by Loftus Versfeld voorafgaan, is deur Joost se naaste familielede bygewoon sowel as sy eerste vrou, Marlene Duvenhage, en die oud-Bokafrigter Heyneke Meyer en die rugbylegende James Small.
In ’n roerende gebaar het Joost, wat Maandag in die ouderdom van 45 by sy huis in Johannesburg oorlede is, se gesin vir hom afskeidsbriewe geskryf.
Sy seun, Jordan (13), skryf by ’n foto van hulle twee saam:
“Liewe Pappa, dankie vir alles, maar die meeste vir “die beste wees wat pa kan wees!” Jy is die beste rugbyspeler in die wêreld! Ek wil die beste sportman wees soos jy, want jy het gesê ek moet hard werk!! Ek sal altyd vir jou lief wees tot by die maan en terug. Pappa, sê asseblief vir God Liverpool moet wen. Jy sal nooit alleen loop nie! Ek is baie lief vir jou, Jordan.”
Joost se dogter, Kylie (10), se roerende briefie het as volg gelui:
“Pa, ek is jammer jy moes gaan, maar jy wou. Ek weet jy het ’n fees in die hemel. Lief vir jou, #1Dad. Jy sal altyd in my hart wees. Ek is lief vir jou en niemand sal dit ooit verander nie. Ek sal jou nooit vergeet nie, jy sal altyd aan my sy wees. Onthou jy beteken die wêreld vir my. Ek is lief vir jou, van Kylie.”
Op ’n grootskerm het foto’s van Joost en sy geliefdes geflits. Toe die oud-Bokheld se kis die kerk ingebring word, was daar ’n oomblik van stilte vir die man vir wie almal daar so lief was.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/pa-ek-is-jammer-jy-moes-gaan-maar-jy-wou-kylie-en-jordan-neem-roerend-afskeid-van-hul-pa/
| |
Tweetaligheid kan die begin van alzheimersiekte vertraag
|
Volgens onlangse navorsing kan tweetaligheid help om alzheimersiekte met tot vyf jaar te vertraag.
’n Studie van mense wat aan die siekte ly, het bevind dat diegene wat sedert hul kinderdae twee tale gepraat het, beter skakeling in sleutelgebiede van hul brein het, veral wat “uitvoerende beheer” betref. Tweetaliges het ook minder ernstige simptome getoon as dié wat selde twee tale gepraat het.
Daniela Perani en haar span aan die Vita-Salute San Raffaele-universiteit in Italië het 45 mense wat Duits en Italiaans gepraat het, met 40 mense vergelyk wat net een van die tale gepraat het. Al hierdie mense bly in Noord-Italië en almal het vermoedelik alzheimersiekte.
Die uitslag het getoon dat die groep tweetalige pasiënte gemiddeld vyf jaar ouer was as die eentalige groep. Die deskundiges het ook gemerk dat dit beteken tweetaligheid het ’n groter uitwerking rakende kognitiewe funksionering as ouderdom en opleiding.
Die rede hiervoor is blykbaar dat ’n lewenslange wisseling tussen twee dialekte, en wanneer dit afsonderlik gepraat word, die hoeveelheid witstof ’n hupstoot gee deurdat meer verbindings tussen breingebiede geskep word.
“Hierdie beskermende effekte kan ’n regstreekse gevolg wees van die manier waarop die menslike brein aangepas het by die ‘ekstra poging’ wat verskaf is deur die gebruik van twee of meer tale,” het die skrywers verduidelik. Dit is in Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer.
“Die uitstel van demensie is ’n topprioriteit van moderne samelewings en die huidige in vivo neurobiologiese bewyse kan sosiale programme en intervensies stimuleer om tweetalige en veeltalige opvoeding en die volhouding van die tweede taal by senior burgers te steun.”
Dr. David Reynolds, hoofwetenskaplike by Alzheimer’s Research UK, sê hoewel die studie bewys het dit is voordelig om meer uit te vind oor die positiewe aspekte van tweetaligheid, die resultate nie van toepassing is op diegene wat nie die tale vloeiend praat nie en wat net soms die tweede taal praat.
Hy merk voorts op dat ’n gesonde dieet, gereelde oefening, om nie te rook nie, die matige drink van alkohol en beheer oor cholesterol en bloedsuiker ook ’n rol speel om ons brein gesond te hou soos ons ouer word.
© Cover Media
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/tweetaligheid-kan-die-begin-van-alzheimersiekte-vertraag/
| |
‘Joost, jy’s ’n held,’ sê MNS-lyer wat al 12 jaar met dié vernietigende siekte worstel
|
Hy ken die lang en dapper stryd wat Joost teen motorneuronsiekte gevoer het maar alte goed. Die 57-jarige Deon Nel van Krugersdorp veg immers al self langer as 12 jaar teen dié vernietigende siekte.
En vir hom is daar net een manier om wyle die rugbylegende Joost van der Westhuizen te beskryf: “Joost, jy’s ’n held.”
Joost het in 2012 – sowat ’n jaar ná sy MNS-diagnose – ’n verassingsbesoek by Deon se huis afgelê. Op ’n foto lê Deon tuis in ’n hospitaalbed, gekoppel aan ’n ventilator en voedingsbuise. Langs die bed sit Joost, wat toe nog sterk en gesond gelyk het.
“Die trane rol so onder my bril,” het Deon se vrou, Bernice, gister telefonies op Joost se dood gereageer. Net ’n paar uur voor Joost se dood het die egpaar aan hom ’n boodskap gestuur: “Joost jy kan dit doen, jy’s baie sterk.”
Sy het intussen die tragiese nuus aan Deon oorgedra. “Ons voel albei platgeslaan,” vertel Bernice.
“Die besoek in 2012 was die hoogtepunt van Deon se lewe. Danksy die ontmoeting het ons deel geword van die J9-familie.” J9 is Joost se stigting wat bewustheid oor MNS bevorder.
Toe MNS in 2004 by Deon gediagnoseer is, het dokters hom gewaarsku hy kon binne maande sterf – maar hy het aanhou veg.
“Destyds het ons gedink MNS is baie seldsaam, maar danksy Joost weet soveel meer mense nou daarvan. En J9 het ’n familie geskep vir mense wat aan die siekte ly,” vertel Bernice.
Deon is sedert ’n hartaanval in 2008 voltyds op die ventilator. “Dit het hom ’n tweede kans op die lewe gegee.”
Joost se openbare stryd teen MNS was ’n inspirasie vir ander lyers, vertel Bernice. “Ek en Deon sal bly veg ter ere van Joost en al die ander soldate wat die stryd teen die siekte verloor het.”
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/joost-jys-n-held-se-mns-lyer-wat-al-12-jaar-met-die-vernietigende-siekte-worstel/
| |
Huisgenoot Mobi
|
’n Rekenaarwetenskapstudent wat ’n prestasiebeurs van R90 000 by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth ontvang het, het die beurs van die hand gewys.
Die student, wat verkies om anoniem te bly, het aan Netwerk24 gesê hy voel daar is ander studente wat so ’n beurs nodiger het; daarom het hy die geleentheid van die hand gewys.
Volgens die student is sy ouers baie ondersteunend en is hulle gelukkig in ’n goeie finansiële posisie. Hy sê ook hy is bewus van die moeilike finansiële posisie waarin baie studente hulself bevind.
“Ek glo om ander te seën, moet die reaksie wees op alles waarmee God jou geseën het,” het die student verder gesê.
Prof. Jean Greyling, ’n professor in rekenaarwetenskap aan die universiteit, het aan Netwerk24 gesê hy is dankbaar as studente na mekaar uitreik.
“Ek het die afgelope jaar bewus geraak van soveel studente wat akademies sterk is, maar wat tot drie jaar ná matriek moes wag voor hulle dit kon bekostig om te studeer.”
Greyling het die beurs aan ’n ander student toegeken.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/student-weier-prestasiebeurs-van-r90-000-vir-die-beste-rede-ooit/
| |
KYK: Eers verwaarloos, nou kaatjie van die baan
|
Wat aanvanklik ’n hartseer storie van diereverwaarlosing was, het toe eindelik ’n gelukkige nadraai vir Sinbad gehad. Skaars twee maande ná sy redding het die Persiese kat meer as 17 000 volgelinge in die sosiale media . . .
Ondersoekers van ’n dierebeskermingsvereniging in Chicago, Amerika, het in Desember op ’n vuil en harige gedierte in die kelderverdieping van ’n huis afgekom.
Sy hare was in so ’n toestand dat dit moeilik was om te raai dat dit eintlik ’n Persiese kat is. As gevolg van sy toestand kon hy skaars loop.
Maar nadat die vereniging hom ingeneem, versorg en meer as 2 kg se hare afgeskeer het, het die kat oornag ’n mediasensasie geword.
A photo posted by Sinbad The Cat (@sinbad_cosplaycat) on Feb 1, 2017 at 6:34pm PST
Onder sy profiel Sinbad the Cat het hy nou sowat 10 000 volgelinge op Twitter en 7 000 op Facebook. Die Dierebeskermingsvereniging in Chicago gebruik Sinbad ook as “media-persoonlikheid” om mense op te voed om hul troeteldiere te versorg.
Sinbad se pad tot ’n nuwe lewe het vroeg in Desember begin toe ’n nutswerker die kat se vorige eienaar se huis besoek om herstelwerk te doen. Hy het op Sinbad in die kelderverdieping afgekom en dadelik die Dierebeskermingsvereniging in kennis gestel. Hulle het ondersoekers uitgestuur.
Dit het gelyk asof hy ’n mat agter hom aansleep, het ’n woordvoerder van die vereniging vertel. Die Persiese kat se hare was gekoek en vol ontlasting en maaiers. Sy bejaarde en sieklike eienaar was bereid om hom aan die vereniging te oorhandig. “Hy het glad nie geweet hoe om ’n Persiese kat te versorg nie,” het die woordvoerder gesê.
Dit het werkers van die vereniging ure geneem om die meer as 2 kg massa hare van die onversorgde en uitgehongerde kat af te skeer. Daarna het een van die werknemers, Elliott Serrano, Sinbad aangeneem.
Aan die begin van Januarie was Sinbad weer pure kat en Elliott het ’n foto van ’n gesonde Sinbad wat op sy skouer sit, in die sosiale media geplaas.
A photo posted by Sinbad The Cat (@sinbad_cosplaycat) on Jan 24, 2017 at 8:12pm PST
Die foto en Sinbad se storie het soos ’n veldbrand deur die kuberruimte versprei. Elliott het ook Sinbad se storie ingesluit in die groepspraatjies wat hy aanbied waartydens hy mense meer leer oor die versorging van troeteldiere. Skielik wou almal meer oor dié Persiese kat weet.
Skaars ’n paar weke later en Sinbad is nou ’n “media-persoonlikheid” in Chicago!
Aanvullende bronne: Goodnewsnetwork.org, thestar.com
|
http://www.huisgenoot.com/dieremaniere/kyk-eers-verwaarloos-nou-kaatjie-van-die-baan/
|
2017-02-02 02:34:41
|
Kerrie-hoenderlewer
|
Pikante hoenderlewer is ’n vinnige en maklike maaltyd.
GENOEG VIR 4-6 MENSE
Gaarmaak: 15 min.
Bereiding: 5 min.
500 g hoenderlewer, skoongemaak
sap van ½ suurlemoen
5 ml (1 t) garam masala
sout
30 ml (2 e) olie
1 ui, fyn gekap
15 ml (1 e) geroosterde masala
5 ml (1 t) komyn
5 ml (1 t) koljander
5 ml (1 t) borrie
2,5 ml (½ t) kaneel
30 ml (2 e) matige kerriepoeier
80 ml (⅓ k) tamatiesous
50 g droë klapper
’n klein hand vol vars koljander, gekap
1. Meng die hoenderlewer met die suurlemoensap en garam masala. Geur met die sout.
2. Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en braai die ui 5 min. tot sag en dit begin goudkleurig raak. Voeg die hoenderlewer by en braai 3 min.
3. Roer die speserye in en braai ’n paar minute voor jy die tamatiesous, 250 ml (1 k) water en klapper byvoeg. Bedek met ’n deksel en laat prut liggies sowat 10 min. Roer die gekapte koljander in en sit dadelik voor saam met naanbrood.
Deur Hope Malau
Foto’s: Jacques Stander
|
http://www.huisgenoot.com/wenresepte/hoender/kerrie-hoenderlewer/
| |
R3 miljoen se voorraad binne net drie minute uit fietswinkel in Bryanston gesteel - kyk video!
|
Kort duskant middernag Dinsdagaand lyk alles in orde in ’n fietswinkel in Bryanston. Sowat 16 fietse is sigbaar in beeld. Maar dan . . .
Op die beeldmateriaal word skaduwees gesien van mense wat na die deur beweeg. Binne enkele oomblikke is daar ’n groot gat deur die glasdeur gemoker en stukke glas spaander die wêreld vol. Vier manne storm die winkel binne.
Eers word daar net een fiets op ’n keer gegryp. Toe sommer twee op ’n slag. Terwyl die winkel blitsig leeggedra word, is een van die viertal in alles behalwe die fietse geïnteresseerd.
Hy kies koes-koes koers na die kas waar duur sonbrille vertoon word en slaan die glasgedeelte van die kas stukkend. Dis nie duidelik hoeveel daar gegryp word nie, maar dit hits een van die ander fietsdiewe aan sy deel van die sonbrilbuit in die hande te kry.
Minder as drie minute later – en al wat oorbly is ’n geplunderde winkel vol glasstukke. En daar’s net drie fietse sigbaar op die video.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/r3-miljoen-se-voorraad-binne-net-drie-minute-uit-winkel-in-bryanston-gesteel-kyk-video/
| |
63-jarige model smeul in ikoniese Sport’s Illustrated-swembroekuitgawe
|
Noem ’n beroemde sexy swembroekmodel en die kans is goed sy het al in die gesogte tydskrif Sport’s Illustrated se swembroekuitgawe verskyn.
Die bekende jaarlikse tydskrif wys die mooiste van die mooistes in hul swembroeke en vanjaar stof die oud-supermodel Christie Brinkley, wat al 63 is, byna al die jonges uit.
A photo posted by Sports Illustrated Swimsuit (@si_swimsuit) on Feb 7, 2017 at 5:44am PST
Sy smeul behoorlik saam met haar twee dogters, Alexa Ray Joel (31) en Sailor Brinkley Cook (18).
A photo posted by Christie Brinkley (@christiebrinkley) on Feb 6, 2017 at 6:22pm PST
Sy het op Instagram die tydskrif bedank omdat dit “die kragtige boodskap stuur dat goeie dinge in pakkies van enige grootte kom en dat mense nie ’n vervaldatum het nie”.
Die tydskrif is geprys toe dit verlede jaar die plusgroottemodel Ashley Graham op die voorblad gehad het.
A photo posted by Sports Illustrated Swimsuit (@si_swimsuit) on Feb 13, 2016 at 9:43pm PST
Christie het in 1979 die eerste keer in die tydskrif verskyn en was ’n ikoniese model in die 1980’s en 90’s.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/63-jarige-model-smeul-in-ikoniese-sports-illustrated-swembroekuitgawe/
|
2017-02-06 00:00:00
|
KYK: Pres. Zuma lewer staatsrede terwyl chaos buite parlement heers
|
Die polisie was op ’n hoë gereedheidsgrondslag in die Kaapse middestad ná betogers met beamptes gebots het terwyl pres. Jacob Zuma sy staatsrede in die parlement gelewer het.
Vroeër die aand het die polisie skokgranate in Darling- en Adderleystraat afgevuur toe ANC-ondersteuners probeer het om hul weg na die parlement te baan.
Tans heers daar ook spanning tussen EEF-lede en polisielede op die hoek van Adderley en -Kerkstraat. #SONA2017 pic.twitter.com/osmFtKa7uV — Huisgenoot (@huisgenoot) February 9, 2017
Verrigtinge in die Nasionale Vergadering het ook laat begin toe EFF-LP’s hardhandig verwyder is en die Demokratiese Aliansie kort daarna vrywillig uitgeloop het.
John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het vir Baleka Mbete, speaker van die parlement, gesê sy “breek die parlement” en dat Zuma “Suid-Afrika breek”.
ANC-LP’s het John toe as ’n “rassis” uitgekryt.
Toe Zuma eindelik byna ’n uur en ’n half laat met sy staatsrede begin, het hy eers ’n laggie gegee voordat hy die oorblywende LP’s gegroet het.
Sy toespraak het hoofsaaklik gefokus op Suid-Afrika se sukkelende ekonomie en dat meer werksgeleenthede geskep moet word.
Hy het ook genoem dat infrastruktuur, insluitend water en sanitasie, aansienlik verbeter moet word. Die president het ook verwys na die “ontstellende” onlangse sterftes van psigiatriese pasiënte in Gaunteng en gesê hy verwelkom ’n besluit deur die gesondheidsombudsman om die wette wat psigiatriese pasiënte beskerm te hersien.
Terwyl Zuma deur sy toespraak – van meer as 5000 woorde – gegaan het, het party LP’s sigbaar verveeld gelyk.
ANC MPs 15 min after Zuma started #SONA2017 pic.twitter.com/qgzaLHXDwv — Jan de Lange (@JanniedeLange) February 9, 2017
Nietemin het Zuma ook grondkwessies aangeroer en gesê: “Dit gaan moeilik, indien nie onmoontlik wees om ware versoening te verkry totdat die grondkwessie nie opgelos is nie.”
Buite die parlement het betogings gaandeweg bedaar soos wat die polisie die skare na die Parade verdryf het.
Die polisie dryf betogers in die Kaapse middestad terug na die Parade. #ANC– en #EFF-lede stamp koppe en gooi bakstene na mekaar #SONA2017 pic.twitter.com/Q5oiY5hBEZ — Huisgenoot (@huisgenoot) February 9, 2017
Die president het ook tydens sy tiende staatsrede beloof dat Suid-Afrika voortaan meer op hernubare energie gaan fokus en dat wiskunde en wetenskappe op skoolvlak ekstra aandag sal geniet.
Na ’n uur en ’n half was Zuma se staatsrede verby en het die Nasionale Vergadering verdaag.
Bykomende bronne: News24; TimesLive; Netwerk24
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-pres-zuma-lewer-staatsrede-terwyl-chaos-buite-parlement-heers/
| |
Drie tienerlyke opeengestapel naby winkelsentrum in Bloemfontein gevind
|
Die polisie krap kop oor die lyke van drie mense, vermoedelik tieners, wat in ’n veld langs ’n winkelsentrum in Heidedal, Bloemfontein, gevind is.
“Dis ’n groot skok vir die gemeenskap,” het Attie Terblanche, ’n raadslid vir Heidedal, aan die plaaslike nuusagentskap Bloemfontein Courant gesê.
“Die tieners se ouderdomme wissel glo tussen 15 en 20,” voeg hy by.
Hulle weet nie of hulle dalk elders vermoor en net hul liggame hierheen gebring is nie en of die driedubbele moord daar in die veld langs die M10 en Dr Belcher-weggepleeg is.
Pictures – Triple murders shock the Heidedal community in Bloemfontein https://t.co/0kG4hlVdoV pic.twitter.com/me5w735Dda — Bloemfontein Courant (@BfnCourant) February 1, 2017
“Dit is die eerste keer dat so iets hier gebeur. Ek wil met iemand praat om die gebied agter die winkelsentrum veiliger te maak,” sê Attie.
Al is die ondersoek in ’n vroeë stadium, raam hulle weens die ontbinding van die lyke dat die slagoffers al tussen twee en drie dae gelede vermoor is, sê die polisiewoordvoerder lt. kol. Thandi Mbambo in ’n verklaring.
’n Voetganger het gisteroggend op die vonds afgekom. Die lyke was op mekaar gestapel. Verskeie inkopiegangers het verslae toegekyk terwyl die polisie die lyke verwyder en vir leidrade soek.
Die polisie het teen laat Woensdagmiddag aan Huisgenoot bevestig dat hulle nog nie die identiteit van die oorledenes vasgestel nie.
Bronne: ofm.co.za, bloemfonteincourant.co.za
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/drie-tienerlyke-opeengestapel-naby-winkelsentrum-in-bloemfontein-gevind/
| |
Intieme geselsies voor slaaptyd is goed vir jou
|
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/intieme-geselsies-voor-slaaptyd-is-goed-vir-jou/
| ||
Wonderlike nuus vir Loui Fish se (mooi) seun!
|
Die Kaapse model Loui Fish kon haar trots byna nie inhou toe haar oudste seun, Luke, ’n rol in ’n internasionale film losslaan nie.
“Dit is alles so onverwags en het so vinnig gebeur.”
Die ma van twee het die goeie nuus vroeër vandag op Facebook gedeel.
“Ek is baie opgewonde om met julle te deel dat my oudste seun, Luke, ’n rol in ’n internasionale film losgeslaan het … hou ons dop, 2017 is ons jaar” #fishboys#actor #followyourdreams #proudmama
Luke se agent, Miri Lange, het hom verlede maand na die oudisie gestuur.
“Hy was heel kalm toe hy drie weke gelede vir die oudisie was. Die regisseur van die prent was mal oor Luke,” spog Loui telefonies teenoor Huisgenoot.
Gister het Luke uit die bloute die nuus van sy agent gekry.
“Ons het nie ’n groot ding daarvan gemaak nie, het gisteraand as ’n gesin normale boerekos saam geëet om die nuus te vier.”
Luke was nie beskikbaar vir kommentaar nie, want hy was reeds vandag in Houtbaai om klere vir die film aan te pas.
Loui vertel dat die internasionale rolprent vroeg volgende maand plaaslik geskiet word.
“Luke moet al teen die eerste week in Maart op stel wees,” is al wat sy in dié stadium mag verklap.
“Ons is onkant gevang, maar baie trots en opgewonde,” sê die sexy model wat volgende maand haar 44ste verjaardag sal vier.
Haar twee seuns is gebore uit haar huwelik met die bekende voormalige Bafana Bafana-speler Mark Fish, van wie sy in 2011 geskei is.
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/wonderlike-nuus-vir-loui-fish-se-mooi-seun/
| |
Skoolkinders beseer nadat motor teen verkeerslig bots
|
Meer as ’n dosyn skoolkinders is Dinsdagoggend in die noorde van KwaZulu-Natal beseer toe die ligte afleweringsvoertuig waarin hulle skool toe gery het teen ’n verkeerslig gebots het, het paramedici gesê.
Paul Herbst van IPSS Medical Rescue sê die ongeluk het in Sundumbili, in Mandeni, gebeur.
Paul sê paramedici het sowat 17 tot 18 pasiënte behandel. ’n Pasiënt was nog in die wrak vasgekeer en personeel van Rural Metro Fire, ’n privaat brandweerdiens, het gepoog om die pasiënt te bevry.
Baie van die kinders het veelvuldige beserings opgedoen.
Bron: News24
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/skoolkinders-beseer-nadat-motor-teen-verkeerslig-bots/
| |
Emosionele Amor baklei teen trane tydens toespraak by Joost se gedenkdiens
|
Die sangeres Amor Vittone, vervreemde vrou van die ontslape rugbylegende Joost van der Westhuizen, het hom Vrydag roerend bedank vir die grootste geskenk wat hy haar kon gee: hul kinders.
Sy het bewoë vertel hoe baie Joost met Jordan se geboorte 13 jaar gelede daarna uitgesien het om eendag saam met sy seun bal te skop. “En net toe (Jordan) oud genoeg was, is hierdie aaklige, verskriklike siekte by hom gediagnoseer.”
Duisende mense het Loftus Versfeld in Pretoria bymekaargekom om van Joost (45), afskeid te neem nadat hy Maandag sy swaar stryd teen motorneuronsiekte (MNS) verloor het.
Kylie (10), het Amor vertel, aard baie na haar pa. “Sy het sy dapperheid, aansteeklike lag en stil geaardheid geërf.”
Amor het oor hul verlede gesê Joost was die aantreklikste man met die meeste ambisie. “Ons het mekaar by ’n rugbygeleentheid ontmoet en hy het my voete onder my uitgeslaan. Ek was gelukkig om ’n ruk lank deel van ’n sprokie te wees.” Hulle het saam wonderlike tye beleef, het sy gesê, “maar ons is eindelik met iets veel groters gelaat: ons kinders.”
Sy het gesê hulle het hom eindelose vreugde verskaf. “Dit is hoekom hy solank baklei het (teen sy siekte): Hy wou daar wees vir sy kinders.”
MNS is reeds in 2011 by Joost gediagnoseer. Sy beweeglikheid het algaande verswak tot hy eindelik bewegingloos aan ’n rolstoel gekluister was. Hy is Saterdag in ’n kritieke toestand weens asemhalingsprobleme opgeneem voor hy Maandag tuis gesterf het.
Amor het gesê sy is gereed vir die rol as enkelma. Sy het onderneem om mooi na Jordan en Kylie te kyk en dit te koester wat hulle van hul pa in hul saamdra.
Amor het Joost as “gedrewe, passievol en dapper” beskryf. Met verwysings na die rugbyveld waarop hy so dikwels uitgedraf het, het sy gesê dit is “sy tuiste” waarbo hy “sweef soos ’n engel”. “Dit was sy huis. Dit is sy woning. Dit bly sy tuiste.”
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/emosionele-amor-baklei-teen-trane-tydens-toespraak-by-joost-se-gedenkdiens/
| |
KYK: Herleef Joost se groot afskeid by sy geliefde Loftus Versfeld - die dag in foto’s
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/kyk-herleef-joost-se-groot-afskeid-by-sy-geliefde-loftus-versfeld-die-dag-in-fotos/
| ||
Angelique en Jacques Potgieter se baba sal jou hart laat smelt - ons deel die mooiste foto’s!
|
Sy bekende ouers kan nie genoeg van daardie gevreetjie kry nie. En ons ook nie.
A photo posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on Feb 1, 2017 at 8:25pm PST
Met daardie bolwangetjies en oulike glimlag laat klein Jacques Potgieter (twee maande) harte vermurwe.
Sy ma, die aktrise Angelique Potgieter, het onlangs op Instagram ’n foto van haar man, die Bulls-rugbyspeler Jacques Potgieter, en hul kosbare seuntjie gedeel.
En die knapie wat ’n mens langs pappa sien is ’n vriendelike klein bulletjie wat die afgelope paar dae sigbaar gegroei het.
“Iemand het pappa se pragtige glimlag gekry,” het Angelique by die foto geskryf.
A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on Feb 5, 2017 at 11:19pm PST
Sy pa verwys na hom as ’n “klein yster” en kyk ons so na daardie fris armpies en beentjies, is hier dalk ’n rugbyspeler aan die groei.
A photo posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on Feb 4, 2017 at 1:40am PST
A photo posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on Feb 5, 2017 at 4:40am PST
Vir sy teenstanders op die rugbyveld is pappa Jacques dalk ’n vreesaanjaende gesig. Maar wanneer dié reusagtige flank by sy bondeltjie vreugde is, verander hy duidelik in die teerste ou beer.
Jacques, wat in vanjaar se Superrugbytoernooi vir die Bulls gaan uitdraf, het ook onlangs van sy lang haredos ontslae geraak.
A photo posted by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on Dec 28, 2016 at 8:53pm PST
Met die dat pa en seun se hare nou amper ewe lank is, is dit duidelik dat die appel nie ver van die boom val nie.
Pappa kan maar trots wees!
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/angelique-en-jacques-potgieter-se-baba-sal-jou-hart-laat-smelt-ons-deel-die-mooiste-fotos/
|
2017-02-02 04:25:43
|
Kry al vanaand se Kom Ons Braai-resepte hier
|
Hendri en Hester hou ’n tropiese braai met kleurvolle mengeldrankies. Franklin en Nathalie maak beesstertpot terwyl Gastao en Lynette gaan kamp.
Hendri en Esther
Espetadas
Bestanddele:
400 g ribfilet-vleis, in blokke gesny
3 stukke soetrissie
3 stukke uie, gesny vir elke espetada om tussen die stukke vleis te sit (sny dit min of meer dieselfde grootte as die blokkies vleis)
olyfolie om die vleis te bedek
’n mengsel van peperkorrels, growwe sout, fyn gekapte knoffel en gekneusde vars lourierblare
Metode
Vars lourierblare kan op die kole gestrooi word om die geur te verbeter. Sit die bestanddele in die volgorde soos hierbo en braai die espetadas op die braai.Opsioneel: As jy die espetadas op ’n espetada-staander wil sit, gebruik ’n groter stuk ui aan die onderkant om te verhoed dat die vleis afval.
Botterskorsie
Bestanddele:
250 g spek
250 g sampioene
soetrissies
fetakaas
knoffel
sout en vars gemaalde peper
botterskorsie
Metode:
Meng die spek, sampioene, soetrissies, feta en knoffel op die stoof om ’n mengsel te maak. Geur met die sout en peper.
Sny die bokante van die botterskorsie af en verwyder die sade van die onderste gedeelte sodat jy klein “bakkies” het. (Die bokante kan gehou word vir ’n ander gereg.)
Vul die botterskorsie-bakkies met die spekmengsel.
Vou die bakkies in tinfoelie toe.
Opsioneel: Jy kan die botterskorsie voor die tyd in die oond gaarmaak.
Plaas die botterskorsie-bakkies op die kole tot die botterskorsie gaar is.
Slaai
Bestanddele:
komkommer
400 g aarbeie
Deense fetakaas
balsamiese reduksie
Opsioneel: pampoenpitte
Metode:
Sny die komkommer, aarbeie en fetakaas in stukkies en meng in ’n bak.
Giet ’n bietjie balsamiese reduksie bo-oor en strooi die pampoenpitte oor.
Nagereg
Bestanddele:
2 pakke skilferkorsdeeg
Nutella
pekanneute
aarbeie
room
Metode
Plaas tinfoelie op die braairooster en sit die eerste laag skilferkorsdeeg neer.
Smeer ’n laag Nutella op die deeg.
Strooi pekanneute op die Nutella.
Sit die tweede laag skilferkorsdeeg bo-op neer.
Sit nog ’n stuk tinfoelie bo-oor die tweede laag deeg.
Braai op die kole.
Sit voor saam met aarbeie en room
Franklin en Nathalie
Beesstertpot
Bestanddele:
Royco-ribmarinade
± 1,5 kg beesstert
1 middelslag ui
groen soetrissie
geel soetrissie
olie
sout en vars gemaalde peper
worcestersous
4 mielies (opgesny)
500 g wortels
1 kg klein aartappels
broccoli en blomkool
250 g sampioene
1 pakkie bruin-uie-en-sampioen-soppoeier
250 ml room
Metode:
Giet die marinade oor die beesstert en plaas ’n halfuur in die yskas. Braai die gekapte ui en soetrissies in olie tot effens sag. Verbruin die beesstert en voeg die sout en peper by. Voeg water en worcestersous by en laat twee uur prut. Voeg mielies, ’n laag wortels, ’n laag aartappels en laaste die broccoli, blomkool en sampioene by. Voor die lae bygevoeg word, laat prut die pot nog 1 uur op kole. Maak die soppoeier met die room aan en voeg dit by. Laat prut die pot 15 min. sonder om die deksel op te lig. Sit voor saam met rys.
Hoenderstukke met ’n lekker smaak
Bestanddele:
6 hoenderboudjies
6 hoenderdye
hoenderspeserye
sout
bruinasyn
All Gold-tamatiesous
mayonnaise
suiker
Worcestersous
Metode:
Geur die hoender met die hoenderspeserye en sout. Meng die res van die bestanddele vir die sous. Plaas die hoender op die kole en braai tot amper gaar. Smeer die sous geleidelik aan die hoender tot dit goudbruin gebraai is.
Beetslaai met ’n kinkel
Bestanddele:
babaspinasie (afgespoel)
ingelegde beet
feta (of lekker sagte kaas)
neute
Metode:
Gebruik ’n plat slaaibak. Spoel die spinasieblare deeglik af. Pak die blare eerste in die slaaibak. Pak ’n laag beetskywe, ’n lagie feta en rond af met neute van jou keuse.
Sit voor saam met balsamiese slaaisous.
Karamel piesangverrassing
Kors
62 ml meelblom (¼ koppie)
2 teelepels bakpoeier
25 ml botter
1 eier
125 ml melk
Vulsel
3 piesangs
1 blik karamel
kasjoeneute
Metode:
Kors
Sif die droë bestanddele saam. Vryf die botter met jou vingerpunte daarin. Klits die eier effens, voeg die melk by en meng dit saam met die droë bestanddele. Laat staan die beslag 1 uur voor jy dit gebruik.
Sny die deeg in ses reghoekige/vierkantige dele.
Vulsel
Halveer die drie piesangs, smeer die karamel oor elke deeglagie. Pak die gehalveerde piesangs op die deeg en sprinkel die neute oor. Vou dit toe en laat die bokant oop.
Bespuit die braairooster met kossproei. Dit moet oor matige kole gebraai word tot albei kante mooi bruin is.
Sit voor saam met roomys en aarbeie
|
http://www.huisgenoot.com/kom-ons-braai-via/kry-al-vanaand-se-kom-ons-braai-resepte-hier/
| |
Boer daag met sy vrou se afgekapte kop by polisie op
|
“Ek het haar al twee keer gewaarsku om op te hou met haar streke,” was glo Narayan Singh (38) se woorde toe hy met sy vrou, Sarita (28), se kop in die een hand en ’n swaard in die ander by die polisiestasie opdaag.
Hy het glo sy vrou saam met ’n ander man betrap waar hulle seks het in ’n werkershut op sy plaas.
Inwoners van die dorpie Ghareli in Indië was erg onsteld om te sien hoe Narayan met die vlymskerp wapen en sy vrou se druppende kop die sowat agt kilometer tussen sy plaas en die polisiestasie aflê.
Talle omstanders het foto’s en video’s van die grutoneel geneem en in die sosiale media gedeel.
Die polisie het ook later op Sarita se onthoofde liggaam afgekom waar dit sowat 500m van die plaasopstal gelê het.
Narayan is dadelik aangekeer en word nou vir twee weke aangehou op ‘n moordklag voor hy in die hof verskyn. Volgens berigte is hy ’n bekende op die dorp.
Sy bure vertel hy en sy vrou stry al maande lank oor haar beweerde ontrouheid. Die dorpenaars voeg by hy haar haar glo die afgelope paar dae pal dopgehou.
Maar Maandag het sy haar man se blik ontwyk en saam met haar minnaar in die werkershut ingegaan. Dis daar waar hy haar saam met die man betrap en haar vermoor.
“My vrou het my vertroue in haar geskaad,” het hy aan die polisie verduidelik terwyl hulle haar kop as forensiese bewys by hom weggeneem het.
“Dis hoekom ek haar onthoof het. Ek het haar aanhoudend gewaarsku om haar rug te keer op haar onvanpaste gedrag.”
Die vrou se ligaam is intussen ook gestuur vir ’n forensiese ondersoek. Hierdie voorval het net weer die aandag geplaas op huishoudelike geweld teenoor vroue wat in Indië hoogty vier.
Bronne: hindustantimes.com, msn.com, timesofindia.indiatimes.com, dailymail.co.uk
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/boer-daag-met-sy-vrou-se-afgekapte-kop-by-polisie-op/
| |
Brandslagoffer Sean Smith weer op die skoolbanke
|
Die brandslagoffer Sean Smith (17) van Pretoria is terug skool toe en kan nie wag om weer sy aktiewe leefstyl voort te sit nie.
“Ek sien uit om weer rugby, muurbal en spiesgooi te doen,” sê die tiener, wat verlede jaar in ’n fratsongeluk derdegraadse brandwonde oor sy lyf opgedoen het.
“Ek moet net nog ’n bietjie my spiere oefen en wag dat my arms volkome herstel. ’n Mens gebruik mos baie jou arms in sulke sportsoorte.”
Hy sê dit was vir hom lekker om weer Maandag sy maats te sien. Sean gaan skool by die ambagskool Suiderberg Skool in die weste van Pretoria.
“Van my maats het sommer gehuil toe hulle my weer sien. Ek kan nie genoeg dankie sê vir almal se steun nie.”
In Oktober verlede jaar het Sean ’n vriendin van sy ma met haar voertuig gehelp. Toe hy sy oliebesmeerde hande met petrol afspoel, het iemand ’n sigaret naby hom aangesteek en hy het aan die brand geslaan.
Sean was aanvanklik in die Unitas-hospitaal in Centurion vir derdegraadse brandwonde oor sy nek, bors, arms en rug opgeneem.
Sy ma, Mé-Lissa, kon nie die onkoste dek nie en hy is later na die Dr. George Mukhari-staatshospitaal oorgeplaas.
Die hospitaal het nie ’n brandsorgeenheid nie. Die publiek het wel hul hart en beursie oopgemaak vir Sean en sy ma en binne ’n week is miljoene rande ingesamel om hom na die Milpark-hospitaal in Johannesburg oor te plaas.
Hy is in Desember ontslaan en het Kersfees saam met sy ma deurgebring.
“Hierdie was een van die moeilikste tye in my lewe,” vertel Sean.
“Die pynlikste was toe ek uit die waakeenheid kom. Ek was nie meer so gereeld op pynmedikasie nie en dit was baie seer as hulle die verbande moes omruil.”
Sean sê hy dink nie graag aan die dag toe die ongeluk gebeur het nie.
“Ek probeer dit vergeet. Daar is dae wanneer ek in ’n depressie verval oor wat gebeur het, maar dan is daar ook dae wanneer ek gelukkig is. Dit is ’n rollercoaster-rit.”
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/brandslagoffer-sean-smith-weer-op-die-skoolbanke/
| |
Hy’t net bloed gesien en toe sy bewussyn verloor - oorlewende in brandweerwa-ongeluk vertel
|
WAARSKUWING: HIERDIE ARTIKEL BEVAT GRAFIESE FOTO’S
“Ek het nie vir een oomblik aan die dood gedink nie,” sê ’n 21-jarige slagoffer van die dramatiese brandweerwa-ongeluk in Roodepoort verlede maand.
Hy onthou net die vertroostende woorde van sy mede-insittende kort na die ongeluk: “Tjom, ons was in ’n groot ongeluk, maar ons gaan oukei wees.”
Armand van der Vyver en sy kollega Liam Gopal, ook 21, was op 21 Januarie op pad na ’n werkafspraak toe hul voertuig deur ’n brandweerwa getref is.
Armand was agter die stuur toe hulle uit Christiaan de Wet-rylaan regs draai in Wilgerood-rylaan. “Die verkeerspyltjies was groen vir ons,” vertel Armand.
Met die draai het Armand die aankomende brandweerwa gesien. “Kyk hoe ry daai brandweerwa,” het hy aan Liam gesê oomblikke voordat die trok eers die sypaadjie en toe Armand-hulle se kar tref.
“Ek het vir Liam gegryp en hom vasgehou.” Die impak van die botsing het hul voertuig reg voor die aankomende verkeer ingestamp. Armand kan niks van die slag onthou nie. “Dit het alles in stadige aksie gebeur.”
In dié stadium was daar net bloed oral en Armand het sy bewussyn verloor. Liam het met alle mag probeer om hom wakker te hou.
Eers in die ambulans op pad na die Helen Joseph-hospitaal het Armand weer bygekom. Hy is by die hospitaal behandel en het altesaam 50 steke in sy gesig gekry, waarvan 23 steke in sy oog en 27 elders op sy gesig. Die sagte weefsel in sy oog is ook beskadig.
Liam het ’n wond agter sy kop opgedoen, wat met 11 steke geheg is, en sy hand is gebreek.
Die ER24-nooddiens is na die ongelukstoneel ontbied en het afgekom op ’n omgekeerde brandweerwa en twee ander beskadigde voertuie. Agt mense, onder meer vier brandbestryders, het ligte tot matige beserings opgedoen.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/hyt-net-bloed-gesien-en-toe-sy-bewussyn-verloor-oorlewende-in-brandweerwa-ongeluk-vertel/
| |
Die Vir die Voëls-DVD is amper hier - dis wat resensente van die fliek dink
|
Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir die Voëls, het omtrent mense in vervoering gehad toe dit op 25 November landwyd in fliekteaters begin draai.
Van ons lesers se hartsnare was so geroer deur die romantiese komedie dat hulle die fliek meer as een keer gaan kyk het.
Vir dié wat nie genoeg kan kry van die fliek nie, is daar goeie nuus. Die DVD word op 17 Februarie amptelik uitgereik.
Dié wegholtreffer by die loket is gegrond op die liefdesverhaal van die Huisgenoot-lesers Irma en Sampie de Klerk van Newcastle en hul hobbelrige pad na die kansel. Irma het die leserswedstryd gewen waarin Huisgenoot inspirasie vir die fliek se draaiboek gesoek het.
Die romantiese drama is in samewerking met kykNET Films en The Film Factory vervaardig. En mense kon nie genoeg daarvan kry nie.
Die fliek het naas Ivan Botha en Donnalee Roberts se romantiese komedie Vir Altyd die grootste openingsnaweek vir ’n Afrikaanse fliek behaal en oud en jonk het in die sosiale media gegons oor hoe dié prent hulle laat lag en huil het.
Kyk hier na ’n lokprent vir Vir die Voëls:
Resensente was ook vol lof vir dié lokettreffer en die hoofsterre Simoné Nortmann en Francois Jacobs.
Die kunsresensent Paul Boekkooi skryf in Beeld: “Vir die Voëls is ’n lewensverrykende tydsdokument. Ook ’n heel persoonlike een wat ons op die kronkelpaaie van die liefde neem sonder om in ’n moeras van Afrikanersentiment vas te val óf deur ’n onverdedigbare idealisering van die verlede sy gesonde ingeslane koers kon verloor het.”
Leon van Nierop sê: “Vir die Voëls is die lekkerste Afrikaanse rolprent wat jy vanjaar sal sien. Lekker was nog nooit so lekker nie!”
Die Laevelder sê: “Die verhaal speel in die laat 1970’s af en roer die hartsnare. Dit is ’n nostalgiebelaaide rolprent oor ’n sterk vrou wat haar tyd vooruit was en ’n man met so ’n sterk identiteit dat hy ’n vrou kan respekteer en vir haar liefde veg. Dit is ’n storie oor die stryd teen jouself en hoe om te keer dat omstandighede en emosionele bagasie jou kans op geluk verongeluk.”
El Broide van die tydskrif People skryf: “Dis een van die beste Afrikaanse flieks van 2016 en die gehoor gaan die rolprentteater met ’n groot glimlag op hul gesig verlaat. Dis ’n moet-sien.”
Die vermaakwebtuiste Fortress of Solitude sê: “Die ligging van die fliek is wonderlik nostalgies: Die sentrale dorpie het nie ’n naam nie, maar sal onmiddellik bekend gewees het vir enigeen wat in die 1970’s in ’n soortgelyke dorpie gebly het. Die aandag aan detail in die klere en stelwerk help ook om die illusie van deur tyd reis baie doeltreffend te behou.”
Die resensent JW Hurter sê: “Die toneelspelvermoë van dié nuwe generasie Afrikaanse akteurs beweeg in die rigting van wat ek verkies om te noem die Goue Era van Afrikaanse bioskoop. (Simoné) Nortmann het haarself bewys in komedie en drama en is goed op pad na werksekuriteit, ’n seldsaamheid vir enige akteur in Suid-Afrika, terwyl (Lara) Kinnear (wat Irma se vriendin en Sampie se suster, Marieda, speel) my herinner aan Emma Stone in haar deurbraakrol in Ghosts of Girlfriends Past.”
Bestel nou die DVD by Takealot.
|
http://www.huisgenoot.com/vermaak/die-vir-die-voels-dvd-is-amper-hier-dis-wat-resensente-van-die-fliek-dink/
| |
Meneer, doen dié ondersoek in die stort
|
Meneer, ondersoek jou testis só. Dames, deel hierdie inligting met elke man wat jy ken. Dit kan ’n lewe red.
Daar word gesê dat testikulêre kanker ’n “kanker van jonger mans” is. Dit betrek veral mans tussen die ouderdom van 20 en 39, maar kan op enige ouderdom voorkom.
Die goeie nuus is dat dit ’n baie goeie oorlewingssyfer het mits dit vroeg gediagnoseer en behandel word. Die oorlewingskoers word geskat op 99% na 5 jaar mits dit nie buite die testis versprei het nie.
Die slegte nuus is, dit is dikwels sonder simptome. En nog meer: jong mans weet nie waarvoor om op die uitkyk te wees nie, en hoe om hul testikels te ondersoek nie.
Dit is belangrik om te onthou dat nie alle knoppe in die skrotum kanker is nie. Maar enige knop wat ontdek word moet ondersoek word.
Dr. Owen Wiese van die TV-kanaal VIA gee raad aan mans.
Hoe ondersoek jy jou testis?
Neem ’n warm stort: dit laat die skrotum ontspan en die testikels hang dan ook laer. Hou jou penis na die een kant toe om die skrotum makliker te ondersoek. Neem elke testikel tussen jou wysvinger en duim en voel oor die oppervlak daarvan vir enige knoppe of massas. (Jy kan ook die testis in die palm van jou hand laat rus en met jou ander hand se vingers ondersoek.) Soos jy die testikel tussen die vingers rol, beweeg jou vingers op en af oor die oppervlak van die testis. Moenie hard druk nie! (Mans julle sal weet hoekom ek so sê!)
Wat is normaal?
Dit is normaal vir die een testis om iewat groter as die ander een te voel. As dit egter buitengewoon groot voel, moet jy daarna laat kyk.
Aan die kant van die testis (amper meer na agter) sal jy ’n massa voel wat uniform aan die testis vasgeheg is: dit is die epididimis (’n groep bloedvate en buisies wat die sperm vervoer)
Die een testis kan laer as die ander hang.
Wat is abnormaal?
Klein, dikwels pynlose knop op die oppervlak van die tesis.
’n Merkwaardige verskil in grootte tussen die twee testes
Buitengewoon pynlike massas of swellings (dit kan ook op ander oorsake soos breuke, spermatoseel of hidroseel wys)
Swelling, rooiheid of erge ongemak
Wat jy moet doen as jy ’n vreemde massa voel?
As jy enige massas voel wat nie daar behoort te wees nie, spreek jou dokter wat dit verder sal ondersoek. Jou dokter sal jou moontlik vir ’n sonar stuur om te bepaal wat die oorsaak van die massa is.
Ondersoek jou testikels gereeld! Testikulêre kanker kan genees word as dit vroegtydig opgetel word.
Het jy ’n vraag vir dr Owen? Klik hier om met hom te gesels!
|
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/meneer-doen-die-ondersoek-in-die-stort/
| |
Vark-roerbraai
|
Die roerbraai is ’n vinnige, smaaklike maaltyd om ná ’n lang dag te berei.
GENOEG VIR 6 MENSE
Gaarmaak: 15 min.
Bereiding: 10 min.
250 g vark-ghoelasj
vars gemaalde swartpeper
5 ml (1 t) mielieblom
15 ml (1 e) donker sojasous
¼ kool, versnipper
2 rooi soetrissies, in skywe gesny
75 g suiker-ertjies, punte afgesny
15 g vars gemmerwortel, in dun vuurhoutjiegrootte stukkies gesny
1 knoffelhuisie, in dun skywe gesny
1 rooi-ui, in skywe gesny
1. Geur die varkvleis met die peper. Meng die mielieblom met 15 ml (1 e) koue water tot glad en roer die sojasous in.
2. Roerbraai die varkvleis 2 min. of tot liggies verbruin maar nie deurgaar nie. Skep op ’n bord uit.
3. Plaas die pan terug op die stoof en verlaag die hitte. Roerbraai die kool en soetrissies 2 min. Voeg die suiker-ertjies by en braai 1 min. Voeg die gemmer, knoffel en ui by en roerbraai ’n paar sekondes.
4. Plaas die varkvleis terug in die pan en giet die sojasousmengsel oor. Braai 5 min. of tot die sous verdik het en die varkvleis deurgaar is.
Deur Hope Malau
Foto’s: Jacques Stander
|
http://www.huisgenoot.com/wenresepte/varkvleis/vark-roerbraai/
| |
Vrou wat glo tweelingsuster se dood veroorsaak ná woeste bakleiery kry borg
|
’n Woeste bakleiery tussen Alexandria Duval en haar tweelingsuster, Anastasia, het tot die dood van een van hulle gelei.
Die Ford Explorer waarin die twee in Hawaii rondgery het, het op 29 Mei 2016 sowat 60 m teen ’n krans afgerol en op lawarotse beland.
Alexandria Duval, 38, was being held on a $3 million bail in the death of her sister, Anastasia. https://t.co/bCdU5CReHD — Epoch Times LA (@EpochTimesLA) February 13, 2017
Anastasia het op die toneel gesterf terwyl Alexandria in ’n kritieke toestand die ongeluk oorleef het.
A photo posted by D Santos (@notinotas) on Jun 8, 2016 at 2:42pm PDT
Die staat het destyds beweer Alexandria het doelbewus die dood van haar tweelingsuster veroorsaak. Anastasia was op daardie noodlottige dag ’n passasier terwyl Alexandria agter die stuur was.
Alexandria is vroeg in Junie verlede jaar in hegtenis geneem en aanvanklik van strafbare manslag aangekla. Daar was kommer dat sy nie net die staat nie, maar ook die land sou verlaat voordat die hofverrigtinge afgehandel sou word.
Haar regsverteenwoordiger, Todd Eddins, het dit egter as bog afgemaak. Volgens hom wou sy bloot haar suster se begrafnis buite Hawaii bygewoon het. Alexandria het wel op vlug geslaan en in New York opgeëindig.
Yoga sisters: Ann Dadow may have wanted ‘protection’ from twin, friend sayshttps://t.co/Y3CR2UHOvf pic.twitter.com/yIE3EXRWsO — The Palm Beach Post (@pbpost) July 14, 2016
Intussen sou ’n regter in Hawaii nietemin Alexandria se vrylating aanbeveel nadat daar bevind is daar is nie voldoende rede vir ’n moordklag nie.
In Augustus bots Alexandria in New York weer met die gereg toe sy byna ’n speurder se voertuig tref terwyl sy onder die invloed agter die stuur was. Sy is drie weke later vrygelaat.
Maar op 11 November sluit die boeie weer om haar polse – dié keer omdat die jurie in Hawaii in die lig van nuwe, dog tot nou toe onbekende, getuienis beslis dat sy wel van manslag aangekla kan word.
Alexandria Duval waives extradition; she'll head back to Hawaii to face murder charges in her twin sister's death.https://t.co/B2idB0iUuP pic.twitter.com/pIWI3IIk13 — CBS 6 Albany – WRGB (@CBS6Albany) December 9, 2016
Byna nege maande na haar suster se dood is daar borg van sowat R2,7 miljoen (kontant) aan Alexandria toegestaan.
Peter Cahill, ’n regter van die rondgaande hof in Hawaii, het duidelike instruksies aan Alexandria gegee rondom haar borgvoorwaardes: “Jy mag nie eers na die lughawe gaan om enigiemand op te tel nie. As jy gesinslede het wat hiernatoe kom, moet hulle self hul eie vervoerreëlings tref.”
Sy sal ook lukraak vir dwelm- en drankgebruik getoets word binne die eerste 24 uur na haar vrylating.
Meer oor die ongeluk:
Verskeie ooggetuies het die tweeling se laaste oomblikke saam gadegeslaan. Alexandria het glo die motor op die hoofweg tot stilstand gebring.
Report: Ann Dadow may have wanted ‘protection’ from twin, friend says https://t.co/dsF2KMfWIa pic.twitter.com/uMPYlKhCXs — ABCtell (@ABCteller) July 14, 2016
Sy en haar suster was glo ernstig aan’t baklei in die motor en dit het in ’n fisiese geveg ontaard waartydens Anastasia Alexandria se hare wou uittrek.
“Jy kon sien sy (Alexandria) het gewelddadig op iemand gevloek in die motor. Sy was boos en toe sy wegtrek, was dit in ’n woedebui,” het Lawrence Lau, een van die ooggetuies vertel.
Hy het ook vertel hoe die voertuig skielik versnel het. Dit het na bewering die motor waarin hy en ’n groep Boy Scouts gereis het, rakelings gemis voordat dit teen die krans afgetuimel het.
Daar was geen poging van Alexandria se kant om te rem nie.
Gerugte van fisiese en vurige argumente tussen Alexandria en Anastasia:
Die blonde tweeling is op 24 Desember 2015 in Hawaii in hegtenis geneem vir wanordelike gedrag. Hulle het nie vir hul verhoor opgedaag nie en daar was ’n arrestasiebevel teen hulle aanhandig gemaak.
Keith Weiss het die tweeling na bewering goed geken. Hy bestempel sy ervaring in ’n motor met dié bakleierige tweeling as skrikwekkend.
#USA Ex-Boyfriend Speaks of Volatile Relationship Between Dead Woman and Her Twin: Alexandria Duval will be… https://t.co/VrMIubr5pb #News pic.twitter.com/WaDsIOqUi3 — USA News (@1USNews) December 10, 2016
Daar was volgens hom twee “baie intense” insidente tussen die twee susters wat byna op ’n ongeluk uitgeloop het. Anastasia, met wie hy in daardie stadium uitgegaan het, het glo bestuur toe die twee begin baklei het.
“Sy’t die stuurwiel gelos en hulle het mekaar oor en weer getakel. Sy’t byna beheer oor die motor verloor,” het hy vertel.
Hy was self een keer aan die ontvangkant toe hy nie wou stop om wyn vir die twee te koop nie. Anastasia het glo sy hande van die stuurwiel afgeskop. Keith sê dit was duidelik dat nie een van die twee omgegee het of hulle ’n ongeluk kon veroorsaak het nie.
Volgens hom het die bakleiery in geweld toegeneem namate die twee se alkoholvlakke gestyg het.
Meer oor die tweeling se agtergrond en hul nuwe name
Die tweeling, gedoop as Alison en Ann Dadow, word as briljante alleenlopers op skool beskryf. Hulle het volgens berigte selde met ander kinders gemeng.
Hul ma, Maureen, het skielik gesterf toe hulle vyf jaar oud was. ’n Ouer suster, Amy, en hul pa, John Dadow (’n gevangenisdokter), het hulle grootgemaak.
Hy sou na bewering die twee vrye teuels gee om met sy Cadillac rond te ry en duisende rande op ontwerpersklere te blaas.
Alison en Ann het naam verwerf as fiksheid-kenners en joga-instrukteurs. Hulle het om een of ander hul name na Alexandria and Anastasia Duval verander toe hulle in 2015 na Hawaii verhuis het. Daar word gegis dat die name meer eksoties sou klink.
Ten spyte van hul eie naamsverandering, het hulle die naam van hul studio deurentyd behou: Twin Power-joga.
Alison and Ann Dadow “Yoga Sisters” on The Mountain Morning Show https://t.co/DKIYQ4DJZL pic.twitter.com/Ic86X7np1K — Ak 47 Viral News (@aka47viralnews) July 27, 2016
Die eerste studio is in 2008 in Palm Beach Gardens geopen en ’n tweede in West Palm Beach. Hulle het glo gehou van die glanslewe en volgens berigte het die twee in eenderse Porsches rondgery.
Praatjies met ’n televisiekanaal het byna die twee se drome van roem verwesenlik.
Hulle het op aandrang van die kanaal glo ’n klein fortuin op die opgradering van hul joga-studio spandeer. Toe word die reeks gekanselleer . . .
Dit het hulle al hoe dieper in die skuld gedompel.
In 2014 sluit hulle onverwags die studio se deure en gaan na Utah sonder om van hul personeellede te betaal. Ook kliënte is met hul hande in die hare gelaat met lidmaatskapsfooie wat nie terugbetaal is nie.
Van hul kliënte het die twee as onbeskof, chaoties, ongeorganiseerd en baie gemeen beskryf.
Yoga teacher accused of killing twin sister in Hawaii won’t fight extradition from #yoga https://t.co/uplnshL2p9 pic.twitter.com/12pm5bJC3p — golfingroundup (@golfingroundup) January 28, 2017
Maar Utah is nog minder van ’n gelukkige einde en die twee doen aansoek om bankrot verklaar te word.
Anastasia, oftewel Ann, se hofrekords vertel ’n verhaal van dronk wees in die openbaar, wangedrag, aanval op ’n polisieman, aanranding, weerstand bied teen inhegtenisname en kleiner oortredings in Noord-Carolina.
Alexandria, oorspronklik Alison, se hofrekords is ewe omvangryk: bestuur onder die invloed, vlug van ’n ongelukstoneel, bestuur sonder bewys van versekering, dronk in die openbaar, wangedrag, bedrog en ander ongespesifiseerde oortredings.
Ousus Amy (41) het ook al verskeie kere in die warm water beland as gevolg van drank. Haar pa het glo verlede jaar ’n beskermingsbevel teen haar versoek nadat sy hom gevloek en met goeters gegooi het.
Bronne: mauinews, foxnews.com, bigstory.ap.org, hawaiinewsnow.com, heavy.com, khon2.com, news.au.com, ctvnews.ca
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/vrou-wat-glo-tweelingsuster-se-dood-veroorsaak-na-woeste-bakleiery-kry-borg/
|
2016-06-08 21:42:11
|
Huisgenoot Mobi
|
Al waarna Christopher Carstens smag, is om ekstra vergoeding te kry vir die “growwe nalatigheid” wat sy eens volmaak gespierde lyf vermink het.
Hy het as ketelmaker vir die maatskappy Soill, vervaardiger van kanola-olie op Swellendam, gewerk toe die voorval op 10 September 2014 gebeur.
“Weens die ernstige aard van die ongeluk is ’n eksterne party aangestel om ’n volledige ondersoek te doen,” bevestig Kellie Becker, besturende direkteur van Soill, in ’n geskrewe antwoord op Huisgenoot se vrae.
Christopher en ’n kollega het daardie dag meer as twee jaar gelede opdrag gekry om sweiswerk bokant ’n meul in ’n silo van Soill te doen. Die motor en masjien was ontkoppel toe hulle begin werk, onthou Christopher. Hy moes bo-op die meul staan om die sweiswerk te doen.
Skaars 15 minute later het die elektrisiën glo weer die masjien aangeskakel. Die meul het Christopher se bene gegryp en begin maal; dit vergruis. Die masjien is gou weer afgeskakel, maar dit was nie betyds nie.
Christopher, wat ook einde Maart of begin April die pa van ’n seun, Odin Hawke Carstens, gaan word, wil graag nou op ’n skoon lei met ’n nuwe lewe begin. Maar hy kan nie kop bo water hou met die paar duisend rand wat hy deur sy “vergunningsooreenkoms” gekry het nie.
“My vrou hanteer dit baie moeilik,” se hy. Sy was vyf maande swanger toe die voorval gebeur het. Ons kan die impak van die skok wat my vrou beleef het in my kind sien in die angstigheid wat sy soms beleef. Sy moes iets daar in die baarmoeder beleef het ná my ongeluk.”
Dis steeds ’n traumatiese ervaring vir sy vrou, Natalie Rupping (29), om te sien dat haar eens sportiewe, aktiewe man nou “nooit weer saam met haar sal kan dans nie”.
“Alles is weggevat. Ek moet oor begin in alle aspekte. Dis asof ek ’n nuwe liggaam het; dit is so verander,” vertel Christopher (33) uit Swellendam in die Swartland. “Hoe kan jy nuut begin as alles weggevat is?” vra hy. Die ongeluk moes nooit gebeur het nie. Dit kon voorkom geword, meen hy.
Sy linkerbeen is bo die knie geamputeer. Hy het ook net gedeeltelike gebruik van die ander been.
Hy was goed gebou en sportief voor die “onnodige ongeluk”. “Wel, ek kan nie meer rugby speel, draf of loop soos altyd nie. Ek kan nie meer my frustrasies uit hardloop en draf nie. Ek het moeite met alles wat ’n normale mens as normaal beskou: bad, toilet toe gaan, slaap weens die daaglikse pyn, swelling, depressie en angs,” vertel hy.
Dis vir hom moeilik om na foto’s te kyk van die lenige en gespierde lyf wat hy gehad het. “Ek voel sielkundig en liggaamlik gebreek,” vertel hy. “Ek is depressief. My liggaam is verkrag, gebreek en uitmekaar geskeur.”
Hy het ook sy vertroue in mense verloor omdat die maatskappy hom na bewering beloof het hulle sal “seker maak ek is gemaklik in my lewe vorentoe, maar ek het daagliks stres en wonder wat gaan van my en my gesin word,” sê Christopher.
Hy, Natalie en hul tweejarige dogtertjie, Aurora Lilly-Rose Carstens, het danksy ’n vriend, Barry Gildenhuys, ’n dak oor hul kop. “Hy het ses maande vir my betaal waar ek nou bly en hy betaal water en elektrisiteit elke maand,” vertel hy.
Sy vrou het voorheen nooit gewerk nie, nou doen sy aan en af werk om hul inkomste aan te vul. “Ons het rêrig hulp nodig: geldelik en geestelik,” sê Christopher.
Die vergoedingskommissaris het hom R3 000 per maand aangebied, maar Christopher wou dit nie aanvaar nie. “Want dit kan skaars my huur betaal en ek het ’n vrou en kind om na om te sien. Dit is onregverdig dat hulle hiermee wegkom.”
Soill het voortgegaan om ’n werkgewersverslag aan die departement van arbeid te stuur op 15 September 2014 en opgevolg met verdere verslae op 17 September, vertel Kellie.
“Vergoeding van beserings aan diens word gereguleer deur die Wet op Vergoeding van Beroepsbeserings en -siektes waaraan alle werkgewers wetlik verplig word om te behoort en betalings voor te maak. Ingevolge hierdie wet word werkgewers gelas om werknemers wat langer as drie maande afgeboek word weens ’n besering aan diens, vir drie maande te vergoed teen 75 persent van die werknemer se inkomste voor die voorval,” verduidelik Kellie.
“Soill het voortgegaan om aan Christo sy volle salaris vir die eerste jaar ná die voorval te betaal met inbegrip van sy normale jaarlikse aanpassing. Soill het aan Christo en sy gesin noemenswaardige finansiële steun gegee ten tyde van sy hospitalisasie in die vorm van verblyf, reiskoste, telefoononkoste, ensovoorts.”
Die maatskappy se vergunningsooreenkoms met Christopher behels dat hy vir die tydperk 1 September 2015 tot 30 Augustus 2016 sy volle salaris ontvang het en sy verblyf, lidmaatskap tot ’n gimnasium en onkoste vir sielkundige berading vir 12 maande is ook deur die maatskappy betaal.
Na afloop van die 12 maande sou Christopher terugkeer werk toe waar hulle vir hom ’n “geskikte pos” aangebied het. Christo se finale mediese verslag was gedateer 3 April 2016 en het bevind hy is geskik vir werk in ’n sittende posisie.
Ja, hulle het hom alternatiewe werk aangebied, “maar wat hul woord was en wat die werk op papier was, verskil dag en nag,” meen Christopher. Die stoorkamer waarin hy heeldag vasgekluister sou wees, was nie rolstoel-vriendelik of veilig nie.
“Soill het Christo se beperkings ten volle in ag geneem met die posisie, maar het geen reaksie van Christo ontvang nie,” sê Kellie.
Christopher stem nie saam nie. “Ek het wel werk toe teruggekeer. Drie keer,” sê hy. Elke keer het hulle hom glo huis toe gestuur omdat hulle kwansuis nog besig was om vir hom spesiaal ’n kantoor in te rig. “Hulle wil my nie rêrig daar hê nie,” voel hy.
Hy ontvang steeds die maandelikse versekering (wat destyds van sy salaris afgetrek is). Hy ontvang R2 800 per maand, maar net tot Maart, vertel Christopher.
“Maar dit neem nie in ag die verlies van my ledemaat en 40 persent gebruik in die ander been nie,” sê hy. “Medies is ek afgesny en prostese is baie duur. Ek het nie geld vir ’n fisioterapeut of dokter nie,” voeg hy by. Dis waarom ek aanhou veg vir ekstra vergoeding weens die growwe nalatigheid.
Christopher wil hê sy voormalige werkgewer moet besef hy het as mens ná die ongeluk verander. “Aan my is in die hospitaalbed onder morfien beloftes gemaak,” onthou hy. “Hoekom moet ek hulle nou vir hulp smeek? Hoekom gee hulle voor of ek iets verkeerd gedoen het?” vra hy.
Hy wil ook keer dat so ’n wrede ongeluk met iemand anders in die silo’s gebeur.
Oor sy pensioen:
Die datum en bevinding van die finale mediese verslag was bepalend vir die hantering deur die wet en die werkgewer se pensioenfonds, sê Kellie.
“Die pensioenfonds het ’n drie maande-wagtydperk ná die verslag se datum wat effektiewe voordele dus op 6 Julie 2016 maak en dit word betaal teen 75 persent van sy salaris.
“Sedert 15 September 2014 het Soill herhaaldelik met die departement van arbeid geskakel oor die vordering met die eis wat ingedien is. Terugvoering wat ontvang is op 19 Januarie vanjaar is, gegrond op die feit dat Christo nie permanent ongeskik verklaar is nie, ’n gedeeltelike maandelikse pensioen aan hom toegestaan is.”
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/eers-verloor-hy-n-been-nou-is-hy-sy-menswaardigheid-kwyt-na-silo-ongeluk/
| |
Ampie gesels oor sy roerende lied vir Joost
|
Die Afrikaanse sanger Ampie het Vrydag die land in vervoering gehad met sy roerende liedjie Saamstaan wat hy vir die oud-Bokheld Joost van der Westhuizen tydens sy gedenkdiens op Loftus Versfeld gesing het.
Maar hoe het dit gebeur dat Ampie dié lied voor duisende mense kon sing en wat was sy inspirasie?
“Joost se broer, Pieter, het my gebel en gesê Joost wou graag gehad het ek moet by sy begafnis sing,” vertel hy aan Huisgenoot.
Volgens Ampie was Joost mal oor die liedjie Saamstaan. Die sanger het ook die oud-skrumskakel in die musiekvideo daarvoor gebruik.
Ampie meen die liedjie was nie spesifiek vir Joost geskryf nie, maar eerder gemik op rugby in die geheel. Hy het dit geskryf kort voor die 2011 Rugbywêreldbeker in Nieu-Seeland.
Dit was ook ingesluit op sy Niks en Niemand-album wat dieselfde jaar uitgereik is.
“Ek het by een van Joost se J9-stigting se funksies vir hom ’n album gegee. Later het iemand my gebel en gesê Joost het oor en oor daarna geluister.”
Ampie het toe vir Joost genader en hom gevra om in die musiekvideo te verskyn, waartoe hy ingestem het. Die video is in 2014 uitgereik.
“Joost was tot die einde van sy lewe ’n vegter, ongeag wat hy aangepak het.” Vir die sanger is Joost se grootste nalatenskap seker die feit dat hy altyd so positief gebly het en die humor in alles gesien het.
“Hy het permanent grappe gemaak waar hy ook gegaan het, en ek is ook nogal so.”
Kyk hier na die musiekvideo vir Saamstaan:
|
http://www.huisgenoot.com/vermaak/ampie-gesels-oor-sy-roerende-lied-vir-joost/
| |
Jou sterre vir Donderdag, 2 Februarie 2017
|
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.
JOU DAG
Jy kan vandag liggaamlik en geestelik rusteloos voel.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy gaan in die komende jaar heelwat bereik, maar moenie so selfbehep raak dat jy jou geliefdes afskeep nie. Julie en September is uitmuntende maande vir romanse en familiefeesvierings.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Die Ram-maan verbind met Uranus; verwag dus tuimeltreinbuie vandag. Met Venus wat ook jou teken besoek, moet jy daarna streef om slim en stimulerende geselskap te wees eerder as baasspelerig en uitbundig.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Hardkoppige Bulle kan in ’n groef vasval, te versigtig om enigiets nuuts te probeer. Vandag moedig die planetêre patrone jou aan om meer avontuurlustig te wees, terwyl jy uit jou knus gemaksone kruip.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Menige Tweeling se aandag word gou afgelei, veral vandag. Mercurius spoor jou kommunikasievermoëns aan en Jupiter plaas jou in ’n bui om te praat. Sommer heelwat! Daar is dus geen verskoning om verveeld te wees nie.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Verfris ’n bietjie jou professionele portuurgroep, terwyl jy vriendskappe vertroetel en nuwes aangaan. Dit is ook tyd om jou aspirasies vir die toekoms te herevalueer. Kort jy dalk kreatiewe verstellings?
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Daar is ’n fyn lyn tussen reik na die sterre en jou spiere verrek terwyl jy dit doen. As jy te veel aanpak, gaan jy later met ’n ongeorganiseerde gemors sit. ’n Familielid of vriend wil gesels. Los alles en luister.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Moenie jou vandag in ’n koma in werk nie. Wees prakties en gedissiplineerd. Gee eers aandag aan dringende sake, dan kan jy ’n bietjie ontspannende gehaltetyd saam met jou familie en vriende deurbring.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Met Mercurius en Pluto wat deur jou huishoudelike sone beweeg, is dit tyd om proaktief te raak en ’n onenigheid in ’n verhouding by te lê. Wat ’n gesinslid betref, is vergifnis die gonswoord.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Moenie op die kantlyn bly sit nie. Hoe meer proaktief jy raak wat ’n werk- of gesondheidskwessie betref, hoe beter. Gebruik jou tyd om na oplossings te soek, eerder as om op die probleme te fokus.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Jou motto vir vandag kom van Thomas Edison, die uitvinder en sakeman: “Mense wat nie besef het hoe naby hulle aan sukses was toe hulle tou opgegooi het nie, ervaar baie van die mislukkings in die lewe.”
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Moenie aanneem jy weet wat die beste is vir die mense om jou nie. As jy ander mense se skoene aantrek, sal jy dinge in ’n ander lig sien. Gee aan ’n gesinslid beweegruimte.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Die lewe is tans bedrywig. Probeer ruimte kry in jou woeste dag om te bedaar, kalm te word, te ontspan en te herlaai. Ná ’n bietjie stil alleentyd sal jy opvallend vernuwe en verkwik voel.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Visse verlang vreedsame verhoudings. Vandag kan jy egter ’n paar verhoudingskaskenades te wagte wees. ’n Ingewikkelde finansiële ooreenkoms verg dalk ook hersiening en algehele vernuwing.
|
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-donderdag-2-februarie-2017/
| |
Swanger Janine ‘kan maar net lag’ oor Steve se nuwe troetelnaam vir haar
|
Bokkie, Liefie, Hartjie, Engel, Skatlam, Baby…
Troetelname is net so deel van enige verhouding as romantiese kersligetes en handjies vas hou. Maar soms kom jou geliefde met ’n naam vorendag wat dalk net te persoonlik is. Soos om “Vettie” genoem te word terwyl jy vyf maande swanger is!
Dit is presies wat die sanger Steve Hofmeyr onlangs verklap het hy sy swanger vrou, Janine, deesdae noem.
Steve het onlangs op Twitter geskryf sy pragtige swanger vrou was “nog nooit die maerste persoon in die kamer nie,” en dat sy dit haat as hy haar “Vettie” noem.
@steve_hofmeyr my liefling, jy kan báie bly wees dat ek lief is vir jou en 'n sin vir humor het! Maar ek sál jou terugkry 😉 — Janine Hofmeyr (@JaninevdVyver) February 11, 2017
Gelukkig het Janine ’n sin vir humor en antwoord sy haar man: “My liefling, jy kan báie bly wees dat ek lief is vir jou en ’n sin vir humor het! Maar ek sál jou terugkry!”
Later het sy ook op Facebook geskryf wanneer mens “dikkerig voel en niks daaraan kan doen nie, is die beste ding seker maar om te lag, nê?”
Steve (52) en Janine (39) het in Desember aangekondig hul eersteling saam word in Julie 2017 gebore. Die baba het ook reeds ’n naam: Romy-Lee.
Ná haar plasing het Janine se aanhangers lekker saamgelag vir Steve se oulike troetelnaam vir haar. “Julle is so lief vir mekaar en dis great om die humorsin tussen julle te sien,” skryf een.
“Die liefde maak vet!” laat hoor ’n ander en voeg by “maar jy sal nooit in jou lewe vet wees nie, al sluk jy ’n skaap heel in.”
Geniet jou swangerskap, Janine!
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/swanger-janine-kan-maar-net-lag-oor-steve-se-nuwe-troetelnaam-vir-haar/
| |
Huisgenoot Mobi
|
’n Man van Brakpan, Warren Troy Knoop, het Woensdagoggend in die hooggeregshof in Johannesburg skuld beken op 800 klagte, waaronder verkragting en kinderpornografie.
Hy was in ’n swart hemp geklee, met bidkrale van hout om sy nek.
Lede van die organisasie Women and Men Against Child Abuse was in die hof teenwoordig en twee getuies het die verrigtinge van die hofgalery gevolg.
Regter Cassim Moosa het aan Knoop gesê die hof het ’n billike geleentheid nodig om die pleit- en vonnisooreenkoms na te gaan van die staat en verdediging om vas te stel of dit in die belang van geregtigheid is.
Die saak was aanvanklik 25 tot 30 dae op die hofrol, maar die regter het gesê dit sal hulle nou sowat 10 dae neem.
“Dit moenie net voorkom of geregtigheid geskied nie; dit moet inderdaad gebeur,” het die regter gesê.
Volgens Women and Men Against Child Abuse het Knoop enkelma’s en hul kinders geteiken.
Die groep wat hom teen mishandeling beywer, beweer Knoop het probeer om foto’s van kinderpornografie internasionaal te versprei. Hy sal na verwagting weer Vrydag in die hof verskyn.
Knoop is op 1 Oktober 2015 by sy werk in hegtenis geneem nadat die polisie vasgestel het hy het kinderpornografie op sy skootrekenaar.
Brig. Vishnu Naidoo, destydse nasionale polisiewoordvoerder, het gesê Knoop het glo ook naakfoto’s van sy meisie se vierjarige dogter geneem en op die internet gedeel, foto’s wat later deur verskeie mense in Amerika gedeel is.
Volgens die Boksburg Advertiser het hy glo 50 foto’s van die dogtertjie geneem en dit aanlyn gedeel.
Die meisie se ma was na bewering onbewus van haar kêrel se optrede.
Volgens die klagstaat word hy nou deur verskeie aanklagte van kinderpornografie, verkragting, seksuele aanranding en die vervaardiging van pornografie in die gesig gestaar.
Knoop was een van 11 Suid-Afrikaners wat deur die polisie se veldtog vasgetrek is. Dit was deel was van ’n internasionale projek Operation Cloud Nine.
Meer oor die kinderpornografie-sindikaat
Operation Cloud Nine word deur die Suid-Afrikaanse en Belgiese polisie uitgevoer en fokus op die bekamping van kinderpornografie.
Die 11 mense was deel van ’n internasionale pornografie-sindikaat wat in 2015 deur die polisie uitgesnuffel is.
Wat nog meer ontstellend is, is dat duisende kinderpornografie-foto’s wat gevind is, van die kinders in hul eie huise en selfs in hul eie slaapkamers geneem is.
1. In September 2015 is ’n 20-jarige universiteitstudent in Melville, Johannesburg, vir die besit van kinderpornografie in hegtenis geneem.
2. Die polisie het op sy spoor gekom nadat hulle vroeër in 2015 ’n verdagte van Plettenbergbaai vasgetrek het.
3. ’n 47-jarige man van Vishoek is gevang met duisende foto’s van kinderpornografie wat onder meer foto’s van “gewelddadige mishandeling” van babas – in gevalle enkele dae oue babas – ingesluit het.
4. In Maart 2015 is ’n egpaar van Port Elizabeth vasgetrek en aangekla weens die besit en vervaardiging van kinderpornografie.
5. ’n Man (39) van Midrand is ook op dieselfde klagte in hegtenis geneem.
6. In die Oos-Kaap is ’n 53-jarige man in hegtenis geneem weens die besit, vervaardiging en verspreiding van meer as 600 foto’s van kinders.
7. In Januarie 2015 is ’n rekenaar-ingenieur van Plettenbergbaai deur die Belgiese polisie geïdentifiseer nadat hulle die profiel van ’n pedofiel in die sosiale media gebruik het.
Die polisie het ook die internetadresse van 334 beweerde pedofiele op sy rekenaar gevind.
Nog meer skokkend as die pornografie was twee lêers wat glo op sy skootrekenaar gevind is: Een het foto’s van gewelddadige aanrandings bevat terwyl die ander lêer geënkodeer was. Dié lêer was getiteld “verkrag en maak dood” (rape and kill) en dit het toegang gehad tot ’n webtuiste vir dié wat ’n fetisj het vir die ontvoering, slawerny (bondage), verkragting en moord van pasgebore babas.
Die polisie het voorts aangedui die materiaal op sy rekenaar is waarskynlik geneem nie langer as ’n week voor hulle op hom toegeslaan het nie.
Luit-kol. Heila Niemand het destyds gesê hulle vrees “dat hierdie babas regoor die land op hierdie oomblik nog molesteer word”.
Teen Januarie verlede jaar het Operation Cloud Nine glo reeds meer 100 verdagtes wêreldwyd geïdentifiseer ná die inhegtenisneming van die Midrand-man.
Hy het glo kontak gehad met ander beweerde sindikate in België, Amerika, Pakistan, Duitsland, Italië, Nederland, Swede, die Tsjeggiese Republiek, Frankryk, Brittanje, Kanada, Algerië, Israel, Bolivia, Mexiko, Oostenryk, Rusland, Denemarke, Ierland en Kroasië.
Gerugte doen die ronde dat kinders van die strate af gelok en vermoor word.
“Dit is mans en vroue wat kinders molesteer en kinders gebruik om kleuters te molesteer,” het Tim van Eester van die Belgiese polisiediens gesê.
Tekens van kindermolestering
As jy enigsins onseker is of molestering plaasvind, is dit reeds genoeg rede om dit aan te meld. Van die tekens wat ’n kind kan toon, is die volgende:
1. Kennis van seksdade wat geheel onvanpas vir hul ouderdom is
2. Persoonlikheidsverandering
3. Verandering in eetgewoontes
4. Selfverminking
5. Rebelsheid, loop dalk weg van die huis
6. Lae selfbeeld
7. Onttrekking, depressie en selfdoodgedagtes
8. Oorgretig om tevrede te stel
9. Onverklaarbare kneusings of brandplekke
10. Traag om huis toe te gaan of skool toe te gaan
Meld kindermolestering en -mishandeling dadelik aan
Kontak Childline Gauteng of Childline Suid-Afrika vir raad en steun. Bel hulle by 08000-55-555.
Jy kan dit ook by jou naaste polisiekantoor aanmeld of ’n SMS aan Crimeline by 32211 stuur. Elke SMS kos R1.
Bronne: cxpress.co.za, alexnews.co.za, news24.com, iol.co.za
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/oos-randse-man-beken-skuld-op-800-klagte-wat-verkragting-en-kinderpornografie-insluit/
| |
‘Iemand moes hom stop,’ vertel slagoffer wat modelbaas Dawie de Villiers se seksskandaal oopvlek
|
Dawie de Villiers, die voormalige modelbaas wat op 25 seks- en bedrogaanklagte skuldig bevind is, word deur lewenslange tronkstraf in die gesig gestaar wanneer hy oor ’n maand in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis word.
Dominique Rensleigh (47), een van De Villiers se bedrogslagoffers en ook die man wat die seksskandaal met jong modelle in 2009 begin oopvlek het, het Donderdag, ’n dag ná De Villiers se skuldigbevinding, gesê hy is bly die sage is eindelik verby.
“Ek het alles verloor. My onderneming, my reputasie, my vrou . . . ” het Dominique, wat voorheen saam met De Villiers (37) sake gedoen het, aan Huisgenoot gesê.
Hy vertel nadat sy verhouding met De Villiers versuur het, het die stories oor waarmee hy werklik besig was, sy ore bereik. Hy het ondersoek begin doen en met die modelle gesels.
De Villiers se verkragtingslagoffer was 15 jaar oud toe dit gebeur het. Hy het glo toe sy 14 was twee keer met haar gemeenskap gehad, maar toe sy dit wou beëindig, het hy haar verkrag.
Regter Cassim Moosa het De Villiers op 25 uit die oorblywende 30 aanklagte skuldig bevind. Daar was aanvanklik 38 aanklagte teen hom, maar agt is teruggetrek omdat die getuies nie kom getuig het nie.
Die aanklagte waaraan hy skuldig bevind is, was benewens die een klag van verkragting, verskeie aanklagte van die ontbloting van ’n kind aan pornografie, seksuele aanranding, seksuele aanvoringswerk, die besit van kinderpornografie en bedrog. Hy het ook van die slagoffers gedwing om aan hom en hulself voor hom te vat.
Volgens die aanklaer, adv. Arveena Persad, kan De Villiers net vir die verkragting van ’n minderjarige lewenslange tronkstraf opgelê word.
Dominique het die model- en talentagentskap Model Cup, ’n organisasie sonder winsbejag, gehad. Hulle het opkomende en behoeftige modelle gehelp om aan skoonheidskompetisies deel te neem en skoonheidskompetisies aangebied. Hy vertel nadat De Villiers by dié agentskap betrokke geraak het, het hy Dominique uit meer as R200 000 bedrieg.
Hy het boonop daarop aangedring om sy eie kantoor by die huis te hê. Dit is hier waar die voorvalle gebeur het.
Dominique vertel hy was woedend toe hy later uitvind De Villiers het eksplisiete foto’s van die meisies geneem en dan vertel hy neem dit omdat Dominique daarvoor gevra het. Dit het sy reputasie geskend en hy het onraad vermoed toe die meisies nie meer by Model Cup betrokke wou raak nie.
Hy het toe met die meisies en hul ouers op rekord begin onderhoude voer as deel van die bewyse teen De Villiers.
Hy het Carte Blanche in 2009 genader, maar daar het aanvanklik niks van gekom nie. Hy het die saak vir die polisie gegee en De Villiers is aangekeer. Die dossier het egter verdwyn en die saak teen De Villiers laat vaar.
Carte Blanche het in 2013, nadat hulle deur slagoffers en hul ouers gekontak is, De Villiers se dade op televisie ontbloot.
Kapt. Veronica Banks van die Gautengse provinsiale eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdryf het toe die saak begin ondersoek. De Villiers is weer in hegtenis geneem en aangekla.
Dominique vertel hy is baie dankbaar vir die harde werk wat Veronica en Arveena gedoen het. Hoewel hy waarskynlik nooit sy geld gaan terugkry nie, is hy bly De Villiers gaan tronk toe. “Iemand moes hom stop.”
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/iemand-moes-hom-stop-vertel-slagoffer-wat-modelbaas-dawie-de-villiers-se-seksskandaal-oopgevlek-het/
| |
Eers verloor hy ’n been, nou is hy sy menswaardigheid kwyt ná silo-ongeluk.
|
Al waarna Christopher Carstens smag, is om ekstra vergoeding te kry vir die “growwe nalatigheid” wat sy eers perfek gespierde lyf vermink het.
Hy het as ketelmaker vir die maatkappy Soill, vervaardiger van kanola-olie in Swellendam, gewerk toe die voorval op 10 September 2014 gebeur het.
“Weens die ernstige aard van die ongeluk is ’n eksterne party aangestel om ‘n volledige ondersoek te doen. . . ,” bevestig Kellie Becker, besturende direkteur van Soill, in ’n geskrewe antwoord op Huisgenoot se vrae.
Christopher en ’n kollega het dardie dag meer as twee jaar gelede opdrag gekry om sweiswerk bokant ’n meul in ’n silo van Soill te doen. Die motor en masjien was ontkoppel toe hulle begin werk het, onthou Christopher. Hy moes bo-op die meul staan om die sweiswerk te doen.
Skaars vyftien minute later het die elektrisiën glo weer die masjien aangeskakel. Die meul het Christopher se bene gegryp en begin maal; dit vergruis. Die masjien is gou weer afgeskakel, maar was nie betyds genoeg om sy bene te red nie . . .
Christopher, einde Maart begin April die pa van ’n seun, Odin Hawke Carstens, wil graag nou op ’n skoon lei begin met ’n hele nuwe lewe, maar kan eenvoudig nie kop bo water hou met die paar duisend rand wat hy met ’n “vergunningsooreenkoms” kry nie.
“My vrou vat dit baie swaar,” Sy was vyf maande swanger toe die growwe nalatigheid gebeur het. Ons kan die impak van die skok wat my vrou beleef het in my kind sien in die angstigheid wat sy soms beleef. Sy moes iets daar in die baarmoeder beleef het ná my ongeluk.”
Dis steeds ’n traumatiese ervaring vir sy vrou, Natalie Rupping (29), om te sien dat haar eens sportiewe, aktiewe man nou selfs “nooit weer saam met haar sal kan dans nie.”
“Al’s is weg gevat. Ek moet oor begin in alle aspekte. Dis asof ek ’n nuwe ligaam het; dit is so verander,” vertek Christopher (33) uit Swellendam in die Swartland. “Hoe kan jy nuut begin as alles weggevat is?” vra hy. Die ongeluk moes nooit gebeur het nie. Dit kon voorkom geword, meen hy.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/eers-verloor-hy-n-been-nou-is-hy-sy-menswaardigheid-kwyt-na-silo-ongeluk/
| |
Wat ‘n lyf! Loui Fish smeulend op 43 - kyk foto’s!
|
Loui Fish smeul behoorlik op swart-wit foto’s wat sy onlangs op haar Facebook-blad gedeel het. Sy is geseën met “alien-gene”, skerts dié model en TV-persoonlikheid oor haar vietse en ferm lyf op 43.
Die onlangse fotosessie met Neels Kleynhans van NK Photography as fotograaf, was net vir die pret en iets wat sy graag wou doen. “Nou is ek klaar met klere uittrek,” sê sy met verwysing na van die sexy foto’s in ’n kamisool.
“Ek oefen nie. Ek moet, maar was nog nooit in my lewe in ’n gim nie. Dis gene van my ma en ouma af.” Loui sê sy het haar ouma Marie Gerber, wat op 89 steeds met ’n ferm lyf spog, se liggaamsbou geërf.
Sy volg geen dieet nie en sê aan haar ma se kant van die familie kon almal nog altyd eet wat hulle wil.
Sy is byvoorbeeld mal oor brood, wat gewoonlik verbode is as ’n mens slank wil wees.
Loui het wel “basiese reëls”, soos om nie ná sewe saans te eet nie. En onlangs het sy wel gimtoerusting begin aanskaf, want haar kinders oefen graag.
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/wat-n-lyf-loui-fish-smeulend-op-43-kyk-fotos/
| |
Donald Trump vra om met Jacob Zuma te praat
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/donald-trump-vra-om-met-jacob-zuma-te-praat/
| ||
Net ’n paar dae oor vir die blogger Alishia van Deventer voor baba Mia se koms - lees haar mooi brief!
|
Alishia van Deventer, leser en publisiteitsbeampte vir talle van ons grootste sterre in die vermaaklikheidsbedryf, het op 44 uitgevind sy is onverwags swanger. Nou is baba Mia se geboorte net ’n paar dae weg!
Sy deel die laaste deel van haar swangerskapsreis met ons.
Net ’n paar dae bly oor voor Mia se geboorte. Die laaste ruk het in ’n oogwink verbygegaan. 14 Februarie 2017 is ons datum vir ’n beplande keisersnee – dis nou as sy nie besluit om self vroeër te kom nie. Soos die dokter sê: “Die baba is die baas.”
Soos wat die tyd nou nader kom, dink ek intens aan die lewe en verskillende fases daarvan wat op my kinders wag. Mia sal haar eerste asemteug binne die volgende paar dae gee. Danelle word oor ’n bietjie langer as ’n maand 21 en my stiefseun, Janko, word oor agt maande 16. Groot mylpale vir elkeen. Wat hier volg, dra ek op aan my kinders en hoop dit help hulle om die beste te wees wat hulle kan:
Lees ook: Leser vertel: ‘Swanger…en dit op 44!’
Vir sommige mense gaan jy te veel wees
en vir sommige te min.
Vir sommige sal jy genoeg wees
en vir sommige ’n doring in die vlees.
Party mense sal jou onbekwaam laat voel
en ander soos ’n absolute veteraan.
Jy sal nooit alles vir almal kan wees wat jy wil wees nie.
Party mense sal vir jou dankie sê en party nie.
Party sal jou moeite raaksien en ander eenvoudig nie.
Sommige sal jou respekteer en party nie.
Om jou te verknies oor almal wat jou sleg laat voel oor jouself, is ’n mors van kosbare tyd en energie.
Soms sal die einste mense waarna jy opsien, diegene wees wat jou die seerste maak of die ergste teleurstel.
En soms sal die mens van wie jy dit die minste verwag, die grootste invloed op jou lewe hê.
Jy gaan duisende mense in jou leeftyd ontmoet.
Party sal net ’n kort tydjie in jou lewe wees en ander lank.
Wees versigtig vir dié wat jou met ’n glimlag minderwaardig laat voel; wees versigtig vir mense. Punt.
Maar moenie jou hart toesluit nie. Daar is baie meer goeie mense in die wêreld as slegtes. Kies net mooi.
Hou jou vriendelikheid goedkoop, maar jou vriendskap duur.
Wees die allerbeste jy wat jy kan wees. Moenie ander probeer beïndruk deur iemand te wil wees wat jy nie is nie.
Soms gaan mense jou verkeerd verstaan en soms jy vir hulle.
Haal diep asem en wees ekstra versigtig hoe jy ander oor hulself laat voel.
As iemand by jou slegpraat oor iemand anders, kan jy seker wees hulle sal dit ook van jou doen.
Onthou altyd: Baie praatjies maak baie gaatjies.
Moet nooit toelaat dat bitterheid en haat ’n plek in jou lewe inneem nie. Waak teen kwade gedagtes met alles wat jy het.
Wees gaaf teenoor alle mense.
Soek die goeie in mense, maar moenie toelaat dat hulle moet soek na die goeie in jou nie – stel dit ten toon.
Wees net goed, maar hou die misbruikers in toom.
Foute gaan jy vir seker maak, maar onthou altyd: Jy is nie ’n fout nie!
Wanneer jy val, staan op. Moet net nie bly lê nie, my kind. Solank ek hier is, sal ek jou altyd vang en help opstaan.
Die belangrikste van alles: Vind uit wie JY is. Leef wie JY is en as jy sukkel, is dit oukei.
Ons is almal op ’n reis en wil onsself net graag bewys.
Baie liefde, Mamma.
|
http://www.huisgenoot.com/ons-mense/net-n-paar-dae-oor-vir-die-blogger-alishia-van-deventer-voor-baba-mia-se-koms-lees-haar-mooi-brief/
| |
Jong ma sterf tragies nadat sy pasgebore baba uit brandende huis red
|
Shelby Carter het daarvan gedroom om ma te wees. Min het sy geweet die vervulling van haar wens sou haar lewe kos.
Die jong ma van die dorp Wyoming in die Amerikaanse deelstaat Illinois het Sondag 29 Januarie haar mondigwording gevier. Dit sou ook die eerste dag wees dat sy vir die eerste keer sedert haar babadogtertjie se geboorte 11 dae vantevore volwaardig die rol van ma sou vertolk.
Niemand sou kon raai dat sy die volgende dag die hoogste prys sou betaal nie . . .
Die verdiepinghuis waarin sy, Keana (haar babadogtertjie), DeShawn Davis (haar verloofde en Keana se pa) en Kathy Hardy (haar ma) gewoon het, was omstreeks halfelf in ligte laaie.
YOUNG MOTHER-HERO DIES SAVING HER NEWBORN DAUGHTER'S LIFE. A young mother who died in a house fire is being… https://t.co/OkKOJkL8Wy — Devin Norwood (@wisedadlives) February 5, 2017
Shelby en Keana was alleen tuis. Die jong ma het haar kleinding in ’n motorstoeltjie vasgegespe en by een van die vensters op die boonste verdieping uitgegooi.
Keana het die val oorleef en net ’n geringe brandwond opgedoen. Maar Shelby was minder gelukkig. Die rook het haar oorweldig en brandweermanne het haar op die vloer naby ’n venster op die boonste verdieping aangetref.
“Dit is absoluut wonderbaarlik dat sy kop gehou het om haar baba se lewe te red,” het Ed Foglesonger, die plaaslike brandweerhoof gesê.
Shelby se niggie Shawna Burwell het aan die radiostasie WMBD gesê sy het ’n foto op die noodlottige oggend op Snapchat gedeel waarop Keana op haar bors lê. By dié foto het sy geskryf: “Gek oor die mammie-oomblikke.”
Die gemeenskap loof Shelby as ’n heldin.
Susan Park het haar op ’n gedenkblad as die ware definisie van ’n ma beskryf: “Gewillig om jou kind se lewe voor jou eie te stel en joune vir haar op te offer.
“Jou dogter sal altyd weet hoe lief jy haar gehad het.”
Stacy Uphold, een van haar vriendinne, beskryf haar as ’n uitstekende ma. “Sy was totaal onselfsugtig . . . haar hart en haar liefde was haar baba.
“Ons sal haar nooit vergeet nie.”
Bronne: kwqc.com, chinadaily.com, cnn.com, fox13now.com, haskellhott.com
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/jong-ma-sterf-tragies-nadat-sy-pasgebore-baba-uit-brandende-huis-red/
| |
’n Baie spesiale dag vir Rolene Strauss en manlief
|
Dit is Maandag net mooi ’n jaar gelede dat die voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss en haar man, die sakeman D’Niel Strauss, mekaar die jawoord gegee het.
Die paartjie is verlede jaar op die prentjiemooi wynlandgoed Lourensford in Somerset-Wes getroud. Hulle het intussen die trotse ouers van ’n seuntjie geword wat vanjaar, presies ’n maand voor hul huweliksherdenking, op 6 Januarie gebore is.
A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on Feb 5, 2017 at 9:16pm PST
Rolene het Maandagoggend die groot mylpaal van haar en D’Niel se huweliksherdenking op Instagram gedeel.
“Vandag ’n jaar terug het ons ’n belofte gemaak. Deur voorspoed of teëspoed, in rykdom en armoede, deur siekte en gesondheid, tot die dood ons eendag skei.
“Onvoorwaardelike liefde volhard. Dankie dat jy my rots en ondersteuning is en die pa van ons seun.”
A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on Nov 1, 2016 at 10:39am PDT
Rolene en D’Niel, baie geluk met die spesiale dag!
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/n-baie-spesiale-dag-vir-rolene-strauss-en-manlief/
|
2017-02-06 05:16:25
|
‘Iets was nie reg nie’: Lugwaardin vertel hoe sy tienermeisie uit mensehandelaars se kloue red
|
’n Lugwaardin het onlangs bekendgemaak hoe sy amper ses jaar gelede ’n jong meisie daarvan gered het om vir seks “verkoop” te word deur vir haar ’n briefie in ’n vliegtuigtoilet te los.
Toe Shelia Fredrick (49), ’n lugwaardin van Alaska Airline, in 2011 op ’n vlug van Seattle na San Francisco werk, het sy ’n verslonste tiener langs ’n goed geklede man sien sit.
“Iets in my agterkop het gesê iets is nie reg nie. Hy was goed geklee. Dis wat my getref het, want ek het gedink hoekom is hy goed geklee en sy lyk verslons?” het Shelia in ’n onderhoud met 10News gesê.
Sy vertel dit het gelyk of die tiener “louter hel beleef het” en die man wou haar nie toelaat om met die meisie te praat nie. Die man het verdedigend geword en die meisie wou nie ’n gesprek aanknoop nie.
Sy het dit reggekry om subtiel vir die tiener te sê sy moet na die vliegtuig se toilet gaan. Daar het sy vir die tiener ’n briefie gelos waarop die meisie later geantwoord het: “Ek het hulp nodig.”
Shelia het die vlieëniers in kennis gestel en dié kon die boodskap toe aan die polisie in San Francisco oordra.
Die man is in hegtenis geneem toe die vliegtuig land.
Lugwaardinne en vlugkelners word nou opgelei om die tekens van mensehandel raak te sien. Tekens soos iemand wat lyk of hulle beheer of aangerand word en wat nie vrae beantwoord of oogkontak maak nie. Die verdagte sal gewoonlik al die vrae namens hulle beantwoord.
Shelia sê sy het oor die jare ’n paar keer met die tiener gepraat.
“Ek het my foonnommer op die briefie geskryf wat ek vir haar gelos het en ek skat sy het dit gememoriseer. ’n Paar weke later het sy my gebel,” het Shelia gesê.
Die meisie woon nou ’n kollege by.
Bronne: 10News, DailyMail,
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/iets-was-nie-reg-nie-lugwaardin-vertel-hoe-sy-tienermeisie-uit-mensehandelaars-se-kloue-red/
| |
Yskasleegmaak-souttert
|
Hier is een van die twee ander resepte uit vandeesweek se episode van Jy het ’n Wenresep! op VIA (DStv-kanaal 147). Kry hierdie week se wenresep in die jongste uitgawe van Huisgenoot (9 Februarie 2017).
Yskasleegmaak-souttert
Anica Potgieter het grootgeword op ’n volstruisplaas buite Oudtshoorn en daar is net een maal per week dorp toe gegaan vir aankopies. Teen die einde van die week raak die bestanddele skraps en dan moes hulle iets lekker optower met wat in die yskas oor was.
Dié souttert is nou haar staatmakergereg op Stellenbosch waar sy studeer.
Genoeg vir 4—6 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 30—40 min
3—4 velle filodeeg, elk gesmeer met gesmelte botter
2 uie, gekap
Paar repies spekvleis, gekap
Handvol sampioene, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
Bietjie olie
1 pak spinasie, ontstingel en gekap (of klaargekapte spinasie)
Sout en peper na smaak
250—500 ml (1—2k) gepluisde gaar hoendervleis, of soveel wat oor is in die yskas
250 ml (1 k) gerasperde Cheddarkaas
250 ml (1 k) room
6 eiers, geklits
Voorverhit die oond tot 180°C.
1 Pak die filodeegvelle opmekaar en voer ‘n oondbak daarmee uit.
2 Braai die ui, spekvleis, sampioene en knoffel in bietjie olie tot sag. Voeg die spinasie by en verhit tot verwelk. Geur met sout en peper.
3 Roer die hoender by. Skep in die bak en sprinkel die kaas oor.
4 Klits die room en eiers saam, geur met sout en peper en giet oor die mengsel in die bak. Bak sowat 30—40 minute of tot die eierroommengsel gestol is. Sit voor met slaai.
WENK: Onthou altyd, 2 eiers is genoeg om 250 ml (1 k) vloeistof te stol. Hou dit in gedagte as jy souttert of ’n quiche wil maak.
’n Souttert of quiche sal altyd sowat 40 minute neem om te bak voordat dit gestol is.
Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).
Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.
|
http://www.huisgenoot.com/wenresepte/vingeretes/yskasleegmaak-souttert/
| |
Britney Spears se susterskind (8) in ernstige ongeluk - ‘Sy was vasgekeer’ en ander hartverskeurende besonderhede
|
Jamie Lynn Spears se agtjarige dogter is Sondag deur haar veiligheidsgordel onderwater vasgekeer nadat die alle-terreinvoertuig wat sy bestuur het, in ’n dam beland het.
Somewhere in a duck blind 💛💚 A photo posted by Jamie Lynn Spears (@jamielynnspears) on Nov 26, 2016 at 9:34am PST
Britney Spears (35) se susterskind, Maddie, is per helikopter hospitaal toe gebring nadat die Polaris-voertuig waarin sy was, in Tangipahoa Parish, Louisiana omgeslaan het.
Aanvanklik is berig Jamie Lynn (25) se kind was saam met haar ekskêrel, Casey Aldridge, op ’n jagtog. Die owerheid sê egter die ongeluk het op die familie se eiendom gebeur terwyl die ma en Maddie se stiefpa, Jamie Watson, in afgryse toegekyk het.
Luidens ’n polisieverslag deur sheriff Daniel Edwards het Maddie uitgeswaai om ’n dreineringsloot te vermy.
“Sy het te ver uitgeswaai en die voertuig het in die dam beland. Die voertuig en kind het voor hul oë onder die water verdwyn. Die kind se ma, stiefpa en ander familielede het binne sekondes in die dam gespring om haar te probeer red. Die kind is deur die sitplekgordel vasgekeer. Die Acadian-ambulansdienste het binne twee minute opgedaag en gehelp om die kind uit die koue water te bevry.”
Maddie is in ’n stabiele maar kritieke toestand in die hospitaal.
Nadat nuus van die ongeluk bekendgemaak is, het die Spears-familie aanhangers vir hul steun bedank. Maddie se oupa, Jamie, het die publiek gevra om die kind in hul gebede te hou.
Hy het aan Entertainment Tonight gesê: “Al wat ek kan sê, is bid vir ons baba Maddie.”
© Cover Media
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/britney-spears-se-susterskind-8-in-ernstige-ongeluk-sy-was-vasgekeer-en-ander-hartverskeurende-besonderhede/
|
2016-11-26 17:34:25
|
Huisgenoot Mobi
|
’n Plaaswerker in sy twintigs is doodgeskiet toe twee jagters hom vir ’n dier aangesien het, het Limpopo-polisie Sondag gesê.
Polisiewoordvoerder, brig. Motlafela Mojapelo, sê die voorval het omstreeks 20:30 Saterdagaand gebeur. ’n Man en vrou van Pretoria was besig om vlakvarke te jag op die plaas Meisiesvlei naby Tuinplaas toe hulle ’n geluid hoor.
Die man het in die rigting van die geluid geskiet waarna hy en sy jagmaat gaan kyk het na hul vangs. Dis toe dat hulle die man op die grond aantref.
Hy is op die toneel dood.
Volgens Motlafela het die jagters die skietdood van die plaaswerker aan die polisie gerapporteer en hulle is toegelaat om terug te keer Pretoria toe.
Dit het later aan die lig gekom die man het op ’n buurplaas gewerk, maar sy familie is nog nie oor sy dood ingelig nie en daarom is sy naam nog nie bekend gemaak nie.
Motlafela sê die provinsiale polisiekommissaris is oor die voorval ingelig en hy het gevra om na die dossier — wat ’n klag van strafbare manslag bevat — te kyk.
Dié klag kan egter na ’n klag van moord verander word, sê Motlafela.
Die paartjie is ook nie vir 48 uur in aanhouding gehou tot hul eerste hofverskyning soos wat deur die wet vereis word nie, omdat hulle gekontak kan word oor wanneer hulle weer in die hof moet verskyn wanneer ’n finale besluit oor die klag gemaak is.
Die vuurwapen wat gebruik is, is weggestuur vir ballistiese toetse.
Bron: News24
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/jagters-wat-jong-man-vir-dier-aansien-en-doodskiet-dalk-van-moord-aangekla/
| |
Jou sterre vir Donderdag, 9 Februarie 2017
|
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.
JOU DAG
Druk vandag jou kreatiewe persoonlikheid spontaan uit.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is ’n kleurryke karakter. Vanjaar is die jaar om meer georganiseerd by die werk, skool of kollege te wees. Jy stel aan jouself uitdagende doelwitte en voer dit deur.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Vandag se rustelose sterre moedig jou aan om te ontdek, te skep en elke paar minute van plan te verander. Jy gaan nie tyd kry om verveeld te raak nie. En dit pas jou spontane styl baie goed.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Dit kan dalk aanloklik klink om toe te laat dat finansies hul gang gaan, maar jy sal op die hoogte moet bly van geldsake. As jy verantwoordelik en spaarsaam bly, sal jy later die vrugte daarvan pluk.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Wat buitelandse vriende, internasionale kontakte of groepaktiwiteite betref, kan jy vandag die onverwagte verwag. Uranus roer dinge deurmekaar, terwyl die son jou aanmoedig om meer avontuurlustig te wees.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Die fokus val vandag op verhoudings, terwyl jy ’n bietjie gehaltetyd saam met die belangrike mense in jou lewe deurbring. As jy met ander mense gesels, streef daarna om kop en hart te balanseer.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Hou op om ’n alleenloper te wees. Die son – jou kragplaneet – skyn in jou verhoudingsone. Dit is dus die ideale tyd om te beraadslaag, saam te werk en met jou naastes en dierbaarstes te gesels.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Handel vandag noodsaaklike werktake vroeg af. Dis lankal reeds tyd vir jou om ’n bietjie afsondering te geniet. Vind maniere om te ontspan en doen dit so dat dit werklik vir jou iets beteken.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Wat jy ook al vir vandag beplan het, wees daarop voorbereid dat dit op die laaste nippertjie deur ander mense verander kan word. Wat ’n gesinskwessie betref, kan jy ’n intense dag verwag.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Kies vandag jou woorde versigtig, veral as jy met ’n kind, ouer of vriend gesels. Sit ook ’n bietjie gehaltetyd opsy om jou gunstelingstokperdjie te beoefen.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Jy gaan rusteloos voel, dus moet jy gepaste maniere vind om jou avontuurlustige, sportiewe sy vandag uit de druk. Hoekom nie gimnasium toe gaan, uitgaan in die buitelug, of ’n opwindende reis beplan nie?
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Ander mense het nog nie al die harde werk opgemerk wat jy die afgelope tyd agter die skerms verrig het nie. Byt vas en wees geduldig. As jy koel intellek met kalm intuïsie kombineer, sal jy vandag ver vorder.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Jy floreer daarop om jou eie ding te doen, op jou eie, unieke manier. En vandag is die fokus ook op die mense om jou terwyl jy met eendersdenkende mense in jou plaaslike gemeenskap kontak maak.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
’n Finansiële kwessie of sakeskuif kan jou dalk vandag verras wanneer jy iets uitvind wat jy nooit geweet het nie. Skenk ook baie aandag aan die simboliese boodskappe in jou drome vannag.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017
|
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-donderdag-9-februarie-2017/
| |
KYK VIDEO: Skool lewer aandoenlike huldeblyk aan Joost van der Westhuizen
|
Dit was ’n see van Groen-en-Goud in die skoolsaal van die Kuswag Skool op Amanzimtoti suid van Durban toe sowat 500 hoërskoolleerders Vrydagoggend almal met ’n Springboktrui opdaag om hulde aan die ontslape rugbylegende Joost van der Westhuizen te bring.
Die leerders het tydens die saalbyeenkoms die sanger Ampie du Preez se liedjie Saamstaan luidkeels gesing terwyl die woorde op ’n skerm op die verhoog vertoon is.
Ampie het dié liedjie in 2014 as ’n huldeblyk aan Joost opgeneem.
Kuswag se adjunkhoof, Chris Hofmeyr, vertel die skool se leerlingraad het die afgelope week met die idee vorendag gekom.
Drie leerders, Adriaan Jonker, Hennie van Heerden en Justin Venter, was verantwoordelik vir die vervaardiging van die video waarin die woorde vertoon is sodat die leerders saam kon sing.
Chris sê buiten dat hulle Joost se nalatenskap so huldig, het hulle ook die geleentheid gebruik om die lewensles oor te dra dat geen mens volmaak is nie en dat niemand ’n ander mag veroordeel nie.
Kyk die video hier (amateuropname):
Die lirieke van Saamstaan:
Ons staan vir ’n nasie, die kyk in jou oë
die krag van ’n leier, ons kan nie verloor
ons kan nie verloor
Want mag lê nie regtig by wie dit net eis,
die stories van onse voorvaders sal wys,
sal alles wys.
Saamstaan,
deur dik en deur dun,
want twee is mos beter as een.
Die antwoord is alles wat ons al reeds weet
Die waarheid van rugby, sal ons nooit vergeet.
Wie kan ons helde van gister onthou?
Trane wat rol oor jou land Groen-en-Goud,
die Groen-en-Goud.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-video-skool-lewer-aandoenlike-huldeblyk-aan-joost-van-der-westhuizen/
| |
Polisie betrap 81-jarige vrou met stewige bos daggaplante in haar tuin
|
’n Bejaarde vrou van ’n nedersetting in Willowvale in die Oos-Kaap gaan na verwagting Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat ’n stewige bos daggaplante deur die polisie toevallig in haar tuin aangetref is.
Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Huisgenoot gesê die 81-jarige vrou se naam mag nie bekendgemaak word voor sy in die hof op ’n klag van die besit van dagga verskyn het nie.
Dit is nie bekend wat haar plan met die dagga was nie.
Hy vertel die polisie het die gebied gepatrolleer toe hulle die daggaplante Woensdagmiddag laat in haar tuin opmerk. Hy sê die Mente-nedersetting waar die vrou woon, is in ’n landelike gebied.
Die polisie het op die plante met ’n straatwaarde van sowat R2 500 beslag gelê en haar in hegtenis geneem.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/polisie-betrap-81-jarige-vrou-met-lywige-bos-daggaplante-in-haar-tuin/
| |
Pas bekend: Joost van der Westhuizen steeds kritiek, maar nou stabiel, sê sy broer
|
Gebede van reg oor die wêreld is Saterdag aan die oud-Bokheld Joost van der Westhuizen opgedra toe hy in ’n kritieke toestand gehospitaliseer is.
Joost se broer, Pieter, het Saterdagaand ’n verklaring uitgereik waarin hy sê sy broer se toestand is in hierdie stadium kritiek, maar stabiel.
“Joost is steeds in ’n kritieke toestand in die hospitaal. Hy het vroeër vandag (Saterdag) deur ’n baie kritieke fase gegaan, maar hulle het daarin geslaag om hom te stabiliseer. Hy voer die stryd eg-Joost-styl aan, ” sê Pieter.
“Die familie waardeer die ondersteuning en gebede van almal reg oor die wêreld en vra dat almal hom in hul gebede hou.”
Die J9-stigting het ook op sy Facebook-blad Joost se toestand bevestig en ’n beroep op mense gedoen om aan te hou bid vir hom.
Vals gerugte wat beweer dat Joost, wat al jare lang ’n moedige stryd teen motorneuronsiekte (MNS) voer, gesterf het, het na die eerste berigte oor Joost se hospitalisasie die ronde gedoen in sosiale media. Pieter het dié gerugte ook in die verklaring wat hy uitgereik het, aangespreek.
“Ons vra mense om op te hou om stories te fabriseer en om vals berigte oor sy toestand te versprei, ons sal aanhou om mense hieroor in te lig indien en wanneer dinge verander.”
Pieter en Joost se vrou, Amor Vittone, was vandag aan sy sy in die hospitaal waar hulle hom ondersteun het.
Amor het eers ná 21:00 die hospitaal verlaat.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/pas-bekend-joost-van-der-westhuizen-steeds-kritiek-maar-nou-stabiel-se-sy-broer/
| |
Afrikaanse sterre oefen dat die biesies bewe - kyk foto’s!
|
Doelwitte is mos makliker om te bereik as jy weet daar is iemand wat dit saam met jou doen.
Gelukkig het van ons gunstelingsterre die jaar reg begin deur hard te oefen en gesonder te eet. Kyk hier na hulle as inspirasie om jou eie wenslyisie vir die jaar te help korter maak.
Die sangeres Riana Nel het vandeesweek haar derde week van oefening aangedurf en dié mamma van ’n babaseuntjie staan steeds sterk.
In haar eerste week van oefening het sy ’n foto van haarself in oefenklere op Instagram gedeel en geskryf: “Okay ouens: elke dag hierdie week was nie iets wat ek gewoonlik doen nie. Maar dit is hoogtyd!”
A photo posted by Riana Nel (@riananelofficial) on Jan 13, 2017 at 7:33am PST
Check! A photo posted by Riana Nel (@riananelofficial) on Jan 12, 2017 at 7:19am PST
Toe kom die tweede week en dié keer skryf sy: “So ver so goed. Ek is een van daardie mense wat bid en vra: ‘Asseblief Here mag ek verslaaf raak aan oefen! Watter tyd in die dag is die beste om te oefen en hoekom?’”
A photo posted by Riana Nel (@riananelofficial) on Jan 18, 2017 at 12:10am PST
En vandeesweek het sy ’n glimlaggende gesiggie gedeel toe sy vir die derde week in ’n ry haarself op die trapmeul bevind. Dit wil gedoen wees, Riana!
Derde week! 😝 A photo posted by Riana Nel (@riananelofficial) on Jan 25, 2017 at 8:53am PST
Sy het ook ’n foto van ’n gesonde maaltyd gedeel en geskryf sy probeer wegbly van stysel.
A photo posted by Riana Nel (@riananelofficial) on Jan 22, 2017 at 10:50pm PST
Die akteur Armand Aucamp het op sy Instagram geskryf hy voel vanjaar “fikser, vinniger, sterker en gesonder” as ooit tevore.
Hy het vandeesmaand 30 jaar oud geword en ’n ongesonde verjaardagkoek is vervang met ’n “koek” van ’n mooi versierde piesang, een wat enige banter soos hy se hart sal verbly.
A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on Jan 10, 2017 at 9:55pm PST
Hy woon ook gereeld ‘n unieke soort oefenklas by waar die sweet jou aftap. Hy het reeds in 2016 hard geoefen en skryf dat hy in 2017 selfs groter wil gaan. Die min-koolhidraat-baie-vet-leefstyl fassineer hom ook al sedert verlede jaar.
A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on Dec 31, 2016 at 1:15am PST
A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on Jan 10, 2017 at 11:43pm PST
As ’n mens so na ’n foto uit sy jonger jare kyk, kan jy sien al die gesond eet en oefening is die moeite werd – hy lyk voorwaar gesonder en slanker as ooit tevore!
A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on Jan 25, 2017 at 8:42pm PST
Die aktrise Angelique Potgieter het vandeesweek haar tweede gimsessie vir die jaar aangedurf en in ‘n video op Instagram kan jy sien sy het omtrent hard gewerk. Nou weet ons wat haar geheim is om die swangerskapvetjies vinnig af te skud. Sy is reeds weer slank en pragtig nadat sy einde verlede jaar vir die eerste keer ma geword het.
A video posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on Jan 22, 2017 at 8:34pm PST
A video posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on Jan 8, 2017 at 8:53pm PST
Die sangeres Franja du Plessis het ook onlangs haarself saam met oefenmaats in die gimnasium bevind en geskryf:
“Dit was tyd!!! Weer terug by @stiaan_ras (’n fiksheidinstrukteur) om al die ekstra vakansie gewig af te skud!”
A photo posted by Franja Du Plessis (@franjadp) on Jan 16, 2017 at 12:25am PST
|
http://www.huisgenoot.com/bekendes/afrikaanse-sterre-oefen-dat-die-biesies-bewe-kyk-fotos/
|
2017-01-13 15:33:51
|
KYK: Waterhofie-baba lag vir eerste keer terwyl lesers hart oopmaak
|
Dit borrel diep uit haar magie. Klein Nadya (amper nege maande) het Woensdag vir die eerste keer gelag.
Ouma Christa Roos het dit op haar selfoonkamera vasgevang. Dit is wonderbaarlik om te aanskou, want sy is met ’n waterhofie gebore.
Dokters het voorspel sy gaan breinskade en ’n misvormde gesiggie hê. Van die ginekoloë wat haar ma, Melissa Roos (23), aanvanklik in Pretoria gespreek het toe sy swanger was, het haar aangeraai om ’n aborsie te hê. Maar kyk hier.
Hul vreugde is aansteeklik.
“Ek en vier vriende is besig om ’n eenslaapkamer-woonstelletjie vir Melissa-hulle voor te berei,” laat weet ’n leser ná gister se storie op Huisgenoot.com
Melissa en haar ma, Christa, het om hulp gevra. Hulle sou hul gastehuis naby die Tygerberg-hospitaal vandag moes ontruim. Nadya moet die dokters eers weer op 27 Februarie spreek.
“Ons gee vir hulle gratis verblyf op voorwaarde dat ons anoniem bly,” laat die lesers weet.
“Ons is besig om die verblyfplek met beddegoed en basiese kruideniersware toe te rus. Ons het die geld vir vanaand se verblyf betaal. Die enigste ding wat ons nie kan reël nie, is vervoer.
“Hul verblyf is 7 km van die Tygerberg-hospitaal. Om etiese redes wil ons nie bekend maak waar presies dit is nie. Nou hoop ons iemand sal vir vervoer kan bydra. Ons vriendekring gaan probeer om so ver moontlik kruideniersware te skenk.”
Ook ’n voormalige Mej. Suid-Afrika het aangedui sy wil betrokke raak by die vroue en meisie.
Klein Nadya veg ten spyte van haar kop wat 10 cm in omtrek is weens die oormatige opeenhoping van vloeistof in die brein. Die sogenaamde “water op die brein” is eintlik serebrospinale vloeistof – ’n helder vloeistof wat die brein en rugmurg omring.
Die gevolg van ’n oormaat daarvan is ’n abnormale vergroting van ruimtes in die brein. Dit oefen potensieel skadelike druk op die omliggende breinweefsel uit.
Daarom is dit belangrik om die vloeistof met behulp van stents te dreineer. Hierdie openings in haar koppie moet die eerste paar maande fyn dopgehou word om te verseker dit raak nie verstop of infeksie in die omliggende weefsel veroorsaak nie.
In hierdie tyd is Melissa en Christa ver van hul huis in Waverley, Pretoria.
“Ons het ons voorberei om maande hier te wees,” vertel Melissa.
Oor die hulp wat hulle nou uit alle oorde kry, sê Christa: “Jissie dis wonderlik. Dit is so wonderlik; woorde kan nie beskryf hoe dankbaar ons is en hoe baie ons almal se hulp en gebede waardeer nie. Ons weet nie hoe ons ooit genoeg kan dankie sê nie.”
* Meer inligting oor Nadya Roos is op Facebook onder Hulpkreet vir Baba Nadya of op Child Medi-organisie te sien.
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-waterhofie-baba-lag-vir-eerste-keer-terwyl-lesers-hart-oopmaak/
| |
Gebore op 24 weke met voetjies so groot soos ’n muntstuk - kyk hoe lyk sy nou!
|
Toe Francesca vroeg gebore is, net twee dae ná die 24-weke-aborsieperk, was sy so klein, haar voetjies was so groot soos ’n muntstuk.
Dokters het vir Victoria Bradley gesê ’n moontlikheid bestaan dat haar dogter, Francesca Bradley-Curran, sou sterf ná haar geboorte in April verlede jaar. Sy het net 600 g geweeg.
Volgens die 37-jarige werker by ’n behuisingsgenootskap het verpleegsters haar selfs aandenkings gegee van afdrukke van haar baba se hande en voete, want niemand het verwag sy sou bly leef nie.
Maar die nege maande oue wonderkleintjie, wat opgedaag het nadat Victoria gehoor het sy sou nooit kon kinders hê nie, is perdfris ná 15 bloedoortappings. Sy weeg ’n gesonde 6,8 kg.
“Ná Francesca se geboorte het die verpleegsters vir my ’n aandenkingsboksie gegee wat hulle saamstel vir babas wat by geboorte sterf,” het Victoria, van Fazakerley, naby Liverpool, vertel. “Hulle het vir my foto’s van haar handjies en voetjies geneem.”
“Ek het ’n foto van haar voetafdruk langs ’n pennie gehou om aan te toon hoe klein sy was. Ek het haar 3½ uur ná geboorte gesien. Sy het soos ’n 3D-skandering gelyk.
“Ek het gedink sy lyk nog soos ’n fetus. Haar vel was deurskynend en sy het nie wimpers of wenkbroue gehad nie. Haar ogies was nog nie oop nie.
“Sy was so verskriklik klein en siek. Hulle het gesê ons moet dinge uur vir uur neem met haar en hulle glo nie sy sal oorleef nie. Haar bloed was deurtrek van infeksies.”
Francesca was, verbasend genoeg, ’n wonderwerk selfs nog voor sy gebore is, want daar is voorheen aan Victoria gesê daar is probleme met haar eierstokke, dus sal sy nie kinders kan hê nie.
Sy en Paul Curran (46), haar maat en ’n staatsamptenaar, wat ’n 17-jarige dogter, Rebecca, het, was oorstelp van vreugde toe hulle uitvind sy is swanger.
Maar Victoria het toe sy 24 maande swanger was, pyn in haar rug en maag ervaar en is op 22 April verlede jaar na die Liverpool Women’s Hospital geneem, was sy gehoor het sy is in kraam.
Enkele ure later, op 3 April, is Francesca natuurlik gebore – net twee dae ná die 24-weke-aborsieperk.
Later is aan Victoria vertel indien haar dogter net twee dae vroeër gebore is, sou dit selfs meer onseker wees of sy sou oorleef, want die dokters sou nie probeer om haar te red nie.
“Hulle het Francesca dadelik ná haar geboorte aan ’n masjien gekoppel,” onthou Victoria. “Ek onthou die kamer was vol mense; daar was ongeveer 15 dokters en verpleegsters wat almal aan haar gewerk het.
“Hulle het net ’n vinger gebruik om haar by te bring, want sy was so klein. Elf minute het verbygegaan voor sy begin asemhaal het. Die onsekerheid oor of sy gaan oorleef of nie, was ’n marteling.
Dis ongelooflik, maar die kleine Francesca het 15 bloedoortappings ondergaan, en ook lasersnykunde aan haar oë, sowel as ’n stryd teen breinvliesontsteking, septisemie, sepsis, haar longe het twee keer platgeval en sy het nierprobleme in haar eerste twee weke gehad.
Victoria het vier weke later haar dodelik siek dogtertjie se muntstukgrootte hand- en voetafdrukke op haar pols laat tatoeëer as simbool van haar klein wonderwerkie.
“Sy het elke dag sterker geword, maar dan gebeur daar weer iets anders. Ná agt weke is sy uit haar broeikas. Die dokters kon nie glo sy lewe nog nie.
“Sy is ná 17 weke uit die hospitaal ontslaan – hulle het gesê sy is ’n wonderwerk.
“Ek was so senuweeagtig om alleen vir haar te sorg. Terwyl ons weggery het, het ek gedink ‘Maak gou! Hardloop!’ Ek wou graag hê ons moet daar uitkom. Teen die pas waarteen dinge gebeur het, het ek gedink sy sou vyf wees teen die tyd dat sy ontslaan word.”
Francesca het ook op 10 weke laser-oogchirurgie ondergaan ná retinopatie – ’n toestand waar die retinas in vroeggebore babas se oë kan losraak. Dit kan blindheid veroorsaak.
Noudat die kleintjie heeltemal vry is van lewensondersteunende medikasie, drade en suurstof, sê Victoria dis moeilik om te dink haar vegtertjie was so klein en siek by geboorte.
Victoria het opgemerk: “Sy’s ’n vreugde, sy’s so vrolik. En sy’s ook astrant. Sy het gedurig haar suurstofdrade uitgetrek.
“Dis heerlik om haar eindelik by die huis te hê. Ek het nie gedink sy sou hier wees nie. Dis vreesaanjaend om te dink indien sy net twee dae vroeër was, hulle haar nie sou probeer red het nie.”
– Magazine Features
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/gebore-op-24-weke-met-voetjies-so-groot-soos-n-muntstuk-kyk-hoe-lyk-sy-nou/
| |
7- jarige verdrink in plaasdam aan die Wes-Rand
|
’n 7-jarige seuntjie het Donderdag in ’n dam op ’n plaas in Randfontein aan die Wes-Rand verdrink, het paramedici bevestig.
Netcare 911 woordvoerder, Athlenda Mathe, sê dat die seuntjie gister laas gesien is.
“Die polisie en ander owerhede het vir ure na die seuntjie op die plaas gesoek. Polisieduikers is toe ingeroep om die seuntjie naby die plaasdam te help soek. Ongelukkig is sy liggaam om 01:20 vangoggend gevind.”
Athlenda raai ouers en oppassers aan om “ekstra waaksaam te wees as daar waterbronne in die omtrek is”.
Bron: News24
|
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/7-jarige-verdrink-in-plaasdam-aan-die-wes-rand/
|
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.