title
stringlengths
0
200
maintext
stringlengths
0
24.9k
url
stringlengths
21
190
date_publish
stringlengths
0
19
Bruide, let op! Dié trouwenk van Diaan Daniels gaan jou verbaas
Jy droom van ’n spierwit trourok, jou ring blink en die datum is bespreek. Dan sien jy op VIA (DStv-kanaal 147) se My droom-trourok die aanbieder raai bruide aan om nie op hul troudag spierwit rokke te dra nie. Dit is ’n tradisie om wit te dra, want van jou oumagrootjie tot jou ma het almal in wit getrou. ’n Skitterwit rok pas nie noodwendig by almal se vel of gelaat nie, en deesdae is daar baie meer opsies van om te kies. ’n Helder wit trourok is nie altyd vleiend nie, veral as jy ’n ligte gelaat het. Dit komplementeer ook nie die geel ondertoon wat party mense se vel het nie. (Sessies op die sonbed gaan dit ook nie verander nie.) As jou pa sy bakkie verkoop net sodat jy die mooiste rok op die dorp kan laat maak – kompleet met handgewerkte krale en kant wat ure neem om aan te werk – is dit als verniet as die rok te wit is. Op ’n spierwit rok word detail glad nie beklemtoon nie, en jou pa se geld verdwyn in ’n wit wolk. Naaswit is ’n wenner as jy detail wil vertoon. ’n Skitterwit rok kan goedkoper lyk as wat dit is, veral as dit van kant gemaak is. Wit kant kan baie gou lyk of jy jou rok by ’n smous of op ’n uitverkoping gekoop het. ’n Donkerder skakering laat dit duurder lyk. Die modelle in die bruidsboeke lyk altyd so mooi in wit, maar daardie foto’s is meestal in ’n studio en met die regte beligting geneem. Jou troufoto’s word nie in ’n studio geneem nie; die meeste daarvan sal buite by die onthaalplek gekiek word. Die flits van die kamera en natuurlike lig haal al die kleur uit die foto’s. Dit beïnvloed die detail van jou rok; jy sal niks daarvan kan sien nie. Dis ook hoekom bruide se grimering donkerder moet wees, maar ons kom ’n volgende keer daarby uit. Almal weet wat dit beteken as die liedjie Here Comes the Bride begin speel. Maar as jy ’n spierwit rok dra, gaan mense eers die rok en dan vir jou sien. ’n Donkerder skakering van wit pas dus nie net beter by jou vel nie; dit maak dat jy die rok dra en nie andersom nie. Onthou: Naaswit gaan steeds wit vertoon as jy nie spierwit langs dit plaas nie. So moenie bang wees dat jou rok gaan geel lyk nie. Daar is ’n verskil tussen afwit/naaswit en ’n roomkleur. (Vra jou ontwerper vir nog inligting.) As jy ’n voller figuur het, sal naaswit jou ook nie groter laat vertoon en al die onvleiende plekke beklemtoon nie. Ek stel dieper witte voor of ’n paar skakerings van wit kan mooi saamwerk, soos ’n sjampanje-kleur met afwit daarby. Jy is ’n blommekind en jou tema is boheems en alles moet aardse kleure wees? Dan is afwit met ’n blospienk net die ding vir jou droomtrourok. As jou grimering afgehandel en jou hare gestileer is, gaan jy beslis nog soos ’n bruid lyk. Onthou ook: Jy hoef nie in te pas by jou dekor nie. Jy is die bruid; nie ’n tafel nie. Jy moet uitstaan bo die res, so speel gerus met kleur en laat die liefde op jou mooi dag blom. Van frille tot blink, ons maak mooi. Tot volgende week! – Diaan Daniels
http://www.huisgenoot.com/blogs/skoonheid-mode/bruide-let-op-die-trouwenk-van-diaan-daniels-gaan-jou-verbaas/
Dié kankerlyer se wens was om ‘pragtig te sterf’ - en haar gesin het dit bewaarheid
Die 20-jarige Racine Pregunta se sterwenswens was om “pragtig te sterf”. En nadat sy haar stryd teen kanker verloor het, het haar ouers gesorg dat haar wens bewaarheid word. Osteosarkoom, ’n seldsame soort beenkanker, is verlede Oktober by Racine, van die stad Davao in die Filippyne, gediagnoseer. Haar gesin het probeer geld insamel om vir haar mediese behandeling te betaal, maar die 20-jarige het nie oorleef nie. In haar laaste dae het sy haar eie begrafnis beplan en vir haar gesin gesê as sy sterf, wil sy “pragtig sterf”. Sy het alles uitgestippel, van wat op haar kop moet kom en hoe sy begrawe moet word. Haar suster, Rolyn Pregunta, het op Racine se Facebook-blad geskryf: “Dit was 12 April 2017, voor sy almal ingelig het sy is gereed om te gaan. Sy het hierdie versoeke gehad: ’n Skouerlose wit rok en ’n wit blommeband. Die volgende dag het sy gevra vir iets wat ligpers, blou en kruisementgroen is. Sy sê haar suster het ook gevra om langs haar oorlede pa ter ruste gelê te word. “Sy het bygevoeg: ‘As ek sterf, wil ek pragtig sterf’. Sy het gevra Ate Gladys, haar persoonlike grimeerkunstenaar, moet haar grimering doen. Vandag is jou versoek nagekom en al wat ek sien, is jy wat glimlag,” het sy geskryf. Sy het die boodskap geplaas langs ’n foto van Racine wat pragtig in haar oop kis lê, geklee in die rok wat sy versoek het en met haar grimering keurig deur haar gunsteling-grimeerkunstenaar aangebring. Rolyn sê haar suster, wat voorheen modelwerk gedoen het, het die versoek gemaak nadat die Filippynse komedie Die Beautiful van 2016 haar “geïnspireer” het. Die rolprent wentel om ’n transgender-vrou wat sterf terwyl sy by ’n skoonheidskompetisie gekroon word. Volgens The Mirror is Racine bo-op haar pa begrawe, want dit was te duur om die plot langsaan te koop. Bronne: The Mirror, The Daily Mail
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/die-kankerlyer-se-wens-was-om-pragtig-te-sterf-en-haar-gesin-het-dit-bewaarheid/
Huisgenoot Mobi
“Óf sy kry dringend hulp óf ons sal haar moet groet.” So vertel Tasha Erasmus van haar ma, Reinette Henning, wat nou ’n verminkte borskas het ná ’n mislukte borsrekonstruksie. Sy is dodelik siek. Ook is daar nog nie sekerheid of daar kanker op haar regterlong is nie. “Dokter het nou gebel. Mamma se proteïen-vlakke bly laag. Sy moet ICU toe. M-Care het nie hoësorg nie. As sy nie gaan nie, gaan ons haar verloor. Hulle kan vir haar proteïen gee by M-Care, maar dit werk binne 24 uur weer uit. Sy is kritiek. Dit beteken dis terug staatshospitaal toe of ons groet haar.” Hulle het haar net voor Paasfees by ’n staatshospitaal in Johannesburg gaan haal, vertel Tasha. “Ek moes haar hare skeer oor kopluise wat sy daar opgetel het,” voeg sy by. “Die dokters met wie hulle gepraat het, het gesê sy wil nie meer leef nie. Sy is baie negatief en moet anti-depressante neem. Hulle kan nie met haar werk nie. Sy trek heeltyd die drup uit. “Hulle het nooit die feit nagegaan waarom sy naar is en hoekom sy opbring nie. Sy neem al vyf maande pynmedikasie. Haar maagwand is seker al verbrand.” Die Donderdag en Vrydag van Paasfees het sy in ’n semi-koma verval en Tasha het die ambulans gebel. “Sy was kritiek. Sy het ’n bloedoortapping nodig gehad. Haar niere was besig om in te gee. Haar lewer was plat. Sy was gedehidreer,” sê Tasha. Sy was na bewering besig om dood te gaan toe hulle vir haar ’n plek in die Oog-instituut in Witbank kry. Dit het hulle twee uur geneem om haar te stabiliseer. Haar lewe is sedert Vrydag nog nie uit gevaar nie. Haar organe kan enige oomblik ingee en sy kan in skok ingaan. Sy moet in ’n waakeenheid wees en die M-Care-hospitaal waarin sy nou is, het nie so ’n eenheid nie. By privaat hospitale kan dit R32 000 per dag kos. Sy moet binneaarse voeding met proteïen kry. Borskanker is in Julie 2014 by Reinette, wat in Witbank woon, gediagnoseer. In dieselfde maand is dit ook by haar ma, Maryna van der Heyde (67), gediagnoseer. En net ’n bietjie meer as ’n week voor Reinette se diagnose is haar pa, Batie van der Heyde (70), ná ’n lang stryd teen longkanker begrawe. Weens die borskanker moes Reinette ’n dubbele mastektomie ondergaan. Reinette, wat nie ’n mediese fonds het nie, het lank geld gespaar vir ’n borsrekonstruksie. Dit is in November verlede jaar gedoen, maar was onsuksesvol. Sedert 22 November word Reinette in die een hospitaal na die ander behandel. “My ma is onskuldig. Sy het niks verkeerds gedoen nie. Nou word sy gepynig. En dit hou nie op nie. “My hart breek, want my ma verdien nie wat nou met haar gebeur nie.” Mense wat wil help kan die Facebook-blad Mrs C.E Henning needs help, besoek.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/mamma-is-kritiek-moedelose-dogter-vertel-oor-witbank-vrou-met-verminkte-borste/
Bekroonde aktrise: “Ek’t amper my kind se dood by die park veroorsaak”
Die Oscar-wenner Anne Hathaway het Maandag ’n emosionele dag by die park gehad toe sy amper haar babaseun op ’n glyplank “doodgemaak” het. Die aktrise het die eenjarige Jonathan na ’n parkie in New York geneem en hulle het net-net ’n besering vermy terwyl hulle gespeel het. Toe die ster van Les Miserables Maandagaand op die Amerikaanse geselsprogram The Tonight Show met Jimmy Fallon verskyn, het sy vertel: “Ek het hom parkie toe geneem. Hy is mal oor swaaie. Ek het gesien al die ander kinders kom by die glyplank af. En dit het soos ’n ongewone glyplank gelyk. Asof dit gebou was voor daar kinderveiligheidsmaatreëls in plek was. Dit was mooi en ek sien toe die kinders beweeg nie vinnig nie en sê: ‘Goed, ek gaan Johnny daarop vat’.” Maar dinge het skeefgeloop toe sy besef die glyplank is nie so stadig as wat dit lyk nie. “Ek het my romp om my uitgesprei en vir Johnny daarop gesit en ons gaan by die glyplank af en al die ma’s hou ons dop. Maar ek het vergeet van fisika. “So ons gaan om die draai en in plaas van stadiger beweeg soos die ander kinders, versnel ons. Dit begin beweeg so vinnig en al die ma’s kyk en ek voel so selfbewus. Soos ons vinniger beweeg, begin dink ek stadiger en ek kyk vorentoe en raak baie ernstig en gefokus en dink: ‘Ek moet die landing regkry’.” Gelukkig het niemand seergekry nie en Anne kon met haar kop omhoog wegstap. “Jy ken daai gevoel as jy amper jou kind se dood veroorsaak het? Jy dink by jouself: ‘Alles is oukei. Stap net voort.’ En toe gaan ons terug swaaie toe en bly die heeltyd daar.” © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/bekroonde-aktrise-ekt-amper-my-kind-se-dood-by-die-park-veroorsaak/
‘n Tiener vertel: Die hel van endometriose
Ek is tans ’n matriekleerder aan die Hoërskool Hottentots-Holland in Somerset-Wes. *Ek het al van gr. 8 af met laerug- en buikpyn en was al by verskeie dokters. Ander diagnoses is gemaak, soos ’n spastiese dikderm of ’n moontlike blindedermprobleem. Ek was na ’n fisioterapeut vir verskeie behandelings en een dokter het selfs vir my gesê dis bloot “skoolsiek”. Ook is ek ’n paar keer in die hospitaal opgeneem vir verskillende toetse, soos dat ek ’n kamera moes sluk en buiksonars ondergaan. Met elke dokter se diagnose is verskillende pille vir my voorgeskryf, wat tot ander nagevolge gelei het. My huisdokter het my toe eindelik verlede jaar (2016, op die ouderdom van 17) na ’n ginekoloog verwys. Sy het toe ook ’n paar behandelings probeer, waarvan alles misluk het. Sy het begin Maart ’n laparoskopie gedoen en eindelik agter die kap van die byl gekom. My baarmoeder was oortrek van endometriose. Baie vroue weet nie wat endometriose is nie. Die gevolg is dat hulle hopeloos te laat uitvind hulle het dit. My ginekoloog het die sigbare endometriose weggebrand en ’n Mirena (IUD) ingesit om te probeer voorkom dat dit weer groei. Die pyn is nooit heeltemal weg nie, maar dit was hanteerbaar. Vandag, ’n jaar later, raak die pyn weer by die dag erger en ek drink morfien-pynpille wat vir kankerpasiënte voorgeskryf word. Ons soek steeds ’n oplossing. Party dae raak dit so erg dat ek bleek raak en dit voel of ek wil flou raak. Ek kon sommige dae nie eens eksamen skryf nie, so erg was die pyn. Die diagnose van endometriose kan ook sielkundig op ’n mens inwerk. Dit veroorsaak verskeie emosies; en dis asof ek nie my emosies kan beheer nie. Ek gaan elke dag deur verskillende emosionele vlakke wat wissel van hulpeloosheid tot konstante moegheid. Soms raak ek so ongemaklik in my eie lyf omdat my buik opswel en my klere nie reg sit nie, dan wil ek nie eens uit die huis gaan nie. Ek raak so geïrriteerd met my liggaam en die pyn en haal dit dan op die mense rondom my uit. Die behandeling wat ek vir endometriose ontvang lei tot gewigstoename en aknee en so verlaag dit ook my selfbeeld. My tannie en my ma se niggie het ook endometriose en omdat dit nie vroeg genoeg gediagnoseer en behandel is nie, het dit die gevolg gehad dat hulle nie kon kinders kry nie. Daarom is die bewusmaking van endometriose vir my belangrik, al kan ’n mens dit nie noodwendig voorkom nie, is dit baie belangrik om die pyn nie te ignoreer of te dink dis net kwaai “daai-tyd-van-die-maand”-pyne nie, want dit kan ’n groot invloed op jou lewe hê. Bygesê, sommige dae is beter as ander. Daar kom party dae dat jy nie eens lus het om die dag op te staan nie, maar hou moed; dis die belangrikste. Anders gaan endiometriose jou onderkry. Op ’n Facebook-blad oor endometriose het hulle ’n sêding wat my elke dag moed gee en deur die dag help as ek seer het: “I am an Endo-Slayer! I refuse to give up. #FightLikeAGirl.” *Die skrywer is minderjarig en kan daarom nie geïdentifiseer word nie.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/n-tiener-vertel-die-hel-van-endometriose/
Vyfjarige skoonheidskoningin word 60 keer gekroon nadat haar ma R476 000 bestee
Hierdie vyfjarige skoonheidskoningin is 60 keer gekroon nadat haar toegewyde ma sowat R476 000 aan haar dogter se weelderige leefstyl bestee het. Klein Gabriella Roberts, van Pennsilvanië in Amerika, het op vier maande oud die eerste keer aan ’n skoonheidswedstryd deelgeneem en sedertdien meer as 60 sulke wedstryde gewen. Haar geesdriftige ma, Lacie (27), bestee nie net duisende dollars nie, maar lê ook duisende kilometers af om haar dogter se weelderige leefstyl moontlik te maak. Oor die afgelope vyf jaar het Gabriella aan meer as 100 skoonheidswedstryde deelgeneem – wat beteken die meeste weke is daaraan bestee om onvermoeid vir die geleenthede voor te berei. Lacie erken haar dogter se stokperdjie is nie goedkoop nie. Elke skoonheidswedstryd kan die gesin sowat R9 350 uit die sak jaag en ’n uitrusting kan tot R17 000 kos. Ten spyte van die geldelike uitgawes en streng repetisies hou Lacie vol haar dogter hou van niks meer nie as om haar hare en naels te laat versorg om haar maats te beïndruk. Lacie sê: “Oor die afgelope vyf jaar het ons duisende aan Gabriella bestee. Dis ’n duur stokperdjie, maar om die glimlag op haar gesig te sien, maak alles die moeite werd. “Ons het al vir meer as 100 skoonheidskompetisies ingeskryf en haar versameling krone en trofeë is regtig indrukwekkend. “Gabriella het ’n afrigter wat twee weke voor elke skoonheidswedstryd saam met ons werk. Sy oefen elke dag ’n halfuur lank. “Die laaste wedstryd waarheen ons was, het altesaam sowat R9 100 gekos, en dit het die inskryfgeld, haar uitrustings en die hotel waar ons gebly het, ingesluit. “Maar gewoonlik kan elke wedstryd enigiets van R1 300 tot R7 800 kos. “Op die oomblik is haar wedstrydklerekas sowat R26 000 werd, maar omdat Gabriella so jonk is, ontgroei sy haar rokke taamlik vinnig en daarom verkoop ons dit weer. “ ’n Nuwe uitrusting kos gemiddeld R2 600, maar Gabriella se duurste een is haar glansrok wat R15 600 gekos het. “Ek is baie trots op haar. Sy is net vyf en sy het al so baie bereik. Dit verstom my hoe sy met so baie selfvertroue op die verhoog stap en die gehoor se guns wen.” Lacie self het van jongs af in skoonheidswedstryde belangstel, maar ongelukkig nooit die voorreg gehad om self in te skryf nie. “Ek het geweet wanneer ek ’n dogter kry, sal ek haar inskryf en dis presies wat ek gedoen het,” sê sy. “Ek het Gabriella in 2012 vir haar eerste skoonheidswedstryd ingeskryf. Sy was net vier maande oud. Ek het gesien dit word geadverteer en is naby ons. Daar het ek van groter wedstryde uitgevind en dis hoe ons meer betrokke geraak het. “Ons neem hoofsaaklik aan dié deel wat meer natuurlik is, maar Gabriella laat altyd haar hare versorg en naels verf vir almal waaraan sy deelneem. “Party van die skoonheidswedstryde vereis ’n talent en daarvoor voer Gabriella ’n staf- en gimnastiekroetine uit waaroor die gehoor gaande is. “Die pryse is wonderlik. Ek koop selde vir haar speelgoed, want sy wen so baie. Sy het al die jongste poppe wat ’n fortuin sou gekos het om te koop. Gabriella ontvang ook kontantpryse wat gewoonlik sowat R1 300 is, maar die meeste wat sy al gewen het, was R7 475. “Sy het altyd minstens een ding wat sy vir haarself wil koop, maar ons sit gewoonlik daarvan in haar spaarrekening en belê daarvan in ’n ander skoonheidswedstryd.” Lacie hou vol die skoonheidswedstryde is net ’n bietjie pret, maar erken dit word soms mededingend. En Gabriella is vir haar harde werk met ’n indrukwekkende versameling van meer as 60 krone en trofeë beloon. Lacie sê: “Gabriella het nou vier ultimate grand supreme-titels gewen en drie grand supreme’s. Almal daarvan is ’n taamlike groot ding. “Al werk Gabriella baie hard, hou ons daarvan om dit prettig te hou. En noudat sy ouer is, neem ons aan sowat ses tot agt skoonheidwedstryde per jaar deel. “Op die oomblik beplan ons nie om op te hou nie. Gabriella hou van meeding en dit gee haar baie meer selfvertroue om van die wedstrydwêreld deel te wees.” – Mollie Tracey
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/vyfjarige-skoonheidskoningin-word-60-keer-gekroon-nadat-haar-ma-r476-000-bestee/
Huisgenoot Mobi
Jy’s net mooi gewoond aan die huidige petrolprys en hoe jy dit binne jou begroting absorbeer, dan tref die volgende prysverhogingsgolf jou. En dié een is nie net ’n golfie nie, dis ’n reuse-brander! Jy gaan nog fyner moet sny met ritte, want vanaf 3 Mei gaan die land behoorlik les opsê met ’n prysverhoging van 49 sent per liter vir beide brandstofgrade. Diesel gaan jou tussen 30-32 sent per liter meer uit die sak jaag. Lampolie se prys word tussen 34-46 sent per liter opgestoot. Die rand se swak prestasie teen die Amerikaanse dollar word as die sondebok vir hierdie aansienlike verhogings blameer. 16 maniere waarop jy die hoër brandstofprys kan buffer 1. Wees ’n veervoet-bestuurder. Moenie jaag nie. Meer spoed = hoër brandstofverbruik. 2. Hou op om op die motor voor jou se stert af te jaag. Stadiger en egaliger rypatrone bespaar geld en verlaag ook die risiko vir ’n botsing ingeval die motoris voor jou onverwags moet rem. 3. Vermy die rem-en-koppelaardanspassie. Behalwe dat dit brandstof verorber, veroorsaak dit ook onnodige slytasie van remskoene. 4. Moenie met onnodige goed of vrag in jou motor rondry nie. Terloops, dis nie ’n verskoning om van passasiers ontslae te raak nie! 5. Laat jou motor gereeld versien deur ’n gerekende werktuigkundige. So kan jy jou verseker dat jou voertuig te alle tye doeltreffend funksioneer. 6. Maak seker jou wielbalansering is in orde en dat jou remme nie sleep nie. Albei het ’n uitwerking op die vry beweging van jou motor en kan brandstof opslurp as dit nie reg is nie. 7. Wanneer laas het jy persoonlik seker gemaak dat jou brandstoftenk se prop behoorlik pas? Lospassende of gekraakte tenkproppe laat nie net verdamping toe nie, dit verminder ook doeltreffende brandstofverbruik. 8. Hoe gereeld maak jy seker dat jou motor se banddruk reg is? Lae banddruk verhoog brandstofverbruik én verminder doeltreffende beheer oor jou motor. 9. Het jy dalk ’n gawe bagasierak wat meer vir vertoon as nut aan jou motor gemonteer is? Haal dit liefs af wanneer jy dit nie gebruik nie. Dis een van die klein jakkalsies wat sleur veroorsaak. En sleur lei tot verhoogde brandstofverbruik. 10. Hou in ’n lae rat teen opdraandes. Moenie jou motorenjin ooreis deur in ’n hoë rat te bly nie. ’n Laer rat hou die enjinspoed hoër en verbruik minder brandstof. 11. Beplan, beplan, beplan. Beplan jou uitstappies en take so dat jy alles wat in dieselfde omgewing gebeur, op een slag kan uitvoer, pleks dat jy dieselfde roete meer as een dag per week moet aflê. 12. Dis nie altyd moontlik nie, maar vermy spitsverkeer sover jy kan. Ry liewer ’n bietjie vroeër soggens werk toe en dan weer ’n bietjie later huis toe nadat die verkeer bedaar het. 13. Vergeet van die luukse lugreëling as jy wil brandstof bespaar wanneer jy teen ’n lae spoed beweeg. Jou motor het immers vensters wat kan oopdraai. Skakel dit liewer aan wanneer jy weer teen ’n meer bestendige spoed beweeg. 14. Spoedperke is nie net daar gestel om jou te irriteer nie. Volgens bevindinge deur die AA verbruik jy 9 persent meer brandstof wanneer jy teen 120 km/h ry as wanneer jy teen sowat 100 km/h ry. Dus, al wat spoed jou in die sak gaan bring, is ’n nog platter beursie. 15. Moenie jou motor onnodig laat luier nie. As jy vir langer as ’n minuut gaan stilstaan (byvoorbeeld wanneer jou passasier gou iets gaan doen en jy in die motor wag), is dit beter om die enjin af te skakel. 16. Die beste raad natuurlik: Koop ’n motor wat lekker suinig met brandstof te werk gaan. Mites oor brandstofverbruik 1. As jy jou voertuig soggens volmaak, sal dit meer brandstof inneem. 2. Deur ’n hoër oktaan brandstof in jou motor te gooi, sal jy beter brandstofverbruik geniet. 3. Brandstof by alle vulstasies is dieselfde. 4. ’n Magneet op die brandstoftoevoer naby die enjin sal brandstofverbruik verminder. Bronne: aa.co.za, theaa.com, gasbuddy.com, transportation.unl.edu, moneyadviceservice.org.uk, racq.com.au
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/verhoging-in-petrolprys-gaan-jou-sak-ruk-en-wat-jy-daaromtrent-kan-doen/
Sanger en aktrise saam in borrelbad gekiek - en hulle reis die wêreld plat!
Joe Jonas en Sophie Turner reis die wêreld plat en hul jongste bestemming is Mexiko waar die paartjie lekker uitgespan het in ’n borrelbad. Die paartjie is in Londen, Parys en New York gewaar en was die afgelope naweek by die Coachella-musiekfees in Kalifornië waar hulle saam met Joe se broer, Nick, uitgehang het. En nou het die tweetjies Cabo by hul romantiese lys vakansiebestemmings gevoeg. Hulle is Dinsdag gekiek waar hulle ingehaak op die strand stap, soen, op hul foon doenig is en die uitsig geniet – Sophie het dit met ’n groot verkyker gedoen. Die tweetjies het meestal verkies om in die borrelbad te ontspan. Die duifies is al vyf maande saam en was in en uit die jacuzzi by hul privaat villa. Sophie (21) het lyf gewys in ’n grys en swart bikini en ’n rooi sonbril, en Joe (27), het op ’n kol aan ’n sigaar geteug. Toe hulle strand toe gaan, was Sophie geklee in ’n denimkortbroek en Joe het ’n streephemp en kortbroek gedra. Nie een van die twee het al in die openbaar oor hul verhouding gepraat nie, al het talle media al probeer om iets uit hulle te kry. Mario Lopez, aanbieder van die program Extra, het in Januarie by die Golden Globes ’n antwoord uit Sophie probeer kry. Toe hy haar oor haar romanse met Joe vra, het sy dadelik geantwoord: “Wel, ek gaan niks sê nie, maar ek is baie gelukkig.” En toe met ’n glimlag bygevoeg: “Ek weet nie eintlik van wie jy praat nie.” Toe vra Mario haar of sy daarop aandring dat Joe stewels dra – omdat sy langer as haar musikant-kêrel is – maar die Game of Thrones-aktrise het nie mooi verstaan nie. “Stewels? Hoekom sou ek hom vra om stewels te dra?” het sy verward laat hoor. Intussen het ’n radio-omroeper tydens ’n onderhoud met Joe en sy groep, DNCE, gevra met wie sal die groepslede graag wou uitgaan as hulle uit die akteurs van Game of Thrones kon kies. Joe het egter nie gebyt nie, en vinnig met ’n glimlag geantwoord: “Ek sou waarskynlik die drake kies.” © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/sanger-en-aktrise-saam-in-borrelbad-gekiek-en-hulle-reis-die-wereld-plat/
Huisgenoot Mobi
Steyn Entertainment het Dinsdagoggend aangekondig die Rocking the Daisies-musiekfees en OppiKoppi span vanjaar saam en word dieselfde naweek gehou, van 5 tot 8 Oktober. Dieselfde hoofgroepe tree by albei feeste op. Rocking the Daisies is nou 12 jaar oud en dit is OppiKoppi se 23ste fees. Die eerste OppiKoppi is in Mei 1994 gehou en die fees het homself sedertdien gevestig as die legendariese rock-geleentheid wat die somerseisoen afskop. Vanjaar sal daar sewe verhoë en sowat 160 musiek- en vermaakstelle wees, en sowat 20 000 aanhangers word verwag. #oppikoppie2016 wat ‘n belewenis #myafrikaans A post shared by Pieter Cloete (@pietercloete) on Aug 6, 2016 at 7:15am PDT Dis die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis dat twee feeste op dié skaal gaan saamwerk om ’n opwindende ervaring te skep. ‘n Gesamentlike bywoningsyfer van sowat 45 000 word verwag wanneer aanhangers op Darling en Northam toesak vir twee van die land se grootste musiek- en leefstylfeeste. Bron: channel24.co.za
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/groot-nuus-twee-van-suid-afrika-se-grootste-musiekfeeste-span-saam/
2016-10-24 14:27:12
O, gaats! Boekklub-akteur het oornag ’n outoppie geword!
As ons almal net so goed oud kan word soos die boekklub-akteur, Armand Aucamp! Armand het Woensdag hierdie aardige foto van homself op sy Instagram gedeel waar hy soos ’n ou Datsun bakkie, myle op die klok het. Maar voor ’n paar vroue se moed in hulle skoen sak, moenie bekommerd wees nie. Armand ervaar nie ’n Benjamin Butoon-oomblik nie. “Ek lyk so want dit is vir ’n nuwe advertensie-veldtog,” vertel hy. Hy wou nie veel uitbrei oor die advertensie nie. “Dit behoort teen Meimaand te sien wees.” Armand sê wel hy hoop nie hy lyk eendag so as hy oud is nie. “Mens se neus en ore groei mos saam. “Ek sien uit om grys te word, maar nie vir al die skete wat saam met dit kom nie,” skerts hy.
http://www.huisgenoot.com/bekendes/o-gaats-boekklub-akteur-het-oornag-n-outoppie-geword/
2017-04-12 09:27:09
KYK VIDEO: Erg verswakte Burt Reynolds (81) maak verrassende verskyning op rooi tapyt
Burt Reynolds (81) het verswak gelyk en gesukkel om op die rooi tapyt te loop toe hy Saterdag voorbrand vir sy nuwe fliek gemaak het. Happy 81st Birthday, #BurtReynolds! #DoubleTap to wish the iconic actor a great day! 🎉🎂(📷: Getty Images) A post shared by Closer Weekly (@closerweekly) on Feb 11, 2017 at 6:43am PST Die 81-jarige veteraanakteur het die Tribeca-rolprentfees bygewoon om sy nuwe drama Dog Years, saam met Chevy Chase, Ariel Winter en die stigter van die fees, Robert De Niro, te bemark. Burt, wat ’n kierie gebruik het, het so gesukkel dat hy op ’n kol ’n stoel moes kry om op te sit terwyl verslaggewers met hom gesels en hy foto’s saam met die res van die akteurs geneem het. Die ster van Deliverance het egter sy verswakte toestand afgemaak en eerder sy medesterre lof toegeswaai. “Lekker om mnr. De Niro te sien. Ek’s mal oor hom, en al die mense wat ek hier ken,” het hy aan Associated Press gesê. “Dis baie lekker.” Burt, geklee in ’n blou hemp en swart pak, het ’n oranje bril gedra en geglimlag terwyl hy op sy 19-jarige medester, Ariel, vir ondersteuning geleun het. Die Modern Family-aktrise het die akteur se arm sagkens vasgehou, en Robert het sy arm om sy bejaarde vriend geplaas. Dit was ’n seldsame verskyning vir Burt, wie se laaste openbare verskyning in April verlede jaar was toe hy sy memoires, But Enough About Me, bemark het. Hy het in 2010 ’n hartomleidingsoperasie ondergaan. Dog Years gaan oor ’n bejaarde rolprentster, Vic Edwards – vertolk deur Burt – wat besef sy gloriedae is verby. Op ’n vraag oor of die fliek hom laat terugdink aan sy eie lewe, het Burt gelag en aan verslaggewers gesê: “Ek dink ek doen oukei, want hier het baie mense opgedaag.” Meer oor die bekroonde akteur In 1959 maak Burt sy televisiedebuut in M Squad as Peter Marashi. In 1961 verskyn hy in sy eerste rolprent as Hoke Adams in Angel Baby. Tientalle flieks en televisierolle sou daarna volg. Hy as die akteur in die oorspronklike weergawe van The Longest Yard in 1974 in die rol van Paul “Wrecking” Crewe. #BurtReynolds #DanAugust #Gentleman #Classic #1970S #Fashion A post shared by Suzanna Podgornaya (@suzannapodgornaya) on Apr 2, 2017 at 5:34am PDT Ander bekende flieks sluit in Smokey and the Bandit (II en III), The Canonball Run (I en II), The Man Who Loved Women, Hotel, Without a Paddle en natuurlik die 2005-weergawe van The Longest Yard as die afrigter, Nate Scarborough. The Dukes of Hazzarrd, Cloud 9 en End Game is ook net van die gewilde titels waarin die man met die alomteenwoordigende moestas verskyn. Burt Reynolds and Farrah Fawcett in the 'The Cannonball Run', 1981 #burtreynolds #farrahfawcett #thecannonballrun #movies #hollywood #1980s #1980smovies A post shared by Guzzirider (@motobox33) on Feb 6, 2017 at 2:00am PST A post shared by Lauren Ross Art (@l.ross.art) on Apr 16, 2017 at 7:59pm PDT ’n Paar jaar gelede was daar reeds groot kommer oor die sigbare agteruitgang by ’n man wat eens as een van Hollywood se grootste hartbrekers beskou is. #burtreynolds A post shared by @la_ventana_indiscreta on Mar 3, 2017 at 3:05pm PST Toe Burt Leon Reynolds op 9 Mei 2015 by die Wizard World komedie-konferensie in Philadelphia sy verskyning gemaak het, was hy ooglopend skraler. Hy moes ook van ’n kierie gebruik maak om oor die weg te kom. Maar ’n bron na aan die ster het destyds gesê Burt is een van die laaste van sy generasie – ’n ware “tawwe ou” en iemand wat geensins simpatie van ander soek nie. Burt het in sy aksiebelaaide rolprentloopbaan verskeie van sy eie waagtoertjies uitgevoer. Terwyl hy saam met Clint Eastwood aan die fliek, City Heat, in 1984 gewerk het, is hy deur ’n metaalstoel in die gesig getref. Hy het amper 14 kg in gewig verloor omdat die besering verhoed het dat hy behoorlik kon eet. In 2009 moes hy as gevolg van die talle waaghalsige toertjies ’n rugoperasie ondergaan en rehabilitasie vir sy verslawing aan pynpille het gevolg. Alhoewel die vroue oor Burt geswymel het, was hy net twee keer getroud. ’n Kortstondige huwelik met die Britse aktrise Judy Carne (1963 – 1965) is in 1988 gevolg deur een met Loni Anderson (1988 – 1993). Ouer garde sal haar onthou as die blonde Jennifer Marlowe in die televisie-komediereeks WKRP In Cincinnati. Tog erken Burt dat die groot liefde van sy lewe Sally Field is. #burtreynolds and #sallyfield #hollywoodcouple #hollywood A post shared by @wonderwomanna on Feb 26, 2017 at 4:17am PST Bronne: Cover, closerweekly.com, wikipedia.org,
http://www.huisgenoot.com/bekendes/kyk-video-erg-verswakte-burt-reynolds-81-maak-verrassende-verskyning-op-rooi-tapyt/
2017-02-11 14:43:59
Sangeres het stilletjies van man geskei
Nelly Furtado en haar man, Demacio Castellon, het verlede jaar stilletjies geskei. Die sangeres agter die treffer Maneater, het die nuus Woensdag op ’n Britse kletsprogram, Loose Women, gedeel en gesê sy het verlede jaar deur ’n egskeiding gegaan en het musiek gebruik om haar te help om dit te verwerk. Nelly het in Maart haar ses album, The Ride, uitgereik – vyf jaar ná haar laaste musiek uitgereik is. “Ek het nooit ophou liedjies skryf nie, ek kan nie leef sonder om liedjies te skryf nie,” het sy gesê. “Ek het verlede jaar ’n moeilike emosionele tyd deurgemaak en het liedjies geskryf en vir myself gesing om daardeur te kom. “Ek het deur ’n egskeding gegaan en het net vir myself gesing terwyl ek op lang ritte gegaan het. Ek het by myself gedink: ‘Ek is so gelukkig dat ek liedjies skryf, want ek kan myself daarmee troos’. En toe sê ’n vriend vir my hulle vind ’n liedjie wat tot hulle spreek en dit help hulle deur moeilike tye.” Nelly en Demacio, ’n klankingenieur, is in 2008 getroud. Die 38-jarige sangeres, wat ’n 13-jarige dogter Nevis by haar eks, Jasper Gahunia, het, het gesê sy is op soek na liefde. “Iemand moet my Wikipedia-blad aanpas, want dit help nie veel met my liefdeslewe nie,” het sy laggend laat hoor. Haar Wikipedia-blad is intussen aangepas. Die sangeres, wat met ’n kort nuwe haarstyl op die program gespog het, het ook gepraat oor hoekom sy die kollig verlaat het en gesê sy het gehunker na ware lewenservaringe ná die sukses van haar eerste paar albums. “Om saam met my dogter te toer, het uitputtend geraak en ek het daarna gehunker om tuis te wees. Dit was moeilik om ma te wees terwyl ek toer en om ’n verhouding te laat werk terwyl ek musiek maak. Hoewel ek hou van op die verhoog wees, is ek eintlik ook skaam en het ek my stiltetyd nodig. Dit gaan oor selfsorg – ’n mens moet daardie balans in jou lewe vind.” – Cover Media
http://www.huisgenoot.com/nuus/sangeres-het-stilletjies-van-man-geskei/
Man in hegtenis ná beplande sluipmoorde op SA kabinetslede
’n 23-jarige man is Woensdag deur die Valke in Midrand in hegtenis geneem omdat hy na bewering sluipmoorde op kabinetslede beplan het. Sy teikens was glo lede wat voordeel getrek het uit die staatskaping. Die Valke het in Oktober 2016 inligting onderskep waarin die moontlike sluipmoorde beplan is. Verskeie kabinetslede en vooraanstaande Suid-Afrikaners het op die lys van teikens verskyn. Volgens die Valke is die verdagte ’n stigterslid van die Teen-staatskaping-doodsgroepalliansie (ASCDSA). Hy is in hegtenis geneem “terwyl hy besig was om aan skenkers te verduidelik hoe die sluipmoorde op diegene wat voordeel uit die staatskaping getrek het, sou geskied”. Dit sou glo deur sluipskutters van die geheime staatsgreepsameswering uitgevoer word. Die name van die 19 teikens sal in die hof bekend gemaak word. Die inligting wat deur die Valke onderskep is, sluit verskeie briewe in wat aan uitgesoekte maatskappye gstuur is om donasies te vra. R140 miljoen sou glo nodig wees om die geheime operasie deur te voer. Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Hy sal aangekla word van sameswering om moord te pleeg en ander klagte. Die Valke sal sy borgtog teenstaan om sodat hulle die saak verder kan ondersoek. Tydens die deurlopende ondersoek het daar nog ’n groep opgeduik – die Teen-wit-monopolie-kapitaliste regime (AWMCG) – wat saam met die huidige ondersoek benader moet word. “Daar is ontdek dat die AWMCG dieselfde modus operandi ingespan het om donasies te werf om senior regeringsamptenare en ander Suid-Afrikaanse burgers te vermoor. Vier individue is deur hierdie groep geteiken en hul name sal ook in die hof bekend gemaak word.” Bewyse is gevind tydens ’n ondersoek by die verdagte se huis. Bron: news24.com
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/man-in-hegtenis-na-beplande-sluipmoorde-op-sa-kabinetslede/
WEN! Kaartjies na gewilde Koöperasiestories
Kom beleef die wel en wee van Mietie, Veldsman, Genis en hul dorpsgenote in hierdie herontmoeting en verhoogverwerking van dié immer gewilde TV-reeks. P.G. se Koöperasie-stories het volksbesit geword toe dit op 27 April 1983 vir die eerste keer op die SAUK se TV1 verskyn het – ’n reeks wat tot 1987 op die kassie was. Du Plessis se woorde en beelde, verwerk tot toneelteks deur Strachan, bring trane wat flikflooi tussen lag en huil. Met Chris van Niekerk, Marion Holm, De Klerk Oelofse, Carel Nel en Margit Meyer-Rödenbeck Regie: Sandra Prinsloo Teks: Alexa Strachan, na P.G. du Plessis se verhale SKRYF NOU IN! 10 mense staan ‘n kans om elk ‘n dubbelkaartjie na die vertoning op 4 Mei asook op 7 Mei om 19:00 by die Bellville Burgersentrum by te woon. Sluitingsdatum: Woensdag 3 Mei om 09:00. Neem kennis dat geen akkommodasie en vervoer ingesluit is in die prys nie. Velde wat met ‘n asterisk (*) gemerk is, is verpligtend. Kooperasiestories Bellville Burgersentrum Wat is die naam van die vroulike hoofkarakter in Koöperasiestories? * Wie is jy * Voornaam Van E-pos-adres * Tik e-posadres in Bevestig e-posadres Telefoonnomer * Bepalings & Voorwaardes * Ek aanvaar die bepalings en voorwaardes. Kompetisiereëls, -bepalings en -voorwaardes: Wenners is self verantwoordelik vir vervoer na die geleentheid. Die kompetisie duur van 28 April 2017 tot om 09:00 op 3 Mei 2017. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil. In die geval van ’n kompetisie met meer as een prys en meer as een trekking mag ’n deelnemer net een keer wen. Personeel van Media24 en die borg, sowel as hul gesinne, mag nie inskryf nie. Jy moet die vraag korrek beantwoord om in aanmerking te kom vir die prys. Wenners sal deur ’n lukrake trekking gekies word. Wenners sal telefonies in kennis gestel word. Ons sal ’n wenner drie keer tydens kantoorure bel. As hy of sy nie bereik kan word met een van dié drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant of ’n ander prys verruil word nie. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd (4–6 weke). Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n afleweringsadres te verskaf waar die prys bedags afgelewer kan word en/of ’n korrekte posadres en/of om die prys af te haal. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore pryse weens ’n wenner wat nie tydens aflewering beskikbaar is en/of die prys nie betyds afhaal nie. Met jou inskrywing aanvaar ons jy gee Media24 toestemming om jou soms met promosies en ander bemarking te nader.
http://www.huisgenoot.com/wen/wen-kaartjies-na-gewilde-kooperasiestories/
Bruide, vermy dié 8 flaters met jou eie troue
Jou droom-trourok hang in jou kas en nou wag jy net vir die groot dag. Jy glo al daai ander fieterjasies is onder beheer, want jy het jou familie en vriende betrek om te help met die blomme, hare en grimering. Voor jy jou pad na die kansel toe vat, maak net seker jy maak nie die volgende troudagfoute nie: Dit is dalk die eerste keer wat jy trou en almal is opgewonde en gretig om jou te help, maar wees versigtig: Hulle kan jou van die wal tot in die sloot help. Vra liefs jou trourokontwerper of die bruidshuis waar jy jou trourok gekry het om jou te verwys na die regte mense wat jou dag vlot sal laat verloop. Al woon jy hoeveel bruidskoue by en ontmoet jy al die verskaffers, Google maar eers so bietjie of vra mense in die troubedryf om jou na goeie en betroubare verskaffers te verwys. Jou rok is pragtig, maar jy het vir die bloemis ’n Pinterest-prentjie van ’n handruiker gestuur sonder dat hulle weet hoe jou trourok lyk. Die groot dag breek aan en die waterval-blommeruiker in jou hand verdoesel jou hele trourok. Vra eers vir jou ontwerper watter styl en kleur handruiker by jou rok sal pas vóór jy daai ruiker laat maak. Jou handruiker moet jou rok komplimenteer. Anders gaan jy ná die troue mooi foto’s hê van ’n groot ruiker wat alles bedek. Groot bosse blomme is vir tafels bedoel, maar as jou rok eenvoudig is, is dit natuurlik ’n ander saak. As ek nog een keer moet hoor bruide wil natuurlik lyk op hul troudag gaan ek iets oorkom. Vra weereens jou trourokontwerper om die beste grimeerkunstenaar vir jou aan te beveel en gaan dan vir ’n proefsessie. Onthou: ’n Troudag is nie ’n oggendtee by ’n vrouevereniging nie. Op jou troudag word jy in natuurlike lig afgeneem en dit kan al die kleur uit jou gesig vat, so maak seker jy dra donkerder grimering as wat jy gewoonlik sou. Ek belowe jy sal nogsteeds natuurlik lyk op jou troufoto’s. Die grimering hoef nie aangeplak te wees nie. Vertrou die raad van jou grimeerkunstenaar voor jy soos ’n bleek siel op jou foto’s lyk. Ek weet jou trourok was duur, maar indien jy wonder of jy al daai geld moet spandeer, vra jouself díe vraag: Ná al die jare se beplanning, wat bly oor van jou troudag? Die antwoord: Die troufoto’s. Belê in ’n goeie fotograaf en dit wat jy en jou bruidegom gaan dra. Die troufoto’s is al wat gaan oorbly van jou troudag en as jou fotograaf nie goed is nie, dan gaan jy niks van jou troudag op sosiale media kan plaas nie. Vra jou troubeplanner of ontwerper om jou na ’n goeie fotograaf te verwys en kyk na hul vorige werk. Nooi eerder daai een of vyf gaste minder. As van jou voornemende gaste ses maande laas vir jou ’n boodskap gestuur het, hoef jy hulle nie te nooi nie, want hulle kom eet net jou kos en skinder dan ná die tyd. Moet nie oorboord gaan met bykomstighede nie. Jy moet skyn in jou trourok en jou trouring moet blink, want jou verloofde het vir daai diamant betaal. Maak seker jy vra jou ontwerper vir opsies van juwele wat by jou droom-trourok pas. Pas daai juweel aan om seker te maak dit komplimenteer die rok. Dit kan afbreek aan die rok maak. As jy ’n erfstuk het wat jou ouma of ma wil hê jy moet dra en dit pas nie by die rok nie, moet nie twee keer twyfel om nee te sê nie. Vra eerder vir die fotograaf om dit saam met jou kousband, skoene en parfuum af te neem vir ’n mooi foto. Dit is jou dag en nie jou familie s’n nie. Hulle is dan reeds getroud. Die grootste fout wat ’n bruid kan maak op haar groot dag is vir seker om vriende en familie te vra om haar grimering of hare te doen, die foto’s te neem of selfs die blomme te rangskik. As daardie persoon nie in daardie gebied gespesialiseerd is nie, moet nie die spanning op jou neem nie. Dit kan baie druk op jou vriendskap of familiebande plaas. Die volgende storie is een wat ek graag deel: Ek het jare gelede ’n bruid se vriendin wat haar hare gedoen het in trane gehad, want dit was glad nie mooi nie. Haar hare het ’n goedkoop rooi en pers skynsel gehad en dan was daar nog ’n plastiese haarverlenger daarby! Ek as ontwerper het haar net een kyk gegee en toe bars sy in trane uit. Ek het die bruid se hare ’n halfuur voor sy by die padjie moes afstap, oorgedoen, want die bruid was te skaam om te sê dit is nie waarvan sy hou nie. Daardie vriendin het uitgestorm en nie die troue bygewoon nie, maar die bruid was dankbaar en sy het ’n Bruid Van Die Jaar-kompetisie gewen met hare wat op die nippertjie oorgedoen moes word. Moenie dieselfde fout maak en ’n vriendin of familielid vervreem net omdat jy ’n paar rande wil spaar nie. Van asemrowende trourokke, tot volgende week! – Diaan Daniels
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/bruide-vermy-die-8-flaters-met-jou-eie-troue/
Gewilde akteur en sy vrou se liefdesbootjie sink
Die akteur Jesse Williams en sy vrou, Aryn Drake-Lee, is glo op pad skeihof toe. Die Grey’s Anatomy-akteur en Aryn het verlede week dokumente ingedien om hul huwelik van vyf jaar te beëindig. Dis onduidelik wie dit ingedien het, maar volgens TMZ is die twee op vriendskaplike voet uitmekaar. Jesse en Aryn het in 2012 getrou en het ’n seun, Maceo, en ’n dogter, Sadie. Die 35-jarige akteur het voor die troue vir Aryn geloof wat hom bystaan deur sy verskillende loopbaanaspirasies. “Ek was ’n onderwyser toe ek haar ontmoet het, en sy het dus saam met my deur al die verskillende fases van my loopbaan gegaan. Sy het deur dik en dun by my gestaan,” het hy in 2010 aan USA Today gesê. “Ons ken mekaar ten volle.” En in 2009 het hy sy toekomstige vrou geloof dat sy “selfgemaak” is. “Sy’s haar eie mens,” het hy aan die tydskrif People gesê. “Intelligensie en om jou eie mens te wees, is baie belangrike eienskappe vir my.” Jesse het verlede jaar die tonge laat klap met sy BET-aanvaardingstoespraak toe hy ’n humanitêre-toekenning ontvang het. Hy’t toe ook net mooi woorde oor Aryn gedeel. “Voor ek begin, wil ek net sê ek het my ouers vanaand saamgebring. Ek wil hulle bedank dat hulle hier is, en dat hulle my geleer het om te begryp wat aangaan is belangriker as my loopbaan, en dat hulle seker gemaak het ek leer die dinge wat die skole te bang was om vir ons te leer. En ek wil ook my ongelooflike vrou bedank dat sy my lewe verander het.” Woordvoerders vir die paartjie het nog nie op die egskeidingsgerugte kommentaar gelewer nie. © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/gewilde-akteur-en-sy-vrou-se-liefdesbootjie-sink/
VIDEO: Dié vroue ken van boeremusiek maak - kyk en besluit self!
“Ons nuwe CD se naam is Padlangs, want ons wil hê luisteraars moet dit in hul motors speel as hulle die langpad aandurf. “Of hulle kan dit op enige luilekker Saterdagmiddag geniet,” vertel Leonie Avenant, die Kaapse Affodille se pianis, baskitaar- en konsertinaspeler. Die CD is op die onlangse Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn bekendgestel. Die meeste van die nommers hierop is bekendes soos Nico van Rensburg se Donkerhoek, Ou Waenhuis van Japie Laubscher en die opgewekte mondfluitjie-weergawe van Francois Hayes se Karolis. Die gewilde Kaapse Affodille het al die topvyf in kykNET se boeremusiekkompetisie, Varstrap, gehaal en is ook in die Nasionale Boeremusiekgilde-kompetisie as die beste vroue-boereorkes bekroon. “Ons is ernstig oor ons musiek en oefen elke Saterdag,” sê Leonie, wat ook die groep se bemarking doen. Hulle kan almal meer as een musiekinstrument bespeel en dis indrukwekkend om die vroue tydens optredes instrumente onder mekaar te sien uitruil. Leonie het al in die High Wycombe-teater in Wes-Londen as Soul Girl in Jesus Christ Superstar opgetree. Sy is die eienaar van ’n sekuriteitsfirma. Die ander orkeslede is: Mariaan Wiese (orkesleier) speel konsertina, baskitaar, fluit, banjo, kitaar, mondfluitjie en klavier. Sy werk as gehaltekontroleerder in die vrugtebedryf. Rena Smuts speel kitaar, baskitaar en tromme. Sy is ’n bakster. Marietjie Willemse speel akoestiese kitaar, banjo en konsertina. Sy is verantwoordelik vir logistiek by ’n wynmaatskappy. Luzette Stemmet speel tromme, klavier of klawerbord, baskitaar, elektriese en akoestiese kitaar. Feitlik almal kan minstens een liedjie op die konsertina speel. Omdat die drukke so ingewikkeld is en ’n mens op geheue moet speel, is dit baie moeilik om te leer. Maar hulle laat dit alte maklik lyk . . . Terugflits: Só het Huisgenoot die Kaapse Affodille in 2012 van naderby leer ken.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/video-die-vroue-ken-van-boeremusiek-maak-kyk-en-besluit-self/
Tiener wat sterf ná sy van bewegende bakkie val, se naam bekend
Madalene Slabbert, die tienermeisie wat dood is nadat sy in ’n fratsongeluk van ’n bewegende bakkie afgeval het, se ma was deurentyd by haar terwyl dokters op die toneel probeer het om haar by te bring. Die voorval het Vrydag plaasgevind gedurende die jaarlikse Afrikaner Volkseie Sport se o.21-Bokkietoernooi in Orania. James Kemp, kommunikasiebestuurder van die Orania Beweging, sê Madalene het nie self deelgeneem nie, maar het haar ouers, wat deel was van ’n ondersteuningspan, bygestaan. Die gesin is van Olifantshoek in die Noord-Kaap. Geen sportbedrywighede is op dié dag gehou nie. “Paasvrydag was ’n rusdag,” sê Kemp. “Die ongeluk het gebeur op ’n dienspaadjie op pad na die gemeenskapsaal, waar haar ouers was. Nadat dokters 55 minute lank probeer het om Madalene by te bring, is sy op die toneel dood verklaar. James sê Madalene se ouers het berading ontvang by ’n plaaslike predikant. ’n Saak van strafbare manslag (standaardprosedure in onnatuurlike sterfgevalle) is deur die polisie geopen. Madalene was ’n gr. 9-leerder aan die Hoërskool Olifantshoek. Die Orania Beweging is ’n Afrikaanse kultuurpolitieke beweging wat hom beywer vir die herstel van die Afrikaner se vryheid in ’n eie, demokratiese republiek wat ingerig word op grond van Christelike waardes en oortuigings, wat die toepaslike vorm en mate van selfstandigheid in verhouding tot ander staatseenhede nastreef.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/tiener-wat-sterf-na-sy-van-bewegende-bakkie-val-se-naam-bekend/
Jou sterre vir die naweek, 29-30 April 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel. Deur Joanne Moore. SATERDAG JOU DAG Die Tweeling-maan is voordelig vir kommunikasie en sosiale aktiwiteite. AS JY VANDAG VERJAAR Jy is ernstig, betroubaar en sosiaal ervare. In 2017 moet jy ontspan en jouself effens minder ernstig opneem. SONDAG JOU DAG Probeer die balans regkry tussen dit wat jy wil hê en dit wat jy nodig het. AS JY VANDAG VERJAAR Jy is uiters professioneel, maar ook geneig om te veel aan te pak. Vanjaar moet jy rustiger raak en die rose langs die pad ruik. RAM 21 Mrt.-20 Apr. Venus, die plesierplaneet, besoek tans jou teken. Dit is dus ’n wonderlike naweek om die goeie dinge in die lewe te geniet, soos smaaklike kos en wyn, sosialisering, inkopies en hare- en skoonheidsbehandelings. BUL 21 Apr.-21 Mei As jy hierdie naweek gespanne voel, ontspan met ’n bietjie meditasie, oordenking, joga, musiek, lees of lang wandelings in die natuur. Wat ook al sal help om jou te kalmeer en jou aandag af te lei. TWEELING 22 Mei-21 Jun. Netwerkvorming – persoonlik en deur die sosiale media – is ’n wonderlike manier om jou boodskap oor te dra. Wat besigheids- of geldsake egter betref, maak seker jy lees die fyn skrif deeglik. KREEF 22 Jun.-23 Jul. Venus besoek tot 6 Junie jou beroepsone. ’n Netelige situasie met ’n kollega behoort te begin verbeter. Hoe meer jy saamwerk, hoe vinniger gaan dinge verbeter. LEEU 24 Jul.-23 Aug. Puik professionele of finansiële geleenthede duik op, maar jy moet geduldig wees en uitwerk wanneer die perfekte tyd is om dit te benut. Nader ’n oorsese vriend vir goeie besigheidsadvies. MAAGD 24 Aug.-23 Sept. Jy het ’n vurige oorredingsvermoë. Dis ’n wonderlike naweek om met ’n idee vorendag te kom of ’n guns te vra; Venus help jou om instinktief die regte ding aan die regte mens te sê. WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt. Het jy met ’n geliefde of ’n sakevennoot gestry? Venus moedig jou aan om meer diplomaties en adviserend te wees. Soms moet jy eers ’n klein skermutseling verloor om die oorlog te kan wen. SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov. Venus skuif tot in die teken van die Ram en bly tot 6 Junie daar. Dit gaan jou help om daaglikse take kreatiewer te benader en ook lei tot beter verhoudings met kollegas. BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des. Doen hierdie naweek jou bes om slim en sexy te wees – eerder as gemaksugtig en spandabel. Venus gee vriendskappe ’n welkome hupstoot terwyl jy kontak maak met eendersdenkende mense. STEENBOK 22 Des.-20 Jan. Venus besoek tot 6 Junie jou tuistesone. Die naweek is dus die ideale tyd om jou huishoudelike omgewing op te kikker en met grasie te onthaal. Vars blomme en ontspannende musiek is noodsaaklik. WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. Kommunikasie is vandeesweek die modewoord terwyl jy met styl sosialiseer. Enige take wat kreatiwiteit en vinnige denke verg, word bevoordeel. Jy kan ontspan wanneer jou goeie werk afgehandel is. VISSE 20 Feb.-20 Mrt. Met Venus wat tot in jou kontantsone skuif, moet jy versigtig wees vir die neiging om uitspattig te wees en te veel geld uit te gee. ’n Huidige genotvolle inkopietog kan naderhand uitloop op ’n ernstige probleem. Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-die-naweek-29-30-april-2017/
Wat die DNS-resultate bewys het rondom vermiste beroepsjagter van Limpopo
Ná angsvolle dae en ure is daar nou sekerheid. Netwerk24 het Donderdagoggend bevestig die DNS-toetse wat op oorblyfsels gedoen is wat in drie krokodille in Zimbabwe gevind is, stem ooreen met dié van die beroepsjagter Scott van Zyl. Scott, ’n beroepsjagter en eienaar van SS Pro Safaris, het op 7 April vermis geraak toe hy ’n groep buitelanders op ’n jagtog neem. Hy is die laaste keer gesien by die Chikwaraka-kamp in Zimbabwe. Die soektog na Scott is Vrydag, ’n week ná sy verdwyning, amptelik afgelas. Sondag het dit bekend geword ’n vonds wat in ’n derde krokodil (wat later geskiet is) se maag gevind is, sou waarskynlik meer duidelikheid oor Scott se lot verskaf. Die nuus is Donderdag deur die Heritage Protection Group (HPG), met toestemming van Scott se vrou, Suré, bevestig: Die DNS van die oorskot in twee van die krokodille stem met dié van haar man ooreen. Netwerk24 het bekend gemaak dat ’n gedeelte van ’n skoen, soortgelyk aan dié wat Scott gedra het, in die krokodil se maag gevind is. Scott word oorleef deur sy vrou en twee kinders, ’n dogter (11) en ’n seun (7).
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/wat-die-dns-resultate-bewys-het-rondom-vermiste-beroepsjagter-van-limpopo/
‘Ek het geweet O.J. Simpson het moord gepleeg’ - Caitlyn Jenner
Caitlyn Jenner beweer sy en haar eks-vrou Kris Jenner het altwee geweet O.J. Simpson was skuldig aan moord. Die 69-jarige gewese Amerikaanse voetbalster en akteur is na ’n uitgerekte hofsaak onskuldig bevind aan die moord op sy eks-vrou Nicole Brown Simpson en haar vriend, Ron Goldman. Kris se eerste man, Robert Kardashian, was deel van O.J. se verdedigingspan. A post shared by Oj Simpson (@oj.simpson_) on May 16, 2016 at 4:25pm PDT O.J. was weer onlangs weer hoofnuus danksy programme soos The People v O.J. Simpson: American Crime Story. Caitlyn het dié bewering gemaak toe sy Woensdag om haar opinie oor die saak gevra is tydens ’n onderhoud met Andy Cohen. “Ek weet hy het dit gedoen,” het sy gesê. “Daar was drie mense op die misdaadtoneel. DNS-getuienis, drie mense op die misdaadtoneel. Kies ’n moordenaar. Hoe moeilik kan dit wees?” Kris was van 1978 tot 1991 met Robert getroud waarna sy met Caitlyn, destyds bekend as Bruce Jenner, laat in 1991 getrou het. Die O.J.-hofsaak het in 1994 begin. Volgens Caitlyn was Kris baie seker aan wie se kant sy was. “Kris was aan my kant,” het Caitlyn bygevoeg. In The People v O.J. Simpson, is Robert deur David Schwimmer vertolk. Robert se onsekerheid rondom die die saak het ’n spilpunt in die reeks geword. Ná ’n siviele saak in 1997 is O.J. verantwoordelik gevind vir die onregmatige dood en aanranding van Goldman, asook aanranding van sy eks-vrou. Nicole Simpson and Ron Goldman the two victims that where found dead at oj Simpsons house -12, 1994 A post shared by Oj Simpson (@oj.simpson_) on May 16, 2016 at 4:16pm PDT Volgens Caitlyn het Robert na afloop van die saak aan haar beduie dat hy reeds van meet af aan bedenkinge oor O.J. se onskuld gehad het. “In die boek verwys ek net een keer na die tweede saak (1997 se siviele saak) en die hele ding was verby. Robert het vir my gesê hy sou oukei gewees het as hulle hom (O.J.) met die eerste hofsaak vasgetrap het,” het sy gesê. “Dit is die enigste ding wat hy ooit gesê het en dis die naaste waaraan hy ooit sal kom, hy sal nooit sê hy het dit regtig gedoen nie. Robert was tydens die eerste hofsaak die ou wat hom gehelp het om met moord weg te kom en hy’s deur almal vernietig. En ek voel baie jammer vir hom.” Meer oor O.J. Simpson Orenthal James “O.J.” Simpson (gebore 9 Julie 1947) is ’n Amerikaanse voetbalster, sportkommentator en akteur. Hy was in ’n stadium een van die top-drie mees-herkenbare gesigte in Noord-Amerika. Hy is ook ’n gewapende rower en ontvoerder. O.J. was bekend vir sy rolle in The Naked Gun: From the Files of Police Squad (1988), The Naked Gun 2½: The Smell of Fear (1991) en The Towering Inferno (1974). Ander minder bekende titels sluit in Goldie and the Boxer (1979) en Detour to Terror (1980) Hy sou ook die tweede professionele atleet word om Saturday Night Live in 1975 aan te bied. Hy was van 24 Junie 1967 tot 1979 met Marguerite L. Whitley getroud. Drie kinders is uit die huwelik gebore. Op 2 Februarie 1985 trou hy met Nicole Brown, maar hulle skei in 1992. Twee kinders het uit hul huwelik voortgespruit. Comment below were they a beautiful couple!? ❤ ✨ #nicolebrownsimpson #ojsimpson 💖 🌟 💋 A post shared by Love & Respect ❤ (@ourcelebstars) on Apr 20, 2017 at 12:08am PDT In 1995 word hy vrygespreek van die moord op sy eks-vrou, Nicole Brown-Simpson, en haar vriend, Ronald Goldman, in 1994. Sy advokaat, Johnnie Cochrane, se woorde was die spreekwoordelike spyker in die doodskis vir diegene wat O.J. van moord verdink het. Dit het gegaan oor die bebloede handskoen wat op die toneel gevind is. “As dit nie pas nie, moet jy hom vryspreek,” het hy gesê. Die linkerhandskoen is by O.J. se vriend, Bundy, gevind. Die regterhandskoen by O.J se huis. En O.J. Simpson se hand het nie in die handskoen gepas nie . . . In 1997 word hy skuldig bevind aan die onregmatige dood van Nicole en Ronald. Hy word ’n boete van sowat R447 miljoen opgelê. Dit was egter nie die laaste keer dat O.J. aan die skadukant van die gereg sou beweeg nie. In 2007 word hy in Las Vegas, Nevada in hegtenis geneem op aanklagte van gewapende roof en ontvoering. Hy word in 2008 tot 33 jaar gevangenisstraf opgelê waarvan hy minstens nege jaar moet uitdien alvorens hy vir parool oorweeg kan word. O.J. is ook die man wat na bewering sou sê: “Ek het net een geveg in my grootmenslewe gehad. Dit was die bekende ’89-geveg met (Nicole Brown) waartydens sy erken het sy het die geveg inisieer.” Bykomende bron: Cover Media
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/ek-het-geweet-o-j-simpson-het-moord-gepleeg-caitlyn-jenner/
2016-05-16 23:25:27
Jongste oor Maddie McCann-sage: Is sy na Marokko gesmokkel?
’n Klein dogtertjie in blou slaapklere by ’n vulstasie, spook nou nog by ’n vrou wat in 2007 ’n toeris in Marrakesj, Marokko was. “Kan ons gou weer vir mamma sien?” het die dogtertjie wat glo hartseer gelyk het, vir die man wat saam met haar was, gesê. Dié vrou, Mari Olli, glo vas die dogtertjie in die blou slaapklere was Madeleine McCann. “Maddie,” soos die media dikwels na die blou-oog Britse dogtertjie verwys, het as vierjarige in 2007 spoorloos verdwyn toe sy saam met haar ouers, Kate en Gerry McCann, in Portugal vakansie gehou het. Sedertdien het Brittanje se top-speurderseenheid, Scotland Yard, en haar ouers onverpoos vir antwoorde gesoek oor hoe Maddie uit die vakansie-villas aan die kus van Portugal verdwyn en wat sedertdien van haar geword het. “Dit was baie vreemd om ’n klein blonde dogtertjie alleen te sien staan in Marrakesj,” het Mari luidens die Britse koerant The Mirror in ’n e-pos aan die Leicestershire-polisiekantoor geskryf. Sy het glo ook ’n verklaring vir Scotland Yard afgelê maar beweer sy is nooit terug gebel nie. “Die man het nie soos haar pa gelyk nie.” ’n Voormalige speurder van Scotland Yard, Colin Sutton, het onlangs aan The Mirror gesê dat ’n berugte Mauritanië-smokkelroet ’n definitiewe moontlikheid is wat ondersoek moet word. Bendegroepe in Mauritanië in Wes-Afrika is bekend daarvoor om jong kinders aan ryk gesinne in die Midde-Ooste te verkoop, berig The Telegraph. The Mirror berig verder dat privaatspeurders redes het om te glo dat Maddie na Marokko geneem is. Ferries vertrek glo dikwels van die Spaanse hawe Tarifa na die Marokkaanse hawe Tangier. Tarifa is net vier ure weg van Praia de Luz, waar Maddie vermis geraak het. Vier dae ná Maddie vermis geraak het, het ’n toeris glo ’n dogtertjie in ’n blou motor op die ferry tussen Tarifa en Tangier gesien. Die voertuig het glo ’n portugese registrasienommer gehad. Interpol-speurders het ook glo in Augustus 2007 ’n wenk ontvang dat ’n man met ’n dogtertjie wat soos Maddie lyk, in Tangier gesien is. Hy het glo vir haar probeer skoene koop maar sy het ongelukkig gelyk en nie gepraat nie, berig The Mirror. In Oktober verlede jaar het die groep ondersoekbeamptes van Operasie Grange (die naam van die ondersoek na Madeleine McCann se verdwyning) van 29 na vier gekrimp, maar die Britse regering het nou nóg fondse hiervoor beskikbaar gestel en dit sal hul grasie gee om vir ten minste nog ses maande na antwoorde oor die blondekop se verdwyning te soek, het Huisgenoot vroeër berig. Onlangs het die Britse minister van Binnelandse Sake, Theresa May, meer fondse beskikbaar gestel om die soektog na Maddie voort te sit. Bronne: The Mirror.co.uk, The Telegraph.co.uk,
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/jongste-oor-maddie-mccann-sage-is-sy-na-marokko-gesmokkel/
Kyk video: Dit gons oor beweerde aanranding van staatsgetuie in Panayiotou-moord
Vandag twee jaar gelede is die gewilde 28-jarige onderwyseres Jayde Panayiotou van die Baai ontvoer. Haar lyk is 24 uur later in die bosse gevind. Haar man, Christopher, is van haar ontvoering en moord aangekla. Sy medebeskuldigdes is Sinethembe Nenembe en Zolani Sibeko. Die binneverhoor het Woensdag begin en is Vrydag hervat. Zolani het, soos sy gebruik deur die verloop van die hofsaak, sy gesig half bedek. Ao. Lorenzo Malan Zeelie van die Kabegapark-polisiekantoor was Vrydagoggend eerste in die getuiebank. Hy was aan diens toe die beweerde middelman, Luthando Siyoni, op 28 April 2015 na die polisiekantoor geneem is. Tydens ondervraging deur adv. Terry Price (vir Christopher) het Lorenzo aangedui hy het gesien Luthando se oog is opgeswel. Le Fleur Baadjies, wat nou afgetree is maar destyds by dié polisiekantoor gewerk het, sê twee mense besoek gewoonlik elke twee uur die selle. As daar nie klagtes is nie, word dit nie aangeteken nie. Lees ook: 10 goed wat jy moet weet van Jayde Panayiotou – 2 jaar ná haar dood Daar is verwys na ’n inskrywing om 20:50 dat Luthando terug is in sy sel. Le Fleur sê nie Luthando of sy sewe selmaats het enige klagtes gehad nie. Hy ontken dat hy daarvan bewus was dat Luthando op 28 April ’n klagte oor sy besering by adj. Dirk Greef ingedien het. Ao. Shane Bosch, van die georganiseerde misdaadafdeling, ontken dat Luthando ooit gedreig is of gedwing om ’n verklaring af te lê. Stander: Was Siyoni ooit gedreig,geforseer om ‘n verklaring af te le? Bosch: Nie in my teenwoordigheid nie, nee #PanayiotouTrial @huisgenoot — Joanie Bergh (@joanie_bergh) April 21, 2017 Hy het getuig dat Luthando sou reël om Christopher by die vulstasie te ontmoet, maar het die ontmoeting na elders verskuif. LS called CP & meeting was set up. They were first meant to meet @ the Engen next to McDonalds. They then arranged to meet elsewhere — Kathryn Kimberley (@KathrynReporter) April 21, 2017 Hy sou ook na bewering ’n silwer Fiesta verskeie kere verby die vulstasie sien ry het. Daarna het Christopher uit die motor geklim, na Luthando se motor gestap en ingeklim. Volgens adv. Terry Price is Christopher 21 keer op daardie dag gebel. “As iets nie werk nie, moet jy nie aanhou nie,” het hy aan Shane gesê. Daar is deurentyd deur adv. Price in die hof vandag groot gewag gemaak rondom die beweerde aanranding van Luthando en dat hy glo deur lede van die ondersoekspan gedreig is. Price: Opname toon Eksteen het Siyoni gedreig. Vir hom gese hy gaan 25 jaar vonnis kry as hy CP nie betrek nie #PanayiotouTrial @huisgenoot — Joanie Bergh (@joanie_bergh) April 21, 2017 Luthando het ook beweer die aanranding op hom was so erg dat sy broek geskeur het (buiten sy opgeswelde linkeroog). Die hof het tot Maandag verdaag.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-video-dit-gons-oor-beweerde-aanranding-van-staatsgetuie-in-panayiotou-moord/
Huisgenoot Mobi
Die aanvaller het gelag toe hy Henri van Breda se pa met ’n byl aanval. Dit was deel van die intieme detail wat Maandagoggend in die Kaapse hooggeregshof uitgekom het toe Henri se pleitverduideliking deur advokaat Pieter Botha voorgelees is. Die aanvaller was in donker klere en ’n klapmus geklee en het handskoene gedra. Volgens Henri was hy een van minstens twee wat dié nag by hul huis ingebreek het. Henri word daarvan aangekla dat hy se ma Teresa (55), pa Martin (54) en broer Rudi (22) in die vroeë oggendure van 27 Januarie 2015 op die spoglandgoed De Zalze buite Stellenbosch met ’n byl afgemaai het. Hy word ook van poging tot moord op sy kleinsus Marli (17) aangekla wat erge kopbeserings in die aanval opgedoen het. Hy pleit onskuldig op al die aanklagte. Henri was in ’n grys pak en blou hemp geklee en sy hare was netjies gekam. Hy het stip voor hom gekyk en is nie van stryk af gebring deur die oordonderende mediabelangstelling buite en binne die hof nie. Henri se oom André du Toit het vroegoggend al op die galery van Hof 1 gaan sit en toegekyk hoe die seun van sy oorlede suster Teresa wag vir die hofverrigtinge om te begin. Henri sê in sy verduideliking dat daar niks vreemd omtrent die aand voor die aanval was nie. Sy pa het ‘n bottel wyn oopgemaak en sy ma het kos gemaak. Marli was in haar kamer en Henri en Rudi het saam met hul pa Star Trek 2 gekyk. Na die fliek is hulle na hul kamers en Henri en Rudi was albei op hul rekenaars. Rudi het aan die slaap geraak, maar Henri het wakker gebly en ’n animasieprogram, One Piece, gekyk. Lank nadat hulle kamer toe is het Henri op ’n stadium toilet toe gegaan. Hy het sy selfoon saamgeneem om ’n speletjie daarop te speel. Skielik het hy vreemde klanke gehoor en toe hy van nader ondersoek instel het hy ’n silhoeët van ’n man gesien wat besig is om Rudi met ’n voorwerp aan te val. Hy het om hulp geskree, maar kan nie onthou wat die woorde is wat hy gebruik het nie. Hy kan ook nie onthou of hy in daardie posisie bly staan het nie. Die kamerligte is skielik aangeskakel en sy pa het die kamer binne gekom. Die aanval op Rudi het voortgegaan. Henri sê dit het gelyk of Martin tussen die aanvaller en Rudi probeer kom en of hy die aanvaller probeer duik, maar hy is met die byl getref. Sy liggaam het slap geraak en hy het hom nie weer sien beweeg nie, maar die aanvaller het aangehou om na hom te kap. Henri het toe sy ma se stem hoor vra “Wat gaan hier aan?”. Die aanvaller het die kamer verlaat en Henri kon nie sien wat buite die kamer gebeur nie. Die aanvaller het weer die kamer binne gekom en gelag. Volgens Henri het hy nie bekommerde gelyk oor Henri se teenwoordigheid nie. Die aanvaller en Henri het gestoei en Henri het om ontwapen. Die aanvaller het toe ‘n mes uitgepluk en Henri in die bors en aan sy linker arm gesteek. Henri het die aanvaller met die stompkant van die byl geslaan en die aanvaller het uit die kamer gevlug. Henri het kwaai stemme in die huis gehoor wat Afrikaans gepraat het. Toe hy uit die kamer gaan het hy se ma en Marli buite die kamer in die gang sien lê. Hy het die aanvaller op trap gesien en die byl na hom gegooi aangesien hy nie vinnig kan hardloop nie. In die proses het hy van die trap in die afgeval en toe hy tot verhaal kom het hy gesien die kombuisdeur is oop. Hy wou noodnommers bel maar het nie geweet watter nommers nie en sy meisie wat hy op die daardie stadium gehad het. Hy het haar nie in die hande gekry nie. Hy het gehoor hoe Rudi in die kamer roggel en toe hy op die boonste verdieping kom het hy flou geval. Toe hy bykom het hy gesien dit het reeds begin lig word. Sersant Adrian Kleynhans wat die eerste mens op die toneel was het getuig dat Henri se asem na drank geruik het toe hy vroegoggend by die huis in Goskestraat aankom. “Hy was senuweeagtig, maar het nie gehuil nie en het al die opdragte wat ek hom gegee het uitgevoer.” Adrian het dit as vreemd bestempel dat niks uit die huis gesteel was nie en sê daar was ’n duur handsak met ’n beursie vol geld op die tafel in die huis. Daar was ook ’n skootrekenaar in die huis en die televisiestelle. Die enigste vreemde ding was ’n pakkie sigarette wat oopgeskeur is en twee sigaretstompies wat op die grond doodgetrap was. “Ek het die huis betree en die byl op die trap sien lê. Ek het by die trappe opgeloop en die twee dames in ’n poel bloed sien lê. Die een op haar maag en die ander op haar rug. Hy het Marli sien beweeg en hulp ontbied. ’n Ter plaatse ondersoek word Dinsdagoggend by De Zalse gedoen.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/henri-van-breda-vertel-van-die-laggende-moordenaar-lees-wat-in-die-hof-uitgekom-het/
Dis hoekom jou kredietrekord belangrik is - en wat maak jy met ’n SLEGTE rekord?
Die meeste verbruikers weet die wyse waarop hulle hul krediet bestuur, word nagegaan. Maar nie almal besef dalk presies hoe belangrik hul kredietrekord vir hul toekomstige finansiële welsyn is nie. “’n Kredietrekord wat aandui jy bestuur jou skuld swak, byvoorbeeld dat jy paaiemente oorslaan, dikwels laat is met jou terugbetalings of enige skuldvonnisse teen jou naam, sal dit vir jou moeilik maak om vorentoe krediet te kry,” sê Nico van Staden, krediethoof by FNB Credit Card. ’n Kredietrekord is die dokumente wat jou terugbetalingsgeskiedenis rakende huidige en vorige skuld uiteensit, verduidelik hy. Die wet vereis dat kredietverskaffers, insluitend banke, kleinhandelaars en voorsieners van persoonlike lenings, inligting oor jou kredietterugbetalings aan die kredietburo’s moet verskaf. Kredietverskaffers sal dus op ’n maandelikse grondslag besonderhede oor jou lenings aan dié buro’s voorsien. Dit sluit byvoorbeeld in wanneer jy die skuld aangegaan het, die bedrag, hoeveel daarvan jy nog moet terugbetaal en die maandelikse paaiement. Die fyn besonderhede, soos hoe gereeld jy betaal en betalings oorslaan of skuldvonnisse, word ook in jou kredietprofiel weerspieël. Skoon rekord is daarom kernbelangrik Verskaffers gebruik die inligting in jou kredietrekord om jou risikoprofiel te bepaal en tot watter mate jy skuld kan bekostig. As jy byvoorbeeld een maand nie ’n paaiement betaal nie, maar die daaropvolgende maand wel inhaal, sal die kredietburo’s die oorgeslaande terugbetaling steeds aanteken en daardie inligting ’n jaar lank bewaar. Swak kredietgedrag kan uiteraard ook ’n invloed hê op die rentekoers wat jy op nuwe skuld gaan betaal, voeg Nico by. Breër beskou, kan ’n onvleiende kredietrekord moontlik finansiering vir belangrike lewensmylpale soos toegang tot ’n huis- of motorlening of noodsaaklike persoonlike lening belemmer. Net so kan jou kredietrekord dalk ook eendag teen jou kind tel wanneer dié ’n studielening nodig het. Maak seker jy het ’n behoorlike begroting, en monitor jou bestedingsgewoontes versigtig. Waak streng teen die aangaan van krediet vir onnodige uitgawes. ’n Debietorder vir terugbetalings is een van die maklikste maniere om te voorkom dat jy nalaat om paaiemente te betaal. Moet liewer nie wettige debietorders op jou bankrekening omkeer wanneer jy swaar trek nie; dit sal ook in jou rekord by die buro’s neerslag vind. Onthou, jy kan een keer per jaar gratis toegang kry tot jou kredietrekordprofiel. Benut daardie pasella verslag; so kan jy presies nagaan of enige wanbetalings of skuldvonnisse op jou rekord verskyn, en ook of jou profiel enige verkeerde inligting bevat. So ’n verslag kan soms ook as rooi vlag dien wat moontlike identiteitsbedrog betref; as skelms dalk in jou naam, onder jou ID-nommer, krediettransaksies aangegaan het, behoort jy ook die spore daarvan op jou kredietrekord te sien. Hoe gemaak met ’n slegte rekord? Probeer eerstens inhaal waar jy agterstallig is met betalings. Dit beteken meestal jy sal eenvoudig jou bestedingsgewoontes moet verander. “Praat met jou bank of kredietverskaffer as jy nie die mas opkom nie; hulle kan dalk help deur jou terugbetalings te herstruktureer,” sê Nico. En die grondreëls geld dan steeds, soos dat jy jou skuld met die hoogste rente eerste moet betaal, byvoorbeeld krediet- en winkelkaarte en persoonlike lenings. Jy moet ook veg teen die versoeking om weer geld te leen sodra jy die skuld gedelg het. Probeer eerder vir toekomstige aankope spaar.
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/geldsake/dis-hoekom-jou-kredietrekort-belangrik-is-en-wat-maak-jy-met-n-slegte-rekord/
Dramatiese beeldmateriaal wys hoe wilde perde uit bevrore dam gered word
Tien perde het lelik teenspoed opgetel toe hulle Sondag onder ysige omstandighede oor ’n bevrore dam geloop het. Dit het sowat 65 km wes van Grand Prairie in die noorde van Atlanta in Kanada gebeur. Die dun yslaag het gebreek en die perde het in die ysige water onder die sneeubedekte yslaag beland. Reddingspanne van verskeie omliggende dorpe is ontbied om die arme diere uit die ys te help red. Volgens die Edmonton News was hierdie nie net ’n moeilike taak vanweë die gure weer nie; die risiko op beserings vir die reddingspanne was ook hoog. Dit was boonop nie hondmak-perde wat vasgeval het nie, maar wilde perde (‘bronco’s) wat gewoonlik vir rodeo-doeleindes ingespan word. Trevor Grant, die hoof van Grande Prairie se streeks-brandweerdiens het dit as een van die moeilikste take waarmee sy span tot nou toe te doene gehad het, beskryf. Kort voor lank is daar planne beraam om die ongelukkige diere uit die ysige water te red. Kettingsae en ander gereedskap is ingespan om die yslae wat om die perde vasgepak was, weg te werk. Sewe perde het oorleef. Twee het ongelukkig vanweë uitputting en blootstelling gesterf en ’n derde aan beserings. Bronne: abcnews.go.com, edmonton.ctvnews.ca
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/dramatiese-beeldmateriaal-wys-hoe-wilde-perde-uit-bevrore-dam-gered-word/
Jou sterre vir Woensdag, 26 April 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore. JOU DAG Die nuwemaan verskaf die geleentheid om die lei skoon te vee en weer van voor af te begin. AS JY VANDAG VERJAAR Jy kan ’n baie kortaf Bul wees. Dis die jaar waartydens jy jou doelwitte vir die toekoms moet oordink. Maar moenie vergeet om langs die pad te ontspan en pret te hê nie. RAM, 21 Mrt.-20 Apr. Is jy spandabel? Die nuwemaan stimuleer jou geldsone, dus is jy in die bui vir ’n inkopietog. Onthou net stadig en verstandig wen tans die geldresies. BUL, 21 Apr.-21 Mei Die nuwemaan in die Bul gee jou selfvertroue ’n welkome hupstoot. Dis die beste dag van die jaar om jou voorkoms te verbeter en ook om jou persoonlike planne vir die volgende 12 maande te hersien. TWEELING, 22 Mei-21 Jun. Dis ’n wonderlike tyd om jou aan dagdrome oor te gee. Die nuwemaan vuur jou intuïsie en verbeelding aan; maak dus seker jy slaan munt uit jou veelsydige kreatiwiteit. KREEF, 22 Jun.-23 Jul. Jy kan vandag spanning en wisselende emosies verwag. Jou lewe is tans in ’n warboel, maar as jy op ’n stil, rustige plek in jou binneste inskakel, sal jy kalm, stabiel en veilig voel. LEEU, 24 Jul.-23 Aug. Daar’s elektrisiteit in die lug met al die gelukkige loopbaangeleenthede vir honger Leeus. Die vraag is net: Is jy honger genoeg? Die nuwemaan belig jou professionele sone; dis nou tyd om te spring. MAAGD, 24 Aug.-23 Sept. ’n Langafstandreis is die volgende 12 maande ’n moontlikheid aangesien die nuwemaan jou avontuursone aktiveer. Die moontlikhede is eindeloos indien jy jou internasionale skakels versigtig koester. WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt. Weegskale is kreatiewe wesens, maar jou aandag word soms maklik afgelei. Die nuwemaan is in die aardse Bul en dit moedig jou aan om meer prakties te wees wanneer jy jou drome in die werklikheid verander. SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov. Hou op om so ’n hardkoppige Skerpioen te wees. Die nuwemaan help jou om ’n intieme verhouding uit ’n vars oogpunt te beskou. En is daar slegte gewoontes wat jy moet afskud of ou beskouings wat jy kan laat vaar? BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des. Die nuwemaan verhoog jou geesdrif vir ’n nuwe sportsoort of oefenroetine wat jy met jou vriende kan deel. Is dit nie miskien hoog tyd dat Boogskutters begin vryval, buikdans of vir ’n salsaklas inskryf nie? STEENBOK, 22 Des.-20 Jan. Probeer om die balans te herstel tussen werk en ontspanning, en moenie toelaat dat selftwyfel jou terughou nie. Jy kan ook die herstel van ’n verhouding met ’n geliefde, kind, tiener of intieme vriend aanvoor. WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. Danksy die nuwemaan kan jy dalk begin om ’n gesinslid in ’n nuwe lig te beskou. Is dit nie tyd om ou griewe opsy te skuif terwyl jy brûe bou met geliefdes en die verlede laat waar dit hoort nie? VISSE, 20 Feb.-20 Mrt. Die nuwemaan belig jou reis- en studiesone. Met Mercurius steeds in trurat is dit tyd om ’n reis te beplan of ’n geskrewe werk te hersien eerder as om ’n splinternuwe projek van stapel te stuur. Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-woensdag-26-april-2017/
Sê só dankie vir die ma in jou lewe
PROMOSIE Op Moedersdag (14 Mei) sê ons dankie vir die sterk vroue wat so ’n belangrike rol in ons lewens speel en wys hulle hoe dankbaar ons is vir alles wat hulle vir ons doen. Vanjaar moedig Cadbury Glow aanhangers aan om hul waardering met hierdie besonderse vroue te deel en vir die #GiveHerGlow-kompetisie in te skryf. Cadbury Glow wil dekadensie en vreugde versprei met gratis proefhappies by die Fourways Farmers Market in Johannesburg op 23 en 30 April. “Ma’s belê so baie tyd in kindgrootmaak. Wat is dan nou beter as om jou tyd met hulle te deel?” sê Grant van Niekerk van Mondelez SA. “Ons is opgewonde om meer Cadbury Glow-oomblikke te skep sodat mense die verbintenis kan volhou met die vroue wat vir hulle die meeste beteken.” Bederf jou ma op Moedersdag met Cadbury Glow, die luukse sjokoladepralines omvou in heerlike Cadbury-sjokolade. Dit is die volmaakte geskenk vir enige geleentheid. Cadbury Glow is beskikbaar in winkels landwyd in twee groottes, 160 g met 16 pralines en 240 g met 24 pralines. STAAN ‘N KANS OM TE WEN! Drie gelukkige sjokoladeliefhebbers en hul ma’s (of moederfiguur) staan ‘n kans om bederf te word met een van drie Glow-ervarings – ’n pamperlangsessie by ’n spa, ’n koservaring by ’n kookklas of ’n inkopietog, elk ter waarde van R5 000. Bepalings en voorwaardes geld. Hoe om in te skryf Merk (“tag”) jou ma of moederfiguur of noem haar naam op die kompetisieplasing bo-aan die Cadbury Dairy Milk Facebook-blad. Die drie wenners sal lukraak gekies word. Inskrywings kan net van 17 April tot 8 Mei vanjaar deur die Cadbury Dairy Milk Facebook-blad gemaak word. Bepalings en voorwaardes geld.
http://www.huisgenoot.com/promosies/se-so-dankie-vir-die-spesiale-ma-in-jou-lewe/
2017-04-08 00:00:00
14 sterf ná gru-ongeluk op N7
14 people were killed in a head on crash on the N7 near Klawer, authorities said. pic.twitter.com/XMHs6TALOS — James de Villiers (@pejames) April 16, 2017
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/14-sterf-na-gru-ongeluk-op-n7/
KYK VIDEO: Hier is Henri van Breda volledige pleitverduideliking
Die aanvaller het gelag toe hy Henri van Breda se pa met ’n byl aanval. Dit was deel van die intieme detail wat Maandagoggend in die Kaapse hooggeregshof uitgekom het toe Henri se pleitverduideliking deur advokaat Pieter Botha voorgelees is. In die video en PDF hieronder kan jy Henri se kant van die saak kyk of lees. Henri van Breda se volledige pleitverduideliking by on Scribd
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-video-hier-is-henri-van-breda-volledige-pleitverduideliking/
2017-04-04 00:00:00
Huisgenoot Mobi
Josh Pharaoh (9), wat deur verskeie as ’n sonskynseuntjie beskryf word, het Sondag gesterf nadat hy Vrydag by die KKNK in ’n pantservoertuig geval het. Sy kop het luidens berigte ’n staalplaat getref toe hy sy balans verloor het. Josh se ouma, Heidi Pharaoh, se woorde is van die hartverskeurenste wense wat iemand ooit kan uiter: “Here, help ons deur hierdie onherroeplike hartseer,” lees een van die inskrywings wat sy op Facebook gemaak het. Josh se oupa, Hamilton Pharaoh, se afskeidsboodskap aan sy kleinseun op Facebook, sal jou tot in jou siel ruk. “Daar is geen woorde wat die pyn wat ons nou voel, kan beskryf nie. Ons sonskyn-kleinkind wat ons verby alle grense laat liefkry het, is nie meer daar nie. RIV Josh Hames Pharaoh, ons lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie. “Ek weet jy’t ons lewe verlaat met ’n ongelooflike geskenk van herinneringe wat ons lewenslank sal bybly. Jou lewe die afgelope nege jaar was ’n ongelooflike reis van liefde en seën. “Ons gee dank aan die Here wat almal van ons toegelaat het om jou in ons lewens te hê. Lief jou verby die oneindigheid. Een van sy onderwyseresse, Naomi Smit, het by die plasing geskryf: “Ek kan nie glo klein Josh moes hierdie wêreld van ons verlaat het nie. Hy was vir 2 jaar in my L.O-klas gewees en in my Kunsklas kon ek hom vir ‘n hele jaar geniet het. “Hierdie onnie is baie onsteld, hy het ‘n kunstalent gehad, hy het ‘n wonderlike uitkyk oor die lewe gehad. Sy kreatiwiteit het ander leerders in die Kunsklas geïnspireer. Hy was altyd bereid om sy idees en sy liefde met almal te deel. “Ek gaan hom nog meer verlang. Mag julle jul troos vind by die Here. Eendag sal ons almal hom weer sien in die hemel. So jammer om te hoor! Rus in vrede, my Joshie! Op 14 April, die dag van die voorval, het Josh se oupa hom nog aangemoedig om te bly veg vir sy lewe. “Josh James my lewe my alles. Veg om jou lewe so Klein so weerloos. Oupa wees is die beste ding in my lewe want jy is ons alles. Mag God jou beskerm deur die operasie en jou veilig terug gee vir ons. Ek het nooit ‘n bynaam gehad nie. Jy het my Games begin noem. ‘n naam wat ek met trots dra. Hou aan veg ons liefling seuntjie. Ons is Baie Baie Baie Lief vir jou!!!!” Die voorval word verder ondersoek.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/hartverskeurende-huldeblyke-na-seun-in-fratsongeluk-by-kknk-sterf/
8-jarige meisie se lyk in woud gevind
’n Agtjarige meisie is dood gevind in ’n woud in Namahadi naby QwaQwa in die Vrystaat, sê die polisie. ’n Inwoner wat Maandagoggend in die Kgatleng-gebied gestap het, het op Nomthandazo Nhlapo se lyk afgekom, sê sers. Mmako Mophiring. Sy het wonde aan haar kop en hande gehad. Die polisie weet nog nie hoe dit toegedien is nie. ’n Nadoodse ondersoek sal toon hoe sy dood is en of sy verkrag is. Intussen word ’n familielid vermis wat dalk nuttige inligting oor die misdaad het. Genl.maj. Peter Moloi, bevelvoerder van die Phuthaditjhaba-groepering, vra inwoners van QwaQwa moet na vore kom met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die “genadelose verdagte wat so ’n grusame daad gepleeg het. “Ons kan nie in ’n samelewing woon waar ons kinders nie kan beweeg en speel waar hulle wil nie. Ons moet hulle veilig hou en veiliger plekke vir die gemeenskap skep,” sê hy. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/8-jarige-meisie-se-lyk-in-woud-gevind/
Jongste verwikkeling nadat 12-jarige seun in Coligny-geweld sterf
Twee mense is in hegtenis geneem in verband met die dood van ’n 12-jarige seun in Coligny, wat blykbaar die rede vir gewelddadige protes in die gebied was, het die premier van Noordwes vandag gesê. “Die gemeenskap van Coligny is sedert die moord op die kind onrustig, want hulle glo die voorval is rassisties,” het premier Supra Mahumapelo in ’n verklaring gesê. Die polisiewoordvoerder Sabata Mokgwabone het aan News24 gesê die twee van 26 en 33 jaar oud is van moord aangekla en sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Coligny verskyn. Inwoners beweer ’n boer het die seun aangerand nadat hy hom Vrydag in sy mielieland gekry het, het City Press Dinsdag berig. [WATCH] #Coligny residents demand action … or the protests will continue. pic.twitter.com/rtmfj6yAcv — Eyewitness News (@ewnupdates) April 25, 2017 Supra het om kalmte in die plaaslike munisipaliteit Ditsobotla gevra en inwoners verseker wet en orde sal in stand gehou word. #lichtenburg Shops and houses burnt to the ground in #Coligny outside town. MV pic.twitter.com/bT72J1zabN — Jacaranda News (@JacaNews) April 25, 2017 Sy verklaring is uitgereik nadat winkels geplunder en drie huise, vragmotors, ’n trekker en ’n gepantserde polisievoertuig in Coligny en Lichtenburg aan die brand gesteek is sedert die protes begin het. In Lichtenburg is ’n vragmotor met 38 000 hoenders op Vrydag aan die brand gesteek. Taakspan gestig Supra sê hy het ’n taakspan saamgestel om aan die situasie in die munisipaliteit aandag te gee. Dit word gelei deur die LUK vir opvoeding, Sello Lehari, die leier regeringsake in die provinsie. Die polisie sê Coligny, Lichtenburg en Itsoseng was vanoggend redelik kalm. “Dit is nog stil. Ons behou teenwoordigheid by al die geraakte plekke,” het kol. Sabata Mokgwabone gesê. Mense het tussen 19:30 en 20:00 Dinsdag by ’n gebou in Lichtenburg ingebreek wat aan die verskaffer van besproeiingstoerusting Agrico behoort. Hy sê hulle het vier buitebande uit die gebou gevat en dit aan die brand gesteek. Die polisie en brandweer is ontbied en die gebou is nie beskadig nie. Supra het gevra betogers moet staatsamptenare die kans gee om hul griewe deeglik te ondersoek. Hy het gevra betogers moet hulle weerhou van geweld en misdaad wat “groei en ontwikkeling kan belemmer”. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/jongste-verwikkeling-nadat-12-jarige-seun-in-coligny-geweld-sterf/
4 binne ’n week tereggestel ná skok oor vervaldatum
Kenneth Williams (38) het gisteraand die vierde gevangene in agt dae geword wat in die Amerikaanse staat Arkansas tereggestel is. Dit vorm deel van dié staat se sogenaamde versnelde teregstellingsprogram voor die owerheid se voorraad dodelike inspuitings teen die einde van die maand hul vervaldatum sou bereik. Twee gevangenes is Maandag tereggestel, wat Arkansas die eerste Amerikaanse staat in 17 jaar maak wat meer as een teregstelling per dag uitgevoer het. Kenneth was die laaste van die vier teregstellings op die program. In ’n verklaring voor sy dood in die Cummins Unit-gevangenis het hy om vergifnis gesmeek “van die families wat ek van hul geliefdes beroof het”. Kenneth is die doodstraf opgelê vir drie moorde wat hy gepleeg het. Voor sy teregstelling het hy eers ’n reuse-aandete weggeslaan. Dit het onder andere bestaan uit twee porsies braaihoender, rys, boontjies, mielies, vier snye brood en vrugtepons. Hy het gesterf 13 minute nadat hy ingespuit is. Die tronkowerheid in Arkansas het aanvanklik beplan om agt teregstellings voor die einde van die maand te volbring, maar vier daarvan is deur die hof uitgestel, berig Mirror Online. Mirror Online, Theguardian.com
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/4-binne-n-week-tereggestel-na-skok-oor-vervaldatum/
Huisgenoot Mobi
Ridhwaan Mackay (19) is op Donderdag 13 April die laaste keer in Kimberley gesien. Vandag het die polisie bekendgemaak sy lyk is Woensdagaand omstreeks 18:45 in die veld langs die R31 in Kimberley gevind. Sy hande en voete was vasgebind en sy liggaam gedeeltelik verbrand. Die polisie het intussen ook aangedui dat ’n verdagte vir sy beweerde moord in hegtenis geneem is. RT #sapsNC Help Kimberley #SAPS find MISSING Ridhwaan Mackay (19). Last seen 13/04 in West-End. Info -> IO Sgt Rantoetse 078 211 5018. ME pic.twitter.com/xAd9yF04jf — SA Police Service (@SAPoliceService) April 18, 2017 Ridhwaan is vir die laaste keer deur sy ma by hul huis gesien. Hy het met sy suster se wit VW Golf 7 gery. Dié is Sondag nie te ver van sy ouerhuis nie verlate in Cliffortstraat gevind. Dié foto, wat deur Ridhwaan op sy Facebook-blad gedeel het, is soortgelyk aan die motor wat gevind is. Sy ouers het hom as vermis aangemeld toe die motor gevind is.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/vermiste-19-jarige-se-lyk-gevind/
Verskeie motorongelukke op ons land se paaie lei tot sterftes en beserings
Twaalf mense het tragies gesterf toe die bus waarin hulle gereis het, omgeslaan het. Die ongeluk het omstrreeks 11:00 Saterdagoggend naby Untunjubmili in die Ilembe-distrik van KwaZulu-Natal plaasgevind. Paramedici van KwaZulu-Natal se gesondheidsdepartement het op die toneel verdere hulp aan 15 beseerdes verleen. Saterdagmiddag is sewe persone beseer tydens ’n trompop-botsing op die N17 by Secunda. Met hul aankoms op die toneel het ER24-paramedici en die plaaslike nooddienste die twee voertuie wat gebots het, meters van mekaar aangetref. ’n Sesjarige dogtertjie is tydens die botsing uit een van die voertuie geslinger. Sy het geringe beserings opgedoen. Haar suster (12) sowel as haar ouers het matige beserings opgedoen. Die drie insittendes van die ander motor het ook geringe beserings opgedoen. Almal is deur een van die nooddienst na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling nadat hulle op die toneel gestabiliseer is. ’n Trok het op Sir Lowrys-pas gerol Die bestuurder van ’n groot trok het matige beserings opgedoen toe dit op die Sir Lowrys-pas op die N2 gerol het. Die vermoede bestaan dat die trok op pad na die Strand se kant was toe die ongeluk gebeur het. Volgens Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, is die bestuurder reeds na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir mediese sorg. Motoriste kan vertragings op die roete verwag tot tyd en wyl die vragmotor uit die pad gesleep is. Agt eenvoudige wenke vir padveiligheid Gespe vas. Sorg dat dit die eerste ding is wat jy en jou passasiers doen sodra julle in die motor klim. Bly kalm. Irritasie en woede sal nie sake verbeter nie en net jou bloeddruk opjaag. Speel mooi. Vermy vuil taal en kru handgebare. Los die drank. Moet nooit drink en bestuur nie. Volg die reëls. Gehoorsaam altyd die padreëls, selfs al dink jy niemand kyk nie. Dink aan ander. Neem ander padgebruikers in ag. Voetgangers, fietsryers en ander voertuigbestuurders het ook die reg om daar te wees. Los die sel. Dit doen geen skade om iemand later terug te bel nie. Moet nooit ’n teksboodskap stuur terwyl jy bestuur nie. Gehoorsaam die spoedperk. Altyd! Save
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/verskeie-motorongelukke-op-ons-land-se-paaie-lei-tot-sterftes-en-beserings/
Leeuslagoffer word vandag 12 - steeds in koma
Kristian Prinsloo word vandag 12, maar is steeds in ’n koma in die waakeenheid van die Muelmed-hospitaal in Pretoria. Kristian is ’n paar weke gelede deur ’n leeu aangeval. Anders as vorige jare, toe Kristian se ouers, Herman en Adri, gewoonlik die een of ander viering vir dié dag gerëel het, sal hulle vandag met hul enigste kind se dokters praat oor wat hulle volgende te doen staan, sê sy oom, Nico Strydom. Op die Facebook-groep wat ten bate van Kristian gestig is, het Herman geskryf hy dank die Here vir die wonderwerk “met ’n humor en ’n laggie wat aansteek soos ’n verkoue” wat Hy hulle 12 jaar gelede gegee het. “Here, mag hierdie dag gevul wees met u ongekende genade en bomenslike genesing,” het Herman geskryf. Die gelukwensings en gebede het vanoggend ingestroom vir Kristian, ’n leerder aan die Laerskool Louis Leipoldt in Centurion. Hy is vroeër vandeesmaand deur ’n “mak” leeu aangeval terwyl hy saam met sy ouma op familievriende se plaas op Lephalale (voorheen Ellisras) gekuier het. Die leeu het Kristian aan die nek gegryp. Die seun het kwaai swelling op die brein en is sedertdien in ’n kritieke toestand. Hy is aan ’n ventilator gekoppel. Herman het gisteroggend op die blad geskryf daar was die naweek ’n paar “terugslae en benoude oomblikke” met Kristian se polsslag, bloeddruk en liggaamstemperatuur. Alles het Sondag weer na redelike stabiele vlakke teruggekeer. In dié stadium is een van die groot bekommernisse infeksies. Kristian het ook intussen bronchitis gekry.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/leeuslagoffer-word-vandag-12-steeds-in-koma/
Heinz Winckler kuier in Duitsland - kyk sy ongelooflike foto’s
Heinz Winckler is pas terug op eie bodem nadat hy vir ’n uitreiktoer in Duitsland was. Gedurende sy tyd daar het hy verskeie foto’s en inskrywings op sosiale media gedeel onder #enswgermany (Every Nation Somerset West), waar hy sy Christelike kontemporêre aanbiddingsalbum, “The Roar”, bemark het. As deel van die ENSW-toer het hulle God se woord versprei en welwillendheidswerk verrig. Op 7 April het Heinz op Facebook geskryf hulle het hul werk by die Bethany House of Hope by die Bethany Revival Center in Bassum, Duitsland die vorige dag voltooi. “Wat ’n ongelooflike gevoel van prestasie!” skryf h yonder die hutsteken #IchLiebeDeutchland #ENSWGermany2017 Every Nation Somerset West. A post shared by Heinz Winckler (@heinz.winckler) on Apr 4, 2017 at 2:11am PDT Later die dag skryf hy hulle het die vorige aand die voorreg van bediening by die Bethany Revival Center se #JesusHaus in Bremen gehad. “Dit is ’n plek waar hulle (mense) voer en skuiling verskaf vir hawelose mense. “Ons het getuienisboodskappe en die evangelieboodskap versprei. Dankbaar!” Op die toer het Heinz ook sy suster en swaer in Holland gesien. “Wonderlike dag in Holland gister!” skryf hy in Engels. “Het my suster en swaer gesien, pannekoek geëet by Pleisterplaats en bedien by die wonderlike Fire Church in Netherlands. Wow!” A post shared by Heinz Winckler (@heinz.winckler) on Apr 2, 2017 at 3:16am PDT A post shared by Heinz Winckler (@heinz.winckler) on Apr 9, 2017 at 9:56am PDT Gedurende hul tyd in Duitsland is daar ook tyd ingeruim vir vleisbraai. “Vanaand word Bremen Braai-man soos die Suid-Afrikaners vir die Duitsers leer wat #Braai is!,” skryf Heinz onder die hutsteken lekker @everynationsw#enswgermany2017
http://www.huisgenoot.com/bekendes/heinz-winckler-kuier-in-duitsland-kyk-sy-ongelooflike-fotos/
2017-04-04 09:11:35
Ongeluk op N12 eis 6-jarige tweeling boeties
’n Tragedie het hom Vrydag op die N12 sowat 60 km buite Kimberley op die N12 afgespeel, toe ’n 6-jarige tweeling 100 m uitmekaar tot hul einde gekom het. Die nooddiensgroep Netcare 911 is volgens ’n mediaverklaring Vrydag 19:27 ontbied nadat ’n bus in ’n donkiekar op die N12 getref het. Die ongeluk het sowat 60 km van Kimberley, in die rigting van Hope Town in die Noord-Kaap, plaasgevind. Na wat berig word het die gesin op die donkiekar afgetrek op die skouer van die pad om ’n donkie stewiger vas te trek, voor ’n bus in hulle vasgery het. Die twee boeties het glo op die donkiekar gelê en slaap toe die bus hulle getref en hulle daarvan geslinger is. Hulle is albei op slag dood en hulle lykies is sowat 100 m uit mekaar gevind. Die presiese oorsaak van die ongeluk is volgens die nooddiensgroep nog nie bekend nie en sal deel vorm van die polisie-ondersoek.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/ongeluk-op-n12-eis-6-jarige-tweeling-boeties/
Tweede poging om 4-jarige dogtertjie te ontvoer, suksesvol
’n Reusesoektog is Donderdagoggend van stapel gestuur nadat die vierjarige Marie Eleni Grimsrud deur twee mans by haar kleuterskool in Nicosia, die Griekse deel van Ciprus se hoofstad, ontvoer is. Sy is oomblikke voor haar ontvoering deur haar ma by die kleuterskool afgelaai. Twee gemaskerde mans het haar gegryp voordat hulle haar in ’n voertuig geboender het en weggejaag het. Marie Eleni Grimsrud – who was abducted this morning in #Cyprus. Public can call 1460 or Nicosia CID on 22 802331. https://t.co/Tat9sNexna pic.twitter.com/vO7e69wcsL — in-cyprus (@In_Cyprus) April 27, 2017 Andreas Angelides, polisiewoordvoerder, het gesê ’n lug-, see en landreddingsoektog is onmiddellik van stapel gestuur om die ontvoerders op te spoor. Onbevestigde berigte dui daarop dat Marie in hierdie stadium by haar pa is; dieselfde persoon wat vermoedelik vir haar ontvoering verantwoordelik is. Intussen is ’n arrestasiebevel uitgereik en hy kan moontlik van ontvoering en aanranding aangekla word. Dit is onseker waar hy en die vierjarige Marie hulself bevind, maar die eiland word van hoek tot kant gefynkam om hulle op te spoor. Alle moontlike roetes ná en vanaf die eiland word ook gemonitor. Marie se pa, van Noorweegse afkoms, en haar ma, van Griekse afkoms, is luidens berigte in ’n heftige stryd om toesig oor haar betrokke. Berigte dui daarop dat die man se naam Torkel Grimsrud is. Die paartjie het in 2012 in Noorweë getrou, maar ná hul egskeiding het sy met hul dogter na Ciprus gegaan. Sy het wel vir Marie vir ’n besoek na haar pa in 2015 gestuur, maar hy het haar glo nie na haar ma terugstuur nie. Nadat sekere regsprosesse destyds gevolg is, is Marie wettiglik in die sorg van haar ma teruggeplaas. Donderdag was na bewering nie die eerste keer dat Marie se pa haar probeer ontvoer het nie. Tydens ’n vorige poging in Februarie 2016 is drie mans onderskeidelik 29, 40 en 60 jaar oud, in hegtenis geneem nadat owerhede van hul ontvoeringsplan bewus geword het. Volgens CyprusMail was daar in 2016 37 gevalle waar kinders deur een van hul ouers ontvoer en na die buiteland geneem is. Dit is makliker om kinders terug te kry vanaf lande wat die Den Haag-konvensie onderteken het en lid is van die Europese Unie.
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/tweede-poging-om-4-jarige-dogtertjie-te-ontvoer-suksesvol/
Dogter van vrou met verminkte borskas deel hartverskeurende nuus
Tasha Erasmus het hard en moedig geveg om die beste sorg moontlik vir haar ma, Reinette Henning, te kry sedert haar borskas vermink is ná ’n mislukte borsrekonstruksie. “My ma is dood,” het Tasha Erasmus Vrydagoggend haar hartseer nuus met Huisgenoot gedeel. Donderdag het sy nog laat weet: “Óf sy kry dringend hulp óf ons sal haar moet groet.” Hulle het haar net voor Paasfees by ’n staatshospitaal in Johannesburg gaan haal, vertel Tasha. “Ek moes haar hare skeer oor kopluise wat sy daar opgetel het,” voeg sy by. Hier is haar ode aan haar ma “My liefste, liefste, liefste, Mamma. Het nooit geweet dit gaan SO seer wees nie. Dit voel asof ek saam met Mamma oorlede is. Hier waar ek nou sit weet ek nie hoe ek sonder my steunpilaar vir die afgelope 31 jaar gaan cope nie. “Mamma, dit was swaar om jou te laat gaan. EK KON NET NIE. Ek is so, so jammer vir die pyn en lyding. Mamma sou volgende week 50 geword het . . . nou gaan ons Mamma ter aarde stel. “Daardie pragtige lyf, pragtige gesig. My beeldskone Mamma. MAMMA EK GAAN JOU MIS. Al die kere toe Mamma net wou dans. . . Mamma het my klaar gehad😃 . . . maar ai hoe wens ek ons kon vir oulaas dans. “Dankie vir die voorbeeld van ’n kosbare mamma wat Mamma was. Mamma is onvervangbaar. Sê asseblief vir Oupa hallo. Jy’t altyd almal gehelp. . . en toe dit kom dat ons vir jou hulp vra, toe ja . . . die Here se wil het geskied. “Mamma, jy was ’n inspirasie vir soveel mense. Rus, my Mamma. Mamma se marteling deur sogenaamde medici by die staat is verby. Dit moes baie van Mamma vat om die dokters, hospitale en verpleegters wat Mamma so gemartel het, te vergewe. Wat ’n hero. I salute you. “Vaarwel my mamma.” Borskanker is in Julie 2014 by Reinette, wat in eMalahleni (Witbank) woon, gediagnoseer. In dieselfde maand is dit ook by haar ma, Maryna van der Heyde (67), gediagnoseer. Lees ook: Dogter vertel van ma se hel in staatshospitaal – grufoto’s kan ontstel En net ’n bietjie meer as ’n week voor Reinette se diagnose is haar pa, Batie van der Heyde (70), begrawe ná ’n lang stryd teen longkanker. Weens die borskanker moes Reinette ’n dubbele mastektomie ondergaan. Vir lank het Reinette, wat nie ’n mediese fonds het nie, geld gespaar vir ’n borsrekonstruksie. Dié is in November 2016 gedoen, maar dit was onsuksesvol. Sedert 22 November word Reinette in die een hospitaal na die ander behandel. Begrafnisreëlings sal later gefinaliseer word.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/dogter-van-vrou-met-verminkte-borskas-deel-hartverskeurende-nuus/
Wat jy leer wanneer jy alles wat jy eet begin neerskryf
Nes menige ander is dit wat ek aan die einde van die dag glo ek geëet het, dikwels nie werklik alles wat dié dag met my smaakkliere paaie gekruis het nie, skryf Huisgenoot-joernalis Mieke Vlok. Daar is die stukkie beskuit op pad werk toe, want my bakkie hawermout het ’n paar leë kolle gelos, of die snytjie koek waaraan ek moes proe toe die kosredaksie goedgunstig van hul skeppings met die res van die redaksie kom deel. Om nie te praat van die ekstra happe pasta wat ek skaamteloos uit die bak geneem het en nie by die grootte van my porsie getel het nie. In ’n poging om my ’n bietjie vas te vat wat my eetgewoontes betref en meer insig oor my dieet te kry, het ek begin tred hou van alles wat ek eet en drink. Dié truuk is so oud soos die berge en kenners beveel al jare lank aan dat jy ’n kosjoernaal hou as jy die vetjies wil afskud. In 2017 is notaboekies in jou handsak gelukkig nie meer nodig nie en kan jy apps soos My Fitness Pal, Fat Secret of Lose It! inspan en alles wat jy eet op jou foon berg. Heelparty van dié apps het selfs algemene Suid-Afrikaanse kosse, soos tamatiesous wat jy by ’n kettingwinkel koop of ’n pizza by ’n gewilde franchise vooraf gelaai sodat jy dit net kan kies en berg. Jy eet meer as wat jy dink. Die eerste ding wat ek geleer het, is om nie te onderbegroot wat jou kilojoules vir die dag betref nie. Jy glo dalk jy gaan net ’n perske en ’n paar neute tussen middagete en aandete eet of dat jou snytjie roosterbrood genoeg was vir ontbyt, maar gaan spyt wees as jy nie hierby hou nie en teen middagete sien jy jy het reeds jou kilojoule-teiken vir die dag oorskry. Wees eerder eerlik en realisties oor hoeveel jy elke dag eet, sny die ongesonde eetgoed uit en probeer by die kilojoule-telling hou. A post shared by Mieke Vlok (@miekeolgavlok) on Jul 23, 2016 at 10:50pm PDT Peuselhappies is die sondaar. Vrugte, neute en allerlei ander heilsame happies is gesond, maar nie as jy jou elke uur op die uur daaraan vergryp nie. Anders as wat ek geglo het, is dit nie die bakkie pap vir ontbyt of die toebroodjie vir middagete wat die kilojoules laat ophoop nie, maar alles tussenin. Jy moet hard oefen om jou kos teen te werk. “Ek kan maar hierdie klomp koekies eet. Ek sal net later vandag ’n bietjie verder draf,” was eens my mantra. Maar my nuutgevonde dieetkundige insig het dié mantra in stukke laat spat. Een boksie Smarties kan tot 40 minute se draf verg. En ’n middelslag pizza met iets so eenvoudig soos sampioene, spek en pynappel kan oor 4 200 kilojoules bevat, wat byna twee uur se oefen sal verg. A post shared by Mieke Vlok (@miekeolgavlok) on Dec 13, 2014 at 10:42pm PST Die middae is my gevaarsone. Vergeet laatnagpeuselhappies of ’n oordadige ontbyt. As jy my wil kry om alles onder die son te verorber, moet jy my bloot vra tussen middagete en aandete. My lessenaar by die werk is die dodelikste plek vir dié gevaarsone, want daar kan ek smiddae alles van springmielies tot sjokolade en selfs ’n tweede middagete afsluk as jy my net die kans gee. Tog is alles ook nie so erg nie. Jy moet nou wel vrede maak met die feit dat jou rustige drafsessie nie jou pizza kan teenwerk nie, maar daar is ook ’n paar aangename openbarings. Soos dat pasta toe nie so ’n sonde is mits jy dit nie met romerige souse en kaas oorlaai nie. Of dat jy maar hier en daar ’n glasie wyn kan geniet sonder om jou dieet geheel en al te kniehalter. A post shared by Mieke Vlok (@miekeolgavlok) on Dec 19, 2016 at 9:07am PST > Dis vrek baie moeite. Ons almal het al in een of ander stadium aangekondig ons gaan nou al ons winkelstrokies hou sodat ons kan tred hou van ons uitgawes, net om te besef dis nie so eenvoudig nie en dit verg tyd en beplanning. Om jou maaltye heeldag en aldag te moet insleutel is byna erger. Elke ding moet ingesleutel word, die porsiegrootte moet reg wees en jy beter hoop wat ook al jy geëet het, is vooraf gelaai en op die app beskikbaar, anders moet jy self somme maak (lees: skat) hoeveel kilojoules jou hoender-en-groentegebak gehad het. Die lewe is hopeloos te kort. Dis goed en wel om getrou ná elke ete die app oop te maak en jou eetgoed te berg en om twee keer te dink voor jy ’n hap vat, want jy weet daardie veroordelende skermpie gaan later vir jou loer wanneer jy die eetding moet oplaai, maar geen mens kan heeldag so leef nie. Jou eetgewoontes is nie ’n datablad en jy die rekenmeester wat getrou elke dag sommetjies moet maak nie. En ’n mens moet boonop reeds begroot met jou salaris, waarom nog met jou kos ook begroot? Ná skaars 10 dae het ek die stryd gewonne gegee en my tyd as kosspeurder vaarwel toegeroep. Ek knyp deesdae maar eerder oë toe as ek die boksie Smarties takel en probeer vergeet van die skermpie met sy gemene syfers. Die lewe is hopeloos te kort.
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/wat-jy-leer-wanneer-jy-alles-wat-jy-eet-begin-neerskryf/
2016-07-24 05:50:53
82-jarige ouma geskiet in borskas - en oorleef
Eileena Martin (82) staan uitdagend voor die sitkamervenster van haar munisipale tweeslaapkamerwoonstel oor die strate van Lavender Hill en uitkyk. Twee koeëlgate het die glas gekraak, maar sy weier om in die huis weg te kruip waarin sy al langer as 20 jaar woon. “Die enigste keer dat ek hier uitgevat sal word, is wanneer die Here kom,” hou Eileena vol. Haar familie het gevrees daardie dag het Dinsdag aangebreek toe ’n dwaalkoeël deur die venster van haar blyplek in Shepherd Court dring en Eileena in die bors tref. Maar ’n dag ná die amper noodlottige ervaring, is Mamma, soos sy bekendstaan, terug by die huis en vasbeslote om nie haar huis as gevolg van skietlustige bendelede prys te gee nie. Van haar bure het ook koeëlgate in hul ruite en deure sedert geweld twee weke gelede tussen die bendes Mongrels, Corner Boys en Fast Guns uitgebreek het. Eileena was Dinsdag in die sitkamer van haar woonstel met kos vir een van die bure se honde in haar hand toe skote net voor die middaguur opklink. Een het haar in die bors getref net toe sy die voordeur oopmaak. Haar buurman en neef, Coby Naude, het Eileena hoor skree sy is geskiet. “Ek het op die trapportaal uitgegaan, haar gegryp en by my huis ingetrek. Ek het haar op die grond neergelê en vir haar gesê sy moet kalm bly. Mamma was stil en het probeer ontspan, maar ek was paniekerig, want daar was niks wat ek kon doen nie. Dit was hel buite soos die koeëls gevlieg het.” Sy vrou, Sabina, het die polisie en ’n ambulans gebel. Paramedici het die wond skoongemaak en verbind en haar na die plaaslike gesondheidsorgsentrum geneem. “Dis ’n wonderwerk Mamma is nie dood nie. Sowel die koeël as die stres op haar angina-hart kon haar einde beteken het,” sê ’n geskokte Sabina. Eileena sê die bure is besorg en loer heeltyd in om te hoor hoe dit met haar gaan. “Ag, ek is piekfyn,” sê sy. “Die Here is goed.” Sy erken sy was geskok toe sy besef sy is geskiet. “Ek kan die gevoel nie beskryf nie; ek was in skok. Maar dit was gister. Vandag voel ek veel beter.” Kort voor die koeël deur die venster gekom het, het sy haar wasgoed opgehang toe jong mense waarsku bendeskietery word verwag. Sy het kalm die res van haar wasgoed opgehang, onder meer haar gunstelingjeans, voor sy met die trap na haar woonstel op die tweede verdieping opgestap het. “Ek is teleurgesteld in diegene wat skiet en die gemeenskap ontstel. Dit wat hulle doen, is verkeerd,” sê Eileena kopskuddend. Sabina erken sy is bekommerd oor haar tante se welstand. “Selfs ek is bang om hier te woon. Snags slaap ek op die vloer saam met my dogter ingeval dwaalkoeëls deur ons vensters kom. Wat van Mamma, wat alleen bly?” Maar die vurig onafhanklike ma van drie sê al sal sy ’n paar aande by haar kinders se huise deurbring, sal sy nie uit haar woonstel trek nie. “Dit is my huis – dit was al die jare en sal nog baie jare wees. Ek gaan nie toelaat dat so iets my hier uit dwing nie.” Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/82-jarige-ouma-geskiet-in-borskas-en-oorleef/
Ma maak hart oop na seun in tref-en-trap-ongeluk op N14 dood is
Sy kan nie verstaan hoe niemand kon gesien het hoe haar kind doodgery is nie. Sy kan ook nie verstaan hoe die mens wat haar seun doodgery het “hom net so soos ’n hond daar langs die pad kon los nie”. “Ek kan nie daaroor kom nie. Ek kan nie,” sê sy. Anita Greyvenstein snik soos sy huil. Dit is vandag ’n maand sedert daardie aaklige dag toe haar man, Sergei, hul seun, Ruan Viljoen (18), se lyk langs die N14-hoofweg naby Jeanlaan in Centurion uitgeken het. Ruan is dié dag op die middelman van die hoofweg gevind. Hy het die vorige aand by vriende gekuier en op pad huis toe glo beheer oor sy motor verloor. Hy het sy motor gesluit en vermoedelik besluit om na ’n nabygeleë vulstasie te stap om sy ouers te bel. Dit is toe dat hy getref is. Byna elke been in sy liggaam is gebreek. Die motor wat hom getref het, se kleur het op Ruan se klere agtergebly. ’n Gedeelte van die motor se buffer, wat op die toneel gekry is, het nog van sy denim op. Ruan is letterlik uit sy broek gery. Dit is erg genoeg dat haar kind “verpletter gery is” en dat “enige ma se grootste vrees om jou kind te verloor” daardie dag vir Anita waar geword het, maar al die vrae en geen antwoorde oor wat met haar kind gebeur het, maak alles dubbel so erg. Anita en Sergei, wat Ruan grootgemaak het vandat hy nege maande oud was, doen alles in hul vermoë om antwoorde te kry. Hulle het talle motoronderdele opgetel op die toneel waar Ruan gevind is. Die onderdele wat hulle opgetel het, het Volkswagen aan hulle bevestig is dié van ’n silwer Volkswagen Golf 6 wat tussen 2009 en 2012 vervaardig is. Anita en Sergei wil nie ander voertuie uitskakel nie, want dit is nie te sê dié is die motor wat Ruan getref het nie “want daar gebeur baie ongelukke op daardie pad”. Hulle het ook by Sanral beeldmateriaal gekry van voertuie wat rondom die tyd van die ongeluk, in die vroeë oggendure van Sondag 19 Maart, deur die tolhekke gery het. Hulle wil deur die beeldmaterial gaan in die hoop om ’n voertuig te sien wat aan hul beskrywing voldoen. Daarby het hulle ook ’n hofbevel gekry om selfooninligting by Vodacom, Cell C, MTN en Telkom te kry van mense wat in daardie tyd naby die selfoontorings naby die toneel was. Want al wat Anita wil hê is iemand wat iets gesien het. ’n Duikklopper wat ’n beskadigde motor moes herstel. Enigiemand met enige leidraad om vir hulle meer duidelikheid te gee oor haar kind se dood. “Elke ma se grootste vrees is dat jou kind doodgaan,” sê Anita, wat nog ’n jonger dogter het. “As jou kind kanker het, het jy tyd om voor te berei. Maar as jou kind vermoor en soos ’n hond langs die pad gelos word . . . ek kan nie daarmee deal nie. “Dit is godsonmoontlik dat niemand iets gesien het nie. Dit is ’n besige pad. Al sê die mens Ruan het oor die pad gehardloop en hy het hom nie gesien nie. Maar nee. Hy het Ruan daar langs die pad gelos en weggejaag.” Vir Anita was Ruan haar alles. Haar hele lewe. Ruan sou sy lewe begin. Hy het pas met ’n oorbruggingskursus by Varsity College begin nadat hy verlede jaar sy skoolloopbaan by die Afrikaanse Hoër Seunskool voltooi het. Ruan se plan was om sakestrategie te studeer. Sy draadjies is ’n paar weke voor sy dood verwyder. Hy het lekker saam met vriende gekuier. “Binne ’n oogwink het alles verander,” sê Anita. “Ek loop verby sy kamer en hy is nie daar nie. “Pleks van vier borde kos opskep, skep ek nou net drie borde op. Pleks van twee lekkers koop, koop ek nou net een. “Ruan het so baie vriende gehad. My huis was altyd vol kinders. Nou is my huis leeg.”
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/ma-maak-hart-oop-na-seun-in-tref-en-trap-ongeluk-op-n14-dood-is/
André Schwartz blog: Vergelding of vergifnis? En wanneer wen liefde?
Vandag lê ek inni bed – nie oor ek noodwendig siek is nie, maar net oor ek nie lus het vir mense en die buitewereld nie. Glo my ek voel selde so. Diegene wat my ken en volg op sosiale media weet dat ek bitter lief is vir diere, veral myne natuurlik. Ek raak mos skuins bedonnerd en vat mense links en regs vas as hulle nie na hulle diere kyk nie. Ek het so ‘n ruk terug amper ‘n uur by iemand se kar gestaan by ‘n winkelsentrum en wag. Die kar bak daar in die son – met twee vensters so kwartpad oop met ‘n hondjie daarin! Ek wil nie in detail ingaan oor die gesprek met die eienaar nie – maar glo my dit sal nie weer gebeur nie. My troeteldiere bestaan tans uit my perdjies, van wie ek voorheen gepraat het, my varkie Freddy (ek sien almal is mal oor Freddy op Instagram – gaan kyk asb na my gesprek met ‘n baie kwaai Freddy wat besluit het die bank op die stoep is syne!), skaaphond Molly, Bokser Lucia en Boerboel Maximus. Maximus as a puppy! Love this dog #puppy #unconditionallove #gorgeous A post shared by Andre Schwartz (@andreschwartzsa) on Feb 24, 2017 at 5:52am PST Lucia het in September haar kruisligament beskadig en dis mos ‘n maklike ding om reg te maak. Ek neem haar na ‘n nabygeleë dierehospitaal, die veearts verduidelik ‘n roetine-operasie and ek gee toestemming. Lucia word geopereer en na ‘n paar dae sien ek als is nie pluis nie. Ek eis dat sy opgeneem word en sy vennoot ontdek dat die operasie verkeerd gedoen is en dat daar erge infeksie in die knie is. En wraggies, die vennoot opereer toe infeksie en al! Dis die begin van baie, baie erge probleme vir arme Lucia. Hulle erken dat hul nie beheer oor die situasie het nie en ek neem haar na spesialiste wat help om die situasie onder beheer te kry. Vele inspuitings en operasies later. So waarom lê ek in die bed met geen lus vir die wêreld nie? Lucia se beentjie word vandag afgesit – na al hierdie maande van worstel. Dit breek my hart om te dink dat hierdie lewendige brakkie nou op die plaas moet regkom met 3 bene! Ek is seer en so geweldig kwaad vir die mense wat so nalatig was om die hondjie in die situasie te plaas. Hulle het wel vir die daaropvolgende behandelings betaal, maar dit begin voel soos – geld wat stom is . . . So my dilemma: Maak ek nou die lewe moeilik vir die ouens wat meer as een keer nalatig was met die hondjie? Is my woede en ego dan genoegsame rede om aksie te neem en ‘n man wat seker al baie, baie diertjies se lewens gered het werkloos te laat? Ek weet nie. En sou enige aksie van my kant af Lucia se been terugbring? Nee! Gaan sy gou herstel en aanpas met 3 bene? Natuurlik! YouTube is vol video’s van sulke hondjies! So nou moet ek diep soek en vra – was die nalatigheid opsetlik? Natuurlik nie. Wanneer wen liefde en waar begin vergifnis en vergelding? Neem ek aksie ter beskerming van ander diere? Hierdie is vrae wat ek nooit wou vra nie. Slotsom? Vir nou is ek dankbaar dat klein Lucia lewe en dat sy oor ‘n week of twee nie eers gaan weet dat sy sonder ‘n beentjie is nie. Dit is ék wat aan myself sal moet werk om hierdie te verwerk elke keer as ek Lucia sien. Miskien is dit die les wat ek moet leer. Daar bestaan nie ‘n perfekte wêreld nie en daar is mooi in selfs dit wat skukkend en gebreek is – as ons net gaan soek daarvoor. Almal van ons is mos mooi op ons eie manier – en glo my – nie een van ons is perfek nie! Volg my asb op: Instagram Twitter Besprekings: [email protected] LEES OOK: http://www.huisgenoot.com/ons-mense/andre-schwartz-blog-voort-ek-se-maar-net/
http://www.huisgenoot.com/bekendes/andre-schwartz-blog-vergelding-of-vergifnis-en-wanneer-wen-liefde/
2017-02-24 13:52:53
KYK: Gewilde plaaslike sanger deel eerste foto’s van tweede seun
Do you know what today is… IT'S OUR ANNIVERSARY! I love you @lkopgun8 💙 A post shared by Danny K (@dannykj23) on Apr 22, 2017 at 9:06am PDT
http://www.huisgenoot.com/bekendes/kyk-gewilde-plaaslike-sanger-deel-eerste-fotos-van-tweede-seun/
2017-04-22 16:06:40
Klavierkuiers: Pedro en Valiant Swart laat Sonvanger herleef
Pedro Kruger bring hulde aan ons land se grootste sangers in sy musiek- en geselsprogram. Hierdie week kuier Pedro om die klavier saam met Valiant Swart. Wat was vir jou die lekkerste deel van jou kuier saam met Pedro? Die lekker gesellige, informele trant en natuurlik die saamsing by die klavier. Wat maak Pedro volgens jou uniek? Ek ken niemand wat nie van hom hou nie. Altyd opgeruimd, geweldig intelligent en musikaal. Wat is jou gunstelingding om te doen op ’n Vrydagaand? Om op die verhoog te wees met my kitaar en my liedjies en stories. Noem vir ons drie van jou gunstelingliedjies. Gimme Shelter deur Rolling Stones, Rollin’ and Tumblin’ deur Muddy Waters en Sun is Shining deur Bob Marley. Wat is drie goed wat jy hoop mense eendag oor jou sal sê? Dat ek ’n aangename ou was en ’n bydrae tot hul lewens gelewer het. En dat my liedjies awesome was!
http://www.huisgenoot.com/via-2/klavierkuiers-pedro-en-valiant-swart-laat-sonvanger-herleef/
KYK VIDEO: Afrikaanse Idols-ster se nuwe liedjie gaan aanhangers gaande hê!
Wanneer jy die nuwe album luister kan jy duidelik die sorg en moeite hoor wat die afgelope drie jaar aan die beplanning en verwerking van Soen & Vergeet bestee is. Dit spog met ’n verskeidenheid oorspronklike snitte, uit die pen van skrywers soos Roux Cloete en William Loots, wat aan Willem se kenmerkende styl voldoen. “Ek het van kleins af ’n groot liefde gehad vir musiek. Albei my oupas en oumas was vreeslik musikaal en baie lief vir kuns. Omdat dit vir my iets was om as ’n stokperdjie te doen op die familieplaas, in Riversdal waar ek groot geword het, het ek dit altyd baie geniet,” vertel hy. Wanneer hy kans kry, gaan ontspan hy steeds op hulle familieplaas en ruim hy tyd in om perd te ry. Country-musiek was nog altyd een van sy groot liefdes omdat hy daarvan hou dat dit ’n storie vertel. Willem het pas teruggekeer uit Europa, waar hy geskiedenis gemaak het as die eerste Afrikaanse kunstenaar wat deelgeneem het aan die merkwaardige Eurovision Song Contest. Hy was deel van die span van Belarus en het deurgedring tot in die finaal.
http://www.huisgenoot.com/vermaak/musiek/kyk-video-afrikaanse-idols-ster-se-nuwe-liedjie-gaan-aanhangers-gaande-he/
Huisgenoot Mobi
Hy is Steve “Stevie” Stephens van Cleveland, Ohio, en hy spog dat hy reeds 13 mense vermoor het – en reg is vir nommer 14! ’n Reuse-soektog is van stapel gestuur om die man vas te trek wat ’n bejaarde man koelbloedig doodgeskiet het. En die moord op Facebook gedeel het . . . In ’n bewerige video waartydens Steve al swetsend gehoor kan word, klim hy uit sy motor en stap na ’n bejaarde man wat ’n inkopiesak dra. Hy vra die man of hy hom ’n guns kan doen. Hy vra die man, nou bekend as Robert Godwin (74) of hy ’n naam kan sê. Die naam is Joy Lane. Toe Robert die naam vraend herhaal, is Steve se antwoord: “Sy’s die rede vir wat nou met jou gaan gebeur.” In die video kan gesien word hoe Robert die inkopiesak voor sy gesig probeer hou, waarskynlik omdat Steve in hierdie stadium sy vuurwapen op hom gerig het. Robert Godwin se familie het hul skok en hartseer op Facebook gedeel. Luidens berigte het die familie so pas saam ’n ete geniet. “Hy’s ’n goeie man, hy sal vir jou die klere van sy lyf af gegee het,” sê die man terwyl die vrou wat hy vertroos bly sê dit “voel of my hart gaan stop.” In ’n video wat deur Steve gedeel is, maak hy ’n oproep na vermoedelik ’n vriend waartydens hy sê dat hy “opgef*k” het. Tydens die oproep sê hy dat hy baie opgeboude woede en frustrasie ervaar. “Ek het geknak. Ek het net geknak. Ek het 13 mense doodgemaak en ek gaan aanhou om dit te doen tot waar ek gevang word.” Ná die oproep volg die volgende bloedstollende woorde: “Ek werk aan nommer 14 terwyl ons praat.” Vuurwapens is iets wat Steve meer as genoeg van weet. Hy beskryf hom as iemand wat 37 jaar oud is, wat nog altyd ’n monster was en iemand wat die hele tyd homself moes bewys. Hy beweer ook dat hy altyd aan die ontvangkant van almal se grappe is. Steve het by Beech Brook, ’n gedragsgesondheidsentrum vir kinders, gewerk. In sy video sê hy ewe lakonies: “Terloops, ek gaan nie môre by die werk wees nie.” Uit sy monoloog blyk dit dat die naam wat Robert moes herhaal, inderdaad dié van ’n meisie was by wie Steve gebly het. Tot Vrydag. En toe besluit hy hy kon dit nie meer vat nie. “Hier’s ek nou, besig met die slagting van “motherf*ckers”. Hy kom geirriteerd voort terwyl hy beweer mense glo nie dat hy die waarheid praat nie. “Sien, ek moet myself alweer bewys,” sê hy en dui aan dat hy weldra weer sal kommunikeer. Waarskuwing: Kru taal In dié video, na bewering ook deur Steve gedeel, verduidelik hy hoekom hy mense gaan doodmaak. “Sy het my gek gemaak. Ek het gedobbel en alles verloor. Ek het nie meer keuses nie. “Ek het ook vir my ma vertel dat ek ’n moordlustige soort van gemors is, maar sy gee nie om nie. Niemand gee ’n f*k om vir my nie. . . dis hoekom mense vandag gaan sterf.” Hy eindig sy swetsende relaas af met die dreigement om Grieke volgende te teiken. En weer eens blameer hy Joy Lane én sy ma, Maggie Green, vir wat hy beplan. Joy is na bewering in beskermende aanhouding. Steve se Facebook-blad is intussen gesluit. Hy is sover bekend nog op vrye voet. In die sosiale media staan hierdie grusame voorval reeds as die Joy Lane-slagting bekend Bronne: heavy.com, independent.co.uk, Steve ‘Stevie Steve’ Stephens Family: 5 Fast Facts You Need to Know
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/skokkende-videos-moontlike-reeksmoordenaar-deel-moord-van-slagoffer-op-facebook/
Goeie nuus vir koffieliefhebbers!
Koffieliefhebbers kan ’n sug van verligting slaak nadat navorsers bevind het tot 400 mg kafeïen is nog veilig vir volwassenes. In die algemeen word geglo te veel koffie kan tot hartsiektes en demensie lei en dat dit angstigheid kan vererger. Maar tydens ’n ondersoek deur die Internasionale Instituut vir Lewenswetenskappe in Washington is meer as 740 vorige studies bestudeer wat handel oor die uitwerking wat kafeïen op mense. Daar is bevind grootmense kan tot ongeveer vier koppies koffie per dag drink, en swanger vroue kan 300 mg, oftewel drie koppies, inneem. “Hierdie resultate (dat tot vier koppies veilig is) help ons beter verstaan watter uitwerking kafeïen op ’n mens se gestel het,” het dr. Eric Hentges, die hoofskrywer, gesê. “Dié data kan ook nuttig wees vir toekomstige navorsing hieroor, en dit sal ’n uitwerking hê op openbare gesondheid.” Die resultate is in die tydskrif Food and Chemical Toxicology gepubliseer. Hierdie studie het vyf maande ná ’n soortgelyke navorsingstuk verskyn waarin bevind is die matige inname van koffie kan kognitiewe verswakking teenwerk en dat drie koppies koffie per dag demensie kan weghou. Koffie is propvol kragtige antioksidante, wat in verband gebring is met ’n verlaagde risiko vir tipe 2-diabetes, lewersiektes en Alzheimersiekte. © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/leefstyl/gesondheid-leefstyl/goeie-nuus-vir-koffieliefhebbers/
Aanhangers ontsteld oor Afrikaans Is Groot kaartjieverkope-tameletjie
Afrikaans Is Groot bevind homself in ’n “kaartjieverkope-tameletjie”. Die organiseerders van dié konsert wat in November en Desember by die nuwe Arena@Time Square by Menlyn Maine in Pretoria aangebied word, is hard aan die werk om almal wat kaartjies gekoop het en dit nie ontvang het nie, te help. “Ons kan bevestig dat die bank-instansie wat gebruik word om die betalings te fasiliteer, se siteem weens die massa transaksies wat gelyktydig moes plaasvind, omgeval het,” het die organiseerders geskryf. “Dit is vir ons baie hartseer om onsself weer in ’n kaartjieverkope-tameltjie te bevind. Ons aanvaar en ons verstaan dat die ondersteuners van Afrikaans Is Groot, net soos ons, teleurgesteld en ontsteld is. “Intussen wil ons jou gerusstel dat ons alles in ons vermoë sal doen om elke kliënt te help om kaartjies te bekom tot elke persoon bedien en geakkommodeer is.” Afrikaans Is Groot het mense uitgenooi om vir hulle ’n boodskap na hul inboks op Facebook te stuur as hulle reeds vir hul kaartjies betaal het, maar dit nie ontvang het nie. Ander dinge om te probeer as jy sukkel om ’n Afrikaans is Groot-kaartjie te koop, is: Kontak die dienssentrum by 0861008277 Gaan koop kaartjies by een van dié winkels. Die konserte vind plaas op 24, 25 en 26 November en 1 en 2 Desember.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/ontsteld-oor-afrikaans-is-groot-kaartjieverkope-tameletjie/
So gaan dit met die man wat sy driejarige tweeling in Houtbaai vermoor het
Die man wat van die moord op sy driejarige tweeling aangekla word, toon glo selfdoodneigings en eet min terwyl hy in aanhouding is. Mario-Cesar Deus Yela het Woensdagoggend in die Wynberg-landdroshof verskyn. Sy skouerlengte hare was gekam en hy het moeilik geloop. Hy het heeltyd voor hom gekyk en in die bank sit en wieg. Sy regsverteenwoordiger, William Booth, het in die hof gesê hy is bekommerd oor Mario se emosionele en fisieke toestand. “Hy toon selfdoodneigings,” het hy gesê. Volgens Booth kry Mario ook nie pynmedikasie nie en moet hy dringend deur ’n dokter ondersoek word. Booth sê die toestand in Pollsmoor is swak. “Hy moet onder vuil komberse slaap. Daar is kokkerotte en net een stort. Die toilet werk nie en mense moet dan die stort (as ablusie) gebruik.” #Houtbaaimoord Booth: Ek is bekommerd oor my kliënt se emosionele en fisieke toestand. Hy kry nie pynpille nie. @huisgenoot — Charlea Sieberhagen (@Charlea_S) April 19, 2017 Mario is sowat twee weke gelede in hegtenis geneem nadat klein Maximo en Octavia dood aangetref is in ’n woonstel wat hy gehuur het terwyl hy in Houtbaai vakansie gehou het. Mario het glo sy eksvrou en die kinders se ma, Julia Engelhorn, vir middagete genooi voor hy die aand sou terugvlieg Spanje toe. Toe Julia by die woonstel aankom, het Mario glo gesê hy het die tweeling doodgemaak. Hulle het ook ’n sewejarige seun wat ten tyde van die voorval by die skool was. Mario het met Julia se motor gevlug en is later deur die polisie in Wynberg voorgekeer. Mario het glo probeer om homself om die lewe te bring en is met beserings in ’n plaaslike hospitaal opgeneem. Hy is verlede week in Pollsmoor se hospitaaleenheid opgeneem nadat hy uit die hospitaal ontslaan is. Die hof het Woensdag beslis hy moet daar bly en voortdurend gemonitor word. Die saak is tot 25 April uitgestel.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/so-gaan-dit-met-die-man-wat-sy-driejarige-tweeling-in-houtbaai-vermoor-het/
Kom jou troudag nader? Lees hier!
Die meeste bruide droom van jongs af van hul troudag. Hulle versamel gewoonlik foto’s (deesdae ook van plekke soos Pinterest) en uitknipsels uit tydskrifte (dalk ook uit Huisgenoot) of kry idees in TV-programme soos My Droom-trourok. Dan klop hulle aan die deur van hul ontwerper met sowat 100 foto’s op hul foon sodat ons dit in ’n japtrap in een ontwerp kan omskep. Hier is raad vir jou eerste afspraak met jou ontwerper. Die ontwerper sal hopelik die volgende raad gee (indien nie, bel my): Voor jy enige foto wys, wil ons weet waar julle trou en wat jul kleurskema en tema is. Dit help die ontwerper om jou troue se stemming te visualiseer sodat ons jou styl kan verstaan. Eers wanneer ons weet of jy ’n bling mens of aardse natuurmeisie is, sal ons weet watter soort materiale om voor te stel en ook watter kleur. Hou jou 100 foto’s op jou foon, want sonder dat die ontwerper na jou lyf gekyk en dit bestudeer het, kan dit jou dalk nog meer verwarrend raak. Luister eers na die ontwerper se professionele mening oor wat hy dink by jou en jou lyf gaan pas. Hoe gemaak as ons na jou foto’s kyk en agterkom nie een van die style pas by jou lyf of persoonlikheid nie? Die werklikheid is nie alle style pas almal nie. Die beste raad is om met ’n oop kop na ’n ontwerper of bruidshuis te gaan sodat jy die beste kan lyk en voel op jou spesiale dag. Pas ’n paar rokke aan — en ook die style op jou foon wat die ontwerper sê nie by jou pas nie (die spieël jok nooit). En net as jy dink jou drome sal nooit bewaarheid word nie, is daar goeie nuus: Die ontwerper sal elemente in jou foto’s kan gebruik om jou droomrok te skep, soos die kant op die rokke, ’n oop rug en ander idees wat omskep kan word in enige styl wat by jou persoonlikheid en lyf pas. Jou persoonlikheid is belangrik vir die ontwerper, want ons wil hê jy moet jouself wees op jou groot dag en dit moet in jou trourok weerspieël word. Jy wil eerder ’n ontwerper of bruidskonsultant hê wat eerlik met jou is sodat jy aan die einde van die proses ’n asemrowende rok vind, as wat jy na iemand luister wat jou presies gee wat op jou foto is, maar net geld wil maak. Moenie toelaat dat ek jou bang praat nie. Wees oop vir raad van die ontwerper en vir nuwe idees sodat die proses vir jou ’n wonderlike ervaring sal wees. Onthou die modelle op jou foto’s eet niks en Photoshop is moontlik ingespan om die rokke op jou foto’s nog mooier te maak sodat elke kreukel en plooi volmaak is. Moenie iets verwag wat nie moontlik is nie; jy wil nie in ’n bridezilla verander nie. Van asemrowende trourokke, tot volgende week! – DD
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kom-jou-troudag-nader-lees-hier/
Beroepsjagter se vrou stort hart uit: ‘Hy sou nooit sy honde los nie’
As sy honde in die Limpoporivier ingegaan het, sou hy hulle nooit gelos het nie. Hy sou agter hulle aangegaan het om hulle te red. Hy was so lief vir sy honde, sê Suré van Zyl, wie se man, Scott, se oorskot vandeesweek in krokodille gevind is. Scott, ’n beroepsjagter van Marken in Limpopo, het in Zimbabwe vermis geraak toe hy saam met sy sowat 15 honde en ’n spoorsnyer uit die Chikwaraka-kamp na ’n hond gaan soek het wat afgedwaal het. Nadat ’n reusesoektog na Scott niks opgelewer het nie, is sy oorskot binne twee krokodille gevind. Die reptiele is naby die plek op die oewer gewaar waar Scott verlede Vrydag vermis geraak het. DNS-toetse is op die oorskot gedoen. Suré sê Scott se dood het die hele gemeenskap geruk. “Hy was die liefdevolste mens. Hy was nie iemand wat eer en roem sou neem vir enigiets nie.” Sy sê haar man se dood is vir haar en hul kinders, Sanél (11) en SH (8) moeilik. “Ons het maar ons oomblikke, maar die kinders is baie sterk vir hul mamma.” Scott se roudiens word beplan, maar ’n datum is nog nie vasgestel nie.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/beroepsjagter-se-vrou-stort-hart-uit-hy-sou-nooit-sy-honde-los-nie/
Geliefde radiopersoonlikheid van die rak af - kyk net die knoets aan haar vinger
Sedert 2013 hoor ’n mens Lindy Hibbard se strelende stem soggens op Smile 90.4FM as mede-aanbieder van Smile Breakfast saam met Bobby Brown. En wanneer jy op die internet rondsnuffel, kom jy op foto’s van dié treffende jong blondine af. Maar jammer, sy spog nou met ’n blink ring aan haar trouvinger. Saam met diere en fiksheid is dit nou een van haar gunstelingdinge om oor te praat. Die Paasnaweek was ’n spesiale tyd vir haar toe Peter Lehto (34), ’n senior PHP-ontwikkelaar by die aanlyn klerewinkel Superbalist, haar die jawoord vra. (Terloops, PHP, wat vir Hypertext Preprocessor staan, is ’n programmeertaal oorspronklik ontwerp vir die skep van webtuistes.) Hulle het vier jaar en nege maande uitgegaan toe hy haar vir ’n Paasnaweek-wegbreek na die Paarlse gastehuis Cascade Country Manor wegvoer. “Die Saterdagoggend het ons daarheen gery en tydens ontbyt het hy terloops genoem daar is ’n waterval ’n entjie van die gastehuis af,” vertel Lindy. Sy was baie opgewonde en hulle het gou hul baadjies in die kamer gaan haal (hy natuurlik die ring ook). Hulle het deur die olyfboorde tot daar gestap en tot haar verbasing was daar ’n tafel vir twee gedek by die waterval met ’n piekniekmandjie en sjampanje byderhand. Die piekniekkombers was bestrooi met roosblare en daar was ’n reusebos van haar gunsteling wit rose. “Dit was so romanties – ek was geskok. My hande het begin bewe en ek kon nie ophou glimlag nie,” onthou Lindy. Peter het haar met ’n serp geblinddoek. “My hart het in my keel geklop,” vertel sy. Toe hy sê sy mag die blinddoek afhaal, was hy op een knie met die “pragtigste ring” in sy hand. “Sal jy met my trou?” het hy gevra. En die antwoord was “natuurlik ja”. Sy het verwag dit sal een of ander tyd vanjaar wees, maar dat dit die afgelope naweek was, was ’n goed bewaarde geheim. Sedertdien beplan sy aan haar volmaakte troue. “Ek sal graag wil hê ons troue moet ons persoonlikhede weerspieël. Klassiek en tradisioneel, maar ook laid back en plat op die aarde. ’n Romantiese omgewing met ’n gesellige atmosfeer en baie dansery!” sê Lindy. ’n Troudatum is nog nie bevestig nie. Toe sy gevra is oor haar idee van die volmaakte verhouding, sê Lindy: “Julle moet mekaar steun. Jy moet die ander mens regtig bemagtig om alles te wees wat hulle kan wees. Ek dink dit is die belangrikste ding wat jy in die lewe kan hê; iemand wat jou liefhet en steun, iemand by wie jy jouself kan wees. Dit, en jy moet mekaar kan laat lag.” Lindy het meer as 10 jaar ondervinding in die uitsaaiwese. Sy is weekoggende van sesuur tot negeuur op SmileFM.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/gewilde-radio-persoonlikheid-verlief-en-verloof/
KYK VIDEO: Skoolmaats sing roerend vir seun wat deur leeu aangeval is
Die 11-jarige Kristian Prinsloo kon nie Donderdagaand soos ’n gewone skoolseun saam sy maats na die sokkie van die Laerskool Louis Leipoldt in Centurion gaan nie. Terwyl sy maats geskaterlag en gedans het, is hy onbewus van wat om hom aangaan. Hy is deur ’n leeu aangeval en is tans in ’n koma in die waakeenheid van die Muelmed-hospitaal in Pretoria. Maar hy het nie sy skoolmaats se gedagtes ontglip nie. Die leerders van die laerskool het tydens die sokkie hande gevat vir hul skoolmaat en ’n gospellied vir hom gesing. “Die Laerskool Louis Leipoldt se gr. 6 en 7-leerders dink aan Kristian in die hospitaal. Sterkte aan die familie,” het die skool op Facebook geskryf toe hulle die video laai. Kristian het sowat twee weke gelede saam met sy ouma op familievriende se plaas op Ellisras gaan kuier toe die voorval gebeur. Die leeu het Kristian aan die nek gegryp. Sedertdien is hy in ’n kritieke toestand. Hy het kwaai swelling op die brein. “Ons kan net in nederigheid vra dat almal aanhou bid en dat ons geduldig sal wees en God sal loof en prys vir sy genade,” het Nico Strydom, Kristian se oom, gister op Facebook geskryf.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/kyk-video-skoolmaats-sing-roerend-vir-seun-wat-deur-leeu-aangeval-is/
Mediese raad beslis oor Tim Noakes - als wat in die hof uitgekom het
Prof. Tim Noakes is onskuldig aan wangedrag, het ’n professionele gedragskomitee Vrydag bevind. Die meerderheid van die gedragskomitee het hom onskuldig bevind. Vier van die vyf komiteelede het gevind daar is nie bewys Tim het in sy kapasiteit as dokter opgetree nie. Hulle het ook bevind dit was nie ’n redelike gevolgtrekking om te maak dat hy borsmelk ondermyn het nie. Tim, wie se boek The Real Meal Revolution ’n minkoolhidraat, hoëvetdieet (LCHF) bevorder, is twee jaar gelede daarvan aangekla dat hy onkonvensionele mediese raad deur Twitter uitgedeel het. Hy het ’n ma wat borsvoed aangeraai om haar baba aan LCHF-kosse gewoond te maak. Die onafhanklike komitee het sy bevinding gemaak ná ’n uitgerekte verhoor rakende ’n klagte deur Claire Julsing-Strydom, voormalige voorsitter van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika. Sy het gekla omdat Tim raad oor sy LCHF-dieet op Twitter aan ’n ma gegee het. Die ma se twiet het gelui: “@ProfTimNoakes @SalCreed is ’n LCHF-dieet oukei vir borsvoedende ma’s? Ek’s bekommerd dat al die suiwelprodukte en blomkool kan lei tot winde vir babas.” Tim het haar toe aangeraai om die kind aan ’n LCHF-dieet gewoond te maak wat hy as “regte” kos beskryf het. Sy eerste twiet het gelui: “Babas eet nie suiwel en blomkool nie. Net baie gesonde hoëvet-borsmelk. Die geheim is om die baba aan LCHF-kosse gewoond te maak.” Hy het meer as 85 000 aanhangers op die sosiale netwerk waar hy gereeld artikels en navorsing deel wat die LCHF- of bantingdieet steun. Vroeër in die verhoor, wat in 2015 begin het, het getuies vir die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) gesê ’n konsultasie is nodig voor enige raad gegee of diagnose gemaak kan word. Claire het die klagte ingedien. Tim het bevraagteken hoekom Pippa Leenstra, wat oënskynlik skade kon ly, nie ’n klag ingedien het nie. Hy het gesê hy het nie raad oor borsvoeding gegee nie, maar oor hoe om ’n baba te speen. Hy het beweer Claire se klagte gaan nie oor borsvoeding nie, maar oor die dieet wat hy in sy boek bemark en sy nie goedkeur nie. Die RGBSA het gesê Tim het onkonvensionele en onwetenskaplike raad gegee en was onprofessioneel in sy gedrag met die uitdeel van raad in die sosiale media. Twee internasionale getuies het ter verdediging getuig – die dieet- en gesondheidsnavorser dr. Zoë Harcombe van Londen, en die ondersoekende joernalis Nina Teicholz van New York, skrywer van The Big Fat Surprise, wat “die politiek, persoonlikhede en geskiedenis verduidelik van hoe ons begin glo het dat dieetvet sleg is vir ons gesondheid. Tim het tydens die verhoor gesê sy raad was allesbehalwe onkonvensioneel, en navorsing van so ver terug as die 1800’s aangehaal, voor die styging in vetsugsyfers. Tim het gesê hy het persoonlik nie ’n sent uit sy banting-boeke gemaak nie en dat die enigste bedoeling daarmee was om mense op te voed om gesonder te leef. Hy en sy regspan het daarop gewys dat geen studie nog bewys het dat LCHF-diëte skadelik is nie, en dat hy ook nog nooit aan die ma gesê het om nie te borsvoed nie. Tim, die 38ste gewildste wetenskaplike op Twitter, en 30ste vernaamste twieter oor vetsug, het gesê die toekoms van geneeskunde is op die internet en in die sosiale media en dat dit is waar mense hul inligting sal kry – “in die wysheid van die skare”. Prof. Willie Pienaar, ’n psigiater en deeltydse bio-etikus, het tydens die verhoor gesê dokters kan nie kundige raad sonder konsultasie gee nie. Hy het aangevoer dat Tim die geleentheid gehad het om die ma na ’n algemene praktisyn te verwys, en daarop gewys dat hy nie uitgevra het oor die baba se ouderdom of gesondheidstatus nie. Willie het gesê sy grootste bekommernis is dat Tim spesialisraad deur die sosiale media gegee het en dat konsultasie die sleutel is tot ’n korrekte diagnose. Die deskundige getuie prof. Esté Vorster, ’n voormalige voorsitter van die Voedingsvereniging van Suid-Afrika, het gesê Tim kon nie oortuigende bewyse verskaf dat syne die optimale dieet vir borsvoedende ma’s is nie. Twitter behoort nie gebruik te word om mediese raad te gee nie en ’n assessering moes gedoen gewees het, het sy getuig. Bron: News24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/mediese-raad-beslis-oor-tim-noakes-als-wat-in-die-hof-uitgekom-het/
Taliep Petersen: ‘Die laaite vannie Ses’
Saterdag, 67 jaar gelede, is Taliep Petersen – “die laaitie van die Ses” – in Distrik 6, Kaapstad gebore. Alhoewel Taliep op 16 Desember 2006 koelbloedig vermoor is, leef sy musiek vandag nog tydloos voort. Dr Taliep Petersen Vandag Vier Ons Jou Verjaarsdag Weg Maar Nie Vergete…Altyd In Ons Harte#TaliepTribute Môre op kykNET144 om 8nm pic.twitter.com/wkrvmWUV88 — emo adams (@emoadams) April 15, 2017 In ’n huldeblyk deur die destydse premier van die Wes-Kaap, Ebrahim Rasool, is Taliep beskryf as iemand wat “ons hele geskiedenis vasvat, ons diepste pyn uitdruk, ons vreugde uitspreek en ons menslikheid deur musiek en drama uitbeeld”. Maar wie was die man met daardie onblusbare glinster in sy oë wat tot vandag nog diep spore trap? Taliep was die tweede oudste van 13 kinders. “Ek het opgegroei met baie liefde. Ons het nie ryk groot geword nie, ons het met baie armoede grootgeword – maar ryk in liefde ,” het Taliep jare gelde tydens ’n onderhoud gesê. Niks het hom gekeer nie. Sy jarelange verbintenis met David Kramer het verskeie baanbreker musikale produksies die lig laat sien. En as jy dit eers een keer gesien het, wou jy dit weer sien . . . 1. District Six: The Musical 2. Poison 3. Fairyland Crooners 4. Kat and the Kings 5. Klop Klop 6. Spice Drum Beat: Ghoema Die produksies het nie net Suid-Afrikaners se harte verower nie. Kat and the Kings het in Las Vegas, Broadway (New York) en die West End (Londen) gehore vermaak. Dit is boonop in 1999 met die Laurence Olivier-toekenning bekroon. Die sitcom Ali Barber was ook in 2002 Taliep se breinkind. In 2005 is ’n tweede seisoen van Ali Barber op kykNET vertoon. Sondagaand, 16 April, word daar om 20:00 op KykNET hulde gebring aan Taliep. ’n Musikale rondomtale uit Kat and the Kings Wees gewaarsku – hierdie musiek gaan jou laat regop spring en dans! En dan ook ’n traan of twee stort. . . Dié klankbane is opgeneem tydens die groep se optrede by die Vaudeville-teater in Londen, 6 Junie 1998. Salie Daniels, Jody Abrahams, Loukmaan Adams, Junaid Booysen, Alistair Izobell, Mandisa Bardill, Jonathan Savage, Dean Hussain, Sophie Joyce het daarin opgetree. Bykomende bron: wikipedia.org
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/taliep-petersen-die-laaite-vannie-ses/
Klavierkuiers: Pedro se duet saam met Mynie Grove betower
Pedro Kruger, bring hulde aan ons land se grootste sangers in die musiek- en geselsprogram. Die week kuier Pedro om die klavier met Mynie Grove. Wat was vir jou die lekkerste deel van jou kuier saam met Pedro? Om wéér saam met hom aan ’n tv program te werk sedert die vroeë 2000’s se Liriekeraai, was die lekkerste. Wat maak Pedro volgens jou uniek? Hy is soos jou gunsteling pantoffels – warm en gemaklik, maar net baie mooier! Wat is jou gunstelingding om te doen op ’n Vrydagaand? Klavierkuiers met Pedro! Noem vir ons drie van jou gunstelingliedjies. Almaz – Randy Crawford The Quiet Joys of Brotherhood – Sandy Denny I can’t make you love me – Bonnie Raitt Kyk die video hier:
http://www.huisgenoot.com/bekendes/klavierkuiers-pedro-se-duet-saam-met-mynie-grove-betower/
’n Nuwe verwikkeling in soektog na vermiste beroepsjagter van Limpopo
Nadat Scott van Zyl, ’n beroepsjagter van Limpopo, op 7 April verdwyn het, is daar tot onlangs onverpoos na hom gesoek. Hy was in Zimbabwe saam met ’n groep buitelandse jagters toe hy verdwyn het. Die Zimbabwe-polisie, wat gehelp het met die intensiewe soektog na Scott, het tydens hul ondersoek aangedui hulle vermoed Scott is deur krokodille aangeval. Die soeklig het na die nabygeleë Limpopo-rivier verskuif. Twee krokodille, wat groter as “agt voet” (2,4 m) was, is selektief uitgesoek deur die natuurbewaringdienste in Zimbabwe waarna besluit is om hulle te skiet. Sondag het dit bekend geword dat ’n vonds wat in ’n derde krokodil (wat later geskiet is) se maag gevind is, waarskynlik meer duidelikheid oor Scott moontlike lot sal verskaf. Netwerk24 het bekend gemaak dat ’n gedeelte van ’n skoen, soortgelyk aan dié wat Scott sou dra, in die krokodil se maag gevind is. Daar is nog geen amptelike bevestiging dat dit moontlik Scott se oorblyfsels is nie. DNS-toetse word gedoen en daar sal meer inligting bekend gemaak word sodra die resultate beskikbaar gestel word.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/n-nuwe-verwikkeling-in-soektog-na-vermiste-beroepsjagter-van-limpopo/
Afrikaanse sangeres op 45 mooier as ooit
Franja du Plessis het Woensdag in ’n pragboodskap hulde gebring aan haar gewilde countrysangeres-ma, Juanita du Plessis, op haar 45ste verjaardag. Franja (23), wat self opgang in die Afrikaanse musiekbedryf maak en Sondag twee Ghoemas losgeslaan het, het langs ’n foto van haar beeldskone ma geskryf: “My mooie moeder Mamma! Baie baie geluk met Mamma se verjaarsdag! Mag dit ‘n jaar wees gevul met liefde,vrede en geluk en mag God Mamma in oorvloed seën!” En ’n mens moet inderdaad saamstem wanneer Franja die skoonheid besing van haar ma, wat in Windhoek, Namibië, gebore is. Jy kan jou maklik misgis en Juanita vir Franja se ouer suster aansien! Franja, wat Sondag by die Ghoemas as beste nuweling en vrouekunstenaar van die jaar vir haar debuutalbum, My verhaal, aangewys is, lyk by die dag meer op ’n druppel na haar ma. “Mamma raak net jonger en mooier! Een van die mooiste mense wat ek ken! En dis so voorreg om Mamma ons ma te kan noem! Ek hoop dis ‘n lekker dag! Mag Mamma altyd wees wat God oor Mamma geroep het! Lief Mamma oneindig! X” eindig sy haar boodskap.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/afrikaanse-sangeres-op-45-mooier-as-ooit/
2017-04-26 07:59:53
14-jarige gebyt ná waarskuwing oor groot aantal witdoodshaaie in Plett-omgewing
’n 14-jarige branderplankryer is vermoedelik deur ’n witdoodshaai gebyt by ’n gewilde plek onder branderplankryers Saterdag by Keurbooms in Plettenbergbaai. Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het in ’n mediaverklaring gesê die spesie en die grootte van die haai is nog nie bevestig nie, maar haaikenners meen die bytmerk is vermoedelik dié van ’n sowat 2 m lange witdoodshaai – maar dit kan egter nog nie bevestig word nie. Die NSRI-span is 17:07 ontbied ná berigte dat ’n persoon by The Waves, ’n gewilde plek onder branderplankryers in die kontrei, deur ’n haai gebyt is. Met hul aankoms het hulle ’n 14-jarige seun van Port Elizabeth aangetref waar hy volgens die NSRI op die toneel deur paramedici behandel is vir die bytmerke en laserasies aan sy regterkuit. Die tiener is volgens die verklaring in ’n stabiele toestand na die hospitaal vervoer, waar hy verdere behandeling sal ontvang en onder observasie die nag sal spandeer. Die tiener was glo op sy branderplank saam met twee ander branderplankryers ten tye van die voorval. Hy het ’n vin sien aankom toe hy ’n stamp voel en die byt aan sy regterkuit voel. Die seun het ’n brander geneem om tot by die strand te kom waar sy pa was – wat die voorval gadegeslaan het – en ander omstanders wat hulp verleen het en nooddienste van die voorval laat weet het. ● Die NSRI het reeds Vrydag ’n verklaring uitgereik waarin hulle vakansiegangers waarsku oor ’n groot aantal witdoodshaaie wat in die omgewing gesien het.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/14-jarige-gebyt-na-waarskuwing-oor-groot-aantal-witdoodshaaie-in-plett-omgewing/
Verstommend! Fiksheidshorlosie verklap wie vrou glo vermoor
’n Man is in hegtenis geneem vir die moord op sy vrou nadat haar Fitbit-fiksheidshorlosie gewys het sy het nog geleef in die tyd dat hy aan polisie gesê het sy is deur ’n inbreker doodgeskiet. Richard Dabate, charged with killing his wife at their Ellington home in December 2015, will face a judge today https://t.co/kKwg8AopnB pic.twitter.com/0XtnjcK1FS — Hartford Courant (@hartfordcourant) April 17, 2017 Richard Dabate, van die Amerikaanse deelstaat Connecticut, is in April aangekeer vir die dood van sy vrou, Connie. Sy is in Desember 2015 oorlede. Volgens Richard het hy die polisie gebel nadat ’n frisgeboude man met kamoefleerdrag en ’n masker en ’n diep stem “soos Vin Diesel” s’n hul huis binnegeval en aangedring het op geld, berig BuzzFeed News. Daarna het die man Connie na bewering doodgeskiet, Richard aan ’n stoel vasgebind en op die vlug geslaan. Richard het aan polisie vertel Connie het pas teruggekeer van ’n spin-klas by ’n plaaslike gimnasium toe die voorval plaasvind, maar haar Fitbit het gewys sy het langer as ’n uur in die huis rondgeloop voor sy dood is. Verder word berig die polisie het ’n saak gebou deur te kyk na selfoonrekords, Facebook-boodskappe en die feit dat ’n snuffelhond geen bewyse van ’n derde party op die eiendom kon kry nie. Volgens The Guardian het Richard vyf dae ná Connie se dood meer as R6 miljoen se lewensversekering geeïs, en volgens die Hartford Courant het hy ’n buite-egtelike verhouding gehad. Hy is op borgtog van meer as R13 miljoen vrygelaat en sal na verwagting Vrydag in die hof verskyn. Bronne: Hartford Courant, BuzzFeed News, The Guardian
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/verstommend-fiksheidshorlosie-verklap-wie-vrou-glo-vermoor/
Dis amptelik! Johnny Depp se eks BEVESTIG op Instagram Elon Musk is haar nuwe liefde
Amber Heard het haar romanse met Elon Musk Instagram-amptelik gemaak deur ’n kiekie van haar saam met die sakemagnaat op die fotodeelwebtuiste te plaas. Die twee is verlede Julie die eerste keer saam gesien, maar het eers hul verhouding stil gehou, want Amber was in ’n bitter egskeiding van die akteur Johnny Depp gewikkel. Maar Sondag het Amber eindelik die nuwe man in haar lewe bekendgemaak deur ’n prettige foto te plaas waarop Elon op ’n tafel sit met ’n soenmerk aan sy wang langs die aktrise met helderrooi lipstiffie aan. Cheeky A post shared by Amber Heard (@amberheard) on Apr 23, 2017 at 5:11pm PDT Sy het die byskrif “Cheeky” daarby getik. Amber verfilm nou Aquaman in Australië en het Sondagaand saam met die rolprent se regisseur James Wan, die uitvoerdende vervaardiger Rob Cowan en haar kêrel gaan uiteet. Elon het ’n soortgelyke kiekie van die twee se aand uit by die steak-restaurant Moo Moo’s gedeel met die byskrif: “Eet moo moo by Moo Moo Gold Coast saam met @AmberHeard, @CreepyPuppet en @CowanFilms.” Die twee se Instagram-debuut kom nadat hulle vroeër die dag die nuus gehaal het toe hulle ’n uistappie na die Currumbin Wildlife Sanctuary in Queensland, Autstralië, geniet het. Dit was die eerste keer dat die paartjie tevrede was dat fotograwe hul romanse vaslê en Amber en Elon het baie verlief gelyk toe hulle hand aan hand by die reservaat instap. Luidens berigte was twee van Elon se ses seuns saam met hulle op die uitstappie. Amber en Elon se verhouding gaan skynbaar van krag tot krag. Die aktrise se pa, David, het onlangs aan die Britse tydskrif Grazia gesê sy aktrise-dogter sou graag saam met Elon voor die kansel wou staan. “Amber en Elon is albei baie ernstig oor mekaar. Sy sou graag wou trou. Een van die goed wat hulle wil doen, is nes skop en ’n gesin hê. Hulle maak planne daarvoor,” het hy aan die tydskrif gesê. Maar ’n bron na aan Amber het David se bewerings afgemaak en gesê: “Hulle het geen planne om te trou nie.” Beide Amber en Elon was voorheen getroud – Elon met die aktrise Talulah Riley. Die twee het in 2010 die eerste keer afgehaak, maar is twee jaar later uitmekaar. Hulle is weer in 2013 getroud, maar Elon het op 31 Desember 2014 ’n egskeiding gevra. © Cover Media
http://www.huisgenoot.com/bekendes/dis-amptelik-johnny-depp-se-eks-is-elon-musk-se-nuwe-liefde/
2017-04-24 00:11:09
Jou sterre vir Donderdag, 27 April 2017
Hier is wat jou sterre vandag voorspel. Met Joanne Moore. JOU DAG Oop en duidelike kommunikasie is die geheim van ’n suksesvolle dag. AS JY VANDAG VERJAAR Jy is selfstandig. Die volgende 12 maande moet jy meer proaktief wees met die handhawing van vriendskappe en meer begrip hê vir ander se swak punte. RAM 21 Mrt.-20 Apr. As jy die eerste ding sê wat in jou gedagtes opkom, gaan dit net tot onnodige probleme lei. Doen dus iets wat jy nie gewoonlik doen nie: Deurdink dinge voor jy praat! BUL 21 Apr.-21 Mei Die son en maan is in jou teken; maak seker jy het pret saam met geliefdes en waardeer die steun wat hulle bied. Dit is ook ’n wonderlike dag om met genot aan ’n belowende persoonlike projek te werk. TWEELING 22 Mei-21 Jun. Jou heerserplaneet, Mercurius, beweeg tot 3 Mei agteruit. Moenie dat dit jou frustreer nie; dis die ideale tyd om na te vors, te repeteer, verfris, herskeduleer, herbesoek en herlaai. KREEF 22 Jun.-23 Jul. Moenie bekommerd wees oor wat ander van jou dink nie. Hoe voel jy oor jouself? Die kombinasie van ware selfrespek en innerlike selfvertroue is die sleutel tot toekomstige sukses – op persoonlike en professionele vlak. LEEU 24 Jul.-23 Aug. Danksy Jupiter se positiewe invloed gaan sommige vorms van kommunikasie verbeter, soos dié in die sosiale media. Mercurius beweeg egter nog tot 3 Mei agteruit, so gaan jou kommentaar twee keer na voor jy dit aanlyn bekendmaak. MAAGD 24 Aug.-23 Sept. Met Venus wat jou liefdesone besoek, moet jy maniere vind om jou intieme verhoudings te verbeter. Hoe meer vrygewig en liefdevol jy met mense is, hoe meer gaan jou vriendskappe verbeter. WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt. Die voorspoedplaneet, Jupiter, besoek tot 10 Oktober jou teken. Benut dus die voordelige geleenthede wat na jou kant toe kom ten volle. Reik uit en gryp hulle dadelik aan. Geen verskonings nie, Weegskaal! SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov. Hoe meer jy jou naastes en allerliefstes vertroetel, hoe meer liefde en hulp gaan jy ontvang. Intieme vriendskappe en gesamentlike ondernemings word ook vandag bevoordeel. BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des. Baie Boogskutters gaan in die kollig wees. Huismaats of kollegas wend hulle na jou vir praktiese oplossings vir ’n aanhoudende probleem. Sit dus solank jou dinkhoed op. STEENBOK 22 Des.-20 Jan. Oorpeinsing gaan jou vandag ver bring terwyl jy ’n probleem op ’n deeglike en kreatiewe manier ondersoek. As jy met ’n gefrustreerde lid van die gesin kommunikeer, sal jy jouself dalk moet herhaal . . . weer! WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. ’n Troebel gesinsverhouding kan verbeter – mits jy die mens die energie en aandag gee wat hulle nodig het. Wees egter geduldig; dit gaan ’n tydjie vat. VISSE 20 Feb.-20 Mrt. Jou latente liefde vir die misterieuse is stimulerend – of jy nou ’n speurverhaal lees, ’n film oor ’n moordgeheim kyk of ’n raaisel van jou eie ontrafel. Studie en navorsing word beklemtoon. Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017
http://www.huisgenoot.com/jou-sterre/jou-sterre-vir-donderdag-27-april-2017/
KYK VIDEO: Sanger skryf roerende liedjie ná Karlien en Bobby se In Jou Skoene-tannie sterf
Die sanger Chris Else was diep geraak deur een van Bobby en Karlien van Jaarsveld se episodes van In Jou Skoene. In so ’n mate dat hy besluit het om ’n roerende liedjie te skryf oor die vrou waaroor die episode gegaan het. “Bobby en Karlien het mense in Elandspoort besoek,” vertel hy. “Dit het my baie geraak. Daar was ’n tannie met die naam Anna. Toe ek haar sien, het ek geweet ek moet vir haar ’n song skryf.” Chris het ná die episode uitgevind Anna is oorlede nadat die program uitgesaai is. “Toe besluit ek net daar ek moet oor haar skryf. Ek het gewonder hoe dit moes voel om in haar skoene te stap. “Sy het ’n hart van goud gehad en my baie oor dankbaarheid geleer. Sy was ’n ma vir almal. En dit is die verhaal van Anna.” Kyk hier na die musiekvideo:
http://www.huisgenoot.com/vermaak/kyk-video-sanger-skryf-roerende-liedjie-na-karlien-en-bobby-se-in-jou-skoene-tannie-sterf/
Goeie nuus oor jong perderuiter ná ongeluk
Gigi Lugard (18) is op 9 April ernstig beseer toe haar perd tydens ’n kompetisie in Centurion gestruikel en oor haar gerol het. Haar suster, Nathalie, was in daardie stadium in Nederland. Sy het sedert 11 April positiewe boodskappe oor Gigi se vordering op Facebook gedeel. Daarin het sy aangedui dat Gigi geleidelik wakker gemaak word en dat sy besig is om stadig weer haar bewussyn te herwin. Nathalie het op 13 April na Suid-Afrika teruggekeer en het Vrydag die blye nuus gedeel: Gigi, oftewel Giv soos sy na haar verwys, is wakker en sy praat! Boonop is haar verbetering aansienlik beter as wat die verwagting was. Sy het ook aangedui dat Gigi baie rus nodig het. Nathalie het terselfdertyd haar en haar gesin se dank uitgespreek vir die geweldige ondersteuning wat hulle deur hierdie moeilike tyd ontvang het. Sy het egter ’n hartstogtelike pleitdooi gelewer dat Gigi die kans gegun moet word om te herstel. Gigi se pa, Edward, het na haar val aan Huisgenoot gesê sy het drie gekraakte rugwerwels, ’n gebreekte rib en bloeding op die long opgedoen, maar gaan herstel. Sy het ook ’n “bietjie” bloeding op die brein. Gigi is na haar opname in die hospitaal ook in ’n medies geïnduseerde koma geplaas. Die ongeluk het gebeur toe sy aan streeksuitdunne vir nasionale kampioenskapsbyeenkoms later vanjaar deelgeneem het. Dit was by die Fourways-rysentrum in Centurion gehou.
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/goeie-nuus-oor-jong-perderuiter-na-ongeluk/
Voormalige Protea-krieketspeler aangekla van knoeiery en korrupsie
Dit het Maandagmiddag bekend geword dat Krieket Suid-Afrika (KSA) verskeie klagte teen die spoedbouler aanhangig gemaak het. Protea- en Highveld Lions-speler Lonwabo Tsotsobe is Maandag amptelik van verskeie oortredings volgens die teen-korrupsiekode vir personeel aangekla. BREAKING: CSA levels charges against Lonwabo Tsotsobe for contriving to improperly influence a match/ matches during the 2015 Ram Slam T20. pic.twitter.com/1fe1ZkNhwW — Junia Stainbank (@mjstainbank) April 24, 2017 Dit volg op ’n uitgerekte ondersoek wat in Oktober 2015 deur KSA se teen-korrupsie-eenheid van stapel gestuur is. Vorige bevindings en skorsings is ingestel teen Gulam Bodi, Jean Symes, Pumi Matshikwe, Ethy Mbhalati, Thami Tsolekile en Alviro Petersen vir oortredings volgens die kode met betrekking tot die 2015 RAM SLAM T20-uitdaagreeks. Die 31-jarige Tsotsobe word in kort onder meer van die volgende aangekla: 1. Die bewerkstelliging of andersins onbehoorlike beïnvloeding, of deel van ’n plan wat poog te knoei of om andersins onbehoorlike invloed uit te oefen, op ’n wedstryd of wedstryde in die 2015 RAM SLAM T20-uitdaagreeks; 2. Soeke na die aanvaarding van, of ooreenkom om omkoopgeld te aanvaar of deel te wees van ’n plan wat poog om ’n wedstryd te knoei of andersins onbehoorlik te beïnvloed, in wedstryd of wedstryde in die 2015 RAM SLAM T20-uitdaagreeks; 3. Nagelaat/misluk om die ontvangs van ’n geskenk of betaling wat hy weet, of behoort te geweet het, wat aan hom gegee is om die Kode te verbreek of dat hy hom onder omstandighede bevind het wat hom of die sport van krieket in gedrang te bring, bekend te maak; 4. Nagelaat/misluk om die aangewese teen-korrupsie beampte (sonder onnodige vertraging) die volle besonderhede of enige toenaderings of uitnodigings om aan korrupte gedrag volgens die kode daarvan in te lig. 5. Tot op hede was Tsotstobe nie onder enige vorm van skorsing nie. Volgens Artikel 4.7 van die kode, het KSA hom nou voorlopig geskors van wedstryde, afrigting of enige ander moontlike betrokkenheid in enige kapasiteit by enige wedstryd onder jurisdiksie van die Internasionale Kriekertraad of -lid betrokke te wees. South African pacer Lonwabo Tsotsobe indefinitely suspended for match fixing https://t.co/nWNpFE6BKn — VIVO IPL 2017 #IPL (@IPL1O) April 24, 2017 Bron: Sport24
http://www.huisgenoot.com/nuus/plaaslik/voormalige-protea-krieketspeler-aangekla-van-knoeiery-en-korrupsie/
Frankryk geruk deur nog ’n moontlike terreuraanval
Die Champs Élysées in Parys, Frankryk, is Donderdagaand gesluit nadat ’n skietery in dié ikoniese straat uitgebreek het. Een polisieman is dood en twee gewond in dié aanval. Pres. François Hollande sê die voorval is “in die aard van ’n terreurdaad”. Donderdagaand ongeveer negeuur het ’n 39-jarige man ’n polisievoertuig genader en met ’n masjiengeweer op die insittendes losgebrand. Een van die polisiemanne het op die toneel gesterf. Volgens The Guardian het die aanvaller ook twee ander polisiebeamptes wat langs die sypaadjie gestaan het, gewond. Die aanvaller is kort daarna deur veiligheidsmagte doodgeskiet. Die Islamitiese Staat (IS) het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar en die aanvaller as een van hul lede geïdentifiseer. Daar is egter nog geen bewyse om die bewering te bevestig nie. Volgens plaaslike bronne het die aanvaller reeds vroeër op die polisie se radar verskyn, maar dit is nie verder ondersoek nie. Hy staan glo bekend as Abu Yousif en is van België afkomstig. Hy het glo 16 jaar gelede, nadat hy in hegtenis geneem is na afloop van ’n jaagtog, ook op polisiebeamptes losgebrand. Tydens ondervraging het hy een van die polisiebeamptes se wapen in die hande gekry en vyf skote afgevuur. Die polisiebeampte het oorleef, maar Abu sou jare in die tronk deurbring vir die aanval. Dié aanval kom kort voor die aanvang van die eerste ronde van die Franse verkiesing. Twee mans is Dinsdag deur die polisie in hegtenis geneem. Hulle het luidens berigte planne beraam om die verkiesing met ’n grootskaalse aanval te ontwrig. Volgens CNN kan Donderdag se aanval ’n groot impak op die Franse verkiesing hê. Dit speel reg in die hande van die verregse kandidaat Marine Le Pen wat krities is oor die land se immigrasiebeleid en gereeld daarop aandring dat nasionale veiligheid opgeskerp word. Donald Trump, president van die VSA, het die aanval veroordeel en gesê: “Dit lyk na nog ’n terreuraanval. Dit hou net nooit op nie. Ons moet meer waaksaam wees; ek sê dit al lankal.” The Guardian, BBC, CNN.
http://www.huisgenoot.com/nuus/internasionaal/frankryk-geruk-deur-nog-n-moontlike-terreuraanval/
Afrikaanse sanger en sy vrou gebroke ná hulle babadogtertjie verloor
Die Afrikaanse sanger Ricky Faber en sy vrou, Tanya, het Dinsdagoggend op hul afsonderlike sosialemediaprofiele bekendgemaak dat Tanya, wat 40 weke swanger was met hul tweede dogter, haar baba verloor het. Haar naam was Milanè. “My getuienis is al wat ek het en ek weet U plan is groter as my begeertes en verstand. Milanè, Pappa het jou lief en sien uit na die dag dat ek jou kan ontmoet daar by God in die hemel. Lekker speel sonder hartseer en pyn, my kind,” het Ricky op sy Facebook-blad geskryf. Tanya sou na verwagting vandeesweek die lewe skenk. Ricky het haar Dinsdagaand hospitaal toe geneem nadat sy begin sleg voel het. Daar het dokters hulle gerusgestel dat niks fout is met Milanè se hartklop nie en dat haar koppie nog te hoog was vir enige induksie of keisersnitprosedure. Daarna is Tanya terug huis toe. Vieruur die oggend het Tanya vir Ricky wakker gemaak en is hulle terug hospitaal toe. Daar is sy ondersoek en dokters het die egpaar meegedeel dat Milanè se hartjie nie meer klop nie. ’n Keisersnit is gedoen en Ricky en Tanya is die kans gegun om hul dogtertjie vas te hou en finaal te groet. “Milané . . . Dis seer, SO bitter seer . . . Mamma het vanoggend wakker geword en besef ek’t nie wakker geword in die kraamsaal met my poppie in haar bedjie langs my nie. Ek was so deurmekaar,” skryf Tanya op haar Facebook-blad. “Milané . . . Mamma se hart huil verskriklik vir jou . . . Ek wou jou soen, jou voed, jou vashou, jou liefhê . . . Ek wou jou beskerm ek wou kyk hoe speel jy saam met jou sussie . . . Ek wou . . . ek wou . . . ek wou,” skryf Tanya in ’n vorige inskrywing. Ricky het ook gesê hy beplan om ’n liedjie te skryf ter nagedagtenis aan sy dogtertjie. Die egpaar het vriende, familie en ondersteuners bedank vir hul boodskappe van medelye wat bly instroom.
http://www.huisgenoot.com/bekendes/afrikaanse-sanger-en-sy-vrou-gebroke-na-hulle-babadogtertjie-verloor/
Thabazimbi-omgewing voel Botswana-skudding
Thabazimbi en omgewing se inwoners was Maandagaand omstreeks 19:40 bietjie verwonderd waar hulle gesit en TV kyk, toe hulle ‘n snaakse dreuning hoor aankom, soos ‘n trein waar daar nie eens ‘n trein naby was nie. Ander het gedink daar word weer met dinamiet by die myn geskiet of dat daar dalk ‘n groot myntrok oppad is, sonder dat daar ‘n werklike myn naby was. Dit was eers toe die deure en vensters begin ruk en selfs die bank in die sitkamer begin skud, dat mense besef het dat dit ‘n aardbewing is. Die aardbewing, met ‘n sterkte van 6,5 op die Richterskaal, se episentrum was in ‘n yl bewoonde deel van Botswana, sowat 238km noordwes van Botswana se hoofstad, Gaborone. Die skudding was sowat twee kilometer ondergronds en het sowat 30 sekondes geduur. Naskokke is tot soveel as drie minute daarna gevoel. Volgens die Botswana regering is geen skade of menseverlies aangemeld nie. Buiten die Thabazimbi omgewing, is die skudding so ver as Zimbabwe, Mosambiek en KwaZulu Natal gevoel. Naskokke is die aand tot in Johannesburg, Pretoria, Bloemfontein en Rustenburg gevoel. Dit lyk ook asof die ou dame op Thabazimbi net nie wil gaan slaap nie. Volgens inwoners gaan die swigting van die myngroef, wat gelei het tot die staking van mynbedrywighede by die Kumba Thabazimbi Ystermyn, steeds voort met reuse rotse wat nou en dan teen die groef-wand, waar die swigting plaasgevind het, afrol.
http://www.kwevoel.co.za/2017/04/06/thabazimbi-omgewing-voel-botswana-skudding/
2017-04-06 18:09:39
Polisie moet boerdery vergoed vir brandskade
Deur Jeanne-Marié Versluis 20 April 2017: Netwerk24 Nog ’n boerderyonderneming wat skade gely het weens die brand wat in Augustus 2008 vanaf die polisie se opleidingsinstituut, Verdrag naby Thabazimbi, versprei het, gaan nou skadevergoeding kry. Inniesak-beleggings bedryf ‘n gemengde boerdery onderneming, wat wildboerdery insluit, op verskeie plase in die Rankinspas-distrik wat aan ander mense behoort. Die onderneming huur die plase vir sy bedrywighede. Inniesak het ’n skikkingsooreenkoms met die Suid-Afrikaanse regering en die minister van polisie bereik waarvolgens dié verweerders hom R1 063 662 teen 31 Mei sal betaal. Die verweerders sal ook Inniesak se regskoste (vir sy skadevergoedingseis in die hooggeregshof in Pretoria) betaal. Die skikking is Woensdag ’n bevel van dié hof gemaak. Die hof het in 2013 bevind die staat en die minister van polisie is aanspreeklik vir die brandskade wat plaaseienaars gely het. Die brand het op 28 Augustus 2008 naby die polisie se skietbaan op Verdrag uitgebreek. Die polisie was nalatig deurdat die brand versprei het. Die adjudant-offisier wat in 2008 in beheer was van die instandhouding van toerusting en die maak van brandpaaie op Verdrag was afwesig toe die brand begin het. Hy was op ’n kursus in Kaapstad. Die hof het vroeër bevind dat niemand daar was – laat staan nog ’n gekwalifiseerde persoon – wat die brandbestrydingsproses beheer het nie. Net die studente en die opleidingsbeamptes was daar. Die studente is blykbaar beveel om ses klein brandblussers en ’n paar grotes te gebruik. ’n Brandkenner het getuig sulke blussers behoort juis nie teen veldbrande gebruik te word nie omdat dit die brand aanblaas eerder as om dit te smoor. Water moes gebruik word. Inniesak sê in hofstukke sy waterpype, heinings, vee en weiding het skade gely. Hy moes onder meer 30,5 km se wildheining en 5 km se veeheining vervang. Weiding van 2 625 ha (vir 76 beeste, 118 bokke en 80 skape) is daarmee heen. ’n Rooibok, ’n koedoe, ’n sebra en twee skape het ook doodgebrand. In ‘n ander saak het die hof onlangs gelas dat R3 784 193,00 betaal word aan Johan Coenraad Weilbach, een van die boere wat skade gely het. Dié bevel het ook gespruit uit ’n skikking met die verweerders.
http://www.kwevoel.co.za/2017/04/20/polisie-moet-boerdery-vergoed-vir-brandskade/
2017-04-20 20:03:02
Steyn de Wet vervul sy droom
Daar is heelwat van ons lesers wat reeds Steyn de Wet op sy toer na die Himalajas te volg. Hierdie, nog half-onbekende oopkomende Afrikaanse sanger, leef vir sy drome en werk aan sy toekoms. Steyn de Wet is een van die mees merkwaardige jong sanger-skrywers in die land. Sy poëtiese en aangrypende liedere soos ‘Songs van Verliefde Mense’ en ‘Maanligwandelaar’ is wyd en syd oor Suid-Afrikaanse radio stasies gehoor die afgelope paar jaar. Sy musiekvideos, insluitend ‘Veilige Berge’ en ‘Sê My Lief’, wat te sien is op Kyknet verskuif die artistiese en narratiewe grense van die Afrikaanse musiekvideo as medium. Verder is Steyn tans ‘n spesiale navorsingstudent aan Stellenbosch Universiteit met die doel om volgende jaar met doktorale studies in Ingenieurswese te begin. Hierdie maand se groot nuus is as gevolg van Steyn se avontuurlus. As ‘n bergklimmer van formaat, afkomstig vanuit ‘n passievolle bergklim-gesin, was een van sy grootste drome nog altyd om sy spore in die Himalajas te los. Die Mardi Himal trek is spesiaal synde dit minder gekommersialiseerd is as die Everest Base Camp- of Anapurna Trek en uitstekende uitsigte oor van die besonderse pieke van die Himalajas bied. Die letterlike hoogtepunt van hierdie trek is die Mardi Himal Base Camp, alreeds op ‘n allemintige 4500m bo seevlak, maar Hy is oorgehaal om eendag terugtekeer vir een van die groot pieke van die Himalajas. Steyn is ‘n uitstekende jong sanger-skrywer wat die pad loop om sy merk in Afrikaanse musiek te maak en sy pen is soos die weduwee se kruik. Poëties, kunstig, intellektueel, en avontuurlustig – hierdie kenmerke maak Steyn ‘n opwindende kunstenaar vir die toekoms en vir die nou. Hierdie week – Steyn de Wet se tweede Nuusbrief
https://www.kwevoel.co.za/2017/04/13/steyn-de-wet-vervul-sy-droom/
2017-04-13 16:45:59
HFM Matrieks van '67 Kuier Saam
Die 1967 Matriekklas van Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi het Saterdag 25 Maart hul 50-jaar reünie by OppiStoep in Centurion aangebied. Van die 59 matrikulante het net meer as dertig die geleentheid met hul gades bygewoon, met so ’n enkellopende een hier en daar. Hulde is gebring aan die 12 oud skoolmaats wat die ander vooruitgegaan het. Drie oud onderwysers, Jan Robbertse, Wesley Strauss en Renier van Vuuren het die samekoms saam met hul gades bygewoon. ’n Hele paar staaltjies het ook uitgekom soos Johan du Toit, wat saam met die uwe, die kortste twee leerlinge in die klas was, maar op die foto’s het dit nooit so gewys nie. Ek was duidelik die enigste kort leerling. Johan het elke keer op ‘n steen gestaan sodat sy skouers gelyk met die ander manne s’n was. Hy moes net wild keer dat die ouens agter hom, hom nie van die steen af stoot nie. Almal het so lekker gekuier dat toe dit by die neem van ’n groepfoto gekom het, is dit nooit geneem nie. Oom Dirk van Tonder, geskiedenisonderwyser, kon nie die geleentheid bywoon nie en het ’n spesiale versoek gerig dat sy Geskiedenis-groep sowel as die Impala koshuis inwoners afgeneem word. Dit was nogal interessant dat ’n hele paar jonger skoolmaats van die klas van ’67, vanjaar ook hul 67ste verjaarsdag vier. Heelwat mense het daar naby tuisgegaan en tot laatnag toe lekker saam met die ander Pretorianers, gekuier. Party het nie op hulle laat wag nie en so ’n draaitjie of wat op die dansvloer gewaag. Almal wat daar was, bedank Dalene (Hoofmeisie) en haar man Morkel en Johan en sy eggenote Susan, wat by die reëlings en aanbieding betrokke was. Susan het onder andere ’n heerlike vrugtekoek gebak en versier is met die skoolwapen bo-op. Related
https://www.kwevoel.co.za/2017/04/12/50-jaar-hfm-matrieks-van-67-kuier-saam/
2017-04-12 22:48:12
Gestremdheid keer nie dié onnie nie
Een van HFM se personeellede, me Celia Schoeman, het tydens die April vakansie aan die Nasionale Atletiekbyeenkoms vir gestremdes in Port Elizabeth deelgeneem en ‘n goue medalje verower. Die byeenkoms is vanaf 1 April tot 4 April 2017 aangebied. Celia het aan die F42 klas (Amputasie bo die knie) deelgeneem. Sy behaal ‘n afstand van 18.81m in Skyfwerp wat ook haar persoonlike beste prestasie was. Hiermee verower sy ‘n goue medalje. Celia het haar been verloor tydens ‘n ongeluk net buite Bela Bela toe sy haar netbalspannetjie deurgeneem het om daar te gaan deelneem. Swaar reën op die pad, en ‘n vragmotor wat uit sy baan beweeg het, oppad terug na Thabazimbi het veroorsaak dat sy beheer oor die voertuig verloor en die voertuig teen ‘n boom gebots het. Celia het nie gaan lê nie en het geveg om weer voor in die klas te wees om haar taak as onderwyser te vervul. Intussen het sy weer by sport betrokke geraak waar sy nie net afrigting gegee het nie, maar ook weer aktief as gestremde aan sport begin deelneem het. Celia sê haar doelwit is om gedurende 2018 Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig op die sportveld. Hoërskool Frikkie Meyer is met reg trots op haar as leerkrag en die voorbeeld wat sy stel deur die terugslag wat sy in ‘n voorslag omgedraai het.
http://www.kwevoel.co.za/2017/04/26/gestremdheid-keer-nie-die-onnie-nie/
2017-04-26 20:15:53
uit die ooste
Mardi Himal Trek in die Himalajas Nege uur die oggend, 4 April, 2017, in Katmandu, Nepal word ek uit mooi ou drome weggevoer, terug na die wakker wêreld. Die opgewondenheid vanaf die Holy Himalaya Hotel se restaurant kan in enige taal beleef word. Trekkers van alle herkomste, oud en jonk (letterlik vanaf ‘n twaalf jaar oue tjokkertjie tot ‘n oupa van tagtig) het ‘n wals in hul stap en ‘n klank op die tong wat hoort by negentienjarige ‘gap year’ kinders wat die eerste keer ware vryheid ontdek het. Nege in die oggend klink dalk laat, maar gegewe die 4 uur positiewe tydsverskil is dit klokslag op my 5vm Kaapstad opstaantyd. En gegewe die unieke 24 uur in transit voordat my sewe ure se slaap begin het, is dit eintlik nie ‘n luiaardige opstaantyd nie. Sondagoggend, 3 April het luilekker in Welgedacht begin met onse 4 en ‘n half maande oue François, wat sedert die klein ure my en Zelda se bed oorgeneem het. Ek het my mede-trekker en moedertjie, Fia, omstreeks 9:30 op Kaapstad internasionaal opgetel en ons het die laaste paar inkopies laat tieng om saam met varsgebakte drome vir die reis in te pak. (Dit is heel interessant dat die woord ‘trek’ globaal gebruik word vir die tipe bergklimtogte soos die een wat ons nou op vertrek in die Mardi Himal Trek in die Himalajas. Dit is afgelei vanaf die Groot Trek se trekkers se tog en dus eg Suid-Afrikaans en tog vandag wêreldwyd in gebruik.) Vanaf Kaapstad Internasionaal, 20:00, tot Dubai, wie weet watter tyd, was daar geen drama nie. Trouens, ek het so lekker geslaap na ‘n rowwe week en EEN gin en dry lemon, dat die lugwaardin my moes kom wakker maak om af te klim nadat ons vasgemeer het! Dubai se lughawe is so groot dat ons ‘n 25 minute busrit moes neem vanaf die grênd Emirates terminaal tot die Kulula-klas tweede terminaal van waar af die Fly Dubai vlug ons na Katmandu sou neem. In terminaal twee het ek so lekker gevoel in my joints gekry – niemand ken my mos hier wat ‘n foto kan neem of hoegenaamd iets gade kan slaan wat my later in die verleentheid kan bring nie. In die McDonald’s se ry… ja die McDonald’s ry… ek is ‘n wêreldreisiger, al verdwaal ek in ‘n inkopiesentrum… in daai ry, nog voordat my gevoel van onbekendheid vlugtig kon word, toe klop ‘n fris vuilbaard klong op my skouer en sê – “Jy is mos Steyn de Wet!? Ek werk saam met jou ou vriend, Boom, vir die Amerikaanse weermag, ons luister jou songs op die basis!” Nou daar het jy dit: Steyn de Wet is klaarblyklik meer bekend in Irak en Afghanistan as in Suid-Afrika. Dit was en via vanaf Dubai na Katmandu wat die poppe die Samba begin voel het. Een van ons toergroep lede het ‘n beroerte gekry daar tussen die hemel en die terra firma, digby Katmandu. Om sake te kompliseer het hewige donderstorms uitgebreek oor die lughawe en moes ons na 30 minute se sirkels verf deur die wolke koers kies na Lucknow, Indië. Ironies, daai naam. En die hele tyd kon ek net aan een ding dink. Gaan onse Suid-Afrika opstaan en vir Zuma stuit? Gaan die heldhaftige Gordhan en Jonas dalk opstaan en die leiers word van die weerstand wat ons in hierdie tyd so nodig het? Hierin lê dalk die grootste les – my worries verander niks aan hierdie wêreld nie en ek is immers 10 000 seemyl weg, wat ek moet en KAN doen is om om in hierdie oomblik te leef, om ELKE oomblik te beleef. Op Lucknow is die straler se brandstoftenks volgemaak terwyl ons gewag, gewag en tande getel het. ‘n Hele paar wit jassies het ingekom na die pasiënt toe en is toe weer uit. Papiere is geteken en daar is heelwat in Hindi gemompel. Die dokter wat gelukkig aan boord was het probeer verduidelik terwyl sy vriendin, wie se Engels minder verstaanbaar as sy Spaans was, probeer vertaal het – onsekerheid klink in alle tale dieselfde. Op die ou end het stokmannetjie prentjies en mediese akronieme die ding gedoen. ‘n Rystoel en ‘n stretcher is getoets en toe is daar na my gedraai: “You big – carry.” Ek het die arme tannie uit die vliegtuig gedra soos wat ek my baba, François, na sy kot toe dra en by myself gedink – dis die lewe: jy word in die lewe ingedra en later word jy uitgedra. Ons toerleier het ons ook daar verlaat om na haar om te sien, ons is gelukkig in goeie hande met gidse wat touwys is en vele van die toerlede wat vir ‘n tweede of derde keer in Nepal kom trek. Kort daarna het ons opgestyg en die keer, alhoewel laat, Katmandu gehaal. Na breakfast is die strate van Katmandu verken. Ek het al samehorigheid in my lewe gevoel – in rugbyspanne en met familie Kersfeeste, maar niks kan vergelyk word met die verstaan wat pelgrims in ‘n vreemde wêreld vir mekaar het nie. Skielik is ek tuis, saam met die bok voor die slaghuis wat wag vir die donker sny, saam met die man wat groen groente deur die besige strate dra soos die prentjie van die waterdraer, saam met die ou met die leer wat êrens iets moet gaan fix om sy brood te verdien. Die legkaart van kleure verdrink die swaarkry van die stukkende strate en die Nepalese mense se vriendelikheid laat die Westerling arm voel – ek wonder of hulle weet hul het iets wat ek nie het nie, iets wat ek nodig het. Word vervolg
http://www.kwevoel.co.za/2017/04/07/steyn-de-wet-nuusbrief-1-uit-die-ooste/
2017-04-07 10:39:34
Mardi Himal Trek in die Himalajas
Resham Firiri – Nepal se Shosholoza Berg-in vanaf Kande Die melodieë van die reën klink in alle tale dieselfde, maar hoe armer die dak, hoe duideliker die impak. Silwer weergreinlyne trek windlangs af oor eindes waar geute moes gewees het. En daar druk die luggie my deur sagkens toe – selfs die wind is gaaf hier en die hael wat oorlog voer op die sink en die bliksemflitse maak nie bang nie. Hier is ons nou waar ons wil wees. My grootste kopseer te make met geloof het te doen met die bewerking en verwerking van die konsep van ‘die ewigheid’. Ek kan ‘ewigheid’ nie klein kry nie en die idee van ‘n son wat in ‘n dag sonder einde drentel tussen nege, twaalf en drie maak my bang. Hierdie reën ruik nie soos ons reën nie, maar die van ʼn lewendige woud en gepakte klippaaidjies – ek sou ‘n ewigheid in hierdie berge kon spandeer. Gisteroggend het ‘n bus ons vanaf Phokara na Kande gehop teen bergpasse uit wat vegvlieëniers ‘n holmaag sou gee. Van die bus afgeklim klink my siel: Siedaar! Die koers slaat lynreg berg-in, hierdie is mos waarvoor ons in Nepal is! Verrykende gesprekke oor Hindoeïsme en Boeddhisme het die steentrapklim moeiteloos gemaak en nog voor my lyne die Ooste kon skakel met die antieke Grieke se filosofieë het ons by See You Lodge afgepak vir die aand. Soos ouetehuis mensies uitsien na geselsies, net so jeuk my vingers maar gedurig vir my Fendertjie se snare. Ek dra hom saam op my rug en was reeds reg vir tokkel toe ek sien dat die gidse tabla tromme saamdra. Met die aankomskoffie nog te warm om te sluk het ek Nepal se Shosholoza gevind – Resham Firiri – en het ons weggetrek in die klank wat almal verstaan: ritmes en melodieë. Elke droom het ‘n vervaldatum, alle geld is vals en geen besittings wil jou hê nie, maar in hierdie oomblik waaraan ek behoort ken ek lewe in oorvloed.
http://www.kwevoel.co.za/2017/04/20/steyn-de-wet-nuusbrief-3-mardi-himal-trek-die-himalajas/
2017-04-20 16:31:43
Guptas binnekort Suid-Afrika se enigste probleem
Zuma gaan uittree, nie op versoek van die landsburgers deur hulle optogte nie, maar uit vrye keuse, met die volle steun van die ANC. Zuma het bereik wat hy wou bereik het naamlik om salig sonder enige finansiële bekommernisse op Nkandla se stoep sy oggend-koffie te geniet en te weet dat hy die stryd oor die oppermag in Suid-Afrika gewen het. Die feit dat hy die stryd verloor het om sy mense uit die draaikolk van armoede te hef, bekommer hy hom beslis nie oor nie. Die meeste van sy volgelinge glo steeds dat hulle eendag gaan wees waar hy is, sonder om in ag te neem dat teen die huidige tempo van bevolkingsaanwas, daar jaarliks ‘n ekstra miljoen of wat meer verarmde mense gaan wees wat dieselfde versugting het. Dat Zuma net oor ’n Std 3 kwalifikasie beskik maak hom nie onnosel nie. Hy is ’n manipuleerder erger as Hitler. Hitler het mense doodgemaak om die oppermag te bekom en het heeltemal in sy doel gefaal. Zuma staan net terug, want dit is wat die mense wil hê; hy moet net afstand doen van sy troon. Deur dit te doen verseker hy vir homself ’n koloniale tipe van aftrede in sy kraal, genaamd Nkandla. Daar kan hy elke oggend sy 100 beeste met hul horings, gaan besigtig terwyl hy dink oor watter een van sy vroue sy drange vandag gaan bevredig, of beter, by watter vriend van hom gaan hy kuier waar hy dalk so ’n seksuele gelukkie met dié se dogter kan kry, een wat dalk ook ‘n ogie op die Zuma Kraal het. Of jy DA, PFP, Daggaparty, ANC of wat ook al stem – Afrika het sy eie afdruk, ongeag of jy in jou privaat lewe ’n pastoor, aanbidder van voorvader geeste, toordokter of sangoma is. Aanvaar net dat die genetiese seleksie van jou voorvaders die rede is dat jy wit, swart of bruin gebore is – Jy is maar alleen die produk van jou voorgeslagte se sperms en eierselle wat hulle weg tot by jou gevind het. Ongeag die genetiese poel waarin jy jouself bevind is daar een gemeenskaplike genetika-poel wat alle lewende organismes, plant of dier, reptiel of insek, in deel, naamlik die instink om te oorleef. By party spesies word sekere eienskappe geneties oorgedra soos byvoorbeeld plante wat alles in hul vermoë sal doen om in die diepste, donkerste oerwoud, die broodnodige son te bereik, al word dit ’n parasiet van een van die groot bome wat regop groei, juis sodat sy groen lower volle sonskyn kan geniet. Tog weet die plantjie by die boom se wortels niks van hierdie drang nie, maar as dit nie voëls was wat hulle sade vreet en bo-op die blare van die hoogste bome ontlas nie, of die feit dat hulle deur oneindig klein spore wat deur lugstrome na bo gedra word nie, sou hulle nie kon voortplant nie. Die drang om te oorleef is by alle spesies seker die belangrikste gemene deler. Wat diere aan betref is daar drie broodnodige faktore wat oorgedra word ten opsigte van oorlewing naamlik kos, skuiling en voortplanting, waarvan voortplanting seker die kleinste rol speel aangesien die mens, anders as ander diere, self kan besluit of hy/sy wil voortplant, ongeag die seksdaad. Die mens is dan ook, buite sjimpansees, die enigste spesies in die diereryk wat seks net vir persoonlike bevrediging en genot volgens wil, kan aanwend. Die voëls bou nessies sonder planne, want die plan is geneties ingeprent volgens hul spesie. Katte begrawe almal hul ontlasting, al is dit op ’n teëlvloer. Walvisse weet waar is die veiligste plek om hul kalfies te baar en te voed, voor die duisende kilometer rit terug na die weivelde. Netso is daar die wildehonde wat weet hulle kan hul prooi beter vastrek deur in ’n pak te jag in plaas van die jagluiperd en die uil se manier om op hul eie te jag. Tog is daar die ouerlike instink wat hulle laat besef dat daar is ’n nes, of ’n skuiling waar die honger kleintjies wag om gevoer te word. Die mens, anders as enige ander spesie op aarde, kan oor sy eie lot besluit. Hierdie groeiproses duur eeue en kan nie in ’n enkele generasie kultuur-status bereik nie. Kultuur beteken groei. Volgens president Zuma het hy dit reeds bereik. Hy noem sy “tier-tert” luiperdvel en wit tekkies, kultuur terwyl dit maar net bloot tradisie is, al kom die tekkies uit die duurste Nike sportwinkel. Sy kaalborstige maagde met hul riete dans word gedoen om die manne se wellus te laat opstoot voordat hulle na die slagveld gestuur word, sonder dat dit enigsins iets met kultuur uit te waai het, nog minder met die menswaardigheid van vroue. Deur te sê dat die swart mense van Afrika op dieselfde standaard sou wees as die res van die wêreld sonder ’n Suid-Afrikaanse Chris Barnard, wat die eerste hartoorplanting in die wêreld gedoen het, of die Suid-Afrikaner Elon Musk wat herwinbare vuurpyle die ruimte inskiet en NASA se rol oorgeneem het om die Internasionale Ruimte-stasie van voorraad te voorsien, indien kolonialiste hulle nie tot die vlak van slawerny verlaag het nie, is die grootste bol kak. Kolonisasie is op die Afrikaner nasie, net soos op die swart nasies na afloop van die Anglo-Boereoorlog, afgedwing. Afrikaans is ’n taal wat sy wortels diep in Afrika het. Uit Nederlands, Frans, Slamaier, Portugues, Engels en al die tale wat die wit nedersetters en slawe gepraat het, het die nuwe setlaars in die Kaap een taal, naamlik Afrikaans begin praat. Gedurende hierdie tyd het die Bantu-stans georiënteerde Zulu-nasie Suid-waarts begin trek en het hulle die kleiner stamme in hul pad uitgemoor en nooit net een taal begin praat nie. Hiervan is Suid-Afrika steeds die beste voorbeeld met elf amptelike tale. Afrikaans is een van hulle. Buiten Engels is res van die tale almal swart tale. Steeds verkies die swart heersers om die taal van die koloniale onderdrukker, naamlik Engels, as die amptelike taal aan te wys. Hierdie swart nasies verwys na hul taal as kultuur, maar niks het gegroei nie, dis doodgebore en sou nooit in druk verskyn het as dit nie vir die Europese onderwysstandaarde was wat die blanke voorvaders met hul vestiging aan die Kaap mee vertroud was nie. Die vestiging van skole en universiteite neem honderde, selfs duisende jare om te vestig en om as ‘n kultuur te groei. Hoekom is daar nie een gemeenskaplike swart taal nie. Die rede is eenvoudig. Die stamgebonde swart mense het blykbaar ’n ander ingeboude genetiese identiteit wat mens maar reguit rassisme kan noem, wat hulle verhoed om ’n ander swart stam as deel van hul nasie te betrek. Hulle is steeds besig om genetiese nessies te bou. Zuma sal binne die volgende maand of wat bedank. Nie omdat die nasie hom daartoe gedwing het nie, maar omdat hy sy eie plekkie, Nkandla, ingerig het om by sy (seksuele) behoeftes aan te pas, tien teen een met ’n ruimhartige siekte-brief om te verseker dat hy tot met sy afsterwe, finansieel welaf sal wees. Hy het reeds sy eks-vrou, Nkosazana Dlamini-Zuma, die goue steekspeld, moeder van vier van sy kinders, toestemming gegee om die spesiale Presidensiële lyfwagte en konvooi te prikkel om haar te begelei, alhoewel sy nie volgens die grondwet daarop kan aanspraak maak nie. Sy gebruik dit heel ongeêrg, kompleet asof sy Zuma se voetspore wil volstaan as Suid-Afrika se eerste vroulike president in 2019. Met die Guptas in beheer van Suid-Afrika se finansies sal hierdie land die voorbeeld stel dat jy niks meer as ‘n beeswagter in Afrika, of die kinders van ‘n armsalige winkelier in ‘n klein dorpie in Indië, hoef te wees om te bewys dat korrupsie steeds koning in ontwikkelende lande is en dat demokrasie net die towerwoord is om dit te vermag. Zuma se lakeie in die Parlement en die Guptas met hul hande diep in die staatskis, sal die ANC en vriende sorg dat hy wat Zuma is, steeds sy toelaag as President ontvang, plus nog miskien ‘n ere toelaag vir die rol wat hy in Suid-Afrika se aftakeling gespeel het – ‘n aftakeling waar baie arm mense weereens die modder sal kan ruik as hulle in hul modder, beesmis en grasdak-kaaia’s inkruip. Nkandla het die grondslag hiervoor gelê. ‘n Goeie einde van ‘n storie van iemand wat eintlik op honderde bedrog en ander aanklagte teen hom in die tronk hoort, maar op sy presidensiële gat daaruit bly. Buiten dat talle besighede reeds ondergegaan het en nie meer tot die staatskis kan bydra nie, is daar talle besighede wat eenvoudig gaan ophou om belasting te betaal. Suid-Afrika beskik nie meer oor gewillige belastingbetalers nie en beskik ook nie oor die jurisdiksie om elke wanbetaler op te spoor en te maak betaal nie. Daar is eenvoudig net nie meer geld om oor te betaal nie en nog minder plek in die tronk om hulle toe te sluit. Die dag as Zuma en die Guptas dit uitvind sal hulle ook besef dat mens nie gedwink kan word om na slegs die SABC te moet luister omdat dit die staatskanaal is nie, ook nie om na die Gutas se propaganda TV kanaal te kyk of hul koerant te lees nie. Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël Illustrasie: Met dank aan Sunday Times en Zapiro (kunstenaar)
https://www.kwevoel.co.za/2017/04/20/guptas-binnekort-suid-afrika-se-enigste-probleem/
2017-04-20 19:13:19
Mardi Himal Trek in die Himalajas
Námásté! – Vanaf Katmandu na Phokara Wilde, ongetemde veld is meer rybaar as meeste Nepalese paaie, so het ek 5 April besef. En gisteraand se Daal Bhat dreig om my ‘n tweede keer te brand. Daarby het die Nepalese langbiere my uitoorlê, so het dit my vanoggend getref tussen die oë en ek het toe ook op die sticker gelees: 7%. En ons skud pappie – ek voel soos ‘n mensmasjien-sementmenger-vragmotor, my bedryf is nie bewapen nie en hierdie sement is heelwat meer as ‘n japtrap van stol af. Dit is tye soos die wat jy leer van bid, hoop en vertrou. Skud-skud vanaf Phokara na die berg toe was ons almal egter in die wolke om op die 4de dag van ons reis uiteindelik in die berg te kom en haar in haar volle glorie te kan sien – sy was tot nou toe in ‘n trourok geweef uit Van Hunks se rook toegeknoop en hierdie bruilofsnag kan nie vinnig genoeg aanbreek nie. Gelukkig het ons nie, soos baie ander trekkers, die nege uur lange busrit vanaf Katmandu na Phokara geneem nie. Alhoewel jy jouself vir weke aan een kan verkyk by die busruit uit aan die amper vertikale terras-boerderye, die straat mechanics se opelug werkswinkels en die teken prentjie stapeltjies van oorbevolkte, wasgoed wapper woonstelle, reken ek dat nuwe niere skaars is in Nepal. Dus is ons gisteroggend weer terug na die lughawe toe om na Phokara toe te vlieg. As ons gedink het dat die internasionale terminaal ‘n deurmekaarspul was, dan kom chaos tot sy reg waar jy opdam en sweet en stink vir jou plaaslike vlug. Daar is ‘n unieke gatvolgeit wat, in enige land en kultuur, spesiaal beskore is vir ons tipe hawelose lughawe-wesens. Almal vanaf die mooi jong vrou wat by haar familie wil kom, tot die dames wat die berg wil haal om te begin trek, tot die verligte Boeddhistiese monnike buig die knie voor hierdie frustrasie. Voordat ons Buddha Air 609 bestyg het, het die mooiste stukkie kultuur afgespeel, wat ek gelukkig was om in ene en nulle vas te lê. In die voorgrond neem ‘n jong vrou ‘n foto van haar lover. In die agtergrond doen twee monnike dieselfde! Ek sou verwag het dat verligte Boeddhiste sou uittroon ver bo die res van ons se wêreldse gewoontetjies – toe nie! Dan die lugredery se naam – Buddha Air. As daar ooit ‘n lugdiens met die naam ‘Jesus Air’ geloots word, sal ‘n hele paar wenkbroue in fronse in lig. As ek Muhammad Air sou registreer, sou ek seer sekerlik naby wees aan my laaste teug. Hierdie wys maar net – ons idees oor wat lasterlik is en wat geoorloof is, is ook maar net ‘n sosiale konstruksie. Aangekom in Phokara wou die berg haar knieë wys tussen die donderstorms deur, maar ons sou nog moes wag. Later die aand, na die 7% langbiere het die uwe op die verhoog geklim en ingeval met die tradisionele Nepalese danse wat aan die gang was – ongelukkig is daar GEEN foto’s hiervan beskikbaar nie. Laastens, die Nepalese woord vir ‘hallo’ – Námásté! Jy moet hom skryf met akúte op elke lettergreep en ‘n uitroepteken aan die einde – die woord kleur die prentjie van hierdie mense en hul taal in; dit is ‘n kinderlike opgewonde taal, net soos haar sprekers. Námásté! beteken meer as net ‘hallo’. Dit beteken ‘ek sien jou’, ‘ek respekteer jou’ en ‘ek aanvaar jou vir wie jy is’. Suid-Afrika, Námásté!
http://www.kwevoel.co.za/2017/04/13/mardi-himal-trek-die-himalajas-steyn-de-wet-nuusbrief-2/
2017-04-13 14:06:34
Verbod op verkoop van renosterhoring opgehef
Die konstitusionele hof het ’n appèl van die departement van omgewingsake verwerp om ’n moratorium te behou op die handel van renosterhorings. Pelham Jones, voorsitter van die South Africa’s Private Rhino Owners Association (PROA), wat een van die respondente in die saak is, het gesê dit beteken die verkoop van renosterhoring is wettig in Suid-Afrika. PROA is een van die respondente in die saak. “Ons verwelkom die konstitusionele hof se uitspraak. Ons glo dit is ’n reg waarop ons geregtig is,” het Jones gesê. ’n Internasionale verbod op die verkoop van renosterhoring bly steeds van krag. Dit word ingevolge ’n konvensie van die Verenigde Nasies beheer. Dit beteken renosterhoring wat wettig in Suid-Afrika bekom word, mag nie uitgevoer word nie. ’n Woordvoerder van die departement van omgewingsake het aangedui die departement sal ’n mediaverklaring uitreik. Die hofaksie was ’n inisiatief van private belanghebbendes en organisasies in die renosterbedryf. Hulle het aangevoer hulle moet renosterhoring kan verkoop gegewe stygende kostes vir beveiliging, wat onder meer die gebruik van helikopters en elektriese heinings insluit. PROA sê volgens die jongste syfers word meer as 6 500 renosters privaat besit. Dit is meer as ’n derde van die totale renosterbevolking in Suid-Afrika. Die presiese omvang van die voorraad renosterhoring in Suid-Afrika is nie bekend nie. Die PROA raam sy lede het sowat ses ton voorraad en die staat het 25 ton. Die totale voorraad kan sowat $2 miljard werd wees. Omgewingsbewaarders het reeds kommer uitgespreek dat plaaslike kopers onwettig renosterhorings aan Viëtnam en China kan verskaf. In daardie lande word dit voorgehou as ’n bestanddeel van tradisionele medisyne. Die getal renosters wat gestroop is, het in 2016 met 10% tot 1 054 gedaal. Dit was die tweede agtereenvolgende jaar wat daar ’n daling was. Suid-Afrika het meer as 80% van die wêreld se renosterbevolking, met sowat 18 000 witrenosters en byna 2 000 swartrenosters. Jones het gesê daar word gekyk hoe seker gemaak kan word dat sogenaamde “bloedhorings” nie in die mark beland en verkoop word nie. Handel sal deur die regering gereguleer word, wat permitte sal uitreik. Bron – Reuters
http://www.kwevoel.co.za/2017/04/06/verbod-op-verkoop-van-renosterhoring-opgehef/
2017-04-06 18:44:47
Mardi Himal Trek in die Himalajas
Dronkskryf Van Photang na Forest Camp Foto’s neem in ‘n nuwe land is net soos dronkskryf. In die silwer oomblik voel alles geniaal, maar met herbesoek skaam jy jouself vir die ‘werk’ van jou hande. Maar wat, ek reken dat jy hier en daar raak sal skiet as jy genoeg tieke kliek. Ons moes tot dusver tevrede wees met die getuienis van die skaamdrake se vuurspoeg. Vanoggend, 6 April, met die vars son, het hulle vir die eerste keer werklik hul tande en vuurspoeg gewys. Die produk van hul vuurspoeg het hul egter binne oomblikke weer versteek en later op ons neergestort. Maar ten minste tot voor die wit se terugveg was die son ‘n kooloond tussen die wolkmassas teen die kruin, ‘n krematorium vir jou worries – as tot as vir die probleme, vir die lekker hart die lewe. Hulle sê graag hier: “When there is money, you need three eyes.” En terwyl ons vandag amper heeldag lank op en oor waterskeidings geloop het, het my derde oog die hoopvolle broers en susters van my moedergrond gesien, hulle wie regmaak om môre hul stemme te laat hoor vanuit hul smartieboksie-see van gesigte. Ek gaan nie sê ek wens ek was môre in Suid-Afrika nie, ek is bly ek is hier, maar ek sien ook uit daarna om terug te keer en te bewapen vir hierdie besonderse geveg. Vrydag, 7 April, se marserende massas gaan ‘niks’ verander vir pessimis of kort termyn denker nie, maar dit kan deel van die wenpunte in ‘n grootse stryd wees. Edmond Hillary sê dat jy nie die berg oorwin nie, maar jouself. Hopelik proe ons gou-gou hierdie eerste oorwinning. En ek hoop almal wat korrupsie en algemene vertraagdheid kan stuit groei ‘n derde oog. Maar ek skeur vir eers terug na die God-vinger vistas, onmoontlik mooi. En die rein wens-mense. En die ryke eenvoud. Die lewe het skielik eenvoudig geword. Pragtig simplisties. Dit is nog nie eens ‘n week nie, maar dit voel reeds moeilik om te onthou dat ek ‘n bakkie by die huis het en ry gewoonlik ry waarheen ek wil gaan. Dit is moeilik om window shopping en ‘wat sal hier mooi lyk in die sitkamer’ te onthou. Dit voel asof ek gemaak is om ‘n bergvoetswerwer te wees. Die lewe is eenvoudig. Jou eie voete dra jou na die mooiste gesigte en uiteindelik na jou lêplek toe. By jou bergherbergie aangekom hoop jy op ‘n relatief gemaklike nommer twee noodverligting, jy kry ‘n bak kookwater om mee te was en dan suiwer jy drinkwater vir môre se stap. Al my besittings is in ‘n sak en selfs daarvan voel heelwat oorbodig. As jy elke aand ‘n ‘quick dry’ hemp uitspoel, het jy nie veel hemde nodig nie. As ek net die verstaan van eenvoud kan saam terugneem huistoe, dan het ek meer as genoeg hier gekry.
http://www.kwevoel.co.za/2017/04/27/steyn-de-wet-nuusbrief-4-mardi-himal-trek-die-himalajas/
2017-04-27 21:32:51
eNatis se onbetaalde Telkom rekening benadeel motoris
Voertuig-eienaars kan nou moontlik die gevolge dra van eNatis se onvermoë om sy Telkom-rekening van R8 miljoen te betaal aangesien eienaars ingevolge die Nasionale Padverkeerswet beboet kan word indien hul voertuiglisensies nie betyds hernieu word nie, sê Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer. Volgens Alberts het ʼn werknemer van eNatis gister (Donderdag 20 April) aan die VF Plus erken dat hul stelsels “van lyn is” weens die uitstaande rekening en dat eNatis tans met Telkom onderhandel om ʼn oplossing te vind. Hy sê die VF Plus het ʼn brief geskryf aan die minister van vervoer, mnr. Joe Maswanganyi, waarin hy gevra word om dringend aandag aan die probleem te skenk en om vas te stel hoe dit ontstaan het. “Dit is skandelik dat duisende voertuig-eienaars gekriminaliseer en beboet kan word weens die onbevoegdheid van die eNatis-stelsel se bestuur. Indien daar nalatigheid betrokke was, moet die skuldiges verantwoordelik gehou word. “Daar is na verneem word ʼn dispuut tussen Telkom en eNatis oor die rekening, maar dan moes eNatis betyds ʼn reëling getref het dat die lyne aktief bly hangende ʼn oplossing vir die dispuut. “Voertuig-eienaars is nou uitgelewer aan ʼn disfunksionele staat net soos talle mense dit daagliks op ander gebiede ervaar. Die VF Plus versoek die minister om in belang van motoriste dringend in te gryp,” sê Alberts.
https://www.kwevoel.co.za/2017/04/21/enatis-se-onbetaalde-telkom-rekening-benadeel-motoris/
2017-04-21 16:47:57
Kul jou hier kul jou daar
Tekens dat jou maat dalk ontrou is • Werk gedurig laat of is dikwels weg van die huis. • Die foon is dikwels af, of daar is ’n probleem met die sein. Hy antwoord vir tye nie die foon of boodskappe nie. • Hulle is nie ’n oomblik sonder die foon nie en neem dit selfs saam toilet of badkamer toe; daar is toegangskodes vir die foon of rekenaar nodig wat jy nie het nie; of daar is programme op die rekenaar soos Winclear, Evidence Eraser of Evidence Nuker wat alle spore van sekere dokumente of gesprekke uitvee, of BlackBook of Tigertext op die foon. • Telefoonrekeninge word nie gespesifiseer nie, en bankstate word weggesteek. • Hul gedrag verander. Hulle kan afwesig, koud, afsydig, rusteloos, moeg, geïrriteerd of skielik vol selfvertroue wees. • Seksuele patrone of gedrag verander. Hulle verloor belangstelling in seks, of wil vreemde dinge doen. • Hulle gee skielik meer aandag aan hul voorkoms: oefen meer, verloor gewig, kry ’n nuwe haarstyl en klere. • Jul verhouding verander. Hy/sy is meer krities op wat jy doen en lok makliker gevegte uit. • Jou sesde sintuig waarsku jou dat iets verkeerd is en as jy in dié rigting praat, is die ander een verdedigend en selfs aggressief. Dan is jy foutvinderig en verbeel jou. Daar is mense wat een keer ontrou is, werklik berou daaroor het en dit nooit weer doen nie. Maar aan die ander kant is daar mense wat in die een na die ander buite-egtelike verhouding betrokke raak. Net so is ontrouheid vir baie mense die einde van die verhouding. Hulle stap uit. Ander bly vasgevang in verhoudings waarin hulle keer op keer verkul word. Ontrouheid in ’n verhouding is ’n simptoom dat daar iewers iets fout is: óf in die verhouding, óf in een of albei mense se lewe. Daar is iets wat moet verander om die verhouding te red, of om dit vir een of albei mense moontlik te maak om in die toekoms sinvolle verhoudings te hê wat kan en sal hou. Eerlike introspeksie, oop, eerlike kommunikasie en veranderde gedragspatrone is ’n voorvereiste om persoonlike en verhoudingsgroei moontlik te maak. Om enige sinvolle verhouding te laat slaag, is vertroue, eerlikheid, kommunikasie en sagte omgee nodig. As dit nie daar is nie, of geskaad is, moet dit ontwikkel of herstel word, anders is ’n betekenisvolle verhouding op lang termyn nie moontlik nie. Ontrouheid is dikwels juis die stimulus wat ’n verhouding kan red, verbeter en die ontwikkeling en groei kan teweegbring. Maar dan moet albei partye bereid wees om eerlik introspeksie te doen, te kommunikeer en te verander. Solank die ander persoon daarvoor verkwalik word, blokkeer dit die groei en ’n liefdevolle, gekoesterde toekoms saam. Blaam is die dominante speletjie Jy en jou optrede word die hoofrede vir die ontrouheid. Jy was liefdeloos, of emosioneel of seksueel afwesig, of jou voorkoms of gedrag pla. Of sy beskryf hoe sy jare lank al ongelukkig in die verhouding was; hoe swaar sy gekry en gely het. Soms is daar nooit gepraat oor die dinge waarvan mense skielik beskuldig word nie. Of daar is wel oor gepraat, maar dit het op dowe ore geval. Ná enige vorm van ontrouheid is vertroue seker die grootste probleem. Daar is soveel emosies betrokke: skok, woede, teleurstelling, pyn, verwerping en onsekerheid. Hoe kan ek my maat ná al die leuens ooit weer vertrou? Melanie vertel dat Janco al afsydiger geword het. “Ek kon net niks meer reg doen nie. Die kos was nie reg nie, ook nie hoe ek die kinders hanteer nie. Hy het al hoe later gewerk en was rusteloos en geïrriteerd wanneer hy by die huis was. Hy was aan sy selfoon vasgeplak. Selfs op vakansie het hy gedurig buite gaan staan en op die foon gepraat en gerook. Ons het gedurig baklei. Hy het skoor gesoek en as ek kwaad word, was ek skuldig. Ek kritiseer hom. Alles was my skuld. As hy iets vergeet het, was dit omdat ek hom nie herinner het nie. Ek ontken nie my perfeksionisme en vinnige humeur nie. Of dat ek nie altyd vir seks lus was nie. Jy weet, ek werk ook heeldag en moet vir die kinders sorg. Maar dit was nie altyd so nie. “En toe bars die bom toe ek sy selfoonstaat in die hande kry en die nommer bel wat hy so dikwels skakel en ’n vrou antwoord. My lewe het in duie gestort. Ek weet nie hoe ek myself hieruit gaan lig nie. Jy weet, hy is nie daardie soort ou nie. En nou is hy kwaad vir my en kry ek die skuld vir alles. Ek is so deurmekaar, ek het geen idee wat nou nie.” Andrew Marshall sê in sy boek How Can I Ever Trust You Again dat maats verskeie soorte ontroue speletjies speel. En die soort ontrouheid bepaal die erns van die probleem, en die kans om die verhouding en vertroue te herstel. Onskuldige pret, ’n ongeluk of ’n speletjie Die affair is ’n speletjie waarin die reëls vaag geraak het en nooit moes gebeur het nie. Dikwels beskou die ontroues dit bloot as onskuldige flankering, wat albei se ego’s gestreel het. Dié soort ontrouheid begin dikwels onskuldig by die werk, of tussen bestaande vriende as ondersteuning vir iemand met ’n probleem. Die aanvanklike onskuldige koffiedrinkery steek die lyn van onskuldige ondersteuning oor. Hulle raak emosioneel betrokke. Die soort verhouding hou gewoonlik nie lank nie en is nie noodwendig seksueel van aard nie. Dit behels flirterende e-posse en boodskappe en geheime ontmoetings. Maar die risiko, gevolge en skuldgevoelens wat dit vir hul verhouding met hul lewensmaat kan inhou, oorweldig gewoonlik die plesier wat die persoon uit die verhouding kan kry. Dis ’n noodkreet om hulp Dit vind gewoonlik plaas as daar ’n ruk lank al ongelukkigheid en onvervulde behoeftes in die verhouding was wat op dowe ore geval het. Die verhoudingsprobleme is geïgnoreer. Dikwels verberg een of albei hulle in hul werk en ander verantwoordelikhede. Maar een party voel uitgesluit, alleen en sonder hoop, wat die persoon baie weerloos vir die aandag en liefde van ander maak. Dikwels begin sulke verhoudings op die internet. Die ontroue maat doen gewoonlik nie te veel moeite om die spore van ontrouheid te verdoesel nie. As die verhouding op die lappe kom, voel die maat skaam, skuldig en het berou. Daar is gewoonlik nog baie emosionele energie in die verhouding en ’n bereidwilligheid om aan die verhouding te werk en die probleme op te los. Ek neem wraak! Hierdie mense dink hulle het die reg op ’n affair omdat hul maat hulle so seergemaak het. Dit gebeur meestal juis om ’n maat terug te kry vir ontrouheid. Hulle het dikwels passief-aggressiewe gedrag, omdat dit vir hulle moeilik is om uiting aan hul onderdrukte woede teenoor hul maat te gee. Dan probeer hulle hul maat seermaak met ’n affair om beter oor hulself te voel, te voel hulle kry beheer en om weer geliefd, begeerlik en sexy te voel. Dit skep die illusie van ons maak die speelveld gelyk. Hierdie verhoudings is gewoonlik van korte duur. Ek het dit nodig vir selfmedikasie Dit gebeur dikwels in die middeljare wanneer ’n verhouding ’n geruime tyd al sonder vonkel en intimiteit is. Al wat oorgebly het, is gewoonte, gedeelde verantwoordelikhede en moeilikhede, die kinders en ’n vergete huweliksbelofte. Andersins lewe hulle afsonderlike lewens, dikwels in verskillende slaapkamers – wat ’n ideale teelaarde vir ’n affair is. Sulke mense het soms maande of jare laas seks gehad. Op die oppervlak leef albei op sy eie manier met die situasie saam. Dis sleg, maar nie so sleg dat hulle kans sien vir die onaangenaamheid van ’n egskeiding nie. Die ontroues glo dan hulle het ’n affair nodig om hul miserabele bestaan leefbaar te maak; om te voel daar is nog iemand wat hulle begeer en hul selfbeeld ’n hupstoot gee. So ’n affair hou gewoonlik ses maande of langer, en kan ’n verslawing word, wat herstel van die verhouding bemoeilik. Die Don Juan-speletjies Don Juan is die legendariese verleier en vrouejagter. Hy bemin vurig, oorrompel vroue met aandag, geskenke, mooi woorde en beloftes en laat hulle spesiaal en begeerlik voel. En daarmee haal hy hulle vinnig tot ’n seksuele verhouding oor. Maar agter hom lê ’n bloedspoor van stukkende harte, verbreekte verhoudings, opgebreekte gesinne en woedende familielede. En hy of sy doen dit keer op keer, erken selde die ontrouheid en verdwyn sodra daar konflik kom. Maar kom terug en kan dan met oorgawe om vergifnis vra, vurig liefde maak en die mooiste dinge belowe. Hul lewensmaats voel hulle kan nie met of sonder hulle lewe nie. Jy kan hulle nie vertrou nie, maar as hulle daar is, is hulle passievol, liefdevol en op jou ingestel en laat jou so goed voel. Op die oppervlak is hulle gaaf en vol selfvertroue, maar daaronder skuil ’n onseker self en swak selfbeeld, wat ander se bewondering nodig het. Hulle het dikwels meer as een affair gelyk. Hulle hou nie van konflik nie en sal selde ’n verhouding beëindig. Hul ontnugterde, moeë lewensmaats wat nie meer vir die leuens en wantroue kans sien nie, verbreek gewoonlik die verhouding. Die driehoek In hierdie verhouding sal die bedrieër dit stel dat sy lewensmaat én die minnaar baie vir hom beteken en dat hy nie kan kies nie. Dié soort verhoudings duur dikwels lank, selfs jare. Die ontrouheid het van ’n hanteringsmeganisme na ’n lewenswyse verander. As daar probleme in die een verhouding is, beweeg hy na die ander een se arms. Wanneer so ’n verhouding op die lappe kom, kan die ontroue dán by die minnaar en dán weer by die lewensmaat bly en sukkel om te kies. Dikwels sluit lewensmaats hul oë vir die buite-egtelike verhouding. Wanneer hulle wel hul lewensmaat kies, raak hulle dikwels weer in sulke verhoudings, of selfs by die vorige minnaar betrokke. So ’n verhouding het slegs hoop as daar werklik eerlikheid en toewyding is om aan die verhouding te werk, anders is dit nutteloos om te probeer Ek het behoefte aan meer Dié soort verhoudings kom dikwels in mense se middeljare voor wanneer hul lewe by ’n kruispad kom en hulle ontnugter voel met wat hulle bereik het; of hulle vergelyk hul lewe met ander se lewenstyl, besittings en ervarings. Dan bevraagteken hulle hul lewenskeuses en voel daar moet meer in die lewe wees. Die verhoudings wat nou aangeknoop word, duur meestal nie lank nie en is seksueel van aard. Hulle was meestal tevrede met hul lewensmaat, maar wonder hoe dinge of seks met iemand anders sou wees. Hulle het behoefte aan verandering, opwinding en nuwe dinge. Hulle wil hulself en wat hulle in die lewe wil hê, kry. Hulle ontdek dikwels (en soms te laat) dat die gras nie noodwendig groener anderkant die draad is nie. Dit is dikwels ’n mors van energie om hulle van hul onrealisme te probeer oortuig – tot hulle dit self ontdek. My liefde vir jou is dood – ek gaan jou verlaat In so ’n verhouding stuur die persoon ’n duidelike boodskap: Ons verhouding is verby. Ek het iemand anders lief. Ons verhouding en kommunikasie het onherstelbaar verbrokkel. Dan is daar soveel negatiewe emosies en gedragspatrone dat daar nie meer salf aan die verhouding te smeer is nie. Hulle lewe afsonderlike lewens, deel min emosionele dinge, en kommunikasie is dikwels koud, bitter, verwytend en afbrekend. erstel van vertroue ná ontrouheid is meestal ’n lang en ’n moeilike, maar ’n moontlike proses. Dit gaan oor baie meer as om maar net jou maat te vergewe. Om maar net te vergewe is dikwels ’n poging tot ’n kitsoplossing wat selde standhoudend is. Daar is selde hoop as die bedrieër reekse vorige affairs gehad het. Maar as dit jou maat se eerste ontrouheid was, is die prognose beter. Die beste prognose is wanneer jou maat die verhouding bely het sonder dat sy of hy betrap is en werklik berou toon. Maar dis belangrik om ná ontrouheid met omsigtigheid en realisme die moontlike herstel van die verhouding te oorweeg. Wat is die kans op ’n herhaling van die ontrouheid? Het albei die emosionele kapasiteit en wil om dit te maak werk? ’n Ontroue maat verkul nie net sy of haar maat nie, maar beroof hom/haarself van geluk en ’n betekenisvolle verhouding en gesinslewe. Dinge tussen julle sal moeilik weer presies dieselfde as voorheen wees, maar dit kan weer goed en selfs beter as voor die ontrou wees. Maar dan moet julle weer gedeelde belange en intimiteit vind om jul liefde met vonkel te laat herleef én mekaar op elke moontlike manier hierin ondersteun.
http://www.rooirose.co.za/kul-jou-hier-kul-jou-daar/
2014-02-04 00:00:00
Mediterreense groentetert
– genoeg vir 1 groot tert (6-8 mense) Tertdeeg • 200 g polenta • 100 g botter • 50 g parmesaankaas • hand vol pietersielie, fyngekap • hand vol orego, fyngekap • 2,5 ml (½ t) sout • 2,5 ml (½ t) bakpoeier • 1 eier, geklits • 150 g gekookte koue aartappels, fyngemaak Vulsel • 45 ml (3 e) olyfolie • 250 g kersietamaties • 5 klein of 2 groot eiervrugte, in kwarte gesny • 3 eiers • 180 ml (¾ k) room • 125 g bloukaas, gekrummel of camembertkaas, gesny, indien jy nie van bloukaas hou nie • 2 takkies tiemie, blaartjies van die takkies afgestroop • hand vol pietersielie, fyngekap • hand vol basiliekruid 1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Sproei ’n 21 cm x 21 cm-riffelpan met kossproei. 2 Verwerk die polenta, botter, parmesaankaas, pietersielie, orego, sout en bakpoeier tot krummelrig. Voeg die eier en aartappels by en verwerk totdat dit ’n deeg vorm. 3 Rol die deeg tussen 2 velle bakpapier tot 10 mm uit. Sit vir 30 min. in die yskas. 4 Sit intussen die kersietamaties op ’n oondpan, sprinkel 15 ml olyfolie oor en geur met sout en swartpeper. Rooster vir 20-25 min. of totdat die velle begin oopbars. Haal uit. 5 Voer die voorbereide pan met die deeg uit. Bak die terkors blind. 6 Verhit die oorblywende olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte. Braai die eiervrug daarin vir 2 min. aan elke kant of tot goudkleurig. Haal uit. 7 Vul die tertkors met die eiervrugte en tamaties. 8 Klits die eiers, room, bloukaas, tiemie en pietersielie in ’n mengbak. Gooi die mengsel oor die tert. 9 Bak vir 25-30 min. of tot goudkleurig. Dien met vars basiliekruidblare op.
http://www.rooirose.co.za/mediterreense-groentetert/
2017-04-24 10:32:25
Wipkar, hoofstuk 12
Arien hou stil onder die ou bekende Pride of India voor Gerhard Brits se spreekkamer. Dis in blom. Die ligte somerwind laat die pers blommetjies saggies op haar kar val. Soos ’n bruidskar, dink sy en die trane loop vryelik oor haar wange. Sy snik nie, sy knip nie haar oë nie, die trane loop net onbeheerst. “Ek het nie ’n afspraak nie. Ek sal sit en wag tot hy my kan help.” Dis skynbaar geen onbekende situasie vir die ontvangsdame nie. Sy neem Arien na ’n kleiner wagkamer en bring vir haar tee. Daar is ’n sagte rusbank, ’n stapel goedvoel boeke en ’n boks tissues. Die weenkamer. Sy het by Gerhard beland nadat sy ’n paar onsuksesvolle besoeke aan sielkundiges gehad het. Sy het moeg geword om haar hart uit te stort teenoor iemand wat al haar probleme in sy legger sit en neerskryf en saam met haar stem dat sy ’n huwelik uit die hel het. Gerhard is ’n praktiese sielkundige. Hy gee raad en volg dan op of jy sy die raad gevolg het. “Jy het nog nie die punt bereik waarop jy van Jos kan skei nie. Jy is nog nie kwaad genoeg vir hom nie. Ek gaan jou nie raad gee om hierdie huwelik te red nie, want jy het nog nie die regte perspektief op die kern van die probleem nie. Jou man is ’n alkoholis en so lank as wat jy hom nie voor ’n besliste ultimatum stel nie, gaan jy altyd tweede kom in die huwelik.” Dis hy wat haar Jos se ko-afhanklike genoem het. Sy bemagtig Jos in sy vergrype deur hom elke keer te vergewe, of om die probleem te probeer ignoreer. Sy was kwaad vir die man wat veronderstel is om haar in ’n simpatieke kokon toe te wikkel. Sy was nie lus om R700 te betaal vir ’n sessie waarin haar sielkundige haar nie as die slagoffer beskou nie. Hoe durf hy haar van aandadigheid beskuldig? Dit het haar ’n ruk geneem voor sy besef het Gerhard is reg. Dis ook hy wat haar geleer het om weer te huil. Sy kon lank nie trane huil oor die situasie waarin haar huwelik beland het nie. Gerhard het haar stap vir stap geneem tot sy weer die sluise van haar trane kon oopdraai. Na ’n tweede koppie tee kry sy haar beurt om hom oor die jongste drama in haar lewe in te lig. “Op en af, op en af. Dis hoe my lewe voel. Die een dag op die hoogste wolk en die volgende in ’n swart gat.” Sy vertel van Hendri en hoe sy komplimente haar weer vrou laat voel. Sy vertel hoe sy weke op die aaklige groen sap was om gewig te verloor, hoe sy kant panties en bra’s gaan koop het vir Hendri … en hoe sy ’n sy ’n trollie vol Woolies-kos gaan koop het om Jos weer ’n kans te gee. In ’n vlaag van verbale diarree en trane lig sy Gerhard in oor die kliniek, die egskeiding op ys, die wit rose wat haar salon met ’n sagte aroma vul, die tientalle onoopgemaakte sms’e van Hendri … en Jos wat nou amptelik vermis is. “Ek weet nie meer hoe om te voel of wat om te glo of te hoop nie. Ek weet nie, as dit nie vir die seuns was nie …” Gerhard luister. “En? Wat gaan jy nou aan die situasie doen?” Sy kyk geskok na hom. Hy moet mos vir haar sê wat om te doen? “Arien, jy het vergeet. Ek neem nie jou besluite vir jou nie. Ek gee raad en terapie. Ek deel my kennis met jou, maar jy is self verantwoordelik vir wat in jou lewe aangaan. Wat wil jy hê moet ek vir jou sê? Moet ek jou toestemming gee om ’n verhouding met Hendri te begin? Wat van die egskeiding? Verwag jy ek moet die besluit namens jou neem?” Hoe kan Gerhard so rustig agteroor in sy stoel sit terwyl haar lewe voor hom verkrummel? “Ja ja ja! Ek wil nie besluite neem nie! Ek is te moeg om besluite te neem. Ek is moeg vir verantwoordelikhede soos verstopte dreins en om vir die seuns te verduidelik dat hulle pa dalk weer die pad byster is … of dalk dood is. Die onsekerheid vreet my op.” Gerhard staan op en gaan haal ’n vel papier en ’n potlood. “Skryf neer wat jou gelukkig gaan maak.” Sy staar na die papier. “Ek weet nie. Dit voel of ek nooit weer gelukkig gaan wees nie. Miskien is ek een van daardie mense vir wie geluk nie beskore is nie? En, elke keer as ek dit waag om te droom of gelukkig te wees, dan weet ek Jos gaan dit weer vir my verongeluk.” Gerhard beduie weer na die papier. “Skryf vir my hoe jy op hierdie oomblik oor Jos voel, wat jou kwaad maak en wat jy vrees. Die feit is, hy is amptelik vermis. Hoe gaan jy dit hanteer as hy dalk dood is? Gaan jy verlig wees? Bly? Hartseer?” Sy skryf verwoed tot beide kante van die papier vol is. Gerhard gee haar nog ’n vel papier. “Skryf ’n paar stappe neer wat jy bereid is om vandag te neem.” Sy probeer haar versteende brein in aksie kry. Besluite. Dis een ding wat sy nie nou kan neem nie. Sy begin skryf. “Ek gaan nou in my kar klim en na Olivia’s se koffiewinkel ry. Dan gaan ek ’n yskoffie met roomys bestel. Dan gaan ek die seuns by die skool haal. Dis al waarvoor ek vandag kans sien. Die wag op nuus oor Jos maak my hele wese lam.” Gerhard lees dit en glimlag. “Dis reg, Arien. Dis wat jy vandag gaan doen. Jy gaan sommer twee yskoffies drink. Gaan haal jou seuns en gaan fliek. Sit jou foon af vir ’n paar uur.” Gerhard stap soos altyd saam met haar kar toe. Hy gee haar ’n drukkie. “Jy gaan ok wees. Jy bons mos elke keer terug.” Sy kies die stilste hoek in Olivia’s. Sy kruip agter haar donkerbril weg. Om haar wemel die gewilde koffiewinkel. By party tafels sit sakemanne met hul skootrekenaars en werk. Daar is feestelike tafels waar mense vrolik kwetter. En dan is daar ’n paar mense, soos sy, wat alleen by tafels sit. Mense met hul eie geselskap en gedagtes. Sy sien die gevaar by die deur inwarrel. Selma Jansen. Die heel laaste mens wat sy vandag wil sien. Sy skuif dieper in haar stoel en bestudeer die spyskaart met erns. Hopelik kyk die bemoeisieke mens haar mis. Selma gaan sit by ’n tafel aan die ander kant van die stoep. Sy kwetter oor haar selfoon. Arien sug van verligting en bestel haar tweede yskoffie. Teen die derde teug omhels iemand haar van agter en soen haar op die wang. “Arien! Ek dog eers, maar dit kan nie Arien wees nie? Maar toe sien ek dit is jy! Mens! Hoeveel gewig het jy verloor?” Arien stik byna in die salige dik koffieroomys. Selma se seuns is presies dieselfde ouderdom as hare. Hulle is top presteerders, top rugbyspelers, top debatteerders, top, top, top … Selma se man is voorsitter van die skool se beheerliggaam. Hy is ’n oud provinsiale rugbyspeler en as ’n prokureur vir elke celebrity-egskeiding in die stad is hy hand-om-die-blaas met elke egskeidingsprokureur wat daarop uit is om sy kliënt se eks uit te roei. Vyf minute nadat Selma haarself ongenooid oorkant haar neergeplak het, weet sy Selma weet … “En hoe gaan dit met daardie oulike man van jou?” Arien neem ’n groot sluk yskoffie. “Sommer baie goed,” lieg sy onbeskaamd. “Ek hoor hy is nou by ’n nuwe firma?” Arien weet sommer Selma het ook heelwat ander sappighede gehoor. Selma borduur voort op haar telge se prestasies en haar man se deugde. Dan vra sy weer. “En jy sê, dit gaan goed met Jos?” Dit voel of die vrou se priemende ogies deur die donkerte van haar donkerbril tot in die privaatste van haar private lewe kyk. Dan onthou sy Gerhard se woorde, “Jy is ’n sterk vrou, Arien. Jy gaan jou nie laat onderkry nie.” Genoeg is genoeg, besluit sy. Sy sit regop en haal diep asem. “Jong, Selma, noudat ek jou so kyk, dink ek dit is tyd dat jy by my salon uitkom. Ek hoop nie jy gee om dat ek dit noem nie, maar ek sien jy sukkel steeds met jou vel. Kom maak ’n draai dat ons jou kan help. Jy weet, vandat ek so baie gewig verloor het, voel ek soos ’n nuwe mens. Jy moet tog onthou dat ek my dieet-wondersap se resep met jou deel. Jy sal sien, binne weke het jy van elke oortollige kilogram ontslae geraak.” Arien voel moedswillig, Sy wil sommer ook vir die vrou sê sy kan haar aanbeveel na ’n vriendin wat klerekas-beplanning vir mollige vroue doen. Maar dan lui haar selfoon. Dis Hendri. In haar moedswillige vlaag antwoord Arien die foon. “Waar is jy? Ek soek my dood na jou! Ek is op die oomblik by Cresta vir ’n vergadering en het gewonder of ek jou kan kom oplaai vir koffie?” Arien voel haar planete het vir ’n paar sekondes reg gedraai. “Jy sal my nie glo nie, maar ek sit by ’n koffiewinkel omtrent net ’n kilometer van Cresta af! Kom drink saam met my koffie!” Selma gaap steeds van skok oor Arien se verwysing na haar probleemvel en oortollige kilogramme. “Selma, kom ons bestel vir jou ook ’n yskoffie voor jy my wondersap probeer!” Selma se wind is steeds uit haar seile as Hendri by Olivia’s instap. Hy het ’n kraakwit hemp en sy Levi jeans aan. Hy lyk vandag stukke beter as Daniel Craig homself! Hendri raap haar in sy arms op. “Die mooiste vrou wat ek ken! Dis so lekker om jou te sien!” Uit die hoek van haar oog sien Arien dat Selma se mond oophang van verstomming. Maar op hierdie oomblik gee sy nie om nie. ’n Aardskuddend-aantreklike man sit by haar en hy het net oë vir haar!
http://www.rooirose.co.za/wipkar-hoofstuk-12/
2017-04-07 13:49:37
Makrolletjies met witsjokolade-ganache
• 300 g amandelmeel • 300 g versiersuiker • 300 g strooisuiker • 100 g water • 110 g eierwitte • 30 g strooisuiker • 110 g eierwitte Gekaramelliseerde witsjokolade-ganache • 280 g Lindt-witsjokolade, gekap • 5 ml (1 t) sout • 180 ml (3⁄4 k) room 1 Voorverhit die oond tot 140 °C. 2 Voer 4 groot bakplate met bakpapier uit. Gebruik ’n koekiedrukker en trek sirkels met ’n deursnee van 5 cm op die bakpapier. 3 Sif die amandelmeel en versiersuiker drie keer saam deur ’n fyn sif. Maak seker jy het 600 g van die mengsel ná jy gesif het. 4 Meng die strooisuiker en water in ’n klein kastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt en kook tot dit 113 °C op ’n suiker-termometer bereik. 5 Hou die suiker dop maar begin solank om die eierwitte en 30 g strooisuiker saam tot sagte punte te klop. Gooi die suikerstroop in ’n dun straaltjie by die eierwitte terwyl jy aanhoudend klits. Klits totdat die meringuemengsel heeltemal afgekoel is. 6 Meng die oorblywende 110 g eierwitte by die amandelmengsel in tot dit goed deurgemeng is. 7 Vou die amandelmengsel in by die meringue in die mengbak. Vou die mengsel in tot dit sag en amper loperig is. Dit belangrik om die mengsel nie te veel te meng nie. As dit te loperig raak, sal dit nie mooi doppies vorm nie. 8 Skep die mengsel in ’n spuitsak en spuit sirkels op die voorbereide bakplate. As dit ’n puntjie vorm wat nie wegsak nie, het jy dit nie goed genoeg gemeng nie. Skep dit dan eerder uit die spuitsak en meng nog so een of twee keer deur. Die makrolletjies sal glansend wees en die punt sal vanself wegsak as dit korrek is. 9 Laat staan die makrolletjies vir 20-40 min. by kamertemperatuur om uit te droog. Die bokant moenie meer klewerig voel wanneer jy liggies met jou vingerpunte daaraan raak nie. 10 Bak vir 15 min. Haal uit en laat heeltemal afkoel. Vulsel 11 Voorverhit die oond tot 250 °C. 12 Sit die witsjokolade in ’n oondpan. Bak vir 15-20 min. Roer die sjokolade elke 5 min. met ’n rubberspaan of houtlepel deur. Hou so aan tot die sjokolade begin verkleur en karamelliseer. 13 Haal uit en voeg die sout by. Skep die sjokolade in ’n groot mengbak. 14 Verhit die room in ’n kastrolletjie oor matige hitte tot kookpunt. Haal van die hitte af en gooi by die witsjokolade in die mengbak. Klits met ’n elektriese klitser tot egalig. 15 Sit vir 2 uur in die yskas. Skep die witsjokolade-ganache in ’n spuitsak. Spuit die ganache op die een helfte van elke makrolletjie en maak toe met nog een.
http://www.rooirose.co.za/makrolletjies-met-witsjokolade-ganache/
2017-04-06 12:09:19
Die doop
Wanneer plastiese sjirurge met hul borsrekonstruksie-pasiënte praat, maak hulle baie seker die pasiënt verwag nie ’n wonderwerk nie. Onthou nou, word jy baie ernstig aangepraat, die doel is om jou aanvaarbaar te laat lyk wanneer jy ten volle geklee is. Ai. Jy wens half jou wederhelfte was een van die fifty shades of strange-manne wat hou van lakengimnastiek met ’n blinddoek aan. Jy het pas vrede gemaak daarmee dat duisternis dalk voortaan deel gaan uitmaak van jou sekslewe wanneer die dokter vir jou ’n sprankie hoop gee. Hy gaan baie hard probeer om jou aanvaarbaar te laat lyk in onderklere en swemklere, vertel hy jou. Ha! Dalk kan mens jou manlief daarvan oortuig dat onderklere die nuwe kaal is. Jong, mens weet nooit. Dalk val hy daarvoor as die onderklere mooi genoeg is. En dan, nadat die sjirurg korte mette gemaak het van enige lawwe illusies, doen hy die ondenkbare: hy gee nog ’n stukkie hoop vir jou terug. Eerste prys, sê hy, is as ons jou aanvaarbaar kan laat lyk sonder klere. Nou ja toe, dan is dit wel moontlik. Goed dan. Een van die drie is vir mens bestem. Wat jy gaan maak met die look wat aan jou uitgedeel word, hang geheel en al van jou af. Omdat Tweedledee heeltemal te vroeg op pensioen gegaan het, moet ek na James toe teruggaan sodat die bloed en serum uit my rug gesuig kan word. ’n Vet naald is hierby betrokke. Ja. Soos die suster gewaarsku het is James minder beïndruk met die feit dat Tweedledee nie meer met ons is nie. Hy raas nie, maar sy gesig sê alles. Toe hy die naald by my rug indruk, slaan yskoue sweet oor my lyf uit. Mens probeer om nie te dink aan die diepte van die naald in jou rug nie, maar dis half moeilik. Ek babbel oor dié en daai terwyl die suigery aan die gang is. Dit laat my terugdink aan die dae van chemoterapie toe ek teen tweehonderd kilometer per uur met die susters gesels het terwyl hulle probeer om ’n werkbare aar raak te boor. Toé het ek dit soveel om die susters se onthalwe as my eie gedoen. Ek dink hulle was meer beangs as ek. Hierdie keer is dit net om my eie onthalwe. James is baie nonchalant met daardie dik naald. Geen angs te bespeur nie. Suig die man waaragtig die laaste lekseltjie vog uit my nersderm? Daar was ’n tyd, nie so lank gelede nie, toe ek gedink het ek is ’n stoere boeredogter. Daardie skip het geseil. Die nierbakkie is driekwart vol skuimerige bloed toe hy uiteindelik die naald uittrek. Ek voel minder ongemaklik, my rug nie meer so styf gespan soos ’n polonie nie. Hierdie proses moet kort-kort herhaal word; die naald sal eers deel van die verlede wees wanneer daar nie meer vog is om uit te suig nie. James beskou my nuwe bors met ’n kritiese oog. Dié is ’n bleddie mooi boobie, is sy mening. Dit gaan fantasties lyk, veral as die nuwe boobie se jaloerse suster hier aan die linkerkant so bietjie gelig word. Teen dié tyd weet hy ek is in die gewoonte om vir alles name te gee. Wat gaan ons haar noem, wonder hy hardop. H’m. Dit moet ’n koninklike naam wees, is my gevoelentheid. Verkieslik nie Elizabeth nie. Wat van Cleopatra, vra hy. Sy was koninklik én super sexy. Dis die waarheid daardie. Ons besluit dan maar op Cleopatra. Daardie aand bestudeer ek vir Cleopatra in die aantrekkamer se sagte beligting. Genadige beligting. Die oorgeplante vel se kleur verskil nie meer so opsigtelik van die res van my bors nie. Die wonde is ook nie meer so donker nie en die bors het so bietjie gesak – dit sit nie meer reg onder my sleutelbeen nie. Die vel lyk hier en daar effens gefrommel, soos ’n naat wat te styf getrek is, maar volgens die suster gaan dit beter word sodra die inwendige steke heeltemal opgelos het. Ek is nog nie op die punt waar ek selfs ten volle geklee aanvaarbaar sal lyk nie, behalwe as ek ’n wonderwerkbra aantrek wat ’n mate van simmetrie bewerkstellig. Doenbaar. Toe Jaun later die wonde versorg, dink ek aan ’n beter naam. Die nuwe bors sal Aspoestertjie heet, besluit ek. Vir nou. Sy is nou nog lelik, maar gee kans – ek het mos ’n baie macho goeie fee in die vorm van James van der Merwe. En hierdie, mense, is ’n klok wat nooit twaalfuur gaan slaan nie.
http://www.rooirose.co.za/die-doop/
2017-04-22 12:33:44
Croquembouche
genoeg vir 12 • 500 ml (2 k) water • 160 g botter • 300 g koekmeel • 6 eiers Vulsel • 125 ml heuning • 250 ml mascarpone • 125 ml room • 2,5 ml sout Versiersel • 2 eierwitte, liggies geklits • 10 ml (2 t) suurlemoensap • 250 g versiersuiker Karamelgom • 250 g suiker • 125 ml (½ k) water 1 Maak ’n 30 cm-kegel deur twee A3-kartonne om mekaar te draai. Plak met kleefband vas en sny die onderkant gelyk. 2 Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer 2 bakplate met bakpapier uit. 3 Meng die water en botter in ’n groot kastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt. 4 Trek van die hitte af en voeg die koekmeel op een slag by. Roer met ’n houtlepel tot dit goed gemeng is. 5 Sit terug op die stoof en roer totdat die beslag bymekaarkom en ’n bal vorm – dit sal van die kante af wegtrek. 6 Laat afkoel. Voeg die eiers een-een by en roer deurentyd met ’n houtlepel tot die deeg dik en glansend is. 7 Skep die deeg in ’n spuitsak en spuit klein balletjies op die bakplaat. Sprinkel ’n bietjie water oor die bakplaat om stoom te skep terwyl dit bak. 8 Bak vir 20-25 min. of tot goudkleurig en opgepof. 9 Haal uit en skakel die oond af. Maak ’n gaatjie in elke poffertjie en sit terug op die bakplaat. Sit vir nog 20 min. in die oond totdat die poffertjies uitgedroog is. Vulsel 10 Verhit die heuning vir 2-4 min. in ’n pan of tot dit liggies gekaramelliseer is. Trek van die hitte af en laat afkoel. 11 Klits die heuning, mascarpone, room en sout vir 2-4 min. tot lig en romerig. Skep die mengsel in ’n spuitsak. 12 Maak ’n gaatjie aan die onderkant van elke poffertjie. Spuit ’n bietjie van die mascarpone-mengsel in elkeen. Versiering 13 Klits die eierwitte, suurlemoensap en versiersuiker in ’n klein mengbak tot goed gemeng. Doop die bokant van elke poffertjie in die versiersel en laat set. Karamel 14 Vul ’n groot bak met yswater en hou eenkant. Meng die suiker en water in ’n kastrolletjie oor matige hitte. 15 Roer totdat die suiker gesmelt is. Bring tot kookpunt en kook tot die karamel goudkleurig is. 16 Doop die onderkant van die kastrol in die yswater om die kookproses te stop en te voorkom dat die karamel brand. 17 Smeer ’n bietjie karamel op die onderkant van die poffertjies en plak styf teenmekaar op die voorbereide kegel.
http://www.rooirose.co.za/croquembouche/
2017-04-05 13:51:45
Borsvoeding: in of uit?
In antieke tye was borsvoeding die enigste manier om ’n baba se honger te stil, reg? Nie noodwendig nie! In Egipte is houers wat bababottels kon gewees uit die tydperk 2000 voor Christus opgegrawe, en in Rome is “bababottels” van klei gevind in die graffies van babas wat gebore is tussen die eerste en die vyfde eeu na Christus. Bababottels is dus geen nuutjie nie. Tog kan ons aanvaar dat borsvoeding millennia lank die botoon gevoer het. In die Weste was dit ook die aangewese manier van doen, totdat dit in die vroeë jare van die twintigste eeu in lande soos die VSA en Kanada ’n negatiewe kleur gekry het. Sommige mense het gemeen dis ’n “ongekultiveerde” praktyk, en dat baba- of formulemelk baie meer gesofistikeerd is. Die gebruik van babamelk het toegeneem, veral ná die Tweede Wêreldoorlog, en in die laat jare sestig ’n piek bereik. Sedertdien beleef borsvoeding ’n opbloei. Watter land is vandag die borsvoedingsmekka? Die wenner is … Noorweë! Hier, nes in Swede en Denemarke, maak ruim swangerskapverlof dit maklik vir ma’s om lank te borsvoed. Hulle kan tot 49 weke volbetaalde swangerskapverlof neem, of 59 weke teen 80% van hul salaris. Boonop is werkende vroue geregtig op borsvoedingsbreuke tydens hul werksdag. Talle kraamhospitale in Noorweë word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie of WHO as “babavriendelik” geklassifiseer. Dit beteken hulle aanvaar geen gratis babamelk of bottels van privaatmaatskappye nie, en die personeel word opgelei om ma’s te help borsvoed van ’n halfuur na die baba se geboorte tot weke nadat hulle die hospitaal verlaat het. Advertensies van bottelmelk is taboe. Die uitkoms van hierdie maatreëls is die hoogste borsvoedingstatistiek van alle ontwikkelde lande: 99% van die babas wat in Noorweë gebore word, word ten minste deels geborsvoed, en 80% van hierdie babas geniet die voorreg tot op ses maande, of later. Noorweë se klein bevolking (net sowat 50 000 geboortes per jaar) en die feit dat die bevolking relatief homogeen is in terme van opleiding, inkomste en sosiale denke, tel in hul guns. Ma’s voed hul babas sonder skroom op busse, in parke, restaurante of winkels. Die nadeel is dat ma’s wat nie wil of kan borsvoed nie, die wenkbroue laat lig. Peru Weens ’n baie hoë voorkoms van wanvoeding onder Peruviaanse kinders, het die regering borsvoeding ’n beleidsprioriteit gemaak. Sedert die jare negentig word gesondheidswerkers opgelei om borsvoeding aan te moedig en soveel moontlik steun aan ma’s te verleen. Vroue met kinders onder 12 maande mag ook borsvoedingsbreuke neem by die werk. Elke Augustus, tydens Internasionale Borsvoedingsweek, organiseer die Departement van Gesondheid kompetisies om te sien watter vrou haar kleinding die langste aaneen kan voed. Hierdie benadering werk! In 1992 is minder as 20% van alle Peruviaanse babas uitsluitlik geborsvoed. Teen 2012 het die syfer gestyg na 67.5%. Privaat en skoon As jy verkies om in privaatheid te borsvoed, met ’n rits moderne geriewe tot jou beskikking, is Japan die plek vir jou. Hierdie land snap skynbaar dat ma’s nie net op twee plekke – tuis of op kantoor – na hul kinders omsien nie. Ma’s reis ook per trein of vliegtuig, gaan winkel toe, besoek ampsgeboue en gebruik openbare ruimtes – dikwels met ’n honger baba op tou. Gratis borsvoedingskamers is oral beskikbaar, en daar is selfs toepassings (apps) wat jou help om die naaste een op te spoor. Anderkant die deur wat met ’n bababottel gemerk is wag daar skoon, ruim areas met genoeg plek vir babawaentjies, private hokkies met gemaklike voedingstoele, wasbakke asook warm water vir vroue wat hul melk wil stoor. Soms is daar selfs speelareas en prenteboeke om ouer kinders besig te hou. Hierdie benadering werp vrugte af: omstreeks 97% van alle babas wat in Japan gebore word, word minstens deels geborsvoed. Brittanje en die VSA word as “bababottelkulture” beskou. Sommige studies dui op ’n 20% borsvoedingstatistiek in Brittanje en op 32% in die VSA. Kort swangerskapverlof en besige skedules maak dit moeilik vir ma’s om babas te borsvoed, en bottelvoeding is sosiaal meer aanvaarbaar as in lande soos Noorweë. Is jy tevrede met die manier hoe borsvoeding in Suid-Afrika – of waar jy ookal woon – benader word? Dit sou interessant wees om ’n ma te hoor sê sy emigreer omdat die land van haar keuse die beste borsvoedingsgeleenthede bied! Deel jou kommentaar met ons.
http://www.rooirose.co.za/borsvoeding-in-of-uit/
2017-04-06 10:34:18
Fees vir kwilt-skeppers
Die fees is ’n hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse kwilt-kalender en lok selfs kwilters van die buiteland. Die uitstalling is altyd ’n hoogtepunt wat die publiek na die fees lok. Inskrywings van hoogstaande gehalte word ontvang van kwilters en kwilt-kunstenaars wat hand- en masjienwerk doen. Daar is verskeie kategorieë wat wissel van tradisionele tot kuns-kwilts. ’n Verskeidenheid klasse word aangebied en besoekers sal ook lesings kan bywoon en by stalletjies verskeie kwilt-benodigdhede koop. ’n Hoogtepunt sal klasse in eeu-oue appliek-tradisie deur kwilters van Egipte wees. Daar sal ook ’n uitstalling wees van die besonderse appliekwerk. Jenny Bowker, ’n hoogs aangeskrewe Australiese kwiltonderwyser, sal werkswinkels aanbied. Die werk van die Keiskamma Projek asook “67 Blankets for Mandela” gaan ook by die fees te sien wees. Die fees word aangebied by die Collegiate Girls’ High School, Kestellstraat, Parsons Hill, Port Elizabeth. Die deure is Maandag tot Vrydag van 9:00 – 18:00 oop. Saterdag is dit van 9:00 – 15:00 oop. Toegangsfooi: Volwassenes (R50); Skoliere (R20); Kinders onder 12 (gratis). Besoek die webblad vir meer inligting.
http://www.rooirose.co.za/fees-vir-kwilt-skeppers/
2017-04-24 14:35:46
Brain Harmonics-gevallestudie: ons vyfjarige sê “Mamma”
“Kry jou brein in rat” in die Mei 2017-uitgawe van rooi rose handel oor Brain Harmonics. Hieronder beskryf Amelia Gibson in September 2014 die rol wat Brain Harmonics gespeel het toe hul vyfjarige seuntjie die eerste keer “Mamma” gesê het: Vyf en ’n half jaar terug is ons lewendige babaseuntjie gebore. Ons het presies geweet hoe ouerskap sou werk. Ons sou hom onvoorwaardelik liefhê, sy suikerinname beheer, elke dag met hom speel, en deur boeke ’n spesiale band met hom vorm. Ek het my ’n geselserige seuntjie voorgestel – nes ek en my man, Stanford, kleintyd was – ’n klein ontdekker, ’n miniatuursamestelling van sy ma en pa. My man het gesê ek moet ophou om ’n lewe vir hom te skep voor hy nog kans gehad het om dit ’n jaar lank self te doen! En toe … het hierdie waarskuwing nie eens ter sprake gekom nie. Een dag het my seuntjie doodstil op die bed gelê. Ek het iets laat val en terwyl hy intens op my fokus, het ek gesê: “Uh oh!” en vir hom geglimlag. Sonder om terug te glimlag, het hy “uh oh!” ge-eggo. Vir my was dit ’n uitgemaakte saak dat ek ’n geniale seunskind in die huis het. Maar dit was die laaste “woorde” wat ek jare lank uit sy mond sou hoor. Hy was drie maande oud. Dit was die laaste “woorde” wat ek jare lank uit sy mond sou hoor. Voor hy twee was, is ons seun met serebrale gestremdheid en mikrokefalie gediagnoseer. Dis pynlik om aan die trauma van daardie jare terug te dink, omdat ek my kan voorstel dat ander ouers vandag nes ons daardeur gaan – alleen. Verskeie duur kenners kon ons nie veel meer bied nie as donker, angswekkende voorspellings van ons kind se toekoms. Volgens hulle sou hy die beste vaar in ’n tehuis vir mense soos hy. ’n Sprong na ’n paar jaar later bring my by ’n “toevallige” kennismaking met Brain Harmonics op die internet. Omdat mikrokefalie ’n breintoestand is, lees my oog die woord “brein” oral raak. Ons seun is geëvalueer en het met Brain Harmonics-sessies by Lize Maritz begin. Hy het daaraan gewoond begin raak. Was daar enige verbetering, enige verandering? Niks wat ons kon sien nie – maar ons het al geleer om geduldig te wees met ons bondeltjie vreugde. Ná ’n paar sessies het hierdie seuntjie, hierdie wippende, huppelende seuntjie, my egter “Mommy” begin noem! Daar is maar min woorde, miskien ’n sekere soort traan, wat kan beskryf wat ’n ma ervaar wanneer haar seunskind van vyf en ’n half daardie woord vir haar sê. Hy het stadig begin en dit hier en daar gebruik, maar elke keer het dit my ontroer. Tuis het die proses om hom van die doeke af te haal egter tot stilstand gekom. By die skool het dit nog voortgegaan en ek veronderstel dit was darem iets, maar die gedagte aan ’n twaalfjarige wat doeke dra, was geen plesierige vooruitsig nie. Aan die ander kant was daar nou ’n meer gefokusde kind in die huis. ’n Kalmer kind. ’n Groot kontras met die kind wat fisiek nooit vir langer as ’n minuut gaan sit het behalwe om na ’n DVD te kyk nie. Ons seun was altyd besig om te hardloop, te wip, te spring, te klim, op te skeur, af te breek, te skree, te lag, te strek, te spoeg, te blaas, te gryp … heeldag lank, elke dag. Dis nie dat hy stout was nie; hy het net soveel kompulsies en afleidings beleef dat dit moeilik was om veel met hom uit te rig. Ons het elke dag soos idiote geglimlag. Dit was wonderlik. Daarom het ons die kalmer, meer gefokusde kind met ope arms verwelkom. As ons daagliks by hom gesit het om sy huiswerk te doen, het ons mekaar saggies geroep “om te kom kyk wat hy nou kan regkry.” Ons het elke dag soos idiote geglimlag. Dit was wonderlik. En toe – onvoorsiens – het die sessies tot stilstand gekom. Vir vyf sessies in ’n ry wou ons seun glad nie deelneem nie. Hy het die proses keer op keer beveg en net toe ek begin wonder of dit die einde was, het Lize, ons wonderlike Lize, ons gehelp om “oor die hobbel te kom”, soos sy dit genoem het. Verbeterings Hier is ’n paar dinge wat verbeter het en sedertdien so gebly het: Harper se woordeskat het vergroot en ook sy begrip van wat hy sê. Hy herhaal woorde nie meer soos ’n papegaai nie. het vergroot en ook sy begrip van wat hy sê. Hy herhaal woorde nie meer soos ’n papegaai nie. Sy uitspraak het verbeter. het verbeter. Hy boots meer na. meer na. Hy is onafhankliker en het meer selfvertroue – hy wag nie net dat hy gehelp word nie. en het meer – hy wag nie net dat hy gehelp word nie. Sy sosiale vaardighede is soveel beter. Hy maak meer dikwels oogkontak en kommunikeer en interreageer met sy ouderdomsgroep. Vroeër het dit gelyk of hy ander kinders as voorwerpe beskou, en hulle meestal ignoreer. is soveel beter. Hy maak meer dikwels oogkontak en kommunikeer en interreageer met sy ouderdomsgroep. Vroeër het dit gelyk of hy ander kinders as voorwerpe beskou, en hulle meestal ignoreer. Harper leer om sy speelgoed en tablet te deel , en om sy beurt af te wag. , en om sy beurt af te wag. Sy frustrasievlak is laer. Voorheen het sy onvermoë om te kommunikeer hom geweldig frustreer omdat hy dit geniet om verstaan te word en sy behoeftes vervul te kry. is laer. Voorheen het sy onvermoë om te kommunikeer hom geweldig frustreer omdat hy dit geniet om verstaan te word en sy behoeftes vervul te kry. Harper is meer bewus van homself, en sy ruimtelike persepsie van sy liggaam het verbeter. van homself, en sy ruimtelike persepsie van sy liggaam het verbeter. Hy klim nou trappe een vir een, pleks daarvan om albei voete op elke trap te sit. nou trappe een vir een, pleks daarvan om albei voete op elke trap te sit. Sy ooghandkoördinasie is beter. Die Brain Harmonics-sessies is nou weer goed aan die gang. Laas Vrydag het ek hom by die skool gaan haal, en toe hy my sien, skree hy: “Mommy!” Hy het na die juffrou gedraai met: “My mommy!” My oë was vol trane omdat my seun – wat ek geglo het vasgevang, geïsoleer en uitgesluit is deur sy kondisie – besig is om ’n pad na ons te vind. Ons het nooit moed opgegee met hom nie, en duidelik het hy ook nie. Kinders met spesiale behoeftes is so spesiaal dat ek nie kan glo dat ons die etiket “verkeerd” om hul nekke hang nie. Daar is soveel uitdagings, en soos enige ander ouer begeer ons maar net ’n kind wat in hierdie wêreld kan funksioneer en op sy eie bene kan staan. Ons het nooit moed opgegee met hom nie, en duidelik het hy ook nie. Ek kan Lize en Brain Harmonics nooit genoeg bedank vir wat ons alreeds ervaar het nie. Mense wonder oor die tyd en geld wat in die sessies ingaan. Wat sou ’n ouer nié doen om hul kind te help kom waar hulle hom graag wil sien nie? Hoeveel ure is te veel? Ek voel asof ons uiteindelik ons séún ontmoet, nie net sy kompulsies nie. Sover was dit ’n ongelooflike belewenis. Die toekoms lyk helderder as ooit. Ek het geweet hierdie dag sou kom solank ek nie moed opgee nie. Ek het net nie geweet die sleutel na hierdie deur sou Brain Harmonics wees nie. Stanford en Amelia Gibson, September 2014. Brain Harmonics-praktisyns Kerry Rudman en Lize Maritz werk in Kaapstad, Durban, Johannesburg en Pretoria en reis ook volgens behoefte: 076 4343 252, [email protected] of Facebook – sien ook Twitter (@brainharmonics). Agentskapgeleenthede beskikbaar.
http://www.rooirose.co.za/brain-harmonics-gevallestudie-ons-vyfjarige-se-mamma/
2017-04-11 05:00:56
Kokkedoortjie is hier!
10 kinderdeelnemers begin vanaand vir die titel van Kokkedoortjie uitspook. Die beoordelaars en aanbieders is Mari-Louis Guy en sjef Nic van Wyk. Baie is op die spel. Die wenner ontvang die groot prys van ’n avontuurlike bootreis op die Middellandse See wat deur Pentravel geborg word. Die waarde van hierdie prys is R200 000, wat beteken die wenner se gesin kan ook saamgaan. Die naaswenner en sy of haar gesin wen ’n vyfster-vakansie ter waarde van R150 000 by ’n gesinsoord in Mauritius, ook geborg deur Petravel. Die reeks gaan nie net ’n fees wees vir die oog nie, maar dit gaan ook kykers se hartsnare roer. Regisseur, Sanet Olivier sê: “Dis moeilik om kinders se teleurstellings te beleef. Maar as ’n geheel was die Kokkedoortjie-ervaring vir almal opheffend en positief. Die kinders kompeteer meer teen hulself as teen hul maats en hulle het ’n baie hegte band gevorm op die stel. Kinders is eintlik baie meer natuurlik voor die kamaras en is baie eerlik en opreg met hul opmerkings. Ons het dit baie verfrissend gevind.” Elke deelnemer kon ’n ouer as mentor saambring na die stel. Die ouers kon raad gee en ondersteuning bied maar mag glad nie saam gekook het nie. Die interaksie tussen die ouers en hul kroos was ’n interessante kinkel in die program. Lees ook: Kyk wie is kykNET se Kokkedoortjies! Kykers kan uitsien na uitdagings soos ’n opwindende terug-skool-toe kosblik, ’n smullekker middernagfees, ’n gesinspiekniek met ’n mandjie vol idees, en ’n koekbak-kompetisie. Die reeks bereik ’n hoogtepunt wanneer die jong sjefs op 28 Junie 2017 met mekaar meeding om uiteindelik die wenner aan te kondig. Kyk na die voorskou hier:
http://www.rooirose.co.za/kokkedoortjie-is-hier/
2017-04-05 09:05:07
Die koekoekvoëltjie vlieg saans ná ses
Die hamstertjie het duidelik afgeval en is ook seker op soek na ’n nuwe hok, kan ek nie help om te dink toe ek weer die bekende wit luikrugmotor sien verbyry nie. Net as mens dink jy is immuun teen die manewales van huiskykers, verskyn daar een op die toneel wat die wasgoeddraaddramakwien en die James-ontbloter goed, gaaf en amper beskaaf laat lyk. (Lees episode 1 hier) Na ’n redelike stil Desember en Januarie, het al wat ’n eiendomsagent is 1 Februarie van hulle laat hoor. In die eerste week van dié maand, het ek daagliks sowat drie oproepe van agente gehad wat óf net wil bevestig dat ons huis steeds in die mark is, óf weer wil kom foto’s neem. Ek weet nou nie van ander huiseienaars nie, maar in twee, drie of selfs twaalf maande verander my huisdekor beslis nie soveel dat nuwe foto’s nodig is vir die onderskeie webwerwe nie. Begin Maart laat weet ’n agent my dat daar iemand is wat geweldig belangstel in ons huis. Die dame wou ’n tyd afspreek een aand, maar ons was daardie week elke aand met iets by die skool of buitemuurs betrokke. Dus het ek gesorg dat ek die Maandagoggend stiptelik 11:00 die huis netjies het vir die huiskyker. Om stiptelik 11:00 het ’n motor wat ek gereeld verby ons huis sien ry, in ons opritpad gestop met die agent se motor kort op sy hakke. Die agent het die huiskyker aan my bekend gestel, haar deur ons voordeur vergesel en rondgewys. Uit die gesprek soos hulle deur ons huis beweeg, kon ek aflei dat die dame redelik in haar skik is met wat sy sien. Sy het dan ook na die deurkyksessie aan my genoem dat sy uit haar huurhuis moet trek en ons huis presies is wat sy soek. Die agent het daardie selfde aand aan my ’n boodskap gestuur dat die vrou beslis baie belangstel in ons huis. Maar, ek weet teen hierdie tyd ook om te wag vir iets op skrif. Die volgende oggend kort voor 12:00 stuur ’n ander agent aan my ’n selfoonboodskap dat sy ’n huiskyker het wat baie graag na ons huis wil kom kyk, maar dit moet verkieslik saans na 18:00 wees. Ek het laat weet dat dit ongelukkig nie moontlik is nie, want ons is elke aand daardie week uithuisig. Ek het die agent ook gevra wat die persoon se naam is, want dit het skielik vir my vreemd geklink dat verskillende mense almal aandring daarop om spesifiek na 18:00 in die aand te kom kyk. Die naam was dieselfde as dié van die dame wat die vorige oggend om 11:00 deur my huis is saam met die eerste agent. Ek en die tweede agent was redelik uit die veld geslaan, maar sy sou dit opvolg met die huiskyker. Die dag daarna bel ’n agent wat ek nog nie ontmoet het nie en sê dat “’n vrou wat al haar rooi bank in jou huis sien staan, baie belangstel in jou huis. Sy het jou huis se foto’s op ons webwerf gesien en wil graag Vrydag om 18:00 na jou huis kom kyk.” Ek het aan hom verduidelik dat ons nie die Vrydagaand by die huis is nie, en gevra of dit mev. So-en-so met die wit luikrugmotor is. Hy was verbaas dat ek weet van haar. Ek het mooi aan hom verduidelik dat mev. So-en-so wél presies twee dae gelede tussen 11:00 en 11:20 saam met Agent X deur ons huis is. Hy was nog meer verbaas, want die kliënt het in soveel woorde aan hom gesê dat Agent X weier om ons huis vir haar te wys. Hy het onderneem om dit op te neem met mev. So-en-so. Intussen het ek Agent X gebel en gesê haar kliënt wat wél al deur my huis was, probeer nou met verskeie ander agente ook afsprake maak om weer na ons huis te kom kyk. Hoekom op aarde? Natuurlik weet mev. So-en-so toe van geen sout of water toe Agent X haar daarmee konfronteer nie. Toe ’n vierde agent in daardie selfde week vir my ’n SMS stuur om “’n afspraak na 18:00 vir ’n kontantkoper” te probeer reël, het ek net my kop geskud. Intussen sien ek die wit luikrug motor steeds op en af in ons buurt ry en soms neem die bestuurder foto’s van ons huis. Ons huis het dus ’n bekruiper. Nou kan ek nie help om te wonder wat presies sy wou bereik deur drie of vier keer na ons huis te kom kyk – en dit deur verskeie agente – nie? Dink sy nie ons sou dalk haar gesig herken het nie? Of, probeer sy die agente teen mekaar afspeel in die hoop om ons prys te laat sak? Nugter weet. Intussen is al vier die agente tjoepstil en dit blyk dat die besige seisoen waar een swaeltjie (of koekoekvoëltjie) nie die somer maak nie, vir eers verby is. Omdat ek teen hierdie tyd weet dat ’n mens “ernstige kopers” maar eers ernstig moet opneem sodra jy iets op skrif ontvang, het ek solank Episode 2 van die huiskykersage op skrif geplaas. Mens weet nooit wanneer dit as deel van ’n polisieverklaring of interdik gebruik kan word nie.
http://www.rooirose.co.za/die-koekoekvoeltjie-vlieg-saans-na-ses/
2017-04-07 11:16:53
#75verjaarsdagkoek 4: Kanya Hunt se haselneutkoek met rooifluweel-roosversiering
genoeg vir 10 Koek • 225 g koekmeel • 75 g mielieblom • 10 ml (2 t) bakpoeier • 2,5 ml (½ t) sout • 100 g haselneute, fyngemaal, met of sonder skil • 125 g botter by kamertemperatuur • 300 g strooisuiker • 4 ekstra groot eiers, geskei, by kamertemperatuur • 5 ml (1 t) vanieljegeursel • knypie sout • knypie kremetart • 125 ml (½ k) koue kraanwater Rooifluweelversiering • 250 g botter by kamertemperatuur • 250 g roomkaas • 15 ml (1 e) vanieljegeursel • 60 g kakaopoeier • 500-800 g versiersuiker, gesif • 2,5-5 ml rooifluweel kleursel van Rolkem of rooi kleursel na smaak 1 Voorverhit die oond tot 175 °C. Voer drie 20 cm-koekpanne met bakpapier uit. 2 Sif die koekmeel, mielieblom, bakpoeier en sout saam. Sommer 3 tot 4 keer as jy kan. Meng met die fyngemaalde haselneute. Hou eenkant. 3 Room die botter en 2/3 van die suiker goed tot liggeel. Voeg die eiergele een vir een saam met die vanieljegeursel by. Klop goed tot donserig. 4 In ’n aparte, skoon bak, temper die eierwitte eers met ’n knippie sout en kremetart en klits tot die sagtepuntstadium. Voeg die res (100 g) van die strooisuiker lepel vir lepel by soos wanneer jy ’n meringue maak. Klits net tot ’n blink stywe meringue, nie droog nie. 5 Vou die meelmengsel in die bottermengsel om die beurt met die koue water. 6 Vou dan die meringue in drie dele by die meel- en bottermengsel tot net gemeng. Pasop vir oormeng. 7 Verdeel gelyk tussen die drie panne en bak vir 30 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Koel af op afkoelrakkies. 8 Om die rooifluweelversiering te maak: room die botter en roomkaas goed tot lig en donsig. Voeg die geursel en kakaopoeier by en klop goed. Voeg versiersuiker geleidelik by tot die korrekte dikte waarmee jy wil werk. Die rooi kleursel word ook bygevoeg na smaak. 9 Versier met rooifluweelversiering op jou manier. Ek het rose gespuit met nommers 126 en 127 blomblaarbuise en sommer aangevul met groen botterversiering om blare te spuit met ’n nr. 366-blaarbuis. Die blomknoppe is met ’n nr. 11 ronde buis gespuit. Stem vir jou gunsteling- rooi rose-verjaardagkoek op ons Facebook-blad (klik hier) en wen. Gebruik #75verjaarsdagkoek. Voltooi ook hierdie vorm om in te skryf. Verjaarsdagkoek 1: Tina Bester se witsjokoladekoek Verjaarsdagkoek 2: Wessels van Vuuren se rooiwyn-sjokoladekoek Verjaarsdagkoek 3: Katelin Williams se gebakte Alaska-koek Verjaarsdagkoek 5: Martjie Malan se framboo-en-suurlemoenkoek Verjaarsdagkoek 6: Corli Botha se maklike verjaarsdagkoek met bessie-coulis en outydse melkversiersel
http://www.rooirose.co.za/75verjaarsdagkoek-4-kanya-hunt-se-haselneutkoek-met-rooifluweel-roosversiering/
2017-03-13 07:57:42
Treasure Chest Wine Show
Die Treasure Chest Wine Show is die eerste van sy soort in Suid-Afrika en is daargestel om transformasie in die wynindustrie aan te spoor, terwyl dit ook die betrokke wynmakers bemagtig om hoër hoogtes te bereik Meer spesifiek sal daar vanaf die staanspoor op 13 swart, Suid-Afrikaanse wynmakers gefokus word, asook 1 BEE Organisasie binne die wynindustrie. Afgesien hiervan poog die Treasure Chest Wine Show ook om ’n platform te skep vir wynkopers, sommeliers en wyn-fanatici om dié wonderlike wyne eerstehands te ervaar. Tog is dit nie net daargestel vir Dus kan jy uitsien om met van Suid-Afrika se voorste wyn-kenners skouers te skuur wanneer jy dié spesiale geleentheid bywoon. Meer inligting: Wanneer: 25 – 26 April 2017 Waar: Southern Sun Hotel, Pretoria Tyd: 15:00 – 20:00 Toegang: Gratis
http://www.rooirose.co.za/treasure-chest-wine-show/
2017-04-12 11:31:17
Beste, maklikste sjokoladekoek!
Maak 1 groot of 2 middelslagkoeke 500 ml (2 k) suiker 430 ml (1¾ k) koekmeel 180 ml (¾ k) kakao 8 ml (1½ t) bakpoeier 8 ml (1½ t) koeksoda knypie sout 2 eiers, liggies geklop 250 ml (1 k) melk 125 ml (½ k) sonneblomolie 10 ml (2 t) vanieljegeursel 250 ml (1 k) kookwater Voorverhit die oond tot 180 ºC. Spuit twee 18 cm x 17 cm-hartjiekoekpanne of ’n ronde, 23 cm-koekpan met kleefwerende kossproei. 1. Sif die suiker, meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak. 2. Meng die eiers, melk, olie en vanieljegeursel en voeg by die droë bestanddele. Meng vir 2 min. goed met ’n elektriese klitser of met die hand. 3. Roer die water by (die beslag sal dun en loperig raak). Gooi in die bereide koekpanne. 4. Bak vir 30-40 min. tot gaar – ’n toetspen moet skoon uitkom. Laat vir 10 min. in die pan afkoel. Keer uit en laat op ’n draadrakkie afkoel. 5. Versier die koek met die botterversiersel. Botterversiersel Klop 90 ml (¼ k + 2 e) sagte botter vir ±5 min. tot lig en donsig. Voeg 660 ml (2 + 2/3 k) versiersuiker by en dan 125 ml (½ k) kakao, meng deeglik. Roer laastens 80 ml (1/3 k) melk en 5 ml (1 t) vanieljegeursel deur.
http://www.rooirose.co.za/beste-maklikste-sjokoladekoek/
2013-01-24 14:31:41
Wat dink jy: Wen met Beaucience
Beaucience is ’n trots Suid-Afrikaanse velsorgreeks wat van natuurlike bestanddele gemaak word. Die reeks is gemik op die omgewingsbewuste verbruiker, want hulle gebruik sover moontlik omgewingsvriendelike verpakkingsmateriaal. Die teenverouderingsreeks vir albei geslagte bevat die aktiewe bestanddeel Proteasyl TP, wat van die ertjieplant afkomstig is, plooie teëwerk en die vel vernuwe en voed. Besoek die webblad by www.beaucience.co.za vir meer inligting. Stem “ja” of “nee” op die onderstaande vraag en voltooi die vorm om in aanmerking te kom vir die prys. Sluitdatum: 15 Mei 2017 Bepalings en voorwaardes geld Vraag: Sal jy ’n lewensveranderende besluit neem? * Ja Nee Naam * Van * Kontaknommer * Posadres * E-posadres * Het jy die reëls en voorwaardes gelees? * Ja Nee Mag rooi rose jou van enige spesiale aanbiedinge laat weet? * Ja Nee
http://www.rooirose.co.za/wat-dink-jy-wen-met-beaucience/
2017-04-13 09:08:33
Wen met Beaucience
Beaucience (uitspraak: “bo-si-ance”) is ’n trots Suid-Afrikaanse velsorg-reeks wat van natuurlike, organiese bestanddele gemaak word. Danksy ’n versameling van unieke peptiedes is Beaucience-produkte perfek om veroudering te bekamp, terwyl dit steeds sag op die vel is. Boonop is dit geskik vir albei geslagte! Besoek www.beaucience.co.za vir meer inligting. 5 rooi rose-lesers kan elk ’n Beaucience-geskenkpak van R2 000 WEN! Elke geskenkpak bevat die volgende: 1x reissak 1x spieël 1x stel Beaucience grimmeerborsels 1x Botanical Cleansing Gel 1x Botanical Dag- en Nagroom 1x Botanical Masker 1x Botanical Tonikum 1x Botanical SPF 15 Dagroom Reëls en voorwaardes geld Sluitdatum: 10 April om 24:00 Vraag: Vertel ons van jou gunsteling verjaarsdag-herinnering. * Naam * Van * Kontaknommer * Posadres * E-posadres * Het jy die reëls en voorwaardes gelees? * Ja Nee Mag rooi rose jou van enige spesiale aanbiedinge laat weet? * Ja Nee
http://www.rooirose.co.za/wen-met-beaucience/
2017-03-17 11:28:27
Ons gesels met Corlea Botha
Jy is deel van Classics is Groot. Vertel ons meer van die produksie. Daar is ’n skatkis vol van die mooiste liedere en melodiëe in die wêreld. Ek voel dat ons partykeer van hierdie tydlose musiek vergeet in ons elektroniese rat race-lewe. Ons het besluit om hierdie juwele bymekaar te sit in die mooiste pragstuk. Ons het gehoor die Amerikaanse sanger Joseph Clark gaan optree. Gaan jy saam met hom sing? Ek gaan verseker! Ons het verlede jaar die treffer “Barcelona” gedoen – ons gaan dié jaar almal uit hul sokkies verras met ons keuse. Wie is jou gunsteling- internasionale sanger? Dis te moeilik, daar is so baie! Freddie Mercury. Celine Dion. Barbra Streisand. Almal is bloot nie net sangers nie, maar hulle LEEF musiek, en mens kan die verskil hoor in die passie van die vertolking. Waarna sien jy die meeste uit vir die produksie? Die orkes. Ek het al van kleins af in teaterproduksies saam met orkeste gewerk, maar toe ek verlede jaar in die venue stap en hulle begin speel, het ek besef dat mense kaartjies koop om na elkeen van ONS as kunstenaars te kom kyk, en ek het die voorreg om saam met hierdie ongelooflike orkes op te tree – die oomblik was te groot, ek het in trane uitgebars! Lees ook: Ons gesels met Corlea Botha & haar ma Die wêreldberoemde Joburg Ballet Company gaan ook te sien wees. Hou jy van ballet? Ek het nog net een keer die voorreg gehad om ballet te sien, in Japan van alle plekke. Dit was so ongelooflik mooi. Ek dink opera sowel as ballet word gesien as slegs iets vir die fynproewer … maar wanneer dit reg gedoen word, kan enigiemand aangeraak word. Daar is baie krag in dans en musiek. Waarmee hou jy jouself tans besig? Wat mag jy verklap? Ek en Jannie (Moolman) is fluks besig om aan ’n nuwe album te werk. Ons hoop om dit teen Classics reeds op die rakke te hê. Ek is ook besig met ’n hele paar van my eie projekte, op en van die verhoog af. Wat is jou gunsteling-liedjie om op die verhoog te sing? Die aanvangsjaar van Classics verlede jaar sal seker altyd vir almal van ons wat aan die produksie gewerk het na aan die hart lê. Om hulde te bring aan mense soos Barbra Streisand op daai verhoog saam met daai orkes. Sjoe! Maar ’n baie spesiale oomblik was om saam met Juan Oosthuizen (een van ons land se mees begaafde vervaardigers en kitaarspelers) ’n akoestiese weergawe van “Somewhere Over the Rainbow” te doen. Ek kon ’n speld hoor val, en dit was asof almal hul asems opgehou het. Magical! Saam met wie wil jy nog werk? Ek is baie opgewonde om die jaar iets saam met die talentvolle klein super-vokaal, Amira, te doen. Ek dink die gehoor gaan dit terdeë geniet. Ek sal wel eendag graag saam met Michael Bublé of Bette Midler wil werk. Drome drome drome.
http://www.rooirose.co.za/ons-gesels-met-corlea-botha/
2017-04-07 09:50:41
Boek van die maand: Elders
In 2015 is dié gesoute joernalis Europa toe om die Camino Francés, die bekende pelgrimstog in Spanje, te gaan stap. Hy is onvoorbereid, oorgewig, beseer en onfiks. Daarby is hy volledig ontnugter deur homself, die liefde en die lewe ook. Elders vel van sy staptog van 1 025 km oor veertig dae, sonder ’n selfoon, kamera of horlosie. In ’n tyd wat ons almal toenemend onder beleg voel weens die onmiddellikheid van selfone en sosiale media, ontdek hy die ware betekenis en beloning daarvan om in die oomblik te leef. Hy raak meer as een keer verlief, loop sy dubbelganger raak, beleef ’n reeks avonture en ontmoet kleurryke karakters, skud meer as tien kilogram af en kom tot waardevolle nuwe insigte langs hierdie eeue oue roete van innerlike transformasie. Hierdie is ’n andersoortige boek – ’n reisverhaal en memoir wat naas ’n fisieke avontuur ook ’n deernisvolle blik bied op die ewe kosbare binnereis. Erns het juis gaan stap om weg te kom van skryf. Eers met sy terugkoms het hy besef hy het ’n storie om te vertel. En wat ’n storie! Uitgewersprys R220 rooi rose R198
http://www.rooirose.co.za/boek-van-die-maand-elders/
2017-04-10 05:00:55