title
stringlengths
0
200
maintext
stringlengths
0
24.9k
url
stringlengths
21
190
date_publish
stringlengths
0
19
Bekende aktrise maak hart oop oor ekskêrel
Hilary Duff het gehuiwer om die romanse met haar ekskêrel, Jason Walsh, openbaar te maak, want sy was nie seker oor die verhouding nie. Die sangeres van So Yesterday het verlede jaar die hoofopskrifte gehaal met haar instrukteur, maar die verhouding was teen November verby. Baie mense het dus gedink dit was net ’n blitsromanse. Die 29-jarige Hilary verduidelik sy en Jason was baie langer bymekaar as wat die meeste mense gedink het, maar hulle wou dit geheim hou tot die tyd reg is. “Ek was soos in: F*kit. Hy’s my kêrel,” vertel sy aan die tydskrif Cosmopolitan oor die openbaarmaking. “Ek moes net seker maak dis reg. Ander mense hoef nie van my sake te weet voor ekself werklik weet nie. “Ons het mekaar ’n rukkie gesien,” voeg sy by. “Mense ken nie al die besonderhede nie. Dit was my eerste ernstige verhouding sedert my eksman (Mike Comrie).” Hilary het nie die rede genoem waarom dit verby is nie, maar gaan nou met die musikant Matthew Koma uit. Die twee het verlede Saterdag vir die eerste keer amptelik in die openbaar verskyn by ’n voorafpartytjie van die Amerikaanse Akteursgilde-pryse in Wes-Hollywood. Hilary en Matthew, wat voorheen met Carly Rae Jepsen uitgegaan het, het glo op mekaar verlief geraak terwyl hulle saamgewerk het aan liedjies vir haar 2015-album, Breathe In. Breathe Out. Die romanse het glo eers laat verlede jaar opgevlam. Nuus van die nuwe romanse het vroeër vandeesmaand uitgelek toe Hilary die man in haar lewe op ’n wegbreeknaweek op die San Ysidro Ranch in Santa Barbara, Kalifornië, trakteer. Sy en Mike het hul bruidsnag in Augustus 2010 daar deurgebring. Die sangeres en Comrie, die pa van haar 4-jarige seuntjie, Luca, se paaie het in 2014 geskei. Hul egskeiding is in Februarie verlede jaar afgehandel. – Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/bekende-aktrise-maak-hart-oop-oor-ekskerel/
Huisgenoot Mobi
Sy was eers bekommerd toe Jordan (13) ’n dag ná die dood van sy pa, die oud-Bokheld Joost van der Westhuizen, vanoggend skool toe wou gaan. “Hy het sy pa se hemp gedra,” vertel ’n emosionele Amor Vittone. ’n Blou hemp van sy pa se J9-stigting, wat hom vir lyers aan motorneuronsiekte (MNS) beywer. Op die hemp pryk ’n foto van Joost se gesig en handtekening – en Jordan wou dit met trots ter ere aan sy pa dra. Amor het vandag dieselfde hemp, net in groen en goud, aan. “Jordan was sterk en het net gesê: ‘Ek wil hê Pappa moet my sien.’ Kylie (Joost en Amor se 10-jarige dogter) is sagter,” sê Amor. “Sy het vandag by die huis gebly en ons het mekaar styf vasgehou.” Joost is Maandagmiddag, omring deur sy geliefdes, in sy huis in Dainfern, Johannesburg, oorlede nadat hy ná amper ses jaar sy stryd teen MNS verloor het. “Dis asof Jordan binne sekondes as die man in die huis oorgeneem het. ‘Mamma, kan ek vir jou tee maak? Hoe of waar kan ek help?’ Hy wil vir ons wys hy is sterk,” vertel Amor tussen die trane deur. Sy sê haar vervreemde man se dood voel nog heeltemal onwerklik. Vir die wêreld was hy ’n rugbylegende, “maar vir ons was Joost soveel meer”. “Hy was ’n formidabele man. Ons sal hom onthou as die beste pa. Vir my was hy ’n beste vriend en iemand wat altyd raad gehad het. Hy bly my eerste liefde. Ek het my heel grootste geskenk, my kinders, van hom gekry.” Die aktrise en sangeres het Suid-Afrika bedank vir al die ondersteuning en boodskappe wat die familie ontvang.
http://www.huisgenoot.com/bekendes/jordan-is-in-sy-pa-se-hemp-skool-toe-kylie-en-amor-hou-mekaar-styf-vas-tuis/
Die bose kringloop van vetwees word hierdeur aangehelp
Miljoene mense sukkel met hul gewig en loop ’n risiko om diabetes en hartsiektes te ontwikkel. Nou is in nuwe navorsing, wat deur akademici by die Universiteit van Pennsilvanië gedoen is, bevind dat vernedering oor vet (fat shaming) ook daardie risiko’s kan verhoog. ’n Span, gelei deur dr. Rebecca Pearl, het uitgevind bo en behalwe die uitwerking van liggaamsmassa-indeks (LMI) en depressie, hoër vlakke van die verinnerliking van gewigsvooroordeel verbind word met ’n verhoogde risiko op hartvat- en metaboliese siektes. “ ’n Algemene wanopvatting bestaan dat stigma moontlik vetsugtige mense kan help om gewig af te skud en hul gesondheid te verbeter,” het Rebecca in ’n verklaring gesê. “Ons vind egter dit het die teenoorgestelde uitwerking. As mense skaam voel oor hul gewig, is hulle meer geneig om oefening te vermy en meer kilojoules in te neem ten einde hul stres te hanteer. Tydens hierdie studie het ons ’n duidelike verwantskap opgemerk tussen die verinnerliking van gewigsvooroordeel en ’n diagnose van metaboliese sindroom, wat ’n teken van swak gesondheid is.” Die span het 159 vetsugtige volwassenes vir die studie geïdentifiseer wat ingeskryf was by ’n groter kliniese proefneming wat die uitwerking van medikasie vir gewigsverlies getoets het wat deur Eisai Pharmaceutical Co. gefinansier is. Die deelnemers het vraelyste gekry wat depressie en die verinnerliking van vooroordeel ten opsigte van gewigsverlies gemeet het. Hulle is ook medies ondersoek waartydens bepaal is of metaboliese sindroom by hulle gediagnoseer is of hoë trigliseriede, wat ’n aanduiding is van hartsiektes of tipe 2-diabetes. Geen verwantskap is aanvanklik tussen die verinnerliking van gewigsvooroordeel en metaboliese sindroom opgemerk by die nagaan van deelnemende demografie soos ouderdom, geslag en ras nie. Toe die pasiënte egter in tweelaaggroepe, naamlik met “hoë” en “lae” vlakke van verinnerliking van gewigsvooroordeel, verdeel is, was dié met hoë verinnerliking drie keer meer geneig om metaboliese sindroom te hê. Dit was ses keer meer waarskynlik om hoë trigliseriede te hê vergeleke by deelnemers met lae verinnerliking. “Verskaffers van gesondheidsorg, die media en die publiek behoort bewus te wees dat die vernedering van vetsugtige pasiënte nie ’n doeltreffende manier is om gewigsverlies aan te help nie. Trouens, dit kan tot swak gesondheid bydra indien pasiënte hierdie boodskappe van vooroordeel verinnerlik,” was die mening van dr. Tom Wadden, die medeskrywer. “Verskaffers kan ’n kritieke rol speel in die afname van hierdie verinnerliking deur pasiënte met respek te behandel en gewig met sensitiwiteit en sonder vooroordeel te bespreek, en ook steun en bemoediging aan pasiënte te gee wat met gewigsbeheer sukkel.” Die volledige studie is in die tydskrif Obesity gepubliseer. © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/die-bose-kringloop-van-vetwees-word-hierdeur-aangehelp/
Foto’s en huldeblyke: ‘n Móét-hê bêrebylae oor Joost van der Westhuizen
Hy is ’n legende wat onthou sal word as ’n rugbyheld, maar veral ook vir sy veggees deur swaar tye. Huisgenoot het ’n lang pad met Joost van der Westhuizen gestap en twee weke voor sy dood die laaste onderhoud met hom gehad wat in die media verskyn het (Huisgenoot, 2 Februarie 2017). Ons bring vandeesweek hulde aan die Bok-held in ’n spesiale bêrebylae van 24 bladsye wat sy lewe van glorie en tragedie in woorde en treffende foto’s uitbeeld. Plus in jou weeklikse Huisgenoot ’n eksklusiewe fotosessie van ons oud- Mej Wȇreld Rolene Strauss en haar baba. Die uitgawe is van Vrydag 10 Februarie beskikbaar is.
http://www.huisgenoot.com/bekendes/fotos-en-huldeblyke-n-moet-he-berebylae-oor-joost-van-der-westhuizen/
Huisgenoot Mobi
’n Skool in Centurion is in rou gedompel nadat ’n fratsongeluk op ’n klimraam Dinsdag tydens pouse die lewe van ’n gr.R-leerder ten aanskoue van al sy klasmaats geëis het. Nooddienswerkers was gou op die toneel toe klein Iyaad Noormohamed (6), ’n leerder aan die Al-Asr Educational Institute in Laudium, Centurion, vermoedelik op sy kop van die klimraam val. Rafiq Mukadam, die skoolhoof, vertel sy sekretaresse het die skoknuus aan Iyaad se ouers oorgedra. Rafiq vertel kort nadat twee ambulansdienste ontbied is, het Iyaad se pa daar aangekom. Hy sê toe die “fratsongeluk” omstreeks 10:30 tydens die eerste pouse gebeur, was ’n onderwyser naby wat hulp kon ontbied. Hy sê Iyaad se oë was halfoop en hy was nie heeltemal by sy bewussyn toe hy op die toneel gestabiliseer is nie. “Hulle het alles moontlik vir hom gedoen wat hulle kon,” vertel hy. Hy is egter sowat ’n uur later ingelig Iyaad het dit nie gemaak nie. Rafiq sê Donderdag sal beraders na die skool kom om Iyaad se getraumatiseerde maats by te staan. “Dit het pouse gebeur en die onderwysers het almal gehelp om die kinders dadelik klaskamers toe te bring (weg van die toneel), maar dit is vir hulle steeds baie erg. Ek is deurentyd in kontak met Iyaad se ouers. Hulle is nog baie geskok.”
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/gr-r-seuntjie-van-centurion-val-hom-by-skool-van-klimraam-dood/
KYK: Vrou se troetel-luislang seil die vreemdste denkbare plek op haar lyf binne!
Terwyl die meeste mense vierpotiges as troeteldiere verkies, is daar ander wat weer ’n groot liefde vir andersoortige skepsels het – soos slange. Ashley Glawe van Portland in die deelstaat Oregon is een van hulle. En haar “bestie” is ’n luislang genaamd Bart . . . Wel, dis nie net haar troeteldier wat effe ongewoon is nie. Ashley is self betreklik eksoties in voorkoms met ’n byderwetse haarstyl, tatoeëermerke, gaatjies in haar gesig en dan natuurlik ’n aansienlike aantal oorringe van verskillende afmetings wat haar ore versier. Dit sou juis as gevolg Ashley se besondere liggaamversiersels dat Bart op die onmoontlikste plek denkbaar ingeseil het en haar op 23 Januarie in die noodgevalle-afdeling van ’n hospitaal in Portland laat beland het. Maar wat het gebeur? Ashley sê sy het vir Bart vasgehou toe die rakker besluit het daar’s ’n uitnodigende gat wat hy kan binneseil. En toe doen hy dit. Tot Ashley, en vermoedelik ook Bart, se grootste skok was die nuwe gat niks ander nie as die gat in haar oorlel nie! Alhoewel die gat betreklik groot is, is dit duidelik dat Bart die omvang van sy eie middellyf effe onderskat het en daar sit Ashley met ’n wriemelende unieke oorbel. . . Sy beskryf die voorval as by verre een van die gekste oomblikke in haar lewe. Genadiglik kon die dokters glo haar oorlel verdoof voordat hulle dit ’n bietjie meer gerek het. Bart is met ’n soort vet gesmeer en so het beide haar oorlel en haar troeteldier ongedeerd van die voorval afgekom. Een van haar kollegas het heerlik die spot met haar gedryf nadat alles goed en wel afgeloop het. Die vermoede bestaan dat Ashley nie ’n voorstaander gaan word van “lewendige” oorringe nie. Dit is in hierdie stadium onseker of sy nog so gemaklik voel om Bart vas te hou . . .
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/vrou-se-troetel-luislang-seil-die-vreemdste-denkbare-plek-op-haar-lyf-binne/
Dit voel of ek uit my vel gaan bars, sê Bloemfonteiner met seldsame siekte
Kobus Nel van Bloemfontein wou al sy eie lewe neem weens sy seldsame siekte. ’n Eenvoudige taak soos om ’n suigstokkie te eet of water te drink is vir dié 45-jarige man van Martindale byna onmoontlik. “Ek kan nie my tong uitsteek of my lippe aflek nie,” sê hy. Martin ly aan verspreide sistematiese sklerose. Die toestand is ’n outo-immuunsiekte wat die vel en organe soos die hart, longe en niere aantas. Die siekte is in 2014 by hom gediagnoseer. Dit veroorsaak dat Martin se liggaam te veel kollageen vervaardig (die hoofproteïen wat in ’n mens se vel voorkom). “My hele vel is styf, en dit voel letterlik soms of ek uit my vel gaan bars. “Soms trek my oë op skrefies en dan kan ek amper niks sien nie.” Martin se toestand het so vererger dat hy nie meer kan werk nie. Hy maak nou staat op ’n gestremdheidstoelae van die staat. “Ek was 23 jaar lank ’n vragmotorbestuurder in murg en been, maar ek moes noodgedwonge my werk opgee.” Vir Martin is daar nie ’n kuur vir sy seldsame siekte nie, maar wel medikasie beskikbaar wat die vel versag en inflammasie verminder. Martin gebruik egter net algemene pynmedikasie en antidepressante. Lyers aan sistematiese sklerose is ook vir verskeie kankersiektes vatbaar. Rugmurgkanker is by hom gediagnoseer. “Ek moet baie versigtig wees,” sê hy. “As ek ’n harde stamp op my rugwerwels kry, kan ek verlam raak,” sê hy. Weens die kanker is die meeste van sy rugwerwels baie broos en ’n stamp op die werwels kan dit beskadig en daartoe lei dat hy verlam raak. Hy was tot onlangs op kankermedikasie, maar het dit laat vaar omdat dit hom siek gemaak het. “Dit het my baie swak en naar laat voel. Ek het net besluit dit is nie hoe ek my lewe wil leef nie.” Martin was verlede jaar vier keer in die hospitaal opgeneem weens sy toestand. “Daar was dae dat ek net in my bed gelê en by die venster uitgekyk het. Ek was lus vir niks. “Ek het net eendag besluit met God aan my sy, kan ek enigiets oorwin.” Martin het besluit hy gaan sy liggaam vir navorsingsdoeleindes skenk as hy doodgaan. “Ek wil mense graag help en ’n webtuiste skep vir mense wat ook aan sulke seldsame siektes ly,” sê hy.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/dit-voel-of-ek-uit-my-vel-gaan-bars-se-bloemfonteiner-met-seldsame-siekte/
Slegte nuus vir 7de Laan-kykers
http://www.huisgenoot.com/vermaak/slegte-nuus-vir-7de-laan-kykers/
2016-10-07 00:00:00
Wonderlike nuus vir Michael Jackson se middelkind, Paris
Paris Jackson, die middelkind van die koning van pop, gaan binnekort by die dramareeks Star aansluit. A photo posted by The MJCast (@themjcast) on Feb 1, 2017 at 3:09am PST Die 18-jarige aktrise gaan die rol van Rachel Wells vertolk. Rachel is ’n stylvol en intimiderende sosiale media-ghoeroe wat die reeks se twee hoofkarakters, Star (Jude Demorest) en Eva (Sharlene Taulé), doelbewus aanraai om ’n paar ongemaklike grense oor te steek. A photo posted by Paris-Michael K. Jackson (@parisjackson) on Nov 3, 2016 at 2:00pm PDT Hierdie is wel nie Paris se eerste verskyning op die klein skerm nie. In die agt jaar sedert haar pa, Michael, se dood, het sy al in Ellen DeGeneres se kletsprogram gesig gewys en ’n draai op Oprah Winfrey se bank gemaak. Paris het ook vroeër vanjaar op die voorblad van Rolling Stone gepryk en in ’n openhartige onderhoud met die tydskrif gesê sy verlang nog baie na haar pa. Dis nog nie presies duidelik wanneer die episode waarin Paris haar opwagting maak, uitgesaai gaan word nie. A photo posted by Paris-Michael K. Jackson (@parisjackson) on Sep 14, 2016 at 1:47pm PDT Star word deur Lee Daniels, die meesterbrein agter die trefferreeks Empire, vervaardig. Dit gaan oor die struikelblokke wat ’n sanggroep ervaar terwyl die vroue vir ’n plekkie in die son veg. Die sangeres Gladys Knight, die Britse supermodel en aktrise Naomi Campbell en die Amerikaanse musikant en akteur Lenny Kravitz is van die groot name wat in die reeks te sien is. Die sangeres en rapper Queen Latifah verskyn ook daarin en vertolk die rol van ’n soort “ma” wat na die jong sangers omsien. Die dramareeks het onlangs hier by ons begin.
http://www.huisgenoot.com/bekendes/wonderlike-nuus-vir-michael-jackson-se-middelkind-paris/
2017-02-01 11:09:56
Oos-Randse pedofiel kry 32 keer lewenslank vir verkragting en kinderpornografie
’n Veroordeelde pedofiel is 32 lewenslange vonnisse en 170 jaar tronkstraf vir 870 aanklagte van verkragting en die besit van kinderpornografie opgelê. Regter Cassim Moosa het die Oos-Randse motorverkoopsman Warren Troy Knoop Maandagoggend in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis. Warren het verlede Vrydag gehuil en gesmeek om hulp nadat hy skuldig gepleit het op al 870 aanklagte van verkragting en die besit van pornografie. “Ek kan nie alles wat ek aan daardie mense gedoen het terugvat nie,” het hy gesê. Onder sy slagoffers was drie jong meisies. Die aanklaer, Riana Williams, het aan die hof gesê Warren se eerste slagoffer is in 2011 gebore. Sy was een jaar oud toe hy haar die eerste keer betas het. Hy het opgehou om die kind te verkrag en seksueel te molesteer toe sy “te veel begin praat het,” het die hof gehoor. Rianna het gesê Warren was bekommerd dat die jong meisie ander sou vertel wat hy aan haar doen. Sy het gesê daar was foto’s van die naakte meisie met haar bene weg van mekaar vasgebind terwyl Warren op haar gemasturbeer het. ‘Kreet om hulp’ “Ek het hulp nodig. Dit was ’n hulpkreet en ek kan van hier af ’n verskil maak. Dit maak my seer, maar ek verdien dit. Ek het hulp nodig,” het Warren aan die hof gesê. Hy het gehuil terwyl hy met een van sy voormalige minnaresse, wat in die hofgalery was, gepraat het. Hy het vir haar gesê hy’s jammer vir wat hy aan haar gedoen het. “Ek het nie met jou uitgegaan omdat jy ’n dogter gehad het nie. Die donkerte het my lewe oorgeneem, en ’n monster agtergelaat wat talle mishandel het. Ek is jammer.” Warren het in sy skuldigpleiting gesê hy ly aan depressie en het selfdoodneigings. Hy het erken dat hy verslaaf is aan seksuele perversie en dat hy ’n pedofiel is. Riana het aan die hof gesê Warren se tweede slagoffer was ’n 12-jarige meisie. Die meisie kon minstens 12 keer onthou dat sy wakker geword het met Warren bo-op haar. Dit het glo oor ’n tydperk van ses maande gebeur. Die kind het in 2013 haar eie lewe probeer neem, het die hof gehoor. Sy derde slagoffer was 11. Sy kon nie die mishandeling onthou nie en het eers ontdek wat gebeur het nadat hy in hegtenis geneem is. Warren is vasgetrek toe Amerikaanse beamptes hom betrap het waar hy verskeie video’s deel op ’n webtuiste wat gereeld deur pedofiele gebruik word. Daar is tydens ’n klopjag op verskeie skootrekenaars, eksterne hardeskywe, selfone, geheuekaarte, ’n DVD, ’n PlayStation-konsole en ’n mini-spioenkamera beslag gelê. Volgens die organisasie Women and Men Against Child Abuse het Warren enkelma’s en hul kinders geteiken. Die groep, wat hom teen mishandeling beywer, beweer Warren het probeer om die foto’s internasionaal te versprei. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/oos-randse-pedofiel-kry-32-keer-lewenslank-vir-verkragting-en-kinderpornografie/
Joost van der Westhuizen in ’n kritieke toestand gehospitaliseer
Die oud-Bokheld Joost van der Westhuizen is Saterdagoggend in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem. Dié hartseer nuus is Saterdagoggend deur Joost se J9-stigting op Facebook bevestig. Joost (45), wat sedert 2011 aan die aftakelende Motorneuronsiekte (MNS) ly, het die afgelope paar weke ’n suurstofmasjien begin gebruik, veral snags wanneer hy ’n asemnood het. “Die familie en vriende van Joost vra dat almal vir hom bid,” lui die verklaring op Facebook. “Hy is vroeër vandag (Saterdag) in ’n kritieke toestand hospitaal toe geneem. “Ons vra dat almal die familie in hierdie stadium sal respekteer. Sodra daar nuwe inligting is, sal ons laat weet, maar vir nou vra ons dat julle jul hoofde laat sak in gebed.” Joost het die J9-stigting begin om ander MNS-lyers te help. Sy broer, Pieter, en skoonsuster, Marijke van der Westhuizen, het ook gevra dat almal vir die oud-Bokheld sal bid. Dis nog nie bekend na watter hospitaal Joost geneem is nie.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/joost-van-der-westhuizen-in-n-kritieke-toestand-gehospitaliseer/
Berigte sê Joost van der Westhuizen sterf
Die ikoniese voormalige Bokheld Joost van der Westhuizen (45) is volgens verskeie nuusbronne Maandagmiddag ná ’n jare lange stryd teen die aftakelende motorneuronsiekte (MNS) oorlede. BREKENDE NUUS: Joost van der Westhuizen is oorlede. Hy is om 13:30 by sy huis oorlede met sy familie by hom. @Netwerk24Berig @RapportSA — Julian Jansen (@JulianJansen) February 6, 2017 Dit volg nadat hy Saterdagoggend 4 Februarie in ’n kritieke toestand met asemhalingsprobleme in die Life Fourways-hospitaal opgeneem is. Sport24, Rapport, SuperSport en RSG het die hartseer nuus pas gedeel. Huisgenoot kon egter nog nie onafhanklik bevestig of dié nuus waar is nie. Joost het oor die naweek in die waakeenheid suurstof met ’n ventilator deur ’n pyp in sy mond gekry. Joost se J9-stigting, wat hom vir MNS-lyers beywer, het gisteraand nog gedeel dat dit onder die omstandighede beter met Joost gaan. Joost, wat in 1995 as kragtige jong skrumskakel in rugby se Wêreldbekertoernooi die All Black-reus Jonah Lomu met plettervatte in sy spore gestuit het, is op 3 Mei 2011 in die fleur van sy lewe as 40-jarige met die diagnose van MNS geruk. Dit sou Julie daardie jaar deur die Amerikaanse motorneuronsiektespesialis dr. Erik Pioro van Cleveland, Ohio, amptelik bevestig word. Maar die grootste skok sou nog kom: Die prognose was dat hy waarskynlik net 24 maande oor het om te leef en op die meeste vyf jaar – as hy gelukkig is. Tog het Joost in sy waardige stryd alle verwagtinge oortref en tot die einde baklei om so lank as moontlik sy kinders, Jordan (13) en Kylie (10), by sy vervreemde vrou, die sangeres Amor Vittone, te kan sien grootword . . . Joost het oor die jare moedig baklei en elke moontlike taktiek, insluitend stamselbehandeling, gevolg om die skade te vertraag. Hy het net meer as twee maande gelede ’n suurstofmasjien begin gebruik om hom veral snags te help as hy voel hy het asemnood. Die briljante voormalige Springbokskrumskakel en oudkaptein het tot 2003 in 89 toetse vir Suid-Afrika uitgedraf. So het die nuus op Twitter gebreek: Hartseer dag. Ons gedagtes en gebede gaan uit na Joost se mense. Hyt lank geveg. Ons gaan jou mis. Rus sag. #rip #ledgend #Joost #Springboks pic.twitter.com/V7qy0bOGyL — Bobby van Jaarsveld (@bobbyvjaarsveld) February 6, 2017 One of rugby's galacticos has died. Most wonderful talent; broke the mould for scrumhalves, a blazing force of nature. RIP Joost. — Clinton van der Berg (@ClintonV) February 6, 2017 RUS IN VREDE JOOST. 'N LEGENDE SAL JY ALTYD IN JOU MENSE SE OË BLY. https://t.co/C3PjABgoWq — Flooze Sorina (@FloozeSorina) February 6, 2017 RIP Joost , thinking of your family https://t.co/vJAf3Z6rXE — Annelee Murray (@AnneleeM) February 6, 2017 BREAKING: Joost van der Westhuizen dies https://t.co/lvDaBHyanB — News24 (@News24) February 6, 2017 Former Blue Bulls and Springboks scrum-half Joost van der Westhuizen has died at age 45. — Mmasekepe Matsebane (@De_Sports_Guru) February 6, 2017 The great Joost is gone. He was a player whose giant shadow will loom over the game forever. Go gently into the good night, J9.#RIPJoost pic.twitter.com/V3SwlRoea9 — SuperSport (@SuperSportTV) February 6, 2017 South African rugby legend Joost van der Westhuizen has died at the age of 45 following a long battle with motor neurone disease #SSRugby — SuperSport Blitz (@SuperSportBlitz) February 6, 2017
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/berigte-se-joost-van-der-westhuizen-sterf/
Huisgenoot Mobi
Twee insittendes van ’n reusetrok op ’n hoofweg in Wyoming, Amerika, het ’n noue ontkoming gehad toe ’n sterk wind hul voertuig omgewaai het op die presiese oomblik toe dit verby ’n patrolliemotor gery het. Die Wyoming hoofweg-patrollie het in ’n inskrywing op hul Facebookblad vertel die voorval het 7 Februarie tydens ’n sneeustorm naby Elk Mountain plaasgevind. Drie patrolleerders was besig om om te sien na beseerdes in ’n ander ongeluk op die hoofweg, toe die aanboordkamera van ’n ander voertuig vasvang hoe die wit lorrie blitsig deur die sterk wind omgewaai word tot bo-op die patrolliemotor. Gelukkig is nóg die patrolleerders nóg die insittendes in die trok beseer. Volgens berigte het die wind daardie dag tot so sterk as 112 km/h gewaai. Die Wyoming hoofweg-patrollie skryf op Facebook hulle hoop hierdie video sal wys hoe belangrik dit is om veilig te bestuur in toestande waar sterk wind waai. Kyk hier na die vreeslike oomblik:
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/kyk-vreeslike-oomblik-toe-wind-reusetrok-tot-bo-op-patrolliemotor-omwaai/
Skoknuus: Padongelukkefonds staak alle uitbetalings
Die Padongelukkefonds, wat geld uitbetaal aan sommige mense wat in motorongelukke betrokke is, is in die moeilikheid ná hul bankrekening Vrydag gevries is. Die balju het Vrydag daarop beslag gelê namens ’n paar prokureursfirmas. Dié stap raak nie net duisende beseerde en verminkte slagoffers van motorongelukke wat staatmaak op hierdie geld nie, maar ook diensverskaffers en werknemers by die fonds. “Betalings moes dadelik gestaak word omdat die Padongelukkefonds se rekening deur die balju op beslag gelê is,” vertel dr. Eugene Watson, besturende direkteur van die fonds aan TimesLive. Huisgenoot se oproepe na die fonds se kantore in Pretoria om die nuus te bevestig het Vrydag onbeantwoord gebly. Die besluit van die balju kom ná ’n paar prokureursfirmas aangedring het daarop dat hulle kliënte eerste uitbetaal moes word in plaas daarvan om geduldig te wag, verduidelik Eugene. Die fonds kry gemiddeld R3 biljoen per maand in deur ’n heffing op brandstof te stel en hanteer sowat 30 000 uitbetalings per maand. ’n Balans van R8,2 biljoen se uitbetalings aan 5 200 krediteure moet nog gedoen word, vertel Eugene. “Ons vra om verskoning vir die ongerief wat hierdeur veroorsaak word en sal elke moontlike poging aanwend om die saak op te los en gou weer betalings te hervat,” voeg Eugene by. Die Padongelukkefonds is ’n fonds wat ingevolge die Wet op die Padongelukkefonds gestig is en die hoofdoel daarvan is om die aanspreeklikheid van die nalatige bestuurder van ’n voertuig te beperk. Padongelukke waarby alle soorte voertuie en motorfietse betrokke is, word outomaties gedek ingevolge die wet, maar die fonds dek nie skade aan ’n voertuig of goedere binne die voertuig nie. Vergoeding vir sodanige skade moet geëis word van die persoon wat die ongeluk veroorsaak het of van sy of haar versekeringsmaatskappy. Dit neem soms tot vyf jaar vir ’n eis van die fonds om afgehandel te word. Nou kan dit nog langer duur. Bronne: finansies.solidariteit.co.za, timeslive.co.za, moonstone.co.za.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/skoknuus-padongelukkefonds-staak-alle-uitbetalings/
Kakkerlak kom lewend uit vrou se kop - via neusgat
’n Indiese huiswerker, net bekend as Selvi, het verlede Dinsdag rustig lê en slaap toe sy ’n tintelende, kruipende gevoel in haar regterneusgat voel. Geïrriteerd maar ongeërg het Selvi verder probeer slaap, maar kort voor lank was sy daarvan oortuig: Iets was besig om binne-in haar kop te beweeg. Die res van die nag was ’n nagmerrie. “Ek kon nie die gevoel beskryf nie, maar ek was seker dit was die een of ander insek,” het sy aan die New Indian Express vertel. “Elke keer wanneer dit beweeg het, het dit ’n brandsensasie in my oë veroorsaak.” Die 43-jarige vrou van Injambakkam in die suide van Indië het vroegoggend ’n nabygeleë kliniek besoek, maar is gou na ’n hospitaal verwys. Daar het dokters haar probeer oortuig sy het ’n groeisel in haar neuskanaal. Maar Selvi was nie tevrede nie. By ’n ander hospitaal het hulle ’n skandering aanbeveel en tot die gevolgtrekking gekom haar ongemak word deur “ ’n vreemde voorwerp veroorsaak wat skynbaar beweeg”. Die vierde hospitaal het eindelik die ware Jakob uitgepluis: ’n Lewende kokkerot was besig om homself in Selvi se skedel tuis te maak. “Dit was ’n volgroeide kokkerot,” het dr. M.N. Shankar, hoof van die oor-neus-en-keel-afdeling van die Stanley Medical College-hospitaal in Chennai, sowat 25 km van Selvi se huis, gesê. “Dit was lewend en wou skynbaar nie uitkom nie,” het hy aan die Times of India bevestig. Die dapper kokkerot het in die basis van Selvi se skedel geskuil, tussen haar oë en baie na aan haar brein. Volgens Shankar is dit die eerste keer in sy loopbaan van meer as drie dekades dat hy so iets aanskou het. Eers het hy ’n suigtoestel gebruik om die insek te probeer uitsuig, maar die swerkater het vasgeklou. Eers ná 45 minute, en met die hulp van ’n tangetjie en baie geduld, kon die dokter daarin slaag om die kokkerot deur Selvi se neusgat uit te trek. Die insek was nog lewend — selfs nadat dit langer as 12 uur in Selvi se skedel vasgekeer was. Dis ook goed dat die dokter en sy span die insek lewend verwyder het. “As dit daar gebly het, sou dit kort voor lank doodgegaan het en dan sou die pasiënt ’n infeksie ontwikkel het,” verduidelik Shankar. Volgens hom sou die infeksie na haar brein versprei het. Dr. S. Muthuchitra, nog ’n dokter daar, het bygevoeg die hospitaal het al voorheen ’n bloedsuier, huisvlieg en maaiers uit pasiënte se neusgate verwyder. “Maar nie ’n kokkerot nie en beslis nie so ’n groot een nie.” Bronne: The Washington Post, Independent, New Indian Express, Times of India
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/kakkerlak-kom-lewend-uit-vrou-se-kop-via-neusgat/
Brakpanse polisie ondersoek raaiselagtige dood van derde vrou
Die Brakpanse polisie ondersoek die derde voorval binne ’n kwessie van vier maande van waar ’n vrou se lyk onder raaiselagtige omstandighede gevind is. Dit kom nadat nóg ’n vrou Dinsdag aan die Oos-Randse dorp dood aangetref is. Volgens kapt. Pearl van Staad, plaaslike polisiewoordvoerder, kan die polisie die identiteit van dié 55-jarige vrou, wat in ’n oop veld naby die Mkhankwa-plakkerskamp gevind is, nog nie bekendmaak nie. Sy is verlede Vrydag as vermis aangemeld voor sy Dinsdag gekry is. Pearl het bevestig ’n geregtelike doodsondersoek, soos met nóg twee gevalle sedert Oktober, is deur die polisie begin. Die lyk van Isabel Venter (50) is op 28 Oktober verlede jaar vroegoggend in Derbylaan aangetref. Sy was met kledingstukke vasgebind en het op haar maag gelê, berig die Brakpan Herald. Haar Pekinese hondjie het glo op haar lyk gesit tot sy weggeneem is. Sy was glo naak. ’n Tweede soortgelyke geval het op 17 Januarie gebeur toe die ontbinde lyk van Colleen Kinnear (44) in ’n veld aangetref is. Pearl het bevestig die veld is naby Germainlaan. Sy sê weens die ontbinde toestand van die lyk kon dit nie bepaal word of sy enige beserings opgedoen het nie. Niemand is nog in verband met dié voorvalle in hegtenis geneem nie.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/brakpanse-polisie-ondersoek-raaiselagtige-dood-van-derde-vrou/
Ma vas ná sy glo haar 2-jarige seun met mes in die nek steek
’n 27-jarige ma is Maandagoggend in De Doorns in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar tweejarige seun met ’n mes in die nek gesteek het. Volgens het Kaptein FC Van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het die voorval binne die verdagte se woning in Makhaza gebeur waarna sy op die vlug geslaan het. Sy word aangekla van poging tot moord en sal na verwagting Woensdag in die Khayelitsha landdroshof verskyn.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/ma-vas-na-sy-glo-haar-2-jarige-seun-met-mes-steek/
Familielid van Oscar Pistorius tuis beroof
Oscar Pistorius se tannie is Woensdagmiddag by haar huis deur vermeende rowers oorval en beroof. Johan van Wyk, woordvoerder vir die Pistorius-familie het Donderdagmiddag aan Huisgenoot bevestig dat die vrou van Oscar se oom Arnold, Lois (59), tuis deur rowers oorval is. Haar huiswerker en die sekuriteitswag aan diens is volgens berigte terselfdertyd deur twee ander gewapende mans aangehou. Die voorval het by die Pistorius-huis in Waterkloof plaasgevind waar Oscar gebly het tot waar hy na vonnisoplegging na die Kgosi Mampuru-gevangenis gestuur is. Na wat berig word is Lois by haar motorhuis oorval nadat sy in die namiddag van ’n inkopietog teruggekeer het huis toe. Johan het aan Huisgenoot gesê sy was besig om te wag vir die motorhuisdeur om oop te gaan toe die rowers toegeslaan het. Een van die rowers het haar gedreig en haar juweliersware geëis. Hy het haar handsak, wat links voor op die passasiersitplek was, geneem. Twee van sy gewapende makkers het na bewering terselfdertyd haar huiswerker en die sekuriteitswag in die erf aangehou. Die drietal het glo na die rooftog met hul buit in ’n wagtende motor gevlug. Lois se selfoon is na bewering by die Fonteine-sirkel gevind. Volgens kaptein Mavela Masondo bestaan daar die moontlikheid dat Lois na hul huis agtergevolg is. Bykomende bron: citizen.co.za
http://www.huisgenoot.com/nuus/oscar-pistorius/familielid-van-oscar-pistorius-tuis-beroof/
Jou sterre vir Vrydag, 3 Februarie 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore. JOU DAG Dit is ’n uitstekende dag om passievol proaktief te wees. AS JY VANDAG VERJAAR Jy beskik oor ’n sterk perfeksionistiese karaktertrek. Oor die komende jaar moet jy nie bang wees om foute te maak nie, aangesien dit jou na opwindende nuwe terreine kan lei. RAM, 21 Mrt.-20 Apr. Venus beweeg tot in jou teken. Dis tyd om ’n hond uit ’n bos te flankeer en ’n paar ou gunsies op te eis. Wanneer al jou silinders vuur, is dit moeilik vir ander mense om jou charisma te weerstaan. BUL, 21 Apr.-21 Mei Jy gaan dit vandag geniet om gehaltetyd op jou eie deur te bring, terwyl jy jou aan heerlike dagdrome oorgee en by jou intuïsie inskakel. Sommige enkellopende Bulle gaan by ’n geheime liefdesverhouding betrokke raak. TWEELING, 22 Mei-21 Jun. Kapitaliseer jy op jou kreatiwiteit? Die sterre moedig jou aan om by ’n groep aan te sluit wat jou sal help om spesifieke kreatiewe talente te ontwikkel, of dit nou kuns, skryfwerk, dans, musiek of sang is. KREEF, 22 Jun.-23 Jul. Met Venus wat tot binne-in jou beroepsone skuif, sal sosialisering met kollegas jou help om jou verhoudings by die werkplek te verbeter. As jy op soek is na werk, versprei die woord onder familie en vriende. LEEU, 24 Jul.-23 Aug. Opleiding, navorsing, reis, publikasies, wetlike sake en internasionale kontakte lyk oor die volgende paar weke gunstig. Maar Uranus kan dinge deurmekaarkrap, dus moet jy maar die onverwagte verwag. MAAGD, 24 Aug.-23 Sept. Buitmakery en begeerte word oor die volgende paar weke versterk aangesien Venus jou sones vir gesamentlike finansies en intimiteit besoek. Kwessies rakende belasting, gedeelde hulpbronne en navorsingsprojekte word bevoordeel. WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt. Venus, die vredemaker, moedig jou aan om ’n wankelrige verhouding te herstel. Jy moet kreatiewe idees in die praktyk omskakel. Moenie die geleentheid verspeel om vandag ’n paar positiewe veranderings aan te bring nie. SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov. As jy in ’n verhouding is, moet jy hard werk om dit in ’n eksie-perfeksie toestand te hou. Enkellopendes: Jy gaan dalk langdurige liefde aanlyn of deur ’n bekendstelling deur ’n kollega vind. BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des. Met Venus wat deur jou vermaaksone draf, is die volgende paar weke die ideale tyd om ’n boeklesing, musiekkonsert, die teater of ’n kunsuitstalling by te woon. En hou partytjie soos ’n kenner. STEENBOK, 22 Des.-20 Jan. Venus gee aan ’n gesinsverhouding ’n welkome skop. Jy vind uit julle het meer gemeen as wat jy aanvanklik gedink het. Siek en sat vir alleen wees? Jy kan dalk liefde vind deur ’n bekendstelling deur ’n familielid. WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. Jy is in die bui vir aanlyn verhoudings, flankeer, romantiese kersligetes of kreatiewe vennootskappe. Maar, as jy van jou verhoudingsverpligtings wegskram, is voortdurende probleme waarskynlik. VISSE, 20 Feb.-20 Mrt. Pasop vir die behoefte om te verkwis. Venus skuif tot binne-in jou geldsone, wat ’n welkome verhoging in jou kontantvloei kan beteken. Dit verhoog ook jou neiging om jou aan ’n uitspattige inkopietog oor te gee.
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-vrydag-3-februarie-2017/
Anika Smit-saak: Gaan Smiley tatoeëermerke in hof wys?
Gaan André (Smiley) van Wyk (24), die verdagte in die onopgeloste moordsaak van die blondekoptiener Anika Smit, die hof sy tatoeëermerke wys voor hy na verwagting Vrydag laatoggend sy lot in sy aansoek om borgtog aanhoor? Dit is waaroor die verdeging nog moet besin nadat die hof het Dinsdag gehoor Smiley het in die selle gespog hy het op sy bors tatoeëermerke van twee hande met bloed wat drup en dat hy as Smiley Scissor Hands bekend wil wees. Smiley se pa, Jan, het die bewering ontken terwyl daar teenstrydighede is of Smiley die tatoeëermerke het of wou kry. Dit sal help bepaal of sy selmaat die waarheid oor al Smiley se uitlatings agter tralies praat. Dit sluit in dat hy gespog het hy het die misdrywe teen Anika gepleeg en al ’n kat gemartel het. Smiley het hom vier maande gelede in verband met die moord op en verkragting van Anika Smit aan die polisie in Pretoria-Noord oorgegee. Hy is ook van lykskending aangekla. Smiley het egter in sy borgaansoek in ’n skokwending aangedui hy gaan nou onskuldig pleit. Hy het ook aangedui hy wil sy vroeëre “vals bekentenis” terugtrek. Smiley beweer twee onbekende mense het hom in die oggendure van 17 September 2016 “gedreig” om skuld te beken. Anika is op 10 Maart 2010 in haar pa, Johan, se huis in Theresapark met ’n bottel verkrag en toe doodgesteek. Haar hande is afgekap, maar nooit gevind nie. Die landdros het Dinsdag aangedui hy het baie inligting van die staat en die verdediging aangehoor en “al het hy ’n goeie idee wat hy wil doen”, sal dit ná baie moeite van albei partye net billik wees om nog daaroor te besin. Adv. Corrie Nieuwenhuys, vir Smiley, het aangevoer die staat se saak het nie baie om die lyf nie, behalwe die feit dat Smiley “sy hand opgesteek en gesê het dit was hy nie”. Die hof het gehoor sy DNS is nie positief verbind met dié wat op die toneel gevind is nie. Sy vingerafdrukke is ook nie op die toneel gevind nie. Adv. Tania Carstens, vir die staat, het egter aangevoer Smiley het vier verskillende geleenthede gehad om te sê hy word of is “gedreig”. Pleks daarvan het hy volgehou hy het die misdrywe teen Anika gepleeg. Volg die hofverrigtinge op Huisgenoot.com en op Twitter by @huisgenoot.
http://www.huisgenoot.com/nuus/anika-smit-saak-gaan-smiley-tatoeeermerke-in-hof-wys/
KYK: 106-jarige pensioenaris raak vir die eerste keer in haar lewe verloof
Die spreekwoord lui “oud maar nog nie koud” en dis presies hoe Valdemira Rodrigues de Oliveira van Brasilië oor haar nuutste lewensfase voel. Sy en Aparecido Dias Jacob (66) is volgens berigte die afgelope drie jaar lank ’n paartjie en dié twee duifies het onlangs besluit die tyd is ryp om hul verhouding na die volgende vlak te neem. Die paartjie, in die omgang bekend as Valda en Jaco, se grootste wens is glo om ewige trou aan mekaar te sweer en in hul eie huisie te kan bly. Daar was geen keer aan die liefde nie. En die jawoord is kort voor lank gevra. Vrywilligers het kragte saamgesnoer en deur “Die Projek van Drome” seker gemaak dat die twee se verlowingsdag onvergeetlik is. Dit is immers albei se eerste verlowing. Hulle het mekaar in 2014 by ’n aftreeoord in die suidooste van Brasil ontmoet. Dit was glo liefde met die eerste oogopslag, veral vir Jaco. Bride-to-be aged 106 becomes ‘world’s oldest woman to get engaged’ (to man 40 years her junior) https://t.co/jsWejbbAIS pic.twitter.com/tbajDkirHF — Yahoo UK News (@YahooNewsUK) February 3, 2017 Tydens ’n vrolike geleentheid in die aftreeoord — wat deur 150 gaste bygewoon is — was daar ’n vierlaagkoek, blomme, engeltjie-beeldjies en roosblare. Valda self was al te fyntjies uitgevat in ’n wit rok. ’n Stringetjie pêrels om haar nek en gemaklike pantoffels het die prentjie voltooi. Haar opgewonde verloofde het net so spoggerig in sy pak gelyk. 106-year-old woman becomes the oldest fiancée after getting engaged to her 66-year-old lover https://t.co/jVxqF01NEL pic.twitter.com/RqZk5wYIdD — Interista (@SkillzVenom) February 3, 2017 “Ek het op Valda verlief geraak die oomblik toe ek haar gesien het. Ek weet sy’s ’n bietjie ouer as ek, maar dit maak nie saak nie, want sy maak my regtig baie gelukkig.” Valda is net so gek oor haar verloofde. “As hy sterf, sal ek ook sterf.” Dis egter nie alles maanskyn en rose vir die twee duifies nie. Terwyl sommige hulle ondersteun, is hul dokters teen die verlowing asook ’n troue tussen die twee gekant. Vergeet dan ook van in hul eie huisie intrek. . . Hul dokters is van mening dat die twee vanweë hul ouderdom en gesondheid geensins op eie houtjie oor die weg sal kom nie. Veral Valda is teleurgesteld oor die besluit. “Ek weet dit gaan nie gebeur nie, maar ek sou dolgraag Jaco se klere vir hom wou was, kos vir hom kook en na hom omsien soos ’n vrou betaam.” Bronne: uk.news.yahoo.com, mirror.co.uk, thesun.co.uk
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/kyk-106-jarige-pensioenaris-raak-vir-die-eerste-keer-in-haar-lewe-verloof/
Huisgenoot Mobi
Vir die land en die rugbywêreld was die afgelope naweek ’n emosiebelaaide tyd met die nuus dat die oud-Springbok Joost van der Westhuizen in ’n kritieke toestand in die Life Fourways-hospitaal in Johannesburg opgeneem is. Die Ons Lieflinge-sangers, Rudi Claase en Charne Hugo, het Maandoggend die musiekvideo van hul liedjie oor Joost, Goue Seun, op Ons Lieflinge se Facebook-blad gedeel. Hulle het dit in 2015 geskryf. “Tot eer aan Joost van der Westhuizen,” het hulle bygeskryf. In die liedjie sing die Lieflinge roerend oor wat die voormalige Springbok-losskakel vir Suid-Afrika en sy mense beteken. Jou hart is goud. Jou siel is groen. Jy’t so baie vir ons land gedoen . . . Ons almal is nog bewus van ons goue seun, lui die liedjie. Motorneuronsiekte (MNS) is in 2011 by Joost gediagnoseer en hy voer sedertdien ’n moedige stryd teen dié aftakelende siekte. Hy is is Saterdagoggend in die Life Fourways-hospitaal in Johannesburg se waakeenheid opgeneem. Former Springbok Joost van der Westhuizen fights for his life https://t.co/kW2U2MjmZq pic.twitter.com/XBb92n7XFj — Eyewitness News (@ewnupdates) February 6, 2017 Volgens Joost se J9-stigting, wat hom beywer om mense met MNS te help, is die pa van twee steeds in ’n kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal. Hy kry tans suurstof met behulp van ’n ventilator. Rudi sê hy het die liedjie geskryf net voor die Rugbywêreldbekertoernooi in 2015. Hy het daardie jaar in Mei met Pieter van der Westhuizen, Joost se broer, begin gesels oor die liedjie. “Joost was baie siek in die tyd dat ons die liedjie vir hom gestuur het. “Hy het ’n paar keer daarna geluister en ons het gehoor hy het baie bewoë geraak,” sê hy. Pieter het die Lieflinge help reëlings tref om die musiekvideo op Loftus Versfeld-stadion te skiet. “Ons wou Joost graag in die video hê, maar hy kon dit ongelukkig nie maak nie.” “In moeilike tyd gun ’n mens ’n familie hul privaatheid. Ons hou hulle in ons harte, gedagtes en gebede,” sê Rudi.
http://www.huisgenoot.com/bekendes/kyk-video-rudi-claase-deel-roerende-lied-vir-joost-van-der-westhuizen/
Goeie nuus vir seuntjie van Sundra wat byna verdrink het
Die driejarige seuntjie van Sundra in Mpumalanga wat Sondag byna verdrink het, het geen breinskade opgedoen nie. “Ek is baie bly. Ek sê elke dag dankie hy is hier,” het Mary Mostert, klein Nico se ma, gesê. Nico het Sondagmiddag amper in sy ouers se swembad verdrink. Mary het uit die kombuis gestap vir beter selfoonontvangs toe sy ’n oproep kry. Toe sy terugkeer, was Nico weg. Sy is dadelik na die swembad waar hy op die water gedryf het. ’n Buurtwaglid het Mary se noodkreet oor die buurtwagradio gehoor en na die huis gehaas waar hy Nico mond-tot-mond-asemhaling gegee het. Die seuntjie word sedertdien die Life Springs Parklands-hospitaal behandel. “ ’n Breinskandering het getoon hy het geen breinskade nie,” het Mary Vrydagoggend gesê. Nico het toe in die hospitaal saam met sy niggie, Nadia Mostert (18), die bordspeletjie Monopoly gespeel. Hy het ook twee karretjies om die tyd mee te verwyl. Mary sê Nico begin al meer woorde sê. Donderdag het sy vir Nico, ’n groot diereliefhebber, foto’s van diere in ’n tydskrif gewys. “Hy het na ’n bok en sebra gewys en die diere geïdentifiseer,” sê sy. Mary sê mense oral bid vir hom. “Baie groepe is gestig om vir hom te bid. ’n Vriendin van Kanada en nog een van Dubai het albei groepe begin. Ons waardeer die steun baie,” sê sy.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/goeie-nuus-vir-seuntjie-van-sundra-wat-byna-verdrink-het/
Duisende eis Facebook-baas se kop - om dié redes
Altesaam 1 500 aandeelhouers by Facebook eis dat Mark Zuckerberg as voorsitter van die maatskappy se direksie uittree. A photo posted by Mark Zuckerberg (@zuck) on Apr 6, 2016 at 7:39pm PDT SumofUs.org vra Mark (32) moet uittree, want hulle meen hy het te veel invloed op die maatskappy. Altesaam 330 000 mense, onder wie 1 500 aandeelhouers, het ’n petisie deur die webtuiste onderteken. Dit kom nadat Mark die uitreiking van die openbare maatskappy se klas C-aandele gestaak het, wat verseker dat hy volle beheer oor die onderneming se besluite sal behou. Facebook se aandeleprys het oor die jare van krag tot krag gegaan en ondanks Mark se baanbrekersbetrokkenheid in die maatskappy, voel die aandeelhouers ’n onafhanklike voorsitter moet “oor die uitvoerende hoofde van die maatskappy toesig hou, korporatiewe bestuursgedrag verbeter en ’n aanspreekliker, aandeelhouergesinde agenda stel”. SumofUs voer verder aan Facebook “word toenemend gekritiseer oor sy waargenome rol in die bevordering van” vals nuus, laat die toespitsing van advertensie-kykslae op grond van ras toe en verskaf inligting aan regeringsagentskappe. Die petisie vra “openbare aanspreeklikheid rakende die impak op menseregte van Facebook se gebruike”. Die voorstel kom in die lig van ’n aantal prestasies vir Mark en sy vrou, Priscilla Chan (31). Die egpaar het ’n navorsingsplan van R675 miljoen bekendgemaak wat die Chan Zuckerberg Bio-hub heet. Daarin het hulle 47 van die beste ingenieurs en wetenskaplikes aangestel om die voorkoming en behandeling van menslike siektes na te vors. A photo posted by Mark Zuckerberg (@zuck) on Jan 27, 2017 at 8:09pm PST Die egpaar het ook onder meer R41,9 miljoen geskenk om gesinne in Palo Alto, Silicone Valley, te help wat uit hul huis gesit is – toevallig nadat hulle vier huise om hul herehuis in Palo Alto gekoop het om te keer dat bure daar intrek. Maar dit is onwaarskynlik dat Mark, wat sedert 2012 ’n lid van die direksie en steeds die hoofaandeelhouer is, sal uittree. Met ’n kwartaalwins van R48,2 biljoen, meer as dubbel die R24 biljoen wat dit ’n jaar gelede bekendgemaak het.
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/duisende-eis-facebook-baas-se-kop-om-die-redes/
2016-04-07 02:39:27
Legendariese Hollywoodster na bewering seksueel geteister op filmstel
Judy Garland se eksman Sid Luft beweer in ’n nuwe boek dat van die “Munchkins” haar tydens die verfilming van The Wizard of Oz betas het. Sid het die verstommende bewerings gemaak in sy memoires Judy and I: My Life with Judy Garland, waarin hy besonderhede meld van sy liefdesverhouding met die Hollywood-ster wat oornag as Dorothy van Kansas roem verwerf het. Die biografie gee ook besonderhede oor die beweerde teistering. Hy beweer van die akteurs het hul hande onder die rok van die destyds 16-jarige Judy ingesteek terwyl sy besig was met die verfilming van die musiekrolprent. Dit is in 1939 vir ’n Oscar benoem. Daar was 225 Munchkins in die rolverdeling. “Hulle het Judy se lewe versuur op die stel deur hul hande onder haar rok in te steek. Die mans was 40 jaar oud en ouer,” het Sid in ’n uittreksel uit die boek, aangehaal deur die tydskrif People, geskryf. “Hulle het gereken hulle kon met enigiets wegkom omdat hulle so klein is.” Judy en Sid was van 1952 tot 1965 getroud, en die regisseur en sakebestuurder kry die eer dat hy haar loopbaan omgekeer het toe MGM haar kontrak opgeskeur het. Hy het haar terugkeer na die rolprentbedryf in die rolprent A Star is Born, geregisseer en dit het aan Judy voor haar dood in 1969 ’n Oscar besorg. Gerugte oor die swak gedrag van die Munchkins doen al dekades lank die ronde in Hollywood. Judy het dit in 1967 gedurende ’n onderhoud erken. Sy het aan ’n aanbieder vertel: “Hulle was klein dronkaards. Hulle het elke aand dronk geraak en is in skoenlappernette opgetel.” Die Munchkin-aktrise Margaret Pellegrini het in 2009 aan die Britse nuusblad The Independent gesê: “Daar was ’n klomp van hulle wat daarvan gehou het om uit te gaan en ’n paar drankies te geniet, maar daar het niks buitensporigs gebeur nie. Almal was plesiersoekers en het die lewe geniet. Daar was geen lawaaierigheid of enigiets soortgelyks nie en die stories is baie ontstellend.” © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/legendariese-hollywoodster-na-bewering-seksueel-geteister-op-filmstel/
Opwindende nuwe rol vir Heyneke Meyer
Die voormalige Springbokafrigter Heyneke Meyer het as besturende direkteur van die Hongkongse sportbemarkingsagentskap Carinat Sports Marketing oorgeneem. In sy nuwe rol sal Heyneke uit sy ervaring in internasionale sport put om verskeie sportprojekte in Suid-Afrika te ontwikkel en Carinat se sake in Afrika en Europa uit te brei. Hy sal ook ’n oorvloed ervaring tot die voortgaande aktiwiteite in Asië en die Pasifiese streek toevoeg. Nadat die aanstelling amptelik gemaak is, het Heyneke Sondag in ’n mediaverklaring kommentaar gelewer: “Ek is opgewonde om by Carinat Sports Marketing aan te sluit, veral aangesien die geleentheid my in staat sal stel om my passie, sport, in Suid-Afrika uit te leef, waar ek altyd gesê het ek graag ’n verskil wou maak. “Ek het aanloklike aanbiedinge van oorsee gekry, maar ek is lief vir my land en dit is waar ek graag in die sportbedryf betrokke wil wees.” Heyneke, wat die Springbokke vier seisoene tussen 2012 en 2015 afgerig het, sê hy is gretig om weer by rugby betrokke te raak. Bron: News24WIRE
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/opwindende-nuwe-rol-vir-heyneke-meyer/
Winnie Rust se jong beweerde moordenaar weer in die hof
Nigel Plaatjies en sy oom, Johannes Plaatjies, verskyn na verwagting weer Woensdag in die landdroshof op Wellington in verband met die moord op die geliefde Afrikaanse skrywer Winnie Rust. Sy is op 11 Mei verlede jaar dood gevind by haar huis in Uitsig in Wellington. Nigel (18), wie se ma vir Winnie se dogter gewerk het, se tweede aansoek om borg is in November deur landdros Alvin Saptoe van die hand gewys. Hy het onder meer gesê Nigel se getuienis en dit wat hy aan die polisie gesê het stem nie ooreen nie. Volgens Nigel het sy oom hom gedwing om te help met ’n rooftog. Nigel moes Winnie glo besig hou terwyl sy oom goedere uit die huis steel. Tydens ’n vorige evrskynin in Junie 2016 het ’n ondersoekbeampte, Cornelius de Lange, egter gesê dat Nigel ontken het dat hy ooit by die skrywer se huis was op die dag van haar moord. Nigel het dit glo eers erken toe ’n ooggetuie sê hy was wel daar. Winnie het vir Nigel se onderrig betaal en glo met kostes verbonde aan sy atletiekopleiding gehelp. Hy het geen vorige oortredings nie, maar sy oom is reeds voorheen aan ’n rits misdrywe skuldig bevind, waaronder huisbraak, diefstal, aanranding en dronkbestuur. Sy oom het nog nie gepleit nie.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/winnie-rust-se-jong-beweerde-moordenaar-weer-in-die-hof/
Kry al vanaand se Kom Ons Braai-resepte hier
Melissa en Kim speel “Borrels” by hul braai terwyl Deon en Santie hul groentepotjie berei. Barry en Michelle leer hul gaste om te salsa langs die vuur. Melissa en Kim Varktjoppies in ’n soetrissiesous Bestanddele sout varktjops Worcestersous, 125 ml soetrissiesous, 125 ml goue stroop Metode 1. Sprinkel die sout oor die varktjops en marineer oornag in die Worcestersous en soetrissiesous. Tydens die braai, net voor dit heeltemal gaar is, kan die tjops met die oorblywende marinade gesmeer word, gemeng met ’n bietjie goue stroop. Hoendersosaties Bestanddele hoenderborsies, in blokkies gesny natuurlike jogurt tandoori-sous sout uie, gesny groen soetrissies, gesny Metode 1. Sny die hoenderborsies (hoenderfilet) in blokkies en marineer oornag in die natuurlike jogurt en tandoori-sous. Geur met die sout na smaak. Ryg die hoenderblokkies aan ’n sosatiestokkie en wissel af met die uie- en groen soetrissiestukkies. Koolslaai met ’n kinkel Bestanddele kool, 1 groot wortel, 1 brandrissie, 1 Granny Smith-appel, 1 mayonnaise soet sojasous sap van 1 lemmetjie sout Metode 1. Sny die kool in baie dun repies, rasper die wortel en sny die brandrissie. Meng alles in ’n bak. 2. Rasper die appel en maak seker jy druk al die sap uit. Voeg die appel by die res van die bestanddele. Meng die mayonnaise met ’n eetlepel soet sojasous en die sap van een lemmetjie. Meng goed deur en voeg die sout by na smaak. Gebraaide mielie-salsa Bestanddele mielies, 2 rooi, groen en geel soetrissies pynappel, 1 sprietuie vars koljander vissous, 1 eetlepel feta Metode 1. Plaas die twee mielies in ’n bak, bedek met kookwater en maak toe met kleefplastiek. Laat staan ongeveer 10 min. 2. Braai die mielies en soetrissies. Die soetrissies moet reg rondom swart wees. 3. Plaas alles in ’n bak en bedek met kleefplastiek ongeveer 10 min. 4. Spoel die soetrissies af, sny die mieliepitte van die stronk af en kerf die gebraaide soetrissies in blokkies. 5. Sny die pynappel in blokkies en voeg by. 6. Voeg die sprietuie en vars koljander by. 7. Voeg die vissous by en krummel die feta bo-oor. Braaibroodjie Bestanddele witbrood, 1 botter uie, in ringe tamatie, in ringe gouda-kaas sout vars gemaalde peper Metode 1. Smeer die witbrood met die botter, plaas die uie, tamatie en kaas oor en geur met die sout en peper. Gekaramelliseerde pynappel Bestanddele pynappel bruinsuiker goue stroop Metode 1. Sny die pynappel eers in ringe en dan in kwarte. Ryg aan ’n stokkie en strooi bruinsuiker oor. Bedruip met ’n bietjie goue stroop tydens die braai tot dit mooi karamelliseer. Wodkatini Bestanddele wodka, 1 sopie 1 sopie stroop (water en suiker wat in ’n pot geprut het) pynappelsap, 125 ml basilieblare, 3 Metode 1. Skud alles goed saam met ys in ’n gepaste skommelhouer. Giet in ’n glas en vul tot bo met limonade. Deon en Santie Varkribbetjie Bestanddele ribbetjie peperkorrels lourierblare sout ribmarinade of tamatiesous, blatjang, suiker en Worcestersous Metode 1. Kook die ribbetjie voor die tyd ongeveer 30 min. in water met peperkorrels, lourierblare en sout. 2. Haal uit die pot en marineer met jou gunstelingsous terwyl dit nog warm is. Idees vir sous is kommersiële ribmarinade of jy kan tamatiesous meng met blatjang, suiker en Worcestersous vir ’n tuisgemaakte weergawe. Braai tot lekker bruin. Tjops Bestanddele tjops bruin asyn sout en vars gemaalde peper Metode 1. Besprinkel die tjops met bruin asyn en geur met die sout en vars gemaalde peper. 2. Braai oor warm kole vir ongeveer 10 tot 15 min., afhangend van die tjops se dikte. Boerewors en gerookte kaaswors (Verskaf deur Boulevard Meats in Vasco, Goodwood) Groentepotjie Bestanddele 1 botterskorsie, in blokkies gesny 1 pakkie sampioene, in kwarte of skywe gesny 8 murgpampoentjies (jy kan meer byvoeg as jy wil) 250 ml room 1 pakkie bruin uiesop Metode 1. Plaas al die groente in ’n swart pot. Meng liggies. 2. Meng die room en bruin uiesop en giet oor die groente. 3. Maak die pot toe en plaas op die warm kole. Plaas ’n bietjie kole bo-op die deksel. 4. Laat prut 30 min. 5. Haal die deksel af en laat nog sowat 30 min. kook, nie te vinnig nie. 6. Haal die pot van die vuur af wanneer die groente gaar en die sous lekker dik is. Slaai Bestanddele 1 pak roketblare aarbeie (opsioneel), in helfte of kwarte gesny 1½ koppie feta, gekrummel 1 grondboontjiebroslekker, fyn gemaak balsamiese reduksie vars gemaalde swartpeper Metode 1. Pak die roket op ’n plat slaaibak. 2. Voeg die aarbeie en feta by. 3. Sprinkel die gekrummelde grondboontjiebroslekker bo-oor. 4. Sit voor saam met die balsamiese reduksie. 5. Geur met die vars gemaalde swartpeper (opsioneel). Appelpasteitjies Bestanddele 2 e botter 2-3 Granny Smith-appels (altesaam 4 koppies), geskil en in kwarte gesny ½ t kaneel ⅓ koppie bruinsuiker 1 mielieblom 2 rolle skilferdeeg eierwas (1 eier geklits met ’n bietjie room) Metode Smelt die botter oor matige hitte. Voeg die gesnyde appels, kaneel, suiker en mielieblom by. Kook sowat 3-5 min. tot die appels begin sag raak en die mielieblom die sous verdik. Sodra die appels amper saf is, verwyder dit van die hitte en laat tot kamertemperatuur afkoel. Rol een van die skilferdeegrolle uit tot sowat 2 cm groter in deursnee. As jy een van die skilferdeegrolle effens groter uitrol, sal dit die vulsel goed bedek wanneer jy dit bo-op sit om toe te maak. Vou die tweede deegrol uit die omhulsel (sonder om dit uit te rol met ’n koekroller). Skep ’n eetlepel vulsel op ’n slag in klein hopies op die deeg, maar los genoeg ruimte om die individuele hopies te seël en uit te sny. Jy behoort ongeveer 10 hopies te maak. 1. Verf die eierwas met ’n kwas rondom die vulsel-hopies en om die rante. 2. Plaas die groter, uitgerolde vel deeg bo-oor en druk saggies tussen die hopies vulsel in. 3. Gebruik ’n ronde koekiedrukker om die individuele pasteitjies te vorm. 4. Druk af op die rante om die pasteitjie te seël, en druk rondom die rante met ’n vurkpunt. 5. Lig die appelpasteitjies een vir een en plaas op die rooster, maak seker die rooster is vooraf met botter gesmeer of met kossproei bespuit. Verf die pasteitjies met die eierwas. 6. Plaas die rooster op die kole (hitte moet taamlik laag wees). Draai die rooster gereeld om om te keer dat die pasteitjies brand. Braai tot goudbruin en bros.
http://www.huisgenoot.com/kom-ons-braai-via/kry-al-vanaand-se-kom-ons-braai-resepte-hier-2/
KYK REGSTREEKS: Gedenkdiens vir Joost van der Weshuizen op Loftus
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-regstreeks-gedenkdiens-vir-joost-van-der-weshuizen-op-loftus/
Goeie nuus! Nuwe, pynlose voorbehoedmiddel vir mans dalk hier
’n Voorbehoedmiddel vir mans, wat glo baie doeltreffender as die Pil vir vroue is, sien dalk binnekort die lig. Luidens studies kan hierdie middel, wat deur ’n inspuiting toegedien word, swangerskap vir tot twee jaar verhoed. Tans is die twee voorbehoedopsies vir mans tot kondome of ’n vasektomie beperk. Maar nou het wetenskaplikes in Engeland moontlik ’n deurbraak gemaak deur ’n inspuiting te ontwikkel wat spermselle verhinder om die liggaam te verlaat. New male contraceptive jab has 100% success rate with no side effects https://t.co/oCIh5mWHKG — Daily Mail Online (@MailOnline) February 7, 2017 Hierdie inspuiting bevat geen hormone nie en het ’n 100-persent-slaagsyfer gehad toe dit op ape getoets is. Die inspuiting stel ’n jel in die saadbuis vry – die vaat wat sperms van die testikels na die uretra vervoer – om dit te blokkeer. Benewens die feit dat dit nie so seer soos ’n vasektomie is nie, kan voorbehoeding ook omgekeer word vir mans wat later van plan verander. Prof. Adam Balen, hoof van die Britse vrugbaarheidsvereniging, sê hierdie inspuiting kan so vroeg soos volgende jaar op mense getoets word nadat dit suksesvol op 16 ape getoets is wat vir twee jaar geen vroulike aap kon swanger maak nadat hulle die inspuiting gekry het nie. Male contraceptive gel effective in monkeys, but will it work in humans?: https://t.co/FSj9Tn1Zi1 — CNN Health (@cnnhealth) February 8, 2017 “Dit is ’n interessante tegniek wat ’n omkeerbare ‘vasektomie’ kan bied deur die sperms te blokkeer en wat later eindelik die mens se liggaam verlaat. Daar is boonop geen newe-effekte nie,” sê Adam. Volgens kenners bestaan ’n wêreldwye behoefte onder mans vir ’n werkbare en pynlose voorbehoedmiddel wat die druk op die vrou verminder om swangerskap te voorkom. Bronne: mailonline, bbc.com, theguardian.com
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/goeie-nuus-nuwe-pynlose-voorbehoedmiddel-vir-mans-dalk-hier/
12-jarige kind een van vyf sterftes ná gru-botsing op die N2
Vier volwassenes en een kind is dood terwyl ’n ander persoon in ’n ernstige toestand verkeer ná ’n gru-botsing tussen twee voertuie op die N2 in KwaZulu-Natal, het IPSS Medical Rescue bevestig. “Toe parameeici op die toneel aankom, het drie insittendes in die een voertuig sowel as die bestuurder en ’n 12-jarige kind in die ander voertuig reeds aan hul wonde beswyk,” het IPSS-woordvoerder, Paul Herbst, gesê. Die ongeluk het in die vroeë oggendure op die N2-snelweg naby Mandeni, noord van Durban, plaasgevind. Twee voertuie, ’n ligte motor en ’n sportnutsvoertuig, het trompop gebots. ’n Vroulike passasier is lewend, maar vasgekeer, in een van die voertuie gevind. Sy is uit die wrak bevry en in ’n kritieke toestand hospitaal toe geneem. Maar met haar aankoms by die hospitaal het haar hart gaan staan, het Paul bygevoeg. “Parademci en dokters by die Stanger-hospitaal kon haar binne minute weer bybring en sy het weer ’n normale hartklop gehad.” Sy verkeer egter steeds in ’n kritieke toestand. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/12-jarige-kind-een-van-vyf-sterfes-na-gru-botsing-op-die-n2/
Stropers vergiftig witleeu, saag kop en pote af
Die polisie in Limpopo is op soek na stropers wat ’n witleeu vergiftig en daarna die dier se kop en pote afgesny het. ’n Groep van drie leeus is glo hoendervleis met gif in gevoer, waarna die een gesterf het. Daarna is dié leeu se pote en kop afgesaag. Die voorval het gisteroggend by die Ingogo Safari Game Lodge plaasgevind. “Dit lyk asof die verdagtes midde-in hul taak gesteur is, want hulle het ook probeer om die leeu se vel af te sny, maar nie daarin geslaag nie,” het die polisiewoordvoerder, brig. Motlafela Mojapelo, gesê. ’n Veearts het agterna die twee oorlewende leeus behandel. Dit is intussen onthul dat die polisie een persoon in hegtenis geneem het.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/stropers-vergiftig-witleeu-saag-kop-en-pote-af/
Eksklusief: Regsman Alwyn Griebenow praat oor sy seun se vordering
“Dit gaan baie beter met my kind,” het ’n emosionele Alwyn Griebenow Huisgenoot Donderdag vanuit Port Elizabeth oor sy naamgenoot meegedeel. “Ons is heel opgewonde oor wat besig is om te gebeur. Hy maak sy oë oop, hy sit regop, kyk rond en herken mense in die vertrek. Hy kan sluk en selfs sop eet. “Alwyn probeer ook om te praat en al is dit nog ’n bietjie mompelend, kan ons hoor dat hy ‘liefde’ en ‘mamma’ sê. “Ons is regtig in die wolke vir elke stukkie vordering wat Alwyn maak. Ons het gereed gemaak vir klein treetjies van herstel op ’n slag, maar hierdie is reuse-treë vorentoe. Die bekende prokureur se seun, Alwyn (20), is in ’n koma nadat hy twee weke gelede in ’n padongeluk buite Alexandria, sowat 100 km noordoos van Port Elizabeth, betrokke was. Lees ook: PE prokureur se seun steeds bewusteloos ná ongeluk: ‘Die ergste is, dit lyk of my seun slaap’ “Ek was saam met my seun by die ongelukstoneel langs die pad en stap die afgelope 14 dae elke dag die pad saam met hom.” Alwyn jr. se herstel word ook as ’n wonderwerk beskou. Volgens sy pa wou die dokters op die eerste dag van Alwyn se ongeluk dit nie waag om ’n prognose te maak nie. Hulle het hom ’n geringe kans op oorlewing gegee. “Veertien dae later sit my seun regop en kyk vir my,” sê Alwyn sr. terwyl emosies dreig om hom te oorspoel. “Ons is ongelooflik dankbaar vir die wonderwerk dat Alwyn nog met ons is. “Hy kry beslis die beste mediese behandeling, al weet ons dit is die Here alleen wat hier te werk gaan.” Alwyn jr. was ten tyde van die ongeluk ’n student aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit waar hy megatronika studeer. Hy gaan eersdaags na Aurora Spesiale Sorg oorgeplaas word en sy pa is vol hoop dat dit net nog beter sal gaan met hom.
http://www.huisgenoot.com/nuus/eksklusief-regsman-alwyn-griebenow-praat-oor-sy-seun-se-vordering/
Baba met waterhofie moet wag om te hoor oor operasie - en die geld droog op
Dit was haar ma, Melissa Roos, se 23ste verjaardag Maandag. Hulle het nie veel gedoen nie. Daar was nie koek of ballonne nie. Sy en dié se ma, Christa, het maar die dag in die gastehuiskamer naby die Tygerberg-hospitaal deurgebring. Tog het hulle geseën gevoel om Nadya in hul lewe te hê: En sooo gaan my Bday sover ❤. 1ste Bday as n mamma ☝ . Love you my bollatjie. Lief vi ma ook Melissa het by haar Facebook-vriende vir gebede en hulp gepleit. “Gaan maar olik op die oomblik,” vertel haar ma, Christa. Hulle het nog net een nag se verblyf oor by die gastehuis, dan weet hulle nie waarheen nie. Nadya moet op 27 Februarie weer hospitaal toe gaan vir toetse. En op 7 Maart gaan daar dalk op haar geopereer word. Die twee welsynsorganisasies wat vir die vervoer en verblyf Kaapstad toe help betaal het, het laat weet die geld in Nadya se rekening is amper uitgeput. Nog skenkings is dringend nodig. Hulle berei hulle voor dat hulle maande hier sal moet bly, meen Melissa. Dit gaan duurder uitwerk om heen en weer te pendel. Nadya se pa, Ralph Stirk, woon buite Kaapstad en het aangebied dat hulle by hom kom bly, maar weens spanning tussen hom, Melissa en Christa, het hulle dit van die hand gewys. “Dit sal oorlog veroorsaak,” sê Melissa. Hulle is nie meer bymekaar nie. Melissa is al amper drie maande weens persoonlike redes by Ralph weg. Sy en haar ma is twee weke gelede met die trein uit Pretoria weg vir behandeling van Nadya (amper nege maande). Sy is met ’n waterhofie gebore. Die lugdruk in die vliegtuig sou vir haar te erg wees. Soos die naam aandui, word dié toestand gekenmerk deur oormatige opeenhoping van vloeistof in die brein. Die sogenaamde “water op die brein” is eintlik serebrospinale vloeistof – ’n helder vloeistof wat die brein en rugmurg omring. Die gevolg van ’n oormaat daarvan is ’n abnormale vergroting van ruimtes in die brein. Dit oefen potensieel skadelike druk op die omliggende breinweefsel uit. “Buiten haar koppie is sy volmaak en pragtig,” vertel Melissa. Op een van die foto’s tydens haar verjaardag skater klein Nadya vir die kamera. ’n Ruk later plaas Melissa op haar Facebook-blad: “Ja né… so sukkel mens maar voort.” Sy klink moedeloos en uitgeput oor die foon terwyl Nadya slaap. “Sy het die naweek klomp epileptiese aanvalle gehad. Vrydag heeldag en Saterdag halfdag. Daar is niks wat ’n mens kan doen behalwe om vir haar ’n Epilim-stropie (’n middel wat konvulsies kan voorkom) in te gee nie,” vertel Melissa. Waterhoofdigheid is by Nadya gediagnoseer toe haar ma 23 weke swanger was. Die een ná die ander ginekoloog in Pretoria, waar hulle in Waverley woon, het Melissa aangeraai dit sou beter wees om ’n aborsie te ondergaan. Skanderings het getoon Nadya sou buiten die waterhofie met ’n lys ander probleme gebore word. “Nadya is die liefde in my lewe,” sê Melissa. Sy sal bly veg om vir haar die beste behandeling te kry en ’n tweede stent te laat insit om water uit haar kop te dreineer. Haar kop is ’n allemintige 60 cm in omtrek.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/baba-met-waterhofie-moet-wag-om-te-hoor-oor-operasie-en-die-geld-droog-op/
SA se kommer en hoop - alle oë en ore vandag gespits op ons president se staatsrede
Pres. Jacob Zuma sal in sy staatsrede vanaand om sewe – terwyl verwag word die EFF kan die parlementsopening probeer ontwrig en 440 soldate vandag gereed staan om in te gryp – moontlik verwys na sake soos grondhervorming, ekonomiese herverdeling en raskwessies. Intussen het die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) gepeil wat Suid-Afrikaners regtig pla . . . en gesê waaraan Zuma allereers aandag behoort te gee. Die IRV sê ongeag politici se fokus daarop, toon hul jongste omvattende meningspeiling min Suid-Afrikaners beskou rassisme eintlik as ’n ernstige probleem. Hulle meen in die algemeen kwessies soos werkloosheid, swak dienslewering en misdaad is veel groter uitdagings. “Die IRV se omvattende peiling van die openbare mening toon net 3 persent van Suid-Afrikaners sien rassisme as ’n ernstige onopgeloste probleem. “Die meeste is baie meer bekommerd oor werkloosheid (40 persent), swak dienslewering (34 persent), onvoldoende behuising (18 persent), misdaad (15 persent) en swak onderwys (15 persent),” verklaar die instituut. Daarby het 72 persent van die respondente in die IRV se peiling gesê hulle het nog nie persoonlike ervaring van rassisme in hul daaglikse bestaan beleef nie. En die oorgrote meerderheid (84 persent) het saamgestem dat die verskillende rassegroepe mekaar nodig het – en oor gelyke geleenthede vir mense van alle kleure. Die meeste het ook min vertroue daarin dat rasgegronde wette en regulasies werklik lewens kan verbeter, of dat dit “deur meer grondhervorming” gedoen kan word. Kortom, dis bemoedigend dat die meeste Suid-Afrikaners blykbaar besef die beledigende en vyandige uitbarstings wat soms die rasdebat in Suid-Afrika oorheers, net ’n klein minderheid mense se siening verteenwoordig, sê die instituut. Maar hulle voeg by dat politici se rasse- en kolonialisme-retoriek wel blykbaar plek-plek groter inslag begin vind: Waar 62 persent van respondente in hul vorige opname saamgestem het met die stelling dat al die gepraat oor rassisme en kolonialisme te make het met politici wat die aandag van hul mislukkings wil aftrek, stem ’n beduidend laer 50 persent in die jongste opname daarmee saam. “Dit suggereer gewone burgers begin toenemend inkoop in ideologie wat die blaam vir voortdurende armoede op wit rassisme en bevoorregting plaas,” sê die IRV. Hulle wys ook op dié voorbeelde van “beduidende vordering” in die transformasie van die Suid-Afrikaanse werksomgewing, bate-eienaarskap en staatsinstellings: Die aantal swart topbestuurders het van 2000-2015 met 117 persent toegeneem; Aandelemark-eienaarskap deur swart Afrikane het tot 23 persent in 2013 toegeneem. Terselfdertyd het sulke wit eienaarskap met meer as die helfte gedaal; Teen verlede jaar was 64,5 persent van regters van ons hoër howe swart (swart Afrikaan, bruin en Indiër). In 1994 was sowat 98 persent van hulle wit. Die IRV meen ook rassetransformasie moet gemeet word aan die “ekonomies aktiewe en gekwalifiseerde bevolking” en nie die totale bevolking nie. “SA se onderrigvlakke skep ’n transformasie-plafon,” sê Gwen Ngwenya, die hoofbedryfsbeampte. Regeringsbeleid het sover nog nie daarin geslaag om ’n klomp hindernisse vir vooruitgang te oorkom nie en in sommige gevalle trouens die situasie vererger. Volgens die IRV se beleidsnavorsingsafdeling sluit die hindernisse in: ’n swak ekonomiese groeikoers, tans geraam op minder as ’n half persent per jaar, pleks van ’n verlange 6 persent; “een van die swakste openbare skoolstelsels ter wêreld”, ongeag die reusebelastingtoekennings vir onderwys; Die groot aantal studente wat nie na wense vorder by tersiêre instellings nie; Hardnekkig hoë werkloosheidsyfers, vererger deur arbeidswetgewing wat gewelddadige stakings aanmoedig, werkskepping kniehalter en dit moeiliker maak vir nievaardige werkers om werk te kry; ’n beperkte kleinsake-sektor wat sukkel om midde-in versmorende rompslomp, lae groei, en gebrekkige vaardighede te floreer. Red Suid-Afrika . . . Intussen het Sipho Pityana van die Save South Africa-drukgroep by ’n saamtrek genaamd “The Real State of the Nation Address” gesê burgers se reaksie op die groep se versoek dat hulle die huidige toedrag van sake in Suid-Afrika moet beskryf, kan in drie woorde opgesom word: “Nepotisme, korrupsie en staatskaping.” Hy het gesê die nasie het nie meer vertroue in Zuma se leierskap nie, die burgerlike samelewing vertrou hom nie en toenemend ook nie mense in sy eie party en dié se alliansie-bondgenote nie. “Moenie bodder om ons van ’n radikale (ekonomiese) agenda te vertel nie. Vertel ons eerder watter vordering jy in jou agt jaar as president gemaak het,” het Pityana gesê. Die greep van staatskaping ruk die hart uit ons staatsondernemings, vuur kwaai finansiële wanbestuur aan en bevorder ongehinderde plundering, het hy gewaarsku. Burgers moet saamstaan teen diefstal, korrupsie, magsmisbruik, die kontaminasie van staatsinstellings, die verwringing van die wetstoepassingstelsel vir politieke gewin en minagting vir ons Grondwet. Daarby moet hulle steeds onvermoeid bou aan ’n samelewing op grond van maatskaplike geregtigheid, menswaardigheid, gelykheid en demokratiese beginsels, het Pityana benadruk.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/sa-se-kommer-en-hoop-alle-oe-en-ore-vandag-gespits-op-ons-president-se-staatsrede/
Aanvalsgewere gebruik in rooftog van miljoene rande se juweliersware by SA lughawe
Ses verdagtes, tot die tande toe gewapen met R4/R5-aanvalsgewere en pistole, het Sondagaand ’n man by die Kaapse Internasionale Lughawe van R8 miljoen se juweliersware beroof. Die juweliersware is volgens berigte by ’n veiling in Johannesburg gekoop. Die man is glo ongeveer 22:45 by die lughawe in ’n lokval gelei. Hy en die vier privaatveiligheidsbeamptes wat hom vergesel het, is deur die verdagtes oorrompel. Die verdagtes het hul gesigte met klapmusse bedek. “Tydens die gewapende rooftog is een van die sekuriteitsbeamptes ook van sy privaatvuurwapen beroof,” het Frederick van Wyk van die SA Polisiediens bekend gemaak. Die verdagtes het na bewering in twee voertuie wat in Bellville en Maitland onderskeidelik gesteel is gevlug. Die wit Toyota Corolla en ’n blou BMW is later op die pad na die lughawe gevind. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Bronne: news24.com, ewn.co.za
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/aanvalsgewere-gebruik-in-rooftog-van-miljoene-rande-se-juweliersware-by-sa-lughawe/
Twee oorleef wonderbaarlik toe bouperseel in Durban in duie stort
Twee mans het ternouerdood ontkom toe ’n deel van ’n konstruksieperseel Donderdagoggend op die noordkus-pad in Durban in duie gestort het. Ceron Lennox van Rescue Care het gesê die twee mans, 42 en 22 jaar oud, was baie gelukkig om nie ernstiger beserings op te gedoen het nie. Met die paramedici se aankoms by die toneel was die 22-jarige reeds bevry. Die ouer man is egter deur ’n swaar sementblok in modder vasgepen. Dit het meer as twee uur geneem voor hy bevry kon word. Bron: news24.com
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/twee-oorleef-wonderbaarlik-toe-bouperseel-in-durban-in-duie-stort/
Vir die Voëls: Dis hoekom Sampie nie eers op Valentynsdag vir Irma blomme gee nie
Eindelik is dit weer hier, die een dag in die jaar waarna feitlik die hele wêreld uitsien: Valentynsdag. Sedert gister is dit ’n gejaag van ’n ander aard om ruikers en geskenkpakkies betyds afgelewer te kry. Al die ruikers bestaan hoofsaaklik uit vars blomme, en moet ook nie vergeet van die tonne en tonne sjokolade wat vandag verorber gaan word nie. Lees ook Irma en Sampie se wenverhaal Sampie is baie romanties. Ek is baie lief vir blomme en vandag is dit Valentynsdag no. 33 vir ons as getroude paartjie. Tog kry ek al die afgelope 32 jaar glad nie blomme van hom af nie. Nie een nie, zero, niekies, zilch! Om te verduidelik hoekom, moet ek heelwat verder terug begin. Toe ek klein was, het ons gereeld by my ouma-hulle gekuier. Een van my take was altyd om die kunsblomme te was wat die hele huis vol in vase gestaan het. Doerie jare was dit gemaak van sulke harde plastiek, presies dieselfde soort as wat gebruik is vir die kransies by ’n begrafnis. Elke jaar op Kersdag is so ’n bos kunsblomme begraafplaas toe geneem en in bondeltjies op al die geliefde gestorwenes se rusplekke geplaas. Dus het ek hierdie soort blomme met hartseer en die dood geassosieer. Jare later word sykousblomme toe die gier. Dis gemaak van draad in die vorm van blomblare en oorgetrek met skelhelder sykouse van verskillende kleure. Dit was eintlik aaklig, maar almal het dit gemaak en hul huise daarmee versier. Nog later is die blomme gemaak van kerswas. Mense het baie geld betaal vir die lelike goed wat sommer in erge hitte weggesmelt het. Kitsch op sy beste, maar almal het daarvan gekoop. Nou is ek by ons blommestorie. Dis ons eerste Valentynsdag as getroudes en ons is sewe weke getroud. Ek is by die hospitaal aan diens en tot my verbasing word ’n enorme ruiker na my gebring. Dis potblou, ’n kleur waaroor ek nie mal is nie. Die ergste is: Dit bestaan uit daardie harde plastiekblomme wat my altyd aan die dood laat dink. Ek neem die kaartjie en bêre dit in my sak. Dit het ’n lieflike boodskap van Sampie op. Die blomme gooi ek summier in ’n drom; ek kan net eenvoudig nie die assosiasie met die dood afskud nie! Lees ook: Die Vir die Voëls-DVD is amper hier – dis wat resensente van die fliek dink Tuis gekom, bedank ek Sampie hartlik. Hy vra: “Nou waar is die mooi ruiker dan?” “In die drom,” antwoord ek. Ons het nie toe nie en jok ook nie nou vir mekaar nie. Voor ek nog kan verduidelik, sê hy teleurgesteld: “Ek koop nooit weer vir jou blomme nie. Klaar!” Sampie het standpunt ingeneem en daarby gebly, ten spyte van my verduideliking later. Want sien, net soos ek die reg het op my geite en vreemde redenasies, het hy die reg gehad om geaffronteer te voel en dit te wys. Tot vandag toe kry ek nie blomme van hom af nie en ek neul nie daaroor nie. Dis daardie dag reeds uitsorteer, en dit is dit. Daar is altyd vars blomme in ons huis, wat ek self gepluk of gaan koop het. Ek is vreeslik lief vir blomme. Wat ek wel kry, is lekker sjokolade. Hope daarvan, en gereeld ook. En liefdesbriefies by die dosyne en oproepe elke dag om te sê hy is lief vir my. Want soos genoem, is Sampie baie romanties en ’n voorval met plastiekblomme gaan dit nie uitdoof nie. Lekker hartjiedag julle almal!
http://www.huisgenoot.com/vir-die-voels/vir-die-voels-dis-hoekom-sampie-nie-eers-op-valentynsdag-vir-irma-blomme-gee-nie/
Luister na 9-jarige se bloedstollende noodoproep: ‘My pa bestuur dronk!’
“Ek is ’n kind en ek dink my pa is dronk.” Só begin ’n bloedstollende oproep wat ’n negejarige meisie aan ’n Amerikaanse noodoproepsentrum gemaak het. Dit kan duidelik afgelei word die kind bevind haar in ’n motor saam met haar pa, en dat hy agter die stuur is. Sy weet ook nie waar hulle hul bevind nie. “Pappa, stop die vervlakste motor! Stop die motor en trek van die pad af,” pleit sy hoorbaar by die man agter die stuur. “Ek wil nie hê my pa moet tronk toe gaan nie, maar hy’s dronk,” sê sy dan. Danksy die kalm stem van die operateur kon hy gelukkig die meisie so ver kry om haar grootouers se adres te onthou. Sy en haar suster was saam met hul pa, Wesley Burgner (36), op pad van Atlanta na sy ouerhuis in Georgia. My latest … 9-year-old girl calls police while driving with ‘drunk’ father https://t.co/pyC2ibqxZj — Joshua Rhett Miller (@joshuarhett) February 7, 2017 Dit was juis by sy ouerhuis waar die polisie hom eindelik gevind en in hegtenis geneem het op klagte van dronkbestuur, die lewe van ’n kind in gevaar stel en bestuur sonder ’n geldige rybewys. Luidens berigte het Wesley gesukkel om te staan, gestrompel toe hy probeer loop en oor sy woorde gestruikel en gesukkel om sinvolle sinne te uiter toe die polisie hom vind. Hy het glo ook na drank geruik. Vir dié gesin het die rit genadiglik nie tragies geëindig nie. Maar dit kon soveel anders uitgedraai het. Is jy een van daardie wat altyd “net nog enetjie vir die pad” neem? Weet jy wanneer jy die limiet oorskry? Tydens die 2016-feestyd is daar meer as 2 500 bestuurders in Gauteng alleen vasgetrek vir dronkbestuur. Regtens mag bestuurders net 0,05 g alkohol per 100 ml bloed hê. Bestuurders mag as ’n reël net een eenheid alkohol per uur drink. Om baie water en sterk swart koffie te drink, ’n koue stort te neem of enige ander nugterword-wenke te beproef sal min doen om die alkoholvlak in jou bloed te verminder. Die oomblik vandat jy alkohol inneem, benodig jou lewer tyd om dit te verwerk. Alkohol verlaag jou reaksiespoed aansienlik, versteur jou sig en ’n hewige “kuier” die aand van tevore kan daartoe lei dat jy selfs die volgende oggend nog onder die invloed van drank kan wees. ’n Wynglas van 250 ml is sowat 3,3 eenhede, ’n bier is 1,25 eenhede en 25 ml whiskey of brandewyn is een eenheid. ’n Skemerkelkie en ’n sopie kan enige iets van 2 tot 4 eenhede per drankie bevat. As ’n bestuurder skuldig bevind word aan dronkbestuur, kan hy ses jaar tronkstraf of ’n boete van R120 000 kry, sowel as ’n opgeskorte rybewys en ’n misdaadrekord. Wat om te doen wanneer jy vir dronkbestuur afgetrek word: Bly kalm. Moenie inhegtenisneming weerstaan of gewelddadig raak nie. Jy wil nie jou kans op borgtog verminder nie. Jy het die reg om met waardigheid behandel te word en jy mag swyg. Luister aandagtig wanneer jou regte voorgelees word. Jy moet jou volle naam aan die polisiebeampte verstrek. Jy het die reg om iemand te bel, hetsy ’n familielid, vriend of regshulp. Jy mag nie weier om ’n bloedmonster te gee nie. Die distriksgeneesheer, verpleegster of mediese amptenaar by die gevangenis sal binne twee uur ná jou inhegtenisname ’n bloedmonster neem en aan die staatslaboratorium gee vir toetse. Volg die opdragte van die offisier wat jou in hegtenis neem. Die kans is goed dat jy in die polisiekantoor gehou sal word tot jy weer nugter is en jy kan met ’n waarskuwing vrygelaat word en verplig word om binne 48 uur in ’n hof te verskyn. Jy kan ook oornag toegesluit word. Maak seker dat jy die besonderhede en naam van die polisiekantoor waar jy gehou word, die saaknommer en die naam van die ondersoekbeampte kry. Jou regsverteenwoordiger gaan dié besonderhede benodig. Bronne: fox8.com, abcnews.co.com, nypost.com, arrivealive.co.za, aa.co.za
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/luister-na-9-jarige-se-bloedstollende-noodoproep-my-pa-bestuur-dronk/
KİNOANONS
http://sia.az/az/news/sport/595988-kinoanons
2015-05-03 15:43:00
Groot Trek terug Kaap-toe
Die land ervaar tans die werklikheid van die Groot Trek, terug Kaap toe. Net soos die werklike Groot Trek wat van 1834 tot 1838 plaasgevind het, het die huidige een ook ‘n groot invloed op die land se demografie, eiendomme en arbeidsmark. Hierdie mening is uitgespreek deur Magnus Heystek, ‘n Beleggingstrateeg, in ‘n verslag oor hierdie nuwe tendens. Vir diegene wat regdeur hul skoolloopbaan in die geskiedenisklas gesit en slaap het, weet dalk nie wat die Groot Trek was nie. Die Groot Trek is die benaming vir die aksie toe die hoofsaaklik Afrikaans/Hollands-sprekende inwoners gevoel het dat hulle genoeg gehad het van die Engelse Koloniale regering in die Kaap, al hul besittings met hul vroue, kinders en slawe wat pas vryheid verkry het, op hul waens gepak en die Noordelike wildernis aangevat het in hul soektog na vryheid en grond waar hulle self beheer oor sal uitoefen en hul heil daar vind. Die Groot Trek het die streke wat sedert die vestiging van die trekkers bekend staan het as die Vrystaat, Noord Kaap, Natal, Transvaal en selfs gedeeltes van Bechuanaland, wat vandag deel uitmaak van Botswana, deurkruis en gevestig waar hulle ‘n redelike rustige bestaan gevoer het, met net hier en daar botsings met die inheemse inwoners van Afrika wat op hulle beurt weer besig was om vanaf sentraal Afrika na die Suide af te beweeg. Die Groot Trek was glad nie ‘n Calvinistiese kruistog soos dit in geskiedenisboeke en in die friese teen die mure van die Voortrekker Monument uitgebeeld word nie. Daar was verseker diegene wat deur geloofsoortuiging gedryf is, maar daar was ook ‘n paar vrye-geeste wat so ‘n bietjie stoutigheid aangevang het, soos uitgebeeld deur Robin Binckes in sy omstrede boek “Canvass Under the Sky’ (2012) waarin hy daarop wys dat baie ruiltransaksies met die inheemse bevolking gemaak is vir dagga en selfs vroulike vermaak. Die Groot Trek was indirek verantwoordelik vir die ontdekking van diamante in die Kimberley gebied in 1867. Daarna was dit die goud aan die Witwatersrand, wat die myn- en industriële rewolusie, wat vir die grootste bydra tot ekonomiese uitbreiding gedurende die 20 ste eeu verantwoordelik was, afgeskop het. Heystek wys daarop dat hy heelwat aanvegbare historiese gebeurtenisse waarop hy aangevat kan word in die verslag uitlaat het, aangesien dit nie ter sake is in dit wat hy wil bewys nie. Vir die grootste gedeelte van die twintigste eeu was die rykdom in Suid-Afrika geskoei op die ontluikende myn-industrie. As jy wou ryk word in Suid-Afrika gedurende hierdie tydperk, het jy koers gevat na die goue mynhope van Johannesburg om jou fortuin in mynbou, myn-finansiering en die dienste sektor, wat ‘n groot ondersteunende rol in hierdie groot en steeds groeiende industrie vervul het, te maak. Gedurende 1970 was Suid-Afrika byvoorbeeld die top produsent van goud in die wêreld met 1000 ton goud wat geproduseer is. Hierdie jare was ook getuienis van Kaap-gebaseerde besighede wat uitgebrei het na die vooruitstrewende myn- en kommersiële hoofkantore van die land met byvoorbeeld Naspers wat die Beeld in die noorde in 1974, as teenvoeter vir die eens magtige Perskor, versprei het. Salarisse en lone asook eiendomspryse was altyd laer in die Kaap as in Johannesburg. Kaapstad was nie verniet Slaapstad genoem nie. Watter stad in die land, of te wel in die wêreld, bou ‘n super-snelweg wat, tot vandag toe, eenvoudig onvoltooid in die middel van die stad ophou? Of ‘n stad waar iemand toegelaat word om drie van die lelikste geboue ooit – die sogenoemde “tampon towers” – reg voor een van die mees herkenbare natuurlike erfenis bakens, Tafelberg, te bou? Stellenbosch, aan die ander kant, ‘n studentedorp wat bekend was vir sy landgoedwyne, vrugte en die rugbyspelers wat dit gelewer het onder die legendariese Danie Craven as afrigter. Tog het dit gedurende hierdie periode ‘n sakereus in die vorm van Anton Rupert opgelewer. ‘n Man wat Remgro en daarna Richmond tot wêreldklas ondernemings opgebou het. Dit was toe – en nou die hede. So het alles verander. In minder as twintig jaar het die wiel van geluk gedraai, en sommer nog verder gedraai. Wat begin het in die jaar 2000 met mense wat vanaf Gauteng, asook ander dele van die land, drupsgewys suid begin beweeg het, meestal om af te tree, het nou verander in ‘n volskaalse vloed van welaf mense en mense met vaardighede wat Kaap toe trek in die algemeen, en spesifiek die Wes Kaap. Hierdie beweging het verder momentum verkry toe die Demokratiese Alliansie (DA) die totale politieke bestuur van eers Kaapstad, en later die hele provinsie in 2009, oorgeneem het. Dit is ‘n onbetwisbare feit dat die munisipaliteite van die Wes Kaap beter, met meer vaardighede, en met minder korrupsie en vermorsing van fondse bestuur word as enige ander stad in enige ander deel van die land. Heystek noem as voorbeeld dat hy op die internet inligting gesoek het om navrae te doen aangaande die registrasie van ‘n motorvoertuig op sy naam. Op die webblad was daar die opsie om ‘n e-pos aan hulle te rig vir nadere inligting, wat hy ook gedoen het en daarmee saam ook sy selnommer ingevul. Hy het byna van sy stoel afgeval toe hy die volgende dag ‘n oproep ontvang van ‘n baie vriendelike klerk wat verneem of hy bevredigende antwoorde gekry het op sy navrae. “ Dit is ondenkbaar dat dit sou gebeur in die groot metropolis van Johannesburg waar hul vasgevang is in ‘n gesentraliseerde burokrasie wat vergelyk kan met die moderne ekwivalent van ‘n wortel-kanaal behandeling sonder om verdowingsmiddels te gebruik.” Die tyd dat dit hoofsaaklik pensionarisse is wat afgetrek het Kaap toe, is reeds lankal verby. Deesdae is dit ‘n immer-groeiende aantal jong gesinne, met skoolgaande kinders, wat hulself in veral Stellenbosch, Paarl, Somerset Wes en Kaapstad vestig. Niemand weet wat die werklike toedrag van sake is nie aangaande hierdie verhuisings vanaf die noorde nie – iemand het by iemand anders gehoor – maar na bewering het sowat 45 000 gesinne gedurende die afgelope jaar hulle in formele woongebiede in die Wes Kaap gevestig. Niemand weet hoe hierdie sommetjie gemaak is nie – die feit is, dit dra meriete. Voeg hierby die gerugte van ‘n verslag wat daarop sou wys dat sowat 75% van die hoër netto inkomste groep van die wit bevolking binne die volgende tien jaar in die Wes Kaap sal woon. Ongelukkig bestaan daar nie ‘n afskrif van hierdie verslag nie. Verlede jaar, tydens ‘n beleggings-seminaar wat deur Brenthurst Wealth in samewerking met Moneyweb by die Val de Vie landgoed buite Paarl aangebied is, was meer as 75% van die mense aanwesig eks-Gautengers. Val de Vie het onlangs met Pearl Valley saamgesmelt en is tans seker die grootste enkel residensiële ontwikkeling, groter as Steyn City, wat tans ‘n hedendaagse goud-koors vir sy beskikbare standplase ervaar, met rekordverkope maand na maand. Die duurste standplase in die sogenaamde “Here-Landgoed” wissel van R8 tot R12 miljoen elk en is juis die standplase wat die vinnigste verkoop. Dieselfde is besig om in die res van die Wes Kaap te gebeur waar residensiële ontwikkelings basies uitverkoop word sodra dit op die mark kom. Binneland word die beskikbaarheid van grond beperk as gevolg van die baie duur en skaars-wordende landbou-eiendomme wat hoofsaaklik vir die verbouing van druiwe en koring aangewend word. Die gemiddelde prys van huise in die Wes Kaap is nou sowat 40% hoër as die gemiddelde pryse in Gauteng en ander gedeeltes van die land, ‘n verskil wat net groei en groei. Daar is ander faktore wat ook bydra tot die Groot Stormloop na die Suide. Hier speel die internet ‘n groot rol aangesien daar ‘n toename in werk is wat deur die internet gedoen kan word, wat jou nie meer tot ‘n geografiese gebied beperk nie. Jy kan in die Wes Kaap bly en ‘n verdienste regoor die hele wêreld verdien. Soos hierdie tendens groei, verkies al hoe meer mense om in gebiede te woon wat nie noodwendig naby hul kantoor is nie. Die swakker rand het ook ‘n invloed op hierdie verskuiwing. Teen R7 en minder vir ‘n dollar is dit dalk nog die moeite werd om jouself oorsee te vestig. Teen R14 vir ‘n dollar is hierdie opsie vir die meeste mense neusie verby. Baie mense wat graag Kaap-toe wil trek, skop vas sodra hulle besef wat hulle sal moet inboet ten opsigte van wat hulle het en wat in die Kaap beskikbaar is. Ander vat dit soos dit kom en is bereid om ‘n kleiner huis te aanvaar as die prys om in die Wes Kaap te kan bly. Niemand kan sê vir hoe lank hierdie tendens sal voortduur nie. Die stadium sal bereik word dat dit sal afneem omdat diegene wat die Groot Trek aangevat het, dit reeds gedoen het. Tans is die Wes Kaap se residensiële eiendom mark die enigste ligpunt vir plaaslike beleggers in ‘n baie depressiewe res van die land. Magnus Heystek is ‘n beleggingstrateeg by Brenthurst Wealth. hy kan gekontak word by [email protected] vir ideë en beleggings.
https://www.kwevoel.co.za/2017/02/16/groot-trek-terug-kaap-toe/
2017-02-16 14:49:42
AfriSake staan onteiening sonder vergoeding ten sterkste teen
AfriSake sê hy sal nie huiwer om regsaksie in te stel ten einde die Grondwet te beskerm, te verdedig en te handhaaf nie. “Sou die regering enige vorm van wetgewing goedkeur wat poog om eiendomsreg in Suid-Afrika te ondermyn, sal dit met sterk teenkanting gekonfronteer word,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis verbonde aan AfriSake. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het tydens die debat na afloop van president Jacob Zuma se staatsrede, gesê dat eiendom vir doeleindes van grondhervorming sonder vergoeding onteien moet word. Dit was die minister se bydrae ter ondersteuning daarvan om Zuma se ideaal van radikale sosio-ekonomiese transformasie met betrekking tot grondhervorming, te verwesenlik Greyling sê voorts dat dit wil voorkom asof die regering poog om dieselfde roete te volg wat in Zimbabwe geneem is met betrekking tot eiendomsregte. Dit word veral duidelik wanneer die minister daarna verwys dat die nodige grondwetlike wysigings gemaak moet word om die proses in werking te stel. Die spesifieke artikels in die Grondwet wat tans die verkryging van eiendom deur die staat sonder om vergoeding te verskaf verbied, is artikels 25(2)(b) en 25(3). Hierdie artikels bepaal dat die onteiening van eiendom aan regverdige en billike vergoeding onderhewig is, asook hoe dit bereken moet word. Die voorstel dat wysigings daaraan gemaak moet word beteken in eenvoudige terme dat die regering meer as bereidwillig is om op privaat eiendomsregte inbreuk te maak ten einde sy politieke agenda te bevorder sonder enige voorbedagtheid vir die nagevolge wat hieruit kan voortspruit. Graderingsagentskappe kyk indringend na wetgewing en regeringsbeleid wat ’n negatiewe uitwerking op eiendomsregte en eienaarskap in ’n land het, wanneer ’n land se kredietgradering bepaal word. Indien die regering ernstig is oor onteiening sonder vergoeding, is ’n skerp afgradering ’n naderende gevaar. President Zuma het die Grondonteieningswetsontwerp na die parlement teruggestuur weens bedenkinge oor openbare deelname en of dié wetsontwerp grondwetlike inspeksie sal slaag. “Die wetsontwerp maak steeds voorsiening dat regverdige en billike vergoeding ’n vereiste is, maar ons weet nou dat dit die regering se voorneme is om van hierdie vereiste ontslae te raak.”
http://www.kwevoel.co.za/2017/02/15/afrisake-staan-onteiening-sonder-vergoeding-ten-sterkste-teen/
2017-02-15 20:46:22
Milde neerslae maak damme vol
Die Thabazimbi dorp en omgewing het sedert die begin van die jaar meer as die gemiddelde neerslae vir hierdie tyd van die jaar gehad. So tussendeur was daar ook hier en daar ’n wolkbreuk wat die omgewing getref het. Die eerste was in die Setaria omgewing waar 114mm op 4 Januarie geval het en water eenvoudig deur die landerye gespoel het op pad na die Krokodilrivier. Die Bierspruit is in vloed en die pad na die Rooidam-kleinhoewes totaal onder water. Die water het ook etlike meters in die pad wat na die kleinhoewes lei opgestoot. By party plotte moes die eienaars die varke en ander kleinvee se hokke oopmaak om te verhoed dat hulle daar vasgekeer word en verdrink. Die Krokodilrivier is huidig ’n paar meter onder die brug oor die rivier op die Thabazimbi-Rustenburgpad. Die vol rivier veroorsaak dat Bierspruit se water nie alles kan inloop nie en stoot dit redelik wyd uit by die samevloeiing van die spruit en die rivier. Die drif by Elandskuil is ook onder water met die rivier wat vol vloei. Die hele omgewing het goeie neerslae gehad en in sekere gedeeltes het daar sedert die begin van die jaar meer as 600mm gereën. Die pad tussen Thabazimbi en Brits was Woensdag onder water maar geen verdere berigte is hieroor ontvang nie. Die Elandsrivier het ook afgekom en in die omgewing van Sun City het die rivier ook oor die pad gestoot. Vaalkopdam, wat einde verlede jaar maar sowat 16% vol was en wat deur die Elandsrivier gevoed word, is tans 102% vol. Buiten die groot neerslae in Gauteng waarvan baie van die afvloei in die Hartbeespoortdam, wat nou op 98% vol staan, beland en die Krokodilrivier op sy verdere pad Noordwaarts verder voed, eindig die water uit die Vaalkopdam ook uiteindelik in die Krokodilrivier voordat dit by Thabazimbi verbyvloei. Daarby is die Roodekoppiesdam en Klipvoordam ook vol of byna vol. Alle verdere neerslae sal verseker dat al hierdie damme ook oorloop, indien dit nie reeds die geval is nie. Die grond is versadig aan water en al die reënwater loop eenvoudig weg in die riviere en spruite. Sover dit vasgestel kon word, is daar nog nie waarskuwings van moontlike oorstromings vanaf Magalies Water ontvang nie. Indien die reën neerslae volhou, is die moontlikheid van oorstromings in die laerliggende besproeiings-gebiede vanaf Koedoeskop tot by Makoppa nie uitgesluit nie.
http://www.kwevoel.co.za/2017/02/03/milde-neerslae-maak-damme-vol/
2017-02-03 06:52:23
Suid-Afrikaners werk saam aan internasionale klimaatsverandering-verslag
Drie Suid-Afrikaners, ‘n klimaatkundige van die WNNR, Dr Francois Engelbrecht, Anton Cartwright van die Afrika-sentrum vir Stede, en Penny Urquhart, ‘n onafhanklike spesialis oor klimaat-veerkragtigheid, is gekies om deel te wees van ‘n interregeringspaneel om ‘n spesiale verslag oor klimaatsverandering saam te stel. Altesaam 86 kundiges uit 39 lande sal in afsonderlike afdelings daarvan werk. Engelbrecht het gesê dat alle lande wat die Parys-ooreenkoms onderteken het, Suid-Afrika inkluis, gaan dit bitter moeilik vind om in die toekoms enige nuwe steenkoolkragstasies te bou. Internasionale finansiering daarvoor gaan eenvoudig opdroog. Engelbrecht het gesê die globale temperatuur het reeds met 1 °C bo die pre-industriële vlak gestyg. Die drempel (van 1 °C) is gedurende Desember 2015 tot Februarie 2016 bereik. In daardie somermaande is die hoogste temperature ooit in Suidelike Afrika gemeet, het Engelbrecht gesê. “’n Geweldige sterk gekoördineerde internasionale poging sal nodig wees om binne die volgende drie dekades radikaal weg te beweeg van steenkool as energiebron”, het Engelbrecht gesê. Volgens hom lê die antwoord vir ’n wêreld wat wil vooruitgaan, in ’n energie-mengsel wat bestaan uit hernieubare bronne saam met kernkrag. ’n Styging van 2 °C in globale temperatuur sal vir Suidelike Afrika ’n styging van 4 °C beteken, het hy gewaarsku. Daarmee saam gaan meer droogtes, hittegolwe en voedselnood, asook tropiese siklone, die streek se voorland wees. “Ons is die laaste geslag wat die aarde vir ons nageslag leefbaar kan maak.”
https://www.kwevoel.co.za/2017/02/22/suid-afrikaners-werk-saam-aan-internasionale-klimaatsverandering-verslag/
2017-02-22 17:24:42
Polisie slaan toe op Dwelmfabriek in Limpopo
Die polisie in Limpopo het Dinsdagaand op ’n dwelmfabriek in die Dennilton-gebied toegeslaan waar daar op meer as R10 miljoen se Mandrax beslag gelê is. Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting van die dwelmfabriek in die Thabakhubedu-nedersetting buite Dennilton ontvang. Die mense wat by die dwelmfabriek betrokke was, was glo ook deel van ’n motordiefstalsindikaat. Twee mans, onderskeidelik 26 en 39 jaar oud, is op heterdaad betrap en in hegtenis geneem. Hulle sal eersdaags in die Moutse Landdroshof verskyn op verskeie aanklagte waaronder die besit van gesteelde voertuie, die vervaardiging van dwelms, sowel as handel in dwelms. Twee van hul makkers het gevlug. Mojapelo sê die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, sowel as die honde-eenheid, forensiese ondersoekers en die Groblersdal-polisie, was deel van die klopjag. Daar is op toerusting beslag gelê wat gebruik is vir die vervaardiging van Mandrax. “Die toerusting is sowat R2 miljoen werd,” sê Mojapelo. Die polisie het ook op chemikalieë wat gebruik word in die vervaardiging van Mandraxtablette, sowel as industriële stowe waarop die brousels gekook is, beslag gelê. Vyf groot sakke van 25 kg elk vol poeier wat gebruik word om Mandraxtablette te vervaardig, is ook gevind. “Die straatwaarde daarvan is sowat R10 miljoen,” sê Mojapelo. Daar is ook op R29 820 in kontant in die fabriek beslag gelê. Twee gesteelde voertuie, ’n Ford Meteor en ’n Nissan NP300-bakkie, wat in 2009 in Thabazimbi gesteel is, is by die fabriek gekry. Mojapelo sê nog mense sal in hegtenis geneem word. Bron NETWERK24
http://www.kwevoel.co.za/2017/02/22/polisie-slaan-toe-op-dwelmfabriek-limpopo/
2017-02-22 17:30:39
Chris Else en Refentse by die Kunstegrot
Hierdie week maak twee betreklik nuwe (vir Thabazimbi) kunstenaars ‘n draai by die KunsteGrot op Thabazimbi. Hulle is naamlik die jong opkomende Afrikaanse sanger, Chris Else, en die nuwe sensasie, Refentse Moraka. Die twee sing in hul eie taal, saam en apart. “Hou vas aan jou stoel, dit is glad nie ‘n drukfout nie.” Chris Els sing in Zulu en Afrikaans en Refentse op sy beurt in Afrikaans en Sesotho/Zulu. Die twee is hierdie week Donderdag, 9 Februarie, saam op die KunsteGrot se verhoog en teatergangers sal beslis nie teleurgesteld wees nie. Soos Chris self sê, vir die wat nog twyfel, Refentse se Afrikaans is beter as sy eie. Op 23 jarige ouderdom het Chris reeds as opkomende kunstenaar die afgelope drie jaar die verhoog gedeel met ander kunstenaars soos Adam Tas, Ray Dyllan en Steff Kruger en alleen op die verhoog by talle feeste, funksies, partytjies en huweliksonthale. Chris, oorspronklik vanaf Potties in Limpopo, het hom in die Kaap hervestig vanwaar hy meer blootstelling kry. Refentse het op ‘n heel ander manier blootstelling bekom. Op ‘n dag stap ‘n tannie in Vereeniging verby ‘n jong seun wat sing in sy tuin. Refentse Morake sien die tannie stap, en hou op met sing. Sy stap verby en hy sing verder. Sy stem bly haar egter by en sy bel hom later om te sê dat hy ‘n draai by haar huis moet kom maak. Sy neem hom sommer met die selfoon af, terwyl hy sing, en plaas dit op haar Facebook en Suid-Afrika se nuwe internet sensasie is gebore. Refentse Morake is ‘n splinternuwe, jong entoesiastiese kunstenaar, gevul met passie, nie net vir sy sangloopbaan nie, maar vir die lewe en alles wat na sy kant toe kom! Dit is dus heerlik om met groot trots sy debuut album bekend te stel. Refentse sal jou bekoor op My Hart bly In ‘n Taal. Besoek gerus die volgende skakel vir ’n skelm voorskou na Chris en Refentse se vertoning. Vir bespreking skakel Rita by 083 744 8559. https://www.facebook.com/anette.burden.5/videos/660760914079784/?hc_ref=PAGES_TIMELINE Die vertoning begin op 19:00 en kaartjies kos R130 per persoon. Die volgende filmvertonings word ook by die KunsteGrot gedurende Februarie en Maart vertoon: 17 en 18 Februarie: – Vir die Voëls – ‘n film wat jy eenvoudig nie moet misloop nie. 3 en 4 Maart: – Jou Romeo en 17 en 18 Maart: – Jagveld Alle Filmvertonings begin Vrydae om 19:00 en Saterdae om 10:30. Vir meer inligting en prys van kaartjies, skakel Rita by 083 744 8559.
https://www.kwevoel.co.za/2017/02/07/chris-else-en-refentse-die-kunstegrot/
2017-02-07 14:34:23
Chris Else verras Gr 12’s by HFM
Die jong opkomende sanger, Chris Else, het die Gr 12’s van HFM vermaak op aandrang van sy neef, John Jacquet, ‘n graad 12 leerling by HFM. John het as deel van ‘n projek in Afrikaans Huistaal Mondeling, die kunstenaar gereël en moes hom aan die gehoor bekendstel. Dit was ‘n puik vertoning en het bygedra om die Gr 12’s in die regte stemming vir die komende Interhoër te te plaas. “Chris, jy het spore in ons harte getrap en met “I am I said” Neil Diamond uitstekend vertolk!” Op die foto bo is Chris Else (links) en sy neef, John Jacquet, saam met die Afrikaanse onderwyseres, me Francis Coetzee. Chris Else het saam met Refentse, verlede Donderdag die gehoor by die KunsteGrot met hul vertoning oorrompel. – Sien vroeëre berig in Kwêvoël Nuusbrief. Related
http://www.kwevoel.co.za/2017/02/16/chris-else-verras-gr-12s-hfm/
2017-02-16 17:29:36
Ou dame dalk uit slaap wakker gemaak
Thabazimbi Kumba Ysterertsmyn, die ou dame wat haar deure gedurende September 2016 nadat die myn vir 80 jaar in bedryf was moes sluit en talle werknemers afgedank is, kry dalk ‘n nuwe kans dat daar dalk weer gemyn gaan word. Reuters berig dat ‘n ooreenkoms met ArcelorMittal Suid-Afrika (AMSA) bereik is nadat Kumba en sy filiaal, Sishen Iron Ore Company, wat 76% aandele besit, die myn teen die prys van R1 aan ArcelorMittal SA oorgedra het. Sover dit rehabilitasie aan betref, beteken dit dat AMSA, wat tot voor hierdie ooreenkoms in elk geval 96% verantwoordelik daarvoor was, nou die volle aanspreeklikheid dra. Wim de Klerk, Hoof uitvoerende bestuurder van ArcelorMittal, sê dat sy maatskappy oorweeg die heropening van die myn om sy bronne van ystererts aan te vul. Thabazimbimyn het voor sy sluiting uitsluitlik ystererts aan ArcelorMittal gelewer. Die oordrag van die myn is steeds onderhewig aan bepalende voorwaardes soos vervat in Seksie 11 verandering in beheer permit van die Departement van Minerale Hulpbronne en ‘n AMSA omsigtigheidsondersoek en mededingings toestemming vrywaring. AMSA sal ook 63 Kumba werkers in diens neem wat tans betrokke is by die rehabilitasie van die myn. “Die oordrag van die Thabazimbimyn na AMSA is bewys van Kumba se volgehoue ondersteuning tot voordeel van die plaaslike begunstigdes,” het Themba Mkhwanazi, Hoof Uitvoerende bestuurder van Kumba gesê. Daar kan self wyer voordele hieraan verbonde wees. Kumba het die afgelope 12 maande vinnige transformasie ondergaan wat ingesluit het die herontwerp van die Sishen-myn sodat die myn meer koste-effektief bedryf kon word, veral met inagneming van die laer prys van ystererts. Alhoewel 4 000 werkgeleenthede daarmee heen is, het dit Kumba in staat gestel om van sy skuldlas ontslae te raak, en met die bydraende faktor van ‘n beter prys vir ystererts, het dit hoogs mededingend in die kapitale mark geword. In vergelyking met die haglike posisie van ‘n jaar gelede, het Kumba hierdeur grootliks van sy riskante beeld ontslae geraak.
https://www.kwevoel.co.za/2017/02/09/ou-dame-dalk-uit-slaap-wakker-gemaak/
2017-02-09 22:00:30
Koedoeskop-boere se lande onder water
Talle lande langs die Krokodilrivier, wat deel is van die Koedoeskop Besproeiings Skema, was vanoggend, Vrydag 24 Februarie, omstreeks 08:00 reeds onder water met die Krokodilrivier wat oor sy walle geklim het. Die rivier styg reeds en alhoewel die water by die Blou-brug by die Northam Thabazimbi/Brits aansluiting blykbaar reeds begin daal, het die volle vloed nog nie die Koedoeskop gebied getref nie. Annerie Ehlers berig vanaf Koedoeskop dat honderde hektaar sojaboon- en sonneblom-lande reeds in die slag gebly het. Op hierdie stadium kon die totale omvang van die skade nog nie vasgestel word nie. Die mielieoeste hang af van of die koppe onder water was en hoeveel gaan vrot van die baie water. Die meeste huise wat gedurende die vorige vloed binne die vloedlyn was, is afgebreek en het inwoners nuwe huise op hoër laat bou. Op hierdie stadium lyk dit nog nie of daar huise ontruim moes word nie. By die plaas Kromdraai van Chris en Gert Ehlers is die impak redelik sigbaar in die aangehegte foto’s. Alhoewel meer as 500mm in die gebied sedert Januarie geval het, is die meeste water afkomstig uit die damme in die opvangsgebied van die Krokodil-, Pienaars- en veral die Elandsrivier. Die Elandsrivier het op ’n stadium oor die brug tussen Mogwase en Rustenburg gestroom en dit is dalk beter om eerder die pad verby Sun City en Bosbokrand te neem om Rustenburg te bereik. Geen nuwe nuus is ontvang aangaande die pad tussen Thabazimbi en Brits nie, alhoewel daar vroeëre gerugte was dat die pad naby Assen en Atlanta ook onder water was. Met die groot neerslae in die opvanggebied van die Elandsrivier was die Vaalkopdam, wat nie oor sluise beskik nie, gister sowat 126% vol. Dit het afgeneem na 106% vanoggend, en hierdie water moet nog die Koedoeskop-gebied tref. Enige verdere inligting kan aan Kwêvoël gestuur word by [email protected]. Stuur asseblief fotomateriaal in die oorspronklike grootte (2M en groter).
http://www.kwevoel.co.za/2017/02/24/koedoeskop-boere-se-lande-onder-water/
2017-02-24 10:49:08
Adv. Gerrie Nel aangestel as hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid
Adv. Gerrie Nel het as staatsaanklaer bedank en sal vanaf 1 Februarie 2017 hoof van AfriForum se nuwe privaat vervolgingseenheid wees. Suid-Afrikaanse wetgewing maak privaat vervolging moontlik in gevalle waar die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit om iemand wat van ’n misdryf verdink word nie te vervolg nie. Volgens Nel het hy besluit om die pos by AfriForum te aanvaar omdat hy bekommerd is oor die persepsie dat die NVG geneig is tot selektiewe vervolgings en dat almal skynbaar nie gelyk is voor die reg nie. “Ek glo in die oppergesag van die reg. AfriForum se pasgestigte privaat vervolgingseenheid bied aan my die geleentheid om vanuit die burgerlike samelewing te help verseker dat almal, ongeag posisie, gelyk is voor die reg. Ek en AfriForum is nou in ’n posisie om korrupte persone wat nie deur die NVG vervolg word nie self te vervolg,” sê Nel. Die Grondwetkenner prof. Pierre de Vos, sê AfriForum sal hom waarskynlik tot die konstitusionele hof moet wend voordat hy sy beoogde private vervolgingseenheid van die grond af sal kan kry. Ingevolge artikel 7 van die Strafproseswet mag ’n privaatpersoon iemand privaat vervolg as die Nasionale Vervolgingsgesag besluit om nie vervolging in te stel nie. Artikel 8 van die Strafproseswet laat wel toe dat ’n statutêre liggaam ’n private vervolging instel, maar AfriForum is nie ’n statutêre liggaam nie. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê Nel se aanstelling is ’n reusestap vorentoe in AfriForum se stryd teen korrupsie en die plundering van belastingbetalers se geld. Volgens Kriel vertrou hy dat Nel se aanstelling ’n duidelike boodskap aan korrupte politici en amptenare op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak sal stuur dat hulle nie langer weens hul politieke kontakte van vervolging gevrywaar is nie. “Korrupte persone moet besef dat niemand bo die reg verhewe is nie, selfs nie die land se president nie,” sê Kriel. Nel gaan nou met ’n proses begin om ander kundiges by AfriForum se privaat vervolgingseenheid te betrek om te verseker dat AfriForum oor die sterkste moontlike vermoë beskik om in te tree waar die strafregstelsel versuim om geregtigheid te laat geskied. Volgens Nel gaan hy begin met ’n ondersoek om te bepaal watter openbare amptenare teen wie daar ’n sterk saak is nie vervolg word nie. Kriel het daarop gewys dat, hoewel dit baie duur is om privaat te vervolg, beteken Nel se aanstelling by AfriForum dat privaat vervolging nie meer ’n onhaalbare droom is nie. AfriForum sê by monde van Kriel dat elke lid van die publiek ’n groot rol kan speel om die nuwe vervolgingseenheid sterker te maak deur tot die regskoste by te dra. Om dit maklik te maak, is ’n stelsel geskep waardeur die publiek R10 vir die regskoste kan skenk deur bloot hul name na 38312 te SMS. Foto: Rozier van Tonder, AfriForum
http://www.kwevoel.co.za/2017/02/01/adv-gerrie-nel-aangestel-hoof-van-afriforum-se-privaat-vervolgingseenheid/
2017-02-01 09:22:08
Mielieboere in Thabazimbi distrik word bedreig
Reuters berig dat Thabazimbi boere ook kennis moet neem dat die Suid-Afrikaanse Landbou Ministerie besig is om insekdoder te registreer vir gebruik teen die nuwe plaag wat die Suid-Afrikaanse mielieproduksie bedreig. Amptelike bevestiging word ingewag dat hierdie plaag in die vorm van die herfs-kommandowurm wat sedert Desember groot skade aan oeste in Zambië, Zimbabwe en onlangs ook Malawi aanrig, verwant is aan die plaaslike gebruiklike Afrika-kommandowurm. Dit is oorspronklik vir groot verliese in Suid-Amerika verantwoordelik, maar is in 2016 die eerste keer in Wes- en Sentraal-Afrika opgemerk. Lande waar bevestigde gevalle van hierdie plaag voorkom, staar uitvoer verbod op graan produkte in die gesig aangesien kommandowurms as ‘n kwarantyn-pes geklassifiseer word. Hierdie pes, wat ‘n voorliefde vir mielies, die stapelvoedsel het, kan uitgebreide skade aan oeste veroorsaak. In die Thabazimbi distrik is die plaag reeds in die Holfontein-distrik naby Dwaalboom opgemerk. Met die baie reën wat die afgelope paar weke in die gebied geval het, kan boere nie in die lande kom om daarteen te spuit nie. Volgens gerugte is daar boere wat hulle hele mielie-oes tot teen die grond afgesny het om te verhoed dat dit verder versprei en groot skade aanrig. Mnr Jan Hendrik Venter van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, sê hulle het nog net foto’s gesien van wat vermoedelik herfs-kommandowurms by onder meer Mokopane kan wees, en wag nou vir wetenskaplike bevestiging. Hy doen ’n beroep op boere om hom dadelik by 072 348 8431 of 012 319 6384 te skakel indien enige verdagte wurms op hul plase of in hul lande opgemerk word. Die Landbounavorsingsraad se biosistematiek-afdeling by die Instituut vir Plantbeskerming op Roodeplaat sal amptelik bevestig of die wurm wel die herfs-kommandowurm is. Die departement staan ook reg om boere te help om die mees doeltreffende en omgewingvriendelike beheerplan uit te werk, sê Venter. Hy voeg by dat dit reeds lyk asof die herfs-kommandowurm teen piretroïed-beheermiddels weerstandig mag wees. Dr Gerhard Verdoorn, plaagbestrydingspesialis en direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum, sê hy het oor die naweek ook berigte van wat moontlik herfs-kommandowurms kan wees, uit die Vrystaat ontvang. Hy kan by 082 446 8946 of [email protected] bereik word.
https://www.kwevoel.co.za/2017/02/02/mielieboere-thabazimbi-distrik-word-bedreig/
2017-02-02 21:36:49
Chris en Refentse baie gewild by Kunstegrot
Twee betreklik nuwe kunstenaars het Donderdag 9 Februarie by die KunsteGrot op Thabazimbi, die gehoor vermaak. Hulle is naamlik die jong opkomende Afrikaanse sanger, Chris Else, en die nuwe sensasie, Refentse Moraka. Die twee sing in hul eie taal, saam en apart. Chris Els het in Zulu en Afrikaans en Refentse op sy beurt in Afrikaans en Sesotho/Zulu gesing. Die mense het die vertoning baie geniet en dit was duidelik dat die twee ‘n treffer was. Beide Chris en Refentse het gesê dat hulle dit baie geniet het om daar op te tree. Volgens Chris sien Thabazimbi se gehoor hom beslis weer. Refentse is vinnig besig om die Afrikaanse musiekleer te klim en daar lê vir beide die sangers ‘n goeie toekoms en wag. Volgende op die lys is die fliek “Vir die Voëls” wat hierdie naweek vertoon word.
http://www.kwevoel.co.za/2017/02/15/chris-en-refentse-baie-gewild-kunstegrot/
2017-02-15 17:10:11
Inwoner van Leeupoort-Vakansiedorp dood geskiet
Die rustigheid van Leeupoort-Vakansie dorp is Vrydagoggend vroeg tot stilstand geruk toe ‘n inwoner, Daniël Jacobs (62), in sy huis deur drie booswigte oorval en dood geskiet is. Die aanvallers het ‘n steen deur een van die groter vensters gegooi om toegang tot die huis te verkry. Bridgadier Motlafela Mojapelo, van die Rooiberg Polisie Stasie, het bevestig dat Daniël Jacobs (62) doodgeskiet is toe hy omstreeks drie uur die oggend opgestaan het om water te gaan drink. Sy vrou, Emmarentia (61), het onraad bemerk toe sy mense waargeneem het wat buite die huis beweeg en haarself in die badkamer toegesluit, vanwaar sy hulp op haar selfoon ontbied het. Toe die bure op die toneel kom het hulle Jacobs met ‘n noodlottige geweerskoot wond in sy bors aangetref. Slegs Emmarentia se handsak word vermis. Die polisie se honde-eenheid is ontbied om die verdagtes op te spoor. Inwoners vanuit die omgewing het hulle in hul soektog bygestaan. Intussen is vasgestel dat die drie mans wat gesoek word, blykbaar goed bekend is met die uitleg van die huise in die dorpie. Die dorpie is ver van die Thabazimbi-Bela Bela pad, wat beteken dat hulle twee wildwerende grensdrade moes knip om toegang tot die dorp deur die wildplaas te verkry. Daar is ook vasgestel dat die verdagtes na die aanval in ‘n voertuig geklim en weggery het. Hulle word steeds vermis.
http://www.kwevoel.co.za/2017/02/06/inwoner-van-leeupoort-vakansiedorp-dood-geskiet/
2017-02-06 09:57:33
Koedoeskop-boere betrag skade na vloed
Meer oorstromings, soos die Krokodilrivier sy pad na die Limpopo vind, kom al langs hierdie roete plaas en verskeie laagwaterbrûe is steeds onbegaanbaar. Water het by die brug oor die rivier op die Thabazimbi-Rustenburgpad, tussen die Brits en Setaria aansluiting, uit sy walle geklim en was dit net een massa water tussen dié twee paaie. In ’n stadium het die water oor die Setaria pad, net voor die aansluiting by die Thabazimbi-Rustenburg-pad gevloei. Die water was nie te diep nie en verkeer kon stadig daardeur beweeg. Die brug op die Thabazimbi-Rustenburg-pad was nooit onder water nie. Netso het dit ook water wat in die Rooikuilspruit, wat deur Thabazimbi en die gholfbaan loop, teruggedruk en was die Thabazimbi Gholfbaan teen Vrydag byna heeltemal onder water. Groot skade is aangerig, en met die onttrekking van Kumba bevind die klub hom in die benarde posisie om fondse te bekom vir die nodige herstelwerk. Skadebepaling kan eers gedoen word sodra die vloedwater heeltemal gesak het. Teen Saterdagoggend het die vloedvlak by Koedoeskop vinnig begin daal. Verder stroomaf het dit steeds met sy vernietigingswerk voortgegaan. Eers was dit die gholfbaan en toe die landerye by Silent Valley, Kromdraai en Makoppa waar die rivier oor sy walle gestoot het. Die vloedwater het ook veroorsaak dat water, wat in Bierspruit vanaf Swartklip afkomstig was, by sy aansluiting met die Krokodilrivier nie in die rivier kon invloei nie en het die water al hoe verder verby Rooidam terug in die spruit langs die Rustenburgpad begin opdam. Makoppa-boere besproei uit boorgate en baie van die lande is in die laagliggende gedeeltes langs die rivier. Hierdie lande is almal deur vloedwater oorstroom. Na die verwoestende hael- en windstorms wat die Makoppa gebied bietjie meer as ’n jaar gelede getref en veral rissie-oeste vernietig het, is die vloedwater nou met die oeste op dieselfde lande weg. Die vloed behoort seker teen die begin van die week die Groot Maricoriveir te bereik wat ook vir ’n tyd lank in vloed was. Hiervandaan vorm die twee riviere die Limpopo. Met die twee riviere in vloed behoort die Limpopo se water sterk te loop. Tot dusver is daar geen berigte aangaande brûe wat weggespoel of geboue wat deur die stormwater meugesleur is nie. Ghofbaan-foto’s verskaf deur Jan van Graan. Lugfoto’s verskaf deur Khan de Jager van Jager Aviation Moenie sukkel om vloedfoto’s op Facebook te soek nie – Stuur dit direk aan [email protected] en ons plaas alles op ons tuisblad
http://www.kwevoel.co.za/2017/02/27/koedoeskop-boere-betrag-skade-na-vloed/
2017-02-27 16:07:18
Tyd om in te skryf vir die Marakele Marathon 2017
Scroll down for English Steeds Marakele Nasionale Park se gewildste byeenkoms, die Marakele marathon en half-marathon, vind vanjaar op Saterdag 8 April 2017 plaas. Hierdie Comrades kwalifiserende-wedloop, word deur SANParks in samewerking met die SANParks Ereveldwagters en die Thabazimbi Marathonklub aangebied. Hierdie is seker een van die wêreld se mees uniekste marathons deurdat dit in ‘n “Groot-Vyf” park aangebied en word gepoog om sowel die professionele atlete en die publiek saam te bring vir in ‘n bietjie “draf aan die wilde-kant” (“a run on the wild side”). Hierdeur word die publiek en die media se aandag op die belangrikheid van bewaring gevestig en word die hoogtepunte van fondsinsameling en toerisme inisiatiewe, wat die sleutel is tot die funksionering van nasionale park is, uitgelig. Verder bied die marathon ‘n geleentheid aan atlete om die ongeskonde buitelewe te ervaar en hiermee saam die geleentheid om vir die gewilde Comrades Marathon te kwalifiseer. Deelnemers kan kies om aan een van drie wedlope deel te neem naamlik die vol-marathon oor 42,2 km, die halfmarathon oor 21,1 km of die 10 km wedloop. Dan is daar ook die 5 km pretdraf wat baie gewild is vir die hele gesin, kinders en ondersteuners van die ander atlete. Vir die drie groot wedlope is daar ‘n beperking van 300 atlete per wedloop. Op die 5km pretdraf is daar geen limiet op die aantal deelnemers nie. Volgens Marakele se Parkbestuurder, Mphadeni Nthangeni: “Hierdie marathon het soveel momentum behaal, en ons doen dit vir die mense van Thabazimbi en die groter Suid-Afrika . . . . die geleentheid om binne ‘n groot-vyf nasionale park aan ‘n wedloop deel te neem gee ‘n opwindende gevoel. Aan deelnemers word juis die geleentheid gebied om dit te ervaar, en ons glo hierdie jaar gaan dit dieselfde doen.” Hy het verder bygevoeg dat die opbrengste uit hierdie geleentheid direk aan die Ereveldwagters geskenk word, wat dit op hulle beurt weer in bewaring-aktiwiteite sal terugploeg. Al ken jy nie iemand wat ingeskryf het nie, kom ondersteun gerus hierdie grootse poging van Marakele Nasionale Park en die park se Ere Veldwagters in samewerking met die Thabazimbi Marathonklub. Terwyl jy daar is, kry gerus meer inligting wat Marakele Nasionale park jou en jou gesien kan bied, veral ten opsigte van hul Gesins-toegangspakette wat ook vir die ander SANParke dwarsoor die land geld. Diegene wat nog nie ingeskryf het nie, kan aanlyn registreer by www.racetime.co.za terwyl direkte inskrywings, sowel as bespreking vir akkommodasie in die park gedoen kan word deur Elise Coetzer by [email protected] te kontak. Inligting kan ook aan haar gefaks word by 086 613 0702. Uitgereik deur South African National Parks (SANParks) 2017 Marakele Marathon date set Marakele National Park’s most popular event, the Marakele marathon and half marathon’s date has been announced to be the 08 April 2017. This Comrades qualifier race is brought by SANParks in partnership with SANParks Honorary Rangers and Thabazimbi marathon club. This unique marathon takes place inside the park and aims to bring both the ordinary members of the public as well as the professional running community of South Africa to have some fun and take “a run on the wild side”. It also focuses the public and the media’s attention on the importance of conservation and highlights various fundraising and tourism initiatives which are key to the functioning of a national park. Furthermore, the marathon provides an opportunity for runners to experience the wild, as well as having the opportunity to qualify for the popular Comrades marathon. Participants can choose to complete one of three races, the full marathon which is 42,2 km, and a half marathon which is 21,1 km or a 10 km race. There is also a 5 km fun run for the whole family, which is very popular among children and casual supporters. Participants are limited to 300 runners per race, however there is no limit on the 5 km fun run. According to Marakele’s Park Manager, Mphadeni Nthangeni: “This marathon has gained so much momentum and we do it for the people of Thabazimbi and South Africa at large…getting an opportunity to run in a big five national park is a thrilling feeling and this event offers that to the participants and we hope this year won’t be any different” He further added that “the proceeds from this marathon will go to the Honorary Rangers who will plough it back into the park towards conservation activities”. Those who wish to participate can register online at www.racetime.co.za and manual entries as well as accommodation in the park please contact Elise Coetzer on [email protected] or fax 086 613 0720. Issued by: South African National Parks (SANParks)
http://www.kwevoel.co.za/2017/02/23/tyd-om-te-skryf-vir-die-marakele-marathon-2017/
2017-02-23 17:04:13
Herfskommandowurm-plaag - vinnige optrede nodig
Die Thabazimbi Distriks Landbou Unie (DLU) berig dat boere steeds by hulle gevalle aanmeld aangaande die Herfskommandowurm-plaag wat hulle oeste besmet. Hierdie plaag, wat oorspronklik eers in Limpopo en die Noordweste aangemeld is, strek reeds landwyd. PenOrent Nuus het berig dat die DA woordvoerder, Annette Steyn, in ’n verklaring sê dat sy ’n dringende beroep op die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Des van Rooyen, gaan doen om die plaag tot ’n ramp te verklaar. Sy sê dit sal help dat geld beskikbaar gestel word om graanboere te help om die plaag onder beheer te bring. Volgens Sandra Jacobs van die Thabazimbi DLU is daar verskeie gif-verspreiders wat nou vorendag kom om te sê dat hulle oor die regte gif, wat die plaag kan bestry, beskik. Daar is ongelukkig teenstrydighede hieraan verbonde deurdat elkeen blykbaar ‘n ander voorwaarde aan hul spesifieke resultaat koppel. So beweer een verskaffer byvoorbeeld dat dit nie saam met ‘n kleefmiddel gebruik moet word nie, want die reën help dat die gif by die larwe, wat diep onder die plante inkruip, uitkom. Ander sê ‘n kleefmiddel moet gebruik word. Indoxacarb beskikbaar by DuPont en Villa Crop Protection, is een gifstof wat getoets en blykbaar suksesvol gebruik is. Dit is egter belangrik dat die gifstowwe slegs effektief is indien dit die larwe vernietig voordat dit tussen die blaai vestig waar die wurm dan uitbroei. Vir meer inligting aangaande die spesifieke gifstowwe beskikbaar, kontak jou naaste DLU kantoor. Thabazimbi DLU het ‘n kontaklys na al hul lede versend met kontaknommer en ook ‘n e-pos adres en vorm wat voltooi moet word om enige besmetting by die Departement van Landbou Thabazimbi aan te meld. Hierdie vorms kan direk per e-pos aan Rossy by die [email protected] gestuur word, vanwaar dit verder geprosesseer sal word. Vir meer inligting en vorms skakel Sandra Jacobs by Thabazimbi DLU tel 084 440 5451 of e-pos aan [email protected].
http://www.kwevoel.co.za/2017/02/15/herfskommandowurm-plaag-vinnige-optrede-nodig/
2017-02-15 17:17:38
Ou dame dalk uit slaap wakker gemaak
Thabazimbi Kumba Ysterertsmyn, wat sy deure gedurende September 2016 nadat die myn vir 80 jaar in bedryf was, moes sluit en talle werknemers afdank, kry die ou dame dalk ‘n nuwe kans dat daar dalk weer gemyn gaan word. Reuters berig dat ‘n ooreenkoms met ArcelorMittal Suid-Afrika (AMSA) bereik is nadat Kumba en sy filiaal, Sishen Iron Ore Company, wat 76% aandele besit, die myn teen die prys van R1 aan ArcelorMittal SA oorgedra het. Sover dit rehabilitasie aan betref, beteken dit dat AMSA, wat tot voor hierdie ooreenkoms in elk geval 96% verantwoordelik daarvoor was, nou die volle aanspreeklikheid dra. Wim de Klerk, Hoof uitvoerende bestuurder van ArcelorMittal, sê dat sy maatskappy oorweeg die heropening van die myn om sy bronne van ystererts aan te vul. Thabazimbimyn het voor sy sluiting uitsluitlik ystererts aan ArcelorMittal gelewer. Die oordrag van die myn is steeds onderhewig aan bepalende voorwaardes soos vervat in Seksie 11 verandering in beheer permit van die Departement van Minerale Hulpbronne en ‘n AMSA omsigtigheidsondersoek en mededingings toestemming vrywaring. AMSA sal ook 63 Kumba werkers in diens neem wat tans betrokke is by die rehabilitasie van die myn. “Die oordrag van die Thabazimbimyn na AMSA is bewys van Kumba se volgehoue ondersteuning tot voordeel van die plaaslike begunstigdes,” het Themba Mkhwanazi, Hoof Uitvoerende bestuurder van Kumba gesê. Daar kan self wyer voordele hieraan verbonde wees. Kumba het die afgelope 12 maande vinnige transformasie ondergaan wat ingesluit het die herontwerp van die Sishen-myn sodat die myn meer koste-effektief bedryf kon word, veral met inagneming van die laer prys van ystererts. Alhoewel 4 000 werkgeleenthede daarmee heen is, het dit Kumba in staat gestel om van sy skuldlas ontslae te raak, en met die bydraende faktor van ‘n beter prys vir ystererts, het dit hoogs mededingend in die kapitale mark geword. In vergelyking met die haglike posisie van ‘n jaar gelede, het Kumba hierdeur grootliks van sy riskante beeld ontslae geraak.
http://www.kwevoel.co.za/2017/02/09/ou-dame-dalk-uit-slaap-wakker-gemaak/
2017-02-09 22:00:30
Vier dood, vyf beseer in ongeluk
Die R71 net voor Haenertsburg was gisteraand (Maandag) gesluit weens ‘n ongeluk waarin vier mense dood en vyf beseer is. ‘n Ligte vragmotor en Datsun bakkie was betrokke. Volgens ‘n nooddienswerker op die toneel het die ongeluk omstreeks 18:00 gebeur en die pad is eers 19:30 weer vir verkeer oopgestel. “Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, maar bewerings is op die toneel gemaak dat een van die bestuurders ‘n ander voertuig probeer verbysteek het toe die ongeluk gebeur het,” sê hy. Twee van die beseerdes is glo ernstig beseer terwyl die ander net geringe beserings opgedoen het. Storie: RC Myburgh >>[email protected]
http://www.observer.co.za/vier-dood-vyf-beseer-in-ongeluk/
2017-02-07 06:42:00
Afgryse na moord
‘n Huisvrou en ma van drie tieners in Eduanpark,Tanya Wiers (45), is Dinsdag kort voor middagete deur ‘n indringer in haar huis in Eduanpark oorval en op ‘n weersinwekkende wyse om die lewe gebring. Haar gesig is onder meer onherkenbaar geskend deur die gewelddadige toediening van minstens twintig steekwonde met ‘n skerp voorwerp, waarskynlik ‘n knipmes wat kort na die voorval in ‘n aangekeerde verdagte, ‘n tuinier van die omgewing, se besit deur die polisie gekonfiskeer is. Oor die wrede moord sê haar eggenoot, Rolf: “Ek en my drie kinders is oorval met emosies van angs, hartseer, woede en hopeloosheid”. Hulle het juis Dinsdagnag in een kamer geslaap omdat die gebeure net te traumaties is om nou vir oomblikke van mekaar geskei te wees. Rolf, ‘n konstruksiewerker wat ten tye van die voorval uitstedig was, sê sy vrou het net na 12:00 geld by ‘n kitsbank onttrek wat per SMS-boodskap van die bank op haar selfoon bevestig is. “Sy het kruideniersware gekoop en met haar aankoms by die huis van die items weggepak. Dit blyk dat sy oorval is toe sy toiletware wou gaan wegsit.” Hy sê daar was geen sigbare tekens van geforseerde toegang tot die huis nie en die verdagte is waarskynlik onverhoeds betrap en het eers iewers geskuil toe Tanya die huis, wat oor ‘n hoë geëlektrifiseerde palissadeheining en alarmsisteem beskik, binnegekom het. Provinsiale polisie se kommunikasiehoof, Motlafela Mojapelo, sê die oorledene se 16-jarige seun, Rolf jr, ‘n graad 9-leerder van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, het omstreeks 14:30 op sy ma se liggaam in ‘n kamer afgekom.“Sy was naak met verskeie steekwonde aan haar nek, ken en hand en haar oë is verwyder. Die motief vir die moord word nog ondersoek, maar roof kan nie uitgesluit word nie omdat juweliersware, ‘n tabletrekenaar en selfoon gesteel is, volgens Mojapelo. Die polisie het Dinsdagmiddag kort na die voorval ‘n 25-jarige tuinier in verband met die moord in die buurman se erf gearresteer. Van die gesteelde goedere is ook by hom gevind. Nog arrestasies word verwag. ‘n Huishulp van die bure het Dinsdagmiddag aan Polokwane Observer gesê dat sy vroeër harde gille gehoor het, maar nie alarm gemaak het nie omdat sy bang was. Die Wiers-gesin het ook twee dogters, Bianca (17) en Karla (13). Bianca is ‘n matrikulant aan Hoërskool Pietersburg en Karla is in graad 7 in Pietersburg Laerskool. Die kinders ontvang tans berading. Die drie hoofde van die onderskeie skole het Woensdag hul medelye met die gesin en familie oor die tragiese gebeure uitgespreek. Rolf se ouers en skoonouers was gister onderweg van onderskeidelik Thabazimbi en Komatipoort om die gesin te ondersteun. Geen begrafnisreëlings is nog getref nie. ‘n Anonieme lid van die Eduanpark/Welgelegen (Edwel) GPF sê die woongebiede word deeglik gepatrolleer en hulle streef daarna om die area veilig te hou. “Inwoners moet nooit dink hulle is veilig genoeg nie.” Wiers is een van ses mense wat sedert verlede Donderdag in die provinsie vermoor is. >> Sien storie op bladsy 3. Storie: RC Myburgh >>[email protected]
http://www.observer.co.za/afgryse-na-moord/
2017-02-09 08:23:00
Top 10-gala lok Lim laerskole se beste swemmers
Swemmers van die provinsie se beste laerskoolswemskole het Saterdag aan die jaarlikse Skole Top 10 Swemkampioenskappe by Mitchell House deelgeneem. Deelnemende skole het as wenners van hul onderskeie distrikte na hierdie prestige byeenkoms deurgedring, terwyl verlede jaar se wenners, Laerskool Krugerpark in Mokopane hul plek reeds met dié wen verseker het. Danelle du Toit van Laerskool Phalaborwa het die toekenning vir beste individuele item met haar prestasie in die 50 m vryslag vir meisies o.8 ingepalm, terwyl Juan Randall van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het die toekenning vir die beste individuele item vir seuns dansy sy blitsige wenslag in die 50 m rugslag vir seuns o.8 gekry het. Die junior Victrix Ludorum-swemmer was Mieke Oosthuizen van Laerskool Jullian Muller in Groblersdal en die junior Victor Ludorum-swemmer was Jason Bos­­­­man van Laerskool Tzaneen. Bernice Laboff van Laerskool Krugerpark is was senior Victrix Ludorum-swemmer, terwyl Ayden Jordaan van Oosskool die senior Victor Ludorum-swemmer was. Krugerpark het met ‘n totaal van 774 punte vir ‘n derde agtereenvolgende jaar as wenskool uit die stryd getree. Storie en foto’s: Alet-Elize van Jaarsveld >>[email protected] Hooffoto: Senior Victrix Ludorum-swemmer, Bernice Laboff van Laerskool Krugerpark.
http://www.observer.co.za/top-10-gala-lok-lim-laerskole-se-beste-swemmers/
2017-02-15 12:20:37
Tanya Wiers-moordverdagte verskyn in hof
Die man wat Dinsdag in verband met die moord op Tanya Wiers (45) in Eduanpark in hegtenis geneem is, Frans Maela (25) het vroeër vandag (Donderdag) in die Polokwane landdroshof op ‘n aanklag van moord verskyn waarna die saak tot volgende Donderdag uitgestel is. Volgens die provinsiale polisie se kommunikasiehoof, Motlafela Mojapelo is Maela van die Ga-Mamadi-nedersetting in Senwabarwana. “Maele bly in aanhouding en sal na verwagting volgende Donderdag om borgtog aansoek doen,” sê Mojapelo. Wiers se liggaam is Dinsdagmiddag deur haar seun in die gesin se huis gevind toe hy van die skool af gekom het. Haar gesig is onder meer onherkenbaar geskend deur die gewelddadige toediening van minstens twintig steekwonde met ‘n skerp voorwerp, waarskynlik ‘n mes. Haar liggaam was naak en haar oë is verwyder. Die polisie het later die dag (Dinsdag) vir Maela, na bewering ‘n tuinier van Wiers se buurman, in verband met die moord gearresteer. Gesteelde goedere vermoedelik afkomstig uit die slagoffer se huis is ook by hom gevind. Die polisie soek steeds na ‘n werker van die Wiers-gesin wat moontlik met die ondersoek kan help. Storie: RC Myburgh >>[email protected]
http://www.observer.co.za/tanya-wiers-moordverdagte-verskyn-in-hof/
2017-02-09 12:47:00
Bejaarde in sekuriteitskompleks vermoor, niks word vermis
Die polisie is steeds op soek na die verdagtes wat verantwoordelik is vir die moord op ‘n bejaarde vrou in Golfpark, Mookgophong wie se lyk laat Vrydagmiddag deur haar buurman gevind is. Die provinsiale polisie se kommunikasiehoof, Motlafela Mojapelo sê Pats Truter, wat alleen gewoon het en in Junie haar 80ste verjaarsdag sou vier, is Donderdag omstreeks 10:00 vir die laaste keer gesien. “Die oorledene se bure het bekommerd geraak en ondersoek ingestel waarna haar lyk in haar motorhuis gevind het. Haar gesig is met handdoeke en die res van haar liggaam met ‘n mat toegegooi. ‘n Voorlopige ondersoek toon dat sy vermoedelik verwurg is,” sê Mojapelo. Hy sê daar was geen tekens van gedwonge toegang tot die huis nie en die motief vir die moord is onbekend. Enigiemand met inligting kan die polisie se noodnommer 08600 10111 skakel. Storie: RC Myburgh >>[email protected]
http://www.observer.co.za/bejaarde-in-sekuriteitskompleks-vermoor-niks-word-vermis/
2017-02-06 11:01:00
WAARSKUWING: SENSITIEWE VIDEO - Wees renosterkalf lewend onthoring, nog een gekwes
Die polisie soek steeds na die verdagtes wat twee renosterkalwers op ‘n plaas buite Lephalale geskiet het. Lephalale se polisiewoordvoerder, Frans Mokoena het die voorval bevestig en gesê twee kalwers is geskiet. “Albei leef, maar is getraumatiseer. Die een wat lewendig deur die stropers onthoring is, is in die maag geskiet. Die skurke kon nie daarin slaag om die tweede kalf te onthoring nie,” sê Mokoena. ‘n Bron het bevestig dat dit weesrenosters is en dat hul ma’s onlangs ook deur stropers afgemaai is. “Die een kalf het blykbaar gaan lê toe hy geskiet is, maar het opgestaan toe stropers sy horing begin afkap en vermoedelik probeer wegkom, maar nog ‘n skoot in die maag gekry,” vertel die bron. Die ligging van die plaas word weerhou om die diere te beskerm. Beide renosters ontvang tans behandeling. RC Myburgh >>[email protected]
http://www.observer.co.za/waarskuwing-sensitiewe-video-wees-renosterkalf-lewend-onthoring-nog-een-gekwes/
2017-02-06 00:00:00
Skote klap tussen inbrekers, GPF en polisie
Saterdagoggend se skietvoorval in Ladine tussen sowat ses gewapende rowers, waarvan een met ‘n aanvalsgeweer gewapen was, lede van Ladanna Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die polisie is as ‘n mini-oorlog beskryf toe skote begin klap het. ‘n Anonieme GPF-lid wie ook onder die spervuur was, sê die gebied word die afgelope twee weke deur ‘n gewapende bende van tussen vier en agt persone geteister wat gereeld by groot besighede in Laboria, Ladine en Industria inbreek en nie huiwer om te skiet nie. In die nuutste voorval Saterdagoggend het vier verdagtes glo ‘n sekuriteitswag by ‘n fabriek in Fosfaatstraat vasgebind en by die gebou ingebreek, maar niks gesteel nie. “Vandaar is hulle na ‘n fabriek in Tinstraat waar hulle ook ingebreek het. Die sekuriteitswag het homself intussen bevry en gaan hulp soek terwyl die GPF ‘n oproep van die inbraak in Tinstraat ontvang het,” sê die GPF-lid. Die inbrekers het etlike meter van die perseel op die sekuriteitsvoertuig, wat na Tinstraat ontplooi is, losgebrand. Lede van die GPF wat agter die sekuriteitsvoertuig gery het, het uit hul voertuie geklim om skuiling te soek en het volgens inligting teruggeskiet. “Die skurke is die bosse in met die polisie se aankoms waarna hulle weer op die Mogwadipad aangekeer is en ‘n skietery weer ontstaan het. Hulle het uiteindelik ontvlug.” Die bron sê volgens kamerabeeldmateriaal is die verdagte met ‘n .303-jageweer en ‘n AK47-aanvalsgeweer gewapen en is patroondoppies van dié twee wapens op die toneel gevind. Westenburg polisiewoordvoerder, Maphure Manamela kon nie vir kommentaar bereik word nie. Storie: RC Myburgh >>[email protected]
http://www.observer.co.za/skote-klap-tussen-inbrekers-gpf-en-polisie/
2017-02-06 11:31:00
Boer op ons werf
Die oes van soja, is in volle swang, in Paraguay en Brasilë. Dit beloof om ´n rekord oes te wees, mits die weer aanhou saamspeel.
http://www.landbou.com/
Wipkar, hoofstuk 3
Zirrrrrwhieeeeeee! Die versapper skril van vyfuur af deur die stil huis. Die seuns staan deur die slaap nader om te kom kyk wat hulle ma aanvang en Jos brom uit die kamer. Sy klagtes inspireer Arien om die versapper nog ’n rukkie te laat Zirrrrrwhieeeeeee! Hy het vanoggend eers tweeuur ingekom en aan die whiskyreuk wat hom omhul, weet sy hy voel waarskynlik vanoggend nie te waffers nie. Zirrrrrwhieeeeeee! Sommer net weer vir die effek wat sy weet dit op haar man se babalaas het. Arien gooi die dik groen kragsap in drie waterbottels en sluk ’n glas warm water met suurlemoen weg. Sy is gewapen vir die dag. Vandag is ’n nuwe begin. Dis tyd om haar lewe om te swaai. Jos snork weer lustig voort as sy begin aantrek. Sy kyk na die bondel mens op die bed. Sy klere lê in ’n hoop langs die bed. Daar was dae wat sy stilletjies deur sy sakke gegaan het op soek na getuienis dat hy haar verkul, maar sy het lankal oorgegee. Sy kyk krities na haar weerkaatsing in die spieël terwyl sy aantrek. Haar pantie se rek kom tot by haar naeltjie. Dienlike katoen. Sy weet Jos verwys daarna as haar bloomers. Haar bra hang slap oor haar skouers. Dit rafel onder die arms uit. Wit sellulietbene met lang beenhare en arms met slap armflappe rond die ontmoedigende prentjie af. Sy sug. Wanneer het sy in hierdie onversorgde dik vrou verander? Sy het haarself laat gaan. Seker die onversorgdste skoonheidskundige in die stad! Watter ironie! Sy wat haar daagliks afsloof om ander vroue mooi te laat lyk, het vergeet van haarself. Verlig laat sy die vergewende swart nommertjie oor haar kop en skouers gly. Dit bedek en vergewe alles. Sy het al gewens sy kan so ’n swart tabbertjie oor haar huwelik trek. Vir lank het sy haar huweliksprobleme vir die familie en vriende probeer wegsteek, maar dit het te veeleisend geraak. Nou weet almal Jos werk hard en hy speel hard en dat daar tussen die twee nie tyd is vir haar en die seuns nie. Haar snipperige niggie het haar een keer by ’n familiebyeenkoms in ’n hoek gekeer en gevra of sy nie dink Jos sal sy dinge laat staan as sy bietjie meer aandag aan hom gee nie? O ja, het sy bygevoeg: “Gaan op ’n dieet en sorg dat daar ’n bietjie woema tussen die lakens is!” Die niggie het oënskynlik die perfekte huwelik. Haar man drink nie en kom elke aand na werk huis toe. Dan gaan gym die tweetjies saam voor hulle waarskynlik die beste pret tussen die lakens het. Sy haat haar niggie. Al is dit onchistelik. Sy is sat vir almal wat ’n vry se oor haar huwelik en lyf het. Siekwordens toe sat. Wonder wat nig sou doen as sy elke nag langs ’n snorkende dronk man moet slaap? Maklik om van die kantlyn af raad uit te deel! Arien het haarself al kwalik geneem vir die verbrokkeling in haar en Jos se verhouding. Dalk het sy nie hard genoeg probeer nie? Te moeg saans na ’n harde dag om Jos te plesier? Sy weet sy is ’n emosionele eter en sy het te ver gegaan met haar lyf. Hulle was op universiteit ’n goue paartjie. Hulle was verlief en het gedroom, maar iewers het dinge begin skeefloop en na ure se terapie by sielkundiges kon sy nog nie vasstel waar nie. Maar een ding weet sy, as jou man elke aand gedrink by die huis kom, is daar groot troos in ’n plak sjokolade. By die salon delegeer sy haar kliënte na ander terapeute. Vandag is dit haar beurt om bederf te word. Jansie moet vandag net aan haar baas se voorkoms en selfbeeld werk. “Skadebeheer,” lig sy haar potensiële wonderwerker in. “Ek wil binne ’n paar uur soos ’n nuwe vrou voel.” “Hot date?” vra Jansie en lag lekker saam met haar baas. Jansie weet van Jos en sy dinge. “Toemaar Arien, ek sal my toorstaf swaai. Jy verdien ’n bederf!” Vir drie uur word Arien gewaks, gepluk, gemanikuur, gepedikuur en gemasker. Die personeel kyk haar aan asof sy die kluts kwytgeraak het. Sy gun haarself nooit sulke luukses nie. Miskien het sy mal geword? Met elke pluk en pyn dink sy aan Hendri wat haar graag wil sien. Sy wil op haar mooiste lyk as sy haar groot jeugliefde weer sien. Deur die oggend sluk sy die aaklige groen sap met liters water weg. Sy vermoed dit is hoe versapte hoendermis proe. Na elke glas moet sy haar tande gaan borsel om van die aaklige smaak ontslae te raak. Boonop laat die goed haar maag sulke draaie maak. Stilweg hoop sy Cari het die blitsdieet op ’n respektabele webtuiste gekry en dat sy nie besig is om haar te vergiftig nie. Die reuk van filterkoffie laat haar mond water. Sy stap kombuis toe en druk haar neus in die sak met koffiebone. Salig. Hoe gaan sy oorleef sonder koffie en sjokolade? Haar kop pyn en haar bene bewe van onttrekkingsimptome. Al draai die gedagtes van Hendri in haar kop, vermy sy haar e-pos. Dit was Cari se raad vanoggend. “Laat hom ’n bietjie wag en wonder.” ’n Paar keer huiwer Arien se hand op die rekenaarmuis, maar dan bedink sy haar. Etenstyd grawe sy haar gesin se nood-kredietkaart uit haar beursie. Die lingerie-winkels in Sandton is vir haar vreemde terrein, maar sy weet sy het dringend professionele hulp nodig. Haar onderklere is in ’n vreeslike toestand. Dit sal haar beter laat voel as sy van die vodde in haar onderklerelaai ontslae raak. Sy het al in ’n vrouetydskrif gelees dat dit goed is vir jou gemoed om ’n sexy dingetjie te dra, al is jy dik en depressief. Dit lig die gees. Trouens, sy vrees lankal dat sy eendag in ’n ongeluk gaan beland en dat die nooddienswerkers haar uitgewaste onderklere sal sien. Daar is ’n verskeidenheid lingerie-winkels in Sandton City. Sy kies ’n Franse een. Die Franse vroue is bekend vir hul smeulende voorkoms en dit is wat sy nou nodig het. Die winkelassistent kyk haar simpatiek aan as sy aankondig dat sy dringend hulp nodig het. Sy lei haar in ’n konsultasiehokkie in en Arien trek haar klere gewillig uit. Soos ’n lam ter slagting staan sy daar in die kollig omring met spieëls. “Oh dear,” is al wat die assistent kan uitkry as sy die lunsriem bra en bloomers aan die dikke lyf sien. “But don’t worry, I will help you to feel like a sensuous woman soon.” Arien is tog so dankbaar die vrou praat Engels en dat sy waarskynlik al ’n tipiese Suid-Afrikaanse vrou in haar volle onderklere-glorie gesien het. Sy is in goeie hande, voel Arien. Die vrou meet en pas haar borsmaat uit elke moontlike hoek. Sy gee raad oor hoe mens jou skouers meer agtertoe moet hou sodat jou borste aan die regte spiere hang en jy nie te veel stres op jou ruggraat plaas nie. Dit laat jou ook ’n paar kilogram ligter lyk, seg die vou. Arien hang aan haar lippe asof sy die blye boodskap gee. Dan bring die vrou arms vol bra’s om te toets. Half cup, full cup, padded, strapless, plunge en seamless. Arien se moeë borste word gelig en in kant en satyn-koppies ingedruk. Die duur sagte materiale streel oor haar vel en sy kan sweer haar borste purr soos ’n tevrede kat. “Wow! Look at the difference!” Arien kan self nie die verskil glo nie. Haar borste pronk punt in die wind omraam deur duur kant. Sy het al vergeet sy het ’n cleavage! “You like it?” Arien knik haar kop op en af. Sy like. “I will take two black ones. I need to feel sensual!” Die vrou kyk tevrede na haar wonderwerk. “You have nice breasts. Use them to your advantage.” Arien knik soos ’n bekeerde dissipel. “Oh I will, beleive me, I will!” Hendri, sy onthou hoe versot Hendri op haar borsmaat was toe hulle nog jonk was. Jos ook. Maar sy wil nie nou aan Jos dink nie. Dis Jos se skuld dat haar borste vir jare aan lunsrieme gewoond moes raak, besluit sy. Vandag wil sy alle skuld op Jos pak. Vandag is haar dag. Vandag is niks haar skuld nie. Sy hou een van die nuwe bra’s sommer aan en die assistent gooi dankbaar die lunsriem van ’n bra in ’n asblik. Seremonieel, dink Arien. Dit was die laaste keer wat sy haar mooi borste in ’n lunsriem laat hang het. “You also need some panties,” sê die vrou en pluk-pluk aan Arien se bloomer se rek. “I know.” Arien wonder of daar enige sexy panties is vir ’n vrou wat 82 kg weeg? Die assistent kom te voorskyn met ’n hopie broekies. Kant, valletjies, hoog gesny, G-strings. Die broekies het name soos cheekini, shorty en peaches. Arien het nog nooit ’n pantie met ’n eksotiese naam gedra nie. Net die name alleen laat haar klaar sexy voel. Dink net hoe opwindend kan ’n vervelige vergadering wees as jy weet jy dra ’n pantie genaamd peaches aan jou bas? Die assistent meet en pas aan Arien se agterstewe en dra kantgoedjies aan wat Arien moet aanpas. Dit laat haar bloos en blom van sensualiteit. Na ’n ruk sien sy self nie meer die opsetlike voue en bulte wat haar vet in die spieëls om haar maak nie. Die assistent druk haar vleesige boude in broekies wat dit streel en koester. Sy gee raad oor maagspiere en postuur en wys hoe dit nog kilogramme laat verdwyn. Teen hierdie pas gaan sy netnou 10 kg verloor en dan kan sy saam met Hendri gaan koffie drink! “I started a very strict diet this morning.” Probeer Arien haar drillerige selfbeeld verskonend verduidelik. Die assistent glimlag asof sy so ’n bekentenis al voorheen gehoor het. “In the meantime I will help you to feel sexy again.” Arien is lus en soen die vrou op beide wange en neem haar voor om ten minste een keer per maand ’n pantie by die winkel te kom koop net vir die goedvoel-effek daarvan. Sy kies drie swart cheekinis en hou die peach sommer aan. Die bloomer gaan ook asblik toe. Tevrede glip sy haar gesin se nood-kredietkaart deur die gulsige masjien. Die totaal laat haar effe steier en sy weet dit is ’n bedrag waarmee ’n mens ’n honger gesin vir ’n maand kan onderhou. Haar foon lui minute na die transaksie deur is. Dis Jos. Hy het seker die kennisgewing van die bank op sy foon gekry. “Wat de hel het jy gekoop?” Sy stem grom uitasem. “Ek het iets vir myself gekoop. Panties en bra’s.” “Teen R2 530?” “Ja. Dit is ingevoer.” “My hel Arien! Is dit met goud oorgeblaas?” Arien vererg haar. “Dis Franse kant.” “F… Franse kant. Kan jy nie soos enige ander vrou Pep stores se broeke dra nie?” Dit laat haar bloed kook. “Ek dra nog al die jare Pep stores se broeke. Die ou bloomers waaroor jy so snedig is, onthou?” Jos snork nog ’n paar beledigings uit, maar Arien luister nie. “Jos, luister mooi. Ek is moeg vir goedkoop bloomers en ek is moeg vir jou. Hoor jy my?” Jos swets. “Wel, as jy so aangaan kan jy ons seevakansie koebaai soen!” ’n See-vakansie saam met Jos en sy bottel whisky? “Jy is reg, Jos, jy kan self ons vakansie koebaai soen! Ek is nie lus om ooit weer saam met jou dronk lyf vakansie te hou nie. Hoor jy my?” Sy kan hoor hy vererg hom. “Wat gaan nou met jou aan? Het jy mal geword?” Hy snork en is nog besig om iets te bulder, maar dan druk sy die foon dood. Jos is reg. Sy is mal. Sy is lankal mal. Hoe anders verduidelik mens dat sy vir soveel jare sy nonsens kon opvreet? Sy glimlag tevrede. Sy het Jos vir die eerste keer in ’n lang tyd vertel hoe sy voel. Sy weet dit is nie die einde van die gesprek oor haar spandabelrige inkopietog nie. Vanaand sal die vonke vlieg, maar intussen voel sy goed oor haar cleavage wat weer gekoester voel en om ’n pantie genaamd peaches aan haar bas te voel.
http://www.rooirose.co.za/wipkar-hoofstuk-3/
2017-02-03 11:39:31
Wen dubbelkaartjies na Paarl Ommiberg
Deel in parstydpret in die Paarl tydens die tiende Ommiberg-fees op Saterdag, 4 Maart. Van 10h00 tot 18h00 sal lede van die Paarl-wynroete sorg vir ’n onvergeetlike Bolandse ervaring met pret en plesier vir die hele gesin. Deelnemers wissel van ikoniese wynbestemmings tot boetiekprodusente en minder bekende familieplase en bied verskillende oes-aktiwiteite asook die unieke geleentheid om jongwyne in die kelder te proe. Maak gebruik van die ongelooflike wynpromosies op die dag om jou wynversameling ’n hupstoot te gee. Bestudeer die program op www.ommiberg.co.za vir spesiale aktiwiteite soos vinoterapie, meesterproeklasse, wynversnitting en keldertoere. Vir die meer avontuurlustige buitelug entoesiaste is daar ook die Run the Vines-veldwedloop. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by www.webtickets.co.za teen R120 per volwassene. Kaartjies is ook op die dag by die onderskeie bestemmings beskikbaar teen R150 per persoon. Kinders onder 18 kry gratis toegang, mits hulle deur ’n volwassene vergesel word. Die Ommiberg-toegangskaartjie sluit in ’n stylvolle proeglas en gratis deelname aan aktiwiteite soos aangedui. 10 rooi rose-lesers kan elk dubbelkaartjies na vanjaar se Paarl Ommiberg wen! Beantwoord die vraag en voltooi die onderstaande vorm om in te skryf. Reëls en voorwaardes geld Sluitingsdatum: 20 Februarie om 24:00 Vraag: Die hoeveelste Paarl Omniberg word vanjaar gehou? * Naam * Van * Kontaknommer * Posadres * Fisieke adres * E-posadres * Het jy die reëls en voorwaardes gelees? * Ja Nee Mag rooi rose jou van enige spesiale aanbiedinge laat weet? * Ja Nee
http://www.rooirose.co.za/wen-dubbelkaartjies-na-paarl-ommiberg/
2017-02-06 01:00:51
Geskenkgids vir Valentynsdag
Valentynsdag het sy oorsprong in die binnekring van Geoffrey Chaucer tydens die 14de eeu gehad. Dit was ’n tydperk waar die tradisie van hofmakery hoogty gevier het. In die 18de eeu in Engeland, is die dag geskep waar minnaars hul liefde bewys het met blomme, lekkergoed en groetekaartjies. In Europa is Valentyn-sleutels deur bewonderaars gegee aan iemand wie se hart hulle wou oopsluit. Vandag is Valentyn-simbole meestal harte, duiwe of Kupido. Sedert die 19de eeu is handgeskrewe Valentynsbriewe vervang met massa vervaardigde kaartjies. Die moontlikhede is eindeloos. Van sakpas tot peperduur, ons het ’n paar geskenkies uitgekies wat almal se beursies sal pas. Deliciously Ella Every Day, deur Ella Woodward (R310) Poetry Stapels ringe (R135 elk) We heart this Mansjetknope met voorletters van jou keuse (R650) Hellopretty.co.za Kershouer met kers (R169) @Home Lindt-beertjie (R49,95) Woolworths Me before you DVD (R129) Takealot The Notebook Blue Ray DVD (R89) Takealot Metro Man Crate (R920) Mancrate.co.za Rose (vanaf R499,95) Netflorist Vir jou kleinding (R130) Hellopretty.co.za Hartjie-balonne (R39,99 vir 10) MRP Home Verskaffers Poetry: www.poetrystores.co.za MRP Home: www.mrphome.com Hello Pretty: www.hellopretty.co.za We Heart This: www.we–heart-this.com Takealot: www.takealot.co.za Mancrate: www.mancrate.co.za Netflorist: www.netflorist.co.za Flowerheart: www.flowerheart.co.za Woolworths: 0860 022 002 @Home: 0860 576 576
http://www.rooirose.co.za/geskenkgids-vir-valentynsdag/
2017-02-01 05:00:34
Sjury Other Words kiest Bildtse skriver Gerard de Jong foor ’n ferbliif in San Sebastián
(tekst: Tresoar) Sjury Other Words kiest Bildtse skriver Gerard de Jong foor ’n ferbliif in San Sebastián Gerard de Jong, hoofdredakteur fan de Bildtse Post, is deur de Frise sjury fan Oare Wurden / Other Words – ’t Europese útwisselingsprogramma foor skrivers in klaine talen – útkoazen om in maai-juny 2017 in de Baskise stâd San Sebastián te weunen en te werken. Fan de fier instuurde foorstellen fon de sjury ’t foorstel fan De Jong út St.-Anne op ferskaidne punten ’t sterkst. De sjury: ”t Skriifplan fan De Jong is literêr neskierig en getuugt fan ’n sterke persoanlike driiffeer. De Jong staat dernaast midden in de Bildtse (taal)gemeenskap en sil syn ferbliif in San Sebastián brúkke om konneksys met de Baskise taal en kultuurgemeenskap te lêgen.’ Gerard de Jong (1979) is al seuventyn jaar hoofdredakteur fan de Bildtse Post. In 2000 het-y de krant fan syn pake Gerryt Dirks de Jong overnommen. De Jong het ’n brede sjoernalistike erfaring. In San Sebastián wil hij ’n novelle in ’t Bildts skrive. ‘Blau fan dagen, griis fan onrust’ is de titel. ’t Wort syn literêre debút: ’n op faiten baseerde historise novelle over de Bildtse bewustworring, sien deur de ogen fan drie generasys Bilkerts. ’t Beskriift de belangrykste groei fan en bedraigings foor ’t Bildts fan 1980 ant nou. De Jong: ‘Met myn literêre novelle hoop ik wat del te setten; ’t Bildts ok as literêre taal te erkinnen, te ferankeren. Sien te laten dat ’t kín. De skep in onontgonnen grônd sette, as ’n literêre slikwerker terrain winne: fruchtbere grônd wer’t feerder op boud worre kin. ’t Is myn persoanlike missy en driiffeer in ’t leven. ’t Literêre ferbliif in San Sebastián is ’n unike, ‘once in a lifetime’ kâns om deuze droom te realiseren.’ Deuze dârde ‘call’ fan Other Words / Oare Wurden waar ’n ‘frije’ call. Other Words is ’n útwisselingsprojekt foor skrivers in klaine Europese talen en staat wat Frysland angaat inkeld open foor skrivers in ’t Frys. Deuze ‘frije call’ gâf Tresoar de gelegenhyd om ok skrivers in een fan de Frise stads- of streektalen ’n kâns te geven. Fier skrivers hewwe ’n projektplan foor ’n literêr werk indiend: twee in ’t Bildts, een in ’t Luwters en een in ’t Franekers. Met de keuze foor De Jong krijt ’t Bildts kommende maityd folop literêre andacht. Want naast ’t skriven fan syn novelle sil De Jong geregeld in ’t Bildts over syn ferbliif in Spaans Baskelând blogge. Die blogs binne niet foorbehouwen an de Bildtse Post. Se sille ok publiseerd worre op de websites fan Oare Wurden, Finster op Fryslân en Lân fan Taal . De Jong soekt in syn novelle en blogs onder andere antwoord op de fraag: ‘Hoe kinne wy literatuur brúkke om ’n hele klaine taal as ’t Bildts, die’t met nag 6000 sprekers sonder overdriving dos in syn fortbestaan bedraigd wort, steviger del te setten? ’n Fundamint kreëre fan wêrút ’t Bildts sels ok ’n nije maityd deurmake kin, en bestindig en met ’t hoofd omhoog de toekomst tegemoet kin?’
http://www.liwwadders.nl/sjury-other-words-kiest-bildtse-skriver-gerard-de-jong-foor-n-ferbliif-in-san-sebastian/
2017-02-09 22:18:43
"The Mars Society is the world's largest and most influential space advocacy organisation dedicated to the human exploration and settlement of the planet Mars." (aldus The Mars Society webtuiste). Een van die beweging se jong lede het in 'n onderhoud gesê dat hy graag Mars toe wil gaan want sy grootste vrees is "…om eendag te sterf sonder dat sy lewe 'n verskil gemaak het." Saam met 'n paar duisend ander ding hy mee om deel van die span te wees wat met 'n enkel kaartjie Mars toe sal vertrek op 'n "non return" ruimtesending. Die lewe op Mars sal uiters moeilik wees, dalk onmoontlik... Mars het slegs 'n derde van die aarde se aantrekkingskrag en beleef uiterste temperature soos -60 grade C. Vir die res van ons 7 biljoen aardlinge is daar gelukkig 'n baie eenvoudiger, lewensvatbare plan om sin uit die lewe te kry of iets blywends agter te laat. Ons vind dit in die klein alledaagse gebare van liefde soos bedagsaamheid, verdraagsaamheid, welvoeglikheid, vergifnis en naaste diens (1Kor 13) en Jesus se "Groot Gebod" om God en ons naaste lief te hê. (Mat 22:37ff) Ons gaan baie meer genot, sin en waarde uit die lewe haal deur hierdie opdrag na te kom as om die Heelal te deurkruis. Daar word beweer dat die oppervlakte van Mars beter gekarteer is as die bodem van ons osean. Hier is nog so baie om te doen op aarde! Kom ons kyk 'n bietjie nader aan onsself. Dalk is daar iemand naby aan ons wat ons liefde nodig het. Dit sal wonderlik wees om op Mars te land maar daar is niemand om lief te hê nie… Eon de Vos, oud-joernalis het onlangs op KykNET gepraat oor al die dinge wat hy al in sy lewe aangepak het voordat hy sy ware roeping gevind het: "My lewe was baie soos 'n hond wat 'n kar jaag; as hy hom gevang het, weet hy nie wat om met hom te doen nie..." As ons eers op Mars geland het wat dan? In ruimte afstande gemeet is Mars (500 miljoen km) nie ver nie maar baie naby aan die aarde. As die grootte van die Heelal vergelyk kan word met 'n tou wat oor die Atlantiese oseaan gespan is, tussen Suid-Afrika en Amerika, sal die afstand Mars toe minder as die eerste millimeter van hierdie tou verteenwoordig.
http://www.georgeherald.com/viewblog/1741/Na-Mars--wat-dan
24 rekords spat by interskole-atletiek
Angela Els (York High) op pad na haar nuwe rekord in die dogters o.14 m-hekkies. Haar wentyd was 17:28. Foto: Hugo Redelinghuys SUID-KAAP NUUS - Ses hoërskole het verlede Donderdagmiddag aan die Imperial George atletiek-uitdaagbyeenkoms by Glenwood House deelgeneem. Glenwood House, PW Botha Kollege, Hoërskool George, Oakhill (Knysna), York High en Curro (Mosselbaai) se atlete het in warm weer skitterende prestasies gelewer en altesame 34 rekords laat spat. Die hoofborg was Imperial George. Luke Gauche, 'n leerder van Glenwood House wat in die seuns o.17-ouderdomsgroep deelgeneem het en die senior victor ludorum-trofee gewen het, was ongetwyfeld die beste atleet van die dag. Gauche het altesaam 2 113 punte met sy prestasies behaal. Hy het rekords opgestel in die 110 m-hekkies (16:O3 vir 716 punte), 100 m (11:41 vir 706 punte) en verspring (6:55 m vir 691 punte). Hy was ook eerste oor die wenstreep in die 200 m (23:62 vir 691 punte) en tweede in die 400 m (55:57 vir 626 punte). Genevieve Young, ook 'n leerder van Glenwood House (dogters o.17), het met haar 1 968 punte wat sy ingeoes het die senior victrix ludorum-trofee ontvang. Sy het die 100 m in 'n nuwe rekordtyd (11:36 vir 836 punte) gewen. Young was ook sesde in die 100 m (14:08 vir 599 punte) vyfde in die 200 m (31:67 vir 533 punte) en derde in die 100 m-hekkies (22:77 vir 470 punte). Die talentvolle Micaela Kirsten van Curro Mosselbaai (dogters o.15) het 2 097 punte ingesamel en sy het ook die junior victrix ludorum-trofee ontvang. Kirsten het rekords opgestel in die 200 m (27:84 vir 702 punte), 400 m (1:04.98 vir 701 punte) en 90 m-hekkies (16:33 vir 694 punte). Sy het ook goud gewen in verspring (4,27 m vir 350 punte en 100m (13:77 vir 647 punte). Die belowende John Tanner van Oakhill Skool in Knysna (seuns o.14), het met sy 1680 punte die junior victor ludorum-trofee ontvang. Tanner het die 100 m in 'n rekordtyd (12:27 vir 626 punte) gewen. Hy was eerste oor die wenstreep in die 200 m (25:62 vir 608 punte) en het ook die verspring titel (5,14m vir 396 punte) gebuit. In die gewigstoot (10,47m vir 446 punte) het hy tweede geëindig. Dogters o.17: Madison Solomon (Glenwood House) 100 m-h (19:28), Britney-Ann Meyer (York) 800 m (2:33.61), Sanja Greeff (York) 400 m (1:08.01), Eveleen Dos Santos (York) 100 m (12:92), 4 x 100 m-aflos (York) (56:46. Seuns o.17: 4 x 100 m-aflos (George Hoër) (47:10). Dogters o.19: Jaime Kruger (Glenwood House) gewigstoot (8,84 m). Seuns o.19: Bradley de Beer (Glenwood House) 110 m-hekkies (16:04), Josua Alaart (York) verspring (6,12 m), Bremmer Keffers (PW Botha) 100 m (11:32), Justin November (PW Botha) 400 m (53:42), Austin October (George Hoër) 800 m (2:08.60), 4 x 100 m-aflos (York) (47:03). Genevieve Young (Glenwood House) het met haar 1968 punte wat sy ingeoes het die senior victrix ludorum-trofee ontvang by die Imperial George atletiek-uitdaagbyeenkoms by Glenwood House. Links staan Dennis Symes, skoolhoof van Glenwood House, en regs is Haadie Bardien,verkoopsbeampte van Imperaial George. Foto:: Hugo Redelinghuys . Luke Gauche (Glenwood House) was ongetwyfeld die beste atleet van die Imperial George atletiek-uitdaagbyeenkoms by Glenwood House. Hy is met die senior victor ludorum-beker beloon. By homs staan Dennis Syms (links), skoolhoof van Glenwood House, en regs is Haadie Bardien,verkoopsbeampte van Imperaial George. Foto: Hugo Redelinghuys . 'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus' Dogters o.14: Angela Els (York) 90 m-hekkies (17:28) en 200 m (29:26), 4 x 100 m-aflos (George Hoër) (57:60)Seuns o.14: Luther Blaauw (George Hoër) 800 m (2:18.97)), Denve Olivier (George Hoër) 400 m (1:01.02), Christopher Buckley (York) gewigstoot (10,50 m) 4 x 100 m-aflos (York) (51:84).Dogters o.15: Carla du Plessis (Glenwood House) hoogspring (1,45 m), 4 x 100 m-aflos (Glenwood House) (57:30).Seuns o.15: Cohen Gallant (York) 100 m (11:07), Damian Paulson (George Hoër) 400 m (57:75), Kamvalihle Ben (York) 800 m (2:19.08), 4x 100 m-aflos (George Hoër) (48:15).
http://www.georgeherald.com/news/Sport/Athletics/182864/24-rekords-spat-by-interskoleatletiek
2017-02-16 08:00:00
KKNK: Drama op die planke dié jaar
Buite Land © Pieter du Toit NASIONALE NUUS - Bekroondes en debuutwerke kenmerk die toneelprogram van die 23ste KKNK, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word. “Vanjaar se toneelaanbod is divers met kontemporêre en klassieke stukke, werke wat suksesvol elders aangebied is en uitmuntende dramas wat vir die heel eerste keer opgevoer word”, sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK. Tien jaar na die wêreldpremière van Lara Foot se Karoo Moose – wat in die Karoo afspeel – maak dié drama ’n draai in die Klein Karoo. Foot spreek die verbrokkeling van families en skending wat so baie onskuldige kinders ervaar aan. Die stuk het reeds 15 Suid-Afrikaanse teatertoekennings ontvang en is met groot lof oorsee ontvang. “Die temas van die storie was vir my opgesluit in die idee dat kinders in die gemeenskap ’n betowerende gebeurtenis nodig het om hulle te bevry van mishandeling, verwaarlosing en armoede. Iets toweragtig was nodig om dié kringloop te verbreek”, vertel Foot. Met Chuma Sopotela, Zoleka Helesi, Bongile Mantsai, Thami Mbongo, Mdu Kweyama en Mfundo Tshazibane. Prinsloo is ook te sien in So ry Miss Daisy. Saam met haar op die verhoog is John Kani, in sy eerste verskyning as akteur by die KKNK, en TV-ster Jacques Bessenger. Prinsloo speel die bejaarde Daisy wat onwillig is wanneer haar seun vir Hoke (Kani) as chauffeur aanstel, nadat sy haar motor afskryf. Hoke en Daisy het uiteindelik ’n boeiende verhouding van 25 jaar, ten spyte van die destydse kleurgrense en sosiale stand. Die bekroonde Christiaan Olwagen behartig die regie. Moet ook nie vir Prinsloo in die debuut solovertoning Moedertaal misloop nie. Dawid Minnaar is te sien in nóg ’n solo-debuut, die roerende Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran. Die verhaal is soms komies en vertel van die verhouding tussen ’n jong Joodse seun Moses (of Momo) en die Moslem-winkeleienaar, Monsieur Ibrahim. Dit is uit pen van Éric-Emmanuel Schmitt, wat ook Oskar en die Pienk Tannie geskryf het. Naòmi Morgan het die vertaling behartig en Philip Rademeyer is verantwoordelik vir die regie en ontwerp. Lizz Meiring debuteer ook met haar nuwe solo-vertoning Geheime Taal, wat handel oor ’n oujongnooi wat die geheime taal van blomme verstaan. Feesgangers kry ook ’n geleentheid om Frank Opperman in die Fiësta-genomineerde, Hond te sien. Ander dramas om na uit te sien is Beurtkrag met Ivan Botha en Donnalee Roberts, ’n verhoudingsdrama waar ’n oënskynlike perfekte verhouding onder die vergrootglas geplaas word. Al die bagasie word uitgepak met die fokus op die kwesbaarheid van geliefdes. Die vrou uit die see, onder regie van Henry Mylne met o.a. Jana Strydom, Neels van Jaarsveld, Erik Holm en Theodore Jantjies, is ’n aangrypende liefdesverhaal uit die pen van die klassieke skrywer, Henrik Ibsen. Die stuk ontvou in ’n pragtige liefdesverhaal vol intriges wat die gehoor meevoer tot die einde. Gideon Lombard is te sien in die debuut Die reuk van appels, onder regie van Lara Bye en die ATKV bring ook die inspirerende werk van die ATKV-Tienertoneel-wenners Die Maan van Bewusteloos en Fragment na die fees. Die volledige program is beskikbaar by www.kknk.co.za . Kaartjies kan by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home gekoop word. Verblyfbesprekings kan aanlyn gedoen word, of kontak 044 203 8600. Die feesdatums val binne die nasionale skoolvakansie en eindig oor Paasnaweek. 'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Hessequa, Tuinroete nuus' In Weerklink van ’n wanklank – ’n eenman memoir kyk Pieter-Dirk Uys, wat vanjaar met die Kunste Onbeperk Kruispunt vereer word, terug na die padwysers wat hom onbewustelik deur sy lewe in die regte en ’n oorspronklike rigting gestuur het. Uys, nou in sy 71ste jaar, se meer as 7 000 solovertonings het hom geleer dat elke optrede die eerste én laaste is, want elke gehoor vereis en ontvang ’n ander energie.Jason Jacobs, vanjaar vereer met die Kunste Onbeperk Nuwe Stem, behartig die teks, regie en ontwerp van In wag van, waar toegewyde geloof trompop teen vrees vir die dood te staan kom. Jacobs het ’n Theatre Arts Admin Collective-beurs vir regie met dié stuk gewen. In die rolverdeling is Gantane Kusch, Courtney Smith, Gershwin Mias en Vathiswa Nodlayiya.Jacobs behartig ook die teks, regie en ontwerp van Kalahari Swaan, geïnspireer deur Tsjaikowski se Swanemeer. Dié drama vertel die storie van ’n jong mynwerker wat droom van ’n beter lewe vir hom en sy gesin en besoek met dans en poësie verskeie magiese ruimtes wat by die samelewing spook. Gershwin Mias, Kaylin Coetzee, Dustin Beck en Nina Callaghan is hierin te sien. Beck is ook te sien in Jacobs se solo dans-drama, Stof Rooi.Debuutdramas sluit nuwe tekste van bekroonde skrywers Tertius Kapp en Neil Coppen, asook een van Suid-Afrika se mees bekroonde en gerekende skrywers, Reza de Wet in.Anna-Mart van der Merwe, Brendon Daniels, Wilhelm van der Walt en Tarryn Wyngaardt is te sien in Kapp se nuwe drama Liewer, onder regie van Jaco Bouwer. Liewer kyk na die verstrengelde lewens van vier mense en soos Kapp dit beskryf: “tussen hedonism en sinisme, dierlikheid en dierbaarheid word nuwe moontlikhede vir teerheid ontgin.”Coppen se Buite Land is ’n kontemporêre verhaal oor twee mans uit verskillende kulturele agtergronde, wie se lewens diepsinnig vervleg word. Jacques Bessenger is te sien in die hoofrol, met veteraan-aktrise Elize Cawood as sy ma. Die geselskap sluit ook vir Kopano Maroga, Ntombi Gasa, Mpume Mthombeni en Marvin-Lee Beukes in.Asem is ’n vertaling deur Marthinus Basson van Reza de Wet se Breathing In. De Wet het in 2004 die Fleur du Cap-prys vir beste inheemse teks hiervoor ontvang. Basson behartig ook die regie en ontwerp. De Wet verweef digterlik en kragtig ’n verhaal van liefde teen die agtergrond van die Suid-Afrikaanse-oorlog, en omskep die alledaagse in die uitsonderlike. In die rolverdeling is Antoinette Kellermann, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam en Edwin van der Walt.Koöperasiestories met onder andere Chris van Niekerk, Marion Holm en Margit Meyer-Rödenbeck bring die wel en wee van Mietie, Veldsman, Genis en hulle dorpsgenote na die verhoog. Pa maak vir my ’n vlieër pa word as tydlose huldeblyk aan Chris Barnard opgevoer en handel oor ’n middeljarige man wat sy sieklike moeder vir jare versorg, nadat ’n vreemdeling haar van die dood gered het. Die aangrypende drama laat reg geskied aan Barnard se ryk nalatenskap. Met Sandra Prinsloo, Waldemar Schultz en Wilhelm van der Walt, onder regie van Albert Maritz.
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/182647/KKNK-Drama-op-die-planke-die-jaar
2017-02-14 09:00:00
Bonjour Monsieur Brel by George-kunsteteater op 2 Maart
Chanie Jonker (klavier en trekklavier) en Susan Mouton (tjello) is saam met Jannie du Toit te sien in Bonjour Monsieur Brel. GEORGE NUUS - Veteraan liedjieskrywer-sanger Jannie du Toit het 'n lang geskiedenis van musiektoere na Nederland en België sedert hy en Christa Steyn in 1988 die Lae Lande met hulle program, Blik en snaar besoek het. Later vanjaar pak hy weer 'n maand lange toer aan en hy beplan dit met twee musiekproduksies wat hy oor die afgelope tyd met groot sukses in Suid-Afrika aangebied het: Doep is nie dood nie, 'n eenman-aanbieding met teks- en musiekgrepe oor die lewensbeskouing en werk van Koos du Plessis en daarmee saam Bonjour Monsieur Brel waarin Jacques Brel se sielsmusiek in vier tale gesing word - Frans, Afrikaans, Engels en Nederlands. In albei programme word hy begelei deur twee uitstaande musici, by name Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier). Danksy die samewerking van verskeie teaters en kultuurorganisasies in die betrokke lande sal beide die Doep- en Brelprogramme oor die lengte en breedte van die Benelux te sien wees. Twintig optredes word tydens die toer in die Benelux beoog, waarvan hoogtepunte waarskynlik sal wees 22 September in die Herman van Veen Arts Centre in Soest Nederland; 1 Oktober in De Tinnenpot-teater in Gent waar beide die programme op een dag aange-bied sal word en op 15 Oktober in die Zuid-Afrikahuis, Amsterdam. Oor Doep is nie dood nie skryf Mariana Malan ten tyde van die eerste speelvak by die KKNK in 2014: "Nostalgie gryp jou aan in die eerste oomblik van die produksie… Wanneer jy begin luister na Jannie du Toit se vertolking van net meer as 20 van Koos Doep se liedjies… weet jy daar is geen kans dat sy woorde sal sterf nie…" en Paul Boekkooi, ewe hoog aangeskrewe resensent van Beeld, skryf verlede jaar oor Bonjour Monsieur Brel: "..een van die blinkste Brel-aanbiedinge wat tot nog toe in Suid-Afrika op die planke was… Ons het lank vir so 'n gehalte-aanbieding gewag. Ervaar die grensloos magiese daarvan." 'n Aanbieding van Bonjour Monsieur Brel word op Donderdag 2 Maart in die George-kunsteteater beplan, wanneer Jannie met sy span op pad sal wees na Stellenbosch vir optredes op 4, 5 en 6 Maart in die Fismersaal as deel van die Woordfees. Kaartjies vir die optrede in George is reeds beskikbaar by die teater. Meer inligting oor hierdie en ander optredes van Jannie du Toit is beskikbaar op sy webwerf: www.janniedutoit.com 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/182816/Bonjour-Monsieur-Brel-by-Georgekunsteteater-op-2-Maart
2017-02-15 16:00:00
Die lewe is met vreesaanjaende situasies gevul: vrees vir siekte, werkloosheid, verwerping, ander mense se opinies. As jy dit nie hanteer nie, sal vrees jou innerlike vrede steel. Soos Chuck Swindoll ons egter herinner: 'Dawid het vrees direk by sy voordeur met twee vrae ontmoet. '...Vir wie moet ek dan vrees? Vir wie sal ek bang wees?' Hy het die deur in vrees se gesig toegeslaan deur te verklaar, '...Ek sal nie bang wees nie.... Ek [sal] hoopvol bly' (vers 3). Toe het hy terug in die huis ingestap, en homself herinner hoe om vrees te hanteer. Gebed: 'Een ding vra ek van die Here...' (vers 4). Visie: '...om in die huis van die Here te bly al die dae van my lewe...' (vers 4). God se Woord: '... om in sy tempel daaroor na te dink' (vers 4). God se beskerming: 'Want as gevaar dreig sal Hy my wegsteek...' (vers 5). Lofprysing: '...terwyl ek sing...' (vers 6). Rus: '...Lei my op 'n gelyke pad...' (vers 11). Vasberadenheid: '...Wees sterk en skep moed!..' (vers 14). Jy kan op verskeie maniere moedig wees. Soos om getrou te bly wanneer niemand kyk nie. Om alleen te staan wanneer jy misverstaan word. Dit kan so stil soos die innerlike stryd tussen reg en verkeerd wees.' Wanneer vrees aan jou hakke hap, sê God, '...[wees] sterk en dapper...' (Josua 1:9). Dick Mills skryf: Elke gebod kom met die versekering dat ons dit kan uitvoer. God gee nie bevele wat ons nie instaat is om uit te voer nie. Dit is direk teenstrydig om te sê, 'Ek het baie moed maar geen krag nie.' Moed en krag is deur God aan jou gegee. Moed motiveer ons wil, en krag vergesel ons inspanning.
http://www.georgeherald.com/viewblog/1751/Moenie-dat-vrees-jou-keer-nie
Skildery uit kunswinkel gesteel
Die verdagte was onbewus van die kamera wat sy skelmstreke verfilm. GEORGE NUUS - 'n Onbekende jong man geklee in 'n rooi baadjie, het Woensdag 15 Februarie 'n skildery ter waarde van R8 000 uit 'n kunswinkel in Markstraat gesteel. Martie le Roux, die eienaar van The Art Shop, het aan die George Herald gesê die voorval het omstreeks 14:30 plaasgevind. "Dit het vinnig gebeur. Ek het my rug gedraai om 'n bestelling te pak. Die sekerheidsbeampte het die vullis gaan verwyder en daarna was die skildery weg," het sy gesê. Die skildery, wat deur Le Roux self geskilder is, is 'n naakstudie van 'n goedgeboude man wat met sy rug na die skilder sit. Le Roux is passievol oor kuns en lewer 'n pleidooi aan Georgiete om op die uitkyk te wees vir die skildery en die verdagte. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand wat die skildery of die verdagte herken, kan Martie le Roux by 044 873 2792 of die ondersoekbeampte, sers. Mamfengu by 044 803 4725 / 044 803 4752 skakel. * An unknown thief wearing a red jacket made off with a painting worth R8000 in the CBD last week. Martie le Roux, the owner of The Art Shop, says the theft took place at about 14:30 on Wednesday 15 February. The man took the painting from the easel and walked off while her attention was elsewhere, but he was captured on CCTV footage. Anyone who can help find the painting and/or culprit is asked to phone Martie le Roux at 044 873 2792 or Sgt Mamfengu at 044 803 4725 / 044 803 4752. Die gesteelde skildery is 'n portret wat Martie le Roux vir 'n gereelde kliënt geverf het. ARTIKEL: BRüMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/183415/Skildery-uit-kunswinkel-gesteel
2017-02-23 11:00:00
Jong kankerlyer vier Valentynsdag
Zeake Swart (regs) en haar ma, Susan. GEORGE NUUS - 'n Twaalfjarige meisie van George wat sedert verlede Julie weens leukemia haar skoolbank in Laerskool George-Suid vir 'n hospitaalbed moes verruil, het vanjaar Valentynsdag saam met haar ma in Durbanville gevier. Zeake Swart en haar ma, Susan, kon vandag 14 Februarie vir die eerste keer in 'n maand by hul "Kaapse huis" ontspan nadat Zeake 'n blaaskans van haar behandelings by die Rooikruis-kinderhospitaal gekry het. Sy het op Valentynsdag verjaarsdagpakkies oopgemaak wat vriende van George gestuur het, want sy het haar 12de verjaarsdag 'n week gelede op 9 Februarie gevier. "Ons vier die dag met pienk kindersjampanje (druiwesap met borrels), spek-en-eiers en 'n lekker sagte bed," het Susan gesê. "Ons vier die lewe en ons eie vryheid, met goeie geselskap. My dogter het ‘n innerlike vrede wat baie grootmense nie het nie." Zeake is op 9 Julie verlede jaar per ambulans na die Rooikruis-kinderhospitaal geneem, nadat 'n pediater in Mosselbaai die siekte gediagnoseer het. "Ons het aanvanklik gedink sy het klierkoors," het Susan gesê. "Dinge het baie vinnig gebeur. Leukemia is om 22:00 op 8 Julie gediagnoseer, en ons moes die volgende dag in Kaapstad met behandeling begin. Sy het begin met nierversaking en moes verskeie kere dialise ontvang alvorens hulle met chemoterapie kon begin. Tydens chemoterapie skei jou liggaam baie soute af. As jy reeds nierversaking het kan jy doodgaan van nierversaking en nie kanker nie." Zeake en Susan het met hul swerwerslewe tussen die hospitaal en verblyf in Rondebosch en Durbanville begin, met kort rustye terug in George. Gustav Swart, Zeake se pa, en Anke (15) haar sussie moes die fort in George hou. Gelukkig kon die gesin oor Kersfees by Jongensfontein kuier. Terugslae is ook iets waarmee die gesin moes vrede maak. Zeake het in Januarie gordelroos opgedoen wat haar senuwee beskadig het. Sy moes ook bykomende operasies ondergaan en sukkel steeds om infeksies te beheer. Volgens Susan is sy in leukemia remissie. "Die inflammasie het skade veroorsaak aan haar long, sy kan eers huis toe kom wanneer hulle die inflammasie opgeklaar het. Verder reageer sy goed op behandeling. Nog een blok van die aktiewe behandeling lê voor." Susan is baie dankbaar vir hul "familie" in die Rooikruis-kinderhospitaal se onkologie-eenheid, die ondersteuning van Zeake se skool, vriende en vreemdelinge wat hulle in hierdie tyd bystaan. "Dit is ‘n surreële wêreld. Die vriende wat jy maak in die G1-eenheid is mense wat jy vir altyd in jou hart gaan saamdra. Dis ‘n rowwe pad." Nadat leukemia by Zeake gediagnoseer is, het 'n paar leerders van Laerskool George-Suid in empatie hul hare afgeskeer. "Haar Junie-eksamenpunte verlede jaar was uitstekend, daarom kon sy vanjaar met gr.6 begin," het Susan gesê. "Die skool stuur haar werksvelle en huiswerk. Sy sal moontlik haar eksamen in Junie met die hulp van 'n fasiliteerder moet aflê." Zeake mis veral haar sport en skoolvriende, sowel as normale dinge soos partytjies hou, fliek en winkelsentrums besoek. Verlede jaar hierdie tyd het sy haar SWD-kleure vir netbal en hekkies gekry. Milu Scholly, 'n baie goeie maat van Zeake, het haar hare verlede jaar afgeskeer na leukemia by Zeake gediagnoseer is. Shana-Louise Meyer (11) sny haar lang blonde lokke in empatie met Zeake. Geskenke van George by haar hospitaalbed. Zeake het verlede Donderdag 9 Februarie haar 12de verjaarsdag gevier. ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/182683/Jong-kankerlyer-vier-Valentynsdag
2017-02-14 14:00:00
'n Verkoper by die jaarlikse kermis het vir Mavis Gustafson Pigford 'n gratis Gideonsbybel gegee. Sy het dit in haar handsak gesit en daarvan vergeet. Later, toe sy huis toe stap, het 'n kar langs haar verskyn en het die bestuurder 'n geweer op haar gerig en haar beveel om in die kar te klim. Sy skryf: 'Hy het langs die pad afgetrek en my op die sitplek probeer neer dwing. Ek het met hom gestoei, 'n skoot gehoor en 'n skerp pyn in my sy gevoel. Ek het inmekaar gesak, en die man het na my toe gestap, my beursie gevat, my handsak na my kop gegooi en geskiet. Ek het 'n verskriklike impak gevoel. Steeds by my bewussyn, het ek hom hoor wegry en het ek na die naaste plaashuis gestrompel. Die vrou het die polisie gebel en terwyl ek na die hospitaal gehaas is, het die polisie die net om die bedwelmde bestuurder wat my aangeval het, stywer getrek. Voor die operasie om die koeël uit my sy te verwyder, het my suster my kom sien. 'Weet jy wat jou lewe gered het?' het sy gevra? Sy het die Bybel wat in my handsak was vir my gegee. 'n Koeël het in die Bybel vasgesit, met sy punt wat presies by Psalm 37:14- 15 gestop het: 'Die goddelose trek die swaard... om hulle wat reg doen dood te maak. Maar hulle swaard sal hulle eie hart deurboor en hulle boog sal stukkend gebreek word' (NLV). Nog 'n voorbeeld hoe God altyd een tree voor jou bly: 'Verseker sal Hy jou red... en onder sy vlerke sal jy skuil; sy trou sal jou beskerm soos 'n skild... Want Hy sal sy engele beveel om jou op al jou weë te beskerm... Hy wat my Naam ken, sal Ek beskerm' (Psalm 91:3-4, 11, 14 NLV).
http://www.georgeherald.com/viewblog/1732/Hy-is-altyd-een-tree-voor-jou
Klopjagte in Pacaltsdorp
Kol. Hans Blaauw (tweede van links) verlede Vrydagoggend saam met van die beamptes voordat hulle na Syferfontein vir 'n klopjag by die onwettige taverne vertrek. By hom is van links: sers. S Fisher, konst. R Balie, kapt. B Heynes en ao. C Van der Westhuizen. INLAS: Opgeknipte skroot op 'n erf in Syferforntein. Foto: Lizette da Silva GEORGE NUUS - Klopjagte is verlede week regoor Pacaltsdorp uitgevoer om misdaad in die woonbuurt te bekamp. Die polisie het altesaam 17 persele tussen verlede Woensdag 06:00 en Donderdag 02:00 besoek. Verskeie arrestasies is uitgevoer vir onder andere besit van dwelms, besit van gesteelde goedere, opsetlike saakbeskadiging en naamskending. Minstens 19 mense is vir publieke dronkenskap aangekeer. Die hoë syfers kan toegeskryf word aan die feit dat staatstoelaes (AllPay) verlede Woensdag 1 Februarie uitbetaal is en gekenmerk word as 'n dag wanneer misdaad toeneem. "As ons teen tye van AllPay nie optredes doen en ons sigbaarheid verskerp nie, sit ons met te veel misdaad - van aanrandings tot rooftogte," het die stasiekommissaris van Pacaltsdorp, kol. Hans Blaauw gesê. Drie onwettige immigrante is ook langs die N2-snelweg naby Pacaltsdorp aangekeer. Daar is later vasgestel dat die drie mans op lasbriewe gesoek word in Milnerton, Kaapstad. Twee persele in Syferfontein is ook deursoek waar daar op gesteelde goedere en skroot beslag gelê is. By die een perseel het die polisie op 'n groot hoeveelheid drank beslag gelê. 'n Man (71) is aangekeer vir onwettige handel in drank en besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die man het skuld beken op die klag wat verband hou met die drank en 'n R500-boete betaal. ARTIKEL & FOTO: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-NUUSREDAKTEUR 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/182385/Klopjagte-in-Pacaltsdorp
2017-02-09 12:00:00
Ongelukslagoffer na 4 maande tuis
Lorenzo Seconds is verlede Vrydag vier maande na die ongeluk uit Bethesda ontslaan. GEORGE NUUS - Lorenzo Seconds (32) van Parkdene wat vier maande gelede ernstig in 'n motorongeluk beseer is, is verlede Vrydag huis toe. Hy het by Bethesda, in die versorgingseenheid vir pasiënte, aangesterk nadat hy uit die George-hospitaal ontslaan is. "Ek is bly ek gaan huis toe, maar gaan die mense hier mis. Ek sal nooit genoeg dankie kan sê nie. Hier by Bethesda het ek eersteklas versorging gekry. Die susters en fisioterapeute het my gehelp om myself te kan help. Ek sou nie sonder krukke hieruit geloop het as dit nie vir hulle was nie," sê Lorenzo. Lorenzo, wat vir verskeie plaaslike rugbyklubs uitgedraf en amateurrugby gespeel het, was een van drie mense wat op 2 Oktober 2016 voor 'n nagklub in Pacaltsdorp raakgery is. Hy het ernstige beserings aan beide sy bene opgedoen. "Ek ervaar nog daagliks pyn en kan nie sonder die beenstut loop nie, maar ek is ten minste op die been. Ek wil graag vir die fisioterapeut Scott Rickard en Linda Kleinbooi in besonder bedank vir my rehabilitasie. Daar was dae wanneer ek wou opgee, maar hulle het my moed ingepraat." ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-NUUSREDAKTEUR 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' Lorenzo het ook sy verloofde, Rochelle Lamini bedank vir al haar bystand, liefde en ondersteuning asook sy pastoor, John Smith.
http://www.georgeherald.com/news/News/General/182803/Ongelukslagoffer-na-4-maande-tuis
2017-02-16 14:00:00
Die nuus van die dag is selde eenvoudig, hoewel heelwat lesers dit seker so sou wou hê. Ek vind dat mense dit in swart en wit of reg of verkeerd wil hê, maar dit selde is. Politiek, plaaslik, asook rondom die wêreld is daagliks op die nuus en laat dit mens wonder: Wat word van die mensdom? Aan die einde van die dag deel ons almal die mensdom - ek is verbind aan jou en jy aan my, ons deel dieselfde planeet en asem dieselfde lug in. Hoe ek myself behandel is hoe ek ander behoort te behandel, wat ek vir my familie wens moet ek vir jou wens - ongeag van my of jou geloof, kleur van vel, geslag en politieke siening. Ons is so geneig om etikette om mense se nekke te hang wat mense net verder uit mekaar dryf in plaas van nader aan mekaar. So, wanneer ons die daaglikse nuus inneem is dit wys om te onthou dat ons almal een groot familie, genaamd die mensdom is, maar met uiteenlopende menings. Ons toekoms hang daarvan af om ons medemenslikheid raak te sien en om maniere te vind om dit te verhef om sodoende die wêreld 'n beter plek vir almal te maak. Soos aartsbiskop Desmond Tutu eens gesê het:"All of our humanity is dependent upon recognizing the humanity in others." Die webtuise humanityhealing.net is 'n handige portaal vir daaglikse handleidings, insiggewende artikels en alles en nog wat oor menslikheid en hoe jy jouself kan heel, asook 'n bydrae maak tot die mensdom. Dankbaarheid is 'n noodsaaklikheid vir 'n ware spirituele pad - dit ontstaan uit jou hart, maar ook om te aanvaar om te ontvang, asook om te gee: Dankbaarheid is 'n belangrike vaardigheid om aan te leer! Die goue reël om te onthou as dit by menslikheid en dankbaarheid kom is, 'Do onto others as you would have them do onto you.' Dit is nie altyd maklik nie, maar as meer mense dit begin nastreef sal die wêreld beslis 'n beter plek wees vir almal. Om 'n verskil te maak moet jy by jouself begin en 'n goeie manier is om jouself elke dag te seën - om vir jouself die beste te doen en te wees om sodoende dit ook vir ander mense te kan doen - sonder om iets terug te verwag. Mense se perspektief op nuus hang meestal af van wat hulle in hul eie lewens ervaar het. Lesers kan na dieselfde foto kyk, dieselfde storie lees of na dieselfde uitsending luister en heeltemal uiteenlopende menings daaroor te hê.Learn to get in touch with the silence within yourself, and know that everything in life has a purpose. There are no mistakes, no coincidences; all events are blessings given to us to learn from. (Elisabeth Kubler-Ross).
http://www.georgeherald.com/viewblog/1746/Wees-n-menslike-mens
Ek het vandag lank gewik en geweeg of ek 'n boodskap moet deel en hoe doen mens dit sonder dat dit klink soos spog. Maar toe besluit ek, ek plaas dit veral vir onderwysers wat dikwels wonder of hulle ooit iets vir iemand beteken. Glo my, iewers soms tien jaar later, kry jy uit die bloute 'n boodskap van iemand wat jou trane vlak kom laat sit en dan weet jy in jou siel, "vir hierdie iemand het ek iets beteken" Ek het gistermiddag 'n lang Facebook-boodskap van 'n jong vrou gekry wat as laerskoolkind in my skool was en nou al 'n ma is. Ek gaan nie die hele boodskap plaas nie - hier is 'n gedeelte: "Ek wil dankie sê vir wat Mnr in my lewe beteken het. Al die kuns klasse en motivering vir n onsekere dogtertjie in n groot onsekere wêreld het baie beteken. God is goed en ek glo dat Hy genade in verskillende vorms en maniere vir ons gee. Mnr was altyd daar om te help of raad te gee. Dankie vir alles. " Sy voeg by dat sy al vyf jaar getroud is en die trotse ma van twee is. Dankie hiervoor E, en ja ek onthou jou baie duidelik.
http://www.georgeherald.com/viewblog/1737/Ek-onthou-jou
Plaaslike skrywer se boek word draaiboek
Jans Rautenbach skryf met die hand en sy vrou, Lizelle moet alles op rekenaar tik. Hy werk tans aan sy vierde boek. Foto: Alida de Beer GEORGE NUUS - Jans Rautenbach*, 'n Georgiet wat sy debuutroman in 2015 self uitgegee het, is in sy skik oor sy vierde boek waaraan hy tans werk en wat heel moontlik verwerk gaan word vir die draaiboek van 'n nuwe Engelse film deur Phoenix Films. André Frauenstein, 'n direkteur van Phoenix, vervaardigers van Treurgrond wat verlede jaar as die beste film by die Richard Harris internasionale filmfees aangewys is, het die skrywer genader vir 'n draaiboek. Dit is 'n psigiese riller getiteld Second Sight waarvan die eerste tonele in George afspeel met die hooffiguur, 'n topspeurder, wat in 'n motorongeluk in die Outeniquapas verlam word. Die speurder kan ná sy ongeluk beelde sien van moorde wat gepleeg word. 'n Reeksmoordenaar is ook deel van die intrige. Jans vertel dat dié nuwe opwindende wending gekom het nadat André al drie Jans se boeke, A Rhino Crying A Country Dying, Skroeioond en Smeltkroes gelees het. Die twee mans het deur Facebook begin kontak hou en vriende geword en André het sy idee van 'n nuwe film met Jans gedeel. "Ek het op 6 Januarie met die storie begin en trek nou by ongeveer 50 000 woorde. Phoenix het die eerste drie hoofstukke verlede week onder oë gehad en is baie tevrede." Hy skryf met die hand en dit is sy vrou, Lizelle, assistentbestuurder by CUM Boeke, se werk om alles op 'n rekenaar te tik. Jans se twee jongste boeke het hy verlede jaar binne ses maande van mekaar af uitgegee ná 'n droom een nag wat 'n ingrypende impak op sy lewe gehad het. Hy het genoop gevoel om sy lewensverhaal neer te pen. In hierdie storie, Skroeioond lê hy die besonderhede van sy eertydse wilde lewe van drankverslaafdheid en kroeggevegte eerlik bloot met die doel om 'n boodskap aan ander verslaafdes te bring en hulle te laat besef dat daar hoop is. Die derde boek is 'n Christelike roman, Smeltkroes waarvan 'n aanvanklike oplaag in Desember gedruk is en waarna Skroeioond en Smeltkroes na 'n uitgewer gestuur is. En steeds hou die inspirasie nie op vloei nie. Wanneer hy klaar is met Second Sight wil Jans begin met Loutervuur, 'n storie oor die wegraping en wederkoms soos in die Bybel opgeteken, wat reeds in sy kop maal. Kopieë van sy boeke kan bestel word by [email protected] *Geen verwantskap met Jans Rautenbach, die filmmaker nie. ARTIKEL & FOTO: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/182179/Plaaslike-skrywer-se-boek-word-draaiboek
2017-02-07 08:00:00
'Ek is met die dood gedreig'
Marchell Kleynhans. GEORGE NUUSFLITS - 'n DA-kandidaat wat aan die onlangse tussenverkiesing in Uniondale (wyk 25) deelgeneem het, woon deesdae in George nadat hy glo vir sy gesin se veiligheid gevlug het. Marchell Kleynhans, sy vrou en twee van sy kinders het sak en pak na George verhuis 'n dag na die tussenverkiesing op 1 Februarie. Kleynhans was die raadslid vir dié wyk voor die verkiesing in Augustus verlede jaar. Hy het teen Marlin du Preez van die ANC verloor. Die tussenverkiesing het gevolg na Du Preez se dood. Die wyk is in die onlangse tussenverkiesing deur die ANC-kandidaat Jarques Esau gewen. "Ek is voor en tydens die verkiesing met die dood gedreig," het Kleynhans gesê. "Ek was by die polisie, maar niks het gebeur nie. Ek en my gesin voel nie meer veilig in Uniondale nie." Kleynhans het die afgelope 33 jaar in die Uniondale-omgewing gebly. Sy oudste dogter kon nie plek by 'n hoërskool in George kry nie en bly vir eers by familie op Uniondale. Die Kleynhans-egpaar, hulle 12-jarige seun en 2-jarige dogtertjie woon tans by sy skoonfamilie in Pacaltsdorp. "Dit was baie traumaties vir my vrou. Dit was erg om my oudste dogter eers agter te los," het hy gesê. Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn. 'Ons bring jou die nuutste Uniondale, George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/182698/Ek-is-met-die-dood-gedreig
2017-02-14 15:00:00
Behuising 'n probleem in Proteapark
Johannes Julies woon tans in die struktuur in Proteaplakkerskamp, maar gaan binnekort intrek neem in 'n tydelike sinkhuis wat deur George-munisipaliteit opgerig is. Julies is opgewonde oor dié skuif. Agter sy plakkershut is een van die Hop-huisies sigbaar wat deel vorm van 'n behuisingsprojek. Julies en nog 'n paar huishoudings word geskuif sodat die projek voltooi kan word. Foto's: Michelle Pienaar GEORGE NUUS & VIDEO - Wrywing tussen agterplaasbewoners in Proteapark en George-munisipaliteit het verlede week opnuut opgevlam. Agt sinkhuisies is in 'n area, bekend onder die inwoners as Protea Valley, opgerig, om as huisvesting te dien vir 'n klompie gesinne wat in Proteapark-plakkerskamp woon. Die probleem is egter dat dit die einste grond is waar agterplaasbewoners verlede jaar onwettig lappies grond afgemeet het waar hulle wou nes skrop. Hulle moes uiteindelik die stryd gewonne gee, maar kyk nou toe hoe ander gesinne met munisipale hulp na die area geskuif word. Die ongelukkigheid kan dalk 'n effek op die vordering van die behuisingsprojek in Proteapark-plakkerskamp hê. Agterplaasbewoners het verlede jaar in 'n vreedsame betoging tot by die George-stadsraad in Yorkstraat geloop om 'n griefskrif in te dien. Volgens Chantel Edwards-Klose, munisipale woordvoerder, word die sinkstrukture as 'n tussentydse maatreël opgerig om voorsiening te maak vir gesinne wat tans op erwe woon waar Hop-huise gebou moet word. "Hierdie gesinne sal, mits hulle vir 'n behuisingsgeleentheid kwalifiseer, in die toekoms binne die Metrogronde-ontwikkeling geakkommodeer word," het Edwards-Klose gesê. "Die munisipaliteit fasiliteer die verskuiwing, en oortree die betrokke gesinne dus geen wet nie. Die gebied is nie geskik vir 'n permanente ontwikkeling aangesien die koste om die erwe te diens onbekostigbaar en hopeloos te duur is." 'n Inwoner wat haar oor die agterplaasbewoners ontferm, Maggie Buys, is bekommerd oor die toename van hierdie soort huisvesting in die woongebied. Een van die agterplaasbewoners, Anna de Kock, het na bewering reeds in 1999 vir ’n huis aansoek gedoen. Sy sê hulle wag steeds hoopvol, maar daar is sprake dat haar naam nie meer op die behuisingswaglys is nie. Altesaam 13 mense woon tans in De Kock se houthut in Proteapark. Kyk na 'n video hieronder: Salomé Tamboer en vier van haar vyf kinders: Die drieling Robyn, Roslyn en Roberto (11 maande) en Ronaldo (5). Tamboer is een van talle agterplaasbewoners in die Proteapark-omgewing wat op behuising wag. Die sinkhuisies waarheen 'n klompie gesinne van Proteaplakkerskamp geskuif gaan word. Dit is opgerig in Protea Valley, soos die area onder inwoners bekend staan. Altesaam agt van hierdie strukture is oor die laaste tien dae opgerig. Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn. ARTIKEL & FOTO'S: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/News/General/182617/Behuising-n-probleem-in-Proteapark
2017-02-13 15:00:00
KKNK-produksies met vyf Fiëstas bekroon
Rhodé Snyman met die kykNET Fiëstas Blou Stoel © Retha Furgeson. NASIONALE NUUS - “Dit is ’n groot voorreg om vanjaar die Fiëstas se Blou Stoel vir die KKNK se eerste Uitkampteater-inisiatief te ontvang. Ons is geweldig trots op al die kreatiewe skeppers wat ’n rol hierin gespeel het en is dankbaar vir die ondersteuning van die Koninklike Nederlandse Ambassade, Pretoria, waarsonder dié inisiatief nie moontlik sou wees nie”, sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK. Volgens hom het die paneel in 2016 onomwonde saamgestem dat een gebeurtenis vir almal uitgestaan het. “Dit was nie net innoverend nie, maar het ook ’n platform geskep vir gevestigde kunstenaars, nuwe stemme en ook internasionale talent om oorspronklike werk te skep. Dit is geïnspireer deur Nederland se Tentjestheater, maar het hier ’n eg-Suid-Afrikaanse gevoel gekry. Die kwaliteit was verbysterend en was verantwoordelik vir die mees opwindende teaterervaring van die jaar”, sluit hy af. Marisa Gerards, Ambassadeur van Nederland, sê Uitkampteater is ’n idee wat die KKNK in 2016 na Suid-Afrika gebring het, geskoei op Tentjestheater uit Nederland. “Die Blou Stoel is ’n bewys van moontlikhede wat kan ontstaan uit samewerking tussen die twee lande. Ons sien baie uit na die tweede Uitkampteater by die KKNK en sien die projek as ’n perfekte voorbeeld van ’n tasbare samewerking tussen Suid-Afrika en Nederland. Ons is bly Uitkampteater, wat klein interaktiewe toneelspel is, word só goed deur Suid-Afrika ontvang en ons wil vir die KKNK baie dankie sê dat hulle hierdie projek ’n moontlikheid gemaak het”, sê sy. Die KKNK se musiekblyspel Heidi, het ook twee Fiëstas ontvang. Heidi is bekroon as beste musiekgedrewe produksie en Francois Toerien en Kosie Smit vir dié produksie se stelontwerp. “Om ’n musiekblyspel van dié skaal aan te pak, wat moet toer en binne feessisteme funksioneer, is ’n groot uitdaging. Dit is gerealiseer deur ’n kreatiewe span mense – agter die skerms en op die verhoog – wat met oorgawe en absolute fokus die verhaal op die beste moontlike manier wou vertel. Die eindproduk is hoë kwaliteit familievermaak. Ons is baie trots op die produksie en salueer die talent en harde werk van elkeen wat hierby betrokke was. Die genot wat almal betrokke en die gehore uit die produksie put is die uiteindelike prys, maar die erkenning wat die produksie ontvang het is ’n ongelooflike kersie op die koek”, sê Theart. Heidi is moontlik gemaak deur Die Dagbreek Trust. Die KKNK se volledige feesprogram is beskikbaar by www.kknk.co.za. Kaartjies kan by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home gekoop word. Verblyfbesprekings kan aanlyn gedoen word, of kontak 044 203 8600. Vanjaar se feesdatums val binne die nasionale skoolvakansie en eindig oor Paasnaweek. 'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Hessequa, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/183618/KKNKproduksies-met-vyf-Fiestas-bekroon
2017-02-27 13:00:00
Die dorp is maar klein. As jy jou ry mooi ken en goed jou tyd bestuur, kan jy 'n vinnige vreedsame draai by die Punt maak en steeds teen 08:00 betyds agter jou lessenaartjie in 'n muwwe kantoor inskuif, gereed vir die werksdag. Dis Mosselbaai. Meestal heerlik plattelands. Hande wip op agter stuurwiele soos die mense groet en jy vorder stadig deur die inkopierakke in Checkers van al die verneem en geselsies maak. Alhoewel die dorp heeljaar besoekers kry, kry dit vir vier dae in vroeg Februarie so 'n internasionale roering. Vir hierdie viering van Europeërs se koms na die suidelikste Punt van Afrika, doen ons selfs moeite om uit te vind hoe groet mens behoorlik in al 11 die amptelike Suid-Afrikaanse landstale. Die braweres probeer selfs 'n Mandaryns, Portugees en Indonesies. Duits is 'n goue middeweg en as die moed jou begeef, is Engels altyd 'n betroubare reddingsboei. Desnieteenstaande – agter die skerms by die jaarlikse Diasfees, ongeag of besoekende kunstenaars vanaf 'n ander kontinent of 'n Suid-Afrikaanse provinsie reis, heers daar 'n aansteeklike gemoedelikheid. Op die keper beskou, wil mens wonder of dit 'n stukkie nasiebou in aksie is? Of daardie ideologie van die skep van 'n nasionale identiteit so plek-plek gestalte kry onder die vaandel van "Waar kulture ontmoet", soos die fees se leuse lei. Met sport aan die voorfront van nasiebou-simbole, het die brose Springbokke Suid-Afrikaners sedert die Wêreldbekerrugby in 2015, goed laat ly. Toe oud-Bok, Joost van der Westhuizen vandeesweek na 'n dapper stryd teen motorneuronsiekte sterf, was Suid-Afrikaners gou om hulle groen en goud te dra uit eerbetoon vir die gevalle held. Hoe vinnig is die lagie solidariteit egter nie versteur deur 'n ene Riaan Lucas se onnadenkende, rassistiese facebook-kommentaar oor Joost se dood wat soos 'n veldbrand op sosiale medianetwerke versprei het nie. Die man het oornag in 'n volksvyand verander met klagtes teen hom aanhangig gemaak by die Suid-Afrikaans Menseregtekommissie. Met die swaard wat voortaan oor sy kop hang - "The internet never forgets". En dit komende van 'n nasie wat self in glashuise staan rakende kwetsende uitsprake oor landgenote "ander anders as ons". Die enigste verskil is dat dit dalk minder publiek gemaak word. In Mosselbaai verdwyn 'n kind in 'n woonbuurt waar dit wemel van spelende kinders. Toe hy Dinsdagoggend, buite karakter nog nie tuis is nie, word hy as vermis aangegee. Die nuus haal 'n sosiale mediaplatforms en kort daarna volg dat hy sy verdrinkte liggaampie op 'n plaaslike strand gevind is. Tragies. Maar die kommentaar daarop, is veel hartseerder. Immer die twee kampe. Die een wat simpatiseer uit begrip vir omstandighede. Die ander krities oor die manier van doen en leef. Kinders se pa is dood aan 'n aaklige, vernederende siekte. 'n Ma se sewejarige kind sal nooit weer speel nie. Duisende word verwag by Joost se gedenkdiens op Loftus Versfeld. Die kind se grootmaakma is werkloos en weet nie hoe sy hom gaan begrawe nie. Tel nie net jou woorde nie, maar ook jou seëninge. DEUR CORNELLE CARSTENS
http://www.georgeherald.com/viewblog/1745/Tel-jou-woorde
Tannie Greta vertel van die liefde
Tannie Greta se lewenslange liefde laat haar steeds blom op 98. GEORGE NUUS - Valentynsdag beteken deesdae vir ons glans en luuksheid. Maar het mense vroeër jare hier in George die liefde so gevier? Tannie Greta, bekend as die 'malvatannie' in George, is die matriarg van 'n omvangryke familie en het verlede jaar 98 geword. Voor haar man, oom Burger (Buks), se dood was die egpaar kultuurleiers in die dorp. As leiers in die Volkspelebeweging het hul harte en huis altyd oopgestaan vir gaste van heinde en ver. Europese volksdansgroepe het dikwels op hulle plaas, Die Bof, oorgeslaap. Valentynsdag is nie iets wat hulle ooit gevier het nie, sê sy. Wat die deurslag gegee het in haar huwelik van bykans 46 jaar was genade van bo en 'n liefde vir mekaar wat hulle in staat gestel het om alle verskille te oorkom. Sy deel egter graag haar verhaal met ons. Dit was tydens die Tweede Wêreldoorlog, 1939-42. Haar pa was die parlementslid dr. Karl Bremer en sy het net 'n bevoorregte stadslewe geken. As student op Stellenbosch het sy Burger tydens 'n studentetoer ontmoet toe sy en haar kamermaat, Ena (Burger se suster), in George by Ena se ouerhuis tuisgegaan het. Die plaaslewe in daardie tyd was eenvoudig en die mense was arm. Vir ongeveer twee jaar het Greta en Burger vir mekaar briewe geskryf en mekaar maar 'n handjie vol kere gesien. Toe die verlange te erg word, het Burger by geleentheid met sy fiets gery om vir haar te gaan kuier! Daar was nie 'n teerpad nie; dit was swaartrap met 'n dikwielfiets op die grondpaaie en deur die talle plase tussen George en Stellenbosch. 'n Paar dae en 'n paar honderd plaashekke verder het hy aangekom - om ná 'n kuier van enkele dae die hele rit terug aan te pak. Hulle het op 16 Desember 1942 in Hermanus getrou. Haar pa het die ekstra rantsoenkaartjies vir petrol waarop hy as dokter geregtig was, gebruik om petrol op te gaar om vir die troue te gebruik. Burger en Ena was die enigste lede van die Gericke-familie, maar daar was darem 'n groepie van die Bremer-kant teenwoordig. 'n Bakkervriend het gesorg vir versnaperings vir die klein onthaal. Wittebrood kon daar nie wees nie. Die paartjie moes dieselfde aand die trein haal in Swellendam en tannie Greta se broer Paul het hulle met die opgegaarde koepon-petrol in die motor tot daar geneem. Toe die trein om 02:00 die stasie instoom, is hulle bespreking nie op die kondukteur se lys nie. (In die oorlog het mense dikwels met omkopery iemand anders se plek "gesteel".) So bring hulle toe hul huweliksnag op 'n volgepakte trein deur: tannie Greta sittend ingedruk op die bank in 'n treinwa, en oom Burger buite op die platvormpie tussen die waens. Huis toe. Tannie Greta en oom Burger met sterre in die oë. Tannie Greta en oom Burger Gericke op hulle troudag op 16 Desember 1942 in Hermanus. ARTIKEL: LIRYKE FERREIRA, GEORGE HERALD-SUBREDAKTEUR 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' Ons het gaan kers opsteek by een van die George Herald se ou gunstelinge, tannie Greta Gericke.Baie ure later is hulle op George-stasie begroet met 'n gesig wat balsem was vir die moeë gemoedere - nie minder nie as drie perdekarre, getrek deur pronkende perde met pluime in die maanhare, het hulle kom haal.
http://www.georgeherald.com/news/News/General/182300/Tannie-Greta-vertel-van-die-liefde
2017-02-09 16:00:00
Kat uit krat gered
Die kat nog in die krat. "My seun James en sy meisie Renske Oosthuizen het oor die keermuur gespring om te gaan kyk. Wat hulle gevind het was skokkend. "'n Uiters maer, swart wyfiekat was vasgevang in twee melkkratte wat met bloudraad aanmekaar vasgemaak was. James en Renske het die krat na veiligheid gebring, en ons het onmiddellik vir die arme dier hoender gevoer. Sy het die kos verslind en ek is oortuig dat sy 'n paar dae daar in die son en reën gelê het," sê Magdeleen Roos. Die Tuinroete-dierebeskermingsvereniging (DBV) se leerlinginspekteur, Colleen Thysse, het die oproep van Jimmy Roos op die DBV se noodnommer ontvang en is dadelik na die kantoor om die kat te ontvang. Salomé Botha, DBV-hoofinspekteur sê: "Die krat is op ons perseel oopgemaak en die kat is op 'n drip gesit. In die begin was sy baie bang en behalwe dat sy uiters honger was, doen sy baie goed. "Dit kan iemand wees wat hulle eie kat gaan "dump" het, of iemand wat die bure se kat gaan "dump" het. Dit is teen die dierebeskermingswet om 'n dier aan sy eie genade oor te laat. Daar is absoluut geen verskoning om enige dier so te behandel of so wreed te laat sterf of ly nie. Die DBV is dankbaar vir die gesin wat haar gered het," sê Botha. Die DBV tel gratis ongewenste diere op. Persone met inligting oor die voorval kan die DBV skakel by 044 878 1990. Magdeleen Roos (links) en haar seun, James, met die kratte waarin die kat vasgevang was. Foto: Myron Rabinowitz. ARTIKEL: MYRON RABINOWITZ, GEORGE HERALD-JOERNALIS 'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' GEORGE NUUS - Toe die Roos-gesin van George Sondag 29 Januarie in die Outeniquapas stop om iets te eet, was hulle baie verbaas om 'n benoude kat onder in die bosse te hoor miaau.
http://www.georgeherald.com/news/News/General/181897/Kat-uit-krat-gered
2017-02-01 16:00:00
Ek is beswaarlik 'n tweetalige persoon, in 'n meertalige samelewing. Dit besef ek met leedwese op Dinsdag, 21 Februarie, oftewel Internasionale Moedertaaldag. In Suid-Afrika, bied die diversiteit van die taallandskap meer as net 'n paar uitdagings. Dit troef dikwels 'n mens se vermoë tot die uiterste toe. En as daar een ding is wat veral Afrikaners is buiten "plesierig" soos die ou immergewilde volksliedjie getuig, is dit dapper. Veral met betrekking tot die praat van Engels. Destyds, kuier ons as 'n spul Vrystaters êrens in diep Engelse Natal. My niggie, toe 'n kleuter verloor haar ouers op die hotelgronde en raak huilerig. In my, toe seker so 6 jaar oud, se sorg gelaat marsjeer ek dapper met haar aan die hand na die hotelontvangs. Ek meen te sê, as iemand haar kaalkopvader moes kon opspoor, sou dit hierdie tantes wees. Op my beste voorskoolse, boonop Vrystaatse Engels beduie ek ten einde raad : "But didn't you see a man with a pan?" – verwysend na my oom se bles wat immers in Afrikaans 'n "pankop" genoem word. Die vrou se gesig het boekdele gespreek. Ek kan my net indink wat voor haar geestesoog moes afspeel op grond van my verduideliking. Toe ek later van tyd vir my eerste hoogs Engelse baas in Johannesburg werk, het hy gou die voordele van my moedertaal ingespan. Hy't my sommer dadelik die "Boereprinses" gedoop en in die voorste linie ingestuur wanneer ons met 'n moeilike korporatiewe Afrikaanse kliënt moes onderhandel. "Go on darling, just go speak the B language…you know Boeretaal," sou hy altyd sê. Ons is dapper ja, dapper genoeg om nie eens om te gee dat daar soms in die mou gelag word vir ons pogings nie. Toekenningsgeleenthede bied ryke stof, soos wanneer die seremoniemeester applous vra vir die wenners en bulderend sê: "Let's all give them a great hand clap now shall we?" Of daar ontstaan terstond 'n nuutskepping of twee. Soos toe 'n ander aankondiger sê: "Tonight we celebrate the hard earned 'prestations' of our members." Maar elke hond kry sy dag en so lag wie laaste lag, immers ook die lekkerste. Op 'n keer skryf 'n Engelsprekende korrespondent 'n kort beriggie oor die afsterwe van 'n gemeenskapsleier. Ek bied aan om die pennevrug in Afrikaans oor te vertaal vir plasing, maar nee, 'n Afrikaanse weergawe word met trots gelewer. Met die eerste sin, verstik ek al amper. Dit lees – "Peter was an upstanding man in his community" en deur die skrywer vertaal in Afrikaans – "Peter was 'n opstandige man in sy gemeenskap." Beswaarlik tweetalig in 'n meertalige land. Miskien troos CJ Langenhoven se woorde: Om jou een, eie taal tot nut te gebruik, is 'n groter kuns as om sewe vreemde tale by te leer. Leer eers en dan lag? Maar so sit ons een laatmiddag op kantoor toe daar onverwags donderweer in die verte rammel. 'n Engelse kollega kom pieringoog vanaf 'n ander kantoor ingestap en vra met 'n swaar aksent: "Hoor julle ook die donder?" DEUR CORNELLE CARSTENS PS:
http://www.georgeherald.com/viewblog/1755/Ons-praat-jou-taal
Vrou verloor been: Nie kwaad na ongeluk
Allison August is dapper en vol vrede. GEORGE NUUS - Sy kyk na die positiewe dinge in die lewe en koester geen kwade gevoelens teen wie ook al verantwoordelik is vir die ongeluk waarin sy 'n been verloor het nie. Só het Allison August (32) vandeesweek vanuit die Paarl aan die George Herald gesê. Allison se linkerbeen is bo die knie geamputeer nadat sy en twee vriende, Lorenzo Seconds (32) en Cheryl Jansen (31) in Oktober verlede jaar voor Rush-nagklub in Beachweg, Pacaltsdorp raakgery is. Allison, wat die afgelope paar jaar in die Paarl saam met haar man, Heino en hulle dogtertjie Zevah (4) woon, het vir die naweek by haar ma in Parkdene gekuier toe die ongeluk plaasgevind het. Sy en Cheryl het saam met Lorenzo voor die nagklub op die sypaadjie vir hul rygeleentheid gewag. Sy sê dit gaan goed met haar en dat sy goed oor die weg kom in die rolstoel. "Ek is alleen by die huis en kom mooi op my eie reg. My man gaan werk en Zevah gaan skool toe en dan doen ek maar wat ek kan," sê sy. Daar is steeds baie moeilike dae dan huil sy en is sy hartseer, maar dan ruk sy haarself gou weer reg, want die lewe gaan aan, sê sy. "Ek mis dit om te kan loop, maar ek aanvaar wat gebeur het. En ek vergewe die persoon wat vir die ongeluk verantwoordelik is, dit was 'n ongeluk. Ek sou dit in persoon wou sê, maar ongelukkig het ek nog nie die geleentheid gehad nie." Sy wil graag die dokters en personeel by die George-hospitaal bedank vir alles wat hulle vir haar doen en ook vir elkeen wat vir haar bid. "Ek dink die aanvaarding, die rustigheid en die vrede wat ek ervaar is deur God se genade en almal se gebede. Hoe anders sou ek hierdeur kom?" Allison is einde vandeesmaand weer in George vir 'n opvolgbesoek by die hospitaal om te kyk hoe haar regterbeen, wat ook ernstig beseer is, herstel. Sy het tans staalpenne in die been en kan dit nie gebruik nie. Die man wat die polisie vermoed die ongeluk veroorsaak het, Benjamin Fielies (36) verskyn op 24 Februarie weer in die George-hof. Die polisie vermoed Fielies het op 2 Oktober 2016 teen 'n silwerkleurige Daewoo voor die nagklub gebots. Die bestuurder van die Daewoo het beheer oor die voertuig verloor, die pad verlaat en die drie vriende getref. Klik hier vir vorige artikels:
http://www.georgeherald.com/news/News/General/182794/Vrou-verloor-been-Nie-kwaad-na-ongeluk
2017-02-15 16:00:00
KKNK 2017: Bekroonde kunstenaars te sien
John Kani maak sy eerste verskyning op die verhoog as akteur by die KKNK in "So ry Miss Daisy" saam met Sandra Prinsloo. SUID-KAAP NUUS - In die KKNK-verhoogstuk Weerklink van ’n wanklank - ’n eenman memoir kyk Pieter-Dirk Uys, wat vanjaar met die Kunste Onbeperk Kruispunt vereer word, terug na die padwysers wat hom onbewustelik deur sy lewe in die regte en ’n oorspronklike rigting gestuur het. Uys se meer as 7 000 solovertonings het hom geleer dat elke optrede die eerste én laaste is, want elke gehoor vereis en ontvang ’n ander energie. Jason Jacobs, vanjaar vereer met die Kunste Onbeperk Nuwe Stem, behartig die teks, regie en ontwerp van In wag van, waar toegewyde geloof trompop teen vrees vir die dood te staan kom. Jacobs het ’n Theatre Arts Admin Collective-beurs vir regie met dié stuk gewen. In die rolverdeling is Gantane Kusch, Courtney Smith, Gershwin Mias en Vathiswa Nodlayiya. Jacobs behartig ook die teks, regie en ontwerp van Kalahari Swaan, geïnspireer deur Tsjaikowski se Swanemeer. Dié drama vertel die storie van ’n jong mynwerker wat droom van ’n beter lewe vir hom en sy gesin en besoek met dans en poësie verskeie magiese ruimtes wat by die samelewing spook. Gershwin Mias, Kaylin Coetzee, Dustin Beck en Nina Callaghan is hierin te sien. Beck is ook te sien in Jacobs se solo dans-drama, Stof Rooi. Die bekroonde aktrise Sandra Prinsloo is ook te sien in So ry Miss Daisy. Saam met haar op die verhoog is John Kani, in sy eerste verskyning as akteur by die KKNK, en TV-ster Jacques Bessenger. Prinsloo speel die bejaarde Daisy wat onwillig is wanneer haar seun vir Hoke (Kani) as chauffeur aanstel, nadat sy haar motor afskryf. Hoke en Daisy het uiteindelik ’n boeiende verhouding van 25 jaar, ten spyte van die destydse kleurgrense en sosiale stand. Die bekroonde Christiaan Olwagen behartig die regie. Moet ook nie vir Prinsloo in die debuut solovertoning Moedertaal misloop nie. Die 23ste KKNK, word van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied. Die volledige program is beskikbaar by www.kknk.co.za 'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Tuinroete nuus'
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/183086/KKNK-2017-Bekroonde-kunstenaars-te-sien
2017-02-20 08:00:00
Blèf Hôessëls kalle
Hoeselt - Op z'n Hoeselts Van dùrps-harmënies èn fanfarës gëkald. Jès hët vërsjil autlègge tùsse 'n harmënie èn 'n fanfare. 'n Fanfare hèt geen hoot-ènstrëmènte ( klarinètte, fagots ...)èn 'n harmënie wôol. De meeste mëziekverénëginge zin allëwijl deftige, serjeus bëzatte harmënies. Lèssës zoeg ich èn de Concordia van Bilze de harmënie Sint Isidorus ( wots in e neem)van Ruikëve o'n 't werk. Dën H.Isidoor moet e sjau bëkwôom man gewès zien, zo bëkwôom a de Poos Johannes-Paulus in 1999 h'm tot patroon van het Internet gëbombardjèd hèt.Da's nie niks zuu !! Sja, lief minse, ich voel van menne stoel van puur konstërnôse wij 'ch de harmënie van Ruikëve o'n t werk zoeg. 'n Harmënie mèt pit! Nën dikke proficiat ! Vier èn vijftëg (54, zègge èn sjrijve ) spélënde léde.Dwô hùb ich m'n oge èn vùrral m'n ore de kos gëgêve. Man lief. Wô dwô aut koem.Alleen hët slôogwerk al, wo's gëweldëg . Mèt vier man troemmëlde, sloege èn rammëlde ze mèt alle meugëlëke ènstrumènte.Hët ès opvallënd a allëwijl heel wat kleen dùrpe autblinke mèt 'n fantastisse harmënie. Pak Bjèvvës ,Gingelom, Zùsse, Zèche.... vùr de Kon.Harmënie van oos Hoeselt nie te vërgête. Mijne pa hèt heel lang alto èn kôor (hoorn) gëspèld èn a's klee menke goenk ich altijd mèt nwô de festëvals. De harmënie St Cecilia van Hoeselt moes e kôsêer (concert) go'n gêve èn Spaan. èn dêen tijd goenke ze spélëntèrre èn stoet nwô de fèswee. Dêen dôog meldde dën dikke troemmël-slêugër zich zik. Toen wo's goie rwo'd duur."Allee Kùster, slùt zjiè dêen dikkën trôemmël dan mer." Goed, mer oze pa zoet dwô mèt zënne kôor (hoorn) te hage.Daner muzzëkaante zate:" Gèf h'm o'n oere Pool, dêe moet mer doen of tër ook mètspèlt. Ich zo fèl a's 100.000 man, 10 jor aad, loep dwô përnentëg mèt èn de rije van dè harmënie. Mèt dikke wange blwo'sde(blies) ich of 'ch bërôepsmuzzëkaant wo's èn de minse zate : " Kik toch dwô èns, dat klee menke, da's nogal ne muzzëkaant."..èn ich zaat niks, mer daach èn m'n ége :"Ich kèn geen noot zo groot a's 'n koe!" Paul Achten ----------------------------------------------------------------------------------------- Wil zje iet mee wéte van Hoeselt Vrugger, goegël dan mer èns nwô : Wij ich nog e menke wo's.
http://www.hbvl.be/cnt/dmf20170218_02737990/blef-hoessels-kalle
2017-02-18 11:58:00
Swartland Toerisme vanjaar weer by Kyknet Buite Ekspo 2017
Swartland Toerisme vanjaar weer by Kyknet Buite Ekspo 2017 Vanjaar se Kyknet Buite Ekspo by MoreSon Plaas buite Malmesbury beloof weer hope pret en plesier te verskaf. Swartland Toerisme verskaf hierdie jaar die V.I.P. tent en beoog om die publiek in te lig oor die besienswaardighede in ons streek en ook die dorpe bekend te stel aan besoekers. Dorpe soos veral Malmesbury en Koringberg het baie te bied vir toekomstige besoekers. Daar is onder andere die Gevangenis restaurant wat in die verlede ‘n groot trek pleister was vir lekker bekostigbare Sondag etes wat weer ‘n herlewing wil kry. Die Malmesbury Museum kan besoek word om meer uit te vind oor die geskiedenis van Malmesbury en die omgewing. Besoek gerus die Toerise V.I.P tent vir kontak besonderhede. Die program is by die volgende skakel: http://www.ekspo.co.za/index.php/ons-gebeure/wes-kaap-moreson-plaas Besoek ook www,malmesburytourism.co.za vir meer inligting.
http://www.koerant.co.za/swartland-toerisme-vanjaar-weer-kyknet-buite-ekspo-2017/
2017-02-14 20:32:47
Die Nuus in Afrikaans - Koerant.co.za
M’bury sportuitslae TENNIS – Die Malmesbury tennisklub se mans C-span het Saterdag teen Paarl Hugenote se B-span te stan gekom. Juvan Caillet, Alec Viljoen, Johan Burger en Pierre Steyn het die Swartlanders verteenwoordig met Steyn wat sy debuut gemaak het vir die Malmesbury tennisklub. Caillet beseer sy enkel en moes sy wedstryde prysgee. Die Paarliete wen met vier wedstryde teen een en agt stelle teen vier. Die mans A-span was beslis op sy beste toe hulle vir die Strand se A-span gewen het. Dit was ‘n taai stryd wat die Swartlanders met vier wedstryde teen twee gewen het. Vier van hierdie wedstryde het vir drie stelle geduur. Dmitri Marais, Braam Isaacs, David Isaacs en die jong Jarryd Howard het hul beste tennis tot dusver opgedis en ontvang Saterdag besoek van die Van der Stel-span. Malmesbury se mans B-span verloor teen Eerste Rivier se A-span met drie wedstryde teen twee. Die pa en seun kombinasie van Gerald en James Howard het die twee wedstryde vir Malmesbury gewen. Vroeer die oggend op Stellenbosch wen die vroue B-span vir Bottelary met vier wedstryde teen een en agt stelle teen twee. Ziggi Sixt, Racel Tobias, Hanneke Schreuder en Jessie Liebenberg is die lede van hierdie span. Wedstryde wat na verwagting eerskomende naweek (25 Februarie) gespeel sal word. Mans: Malmesbury A vs Van der Stel, Wellington A vs Malmesbury B en Malmesbury C vs Country Club C (Somerset Wes) Vroue: KuilsRivier vs Malmesbury A en Malmesbury B vs Maties B RUGBY – Die Wesbank rugbyklub het die afgelope naweek vir Langebaan ‘n rugbyles geleer toe al Wesbank se spanne hul wedstryde gewen het. Wesbank se eerste span wen met ‘n telling van 36-12. Die B-span wen 22-5 en die C-span wen 12-5.
http://www.koerant.co.za/mbury-sportuitslae/
2017-02-20 10:12:06
Wesbank wen eerste wedstryd
Wesbank wen eerste wedstryd Die Wesbank rugbyklub van Malmesbury wen Saterdag 11 Februarie vir UWK met ‘n telling van 26-22. Die wedstryd is op die Dieprivier sportgronde, ook algemeen bekend as die Bloues se rugbyveld, gespeel. Rugbygeesdriftiges kan uitsien na verskeie vriendskaplike wedstryde wat gespeel sal word in aanloop tot die afskop van die Liga-wedstryde. Afrigters gebruik hierdie geleentheid om kombinasies van spelers te toets sodat die beste moontlike spanne op die veld sal draf wanneer dit saak maak. Die tennisseisoen is ook in volle swang. Die Malmesbury tennisspan se wedstryde in die Suid-Boland Groot Uitdaagliga vir Saterdag 18 Februarie sal na verwagting as volg gespeel word. Mans Groot Uitdaag Liga: Malmesbury A (weg) teen Strand A Malmesbury B (weg) teen Eerste Rivier A : Malmesbury C (tuis) teen Paarl Hugenote B (13:00) Vroue Vroue A -Loslooitjie Malmesbury B (weg) teen Bottelary (Stellenbosch)
http://www.koerant.co.za/wesbank-wen-eerste-wedstryd/
2017-02-13 08:38:17
Net nie plastiekkrane nie!
Net nie plastiekkrane nie! My man besluit hy bou vir ons ‘n huis. ‘n ‘Groen’ huis. Sonkrag. Gaswarmwaterstelsel. Gasstoof. Opwindend. Google alles wat hy nog nie weet nie (het al ‘n paar geboue agter sy blad). Doen dit net soos hulle sê – en beter. Inspekteurs kom. Elkeen het ‘n eiertjie te lê en elkeen wil ‘n geldjie hê. Hy kry al die sertifikate. En toe besluit die loodgietersbrigade hulle kom inspekteer. Stuur ‘n gewone loodgieter om ons geregistreerde loodgieter se werk te kom kritiseer. Alles is verkeerd. Pype met SANS stempels mag nie – die boek sê so. Koppelings met Europese standaarde is onaanvaarbaar. Onder geen omstandighede plastiekkrane of -pype buite nie (in Suid-Afrika?) Ons koppe draai. Die nuutste skemahuise bo in die dorp het al daai dinge. Hoeveel reëlboeke is daar? Hoe gereeld sal ons die koperkrane en -pype moet vervang? Almal wat ons ken het al plastiekkrane van moedeloosheid. Ai tog, hulle weet mos ons gaan die koper weer afhaal sodra hulle hul rue gedraai is. Wat ‘n mors van almal se tyd! Thea van Botrivier
http://www.koerant.co.za/net-nie-plastiekkrane-nie/
2017-02-03 10:50:53
AARHUS DENEMARKE
AARHUS DENEMARKE Skrywer en foto’s: Evert Buurman Die eertydse Aars -dankie vader hulle het in die 15e eeu al besluit om die naam te verander (!)- lê aan die Kattegat en die noordoostelike kus van Jutland. Hierdie energieke mengsel van jeugdige moderniteit en ‘n “blast from the past” is met net 250 000 inwoners die tweede grootste stad in Denemarke en vanjaar in 2017 die kulturele hoofstad van Europa. Ek is met die intrapslag al verlief op hierdie minlike klein stad met sy rustige, stylvolle mense, moderne en tradisionele argitektuur wat in kontrasterende balans naas bestaan, vernuwende restaurantjies en drinkplekke en van die mees besondere museums in die ganse Europa, alles knus maar bruisend saam gegiet. As ‘n burger van die fiets bastion van die wêreld doen dit my pyn om te hoor dat Denemarke Nederland ingehaal het as dit by fietse en fietsry kom. Dit is hier nog platter en selfs dalk ook nog veiliger as in Nederland om te fietse en dit is duidelik dat die fiets die gewildste vervoermiddel is. Om alles te kroon kan jy ‘n fiets in Aarhus gratis en verniet huur. ‘n Gratis fiets is dan sekerlik ook die beste manier om die stad te verken en die eerste wyk waardeur ek trap is ook die oudste deel van die stad, die Latiner kwartet of te wel die Latynse wyk. Waarom “Latyns” kon ek nie agterkom nie want daar is hoegenaamd niks Latyns aan die kleurvolle huise en geboutjies en die geplaveide straatjies nie. Aarhus het dan ook sy ontstaan hier gehad, bo-op die reste van ‘n ou Viking nedersetting aan die mond van die Aarhus rivier. Die Latiner is dié plek vir interessante winkeltjies, kafees en restaurante. Perfek vir lunch en ek stop terstond by die KaffeBar & Bistro vir ‘n tipiese Deense middagete, smørrebrød afgesluk met ‘n yskoue Tuborg. Skål (!) vir ‘n oop toebroodjie met eier mayonnaise slaai en garnale en ‘n biertjie daarby. In Denemarke moet kos aan drie vereistes voldoen, dit moet gesond wees, dit moet mooi lyk en dit moet lekker wees. Versadig en verkwik ry ek vêrder na die hawegebied waar dit duidelik is dat Aarhus meer is as net Middeleeuse straatjies en gesellige koffiekroegies. Hier vind ‘n vernuwingsproses plaas waar daar geïnvesteer word in stylvolle, moderne argitektuur in ‘n projek om die industriële hawegebied te betrek by die leef omgewing van die stad. Die splinternuwe DOKK1 gebou vorm ‘n onderdeel van hierdie projek en huisves die stad se biblioteek. Nog ‘n pêrel wat so opgelewer is, is die sogenaamde Isbjerget, woonstel blokkies wat kompleet soos ysberge lyk. In hulle soeke na ‘n balans tussen oud en nuut, is die teenstelling tussen die ruwe hawe en die moderne nuwe leef geboue vir my uiters geslaagd en dink ek onwillekeurig aan Kaapstad en wat daar met die hawefront vermag is. Verby die Teaterhuis en Katedraal in die hart van die stad en die Åboulevarden, waar die straat weg geneem is en die rivier met bruggies en al herwin is, ry ek die lewende Ou Stad Museum binne. Oral loop mense geklee in periode verwante klere en ry met periode verwante vervoermiddels rond. Hierdie tipe ding, dink ek by myself, is gewoonlik net vir kinders onder 10 interessant maar die Dene het dit hier tog net ‘n trappie beter gedoen. Geboue uit die verskillende periodes van Aarhus se geskiedenis is vanaf die Middeleeue tot en met vandag nagebou en uitgerus met interessanthede van elke tyd. ‘n Mens stap letterlik uit die Middeleeue die 20 eeu binne. Dit word veral interessant as ek by die gedeelte kom waar die sewentiger jare gedek word, die tydperk toe ek in my prulle jeug was en my verstand begin kry het. Dit is tog vir my ‘n effe ontstellend dat ‘n tydperk uit my eie lewe reeds geag word om lank genoeg gelede te wees om in ‘n museum op geneem te word! Die gevoel word versterk wanneer ek ‘n huis binne stap en voel of ek eerder by my ouma of my ma se tante op besoek is. By Pouls Radio verander die ligte ongestemdheid egter in nostalgie wanneer ek by kaste vol plate en kassette van Demis Roussos, Francois Hardy, Herman’s Hermits en talle ander welbekende kunstenaars uit die tydperk stilstaan. Rye transistor radios, platespelers, gramme, ou bandopnemers kompleet met rolle en al, Marantz luidsprekers en Philips en Telefunken televisie stelle op blink pootjies met wieletjies of in pas gemaakte houtkaste, alles te koop en in werkende toestand. In ‘n ander winkel word daar vertel dat Denemarke die eerste land was waar seks boekies saam met ander tydskrifte en koerante by die winkel op die hoek gekoop kon word. In Suid-Afrika was dit natuurlik ‘n groot taboe en vind ek dit nogal amusant dat die gewildste een in die 70’s nogal ‘Rapport’ geheet het! Poetic justice, grinnik ek en maak myself maar liewer uit die voete wanneer omstanders onderlangs na my loer en waarskynlik dink dat ek my verkneukel aan die inhoud van die prul op aanbod. Ek laat die beste vir laaste, die trots van Aarhus! Die ARoS is die grootste kunsmuseum in Skandinawië en een van die grootstes in Europa. Die argitektuur van hierdie nege verdieping hoë gebou tesame met die ongelooflike versameling kuns wat dit huisves, maak dit ‘n kuns tempel sonder weerga. Die gebou simboliseer die Inferno uit Dante Alighieri se Divina Comedia (Goddelike Komedie), met die weg van die siel deur die hel en uiteindelik na God en die hemel. Die hel is natuurlik in die kelder van die gebou te vind en dan met die hemel bo-op die dak in die vorm van ‘n enorme panoramiese glas reënboog. Ek stap stadig en in pure verwondering, rondom hierdie ronde glas gang, wat op pale as’t ware bo-op die dak van die gebou sweef en waar die kleure van die glas panele, net soos in ‘n reënboog, oorgaan van perse na bloue na groene na rooie, oranjes en gele. Die 360 grade met kleur getinte uitsig oor hierdie juweel van ‘n stadjie is asembenemend, amper ‘n soort psigedeliese ervaring. Hemel op aarde!
http://www.koerant.co.za/aarhus-denemarke/
2017-02-05 15:10:46
Twee vas na Darling-moord
Twee vas na Darling-moord DARLING – Twee verdagtes verskyn vandag in die Malmesbury landdroshof in verband met die moord op Esseline Isaacs in Oktober verlede jaar. Isaacs se naakte liggaam is Sondagoggend 2 Oktober agter die bure se huis in Keurboomlaan ontdek. Rejeta Isaacs, Esseline se suster, was destyds oortuig dat Esseline langs die huis oorval, aangerand en deur die doringdraad na die huis langsaan gesleep is. Sy het ook gespekuleer daar moontlik meer as een verdagte by die moord betrokke was. Esseline was na wat verneem word, bekend met albei verdagtes. Sers. Jonathan Filander, die woordvoerder by Darling polisiekantoor, het vanoggend bekend gemaak dat twee mans (42 en 36 jaar) tereg staan op klagtes wat verband hou met die verkragting en moord van Isaacs. Die polisie het Maandag 3 Oktober een van die verdagtes vir ondervraging ingeneem, maar moes hom weer laat gaan weens gebrek aan bewyse. Filander se die uitslag van DNS-toetse waarvoor die polisie gewag het, verbind die verdagtes met die misdaad. Weens die seksuele aard van die klagtes, mag hul name eers in die media genoem word sodra hulle in ‘n hof gepleit het. Filander bedank die gemeenskap vir hul geduld met die polisie-ondersoek sodat hulle genoeg bewyse kon insamel en ‘n waterdigte saak teen die verdagtes kon bou.
http://www.koerant.co.za/twee-vas-na-darling-moord/
2017-02-17 07:16:36
Die Nuus in Afrikaans
Van die wêreld se magtigste politieke en sakeleiers is in Davos in Switserland vir die 47ste jaarlikse Wêreld Ekonomiese Forum. Die Sjinese president, Xi Jinping gaan later vandag…
http://www.koerant.co.za/
2016-11-26 00:00:00
Netwerk24
Ekonomie Die vooruitsigte vir die ekonomie in 2017 beter lyk as wat in 2016 ervaar is. In die jaar wat voorlê, is daar egter ’n aantal ernstige onsekerhede waarmee sakelui en gewone verbruikers rekening moet hou.
http://www.netwerk24.com/