title
stringlengths
0
200
maintext
stringlengths
0
24.9k
url
stringlengths
21
190
date_publish
stringlengths
0
19
Huisgenoot Mobi
’n Paar goeie jeans in jou klerekas is onontbeerlik vir die meeste mense. Of dit nou ’n wyepyp, noupyp, hipster of bell bottom is. ’n Paar jeans in jou kas kan die wêreld se verskil maak. Maar wag tot jy die jongste modegier sien. A post shared by VETEMENTS (@vetements_official) on Apr 12, 2017 at 4:08am PDT Die Franse handelsmerk Vetements en Levi’s het onlangs die Bare Butt-jeans bekendgestel wat pleks van ’n agterste naat ’n ritssluiter het. Jy kan dit dus opgerits dra of vir jouself ’n bietjie ruimte gee, indien nodig. A post shared by VETEMENTS (@vetements_official) on Apr 17, 2017 at 1:42am PDT Die ongewone paar jeans is deel van Vetements se samewerkingsinisiatief met 18 ikoniese handelsmerke wat bekende style ’n moderne nuwe aanslag gee. Hulle is bekend vir hul meer gewaagde ontwerpe en is gunstelinge onder bekendes soos Kendall Jenner en Rihanna. Mense in die sosiale media het gemengde reaksie gehad oor die nuwe ontwerp. Sommige het gesê hulle is gek oor die jeans, terwyl ander gewaarsku het net sekere mense sal dit suksesvol kan dra. Of jy nou daarvan hou of nie, jy gaan beslis nie ’n gebrek aan selfvertroue moet hê wanneer jy in dié paar jeans klim nie. A post shared by VETEMENTS (@vetements_official) on Apr 12, 2017 at 8:34am PDT Die paar jeans sal jou net minder as R25 000 uit die sak jaag. A post shared by VETEMENTS (@vetements_official) on Mar 28, 2017 at 1:52am PDT Bronne: TeenVogue.com, Huffingtonpost.co.uk, Harpersbazaar.com.
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/kaalbas-jeans-laat-die-koppe-draai/
2017-04-12 11:08:45
Huisgenoot Mobi
Twee mans wat van die moord op ’n 12-jarige seun van Coligny in Noordwes aangekla word, sal op 9 Mei in die landdroshof op die dorp om borgtog aansoek doen. Hulle sal tot dan in aanhouding bly. Pieter Doornward en Phillip Schutte het Vrydagoggend in die hof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord. Doornward en Schutte het die seuns na bewering op 20 April betrap waar hulle sonneblomme uit landerye gesteel het. Hulle het die seuns aangesê om agterop ’n bakkie te klim, maar een het weggehardloop. Die ander het na bewering in die ry afgespring terwyl die voertuig om ’n draai gegaan het. Hy is later weens sy beserings oorlede. eNCA het vroeër berig ’n ooggetuie het beweer die mans het die seun hewig aangerand. Dit het in die laaste paar dae in Coligny gelei tot betogings teen borgtog. Verskeie mense is in hegtenis geneem weens openbare geweld nadat winkels geplunder en voertuie aan die brand gesteek is.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/jongste-verwikkelings-oor-12-jarige-seun-se-moord-in-coligny/
Huisgenoot Mobi
Steve “Stevie” Stephens (37) van Cleveland, Ohio, het die 48 uur die lang arm van die gereg ontwyk nadat hy ’n video op sy Facebook-blad gedeel het van ’n koelbloedige moord. Sy slagoffer was die bejaarde Robert Godwin (74) wat die hoogste prys moes betaal omdat Steve so besluit het. Robert was besig om na sy huis te stap nadat hy ’n Paas-maal met sy familie geniet het. Maar Steve het hom bloot lukraak geteiken en besluit dis die man wie hy wil doodmaak. Hy het hom koelbloedig in sy gesig geskiet. Net voor hy die sneller getrek het, het Steve vir Robert gesê dat dit Joy Lane skuld is dat dit met hom gebeur. Joy Lane was Steve se meisie van die afgelope drie jaar en sake tussen die twee het glo Vrydag só skeefgeloop dat hy net “beheer verloor het.” Bykans 48 uur nadat Steve daardie bloedstollende video geneem en op sy Facebook-blad gedeel het, is hy self dood. Luidens berigte het hy sy eie lewe geneem. SHOOTING UPDATE: Suspect vehicle is a white Ford Fusion with temp tag Wanted male still armed and dangerous https://t.co/c2Ypm1i5qx — Cleveland Police (@CLEpolice) April 16, 2017 Hy is kort vantevore deur polisie in Erie, Pennsilvanië, gewaar. Dis sowat 160 km van Cleveland. Hulle het na bewering probeer om hom te stop, maar na ’n kort jaagtog het Steve glo selfdood gepleeg. Daar is tot dusver nog geen bevestiging dat Steve wel 13 ander mense vermoor het nie. Hy het daarop aanspraak gemaak in een van die videos wat Sondag deur hom gedeel is. Police: As officers approached his vehicle, FB shooter Steve Stephens took his own life https://t.co/Cuc0f2XaYm https://t.co/da9yPzo2wP — CNN (@CNN) April 18, 2017 Sy ma, Maggie Green, het aa Fox News gesê sy het verneem haar seun is dood. Hy het glo by haar ingeloer kort voordat hy vir Robert vermoor het en sou na bewering aan haar gesê het: “Momma, dis die laaste keer wat jy my gaan sien . . . ek wou jou net vir oulaas sien.” Bronne: foxnews.com, independent.co.uk, cnn.com
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/die-facebook-moordenaar-is-dood/
KYK VIDEO: Liriese-sopraanstem weergalm deur Weskoppies
Dit is laatmiddag op die perseel van die Weskoppies Psigiatriese Hospitaal in Pretoria. Die donker mure van die hoofgebou wat in 1892 gebou is, lyk ekstra mistroostig toe die son agter die reënwolke verdwyn. Die gange is stil, want die pasiënte is reeds in hul kamers. Dit is net die houtvloer van die byeenkomssaal wat effens kraak as ’n vrou stadig na die voorkant van die verhoog stap. Sy dra ’n wye rok in ’n styl wat van dekades gelede dateer. Haar oë gly oor die leë saal voor haar toe sy op die vloer gaan sit. Sy trek haar asem diep in. Dan ontsnap die eerste note van die wiegeliedjie Siembamba uit haar keel. Haar liriese-sopraanstem weergalm deur die leë, skemer vertrek. Dit klink soos ’n toneel uit ’n rillerfliek, maar eintlik was dit net deel van die kunstenaar Pauline Theart se klankkunsprojek. “Die projek is deel van ’n reeks klank-ingrypings in geboue en ruimtes deur Suid-Afrika,” verduidelik Pauline ná die tyd. “Ek sing Afrikaanse wiegeliedjies in plekke wat as kulturele bakens beskou word.” Die klank, wat in verskillende plekke opgeneem word by elke plek, sal later tydens ’n “klanktentoonstelling” aan die publiek gespeel word. Pauline vertel sy het die liedjie Siembamba herhaaldelik gesing as ’n dialoog tussen die gebou se akoestiek en haar stem. “Soms het die verse aaneengeloop en by tye was daar stiltes waarin die gebou terug reageer het,” vertel sy. Haar stem het deur die gange van die hospitaal beweeg en inwoners en pasiënte kon haar tot diep in die hart van die destydse “Krankzinniggengestich” hoor.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-video-liriese-sopraanstem-weergalm-deur-weskoppies/
KYK VIDEO: Toe ry Pretoriase kaalbas sommer bo-op motor saam!
“Een van die vreemde goed wat ek vanoggend gesien het,” is al wat die YouTube-gebruiker net bekend as Michelle, geskryf het toe sy op 13 April dié eienaardige video oplaai. In die video kan ’n mens sien hoe ’n man op ’n reënerige middag in Queenswood, Pretoria, kaalbas en doodluiters na die motor stap. Die motor was besig om in die verkeer te ry toe hy besluit om met sy maag op die kap van die motor te gaan lê. Die motoris het teen dieselfde pas aanhou ry terwyl die man saam “gery het”. Dit is nie bekend of die kaalbas ryloper veilig by sy bestemming uitgekom het en of die motoris hom vererg het nie.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-video-toe-ry-pretoriase-kaalbas-sommer-bo-op-motor-saam/
Slegte nuus vir dié wat na Australië wil emigreer
Dinge het pas moeiliker geword vir diegene wat hoop om na Australië te emigreer. Dié land se eerste minister, Malcolm Turnbull, het vroeër die week strenger maatreëls aangekondig wat dit moeilker sal maak vir buitelanders om in Australië te gaan werk, asook vir dié wat reeds daar werk om burgerskap te kry. Die doel van die besluit is om voorkeur te gee aan Australiese waardes en werkgeleenthede vir Australiërs, het hy gesê. Die regering verwyder nou die 457-visum wat ’n gewilde opsie vir buitelanders is. Dit stel buitelanders in staat om vir ’n maksimum van vier jaar in die land te kom werk. Baie doen in daardie tyd aansoek vir permanente verblyfreg in Australië. News.com.au berig dat daar tans 95 000 mense in Australië met dié visum werk. Waar tydelike werkers na ’n jaar van permanente verblyf kon aansoek doen vir burgerskap, is dit nou verhoog na vier jaar. Die 457-visum word geskrap en vervang deur twee ander tydelike visas met strenger vereistes wat sal fokus op gespesialiseerde vaardighede. Van die nuwe vereistes is beter vaardigheid in Engels as wat tans van aansoekers verwag word. Hulle sal ook moet kan bewys dat hulle hulself met Australiese waardes en beginsels vereenselwig. Die 457-visum het ook ’n lys van beroepe bevat waarvoor buitelanders kan aansoek doen indien ’n werkgewer bereid is om hulle te borg sodat hulle in die land kan kom werk. Dié lys van 651 beroepe is nou verkort na 435 beroepe vir die twee nuwe visas, waarvan een sal geld vir vier jaar en die ander vir twee jaar. Van die beroepe wat verwyder is (en nou net beskikbaar sal wees Australiese burgers) sluit in: ’n jokkie, speurder, polisieman en sanger. Uit die lys van lande met die meeste aansoeke vir Australiese werksvisums lê Suid-Afrika in die veertiende plek en Indië in die eerste plek, het Quartz berig. Bronne: Quartz, BBC, News.com.au, Australian Department of Immigration and Border Protection.
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/slegte-nuus-vir-die-wat-na-australie-wil-emigreer/
Botsing tussen drie voertuie op R28 eis vrou, beseer talle
’n Vrou is dood en agt mense beseer nadat drie voertuie op die R28-snelweg in Glenharvie, Westonaria, gebots het. Met ER24-paramedici se aankoms op die toneel was een voertuig in die middel van die pad en die ander voertuie teen die kant. Die derde was ’n ent verder. Die paramedici het die liggaam van ’n vrou, vermoedelik in haar 30’s, in een van die voertuie gevind. Die vrou het weens veelvuldige beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. Drie ander mense het buite die voertuig gelê. ’n Bejaarde vrou het matige beserings opgedoen. ’n Seun (7) en meisie (15) het verskeie beserings opgedoen; albei is in ’n kritieke toestand. Paramedici het die pasiënte behandel en gevorderde lewensondersteuning op die kinders toegepas. Nadat hy behandel is, is die seun in ’n privaat mediese helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem. Die bejaarde vrou en meisie is per ambulans vervoer. Vyf ander mense is deur ER24-paramedici ondersoek. Hulle het matige beserings opgedoen. Die pasiënte is eers daar behandel en agterna na nabye hospitale geneem vir verdere behandeling. Die besonderhede rondom die ongeluk is nog onbekend. Die plaaslike owerheid ondersoek die voorval.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/botsing-tussen-drie-voertuie-op-r28-eis-vrou-beseer-talle/
Suid-Afrikaners in Maleisië terdoodveroordeel - emosionele ma maak hart oop
As alles op niks uitloop, sal Ria Zeelie van Ellisras in Limpopo, haar seun wil vashou voor hy in Maleisië tereggestel word. Sy sal vir hom wil sê: “Ons vergewe jou fout. Niemand is kwaad vir jou nie. Dis een van daardie dingetjies. Ek wens so jy kan saam met my terugkom huis toe.” Sy het haar seun vier en ’n half jaar gelede laas gesien voor hy die doodstraf opgelê is vir dwelmsmokkelary in daardie land. “Hy is my oudste seun. Ek het nog ’n kind van 27 en een van 13. Dis vreeslik om jou oudste op so ’n manier te moet verloor,” vertel sy aan Huisgenoot. Deon Cornelius (31) is op 4 Oktober 2013 met amper 2 kg se metamfetamien (tik) op die Penang Internasionale Lughawe betrap. Hy is in Januarie 2015 die doodstraf opgelê. Sy familie probeer sedertdien die Suid-Afrikaanse regering se departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) oorreed om in te gryp en die vonnis na tronkstraf om te skakel. “Hy het iets verkeerds gedoen. Ons het daarmee vrede gemaak dat hy nie terugkom nie. Maar ons sal hom graag wou groet. Ons wil nie op die nuus hoor hy is reeds dood nie,” sê Gert Cornelius, Deon se oom, uit Alberton oor die foon. “As ons weet dis die einde, kan ons ’n plan maak vir vliegkaartjies. Maar die ambassade sê dis baie duur en dalk kry ons hom nie te sien nie of net vir twee uur. Ons moet ook verblyf en vervoer daar anderkant kry,” vertel Ria. Hulle probeer twee keer per week telefonies kontak maak. “Ek het hom voor Paasfees gebel. Hy vertel hy probeer in die tronk kop bo water hou. Hy hou homself besig in die gim en om houttafeltjies aanmekaar te slaan.” Ria is ook in verbinding met Elsie Bosman van Vereeniging. Haar dogter, Letitia Bosman (26), is in ’n aparte voorval in 2013 in hegtenis geneem weens dwelms. Sy is in Februarie 2015 ter dood veroordeel. Letitia kan nog ’n laaste keer appelleer teen haar straf, maar Deon het onlangs sy finale appèlsaak verloor en sal nou ’n brief aan die koning, Sultan Muhammad V, moet skryf om sy lewe te red. “Maar Dirco kom nie terug na ons toe nie. Ons wil weet wie hom kan help om die brief reg te skryf. Moet ’n prokureur betrokke wees?” vra ’n desperate Gert. Die familie het nooit verwag dat Deon, ’n alarm-verkoopsman, by dwelms betrokke sou raak nie. Hy het glo met die verkeerde mense deurmekaar geraak. Hy het aan sy familie gesê hy gaan Maleisië toe vir ’n werkgeleentheid. “Toe hoor ons hy is in die tronk,” vertel Gert. In die vier jaar wat hy in die tronk is, kon hulle hom nog nie gaan besoek nie. Ria vertel sy is vervreem van haar seun toe hy meer as vyf jaar gelede “met ’n vrou trou wat ek gevoel het nie reg is nie,” vertel sy. “Soos enige ander tiener het ek op skool probleme gehad met hom omdat hy stokkiesgedraai het. Maar nooit sou ek kon dink hy sal eendag die doodstraf kry nie. Watter ma sal so ’n toekoms vir hul kind koester?” Sy kry seer oor kommentare aanlyn oor “boontjie kry sy loontjie” en “meng jou met die semels, dan vreet die varke jou op”. “Dit maak seer. Ek weet hy het verkeerd gehandel. Maar dink ook ’n bietjie aan sy ma se gevoelens. Plaas jou in my skoene.” Huisgenoot het Nelson Kgwete, woordvoerder van Dirco, genader vir kommentaar, maar nog geen reaksie ontvang nie.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/suid-afrikaners-in-maleisie-terdoodveroordeel-emosionele-ma-maak-hart-oop/
16 voorskoolse kinders beseer in padongeluk
Die polisie in Sydenham ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat 16 voorskoolse kinders Dinsdagoggend in ’n taxi-ongeluk beseer is, het die KwaZulu-Natalse polisie gesê. Die taxibestuurder het die kinders skool toe geneem. Hy het op Umguduluweg in Reservoir Hills beheer oor die voertuig verloor. Dit het verskeie kere gerol voor dit op die dak te lande gekom het. Die ondersoek na die ongeluk duur voort, het lt.kol. Thulani Zwane gesê. Met hul aankoms op die toneel het hulle die jong kinders langs die pad aangetref, het Garrith Jamieson, woordvoerder vir Rescue Care, gesê. Nadat die 16 beseerde kinders op die toneel gestabiliseer is, is hulle na verskeie hospitale in Durban geneem vir nog behandeling, het Garrith gesê. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/16-voorskoolse-kinders-beseer-in-padongeluk/
Gemorskosverslaafde man verloor meer as 100 kg - so het hy gemaak
Dit het begin toe ’n buurvrou vir hom ’n XXXXXXG-T-hemp koop. Dit het nie gepas nie. Op 16 jaar oud moes Dylan Condron van Waterford in Ierland op ’n maatskaplike toelaag oorleef. Hy het aan South West News Service (SWNS) gesê hy het eintlik net by die huis rondgesit en niks gedoen buiten eet nie. “Ek het my met kos vertroos. Dit was soos ’n kringloop – ek het geëet, gewig aangesit en nog geëet. “Ek het gedurig tjips en brood geëet. Ek het aandete geëet en dan weer ’n toebroodjie voor ek gaan slaap. Saans het ek twee roosterbroodjies geëet en vir ontbyt ’n voet lange rolletjie met braaihoender op. “Ek het heeltyd in my kamer gebly, want ek was bang vir wat mense van my sou dink. Diep in my binneste het ek geweet ek is aan die doodgaan.” Op 19 jaar oud het hy 203 kg geweeg, maar sake het in 2014 verander toe ’n buurvrou vir hom ’n blou T-hemp koop en dit nie pas nie. “Ná haar vakansie het my buurvrou vir my ’n T-hemp saamgebring. Ek het daarna gekyk. Dit was ses-XG, maar het steeds styf aan my gesit. Dit was die laaste strooi wat die kameel se rug gebreek het,” sê Dylan. “Ek het destyds gedink: ‘Liewe hemel, dit is te veel. Ek raak by die dag groter.’ ” Dis toe dat Dylan na ’n proteïenryke dieet oorslaan en ’n “grotman”-gimprogram begin volg. Binne twee jaar het hy nou al amper die helfte van sy oorspronklike gewig afgeskud. “Dit het stadig begin, en so ook my nuwe eetgewoontes. Met my gesin se steun het ek met die oefening en nuwe kosprogram volgehou. Dit het begin werk, en ek kon ’n verandering sien,” sê Dylan op sy GoFundMe -blad. Nou het Dylan liefde gevind en werk hy as ’n sjef by die Number 9-restaurant in Waterford. Later vanjaar wil hy met ’n kollegekursus in kookkuns begin. Hy hou sy XXXXXXG-hemp in sy slaapkamer as ’n herinnering aan hoe ver hy gevorder het. “Dis iets wat my op koers hou,” het hy aan SWNS gesê. “Wanneer ek ’n slegte dag beleef, kyk ek daarna en sê vir myself dis hoekom ek dit doen.” Dylan het die blad begin om geld in te samel sodat hy die oortollige vel kan laat verwyder. “My lewe het verander, maar iets taamlik groot herinner my aan hoe ek eers gelyk het – baie oortollige vel. Dit beïnvloed regtig my selfvertroue.” Die operasie sal R141 456 kos. Hy sê wanneer alles agter die rug is, wil hy graag vir ander mense ’n inspirasie wees. “Ek wil ander kan help en inspireer wat swaar en skaam is om elke dag uit hul huis te gaan. Ek wil vir mense kan sê dit is moontlik om te verander. “Ek sal baie dankbaar wees teenoor almal wat my kan help om my verslankingsreis te voltooi.” Bronne: SWNS, Viral Thread
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/gemorskosverslaafde-man-verloor-meer-as-100-kg-so-het-hy-gemaak/
Huisgenoot Mobi
Die binneverhoor van die saak teen Christopher Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko, wat onder meer aangekla word van ontvoering en moord, dien Vrydag in die Baaise hooggeregshof. Die kruisverhoor van kapt. Kanna Swanepoel is voortgesit. Kanna is die laaste getuie in die binneverhoor. Hy het aangedui dat die staatsgetuie Luthando Siyoni sy verklaring sonder enige dwang afgelê het. Nadat Luthando ’n staatsgetuie geword het, is sy verklaring nie gebruik nie. When did you decide to no longer use statement? “When he confirmed he would now be a 204 witness” #PanayiotouTrial — HeraldLIVE (@HeraldPE) April 28, 2017 Kanna getuig dat Luthando nooit aan hom gesê het dat hy deur die polisie aangerand is nie. Babalwa Breakfast, Luthando se meisie, se verklaring/s word volgende bespreek. Sy het twee afgelê wat deur Kanna met haar bespreek is. Daar is duidelike verskille in haar verklarings. In die eerste word verwys na ’n motor wat na die huis gekom het, maar geen melding daarvan word in haar tweede verklaring gemaak nie. Sy verwys ook na geld in ’n sak en later praat sy oor geld in die hand. 2nd statement says she never saw car #PanayiotouTrial — Kathryn Kimberley (@KathrynReporter) April 28, 2017 Adv. Terry Price lê ’n oogtoets voor wat aandui dat Babalwe wettig blind verklaar is. Kanna se reaksie daarop is dat dit ’n dokument is waarvoor Terry sou betaal het. Hy sê Terry het ses kontaklense vir Babalwa gekoop en eers later versoek om ’n gesprek met haar te hê. #panayiotoutrial KS says yes, it’s the document YOU paid for. You also paid for 6 contact lenses then later only asked to consult with her. — Doreen Loubser (@alzammer) April 28, 2017 Babalwa sou ook vir twee maande nie besoek by Luthando aflê nie. Kanna sê sy het bang geword toe mense by Luthando se plek opdaag, vermoedelik van OK Grocer, maar Babalwa was nie seker nie. Daarom het hy dit nie opgevolg nie. Kanna getuig dat enige gerugte oor ’n huurmoordenaar wat deur Christopher Panayiotou bekom sou word, komende van Luthando is. Terry stel dit aan hom dat dit hy, nie Luthando nie, sou wees wat die kwessie van ’n huurmoordenaar sou opper. TP: LS testified that you told him CP arranged a hitman. “I deny that”. TP says the prosecutor didn’t deny this #PanayiotouTrial — Kathryn Kimberley (@KathrynReporter) April 28, 2017 Terry sê die rede hoekom Luthando nie aangekla is nie, is dat die polisie Christopher wou hê – en hom nie gehad het nie. Price: the reason they didn’t charge LS was because cops wanted CP and didn’t have him #panayiotoutrial — Raahil Sain (@RaahilSain) April 28, 2017 Kanna reageer deur te kenne te gee dat die kans goed sou wees om Luthando wel suksesvol te vervolg. Babalwa se verklaring het hom ook betrek. Hy sê ook dat die hof nie veel waarde kan heg aan wat Luthando sê nie omdat hy nie die waarheid praat nie. Terry wys daarop dat Christopher enkele ure ná Jayde se begrafnis gebel is. Hy sê dat daar met sy emosies gespeel is. Alhoewel Christopher tydens hierdie oproepe nie ’n aanduiding gegee het dat hy weet waaroor dit gaan nie, het hy ook nie vir Luthando gesê om hom uit te los nie. Die nommer waarop Christopher gebel is, is dié van ’n selfoon wat deur Donovan Vosloo aan hom gegee is. Volgens Terry sou Christopher daardie selfoon gebruik het omdat hy nie wou hê Luthando moet hom op sy persoonlike selfoon pla nie. Dan verskuif die fokus na Jayde. “Jayde het nie in Christopher se prentjie gepas nie. Hy was meer saam met Chanelle Coutts en Clariska Kapp. Hy het Jayde kwalik gesien,” het Kanna getuig. Weer duik dit op dat Jayde glo vir Christopher “te veel gekos” het. Did you not allege that you were going to do a substantial audit of his financial situation? “LS said Jayde was costing him too much” — HeraldLIVE (@HeraldPE) April 28, 2017 Chanelle en Clariska sou ook so getuig. Maar die verklaring wat deur Chanelle by Kanna afgelê is, is nie onderteken nie. Kanna sê dit moes nog oorgetik word weens foute wat uitgewys is, maar Terry voer aan dat Chanelle dit nie wou onderteken nie omdat sy nie met alles in die verklaring tevrede was nie. Terry noem ook aan Kanna dat hulle iemand sou stuur om gesprekke tussen Chanelle en Christopher in die gevangenis af te luister. Kanna sê albei was bewus daarvan dat hulle nie kon praat nie en dat die familie wat vandag in die hof is, dit ook weet. Kanna dui aan dat Chanelle in die besoekersboek sou aanteken dat sy ’n ander moordbeskuldigde, Jens Leunberg, besoek. Volgens Terry help die familie hom en is sy eie familie in Duitsland. Die hof verdaag tot Dinsdag. Bronne: heraldlive.co.za, iol.co.za
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/panayiotou-moordsaak-kontaklense-leuens-en-tronkbesoeke/
J-Lo deel die oulikste kiekie van haar en kêrel se dogters
Jennifer Lopez het ’n foto gedeel waarop haar dogtertjie saam met dié van haar kêrel, Alex Rodriguez, speel terwyl die nuwe paartjie se gesinne mekaar beter leer ken. Die treffermaker van On The Floor en die voormalige bofbalster van New York Yankees gaan sedert Maart vanjaar uit en dit lyk asof hul romanse ernstiger raak. Hulle het die Dominikaanse Republiek onlangs saam met hul kinders besoek en Jennifer het die oulike kiekie geneem van Emme, haar 9-jarige dogter, wat deur Natasha, Alex se 12-jarige dogter, op haar rug gedra word. Sy het die foto op Instagram gedeel met die byskrif: “Tashi and Lulu.” A post shared by Jennifer Lopez (@jlo) on Apr 18, 2017 at 6:55pm PDT Jennifer het ook ’n seun, Max, en Alex het nog ’n dogter, Ella. Oooohhh yeaaaahhhh… #coconutsandwich #mybabies #LOVE A post shared by Jennifer Lopez (@jlo) on Jan 21, 2017 at 5:34pm PST Dit was Jennifer (47) se eerste konsert in dié land. Sy het verlede Saterdag by die Altos de Chavon-amfiteater by die Casa de Campo Resort and Villas opgetree. Muchas Gracias mi gente!! Los quiero!! #altosdechavon #republicadominicana #nocheinolvidable #DR #nituniyo A post shared by Jennifer Lopez (@jlo) on Apr 16, 2017 at 8:19am PDT Marc Anthony, haar eksman, het op die verhoog by haar aangesluit en sy en Alex het die partytjie ná die konsert saam bygewoon. Volgens ’n bron wat met E! News gesels het, het die paartjie die volgende dag ’n Paaseier-soektog by die oord aangebied. “Jen en Alex het vroeg wakker geword en daar het ’n ry Paasmandjies op die patio vir hul kinders gewag. Familie en vriende is genooi vir ’n Paaseiersoektog op die grasperk van die oord,” het die ooggetuie vertel. Nadat al die eiers opgeraap is, het die verliefde paartjie en hul kinders saam ’n gesinsete genuttig en fliek gekyk. Die vakansie het egter nie net uit pret en plesier bestaan nie – liefdadigheidswerk was Maandag deel van Jennifer en Alex se program. Hulle het die Mission International Rescue (MIR) Foundation besoek en behoeftige skoolkinders ontmoet. Die paartjie het skoolvoorraad soos rugsakke en potlode aan leerders van die MIR Elementary School uitgedeel. Die foto van Emme en Natasha saam beteken dat Jennifer en Alex “aansienlik ernstiger” is met mekaar as wat baie mense dink, het ’n ingeligte bron aan Page Six, die skinderkolom van die New York Post, vertel. © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/j-lo-deel-die-oulikste-kiekie-van-haar-en-kerel-se-dogters/
2017-04-19 01:55:33
Kaapse skoolhoof met mes aangeval ná dreigemente
’n Skoolhoof van Kaapstad is Woensdagoggend ernstig met ’n mes aangeval nadat hy ’n ruk lank dreigemente ontvang het. Aanvallers het glo kort voor seweuur die skoolperseel binnegekom en Wayne Abrahams, die skoolhoof van die Bishops School of Skills in Bishop Lavis, in die skool se voorportaal trompop geloop. Hulle het hom herhaaldelik in die bors, kop, nek en skouer gesteek, sê Jessica Shelver, woordvoerder vir die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer. Die twee aanvallers het daarna gevlug toe iemand op die toneel opdaag en Wayne te hulp snel. Hy is in ’n kritieke toestand en word gemonitor. “Ons veroordeel hierdie aanval ten sterkste. Enige aanval op ’n onderwyser of skoolhoof is geheel en al onaanvaarbaar.” Abrahams het glo teen die einde van die eerste semester dreigemente ontvang nadat ’n leerder aan die skool, wat ’n ander 15-jarige leerder in Maart in die been geskiet het tydens ’n bendevoorval, ondersoek is. Hy is glo gewaarsku om nie voort te gaan met die ondersoek en tugstappe te doen nie. Abrahams het die dreigemente aangemeld. Senior amptenare by die departement sowel as polisiebeamptes was vanoggend by die skool, bevestig Jessica. “Dat iemand soos hy, wat sy lewe daaraan wy om die jeug in sy provinsie te bemagtig en wat die regte ding probeer doen deur tugstappe te doen om sy leerders te beskerm, aangeval is, wys hoe misvorm party mense se waardes is.” Bykomende sekerheidswagte is sedertdien by die skool ontplooi en traumaberading sal soos nodig voorsien word.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kaapse-skoolhoof-met-mes-aangeval-na-dreigemente/
Oudleraar van Bloemfontein se vrou sterf tragies
Die oudpredikant van Bloemfontein het net Maandag nog ’n hartroerende liefdesbrief vir sy vrou op Facebook gedeel om veilig van ’n kuier by hul seun in Johannesburg af terug te keer. Maar Petrus Kühne (64), ’n voormalige NG predikant, probeer nou op die vooraand van haar gedenkdiens tot verhaal kom oor hoekom sy geliefde Tersia die middag veilig in Universitas, Bloemfontein, tuisgekom het, net om ure later tragies in ’n motorongeluk te sterf. “Ek skryf nou haar afskeidsbrief. Dit is my manier om die pyn uit te skryf,” vertel Petrus huilend in ’n telefoniese onderhoud met Huisgenoot. “Dit is sad; sy het nog soveel planne gehad,” vertel hy. Tersia het die pot aan die kook gehou nadat hy in 2015 uit die bediening bedank het, hoofsaaklik omdat hul oudste seun, Tersius (34), gay is en hy hom nie meer met die NG kerk kon vereenselwig nie. Tersia, wat assistent-direkteur by die departement van erkenning van voorafleer aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) was, het geleef vir haar werk en sy wou nog baie verrig voor sy oor twee jaar aftree. Niks maak nog sin nie, sê Petrus. “Die waarheid is ons weet nie, dalk sal ons nooit antwoorde hê nie,” sê hy oor hoekom sy vrou ná wat ’n lang, uitmergelende reis van Gauteng moes gewees het, by die huis gekom het, net om weer verby Bloemfontein in ’n suidelike rigting weg te ry. Sy het vermoedelik op pad terug naby Tierpoort, sowat 30 km van Bloemfontein, in ’n veld beland – haar motor ’n onherkenbare wrak. Petrus vertel Tersia het die laaste 15 jaar aan die ongeneeslike en aftakelende siekte fibromialgie gely, wat deur spier- en skeletpyn gekenmerk word. Sy het heeltyd pyn verduur. Petrus, wat gereeld op Facebook teenoor sy vriende sy hart oopmaak het, het die middag voor sy vrou se dood nog aangrypend aan sy vrou van 36 jaar geskryf om ná die kuier by Tersius, ’n IT-programmeerder, veilig by die huis te kom: Liefste Tersia, Ek hoop om nou-nou die Peugeot te hoor. Die honde sal my eerste vertel dat jy hier is. My lief, jy weet mos dat ek baie kere so terg oor die kurwe van die vlees, en dat ons manne dit meer waardeer as die warm van die gees? Wel, ek weet darem dat lank nadat die kurwes van die vlees toegegee het aan gravitasie en ander magte, soos tyd en rimpel, die warm van die gees al is wat oorbly. En o, my vrou, jou gees het deur die jare net warmer geword. Ryper. Volryp. Vervullend. Daarom, ry tog veilig! Konsentreer die laaste paar kilometer. Ek het soveel om te vertel oor die Oos-Kaap en Durban en my week daar. As dit waar is dat jou hart by jou skat is, lief, dan is my hart nou iewers op die N1 op pad na Bloemfontein. Bring my hart asseblief veilig tot hier. Maar, sê Petrus, sy vrou se hart is nou in ’n kis. “Ons het lekker gesels oor die elektriese drukkoker wat ek gekoop het. Sy het net gesê sy gaan gou vir ons hot cross buns kry.” Hy wou nog vertel van die reis wat hy saam met hul jonger seun, Markus (28), onderneem het, wat pas sy honneursgraad in Afrika-studie voltooi het. Hulle het ’n wit sangoma besoek, wat hy bestudeer. Die gesprek oor hul ervarings het egter nooit gebeur nie. Kapt. Chaka Marope, plaaslike polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Huisgenoot bevestig Tersia se Peugeot 307 het naby Tierpoort omgeslaan. Sy is uit die voertuig geslinger en is vermoedelik op slag dood. Petrus het sy vrou net ná drieuur die oggend as vermis aangemeld, maar die polisie het hom skuins ná agtuur van die ongeluk ingelig. Hy het dadelik gevra of sy vrou dood is. Petrus het uitgevind die ongeluk het reeds omstreeks agtuur die vorige aand plaasgevind. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Hy sou eers later onthou sy vrou het met haar tuiskoms nie heeltemal “lekker” gelyk nie. “Sy het ’n bietjie down en gespanne gelyk, dalk oor die week se werk wat voorgelê het, maar sy het niks gesê nie.” Al was sy siek, het sy nooit gekla nie, vertel hy. Pleks daarvan was sy almal se steunpilaar. Hy vertel Tersia het talle mense se lewe verander. Sy sou as deel van haar werk motiveer hoekom iemand wat dalk nooit die punte in matriek behaal het om te kon studeer nie, nou ná jare se ervaring en kursusse en sertifikate in die werkplek kan kwalifiseer om hul drome waar te maak en ’n student aan die UV te word. Maar by die huis wou hy vir Tersia sorg en vir haar kook. “Alles wat ek ooit gedoen het, was vir Tersia. Ek was die kok in die huis. Ek sou eenpotgeregte en kerries maak. Ek dink ek sal nog lank hartseer wees wanneer ek daardie pot gebruik.” Hy vertel aangesien hy nie meer gelowig is nie, plaas hy nou sy hoop op sy eie innerlike krag en in die mense wat hom steun. En hulle, vertel hy, sal hom staande hou wanneer hulle Donderdagoggend om tienuur by Leopard en Lace in die stad vir Tersia, wat veras sal word, ’n herinneringsdiens hou.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/oudleraar-van-bloemfontein/
Jou sterre vir Maandag, 24 April 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore. JOU DAG Dissipline en harde werk gaan jou vandag ver bring. AS JY VANDAG VERJAAR Jy hou daarvan om ander mense met ’n oorredende redenasie tot jou denkwyse oor te haal. Wees die volgende 12 maande meer sensitief vir die gevoelens van geliefdes. RAM, 21 Mrt.-20 Apr. Moenie ’n eendagsvlieg wees nie. Hoewel jy uitstekend is om projekte aan te vuur, moet jy seker maak jou beloftes en goeie bedoelings gaan enduit hou sodat jy dit wat jy begin, kan voltooi. BUL, 21 Apr.-21 Mei Moenie vandag aannames maak nie. Heelwat gaan agter die skerms aan waarvan jy nie weet nie. Saturnus moedig jou aan om tyd in te ruim om dinge deeglik na te vors voor jy ’n besluit neem. TWEELING, 22 Mei-21 Jun. Die Mercurius/Saturnus-trigoon is gunstig om kreatiewe idees in produktiewe projekte te omskep. Dit sal harde werk verg en baie tyd in beslag neem, maar dis die moeite werd. KREEF, 22 Jun.-23 Jul. Die sterre lig gesondheidskwessies uit, dus moet jy ophou aankruie en onmiddellik optree. Dis tyd om professionele raad te kry terwyl jy jou daaglikse dieet hersien en jou oefenroetine herstruktureer. LEEU, 24 Jul.-23 Aug. Die planete aktiveer jou avontuurlike en ambisieuse sy, maar jy moet stadig oor die klippe voor jy ten gronde gaan. Saturnus, jou leermeester, moedig jou aan om jou geesdriftige idees met ’n praktiese plan op te volg. MAAGD. 24 Aug.-23 Sept. Jy sit jou beste voetjie voor terwyl die sterre jou breinkrag en noukeurige aandag aan besonderhede versterk. Dit is ’n gunstige dag om papierwerk af te handel, navorsing te doen, werk te redigeer of projekte te hersien. WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt. Die maan is in jou verhoudingsone, dus moet jy persoonlik raak teenoor geliefdes. Moenie traak-my-nie-agtig wees nie. Proaktiwiteit ten opsigte van probleemoplossing in die sleutel tot positiewe verhoudings. SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov. Jy loop die gevaar om jou begroting te oorskry, aangesien jou wenslys groter is as jou huidige banksaldo. Vermy krediet onder die waarskuwende invloed van Saturnus en doen jou bes om geld te spaar. BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des. Moenie net rondsit en wag dat jou lot wonderbaarlik verander nie. Die praktiese, vasberade Saturnus beweeg stadig deur jou teken; dit is tyd om jou moue op te rol en die werk te voltooi. STEENBOK, 22 Des.-20 Jan. Jy is gretig om voort te gaan met ’n persoonlike of huishoudelike projek, maar Saturnus het ander planne. Heelwat gaan agter die skerms aan. Doen jou huiswerk, wees geduldig en druk deur. WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. Jy moet vandag realisties en prakties wees oor die manier waarop jy kommunikeer. Wat ’n weerspannige gesinslid betref, sal jy uitvind ’n bietjie suiker sal help om jou boodskap op ’n meer positiewe manier oor te dra. VISSE, 20 Feb.-20 Mrt. Moenie skaam wees nie. Saturnus beweeg stadig deur jou loopbaansone, dus moet jy harder werk sodat ander mense kan sien waartoe jy werklik in staat is. Selfvertroue is die vuurpylbrandstof wat jou ver sal bring. Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-maandag-24-april-2017/
Twee brand dood toe motor versperring in Limpopo tref
Twee mense is Dinsdag dood in Vuwani, Limpopo toe hul motor teen ’n pyp gebots het wat gebruik was om ’n pad te versper. Die motor het daarna in vlamme uitgebars. Die polisie sê ’n derde insittende het oorleef en is hospitaal toe geneem. “Twee mense het doodgebrand en een is met ernstige beserings hospitaal toe geneem,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, ’n polisiewoordvoerder, gesê. ’n Saak van strafbare manslag is geopen en ’n polisie-ondersoek en die identifiseringsproses van die oorledenes is aan die gang. Moatshe het motoriste gewaarsku om versigtig in die gebied te bestuur, veral gedurende die nag, omdat daar dalk nog versperrings op sommige paaie kan wees. Hy sê die situasie in die gebied bly plofbaar, en daar word nog steeds vanuit bosse klippe na verbygaande voertuie gegooi. Moatshe het gesê motoriste wat deurloop, moet onmiddellik die polisie kontak. Ses motors is Dinsdag beskadig deur mense wat klippe gegooi het, en sake van opsetlike saakbeskadiging is geopen. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Moatshe sê daar is maskimum polisie-ontplooiing in die Vuwani-gebied om gemeenskapslede en eiendom te beskerm. Die polisie sal voortgaan om die situasie te monitor. Meer as 25 skole is verlede jaar afgebrand toe inwoners betoog het teen die munisipale afbakeningsraad se besluit om die gebied onder LIM 345, ’n nuwe munisipaliteit, in te lyf. Intussen is skoolopleiding in die gebied ontwrig en meer as 70 skole is hierdeur geraak. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/twee-brand-dood-toe-motor-versperring-in-limpopo-tref/
Huisgenoot Mobi
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/tragies-man-verdrink-by-vakansiestrand/
Gespierde akteur trek vermeende bromponiedief vas ná aksiebelaaide jaagtog
Tom Hardy het glo ’n burgerlike inhegtenisneming uitgevoer toe hy ’n vermeende bromponiedief vastrek nadat hy hom Sondag in Londen agternagesit het. Die 39-jarige akteur het sy lyf superheld gehou toe hy twee mense glo ’n bromponie sien steel. Daarna het hulle by ’n besige kruising in Richmond in die suidweste van Londen daarmee teen ’n Mercedes bots. Terwyl een van die diewe binne sekondes gevang is, het die ander een spore gemaak – en dis toe dat Tom oorgaan tot aksie. Volgens Arun Pullen, ’n ooggetuie, het Tom die verdagte deur tuine en ’n sakeperseel gejaag voor hy hom ingehaal, vir versteekte wapens deursoek en ’n burgerlike inhegtenisneming uitgevoer het. “Dit was gek – asof hy tot superheldmodus in ’n aksiefliek oorgeskakel het. Twee seuns op die (gesteelde) bromponie het ’n rooi lig verontagsaam en teen ’n motor gebots,” het Arun aan die Britse koerant The Sun gesê. “Tom moes in die pad afgestap het. Hy is soos blits agterna en het woedend gelyk.” Nadat hy die verdagte gevang het, het Tom hom glo na ’n busstop daar naby gesleep en hom daar gehou tot die polisie opgedaag het. En toe die beamptes op die toneel verskyn, het Tom glo trots vir hulle gesê: “Ek het hom gevang.” “Die kind het verslae en geskok gelyk,” vertel Arun. “Tom Hardy is duidelik nie ’n man met wie ’n mens mors nie. Ek dink hy het selfs die kind se ID bekyk voor die polisie oorgeneem het. “Ek het Tom gevra wat gebeur het. Hy het gesê hy het die outjie deur my agtertuin gejaag en hom om die blok gevang, maar die roete was soos ’n aanvalsbaan.” Albei verdagtes is in die voorval beseer en die twee word nou van diefstal aangekla. Tom het glo ook vir ’n ander omstander gesê: “Die klein swernoot het iets gesteel en nou sit hy met ’n gebreekte been.” Die akteur is gewoond daaraan om opwindende waagtoertjies in sy rolprente uit te voer. Hy het al in flieks soos Inception, The Dark Knight Rises en Mad Max: Fury Road ’n hoofrol gespeel. © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/gespierde-akteur-trek-vermeende-bromponiedief-vas-na-aksiebelaaide-jaagtog/
Ongelooflik! Watter een is die regte Angelina Jolie?
’n “Gewone” ma van twee sê sy lyk so baie na Angelina Jolie dat sy skoon oorweldig word deur vreemdelinge wat haar met die Hollywood-ster verwar. Melissa Baizen lei ’n alledaagse lewe, maar sy sê danksy haar voorkoms het sy ’n voorsmakie gekry van die aktrise se glansryke lewe. Die ma van twee het nes Angelina ook hoë wangbene en vol lippe. Die optiese bestuurder (34) beskryf haarself as ’n normale meisie en sê die aandag is soms “oorweldigend” en kan haar in die verleentheid stel. Melissa, van Hales Corners in Wisconsin, het Angelina nog altyd bewonder. Sy sê: “Ek word herken. Daar word baie na my gestaar. Dis amusant en nogal onwerklik. Sy was nog altyd een van my heldinne. Dit is gek om met haar vergelyk te word. “Ek was nog altyd hard op myself. Sommige dae kan ek dit raaksien; ander kere dink ek weer nie ek lyk soos sy nie. Ek wens ek het haar glimlag gehad; ek haat my tande. “Ek het haar al baie bewonder. Ek hou van haar rolprente, maar het die meeste bewondering vir haar humanitêre werk. “Ons persoonlikhede verskil geheel en al, maar baie mense sê ek lyk werklik nes sy. Ek dink wel ek is dalk nie heeltemal so ernstig soos sy nie.” Melissa se geliefkoosde Angelina-flieks is Changeling en Beyond Borders, want sy hou van die sterk vroulike hoofkarakters. Sy vertel verder: “Ek het al vir die Bristol Renaissance-kermis soos (Angelina se karakter) Maleficent aangetrek, en baie mense het na my toe gekom. “Dit is taamlik oorweldigend. Ek kry ’n voorsmakie van hoe dit moet voel om sy te wees. Dit is lekker, en ek is seker ’n mens kan gewoond raak daaraan, maar ek dink nie dis my beskore nie. Ek is net ’n gewone meisie. “Dit het my wel baie meer selfvertroue gegee. In my laat tienerjare is ek die eerste keer met haar vergelyk, maar die afgelope tyd gebeur dit ál meer – ek is nie seker hoekom nie. “My familie en vriendinne sê ook ek lyk soos sy. By die werk word ek heeltyd Angelina Jolie genoem, maar dit stel my nogal in die verleentheid. “Ek dink nie my lewensmaat hou van al die aandag nie. Hy is tevrede daarmee, maar ek dink hy raak ’n bietjie jaloers. Hy sal dit nooit sê nie, maar ek dink diep in sy binneste is dit die geval. “Ek het nog nooit voorgegee ek is sy nie, maar miskien sal ek dit eendag probeer. Dalk slaan ek munt daaruit. “Ek bewonder haar; sy is ’n sterk, selfversekerde vrou. Ek dink baie vroue streef daarna om ook so te wees.” – Christina Wood/ Magazine Features
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/ongelooflik-watter-een-is-die-regte-angelina-jolie/
Vyfjarige sterf ná grusame voorval in gesogte restaurant
Wat ’n gesinsuitstappie na ’n gesogte restaurant moes wees, het grusaam geëindig toe hul vyfjarige seuntjie tussen ’n tafel en ’n muur doodgedruk is. Die seuntjie (5) was Vrydagmiddag saam met sy ouers op besoek aan Atlanta, Georgia, toe hulle vir ’n ete na die draaiende Sun Dial-restaurant bo-op die 73-verdieping hoë Westin Peachtree Plaza Hotel gegaan het. Hy het het van sy ouers se tafel weggedwaal waarna hy sowat 1,5 m weg van hulle onverhoeds tussen ’n tafel op die roterende vloer en die restaurant se muur vasgekeer is. Die spasie tussen die restaurant se vloer, wat deurentyd roteer sodat gaste ’n panoramiese uitsig oor die stad kan hê, en die muur is ongeveer 10 – 13 cm groot. Dit was egter voldoende om die seuntjie tussen die tafel en die muur vas te keer. Die vloer van die restaurant is wel ontwerp om tot stilstand te kom sodra daar ’n hindernis van een of ander aard opduik, maar teen die tyd wat dit gebeur het, het die seuntjie reeds ernstige kopbeserings opgedoen. Volgens Atlanta se polisiewoordvoerder, sers. Warren Pickard, sou ’n kind nie regtig weet wat om te doen onder sulke omstandighede nie. “Dit het sy klein liggaampie saamgepers,” het hy gesê. Hy is later in die hospitaal oorlede. Die seuntjie se naam is nog nie bekend gemaak nie. Hy en sy gesin was op besoek van Charlotte in Noord-Carolina toe die tragedie plaasgevind het. Die restaurant is vir die Paasnaweek gesluit. Bronne: edition.cnn.com, rtlnieuws.nl, usatoday.com
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/vyfjarige-sterf-na-grusame-voorval-in-gesogte-restaurant/
Dramatiese video en foto’s kyk terug na dae van geweld op Coligny en Lichtenburg
Nadat geweld op Coligny en Lichtenburg die laaste paar dae tot grootskaalse verwoesting gelei het, was dit Woensdagoggend rustig op dié Noordwes-dorpe. Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het gesê hulle handhaaf steeds ’n polisieteenwoordigheid in die gebiede. Altesaam 14 verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem vir beweerde openbare geweld. Gedurende ’n operasie is items soos kruideniersware en drank teruggevind. Dis Maandag en Dinsdag by ondernemings gesteel. In Boikhutso is nog nege mense vasgetrek vir die beweerde besit van gesteelde goedere. Naudé Pienaar, adjunkhoofbestuurder van Agri Noordwes op Lichtenburg, het gesê oproeriges het Woensdagoggend ook Bakerville begin teiken. Dis sowat 20km vanaf Lichtenburg. “Hulle brand bande daar,” het hy gesê. Naudé het die oproer en beskadiging van eiendom aan “blote misdadigheid” toegeskryf. “Mense gebruik die situasie om skade aan te rig.” Volgens Naudé help boere en plaaswagte op die dorpe met patrollies. Die premier, Supra Mahumapelo, het in ’n nuusverklaring gesê twee mense is in hegtenis geneem ná die dood van ’n 12-jarige seun van Coligny. Sy dood het glo aanleiding gegee tot die oproer. “Sedert die kind se dood is die gemeenskap ontsteld omdat hulle voel die voorval was rasgedrewe.” Sabata sê twee mense van 26 en 33 word van moord aangekla en sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Coligny verskyn. Dit kom na bewering nadat ’n seun dood is nadat hy afgespring het van ’n bewegende voertuig wat deur ’n boer bestuur is. Buiten winkels wat geplunder en besteel is, is drie huise, vragmotors, ’n trekker en polisievoertuie sedert die begin van die protesaksie aan die brand gesteek. Een vragmotor het ’n vrag van 38 000 hoenders vervoer toe dit aan die brand gesteek is. Naudé het gesê die plaaswagte verrig ’n magdom werk. “Ons wil die mense graag bedank vir die hulp, want dit help om dinge rustig te hou. Was dit nie vir daardie teenwoordigheid nie, kon dit baie erger gewees het.” Van die mense wat met die veiligheid help, is volgens hom reeds twee nagte wakker. Willem Cronjé, ’n Coligny-inwoner, het Woensdagoggend gesê dit is sedert die vorige nag rustig op die dorp. “Maar al die winkels is geplunder, ruite is stukkend gegooi en alles is uit die winkels gesteel.” Hy het gesê daar was ná die verwoesting byvoorbeeld nie Woensdagoggend brood of melk beskikbaar by ’n plaaslike tak van ’n kettingwinkelgroep nie. Plaasboere staan die dorp by deur ingange daarheen af te sper deur voertuie dwars oor die pad te trek. Net inwoners word toegelaat om deur te gaan. Ook op Lichtenburg is die omstandighede kalmer. “Dit het gisteraand nog gebrand, maar vanoggend is dit doodstil,” het Ludwig Coetzee, ’n inwoner, gesê. Hy het gesê hoewel daar nie groot strukturele skade aangerig is nie, is polisievoertuie Maandag aan die brand gesteek. Neels Snyman, bestuurder by Toyota op Lichtenburg, het gesê die polisie het oproeriges gekeer wat na die munisipaliteit wou opruk om die burgemeester te gaan sien.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/dramatiese-video-en-fotos-kyk-terug-na-dae-van-geweld-in-coligny-en-lichtenburg/
Sy’s terug! Days of Our Lives se feeks keer terug na die sepie
Sami Brady kom terug. Die aktrise Alison Sweeney (40), wat langer as 20 jaar die feeks in die sepie gespeel het, het die nuus in ’n kort video op Instagram gedeel en gesê sy’s “baie opgewonde om binnekort te begin skiet”. Going, going, back, back to …. Salem! 🎶 so excited! 😆 thanks for the love. ❤️💋 A post shared by Ali Sweeney (@alisweeney) on Apr 17, 2017 at 12:14pm PDT Die aktrise het die eerste keer as Sami verskyn toe sy 16 jaar oud was in 1993. Sy het die volgende 20 jaar harte wêreldwyd verower. Sy het in 2002 die Special Fan Emmy-prys as Amerika se gunstelingfeeks gewen en is in 2015 vir ’n Daytime Emmy benoem as beste hoofaktrise in ’n dramareeks. Toe kom die skokaankondiging in 2014 dat sy die sepie ná 21 jaar verlaat. Sy het gesê sy wil meer tyd saam met haar kinders, Megan (toe 5) en Benjamin (toe 9), deurbring en afskaal op haar werkverpligtings. Sy was ook die aanbieder van NBC se gewigverliesprogram, The Biggest Loser. “Ek het sewe jaar lank albei programme gedoen,” het sy destyds gesê. “Ek is net baie opgewonde om saam met my kinders en man (David Sanov) te wees en pret te hê. Ek skryf ook. My tweede boek word binnekort uitgereik. Ek hou ook van regie.” Alison het gesê hoewel sy in haar tyd in Days nooit meer as twee weke vakansie kon neem nie, was sy dol oor die karakter en die sepie. “Dis fantasties. Ek is mal oor Sami, Salem. Ek hou van my werk en is mal oor die aanhangers – ek hou van alles omtrent dit.” En duidelik is haar liefde daarvoor nog lank nie geblus nie. Welkom terug, Sami! Kyk weekdae om 11:30 op SABC3 na Days of Our Lives. Bronne: usmagazine.com, people.com, eonline.com
http://www.huisgenoot.com/vermaak/tv/sys-terug-days-of-our-lives-se-feeks-keer-terug-na-die-sepie/
2017-04-17 19:14:53
Nuwe inligting bekendgemaak oor padtragedie wat 20 eis
Dit sal ’n week neem om die uitslae te kry van DNS-toetse wat op die 18 leerlinge gedoen is wat in ‘n minibustaxi-ongeluk in Mpumalanga dood is, het Panyaza Lesufi, Gautengse LUK vir opvoeding, vandag gesê. “Ons wil graag die DNS-span bedank vir die werk wat hulle gedoen het. Hulle het Sondag aan die departement bevestig hulle sal ’n week nodig hê om die identifikasie van al die leerlinge af te handel,” het hy aan leerlinge by die Mahlenga-hoërskool in die dorp Sokhulumi, Mpumalanga, gesê. Die 18 is onherkenbaar verbrand toe hul 22-sitplek-minibustaxi in vlamme uitgebars het nadat dit Vrydagmiddag op die R25 in Wolvenkop, Mpumalanga, teen ’n vragmotor gebots het. Hulle was tussen sewe en 15 jaar oud. Daar was 27 insittendes in die minibus. Sewe kinders het oorleef en drie van hulle was in ’n kritieke toestand. Die leerders het die Refano-laerskool en Mahlenga-hoërskool bygewoon. Vyftien gesinne word deur die ongeluk geraak. Een gesin het drie kinders verloor en ’n ander een twee kinders en hul pa. Panyaza sê die provinsiale regerings van Mpumalanga en Gauteng het ’n gesamentlike begrafniskomitee gestig. Besonderhede van beide die gedenk- en begrafnisdiens sal oor ’n week bekendgemaak word. ’n Gesin het toestemming gegee dat hul kind in KwaZulu-Natal begrawe word. “Ons pleit by die ander geraakte familielede om met ons saam te werk.” Panyaza vra die gesinne van die slagoffers moet simpatie hê met die familie van die bestuurder, Amos Mnguni (75), wat ook dood is. “Kom ons behandel almal as gelykes, ook die familie van die bestuurder. Ons glo dit is baie belangrik dat hulle ons steun kry en hulle ook in die moeilike proses versorg word.” Die minister van basiese opvoeding, Angie Motshekga, het vir leerlinge gesê sy en Panyaza is daar om die ouers te vertroos wat by die werk was toe hul kinders dood is. “Wanneer die kinders deur hierdie hekke kom, word hulle ons kinders. Jul kinders is ons kinders; hulle is die land se kinders. Selfs die president het sy medelye gestuur,” sê Panyaza. Sy sê die leerlinge is engele wat “huis toe” geroep is. “Die een ding waarvan ek van onderwys hou, is dat jy altyd omring is deur engele. Hulle is steeds engele, maar soms wil die Here Sy engele terughê. Dus is ons hier om persoonlik by julle te wees. Ons weet dit is moeilik en dit gaan tyd vat om te aanvaar wat gebeur het, veral die manier waarop hulle dood is,” sê sy. Die premier van Mpumalanga, David Mabuza, het ook sy meegevoel aan die gesinne betuig. “Ek kan my nie die pyn voorstel wat die ouers van die kinders deurmaak nie. Ons dra ons innigste meegevoel oor. Hul pyn is ons pyn, en ons sal by hulle wees in hierdie moeilike tyd in hul lewe,” sê David. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/nuwe-inligting-bekendgemaak-oor-padtragedie-wat-20-eis/
Kyk net watter bekende paartjie is verloof
Die UFC-vegter wat deesdae haar lyf aktrise hou, Ronda Rousey, is verloof. Die aksiester van Furious 7 en Expendables-faam het onthul haar kêrel van sowat twee jaar en medevegter Travis Browne, het onder ’n waterval tydens ’n besoek aan Nieu-Seeland verlede week die ja-woord gevra. Ronda het haar verloofring gewys toe SplashNews.com haar en haar verloofde Donderdag in Los Angeles raakloop en het half-teensinnig die groot nuus gedeel. Travis het aan ’n kameraman gesê: “Ons is verloof” en bygevoeg dat hy die waterval gekies het, omdat “dit soos die regte plek gevoel het”. Die paartjie geniet nog eers die verlowing en daar is nog geen trouplanne nie, maar Ronda sê hulle sal “binnekort” troubeloftes uitruil. Dit sal Ronda se eerste en Travis se tweede huwelik wees. Die UFC-ster het in Januarie 2015 met die fiksheidsmodel Jenna Webb getrou, maar die huwelik het nie lank gehou nie – die paartjie is in Junie 2015 uitmekaar, enkele maande voor Travis en Ronda ’n paartjie geword het. Jenna het Travis later van huishoudelike geweld beskuldig, wat hy ontken het. Die voormalige paartjie het in Februarie 2016 amptelik geskei, vier maande nadat Travis bevestig het dat hy en Ronda saam is. “Uitgaan is vir kinders,” het hy laat in 2015 gesê. “Ek en Ronda het deur al die dinge wat ek moes deurmaak begin gesels . . . en ek kan nou bevestig ons is saam. Sy is my vrou en ek is haar man. Daar is niks kêrel-meisie-goed nie. Ons gaan nie uit nie; ons is saam.” © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/kyk-net-watter-bekende-paartjie-is-verloof/
Eerstejaarstudent dood aangetref in koshuiskamer
’n Student aan die Universiteit van Kaapstad is Woensdagaand dood aangetref in sy koshuiskamer. Lusanda Kgosi Mokoape, ’n eerstejaarstudent wat geesteswetenskappe studeer het, het in die Kopano-koshuis gewoon. Die universiteit het sy dood in ’n verklaring bevestig. “Die universiteit is in kontak met die familie en staan hulle by in hierdie moeilike tyd.” Volgens die universiteit word berading gereël vir studente wat deur Lusanda se dood geraak word. Die universiteit het meegevoel met Lusanda se vriende en familie uitgespreek. Luidens die verklaring, wat aan personeel en studente van die universteit gestuur is, word Lusanda se dood deur die polisie ondersoek en moet die oorsaak van sy dood nog vasgestel word. ’n Nagwaak by kerslig sal Vrydagaand vir die inwoners van Kopano gehou word en ’n roudiens gaan ook binnekort gereël word, het die universiteit in die verklaring gesê. Lt.kol. André Traut, polisiwoordvoerder, het gesê hulle vermoed die 21-jarige student het sy eie lewe geneem. “’n Geregtelike doodondersoek word gedoen en die oorsaak van sy dood moet nog vasgestel word.”
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/eerstejaarstudent-dood-aangetref-in-koshuiskamer/
Jou sterre vir Donderdag, 20 April 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore. JOU DAG Wees vandag oplettend en gaan feite deeglik na. AS JY VANDAG VERJAAR Jy is magneties en kragtig en beskik oor die vermoë om ander te inspireer. Vanjaar is die jaar om minder beheerbehep en besitlik in verhoudings te wees. RAM, 21 Mrt.-20 Apr. Die son en Mercurius, wat agteruitbeweeg, verbind in jou geldsone; jou behoefte om te verkwis is dus groot. Onthou net, wat vandag jou oog vang, interesseer jou dalk nie meer môre nie. BUL, 21 Apr.-21 Mei Die son en Mercurius, wat agteruitbeweeg, is vandag saam binne jou teken. Dit is ’n gunstige tyd om ’n persoonlike projek te herkalibreer; ’n ingewikkelde situasie te hersien; ou inligting na te gaan; of iets te herstel. TWEELING, 22 Mei-21 Jun. Jy voel vandag rusteloos terwyl die son saamspan met jou beskermheerplaneet, Mercurius, wat agteruitbeweeg. Weerstaan die behoefte om jou energie oral rond uit te mors. Fokus liewer op wat werklik belangrik is. KREEF, 22 Jun.-23 Jul. Versigtige Krewe verkies om invloedryke mense op subtiele en beskeie maniere na jou toe aan te lok. Die planete moedig jou tans aan om meer proaktief te wees. En heelwat meer avontuurlik. LEEU, 24 Jul.-23 Aug. ’n Passievolle benadering sorg dat baie Leeus vooruit werk op kantoor. As jy aan ’n projek werk, doen jou huiswerk en praat dinge deur. Moenie ander mense afskrik deur te oordonderend te wees nie. MAAGD, 24 Aug.-23 Sept. Jy neem vandag goed waar en voel wakker onder die invloed van die son en Mercurius, wat agteruitbeweeg. Dit is daarom ’n gunstige tyd om papierwerk of navorsingsprojekte af te handel en los drade bymekaar te kry. WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt. As jy tot vinnige gevolgtrekkings kom of oorhaastige aannames maak, kan jy jou gou in ’n ingewikkelde gemors bevind. Neem jou tyd om die feite deeglik na te gaan voor jy iets bekendmaak of ’n groot skuif doen. SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov. ’n Intieme verhouding gaan intens raak, met die son en agteruitbewegende Mercurius wat saam binne jou vennootskapsone is. Moenie al die praatwerk doen nie. Wees oplettend en luister noukeurig na wat ander sê. BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des. Het jy jou die afgelope tyd afgeskeep? Vandag se sterre herinner jou daaraan om meer produktief oor jou gesondheid en fiksheid te wees terwyl jy daarna streef om gesonder te eet en meer gereeld te oefen. STEENBOK, 22 Des.-20 Jan. Interaksies met ’n kind, ouer of vriend behoort insiggewend te wees, aangesien julle heelwat by mekaar kan leer. Venus moedig jou aan om meer van jou tyd en talente aan jou plaaslike gemeenskap te wy. WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. Die sterre is gunstig vir lewendige geselskap, veral met familie en vriende. Maak seker jy dra jou deel by wat huislike pligte betref, anders gaan huismaats van hulle laat hoor. VISSE, 20 Feb.-20 Mrt. Jy is in ’n vrygewige bui vandag, maar moenie meer beloof as wat jy kan lewer nie. Praat is goedkoop. Maak seker jy voeg die daad by die woord en volg met beslissende optrede op. Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-donderdag-20-april-2017/
Een van die grootste verslawingsgiere van die 90’s maak ’n terugkeer
Dit was veronderstel om ’n elektroniese speletjie vir kinders te wees, maar kort voor lank het selfs volwassenes voor die oulike klein skepseltjies geswymel. Nou, 20 jaar later, gaan die Tamagochi-reeks weer herleef. Maar wag voordat jy jou na die naaste speelgoedwinkel haas, moet jy eers die slegte nuus aanhoor. The original Tamagotchi has been re-released, so get ready to relive your childhood https://t.co/7cYfdylDrP pic.twitter.com/OHG3FbQlnr — HelloGiggles.com (@hellogiggles) April 12, 2017 Dit gaan (voorlopig) net in Japan vrygestel word en die eiertjies het ’n bietjie gekrimp van hul oorspronklike grootte. Die prys is egter aansienlik hoër sou jy dit oorweeg om een via Amazon Japan aan te koop. Dit kan jou sowat R230 uit die sak jaag. The Tamagotchi is officially making a comeback https://t.co/9p3FpfszSU pic.twitter.com/MrfTNaaODO — The Independent (@Independent) April 13, 2017 Toe Bandai die eerste Tamagotchi-“eiers” in 1996 in Japan en in 1997 in Amerika vrygestel het, was dit allesbehalwe ’n gesofistikeerde speletjie. Die illustrasies was basies en die interaksie met die speletjie was ewe basies. Daar was bloot net drie knoppies wat ingespan moes word om jou Tamagotchi-troeteldier – een van ses karaktertjies – aan die lewe te hou. Maar dit was juis die eenvoud van wat van jou verwag is, wat die speletjie so geheel verslawend gemaak het. Jy moes jou elektroniese “troeteldiertjie” kos gee, agter hom skoonmaak en natuurlik met dit speel. Die karaktertjies het verskeie ander behoeftes en emosies gehad. Daar was ’n hongermeter, ’n vlak van geluk-meter, ’n armbandmeter en ’n dissiplinemeter. Die karaktertjie kon selfs siek word. Maar o wee! As jy nie genoeg aandag aan die dingetjie spandeer het nie, het dit doodgegaan. En dit was ’n hartseer wat nie sommer weggegaan het nie. Daar was talle stories van Tamagotchi-eie(r)naars wat só geheg aan hul karaktertjie geword het, dat hulle selfs oppassers vir hulle gereël het op die aande wanneer hulle nie self na die rakkers kon “omsien” nie. Een ouer vertel dat haar kind se skool die eiertjies destyds verban het. Sy moes hulle saamneem na haar eie werk om hulle aan die lewe te hou. Pretfeite Daar is meer as 76 miljoen Tamagotchi’s wêreldwyd verkoop tot en met 2010. Tamago beteken eier in Japannees en dophou (“watch”) in Engels. Dit is deur Aki Maita ontwerp. In 1997 het sy die Nobelprys vir ekonomie daarmee verower. Bronne: fortune.com, telegraph.com, huffingtonpost.co.za
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/een-van-die-grootste-verslawingsgiere-van-die-90s-maak-n-terugkeer/
So gaan dit met Michael Bublé se kleinding na kankerskok
Michael Bublé se vrou het onthul hul oudste seun is nou “gesond”. Lewerkanker is verlede jaar gediagnoseer by Michael (41) en die Argentynse aktrise Luisana Lopilato (29) se oudste seun. Noah (3) het vier maande lank in Los Angeles chemoterapie ondergaan, maar is nou terug by sy huis in Argentinië. Dinsdag het Luisana in Buenos Aires op ’n perskonferensie gepraat oor haar terugkeer na die rolprent waaraan sy ophou werk het omdat haar seun siek was. “Dank die Here; my seun is gesond. Wanneer goed gebeur soos wat met ons gebeur het, verander jou uitkyk op die lewe,” het sy volgens Daily Mail Online gesê. “My seun se herstel is ’n lang proses, soos julle almal weet, en hy moet aanhou met opvolg-ondersoeke. Maar ons is baie bly. Ons sien uit daarna om oor die toekoms te dink en ons kinders te sien grootword. “My geloof in die feit dat God ’n wonderwerk kan verrig, het my gehelp. Ek het sterk geword sodat my seun sou beter raak. Ek het dit aan al my vriende en familie oorgedra,” het sy gesê. “As ’n gesin was ons nog altyd baie verenig, en ons het dit saam bestry. Ons het alles moontlik vir ons seun gedoen sodat hy hierdeur sou kom. Om Noah te sien groei en hoe gelukkig hy is, het my die krag gegee om hierdie rolprent te kom voltooi.” Luisana en Michael het nog ’n seun, Elias (14 maande). Nadat bekendgemaak is Noah het kanker, het aanhangers die egpaar met wense van beterskap en boodskappe van steun oorlaai. Die aktrise het vertel die medelye het haar help sterk bly. “Ek wil mense bedank vir hul steun, gebede en liefde. Ek wil hê hulle moet weet hulle het ons geraak, en dit het ons baie gehelp om hierdeur te kom. “Dis moeilik om hieroor te praat; dis baie vars in ons gemoed en dis nog ’n bietjie van ’n sensitiewe onderwerp. Maar ek ervaar die liefde daagliks wanneer mense my in die straat sien. Dis wonderlik om te weet jy word vergesel en dat mense lief is vir jou.” © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/so-gaan-dit-met-michael-buble-se-kleinding-na-kankerskok/
Jou sterre vir Vrydag, 21 April 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore. JOU DAG Mercurius beweeg tot 3 Mei agteruit deur die Ram-teken. AS JY VANDAG VERJAAR Jy is gebore op die sterretekens se dag van professionele toewyding. Vanjaar is die jaar om meer pret te hê saam met kollegas by die werk. RAM, 21 Mrt.-20 Apr Met Mercurius wat agteruit deur jou teken beweeg, sal dinge nie volgens plan verloop nie. Jy sal dus oor die volgende twee weke planne moet beraam en heelwat geduld nodig hê, tot Mercurius weer vorentoe beweeg. BUL, 21 Apr.-21 Mei Mercurius beweeg tot 3 Mei agteruit. Dit gaan kommunikasie nog meer verwarrend maak en take meer vermoeiend. Maak seker jy bly geduldig en verslap die pas. TWEELING, 22 Mei-21 Jun Wees oor die volgende twee weke versigtig oor die manier waarop jy inligting oordra, aangesien Mercurius voortgaan op sy terugtog. As jy vaag is, gaan jy verkeerd verstaan word. Kies ’n bondige en versigtige benadering. KREEF, 22 Jun.-23 Jul Oor die volgende twee weke word kommunikasie deur die agteruitbewegende Mercurius verwar. As jy egter kragtig en bondig bly, kan jy die boodskap hard en duidelik tuisbring. LEEU, 24 Jul.-23 Aug Probeer jou bes om die volgende twee weke buigsaam te bly. Ander mense gaan nie op rasionele en voorspelbare maniere optree nie. Probeer die kommunikasiekanale oophou. MAAGD, 24 Aug.-23 Sept Vermy dit, as jy kan, om oor die volgende twee weke belangrike kontrakte te onderteken, aangesien Mercurius in trurat deur jou gesamentlike finansiële sone en geld van ander mense beweeg. Wees geduldig. WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt Jy kan geselskap-oorlading te wagte wees wanneer Mercurius agteruit deur jou verhoudingsone beweeg. Maak seker jy kies jou woorde versigtig, anders gaan jy net geliefdes en kollegas ontstel. SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov Met Mercurius wat steeds agteruitbeweeg, moet jy nie voor 3 Mei kontrakte onderteken of duur goed koop nie. Gee ook so gou moontlik aandag aan enige gesondheidsprobleme. BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des ’n Verhouding met ’n vriend of kennis is op die punt om deur ’n rowwe tydjie te gaan, terwyl Mercurius kommunikasie verwar en sensitiwiteit verhoog. ’n Tikkie diplomasie sal jou anderkant uitkry. STEENBOK, 22 Des.-20 Jan Berei jou voor op ’n paar moeilike huishoudelike dramas en frustrerende gesinsfiasko’s, terwyl Mercurius agteruit deur jou tuistesone beweeg. Moenie aanvegbare onderwerpe ophaal voor die tyd nie meer gepas is nie. WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb Met Mercurius wat agteruit deur jou sosialenetwerksone beweeg, moet jy alle boodskappe, twiets en e-posse dubbel nagaan voor jy dit stuur. Dit gaan maklik wees om die verkeerde boodskap na die verkeerde mens te stuur. VISSE, 20 Feb.-20 Mrt Mercurius beweeg agteruit deur jou geldsone; probeer dus meer ingelig wees oor jou finansiële situasie. As jy nie al die feite en syfers verstaan nie, kry iemand wat wel kan. Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-vrydag-21-april-2017/
Huisgenoot Mobi
Kristian Prinsloo (11) wat deur ’n leeu aangeval is, is steeds in ’n kritieke toestand. “Ons was gisteraand weer by Kristian,” het sy oom, Nico Strydom, vanoggend op Facebook geskryf. “Sy toestand is steeds baie kritiek en hy is nog in ’n koma en die breinswelling is nog baie erg, wat ander komplikasies veroorsaak.” Volgens hom is sy bloeddruk en temperatuur stabiel, maar dokters spook om hom teen infeksie te beskerm. “Ons kan net in nederigheid vra dat almal aanhou bid en dat ons geduldig sal wees en God sal loof en prys vir sy genade, liefde, krag en seëninge en dat ons Hom sal volg in gehoorsaamheid.” Kristian en sy ouma, Marie, was op ’n familievriend se plaas in Ellisras toe die leeu Kristian aan die nek gryp. Hy is steeds in ’n koma in die waakeenheid van die Muelmed-hospitaal in Pretoria. “Ons steun tans die familie sover as wat menslik moontlik is. “Kristian is kritiek. En ons wag vir die volgende wonderwerk,” sê Nico.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/so-gaan-dit-met-11-jarige-seun-na-leeu-hom-aangeval-het/
Kry al vanaand se Kom Ons Braai-resepte hier
Vernon en Anelle gebruik ‘n spesiale marinaderesep. Johan en Danielle toets hul gaste se kennis met ‘n kompetisie. Pete en Cheryl se gaste neem deel aan musiekvermaak. Anelle en Vernon Nev se magiese marinade Bestanddele 1 koppie olyfolie 2 eetlepels Worcestersous 4 eetlepels dik sojasous 2 teelepels knoffel 1 teelepel brandrissievlokkies 1 takkie roosmaryn 1 eetlepel heuning Vir die braai 2 kg kruisskyf, heel Metode Meng al die bestanddele vir die marinade. Was die vleis en droog dit met kombuispapier af. Bedek die vleis met die marinade en laat oornag in die yskas marineer. Draai dit ’n paar keer om. Baba-aartappels in knoffelbotter Bestanddele 500 g baba-aartappels 150 g botter 2 eetlepels fyngedrukte knoffel vars koljanderblare, na smaak Metode Was die aartappels en kook in water tot sag. Dreineer. Smelt die botter in ’n kastrol wat groot genoeg is vir al die aartappels. Voeg die knoffel by en roer deur. Maak seker die knoffel brand nie aan nie, want dit laat ’n bitter smaak na. Giet die gaar, ongeskilde aartappels by die knoffelbotter en meng deur. Sit voor saam met fyngekapte koljanderblare. Appeltert Bestanddele Kors 70 g suiker 140 g koekmeel 120 g plaasbotter Vulsel 4 Granny Smith-appels, geskil en in happiegrootte blokkies gesny. 3 pere, geskil en in happiegrootte blokkies gesny. 3 eetlepels bourbon (Amerikaanse whisky) 2 teelepels fyn kaneel 1 teelepel vanieljegeursel 4 eetlepels donker bruinsuiker Metode Kors Meng die korsbestanddele tot dit fyn krummels maak. Hou dit koel tot jy dit gebruik. Vulsel Smeer ’n platboompot of oondbak met botter. Meng al die bestanddele. Plaas in ’n platboompot en laat eenkant staan. Roer die vrugtemengsel een keer voor jy die kors bo-oor strooi. Bak 15 min. oor lae hitte op die vuur. Sit ’n paar kole op die deksel van die platboompot. Wees versigtig wanneer jy die deksel oplig sodat as nie bo-op jou nagereg val nie. Indien jy dit in die oond gaarmaak, bak 15 min. teen 180 °C of tot goudbruin bo-op. Cheryl en Pete Doopsous met knoffel, brandrissie en suurlemoen vir verouderde kruisskyf Bestanddele 2 brandrissies 2 knoffelhuisies 3 suurlemoene 2 teelepels olyfolie sout en vars gemaalde peper, na smaak ’n knippie witsuiker Metode Sny die brandrissies en knoffelhuisies fyn. Plaas die fyngekapte brandrissies en knoffel in ’n fles of bottel en voeg die sap van drie suurlemoene by. Voeg die olyfolie, sout en peper en ’n knippie witsuiker by. Maak die fles of bottel toe, skud dit goed om die sous te meng en hou in die yskas tot jy dit saam met jou braaivleis wil gebruik. Gekneusde baba-aartappels met salsa verde en dennepitte Bestanddele 1 pak baba-aartappels 1 bossie Italiaanse platblaar-pietersielie 2 knoffelhuisies 2 teelepels olyfolie sout en vars gemaalde peper na smaak gerasperde parmesaankaas 2 teelepels botter hand vol dennepitte Metode Kook die baba-aartappels in water tot sag. Om die salsa verde te maak, sny die pietersielie en knoffelhuisies fyn, plaas in ’n bak en voeg die olyfolie, sout, peper en parmesaankaas by. Meng alles goed. Haal die baba-aartappels uit die kookwater en geur met ’n knippie sout en die botter. Kneus die baba-aartappels tot die vel breek. Voeg die salsa verde by die baba-aartappels, meng goed deur en voeg ’n hand vol dennepitte by. Slaai met botterskorsie, soetpatat, roket en fetakaas Bestanddele 1 botterskorsie 1 soetpatat 2 rooi-uie 2 knoffelhuisies 2 brandrissies sout en vars gemaalde peper na smaak ’n bietjie olyfolie 1 pakkie roket 2 wiele fetakaas 2 teelepels olyfolie 2 teelepels balsemieke asyn Metode Sny die botterskorsie en soetpatat in happiegrootte blokkies. Sny die rooi-uie fyn. Plaas die botterskorsie, soetpatat en uie in ’n oondvaste bak. Indien jy verkies, voeg die ongeskilde knoffelhuisies en fyngekapte brandrissies by. Geur met die sout en peper na smaak en voeg ’n bietjie olyfolie by. Bak in die oond teen 180 ºC of oor die kole vir 60 tot 90 min. of tot die groente sag en bruin is. Bedek die bak met tinfoelie vir die eerste 30 min. om die kookproses aan te hits. Laat die groente afkoel. Voeg die gebakte groente, roket en fetakaas saam in ’n slaaibak. Besprinkel die slaai met olyfolie en balsemieke asyn voor jy dit voorsit. Kaneel-souskluitjies in karamelsous Bestanddele 8 eetlepels botter winkeldeeg 2 eetlepels fyn kaneel 1-2 koppies bruinsuiker 500 ml vars room Metode Smeer die binnekant van ’n ysterpot met twee eetlepels botter. Verdeel die winkeldeeg en rol klein deegballetjies uit. Pak die deegballetjies teen mekaar in die pot. Moenie te veel lae in die pot pak nie. Plaas ses groot eetlepels botter bo-op die deegballetjies, sprinkel die fyn kaneel oor en voeg die bruinsuiker en room by. Plaas ’n deksel op die pot en bak 1 uur in die oond teen 180 ºC of oor die kole. Sit voor saam met room. Danielle en Johan Biltongpotbrood Bestanddele Deeg 240 g koekmeel (500 ml) 20 ml bakpoeier 2 ml sout 5 ml mosterdpoeier 100 g botter 100 ml melk 1 eier, geklits Vulsel 120 g gemaalde biltong (250 ml) 30 ml fyngekapte pietersielie vars gemaalde peper, na smaak mayonnaise, vir klammigheid 15 ml suurlemoensap gemengde eier en water Metode Deeg: Sif die droë bestanddele saam. Sny die botter met ’n mes by die meelmengsel in en vryf met jou vingers tot die mengsel soos droë broodkrummels lyk. Klits die melk en eier saam. Maak ’n klein put in die middel van die meelmengsel en voeg die vloeistof geleidelik by. Meng tot dit ’n sagte deeg word. Besprinkel ’n broodplank met meel, plaas die deeg op die plank en knie goed. Rol uit tot die deeg ’n 10 mm-dik vierkant is. Vulsel: Meng al die bestanddele en versprei oor die deeg, maar hou 25 mm langs die kante oop. Rol die deeg soos ’n Switserse rol op en seël die rande met gemengde eier en water. Draai die deegrol in bakpapier toe en laat omtrent 30 min. in die yskas verkoel. Smeer ’n ysterpot met botter. Sny die deeg versigtig in 25 mm-snye en rangskik die snye in ’n sirkel in die ysterpot. Hou die rande van die pot oop sodat die deeg kan rys. Smeer die binnekant van die pot se deksel met botter of olie en bedek die pot. Plaas die pot op ’n klein vuur en plaas ’n paar kole op die deksel. Bak 20 tot 30 min. of tot die brood goudbruin en gaar is. Haal die potbrood uit en laat dit afkoel. Sit voor saam met vars groente en slaaiblare. Bloukaas-peer-en-pekanneut-slaai Bestanddele 1 pakkie slaaiblare van jou keuse 1 blikkie pere 1 blok bloukaas, in klein stukkies gesny olyfolie Metode Meng al die bestanddele in ’n slaaibak en sit voor. Rooiwyn-marinade Bestanddele 1 koppie droë rooiwyn ⅓ koppie sojasous 2 eetlepels suurlemoensap 2 eetlepels Worcestersous 2 eetlepels Dijonmosterd 2 eetlepels heuning 1 teelepel fyngemaakte knoffel ½ teelepel fyn komyn ½ teelepel fyn koljander ½ teelepel uiepoeier ½ teelepel swartpeper ½ koppie kanola-olie Metode Klits al die bestanddele saam tot die mengsel egalig is. Bedek wildsvleis met die marinade en laat ongeveer agt uur in die yskas verkoel. Volmaakte pannekoeke Bestanddele 100 g meel ’n knippie sout 2 eiers 300 ml laevetmelk 1 eetlepel sonneblomolie Metode Plaas die meel en ’n knippie sout in ’n mengbak en maak ’n put in die middel van die meel. Breek die eiers in die middel van die put en voeg die melk en olie by. Begin in die middel klits en meng stuk vir stuk meer meel by die melk, eiers en olie. Sodra die meel goed deurgemeng is, klits tot die mengsel egalig is. Voeg meer melk by indien die mengsel te dik is. Verhit die pan en smeer die oppervlak met ’n geoliede kombuispapier. Skep die mengsel in die pan en bedek die oppervlak met die mengsel tot dit ’n dun lagie is. Braai 30 sek. aan albei kante van die pannekoek. Sodra dit gereed is, haal uit die pan en plaas op ’n bord. Hou so aan tot die mengsel klaar is.
http://www.huisgenoot.com/kom-ons-braai-via/kry-al-vanaand-se-kom-ons-braai-resepte-hier-11/
Huisgenoot Mobi
Ingeval jy nie geweet het nie: Vandag is internasionale “nieamptelike” amptelike daggadag. 20 April, of 4/20, staan as “daggadag” bekend, want die datum stem met die numeriese kode vir dagga ooreen, berig CNN. Dit idee is dat daggageesdriftiges vanmiddag om twintig oor vier ’n dampie maak om die geleentheid te vier. Wil jy die geleentheid met ’n zol vier? Dit is wat jy moet weet oor waar Suid-Afrika met die wettiging van dagga staan: Die Wes-Kaapse hooggeregshof het onlangs uitspraak gelewer dat die reg tot privaatheid wat in artikel 14 (a) van die Grondwet vasgelê is vir die gebruik, besit en kweek van dagga in ’n mens se huis voorsiening maak. Met ander woorde, hulle het uitspraak gelewer ten gunste daarvan om dit vir Suid-Afrikaners wettig te maak om dagga in die privaatheid van hul huis te besit, kweek of gebruik. Maar daar is ’n vangplek – die uitspraak moet nog deur die konstitusionele hof bevestig word. Dus is dagga op die oomblik steeds onwettig. Maar wettig ofte nie, mense wêreldwyd spreek hul waardering in die sosiale media uit. Happy 420 everyone! Have a smoking good day! 😉 pic.twitter.com/pPFhzf3QuC — Alen Alic (@AlenAlic_) April 20, 2017 Happy 4/20!
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/dis-nieamptelik-daggadag-maar-lees-hier-voor-jy-n-dampie-maak/
Jou sterre vir Woensdag, 19 April 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel. Met Joanne Moore. JOU DAG Die sterre bevorder kreatiwiteit op praktiese maniere. AS JY VANDAG VERJAAR Jy is baie betroubaar, maar kan ’n beheervraat wees. Vanjaar moet jy bydraes lewer tot opwindende projekte in jou gemeenskap. RAM 21 Mrt.-20 Apr. Ruim vervelige, praktiese take vroegdag uit die weg, want jy gaan deur die loop van die dag ál rusteloser voel. Stort al jou vurige energie in ’n interessante projek uit. BUL 21 Apr.-21 Mei Moenie dat die vrees weens ’n gebrek aan hulpbronne jou keer om iets te doen wat jy werklik graag wil doen nie. ’n Gedissiplineerde benadering sal die finansiële kant van sake verbeter, maar dit gaan hope geduld verg. TWEELING 22 Mei-21 Jun. Het jy dinge uitgestel? Hoop die rekenings op en loop jou inmandjie oor? Mercurius is steeds in trurat; dis dus tyd om op die hoogte van sake te kom wat kommunikasie en finansiële papierwerk betref. KREEF 22 Jun.-23 Jul. ’n Spanpoging of groepsprojek lyk tans netelig. Mercurius, wat agteruitbeweeg, krap kommunikasie deurmekaar. Maak seker jy gaan alle besonderhede twee keer na. LEEU 24 Jul.-23 Aug. Die huidige planetêre patrone maak jou selfs nog hardkoppiger. Slim Katte sal wel vandag ’n meer ontspanne en vryvloeiende benadering beproef terwyl julle oplet na die nuanses van ’n moeilike situasie. MAAGD 24 Aug.-23 Sept. Veelsydige Maagde hou daarvan om onmiddellik stappe te doen om probleme op te los. Vandag moet jy eers oorleg pleeg voor jy aan die werk spring; die situasie is baie ingewikkelder as wat jy dink. WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt. Moenie sommer aanneem mense sal jou vandag inderhaas met persoonlike probleme help nie. Dis tyd om onafhankliker te wees; die planete oefen druk op jou uit om op jou eie twee voete te staan. SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov. Dis een tree vorentoe en twee treë terug wat ’n intieme verhouding of ’n spanpoging betref. Bied die situasie met geduld, volhouding en hope humor die hoof. BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des. Jy kan vandag berge versit en ongedane sake klaarkry as jy georganiseerd en doelgerig is. Anders gaan jy net met dagdromery tyd mors. STEENBOK 22 Des.-20 Jan. Koester jouself met liggaamlike vertroeteling of deur gehaltetyd saam met iemand spesiaals deur te bring – jy. Alleenwees is tans kos vir jou siel. WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. Jou beperkte geduld gaan vandag beproef word. Moenie die eerste ding sê wat jy dink nie; dit gaan niks help nie. Dink voor jy praat. VISSE 20 Feb.-20 Mrt. Neptunus en Venus besoek jou teken; dus gaan ’n bietjie sjarme jou ver bring. Jy spits jou daarop toe om pret te hê, maar maak seker jy doen jou deel van die sleurwerk in die huis. Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-woensdag-19-april-2017/
Sexy Sons of Anarchy-ster praat oor sy ‘verskriklike, pynvolle’ jare
Charlie Hunnam is jammer hy is getroud toe hy 18 was, want die spontane troue het tot “drie verskriklike, pynlike, duur jare” gelei. Die 37-jarige akteur is in 1999 in Las Vegas met Katharine Towne, bekend vir haar rol in onder meer Mulholland Drive , getroud nadat hy haar net drie weke tevore by ’n oudisie vir die Amerikaanse televisieprogram Dawson’s Creek ontmoet het. Ná drie jaar is hulle in 2002 geskei. #CharlieHunnam and former wife #KatharineTowne (m. 1999-2002) A post shared by @charliehunnamislove on Sep 18, 2013 at 7:50pm PDT Hoewel Charlie die afgelope 12 jaar in ’n gelukkige verhouding is met Morgana McNelis, het sy eerste huwelikspoging ’n blywende uitwerking op hom gehad. “Ek is getroud toe ek vir die heel eerste keer in Las Vegas was, en dit het nie so goed uitgewerk nie. Ek het die meisie drie weke geken en ons was dolverlief op mekaar,” het hy aan die Associated Press vertel. “Die huwelik het drie verskriklike, pynlike, duur jare geduur. Maar op die ou end het ek die katte gekry; dit was goed. Dit was ’n klein oorwinning.” Charlie erken hy was nie volwasse genoeg vir ’n huwelik toe hy vir die eerste keer die kerkpaadjie afgestap het nie. Hy en Katherine was egter so dolverlief dat hulle probeer het om hul besluit om af te haak, te regverdig. “Ek was vir die eerste (keer) in my lewe verlief en het gedink ek moet weggaan, terug Engeland toe,” het hy verduidelik. “Ons was verlief en het Vegas toe gekom, want die gedagte het in ons 18-jarige koppe opgekom: ‘Wat as ons mekaar nooit weer sien nie? Kom ons trou, want dan sal ons mekaar weer moet sien, al is dit net om te skei’.” Charlie en Morgana, wat juweliersware ontwerp, gaan al sedert 2005 uit. Charlie het sy regmatige deel van vroulike bewonderaars en dit lei soms daartoe dat Morgana boodskappe van trolle in die sosiale media kry. In ’n poging om die aanvalle op sy geliefde oor die jare stop te sit, het Charlie verlede jaar ’n omvattende boodskap op sy Facebook-bewonderaarsblad geplaas. Wearing Tosca jacket & Lynda skirt designed by the magical @joannahadfield. Make-up & hair @ricardoferrise1. Photography @andrewmacphersonofficial #FW16 #designer #atelier #joannahadfieldatelier A post shared by Morgana McNelis (@morgana.mcnelis) on Aug 3, 2016 at 11:40pm PDT “Ek is baie lief vir hierdie vrou saam met wie ek die afgelope 11 jaar deurgebring het en ek hoop om die komende 60 jaar ook saam met haar deur te bring. Sy was lank voor ek enige sukses of geld gehad het, my lojale en ondersteunende maat. Hoekom sou julle haar nou wou aanval uit bewondering vir my? Dit maak nie sin nie.”
http://www.huisgenoot.com/bekendes/sexy-sons-of-anarchy-ster-praat-oor-sy-verskriklike-pynvolle-jare/
2013-09-19 02:50:31
KYK VIDEO: Lady Gaga vertel prins William van die ‘beste ding’ wat met haar gebeur het
Lady Gaga en prins William van Brittanje het hul kragte saamgesnoer om mense wat aan geestesongesteldheid ly, aan te moedig om oor hul probleme te praat. Die sangeres van Born This Way is verfilm terwyl sy ’n gesprek gevoer het met die hertog van Cambridge. Sy het gepraat oor haar stryd teen geestesprobleme, wat posttraumatiese stressteuring insluit, en hoe belangrik dit is om daaroor te praat. “Dit het my aanvanklik erg senuagtig gemaak,” het sy uit die kombuis van haar huis in Los Angeles gesê. “Geestesongesteldheid word as ’n skande beskou – dit voel asof iets met jou skort. Ek voel soms: ‘O, genade, kyk na al hierdie pragtige, wonderlike goed wat ek besit’ en ek weet ek behoort gelukkig te wees, maar ’n mens kan dit nie help as jy soggens moeg, hartseer en angstig wakker skrik nie.” Prins William het voorgestel ander lyers moet net so eerlik en openhartig wees soos die sangeres. Hy het gesê dit sal help om die stigma te laat verdwyn. Boonop kan dit ’n groot verskil maak in iemand se lewe as hulle daaroor praat. Hy het gesê talle mense ly meer omdat hulle stilbly. Lady Gaga het saamgestem en gesê: “Hoewel dit moeilik was, was die beste ding wat uit my geestesongesteldheid gespruit het, die feit dat ek dit met ander mense kon deel. Dis goed dat ons geslag, en ander geslagte, kan weet jy is nie alleen wanneer jy geestelik nie goed voel nie. Ons moet die sterkste en genadeloosste poging moontlik aanwend om kwessies rakende geestesongesteldheid te normaliseer sodat mense kan voel hulle kan na vore kom.” Lees ook: Lady Gaga se ope brief oor haar stryd teen geestesprobleme Prins William het haar aan die einde van die gesprek gevra om sy koninklike tuiste, die Kensington-paleis, later vanjaar tydens haar toer in Londen te besoek. Hy het haar ook bedank vir haar steun aan die Heads Together-veldtog, waarvan sy broer, Harry, en sy vrou, Catherine, die hertogin van Cambridge, ook kampvegters is. Terwyl sy hul video gedeel het, het Lady Gaga getwiet: “Dankie, prins William en @heads_together dat julle my genooi het om aan hierdie belangrike gesprek rondom die bewusmaking van geestesgesondheid deel te neem #oktosay.” Thanks to Prince William & @heads_together for inviting me to join this important conversation around mental health awareness #oktosay pic.twitter.com/w4RYmw7Llj — xoxo, Gaga (@ladygaga) April 18, 2017 Hul video verskyn enkele dae nadat prins Harry gebieg het hy het sy emosies afgesluit en geweier om aan die dood van sy ma, prinses Diana, in 1997 te dink. Hy was toe 12 jaar oud. © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/kyk-video-lady-gaga-vertel-prins-william-van-die-beste-ding-wat-met-haar-gebeur-het/
Joost van der Westhuizen se broer Pieter en sy vrou uitmekaar
Minder as drie maande nadat sy geliefde broer die oud-Bokheld Joost van der Westhuizen (45) sy stryd teen motorneuronsiekte (MNS) verloor het, het Joost se ouer broer, Pieter (47), en sy aktrise-vrou, Marijke (34), oftewel Maryke de Villiers van Getroud Met Rugby-faam, Vrydag bevestig hulle is nie meer saam nie. Huisgenoot het nadat Pieter sy Facebook-status na “vervreem” (separated) verander het, betroubaar verneem Marijke het reeds in Desember besluit sy wil nie meer met Pieter getroud wees nie. Die egpaar was sewe jaar getroud. Pieter het drie kinders uit ’n vorige huwelik. Hy en Marijke het ook ’n sesjarige seuntjie saam. Geeneen van die twee wou kommentaar lewer oor die moontlike invloed wat Pieter se toewyding en lang ure van versorging van sy broer op die verbrokkeling van die huwelik kon gehad het nie. Sedert MNS in 2011 by Joost gediagnoseer is, het Pieter sy broer elke dag van sy lewe tot en met sy dood op 6 Februarie 2017 ondersteun. Hy het Joost, wat eindelik aan ’n rolstoel gekluister was, heeltyds versorg, maar Joost het later versorgers betaal omdat hy gevoel het dit is nie regverdig teenoor sy familie nie. Maar niks was vir Pieter belangriker as om sy broer gemaklik te hou en langs sy sterfbed te wees wanneer hy sy laaste asem uitblaas nie. En hy wás. Pieter wou by navraag van Huisgenoot nie oor sy huweliksprobleme uitwei nie. Hy het net bevestig hy en Marijke is inderdaad van bed en tafel geskei. “Dit is maar ’n baie moeilike tyd,” is al wat hy wou sê. Hy het vertel hulle rou steeds oor Joost. Marijke wou ook by navraag nie veel oor hul hartseer sê nie. “Ons werk deur ’n paar issues,” het sy gesê. Sy het net soos Pieter gesê dit is vir hulle as gesin en familie steeds ’n baie moeilike tyd. “In hierdie stadium vat ons dit dag vir dag. Ons spreek niks vooruit nie. Ons kyk maar wat die toekoms inhou. Ons werk deur ’n ding. Ons bly maar net op ons knieë.” Sy het gesê daar word geen vinger na enigiemand gewys nie. Marijke, wat Joost 13 jaar geken het, het vroeër in ’n onderhoud aan Huisgenoot vertel Joost was vir haar meer soos ’n broer as ’n swaer. Sy het onthou sy was “die blondie wat hy altyd uitgehaal het”, soos die keer toe hy by die Dros naby Loftus Tabasco aan haar glas gesmeer het. Sy het vertel wat sy altyd sal koester, is dat sy altyd Joost se voete vir hom kon masseer. “En ek het dié voorreg gehad tot aan die einde. In daardie opsig wou ek hom dien tot op sy laaste dag die Maandag, toe ek vir hom gebid het vir kalmte,” het sy die naweek ná Joost se dood nog langs haar man vertel. Marijke het Vrydag vertel die hele familie sukkel steeds om Joost se afsterwe te verwerk. “Dit is vir ons almal nog maar ’n groot aanpassing sonder Joost. Ons almal rou nog en dan moet ’n mens se persoonlike lewe ook nog aangaan.” Marijke is benewens haar werk as aktrise ook ’n professionele danser met haar eie dansskool, Dance Mouse, in Pretoria. Pieter is steeds direkteur van Joost se J9-stigting, wat hom vir MNS-lyers beywer.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/joost-van-der-westhuizen-se-broer-pieter-en-sy-vrou-uitmekaar/
Evangeliese Christen-porno-ster verklaar: ‘God is koel daarmee’
“Ek het steeds ’n gewone lewe buite en wanneer ek die kans kry, gaan ek kerk toe met ’n Bybel in my hand.” Die Brasiliaanse porno-ster Kamilla Werneck het internetgebruikers wêreldwyd geskok toe sy verklaar sy is ’n evangeliese Christen en God gee nie om oor die werk wat sy doen nie. In ’n onderhoud met Pornolandia, ’n gewilde aanlyn tydskrifprogram met ’n X-gradering, het die aanbieder, Nicole Puzzi, gevra hoe Kamilla haar werk ervaar, want mense glo porno-aktrises kan nie evangelies of godsdienstig wees nie. Kamilla antwoord: “Mense is baie veroordelend. Hulle probeer jou laat ooreenkom met die manier hoe húlle dink ’n evangelis moet wees omdat die samelewing so sê. Maar ek stem nie daarmee saam nie. “Ek dink God sien in ons hart in. Hy beoordeel die goeie en slegte goed wat jy doen en ek doen goed vir baie mense. Ek is ’n goeie mens in my hart en dit is wat saak maak.” Kamilla voeg by sy het in ’n streng Christenhuis grootgeword en dit is waar sy haar godsdienswortels gekry het. Die program sluit af met ’n ontkleedans deur Kamilla met verskeie wapens soos ’n vuurwapen en ’n mes insluit. Die 25-jarige sê sy het haar man ná ’n huwelik van drie jaar vir ’n vrou gelos. Haar familie stem nie daarmee saam nie en is baie kwaad vir haar, want hulle is Christene en nie voorstanders van homoseksualiteit nie. Hulle het ook nie van haar huidige werk geweet nie. Sy sê sy is om familieredes op 15 uit die huis uit, maar wil nie uitwei nie. Nos bastidores das brasileirinhas preparando para o chat Grande bjx da kamilla Werneck A post shared by Kamilla Werneck (@kamilla_werneck) on Oct 8, 2014 at 1:44pm PDT Die porno-ster praat oor hoe sy in die volwassevermaakbedryf beland het. “As kind wou ek eendag ’n ballerina word. Maar ek het as tiener uitgevind ek hou van seks, veral wanneer mense toekyk. Een Oujaarsaand het ek in ’n tent gevry met ’n ou wat ek pas ontmoet het en die mense buite kon sien wat binne aangaan vanweë die skadu’s wat van ’n lig agter die tent gegooi is. Dit het my baie opgewonde gemaak en geprikkel om te weet hulle kyk wat ons doen.” Boa noite!!! Grande bjx da kamilla Werneck A post shared by Kamilla Werneck (@kamilla_werneck) on Oct 8, 2014 at 6:29pm PDT Sy het vir die onderhoudvoerder gesê sy het dit nooit oorweeg om ’n rolprent met ’n X-gradering te maak nie – tot een van haar vriendinne haar genooi het om ’n gewaagde seksvertoning saam met haar uit te voer. Eu na Bahia. .. estou localizada em pituba no flat … estou no site elite girls… Grande bjx da kamilla Werneck A post shared by Kamilla Werneck (@kamilla_werneck) on Nov 13, 2014 at 8:04am PST “Drie maande later is ek genooi om in ’n rolprent met ’n X-gradering op te tree. Ek was nuuskierig oor wat dit behels. Toe besluit ek om die aanbod te aanvaar. Ek hou van my werk en ek wil hê mense moet waardeer en respekteer wat ek doen. “Dit is ’n werk waarmee ek goeie geld verdien en ek is suksesvol,” sluit sy af.
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/evangeliese-christen-porno-ster-verklaar-god-is-koel-daarmee/
2014-10-08 20:44:21
Dink jy dié meisie is te skraps geklee? Haar gim dink so!
Miljoene vroue dra dit elke dag om te oefen, maar duidelik was ’n kort top te gewaagd vir die gim by die College of Charleston in Amerika. Sarah Villafañe beweer sy is gevra om die sportgerief te verlaat, want haar kort top, wat sy by ’n swart spanbroek gedra het, bied nie “volledige bedekking” nie. In ’n plasing op Facebook sń sy sy het die uitrusting vorige kere aangehad, maar dié dag het een van die personeellede gesê sy moet ’n hemp aantrek sodat sy “ten volle bedek” is. Sy het in elk geval by die deur ingegaan, maar die bestuurder het haar uitgedwing en toe aangevoer dis weens “higiëniese bekommernisse”. Sarah het op Facebook geskryf: “Ek het die uitrusting gekoop om in te oefen, want dis gemaklik. Wat is die probleem? Hoekom kan ek nie in hierdie uitrusting oefen nie? “Trek my naeltjie die aandag af van die algemeen 85 persent manlike demografie wat jou gim bedien? Ek is gedwing om te loop. Hoekom? Ek is regtig stomverbaas dat ek pas hieroor uitgeskop is. Vaar beter, College of Charleston.” Volgens Sarah het die gim op die oog af geen vasgestelde klerereëls nie buiten dat “atletiekdrag” gedra moet word. Bronne: Mirror, Teen Vogue
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/dink-jy-die-meisie-is-te-skraps-geklee-haar-gim-dink-so/
Hoor nou net wat sê hierdie studie oor hospitaalklere
Om aktief te bly en gewone klere te dra, kan die herstelproses help versnel as jy in hospitaal is, volgens kenners. Tyd in die bed met hospitaalklere – daardie onvleiende jurke en sakkerige slaapklere – laat pasiënte glo oes voel, ongeag hoe gering hul gesondheidsprobleem is. Volgens die Britse nasionale gesondheidsdiens (NHS) kan mense vinniger van hierdie gevoel van hulpeloosheid ontslae raak as hulle hul eie klere dra sodra hulle voel hulle kan behoorlik rondbeweeg. ’n Wandeling in die saal kan ook ’n groot verskil maak. Pasiënte se selfvertroue kry ’n hupstoot as hulle ’n gereelde roetine het van rondbeweeg, selfs terwyl hulle nog in die hospitaal is, en hulle sal meer gereed wees om terug te keer huis toe as die alternatief waar hulle net in die bed sit tot hul ontslaandatum. Boonop kan bedlêendheid druksere en beweeglikheidsprobleme veroorsaak – alles dinge wat die herstelpad kan verleng – en hoe langer jy bly, hoe minder broodnodige spasie is daar vir nuwe pasiënte. Dokters sê 10 dae se bedrus in die hospitaal vir bejaarde pasiënte kan opbou tot ’n skokkende 10 jaar se spierveroudering, en dit kan eenvoudige take – soos om die toilet sonder hulp te gebruik en kort afstande te stap – moeiliker maak. Verpleegsters in Nottingham, Engeland, het met die idee – gedoop “endPJparalysis” in die sosiale media – vorendag gekom om jou eie klere in die hospitaal aan te trek. En dit dra die grootbase se goedkeuring weg. “PJ Paralysis is ’n baie eenvoudige idee, wat groot voordele vir pasiënte inhou,” het Anne-Marie Riley, adjunk-hoofverpleegster by die Nottingham-universiteithospitaal se NHS-trust gesê. “Ons weet as pasiënte vir langer as wat nodig is in hul slaapklere of jurke bly, is daar ’n hoër risiko vir infeksie, om hul beweeglikheid te verloor en dat hulle langer in die hospitaal bly. “Maar as ons pasiënte kan help om so gou moontlik weer in hul normale roetine te kom, wat insluit om klere aan te trek, kan ons ’n vinniger herstel ondersteun, hulle hul onafhanklikheid help handhaaf en help om hulle gouer tuis te kry.” ’n Gebrek aan bedspasie het in Januarie vanjaar veroorsaak dat sowat 300 000 pasiënte landwyd in Engeland vir behandeling moes wag. Volgens huidige syfers kan 7 000 NHS-pasiënte nie die hospitaal verlaat nie omdat hulle nie tuis die nodige versorging en bystand kan kry nie, selfs al is hulle gesond genoeg om ontslaan te word. © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/hoor-nou-net-wat-se-hierdie-studie-oor-hospitaalklere/
Twee gewond toe skote klap in gesogte Kaapse klub
Die voorval het glo ongeveer 01:35 Maandagoggend by ’n gesogte klub in Kampsbaai, Kaapstad, plaasgevind. News24 berig dat twee van die besoekers aan die klub op die dansvloer geskiet is – een persoon is in die arm en ’n tweede persoon in die maag geskiet. Shooting incident at a nightclub in Camps Bay. 2 pts with serious injuries transported. Thx to all. @WCHEMS @CSOCape @ER24EMS @Netcare911_sa — Lima Charlie 1 (@LimaCharlie1) April 17, 2017 Alhoewel die motief vir die skietvoorval nie duidelik is nie, het ’n bron aan News24 gesê dat iemand eers probeer het om ’n motor buite die klub met ’n petrolbom te bestook waarna die skote geklap het. Dit wil voorkom asof die voorval moontlik verband hou met die verandering in groepe wat besighede se sekuriteit hanteer. Daar is na bewering groot beroeringe in die Kaapse onderwêreld en die stryd om beheer oor die sekuriteit van klubs en ander vermaaklikheidsplekke is aan die toeneem. Luidens berigte was daar Saterdagaand reeds ’n aansienlike toename aan uitsmyters by sekere plekke in die middestad. ’n Nuwe groep het sowat drie weke gelede die beheer oor klubsekuriteit van ’n reeds-bestaande groep oorgeneem. Dit het reeds tot verskeie onderonsies tussen die groepe gelei. Maandagoggend se skietvoorval volg nadat ’n klankgreep van ’n gesprek tussen twee lede van die nuwe groep wat sekuriteit hanteer, die lig gesien het. In die klankgreep kan gehoor word hoe daar op ’n bepaalde plek en tyd ooreengekom word. Die gesprek word glo afgesluit deur een van die betrokkenes wat sê dat dit die moordkomplot sou wees. Dit is egter onseker wie die teiken was. Die nuwe groep wat die sekuriteitsbedryf “gekaap” het, is onder aanvoering van die sakeman, Nafiz Modack. Hy het na bewering talle Oos-Europese manne vanuit Rusland betrek om sy greep op die bedryf te verstewig. Nafiz is glo reeds vantevore gekoppel aan ’n slenter met luukse motors. Hy werk na bewering saam met die broer van ’n beweerde bendeleier en besigheidsman van Pakistan. Daar word bewerings gemaak van georganiseerde misdaad en dat die Nafiz-groep se ook deur die persoon befonds word. Bron: news24.com
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/twee-gewond-toe-skote-klap-in-gesogte-kaapse-klub/
Jou sterre vir Maandag, 17 April 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel. Met Joanne Moore. JOU DAG Vandag se positiewe sterre bevorder kreatiwiteit en produktiwiteit. AS JY VANDAG VERJAAR Jy kan baie ernstig en hardkoppig wees; vanjaar moet jy meer avontuurlik probeer wees. En moenie vergeet om die lewe te geniet nie. RAM 21 Mrt.-20 Apr. Jy het ’n hele paar goeie idees, maar onthou: Jy het ander se samewerking nodig om dit te laat vorm kry. Lê geduld aan die dag; party projekte gaan teen ’n slakkepas vorder. BUL 21 Apr.-21 Mei Jy is vandag gretig om ander te help, want jy het groot simpatie en medelye met hulpbehoewendes. Kunstige Bulle sal ook ’n stortvloed kreatiewe idees hê wat hulle tot uitvoering kan bring. TWEELING 22 Mei-21 Jun. Vandag val die klem op die belangrike mense in jou lewe; nie op jou nie. Dit is dus tyd om ekstra liefdevol, vrygewig en hulpvaardig te wees teenoor jou dierbares. KREEF 22 Jun.-23 Jul. Hou op met uitstel! Jy gaan meer gedissiplineerd as gewoonlik voel wat jou werk en jou daaglikse roetine betref. Moenie die geleentheid verspeel om voort te stoom met ’n belangrike projek nie. LEEU 24 Jul.-23 Aug. Die son/Saturnus-trigoon belowe ’n positiewe en produktiewe dag terwyl jy saam met intieme vriende kuier en netwerke vorm met kennisse wat ver bly. Jy kan altyd iets nuuts byleer. MAAGD 24 Aug.-23 Sept. Is daar ’n voortslepende probleem in die gesin wat jou pla? Die son en Saturnus moedig jou aan om dit proaktief te verwerk – en met hope geduld en liefde. WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt. Venus beweeg vorentoe deur jou loopbaansone; gelukkige Weegskale sal baat vind by ’n salarisverhoging, ’n bonus of beter werkomstandighede. SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov. Venus en Mars werk pragtig saam; verhoudings met vroue behoort dus vandag besonder aangenaam te wees. Enkellopend? Vriende of familie kan jou aan jou sielsgenoot voorstel. BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des. Boogskutters kan baie verstrooid wees. Maar die standvastige Saturnus wat tans deur jou teken beweeg, sal jou vurige energie help stabiliseer. Dit kan ook jou rusteloosheid temper en jou beter help konsentreer. STEENBOK 22 Des.-20 Jan. Saturnus, jou heerserplaneet, gaan jou vandag help om welkome doelskoppe aan te teken. Jou dag sal uiters produktief verloop as jy georganiseerd is, hard werk, leer delegeer en met ander saamwerk. WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. Stadig oor die klippe! Jy is vandag gretig vir hope aksie en avontuur. Jou rustelose bui kan egter konsternasie veroorsaak; ’n uitgemergelde geliefde gaan dalk nie jou ongenaakbare pas waardeer nie. VISSE 20 Feb.-20 Mrt. Jy sal ’n bevredigende dag hê as jy hard werk en proaktief en kreatief is. Ná ’n paar tawwe weke sal betrekkings met ’n familielid of buurman beslis verbeter. Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-maandag-17-april-2017/
Donkies bestem vir seksmoetie kry nuwe tuiste
Bethlehem in die Vrystaat is vyf donkies se nuwe permanente heenkome nadat hulle van ’n wrede dood gered is. Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) het die nuus vandag bekendgemaak. Die donkies is aangeneem volgens die standaard-prosedures wat dierebeskermingsverenigings volg om seker te maak hulle word in ’n veilige omgewing geplaas. Dit was nie meer veilig op die plek in Sani op die grens tussen KwaZulu-Natal en Lesotho nie. Die NDBV was bang die donkies word daar gesteel en oor die grens geneem waar hulle nie meer gesag het nie. Altesaam 14 ander donkies sal ook na ’n nuwe tuiste geneem word sodra die papierwerk afgehandel is. In sekere Oosterse lande word ’n ekstrak van die weefsel onder donkies se vel gebruik as seksdoepa. Die karkasse van altesaam 35 ontvelde donkies is in Januarie in ’n kraal op ’n hoewe in die Twin Springs-gebied, 8 km van die grens tussen KwaZulu-Natal en Lesotho, gevind. ’n Man en vrou, Morena Kimanu Dlomo en Lati Makatso, is in hegtenis geneem. Hulle sal in die Sani-landdroshof teregstaan op klagte van wreedheid teenoor diere. Luidens ’n verklaring deur die NDBV lyk dit asof die diere wreedaardig geslag is. Daar was ’n gat agter in die skedel van die karkasse. Dit die diere is blykbaar met ’n stomp voorwerp soos ’n voorhamer geslaan en geslag terwyl hulle nog by hul bewussyn was. Hulle het heel moontlik ’n stadige en onbeskryflik pynlike dood gesterf. Ondersoeke word in die res van die gebied gedoen, maar dis baie moeilik omdat dit so bergagtig is. In Julie verlede jaar is 70 uitgehongerde donkies wat al aan kartondose en bome se bas begin vreet het, van kant gemaak nadat die Highveld Horse Care Unit in Bloemfontein ’n kleinhoewe geïnspekteer het. Die donkievelle word met sout behandel en na China uitgevoer as ejiao, wat na bewering Chinese medisyne is. Enigiemand met inligting kan die plaasdier-beskermingseenheid by [email protected] of 011-907-3590 kontak. Informante sal anoniem bly.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/donkies-bestem-vir-seksmoetie-kry-nuwe-tuiste/
Spur vra eindelik om verskoning na video-debakel en kondig pad vorentoe aan
In die maand sedert die omstrede voorval in die Texamo Spur in die Glen-winkelsentrum in Johannesburg het almal by Spur tyd gehad om te besin oor hul optrede voor, gedurende en ná die gebeurtenis, sê Pierre van Tonder van Spur Corporation in ’n verklaring. “Spur wil hierdie geleentheid gebruik om die publiek om verskoning te vra. Ons reaksie het tekort geskiet en nie voldoen aan ons gewone hoë standaarde nie. Ons moes beter gevaar het. Ons verwag dit van onsself en ons glo Suid-Afrikaners verdien beter,” skryf hy verder. Die afgelope maand het Spur planne in werking begin stel om die veiligheid van klante en personeellede in hul restaurante te verseker. “Gegewe die sosiopolitieke klimaat in ons land, kan geen onderneming ’n soortgelyke voorval voorkom nie, en ons sien dié een as ’n geleentheid om beter te verstaan hoe om sulke uitdagings die hoof te bied. Ná die voorval het Spur vinnig opgetree om sleutelpersoneellede met die nodige konflikhanteringsvaardighede toe te rus,” vertel Pierre. Daar is reeds ’n nasionale aksieplan om die verhouding tussen kinderoppassers en kinders te verbeter deur die Play Canyon-speelplekke uit te brei sodat daar meer volwasse toesig is. Daar is ook ’n heropleidingsaksie begin wat ten doel het om die kundigheid en vaardighede van kinderoppassers te verskerp. Hulle het ook prof. Elmien du Plessis van die Regsfakulteit op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit genader om ’n paneel van kenners saam te stel om indringend ondersoek in te stel na al die aspekte van die voorval op 19 Maart 2017 en hoe dit sedertdien hanteer is. Elmien het ’n LLD-graad van die Universiteit Stellenbosch en is lid van die Menseregtekomitee van die NWU, asook ’n alumnus van die Suid-Afrikaanse Navorsingstoel in Eiendomsreg. “Die paneel sal heeltemal onafhanklik wees en onbeperkte toegang hê tot alle feite en opnames wat betrekking het op die voorval. Die span sal aanbevelings aan Spur doen oor maatreëls om tekortkomings in ons reaksie reg te stel en ons hantering van soortgelyke voorvalle in die toekoms te rig.” So ’n ondersoek sal “uiteraard nie oornag afgehandel kan word nie, en hoewel ons die dringendheid van die kwessie aan prof. Du Plessis gestel het, is dit belangrik dat sy en haar paneel tyd gegun word om die ondersoek behoorlik te doen. ”
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/spur-vra-eindelik-om-verskoning-na-video-debakel-en-kondig-pad-vorentoe-aan/
Kyk net waarmee hou ons nuwe Mej. SA haar na haar kroning besig
Dit lyk asof Demi-Leigh Nel-Peters nog nie ’n oomblik stilgesit het vandat sy op 26 Maart as Mej. Suid-Afrika 2017 gekroon is nie. A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demileighnp) on Mar 28, 2017 at 1:22am PDT Vier dae gelede het sy ’n foto van haar, in ’n pragtige roomkleur aandrok by die Township Entrepreneurship Awards, gedeel met die boodskap: Harde werk en toewyding word vanaand gevier by @teawards. A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demileighnp) on Apr 8, 2017 at 10:07am PDT ’n Dag vroeër poseer sy saam met ’n groep skoolmeisies by ’n reuse vierkantige pienk koek, as deel van die Take a girl child to work day-inisiatief. “Wat ’n absolute eer om deel te wees van so ’n ongelooflike inisiatief deur @cellcsa, wat die afgelope 15 jaar so ’n enorme impak op ons gemeenskap gehad het. Elke jong meisie daar buite verdien ‘n droom en verdien iemand wat net soveel soos sy in daardie droom glo. Sy verdien iemand om haar hand te vat en haar aan die onbekende en die eindelose geleenthede wat die lewe bied, bekend te stel. A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demileighnp) on Apr 8, 2017 at 2:49am PDT Demi-Leigh Sy het Woensdag ’n foto van haar in ’n vliegtuig gedeel, een van die foto’s wat gedurende haar amptelike Mej. SA-fotosessie geneem is. “A little sneaky sneaky peek of my @official_misssa photoshoot. Can’t wait to share the rest with you soon. A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demileighnp) on Apr 12, 2017 at 9:46am PDT By ’n ander foto waarop sy een van ‘n groep is, skryf sy haar eerste amptelike fotosessie as Mej. SA kon geensins beter gegaan het as wat dit het nie. “Wat ’n opwindende dag!” A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demileighnp) on Apr 11, 2017 at 9:43am PDT Op 4 April het Demi-Leigh ’n foto van haar, in ’n asemrowende donkerblou-mini met ’n strik, op Instagram geskryf watter groot voorreg dit vir haar op die Dan Nicholl Show te verskyn saam met die legendariese Joel Stransky en die Olimpiese atleet, Akani Simbine (naelloper). A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demileighnp) on Apr 4, 2017 at 1:08pm PDT
http://www.huisgenoot.com/bekendes/kyk-net-waarmee-hou-ons-nuwe-mej-sa-haar-na-haar-kroning-besig/
2017-03-28 08:22:04
Huisgenoot Mobi
Angus Buchan het Saterdag gesê niemand kan bevestig of ontken dat daar rêrig ’n miljoen of meer mense (soos voorspel) vir die byeenkoms op die plaas Wilde Als buite Bloemfontein opgedaag het nie, want ’n presiese telling is nooit gedoen nie. Dié gewilde evangelis het die skare tydens die byeenkoms gevra om op hul knieë te gaan en hande vas te hou, waarna hy hulle gelei het in ’n lang gebed wat van die land se grootste kwessies, soos misdaad en ekonomiese stabiliteit, aangespreek het. Mmusi Maimane, DA-leier, was een van talle bekende gesigte wat die byeenkoms bygewoon het. Talle ander video’s en foto’s van die dag is Saterdag op sosiale media gedeel.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-die-massas-wat-bidbyeenkoms-bygewoon-het/
Omstrede sanger dam glo fotograaf by
Die omstrede sanger Chris Brown word daarvan beskuldig dat hy Maandag ’n fotograaf by ’n klub in Florida aangerand het. Die sanger agter die treffer Fine China was Maandag in die vroeë oggendure by Aja Channelside in Tampa vir ’n betaalde verskyning. Volgens TMZ het die klub se fotograaf foto’s in die klub geneem, maar is glo gevra om op te hou wanneer Chris opdaag. Die fotograaf het egter voortgegaan om foto’s van die skare te neem toe Chris oppad na die DJ-hokkie was. Chris het glo woedend geraak en die fotograaf in die gesig geslaan nadat hy besef het hy neem foto’s. Die beweerde voorval is op video vasgelê. Polisiebeamptes is na die klub ontbied, maar Chris was nie meer daar toe hulle opdaag nie. Die onbekende fotograaf beplan glo om ’n klag te lê. Die bewerings kom enkele dae nadat berig is Chris en die rapper Lil Wayne is die teikens van ’n federale dwelmondersoek. Kevin Selent, ’n beampte van die Amerikaanse tuislandsekuriteitsdepartement, het vroeër vandeesmaand getuig Chris en Lil Wayne was glo betrokke by dwelmtransaksies met die musiekvervaaridger Harrison Garcia van die suide van Florida, wat teregstaan vir die verkoop van onwettige dwelms. Kevin het glo verwys na bewyse van ’n teksboodskap wat Harrison na een van sy vroulike medewerkers gestuur het waarin hy spog oor meer as R200 000 ($15 000) wat Chris na sy rekening laat koppel het. Harrison het glo ook erken dat hy “baie narkotika” na Lil Wayne verkoop het nadat hy verlede Oktober in hegtenis geneem is en aanklaers fotografiese bewyse ingedien het waar Harrison met Chris en Lil Wayne poseer. Kevin het nie meer inligting oor die ondersoek verskaf nie, maar bevestig dat Chris en Lil Wayne nog op ondersoekbeamptes se radar is. “Dis nog ’n oop ondersoek. Ek kan nie daaroor praat nie,” het hy gesê.
http://www.huisgenoot.com/bekendes/omstrede-sanger-dam-glo-fotograaf-by/
10 goed wat jy moet weet van Jayde Panayiotou - 2 jaar ná haar dood
Dit gons reeds van Woensdag af in die Baaise hooggeregshof vir die binneverhoor van Christopher Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes. Die verhoor het Vrydag weer voortgegaan. 1. Op 22 April 2015 is Jayde Panayiotou (28) van Port Elizabeth se lyk in ’n veld by Kwanobuhle naby Uitenhage gevind. 2. Sy het op 21 April verdwyn toe sy omstreeks halfsewe die oggend op ’n saamrygeleentheid gewag het na die Riebeek College Girls’ High School op Uitenhage waar sy ’n gr. 7-onderwyseres was. 3. Dit was nie die eerste poging om haar te ontvoer nie. Sizwe Vumazonke, die vermeende moordenaar wat intussen oorlede is, het glo in sy verklaring genoem hulle het “probleme” ervaar. Hulle het Jayde glo gereeld misgeloop terwyl sy vir vervoer gewag het. Jayde en haar beste vriendin en kollega, Cherise Swanepoel, het beurte gemaak met ritte na die skool en terug. 4. Die forensiese patoloog Kevin Fourie, wat die nadoodse ondersoek op 23 April 2015 op haar gedoen het, het getuig die skote aan haar skedel en bors het haar dood veroorsaak. Sy is drie keer geskiet. Koeëls het ook haar rugwerwel en longe getref. Die koeël wat deur haar kop gegaan het, het aan die linkerkant ingegaan en is aan die anderkant uit. Sy het ook ’n harde hou teen die kop gehad. 5. Meer as 200 polisielede was by die soektog betrokke en ’n beloning van R150 000 is uitgeloof vir iemand wat met inligting vorendag kon kom. 6. Haar man, Christopher Panayiotou, word as die vermeende baasbrein agter haar moord en ontvoering verhoor. Sy medebeskuldigdes is Sinethembe Nenembe en Zolani Sibeko. Op 4 Mei 2015 is Christopher amptelik van die moord op Jayde aangekla. 7. Christopher se lofrede vir haar begrafnis was gegrond op ’n huldeblyk geskryf deur Charles Atkins, getiteld “My Sweet Wife’s Eulogy” en die datum daarvan is Oktober 2010. Hy het aangevoer hy is nie “goed met woorde nie”. 8. Cherise Swanepoel, Jayde se vriendin en kollega, het destyds aan die ondersoekbeampte lt. Kanna Swanepoel gesê Jayde was eensaam, maar dit is nooit ondersoek nie. Jayde was eensaam omdat Christopher altyd gewerk het, het Cherise getuig. Sy sou probeer wakker bly sodat hulle saam kon eet. Jayde sou ook nie haar slaapklere aantrek terwyl sy vir hom gewag het nie; sy wou in haar “gewone klere” wees wanneer hy ook al by die huis kom. 9. Clarishka Kapp, ’n vriendin van Christopher se minnares, Chanelle Coutts, het hom as ’n vrygewige man beskryf. Hy sou Polo-handsakke van ongeveer R2 000 elk, ’n horlosie en duur haarstileerder vir Chanelle gekoop het. 10. Op 14 November 2016 het die hof gehoor Christopher Panayiotou wou sy vrou dood hê en het glo R80 000 daarvoor betaal.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/10-goed-wat-jy-moet-weet-van-jayde-panayiotou-2-jaar-na-haar-dood/
Die jongste verwikkeling in die soektog na vermiste beroepsjagter van Limpopo
Scott van Zyl (44), eienaar van SS Pro Safaris, het op 7 April verdwyn nadat hy saam met sy honde veld toe is. Sy honde het later alleen teruggekom. Scott was saam met ’n groep buitelandse jagters naby die Chikwaraka-kamp in Zimbabwe. Laat Saterdagmiddag het Netwerk24 berig dat die soektog na Scott amptelik afgelas is. Daar is die afgelope week sedert sy verdwyning onverpoos deur onder meer Heritage Protection Group (HPG), ’n misdaadbestrydingsorganisasie, die Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging, die weermag, en die polisie in Limpopo sowel as in Zimbabwe, na hom gesoek. Op 12 April is daar selfs vanuit die lug pamflette by verafgeleë nedersettings versprei met Scott se gesig daarop, asook ’n ruim beloning vir enige inligting wat tot sy opsporing kon lei. Gerhard Vos, wat die soekspanne koördineer, was Vrydag nog vasbeslote om met die soektog te volhard. In daardie stadium was die soektog net afgeskaal en nie afgestel nie. Die Van Zyls bly in Marken in Limpopo. Scott en en sy vrou, Suré, het twee kinders, Sanél (11) en SH (7).
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/die-jongste-verwikkeling-in-die-soektog-na-vermiste-beroepsjagter-van-limpopo/
KYK VIDEO: Man geskiet tydens padwoedevoorval in Durban
Sake het byna lelik skeefgeloop toe ’n vragmotor na bewering van baan verander en byna teen ’n bakkie bots. Dit het Donderdag op die M13-snelweg tussen Gillitts en Hillcrest in KwaZulu-Natal plaasgevind. REPORT: A Durban man has been taken to hospital with a gunshot wound after an apparent road rage incident on Fields Hill. @DoTransport pic.twitter.com/CGBXgVK5wI — RTMC PublicRelations (@TrafficRTMC) April 20, 2017 In die video, wat deur ’n motoris opgeneem is, kan ’n mens sien hoe die vragmotorbestuurder met vermoedelik ’n staalpyp in sy hande uit die vragmotor klim. ’n Onderonsie tussen die twee bestuurders volg. ’n Groep mense staan later nader om die stoeiery tot ’n einde te bring. ROAD RAGE SEES MOTORIST SHOT BY ANOTHER : GILLETS RD AT BRIDGE. DBN. KZN. — REZA (@crimeairnetwork) April 20, 2017 Die twee steur hulle egter nie daaraan nie. Dis nou tot die bakkiebestuurder na sy voertuig terugkeer en sy vuurwapen in die hande kry. ’n Skoot kan duidelik gehoor word. Die bakkiebestuurder is in die hand getref. Volgens Times Live is hy in ’n ernstige maar stabiele toestand in ’n hospitaal opgeneem. Bron: timeslive.co.za
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-video-man-geskiet-tydens-padwoedevoorval-in-durban/
Kry al vanaand se Kom Ons Braai-resepte hier
Eddie en Karin vier hul liefde vir pannekoek, terwyl Barry en Mariëtte hul gaste met blink balle laat speel. Kobus en Tessa probeer om kaneelrolletjies op die kole te maak. Eddie en Karin Sodabrood 500 g koekmeel 2 t koeksoda 1 t sout 1 t suiker 3 t gemengde Italiaanse speserye (Mixed Itallian herbs) 500 ml karringmelk Verhit oond tot 180ºgrade. Meng alles saam en voeg ekstra karringmelk by as mengsel te droog is. Bak in broodpan of muffinpan vir 25 minute. Geniet met kaas en konfyt. Kassler varktjop 6 kassler tjops 6 tamaties heuning balsamiese asyn groen uie spesery olyfolie Halveer tamaties. Strooi spesery, balsamiese asyn en olyfolie oor. Bak in oond teen 180ºgrade vir ’n uur. Smeer kassler tjops met heuning. Braai oor vuur vir 10 minute. Plaas tamaties op tjops en bedien. Drie-in-een vleisrol Sny beesstuk in 2 by 2 cm stroke. Slaan hoender borsies plaat. Sout hoender en bees na smaak. Rol hoender borsies om beesstuk en rol dan die hoender is spek repies. Draai toe in plastiek en hou oornag in yskas vir vleis om te bind. Braai 6 minute per kant. Sny en bedien met sous van jou keuse. Rooibos-pannekoek 2 koppies koekmeel 2 t rooibostee-poeier of trek ses teesakkies in koppie 1 t sout 1 t koeksoda ½ e witasyn 2 eiers 3 e olie 1 e suiker 500 ml melk Meng alles deeglik. Bak soos gewone pannekoeke en bedien met witsuiker om die rooibosgeur te versterk. Kobus en Tessa Griekse lamtjops 3 cm dikte loin lamtjops, liggies gesout en -peper. Meng 50/50 vars suurlemoensap en olyfolie. Kneus vars knoffel in die mengsel en voeg vars roosmaryn by na smaak. Giet dit uit oor die vleis en laat dit gesels vir ongeveer 24 uur in die yskas. Braai die tjops op die vet en been kant eers, gooi hulle dan plat en braai na smaak. Tzatziki-sous 2 k Double Greek jogurt Vars gekneusde knoffel na smaak Halwe komkommer fyn op gekerf Sout en peper na smaak 4 t suurlemoensap Meng alles goed saam en laat koel af in die yskas. Sosatie-verrassing Sosatiewors gekoop by ons plaaslike slagter. Draai stukke af so groot soos jy verkies. (Maak seker die punte is toe, anders verloor jy te veel sap) Ryg op ’n sosatiestokkie met gedroogde appelkose. (Droë perskes werk ook lekker.) Gevulde aartapels Kook lekker handpalm grote aartapels tot so gaar dat jy hulle maklik kan uit hol, sonder dat hulle sal breek. Hol die aartapels uit aan die bo kant. Braai bietjie spek, sampioene en uie saam. Voeg die aartapel wat jy uit gehaal het by en roer alles saam. Voeg blatjang by en bietjie room om die mengsel loperig te maak. Vul die uitgeholde aartapels met die mengsel en strooi bietjie kaas oor. Strooi bietjie rooipeper of paprika oor vir kleur. Bak in die oond tot die kaas gesmelt is of sit dit in ’n tinfoelie bakkie op die kole en bedek met ’n braaipan. Haal af as die kaas gesmelt is. Vars pynappelslaai Sny ’n vars pynappel op in blokkies. Voeg pitlose rooi druiwe by. (Sny die druiwe in die helfte, ander jag jy dit te veel rond in jou bord.) Vars komkommer, opgesny soos jy daarvan hou. Fetakaas na smaak. Meng alles saam en laat af koel. (Moenie te lank voor die tyd meng nie, anders trek dit te veel water.) Kampvuurbolle 4 k broodmeel, gesif 1 t sout 1 pakkie kitsgis Meng alles saam. Smelt 2 eetlepels margarine of botter saam met 125 ml melk en laat afkoel. Meng dan die 2 mengsels saam en voeg 300 ml lou water by om ’n slap deeg te vorm. Draai die bak toe in ’n swartsak en laat die deeg rys vir ’n halfuur op ’n warm plek. Smeer ’n platboompot uit met margarine. Rol die deeg in klein balletjies en plaas in die pot. Gooi genoeg bruinsuiker en kaneel oor die bolle en bedek alles met room. (Die room kan verdun word met melk as jy wil.) Sit die pot op ’n driepoot met matige kole onder. Plaas ook ’n paar kole bo-op die pot se deksel. Bak vir ongeveer 40 minute. Haal die deksel af en steek ’n mes in die poeding in. As die mes skoon uit kom, is dit gaar, anders bak dit nog ’n rukkie. Bedien warm. Vla Sit ’n platboompot op die vuur en gooi 950 ml volroom melk in. Roer gereeld. Meng 6 eetlepels vla poeier, 4 eetlepels suiker en 50 ml melk saam. Sodra die melk in die pot begin kook, voeg die 50 ml mengsel by. Roer aanhoudend tot die mengsel begin dik word. Bedien warm of koud. Barry en Mariëtte Kerrie varkrib Braai uie in pan tot glanserig. Voeg kerrie, borrie, suiker en asyn by. Laat kook saam met uie tot verdik en laat afkoel. Sout en peper varkrib, sit in bak en gooi afgekoelde sous oor. Laat staan oornag in yskas en braai oor matige kole. Groenslaai Blaarslaai Gemengde neute Fetakaas Gaar ertjies Kook bruinsuiker en balsamiese asyn saam. Laat afkoel. Giet oor die slaai voor bediening. Kwepers Skil kwepers, sny in skyfies en laat lê in sout water. Kook stroop van 1 koppie suiker, 2 koppies water bietjie sout en paar naeltjies. Dreineer kwepers en gooi in kokende stroop. Laat dit opkook en haal van stoof af. Koel af in die yskas. Broodjies Sny worsbroodjies deur. Sit aspersies, gerasperde kaas en room binne-in die broodjies. Draai dit in tinfoelie toe en sit op bakplaat. Draai gereeld om op vuur totdat kaas gesmelt is. Plaatkoekies 2½ k meelblom 5 t bakpoeier 3 t suiker ¾ t sout 1 eier 2 k melk ¼ k botter Sif droë bestanddele saam. Klits eier en melk en voeg by. Smelt botter en voeg by. Skep beslag met teelepel in pan wat liggies met olie gesmeer is en bak goudbruin aan elke kant. Bediening: Smeer karamel-en-kondensmelk-mengsel bo-op, sit room en piesang of aarbeie op.
http://www.huisgenoot.com/kom-ons-braai-via/kry-al-vanaand-se-kom-ons-braai-resepte-hier-10/
Sexy misdadiger weer aangehou - en dié keer is dit nie sy skuld nie!
Jeremy Meeks het, met sy deurdringende blou oë, fyn besnede ken en treffende gelaatstrekke, die titel “mooi skelm” ingeoes nadat sy gesigsfoto in 2014 deur die polisie-afdeling van Stockton vrygestel is. Hy is skuldig bevind aan die onwettige besit van ’n vuurwapen en is tot 27 maande tronkstraf gevonnis. Jeremy het vroeg in 2016 uit sy tronksel gestap en binne-in ’n loopbaan as model. Workin’ it A post shared by JEREMY MEEKS (@jmeeksofficial) on Mar 15, 2017 at 4:54pm PDT Maar dit lyk asof die voormalige tronkvoël nie aan sy troebel verlede kan ontsnap nie. Jeremy het by die Heathrow-lughawe opgedaag vir die bekendstelling van ’n tydskrif waarin hy verskyn, maar moes toe maar weer die lang reis terug huis toe, New York toe, aanpak nadat beamptes hom aangehou het. ‘Hot felon’ Jeremy Meeks is DEPORTED from the UK less than eight hours after he landed for a fashion shoot https://t.co/CyBAfTr83C pic.twitter.com/iurmZbN3Qp— Daily Mail US (@DailyMail) April 25, 2017 Volgens Jim Jordan, sy bestuurder, was Jeremy se dokumente in orde, maar die beamptes wou hom eenvoudig nie toelaat om die Land van die Koning binne te gaan nie. Hy is na bewering vier ure lank ondervra, sy vingerafdrukke is geneem, hy is poedelnakend deursoek en daarna toegang tot die land geweier. “Dit was sy eerste besoek aan Londen en hy was uiters opgewonde, dit was sy groot debuut,” het Jordan gesê. “Hy was op die regte pad vir dit wat ons voel sy nuwe lewe sou wees. Nou is hy baie hartseer. Dit is hopelik net ’n terugslag en sal hy in staat wees om terug te keer hiervandaan.” Bronne: Independent.co.uk, metro.co.uk.
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/sexy-misdadiger-weer-aangehou-en-die-keer-is-dit-nie-sy-skuld-nie/
2017-03-15 23:54:30
Wêreldbekende skrywer geskiet op haar wildplaas
Die wêreldbekende omgewingsaktivis en skrywer Kuki Gallmann is op haar wildplaas in Kenia geskiet. Kuki Gallmann shot and wounded at Kenya conservation park https://t.co/45RcUzWTve — BBC News (World) (@BBCWorld) April 23, 2017 Kuki was besig om die gebied te patrolleer toe sy in die maag gewond is. Sy is na ’n nabygeleë hospitaal gehaas en daarna per helikopter na die hoofstad, Nairobi, vervoer. Die Italiaans-gebore skrywer is bekend vir haar boek I Dreamed of Africa, wat later ’n Hollywood-rolprent geword het met Kim Basinger in die hoofrol. Richard Constant van die Laikipia Farmers Association sê hulle vermoed dit is herders van die Pokot-gemeenskap aangesien hulle in Maart haar plaas aangeval en dele daarvan aan die brand gesteek het. ’n Ernstige droogte in Kenia veroorsaak dat daar ’n groot tekort aan water en weiding is, wat daartoe lei dat plaaslike gemeenskappe begin het om privaat eiendom te betree. In Maart vanjaar is 379 herders in hegtenis geneem nadat ’n Britse boer, Tristan Voorspuy, vermoor is toe sy plaas aangeval is. Hy is doodgeskiet terwyl hy besig was om een sy plase te inspekteer nadat dit aan die brand gesteek is. Die Keniaanse regering het die droogte tot ’n nasionale ramptoestand verklaar. Van die boere vermoed weer dat die aanvalle polities gemotiveerd is en deel is van ’n plan om hul grond af te neem.
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/wereldbekende-skrywer-geskiet-op-haar-wildsplaas/
KYK FOTO’S: Veganis-ontwerper maak handsakke van dooie diere wat sy langs pad vind
Met die klem wat deesdae op herwinning val, maak heelparty ontwerpers slim planne om weggooigoed in iets moois te omskep. Een ontwerper van Aberdeenshire in Skotland het dié gier tot nuwe hoogtes geneem. Sy maak handsakke van die oorskot van dooie diere wat sy langs die pad vind. “Ek het in Oktober 2015 met taksidermie begin en wou dié stokperdjie graag in ’n onderneming omskep,” vertel Emma Willats per e-pos aan Huisgenoot. “My taksidermie-opleier het voorgestel ek maak roktassies daarvan.” Dié tradisionele Skotse bykomstigheid is ’n klein sakkie wat bo-oor die gewilde Skotse kilt gedra word. Haar kêrel was boonop kort nadat sy met taksidermie begin het in ’n motorongeluk en sy moes ’n plan maak vir ’n ekstra inkomste terwyl sy na hom omgesien het, vertel Emma. “Ek het toe in Februarie verlede jaar die roktassies begin maak.” Sy het haar onderneming The Dapper Dead Taxidermy Sporrans gedoop. ’n Sporran is die Gaeliese woord vir ‘palmtas’. Emma, ’n veganis, sê sy sien niks daarmee fout om die diere se oorskot te herbenut vir die tassies nie. “Ek gebruik normaalweg diere wat raakgery is, oftewel road kill, of mense se troeteldiere wat gesterf het en soms die oorskot nadat iemand ’n dier geskiet het.” Dit duur sowat ’n week om die vel te verwerk en nog ’n week om uit te droog. Dit neem my dan so drie tot vier uur om ’n sakkie van die vel en pels te maak, sê sy. Haar geliefkoosde skepping is ’n roktassie wat van ’n dooie wasbeer gemaak is, sê sy. “Dit was vrek koel!” Ten spyte daarvan dat sommige veganiste haar kritiseer en daar mense is wat haar ontwerpe as grillerig afmaak, sê Emma dié opvattings pla haar min. “Mense wat taksidermie verstaan en die natuur liefhet is normaalweg gek na my werk. Sommige veganiste stem nie saam daarmee dat ek ’n deel van ’n dier gebruik nie, maar ek het net soveel veganistiese vriende wat baie van my werk hou en selfs van my skeppings besit.”
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/kyk-fotos-veganis-ontwerper-maak-handsakke-van-dooie-diere-wat-sy-langs-pad-vind/
Só het Céline Dion besluit oor Beauty and the Beast
Celine Dion gebruik van haar oorlede man se portrette wanneer sy raad soek met groot loopbaanbesluite. René Angélil, die sangeres se voormalige bestuurder en man vir baie jare, het aan die begin van verlede jaar sy stryd teen kanker verloor. Celine het aan The Sun gesê sy gebruik afbeeldings van die musiekmagnaat om haar deur die rouproses te help. Sy het ook een van haar man, met wie sy 21 jaar getroud was, se portrette geraadpleeg toe sy met die besluit worstel of sy ’n nuwe liedjie vir die klankbaan van Beauty and the Beast moet opneem of nie. “Ek het na een van die skilderye van my man, wat ’n bewonderaar vir my gegee het, gegaan en gesê: ‘Moet ek dit doen?’ ” het Celine aan die koerant gesê. “En die antwoord wat ek gekry het – ek wil nou nie spookagtig klink of so iets nie – maar die antwoord wat ek gekry het, was ‘Jy kan niks verloor nie’.” Die klankbaan, How Does a Moment Last Forever, was haar eerste nuwe opname sedert haar man oorlede is. Sy het onlangs gebieg dit het steeds gevoel asof sy René in die ateljee verkul terwyl die ballade besig was om vorm aan te neem. Tydens die première van die rolprent het sy aan Entertainment Tonight gesê: “Met my eerste Beauty and the Beast het ek en my man die besluit saam geneem. Nou neem ek alleen besluite. Dis ’n bietjie moeiliker. Ek kon nie dadelik ja sê nie, want dit het gevoel asof ek hom op die een of ander manier kul.” Sy’s bly sy het toegestem om in die nuwe Disney-rolprent te sing, want dit gee haar vir ’n oomblik die gevoel van ’n emosioneel voltooide sirkel. “Ek was aan die begin van my loopbaan (toe ek Beauty and the Beast opgevoer het),” sê sy. “Die liedjie het vir my bekendheid gebring. Dit het my geplaas waar ek vandag is.” Haar liefdestema-duet vir die oorspronklike Beauty and the Beast van Disney is deur John Legend opgeneem, en Ariana Grande het die opname vir die nuwe rolprent gedoen. © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/so-het-celine-dion-besluit-oor-beauty-and-the-beast/
Man oorleef krokodil-aanval ná hy terugbaklei met ’n riet
’n Jong man in Zimbabwe het die dood ontkom nadat hy Saterdag deur ’n krokodil in die Save-rivier aangeval is. Die krokodil het vir Vhusani Munyire (28) gelos nadat dié ’n riet in die reuse reptiel se bek gedruk het, berig die Manica Post uit Zimbabwe. Vhusani het die rivier probeer oorsteek toe die krokodil hom aan die been gryp. Volgens die koerant het hy die riet in die dier se bek ingedwing die oomblik toe dit groot genoeg oop was. Hy word tans in ’n kliniek behandel en ’n foto op die koerant se webblad (waarskuwing – grafiese inhoud) wys hoe ernstig die bytplek is. Daar word geglo dat Scott van Zyl, ’n jagter van Suid-Afrika, vroeër die maand op dieselfde manier deur ’n krokodil op die oewer van die Limpopo-rivier in Zimbabwe gegryp is. Die onlangse reën het vloede in die suide van dié land veroorsaak en dam- en riviervlakke oral laat styg. Die gevolg is dat krokodille makliker rondbeweeg en kan voorkom in gebiede waar hulle nie gewoonlik gesien word nie. Plaaslike owerhede het mense aanbeveel om ter wille van hul eie veiligheid in pare te beweeg.
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/man-oorleef-krokodil-aanval-na-hy-terugbaklei-terug-met-n-riet/
Ondersoek afgehandel nadat 2-jarige dogtertjie sterf toe brander hulle tref
Verbeel jou jy en jou gesin sit op ’n sonnige dag op ’n rots langs die see en ’n reusebrander tref julle en spoel julle die water in. Lisinda Bruynius moet dit verwerk. Sy het haar Suid-Afrikaans-gebore man, Rudy (33), en tweejarige dogtertjie, McKayla, in Augustus verlede jaar aan die dood afstaan nadat ’n brander op die Fistral-strand in Cornwall, Engeland, oor hulle gespoel het. Die nadoodse ondersoek is gister in die Cornwall-hof aangehoor. The inquest into the deaths of Rudy and McKayla Bruynius hears sea conditions changed rapidly. https://t.co/CM8pFKL7V7 #Cornwall #News pic.twitter.com/SIF2062sll — CornishCams (@CornishCams) April 19, 2017 Lisinda, haar man en hul drie kinders was op ’n kampeervakansie toe hul lewe in ’n oogwink verander. Getuies sê die branders was op dié dag byna 4 m hoog en het net hoër en hoër geraak, berig Mail Online. “Ons was 30 minute daar en die seuns het so gelukkig gelyk. Ons het almal ’n lekker tyd gehad, met geen bekommernisse. Terwyl ons vanaf die rotse visgevang het, het die branders binne ’n kort tydjie groter geword en op ons begin spat. Ons was geskok en het op McKayla gefokus. “My twee seuns, Damian (6) en Tyrone (10), het na die rotse bo ons geskuif,” sê Lisinda in ’n verklaring wat as deel van die ondersoek in die hof voorgelees is. ’n Groot brander het Lisinda, Rudy en McKayla getref terwyl hulle na die boonste rots geklim het. “Daar was glad nie tyd om enigiets te sê toe die tweede brander ons tref en in die water spoel nie,” sê sy. “Rudy het dit reggekry om McKayla uit haar stootwaentjie te haal en in sy arms vas te hou, maar ek kon McKayla later nie meer in sy arms sien nie. Rudy het daarna met sy kop agteroor in die water gelê.” Lewensredders het tot Lisinda se redding gekom en haar en Rudy uit die water gehaal. ’n Reddingsboot het McKayla kort daarna uit die water gehaal. Volgens speurkonst. Jarrod Yewen was die gesin nie langer as 15 minute in die water nie en beskou die polisie die saak as ’n tragiese ongeluk. “Ek dink nie enigeen kon voorspel dat die weer so drasties sou verander nie,” sê Jarrod. Lisinda, wat nie die hofverrigtinge bygewoon het nie, sê verder in die verklaring Rudy was ’n liefdevolle man en pa. “Hy was ons alles; ons is baie lief vir hom en ons mis hom baie. Klein McKayla is vir altyd in ons hart en ons kan nie die pyn beskryf wat ons ervaar nie. “Die laaste agt maande was ongelooflik moeilik en ek hoop mense leer uit ons tragedie.” Bronne: Dailymail.co.uk, Express.co.uk
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/ondersoek-afgehandel-nadat-2-jarige-dogtertjie-sterf-toe-brander-hulle-tref/
KYK VIDEO: Pa maak binne sekondes huilende baba rustig met een truuk
Jy hoef deesdae nie ver te soek vir raad oor hoe om ’n huilende baba te kalmeer en aan die slaap te sus nie. Maar jy sal nie maklik ’n video sien waar die raad inderdaad werk en die internet laat gons nie. Daniel Eisenman, ’n motiveringspreker en pa van San Diego, se video saam met sy babadogtertjie, Divina, is binne een week meer as 25 miljoen keer gekyk. Daniel het die video verlede week vanaf sy bed op Facebook gelaai toe sy dogtertjie skielik begin huil het. Daniel hou dan op praat, kyk af na haar en begin rustig ’n lang “om”-geluid maak. Binne twee sekondes hou Divina op huil en haar klein gesiggie ontspan. Daniel het die klank vir 20 sekondes gehou voor dit lyk asof klein Divina rustig aan die slaap raak. Kort daarna het hy die video op sy Facebook-blad gelaai met die hutswoord #HowToStopACryingBaby. Kykers was onmiddellik beïndruk met Daniel se truuk om die bekende “om”-geluid van Hindoeïsme en Boeddhisme te gebruik om sy babatjie rustig te maak. Een leser meen dit werk omdat die vibrasie in die geluid wat Daniel maak dieselfde is as wat ’n babatjie in ’n ma se maag hoor. Daniel het wel gesê dat hy en Divina se ma die “om”-geluid gemaak het nog voor hul kleinding se geboorte. Mense wou weet of hierdie metode elke keer werk wanneer Divina huil. Eers het Daniel geantwoord hy glo nie iets gebeur ’n tweede keer dieselfde nie. Maar later het hy nog ’n video op Facebook geplaas wat wys die truuk werk weer op klein Divina. Bronne: dailymail ; metro
http://www.huisgenoot.com/nuus/kyk-video-pa-maak-binne-sekondes-huilende-baba-rustig-met-een-truuk/
Dis wat in hof uitgekom het oor besoek aan De Zalze-moordhuis
Vandag in die Kaapse hooggeregshof het die bylmoordsaak voortgeduur waarin Henri van Breda onder meer daarvan aangekla word dat hy sy ouers en broer doodgemaak het. Adv. Pieter Botha, vir Henri, het ’n dokument voorgelees met notas van die ondersoek ter plaatse wat Dinsdag op die luukse gholflandgoed De Zalze buite Stellenbosch gedoen is. Hierin is onder meer gesê dit sal by die vliegveld se hek vir iemand moontlik wees om oor die heining van die landgoed te klim, dat ’n rivier deur die landgoed vloei, dat die elektrise heining oor die rivier (nie deur nie) strek en dat veiligheidskameras by hierdie punte aangebring is. Henri was soos vorige dae in ’n grysblou pak geklee. Hy het stil en sonder emosie voor hom gekyk terwyl die verrigtings aan die gang was. Anders as Maandag, toe die saak begin het, was sy oom André du Toit nie in die hof nie. Henri word daarvan aangekla dat hy sy ouers, Martin (54) en Teresa (55), asook sy ouboet, Rudi (22), in die vroeë oggendure van 27 Januarie 2015 met ’n byl doodgekap het. Sy suster, Marli (18), het ernstige kopbeserings in die aanval opgedoen. Pieter het ook na aanleiding van die notas uitgewys waar bloedspatsels gevind is op die grensmuur van Goskestraat 13. Dis oorkant die venster van die slaapkamer waar Martin en Rudi gevind is. Hy het ook uitgewys dat die eetkamervensters op die grondvloer aan dieselfde kant van die huis oop was en dat iemand daardeur sou kon klim aangesien dit nie diefwering gehad het nie. Merke in die huis is uitgewys, asook waar Marli en Teresa gelê het toe sers. Adrian Kleynhans op die toneel kom en ook die afstande tussen die kombuistoonbank, waar sigaretstompies gevind is, tot by die lys noodnommers op die vrieskas. Die posisies van die waardevolle items in die huis ten tyde van die aanval is ook aangedui. Dit het ’n handsak, skootrekenaar en televisie ingesluit. Die muur wat deur die byl getref is, asook waar Adrian die byl gekry het, is in die notas vervat. Die saak gaan Dinsdag voort. Adrian sal dan deur die verdediging kruisondervra word.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/dis-wat-in-hof-uitgekom-het-oor-besoek-aan-de-zalze-moordhuis/
Regslui besoek Van Breda-huis op dag twee van driedubbele-moordsaak
’n Ter plaatse ondersoek vind Dinsdag plaas by die De Zalze-landgoed in Stellenbosch op die tweede dag van Henri van Breda se hofsaak waarin hy teregstaan op drie aanklagte van moord, poging to moord en dwarsboming van die gereg. Regter Siraj Desai sal ’n konvooi lei na die toneel waar Martin (54), Teresa (55) en Rudi Van Breda (22) op 27 Januarie 2015 met ’n byl doodgekap is en Henri se suster, Marli, ’n ernstige kopbesering oorleef het. Die 22-jarige Henri het Maandag onskuldig gepleit en in sy pleitverduideliking gesê ’n inbreker geklee in donker klere, handskoene en ’n klapmus, het sy geliefdes daardie oggend aangeval. Hy het gesê hy het ook ander stemme gehoor wat Afrikaans in hul huis praat. Henri beweer dat die inbreker, gewapen met ’n byl, ná ’n struweling ontsnap het. Sers. Adrian Kleynhans, die eerste beampte op die toneel, het Maandag gesê daar was geen teken van geforseerde toegang by die gesinshuis nie. Hy het gesê toe hy die oggend op die toneel aankom, was Henri emosioneel, maar hy het nie gehuil nie. Toe hy buite die huis in Goskestraat optrek, het Henri in sy onderklere by die voordeur uitgestap gekom. Adrian het getuig hy het alkohol in Henri se asem geruik. Die beampte het getuig dat behalwe vir die bebloede byl op die trappe, het die grondvloer in die haak gelyk en was waardevolle items soos ’n handsak en skootrekenaar, nog daar. Die wapen was die eerste teken dat daar fout was, het Adrian aan die hof gesê. Hy het op Marli en Teresa afgekom toe hy by die trappe op loop. Hy het gebel vir hulp toe Marli se arm en been beweeg en hy besef sy leef nog. Hy het selfoonfoto’s van die toneel geneem voor paramedici Marli gehelp het. Terwyl hy die foto’s geneem het, het hy Rudi en Martin se liggame in die kamer gesien. Die sersant sê toe hy deur die gesinshuis loop, het hy gesien die kombuisdeur is oop en die vensters was effens oop. Daar was ook ’n papier met noodnommers teen die yskas, en daar naby is sigaretstompies op die kombuisvloer doodgedruk, het Adrian getuig. Bron: News24 Henri van Breda se volledige pleitverduideliking
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/regslui-besoek-van-breda-huis-op-dag-twee-van-driedubbele-moordsaak/
Huisgenoot Mobi
Paul Walker se treurende moeder het, ná haar seun se dood, vir Vin Diesel getroos omdat hy “sy ander helfte” verloor het. Die akteur van Fast and Furious het onthul hy het in 2013, ná die tragiese padongeluk wat Paul se lewe geëis het, Atlanta toe gevlieg om Cheryl Walker te besoek. Die 49-jarige akteur het verlede Maandag tydens ’n onderhoud met SiriusXM Entertainment onthul dat, in plaas van die moeder van vyf te troos, het sy hom getroos oor die verlies en het sy hom selfs om verskoning gevra. “En ek sê toe ‘Hoekom?’” het Diesel aan die aanbieder, Maria Menounos, gevra en verduidelik dat hy nog steeds dikwels aan die akteur dink. “Hoekom vra u my om verskoning? En sy sê vir my, ‘Omdat jy jou ander helfte verloor het,’” het die akteur, wat sy tweejarige dogtertjie, Pauline, na sy vriend vernoem het, verduidelik. “Dit het op daardie oomblik gevoel asof sy my iets vertel waarvan ek nie eens bewus was nie. Ek was nie bewus van die diepte van die verlies nie.” Diesel het voorts verduidelik die verlies van sy maat, saam met wie hy aan vyf van die eerste ses episodes van Fast and Furious gewerk het, spook nog steeds by hom, en hy het gedurig tydens die verfilming van die agtste episode van die franchise aan hom gedink. “Paul was elke dag, elke toneel, elke sekonde by my terwyl hierdie rolprent gemaak is,” het, hy gedeel. Paul se teenwoordigheid, drie jaar ná sy dood, word nog steeds gedurig tussen die sterre gevoel, en die Fate of the Furious (ook bekend as Fast and the Furious 8), met Dwayne Johnson, Charlize Theron en Nathalie Emmanuel in die rolverdeling, sluit “die grootste huldeblyk” aan die oorlede akteur aan die einde van die rolprent in, het Diesel bevestig. Diesel het verlede naweek by die première van die rolprent in Los Angeles eer betoon aan die akteur, wat hy sy “broer” noem. Dit is ook deur Meadow, die dogter van Cheryl en Paul, bygewoon. “Ek wil net hê julle moet weet daar was, terwyl ons aan die rolprent gewerk het, nie ’n sekonde nie ’n minuut … nie ’n dag wanneer ons nie aan ons broer Pablo gedink het en gewonder het op watter manier ons hom kon deel maak van die rolprent, hoe om hom te verteenwoordig en hoe om iets te maak waarop hy trots sou wees nie,” was sy woorde. “Pablo, ek hoop jy is vanaand trots.” The Fate of the Furious tref Vrydag die rolprentteaters. – Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/bekende-akteur-bieg-paul-walker-se-moeder-het-my-na-sy-dood-getroos/
So gaan dit met Steve Hofmeyr se seun ná hofsaak
Devon Hofmeyr (22), ’n seun van die sanger Steve Hofmeyr, is verheug dat die aanrandingsaak teen hom verby is. “Ek is bly dit het tot ’n einde gekom,” sê hy. Devon (22) en ’n kollega, Nelus Goosen, is op 26 Januarie in hegtenis geneem nadat hulle glo op ’n patrollie vir hul werk, Bull Security-veiligheidsmaatskappy, ’n vermeende dwelmhandelaar wou aankeer. Die saak is Woensdag in die landdroshof in Pretoria teen Devon en sy kollega Nelus Goosen teruggetrek nadat hulle elkeen ’n ooreenkoms met die klaer, Paul Jim, gesluit het om hom R3 000 elk skadevergoeding te betaal. “Ek voel steeds ons het binne die reg opgetree en wou die saak net so gou moontlik verby kry.” Peet du Plessis, Devon en Nelus se prokureur, het aan Netwerk24 gesê sy kliënte het hom vroeër opdrag gegee om die klaer te nader sodat hulle kan onderhandel. “My kliënte wou ’n siviele inhegtenisneming uitoefen en het nooit bedoel om die klaer te beseer nie. Hulle ontken hul doel was om te beseer. “Hulle is bereid om hom te vergoed vir enige pyn, lyding en mediese uitgawes weens die voorval,” het Peet gesê. Devon is tans in Bloemfontein vir Angus Buchan se It’s Time-bidsaamtrek. “Almal het my gesteun deur hierdie tyd. My werkgewers was ook baie ondersteunend,” sê hy.
http://www.huisgenoot.com/bekendes/so-gaan-dit-met-steve-hofmeyr-se-seun-na-hofsaak/
Internet gaande oor dié besondere foto - en wys as jy skei hoef jou kind nie te ly nie
As jy ’n geskeide ouer is, sal jy weet hoe moeilik medeouerskap kan wees. Tog lyk dit of die vyfjarige Amerikanertjie Maelyn se ouers ’n oplossing gevind het; ’n foto van hul gesins-“eenheid” het blitsvinnig deur die sosiale media versprei. “Hoekom moet ons skeiding haar negatief beïnvloed?” voel haar ouers. “Ons wil haar soveel moontlik liefde gee, al is ons uitmekaar.” Die foto is in Georgia by een van Maelyn se sokkerwedstryde geneem. Haar ma, stiefma, pa en stiefpa het haar daar kom steun. Die uitgebreide gesin het selfs eenderse T-hemde aangehad met hul onderskeie titels op die rug. Dit het ’n gegons op die internet laat ontstaan, en die gesin is geloof omdat hulle hul verskille opsygesit en Maelyn eerste gestel het. Clara Cazeau, haar ma, het met Huisgenoot se susterstydskrif YOU gesels oor hoe sy en Maelyn se pa dit reggekry het om die situasie te laat werk. “Ek en Ricky, Maelyn se pa, was nooit getroud nie. Ons het op ’n baie jong ouderdom (18) begin uitgaan. Nie een van ons het heeltyd ons pa by ons gehad nie. Toe ons dus besluit ons paaie moet skei, het ons lank gepraat oor ons wens dat Maelyn steeds lid moes wees van ’n sterk gesinseenheid.” Die ekse wou hê hul dogter moet ’n gebalanseerde lewe hê, of hulle nou bymekaar was of nie. Volgens Clara, wat nou getroud is, is voortdurende kommunikasie en om sterk te bly die sleutel tot suksesvolle medeouerskap. “Dis nie altyd maklik nie. Ons het afsonderlike huishoudings, so daar is dinge waaroor ons moet gesels en waaraan ons moet verander om dinge regverdig te hou. “Ouers moet enige slegte gevoelens laat vaar en die belangrikste ding in gedagte hou: die kind(ers). Die feit dat Maelyn deur al die betrokkenes aanvaar word en almal vir haar lief is, is vir ons die belangrikste. Kommunikasie is die sleutel,” was Clara se woorde. Al die steun wat hulle ontvang het, was ietwat oorweldigend, vertel sy. “Ons het nooit gedink die foto sou so ’n sensasie veroorsaak nie. Ons neem gereeld gesinsfoto’s. Hierdie keer het ons eenvoudig besluit om iets oor medeouerskap by te voeg, want, wel, dit is hoe ons lewe daar uitsien! Dit het ons baie beslis verander.” Tog het hulle ook al onder kritiek deurgeloop. “Al is so baie positiewe dinge daaroor gesê, was daar ook negatiewe dinge. Ons het nogal effens sleg gevoel daaroor. “So, wat doen ons toe? Ons het eenvoudig ’n bietjie sterker as voorheen op mekaar gesteun,” het sy vertel. “Ons hoop om eendag nog ouers te help wat met medeouerskap sukkel. Miskien deur ’n boek; miskien klasse oor medeouerskap! Wie weet? “Ons geniet dit wat ons vir Maelyn doen, en ons sou niks graagter wou doen as om ander ouers te help om dieselfde vir hul kinders te doen nie. Die kinders het tog nie ’n verdeelde gesin gevra nie.”
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/internet-gaande-oor-die-besondere-foto-en-wys-as-jy-skei-hoef-jou-kind-nie-te-ly-nie/
‘Ek is werklik jammer vir jul verlies’ - moordenaar aan familie van Matie-graduandus
Een van die twee mans wat daaraan skuldig bevind is dat hulle Carl Schoombie, ’n gegradueerde van die Universiteit Stellenbosch vermoor het, het sy familie om verskoning gevra. Hy handhaaf egter steeds sy stilte oor die gebeure wat tot Carl se dood gelei het. Hier is die beeldmateriaal wat op daardie noodlottige aand geneem is. ’n Effens verwese Brent Henry (40) het tydens die vonnisvertoë in die Wes-Kaapse hooggeregshof in die beskuldigdebank ingeskuif. Hy het voorheen gekies om nie te getuig oor die aand toe Carl in November 2015 aangeval is nie. Hy en Juane Jacobs is onlangs aan die misdaad skuldig bevind. Geklee in ’n neongeel kappietop en jeans het ’n amper onhoorbare Henry verduidelik hy is nie ’n gewelddadige mens nie en doen nie “gewoonlik die soort ding nie”. “Aan die familie, ek is werklik jammer oor jul verlies. Soos ek gesê het, iets het daardie aand gebeur. Alles het so vinnig gebeur, julle weet.” Terwyl hy gepraat het, het Carl se broer, Lee, sy kop geskud. Regter vra duidelikheid Henry het die hof om toegeeflikheid gevra en gesê hy is nooit aan enige misdaad skuldig bevind nie en was by liefdadigheidswerk betrokke. Hy het gesê hy moet ook daar wees vir sy drie kinders van 10, 14 en 16 jaar en sy weduwee-ma. Regter Robert Henney het Henry gevra hy moet duidelik maak waaroor hy jammer is. Hy het geantwoord hy weet nie regtig hoe om dit te stel nie, maar hy sou nooit wou hê iemand moet deurmaak wat Carl deurgemaak het nie. Die mans het Carl daarvan beskuldig dat hy by die nagklub Tiger Tiger in Claremont, Kaapstad, moeilikheid begin maak het. Carl en drie vriende was in ’n Uber-taxi van die nagklub af op pad huis toe toe Henry en Jacobs hulle na bewering met hul motor in ’n doodloopstraat vaskeer. Carl is in ’n koma in die hospitaal opgeneem en ’n paar dae later dood. Die aanklaer Christopher Burke het aangevoer Henry is nie ’n liefdevolle, vredeliewende mens nie en is nie jammer vir wat hy gedoen het nie. Hy het gesê hy moes ’n goeie voorbeeld vir sy kinders gestel het deur nie by klubs “soos ’n tiener op te tree” en mense rond te stamp nie. “Jy het van klub na klug gegaan en moeilikheid gesoek waar jy gaan. Ek stel dit aan jou dat jy daardie aand sterk was, want jy het jou vriend by jou gehad. Jy het daardie aand gedink jy is ’n held.” Henry het amper gefluister toe hy die bewerings ontken. Vorige veroordelings Robert het gesê as Henry wil hê die hof moet hom bystaan, moet hy oop kaarte speel. Henry se poging om te verduidelik wat daardie aand gebeur het, sonder om homself of Jacobs een keer te impliseer, is met verwarring ontvang. “Steeds wil jy hierheen kom en sê jy het niks gedoen nie,” het Robert in ongeloof gesê. Henry het die beskuldigdebank verlaat. William Booth, vir Jacobs, het gesê hy sou nie sy kliënt na die beskuldigdebank roep nie. Jacobs het erken hy het vorige veroordelings vir huisbraak met die doel om te steel, kwaadwillige skade aan eiendom en aanranding. ’n Forensiese maatskaplike werker het gesukkel om Jacobs by die Pollsmoor-gevangenis te sien en eers onlangs daarin geslaag. Sy het dokumente van sy familie ontvang en sou haar verslag teen die einde van die week afhandel. Die saak is tot Maandag uitgestel. Bron: news24.com
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/ek-is-werklik-jammer-vir-jul-verlies-moordenaar-aan-familie-van-matie-graduant/
Wêreld geskok na nóg ’n man sy lewe neem en dit oor Facebook uitsaai
’n Onrusbarende nuwe gier is besig om wêreldwyd in die sosiale media kop uit te steek – waar desperate mense dit inspan om ’n gehoor vir hul laaste daad op aarde te hê . . . James M. Jeffrey (49) van Robertsdale in Alabama se naam is nou ook deel van die “openbare selfdood”-statistiek nadat hy homself oënskynlik koel en kalm Dinsdagaand op Facebook Live doodgeskiet het. Die rede? ’n Mislukte verhouding. Luidens berigte was hy en sy vriendin besig om uitmekaar te gaan. Sy was glo in daardie stadium in Missisippi, maar sy was bekommerd omdat James nie op enige van haar oproepe reageer het nie. Sy het die polisie geskakel om ondersoek in te stel. Terwyl die polisie op pad na sy huis was, verneem hulle van die skokkende wending wat verrigtinge intussen in Jeffrey se huis geneem het. Hy was besig om op Facebook Live uit te saai, bier in die hand, rustig . . . Toe staan hy op, vat ’n vuurwapen en skiet homself in die kop. Voor 1 000 niksvermoedende mense wat na hom op Facebook gekyk het. Van die geskokte kykers het die polisie gekontak, min wetend hulle was reeds op pad na sy huis toe. Een van sy bure, Catherine Dodson, het dit as afgryslik bestempel. “Niemand moet ooit enigsins so-iets sien gebeur nie. Jou familie gaan dit sien, jou vriende gaan dit sien. Dit kan nooit uitgewis word nie. Hulle gaan altyd daardie laaste oomblik onthou.” Anthony Lowery, adjudant-sherrif van Baldwin County, het aan USA Today gesê dat selfood een aspek is van James se keuse. “Maar dis ’n ander ding om mense te viktimiseer.” Meer oor die video (wat nie vir die publiek toeganklik is nie) In die video kan gesien word hoe Jeffrey agteroor op sy rusbank sit. Rustig. Dan kom hy nader aan die kamera en begin daarmee vroetel. Daar is ’n geluid wat klink soos ’n boodskap-notifikasie op sy selfoon. Dan tel Jeffrey die bier op en sit weer terug. “Alive yet?”, vra hy. “Wat gaan aan?” Dan begin hy praat – oor die bier in sy hand, sy kamera . . . en nog ’n boodskap klink op. Weer stilte. Jeffrey besluit dis tyd vir nog ’n bier. Hy staan op en daar word gehoor hoe die bierbottel teen ’n ander kletter. ’n Bottel word oopgemaak. Jeffrey keer terug tot voor die kamera. Hy gaan sit weer en vra nogmaals “wat gaan aan”. Sy spraak is nie baie duidelik nie. Maar dit klink asof hy sê “daar’s baie vals mense daarbuite. Wat gaan aan? Voel jy goed?” Jeffrey spandeer baie tyd om in die niet te staar. Nog ’n boodskap kom deur. “Dekselse ding gaan alweer af,” sê hy. Dan lig hy die bottel asof in ’n heildronk. “O (naam onduidelik), ’n koue een vir jou, maat. Dankie dat jy my daardie aand uitgehaal het. Ek het ’n goeie tyd gehad.” Hy teug diep aan die bottel en noem dit ’n “pynstiller”. Stilte volg. Nog diep teue. Jeffrey breek ’n wind, staan op en gooi die leë bottel by die res. Hy gaan badkamer toe, en kom weer teruggestap. Goeters kletter in die agtergrond. Hy maak nog ’n bottel oop. “Deksels, maat,” sê hy. Hy mompel iets van dronk en sy ma, maar dis onduidelik of hy wil hê die video moet aan haar gestuur word. “Wat de hel man. Hou vas, ek gaan gou eers ’n paar vriend-versoeke stuur.” Is hierdie manier van selfdood dalk die ergste vorm van wraak of is dit ’n narsistiese behoefte om enigeen deel van jou eie, onverwerkte pyn te maak? Lees ook: Selfdood: Waarvoor jy op die uitkyk moet wees Selfdood op Facebook en Facebook Live Vroeër vandeesweek het Wuttisan “Tei” Wongtalay van Thailand ’n tou om sy 11 maand oue dogtertjie, Beta, se nek geknoop en haar van die dak van ’n verlate gebou in Phuket gegooi. Hy het haar moord op Facebook gedeel waarna hy selfdood gepleeg het. Hy het vermoed sy vrou wou hom verlaat . . . Die grusame video was vir sowat 24 uur sigbaar voordat dit van Facebook verwyder is. Pria Ini Bunuh Anak dan Dirinya di Facebook – Phuket – Wuttisan Wongtalay, pria asal Thailand membunuh bayi per… https://t.co/eTew9XoIst — rusman (@rusmanmanyu) April 26, 2017 Die afgelope Paasnaweek het Steven Stephens , ook bekend as die Facebook-moordenaar, ’n video op Facebook gedeel waarin hy ’n niksvermoedende bejaarde man, Robert Godwin trompop in die gesig skiet. Hy het 48 uur later selfdood gepleeg. Daar was egter ander gevalle van selfdood op Facebook, en Facebook Live. Op 30 Desember 2016 hang die 12-jarige Katelyn Davis haar in die voortuin na beweringe dat haar stiefpa haar mishandel. In Januarie vanjaar het ’n 14-jarige meisie, Nakia Vevant, haarself in haar pleegouers se huis opgehang. ’n Aspirant-akteur, Freddy Jay Bowdy (33), skiet homself in ’n motor in Los Angeles en ’n jong Turk het na sy mislukte verhouding gesê “Niemand het my geglo toe ek gesê het ek gaan myself dood maak nie. So, kyk hier.” El actor Frederick Jay Bowdy se suicida en directo en Facebook https://t.co/zUbsYv3YBI vía @as_tikitakas — miguel (@enlenguadegato) February 23, 2017 Facebook het verlede maand aangekondig dat daar planne is om regstreekse selfdood-voorkomingsfunksies vir Facebook Live in werking te stel. “Ons het baie werk wat voorlê en ons sal aanhou om alles binne ons vermoë te doen om sulke tragedies te verhoed,” het Marc Zuckerberg gesê.
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/wereld-geskok-na-nog-n-man-sy-lewe-neem-en-dit-oor-facebook-uitsaai/
Wees gewaarsku: Groot aantal witdoodshaaie by gewilde vakansiedorp gesien
Die Nasionale Seereddingsintituut (NSRI) het die publiek gewaarsku hulle moet op die uitkyk wees wanneer hulle strand toe gaan in die Plettenbergbaai-omgewing. ’n Groot aantal witdoodshaaie in die omgewing gesien. NSRI Plettenbergbaai-stasiebevelvoerder, Ross Badenhorst, het in ’n verklaring gesê die verhoogde haai-teenwoordigheid dié tyd van die jaar is deel van die diere se gewone doen en late. Volgens Ross kom die haaie in die area bymekaar om voordeel te trek uit prooi, soos vis en robbe, wat natuurlik daar voorkom. Die NSRI het mense gevra om swem, of wateraktiwiteite in gebiede waar voëls, dolfyne of robbe eet, mense visvang of waar ’n walvis gestrand was, te vermy. Daarmee saam het hy mense gevra om nie te swem as hulle gebloei het, as dit donker is, of hulle alleen is nie. Ross sê die NSRI is goed voorbereid om enige voorvalle te hanteer en al hulle bote, voertuie en paramedici is toegerus met die nodige materiaal om haaiaanvalle mee te behandel. Die witdoodshaai is die grootste roofvis op die planeet. Volgens National Geograpic is die witdoodshaai verantwoordelik vir ’n derde van die 100 menselewens wat jaarliks deur haaie geëis word. Witdoodshaaie is ’n bedreigde spesie, wat teen ’n kommerwekkende spoed verminder as gevolg van oorbevissing en hulle word ook per ongeluk in geelnette vasgevang. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/wees-gewaarsku-groot-aantal-witdoodshaaie-by-gewilde-vakansiedorp-gesien/
Maak so as jy die vetjies wil weghou
Wonder jy hoekom jou geswoeg en sweet in die gim geen vrugte afwerp nie? As jy slegte eetgewoontes het en meer kilojoules inneem as wat jy verbruik, sal dit glad nie help jy oefen vyf keer per week nie. Die nare waarheid is, die meeste van ons sal minder en slimmer moet eet as ons gewig wil afskud. Hier is wenke om op ’n gesonde manier maerder te word. Lê weg aan vrugte en groente Dit klink voor die hand liggend, maar die meeste van ons eet te min groente en vrugte. Enige gebalanseerde dieet sluit plantgebaseerde kossoorte en styselvrye groente in. Kool, bok choy, broccoli en blomkool is heel boaan die lys. Alle soorte bessies, appels en pere is ook ’n goeie keuse vir ’n happie, aangesien hulle vitamiene, minerale en ander voedingstowwe bevat. Hulle verhoog ook vesel- en watervlakke, wat albei die drang na kos kan bevredig. Eet stadig Baie mense eet vinnig voor hul lessenaar of gryp in die verbygaan ’n eetding. Navorsing het getoon inprop beïnvloed ’n hormoon in die dermkanaal wat aandui wanneer ons genoeg geëet het. Dit maak dat jy te veel eet. Eet rustiger sodat jou liggaam behoorlik kan registreer jy is versadig. Drink tydens ete ’n paar slukkies water om jou spoed te breek. Vermy sportdrankies Dis tog so lekker om by die gim aan ’n energiedrankie te teug, maar hierdie produkte is dikwels propvol koolhidrate en bevat dus kilojoules. Tensy jy die trapmeul gaan looi, moet jy liefs water drink. Ken die spyskaart As jy die kok is, is dit baie makliker om ’n dieet te volg. Maar wat gebeur wanneer jy uiteet? Kyk voor die tyd aanlyn na die restaurant se spyskaart en kies volgens die voedingswaarde vooraf wat jy gaan bestel. Bly ook weg van die broodmandjie en wit kossoorte soos rys, aartappels en pasta en vra dat die slaaisous apart voorgesit word. Moenie jou kilojoules drink nie ’n Gewone blikkie bruiskoeldrank kan tot 570 kilojoules bevat en het byna geen voedingswaarde nie. Vervang dit byvoorbeeld met water, tee en koffie. Maak jou spens skoon Verwyder alles wat jou in die versoeking kan stel uit die spens. As jy jou yskas vol pak met net vrugte, groente, neute en happies wat min kilojoules bevat, gaan jy jou nie kan vergryp aan suikerbelaaide lekkernye nie. Vind die regte vet Al klink dit hoe vreemd; jou liggaam het vet nodig om te werk. Navorsers het bevind vroue wat ’n dieet volg wat matig vet bevat, het gemiddeld 6 kg meer afskud as dié wat baie min vet ingeneem het. Sluit plantaardige vette in, soos avokado, olyfolie, neute en vis. © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/maak-so-as-jy-die-vetjies-wil-weghou/
Sangeres het internet op hol nadat sy allerdierbaarste gesprek afluister
Die Amerikaanse sangeres Nicole Nordeman se FB-boodskap wat sy Maandag geplaas het, het die internet op hol gehad en is teen vanoggend reeds 119 000 van gehou, en 37 000 keer gedeel. Hierin vertel sy hoe sy Maandag op ’n lughawe gehoor het hoe die paartjie wat agter haar sit, in ’n video-telefoongesprek met iemand gesels wat klink asof dit hul kleuterseuntjie is wat nou by ouma bly totdat hulle terug is by die huis. Dit is duidelik die paartjie mis hul seuntjie vreeslik, en vertroos hom in die video-telefoongesprek dat hulle binnekort tuis gaan wees. Ouma word ook gevra om seker te maak dat hy saans genoeg komberse het, en bedags speelgoed om mee te speel. Toe Nicole egter op hul selfoonskerm loer om te sien hoe die seuntjie aan die ander kant lyk, sien sy dit is al die tyd hul labradore hondjie waaroor hulle so te kere gaan. Bronne: Mirror.co.uk, Facebook
http://www.huisgenoot.com/bekendes/sangeres-het-internet-op-hol-nadat-sy-allerdierbarste-gesprek-afluister/
Huisgenoot Mobi
Die volgorde waarin kinders gebore word, kan ’n groot invloed hê op die rigting wat hulle eendag gaan inslaan. Om die onlangse Sibbesdag in Amerika te vier, het Disney ’n studie van stapel gestuur om uit te vind watter invloed geboortevolgorde kan hê op watter werk iemand eindelik gaan verrig. Die sielkundige Emma Kenny het die studie gelei. Met die sussies Anna en Elsa van die Disney-fliek Frozen in gedagte het die navorsingspan lukraak 500 van die suksesvolste mense uit 11 verskillende loopbaangroepe gekies. Hulle wou statisties beduidende patrone identifiseer. In die studie is bevind die sibbes het, nes Anna en Elsa, dikwels baie uiteenlopende dagtake gekies – ongeag wat hul huislike agtergrond is. Altesaam 29 persent van oudste kinders was, soos in die geval van Neil Armstrong, meer geneig om ruimtereisigers te word. Hulle het ook ’n groter geneigdheid om soos Stephen Hawking ’n loopbaan in die wetenskap en ingenieurswese te volg, of om nes Mick Jagger ’n rockster te word. Middelkinders het mense soos Mark Zuckerberg, lord Alan Sugar en Bill Gates as rolmodelle. As jy een van hulle is, is die kans 30 persent groter dat jou mededingende, buigsame en diplomatiese karaktertrekke sal sorg dat jy ’n prominente uitvoerende hoof word. Jy kan selfs ook by die Olimpiese Spele ’n draai maak; daar is bevind daar is ’n kans van 41 persent dat beroepsatlete in hierdie groep sal val. En wat van jongste kinders? Jy kan ’n komponis of ontdekker raak. “Die navorsing van die laaste maand het getoon geboortevolgorde het ’n beduidende invloed op die beroepsrolsoorte tussen sibbes – daar is oor die algemeen heelwat meer tipiese gevalle as uitsonderings,” het Emma aan Cover Media gesê. “Net soos in Frozen, kan twee sibbes se keuses eindelik baie verskil, maar die inherente band tussen hulle moet steeds gevier word. Sibbesdag gee ’n mens die kans om dit te doen.” © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/is-jy-die-baba-in-die-gesin-dit-kan-bepaal-watse-jop-jy-eendag-doen/
Huisgenoot Mobi
http://www.huisgenoot.com/nuus/vier-dood-en-ses-beseer-in-botsing-buite-potchefstroom/
9-jarige meisie sterf ná slaappille in melkskommel
’n 9-jarige meisie van Jeffreysbaai is dood nadat haar ma glo slaappille in haar melkskommel gegooi het. Die ma het na bewering Woensdagaand ’n uitval met haar vriend gehad en toe glo besluit om slaappille te drink. Sy het blykbaar eers vir haar dogter van die slaappille ingegee deur dit in haar melkskommel in te meng en vir haar te gee voordat sy gaan slaap. Hierna het die ma glo self ook slaappille gedrink. Dit is nog onduidelik hoeveel slaappille vir die dogter ingegee is. “Die ma het toe die volgende oggend wakker geword, maar die dogter het nie,” sê kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder. Toe die ma Donderdagoggend besef haar dogter is dood, het sy glo haar eie lewe probeer neem deur haar polse te sny. Haar vriend (waarmee sy die uitval gehad het) het op haar afgekom en haar hospitaal toe geneem. Hy het ook die polisie in kennis gestel nadat hy besef het wat gebeur het. “Die ondersoek is nog in ’n baie vroeë stadium en ons is nog besig is om verklarings te bekom,” sê kaptein Swart. “Ons wag nog vir die uitslag van die amptelike lykskouing. Op die stadium is daar net ’n geregtelike doodsondersoek geopen, want ons ken nie die meisie se mediese geskiedenis nie. Maar indien daar wel bevind word dat daar vuilspel was, sal dit baie vinnig verander na ’n klag van moord toe.”
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/9-jarige-meisie-sterf-na-slaappille-in-melkskommel/
Panayiotou-moord: Van parfuum en spelfoute tot vermeende moordenaar se swygreg
Hy is ongelukkig omdat sy familie hom net elke tweede week kan sien. So is getuig oor die “middelman” in die binneverhoor van die saak teen Christopher Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes. Christopher, Sinethembe Nenembe en Zolani Sibeko word onder meer aangekla van ontvoering en moord. Die slagoffer was Jayde Panayiotou, Christopher se vrou. Landdros Esté Petzer is Maandagoggend geroep om te getuig oor die onderhandelinge wat sy gehad met Luthando Siyoni, die beweerde middelman. #panayiotoutrial started at 9am sharp this morning. Magistrate on the stand. Este Petzer. She had dealings with alleged middleman Siyoni — Doreen Loubser (@alzammer) April 24, 2017 Hy het geen ander klagtes geopper nie, maar het wel aan haar genoem dat sy “lekker ruik” en wou weet watter parfuum sy gebruik. Sy het daarop aan hom gesê dat hy hom van persoonlike opmerkings moet weerhou. #panayiotoutrial EP says Siyoni told her she smelled nice and asked which perfume she used. EP told him to refrain from personal comments — Doreen Loubser (@alzammer) April 24, 2017 Landdros Thuliswa Bethela het ook Maandagoggend in die getuiebank verskyn. Volgens haar het sy en Luthando in isiXhosa gesels. Hy het aan haar genoem dat hy nie langer ’n beskuldigde is nie, maar wel ’n staatsgetuie. #panayiotoutrial TB asked to read her entry into recording. They spoke in Xhosa. He informed her he is now State witness and not accused — Doreen Loubser (@alzammer) April 24, 2017 Luthando het glo ophou eet omdat hy uit Humewood wou weggaan. Bethela het ook genoem dat sy enigste klagte die min kontak met sy familie was. Effense verwarring het in die hof geheers toe landdros Bethela sê Luthando wou in ’n stadium nie meer ’n staatsgetuie wees nie, maar eerder ’n beskuldigde. KYK VIDEO: Christoper Panayiotou en sy medebeskuldigdes kom die hof binne Kapt. Kanna Swanepoel was volgende in die getuiebank. Hy is van die georganiseerde misdaad-eenheid. Court is in session. The witness everyone has been waiting for, IO Captain Kanna Swanepoel is called to the stand #PanayiotouTrial — Kathryn Kimberley (@KathrynReporter) April 24, 2017 Hy is drie dae na Jayde se moord as ondersoekbeampte van die saak aangestel en het Luthando vir die eerste keer op 28 April 2015 by die Valke se kantoor ontmoet. "I actually had no idea of an arrest". Kanna met LS for first time on 28 Apr at his offices in Newton Park #PanayiotouTrial — Kathryn Kimberley (@KathrynReporter) April 24, 2017 Hy het getuig dat Luthando aan hom gesê het dat hy ’n verklaring afgelê het, maar dat hy nie in die spervuur wil kom weens iemand anders se dade nie. Hy het aan Luthando genoem dat dit nie so maklik is om ’n getuie in die saak te wees nie, veral omdat daar soveel getuienis is wat na sy kant toe wys. Dit was Luthando wat daarop aangedring het dat Christopher Panayiotou gebel moes word. Die nodige regsadvies is ingewin en hulle kon voortgaan met die oproep. I then got some legal advice with regards to him phoning CP. DPP from Grahamstown was contacted. He gave go-ahead #PanayiotouTrial — Kathryn Kimberley (@KathrynReporter) April 24, 2017 Kanna se amptelike polisieselfoon is gebruik om die oproep te maak, maar die oproep-idenfikasiefunksie was afgeskakel. Die oproep sou dus as “onbekend” op Christopher se selfoon registreer. LS used Kanna's official police phone to make the calls but the caller ID was switched off #PanayiotouTrial — Kathryn Kimberley (@KathrynReporter) April 24, 2017 Ao. Leon Eksteen, ’n gesinsvriend, se selfoon is gebruik om die telefoniese gesprek mee op te neem. Lees ook: Panayiotou-verhoor – ‘n Pa wat sy seun wou afskryf, geheime opnames en ‘n ‘kwaadwillige’ polisieman Op die eerste dag is daar 13 oproepe gemaak en een SMS gestuur. Die oproepe is net ses keer beantwoord. Christopher het vyf van die oproepe beantwoord en Donovan Vosloo een. Tydens die bykans-nuttelose oproepe het Christopher aangedui dat hy nie tyd het om met Luthando te gesels nie. Those conversations did not get very far. Basically, CP said he was too busy to speak to LS now #PanayiotouTrial — Kathryn Kimberley (@KathrynReporter) April 24, 2017 Daar is ook getuig oor die SMS wat van Luthando se selfoon, wat deur die polisie gekonfiskeer is, na Christopher s’n gestuur is. Volgens Kanna is Luthando se selfoon ingespan omdat die ander oproepe geen vrug opgelewer het nie. Die boodskap suggereer dat Luthando vir Christopher “Boss” laat weet as hy in hegtenis geneem gaan word, gaan die polisie op Christopher se spoor kom. Kanna ontken dat hy self die SMS gestuur het – benewens die feit dat hy nooit die woord “boss” gebruik nie, is daar ook verskeie spelfoute wat hy nie sou maak nie. MS reads the exact msg: "Boss if I'm arrested they will make me talk & they will be onto you". #panayiotoutrial — HeraldLIVE (@HeraldPE) April 24, 2017 Op 29 April 2015 om 10:14 het Luthando ’n oproep vanaf die OK Grocer, Christopher se besigheid, ontvang. Daar was verskeie oproepe vanaf daardie nommer wat hulle misgeloop het. Luthando is weer aangesê om Christopher te bel. Christopher het geantwoord en het sê hy is besig, maar sal later terugbel. Hy doen dit glo nie en Luthando stuur ‘n SMS om te vra hoekom hy nie terugbel nie. Luthando vra ook geld en sê hy kan nie vir Christopher by die OK Grocer ontmoet nie. Nog vier oproepe volg na Luthando se selfoon. Geen word beantwoord nie. Kanna het daarna gereël dat Luthando weer uit die tronk gehaal word om vermoedelik die oproepe te antwoord. Agt oproepe later wil Christopher van Luthando weet waar hulle bymekaar kan kom. Daar word ooreengekom om mekaar by die Engen-vulstasie in Algoapark te ontmoet. #panayiotoutrial 8x calls between Siyoni's phone and Chris. Chris finally asks "Where do you want to meet me?" — Doreen Loubser (@alzammer) April 24, 2017 Nadat Kanna na die videomateriaal van die ontmoeting tussen Luthando en Christopher gekyk het, gaan hulle na Christopher se ouerhuis. Daar was glo verskeie mense by die huis toe Eksteen ingegaan het om Christopher te gaan haal. Sy pa, Costa, het eerste uitgekom en nadat Kanna aan hom die doel van hul besoek verduidelik het, het hy sy seun gaan haal. “Ek het my voorgestel en aan hom gesê dat ek hom vir moord in hegtenis neem. Ek het hom daarna oor sy regte ingelig,” het Kanna getuig. Christopher het toestemming verleen dat sy motor deursoek kon word. Die selfoon waarmee hy Luthando gekontak het, is in sy motor gekry. Hy het egter geweier om enigiets te onderteken en het net gepraat wanneer dit absoluut noodsaaklik was. “Hy het sy swygreg uitgeoefen,” het Kanna getuig. CP refuses to sign any entry I made & he only spoke when absolutely necessary #panayiotoutrial — Kathryn Kimberley (@KathrynReporter) April 24, 2017 Christopher het wel ook toestemming gegee dat sy huis in Kabaga Park deursoek kon word. @HeraldPE Kanna waits in the witness stand during the adjournment #panayiotoutrial pic.twitter.com/NL0R4XyAq8 — Kathryn Kimberley (@KathrynReporter) April 24, 2017 Adv. Terry Price het gevra om Kanna Swanepoel eers weer na die getuiebank terug te roep nadat die staat se volgende drie getuies verskyn het. Die hof het tot twee-uur verdaag.
http://www.huisgenoot.com/nuus/luthando-panayiotou/
Leeuplaas-eienaar van Heilbron sterf, vier beseer ná gru-ongeluk op R57
Twee voertuie was Dinsdagaand in ’n botsing reg van voor op die R57 tussen Sasolburg en Heilbron betrokke. JC Pretorius, die eienaar van die bekende Tau Thaba-leeuplaas, het ernstige beserings in die botsing opgedoen. Hy is per lugambulans na ’n hospitaal in Alberton geneem, maar het kort ná sy aankoms daar aan sy beserings beswyk. Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, sê die paramedici het met hul aankoms net ná seweuur gisteraand die twee voertuie aangetref. Wrakstukke het oor ’n gebied versprei gelê. Van die beseerdes was nog in die voertuie vasgekeer. Meganiese kake moes ingespan word om hulle te bevry. Die vier beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ’n hospitaal op Heilbron geneem vir verdere mediese sorg. JC word deur sy vrou en kinders oorleef. ’n Facebook-gebruiker het gesê die R57 staan as “die pad van die dood” bekend weens gebrekkige instandhouding en die behoefte aan ’n dubbelweg om die swaar verkeer beter te laat vloei.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/leeuplaas-eienaar-van-heilbron-sterf-vier-beseer-na-gru-ongeluk-op-r57/
Seun in kop geskiet toe hy pa probeer red tydens rooftog in Roodepoort
’n Jong man (21) is Woensdagoggend in die kop geskiet toe hy tydens ’n rooftog by hul huis in Florida, Roodepoort, op sy pa se gille reageer, sê die polisie. Sers. Mpho More sê die eienaar van die huis het sy motorhuis oopgemaak om werk toe te gaan toe drie mans hom nader. Twee van hulle het vuurwapens gehad. “Hy het vir die mans gesê om die sleutels van die Volkswagen Amarok te vat en weg te gaan. Toe hy skree het sy twee seuns uitgehardloop om te kyk wat aangaan. Een van hulle is twee keer in die kop getref,” sê Mpho. Die voorval het ongeveer kwart voor ses gebeur. Die Netcare911-woordvoerder Chris Botha sê die jong man is in ’n kritieke toestand. Hy is per lugambulans na ’n gespesialiseerde hospitaal geneem nadat hy gestabiliseer is. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/seun-doodgeskiet-toe-hy-pa-probeer-red-tydens-rooftog-in-roodepoort/
So gaan dit met Afrikaanse sanger ná intensiewe behandeling in hospitaal
Die sanger Adam Barnard is uit die rehabilitasie-eenheid van die Eugène Marais-hospitaal in Pretoria ontslaan en sterk nou tuis aan, het sy bestuurspan bevestig. Volgens ’n verklaring word daar gehoop dat hy binne die volgende twee tot drie maande ’n nieroorplanting sal ondergaan. Sy mediese span wag nog op die uitslae van ’n paar toetse voor ’n finale besluit geneem kan word. Adam is verlede maand in die rehabilitasie-eenheid opgeneem, waar ’n multidissiplinêre span hom daagliks behandel het. Die behandelings sluit in fisioterapie, arbeidsterapie en ook drie hemodialisebehandelings per week. Dít het gevolg nadat hy in Februarie in die Jakaranda-hospitaal se hoësorgeenheid opgeneem is, waar verskeie toetse op hom gedoen is. Hy het ook hemodialisebehandelings ontvang om sy nierfunksie te ondersteun. Sy mediese span het toe vermoed dat hy ook aan Guillain-Barré-sindroom ly, maar daar is later vasgestel dit is nie die geval nie. Adam se voormalige Romanz-sangmaats, Louis Loock, André Venter en Burgerd Botha, het vroeër hierdie maand aan Huisgenoot vertel hulle weet Adam se diep geloof sal hom deur dié moeilike tyd in sy lewe dra. Sy agent en bestuurder, Henri Scott, sê Adam en sy familie is baie dankbaar vir al die gebede en die woorde van ondersteuning wat hulle deurentyd van die publiek gekry het.
http://www.huisgenoot.com/bekendes/so-gaan-dit-met-afrikaanse-sanger-na-intensiewe-behandeling-in-hospitaal/
Kyk: Vermeende bylmoordenaar Henri Van Breda vandag in hof
Twee jaar ná sy ouers en broer se bylmoord sal Henri van Breda se moordsaak Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof begin. Hy staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en ’n aanklag van dwarsboming van die gereg. Henri is in hegtenis geneem 17 maande ná sy ouers, Martin (54) en Teresa (55), en sy broer, Rudi (22), in die vroeë oggendure op 27 Januarie 2015 in hul huis op die luukse-gholflandgoed De Zalze in Stellenbosch vermoor is. Sy suster, Marli (16), het die aanval oorleef. Media wag buite die Kaapse hoogeregshof vir Henri van Breda en voortsetting van die bylmoord-saak. #vanbreda @huisgenoot pic.twitter.com/RtWTsAo1q9 — Gys Visser (@Gys_Visser) April 24, 2017 Henri sou ’n maand gelede sy pleitverduideliking op die aanklagte bied, maar die staat het tydens sy kort verskyning gevra vir meer tyd om met getuies te praat en bewyse te bekyk. Die aanklaer Susan Galloway het gesê sy moet praat met getuies wat nie opgeneem wou word tydens hul getuienis nie. Regter Siraj Desai het dieselfde dag Media24 se aansoek toegestaan om twee kameras te installeer om die hofverrigting op te neem en uit te saai, onderhewig aan sekere riglyne. Hy het die bevel later hangende appèlle opgeskort. Henri en die nasionale direkteur van openbare vervolgings het ’n dringende aansoek by die konstitusionele hof ingedien om die beslissing te appelleer, wat die hof op 13 April van die hand gewys het. Albei partye het daarna die appèlhof afsonderlik genader. Henri #VanBreda arrives at WC High Court. He's expected to plead on triple murder, attempted murder and defeating ends of justice charges. pic.twitter.com/IKvsDGYwmR — Tammy Petersen (@TammyPetersen87) April 24, 2017 Henri het tot Maandag om hierop te reageer en Media24 en die nasionale direkteur van openbare vervolging het ook tot dan. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/vermeende-bylmoordenaar-henri-van-breda-vandag-in-hof/
Hartseer nuus oor jong leeuslagoffer
’n Dag ná sy 12de verjaardag het die seun wat deur ’n leeu aangeval is aan sy beserings beswyk. Kristian Prinsloo se pa, Herman, het vanoggend in net ’n paar woorde bekendgemaak sy seun is oorlede. “Kristian Josef Armand Prinsloo is 10:50 oorlede. Lief vir jou, my seun. Herman & Adri Prinsloo,” het Herman op die Facebook-blad vir sy seun geskryf. Woorde van medelye het ingestroom vir Herman en Adri, wie se enigste seun vroeër vandeesmaand deur ’n “mak” leeu aangeval is terwyl hy saam met sy ouma by familievriende gekuier het. Dié familievriende hou die leeus op hul plaas aan. Die leeu het Kristian aan die nek gegryp. Dokters het in ’n stadium vir sy ouers gesê hy het geen meer breinaktiwiteit nie. Kristian, wat in die Muelmed-hospitaal in Pretoria behandel is, se toestand was sedert die aanval kritiek. Hy was ook aan ’n ventilator gekoppel. Kristian was ’n leerder aan die Laerskool Louis Leipoldt in Centurion.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/hartseer-nuus-oor-jong-leeuslagoffer/
Raai wat het Oscar Pistorius met sy naam gemaak
Oscar Pistorius het sy naam as ’n handelsmerk laat registreer sowat ’n jaar voordat hy weens die dood van sy meisie, Reeva Steenkamp gevonnis is, berig TimesLive. Dié aansoek om sy naam te laat registreer is ’n maand voor sy vonnis van ses jaar weens moord goedgekeur. Volgens TimesLive het Oscar sy naam laat handelsmerk om te keer dat dit uitgebuit word. Elaine Bergenthuin, ’n regskenner in intellektuele eiendom het aan TimesLive gesê dít beteken in die praktyk dat niemand byvoorbeeld ’n opleidingsentrum kan hê en dit na Oscar Pistorius vernoem nie. Mense kan ook nie ’n klerehandelsmerk of sportgoedere maak en Oscar se naam daarop sit nie. Bergenthuin het aan TimesLive gesê voor Reeva se dood, was Oscar se “naam en beeld ’n handelsmerk wat miljoene werd”. Hy was die ambassadeur vir verskeie handelsname eksklusiewe produkte soos Nike en Thierry Muglier. TimesLive berig Oscar het in Februarie 2015 die aansoek gebring om sy naam te laat handelsmerk. TimesLive het die dokumentasie onder oë gehad. Die aansoek is in Junie 2016 goedgekeur. Oscar is ’n maand later gevonnis. Die handelsmerk op Oscar se naam is geldig vir 10 jaar. Oscar se handelsmerk is spesifiek gerig op chirurgiese en mediese apparate en instrumente, ortopediese produkte en prostetiese en kunsmatige ledemate.
http://www.huisgenoot.com/nuus/oscar-pistorius/raai-wat-het-oscar-pistorius-met-sy-naam-gemaak/
Huisgenoot Mobi
Chahat Kumar van Punjab is net agt maande oud, maar sy weeg dieselfde as die gemiddelde vierjarige kind. En haar gewig neem daagliks toe . . . Volgens haar ma, die fyngeboude Reena (21), was Chahat ’n normale baba – tot waar sy vier maande oud geword het. NaijaVideoNet Buzz 8-Month Old Obese Baby Chahat Kumar 19kg Weight Leaves Doctors Speechless https://t.co/WuoCXSALUK pic.twitter.com/E9LQYOcqXn — NaijaVideoNet.com (@naijaVideonet) April 14, 2017 Vandaar het sake vir die Kumars verander. Haar pa, Suraj (23), vertel dat sy aansienlik meer eet as ander babas in dieselfde ouderdomsgroep. Hy self is aan die skraal kant. Dokters krap ook kop oor dié uitsonderlike geval. Skynbaar het hulle probeer om ’n bloedmonster van Chahat te neem, maar haar vel is glo abnormaal hard. Haar ouers ontken dat haar onversadigbare honger enige moontlike verband met haar dieet kan hê. Sy het glo die aptyt van ’n 10-jarige en haar ouers blameer na bewering “God” vir haar gewigsprobleem. “Dis nie ons skuld nie. God het haar hierdie toestand gegee. Dis nie in ons hande nie. Ek voel sleg wanneer party mense vir haar lag oor haar gewig,” het Suraj gesê. Tussen alles deur word Chahat net groter en swaarder. Nou sukkel sy om te slaap en selfs asem te haal. . . Bronne: indianexpress.com, daiymail.co.uk, metro.co.uk
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/agt-maand-oue-baba-laat-die-skaal-kreun-op-n-allemintige-17-kg/
Kyk net net hoe skattig is dié Kurt Darren se kleinding - al is sy HOOGS ontsteld!
Dans baba dans!! A post shared by Kurt Darren (@kurtdarren) on May 10, 2016 at 12:06am PDT
http://www.huisgenoot.com/bekendes/kyk-net-net-hoe-skattig-is-die-kurt-darren-se-kleinding-al-is-sy-hoogs-ontsteld/
2016-05-10 07:06:26
Jou sterre vir Vrydag, 28 April 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel. Deur Joanne Moore. JOU DAG Jy is gretig om te sê wat jy dink, maar is ander gereed om dit te hoor? AS JY VANDAG VERJAAR Jy is lief daarvoor om ’n doel of visie te hê waarvoor jy jou kan beywer. 2017 is die jaar om jou pas te markeer en te leer delegeer; anders gaan jou stoom opraak. RAM 21 Mrt.-20 Apr. As jy dinge uitblaker sonder om te dink, gaan jy op die ou end net ander ontstel, veral familie en vriende. Doen vandag jou bes om dinge eers te deurdink, minder te praat en baie meer op te let. BUL 21 Apr.-21 Mei Moenie die dag te erg vooruitbeplan en organiseer nie. Agter die skerms gebeur baie , en situasies kan enige oomblik onverwags verander. Streef daarna om aanpasbaar te wees. TWEELING 22 Mei-21 Jun. Groepsaktiwiteite lyk vandag opwindend en onvoorspelbaar, maar wees ekstra versigtig oor wat jy kwytraak – en teenoor wie. Geliefdes is dalk vergewensgesind, maar sal nie noodwendig vergeet nie. KREEF 22 Jun.-23 Jul. Jy is baie gefokus op professionele projekte, maar moenie al jou eiers in een werkmandjie pak nie. Diversifiseer jou belange, brei jou kontakte uit en hou jou opsies wyd oop. LEEU 24 Jul.-23 Aug. As ’n probleem jou pla, bekyk die situasie uit verskillende hoeke. Bepaal jou dan by dié deel waar jy die meeste invloed kan uitoefen. MAAGD 24 Aug.-23 Sept. Maagde is van nature krities. Vandag moet jy egter minder kritiseer en meer aanmoedig terwyl jy ’n geliefde help met ’n onverwagte probleem. Maak ook liggaamlike oefening en buitemuurse aktiwiteite ’n topprioriteit. WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt. Dit gaan ’n goeie dag wees as jy verskillende take gelyk verrig en dinge saamvoeg. ’n Geliefde of sakevennoot kan jou verstom met ’n verrassende skuif. Die lewe gaan beslis nie vervelig wees nie. SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov. Met Uranus en Mercurius wat mekaar in jou daaglikse werksone ontmoet, moet jy daarna streef om jou gewone roetine op te klits. As ’n finansiële ooreenkoms nie vir jou werk nie, moet jy proaktief raak om dit reg te stel. BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des. Die fokus is vandag op vriendskappe terwyl jy met vriende kommunikeer oor dinge wat regtig saak maak. Jy kan verwag om, met verloop van tyd, ’n paar verrassende los praatjies te hoor. STEENBOK 22 Des.-20 Jan. Dit gaan voel of jy in verskillende rigtings getrek word omdat persoonlike projekte en gesinsverpligtings om jou beperkte tyd meeding. As jy doelgerig en buigsaam bly, gaan jy op ’n produktiewe manier deur die dag kom. WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. Dink voor jy praat. Woorde kan vandag seer- of heelmaak; gebruik hulle wys. Moet dit ook nie persoonlik opneem as ’n paar verrassende goed oor jou kwytgeraak word nie. VISSE 20 Feb.-20 Mrt. Baie Visse is haastig om dinge aan te wakker, veral wat ’n finansiële situasie betref. ’n Blitsbesluit kan jou van die wal af in die sloot laat beland. Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-vrydag-28-april-2017/
Jou sterre vir Dinsdag, 18 April 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel. Met Joanne Moore. JOU DAG Weerstaan vandag die versoeking om jou oor onbenullighede te bekommer. AS JY VANDAG VERJAAR Ander mense voel aangetrokke tot jou eerbare en regverdige geaardheid. Vanjaar moet jy meer prakties ingestel en realisties wees oor jou strewes vir die toekoms. RAM 21 Mrt.-20 Apr. Jy wil jou standpunt met hope passie, energie en geesdrif oordra. Maar as jy te sterk oorkom, gaan jy mense verdryf. Behou perspektief. BUL 21 Apr.-21 Mei Mercurius beweeg steeds in trurat deur jou teken; dis dus die ideale tyd om jou toekomsplanne te heroorweeg. Maak seker jy is gereed as die noodlot eindelik wink. TWEELING 22 Mei-21 Jun. Probeer duidelik en versigtig met geliefdes en kollegas kommunikeer. As jy haastig is en te vinnig praat, kan ’n misverstand opduik. KREEF 22 Jun.-23 Jul. Die klem val vandag op verhoudings, en jy wil gehaltetyd saam met jou geliefdes deurbring. Moet egter nie by dramatiese besprekings of sinlose magspeletjies betrek word nie. LEEU 24 Jul.-23 Aug. Jy wil jou merk maak deur by die werk veranderings aan te voor of in jou gemeenskap ’n verskil te maak. Maar hoe meer jy ander kritiseer, hoe verder gaan jy hulle wegstoot. MAAGD 24 Aug.-23 Sept. Jy is geneig om jou te bekommer oor wat kan gebeur en maak graag berge van molshope. Probeer terugstaan en mense en situasies vanuit ’n baie breër perspektief beskou. WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt. ’n Sjarmante kalant kan jou vandag ’n gat in die kop praat. Bly in jou pasoppens en moenie by iets betrek word wat jy nie regtig wil doen nie. SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov. Pluto vuur vandag jou intensiteit aan; dus gaan dit moeilik wees om koelkop te bly. Dis wel ’n goeie tyd studeer, navorsing doen en om ’n geheim te ontrafel wat ander dronkslaan. BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des. Moenie die belangrikheid van netwerkvorming onderskat nie. Tans handel alles vir slim Boogskutters oor die verhouding met een mens. Moenie beledig voel deur iets wat ’n kollega of vriend/in kwytraak nie. STEENBOK 22 Des.-20 Jan. Jy moet kieskeurig wees, want daar kan spanning ontstaan tussen werkaangeleenthede en persoonlike verantwoordelikhede. Onthou: Jy kan vervang word en kan ook nie alles alleen doen nie. WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb Vandag is dit oos wes, tuis bes – hoe besig jy ook al by die werk of die skool is. Jy kook, maak skoon, raak van rommel ontslae, herversier of rangskik dinge anders. Ná ’n welgedane taak sal jy makliker kan asemhaal. VISSE 20 Feb.-20 Mrt. Verberg jy jou vele talente? Met Venus wat nou vorentoe beweeg in jou teken, is selfvertroue die gonswoord. Maak seker jy blink genoeg uit dat die hele wêreld dit kan sien. Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-dinsdag-18-april-2017/
Hier is ’n lys van die ‘vriendelikste’ plekke in SA
Het jou stad die paal gehaal? Airbnb se jaarlikse gasvryheidsindeks is pas uitgereik. Dit bevat ’n lys van die streke met uitstekende gasvryheid volgens vyfsterresensies wat gaste ná hul verblyf gedeel het. In Suid-Afrika is nege uit die toptien streke in die Wes-Kaap. En dis gebiede in die wynlande wat bobaas is. Stellenbosch is heel voor met 79 persent van besoeke wat ’n vyfstergradering kry, en sy buurdorp Paarl is kort op sy hakke. Die enige stad in die toptien wat nie in die Wes-Kaap is nie, is die stad van goud, Johannesburg. Vir hul indeks kyk Airbnb na die persentasie besoeke (nie resensies nie) waar gaste vyfstertellings vir al die kriteria – netheid, inteken, kommunikasie, waarde en akkuraatheid gee. Talle gebiede het dieselfde persentasie omdat die resensiesyfers afgerond is. As jy deur die resensies kyk blyk dit dat gaste kommunikasie van gashere as ’n topprioriteit beskou. Gaste waardeer dit wanneer gashere hulle inlig van goed soos of ’n troeteldier op die eiendom toegelaat word of nie, en of hulle ’n badkamer met ander sal deel. Hoewel ander goed soos netheid ook waardeer word, gaan dit nie veel beteken as gaste nie die nodige besonderhede het vir ’n gemaklike verblyf nie. Hier is die volledige indeks: 1. Stellenbosch 2. Paarl 3. George 4. Kaapstad 5. Johannesburg 6. Plettenbergbaai 7. Swellendam 8. Knysna 9. Hermanus 10. Grabouw 11. Jeffreysbaai 12. Port Elizabeth 13. Pretoria 14. Mosselbaai 15. Berea 16. Oos-Londen 17. Ballitoville 18. Durban 19. Oudtshoorn 20. Saldanha 21. Bredasdorp Stem jy saam hiermee? Sê jou sê op ons Facebook-blad
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/hier-is-n-lys-van-die-vriendelikste-plekke-in-sa/
Vrou sterf aan die hand van haar buurman en sy byl
Mense van die woonbuurt Zaaiplaas buite Groblersdal, wat toegekyk het hoe ’n man sy buurvrou met ’n byl opkap, moet berading ontvang. Só sê lt.kol. Moatshe Ngoepe ná dié verskriklike voorval vanoggend wat omstreeks 07:30 plaasgevind het. “Die vrou se kinders ontvang ook berading na die voorval,” sê Moatshe. Volgens Moatshe het ’n persoon afgekom op die 30-jarige man wat sy 39-jarige buurvrou met ’n skerp voorwerp opkap. Die man het later begin om van die vrou se bloed te drink. Sy was toe reeds dood. Die polisie is vinnig in kennis gestel. Toe hulle by die toneel kom, het die man nog met die byl in sy hande gestaan. Hy is op die plek in hegtenis geneem. Die man sal binnekort in die landdroshof in Zaaiplaas op ’n aanklag van moord verskyn.
http://www.huisgenoot.com/nuus/vrou-sterf-aan-die-hand-van-haar-buurman-en-sy-byl/
Kaapse polisieman sterf toe kollega hom ‘per ongeluk’ skiet
’n Polisiebeampte het Woensdagaand in Kraaifontein gesterf toe hy na bewering per ongeluk deur sy kollega geskiet is. Sy kollega was luidens berigte besig om sy eie vuurwapen skoon te maak toe ’n skoot afgaan. Die man is na bewering in die bors getref. Die twee beamptes was in ’n voertuig ten tyde van die voorval. Moses Dlamini, Opod-woordvoerder, het aan Times Live gesê hulle is nog besig om feite rondom die voorval in te samel. “Al wat ons tot dusver weet, is dat dit ’n ongeluk was,” het hy gesê. “Die voorval word ondersoek.” Bronne: ewn.co.za, timeslive.co.za
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kaapse-polisieman-sterf-toe-kollega-hom-per-ongeluk-skiet/
Tiener se ‘pretrit’ met trok op N2 laat 2 mense in kritieke toestand
Twee mense is Vrydagmiddag kritiek beseer terwyl ’n derde persoon matige beserings opgedoen het in ‘n bisarre ongeluk op die N2 by Mosselbaai. Die ongeluk het naby die Cooper-afrit gebeur. Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê die 15-jarige seun het na bewering vroeër Vrydagmiddag ’n trok gesteel. Maar sake het erg skeefgeloop toe provinsiale verkeersbeamptes besig was om ’n padblokkade op die N2 op te stel. Die 15-jarige het met die trok in twee verkeersvoertuie asook ’n privaatmotor vasgeploeg. Daar was na bewering ’n jong vrou, vermoedelik van Johannesburg, en twee ouer passasiers, volgens aanduidings van Engeland afkomstig, in die privaatmotor. ER24-paramedici het omstreeks half-vier op die toneel aangekom. Die meisie, in haar twintigerjare, en die man (65) was in die wrak van hul motor vasgekeer. Die 64-jarige vrou is ook in die motor gevind, maar sy was gelukkig nie vasgekeer nie. Sy is op die toneel behandel en na Bayview-hospitaal geneem met matige beserings. Die man, wat as passasier voor in die motor gereis het, het ernstige beserings opgedoen en is na behandeling op die toneel na dieselfde hospitaal as die vrou gehaas. Die jong vrou is egter kritiek beseer. Sy is per lugambulans na George se provinsiale hospitaal geneem. Die 15-jarige is op die toneel deur Metro-nooddienste behandel en is met geringe beserings na Mosselbaai se provinsiale hospitaal geneem. Die saak word ondersoek.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/tiener-se-pretrit-met-trok-op-n2-laat-2-mense-in-kritieke-toestand/
Pa wat 3-jarige tweeling in Houtbaai glo vermoor, ‘sukkel om aan te pas in die tronk’
Die pa wat sy driejarige tweeling glo vermoor het, moet deur ’n psigiater assesseer word, berig EyeWitnessNews (EWN). Mario-Cesar Deus Yela (48) het Woensdag, 26 April, in die Wynberg-landdroshof verskyn weens die moord van sy kinders, Maximo en Octavia. Yela se eksvrou het vroeër vandeesmaand op die lykies van haar twee jongste kinders afgekom in Yela se woonstel in Houtbaai. Yela, wat van Spanje afkomstig is, sal in aanhouding bly tot en met sy volgende verskyning op 10 Mei vanjaar. William Booth, Yela se regsverteenwoordiger, het aan EWN gesê sy kliënt sukkel om in die tronk aan te pas. Volgens Booth het die oorbevolkte toestande in die Pollsmoor-tronk se hospital-afdeling Yela se geestesgesondheidstoestand net vererger. Booth het Dinsdag, tydens Yela se verskyning aan die hof gesê sy kliënt versoek om in ’n enkelsel aangehou te word want die sel waar hy is, moet hy met 20 ander gevangenes deel en dit is te raserig vir hom, berig EWN. Maar, het die aanklaer aan die hof gesê, dié aansoek kan nie toegestaan word nie want tronkbeamptes het gevind dat Yela se huidige geestesgesondheidstoestand kan hy nie alleen aangehou word nie. Dit het met ’n vorige hofverskyning uitgekom dat Yela neigings toom om sy eie lewe te neem. Volgens die aanklaer is die sel waarin Yela aangehou word, nie oorbevolk nie. Die saak is uitgestel sodat Yela deur ’n psigiater geassesseer kan word.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/pa-wat-3-jarige-tweeling-in-houtbaai-glo-vermoor-sukkel-om-aan-te-pas-in-die-tronk/
Maak so as jy gewig wil verloor
Wonder jy hoekom jou geswoeg en sweet in die gim geen vrugte afwerp nie? As jy slegte eetgewoontes het en meer kilojoules inneem as wat jy verbruik, sal dit glad nie help jy oefen vyf keer per week nie. Die nare waarheid is, die meeste van ons sal minder en slimmer moet eet as ons gewig wil afskud. Hier is wenke om op ’n gesonde manier maerder te word. Lê weg aan vrugte en groente Dit klink voor die hand liggend, maar die meeste van ons eet te min groente en vrugte. Enige gebalanseerde dieet sluit plantgebaseerde kossoorte en styselvrye groente in. Kool, bok choy, broccoli en blomkool is heel boaan die lys. Alle soorte bessies, appels en pere is ook ’n goeie keuse vir ’n happie, aangesien hulle vitamiene, minerale en ander voedingstowwe bevat. Hulle verhoog ook vesel- en watervlakke, wat albei die drang na kos kan bevredig. Eet stadig Baie mense eet vinnig voor hul lessenaar of gryp in die verbygaan ’n eetding. Navorsing het getoon inprop beïnvloed ’n hormoon in die dermkanaal wat aandui wanneer ons genoeg geëet het. Dit maak dat jy te veel eet. Eet rustiger sodat jou liggaam behoorlik kan registreer jy is versadig. Drink tydens ete ’n paar slukkies water om jou spoed te breek. Vermy sportdrankies Dis tog so lekker om by die gim aan ’n energiedrankie te teug, maar hierdie produkte is dikwels propvol koolhidrate en bevat dus kilojoules. Tensy jy die trapmeul gaan looi, moet jy liefs water drink. Ken die spyskaart As jy die kok is, is dit baie makliker om ’n dieet te volg. Maar wat gebeur wanneer jy uiteet? Kyk voor die tyd aanlyn na die restaurant se spyskaart en kies volgens die voedingswaarde vooraf wat jy gaan bestel. Bly ook weg van die broodmandjie en wit kossoorte soos rys, aartappels en pasta en vra dat die slaaisous apart voorgesit word. Moenie jou kilojoules drink nie ’n Gewone blikkie bruiskoeldrank kan tot 570 kilojoules bevat en het byna geen voedingswaarde nie. Vervang dit byvoorbeeld met water, tee en koffie. – Cover Media
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/maak-so-as-jy-gewig-wil-verloor/
Bill Cosby se dogter: ‘My pa is nie ‘n verkragter nie’
Bill Cosby se dogter veroordeel die bewerings van seksuele aanranding teen haar pa en ook die mense wat dit maak en hou vol hy is nie ’n gewelddadige man of ’n “verkragter” nie. Die ster van The Cosby Show gaan hom in Junie vanjaar in die hof verdedig teen aanklagte van onsedelike aanranding te midde van bewerings dat hy Andrea Constand, ’n voormalige werknemer van die Temple-universiteit, in 2004 by sy huis in Pennsylvania bedwelm en seksueel aangerand het. En sy dogter, Evin, hou vol haar pa is onskuldig. “Die openbare vervolging van my pa, my kinders se oupa, en die wreedheid van die media en diegene wat my pa as ’n ‘verkragter’ brandmerk sonder dat hulle eens die waarheid weet en wat ons familie en ons vriende verneder oor ons my pa verdedig, maak dit alles veel erger vir my familie en my kinders,” skryf sy in ’n plasing vir NNPA Newswire. “Wanneer mense so vinnig is om haat te versprei en aantygings van grusame geweld teen my pa maak, is hulle gevoelloos in hul onverskilligheid oor die skade wat hulle ander berokken.” Evin verdedig dan haar pa deur te suggereer sy beweerde slagoffers se stories “maak nie sin nie”. Sy veroordeel ook die media daarvoor dat hulle weier om na Bill se kant van die saak te luister. “Pleks van deur die strafregstelsel gaan, word die stories nooit ondersoek nie en net herhaal,” voeg sy by. “Dit word as die waarheid aanvaar. Ma pa het homself probeer verdedig. Sy prokureurs het hom probeer verdedig, maar hulle is almal gedagvaar.” “Mense het heeltyd na my uitgereik en gevra: ‘Hoekom sê jou pa nie iets nie,” vertel sy. “Ek het aanhou sê: ‘Hy probeer, maar die media stel net in die vroue se stories belang’. Vriende van ons het probeer help, maar die media wou nie druk wat hulle sê of weet nie . . . Niemand wou hul ondersteundende woorde druk nie.” Meer as 50 vroue het in onlangse jare na vore gekom met historiese klagtes van seksuele aanranding teen die veteraan-komediant. Sy verteenwoordigers het die bewerings herhaaldelik ontken. Bill het nie self oor die beskuldigings gepraat nie, maar nou bekendgemaak hy het sy sig verloor. Die akteur onthul toe hy twee jaar gelede een oggend wakker word, kon hy nie sien nie. Dokters het sedertdien bevestig hulle sal nie sy sig kan herstel nie. Maar Bill laat nie toe dat sy probleme met sy sig en die reg hom onderkry nie en hoop hy kan sy loopbaan as komediant binnekort weer op dreef kry. “Ek mis dit alles en ek hoop daardie dag sal kom,” sê hy. “Ek het roetines en stories waaraan ek werk. Ek dink daaroor om iewers in Amerika op die verhoog te stap en op ’n stoel te gaan sit en die vertoning te lewer wat die begin van die volgende hoofstuk van my loopbaan sal wees.” – Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/bill-cosby-se-dogter-my-pa-is-nie-n-verkagter-nie/
Kyk: Die keer toe die slang vinnig ’n e-pos wou stuur
Dis nie ’n wolhaarstorie nie. Wel, die e-pos gedeelte dalk, maar die slang het onverwags besoek gaan aflê by ’n internetkafee – met chaotiese gevolge! Die enigste rede hoekom hierdie video jou dalk gaan laat skree van die lag, is omdat jy bitter bly is jy was nie op daardie oomblik self in die internetkafee in Thailand nie. Alles lyk doodrustig op die oog af. Een van die kliënte drentel oënskynlik argeloos na die deur, in alle waarskynlikheid omdat hy klaar is met wat hy wou doen. Maar gedoriewaar! Die volgende oomblik vlieg daar ’n slang by die deur in die oomblik wat dit oopgaan. Asof die skok nie genoeg is nie, byt die slang boonop die arme man aan sy agterstewe. Wat daarna volg, is verstommend. Die ongelukkige kliënt slaan op die vloer neer terwyl hy probeer weghardloop soos ’n hond wat ’n nare nagmerrie in sy slaap het. Pandemonium! Stoele trek, mense hardloop angsbevange rond en sommige spring bo-op die stoele wat nog staande gebly het. Gelukkig is dié slang nie ’n giftige een nie, maar behoort aan die spesie wat eerder hul prooi doodwurg. Dit is onseker met wie die slang in die kuberruim wou klets nie. . .
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/kyk-die-keer-toe-die-slang-vinnig-n-e-pos-wou-stuur/
Huisgenoot Mobi
Altesaam 25 mense is vanoggend in ’n botsing tussen ’n bakkie en ligte voertuig op die N1-snelweg voor die R21 in Pretoria beseer. Toe ER24-paramedici en ander dienste op die toneel aankom, het die bakkie in die regterbaan van die snelweg op sy kant gelê. Die ligte voertuig is ’n entjie daarvandaan aangetref. Paramedici het ’n aantal beseerdes tussen die versperrings gevind. Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het die paramedici die beseerdes op die toneel ondersoek. Altesaam 25 is beseer. Twee mense het kritieke beserings opgedoen, terwyl 23 ander se beserings van gering tot matig wissel. Die beseerdes is behandel. Een van die bakkie se bande het glo gebars en dit het daartoe gelei dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Die voertuig het gerol en die insittendes agter op die bakkie het uitgeval. Die ongeluk het die verkeer in die gebied ernstig ontwrig. Die plaaslike owerheid was op die toneel om ’n volledige ondersoek te doen.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/band-wat-bars-moontlik-oorsaak-vir-ongeluk-waarin-25-mense-by-pretoria-beseer-is/
Legendariese sanger het ‘potensieel dodelike’ bakteriële infeksie onder lede
Sir Elton John (70) is so siek dat hy ’n reeks konserte in Las Vegas moes kanselleer. In berigte is daarop gesinspeel dat die sanger ná ’n onlangse mediese prosedure nog sukkel met swak gesondheid en moet rus, maar dit blyk nou die situasie is veel erger. Al sy The Million Dollar Piano-vertonings by die Colosseum by Caesars Palace in Sin City is vir April en Mei gekanselleer, asook ’n beplande konsert op 6 Mei in Bakersfield, Kalifornië. ’n Woordvoerder het aan Variety gesê Elton het “geweldig siek” geword nadat hy ’n seldsame, “potensieel dodelike” bakteriële infeksie opgedoen het tydens sy onlangse toer in Santiago, Chili. Elton John suffered ‘deadly bacterial infection’ on tour https://t.co/I9vqzBb9RY — BBC News (World) (@BBCWorld) April 24, 2017 Elton is verlede week met sy terugkeer in die hospitaal opgeneem en was twee dae in die waaksaal. Hy is Saterdag uit die hospitaal ontslaan en “rus nou gemaklik by die huis”, sê die verteenwoordiger, wat sê die sanger sal na verwagting volkome herstel. “Ek is so gelukkig om die ongelooflikste en lojaalste aanhangers te hê en vra verskoning dat ek hulle teleurstel,” lui ’n verklaring wat Elton Vrydag uitgereik het. “Ek is ontsettend dankbaar teenoor die mediese span; hulle het uitstekend na my omgesien.” Elton se geskeduleerde vertonings in Las Vegas op 28 en 29 April en op 1, 4 en 5 Mei is almal gekanselleer. Hy sal op 3 Junie in Engeland na die verhoog terugkeer. Sy ontslag uit die hospitaal was op die 10de Record Store Day, toe hy as die jaarlikse geleentheid se heel eerste legende vereer is. Elton het die geleentheid gevier deur sy 1971-konsertalbum, 17.11.70, weer uit te reik. Die eksklusiewe Record Store Day-uitgawe van 17.11.70+ sluit ses nuwe liedjies in, onder meer ’n weergawe van Amoreena, wat voorheen nog net op viniel uitgereik is. Die album bevat ook konsertweergawes van Take Me to the Pilot, Your Song, I Need You to Turn to en My Father’s Gun. @Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/legendariese-sanger-het-potensieel-dodelike-bakteriele-infeksie-onderlede-gehad/
VIDEO: Kyk net wat ’n 193 km/h botsing aan jou kar doen
Wie het nie al voor die versoeking geswig om die lepel ’n bietjie dieper te trap as wat die wettige spoedbeperkings voorskryf nie? Spoed kan ’n verslawende affêre wees, veral as jy agter die stuur van ’n motor met ’n kragtige enjin se stuurwiel inskuif – en die perde onder die kap beur om losgelaat te word. Staan sterk en hou daardie wilde perde in toom – of jy kan nie net jou eie lewe nie, maar dié van talle onskuldiges vir ewig ruïneer. Spoed is niemand se maat nie, veral nie as jy nie ’n opgeleide renjaer is wat geskool is in die fyner kunsies van voertuigbeheer en hantering van onvoorspelbare gebeure nie. Dis boonop so maklik om jou eie reaksievermoë te onderskat. Terwyl jy nog dink alles is onder beheer, is dit reeds te laat . . . Tussen 2014 en 2016, het die Johannesburges Metropolitaanse polisiediens (JMPD) 1 670 motoriste in hegtenis geneem wat die aangewese 80 km per uur spoedgrens met meer as 40 km per uur oorskry het. In dieselfde periode is 667 motoriste gearresteer omdat hulle teen meer as 160 km per uur gejaag het. Volgens Wayne Minnaar, die hoof van JMPD, Wayne Minnaar, veroorsaak “opgewarmde” voertuie en onwettige straatrenne steeds problem. Van die spoedvrate wat hulle teen die lang arm van die gereg vasgeloop het, het meer as 230 km op die klok aangeteken. Dis ongelukkig nie ’n prestasie nie. “Stewige boetes is een ding, maar indien jy die spoedgrens met meer as 40 km/h oorskry, sal jy op die plek gearresteer word”, sê Wayne. “Afhangend van die erns van jou oortreding, kan jy ’n boete van tot R20 000 opgelê word of selfs tyd agter tralies spandeer.” Moenie jouself flous nie. ’n Botsing met ’n impakspoed van 80 km per uur verhoog die risiko op noodlottige gevolge tot 20 keer meer as wanneer jy in ’n botsing met ’n impakspoed van 30 km per uur betrokke is. Dus, hoe vinniger jy ry, hoe groter sal die impak wees indien jy byvoorbeeld ’n ander voertuig, ’n boom of een of ander versperring of muur sou tref. “Die kruks van die saak is dat jy spoed móét verminder as jy jou kanse om noodlottig beseer te word, wil verminder,” sê Dawid Botha, woordvoerder van Virseker. Nog nie oortuig dat spoedmaatreëls ook vir jou en jou jaagduiwelvriende geld nie? Gewilde VK-motorreeks, Fifth Gear, het ’n video vrygestel van ’n botsing teen 193 km per uur (120 myl per uur) – ’n spoed wat deur verskeie motors op ons paaie vandag kan haal, nie net deur turbo-aangejaagde of luukse sportmotors nie. Indrukwekkende veiligheidskenmerke van modern motors kan jou net tot op ’n punt beskerm, maar dit kan jou nie teen jou eie stommiteit beskerm nie. Hier’s ’n kykie na wat op jou kan wag wanneer jy volgende keer weer besluit dis tyd om jou bestuursvaardigheid teen hoë spoed op die proef te stel. Wat kan jy doen om veiliger op pad te wees? 1. Hou by die verkeersreëls. Wees altyd bewus van wat die spoedperk in ’n spesifieke area van toepassing is en hou daarby. 2. Wees op die uitkyk vir jaagduiwels en probeer om uit hulle pad te bly. Moenie huiwer om hulle aan te meld nie. Skryf alle moontlike besonderhede neer (registrasienommer, model, tyd, plek) en bel 0861 400 800 om roekelose of nalatige padgebruik aan te meld. 3. Belê in ’n voertuig met ’n hoë NCAP-gradering en goeie veiligheidskenmerke, soos sy-impakstawe en lugsakke, om ekstra beskerming te bied. “As jy wel ’n passie vir vinnige motors en ’n onlesbare dors vir spoed het, gebruik eerder rendae, gevorderde bestuurderskursusse, knortjorbane en selfs nabootsers as uitlaatkleppe, as om op paaie te jaag. “Wanneer die skade eers aangerig is, ’n persoon beseer, gestrem of selfs gedood is, sal jy besef dat die prys vir spoed-opwinding hopeloos te hoog is, maar dan sal dit reeds te laat wees”, sê Dawid.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/video-kyk-net-wat-n-193-kmh-botsing-aan-jou-kar-doen/
Disney-akteur neem sy eie lewe
Die 35-jarige akteur Michael Mantenuto het sy lewe Maandag in Washington geneem. Michael was bekend vir die rol wat hy wat in die Disney-fliek Miracle gespeel het. Die Des Moines-polisiediens het volgens ’n verklaring op sy lyk afgekom. “Dié van julle wat Mike goed geken het, sal hom onthou vir sy passievolle liefde vir sy gesin en sy toewyding tot die ‘gesondheid’ van die mag,” het sy groepbevelvoerder in die weermag, kol. Guillaume “Will” Beaurpere, Woensdag in die verklaring gesê. “Ons diepste medelye gaan Mantenuto se familie, vriende en spanmaats. Ons is toegewy daartoe om hulle te ondersteun is hierdie moeilike tyd.” Michael word oorleef deur sy vrou, Kati Vienneau, sy dogter, Ava, seun, Leo, en sy ouers Joseph en Kerry Mantenuto. Die akteur het in die Miracle (2004) die rol van die verdediger Jack O’Callahan vertolk – die fliek het gegaan oor die VSA se mans-yshokkiespan wat in 1980 die Sowjetunie by die Winterspele geklop het. Ná sy vertoning in Miracle het hy in 2006 in die televisiefliek Dirtbargs gespeel in ’n ondersteunende rol en in 2008 ’n heelwat kleiner rol in die komedie Surfer, Dude. Michael het egter hierna die rolprentbedryf vaarwel geroep en hom by die weermag se spesiale magte aangesluit. Hier is ’n greep uit die fliek Miracle: Ekstra bronne: Nydailynews.com; Hollywoodreporter.com
http://www.huisgenoot.com/bekendes/disney-akteur-neem-sy-eie-lewe/
Studie wys hoe troeteldiere tuis babas gesond help hou
Hulle is nie net onselfsugtige metgeselle, oppassers of ’n bron van groot vermaak nie. ’n Fassinerende studie uit Kanada bevestig nou troeteldiere tuis is uit die staanspoor goed vir jou kinders. Diere help as’t ware al vandat die baba nog in die baarmoeder is ’n belangrike grondslag lê vir die spruite se latere gesondheid. En dit nogal om ’n heel onverwagte rede. Nee, dit gaan nie soseer daaroor dat hulle byvoorbeeld ma en baba laat lag en goed voel nie; dit het eerder daarmee te make dat Wagter en Kiets nie van die skoonste is nie . . . as jy hulle nou so onwetenskaplik wil beoordeel. Jy kan maar sê daardie “mikro-ekosisteme” wat jou harige vierbeenvriende saam karwei, dien tydens die kleingoed se vroeë ontwikkeling as ’n doepa. Navorsing van die Universiteit van Alberta het gewys babas uit gesinne met troeteldiere (in dié geval was 70 persent honde) toon beduidend hoër vlakke van mikrobes wat met ’n laer risiko vir allergieë en vetsug vereenselwig word. Dié studie is gelei deur Anita Kozyrskyj, ’n pediatriese epidemioloog en topnavorser oor ingewande-mikrobes (mikro-organismes of bakterieë wat in die spysverteringskanaal van mense en diere voorkom). Dit bou voort op twee dekades van navorsing wat gewys het kinders wat naby honde grootword, is minder vatbaar vir asma. Die teorie is dat blootstelling aan vuilheid en bakterieë, byvoorbeeld in of aan jou brak se pels of pote, heel aan die begin van jou kind se lewe vroeë immuniteit kan skep. In hul jongste studie het Anita-hulle bevind blootstelling aan troeteldiere selfs terwyl babas nog in die baarmoeder is (onregstreeks deur die ma), of tot hulle drie maande oud is, verhoog die voorkoms van die bakterieë Ruminococcus en Oscillospira, wat onderskeidelik met verminderde kinderallergieë en minder gewigsprobleme verbind word. Die voorkoms van dié twee soorte bakterieë kan verdubbel met ’n troeteldier in die huis. Ongebore of pasgebore babas word dus ook dikwels daaraan blootgestel deurdat die mikrobes van troeteldier na ma na kind oorgedra word. Selfs al besluit ’n gesin dus net voor die vrou kraam om ’n troeteldier weg te gee vir aanneming, en dit sal hartseer wees, “kan die oordrag van die gesonde mikrobioom steeds plaasvind”, verduidelik Anita-hulle. Volgens hul navorsing het dié immuniteithupstoot ook voorgekom by drie geboorte-scenario’s wat gewoonlik met swakker immuniteit verbind word: keisersnee, antibiotika gedurende geboorte en ’n gebrek aan borsvoeding. Troeteldiere tuis het daarby die waarskynlikheid van die oordrag van ’n bakterie tydens geboorte verhinder. Dit word andersyds met siektes soos longonsteking by pasgeborenes vereenselwig. Dis nog te vroeg om te voorspel of dié navorsing ook tot die ontwikkeling van nuwe middels kan bydra, maar Anita sluit nie die konsep van “ ’n hond in ’n pil” uit nie. “Dis nie vergesog dat die farmaseutiese bedryf ’n aanvulling uit dié mikrobiome sal probeer skep nie, baie soos wat hulle in die geval van probiotika gedoen het.” Bronne: University of Alberta, Microbiome Journal
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/studie-wys-hoe-troeteldiere-tuis-babas-gesond-help-hou/
Wes-Randse tienermeisie sedert Maandag vermis
’n Ouerpaar van Randpark-rif aan die Wes-Rand het sedert Maandag (17 April) nie ’n oog toegemaak nadat hul tienerdogter spoorloos verdwyn het nie. Brittany Barnes (17) het Maandagmiddag net na drie-uur gaan draf en nie weer na haar ouerhuis in Kokerboomstraat teruggekeer nie. Die tiener het lang bruin hare, groen oë, is slank gebou en het ’n tatoe van ’n anker op haar regterkantse gewrig. Sy het met haar verdwyning’n lospassende grys T-hemp met ’n stywe grys broek en turkoois Nike-tekkies gedra. Haar pa, Andrew, het Vrydag aan Huisgenoot.com gesê dat hulle nog niks van haar gehoor het nie. “Haar selfoon is nie aan nie en sy is ook nie by vriende nie,” het die bekommerde pa gesê. Sy is as vermiste persoon by die Honeydew-polisiekantoor aangemeld, asook by die organisasie die Pink Ladies. “Ons is so dankbaar vir almal se ondersteuning,” sê Andrew oor ’n groep mense wat help om na die tiener te soek.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/wes-randse-tienermeisie-sedert-maandag-vermis/
Jou sterre vir Dinsdag, 25 April 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore. JOU DAG Baie mense gaan vandag intens en rusteloos voel. AS JY VANDAG VERJAAR Jy is uiters vasberade, maar dit is soms suiwer hardkoppigheid. Maak in 2017 seker jy kan by veranderende omstandighede aanpas. RAM, 21 Mrt.-20 Apr. Die sterre krap jou rustelose sy deurmekaar. Talle Ramme sal vandag geïrriteerd en ongeduldig voel. Wees ekstra versigtig as jy fietsry of motor bestuur. En moenie dinge uitblaker wat ander mense gaan ontstel nie. BUL, 21 Apr.-21 Mei Bulle hou van betroubare roetines. As jy egter in ’n gemaklike groef beland het, sal jy vandag daar uitgehaal word. Dramatiese onderbrekings sal jou volmaak beplande dag omvergooi. TWEELING, 22 Mei-21 Jun. Verbonde Tweelinge: Wanneer laas het jy jou maat vertel hoeveel jy omgee? Sommige enkellopendes sal tot ’n kollega, klant of kliënt aangetrokke voel. Wie het gesê werk en romanse kan nie meng nie? KREEF, 22 Jun.-23 Jul. Onderbrekings lyk vandag waarskynlik, by die werk of skool. Bekyk jy ’n professionele situasie deur ’n bril waarvan die lense ál meer rooskleurig raak? Dit is iets om oor na te dink. LEEU, 24 Jul.-23 Aug. Jy sal moontlik vandag rusteloos voel. Maak seker jy kanaliseer jou energie in die rigting van produktiewe projekte. Wat ’n kind, tiener of vriend betref, kan dit voel asof jy op ’n oorbekende terrein beweeg. MAAGD, 24 Aug.-23 Sept. Het jy probleme gehad met ’n verhouding? Venus besoek jou vennootskapsone tot Vrydag, dus is dit moontlik tyd om jou trots te sluk en die olyftak van vrede uit te hou. WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt. Weegskale is gewoonlik vredeliewende siele. Jy voel egter vandag meer vurig, liggeraak en onvoorspelbaar as gewoonlik, dus kan jy moontlik in ’n hewige rusie met iemand betrokke raak. SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov. Mercurius beweeg nog agteruit, dus is alleenwees tans sielskos vir jou. Alleendoendinge, soos mediteer, nadink, lees en skryf, sal jou help om jou Skerpioen-geïrriteerdheid onder beheer te kry. BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des. Die sterre klits dinge vandag deurmekaar; verwag ’n klompie verrassings en onderbrekings. Mercurius beweeg nog in trurat, dus gaan ’n romanse, vriendskap of kreatiewe projek nie so vinnig vorder soos jy graag wil hê nie. STEENBOK, 22 Des.-20 Jan. Moenie toelaat dat negatiewe selfpraatjies jou terugrem nie. Wees self jou grootste bewonderaar. As jy nie in jouself glo nie, hoekom moet enigiemand anders dit doen? ’n Persoonlike projek toon groot belofte. WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. Die Maan/Uranus-verbinding verhoog vandag en vanaand jou impulsiewe sy en dit maak jou meer vatbaar vir ongelukke as gewoonlik. Moenie jaag nie; kalmeer, ontspan en verslap die pas. VISSE, 20 Feb.-20 Mrt. Mercurius en Saturnus beweeg in trurat deur jou loopbaan- en sakesones; moet niks as vanselfsprekend aanvaar nie. As jy probleme wil inkort, sal jy eers alles moet nagaan en dit dan weer moet doen. Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-dinsdag-25-april-2017/
United Airlines WEER onder skoot nadat Playboy Bunny se beroemde reusekonyn “geheimsinnig doodgaan” op vlug
United Airlines het ‘n nuwe skakelramp om die hoof te bied nadat ‘n reusekonyn op een van hul vlugte dood is. ’n Reusekonyn met die naam Simon, wat bestem was om die grootste konyn ter wêreld te word, was op pad na sy nuwe tuiste by ’n “baie beroemde” glansmens. Op 10 maande oud was die konyn reeds ’n meter lank. Hy was glo van Heathrow in Londen na O’Hare in Chicago op pad nadat ’n ster wat in Amerika woon hom gekoop het. United's latest PR nightmare: 'Much-loved' giant rabbit found dead after flight to O'Hare – Washington Post https://t.co/8Y6lNDXzT0 pic.twitter.com/lLtg2sgSNO — Rita patel (@prita1681) April 26, 2017 Die voorval het ’n beroering vir die maatskappy versoorsaak wat reeds wêreldwyd in die pekel is nadat ’n video van vlugbeamptes wat ’n 69-jarige passasier van een van hul vlugte af sleep soos ’n veldbrand versprei het. Dr. Dao is met ’n bebloede gesig gelaat nadat werknemers van United hom van ’n oorvol vlug af gedwing het toe hy weier om sy sitplek prys te gee. Simon se teler, Annette Edwards, ’n voormalige Playboy Bunny, het aan The Sun gesê hy was die grootste konyn ter wêreld naas sy pa, Darius, wat 1,32 m lank is. “Ons was hartseer om die nuus te hoor. Die veiligheid en welstand van al die diere wat met ons reis is van die uiterste belang vir United Airlines en ons PetSafe-span,” het ’n woordvoerder van die lugdiens aan The Sun gesê. “Ons is in kontak met ons kliënt en het bystand aangebied. Ons hersien die saak,” het hulle bygevoeg. United investigating report that giant rabbit died on transatlantic flight: The bunny was being shipped to a… https://t.co/dd2RCFvbit pic.twitter.com/GegB19DKMP — Running Experts (@Running_experts) April 26, 2017 “Iets baie vreemds het gebeur en ek wil weet wat. Ek het al konyne oral in die wêreld gestuur en so iets het nog nooit voorheen gebeur nie,” sê Annette. “Die kliënt wat Simon gekoop het, is baie beroemd. Hy is ontsteld.” Dit was vir Annette ’n affêre, want die konynras kos glo ‘n allemintige R85 000 per jaar om aan te hou. Annette is ook bekend vir haar obsessie met konyne, berig MailOnline. Sy het op ITV se This Morning verskyn nadat sy R170 000 £10 000 aan plastiese snykunde bestee het om soos die strokieskarakter Jessica Rabbit te lyk. Bronne: Independent, The Guardian , BBC, The Sun
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/united-airlines-weer-onder-skoot-nadat-playboy-bunny-se-beroemde-reusekonyn-geheimsinnig-doodgaan-op-vlug%E2%80%A8%E2%80%A8/
13 beseer ná gasontploffing in Johannesburg
Dertien mense is beseer toe ’n brand Donderdagmiddag by ’n skrootwerf in Doornfontein, Johannesburg, uitgebreek het. Dit is deur ’n gasontploffing veroorsaak. Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, was daar aanvanklik gedink dat ’n brand by ’n vulstasie uitgebreek het, maar by nadere ondersoek was dit ’n gasontploffing by ’n skrootwerf in Siemererstraat. 27/04 – 13 ppl sustained minor to moderate injuries,smoke inhalation as result of gas explosion in Doornfontein. Joburg EMS on the scene. pic.twitter.com/7G5x8XAP2I — Michael Sun (@MichaelSun168) April 27, 2017 Twee van die 13 beseerdes verkeer in ’n kritieke toestand, nege is ernstig beseer en twee was gelukkig om met geringe beserings daarvan af te kom. Chris versoek mense om ekstra waaksaam te wees wanneer daar van toerusting gebruik gemaak word wat met gas werk. “Maak seker daardie toerusting word gereeld deur goedgekeurde inspekteurs ondersoek en dat dit in ’n goeie werkende toestand is. #GasExplosion The situation right now on Siemert Street in Joburg following a gas explosion earlier. SM pic.twitter.com/k6qmq8WqVe — Jacaranda News (@JacaNews) April 27, 2017 Robert Mualudzu van Johannesburg se nooddienste het aangedui dat die skrootwerf asook die pad gesluit is. Verskeie verordeninge is glo oortree en die Johannesburgse Metropolitaanse polisiediens sal die saak verder ondersoek.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/13-beseer-na-gasontploffing-in-johannesburg/
Orlando Bloom “oor” kaal roeiplank-foto’s
Die Britse akteur Orlando Bloom het gevra die media moet aanbeweeg van die berugte kaalkiekies van hom op ’n roeiplank, want hy is moeg daarvan om die foto’s te bespreek. Die welbedeelde Lord of the Rings-ster het verlede Augustus alles gewys tydens ’n vakansie saam met sy destydse meisie Katy Perry in Italië toe hy met net ’n bofpalpet en sonbril aan op die strand beljaar het. Vroeër die maand het Orlando erken hy is spyt het hy kaal in die see gaan swem en sou hom bedek het as hy geweet het daar is steelfotograwe in die omtrek. Hy is Woensdag weer oor die voorval uitgevra tydens ’n onderhoud op die Britse BBC Radio 1 toe die aanbieder Nick Grimshaw hom oor die onthullende kiekies terg. “Kan jy al jou klere uittrek terwyl jy soort van subtiel jou geslagsdele vir die kamera bedek?” het die aanbieder gevra. “Ek voel akteurs is goed daarmee, net kaal wees.” “Nie te kaal nie!” het Orlando laggend gesê. “Ek is nie juis bekommerd daaroor om my kroonjuwele uit te haal nie. Dis piekfyn.” “Ons weet!” het Nick geskerts voor hy die ster eintlik begin uitvra het. “Kan ons daaroor praat? Wat de hel? Ons moet daaroor praat.” “Daar is al so baie daaroor gepraat. Ek is al daaroor,” het Orlando geantwoord. Maar Nick het geweier om die onderwerp te laat vaar en onthul die roeiplanksessie is die tweede resultaat vir “Orlando Bloom” op die soekenjin Google. “Wonderlik, man,” het die 40-jarige geantwoord. “Fantasties.” Orlando het toe gesê hy is spyt sy sesjarige seun, Flynn, en eksvrou, Miranda Kerr, sal ook eendag oor die foto’s gespot word. “My arme seun. Hy het baie om te ewenaar!” het hy laat hoor en bygevoeg: “Ek het die internet gebreek!” Orlando het voorheen volgehou hy was “uiters” verbaas toe hy agterkom die paparazzi het uitgesnuffel waar hy saam met die popster vakansie hou. “Ek sou my nooit in daardie posisie geplaas het as ek gedink het dit sou gebeur nie,” het hy aan die Britse uitgawe van die tydskrif Elle gesê. “Ek is al ’n miljoen keer op ’n miljoen verskillende maniere afgeneem. Ek het ’n goeie radar. Ons was vyf dae lank heeltemal alleen – niks om ons nie. Daar was geen manier dat enigiemand iets kon kry nie. Ek het ’n oomblik gehad van vry voel. “Wat kan ek vir jou sê?” het hy gevra. “Nota aan self: Jy is nooit vry nie. Ha!” – Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/orlando-bloom-oor-kaal-roeiplank-fotos/
2017-04-08 00:00:00
Huisgenoot Mobi
Tina Coetzee sal op 4 Mei hoor of sy na haar man en kinders in Kenilworth kan terugkeer. Sy is verlede jaar in hegtenis geneem en word aangekla van sameswering om moord te pleeg. Tina, ook bekend as Petina, het glo ’n huurmoordenaar betaal om haar man, Austin Coetzee, te vermoor. Austin en Tina wil nou versoen. Saak teen #TinaCoetzee tot 17 Januarie uitgestel. Sy wou haar man deur huurmoordenaars laat vermoor. Op die foto is haar man AustinCoetzee pic.twitter.com/O15x0HlfA9 — Netwerk24 Berig (@Netwerk24Berig) December 2, 2016 William Booth, haar regsverteenwoordiger, het tydens hofverrigtinge gesê dit is in haar minderjarige kinders se belang dat Tina na die gesinshuis terugkeer. “Tina se 16-jarige seun moet na die 4-jarige kind omsien en hy (die 16-jarige) is in gr.11 en besig met belangrike studie.” Sy woon volgens haar huidige borgtogvoorwaardes by familie in die noordelike voorstede van Kaapstad. Die staat staan haar aansoek teen dat die borgtogvoorwaardes aangepas word. Die staat voer aan hul saak kan benadeel word as sy en Austin kontak het. Booth het egter in die hof gesê Austin het reeds aangedui hy wil nie ’n staatsgetuie wees nie. Uitspraak oor Tina se aansoek is voorbehou en sal op 4 Mei gelewer word.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/huurmoord-wat-die-hof-besluit-het-oor-kaapse-vrou-wat-haar-man-wou-vermoor/