title
stringlengths 0
200
| maintext
stringlengths 0
24.9k
| url
stringlengths 21
190
| date_publish
stringlengths 0
19
|
---|---|---|---|
Helena Christensen se wêreld
|
Helena Christensen, een van die oorspronklike supermodelle, het in die jare negentig saam met Linda Evangelista, Christy Turlington, Cindy Crawford, Naomi Campbell, Elle Macpherson en Claudia Schiffer as die Manjifieke Sewe bekend gestaan. Hul gesigte het op glanstydskrifte soos ‘Vogue’ en ‘Harpers Bazaar’ gepryk. Vandag is Helena op 47 ’n talentvolle fotograaf en ma van ’n 16-jarige seun, en ook die ambassadeur vir Nimue Skin Technology.
Hoe voel jy daaroor dat die jong modelle sosiale media soos Instagram gebruik om hulself te bevorder? Hoe meer aanhangers hulle het, hoe groter is hul kans om kontrakte los te slaan.
Dis ongelukkig hoe dinge nou werk. Ek is net dankbaar dit was nie in my era so nie en dat ek steeds werk kry, ongeag van hoeveel mense my op sosiale media volg. Alles gaan oor valse gewildheid en geld. Ek het respek vir die mense wat naam gemaak het voor sosiale media bestaan het.
Dink jy sosiale media het ons persepsie van skoonheid verander?
Ja, die een goeie ding wat uit sosiale media gevloei het, was dat dit mense se persepsies van skoonheid verbreed het. Dit het ruimte geskep vir groter diversiteit en meer uiteenlopende voorkomste word nou aanvaar.
Wat is jou beste en slegste skoonheidsgewoontes?
Ek vergeet gereeld om sonskerm aan te sit, maar ek sorg dat my vel altyd gevoed en bevog is.
Wat is jou gunsteling-skoonheidsprodukte?
Nimue Super Hydrating Mask, Nimue Exfoliating Enzyme en die Nimue Eye Make Up Remover. Ek gebruik die masker op die vliegtuig wanneer ek reis, of as ek by die huis werk. Ek is mal oor die gevoel van ’n luukse produk op my vel, en dis fantasties om die resultate ná die tyd te kan sien. Ek is nie baie geduldig as dit kom by velsorg nie – ek wil dadelik resultate sien! Ek was so beïndruk deur Nimue, ek het my ma en suster ook oortuig om dit te begin gebruik.
Wat is die grootste skoonheidsfoute wat vroue oor die algemeen maak?
Kyk na jou gesig in goeie daglig voor jy die huis verlaat. Moenie te veel grimering aansit nie, en los die poeier heeltemal uit. Dit kamoefleer net jou natuurlike glans en laat ’n mens ouer lyk.
Wat is jou beste skoonheidsraad?
Laat jou vel se natuurlike glans en skoonheid deurskyn eerder as om dit weg te steek.
As jy net drie minute het om te grimeer, wat sal jy doen?
Ek sal rooi lipstiffie aansit. Chanel Rouge Allure Velvet in Le Fascinate is my gunstelingskakering. Dit kikker my gesig onmiddellik op.
Hoeveel tyd bestee jy soggens aan jou skoonheidsroetine?
Ek was my gesig, gebruik opknapper en vogroom. My grimering bestaan uit ’n bietjie verbloemer, roomblosser en lipsalf. Die hele proses duur seker so tien minute. Ek het my grimering baie vereenvoudig. Ek het geleer om my natuurlike vel en sproete te waardeer, en Nimue se produkte het my veltekstuur en -toon soveel verbeter dat ek die minimum grimering nodig het.
Hoe bederf jy jouself?
’n Warm bad waarin ek vir ’n uur of meer kan ontspan, gevolg deur ’n voedende lyfolie wat ek oor my hele lyf masseer, help my om saans te ontspan.
Watter produkte is altyd in jou grimeersakkie?
Roomblosser, lipglans en oogomlyner.
Hoe bly jy fiks en gesond?
Ek boks al ’n paar jaar. Danksy die intense oefensessies kan ek ook eet wat ek wil. Ek het onlangs joga ontdek, en dit laat my dadelik kalmer voel. Oefening maak my sterker, maar maak ook my kop skoon. Ek moet my dwing om te gaan oefen, maar agterna voel ek altyd beter.
Wat is die beste advies wat jy tot nog toe gekry het?
Ek wag nog daarvoor!
Watter loopbaan sou jy gekies het as jy nie ’n model geword het nie?
’n Voltydse fotograaf. Op die oomblik doen ek albei werke. Ek is mal daaroor om vroue af te neem – ons kan op dieselfde foto sterk en kwetsbaar lyk. ’n Sweempie emosie op iemand se gesig kan so baie verklap.
Wat is die grootste skoonheidsfout wat jy al gemaak het?
Frosted pienk lipstiffie en ’n slegte perm toe ek ’n tiener was. Dis nie ’n goeie kombinasie nie!
Watter advies sou jy jou jonger self gegee het?
Gaan slaap vroeër, juffrou! Ek glo genoeg slaap is die beste skoonheidskuur. Ek kan regtig die verskil voel en sien as ek goed geslaap het. Ek maak ook ’n vars sap van komkommer, rooi en groen soetrissies, aalwynsap, pietersielie, ment en ’n appel of peer. Dit verfris my en gee my energie.
Hoekom het jy besluit om saam met Nimue te werk?
Toe hulle my nader om hul ambassadeur te wees wou hulle seker maak ek hou regtig van hul produkte, daarom het ek dit ’n jaar lank gebruik voordat ons begin saamwerk het. Die doeltreffendheid van Nimue het my oortuig dat ek dit wil doen, en dit was ’n uitstekende manier om hul produkte te leer ken.
☔️ A post shared by Helena (@helenachristensen) on Mar 27, 2017 at 6:54pm PDT Helena se wêreld Helena is op 25 Desember 1968 in Kopenhagen, Denemarke gebore. Haar ma is Peruaans en haar pa ’n Deen. Omdat sy op Kersdag verjaar, het haar gesin Kersfees altyd op 24 Desember gevier sodat Helena ’n behoorlike verjaarsdag kon hê. Helena het aan skoonheidskompetisies deelgeneem en het Denemarke in 1986 by die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig. Sy was een van die oorspronklike Victoria’s Secret Angels en het in van hul eerste televisieadvertensies verskyn. In die vroeë jare negentig het Helena vyf jaar lank met musikant Michael Hutchence van INXS uitgegaan. Sy en die akteur Norman Reedus (van The Walking Dead-faam) het ’n 16-jarige seun, Mingus Lucien Reedus. Sy verdeel haar tyd tussen Kopenhagen en Manhattan, New York. Sy het ook ’n huis in Monaco gehad wat sy verkoop het.
|
http://www.rooirose.co.za/helena-christensen-se-wereld/
|
2017-04-24 11:59:42
|
Wen 1 van 6 verjaarsdagkoeke!
|
Die Velvet Cake Co. vier saam met ons, ons 75ste verjaarsdag in volkleur! Hul spoggerige reeks gekleurde koeke is in elke skakering van die reënboog beskikbaar en kan óf in die jongste “naked”-gier versier word óf ’n meer tradisionele roomkaas- en meringue versiersel geniet. Omdat ons verjaar kan jy 1 van 6 verjaarsdagkoeke in jou gunstelingkleur WEN!
*koeke is 17cm wyd en kan 10 snye voorsien.
Reëls en voorwaardes geld
Sluitdatum: 10 April 2017 om 24:00
Vraag: Hoe oud is rooi rose in April? *
Naam *
Van *
Kontaknommer *
Posadres *
E-posadres *
Het jy die reëls en voorwaardes gelees? * Ja Nee
Mag rooi rose jou van enige spesiale aanbiedinge laat weet? * Ja Nee
|
http://www.rooirose.co.za/wen-1-van-6-verjaarsdagkoeke/
|
2017-03-17 11:22:14
|
Wen ’n Wedgewood-geskenkpak vir Ma!
|
Sedert 1999 is kwaliteit die fokus van Wedgewood Handgemaakte Nougat en is dit van die beginjare af ’n onderneming wat op familie-gerigte beginsels gegrond is. Daarom is dié soetgoed die ideale geskenk vir Moedersdag. Met vars plaaseiers, plaaslike heuning en hoë-kwaliteit geroosterde neute is Wedgewood Nougat net wat jy nodig het om Ma te bederf.
Besoek wedgewoodnougat.co.za vir meer inligting.
12 lesers kan elk ’n Wedgewood-geskenkpak van R450 WEN! Beantwoord die maklike vraag en voltooi die onderstaande vorm om in te skryf.
Elke geskenkpak bevat die volgende:
– 1 x ronde houtbord
– 1 x Angels Nougat Oorspronklike Koekies
– 1 x Angels Nougat Sjokolade Koekies
– 1 x Sjokolade-geskenkpak
– 1 x Nougat-geskenkpak
– 2 x Donker sjokolade en Bosbessie Nougat
– 2 x Sjokolade en Amandel Nougat
– 2 x 100 g Nougat
– 3 x 50 g Nougat
Reëls en voorwaardes geld
Sluitdatum: 31 Mei om 24:00.
Vraag: Wat is jou gunsteling-herinnering van jou ma? *
Naam *
Van *
Kontaknommer *
Posadres *
E-posadres *
Het jy die reëls en voorwaardes gelees? * Ja Nee
Mag rooi rose jou van enige spesiale aanbiedinge laat weet? * Ja Nee
|
http://www.rooirose.co.za/wen-n-wedgewood-geskenkpak-vir-ma/
|
2017-04-10 01:24:02
|
Fokofpolisiekar samel R700 000 in EN hou gratis konsert
|
Die manne van FOKOFPOLISIEKAR (Francois van Coke, Wynand Myburgh, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder en Jaco S. Venter) het in Maart 2017 hul droom bereik om hul eerste vollengte album in 11 jaar te maak.
Hulle het deur middel van ’n skarefinansieringsveldtog (Thundafund) hul teiken van R500 000 binne nege dae oorskry. Dit het egter nie hul aanhangers gekeer om aan te hou beloftes maak vir goedere vanaf die groep se Thundafund-blad nie. Om hul dankbaarheid te toon, het die bende ’n gratis vertoning in Kaapstad belowe sou hulle die R700 000 merk slaan. Dié belofte was gemaak om aanhangers aan te moedig om meer van die nuwe album vooraf te bestel aangesien daar slegs 450 albums teen 31 Maart bestel was. Daar is reeds meer as 700 albums vooraf bestel!
FOKOFPOLISIEKAR het aangekondig dat die gratis konsert op Donderdag, 25 Mei 2017 by Mercury Live in Kaapstad gehou sal word. Die deure maak om 19.00 oop en werk op ’n eerste-kom eerste-bedien basis omdat die klub se kapasiteit nie meer as 400 mense toelaat nie. Die optrede sal teen 21.00 afskop.
Goeie nuus vir Gauteng
Sou die bende dit regkry om R800 000 in te samel, sal Gauteng ook ’n gratis konsert kry.
Daar is nog baie lekker dinge op die groep se blad om geld voor te belowe, onder andere Fokofpolisiekar-horlosies, Brand Suid-Afrika en Antibiotika kombinasie-plate, goedere-pakkies, ’n Fokof Lager-ligboks en Johnny de Ridder se American Mustang Fender (1978)-kitaar ter waarde van R25 000.
Die album is op hierdie stadium geskeduleer om op 3 Oktober 2017 vrygestel te word. Die digitale weergawe van die album sal reeds in September beskikbaar wees.
Volg FOKOFPOLISIEKAR aanlyn:
Facebook
Twitter
Instagram
Webblad
iTunes
|
http://www.rooirose.co.za/fokofpolisiekar-samel-r700-000-in-en-hou-gratis-konsert/
|
2017-04-25 14:34:03
|
Viniel vir jou huis
|
Glasflesse
Besit jy enige ou glasflesse? Gebruik mooi viniel-plakkers om dit te omskep en in jou kombuis as deel van jou dekor te gebruik. Groter flesse is ook prakties vir stoorplek. Kleiner flessies, waaruit jy iets kan drink, kan ook met viniel geplak word – ’n nuwe voorkoms vir flesse!
Viniel in hierdie foto: Crei Designs – jy kan ook jou eie patrone en ontwerpe vir hulle stuur.
Fotorame
Die meeste van ons het ou fotorame wat nie meer gebruik word nie. Moenie dat dit stof opgaar nie! Vingerhappies is altyd ’n wenner wanneer gaste kom kuier. Maak vir jou keramiek-‘skinkborde’.
Viniel in hierdie foto: Crei Designs – jy kan ook jou eie patrone en ontwerpe vir hulle stuur.
Kombuis
Is die mure in jou kombuis vaal en leeg? Jy kan dit in ’n japtrap verander met hierdie pragtige viniel-teëls. Die teëls is individueel beskikbaar, so jy kan dit plak soos jy wil. In hierdie kombuis was die area net bo die plate baie leeg en met die viniel het dit dadelik na iets meer modern begin lyk.
#rooirosewenk
Voordat jy begin plak, meet die area en kyk presies hoe die plakkers kan pas. Dit sal voorkom dat jy dit nie oneweredig plak nie. Met teëls soos heirdie moet die patrone wat teen mekaar geplak word redelik presies wees, anders gaan mens dadelik die foute raaksien.
Viniel teëls in hierdie kombuis – Hope Vol Hoop
Kyk na die gallery hieronder vir nog inspirasie.
Seevoëls (R449.99) Eye Candy Decor
42 pandas (R300) My Wall Tattoos
42 boompies (R340) Twiggy
28 viniel voëls (R189) Fantastick Wall Decor
Bordkryt viniel (R340) Twiggy
21 waatlemoene (R380) Twiggy
10cmx10cm teels (R25 elk) Fantastick Wall Decor
Verskaffers
• Crei Designs – www.creidesigns.com
• Eye Candy Décor – www.eyecandydecor.co.za
• Twiggy – www.twiggy.co.za
• Hope vol Hoop – https://www.facebook.com/HopeVolHoop/
• My Wall Tattoos – www.mywalltattoos.com
• Sticky Things – www.stickythings.co.za
• Wall Art Studios – www.wallartstudios.com
|
http://www.rooirose.co.za/viniel-vir-jou-huis/
|
2017-04-17 05:00:00
|
Moet-hê-skoonheidsprodukte vir wanneer jy gaan kamp
|
As dit by kamp kom, is dit altyd beter om so min as moontlik saam te vat, maar as dit by jou skoonheidsprodukte kom, moet jy beslis nie huiwer om daardie noodsaaklike produkte in te pak nie! Onthou, daar is niks fout daarmee om steeds op jou beste te lyk al is jy iewers in die bos sonder enige selfoonopvangs nie.
Hier is ’n paar wenke en produkte wat jy moet onthou
1. Sonbeskerming
Aangesien jy baie in die son gaan wees, is dit belangrik om jou sonskerm in te pak. Onthou om seker te maak die hele familie smeer gereeld sonskerm aan.
Gebruik ’n goeie breëspektrum-sonskem met ’n hoë SBF-faktor. Daar is niks so irriterend soos om ’n rooi gebrande vel te hê nie. Maak veral seker jou gesig bly beskerm, kry dalk sommer vir jou ’n gekleurde sonskerm wat vir jou dekking gee.
Smeer soggens sonskerm aan en wend dit deur die dag weer aan.
Pak jou sonbril en ’n hoed in, sodat jou gesig ekstra beskerm is.
Probeer die volgende produkte
Nivea Sun Anti-Age Face Sun Cream SPF50 (R199,99)
Eucerin Sun Gel-Creme Oil Control Dry Touch Face SPF50 (R199,99)
Hannon Daily Sunblock Moisturiser SPF30 (R285)
Elizabeth Arden Eight Hour Cream Sun Defense for Face SPF50 PA+++ R295
Celltone Adult Sunscreen SPF50(R199.99)
BioNike Defence 50+ Tinted cream (R149.95)
DermaFix Dermashield SPF50
SIX Broad Spectrum Sun protection SPF 50+(R430)
Vita Liberata PassionFlower & Argan Dry Oil Face Seum SPF30(R775)
TheraVine Sun Defence SPF30 (R189)
2. Lipsalf
Vermy droë, gebrande en seer lippe deur gereeld lipsalf aan te wend. Die beste is om ’n lipsalf te gebruik wat ook ’n SBF-faktor bevat – dit sal jou lippe teen die son se strale beskerm.
Probeer een van die produkte
Labello Sun Protecy (R24,99)
Matsimela Lip Butter (R28)
Lipsano® Lip Care Range (R65,95 elk)
Elli Spot Balm (R159 beskikbaar byTakealot.com, www.elli.co.za)
Dr. Paw Paw Original Balm (R95 beskikbaar by Dis-Chem)
Elizabeth Arden Eight hour Cream Nourishing Lip Balm SPF20 (R235)
Clarins Moisture Replenishing Lip Balm (R215)
3. Gesiglappies
Onthou die goue reël: moet nooit met jou grimering aan gaan slaap nie.
Maak seker jy hou gesiglappies byderhand, soday jy jou gesig daarmee skoon kan vee voor jy gaan slaap.
Daar is ook gesigwasmiddels wat jy sonder water kan gebruik, wat ideaal is vir wanneer jy gaan kamp.
’n Gesiglappie kan ook handig te pas kom wanneer julle reis en jou kind mors dalk iets in die kar.
Hier is ’n paar produkte wat jy kan gebruik
NIVEA Daily Essentials 3in1 Refreshing Cleansing Wipes Normal skin (R49,99)
Yardley Oatmeal Cleansing Wipes (R64,95)
Cherubs Eco-Care Make-Up Remover Facial wipes (R24,99)
African Extract Purifying 3-in-1 Facial Wipes (R48,95)
BioNike Defence Essential Cleansing Water(R129)
Bodyography Cleansing & Soothing Wipes (R230)
4. Haarprodukte
Koop klein botteltjies om jou sjampoe en opknapper in te sit.
Hou ’n droë sjampoe byderhand om jou hare vars te laat lyk.
Kry ’n opknapper wat jy in jou hare kan los, om te keur dat jou hare droog voel.
Indien jou droë sjampoe opraak, gebruik babapoeier. Vryf ’n klein bietjie daarvan op jou wortels om enige oortollige olie te absorbeer (onthou: ’n droë sjampoe vervang nie ’n was nie, dit laat net jou hare varser voel tussen wasse).
Vat ’n kopband saam vir as die wind waai en jy jou hare uit jou gesig wil hou, veral as julle dalk op ’n wildbesigtigingstoer gaan.
Onthou om haarrekkies in te pak, die Invisibobble-rekkies werk veral baie lekker.
Koop ’n haarborsel wat jou hare maklik sal laat ontkoek sonder om jou kopvel seer te maak.
Probeer van die produkte
Philip Kingsley One More Day (R385)
Kevin.Murphy Texture Comb (R230)
Tangle Teezer Compact Styler (R240)
Joico Moisture Recovery Leave In Conditioner (R270)
INDOLA’s Style Revive (R295)
Invisibobble 3 per pak (R80 elk)
Label.M – Dry Shampoo (R254)
Marc Anthony Clear Dry Shampoo
Denman Tangle Tamer Ultra (R149)
GOSH - FRESH UP! DRY SHAMPOO (R170 beskikbaar slegs by Edgars)
Girlz Only Dry Shampoo (R160)
Kevin.Murphy Fresh.Hair Dry Shampoo (R430)
5. Grimering
Neem ’n waterdigte maskara saam, dit sal veral voordelig wees vir wanneer jy wil gaan swem of wanneer dit warm is en jy sweet.
Vat ’n lip- en wangvlekker saam, dit is veelsydig en kan gebruik word op jou lippe en jou wange.
Sorteer jou oogskadu’s uit sodat jy twee of drie kleure inpak. Maak seker jy kan ’n oggend- en aand-voorkoms daarmee skep. Onthou: die hele idee van kamp is minder is meer.
Moenie jou BB-room vergeet nie, dit dien as bevogtiger en bevat meestal ’n velbeskermer.
Pak eerder ’n onderlaag in met ’n SBF-faktor en wat langer gaan aanbly, veral as dit warm is en jy sweet.
Probeer hierdie produkte
La Roche-Posay Anthelios Ultra-Light Tinted Fluid SPF 50
BioNike Defence Hydra5 Mattifying Moisturising Cream (R175 tinted + SPF 15)
Coverderm Filteray Face Plus for normal skin SPF 50+ (R320)
Elizabeth Arden Prevage Anti-Aging foundation SPF30++ (R650)
Smashbox Camera Ready BB Cream SPF 35 (R470)
Hannon Duo Palettes (R145)
Smashbox Full Exposure Mascara Waterproof (R310)
BioNike Defence Color Waterproof Mascara (R165)
Smashbox LA Light Blenable Lip & Cheek Color (R365)
L.O.V Unexpected Eyeshadow 110 (R134,95)
GOSH- Forever Eyeshadow (R195)
6. Bevogtiger
Die klimaatsverskil kan soms jou vel uitdroog, so dit is belangrik om ’n bevogtiger in te pak wat jy soggens en saans kan aanwend.
Kry vir jou ’n bevogtigende masker waarmee jy kan slaap, sodat jy seker maak jou gesig bly sag en bevogtig.
Onthou ook om hande- en lyfroom in te pak.
Probeer hierdie produkte
Clarins Hand and Nail Treatment Cream (R350)
Afriderm Hand & Body Lotion (R49)
Endocil Moisturising Beauty (R127,95)
Juliette Armand (Elements 15) Hand & Nail Cream (R370)
Juliette Armand Hydrating Therapy Mask (R510)
Elizabeth Arden Ceramide Overnight Firming Mask (R685)
Aloe Unique Hand & Nail cream
Clere Hand & Body Lotion
SIX Whilst you sleep Booster Elixir Serum (R220)
TheraVine Hydrating Mango Face Balm (R423)
Placecol Hydrating Face & Body lotion (R395)
La Roche Posay Thermal spring water
7. Naels
Moenie jou naelvyl en naelknipper vergeet nie. ’n Nael wat haak kan baie irriterend raak en moet eerder gevyl of geknip word wanneer jy dit haak, voor dit skeur.
Probeer dié produkte
Elegent Touch Proffesional Emery Boards (beskikbaar by Dis-Chem)
Nailene file 4way (R59,95)
Tweezerman Powergrip Nail Clipper (beskikbaar by Dis-Chem)
8. Muskietweerder
Onthou om muskietweerder saam te neem, veral as jy in areas gaan kamp met ’n hoë risiko vir malaria. Smeer dit gereëld aan, soggens en saans. Jy kry ook seep wat muskietweerder bevat, wat baie lekker werk. Onthou: wees eerder veilig en verhoed dat iets sleg gebeur.
OnGuard Roll-On (R44,95 vir 70ml)
OnGuard Tube Gel (R69,95)
9. Pak ook die volgende in
Plakkies om aan te trek as jy gaan stort. Jy kan kieme optel in publieke badkamers.
Koop ’n plastiekhouer met gaatjies om al jou stortprodukte in te pak as jy gaan stort, die water kan deursyfer en so maak jy ook seker jy vergeet nie dalk iets nie.
Koop ’n kamp-handdoek (beskikbaar by enige kampwinkel). Dit is lekker dun, neem min plek op en raak vining droog.
Koop ’n klein haardroër wat jy maklik in jou tas kan sit.
Onthou altyd ’n dubbelpuntprop.
|
http://www.rooirose.co.za/moet-he-skoonheidsprodukte-vir-wanneer-jy-gaan-kamp/
|
2017-04-20 00:00:00
|
Sement-dekor
|
Daar is klein sement-items wat jy by jou huis se dekor kan byvoeg, soos kershouers, blompotte, planthouers en lampe. Dan is daar ook die groter produkte soos tafels, stoele, muurpanele en ander meubels wat ’n groter indruk maak. Dit is jou keuse hoe jy dit wil inkorporeer.
Jy het natuurlik ook die opsie om die sement-voorkoms te kul. Byvoorbeeld, beddegoed met dieselfde skakering grys as natuurlike sement gee reeds daardie illusie. Gebruik dan langs die bed ’n sementtafeltjie. Binnenshuise plante is ’n natuurlike byvoegsel vir hierdie tipe styl. Muurpapier is ook ’n wenner, omdat jy deesdae enige afwerking/ontwerp kan kies. Robin Sprong Wallpaper bied ’n verskeidenheid opsies. Die grys kleur van sement is soos ’n denimbroek, dit pas by enige kleur! Werk dus met ’n verskeidenheid ander kleurskema’s wanneer jy sement gebruik.
Doen-dit-self
Met ’n paar maklike stappe kan jy ook klein projekte aanpak waar jy jou eie items maak. By Brights is daar opsies om klein sakkies sement-tipe poeier aan te koop (5 kg-sakkies). Hiermee kan jy ’n paar goedjies maak. Al wat jy benodig is karton-houers (soos boksies) om jou sement in een plek te behou sodat dit hard en droog kan word. Verskillende groottes boksies kan gebruik word om jou eie sementblokke te maak. Daarop kan jy verskillende glaspotjies uitstal met blomme. Sement is ’n baie maklike produk om mee te werk – speel ’n bietjie ronde en kyk wat werk. Die sement moenie te loperig aangemaak word nie, anders sal dit die karton te vinnig nat maak en veroorsak dat die vorm verlore raak.
Blok tafeltjie met koper pote (R8 250) Hello Pretty
Ligte grys beddegoed van LinenHouse.co.za
Potplant (R195) Weylandts
Sement hanglig (R899) @Home
Plantjie in sement pot (R199.99) Woolworths
Vir jou kantoor (R299) Superbalist
Platyceruim potplant (R320) Weylandts
Concreative
Dompel sement lamp (R399.99) Mr. Price Home
Dompel sement plante houers (R79.99) Mr. Price Home
FLOAT concrete KONKRETE2 muurpanele
FLOAT concrete
Glas en sement blompot (R199.99) Mr. Price Home
Koffietafel (R2499) Superbalist
Hanglig (R799) Superbalist
Stel van twee tafeltjies (R2499) Superbalist
Verskaffers
Concreative – www.concreative.co.za
FLOAT concrete – www.floatdesign.co.za
Hello Pretty – www.hellopretty.co.za
Mr. Price Home – www.mrphome.com
Robin Sprong Wallpaper – www.robinsprong.com
Superbalist – www.superbalist.com
Linen House – www.linenhouse.co.za
Weylandts – www.weylandts.co.za
Woolworths – www.woolworths.co.za
|
http://www.rooirose.co.za/sement-dekor/
|
2017-04-11 05:00:26
|
SA-fliek word internasionaal vereer
|
KROTOA is reeds deur ses internasionale filmfeeste uitgekies waaronder die internasionale filmfees vir omgewing, gesondheid en kultuur; die wêreld-filmtoekennings se fees; die Artemis vroue in aksie-filmfees en die Nashville-filmfees.
Die film het sewe gesogte toekennings gewen insluitend ’n toekenning vir uitnemendheid by die internasionale filmfees vir vroue, sosiale aspekte en zero diskriminasie, ’n beste vertoning-toekenning by die Depth Of Field internasionale filmfees, ’n platinum-toekenning by die internasionale filmtoekennings, ’n diamant-toekenning by die wêreldfees vir filmmakers en ’n beste vertoning-toekenning by die The IndieFEST-filmtoekennings.
Vroue word dikwels in films as broos en kwesbaar uitgebeeld en soms word daar nie aandag gegee aan die impak wat hulle op ons land se geskiedenis gehad het nie. KROTOA is een van die vroue wie se impak dikwels vergeet word. Die film oor hierdie sterk vrou word in vrouemaand vrygestel om haar nagedagtenis te vier.
Die fliek is geïnspireer deur historiese feite en vertel die verhaal van ’n elfjarige meisie wat uit haar Khoi-stam verwyder word om Jan van Riebeeck (gespeel deur Armand Aucamp), haar oom se handelsvennoot, te dien. Sy word in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie in die eerste vesting gevestig. Sy het mettertyd ’n visioenêre jong vrou geword wat die Nederlandse taal en kultuur so goed geken het dat sy ’n invloedryke tolk vir Van Riebeeck geword het.
KROTOA se karakter word vertolk deur Crystal Donna Roberts en die kyker word meegesleur deur die verhaal van die vrou wat uiteindelik deur haar eie Khoi-mense verwerp is en vernietig is deur die Hollanders in haar poging om ’n middeweg tussen die twee kulture te probeer vind.
KROTOA, geskryf deur Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid, is geskep deur ’n dinamiese span vroue, met die bekende rolprentvervaardiger Roberta Durrant as regisseur en vervaardiger.
Dit is vervaardig deur die SAFTA-bekroonde rolprentmaatskappy, Penguin Films, in samewerking met kykNET, die NFVF en die DTI.
|
http://www.rooirose.co.za/sa-fliek-word-internasionaal-vereer/
|
2017-04-26 13:55:54
|
Vintage Idees Mark 2017
|
Vintage Idees word aangebied by die elegante Simondium’s Country Lodge en vier alles wat vintage is, met ’n addisionele toevoeging van speelse ‘retro-sjiek’. Internasionaal is die vintage tendens steeds witwarm en die retro neiging se toenemende gewildheid herroep die glorie van die 70’s en 80’s.
Jy gaan beslis jou naweek opkikker met ’n besoek aan dié unieke mark waar markgangers hulle gaan verlustig in die wye verskeidenheid vintage en retro dekoritems, klere, juweliersware, glas- en silwerware, kombuisbykomstighede, interessante fokusitems vir die tuin en selfs kosbare antieke stukke. En kos? Ja natuurli! Die Deli neem ook ’n tree terug in tyd en sal heerlike tuisgemaakte lekkernye en peuselgoed aanbied om die koskas vol te hou. Benewens die fantastiese kos, is daar ook wyn en musiek vir ekstra naweekpret.
So, kom en tintel al jou sintuie vir ’n lekkerloop terug in tyd!
*Simondium’s Country Lodge is geleë langs die R45 tussen Paarl en Franschhoek en is maklik toeganglik vanaf Kaapstad en Stellenbosch. Die Vintage Idees Mark is oop van 09h30 to 16h00 op Donderdag tot Sondag en tot 15h00 op Maandag, 1 Mei 2017. Kaartjies kos R30 per volwassene, terwyl kinders onder 18 gratis toegang geniet. Parkering en sekuriteit is beskikbaar.
Vir meer inligting, besoek www.vintageideas.co.za of skakel 021 874 1046.
|
http://www.rooirose.co.za/vintage-idees-mark-2017/
|
2017-04-10 14:00:19
|
Ondersteun ’n nuwe mamma op Moedersdag
|
~
2017 is die tweede jaar dat Cape Town EMBRACE ’n veldtog loods om vroue aan te moedig om nuwe ma’s in die gemeenskap te steun. Hulle wil ’n susterskap onder vroue skep om mekaar te steun. Jy kan help!
|
http://www.rooirose.co.za/ondersteun-n-nuwe-mamma-op-moedersdag/
|
2017-04-26 15:24:08
|
Smul aan kaas en wyn by die SA-kaasfees
|
~
As jy glo daar is ’n spesiale plekkie onder die son vir kaas en wyn, sal jy van 28 tot 30 April ’n draai gaan maak by die SA-kaasfees in Stellenbosch.
|
http://www.rooirose.co.za/smul-aan-kaas-en-wyn-die-sa-kaasfees/
|
2017-04-24 14:42:34
|
Moedersdag-geskenkgids
|
~
"’n Ma se liefde is soos gare draad wat die hele kledingstuk aan mekaar vashou." Bederf die belangrikste vrou in jou lewe hierdie Moedersdag met ’n geskenk wat jy weet by haar sal pas. Ons deel ’n paar idees. Saamgestel deur Anelle Tewson.
|
http://www.rooirose.co.za/moedersdag-geskenkgids/
|
2017-04-19 06:00:57
|
Die dag toe ek ’n nuwe "boobie" gekry het
|
Ek en Jaun sit ’n uur voor die bestemde tyd by Wilgeheuwelhospitaal se hoofontvangs. Dit voel soos daardie laerskooldag baie lank gelede toe die vorm van die pakkie onder die krismisboom vir my vertel het ek kry die elektriese orreltjie waarvoor ek so geskimp en gevra het. Dáárdie opgewondenheid maal honderdduisend.
Ek wil die woord ‘borsrekonstruksie’ rondsmyt voor ’n ieder en ’n elk, maar Jaun het my op sy diplomatiese manier aangeraai om op te hou om dit vir almal aan te kondig. Sommige mense wil nie rêrig weet nie, het hy my geduldig reggehelp. Dit mag sommiges dalk selfs ongemaklik maak. Ons gaan wag in die koffiewinkel totdat my bed reg is. Ek grinnik toe ek vir die kelner sê ek mag nie ontbyt bestel nie, want ek ondergaan netnou ’n operasie. Borsrekonstruksie. Jaun sê eerder niks nie. Hy ken daai grinnik.
My bed is reg voordat Jaun se ontbyt opgeët is. Hy sien die kyk in my oog en speel met die eiers klaar teen ’n spoed wat selfs vir my verbyster. Ek begelei my arme man daarna op ’n amperse galop die gang af na waar die seksie blou teaterdrag en ligblou lingerie op die bed vir my lê en wag. Dinge gebeur nou nog vinniger. Die vorms is nog nie behoorlik geteken nie, toe staan die teatertrollie reeds reg.
En die lekkerte hou net nie op nie. Die briljante man wat vir my ’n nuwe boobie gaan bou, dokter James van der Merwe, kom die teater ingewarrel en dring aan op bonuspunte omdat hy vir my ’n aantreklike narkotiseur georganiseer het. En wraggies, die man verdien daai ekstra vyf punte. Dis nou behoorlik underpromise en overdeliver.
James (mens mag hom nie Dokter noem nie) teken vorms op my lyf en trek strepe waar hy gaan sny. In my kop sien ek hoe lawwe prentjies van Donald Duck en Mickey Mouse reg oor my vetrolletjies vorm aanneem. Maar voor ek my oë nog twee keer kan knip, lê ek op die naat van my rug met ’n naald in my arm en ’n masker vol slaapgoeters wat ’n entjie van my neus af gehou word.
Daar is mos altyd daardie eienaardige stilte wat neerdaal in ’n teater terwyl die personeel wag dat die pasiënt aan die slaap raak. Vir my was dit hierdie keer amper ’n gewyde stilte. My laaste gedagte is dat ek wil dankie sê. Sommer vir elkeen wat daar staan. Ek kry nie kans nie – die slaap kom te vinnig.
Toe ek wakker word, maak ek eers vrede met die pyn. Meet dit en voel die ritme daarvan. Dis laf om teen pyn te baklei. Mens voel hoe die golwe maak en dan ry jy saam. Eers toe ek my ry gekry het, soek ek na daardie gesig. Die gesig van die streng teatersuster wat ’n jaar en sewe maande gelede vir my gesê het ek het net een bors. Ek herken haar dadelik, maar uit die aard van die saak is ek vir haar ’n vreemdeling. Vir al wat ek weet het ek vir haar geglimlag, want sy glimlag vir my.
As jy borsrekonstruksie gehad het, bring jy ’n aand in Hoësorg deur. Jy lê gekoppel aan allerhande drade en pype en katoeters, en daar, tussen bitterlike siek mense en ernstig beseerdes, verlustig jy jou met ’n amperse gevoel van skuldigheid in die bult waar daar ’n paar uur gelede nog niks was nie. Jy lê heelgemaak tussen lyding, blydskap en skuldgevoelens wat oorlog maak en blydskap wat wen.
Jy het ’n Stella met ’n spierwit glimlag en dimpels wat elke kort-kort kom pyngoed gee en met sagte vingers kom seker maak daar is nog goeie bloedtoevoer na die nuwe bors, ’n vrou met energie so suiwer dat mens wonder of hulle by daardie hospitaal engele in diens neem.
Jy het ’n James wat inwarrel om te kom kyk na sy handewerk en verklaar dat hy baie tevrede is, voordat hy uitwarrel om iemand anders se liggaam te gaan heelmaak, nóg ’n wonderwerk te gaan bewerkstellig.
En jy? Jy het ’n nuutgemaakte liggaam, nuwe drome.
Hoe kan een mens soveel seën verdien?
Nee, man.
Dit loop oor, man.
Dit loop oor.
|
http://www.rooirose.co.za/die-dag-toe-ek-n-nuwe-boobie-gekry-het/
|
2017-03-20 13:50:26
|
WEN ’n kopie van 'Kleure van die liefde'
|
~
25 van die lekkerste lekkerlees-liefdesverhale wat oor die jare in rooi rose verskyn het, is nou in een bundel, 'Kleure van die liefde', beskikbaar! 20 gelukkige lesers kan elk ’n kopie van dié baanbreker-versameling WEN.
|
http://www.rooirose.co.za/wen-n-kopie-van-kleure-van-die-liefde/
|
2017-04-20 08:34:56
|
Spaar tyd met hierdie 10 modewenke
|
Een
Skrop skoensole skoon met tandepasta en -borsel. Wit skoene is veral ’n tameletjie as dit kom by skoonmaak. Om jou skoene in die wasmasjien te gooi, beskadig jy die gom en die materiaal van jou skoen. Gebruik eerder ’n ou tandeborsel en skrop in klein sirkelbewegings met suiwer wit tandepasta jou sool en spoel af. Nou kan jy elke dag jou beste voetjie voorsit
Silwerskoon-tekkies in 'n japtrap. Foto verskaf
Twee
Plak tweekant-plakband tussen jou bloesknope. Sommige knoophemde is geneig om oop te trek by die knope wanneer dit effens stywer sit. Dit het tot gevolg dat daardie “gunsteling”-hemp tot agter jou kas gehang word en vergete raak. Plak ’n repie tweekant-plakband (double sided tape) tussen jou knope op die naat, sodat die bo- en onderkant aan mekaar vassit en nie oopsper nie.
Foto: Pixabay
Drie
Hierdie is ’n gunsteling: Is jy bekommerd dat jou oop ritssluiter jou onkant in ’n geselskap in die verleentheid kan stel? Haak ’n sleutelring aan jou ritssluiter wat jy dan bo-aan jou broeksknoop haak. Dit verhoed dat die rits spontaan oopgly.
Foto verskaf
Vier
Om toutjies deur jou kappie of baadjie te ryg, kan ’n uitdaging wees. Ryg eers die toutjie deur ’n harde strooitjie voor jy dit deur die gaatjies van die kappie of baadjie ryg.
Foto: Pexels
Vyf
Sout en bakpoeier kan enige vlek baasraak. Ja, jy het reg gelees: ENIGE vlek. Hierdie twee bestanddele absorbeer van vetkolle tot wyn en sousvlekke en die beste is dat dit reeds in jou kombuiskas is. Hierdie wenk werk meer effektief as die vlek nog nie diep in jou kledingstuk ingetrek het nie. Gooi ’n hopie sout op ’n vetkol en laat staan vir ongeveer 15 minute voor jy liggies oor die kol met die sout skrop. Bakpoeier werk veral goed op vlekke soos wyn, koffie en bloed. Skrop met ’n klam tandeborsel oor die vlek tot die meeste in die bakpoeier absorbeer is. Was altyd jou kledingstukke daarna. As die vlek al ’n geruime tydjie in die materiaal ingetrek het, meng ’n titsel skottelgoedwasmiddel, byvoorbeeld Sunlight Liquid met water wanneer jy skrop.
Foto: Pexels
Ses
Skuur kerswas oor ’n ritssluiter wat haak. Die was het dieselfde effek as olie op droë masjinerie, sonder dat daar ’n olievlek op jou kledingstuk kan kom. Skuur die was oor die gedeelte waar die rits vashaak en siedaar!
Probeer die kleur kerswas dieselfde as jou kledingstuk hou. Foto verskaf
Sewe
Organiseer jou serpe. Jy is op soek na een spesifieke serp wat perfek by jou uitrusting sal pas, maar voor jy weet, lê jou hele versameling op die vloer uitgeval. Vergemaklik jou soektog deur stortringe aan ’n hanger te haak waaraan jy jou serpe kan hang. Sodoende spaar jy spasie en kan jy makliker die pasmaatserpie vir jou uitrusting kry.
Foto: Instagram
Agt
Baie van ons dra eerder geen armband as om met talle probeerslae te misluk om die hakie in die ketting te haak. Dis selde dat jy die gelukskoot tref waar die hakie in die regte sirkel haak – danksy ’n skuifspeld, kan dit verander. Buig die speld sodat dit ’n “S” vorm. Hou die bokant van die “S” in die palm van jou hand vas en haak die onderdeel van die “S” in die kettingloep. Met jou ander hand sal jy gemaklik die hakie in die sirkel kan haak, sonder dat die kettinkie van jou pols afgly.
Kry dit reg op die eerste probeerslag. Foto verskaf
Nege
Om ’n ritssluiter agter jou kop op te trek is nie kinderspeletjies nie, maar deur die tegniek van ’n skubapak na te aap, kan jy jouself nou moeiteloos in daardie seksie nommertjie oprits. Ryg ’n lint of tou deur die ritsknippie en gebruik dit as ’n handvatsel om jou ritssluiter op te trek. Maak egter seker die lint is lank genoeg, sodat jy dit maklik met jou een hand van onder na bo kan rits.
Foto: Pixabay
Tien
Kougom – enige kledingstuk se vrees. ’n Mens se gemoed sak bloot oor die gedagte aan daardie taaisel op jou broekspyp. Hier kom ’n ysblokkie tot jou redding. Die koue van die ys “vries” die taaiheid van die kougom wat veroorsaak dat die kougom harder raak en makliker is om af te trek. Reguleer self hoe lank jy die ysblokkie oor die kougom moet smeer – hoe kouer die kougom, hoe makliker is dit om af te trek.
Foto: Pexels
|
http://www.rooirose.co.za/spaar-tyd-met-hierdie-10-modewenke/
|
2017-04-11 14:06:21
|
Wintershande? Ons het die allerbeste raad opgespoor
|
Ons het ’n dokter, ’n apteker én ’n fisioterapeut gevra hoe hulle wintershande hanteer.
Behandeling vir wintershande, soos ’n dokter dit doen
Dr. Corlene Odendaal, algemene praktisyn van Aliwal-Noord in die Karoo, se raad vir pernio:
’n Kortisooninspuiting
“Moenie skrik omdat jy kortisoon inkry nie. Dit is ’n veilige, langwerkende formule wat die inflammasie teëwerk en die ongemak drasties verlig. Maar, jy moet vroeg in die winter kom, voor jou vingers klaar rooi en teer is.”
Dit behoort jou deur die winter te dra, maar as die winter baie lank is kan dit nodig wees om die inspuiting te herhaal. As jy dus na twee tot drie maande sien jou vingers begin weer rooi en seer raak, gaan vir ’n tweede inspuiting.
Hou jouself warm – veral wanneer jy buite is
“Pernio ontwikkel wanneer jou yskoue hande en tone te vinnig warm word. Wanneer jy vanuit die koue binnenshuis gaan, word jou liggaam baie gou warm, wat jou are wyer maak. Die gevolg is dat baie bloed skielik na jou vingers en tone vloei – so skielik dat dit uit die fyner aartjies lek. Dit veroorsaak die inflammasie wat die jeuk-brand en rooiheid veroorsaak.
Die beste voorkoming is om jou hande en voete altyd egalig warm te hou sodat jy daardie opwarming wanneer jy van buite af binnetoe kom, minimaliseer.”
Dus: voor jy buitentoe gaan, moet jy alles doen wat jy kan om jouself warm te hou. Trek warm handskoene aan en dra goeie wolkouse om jou voete warm te hou. Dra ’n mus of ’n serp om jou ore en neus te beskerm.
Party mense raak snags baie koud. Slaap in warm nagklere, met lekker dik kouse, handskoene en ’n slaapmus. Gaan slaap met ’n warmwatersak – daar is deesdae elektriese sakkies beskikbaar. Of gebruik ’n ‘all-nighter‘ elektriese kombers, as jy kan.
Die geheim is louwarm water
“As jy van buite af inkom en jou hande en/of voete is baie koud, moet jy hulle baie geleidelik klimatiseer. Week die ledemate in water wat na jou gevoel net-net louwarm is. Die water moet nié te warm wees nie. Dus moet iemand anders nie besluit hieroor nie. Net jy weet wat is louwarm vir jou hande en voete.
Eers as jou hande en/of voete aan die louwarm water gewoond is, voeg jy ’n klein bietjie effens warmer water by om die temperatuur geleidelik op stoot. Die punt is dat jou tone en vingers stadig moet warm word – nooit vinnig nie.”
Selfhelp vir wintershande by jou apteek
’n Clicks-apteker van Durbanville, Kaapstad, sê jy kan jouself help, veral as jou wintershande nie te erg is nie. Haar raad is:
Anti-inflammatoriese salf
“Kom kry vir jou Thrombophob en wend dié anti-infammatoriese salf aan sodra jou vingers en/of tone rooi begin raak.”
Aspirien
“Een van die vernaamste redes vir wintershande is swak bloedsomloop, veral by seniors en mense wat sitwerk doen. Dit help dus om jou bloed te verdun, sodat dit makliker na die kleinste aartjies in jou vingers en tone kan vloei. Die oplossing hiervoor is ’n halwe dosis aspirien per dag, die hele winter deur.
Maar – baie belangrik – gesels met jou apteker voor jy aspirien vir jouself voorskryf, veral as jy diabetes, ’n harttoestand of allergie het of op chroniese medikasie is. Aspirien kan die werking van ander medikasie beïnvloed.”
Bietjie brandewyn … nie vir die keel nie
Jy drink dit nie. Jy smeer dit aan jou vingers en tone. Drankies – brandewyn of andersins – is nié doepa vir wintershande nie. Dit kan pernio vererger.
Raad vir wintershande van ’n fisioterapeut
Fisioterapeute kan jou ook met winershande help, veral as dit gaan oor swak bloedsomloop. Anneret Wolfaardt, ’n Kaapse fisioterapeut, se raad is die volgende:
Ken jy die oefeformule? Gebruik hom!
“Die beste raad is om jou sentrale bloedsirkulasie tiptop te hou. Hoe beter die bloedsirkuasie in jou romp is, hoe beter reguleer jou liggaam bloedvloei na jou tone, vingers en ore.”
Hoe kry jy dit reg?
Oefen elke dag vir twintig minute om jou bloedsomloop goed aan die gang te kry.
Maar jy moet hárd oefen, selfs al is jy bejaard. Oefen hard genoeg dat jou hartklop goed opgejaag word, want eers dan baat jy daarby, maar nie so hard dat jou hart skade ly nie. Daar is inderdaad ’n formule wat jou wys presies hoe hard jy moet oefen. Die geheime formule is “80% van 220 minus jou ouderdom.”
Vir iemand van 68 werk dit uit op 220-68=152; 80% daarvan is 121. Sy moet dus so hard oefen dat haar hart 121 slae per minuut haal, met ander woorde ’n polsslag van 30 in 15 sekondes. Onthou dat meer as dertig slae per minuut skadelik kan wees vir jou huidige vlak van fiksheid. Soos jy fikser raak, sal jy harder moet oefen om by 30 uit te kom.
• As jy 30 is, moet jy só oefen dat jou hart 38 slae in 15 sekondes haal
• Op 40 is jou mikpunt ’n polsslag van 36
• Op 50 is dit 34 hartsslae
• En op 60 is dit 32 slae in 15 sekondes
As jy regtig baie onfiks is, begin stadiger en verhoog jou telling geleidelik tot jy jou teiken bereik. Moenie jou syfer oorskry nie.
Keer wintershande met warm onderklere
“’n Tweede manier om te sorg dat die bloedvloei na jou hande en voete optimaal bly, is om te sorg dat jou lyf gemaklik warm is. Frokkies en langjannies van wol en katoen wat hitte teen jou lyf skep en hou, is uitstekend, of kyk na die lieflike nuwe materiaal wat vir bergklimmers ontwikkel is. Dit is dun sodat jy gemaklik voel, en haal asem sodat jy jou nie nat sweet nie, selfs al oefen jy.”
|
http://www.rooirose.co.za/wintershande-raad-behandel-keer/
|
2017-04-25 08:17:47
|
Ekspo vir troeteldierliefhebbers
|
~
Tussen 14 en 16 Julie 2017 is dit tyd om die sterte van plesier te waai wanneer die prettigste troeteldierskou, die WODAC Pet Expo, by Gallagher Estate in Gauteng aangebied word.
|
http://www.rooirose.co.za/ekspo-vir-troeteldierliefhebbers/
|
2017-04-24 14:48:51
|
Elma Postma-troufoto’s
|
Elma en manlief Paul het ’n warm dag in Desember gekies om trou aan mekaar te beloof. Die intieme seremonie in Limpopo het voor 50 gaste plaasgevind wat hul naaste familie en vriende ingesluit het.
Elma se pragtige rok is deur die bekende ontwerper Anel Botha ontwerp.
Elma het in Julie 2016 tydens ’n voorblad-onderhoud vir rooi rose vertel dat die privaatheid van haar verhouding vir haar baie belangrik is.
“Kom ons bewaar die misterie. Ek is baie gelukkig om iemand te hê met wie ek alles kan deel. In ons verhouding kan ek ’n volronde mens wees. Ek het vlerke om te vlieg en ’n veilige landingsplek by hom. Maar dis my stukkie van die lewe wat ek toevou, my privaatheid.”
|
http://www.rooirose.co.za/elma-postma-troufotos/
|
2017-03-28 09:49:58
|
Wen ’n geskenkpak van Similac® Mom
|
Similac® Mom is net die ding wat nuwe mamma’s nodig het om te verseker dat hulle tydens en ná swangerskap al die nodige voedingstowwe inneem. Dié lae vet, melk-gebasseerde produk dien as ’n aanvulling met verstommende kwaliteite. Boonop is dit ook wetenskaplik bewys om in swanger vroue, sowel as vroue wat borsvoed, se verhoogde voedingsbehoeftes te voorsien sodat beide mamma en baba perdfris en gesond kan wees.
Twee gelukkige lesers kan elk ’n Similac® Mom-geskenkpak van R950 wen!
Elke geskenkpak bevat die volgende:
400g Similac® Mom-aanvulling
Pantoffels
Japon
Waslap
Bottel
Beantwoord die maklike vraag en voltooi die onderstaande vorm om in te skryf.
Reëls en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 24 April om 24:00
Vraag: Wat is jou gunsteling-herinnering van swangerskap? *
Naam *
Van *
Kontaknommer *
Posadres *
E-posadres *
Het jy die reëls en voorwaardes gelees? * Ja Nee
Mag rooi rose jou van enige spesiale aanbiedinge laat weet? * Ja Nee
|
http://www.rooirose.co.za/wen-n-geskenkpak-van-similac-mom/
|
2017-04-17 01:32:12
|
Agter die skerms met Antoinette Louw
|
Sedert ons onderhoud 13 jaar gelede vir een van haar eerste tydskrifvoorblaaie, het daar baie water in die see geloop vir die veelsydige Antoinette Louw. En dis nie net haar CV wat indrukwekkend gegroei het nie. Op 42 is sy nóg meer selfversekerd as destyds, ooglopend gemakliker met haarself, uitgesproke oor die dinge wat vir haar belangrik is. Kortweg: Sy weet wie sy is.
Ons gesels in die Mei 2017-uitgawe van rooi rose met haar. Kry jou uitgawe, nou op die rakke!
Kuier ook saam agter die skerms tydens Antoinette se voorbladfotosessie in Kaapstad:
Kyk ook na die video hier:
|
http://www.rooirose.co.za/agter-die-skerms-met-antoinette-louw/
|
2017-04-10 05:00:36
|
Jy kan trauma verwerk
|
Vir die meeste Suid-Afrikaners is trauma ’n ou bekende. Koerante, sosiale media en TV-skerms konfronteer ons daagliks met ontstellende gebeure. In jou werk- en vriendekring is daar waarskynlik ’n paar mense wat ’n ongeluk, misdaad of ander traumatiese gebeurtenis beleef het – of dalk het jý dit aan eie lyf gevoel.
Wanneer ’n skokkende voorval jou lewe omverwerp, is die samelewing op die oog af simpatiek. Maar terselfdertyd word daar van jou verwag om ’n greep op jouself te kry, jou dapper gesiggie op te sit en normaal met jou dagtaak voort te gaan. Ons hoor dikwels dat onverwerkte trauma tot post-traumatiese stressindroom (PTSS) kan lei, maar besef nie altyd wat PTSS kan veroorsaak en hoe die simptome lyk nie.
Trauma kan gesien word as ’n situasie of gebeurtenis wat jou normale vermoë om die lewe te hanteer oorskry en gevoelens van hulpeloosheid sneller. Dis nie noodwendig so dramaties soos blootstelling aan geweld nie – ’n kind wat van ’n fiets afval, kan getraumatiseer wees.
“Ons is elkeen uniek,” sê Eleen Polson, voorligtingsielkundige van Pretoria. “Ek het al gesien dat ’n man wat in die huis aangehou en in die voet geskiet is, minder getraumatiseer is as sy vrou wat elders was. Verskeie faktore, soos onverwerkte trauma uit ons kinderjare, beïnvloed ons veerkragtigheid.
Veg, vlug of vries
Die oplossing is nie om ons en ons geliefdes teen trauma te beskerm nie – dis onmoontlik! – maar om die sielkundige en fisieke gevolge daarvan te verwerk. ’n Kykie na ons oerouers en die diereryk is insiggewend. As ’n grotman ’n sabeltandtier sou teëkom, het die veg-of-vlug-reaksie onder meer sy hart vinniger laat klop en sy spiere laat saamtrek. Het hy weggehardloop of die kat beveg, het dié aksie die streshormone in sy lyf ontlaai en is sy normale fisieke balans herstel.
Maar veg of vlug is nie die enigste oorlewingsreaksie wat deur streshormone veroorsaak word nie. As ’n bokooitjie ’n leeu raakloop en besef dis te gevaarlik om te veg of te vlug, kan sy vries. Stap die leeu weg, is die streschemikalieë steeds in die bok se lyf. Dan sal sy onwillekeurig skud en bewe tot die hormone en spierspanning haar lyf verlaat.
Ons 21e-eeuse leefstyl stel ons voor uitdagende spertye, veeleisende kollegas, kommer oor ons kinders of huwelik, en so meer. As ons deur ’n kwaai bestuurder oor die kole gehaal word, reageer ons liggame nes dié van die grotman op die sabeltier. Hoewel streshormone ons op veg of vlug voorberei, kan ons nie die bestuurder te lyf gaan of uit die vertrek hardloop nie. Ons vries. Dalk bewe ons ’n bietjie ná die onderonsie maar ons kry dit onder beheer voor iemand dit dalk sien. Die oorvloed streshormone bly in ons lyf sit; ons brein aanvaar ons word steeds bedreig en laat ons spiere nog meer saamtrek. ’n Bose kringloop ontstaan.
“Die vriesreaksie het ook op sellulêre vlak ’n uitwerking,” sê Eleen. “Wanneer jy byvoorbeeld vasgebind word in ’n aanval en nie die instinktiewe aksie – soos om los te skeur of terug te slaan – kan uitvoer nie, bly die behoefte om daardie aksiesiklus te voltooi in jou liggaamselle vasgevang. Selfs net om vas te val in swaar verkeer terwyl jy weet jy is laat vir ’n belangrike afspraak, kan die vriesreaksie en die hormonale, sellulêre en sielkundige gevolge daarvan ontketen.”
Die simptome – wat jare kan duur – sluit hoofpyn, diarree, angs, depressie, woede, irritasie, swak konsentrasie, slaaploosheid, sosiale isolasie en oormatige waaksaamheid in.
“Om gedurig in ’n oorlewingstoestand te leef verswak ons immuunstelsel en maak ons vatbaarder vir siektes en sielkundige versteurings.
“Onbehandelde trauma kan sekondêre patrone tot gevolg hê, soos depressie of vermydingsgedrag. Iemand het byvoorbeeld ’n angsaanval op die snelweg gekry en systap daarna enige snelweg. Dis dikwels hoe fobies ontwikkel; onder elke fobie skuil daar trauma.”
Moet jy lewenslank met die nagevolge van trauma saamleef?
Gelukkig nie! Daar is ’n hele rits behandelingsopsies beskikbaar. Omdat die oorsaak fisiek sowel as sielkundig is, is dit wys om trauma op albei vlakke te hanteer.
“Ek fokus die afgelope ses jaar sterk op liggaamsielterapieë wat awareness sowel as die liggaam by sielkundige behandeling inkorporeer,” sê Eleen. “Die liggaam is nie-verbaal en tap die onbewuste makliker. Dit bied onontginde deure na genesing en kan doeltreffend met sielkundige terapie gekombineer word. PTSS word gewoonlik van die kopkant en met medikasie behandel, maar wanneer medikasie jou laat ontspan, is dit op biochemiese eerder as sellulêre vlak. Dit behandel slegs die simptoom.”
Die “ritteltit”
Een van die modaliteite wat Eleen gebruik is TRE of Tension Release Exercise. TRE is gegrond op die natuurlike reaksie van die bokkie wat die leeu raakgeloop, gevries en toe van die stres ontslae geraak het deur te sidder.
Lees ook: Verminder trauma met Tension Release Exercise (TRE)
“Alle soogdiere toon hierdie reaksie op trauma. Dis ’n ingebore oorlewingsrespons wat die senustelsel kalmeer en spierspanning verminder. Mense doen dit ook! Maar ons is sosiale wesens, en in ’n stadium het ons slegte konnotasies begin heg aan iemand wat skud en bewe. Dit maak ons ongemaklik; ons dink die persoon ly aan ’n toestand soos epilepsie, is ‘swak’, of het beheer verloor. Ons wil nie kwetsbaar voorkom nie – dis hoekom volwassenes nie graag voor ander huil nie.
“TRE is betreklik nuut. Dr. David Berceli, ’n internasionale kundige op die gebied van trauma-intervensie en konflikoplossing, het die terapie ontwikkel. Hy werk al dekades in gebiede waar oorloë, natuurrampe en ander krisisse mense traumatiseer. Hy wou ’n tegniek beskikbaar stel wat in groot groepe gebruik kon word en nie opvolgbesoeke aan ’n terapeut sou noodsaak nie. TRE is sover doeltreffend gebruik onder soldate, noodwerkers, mense in sielkundige en ander hulpprofessies, onderwysers, gevangenes, mense met PTSS en atlete.
“Verstommend genoeg help dit met ou sowel as onlangse trauma. Dit werk ook vir sekondêre trauma, soos wat dokters en ander mense in hulpprofessies beleef wanneer hulle met pasiënte se trauma te doen kry.”
TRE vind in ’n veilige omgewing plaas, individueel of in groepe van ’n paar tot ’n paar honderd mense. Geen voorafkennis of spesiale klere is nodig nie. ’n Sessie behels strekoefeninge wat die liggaam opwarm en laat ontspan. Deelnemers gaan lê op die vloer en word gewys hoe om die natuurlike skudrefleks te aktiveer.
“Die onwillekeurige bewegings kan 15 tot 45 minute aanhou. Fasiliteerders kyk dat almal veilig bly, en kan byvoorbeeld iemand se kop vashou of drukking op hul voete plaas om die proses aan te help.”
Die “bewerasie” laat die greep van diepliggende spierkontraksies en strespatrone verslap, en verminder stres in die ruggraat, nek, skouers en/of bekken. Wanneer spanning uit die liggaam vloei, registreer die brein minder pyn en vervaardig dit hormone wat genesing aanhelp.
Mense se belewenis van TRE verskil. Soms is dit ’n neutrale ervaring, terwyl dit ander emosioneel kan raak. “Dikwels gebruik ons ons spiere onbewustelik om onaangename herinneringe te onderdruk. Wanneer die betrokke spiere ontspan, kan woede, hartseer of vrees na vore kom om vrygelaat te word. Emosies ontlaai in golwe; hulle kom en gaan, en die proses kan dan na ’n ander liggaamsdeel verskuif.
“Alles wat gedurende TRE beleef word, kom uit jouself en is versoenbaar met jou eie ego. Dis nooit asof iemand anders se horror movie hom voor jou afspeel nie. Die wonderlike is dat jy nie ’n traumatiese voorval hoef te herleef om die verligting te ervaar nie. Soms weet jy nie eens waaroor dit gaan nie.
“Wanneer die tremoring iemand buite beheer laat voel, sê dit baie van hul behoefte om oral en altyd in beheer te bly. Indien jy kwetsbaar voel, is dit maklik om die skudbewegings te stop. Jy maak net jou bene reguit en sluit jou knieë, staan op en loop rond, of gaan eet iets. TRE-praktisyns leer mense om die skudrefleks maklik te aktiveer en ewe maklik te laat ophou. Verreweg die meeste mense vind TRE aangenaam en kalmerend en voel agterna uitstekend.
“Na raming is die ontlading tydens TRE 80% fisiek, 10% kognitief en 10% emosioneel. Omdat die meeste mense trauma uit hul kindertyd saamdra, beveel ek aan dat hulle TRE met sielkundesessies kombineer. Die ideaal is minstens ses weeklikse, individuele sessies, of anders groepsessies, waarna kliënte tuis gereeld kan tremor om die voordele verder te ervaar.”
Wat het TRE Eleen geleer?
“Ek doen dit al ’n paar jaar gereeld as ’n vorm van persoonlike ontwikkeling. Swaarkry het baie van ons geleer om ons van ons liggaam af te sny sodat ons minder pyn ervaar – ons vries. TRE nooi jou om weer jou hele liggaam te voel. Dit veroorsaak nooit pyn nie, but it connects the dots. Dis ’n langtermynproses – ek ontdek steeds nuwe lae van aliveness in my liggaam, en hoe helend dit is om volkome te kan ontspan. Gereelde TRE ontlont daaglikse stres, maak jou meer buigsaam en veerkragtig en bevorder innerlike vrede. Dit hoef nie veel tyd te neem nie; jy kan dit voor slaaptyd doen of direk ná joga of ’n ander soort oefening.”
Trauma en stres kom ongenooid op ons pad, maar as ons weet hoe om ons liggaam se ingebore genesingsvermoë in te span, hoef ons nie daaronder te ly nie. Ons kan dit letterlik afskud!
• Eleen Polson spesialiseer in kunsterapie en sielkundige terapie wat die liggaam betrek, en bied TRE- groepsessies: 072 212 1719, of [email protected] asook creativelearning4life.com of traumahelp.co.za
• Meer inligting oor TRE en plaaslike praktisyns by treforafrica.com
• Sien ook traumaprevention.com
Ek het weer hoop
“Ek was in 2009 in ’n botsing betrokke wat my met ’n rugbesering én getraumatiseer gelaat het,” sê Santie Fourie (39). “In 2011 het iemand wat my motor nie raakgesien het nie een aand in my vasgery. Hoewel ek my sitplekgordel gedra het, het ek die windskerm met my kop gekraak. My nek, laerug en heup het seergekry. Ek was vasgekeer in die kar en moes uiteindelik aan die passasierskant uitgehelp word. Ek was histeries. Die mediese behandeling het verdere uitdagings ingehou.
“In 2015 het ek as deel van die Padongelukkesaak ’n sielkundige gaan spreek en dit het geblyk dat ek erg depressief is. Die behandeling en ’n paar hipnoterapiesessies het my laat besef ek het ook bestaansreg – ek maak saak, al is ek bold of maak ek statements met my kleredrag.
“By tye het ek steeds gevoel ek is nie goed genoeg nie, en ’n gesinslid se siekte het my laat besef hoe swak ek spanning hanteer. My werk verg fokus, en ek het net nie die krag gehad om wéér ’n ongeluk of ’n krisis te verwerk nie. Dit was vir my ’n hopelose saak.
“Vroeg in 2017 het ek iemand gaan soek om my te help. Sielkundige terapie by Eleen Polson wat tremoring insluit, het binne ’n paar sessies ’n reuseverskil gemaak. Ek is eintlik baie privaat en bou mure om my, maar ek kon myself toelaat om ’n veilige ruimte te betree.
“Die liggaamsdele wat die meeste geskud het, het verband gehou met die beserings. Dit was aan dié kant van my lyf wat die minste beseer is en dus vir die beserings moes vergoed. Ek kon letterlik sien hoe TRE die balans in my liggaam herstel.
“My liggaam het gou geleer ontlaai; ek kon die tremoring maklik tuis doen en was volkome in beheer. Maar die beste was die kalmerende uitwerking. Ek hoef nie meer te veg of te vlug nie. Ek voel rustiger, en praat selfs stadiger!
“Ek kom hoe langer hoe meer met myself in aanraking, veral met die klein Santietjie in my. Situasies wat ek vroeër as stresvol sou ervaar het, het nou ’n kleiner impak. Ek hoef nie meer alles te beheer nie, en kan dinge laat gaan. Ek sien my rol helderder – ek hoef nie ander se wêreld namens hulle te maak werk nie.
“Die eerste keer in jare voel ek ek sal kan terugbons as ’n uitdaging my tref. Al gebeur alles nie soos wat ek dit graag sou wou hê nie, sal ek dit maak. Ek voel ligter.
“Voorheen het ek aan my trauma probeer werk, maar eintlik het ek dit in file 13 ingedruk. Nou is ek besig met file 13. Ek was lank soekend; dalk is hierdie die antwoord wat al die punte bymekaar kan bring sodat ek vrede kan vind.”
|
http://www.rooirose.co.za/jy-kan-trauma-verwerk/
|
2017-04-28 11:44:15
|
Wen gesonde happies van Montagu
|
Omgee staan sentraal tot hoe Montagu Dried Fruit and Nuts besigheid doen en die jongste toevoeging tot hulle reeks van kwalititeitprodukte bou verder voort op hierdie tradisie. Montagu het ’n nuwe we care-reeks smulgoed bekendgestel wat spesifiek geformuleer is om aan die behoeftes van ’n moderne lewenstyl te voldoen.
Dit bestaan hoofsaaklik uit rou produkte en die wroegvrye we care-reeks is gemik daarop om te voldoen aan die vereistes van ’n besige en moderne leefstyl. Die produkte is spesifiek ontwikkel om aan verskeie hedendaagse behoeftes te voldoen, van dié vir ’n gesonde hart, sterk immuunstelsel en ’n hoë energie-mengsel, tot produkte wat breinkos verskaf en ’n spesiale ‘banting’-vriendelike mengsel vir diegene wat ’n hoë-vet-lae-koolhidraat-leefstyl volg.
Ses gelukkige lesers kan elk ’n Montagu we care-geskenkpak van R800 WEN! Elke geskenkpak bevat die volgende:
*Heart Friendly Mix
*Immune Support Mix
*High Energy Snack
*Brain Food Blend
*Banting Friendly Blend
Beantwoord die maklike vraag en voltooi die onderstaande vorm om in te skryf.
Reëls en voorwaardes geld
Sluitdatum: 1 Mei 2017 om 24:00
Vraag: Wat is die naam van die nuwe Montagu reeks produkte? *
Naam *
Van *
Kontaknommer *
Posadres *
E-posadres *
Het jy die reëls en voorwaardes gelees? * Ja Nee
Mag rooi rose jou van enige spesiale aanbiedinge laat weet? * Ja Nee
|
http://www.rooirose.co.za/wen-gesonde-happies-van-montagu/
|
2017-04-24 01:54:27
|
10 Dinge om na uit te sien in die herfs
|
Hier is 10 dinge om na uit te sien en te geniet gedurende di é herfsseisoen:
Heerlike warm wafels
Bedek met vars, seisoenale vrugte, geklopde room en bedruip met heerlike, warm Nutella, kan niks beter smaak as ʼn lekker krakerige vars-gebakte Belgiese wafel wanneer die seisoen verander nie.
Probeer bietjie Big Bay Waffle Company, The Creamery in Claremont en Sout Rivier of Belgian Waffles en Beers and Burgers in Hermanus.
Geniet ʼn wandeling op die promenade
Op ʼn warm herfsaand is daar geen beter manier om Kaapstad se pragtige sonsondergange te geniet as ʼn wandeling op die Seepunt Promenade nie. Dit is selfs beter op fietse saam met jou geliefde.
Vir diegene wat uitsien na ʼn aand vol van pret, UpCycles verhuur fietse teen slegs R60 per uur vir jou om die promenade te geniet totdat die sonlig sy laaste strale vir die dag opsuig.
ʼn “Couch date”
Luilekker somerdae het vir ons baie verskonings gegee om die buitelug en die warm Suid-Afrikaanse son te geniet.
As dit te koud is vir ʼn aand in die dorp het ons nou die perfekte verskoning om eenvoudig net tuis in jou bed met al jou gunstelingsepies, -reekse, TV-programme, Netflix en YouTube deur te bring.
Warm sjokolade enige iemand? Moenie van die klein malvalekkers vergeet nie!
Wynproe
Soos die weer kouer word, word ons wynplase by die dag net mooier en mooier.
Ten spyte van die seisoensverandering het wynplase steeds hul deure oop vir besoekers. Plekke soos Meerlust Wine Estate, Delheim Wines en Eikendal Vineyards bied heerlike wynproe-sessies en ‘n groot verskeidenheid uitsonderlike restaurante.
ʼn Hele nuwe klerekas
Dít is beslis een van die beste redes om lief te wees vir herfs .
Noudat die seisoen verander het is dit tyd om al jou gunstelinge weer uit te pak: serpe, truie en snoesige kouse.
Het jou klerekas dalk ʼn hupstoot nodig? Geen probleem! Kloofstraat in Kaapstad is die perfekte plek vir al jou herfs inkopies.
Die beste sonsondergange
Herfs bring vir ons die beste sonsondergange wat Moeder Aarde kan bied en daar is hope plaaslike gebied waarvandaan jy die pragtige uitsig kan geniet.
Die warm, snoesige bekendheid van Moyo at Eden on the Bay bied restaurante en uitsonderlike see-uitsigte met Tafelberg in die verte. Hoekom geniet jy nie ‘n heerlike verskeidenheid van warm tapas van Café Caprice op die sanderige strand van Kampsbaai strand nie?
Snoesig lees
Herfs is ʼn boekwurm se gunstelingtyd van die jaar!
As jy dit geniet om by die huis te bly met ʼn warm koppie tee en ʼn boek in die hand is herfs die seisoen vir eindelose nagte van ure lange leestyd. As lees nie noodwendig vir jou is nie kan jy gerus ʼn grootmens-inkleurboek of ʼn groot blokkiesraaisel gryp om jouself mee besig te hou.
Gee jou huis ʼn splinternuwe voorkoms
As jy hou van seisoenale dekor-trends, kan jy seker nie wag om ʼn hele nuwe voorkoms vir jou huis of woonstel te skep nie. Herfs is die perfekte tyd om rond te speel met kleure, palette en teksture wat ʼn verteenwoordiging is van die seisoen se kleure buite jou venster is.
Roosgoud, koper , olyfgroen en warm skakerings van rooi, bruin en goud is altyd ʼn wenner! Gaan besoek gerus jou naaste gunsteling-dekorwinkel en kry vir jou kleurvolle lappe, strooikussings en mooi, snoesige komberse.
Koffie en koek
Kom ons wees eerlik: meeste van ons is mal oor koffie elke dag van die jaar, maar daar is beslis iets anders daaraan om koffie in die herfs of somer te geniet.
Miskien is dit die hemelse aroma van varsgemaalde bone? Teug aan ʼn lekker varsgemaalde koffie en verlekker jou in vars wortelkoek by Cup & Cake. Hulle roomkaas-versiersuiker is hemel op aarde!
ʼn Lekker warm bad
Niks kom by ʼn warm bad na ʼn lang, stresvolle en koue dag nie.
ʼn Lekker lang bad met die hulp van aromaterapie-kerse, skuimborrels en ʼn glas wyn sal beslis jou spiere ontspan, jou bloedsirkulasie verbeter en jou help om beter te slaap. Ons kan nie aan ʼn beter manier dink om ʼn koue herfsaand te geniet nie.
|
http://www.rooirose.co.za/10-dinge-om-na-uit-te-sien-die-herfs/
|
2017-04-11 13:15:46
|
Wipkar, hoofstuk 13
|
Laatnag bel iemand van die noodeenheid by die Addington-hospitaal in Durban. Jos is daar opgeneem na ’n oordosis kokaïne en alkoholvergiftiging. Hy was saam met ’n meisie in ’n gastehuis in Amamzimtoti en sy het die personeel laat weet sy kan hom nie wakker kry nie. Arien se naam is op sy mediese kaart aangedui as sy naasbestaande.
Na ’n paar slapelose ure bel sy die hospitaal. Jos is buite gevaar en stabiel. Die seuns is verlig dat hulle pa veilig is, maar sy is eerlik oor sy toestand. Hulle weet hulle pa was op ’n drank en dwelm binge.
Op pad salon toe bel sy Cari.
“Moet ek af vlieg om hom by te staan? Ek kan hom seker nie alleen daar laat lê nie? Hy moet darem weet iemand gee om?”
Cari deel Gerhard se diagnose dat Arien ’n ko-afhanklike is.
“Ek wil nie hard wees nie, maar het hy omgegee dat jy en die seuns radeloos van kommer was oor waar hy hom bevind? Hy het lekker paartie gehou saam met ’n meisie en dit te ver geneem. Die keuse is joune, maar as dit my man was, het ek hom daar gelos om ’n bietjie oor sy vergrype te dink.”
Arien kan nie op haar werk konsentreer nie. Sy bel die hospitaal teen twaalfuur weer. Jos is by en buite gevaar. Die gastehuis het sy klere gestuur, maar daar is geen selfoon by nie. Sy beursie is ook leeg buiten sy mediese kaart en foto’s van die kinders. Die hospitaalbeampte lig Arien in dat die gastehuis haar gaan kontak aangesien Jos nog nie sy rekening betaal het nie. Jos se metgesel het haar uit die voete gemaak nadat die ambulans hom kom haal het.
Arien sluk haar trots en bel Jos se nuwe werkgewer. Sy wei nie uit oor detail nie, en sê net hy is in die hospitaal en sal waarskynlik eers weer oor ’n week by die werk kan wees. Die bestuurder se simpatie laat haar skuldig voel. Hy bied aan om haar en die seuns by te staan. As hy maar weet watter soort bystand haar gesin nodig het.
Hendri bel later die middag. Hy wil haar wegneem vir die naweek. Sy weet wat dit beteken. Dit is vir haar te vinnig en sy is nie juis in die bui vir ’n romantiese naweek terwyl Jos in die hospitaal is nie. Die seuns is duidelik teleurgesteld in hulle pa en het haar nou nodig. Sy besluit om reguit met Hendri te wees.
“Gee my kans om my lewe uit te sorteer. Ek het tyd nodig.”
Hendri verseker haar hy sal wag en sy wonder wat het sy reg gedoen om so ’n ondersteunende mens in haar lewe te verdien.
Die personeel van die hospitaal is baie behulpsaam en ’n beampte onderneem om ’n selfoon vir Jos te gaan koop as sy die geld oorbetaal.
Na aandete lui haar foon. Dis Jos. Hy klink moeg en pap.
“Ek is jammer, Arien.”
Sy weet nie eintlik wat om vir hom te sê nie. Is hy regtig jammer? Hoeveel keer in die verlede was hy al jammer.
“Jy het die seuns deur hel gesit. Hulle het gedink jy is dood. Jy het hulle diep teleurgestel.”
Jos kry homself jammer. Hy voel Arien is wreed om hom te konfronteer net na hy by die dood omgedraai het.
“Dis jou eie skuld. Jy het te ver gegaan en ek het regtig nie simpatie met jou nie.”
Jos druk die foon dood.
Arien voel vir die eerste keer in dae verlig. Jos leef en sy weet nou wat in haar hart aangaan. Sy gaan die prokureur bel en die egskeiding laat voortgaan. Sy kan nie toelaat dat Jos se selfsug die kinders so ontwrig nie.
Sy lê en rondrol oor hoe sy haar kinders se lewensgehalte kan verbeter. Jos is nie deel van die prentjie nie. Sy gaan nie weer terugdraai met die egskeiding nie en tensy Jos weer gerehabiliteer is, mag hy nie die seuns ’n naweek uitneem nie.
Sy wonder of sy nie liefs die salon moet verkoop en ver weg trek van die negatiewe omgewing waarin mense soos Selma sappighede oor Jos se vergrype kwetter nie. Ver weg. Sy wil so ver moontlik van Jos en die situasie kom.
En Hendri?
Asof Cari haar gedagtes telepaties kan aanvoel, bel sy laataand.
Liewe ou Cari, wat probeer grappies maak en belowe om die seuns die naweek te bederf met ’n ysskaatssessie en fliek.
Sy vertel Cari van Hendri se planne om haar ’n naweek weg te neem.
“Jy is reg, meisie. Nie nou nie. Jy moet eers jou kop gesond kry. Hy kan wag. As hy nie wil wag nie, hoort hy nie in jou lewe nie. Maar het jy al besluit hoe voel jy oor die Daniel Craig-kloon?”
Vir ’n oomblik het Arien helderheid oor hoe sy voel. Hendri se aandag vlei haar. Dit stuur vlinders deur haar maag, maar op die oomblik is dit al. Sy besef haar siel is op die oomblik te siek om ’n nuwe verhouding aan te knoop.
“Slim meisie. Wat is die volgende stap?”
“Cari, jy klink nou soos my shrink! Maar ek weet wat ek gaan doen. Ek gaan skei en ek gaan die salon in die mark sit. Ek gaan Kaap toe trek.”
Cari klink geskok.
“Hokaai jong! Jy moet mooi oor die ding dink! Jy kan my mos nie alleen hier in die bose stad los nie! Wie gaan saam met my by die skoonheidslaunches rook?”
Maar hoe meer Arien aan haar besluit dink, hoe kalmer voel sy. Sy het nodig om weg te kom. Baie baie ver weg.
|
http://www.rooirose.co.za/wipkar-hoofstuk-13/
|
2017-04-20 15:33:54
|
Downsindroom: ’n huis vol liefde
|
Toe ons in 2001 met Abri en Ansie gesels het, was Jaco skaars ses maande oud. Sy sussies Ariana (toe 16), Liza (toe 13) en Anrie (toe 9) is vandag almal geoktrooieerde rekenmeesters. Ariana is met Werner Bornman getroud en het twee dogtertjies. Liza en haar man, Riaan Grassie, werk in Londen. Anri is 25 en sy en Jaco woon in hul ouerhuis.
Lees die uittreksel wat in die Februarie 2001-uitgawe van rooi rose verskyn het hier.
“Ons is nie skaam om ons seun aan die wêreld ten toon te stel nie,” sê Ansie Cilliers trots. “Jaco is ten volle sosiaal aangepas, en ’n ware gelante heer te danke aan sy jare by Leeuwenhof Akademie. Hoofstroom schooling was beslis die beste vir ons kind. Hy kan homself in omtrent enige situasie handhaaf. Ten volle IT-geletterd kan hy ’n selfoon, iPad en skootrekenaar hanteer – hy gee selfs sy pa ’n paar lesse! Jaco is op sy gelukkigste as die gesin saamkuier of wanneer hy atletiek doen.”
So normaal moontlik
Ansie: “Ons het ’n vroeë intervensieprogram met Jaco gevolg. Vanaf 3 maande het hy intensiewe voedingsterapie, spraakterapie en neuro-fisioterapie gekry. Die sussies het elke week met groot afwagting deel geword van sy ‘doelgerigte speel’.
“Ons het hom altyd so normaal moontlik behandel, as nog ’n kind wat net ’n bietjie meer sorg en aandag nodig gehad het. Hy het dieselfde voorskoolse speelgroep as Anrie bygewoon. Kleuterskool was ’n groter uitdaging, maar hy het gou sy plek in elke skool gevind.
“Terwyl hy op skool was en ek en Abri werksverpligtinge moes nakom, het die meisies gehelp om hom te versorg. Jaco is bevoorreg om steeds twee oumas en ’n oupa te hê. Hulle het deur die jare tyd opgeoffer om ons te help as dit nodig was. Jaco gaan kuier nou by hulle, want al drie is diep in hul tagtigs.”
Ariana (32): “Jaco was nog altyd net een van ons. Al weet ons almal hy is anders, het ons hom nooit so behandel nie. Werner en Riaan het ook hegte verhoudings met hom. Jaco kon enigiemand wat deel geword het van ons lewens met sy glimlag oorrompel!”
Liza (30): “Jaco se sussies het rof met hom gespeel, hom geterg en lief gehad soos enige sussies teenoor ’n boetie. Jaco geniet dit om reg in die middel van ’n groot familiedrukkie te wees! As ons stoei, sit die man nie op die kantlyn nie. Hy het dit so geniet toe nóg boeties by ons aangesluit het. Hy braai graag saam met die manne en stuur sy sussies die huis in om alleen met die manne te kan kuier.”
Anrie (25): “Ek het Jaco se menswees nooit as enigiets anders as ‘normaal’ beleef nie. Ek het hom lief soos al my ander gesinslede.”
Laerskooldae
Ansie: “Ons besluit was om Jaco na ’n gewone akademiese hoofstroomskool te stuur. Ná lang gebede het ons die skool genader waar ons drie dogters ingeskryf was, Leeuwenhof Akademie in Bedfordview. Die skoolhoof was versigtig optimisties maar het Jaco die kans gegee om deel te wees van ’n normale skoolgemeenskap.
“Elke fase het nuwe uitdagings gehad, maar Jaco het ons elke jaar verras. Ons kon Jaco met sy eie onderwyshulp skool toe te stuur. Dit het almal gehelp om hom in ’n hoofstroomskool te akkommodeer.
“Elke jaar was daar ’n onderwyseres wat aangebied het om Jaco in hulle klas te hê. Selfs in die hoër grade was die skool, die kinders en onderwysers tegemoetkomend. Ons kan nie genoeg dankie sê nie; Leeuwenhof het Jaco gevorm.
“Akademiese was daar nooit druk dat Jaco alles moes kon doen wat sy klasmaats kon nie. Hy is toegelaat om homself te wees en op sy eie te vorder. Hy het ons almal verbaas met sy geheue en belangstelling in Wetenskap, Biologie en Geografie.
“Dit sal ’n leuen wees om te sê daar was nie uitdagings nie, maar waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Geduld, dit is wat ek moes aanleer.
“Tussen ander kinders het Jaco sy grootste lewenslesse geleer. Hoe om ‘normaal’ op te tree, in die skoolgemeenskap in te pas en te veg vir wat hy graag wou hê. Die kinders en onderwysers het geleer dat hy ook ’n plekkie in die gemeenskap verdien en dat hulle met ’n bietjie deduld en liefde ’n gestremde kon akkommodeer.
“As hy ’n kans gekry het, was Jaco op die verhoog, mikrofoon in die hand. ’n Regte showman! Hy het almal elke jaar in die skoolkonsert laat huil omdat hy maar net nog ’n kind was wat op sy manier ’n bydrae kon maak. In graad 7 is hy as dirigent vir die interlaer-atletiekbyeenkoms gekies en hy het dit baie geniet!”
Anrie: “Die hoogtepunt van Jaco se laerskooldae was vir my altyd die prysuitdeling: ’n tyd om te reflekteer oor wat hy daardie jaar bereik het, en om sy impak op ander se lewens te sien.”
Hoërskool toe
Ansie: “Leeuwenhof bestaan uit voorskool-, laerskool- en hoërskoolkampusse. In graad 7 het Jaco na sy maats se debatte oor hul hoërskoolkeuses geluister. Toe kom die groot vraag: ‘Kan ek ook hoërskool toe gaan?’
“Vir ons was dit vanselfsprekend en ons is nie teleurgestel nie. Saam met die hoofdespan is ’n plan uitgewerk. Die enigste voorwaarde was dat Jaco graad agt sou begin met ’n proeftydperk van drie maande. Die skoolhoof het voorgestel ons belê in ’n gekwalifiseerde onderwyseres as Jaco se onderwyshulp. Onmiddellik het ek myself as hulp voorgestel. So het twee wonderlike jare begin.
“By die skool mog ek nie sy ma wees nie. Ek was sy juffrou, maar ek moes ’n lae profiel handhaaf. Watter voorreg! Ek het die kurrikulum aangepas sodat Jaco net kon doen wat vir hom van waarde was en wat hy kon bemeester. Jaco het soveel geleer. Die wetenskappe en Geografie was sy gunstelinge, maar in Engels het die wonderwêreld van die teater sy aandag gegryp. Ons moes opsluit Shakespeare se huis in Engeland besoek.
“Ons het graad 8 en 9 op Jaco se vlak voltooi. Ons is nou klaar met formele skool, maar gaan voort met tuisonderrig. Jaco het einde graad 9 erekleure vir sport by die skool verwerf op grond van sy atletiekprestasies op Gauteng- en nasionale vlak. Dit was maklik sy trotsste oomblik.”
’n Gelukkige tiener
Ariana: “Jaco word hierdie jaar 17. Vir ons is hy ’n gelukkige tiener – as daar so iets bestaan! Hy het ook maar sy dae, wat verstaanbaar is. Vir ons dogtertjies, Vené (4) en Ava (1), is hy soos ’n ouer boetie wat lekker kan saamspeel en hulle liefkens kan terg.”
Liza: “Ek en Jaco het van kleins af ’n spesiale band en ek en Riaan behandel hom soos ons ‘enigste kind’ tot ons ons eie gesin begin. Wanneer ons in Suid-Afrika kuier, bederf ek hom. Sy gunstelingeetplek is “Five Guys”, ons plaaslike burgerrestaurant. Jaco geniet die lewe en hou daarvan om grappies te maak. Ek dink hy het dit by sy sussies geleer.”
Atletiek!
Abri: “Aan die begin van 2016 hoor ons die Downs Assosiasie Tshwane begin ’n sportklub. Opgewonde woon ons die vergaderings by.
“Vroeër het Jaco saam met sy maters aan atletiek deelgeneem, maar net in die naellope. Toe hy in 2016 begin oefen, het hy ons ongelooflik verras. Hy het ’n natuurlike talent om diskus te gooi.
“Vir die meeste kinders met Downsindroom is gewigstoot nie moeilik nie, maar spiesgooi en diskus se tegniek is moeilik om aan te leer. Hy het die seuns aandagtig dopgehou en toe dit sy beurt is, gooi hy diskus soos ’n pro. Hy oefen graag en probeer sy afstande verbeter. Die spiesgooi is meer van ’n uitdaging, maar hy oefen baie hard.
“Sy eerste amptelike deelname was in die Tshwane kwalifiserende byeenkoms vir verstandelik gestremdes. Daar is ’n aparte kode vir Downsindroom persone. Jaco is gekies om as deel van die Gautengspan aan die South African Sport Association for the Intellectually Impared (SASA II) se nasionale ouderdomsgroepkampioenskappe te Paarl in Oktober 2016 deel te neem. In die 0/17 ouderdomsgroep het hy goue medaljes vir spiesgooi, gewigstoot en diskus gewen. Hy het ook bronsmedaljes gekry in die 100 m- en 200 m-naellope.
“Jaco was saam met die volwasse manne in die aflosspan en sowaar, hulle kom toe tweede.
“Die atletiek hou ons nogal besig. Ons oefen weekliks in Pretoria by ’n afrigter, biokinetikus en Pilates-instruktrise. Al is dit harde werk, doen Jaco dit graag. Hy geniet dit ook om tussen ander mense met Downsindroom te wees. Hulle vorm vriendskappe wat baie vir hom beteken. Hy leer baie by die ouer mans en vroue. Dis ongelooflik om te sien hoe hulle sosiale strukture werk. Nes normale mense!”
Ons beste raad
Ansie: “My beste raad aan mense met ’n baba met Downsindroom: Dis nie die ergste wat met jou kan gebeur nie. Geniet elke fase van jou kind se lewe, dis net nog ’n kind wat ouerleiding en liefde nodig het. Ja, daar kom moeilike tye, maar dit kan ongelooflik vervullend wees. Wees positief, stel doelwitte en werk om dit te laat waar word. Elke kind is uniek – nes jou normale kinders. Hulle moet blootgestel word aan ’n verskeidenheid aktiwiteite, sodat hulle kan weet waarvan hulle hou en waar die talent lê. Jaco is lief vir Afrikaanse musiek en sy kennis oor die sangers en liedjies is ongelooflik. Hy ken sy gunstelinge se lirieke uit sy kop, sing saam en dans tot hy natgesweet is. Anrie het hom geleer om behoorlik te sokkie en hy is nie skaam om ’n meisie te vra om te dans nie.
“Skoolraad: Probeer jou bes om jou kind in ’n hoofstroomskool te kry. Die sosiale groei is ongelooflik. ’n Onderwyshulp is aan te beveel, dit haal die druk van die onderwysers af en gee jou ’n daaglikse kommunikasievoordeel. Ons kinders gaan nooit Einsteins wees nie, maar hulle verbaas jou as hulle die geleentheid kry. Hulle hoef nie ’n kwalifikasie te kry nie, elke ding wat hulle leer is ’n bonus wat die pad vorentoe makliker maak.”
“Verder moet jy maar jou sin vir humor behou, diep asemhaal, en ’n dik vel vir teenstand uit die gemeenskap kweek. Ons geloof het my en my gesin verseker ook gedra. Onvoorwaarlike liefde en groot geduld is aan te beveel. Moenie moed verloor nie – wanneer jy dit die minste verwag, verras hulle jou! As die gemeenskap sien jy aanvaar jou kind, sal hulle ook.
“Elke gesin moet hul eie werkbare verhoudings skep, ook met jou ander kinders sodat jy hul belewing van hul gestremde sibling kan verstaan. Luister na hulle. Moenie dat die gestremde persoon alles oorneem nie.
“Hou aan glo in jou kind. ‘Dedication and commitment’ is ons leuse. Moet niks begin wat jy nie beplan om af te handel nie. Geniet die reis!”
Liza: “1 Kor. 13: Geloof, Hoop en Liefde. Die grootste hiervan is die liefde. Ons geloof in die Here se pad is wat ons deur die lewe dra. Ons weet Hy het Jaco met ’n doel aan ons geskenk. Ek het by Jaco geleer hoe om iemand onvoorwaardelik lief te hê, nes hy is.”
Anrie: “Liefde is alles!”
Jaco se toekoms
Ansie: “Ons loop die pad in geloof en God maak nog altyd ’n venster oop as ’n deur toegaan. Solank hy die atletiek geniet, doen ons dit. Ons einddoel is om te probeer kwalifiseer vir die Trisomy Games vir Downsindroompersone, die ekwivalent van die Olimpiese Spele.”
Abri: “Jaco is so ’n talentvolle seun. Hy is ’n kranige gholfspeler wat dit geniet om saam met Pa en die seuns ’n rondte te speel, ook ’n goeie skut wat saam met Pappa teiken skiet by die jagklub. Eendag wil hy sy eie bok skiet. Hy versamel Nerf-gewere en is trots op elkeen wat hy self op die internet soek. Dan word Sus in Engeland ingespan om dit te koop.
“Hy bou graag ’n kamp in die agterplaas: sit ’n tent op, tafels, stoele en elke ding, en dan nooi hy ons om saam te kom braai. Eers moet ons hom slaghuis toe neem vir ’n stukkie wors, maar hy is in beheer.
“’n Toekomstige werksgeleentheid word nou deel van ons gesprekke. Hy het nog niks spesifieks in die oog nie. Hy hou van tuinmaak en ons help hom om ’n organiese groentetuin aan die gang te hou. Wie weet, dit word dalk ’n werksgeleentheid.
“Jaco het sy ma se kunstalent geërf. Hy hou van teken en is mal oor skilder. Ansie leer hom die fyner punte van olieverf.
“Wie weet waarheen sy lewe hom gaan neem? As hy droom, sal ons probeer om dit ’n werklikheid te maak.”
Liza: “Ek wens Jaco ’n onafhanklike lewe toe, waar hy soos enige ander mens kan doen waaroor hy passievol is en, wie weet, dalk ’n goeie lewensmaat vind en sy eie normaliteit skep. Ons sal altyd daar wees om hom te help, maar hy moet ook weet ons gun hom die lewe waaroor hy droom.”
Anrie: “The sky is the limit. Hy is tot enigiets in staat.”
|
http://www.rooirose.co.za/downsindroom-n-huis-vol-liefde/
|
2017-04-25 12:57:00
|
Orgaanskenking – 3 probleme waarvan jy moet weet
|
Wat is die vreesaanjaendste kwessies rakende orgaanskenking vir jou? Ons gesels met die Organ Donor Foundation oor ons drie grootste vrese.
Probleem 1
Kan iemand my dood verklaar, al is ek dalk net in ’n koma? Wie besluit ek is werklik dood?
A Die oorplantspan
B Jou eie dokter
Die korrekte antwoord is B, jou dokter. Die oorplantspan mag glad nie betrokke wees by die doodsverklaring nie. Dit sal dus nooit so gebeur dat ’n oorplantspan ’n orgaan soek en die eerste beste persoon wat verby kom, stilletjies dood verklaar om sy organe te verwyder nie.
Suid-Afrika se mediese reëls en wetgewing oor doodsverklaring vir orgaanskenking is baie streng en in pas met die voorste lande ter wêreld.
Ons wetgewing bepaal dat twee onafhanklike dokters (jy of jou familie kan hulle self aanwys) ’n vasgestelde reeks toetse moet uitvoer om die dood te bevestig.
Die tekens van ’n koma en selfs ’n diep koma verskil duidelik van breindood. Dus is jou dokter werklik seker dat daar nie meer lewe is nie, voor hy toestemming vir orgaanoorplanting gee.
Probleem 2
Gaan ek regtig ’n verskil maak? Hoeveel mense sal ek help?
A Een mens, as jou hart gebruik word. Twee as jou niere gebruik word.
B 57 mense.
Die korrekte antwoord is B, 57 mense. Jy kan sewe lewens red en nog 50 mense help.
Jou hart, lewer, pankreas, niere en longe kan elkeen afsonderlik gebruik word, wat saam sewe mense van die dood red.
Jou korneas, hartkleppe, beenmurg en so meer kan tot 50 mense verder help. So kan jou korneas iemand se sig herstel, en jou beenmurg kan ’n kind met beenmurgkanker nuwe lewe gee.
Die nood aan bykomende weefsel is groot in Suid-Afrika. Ons het nie so ’n sterk tradisie van orgaanskenking as Europese lande soos Duitsland nie. Gevolglik help ons jaarliks maar 500-750 mense, terwyl 4 000-5 000 mense op enige gegewe tydstip op organe wag. Hartverskeurend min – een of twee uit elke tien – word gehelp.
Die groot stap is die begrip dat jy vry is om hierdie kosbare geskenk te gee omdat jy aangestap het. Jou medemenslikheid kan jou as’t ware laat voortleef.
Probleem 3
Kan iemand my verkoop vir my organe? Kan my organe verkoop word?
A Ja, maar net niere, sperm en vroulike eierselle (ova) kan verhandel word.
B Nee, geen menslike weefsel mag verkoop word nie.
Die korrekte antwoord is B, geen menslike weefsel mag verkoop word nie. Een van die grootste probleme wat mense met orgaanskenking het, is die vrees dat daar geld gemaak kan word uit jou liggaam terwyl jy weerloos is, byvoorbeeld wanneer jy in ’n tydelike koma verkeer. Maar in Suid-Afrika mag geen orgaan, weefsel, vel of selfs beenmurg en bloed verkoop of gekoop word nie. Daar is dus geen winsmotief nie, wat jou teen enige potensiële finansiële uitbuiting beskerm.
Die Wet is duidelik: jy ontvang niks vir orgaanskenking nie, en jou familie word nie daarvoor vergoed nie. Dit kos jou ook niks nie. Selfs ontvangers betaal nie vir geskenkte organe nie. Hulle mag nie geld daarvoor aanbied nie.
Hoekom kos dit ontvangers geld vir ’n orgaanoorplanting?
Die prosesse verbonde aan die verwydering, vervoer, bewaring en oorplanting van organe is geweldig gesofistikeerd en gevolglik baie duur. Hulle, of hul mediese fondse, dra hierdie onkostes. Selfs ova en sperme word nie verkoop nie. Die skenker kry wel ’n relatief klein vergoeding vir onkostes, teen ’n paar honderd rand vir sperme, tot R7 000 vir ovaskenking.
Niemand maak wins nie.
Jy sal ook hou van
• Hoe om jou organe te skenk. Doen dit self aanlyn (hier is die skakel) by die Organ Donor Foundation. Dan weet jy dit is jou keuse, en dat niemand anders namens jou daaroor besluit nie.
• Werk jou niere goed?
• Orgaanoorplanting: Oowinnaar vertel
• Hoe werk skenkingskontrakte? Hier is die dinge wat belangrik is in ’n kontrak vir ovaskenking.
|
http://www.rooirose.co.za/orgaanskenking-probleme-waarvan-jy-moet-weet/
|
2016-08-02 06:00:58
|
Lys van kosse wat suur verminder en vermeerder
|
~
Watter kosse moet jy weglaat om suur te verminder? Jy kan baie gou baie beter voel as jy die regte dieet volg! Hier is ’n lys van kos wat suurheid teenwerk. Kyk watter help jou en watter pla jou. Deur Salomé Delport. Foto Pexels
|
http://www.rooirose.co.za/lys-van-kosse-wat-suur-verminder-en-vermeerder/
|
2016-06-17 10:15:15
|
Ons 5 moet-sien uitstallers by KAMERS
|
Herfs 2017 beloof om die beste inspirasie van trotse plaaslike talent te bied. Meer as 150 makers bring vanjaar hul unieke handgemaakte produkte, heerlike kos en wyn, musiek en meer na KAMERS/Makers 2017 in Johannesburg en Kaapstad. Gaan loer gerus aanlyn by shop.kamersvol.com en word nou al geïnspireer. Ons deel ons 5 moet-sien uitstallers wat jy nie by vanjaar se KAMERS/Makers kan misloop nie:
1. Lorne
Die juweliersontwerper, Gillian Lawrence, se interessante ontwerpe is ’n kombinasie van spontaniteit en speelsheid. Sy put inspirasie uit daaglikse oomblikke – veral wanneer sy nie daarop fokus nie.
Gillian beskryf haar ontwerpe as “an embraced, uncalculated design in a sense with little over thought.”
E-pos: [email protected]
Webblad: gillianlawrence.com
Facebook: @lornejewellery
Instagram: @for_lorne
2. Dayfeels
Dayfeels is die handewerk van die Suid-Afrikaanse fotograaf en kunstenaar, Amor Coetzee. Haar inspirasie spruit voort uit ’n diepe waardering vir die see, die eienskappe van water asook die landskap. Om te skep beteken vir Amor vryheid en dit is duidelik sigbaar in haar werk.
E-pos: [email protected]
Webblad: www.dayfeels.co.za
Facebook: @dayfeels
Twitter: @dayfeels
Instagram: @dayfeels
3. Shauna Neill
Shauna Neill se juwele is uniek, minimalisties en perfek vir die moderne vrou wat daarvan hou om iets te dra wat haar laat uitstaan van die res.
“I never create a piece that I would not wear myself, which keeps me true to what I believe is good design and good workmanship,” sê Shauna.
Al haar juwele word handgemaak in Durban deur ’n groepie vroue wat vroeër werkloos was en wie Shauna opgelei het in die kuns van juweliersontwerp.
E-pos: [email protected]
Webblad: www.shaunaneill.co.za
Facebook: @ShaunaNeill
Instagram: @shaunaneilldesign
4. Archibold Solid Woods
Die skeppers van Archibold Solid Woods, Mark Buchanan en Suly Kuhn, het saamgewerk met die visie om kanttafeltjies te skep wat eenvoudig maar tog elegant en uniek is. Hulle maak slegs gebruik van soliede herwonne hout en omdat elke stuk anders lyk, is dit ware kunswerke.
Het jy geweet: Die naam Archibold beteken eg, dapper en braaf.
E-pos: [email protected]
Webblad: archiboldsolidwoods.com
Aanlynwinkel: archibold-solid-woods.shopstar.co.za
Instagram: @archiboldsolidwoods
Facebook: @archiboldsolidwoods
5. Artesense
Yvette Mommsen het ’n paar jaar gelede die aanlynwinkel Artesense begin om haar liefde vir handgemaakte produkte te deel. Dit het haar uiteindelik geïnspireer om haar eie reeks Makrame-produkte te vervaardig. Vandag is haar klein besigheid suksesvol en word haar produkte oral herken.
E-pos: [email protected]
Webblad: artesense.co.za
Facebook: @artesensehandmadeproducts
Twitter: @artesensesa
Instagram: @artesenseonline
Kamers vind plaas in Johannesburg en Kaapstad. Hiermee meer besonderhede:
Johannesburg
• 26 – 30 April 2017
• St John’s College, Houghton
• 9:00 – 17:00 daagliks
Kaapstad
• 24 – 28 Mei 2017
• Die Kasteel de Goede Hoop
• 9:00 – 17:00 daagliks
Besoek ook die webblad by kamersvol.com vir meer.
|
http://www.rooirose.co.za/ons-5-moet-sien-uitstallers-by-kamers/
|
2017-04-23 15:12:11
|
Versot op knielengte-stewels
|
~
Winter is om die draai en met die groot verskeidenheid stewelstyle is daar ’n paar wat by elke uitrusting, persoonlikheid en bui kan pas. Hoewel style kom en gaan, is die klassieke knielengte stewel hier om te bly. Hierdie tydlose item is geskik vir enige geleentheid, mits jy dit reg stileer. Hier is een stewel wat by drie verskillende geleenthede aangetrek kan word. Deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: Poetry
|
http://www.rooirose.co.za/versot-op-knielengte-stewels/
|
2017-04-25 10:23:28
|
Wen met African Lab Design
|
African Lab Design is ’n trots Suid-Afrikaanse handelsnaam wat deur hul aanlynwinkel en boetieks verskeie plaaslike produkte verkoop. Een van die inisiatiewe wat deur African Lab Design ondersteun word, is Lalela – ’n opvoedkundige, naskoolse kunsprogram wat daargestel is om die verskeie talente van hoë risiko jeug regoor Suid-Afrika te ontwikkel, terwyl dit ook ’n gees van entrepreneurskap onder hulle aanwakker.
Alles van kussingslope tot T-hemde, sakke, beursies en vele meer, vertoon van die kunswerke wat die leerders van Lalela maak. Elk van dié ontwerpe word deur African Lab Design in unieke produkte omskep wat oor hul verskeie platforms heen verkoop word. Sodoende word ’n gedeelte van verkope aan Lalela geskenk sodat dié inisiatief onderhou kan word.
Besoek die African Lab-webtuiste vir meer inligting oor Lalela en African Lab Design. Jy kan ook meer inligting op hul Facebook-blad kry.
3 Gelukkige lesers kan elk ’n African Lab Design-geskenkpak van R700 wen! Elke geskenkpak bevat die volgende:
• 1 x City Print 30 x 50 strooikussing van Lalela
• 1 x City Print-potloodsakkie van Lalela
Reëls en voorwaardes geld
Sluitdatum: 12 April 2017 om 24:00
Vraag: Watter naskoolse inisiatief word deur African Lab Design ondersteun? *
Naam *
Van *
Kontaknommer *
Posadres *
E-posadres *
Het jy die reëls en voorwaardes gelees? * Ja Nee
Mag rooi rose jou van enige spesiale aanbiedinge laat weet? * Ja Nee
|
http://www.rooirose.co.za/wen-met-african-lab-design/
|
2017-04-05 09:00:04
|
Boekbekendstelling: Die Bergengel
|
Protea Boekhuis nooi jou vriendelik uit om die boekbekendstelling-met-kuns van Carina Stander se nuwe publikasie, Die Bergengel, oor ’n glasie wyn te vier.
Matthys Boshoff (vervaardiger en filmmaker) sal die gesprekleier wees.
Besonderhede
Sondag, 7 Mei 2017
Tina Skukan Galery, Koedoebergweg 6, Faerie Glen
11:00 vir 11:30
RSVP voor of op 2 Mei 2017 by 012 362 3444 of [email protected]
Bring asb. ’n opvoustoel saam.
Die publikasie sal te koop wees teen R220
|
http://www.rooirose.co.za/boekbekendstelling-die-bergengel/
|
2017-04-24 09:38:02
|
WEN ’n Canon-drukker van R3 000
|
Die bekende handelsmerk, Canon, het onlangs ’n nuwe reeks drukkers bekendgestel! Dié drukkers, genaamd PIXMA, is daargestel om nie net jou alledaagse drukwerk met topklas kwaliteit af te handel nie, maar ook om jou foto’s op ’n professionele wyse te druk. Daar is drie drukkers in die reeks: die PIXMA G1400, PIXMA G2400 en die PIXMA G3400.
Die PIXMA G3400 is die indrukwekkendste drukker van die lot, met vermoëns om te skandeer, te kopieër en te druk. Boonop werk dit met hervulbare inkpotjies en kan dit selfs die ingewikkeldste drukwerk binne 60 sekondes afhandel.
Een gelukkige rooi rose-leser kan ’n Canon PIXMA G3400-drukker ter waarde van R3 000 wen! Beantwoord die maklike vraag en voltooi die onderstaande vorm om in te skryf.
Reëls en voorwaardes geld
Sluitdatum: 17 April 2017 om middernag
VRAAG: Wat is die naam van die drukker wat jy kan wen? *
Naam en Van *
Kontaknommer *
Posadres *
E-posadres *
Fisieke adres *
Het jy die reëls en voorwaardes gelees? * Ja Nee
Mag rooi rose jou van enige spesiale aanbiedinge laat weet? * Ja Nee
|
http://www.rooirose.co.za/wen-n-canon-drukker-van-r3-000/
|
2017-01-08 00:00:00
|
Hoekom Francois van Coke dink die wêreld is mal
|
Vertel ons meer van jou nuwe musiekvideo, “Die wêreld is mal”.
Die song gaan oor my reis en dat ek konstant op pad is huis toe. Ek toer al vir 14 jaar, maar nou is dinge anders. Ek bly in ’n huis waarvan ek hou. Ek het ’n vrou, ’n kind en ’n hond waarvoor ek lief is. Die wêreld rondom ons is mal, maar ek het iets wat my anker.
Kyk hier na die video:
Hoekom dink jy het die wêreld “mal geword”?
Die wêreld is nog altyd mal. Dit het nie ewe skielik mal geraak nie. Daar was al 2 wêreld-oorloë lank voor ek gebore is. Mense word al baie lank doodgemaak in die naam van geloof. Dinge is redelik deurmekaar tans, ek dink almal voel dit. Dit draai nou en dan, wanneer iemand iets mooi vir ander doen.
Hoe beskou jy politiek?
Ek is stel so bietjie belang in politiek, omdat dit my meer persoonlik beïnvloed hoe ouer ek raak. Politici verbaas my nie en ek het altyd gedink wêreldleiers is slimmer.
Is jy nog lief vir Suid-Afrika?
Natuurlik. Ek is baie lief vir Suid-Afrika. Ons het baie vryheid, dit is waar ek gebore is en my hele lewe lank bly. Ons voel so bietjie afgesonder van die res van die wêreld. Ongelukkig is ek soos baie ander bekommerd oor die toekoms.
Jou tweede solo-album, “Hierdie is die lewe”, kry baie goeie terugvoer. Het jy dit verwag?
Ek het natuurlik gehoop mense sal van die album hou, maar mens weet nooit hoe die publiek gaan voel oor die songs nie. Ek wou net eerlik weergee wat en wie ek op die oomblik is en hoop mense kan aanklank vind by daardie songs. Dit is my uitlaatklep.
Vertel ons meer van die album.
Dit is ’n rock-album. Ek het saam met my band, Die Gevaar, die hele album gekryf. Die album is meestal opgeneem by my vriend en kollega, Johnny de Ridder, se studio in Bellville en vervaardig deur hom en Rudolph Willemse. Die album se lirieke is baie persoonlik en bietjie van ’n eksistentiële krises. Die songs gaan oor die goed, die kwaad, die liefde, die haat en Suid-Afrika.
Wat beplan jy vir die res van die jaar?
Ek en my band speel regoor SA vir die res van die jaar en het ook ’n show of twee in die buiteland. Ek is ook besig om saam met die res van die manne van Fokofpolisiekar te werk aan ’n nuwe album. Die eerste een in 10 jaar.
Lees ook: Fokofpolisiekar samel R700 000 in EN hou gratis konsert
Hoe het pa-wees jou lewe verander?
Alles is anders. Alex, my dogter, het my ’n nuwe rede gegee om te leef. Ek wil ’n beter mens wees vir haar en my vrou.
Wat is die grootste lewensles wat jy al geleer het?
Dit raak beter as jy ouer raak.
Wat is jou lewensmotto?
Ek het nie ’n lewensmotto nie, maar ek hou van hierdie drie woorde: Passie, bevryding en onafhanklikheid.
|
http://www.rooirose.co.za/hoekom-francois-van-coke-dink-die-wereld-is-mal/
|
2017-04-26 15:12:36
|
Sorg so vir leer
|
Leer is hier en ook internasionaal die mees begeerlikste bekleedsel vir meubels, in die voertuig industrie asook in klere ontwerp. Suid-Afrika is tans een van die vooraanstaande lande as ons van leer produksie praat. In vroeër tye is primitiewe leer-metodes aangewend, maar die industrie is huidiglik hoogs wetenskaplik en in-diepte navorsing word gedoen om leer te verbeter om by ons moderne leefwyses aan te pas.
Hoe moet ons leer-items versorg sodat dit langer sal hou?
Leatherguard verskaf die volgende belangrike redes waarom ons noukeurig na ons leer moet omsien.
1. Voorkom dat die leer kraak en afdop.
2. Beskerm teen sonbeskadiging.
3. Maklike verwydering van ink en vlekke.
4. Bewaar buigsaamheid en glans.
5. Voorkom dat die kleur verbleik.
Vir meer inligting besoek www.leatherguard.co.za
Verwyder vlekke in drie maklike stappe
STAP 1 – Dreineer enige vloeistowwe van die leer met ’n skoon wit lappie of papier handdoek.
STAP 2 – Verwyder alle soliede stukkies wat oorblywend is op die leer versigtig. As die stukkies droog geword het, kan dit afgeborsel of met ’n stofsuier verwyder word.
STAP 3 – Identifiseer die vlek en verwyder dit met die korrekte produk of kontak Leatherguard direk vir verdere navrae by www.leatherguard.co.za
Handige wenke om jou leer produkte te beskerm
1. Moenie jou leer baadjie laat droogskoonmaak nie. Die kleur gaan uitwas, dit verwyder die olies uit die leer en beskadig die leer-kledingstuk.
2. Gebruik van Leatherguard se spesialis produkte (soos die Diep Reiniger) om die leer skoon te hou.
3. Bly weg van wasgoed-opknapmiddels soos Stasoft, aangesien dit ook die kleur van jou leerbaadjie sal beïnvloed.
4. Gebruik hul spesialis-room om jou baadjie weer ’n sagte gevoel te gee.
Wenke om na jou leer skoene om te sien
Volgens Green Cross versorg mense verskillende tipes leer op uiteenlopende wyses:
1. Volgraan-leer
Maak seker dat jou politoer die kleur van die skoen naboots. Neutrale skoenroom of -politoer moet aan lig gekleurde en natuurlike leer aangend word. Wend egalig aan in klein hoeveelgede met ’n skoon droeë lap.
2. Blinkleer
Vee hierdie leer met ’n skoon lap gevolg deur versigtige polering.
3. Sweedseleer
Vuilighede op die oppervlak moet met ’n sagte borsel verwyder word. Sommige vlekke kan met ’n suede-skoonmaakproduk verwyder word. Sekere skoonmaak middels kan die kleur van die leer verdonker. ’n Sagte borsel kan gebruik word om die pluisafwerking te lig en herstel. Voorkom dat olierige vloeistowwe op die sweedseleer kom, want dit sal die leer permanent beskadig.
|
http://www.rooirose.co.za/leer/
|
2013-10-13 00:00:00
|
Koeklollies
|
genoeg vir 12 lollies
Basiese koek
• 100 g botter
• 4 eiers
• 260 g strooisuiker
• 280 g koekmeel
• 15 ml (1 e) bakpoeier
• 2,5 ml (½ t) sout
• 250 ml (1 k) melk
• gerasperde skil van een suurlemoen
• 10 ml (2 t) vanieljegeursel
• 250 g volroomroomkaas
• 200 g witsjokolade, gekap
1 Voorverhit die oond tot 180 °C.
2 Voer 2 x 20 cm-koekpanne met bakpapier uit. Smeer met botter of spuit met kleefwerende kossproei.
3 Room die eiers en suiker in ’n groot mengbak tot lig en donsig.
4 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en vou dit versigtig by die mengsel in tot alles deeglik gemeng is.
5 Verhit die melk in ’n klein kastrol tot kookpunt. Trek van die hitte af en voeg die botter, suurlemoenskil en vanieljegeursel by.
6 Voeg die melkmengsel by die meel en meng deeglik. Verdeel die beslag tussen die panne en bak vir 35-40 min. of tot goudkleurig en ’n toetspen wat in die middel ingedruk is, skoon uitkom. Keer die koek op ’n draadrakkie uit en laat heeltemal afkoel.
7 Meng 500 g van die koek, gekrummel, en die roomkaas deeglik in die mengbak van ’n voedselverwerker.
8 Vorm in happiegrootte balletjies. Druk ’n kort sosatiestokkie in elke balletjie.
9 Smelt die witsjokolade oor ’n dubbelkoker (’n glasbak wat knus pas op ’n kastrol met pruttende water – die glasboom moenie aan die water raak nie).
9 Doop die balletjies in die sjokolade tot dit heeltemal bedek is.
10 Laat die oortollige sjokolade afdrup en laat staan op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
11 Sit eenkant totdat die witsjokolade geset is (nie in die yskas nie).
|
http://www.rooirose.co.za/koeklollies/
|
2017-04-05 13:45:58
|
Raad vir suurheid wat regtig werk
|
Liggaamsuurheid is ’n baie komplekse konsep. Dit is nie so eenvoudig as dat jou kos direk suurheid veroorsaak nie. En tog kan jy suur met ‘n teensuurdieet regstel … of vererger.
Dit is ook meer kompleks as dat jou dieet artritispyn veroorsaak. Tog beïnvloed sekere suur-veroorsakende kosse jig en artritis – maar omdat hulle ryk is aan puriene en nie omdat hulle met suurheid te doen het nie.
Liggaamsuur kan ‘n teken van ernstige lewensgevaarlike toestande wees, soos keto-asidose as jy ‘n diabeet is – of net beteken dat jy gesonder kan eet.
Ons het alles bymekaar gesit vir jou, sodat jy kan uitwerk wat op jou van toepassing is en dus weet wat die beste vir jou werk.
Jy het TWEE suur-sones
Die pH van ’n middel verwys na hoe suur of alkalies dit is. ’n pH van sewe is neutraal, ’n pH bo sewe is alkalies, terwyl alles onder sewe suur is. Hoe verder van 7 af die pH is hoe sterker is die suur of alkalie. ‘n Suur met ‘n pH van 3 is dus baie sterker as ‘n suur met ‘n pH van 6. Net so is ‘n alkali met pH van 9 baie sterker as ‘n alkali met ‘n pH van 7,5. Om perspekitef te gee: die pH van suiwer lemmetjiesap is 3,5, terwyl die pH van gewone water rondom 7 is.
Jou liggaam het ook ’n pH – eintlik verskeie. Die pH binne jou maag is verreweg die laagste, van 1,5 tot 3,5 – wat baie sterk suur is. Die pH van die res van jou spysverteringskanaal soos jou mond, slukderm en dermkanaal lê egter tussen 5 en net onder sewe, en is dus net effens suur. Die pH van jou ileum (net voor jou dikderm) is egter alkalies, op 8. Die pH van jou bloed en die res van jou liggaam is net effens alkalies, naamlik 7,3 tot 7,4. Kyk net hoeveel verskillende pHs het jy:
pH-waardes vir die verskillende dele van jou spysverteringskanaal:
Jou speeksel 6,4 Effens suur Jou maag 1,5 – 3,5 Sterk suur Jou dunderm 5,5 Effens suur Jou dikderm 7-8 Effens alkalies
Waardes vir die pH van die res van jou liggaam:
Jou bloed 7,3 Effens alkalies Jou lewer 6.9 Amper neutraal Jou bfein 7,2 Effens alkalies Urine 5,8 Taamlik suur Vagina voor die menopouse 4,5 Taamlik suur Vagina na die menopouse 7,0 Neutraal Semen 7,2 Net-net alkalies
Dus: pH in jou liggaam is nie oral dieselfde nie.
Nog iets wat jy uit die twee tabelle kan aflei is dat jy breedweg twee pH-sones het: jou suur spysverteringskanaal en die res van jou liggaam wat deur jou bloed ‘gediens’ word en dus oorwegend effens alkalies is. Die twee stelsels werk optimaal as hul verskillende pH’s konstant bly. ’n Vernuftige stelsel van buffers hou dit so … tot dinge verkeerd loop. Dit is dan dat jy sleg voel, sukkel met sooibrand, blaasinfeksie en van moegheid kla. Hierdie probleme kan ook ander oorsake hê, waarvan ’n versteuring in jou liggaam se pH-balans net een is.
Iets om te onthou: die twee stelsels werk afsonderlik. Jy kan te veel maagsuur (en sooibrand) hê terwyl jou liggaam se pH steeds alkalies is. Die teenoorgestelde is ook waar: Jou liggaam kan te suur wees, terwyl jou spysverteringstelsel se pH heeltemal normaal is. Oplossings wat vir die een werk, werk nie noodwendig vir die ander een nie.
As jy na suurheid verwys moet jy nie die twee stelsels veerwar nie. As jy jou liggaamsuurheid wil verbeter moet jy goed tussen die twee kan onderskei. Jy kan dus eintlik bedoel:
oormatige suurheid van die liggaam; of
suur in die spysverteringskanaal
Kyk hier met watter soort suur jy te doen het – en kyk kan self hoe jy jou eie probleem met suur beter kan bestuur:
1. Suurheid van die liggaam
Jou liggaam het ’n baie robuuste pH-balans. Die sone vir normaal (7,3 – 7,4) is wel klein maar jou bufferstelsel beheer dit baie doeltreffend. Die volgende siektes en toestande gooi dit egter omver. Elkeen is ‘n ernstige mediese toestand. Jy moet liewer mediese behandeling kry as om sommer tuis te kyk wat jy daaraan kan doen.
Oorsake van suur in die liggaam
Diabetes, waar jou insulien nie goed werk nie. Jy ruik dit as naellak op die asem
Vas, enige baie lae-kilojouledieet en die laekoolhidraatdieet (Banting of lchf-dieet). Wanneer jy liggaamsvet verbrand, ontstaan ’n toestand wat asidose genoem word. Jy weet iemand het asidose as sy asem effens na asetoon ruik. By diabete kan dit dodelik wees
Alkoholmisbruik
Baie harde oefening. Dit veroorsaak melksuur in jou spiere, wat jy as seer spiere ervaar
Misbruik van waterafdrywers (diuretika)
Kaliumtekort (Oorsake sluit in te min kalium en magnesium in jou dieet, diarree, oormatige sweet en selfs medikasie, en veral sekere bloeddrukmedikasies. Party mense neem nie maklik kalium op nie of skei kalium oormatig uit.)
Hipoventilasie (swak en vlak asemhaling)
Nierversaking
Inname of opbou van te veel bikarbonaat (koeksoda)
Raad vir liggaamsuur
Jy kan dit nie werklik ‘reg’ eet nie, verduidelik Maryke Bronkhorst, dieetkundige en ADSA-woordvoerder van Pretoria.
“Die rol van kos is baie indirek. Jy kan wel jou kalium opstoot deur elke dag ’n piesang te eet maar dit gaan nie jou bloeddruk so regstel dat jy nie bloeddrukmedikasie hoef te gebruik nie. Dit gaan ook nie die melksuur in jou spiere wegneem en binne ure jou seer spiere wegdokter nie, en so aan.
“Van die toestande wat aan suur verbind word, soos nierversaking, is lewensgevaarlik, en moet medies behandel word. Buiten mediese hulp sal jy vir nierversaking op ’n baie spesifieke dieet vir niere geplaas word. Dit het eerder met die hoeveelheid proteien in jou dieet te doen as met kosse wat suur veroorsaak.
“Elke toestand wat liggaamsuur veroorsaak, word dus afsonderlik behandel.”
Wat van kos vir liggaamsuur?
Kan jy effens anders eet en so liggaamsuurheid keer? Is daar iets soos ‘n antisuur-dieet? Watter kosse keer liggaamsuurheid? En nog belangriker: watter kosse veroorsaak liggaamsuurheid ?
“Beslis. Dit sal oormatige suur in die spysverteringskanaal help teenwerk. Maar onthou dat dit meestal nie probleme met liggaamsuur oplos nie, soos aan die begin van die artikel verduidelik.
“Jy sal ook op die lys hieronder sien dat sommige kosse wat duidelik suur proe, soos suurlemoensap, jou spysvertering se suurheid verminder. Dit klink vreemd maar onthou, jou maagsappe is redelik sterk suur. Kos en selfs suur kos het min effek daarop. Dit gaan eintlik oor die afbreekprodukte wat kos nalaat nadat jou spysverteringsappe daarmee klaar is.”
Maar om liggaamsuurheid werklik te verstaan, moet jy ook die bufferstelsel van jou liggaam verstaan: dit is gebaseer op karbonate, wat bind aan kalium, magnesium en kalsium, vir die buffer-aksie.
Mineraalaanvullers soos A. Vogel se Alkaline Powder en kosse ryk aan minerale ondersteun jou bufferstelsel en kan dus help om jou liggaam effens alkalies te hou.
2. Suur in die spysverteringskanaal
Jou spysverteringskanaal is met goeie rede suur. Die sure help om jou kos af te breek. Vermoedelik beskerm dit jou ook teen onwelkome bakterieë, wat deur die redelike sterk suurheid vernietig word. Al is jou spysverteringskanaal redelik suur, kan selfs dit te suur raak, verduidelik Maryke.
Tekens van suur vir die spysverteringskanaal
Jou spysverteringskanaal moet suur wees. Maar dit kan ook te suur wees. Maryke sê jy sal weet jou spysverteringskanaal is te suur as jy een of meer van die volgende simptome en toestande het:
Jy het sooibrand
Jy het gastro-esofageale refluks (GERD, waartydens maagsuur gereeld in jou slukderm opstoot)
Jy het ’n maagseer
Jy het gastritis (inflammasie van die maagwand en dermwand, wat jy as pyn oor die groter maagarea bo jou naeltjie ervaar)
Dit is teer en rooi buite om jou anus
Jou mond proe suur
Oorsake van suur in die spysverteringstelsel
Volgens Maryke kan baie faktore oorproduksie van maagsuur veroorsaak, soos:
Te veel en te gereeld alkohol – wat bier, sjampanje, koelers en sterk drank insluit.
Te veel koffie. Die kafeïen daarin – en in sterk tee, kola-koeldranke en energiedrankies – veroorsaak suur.
Te veel suiker
Te veel verfynde stysels – koek, donuts, brood, lekkergoed, gebak, skilferkors, pasteitjies …
Te veel vet
Jy is onder baie werksdruk of stres tuis
Sigarette en ander vorms van nikotien
Jy het probleme met ’n maagbakterie met die naam van Helicobacter pylori
Jy kan egter ook suurheid ervaar as jou maagklep nie goed werk nie, sodat maagsuur in jou slukderm opstoot. In hierdie geval help dit nie om jou maagsuurheid te verander nie. Die klepprobleem moet eerder aangespreek word.
Raad vir suur van die spysverteringskanaal
Sooibrandmiddels word ook teensuurmiddel genoem. Sal hulle help? Jy moet dan juis jou maagsuurheid behou vir goeie spysvertering?
Begin liewer by die volgende, en spaar die sooibrandmiddels vir noodgevalle sê Maryke.
“Kyk eers wat jy drink. Baie mense drink bloot te veel koffie, gaskoeldramke en/of wyn. Begin by alkohol: het jy regtig elke dag ’n glasie wyn of ’n bier en gaskoeldrank nodig, as dit jou so sleg laat voel? Vervang alles of party met rooibostee omdat dit vry van kafeïen is. Dit kan ook help om jou dag te begin met ’n glas water met ’n goeie skeut suurlemoensap of met gemmertee.
“Rook jy en het jy dikwels sooibrand, GERD of pyn oor jou maag? Dan veroorsaak rook by jou suur. Die beste raad is om op te hou rook.
“Stres is ongelukkig deel van ons lewens. Gelukkig kan die meeste van ons dit goed of ten minste beter leer hanteer. Die vyf basiese geheime van ‘n streshantering is om seker te maak (1) jy slaap genoeg, (2) jy eet gesond, (3) jy oefen minstens drie uur per week so hard dat jy sweet, (4) jy balanseer jou werksdruk met lekker ontspanning, en (5) jy werk aan jou gemoedslewe en menseverhoudings.
“Oor Helico pylori wil ek nie uitbrei nie. Jou dokter sal dit diagnoseer en behandel met dieet en/of antibiotika.”
Wat van die antisuur-dieet? Is dit die regte raad vir suur in die spysverteringskanaal?
“Vette, stysels en suikers word na suur in jou maag afgebreek. Dink aan ’n koeksister: dit is gemaak van meel (stysel), word in kookolie gebraai (vet) en dan in suikerstroop geweek (suiker). Hierdie een happie dra dus op drie maniere by tot ekstra suur.
“En so ook die meeste ander gebak – koek, beskuit, brood in al sy vorms. Buiten meel bevat dit redelik baie suiker, konfyt of versiersuiker en vette in die vorm van botter of olie. Vir baie mense is dit dus die hoofrede suur. Maar mense verskil, en dus moet jy toets wat vir jou sooibrand gee. Party mense kan byvoorbeeld witbrood eet maar nie bruinbrood nie.”
Suurheid, jig en artritis
“Nog ’n aspek wat verwarring skep is dat mense dink jig en artritis is dieselfde toestand. Artritis – dokters noem dit osteo-artritis – is die pyn wat jy ervaar weens die verwering van jou gewrigte en been. Jig is ‘n spesifieke soort inflammasie wat deur uriensuurkristalle gesneller word. Dit tas meestal jou groottoon se basisgewrig aan maar jou knieë en elmboë kan ook deur jig geknou word.
Jig slaan binne ure toe, terwyl artritis meestal ‘n chroniese toestand is wat oor maande opbou. Anders as artritis word jig word deur kosse gesneller. Die soorte kos wat jig sneller val in twee groepe: die wat uriensuur bevat en die wat purien bevat. Die liggaam breek puriene af na uriensuur.
Jou liggaam hou jou uriene deur ‘n stelsel van buffers redelik suur – kyk op die tabel hierbo. Die laer pH keer dat organismes daarin groei, en hou dus jou urien steriel. Die probleem is dat jou dieet kan veroorsaak dat jou liggaam te veel uriensuur moet hanteer. Net soos sout in ‘n sterk soutoplossing kan uitsak, vorm die oormaat uriensuur naderhand kristalle. Hierdie kristalle is geneig om in die gewrigte neer te slaan, waar hulle dan inflammasie en daardie pynlike, rooi jiggewrigte veroorsaak.
“Daar is dus twee maniere om uriensuur laag te hou en so jig te keer, naamlik deur:
Minder kos te eet wat ryk aan puriene is wat afbreek na uriensuur
Minder kosse te eet wat uriensuur veroorsaak
Volgens Nicus (Nutrition Information Centre Universiteit Stellenbosch) is die volgende kosse ryk aan puriene. Jy moet dit dus vir jig vermy.
Lys van kosse met baie purien Vermy hulle as jy jig het.
Lys van kosse sonder purien maar wat uriensuur veroorsaak. Vermy hulle ook as jy jig het.
Nota 1 Party mense met artritis ervaar ook dat sekere kosse hul artritis vererger. Dit word jig-agtige artritis genoem.
Nota 2 Het jy ‘n kosallergie? As jy met artritis sukkel vermy hierdie kosse ook. Hulle ontlok inflammaksie, wat jou artritis vererger.
|
http://www.rooirose.co.za/suur-kry-raad-wat-vir-jou-werk/
|
2016-06-17 10:17:00
|
Verruklike salm en Chardonnay-paring vir Moedersdag!
|
Geposjeerde salm met olyfolie
Bestanddele:
500 g salm, rofweg in 4 porsies van 125 g elk gesny
genoeg olyfolie om die salm te bedek
sout en witpeper
1 bondel preie
3 teelepels ongesoute botter
1 koppie droë witwyn
½ koppie crème fraiche
1 bondel vars grasuie, fyngekap
Voorbereiding:
Preie
Verwyder die boonste, groen gedeelte, asook die wortels van die preie. Sny elke prei in die helfte, volgens lengte en dan dwarsoor om klein, halfsirkels te vorm. Plaas die preie in ’n groot pot en bedek met water. Roer deurgaans om van enige vuiligheid ontslae te raak. Verwyder die preie met ’n sif en plaas in ’n pan met die botter, witwyn, sout en peper. Kook alles op ’n lae hitte tot die wyn verdamp het en die preie sag is (ongeveer 25 – 30 minute). Hou alles warm tot jy gereed is om te bedien.
Crème fraiche
Plaas die crème fraiche in ’n bak, saam met die dun gesnyde grasuie, sout en peper en meng goed.
Salm
Plaas die olyfolie in ’n groot pot en verhit tot 65 ˚C. Strooi sout en peper oor die salm-filette en gebruik ’n gaatjieslepel om elke fillet in die warm olie te plaas. Maak seker die hele filet word deur die olie bedek. Laat die salm in die olie vir 8 – 10 minute. Gebruik weer die gaatjieslepel om die salm uit die olie te verwyder en plaas op kombuispapier om oortollige olie te dreineer.
Bediening:
Deel die preie oor vier borde. Plaas ’n salm-fillet op elke bord en rond af met ’n skeppie van die grasui- en crème fraiche-mengsel.
Geniet die dis saam met ’n glasie KWV Classic Chardonnay.
Dié elegante wyn het note van lemoenbloeisels, perske en lemmetjie. Die palet is droog met n tikkie perske. Elke sopie word afgerond met ’n blywende, romerige smaak.
Twee gelukkige lesers kan elk ’n kis KWV Classic Chardonnay WEN! Beantwoord die maklike vraag en voltooi die onderstaande vorm om in te skryf.
Reëls en voorwaardes geld
Kompetisie sluit 1 Mei 2017 om 24:00
Vraag: Wat is op jou Moedersdag-spyskaart? *
Naam *
Van *
Kontaknommer *
Posadres *
Fisieke adres *
E-posadres *
Het jy die reëls en voorwaardes gelees? * Ja Nee
Mag rooi rose jou van enige spesiale aanbiedinge laat weet? * Ja Nee
|
http://www.rooirose.co.za/verruklike-salm-en-chardonnay-paring-vir-moedersdag/
|
2017-04-24 01:14:46
|
Fees op Pringlebaai
|
Die doel van die fees is om mense te lok wat nie gewoonlik die dorp sou besoek nie. Die fees sal ook plaaslike kunstenaars ’n kans gee om met hul talente te woeker. Die opbrengs van die fees sal aan die plaaslike skool, Pringle Bay Eco, en die plaaslike liefdadigheidsorganisasie vir diere, KAWS, geskenk word.
Die vermaak by die fees is gemik op alle ouderdomme en besoekers kan die geleentheid gebruik om die onontdekte strande, die rivier en die strandmeer asook die bergpaaie te voet en per bergfiets te ontken.
Pringlebaai is omring met Valsbaai aan die een kant en Kaapse punt aan die ander. Daar is ’n unieke uitsigpunt vanaf die top van die Hangklipberg op Valsbaai. Die lighuis is snags ’n unieke gesig.
Onder die geskiedkundige plekke wat besoek kan word, tel die kamp vir oorlogsgevangenes, die radarstasie en die grotte waar slawe wat weggeloop het, weggekruip het.
Pringlebaai is net ’n bietjie meer as ’n uur se ry van Kaapstad en het verskeie kroeë en restaurante.
Talle plaaslike ondernemings produseer produkte soos onder meer skoonheidsprodukte, heuning en die lekkerste koekies. Akkommodasie is volop.
Tydens die fees van twee dae sal daar musiek, wynproe, kunsuitstallings, kinderaktiwiteite, kos, dans, ’n slangskou, prettige hondeskou en kleurwedren aangebied word.
Saterdag begin die fees met ’n wedloop van 6 km of 12 km waaraan die hele familie kan deelneem. Daar is aktiwiteite vir kinders soos ’n dieretuin en wedstryde wat deur ’n plaaslike skool aangebied word. Die plaaslike kerk se basaar is ook deel van die fees en nuwe en antieke motors sal uitgestal word.
Besoekers sal aan oesters en vonkelwyn kan smul terwyl hulle na heerlike musiek luister.
Vir meer inligting besoek of stuur ’n e-pos aan [email protected] of besoek die webblad hier.
|
http://www.rooirose.co.za/fees-op-pringlebaai/
|
2017-04-21 14:41:49
|
7 mites oor griep
|
Daar is verskeie mites en verkeerde feite oor griep, sê dr. Yolande Louw, algemene praktisyn by Intercare Silver Lakes en lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Reisgeneeskunde en die Federasie van Infeksiesiektes van Suid-Afrika.
Baie mense glo eerder tuis kure en raad wat hulle op Facebook sien of iewers gelees het as medies nagevorste raad. Die eerste stap om jouself en jou gesin te beskerm, is om die regte inligting te kry.
Mite 1: Griep is net ’n slegte verkoue
Mense verwar griep met verkoue. Influenza is ’n akute en moontlik dodelike virus wat amper altyd met koors voorkom. Dit kan ook vergesel word met ’n lugweginfeksie of selfs diarree. Dit ontwikkel binne ure. ’n Verkoue ontwikkel gewoonlik oor ’n paar dae en word geleidelik erger.
Mite 2: Antibiotika kan griep genees
Antibiotika ontvang baie onnodige krediet. Ongelukkig glo baie mense dat as jy siek voel, antibiotika die skuldige kieme sal doodmaak. Die feit is dat antibiotika slegs bakterieë kan doodmaak en nie virusse nie. Aangesien griep veroorsaak word deur die griepvirus kan antibiotika nie jou griep genees nie. Griep gaan soms gepaard met sekondêre bakteriële infeksies, maar die gebruik van ’n antibiotikum sal nie die moontlike sekondêre infeksie voorkom nie.
Mite 3: Ek kan my immuniteit verhoog deur aanvullings te neem
Die waarheid is dat jy nie jou immuniteit kan verhoog nie. Jy kan net die een wat jy het, handhaaf. Jy kan dit bereik deur genoeg te slaap, nie te rook nie, gereelde oefening te doen, jou stresvlakke te verlaag, genoeg water te drink en ’n gesonde gebalanseerde dieet te volg. Gebruik net ’n aanvulling as jy nie genoeg vitamiene en minerale deur jou dieet inkry nie. Alhoewel vitamien C die algemeenste aanvulling is, het studies getoon dat die enigste mense wat werklik baat vind by vitamien C-aanvullings, dié is wat straf oefen. En nee, vyf keer per week se oefen by die gimnasium gaan jou nie teen die griepvirus bestand maak nie. Kry eerder ’n griep-inenting.
Mite 4: Ek glo nie aan die griep-entstof nie, want dit maak jou siek
Die griep-entstof kan ’n ligte immuunrespons veroorsaak (ligte koors, hoofpyn en liggaamspyne vir twee dae), maar dit kan jou beslis nie siek maak nie. Die entstof kan jou nie griep gee nie. Dit bevat nie lewende virusse nie. Dit is so veilig dat swanger vroue en babas ouer as ses maande dit ook mag gebruik.
Mite 5: Jy het nie elke jaar ’n griepinspuiting nodig nie
Die uitwerking van die entstof neem af met tyd en jy moet elke jaar ’n nuwe inenting kry om jou teen griep te beskerm. Die virusse kan van jaar na jaar verskil en jy moet teen die regte virus ingeënt word. Baie van die suidelike halfrond se data word verander en reggestel na die griepseisoen in die noordelike halfrond en omgekeerd. In Suid-Afrika het ons net drie verskillende stamme in ons entstowwe, maar sommige van die noordelike halfrond-entstowwe bevat vier verskillende stamme.
Mite 6: Jy kan net griep oordra as jy al die griepsimptome het
Jy kan dalk die griep aan iemand anders oordra voordat jy weet jy is siek. Jy kan die virus kry vyf tot sewe dae nadat jy besmet is.
Mite 7: Daar is nie regtig iets soos man flu (mansgriep) nie
Dit is ’n hoogs omstrede onderwerp. Mense glo dat mans meer geraak word deur griepsimptome as die skoner geslag. Maar dit is dalk nie ’n mite nie! Studies wat in 2013 deur Stanford Universiteit gedoen is, het bevind dat mans gewoonlik nie dieselfde reaksie op die griep-entstof het as vroue nie en dit maak hulle meer geneig om griep te kry. Weens ’n reaksie met testosteroon, kan mans ook erger simptome kry as hulle griep het.
|
http://www.rooirose.co.za/7-mites-oor-griep/
|
2017-04-26 10:06:44
|
Dekor: Antieke styl
|
’n Mens se styl verander oor die jare. Antieke aankope is nie altyd maklik nie. Jy moet deur klomp winkels stap, of aanlyn kyk, voordat jy ’n antieke produk koop. Miskien hou jy van musiek en sien jy ’n antieke platespeler, of kuns is meer jou passie en jy stal graag skilderye uit. Elke persoon het sy eie smaak.
Deur gebruik te maak van gebalanseerde teenpole (soos modern en antiek), kan jy jou huis meer diepte gee. Sommige mense hou daarvan om slegs een styl in hul huis te hê, maar deur verskillende style te kombineer, kan jy jou huis meer uniek maak.
5 wenke om modern met antiek te kombineer
Trek ’n ouer bank oor met moderne materiaal Gebruik ’n moderne stoel by ’n antieke lessenaar Indien jy ’n ou hout-eetkamertafel het, verkoop die ou stoele en gebruik metaal stoele daarby As jy ’n moderne rusbank het, hang ’n antieke skildery bo dit en gebruik binnenshuise plante As een hele vertrek ’n meer antieke styl het, gebruik moderne hangligte as fokuspunt
Waar kan ’n mens antieke meubels kry?
Daar is baie tweedehandse winkels wat antieke-styl meubels verkoop wat jy dan net met nuwe lap kan oortrek.
Meeste winkels wat ons ken huisves meer as drie verskillende style en hier kan jy ook ’n gemengde kombinasie van antiek of modern aankoop.
Antieke aanlynwinkels – soek ’n bietjie rond – daar is verskeie aanlynwinkels wat soms van die oulikste items verkoop.
Laastens: moenie oorhaastige besluite maak nie. Dit is nie nodig om die eerste beste ding te koop nie. Kyk eers rond, jy weet nooit watter skatte jy later kan ontdek nie. As jy regtig van ’n meubelstuk of dekoratiewe element hou, sal jy plek vind in jou huis, maar moenie te veel op een slag aankoop nie. Dit is ’n proses.
Hier is ’n paar items wat ons vir jou opgespoor het:
Kussing (R995) BlockAndChisel.co.za
Houtperd (R10 000) Furnicape.co.za
Spieël (R2 495) BlockAndChisel.co.za
Bank (R15 995) BlockAndChisel.co.za
Twee Franse antieke-styl stoele (R9 999) Furnicape.co.za
Aniteke koekiehouer (R3 000) Furnicape.co.za
Blou bank (R15 995) BlockAndChisel.co.za
Antieke skaal (R500) ArlingtonAntiques.co.za
Koperbord (R40) ArlingtonAntiques.co.za
Suikerpotjie (R60) Arlingtonantiques.co.za
Melkbeker (R40) ArlingtonAntiques.co.za
Verskaffers
Arlington Antiques: arlingtonantiques.co.za
Block & Chisel: blockandchisel.co.za
Furnicape: furnicape.co.za
|
http://www.rooirose.co.za/dekor-antieke-styl/
|
2017-04-24 13:17:16
|
Wen ’n kopie van Francois van Coke se solo album, Hierdie is die Lewe.
|
In hierdie mal wêreld, waar daar nét soveel is wat mens kan beheer, is dit net liefde wat ons kan anker, vertroos en bymekaar hou.
Die wêreld is mal, ’n opregte ballade deur Francois van Coke, beklemtoon hierdie sentiment.
Sedert Francois se tweede solo album, Hierdie is die Lewe, vrygestel is het hierdie liedjie alom groot lof ontvang. Die wêreld is mal is die snit op die album wat die meeste kere afgelaai is sonder enige spesifiek gerigte bemarking.
Hierdie liedjie bring hoop en fokus op die liefde in tye waar dit maklik is om net die negatiewe te sien.
“Rommelstatus, die afgradering van ons kreditgradering, Zuma wat aan mag vasklou, Donald Trump is die president van Amerika, mense wat mekaar dood maak in die naam van geloof, kern dreigemente vanaf Noord-Korea… Die wêreld is mal, maar hopelik kan die mense naaste aan ons ons rasioneel hou,” sê Francois.
Wil jy meer hieroor lees? Ons het met Francois gesels om uit te vind waarom hy dink die wêreld mal is. Klik hier.
5 gelukkige lesers kan elk ’n kopie van Hierdie is die Lewe WEN! Beantwoord die maklike vraag en voltooi die onderstaande vorm om in te skryf.
Reëls en voorwaardes geld.
Kompetisie sluit op 8 Mei om 24:00.
Wat is jou gunsteling-liedjie deur Francois van Coke? *
Naam *
Van *
Kontaknommer *
Posadres *
E-posadres *
Het jy die reëls en voorwaardes gelees? * Ja Nee
Mag rooi rose jou van enige, spesiale aanbiedinge laat weet? * Ja Nee
|
http://www.rooirose.co.za/wen-n-kopie-van-francois-van-coke-se-solo-album-hierdie-die-lewe/
|
2017-04-28 13:50:17
|
Malaria: die tekens
|
Kan jy Malaria met verkoue verwar?
Ja, ongelukkig. Die eerste simptome van Malaria verskil nie veel van ’n ligte verkoue nie. As jy malaria afskeep en nie dadelik (verkieslik binne 24 uur) behandel nie, ontwikkel dit gou in ’n baie ernstige toestand. Jy kan sterf. Ons het van die hoogste Malariasterftesyfers ter wêreld.
Simptome van Malaria
Hoe sal jy weet jy het Malaria onderlede?
Die byt van ’n Malariadraende muskiet is maar net soos enige ander muskiet se byt. Jy sal nie meer jeuk nie. Al leidrade is jou simptome, wat na ’n week of twee na die byt kop uitsteek.
As jy na 7-15 dae nadat jy die eerste keer in ’n Malariagebied ingekom het die volgende simptome het, gaan dadelik dokter toe:
• Jy het koors
• Jy het kouekoors
• Jy het hoofpyn
• Jy raak naar
Hoe lank nadat jy in ’n Malariagebied was, kan jy nog Malaria ontwikkel?
Verkouesimptome wat drie weke na jou laaste dag in ’n Malariagebied begin is waarskynlik te wyte aan doodgewone verkouekieme.
Kan jy Malaria kry as jy jou medikasie getrou gedrink het?
Ja, ongelukkig. Daar is weerstandige Malaria, maar jou kanse is darem baie, baie kleiner as jy op medikasie is. Die beste bly om geen kanse te waag nie en dadelik dokter toe te gaan as jy verkouerig is na sewe tot vyftien dae in ’n Malariagebied.
Kry die jongste, opgedateerde Malaria-inligting hier: www.nicd.ac.za/
|
http://www.rooirose.co.za/malaria-die-tekens/
|
2015-03-02 12:22:00
|
Karlien van Jaarsveld trou
|
Karlien en haar man, die oud-rugbyspeler Joe Breytenbach aan wie sy vanaf September 2016 verloof was, het onlangs getrou.
Sy het Sondagmiddag, 26 Maart 2017, ’n foto op Instagram gedeel waarin ’n mens baie duidelik kan sien sy is ’n bruid. Sy het daarby geskryf: “Vandag kan ek met oorgawe en soveel dankbaarheid vir jou sê – moet nooit opgee op die liefde nie.”
Vandag kan ek met oorgawe en soveel dankbaarheid vir jou sê – moet nooit opgee op die liefde nie. Xxx A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on Mar 26, 2017 at 3:10am PDT
Ons was eers onseker of dit wel waar is, maar Karlien se ma (wat ook haar bestuurder en woordvoerder is), het die nuus bevestig.
Karlien het die naweek by Nickelodeon se NickFest opgetree en vir ons vertel hoe baie sy daarna uitsien. “Ek is vreeslik opgewonde! My kinders is MAL oor Nickelodeon en ek kyk selfs saam. Ek is soms meer opgewonde oor Paw Patrol as hulle. Ek wil hulle graag saam neem om al die karakters te ontmoet.” Lees die volledige onderhoud hier
|
http://www.rooirose.co.za/karlien-van-jaarsveld-trou/
|
2017-03-27 12:52:35
|
Meringue-koek met romerige tiramisuvulsel
|
genoeg vir 8
Meringue
• 8 eierwitte
• 500 g strooisuiker
• 30 ml (2 e) mielieblom
Tiramisu-vulsel
• 30 ml (2 e) gemaalde espresso-poeier
• 15 ml (1 e) water
• 250 ml (1 k) room
• 500 ml (2 k) mascarpone
• 45 ml (3 e) versiersuiker
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 Voorverhit die oond tot 150 °C.
2 Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit. Trek 4 x 20 cm-sirkels, 2 op elke vel, op die bakpapier.
3 Klits die eierwitte tot stywe punte vorm.
4 Voeg die strooisuiker ’n eetlepel op slag by – klits aanhoudend tot al die suiker ingegooi is.
5 Verdeel die meringue-mengsel tussen die vier sirkels op die bakpapier en skraap gelyk met ’n paletmes. Bak vir 1½ – 2 uur of tot lig en krakerig.
Tiramisuvulsel
5 Meng die espresso en water in ’n groot mengbak tot dit opgelos is.
6 Gooi die room, mascarpone, versiersuiker en vanieljegeursel in ’n mengbak en voeg die aangemaakte espresso by.
7 Klits die mengsel met ’n elektriese klitser tot lig en donsig.
8 Stapel die meringuesirkels opmekaar met lae van die tiramisu tussenin. Eindig met tiramisu.
|
http://www.rooirose.co.za/meringue-koek-met-romerige-tiramisuvulsel/
|
2017-04-05 12:52:25
|
Resensie: Seabirds of Southern Africa
|
As jy mooi kyk, sien jy dikwels tussen die seevoëls rondom jou enetjie wat anders lyk. Dit is dan dat jy wonder, wat is die storie? Is hy die spreekwoordelike lelike eendjie? Of het jy hier voor jou oë die opwinding van ’n nuwe spesie? Dink net van hoe ver kon hy gekom het … Gough, Tristan … of sommer net Robbeneiland. Met Seabirds of Southern Africa in die hand kan jy gou-gou self uitvind.
Die skrywer, Peter Ryan, is die direkteur van die Fitzpatrick Institute of African Ornithology. Hy is ’n ‘birder’ wat in seevoëls spesialiseer, en dus kry jy die beste brokkies oor seevoëls as’t ware uit die perd se bek.
Wat jy in Seabirds of Southern Africa sal kry
Hoe seevoëls geklassifiseer word, sodat jy maklik die groep kan identifiseer waartoe die voël voor jou behoort. Met drie tot ses foto’s van elkeen van die 132 spesies kry jy oorgenoeg leidrade vir identifikasie. Die foto’s wys ook hoe jong voëls, volwasse voëls, broeiende en nie-broeiende voëls van mekaar verskil. Naas die Engelse en die wetenskaplike naam kry jy ook die Afrikaanse naam van die meeste voëls – ’n lekker bonus. Wenke, as jy per boot wil gaan seevoëls kyk, met ’n kort seksie van wenke vir fotografie van seevoëls. Inligting oor watter spesies bedreig is. Verspreidingskaarte, sodat jy kan opkyk of daardie vreemde voël wat jou aan die wonder het ver buite sy gewone gebied is, of nie.
Hoekom loop ’n seemeeu se neus? Huil hy?
Jy sal ook antwoorde kry op fassinerende vrae soos hierdie een: As jy een van daardie rare oplettende mense is, sal jy al ’n druppel aan ’n seevoël se bek sien hang het. Wat beteken dit?
Seabirds of Southern Africa sê hy het nie hooikoors of verkoue nie. Hy huil ook nie.
Net soos by mense is te veel sout skadelik. Ons kan minder sout-kos eet of minder sout gebruik. Seevoëls het nie hierdie opsies nie. Hulle kos bevat omtrent drie keer meer sout as hul weefsel en bloed. Daardie druppel aan die punt van sy neus is juis sy oplossing vir te veel sout. Hy het kliertjies weerskante van sy kop wat die sout uit sy bloed onttrek, en saam met ‘trane’ afskei, wat deur sy neus uitloop.
Vakansievermaak
Verstommende feite oor seevoëls wat heerlik lees, gee dié boek lekker vermaak-waarde vir die vakansie, met honderde interessanthede soos:
’n Jong duiker se oë is seeblou, terwyl die kleur van ’n volwasse duiker se oë helderoranje is.
Een soort pikkewyn het die amptelike naam van die macaroni penguin.
Emperor-pikkewyne duik met gemak tot 500 m diep. Skubaduikers duik gewoonlik 20-40 m diep.
Albatrosse broei op broei-eilande soos Marion-eiland uit. Daarvandaan moet hulle begin vlieg om kos te kry. Die helfte van jong albatrosse sterf omdat hulle nie sterk genoeg is om terug land toe te vlieg nie.
As pikkewynouers kos vir hul kleintjies gaan soek, skakel hulle hul mae af. Die vis wat hulle vang kan dus tot twee weke onverteer in die maag bewaar bly, tot hulle weer terug is by hul kuiken.
As jy hou van reis kan jy net die Grysbors-sterretjie beny. Elke voël reis rondom 100 000 km per jaar …
Koop Seabirds of Southern Africa
As jy van voëls hou, is hierdie boek ’n moet. As jy van seevoëls hou is hierdie boek noodsaaklik want dit is die enigste boek in Suid-Afrika wat net op seevoëls fokus.
Winkels: Enige groot boekwinkel
Aanlyn: Bestel direk by www.penguinrandomhouse.co.za
Koste: R180. Goeie waarde vir baie foto’s glanspapier en hope interessante brokkies. Lieflike geskenk.
|
http://www.rooirose.co.za/resensie-seabirds-of-southern-africa/
|
2017-04-07 13:34:20
|
Wipkar, hoofstuk 15
|
Met Jos uit die hospitaal en terug by die werk, kan Arien vir die eerste keer in ’n lang tyd haar volle aandag aan die salon gee. Sy wil al haar sake uitsorteer want sy oorweeg dit steeds om die salon te verkoop en aan die einde van die jaar Kaap toe te trek sodat sy en die seuns ’n nuwe begin kan maak.
Jos het ’n ruk probeer om haar emosioneel af te pers oor die egskeiding, maar sy gaan nie weer die proses stop of op ys sit nie. Sy het sy verwyte verwag.
“Noudat ek weer op die been is, wil jy my weer laat struikel. Jy plaas nou soveel druk op my terwyl ek nog broos is. Dit sal jou skuld wees as ek weer struikel.”
Arien het ’n hele paar studies oor ko-afhanklikes gelees sedert Gerhard haar die eerste keer die titel om die nek gehang het. Sy glo haar shrink sal trots wees op haar navorsing. Sy ken die gevaarpunte nou beter. Sy weet Jos sal die skuld na haar verplaas in elke moontlike situasie want dan is dit haar skuld as hy struikel. Hy sal altyd ’n verskoning kry vir sy probleem tot hy besef hy veroorsaak self die probleem. Sy ignoreer beskuldigings van gesamentlike vriende en haar skoonfamilie. Sy is klaar met Jos. Hy sal altyd haar kinders se pa bly. Sy sal altyd lief wees vir hom, maar sy besluite oor sy welstand en toekoms is sy eie.
Sy is so diep in haar gedagtes vasgevang dat sy skrik as Jana skielik langs haar staan.
“Hy is hier!” Jana trippel rond van opgewondenheid en hou ’n klein bossie laventel na haar uit. “Hy sê hy weet jy was nog altyd lief vir laventel.”
Arien weet dadelik van wie Jana praat, maar probeer haar dom hou.
“Van wie praat jy? Kan jy nie sien ek is besig nie?”
Jana haal sommer self die lipstif en parfuum uit Arien se laai.
“Spuit aan en smeer jou lippe rooi. Daniel Craig wil jou ontvoer!”
Die laventel is met ’n klein wit strikkie saamgebind. Dit ruik so vars soos die lente daar buite.
Hendri lyk soos ’n skoolseun wat ’n meisie die eerste keer gaan uitneem. Hy lyk effe ontsenu en staan ongemaklik in die voorportaal rond. Hy maak skynbaar of hy nie sien hoe die salon-meisies hulle aan hom vergaap nie.
Hy raap Arien in sy arms op.
“Rientjie! Ek het jou gemis! Hierdie gawe ontvangsdame van jou sê ek kom op net die regte tyd want jy is ’n paar uur oop!”
Arien gee ’n kwaai blik na Jana. Nou kan sy nie ’n verskoning uitdink om nie saam met Hendri te gaan nie.
“Daar is ’n nuwe restaurant in Greenside. Dis waarheen ek jou vandag ontvoer.”
Hendri vleg deur die verkeer. Hy is ’n effense ongeduldige bestuurder, maar omdat sy self soms haar humeur in die verkeer verloor, steur sy haar nie te veel daaraan nie.
Sy probeer onopsigtelik na sy mooi hande op die stuurwiel kyk. Sy hande was nog altyd vir haar mooi. Sy vingers is lank en manlik en sy naels netjies versorg. Hy het sy wit hemp se moue opgerol en sy voorarms is bruin en gespierd. Hy ruik na subtiele speserye met aromatiese hout-ondertone. ’n Goeie keuse vir ’n man soos hy. Die Levi’s-jeans span netjies oor sy lang gespierde bene. Hy dra stylvolle kort stewels. ’n Tag Heuer-horlosie aan die arm, Montblanc-pen in die bosak, Robert La Roche-sonbril. Sy Bentley grom soos ’n tevrede roofdier deur die verkeer. Hendri is op daardie oomblik vir haar ’n perfekte prentjie van stylvolle manlikheid en sy voel hoe haar hormone huppel.
Die restaurant is klein, eksklusief en minimalisties. Dit is duidelik dat die eienaar die nuutste kosneigings in die wêreld ken.
“Gee jy om as ek vir jou bestel? Ek wil jou verras.”
Hendri neem die spyskaart uit haar hande.
“Ek dink ek weet waarvan jy gaan hou.”
Die dun sop meng geure wat herinner aan groentee-landerye met ’n sweempie suurlemoengras en net genoeg rissie om die palet te terg.
Die sushi-burger verras haar. Dit is ’n mengsel van geure, teksture en kleure wat mens se mond op ’n smaakreis na eksotiese Oosterse lande neem.
“Ek hou van ’n vrou wat haar kos geniet. Ek kan sien jy is ’n fynproewer.”
Dan neem hy haar gesig tussen sy hande.
“Is jy gelukkig, Rientjie? Jou oë is vandag so ’n diep grysblou.”
Sy keer vinnig. Sy wil vandag meer van Hendri uitvind. Eintlik weet sy nog bitter min van sy private lewe.
“Hoekom is ’n sjarmante man soos jy nie getroud nie? Daar moes tog al iemand gewees het?”
Hendri vou die wit servet netjies op en sit dit langs sy bord.
“Ek is getroud.”
Arien voel duiselig van skok. Hoe kon sy die situasie so verkeerd opgesom het? Miskien was sy so vasgevang in haar eie probleme dat sy net aangeneem het wat sy wil aanneem. Sy wou hê Hendri moet ongebonde wees.
“Jy dra nie ’n trouring nie?”
Hendri kyk terloops na sy linkerhand.
“Ek het dit afgehaal toe ek besef ek kan die huwelik nie meer red nie.”
Arien probeer die bewing in haar binneste beheer.
“Vertel my van haar. Waar is sy?”
Hendri haal sy beursie uit. Hy haal ’n foto uit een van die kantsakkies.
“Lorna … Ek dra dit saam want jy weet mos ek is ’n sentimentele mens. En, waar sy op hierdie oomblik is, weet ek eerlikwaar nie.”
Lorna het heuningblonde hare wat haar perfekte voorbladgesig omraam. Haar oë is turkoois poele omraam deur lang donker wimpers. Haar lippe perfek volrond.
Arien se mond voel droog.
“Sy is pragtig. Beeldskoon. Wat het verkeerd geloop?”
Hendri sit agteroor en staar by die venster uit.
“Ek weet nie. Ek probeer al jare uitvind wat verkeerd is. Wat sy wil hê. Ek weet regtig nie.”
Lorna wou nie kinders hê nie. Sy wou net op haar huwelik fokus. Hulle het die wêreld plat gereis. Sy het ’n voorliefde vir onontginde plekke. Idilliese plekke. Terwyl Hendri aan sy loopbaan gewerk het, het Lorna haar in haar soeke na ontlading deur kuns uitgeleef. Pottebakkery, skilderwerk, kwiltwerk. Lorna het nog nooit gewerk nie.
“Dit als klink dan so perfek? Hoekom is julle nie gelukkig nie?”
Hendri neem die foto en druk dit terug in sy beursie.
“Lorna vind ander mans aanloklik. Onweerstaanbaar. Ek werk te hard en gee te min aandag aan haar. Sy kry haar manlike vermaak in kunsgalerye, in gimnasiums, in eksklusiewe kuierplekke.”
Arien voel skielik jammer vir die man voor haar. Sy lewe lyk so perfek, en tog dra hy ook ’n seer in hom. Sy neem sy hand in hare en streel oor die goue haartjies op sy vingers. Soos toe hulle nog jonk was.
“Toe ek die e-pos van jou kry, het ek geweet dit is die ommeswaai wat ek in my lewe nodig het. Ek het jou nooit vergeet nie, Arien. Jy was altyd daar in my agterkop. Ek het nog altyd vroue aan jou gemeet. Vir Lorna ook. Ek weet jy wil nou eers gesond word, maar ek hoop dat daar eendag, wanneer alles uitgesorteer is, ’n kans sal wees dat ek en jy gelukkig kan wees.”
Hendri het trane in sy oë. Hy lyk skielik so kwesbaar. Arien wens vir ’n oomblik dat haar lewe nie in so ’n gemors was nie. Sy wens haar lewe was probleemvry. Want as dit was, het sy nou saam met hierdie man in sy Bently geklim en weggery van alles af. Ver weg.
|
http://www.rooirose.co.za/wipkar-hoofstuk-15/
|
2017-04-26 11:53:17
|
Nuut & Nou: Subskripsiebokse
|
Little Black Bag
Die jongste mode-, huis-, skoonheid- en kositems is net vir jou uitgekies en in ’n oulike sakkie verpak. Elke maand het ’n ander tema waarin plaaslike ontwerpers hul talent tentoonstel. Pryse begin by R249 per maand, en hoe langer jy inteken, hoe meer spaar jy. Littleblackbag
BundleBox
Kry geskenkies wat versigtig uitgekies is deur ons paneel van Mamma-kundiges, spesifiek vir jou stadium van swangerskap of ouderdom van jou kind. R329 per boks. Bundlebox
DateFactory
Ontspan en laat DateFactory vir jou en jou geliefde ’n spesiale aand skep. Elke boks bevat iets oulik, ’n lekkerny en iets vir die gemoed. Alles in die boks is gekoppel aan ’n tema. R469 per boks. Date Factory
My Chocolate Box
Perfek vir al sjokoluste! Die beste plaaslike en internasionale sjokolade in een boks. Daar is selfs beperkte uitgawes en produkte wat nog nie in winkels beskikbaar is nie. R349 per boks. My Chocolate Box
|
http://www.rooirose.co.za/nuut-nou-subskripsiebokse/
|
2017-04-10 05:00:31
|
Annemieke Mentz 3: Doepa teen die weemoed
|
Ons kom net gou ’n draai maak. Net om te kyk of jy oukei is.”
Ek onderdruk ’n sug. As Nosiswe op ’n ding besluit het, het sy besluit. En nou is Liané nog saam met haar in die motor ook. “Dit is reg. Gee maar ’n missed call wanneer julle hier is, dan maak ek oop.”
“Ek het versnaperinge gebring,” kondig Nosiswe aan toe ek die deur oopmaak. Die glimlag verdwyn toe sy my behoorlik bekyk. “Sista, hoeveel kilogram het jy verloor? Jy lyk soos die nag.”
Liané lig haar sonbril van haar oë af en knik bevestigend. “Dit is hoekom ek op pizza aangedring het, Nossie. Ek het vir jou ’n JobMail gebring en ek hoop jou iPad het data op. Annemieke, vanaand soek ons vir jou werk.”
Vindiesel-die-wolfhond is so bly om mense te sien dat hy half ongeskik teen Nosiswe opspring.
“Is it because I am black?” vra sy kamma geaffronteerd.
“Hy mis vir Cobus en nou spring hy teen enigiets op, moenie te gevlei voel nie.”
Liané rol haar oë. “Ek het hom vandag op facebook gaan beloer. Die ellendeling is jou wrintiewaar in Viëtnam.” Sy trek ’n gesig. “Jy kan jou sterre dank dat julle uitmekaar is voor hy daar was. Kan jy dink watter kaliber voëlgriep ’n man daar kan optel?”
Die kwalik bedekte insinuasie laat my darem lag. “Moet ek die pizza warm maak?”
“Kry eerder ys vir die wyn,” beveel Nosiswe. “Ek het ’n helse dag op kantoor gehad. Dis nie speletjies om vir die Staat te werk nie.”
Nosiswe is ’n staatsaanklaer en volgens haar is sy die enigste hardwerkende persoon buiten Gerrie Nel in die vervolgings-gesag.
“Ek sê al lankal jy moet ’n private praktyk begin. Maar dit is nie vanaand ons grootste probleem nie. Annemieke, is dit ABBA wat ek daar hoor?”
Ek knik. “Skuus, maar ek luister nou al twee weke lank aanmekaar na ‘The Winner Takes it All’ en jy beter dit nie afsit nie. Ek is nog nie uitgeluister nie.”
Twee uur later gee ons op. “Niemand gaan my aanstel nie. Ek is ’n grafiese ontwerper wat langer as ’n jaar uit die bedryf was. Ek sal waarskynlik my graad moet oordoen voordat ek weer ’n aanstelling kry.”
“Met daardie houding sou ek jou ook nie in diens neem nie,” verklaar Nosiswe hardvogtig. “Jy moet jouself bemark, girlfriend. Waarom koop almal Verimark-produkte? Want selfs Verimark glo in Verimark. So eenvoudig soos dit.”
Ek rol my oë om die weemoedigheid wat my beetpak te verbloem. “Ek is reg vir ’n ander liedjie. Solank dit ook Abba is.”
“Op een voorwaarde, ons trek soos dancing queens aan.” Liané spring op en verdwyn in die rigting van my slaapkamer. “Toe, ’n bietjie helder lipstiffie, so ja. Annemieke, hier is vir jou ’n vere-boa. Nossie, jy kry vanaand die sequin-serpie.”
’n Bietjie dronk en ’n bietjie laf sing en dans ons soos wafferse Meryl Streeps totdat Chiquita beter voel en Napoleon in Waterloo verslaan is.
“Wat was dit?” Ek spits my ore en luister so tussen die Mamma Mia’s deur of ek weer die geluid hoor.
“Ek dink dit was die deurklokkie.” Liané se asem jaag en haar tong het ’n verdagte slepie. Klink ek ook so? Hoe kon ons drie bottels wyn in so ’n kort tydjie die loef afsteek?
“Maak oop, dalk is dit ’n krisis iewers.” Nossie lyk belaglik met die blink serp om haar kop gedraai.
“Oukei, oukei. Ek is nou terug. Moenie die musiek afsit nie.”
Niemand lui ooit nege-uur in die aand die voordeurklokkie nie. Ek is darem nie alleen hier nie. Die loergaatjie help nie veel in my huidige toestand nie en ek maak maar die deur oop.
“Xander?”
“Annemieke, hoe … Pla ek?”
Daar staan ’n man met ’n reuse-bos blomme op my voorstoep. Die man is een van Cobus se goeie vriende.
“E, nee. Wel, ek … Ja. Eintlik. Waarmee kan ek help?”
Hy kyk klaarblyklik verby die skelpienk lipstiffie en die vere-boa om my nek, want sy glimlag groei.
“Ek het gehoor van die egskeiding. Dit is nou jammer, man.” Hy hou die blomme soos een of ander prys na my toe uit. “Ek wou hoor of jy nie lus is om iets te gaan eet nie?”
My mond was lank laas so vol tande. “Eet soos in … éét?”
Voordat hy kan antwoord en voordat die selfvoldane glimlag sy hele gesig oorneem, maak ek die deur in sy hoopvolle bakkies toe.
|
http://www.rooirose.co.za/annemieke-mentz-3-doepa-teen-die-weemoed/
|
2017-04-11 08:00:07
|
Wen GLAD-produkte vir Moedersdag!
|
Moedersdag is die perfekte geleentheid om vir Ma te wys hoe baie jy haar waardeer. Met GLAD kan jy dié boodskap soveel meer spesiaal maak danksy hul indrukwekkende reeks produkte wat daargestel is om Ma’s se daaglikse take ligter te maak. Besoek glad.co.za vir meer inligting.
5 gelukkige lesers kan elk ’n GLAD-geskenkpak van R1 000 WEN! Beantwoord die maklike vraag en voltooi die onderstaande vorm om in te skryf.
Reëls en voorwaardes geld
Sluitdatum: 31 Mei om 24:00.
Vraag: Beskryf jou ma in een woord. *
Naam *
Van *
Kontaknommer *
Posadres *
E-posadres *
Het jy die reëls en voorwaardes gelees? * Ja Nee
Mag rooi rose jou van enige spesiale aanbiedinge laat weet? * Ja Nee
|
http://www.rooirose.co.za/wen-glad-produkte-vir-moedersdag/
|
2017-04-10 01:15:23
|
Wynfees: Taste the Helderberg
|
Wynplase en restaurante in die aanloklike Helderberg-streek gooi hul reënboogkombers vir net een aand op Donderdag 15 Junie 2017 op Somerset-Wes oop en vertoon trots hul plaaslike kos en wyn. Vanjaar word jy uitgenooi om die winter vir een aand af te skud en iets rooi te dra – die temakleur wat die oog gaan vang.
“Taste the Helderberg het een van die hoogtepunte op die Wes-Kaapse wynkalender geword,” sê Stellenbosch Wynroetesbestuurder, Elmarie Rabe.
Taste the Helderberg sal van 17h00 tot 21h00 by die NH The Lord Charles Hotel bedien word – ’n reëling wat baie gaste ideaal pas, want hulle rek die geleentheid in ’n langnaweek uit, omdat die volgende dag, Vrydag 16 Junie, ’n vakansiedag is.
’n Hoogtepunt vir veral wynliefhebbers by Taste the Helderberg 2017, sal die geleentheid wees om ’n vroeë kykie en proetjie van die streek se jongste wyne te kry, sowel die proekans van die ikone wat hierdie Stellenbosch Wynroete sub-streek in die visier van internasionale connoisseurs geplaas het. Die meeste van hierdie wyne sal te koop wees teen spesiale pryse, wat ook geldig is met aflewering deur die logistieke- en vervoer-oplossingsmaatskappy, Aramex, ’n trotse vennoot van Stellenbosch Wynroetes.
Daar sal ook opskietrestaurante wees deur Helderberg se bekendste kosplekke en die geleentheid om meer te leer oor wynmaak van die wynmakers en wingerdboukundiges self.
Die druifvariëteite se meesterklasse is op aanvraag van die publiek gereël om die klimaat- en geografiese redes agter die uitstaande kwaliteit, wat uit hierdie kusgebied enkele minute van die Kaapstadse stadskern, te beklemtoon.
Kaartjies kos R100 per persoon en moet verkieslik aanlyn bespreek word by wineroute.co.za. As daar enige kaartjies oor is, sal dit by die deur verkoop word.
Vir meer inligting besoek wineroute.co.za of bel 021 886 8275.
|
http://www.rooirose.co.za/wynfees-taste-the-helderberg/
|
2017-04-22 12:18:41
|
Dans met die rooirok: Hoofstuk 1
|
Oor die volgende weke kan jy elke Vrydag die avonture van die du Raan-gesin in hulle nuwe tuiste volg. Dit is vol lag, en soms vloei die trane. Jy kan saam Amelie die lewe weer ontdek en ’n diep geheim ontrafel.
Hoofstuk een
KEELVOL
Amelie du Raan sit voor Gielie Greyling van Rubicon-uitgewers. Sy kyk hoe sy mond oop en toe gaan, maar haar ore skakel die gebulder van sy stem uit. Sy konsentreer op die beweging van sy lippe. Sy het nooit voorheen opgelet hoe groot Gielie sy mond kan oopmaak as hy bulder nie. Aan die linkerkant van sy mond sien sy drie stopsels in sy onderkaak. Aan die regterkant kan sy sien daar is ’n gat waar hy seker ’n tand verloor het. Sy probeer kyk of sy sy kleintongetjie kan sien tril.
Sy probeer onthou wat sy tydens sy ander gillende sessies die afgelope vyftien jaar gedoen het. Dis vir haar skielik ’n waas. Sy probeer nou onthou of sy ook al so na Renier se mond gekyk het as hy op haar en die kinders gil.
Dis asof daar vanoggend iewers in haar ’n skakelaar afgeskakel het. Een wat die verskil maak tussen omgee en nie meer omgee nie.
Klein spatsels van Gielie se spoeg beland op haar bril. Sy haal kalm haar bril met die pers raam af en vee dit met haar serp af. Dan staan sy op en stap uit Gielie se kantoor asof ’n robot haar arms en bene oorgeneem het. Sy hoor Gielie agter haar aan gil, maar sy stap aan, verby die verstomde en bleek verskrikte gesigte by Rubicon-uitgewers wat pas waargeneem het hoe iemand dit waag om Gielie Greyling te ignoreer.
In haar kantoor neem sy die foto van haar kinders van haar lessenaar af en gooi die inhoud van haar laaie in haar groot bont handsak. Dan stap sy by die deur uit. Sy weet sy gaan nooit weer by Rubicon-uitgewers se glastoring in Sandton instap nie. Sy het genoeg gehad.
Sy bel Renier se nommer. Sy wag nie om te hoor wat haar man alles vir haar gil nie. Sy het hom nie gebel om sy mening te vra. Sy wou hom net inlig sy het pas uit haar top pos by een van die land se mees gesogte uitgewerye gestap. Voor Gielie hom bel.
Sy druk die foon dood terwyl Renier nog voortbulder en druk ’n spoed-skakelknoppie wat sy al maande dreig om te gebruik. Die prokureur se sekretaresse skakel haar deur.
Die pakkie dokumente is al gereed as sy by Coen Verwey se kantore in Randburg instap. Coen het die dokumente al ’n hele paar keer opgestel, maar Amelie het elke keer koue voete gekry.
“Die keer is dit finaal,” lig Amelie hom in. “Ek gaan nie omdraai nie, jy sal sien. Ek het genoeg gehad.”
Sy weet Coen glo haar nie. Sy het al te veel kere omgedraai. Maar die keer kan hy maar die hofdatum gereed kry. Sy is voos gebaklei om lewe in haar liefdelose huwelik te probeer blaas.
Die son kleur die horison al oranje aan die westekant van die stad as sy die kinders in Linden by die naskoolsentrum gaan oplaai. Sy ry nie met hulle huis toe nie. Sy hou voor McDonald’s stil.
Dis eers as hulle met skinkborde vol kos voor haar kom sit, wat sy die aankondiging maak.
“Ek los julle pa vanaand en ek het vandag my werk gelos. Ons trek platteland toe om ’n nuwe lewe te gaan begin. Ons gaan van nou af elke sekonde van die lewe geniet.”
Sy hoor hoe haar lippe hulle verseker dat hulle enige tyd nog by hulle pa kan gaan kuier en sy vermoed sy praat ook oor allerhande wyshede wat sy al in vroue-tydskrifte oor egskeidings gelees het.
Die aand lê die kinders laag in hul kamers terwyl Amelie rustig met ’n glas wyn Renier se tirade oor haar bedanking en die egskeidingsbrief op die koffietafel aanhoor. Die skakelaartjie in haar bly afgeskakel. Miskien het dit te doen met die feit dat sy haar bedanking en egskeiding al jare in haar onderbewussyn beplan.
XXX
“Ook nie hierdie een nie,” lig Amelie eiendomsagent Hannes Benade in as hulle die tuinhekkie van die soveelste huis in Sederfontein agter hulle toetrek.
“Dit was die laaste van die huise wat in die mark is,” sug die lang maer man.
“Daar moet nog iets wees. ’n Plek met karakter. Langs die rivier. Vyf slaapkamers, groot bome. Daar moet tog so ’n plek wees?”
Op pad terug na sy kantoor ry hulle verby ’n vergroeide tuin. Tussen die bome loer ’n verweerde ou herehuis uit.
“Stop!” gil sy. “Wat van dié plek?”
“Dis Mon Abri. Die plek staan jare al leeg. Niemand wil dit koop nie. Glo my, ek probeer al jare. Dit het aan ’n Franse kluisenaar behoort en almal op die dorp glo die ou vrou spook steeds hier. Sy dans glo in die maanlig in die tuin in ’n rooi rok, maar ek het haar nog nooit gesien nie. Sy is vyf jaar gelede dood en het die plek aan haar susterskind in Frankryk nagelaat. Hy is glo skatryk en het nog nie veel navraag gedoen oor sy erfporsie nie.”
“Ek wil sommer nou na die huis gaan kyk!”
Amelie stoot die verroeste tuinhekkie oop. ’n Bordjie in fyn sierskrif dui die huis se naam aan: Mon Abri.
“Wat beteken dit? Die naam?”
“Blykbaar beteken dit iets soos My Hawe. Arme vrou. Dit was ook al wat sy gehad het. Die mense op die dorp wou niks met haar te doen gehad het nie. Daar is vreeslike stories, maar die wat die waarheid ken, swyg daaroor.”
Rankplante groei die groot dubbelverdieping byna toe. Die voordeur staan op ’n skrefie oop en verskrikte bosduiwe vlieg uit die voorportaal.
Die plafonne is hoog en die vertrekke groot. Die plankvloere is plek-plek vrot en die meeste vensters gebreek. Dit lyk of die boemelaars wat die dorp besoek, nie aan die spookstories glo nie want daar is tekens dat mense soms in die huis oornag.
“Ek sal die plek neem.”
“Dit val uitmekaar! Kyk die barste,” probeer Hannes keer.
“Dis presies wat ek soek.”
Die ou huis is 100 jaar oud en het ’n vrugteboord met perskes, vye en pruime. Daar is ’n skuur, ’n boorgat en ’n plaasdam. Die onderpunt van die vierdubbele burgererf grens aan die rivier. Sy sien klaar visioene van hoe sy groente plant en hoenders aanhou. Sy wil selfversorgend leef. Daar is nie ’n Woolies op die dorp waar sy na werk vinnig geriefskos kan koop nie.
Die oorgroeide tuin mag vir Hannes na ’n woesterny lyk, maar vir haar is die ’n towerparadys. Daar is min sonskynkolle in die tuin. Die reuse bome vorm ’n woud rondom die huis. Aan omtrent elke laaghangende tak hang blou wynbottels wat in die wind klingel. Tussen die bottels hang kranse wat uit druiwelote gevleg is. Dit herinner Amelie aan Indiaanse droomvangers.
“Wat is dit?” vra sy Hannes.
“Ek weet nie, maar die mense op die dorp sê hier het vreemde dinge in hierdie huis gebeur. Party mense glo sy was ’n heks. Daar is allerlei stories oor bonatuurlike dinge, maar op Sederfontein weet mens nooit wat waar is nie. Punt is, die ou mense praat nie graag oor hierdie huis nie. Is jy seker jy wil dit koop? Wil jy nie eers bietjie op die dorp rondvra oor die huis nie? Ek meen, ek sal dankbaar wees as die plek eintlik verkoop en ek die man in Frankryk se geld kan stuur. Maar jy lyk na ’n goeie mens en ek wil jou darem waarsku oor die stories.”
Amelie kyk Herman uitdagend aan.
“Ek hou van ’n plek met karakter. Ek sal dit koop.”
Die huis is boonop naby die skole en sy sal nie donker moet opstaan en kinders aanjaag en daarna die pad deur die stadsverkeer na die skool hoef te pak nie. Geen nasorgsentrums nie.
Salig.
Die skuur gaan haar skryf-studio en biblioteek wees. Sy gaan hier die groot Afrikaanse roman skryf, besluit sy. Sy het nog nie die storie-idee nie, maar dit sal kom as sy haar suwwe brein en hart gelaaf het, glo sy. Deur die jare het sy genoeg manuskripte verwerk om te weet hoe om te skryf en hoe om dit nie te doen nie.
Niemand gaan haar uittog uit die stad uit haar kop praat nie. Sy speel al jare met die idee in haar kop. Renier is ’n stadsmens. Hy wil naby die geldtorings van Sandton bly. Verkieslik ook naby die Newscafé waar hy en sy kollegas netwerk met meisies in korporatiewe pakkies en stilleto’s. Sy het probeer om in Renier se wêreld van geldjag en ambisie in te pas, maar sy kan nie.
Hy het met die jare haar ambisie probeer aanvuur en sy weet hy was trots op haar vordering by Rubicon-uitgewers. Sy ore was doof vir haar klagtes oor Gielie se emosionele afknouery en gegil. Hy het nie simpatie met haar trane en angsaanvalle oor werk gehad nie. “Staan op en gaan aan,” is sy beleid en sy moes daarby hou. Nie eens met haar swangerskappe was daar simpatie nie. In die korporatiewe wêreld mag mens voortplant, maar dit moet verkieslik nie met jou produktiwiteit en ambisie inmeng nie. Sy durf nie by Rubicon-uitgewers oor ’n seer rug of geswelde voete gekla het nie. Sy het tot op die dag van haar kinders se geboorte gewerk en ses weke daarna weer agter haar lessenaar ingeskuif. Geen kaartjie of bos blomme van kollegas nie. Onprofessioneel, glo Gielie. Hy maak dit van dag een duidelik as jy by sy maatskappy instap. Hy wil nie weet of jy ’n hond of kind het nie. Jy is daar om te werk. Hy wil geen fraai prentjies wat onhandige kleuterhandjies geteken het, teen kennisgewingborde sien nie. Net een foto van jou gesin is op jou lessenaar toelaatbaar. As jou kind by die skool ’n arm breek, moet jy verkieslik reël dat iemand anders hom hospitaal toe neem. Na jou werksure kan jy weer jou rol as ma oorneem.
Gielie by die werk. Renier by die huis.
Sy kon nooit sien hoe Mia ballet oefen of hoe Jos sy bes probeer om die rugbyspan te haal nie. Dit is hoekom hulle kinders in spogskole is want dan kan ander mense die kinders versorg terwyl die ouers geld najaag, is basies Renier se houding oor die opvoeding van skoolgaande kinders.
Selina Skosana het van die kinders se geboorte tot met haar dood drie jaar gelede die Du Raan-huishouding bestuur. Die kinders versorg, gekook en inkopielysies saamgestel. Toe gee Selina se rondloperman haar Vigs as sy finale afskeidsgeskenk en Amelie sit met twee kinders wat sy nie oor haar hart kon kry om weg te stuur nie.
Renier was woedend toe Amelie aankondig sy sal Selina se kinders soos haar eie verder grootmaak omdat Selina soveel vir haar kinders gedoen het. Hulle het byna voor die skeihof gedraai voor hy toegegee het. Amelie vermoed die feit dat hy twee swart kinders versorg het vir Renier punte getel by die swart vennote in sy firma. Nou vat sy hierdie voordeel by hom weg.
Renier glo sy gaan ’n mislukking maak van haar uittog uit die stad en juis daarom gaan sy hom verkeerd bewys.
“Waarvan dink jy gaan julle leef? Van die storietjies wat jy gaan probeer skryf? Jy is ’n uitgewer, Amelie, nie ’n skrywer nie. Jy leef in ’n droomwêreld.” Het Renier haar borrel al ’n paar keer probeer bars. Hy glo nie sy sal ’n maand sonder hom, haar luukse huis in Northcliff en Woolworths se luukshede kan uithou nie.
“Laat toets jou vir menopouse. Dit is jou hormone wat jou so jaag. Gaan rus bietjie tot jy weer tot jou sinne kom,” het hy gegil voor hy finaal met sy leertasse by die deur uit is.
Amelie weet haar besluit het niks met haar menopouse te doen nie. Dit het baie met keelvolheid te doen, weet sy. Sy wil wegkom van die stad, gillende Gielie en bulderende Renier. Sy wil haar kinders in die platteland verder grootmaak en red wat daar aan hulle te redde is na die invloed van bedorwe stadskinders in ’n snob-skool. En sy wil skryf. Sy weet sy is nie ’n skrywer nie … wel, nog nie. Maar sy gaan nie haar droom laat vaar om ten minste te probeer om ’n roman te skryf nie. Dit en die restourasie van die ou huis is vir eers al waarvoor sy krag het.
Renier het behoorlik gestik van woede oor die ruim onderhoud waarvoor sy gevra het vir hulle twee kinders. Hy weier om vir Selina se twee te sorg. Waarskynlik oor sy swart bemagtigingsvoordeel nou daarmee heen is.
Renier se onderhoud en die lekker vet pensioen- en agterstallige verlof-uitbetaling van Rubicon-uitgewers gaan haar en die kinders hopelik ’n ruk aan die lewe hou.
Die kinders deel nie heeltemal haar opwinding oor die skuif na die platteland nie. Die geite van stadstieners het reeds in hul koppe kom nes maak, maar Amelie weet hulle is verlig oor die egskeiding. Die spanning tussen haar en Renier is al jare onhoudbaar en dit was sekerlik nie lekker vir die kinders om die paar uur ’n dag wat hulle wel hul ouers kon sien, die een rusie na die ander waar te neem nie.
Amelie het al gewonder waar dinge vir hulle skeef geloop het, maar besef dit wat met hulle gebeur het, gebeur met so baie ander as die paartjie sukses en geld begin najaag en elkeen so besig raak in sy eie beroep dat daar nie meer sprake van romanse of selfs ’n vriendskapsverhouding is nie. Sy aanvaar haar lang werkure as deel van haar aandeel aan die verbrokkeling, maar sedert Renier ambisie geproe het, was die aandelemark met al sy kompetering en laatnag-vergaderings en partytjies Renier se eerste liefde. Van die onderwysers by die kinders se skole het al begin dink sy is ’n enkelma.
Renier het byna geen verhouding meer met haar of die kinders nie en sy hoop die skuif na die platteland sal hom dwing om meer aandag aan die kinders te gee aangesien hy een keer ’n aand die kinders ’n volle naweek moet neem en sy gestipuleer het dat hy daardie naweke nie mag werk of sosiale geleenthede vir sy werk mag bywoon nie. Sy kon in die prokureur se kantoor sien dié gedagte maak hom benoud. Vir haar gaan dit nie net om hom ’n punt te bewys nie, maar om hom te dwing om ’n pa te wees. Dit sal hom en die kinders goed doen om ’n nuwe verhouding op te bou.
Sy self het ook baie skadebeheer om toe te pas op haar verhouding met die kinders. Sy en die kinders het buiten vakansietye waarin sy af was (en dit was min), nie veel tyd in mekaar se geselskap deurgebring nie. Nou gaan sy heeldag by die huis wees en met tieners in die huis weet sy dit gaan konflik veroorsaak as sy haar gebied as ma weer wil begin opeis.
Mia se mond is die dikste van al die kinders oor die trek. Sy sien glo nie kans vir graad tien in ’n ander skool weg van haar super koel maats nie. Amelie hou net mooi niks van Mia se maats nie. Sy dink hulle is oud voor hulle tyd en stel te vroeg te intens in kêrels belang. Sy besef lankal haar meisiekind se hakke is baie rooi en hoop die laaste paar jaar van haar skoolloopbaan op die platteland sal haar weer kindwees kan laat ervaar.
Jos is haar alleenloperkind en al waarin hy belangstel, is sy kitaar en rekenaar. Daar was ’n tyd toe Amelie baie bekommerd oor hom was want hy het hard gesukkel om Renier se guns te wen deur te probeer rugby speel, maar hy het net nie die talent as rugbyspeler gehad nie. Tot haar verligting het hy sy passie in sy kitaarmusiek en rekenaarspeletjies begin uitleef. (Renier was verpletter omdat hy nie met sy rugbybulletjie sou kon spog nie.) Die skuif na die platteland pla Jos nie want hy en die paar maats wat hy het, kan oor die internet steeds speletjies teen mekaar speel. Dit is immers wat hulle in die stad gedoen het.
Amelie bekommer haar oor Lolla en Ugo se aanpassing in die meer konserwatiewe omgewing. Hannes het haar al gewaarsku dat die inwoners van die dorp nie almal ewe opgewonde gaan wees oor die intrek van ’n gemengde gesin nie. En, het hy gewaarsku, die inwoners gaan haar skeef aankyk omdat sy astrant genoeg is om die dorp se spookhuis te betrek.
Lolla en Mia sal hopelik saamstaan by die skool al verskil haar twee meisiekinders se geaardhede soos dag en nag. Lolla is die ambisieuse een wat meer op akademie as kêrels fokus, maar sy deel Mia se voorliefde vir mooi klere. Vir die twee sal dit ’n tragedie wees om so ver weg te wees van die Cresta- en Sandton-winkelsentrums.
Sy is dankbaar die kinders gaan elkeen ’n ruim kamer hê en hoop hulle voel so entoesiasties oor die avontuur van die huis se opknap as sy.
Die weke voor die trek koop Amelie elke moontlike boek oor restourasie en groentetuine. Sy skaf ook ’n oorpak en ’n spul gereedskap aan. Sy is van plan om haar huis en tuin self te tem.
Hannes, die doemprofeet, het voorspel dat geen werker op die dorp by die spookhuis sal wil kom werk nie. Daarom is Amelie verplig om voor die trek met ’n span werkers van Johannesburg deur te ry en die huis skoon te maak en te sorg dat die krane, toilette en elektrisiteit ten minste werk voor hulle intrek.
Met die inpak en deel van die meubels tussen haar en Renier verbaas Amelie haarself oor hoe maklik sy van sentiment afstand kan doen. Eie aan Renier se geaardheid kies hy die leer sitkamerstel en die beste van als. Sy laat hom begaan want sy neem haar voor dit is die laaste keer wat hy haar sal kan boelie.
Dis eers as die laaste bokse in die trek-lorrie gelaai word, wat Amelie die impak van haar besluite besef. Sy en die kinders en die diere is op pad platteland toe en al bewe haar binneste, weet sy diep in haar hart sy moet uit die stad wegkom. Weg van Rubicon-uitgewers en weg van Renier en sy ambisie wat hulle huwelik en gesinslewe versmoor het.
Lees hoofstuk 2 hier
|
http://www.rooirose.co.za/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-1/
|
2015-01-27 13:40:00
|
Vou jou klere in ’n oogwink
|
~
Om klere reg op te vou is ’n lang proses. Tog is dit nodig as jy nie teen die einde van die week met ’n orkaan in jou kas wil sit nie. Klerevouers is al vir ’n geruime tyd op winkelrakke te sien, maar nou kan jy sommer jou eie een self maak (uit een boks)! Ons wys jou hoe. Deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pexels
|
http://www.rooirose.co.za/vou-jou-klere-n-oogwink/
|
2017-04-20 14:02:25
|
Hulle noem dit seisoene
|
Hulle noem dit seisoene. Ek hou meer van die beskrywende woord … fases.
Fases van die lewe. Grootword, oudword, siek word, verdeeldheid, rekonsiliasies – dit maak alles deel uit van die lewe. Maar, in al die fases wat konstant bly, is die een persoon wie se liefde nooit minder geword, verdeeld geword of vergeet geword het nie, ’n Ma se liefde.
Die goedheid en grootheid van ’n Ma se liefde vir haar kinders is tot vandag toe ’n onopgeloste, supernatuurlike verskynsel. Sy sal haar eie lewe, in ’n oogwink, vir haar kind opoffer.
Ma’s, ons aardse engele, of wat jy hierdie pragtige spesie ook wil noem, verdien om elke dag gevier te word.
Hang af in watter “fase” of “seisoen” jy jouself bevind, sal jy jou eie opinie oor Ma’s hê en wat hulle vir jou beteken.
Daar is niks lekkerder vir ’n dogtertjie om Mamma se lipstiffie aan te smeer en in haar ongemaklike hakke kamtig die wêreld aan te vat nie. Ek onthou hoe ek op vyfjarige ouderdom na my Ma gekyk het en gedink het sy is die mooiste vrou in die wêreld (ek dink nog steeds so!)
Toe begin die hormone kop uitsteek en estrogeenvlakke bots op ’n daaglikse basis met Ma s’n. Wat kan sy my nou eintlik vertel van die wêreld? Sy is oud en weet nie wat aangaan nie! Ek weet alles! Ma’s is tog so outyds!
Dan kom die groot 18. Volwassenheid begin deurskeumer en ek kan my eie besluite neem. My ma het trots toegekyk hoe ek “vrouwees” aanvat en tientalle kere my hardkoppige kop stamp. Maar sy was altyd daar vir die val en troos. So het haar raad ’n bietjie meer begin sin maak as toe ek ’n tiener was. “Dankie tog my Ma het bygekom,” sal ek vir myself fluister met rollende oë en ’n gesug van frustrasie.
Jou twintigs is nog steeds ’n bietjie van ’n warboel van deurmekaar fases, soos wanneer jy die huis verlaat, of dalk selfs oorsee gaan werk, jou eie tuiste skep, verhoudings begin en die verantwoordelikhede van die grootmenswêreld deurwerk. Jou persoonlikheid en hoe jy by alledaagse take en verhoudings aanpas, hoe jy probleme hanteer … deur dit alles is jou ma daar, jy is net nie altyd bereid om te gaan aanklop vir raad of by haar af te pak oor ’n koppie koffie nie.
Dit is ook in jou vroeë twintigs dat jy werklik agterkom jou ma kan jou beste vriendin wees as jy haar toelaat.
Dan breek daar ’n groot dag in jou lewe aan. Jy loop die paadjie af na jou toekomstige man, omring deur vriende en familie, en daar waar jy in jou pragtige wit trourok staan, loer jy na jou Ma. Sy straal van trots, sy sien hoe gelukkig jy is en met een glimlag weet jy hoe lief sy jou het. Jou hart brand van gelukkigheid en dankbaarheid dat jy haar daar, op jou spesiale dag, kan hê.
So breek die volgende seisoen in jou lewe aan. Jy gaan self ’n Mamma word!
Jy kan skaars jou opgewondenheid beheer en wil dit aan die wêreld uitbasuin. Hoe lekker is dit nie om jou Ma langs jou te kan hê nie. Sy is immers die een wat al daardeur is, wat verstaan en wat jou kan bystaan, ondersteun en liefhê.
Die oomblik toe ek my kind se gesiggie vir die eerste aanskou, het ’n oorweldigende gevoel van vervulling en eindelose liefde my binneste gevul. Ek het myself afgevra of dit die gevoel is wat my Ma kry elke keer wanneer sy na my kyk? Elke dag? Elke sekonde? Hoe kan jy so lief wees vir iemand? Die hele tyd?
Op daardie stadium is dit nie net die verskuiwing van prioriteite of die oorweldigende gevoel van koestering en liefde vir die klein mensie in jou arms nie, maar die feit dat jy besef hoe oneindig lief jou Ma jou al die tyd gehad het (en steeds het). Deur al my fases en seisoene, toe ek gedink het sy weet niks en sy my party dae grensloos geïrriteer het, toe sy altyd so bekommerd oor my veiligheid was en my nie toegelaat het om naweke saam met vriende weg te gaan nie, toe ek so kwaad was vir haar. Ek verstaan nou, Ma. Hoe kan jy iemand vir wie jy so lief is die wilde, woeste wêreld instuur?
As ek maar net geweet het hoe lief sy my het. As ek maar net geweet het hoe seer ek haar party dae gemaak het. As ek maar net die horlosie kon terugdraai. Maar dit maak nie saak nie, want Mamma se liefde vir my het konstant gebly. Mammas is wonderlik, hulle het jou lief, hulle bid vir jou, hulle aanvaar jou en verdra al die dinge wat ander mense dalk nié sal verdra nie. Sy is jou beste vriendin, jou konfidant, jou grootste cheerleader en die trooster van ’n seer hart.
Jou ma het jou bitter lief, gee haar vandag ’n ekstra drukkie en liefde.
Gelukkige Moedersdag aan al die Mammas.
– Opgedra aan Lynette Erasmus en Roma Louw
Besoek Shireen en Sue se webblad by inspiredwomen.co.za
|
http://www.rooirose.co.za/hulle-noem-dit-seisoene/
|
2017-04-25 14:13:54
|
kykNET bring hulde aan musieklegendes
|
Legendes van Afrikaanse Musiek bring hulde aan die reuse van Afrikaanse musiek en word in Maart-maand elke Woensdagaand om 20:30 op kykNET Nou! (DStv kanaal 146) uitgesaai. Daar sal ook herhalings op Vrydagaande om 21:00 wees. kykNET het baie navrae oor die reeks gekry nadat drie van die episodes in Januarie uitgesaai is en het daarom besluit om vir kykers nóg ’n voorsmakie op kykNET NOU! te gee met ’n ekstra vyf episodes. Die programreeks van 24 episodes is oor ’n tydperk (2014 – 2016) deur verskeie vervaardigers vervaardig.
In die eerste episode (1 en 3 Maart) word die storie van musieklegende, Min Shaw, vertel. Sy was ’n sangeres van veral ligte Afrikaanse musiek, maar later jare ook van Afrikaanse- sowel as Engelse gospel. Sy het bekendheid met die liedjie Jy is my liefling bereik wat in 1968 ook die temalied van die gelyknamige rolprent, waarin sy teenoor Franz Marx gespeel het, was. Shaw het toekennings ingeryg met drie Sarie-toekennings, twee goue plate, ’n platinum plaat en ’n dubbelplatinum plaat vir die rekordverkope van haar gospel-albums. Sy is ook in 1996 deur die ATKV vereer vir haar bydrae tot die bevordering van ligte Afrikaanse musiek.
Gé Korsten het geen bekendstelling nodig nie en op 8 Maart sal daar gekyk word na sy lewe en loopbaan, terwyl daar ook gesels sal word met sy gesin en kollegas. Korsten (6 Desember 1927 – 29 September 1999) was ’n Suid-Afrikaanse opera tenoor en akteur wat ’n groot invloed op die Afrikaanse musiekkultuur gehad het. As operasanger het hy meer as 3 000 keer op die verhoog verskyn waar hy 23 rolle in van die grootste operas gesing het. In 1965 begin Korsten sy loopbaan in ligte musiek met sy album Gé Korsten Sing Uit Die Hart en word dit vinnig ’n topverkoper, met ’n loopbaan wat oor 40 jaar gestrek het.
Cora Marie is op 3 Januarie 1953 gebore en op die ouderdom van een, na die dood van haar pa, in ’n kinderhuis in Springs geplaas. Sy het egter bo haar omstandighede uitgestyg en neem in 1974 haar eerste enkelsnit, Hasta Manjana, ’n liedjie van ABBA, op. In 1980 het sy sukses met haar album Lang Verlang Kontrei verwerf, waarop haar grootste treffer Gee haar ’n roos verskyn. Cora is op 8 Julie 1994, na ’n 2-jaar lange stryd teen kanker, oorlede.
Ons kan nie anders as om die legendariese Lucas Maree te onthou nie – hy was bekend daarvoor dat hy altyd meer gegee as ontvang het. Maree het vir die grootste gedeelte van sy loopbaan Engelse musiek in kroeë en restaurante in en om Pretoria en Johannesburg gesing. Hy het eers in 1981 in Afrikaans begin skryf, nadat hy ’n draai by ’n Jannie du Toit-konsert gemaak het. Hy het menige albums vrygestel en het behoorlik in die harte van Suid-Afrikaners gekruip met sy lekker saamsing liedjies. Maree is in 2010 met kanker gediagnoseer en op 18 Februarie 2011 is hy op die ouderdom van 58 jaar aan dié siekte oorlede.
Anneli van Rooyen. Sedert die eerste klanke van Seemeeu en Ek kan dit nie keer van die Neem my saam-plaat in 1980 oor die radiogolwe gehoor is, het harte regoor die land vir haar oopgegaan, en deur al die jare sedertdien, oopgebly. Annelie ly al jare lank aan a-tipiese trigeminusneuralgie, ’n brandpyn in ’n senuwee aan die regterkant van haar gesig. Sy het in die vroeë 2000’s van die toneel verdwyn, maar in 2015 het sy besluit dit is tyd om terug te keer. Met haar jongste CD, Nogtans Sal Ek Sing, slaag sy daarin om die stilte van nege jaar se kontstante pyn in afsondering, te oorkom. ’n Triomf vir die uithouvermoë van die menslike gees.
Die skedule vir die episodes lyk as volg:
• 1 & 3 Maart: Min Shaw
• 8 & 10 Maart: Gé Korsten
• 15 & 17 Maart: Cora Marie
• 22 & 24 Maart: Lucas Maree
• 29 & 31 Maart: Anneli van Rooyen
Legendes van Afrikaanse Musiek sal Woensdagaande om 20:30 op kykNET Nou! (DStv kanaal 146) uitgesaai word met herhalings Vrydagaande om 21:00.
|
http://www.rooirose.co.za/kyknet-bring-hulde-aan-musieklegendes/
|
2017-03-01 09:53:50
|
Menopouse: sit my in die yskas!
|
Dr. Christiane Northrup, ginekoloog en topverkoperskrywer van boeke oor vrouegesondheid en -geluk, beveel in Goddesses Never Age (Hay House, 2015) en The Wisdom of Menopause Journal (Hay House, 2007) die volgende aan indien hormoonvervangingsterapie deur ’n kundige op grond van ’n hormoonprofiel nie die gewensde uitwerking het nie.
Wanneer jy ’n gloed voel aankom, maak jou oë toe en visualiseer iets koels, soos dat jy in ’n igloe sit (dit kan jy minstens in die openbaar doen!)
Skil een laag van jou klere af en staan voor ’n waaier.
Koop ’n Chillow Pillow (google dit). Jy vul dit met water en sit dit in ’n kussingsloop waar dit die heel nag lank koel bly.
Navorsingsresultate wys sekere vorme van meditasie verminder gloede weens ’n afname in die streshormone wat tot die gloede bydra. ’n Aanbevole vorm van meditasie wat hiermee help is een waartydens jy jou oë toemaak en ’n mantra (soos “vrede”, “asem in”, of “asem uit”) bly herhaal, 20 minute op ’n slag.
Alkohol, soos ander vorms van suiker, kan gloede aanhelp of selfs veroorsaak.
Algemene raad vir simptome
Spits jou elke dag toe op plesier en pret – die onskadelike soort, natuurlik! Baie van ons voel skuldig as ons op plesier fokus. Ons is geleer dis goed om swaar te kry. Dit kan help as jy die volgende voltooi:
Ek kan my lewe op ’n gereelde basis met pret en plesier verryk op minstens die volgende vyf maniere …
(#rooirosewenk: vreugdes wat jy kan sien, hoor, ruik, voel of proe, en hartverwarmende maniere om met mense, diere of die aarde te konnekteer kan jou kop aan die gang kry.)
Sluit proteïne by elke maaltyd of versnapering in
Vermy kaffeïen
Vermy vas- of ander reinigingsprosedures
Vermy of verminder verfynde koolhidrate drasties
Kry snags agt tot tien ure slaap
Doen gereeld ligte tot matige oefening, maar nie soveel dat jy pê voel nie
Kry drie tot vier keer per week ’n dosis sonlig: vroeg soggens of laat middag (nie oor die warm middagure nie). Werk geleidelik op tot 10 of 15 minute per keer.
Eet jy kos wat met vars bestanddele – en met liefde – voorberei word?
Visualiseer iets koels, soos dat jy in ’n igloe sit
Volg die 80/20 reël: minstens 80% van wat jy eet moet natuurlik, heel, vars en onverwerk wees. Dink aan maer proteïne, gesonde omega 3-vette, baie vrugte en groente, eiers, neute en sade. Ongeveer een uit elke drie middeljarige vroue is sensitief vir gluten en moet koring vermy. Die ander 20% van jou kos kan sjokolade en, af en toe, aartappelskyfies insluit. Om jou kos goed te verteer moet jy dit met oorgawe geniet en met liefde eet – in goeie geselskap!
Dis beter om porsies te verminder as om kalorieë te tel. Fokus eenvouding daarop om kleiner hoeveelhede kos van die beste kwaliteit beskikbaar te eet. Hou jou hande soos ’n koppie voor jou. Dis die grootte van jou maag se kapasiteit. Eet niks meer as dit per maaltyd of peuselkans nie.
|
http://www.rooirose.co.za/menopouse-sit-die-yskas/
|
2017-04-25 15:44:53
|
Veilig op die paaie
|
Die volgende syfers van wat gedurende Paasnaweek 2017 op die paaie plaasgevind het, vertel ’n hartseer storie:
235 sterftes op ons paaie
1 738 motoriste is in hegtenis geneem
354 motoriste is beboet vir oorlading
843 motoriste is gevang omdat hulle sonder ’n rybewys bestuur het
Met nog twee openbare vakansiedae wat voorlê (Vryheidsdag op 27 April en Werkersdag op 1 Mei) sal baie mense weer op reis wees na vakansiebestemmings.
Die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging (SAIA) wil graag voorkom dat die ongeluksyfer van die Paasnaweek herhaal aangesien die sterftesyfer vanjaar 51% hoër was as in 2016.
Goeie raad tydens ongelukke
* As iemand beseer is, mag jy nie die voertuie wat by die ongeluk betrokke was, verskuif nie.
* Let op wat onmiddellik voor en na die ongeluk gebeur het. Was die ander bestuurder besope? Het hy sy selfoon gebruik? Het hy nalatig of te vinnig gery?
* Gebruik jou selfoon om foto’s van die ongelukstoneel uit verskillende hoeke te neem. Sluit ’n foto van die ander kar se registrasienommer in, ingeval hulle probeer om van die ongelukstoneel weg te ry.
* Kry die kontakbesonderhede van die ander party wat by die ongeluk betrokke was. Jy het sy volle naam, kontaknommers (probeer om ’n landlyn en selnommer te kry), adres, ID-nommer en voertuigregistrasienommer nodig. Gaan na of die motor gelisensieer is en vra die eienaar of die motor verseker is en by watter versekeringsmaatskappy.
* Kry die kontakbesonderhede van die paramedici, verkeersbeamptes en sleepwa-bestuurders op die toneel sodat jy later ongelukbesonderhede kan nagaan indien nodig.
* Meld ’n ongeluk binne 24 uur by die polisie aan.
|
http://www.rooirose.co.za/veilig-op-die-paaie/
|
2017-04-26 09:34:36
|
Wipkar, hoofstuk 14
|
Cari wag Arien toemaaktyd by die salon se deur in.
“Jy kom nou saam met my. Dis tyd dat ek ’n paar G&T’s deur jou lyf jaag. En, moenie teenstribbel nie, ek het gesorg dat jou seuns versorg is. Is ek nie ’n goeie peetma nie? Het ek al aan jou genoem dat hulle dink ek is baie cooler as jy?”
Cari het die manier om met haar verbale diarree alle weerstand af te breek. Arien het veral vandag nie ’n kans teen die aanslag van haar passievolle vriendin nie.
“Ons sit buite,” kondig sy by die Newscafé in Sandton aan. Ek het vir ons sigarillo’s gekoop. Kersiegeur. Vanaand gaan ek en jy kuier.”
Arien voel vaal en moeg. Cari sien dit dadelik raak en grawe ’n nuwe Dior-lipstif uit haar reuse rooi handsak.
“Kom, smeer aan. Dan verf ek en jy die stad rooi.”
Arien glimlag skeef. Sy weet Cari bedoel dit goed.
Die jong kelner smelt behoorlik voor Cari se Latynse sjarme.
“Vanaand sorg jy dat ek en hierdie girl bederf word. Ons wil nie ’n sekonde te lank wag vir diens nie. En as jy sien ons raak effe moeg, bel jy vir ons ’n Uber en jy laat ons by hierdie adres aflaai.”
Die jong man neem die kaartjie met die adres oorbluf.
“Oulike melkbaardjie,” spot Cari as hy wegskarrel. “Hy het duidelik nog nie ’n deurwinterde stadsvrou beleef nie.”
Cari steek vir hulle elkeen ’n dun sigaartjie aan. Arien stik effens, maar Cari lei haar sorgvuldig deur die proses van die verbode vrugte.
“Stadig suig, Meisie, Puff net. Dis mos net vir die show wat jy rook!”
Arien kan nie help om te lag nie. Sy is in haar wese ’n koekerige, konserwatiewe mens en ’n sigaartjie is die laaste ding wat sy ooit gedink het sy tussen haar lippe sal vasknyp. Sy het aan die begin saam met Cari skelm begin rook om Jos te irriteer. Hy het woedend geword as hy die rook aan haar klere ruik. Vreemde reaksie van ’n man wie se hemde gereeld na goedkoop parfuum geruik het.
Cari kan sien haar gedagtes dwaal.
“Tyd vir ’n lang pienk skemerkelkie. Jy verdien vandag een!”
Arien wil keer.
“Jy weet ek kan nie deurmekaar drink nie.”
Maar Cari het klaar in die rigting van die melkbaard beduie.
“Ons soek twee van daardie nuwe pienk bomme van julle.”
In die proses knipoog sy sommer vir die drie jong manne by die tafel oorkant hulle. Arien verstom haar hoe Cari haar been perfek en sensueel oor die ander een kan swaai. ’n Tegniek wat geen man kan weerstaan nie.
“Cari, gedra jou. Ek is nie lus vir vreemde geselskap nie. Onthou, ek gaan deur trauma.”
Cari blaas ’n bol kersierook in Arien se rigting.
“Kom nou, wil jy die manne ’n wyse ouer vrou soos ek se raad ontsê? Maar toemaar, ek speel net met hulle. Vanaand is dit net ek en jy. Jy gaan vergeet van Jos. Hy is op die oomblik op die beste plek moontlik. Dink net, hy lê in ’n bed en kan net ’n klokkie lui, dan is ’n vrou tot sy beskikking!”
Die twee vriendinne lag lekker en Arien voel hoe die spanning uit haar stywe ledemate sypel.
Die pienk drankie se naam is Cherry Blossom en dit streel Arien se gekweste siel. Sy glimlag selfs in die koers van die geesdriftige waarderende gehoor by die tafel oorkant hulle.
“Dis reg, laat dit gaan. Ek sal jou oppas, my pel. Vanaand het jy nodig om te laat gaan.”
Arien probeer haar bes om haar waardigheid te behou.
“Ek is die ma van twee tienerseuns en my man …”
Cari keer haar.
“En ek is jou vriendin en jou seuns se verantwoordelike peetma. Hulle is versorg en jy is in my veilige hande.”
Arien dink aan die sessie saam met Gerhard. Hy sal seker diep geskok wees as hy moet sien dat sy pasiënt, wat hy die ko-afhanklike van ’n alkoholis noem, by ’n trendy kuierplek in Sandton sit met ’n lang pienk drankie in een hand en ’n sigaar in die ander!
’n Jong meisie kom met ’n mandjie rooi rose verbygestap. Mans by die tafels langsaan koop vir hulle metgeselle rose en die metgeselle glimlag verleidelik.
Die meisie kom na hulle tafel gestap.
“Die mans by die tafel daar oorkant het vir elkeen van julle twaalf rose gekoop!”
Sy glimlag ingenome en oorhandig al die oorblywende rose in haar mandjie aan Cari en Arien.
Cari lig haar pienk drankie waarderend in die rigting van die jong manne en wink die melkbaard nader.
Sit dit asseblief vir ons in ’n ysemmer.
Cari se stem dreun voort en Arien verluister haar aan al die twak wat haar vriendin kan uitdink om haar van haar ellendige omstandighede te laat vergeet. Cari is ’n meester op die gebied van twak praat … as dit nodig is.
Voor die tweede pienk drankie jaag sy ’n bordjie snoepgoed en koffie deur Arien se gestel. Dan roep sy melkbaard weer nader.
“Nog pienk drankies vir jou twee sexyste kliënte.”
Die jong man knik sy kop geesdriftig, waarskynlik gedagtig aan die groot fooitjie wat hy verwag Cari hom aan die einde van die aand sal gee.
Met die tweede pienk drankie in haar hand, besef Arien dat sy die aand saam met Cari broodnodig gehad het. Cari se geselskap smeer strelende salf aan elke seerplek aan haar siel.
Skuins voor middernag roep Cari melkbaard nader om vir hulle ’n Uber te bestel.
By die huis rangskik sy die twaalf rooi rose in ’n vaas langs haar bed. Sy lê op haar sy en kyk na die rooi rose wat ’n wildvreemde jong man in ’n vrolike kuierplek vir haar gekoop het.
Die rose ruik sag en geurig. Dit meng met die kersiegeur wat aan haar klere kleef. Vir die eerste keer in dae raak sy rustig aan die slaap.
|
http://www.rooirose.co.za/wipkar-hoofstuk-14/
|
2017-04-22 09:40:18
|
Tekkie Tax Dag
|
Die veldtog gee jou die keuse om met jou voete te wys watter verdienstelike saak jou na aan die hart lê. Kies jou plakker, tooi jou tekkies met ’n paar prettige Tekkie Tax-veters, dra jou tekkies en siedaar! Jy is reg vir Nasionale Tekkie Tax Dag.
As jy nie heeltemal seker is hoe die projek werk nie, luister na Die Flooze en Lloyd Cele en jy sal binne 30 sekondes die hele prentjie hê.
Die projek is in 2013 begin toe van ons land se grootste en mees geloofwaardige welsynsorganisasies kragte saamgesnoer het om een groot fondsinsamelingsprojek van stapel te stuur. Die veldtog word hierdie jaar onderskryf deur 12 nasionale welsynsorganisasies wat altesaam meer as 1 000 plaaslike organisasies verteenwoordig.
Epilepsie SA
Kindersorg SA
SOS Children’s Villages
CHOC (Childhood Cancer Foundation)
Special Olympics SA
CANSA
Imisebeyelanga Services
Meals on Wheels
VVA
NG Welsyn
SAVF
Endurocad
Quinne Brown en Tokkels
Annelise de Jager, stigter en beskermvrou van die projek sê: “Tekkie Tax het reeds R22.1 miljoen ingesamel sedert die ontstaan daarvan en die verskil wat dit op grondvlak in ons land gemaak het is ’n riem onder die hart. Onder al die lawwighede en verspotte skoenverters is dit ’n baie ernstige saak”
Princess Alice Adoption Home
“Tekkie Tax se geld gaan gebruik word om melk en kos vir 30 babas te koop.”
Kwathando Care Centre
“Ons het ’n tafeltennisstel gekoop vir ons kinders met autisme.”
Merewent Cheshire Home
“Tekkie Tax se bydrae het gehelp dat ons toiletware vir ons gestremde inwoners kon koop.”
Vrystaat Versorging in Aksie
“Tekkie Tax se geld het gehelp om ons voedingskema by die skool aan die gang te hou.”
Daar is geen verskoning om nie vanjaar deel te neem nie. Die plakkers (R10 elk) en veters (R35 elk) is beskikbaar by alle ToysRUs/BabiesRUs en Clicks-winkels. Daar is meer as 270 plaaslike welsynsorganisasies wat dit verkoop en saam is hulle van plan om die hele Suid-Afrika deel van die projek te maak. Bestellings kan ook gemaak word op die Tekkie Tax-webblad.
Sit ’n hop in jou skop en dra jou Tekkies op Nasionale Tekkie Tax Dag – Vrydag, 26 Mei 2017! Alles ten bate van weerlose mense en diere.
|
http://www.rooirose.co.za/tekkie-tax-dag/
|
2017-04-24 10:04:11
|
Haarwenke vir kinders
|
Sam Woulidge en haar seuntjie, Sebastiaan Badenhorst
Oor haar seuntjie se hare sê kosskrywer Sam Woulidge: “Daar is vir hierdie mamma niks lekkerder as om haar gesig in haar seun se wilde bos hare te druk en die sagte krulletjies teen haar wange te voel nie. Dan asem ek hom in. My liefkind.”
Sam vertel: Kort na Sebastiaan se eerste verjaarsdag sny sy “Aunty Phumla” sy hare met my oorlede ma se naaldwerkskêr kort af terwyl my seun in my arms slaap. In ’n oogwink is sy babahaartjies weg. En net daar begin ons dit weer groei. Want Sebastiaan se hare is net soveel deel van sy identiteit as wat sy swart vel is. En sy (kaalkop)-pa en ek is trots op albei.
Sebastiaan se “dreadlocks”
Sam vertel:
Om sulke ‘dreadlocks‘ te hê is makliker as wat mens dink. Terwyl sy hare kort was het ek met ’n nat waslap in die bad klein sirkels om-en-om sy kop gemaak om sy hare in klein puntjies regop te laat staan. Te oulik. En soos wat Sebastiaan se hare langer geword het, het dit self die natuurlike lokke gemaak. Nadat hy gestort het, vryf ek sy hare met ’n handdoek om die ergste spul water te verwyder en dan gebruik ek die haardroër om dit droog te maak.
Ons was elke week Sebastiaan se hare met Johnsons’s Soft & Shiny Shampoo & Conditioner (for tight curls and dry hair) en ons gebruik ook Jabu Stone Beeswax (of enige soortgelyke produk) om die krulle te versterk en sy hare te voed.
En siende dat Sebastiaan al kleuterskool toe gaan, is ons maar versigtig vir die kopluise wat elke dan en wan ’n plaag by skole veroorsaak. Want hierdie wonderlike hare gaan ons beslis nie skeer nie en daarom gebruik ons daagliks Controlite Defence Spray – Repels Head Lice. Dit werk soos ’n bom (ons het nog tot dusver elke plaag vrygespring!), dit ruik heerlik en is goed vir sy hare as gevolg van die olies wat gebruik word.
Hier is die produkte wat Sam voorstel
Jabu Stone Beeswax (R31,95).
Controlice Oil Spray (R139,95).
Johnson's Soft & Shiny Baby Conditioner (R34,95)
Johnson's Soft & Shiny Shampoo (R38,95)
Chrisit Panagio
Christi Panagio se twee dogterties, Evah en Shay, se hare verskil heeltemal. As familie is hulle gesteld op “skoon”-produkte en bestanddele.
Evah: Natuurlike, los krulle
Christi se dogtertjie Evah het ’n natuurlike los krul. Die gevolg is dat dit vreeslik maklik koek. Dis pragtig, glad en blink as ek dit was, maar koek en droog in ’n dag of twee uit. Ek was haar hare met Naturalmente Basic Fennel & Geranium Shampoo: moisturizing and normalizing (R282 beskikbaar by naturalmente.co.za). As opknapper gebruik ons Naturalmente se Fennel-Geranium Conditioner (R282). Ek los die opknapper vir ’n ruk aan sodat haar hare sag kan word en borsel dit dan met ’n ‘Wet Brush Pro‘ uit. Ek probeer haar hare nie te veel was nie (elke 4-5 dae) en spuit dit daagliks met Naturalmente Elements Tonico: Daily conditioner spray (R275) wat haar hare lekker bevogtig en dit makliker maak om koeke uit te kam. Af en toe gebruik ek ook die Naturalmente Elements Moisture Mask (R295) om haar hare lekker te voed en te behandel. Nico het ook ’n krul en dik, harder hare. Die werk vir hom ook. My blonde hare raak gou droog, en die outjie doen wondere as jy so nou en dan daarmee aan slaap! Die masker is ’n staatmaker in ons huis, ons almal se hare kan nie daarsonder nie.
Wenk: Ek vleg Evah se hare as sy slaap en swem om te voorkom dat dit erg koek. Sy slaap baie wild!
Shay het baie stywe krule, amper ’n ‘afro’
As ek haar hare net gewas het is dit miljoene stywe krulle, en pragtig! Die probleem is dat dit ‘coarse‘ is, en baie maklik droog word en koek. Ek was en bevog ook met Naturalmente se Fennel-Geranium Shampoo & Conditioner, druk haar hare liggies met die handdoek droog, en werk dan ’n masker in wat ek in haar hare los. Dit bevog die tipe hare, en dit is nie nodig om uit te was nie. Haar hare het daagliks baie liefde nodig! Ek spuit dit elke oggend met Naturalamente Daily Tonico Spray om dit nat te maak en kam dit saggies deur haar haarlyn. Ek verkies om net die veilige en skoon sproei te gebruik; die meeste ‘detanglers‘ het baie silikone in wat nie goed is nie, maar soms is mens desperaat en dan het ek iets sterker nodig. Sulke oggende gebruik ek ‘Aunty Jackies’ detangler. Terwyl ek nog soek na ’n “skoon” produk, maak ek eers hierop staat. (As iemand van een weet laat weet gerus!)
Soos ek genoem het koek haar hare vinnig, so ek maak dit meestal vas: twee poniesterte lyk in haar geval soos twee bollas! My eie mini-muis. Omdat sy nog klein is, is dit moeilik om elke dag baie tyd aan haar hare te spandeer – iets wat die haartipe verg. Baie aandag en liefde.
Wanneer sy ouer is sal ek dit tien teen een relax– nie om die krul weg te vat nie, sy is pragtig nes sy geskape is, maar net om die hare meer beheerbaar te maak.
Wenk: ’n Satyn-kopdoek en kussingsloop maak ’n groot verskil en beskerm die hare saans. As ons tyd het, wend ek ’n masker aan haar hare en werk dit dan stadig stuk vir stuk met my vingers deur om van die koeke ontslae te raak.
Probeer die volgende produkte
Naturalmente Elements Tonico - Daily conditioner spray (R275)
Aunt Jackie's Girls Leave-In Ultimate Detangling Moisturizer Knot Havin It (R86,95)
Naturalmente Basic Fennel & Geranium Shampoo – moisturizing and normalizing (R282)
Naturalmente Elements Moisture Mask (R295)
|
http://www.rooirose.co.za/haarwenke-vir-kinders/
|
2017-04-26 13:57:20
|
Verkoue? Dokter jouself soos ’n dokter dit sou doen
|
Die jongste konsep oor verkoue is dat behandeling, en veral antibiotika, onnodig is. Feit is, as jy jou immuunstelsel kans gee om die ding uit te spook, sal jou liggaam homself genees. Al wat jou dokter jou sal aanbeveel is dat jy rus, jou liggaam tyd gee en hom ’n bietjie ondersteuning deur jou simptome te verlig. Watter advies sou jou dokter vir jou gegee het?
1 Rus jou verkoue reg
’n Ligte verkoue kan binne ’n dag of twee oor wees, maar vir ’n swaar verkoue moet jy jouself tot tien dae kans gee. Jy hoef nie noodwendig in die bed te lê nie, maar moenie jouself fisiek ooreis nie. As jy bly werk, herskeduleer jou take sodat jy nie oortyd werk nie, of selfs net die oggend werk. Hou by ligter take wat nie fisiek veeleisend is nie. En dalk sal jy ook maar sukkel om te konsentreer.
Kan jy ’n verkoue wegoefen? Nee, dit is ’n mite. Selfs superfikse professionele sportmense is meer geneig tot verkoues wanneer hulle ooroefen.
2 Maak jou omgewing gemaklik
Die winter skep op twee maniere ’n los gelukkie vir die virusse – en pure ellende vir ons.
Eerstens die klimaat: die lug is droog en koud, wat in verkouevirusse se guns werk. Hulle floreer in ’n koue, droë omgewing soos tipies in die binneland, en binnehuis waar lugreëling, die kaggel en verwarmers die lug uitdroog.
Daarby droog ’n koue en lae humiditeit die slymvliese van jou neus, sinusse en keel uit – juis waar ’n groot deel van jou immuunstelsel werk om hierdie kieme weg te weer. Dus: jy is weerloos, en hulle het die klimaatsvoordeel.
Wat kan jy doen om hierdie ideale kombinasie teen te werk? Sorg vir ’n humidifiseerder. ’n Oop bak water naby jou kan ook help om die vog in die lug aan te vul.
Tweedens hou die vertrekke waarin jy is aangenaam warm maar nie oorwarm nie.
3 Wat is die hinderlikste simptome van jou verkoue?
Behandel hulle eerste. Dan voel jy dadelik beter.
4 Wat is jou grootste risiko’s?
Party van ons is na ’n verkoue geneig tot asma. Ander hou eerder ’n nare sinusinfeksie oor, terwyl ander sukkel met ’n oorinfeksie, stembandontsteking (laringitis) of bronchitis. Neem jou swakplek in ag en tref voorsorg met die regte selfbehandeling.
5 Die regte behandeling vir jou soort verkoue-simptome
Jy weet nou wat jou risiko’s is. Kies medisyne vir jou verkoue dus so.
Wat van ’n alles-in-een verkouepil? Dit werk goed vir baie mense. Maar as dit een of twee simptome nie onder beheer kan bring nie, kan jy gerus ook die volgende advies byvoeg.
Nies
• Hierdie verkouefase is gewoonlik binne ’n dag of twee – of selfs ’n paar uur – oor. Die beste wat jy kan doen is om ekstra water te drink, omdat jy vog verloor. Drink suiwer water, eerder as koeldrank met baie suiker.
• Of drink vars groensap, aangesien die anti-oksidante daarin jou immuunstelsel kan help. ’n Ander moontlikheid is ’n drankie met ekstra vitamien C.
• Onthou die nies-etiket:
Jy is in die niesfase op jou aansteeklikste. Die beste etiket is om jouself te isoleer en tuis te bly. Moenie gaan fliek of inkopies doen, as jy dit kan verhelp nie. En waarsku mense dat jy dink jy het ’n verkoue onder lede. As jy werk toe gaan, hou jou kantoordeur toe, as jy kan.
As jy in die tipiese oopplan opset werk, is verkoue-etiket belangriker as ooit. Nies in ’n snesie, of ten minste binne-in jou mou, sodat die kieme nie die wêreldvol versprei nie. Dit help min om jou hand voor jou neus te hou, omdat die kieme doodeenvoudig van jou hand af oral versprei waar jy vat.
• Was jou hande na elke nies-en-afvee, as jy kan. Of gebruik ’n handontsmetmiddel. Hou snesies en ’n plastieksak byderhand
Rinitis, of ’n loopneus
• Is dit nie die lastigste deel van ’n verkoue nie? Al die afvee maak die vel rondom jou neus en bolip teer. Beskerm jou vel van die begin af met ’n lagie vaselien of soortgelyke salf.
• Gebruik liewer ’n ontstumiddel of dekongestant (enige anti-allergiese of anti-inflammatoriese middel) om die swelling te laat sak. Wees versigtig vir opdroogmiddels, veral as jy neig na sinusitis of oorinfeksie. Hulle verdik die slym, wat dan moeilik dreineer en ideale teelaarde skep vir bakterie wat sinusitis en oorinfeksie veroorsaak.
• Jy verloor nou baie vog. Soos wanneer jy nies het jy ekstra water of ander drankies nodig wat jou immuunstelsel ondersteun.
• Net soos as jy nies is verkoue-etiket die regte ding om te doen.
Pyn en lyfseer
Hoof- en oorpyn is glad nie lekker nie. Die beste raad is ’n doodgewone pynpil met parasetamol of ibuprofen.
Wat as jou verkoue jou koorsig maak?
Die meeste verkoues veroorsaak matige koors. Gelukkig help parasetamol en ibuprofen hiervoor ook.
Maar moenie koors ignoreer nie. As jou koors skielik bo 38 °C is en daar bly, is dit tyd om dokter toe te gaan. ’n Virusverkoue maak jou vatbaar vir die bakterieë wat longontsteking, mangelinfeksie en sinusitis veroorsaak.
Jy voel pap en moeg
Hier moet jy jou goeie oordeel gebruik. Die feit van die saak is dat ’n verkoue mens fisiek tap. Die grootste guns wat jy jouself kan doen is om dit nou rustig te vat, sodat jou liggaam sy energie kan fokus om die verkoue te oorkom.
Maar jy is dalk onder druk by die werk … en weet hoe suksesvol kafeïen jou tydens ’n verkoue opkikker. As jou gestel nie af is nie, kan jy verkouemiddels met kafeïen probeer. Onthou om dit net bedags te gebruik, want jy wil snags goed slaap. Dit sal juis help as jy nou vroeg inkruip. Verwag ook om besonder pap te voel sodra die kafeïen uitgewerk het.
Raad vir keelseer
• Dit is dikwels die pynlikste deel van ’n verkoue. Daar is baie soorte suigtablette met ’n ligte plaaslike doofmiddel daarin. Kyk vir suigtablette met ekstra sink en/of vitamien C en met so min as moontlik suiker.
• Gorrel met soutwater om jou keel te help ontsmet. (Die resep? Een teelepel sout op ’n liter water.)
• Drink genoeg vloeistof. Louwarm drankies is die beste.
• Sommige mense vind dit help om ysblokkies te suig.
• Gebruik ibuprofen of parasetamol vir die pyn, as jy dit nie reeds gebruik nie.
Raad vir oorpyn
• Gebruik ibuprofen of parasetamol vir die pyn.
• Hou ’n warmwatersak of ’n warm, klam lap oor die seer oor.
• Pasop vir ’n opdroogmiddel, om dieselfde redes as hierbo.
Raad vir seer sinusse
• Gebruik ’n dekongestant of ’n sout-neusspuit (saline) om die swelling te verminder. Moet dit nie oormatig gebruik nie want jou slymvliese moetnie uitdroog nie.
• ’n Humidifiseerder of ’n bak water kom hier ook goed te pas, juis omdat dit help met lugvog wat jou sinusse beskerm.
• Nog ’n plan: stoom jou sinusse. Tap ’n bak of wasbak vol warm water, staan met jou kop daaroor sodat jy die stoom inasem. Gooi ’n handdoekie soos ’n tent oor jou en die wasbak, sodat jy soveel as moontlik stoom vasvang.
• ’n Warm kompres (warm natlappie) kan die pyn baie verlig.
Hoes
• Daar is twee hooftipes hoesmiddels: ekspektorante, wat die slym verdun sodat jy dit makliker kan uithoes, en hoesonderdrukkers, wat die hoesrefleks onderdruk.
• Vir ’n aanhoudende nat hoes wat nie binne ’n paar dae vanself opklaar nie, kan ’n ekspektorant baie help. ’n Hoesonderdrukker kan vir ’n droë hoes help maar dit word selde aanbeveel. Probeer dit net as daar regtig geen slym is nie – en ook net snags, sodat jy kan deurslaap.
Lees ook
Watter medisynes moet ek gebruik vir my verkoue?
Wat van alternatiewe medikasies vir jou verkoue? Hier is die bestes
|
http://www.rooirose.co.za/verkoue-dokter-jouself-soos-n-dokter-dit-sou-doen/
|
2017-04-28 12:35:20
|
Kreatiewe kort haarstyle
|
Foto’s: Gallo images / Getty images / JB Lacroix / WireImage / Jason LaVeris / FilmMagic / Kevin Mazur / Desiree Navarro / WireImage / Bertrand Rindoff Petroff / Jon Kopaloff
Jou haarstyl vertel baie van jou persoonlikheid en dit is soms goed om te eksperimenteer wanneer dit by jou hare kom. Kort hare is dalk nie vir jou nie, maar as jou hare fyner is of as jy lus voel vir verandering, is dit dalk dalk goed om koebaai te sê vir langer hare, dit is boonop makliker om korter hare in stand te hou.
Korter hare pas oud en jonk en is die een styl wat die meeste vroue goed pas. As jy sportief is of ’n bedrywige leefstyl handhaaf, gaan ’n korter snit beslis jou lewe makliker maak. Die voordeel van ’n korter snit is dat jy dit kan stileer of net droogblaas en steeds mooi lyk, dit laat ook jou hare gesonder lyk. Die geheim is dat jy die regte stileerprodukte gebruik.
Die speelse “pixie”-snit
Baie sterre verruil deesdae hul langer lokke vir korter style. Die aktrise Michelle Williams se platinum blonde, plat gestileerde haarstyl lyk prettig en koel. Die “pixie”-snit soos die meeste mense dit ken is ’n styl wat baie vroue goed pas. Dit laat jou jonger lyk en is ’n korter snit wat die minste aandag verg. As jy fyner hare het, probeer dalk ’n speelse pixie-snit. Die snit dateer uit die sestiger jare en plaas die aandag op jou gelaatstrekke. Kyk net hoe word Michelle se pragtige oë beklemtoon. Dit is beslis ’n meer simplistiese styl, maar tog elegant.
Die langer kuif “pixie”-snit
Gemma Arenton se hare lyk stylvol en elegant, haar kuif wat skuins gesny is, rond die voorkoms mooi af. Dit gee die styl ook ’n meer vroulike voorkoms as die gewone “pixie”-snit sonder ’n kuif. Haar donker hare werk baie goed saam met die snit. ’n Kuif is ook altyd ’n goeie manier om daardie fyn plootjies op jou voorkop te verbloem.
Die a-simetriese snit
Ruby Rose se hare was die afgelope paar jaar al in verfskillende kort style gesny. ’n Haarstyl met hoogte laat jou gesig langer lyk, dit werk veral goed by diegene wat voller wange het met ’n opmerklike skerp ken. Sarah Paulsen het ’n soortgelyke snit, haar kuif is net langer. Wat hierdie snit lekker maak, is dat jy jou kuif kan stileer soos jy dit wil hê. Glad, gegolf of agter die oor. Die haastyl is ook langer en gesofistikeerd. As jy bang is vir ’n té kort snit is hierdie ’n goeie keuse.
Die snit vir almal
Dit is nie net mans wat deesdae die prettige “Engelse snit” dra waar die hare korter geskeer is aan die kante nie. Scarlett Johnssson en Katy Perry is goeie voorbeelde hiervan. Katy Perry se hare lyk kreatief en die twee kleure beklemtoon mekaar. Sy kan verskillende style skep met haar snit. Sy kan haar hare só stileer dat dit sagter lyk, deur die hare af te laat hang teen die kant. Die idee agter haar voorkoms was dat sy skoonheid wou herdefinieer. Scarlett Johansson se nuwe voorkoms is beslis ’n groot verandering. Die kort geskeerde kant met die lyntjie en die langer hare bo skep ’n baie moderne voorkoms. Soos die “pixie”-snit plaas dit ook die aandag op haar gelaatstrekke.
As jou hare tans lank is en jy dit wil sny, kan jy jou hare skenk vir ’n goeie doel. Die organisasie CANSA maak hare bymekaar om pruike te maak vir diegene wat hul hare verloor het in die stryd teen kanker.
Maak so:
Jou bokstert moet langer as 25 cm wees.
Die hare moet skoon en droog wees.
As jou hare klaar gesny is, bind albei kante vas en sit dit in ’n lugdigte sakkie.
Skryf jou naam en kontakbesonderhede op die sakkie.
Klik hier vir meer inligting.
|
http://www.rooirose.co.za/kreatiewe-kort-haarstyle/
|
2017-04-20 13:55:18
|
Gospel-bediennaars vra hulp na ongeluk
|
Die Hallelujah-sleepwa na die ongeluk. Foto's: verskaf
SUID-KAAP NUUS - Leon Goosen, 'n bekende gospel-sanger, en sy vrou Rietha, was verlede Vrydag tussen George en Mosselbaai in 'n motorongeluk na 'n band van die voertuig waarmee hulle gery het, gebars het.
Volgens Goosen is hulle tans besig met 'n gospel-bedieningstoer reg deur die land en was hulle Vrydag op pad na Humansdorp om 'n biddag, wat saam met dié van Angus Buchan sou loop, te lei toe die ongeluk gebeur het.
"Ek en my vrou het jare gelede al ons besittings verkoop om die bedieningstoere te doen. Ons tree reg deur die land op. Ons het van die geld wat ons vir ons huis en besittings gekry het vir arm mense gegee en met die res het ons 'n vragmotor en sleepwa, wat ons die Halleluja-sleepwa noem, gekoop. Dit was nou ons tuiste tot die tragiese ongeluk," vertel hy.
Volgens hom het hulle slegs 'n paar meter voor die Glentana-afrit gevoel die band van die voertuig bars.
"Ek kon nie die voertuig beheer nie en ons het twee keer gerol. Ek het ligte beserings opgedoen. Ek was net bietjie styf en seer, maar my vrou se arm is beseer en sy het nog baie pyn."
Goosen sê hulle wil nie die toer aflas of uitstel nie en probeer sover moontlik planne beraam om met die toer voort te gaan.
"Ons tree vanaand (Dinsdagaand) by die Helende Woord Bediening in Oudtshoorn op waarna ons na Uniondale en Joubertina gaan. Ons gaan ook op 7 Mei by die AGS Kairos-kerk in Graaff Reinett optree," het hy gesê.
Goosen sê hul grootste probleem op die stadium is dat hulle sonder vervoer sit.
"Tans leen ons 'n voertuig van iemand in Mosselbaai, maar ons moet dit einde van die week teruggee. Die voertuie waarmee ons in die ongeluk was, was alles wat ons gehad het. Ons het in die Halleluja-sleepwa gewoon. Dit maak die toer bietjie moeilik omdat ons nie vervoer het nie," het hy gesê.
Goosen sê daar was tot dusvêr 'n hele paar barmhartige samaritane wat hulle na die ongeluk gehelp het.
"Vir hulle wil ek en Rietha uit ons harte uit dankie sê. Dit is wonderlik om te sien hoe God werk en hoe Hy mense op jou pad stuur in tyd van nood. Ons sal egter ewig dankbaar wees indien enigiemand ons kan help tydens ons toer. Ons grootste probleem op die stadium is vervoer, maar enige hulp is welkom," het hy gesê.
Indien enigiemand die Goosen-egpaar wil help kan hulle vir Leon by 072 645 8765 skakel.
Leon en Rietha Goosen.
Die Goosen-egpaar se besittings het langs die pad gesaai gelê na die ongeluk.
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/187460/Gospelbediennaars-vra-hulp-na-ongeluk
|
2017-04-25 11:00:00
|
Jesus het een van sy grootste komplimente aan 'n vrou gegee wat duur olie uit 'n albaste fles op sy kop uitgegiet het. 'Sy het haar allerbeste vir My gedoen.'
God verwag niks meer van ons nie en is waardig tot niks minder nie. Een nag in 1837, het 'n vrou genaamd Florence die stem van God gehoor wat aan haar gesê het dat sy 'n spesiale doel in die lewe het. Nege jaar later het haar missie begin vorm aanneem toe 'n vriend vir haar inligting oor 'n inrigting in Duitsland gestuur het wat diakonesse oplei om vir die siekes te sorg. In 1853 het sy die superintendent van 'n vrouehospitaal in Londen geword.
Toe die Krim-oorlog in 1853 uitbreek, het sy aangebied om na die Britse soldate om te sien, en na Konstantinopel vertrek. In Turkye was sy in beheer van 'n militêre hospitaal. Dit was 'n omgewing wat deur mans gedomineer is en die dokters was haar vyandiggesind. Die hospitaal was vieslik vuil, dus het sy haar moue opgerol en begin om na haar pasiënte om te sien, eers met die voorraad wat sy saamgebring het en toe deur 'n korrespondensie-veldtog van stapel te stuur om nog voorraad vir die hospitaal te kry.
Sy het ure elke dag in die sale deurgebring en omtrent elke soldaat, wat die hospitaal binnegekom het, aangeraak. Die vertroosting wat sy op haar nagtelike rondtes aan hulle gegee het, het aan haar die bynaam, 'die suster met die lamp' besorg. Wie was sy? Florence Nightingale. Een van haar bekendste aanhalings is, 'Ek het nooit 'n verskoning gemaak, of 'n verskoning aanvaar nie.' In plaas daarvan om op die talente en hulpbronne wat jy nie het nie te fokus, gebruik wat God jou gegee het.
|
http://www.georgeherald.com/viewblog/1787/Gebruik-wat-God-jou-gegee-het
| ||
Die boere kry so swaar, hulle vat aan die snykant van die mes.
My Karoo-oupa het so gesê. Hy was ‘n ou knorpiet, maar gevat om dinge treffend op te som.
As ‘n mens in die Tuinroete woon, is die knellende droogte wat Suid-Afrikaanse boere in ‘n wurgggreep het, iets waarvan jy vervlietend kennis neem op die daaglikse nuus. Dit ontvang ‘n jammerlike tongklik voor die fokus verskuif na groter ellendes - moord, roof en verkragting.
En dan is jou kommer verby.
Dis anders as jy kilometers ver stap in ‘n stuk Karooveld wat in jou heugenis nog nooit so sonder weiding gestaan het nie. Bygevoeg, my pa duskant sewentig, wie se geboortewêreld dit is, merk tydens ‘n staptog die naweek op, dat die laaste spatsels groenigheid slegs nog aan die bitterbosse kleef – weiding, volgens hom, “wat die skape slegs vreet as hulle kort by vrek is”.
Plaasdiere se uitgeteerde karkasse lê darem nie rond in droë rivierlope nie. Hulle kan danksy hulle verhouding met die mens darem nog gevoer word – soos party van die distrik se boere al drie jaar lank doen.
Maar die wild…
Steenbokke wat voorheen blinkvet van ‘n naderende bakkie, ligvoets en pronkend die veld sou invlug, strompel lusteloos ‘n koers in, stop dan om terug te kyk na die voertuig oor ‘n maer blad of kruis. ‘n Boer vertel hoe hy nou die dag ‘n springbokrammetjie deur die draadheining moes help. Na die gespartel, het die dier sommer bly lê.
Daar is ‘n kyk in sulke boere se oë wat jou nie onaangeraak laat nie. Hulle vertel hoe hulle al ooie begin verkoop met ‘n meewarige - “ons is nou aan die punt van die riem".
As die son sy ongenaakbare kop bêre anderkant die Kareeberge se westerkim en die nag ‘n sluier oor die dorre aarde trek, kyk jy op en verwonder jou aan die sterrehemel. Só briljant en skitterend, dat die SKA (Square Kilometre Array) net anderkant die droogteveld ook nog lê en grom om nog plase op te koop sodat die “slim mense” in radiostilte verder oor “donker energie” kan filosofeer.
Ons mag dalk onwetendheid pleit wat die droogtetoestande betref. Ons het darem nog ‘n lappie gras en ‘n bietjie besproeiing. Maar as die stof opslaan uit die droë bossies wat onder jou skoensole knars, weet jy, Moederaarde wéét. Inteendeel, sy is intens bewus.
die klein begrafenis
DEUR CORNELLE CARSTENS.
En saam met jou voeteval, klink die woorde van NP Van Wyk Louw se klaagsang uit Die dieper reg (1938) op:O wye en droewe land, alleenonder die groot suidersterre.Sal nooit ‘n hoë blydskap komdeur jou stil droefenisJy ken die pyn en eensaam lye,van onbewuste enkelinge,die verre sterwe op die veld,
|
http://www.georgeherald.com/viewblog/1805/O-wye-en-droewe-land
| ||
Jong leerders ontmoet rugbyheld
|
Twee Laerskool Sedgefield Primary-leerders, Hanre Du Plessis en Michael-Jay Roets, ontmoet Juandre Digue, huidige loskop voorry van die SWD Arende en ook oud-leerder van die skool. Foto: Verskaf
SEDGEFIELD NUUS - Tydens die eerste skooldag van 2017 was daar onderhoude gevoer met die Graad 1-leerders van Laerskool Sedgefield Primary om by hulle te hoor wattter beroep hul oorweeg.
Juandre Digue, huidige loskop voorry van die SWD Arende en ook oud-leerder van Laerskool Sedgefield Primary, wou graag die twee manne ontmoet en met hulle gesels oor hul beroepskeuse.
Op Saterdag, 25 Maart het Juandre die twee manne bymekaar gekry in Sedgefield en aan hulle geskenkpakkies oorhandig. In die pakkies was Henties sappe en hempies wat geborg was deur Corporate and Branding house, asook energiepap. Juandre het aan hul gesê dat hul nooit moet ophou droom nie en dat hul elke dag hard moet leer by die skool en hul huiswerk doen.
Juandre was bevooreg om na die voltooing van sy skoolloopbaan by Hoër Landbouskool Oakdale, opgeneem te word in die Saru SWD Rugby Akademie op die Saasveld kampus van NMMU. Hier het hy 'n sertifikaat verwerf in rekenaartegnologie en is hy tans besig om onderwys te studeer deur Unisa.
Die twee mannetjies het vir Juandre genooi om Dinsdag- en Donderdagaande saam met hulle touch rugby te speel op die einste veld waar dit alles vir hom begin het.
Die twee manne is grootoog huistoe en die oggend was een wat hulle nie gou sal vergeet nie.
'Ons bring jou die nuutste Sedgefield, Tuinroete nuus'
Twee leerders, Hanre Du Plessis en Michael-Jay Roets, het aangedui dat hulle graag rugbyspelers sal wil word.
|
http://www.georgeherald.com/news/Sport/Rugby/186138/Jong-leerders-ontmoet-rugbyheld
|
2017-04-05 09:00:00
|
KKNK: Misdaadskrywers aan die woord
|
Deon Meyer en Chanette Paul tydens hulle gesprek by die KKNK.
SUID-KAAP NUUS - Daar kan nooit genoeg spanningsromans in Suid-Afrika geskryf word nie. Elke nuwe skrywer wat tot dié genre toetree, bring nuwe perspektiewe, nuwe verhale met nuwe gegewe. As daar weerstand was teen spanningsromans of sielkundige rillers, sou skrywers en uitgewers dit lankal besef het.
"Die beste kopers van dié boeke is Afrikaanse lesers. Hulle is geweldig lojaal en kóóp ons boeke," sê Deon Meyer, een van die land se topverkoperskrywers.
Meyer en Chanette Paul, nog 'n gewilde spanningsromanskrywer, het Sondagmiddag oor hul suksesvolle loopbane met die dramaturg en uitgewer Tertius Kapp in die ATKV-Boeke-oase gesels.
"Ons hoef nooit te vra of daar genoeg, of te veel spanningsromans in Afrikaans verskyn nie. Afrikaans hoef nie beskerm te word nie. Hoe meer ons in dié taal skryf, hoe beter. Hoe meer skrywers tot dié genre toetree, hoe beter. Laat mense skryf wat hulle wil en lees wat hulle wil. Debatte hieroor is vir my irrelevant," het Meyer gesê.
Volgens Paul was daar jare lank 'n weerstand teen spanningsromans, met die beskouing dat dit van 'n laer gehalte as ander letterkunde sou wees. "Ek gee die sestigers die skuld daarvoor dat ons dekades lank nie baie spanningsromans gepubliseer het nie. 'n Soort snobisme en eli-tisme is voorheen rondom skryfwerk gekweek. Dié houding in die literêre wêreld het spannings-romans baie skade aangedoen."
Maar daardie tyd is verby, en spanningfiksie beleef 'n opbloeityd. Meyer is openlik daaroor dat hy skryf omdat dit vir hom lekker is, omdat hy mense wil vermaak.
"Wanneer ek skryf, dink ek in elk geval nooit aan die woord 'genre' nie. Ek bekommer my nie eens daaroor nie. Ek etiketteer nie waarmee ek besig is nie. Ek is 'n storieverteller wat vermaak. Die ander mense kan maar besluit waar my boeke inpas. Ek word as 'n misdaadskrywer beskou, maar minder as vyftig persent van my boeke is misdaadstories."
Paul daarenteen, moet haar uitgewer (Lapa) vooraf inlig watter aanslag 'n nuwe boek van haar het.
Daar is geen verskil in die gehalte van ons spanningsfiksie as dié oorsee nie, het die twee skrywers gesê. "Ons is deel van 'n internasionale mark. Al verskil is dat ek my karakters plaas in 'n bepaalde emosionele, psigiese, politieke en geografiese ruimte," volgens Paul.
Volgens haar is die tweede en laaste deel van die skryfproses vir haar die moeilikste. Meyer het gesê die teenoorgestelde geld sý skryfwerk. "Ek sukkel met die begin, en algaande gaan dit al hoe makliker. Die derde en laaste deel van my boeke skryf hulself."
Daar is geen einde aan die moontlikhede wat spanningromans of misdaadfiksie of sielkundige rillers, of hoe jy ook al hierdie tipe boeke wil beskryf, bied nie, het die twee skrywers saamgestem. Volgens hulle lê ons land braak met stories, en Afrikaans se verkoopmoontlikhede is onbeperk.
"Kyk 'n bietjie na die spanningromans van Mike Nicol," het Meyer gesê. "Vandat sy Engelse boeke in Afrikaans vertaal word, vaar die Afrikaanses baie beter as hul Engelse eweknieë."
ARTIKEL: MARLENE MALAN
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/186838/KKNK-Misdaadskrywers-aan-die-woord
|
2017-04-12 16:00:00
|
KKNK is lewendig en gesond
|
Straatteater in Baron van Reedestraat het goeie ondersteuning geniet. Foto's: Hannes Visser
SUID-KAAP NUUS - Met meer teaterkaartjies wat by vanjaar se KKNK verkoop as in 2016 is die fees kerngesond. Dit was die boodskap van Rhodé Snyman, die hoofuitvoerende beampte van die KKNK, in 'n verklaring wat gister uitgereik is.
"Aanvanklike kaartjieverkope dui daarop dat die KKNK gesond is.
Daar is vanjaar 6% meer teaterkaartjies as verlede jaar verkoop en ons is veral trots daarop dat kaartjieverkope vir Uitkampteater meer as verdubbel het, teenoor verlede jaar se eerste aanbieding." sê Snyman oor die fees wat verlede Saterdag geëindig het.
Volgens haar is vanjaar se feesprogram gekenmerk deur 'n hele aantal unieke belewenisse. By die Uitkampteater is die Nederlandse ervarings met spieëls, Diep en Wentel, flink bygewoon en die uitbreiding van dié projek om ook kinderteater by Arbeidsgenot in te sluit, het van menige jong feesgangers, teatergangers gemaak.
Baron van Reedestraat se lywige straatteaterprogram, het aan feesgangers die geleentheid gegee om self kunstenaars te word gemeet aan die groot getal feesgangers wat dit bygewoon het was straatteater uiters gewild.
'n Projek is ook geloods om nuwe teater-resensente te ontwikkel. Hieroor het Snyman gesê: "Kritiek is daarop gemik om kunsjoernalistiek in Suid-Afrika te bevorder en te ondersteun. Die doel is om aan individue met 'n belangstelling in kunsjoernalistiek 'n geleentheid om vaardighede in die skryf van analitiese en in diepte resensies te bied."
Hugo Theart, kreatiewe hoof van die KKNK, sê die inhoud van die feesprogram was van hoogstaande gehalte. "Dit was wonderlik om die magdom jong talent te beleef en hul kreatiwiteit en entoesiasme was 'n inspirasie."
Behalwe vir teater- en musiekproduksies, was daar volgens Theart vele ander juwele, soos straatteater van regoor die wêreld in Baron van Reedestraat, Danie Marais en Haidee Muller se ATKV-Kampvuuraande, Uitkampteater se uitgebreide en uitstaande aanbiedinge, Speelbos - die nuwe kinderarea by die fees - en ook die oorhandigingseremonie van die Vryheid van die Dorp aan Evita Bezuidenhout.
"Daniel Hugo se keurige hand en vaardigheid met die boekeprogram was 'n hoogtepunt en dit was 'n voorreg om dié week politici, digters, skrywers, akteurs, regisseurs, tegnici, kunstenaars en musikante in die Klein-Karoo byeen te hê – om nie net gehore te vermaak nie – maar om te debatteer, argumenteer en sodoende konstruktief en deur middel van die kunste ons land en wêreld se kwessies te takel," sluit hy af.
"Ons wil graag al die borge, vennote en feesgangers wat die KKNK saam met ons beleef het bedank, en sien daarna uit om volgende jaar van Donderdag, 29 Maart tot Woensdag, 4 April 2018 die feestelikheid op Oudtshoorn voort te sit," sê Snyman.
In die kamer van spieëls by die Uitkampteater.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Tuinroete, Hessequa nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/187291/KKNK-is-lewendig-en-gesond
|
2017-04-20 15:00:00
|
Daar is verskeie weergawes van die volgende verhaaltjie op die internet. Hier is myne:
‘n Man lê baie ernstig siek in sy huis. Skielik ruik hy die heerlike geur van varsgebakte konfyttertjies. Sy gunsteling! Hy roep na iemand om vir hom ook te bring maar niemand hoor hom nie. Naderhand oorweldig die lus hom so dat hy moeisaam opstaan uit sy bed en al skuifelend na die kombuis beweeg. Hier sien hy die konfyttertjies in ‘n bak. Hy steek ‘n bewende hand uit om een te neem maar skielik kry hy ‘n raps op die hand en sy vrou sê: ‘Los die tertjies, dit is vir jou begrafnis!’
Party mense is heeltemal gekant teen die bediening van ‘toebroodjies’ (of enige verversings) op hulle begrafnis en verbied dit selfs so in hul testament.
Die wyse Salomo het lank gelede gesê al het iemand baie lank gelewe maar hy het nie ‘n ordentlike begrafnis (sluit dit toebroodjies in?) nie, was hy nie ‘n baie suksesvolle mens nie. (Pred 6:3)
Die brood moet vars wees en die vulsel moet smaakvol wees. ‘Reënboog’ toebroodjies vertoon mooi en smaak lekker. ‘n Kouevleis of ham toebroodjie MOET mosterd op hê en fyn gesnyde slaaiblare.
Ek moet bieg: wat my ook langer by die teetafel laat verwyl as wat goed is vir my gesondheid is geroosterde hoender toebroodjies met mayonaize. En wat my ‘n begrafnis la-a-a-a-nk sal laat onthou, is ‘n toebroodjie met so baie fyn gerasperde biltong op dat dit uitval aan die kante van die toebie as jy hom hap…
Ander van my gunstelinge is kerrie sult en beestong toebies (met mosterd) of ‘n ‘Gatsby’ broodjie (dis nou ‘n broodrolletjie gevul met chips)
Dit maak dat ek sommer sal omstap na die Kerk se kombuis toe om die dames spesiaal te gaan bedank dat hulle ‘n andersins droewige dag bietjie kleur en geur gegee het…
Om te eet is deel van ons menslike bestaan en dit stuur vir ons ‘n boodskap na ons onderbewussyn dat die lewe aangaan ongeag ons geliefde wat nie meer daar is nie. Toebroodjies eet op ‘n begrafnis is dalk die eerste stap om aanvaarding (‘closure’) te kry van jou groot verlies. En as die dominee se preek nie te goed was nie dan is die toebroodjies darem hopelik goed!
Dit bied ook ‘n geleentheid vir ou vriende en familie om mekaar weer te sien en om vriendskapsbande te versterk. Want soos dit gaan in ons gejaagde lewe sien ons deesdae mekaar net op begrafnisse en troues...
Party mense doen ook baie moeite en gaan groot onkostes aan om ver te reis om die begrafnis by te woon. En dit voel nie reg om hulle net te laat gaan sonder ‘n innerlike versterking nie. Jesus het immers gesê: ‘Moenie die mense honger wegstuur nie. Gee julle vir hulle iets om te eet.’ (Mat 15:32, Mark 6:35ff)
Maar toebroodjies op ‘n begrafnis kan ook in jou ‘gesig ontplof!’ Ek onthou hoe ons eendag vir ‘n behoegtige familie ‘n ‘gratis’ begrafnis in ons gemeente gereël het. Omdat ons van die mense se omstandighede bewus was, het die susters ekstra moeite gedoen met allerhande heerlike verversings. Toe daag daar nie ‘n enkele familielid van die oorledene na die ter aardebestelling by die saal op nie!
En daar staan ons toe met ons verleë gesigte en borde vol lekkernye wat ons net so moes terugvat huistoe … Ek vemoed die ‘behoeftige’ familie het hulle eie private byeenkoms gereël wat heelwaarskynlik alkoholiese ‘verversings’ ingesluit het!
Ek hoop daar sal eendag toebroodjies op my begrafnis wees. Ek dink dit sal lekker wees om te weet my ou vriende staan nou en gesels lekker rondom ‘n koppie tee en ‘n toebie. Al praat hulle ook net oor die weer, rugby en die politiek…
Toebroodjies op begrafnisse het ‘n slegte naam gekry omdat sommige mense dit oordoen en as ‘n geleentheid gebruik om ‘uit te hang.’ Maar moet ons nou toelaat dat ‘n paar ‘vlieë’ in die salf die hele potjie bederf?‘n Mens kan natuurlik baie duidelik sien of ‘n begrafnis toebie met liefde gemaak is of nie. ‘n ‘Opregte’ begrafnis toebie bestaan uit veel meer as net 2 snye brood wat vinnig op mekaar geplak is met botter en konfyt.Ek dink die meeste mense is baie dankbaar vir toebroodjies op ‘n begrafnis omdat dit die geleentheid skep om te ontlaai van al die spanning en hartseer van die dag se gebeure. Dis ‘n goeie ‘verskoning’ vir mense om na die begrafnis vir ‘n wyle te kuier en te gesels. So troos en beur ons mekaar op sonder dat ons dit eintlik besef…Ek groet julle nou maar tot ons mekaar weer sien by die volgende begrafnis. En as dit my begrafnis is, vertrou ek die preek is goed en die toebroodjies is lekker…
|
http://www.georgeherald.com/viewblog/1794/Toebroodjies-op-my-begrafnis
| ||
Porno sensei onder huisarres
|
Karate sensei Wessel Wilms
GEORGE NUUS - Die plaaslike karate sensei Wessel Wilms (40), is Woensdag 19 April in die George-streekhof ’n opgeskorte tronkstraf opgelê en vir 24 maande onder korrektiewe toesig, wat huisarres en gemeenskapsdiens insluit, geplaas.
Streeklanddros Marius Fourie het tydens vonnisoplegging aan Wilms gesê sy optrede was nie die van 'n grootmens nie, ook nie 'n sensei nie. Die hof het gelas dat Wilms se naam in die nasionale register vir seksoortreders opgeneem word. Fourie het ook aan Wilms verduidelik dat hy voortaan nie met kinders mag werk nie.
Wilms is op 8 Februarie skuldig bevind aan die vervaardiging van kinderpornografie en vier aanklagte van crimen injuria. Wilms is op 1 Augustus 2014 in hegtenis geneem en het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom.
Hy het in Augustus verlede jaar sekere erkennings gemaak en erken dat hy video’s van twee tienermeisies, onderskeidelik 17 en 16, sonder hul medewete of toestemming gemaak het. Hy betwis egter dat sy optrede kinderpornografie uitbeeld omdat dit nie voldoen aan die vereistes van die Wet op Rolprente en Publikasie nie.
In die video’s was die slagoffers kaal in die stort.
Wilms het gesê hy het later egter besef dat dit dalk mense gaan verneder en sou die beeldmateriaal uitwis. Op 'n vraag van die staatsaanklaer, Reinet de Waal, oor hoekom hy nie na die video’s gekyk het nie, het Wilms gesê hy kan nie 'n rede verskaf nie.
Hy het tydens kruisondervraging van De Waal erken dat hy met sy arrestasie in 2014 in 'n verhouding met 'n 16-jarige meisie was.
De Waal het betoog dat in terme van die betrokke wetgewing die blote maak van ‘n video wat beelde van die geslagsdele van minderjarige kinders bevat, voldoen aan die vereistes vir die maak van kinderpornografie en ‘n oortreding van die betrokke wetgewing is.
Nico Smit, Wilms se regsverteenwoordiger, het daarenteen betoog dat die omskrywing van die betrokke wetgewing nie die blote naakte vertoon van die geslagsdele van ‘n kind ‘n kriminele oortreding maak nie.
Die verdediging het aangevoer dat so ‘n interpretasie van die wetgewing wat gegeld het ten tye van die pleging van die misdrywe, daartoe sou lei dat enige persoon wat ‘n foto van ‘n naakte kind neem, hetsy ‘n ouer wat ‘n foto neem van ‘n kind in die bad of ‘n ouer wat ‘n video maak van ‘n kind wat sonder klere rondhardloop in ‘n sproeier, dan aan die oortreding van vervaardiging van kinderpornografie skuldig sal wees.
Die verdediging het aangevoer dat die blote vertoon van die naakte liggaam van ‘n kind nie voldoende is om ‘n skuldigbevinding te regverdig nie, en dat die vertoon van die beelde, in terme van die toepaslike wetgewing, moet gepaardgaan met seksuele uitbuiting van die kind.
Fourie het in sy uitspraak verwys na die omstandighede waaronder die video’s gemaak is en het daarop gewys dat dit nie net werklike seksuele uitbuiting is wat vereis word nie, maar dat dit genoegsaam sou wees in terme van die betrokke wetgewing as die beeldmateriaal slegs vatbaar was vir seksuele uitbuiting.
Die hof het bevind dat onder die omstandighede, die betrokke video’s wel op ‘n onbehoorlike wyse gemaak is en dat dit, op die beste vir Wilms, wel vatbaar was vir seksuele uitbuiting.
* The local karate sensei Wessel Wilms (40) received a suspended sentence in the George Regional court yesterday (Wednesday 19 April) and he was placed under correctional supervision for the next 24 months. Wilms was convicted of production of child pornography and four counts of crimen injuria in February. Wilms was arrested on 1 August 2014 and pleaded not guilty to the charges against him.
He earlier admitted to making the videos in which the victims were naked without their knowledge or consent. He also admitted that in doing this, he harmed their dignity. However Wilms, who pleaded not guilty, disputed that his actions constitute child pornography as this does not comply with the requirements of the Films and Publication's Act.
Klik hier vir vorige artikels:
'We bring you the latest George, Garden Route news'
Wilms het vroeër getuig dat hy nooit na die video-opnames gekyk het nie en "nie kinderpornografie gemaak het nie". Hy beweer hy wou 'Big Brother' speel en die alledaagse lewe uitbeeld met die snitte omdat hy kunssinnig is.
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/187153/Porno-sensei-onder-huisarres
|
2017-04-19 15:00:00
|
Bewustheid, vriendelikheid en egte omgee vir jou medemens is skaars, veral in hedendaagse tye waar haat, persoonlike griewe en bewuste seermaak so maklik 'n mens se bestaan kan oorskadu.
Dit is nie aldag maklik om in vandag se samelewing bloot 'n goeie mens te wees nie - soms verg dit werk en diep introspeksie, dit vat ware vergifnis en medemenslikheid - iets wat mens somtyds net regkry met ware geloof en genade.
Om te vergewe is nie altyd maklik nie. In die Bybel beteken die Griekse woord 'vergifnis' letterlik 'om te laat vaar'. In Jesus se woorde word dit die maklikste omskryf: "Vergewe ons, ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat by ons in die skuld is." Woorde wat maklik geuiter kan word, maar dikwels vat dit baie meer van jou om dit te doen - om eerlik te kan sê dat jy iets of iemand waarlik vergewe. Dit is egter belangrik, want om nie te vergewe nie beteken jy dra 'n swaarte in jou hart wat jou menswees direk affekteer.
'n Wyse man het onlangs vir my 'n paar punte uitgewys om waarlik te vergewe: Onthou wat vergifnis behels (dit beteken nie jy keur wat gebeur het goed of maak asof dit nooit gebeur het nie - jy laat dit eenvoudig net vaar); dink na oor wat die voordele van vergifnis inhou - om woede en gegriefheid te laat vaar kan jou help om kalm te bly, om jou gesondheid te verbeter en om gelukkiger te wees; betoon empatie - ons almal is onvolmaak, net soos ons vergewe wil word, moet ons ook ander vergewe; wees redelik - wanneer ons oor iets nietigs ontsteld is, kan ons die Bybel se raad toepas - 'Hou aan om mekaar te verdra'; tree gou op - probeer om sou gou moontlik te vergewe en om nie toe te laat dat woede jou verteer nie. Om nie te vergewe nie is soos om gif te drink en te hoop die ander persoon gaan dood daarvan.
Vergifnis is nie 'n emosie nie, maar 'n besluit. Dit beteken ook nie dat jy hoef te vergewe en vergeet nie, want dan staan jy die kans om aan uitbuiting blootgestel te word. Om nie te vergewe nie beteken dat jy 'n onnodige las saam jou dra - om iemand te vergewe, verlig nie noodwendig die pyn nie - jou gemoed sal egter baie ligter wees.
Volgens hom gaan vergifnis en selfbejammering hand aan hand - mense wat seergemaak is vergewe nie omdat hulle hulself jammer kry en hul gevoelens liefkoos. Om dit effektief te kan doen, kan hulle nie vergewe nie. Onvergifnis en selfbejammering was nooit deel van Jesus se karaktereienskappe nie en wie is 'n groter voorbeeld van ware vergifnis as Jesus self?
Die vraag onstaan, wie bepaal hoeveel 'n mens werd is - wie het die reg om jou te oordeel, te veroordeel en waar pas vergifnis dan in? Wanneer jy 'n moeilike situasie in jou lewe moet hanteer, wil jy enersyds weghardloop, jou hart verhard en andersyds wil jy soos 'n leeuwyfie baklei. Soms kan mens nie baklei teen onverwagte, onbeplande aanvalle nie, maar dis wanneer jy besef dat dié aanvalle sy oorsprong in die spanningsveld van onsekerheid het. Die brandende pyle van veroordeling kan veroorsaak dat vergifnis ontwyk en jy jouself afvra of jy ooit goed genoeg sal wees vir die komplekse samelewing van vandag.
Hoe gee jy vergifnis as jy sukkel om sulke aanvalle te neutraliseer, jouself te beskerm en te verdedig sonder om te haat? Dit is wanneer, volgens die wyse man, jy aan jouself moet sê: Niemand is perfek nie en almal kan bespiegel wat hulle in 'n situasie sal doen voor jy jouself daar bevind. Dit help nie om kwaad te wees nie, kwaad laat nie vergifnis toe nie - dit is eerder 'n sterk gegronde gevoel van teleurstelling wat onnodige hartseer van enorme proporsies aanwakker.
Ten slotte het hy verduidelik: Jou waarde word nie bepaal deur ander se mening van jou nie, maar deur die alomteenwoordige liefde en vergifnis van die Hemelse Vader te aanvaar en te omvou. Aan die einde van die dag is Hy die een aan wie ons elkeen verantwoording moet doen.
Moeder Theresa het dit seker die beste omskryf:People are often unreasonable, irrational and self-centered. Forgive them anyway.If you are kind, people may accuse you of selfish, ulterior motives. Be kind anyway.If you are successful, you will win some unfaithful friends and some genuine enemies. Succeed anyway.If you are honest and sincere people may deceive you. Be honest and sincere anyway.What you spend years creating, others could destroy overnight. Create anyway.If you find serenity and happiness, some may be jealous. Be happy anyway.The good you do today, will often be forgotten. Do good anyway.Give the best you have and it will never be enough. Give your best anyway.In the final analysis, it is between you and God. It was never between you and them anyway.
|
http://www.georgeherald.com/viewblog/1808/Om-waarlik-te-vergewe
| ||
George-inwoner skryf boek oor De Zalze-moorde
|
Jaap Rabie het die eerste helfte van sy boek, Die De Zalze Moorde, voltooi. Foto: Pauline Lourens
GEORGE NUUS - "Eksklusiewe" inligting oor die Van Breda-familie wat die George-skrywer Jaap Rabie, in die manuskrip van sy jongste boek, Die De Zalze Moorde opgeneem het, was waarskynlik materiaal wat 'n dief by sy uitgewer in Goodwood probeer steel het.
Die eerste drie hoofstukke van die boek was reeds by Publishing World SA toe 'n tafelrekenaar en van Rabie se vorige boeke uit die kantoor gesteel is - op die vooraand van die verhoor van die moordverdagte, Henri van Breda, wat Maandag begin het.
Van Breda (21) pleit onskuldig.
Rabie sê sy inspirasie vir die boek het sowat agt maande gelede ontstaan nadat hy die familieverwantskap tussen Leenta Nel, mev. Van Breda se suster, met wie hy jare gelede bevriend was, ontdek het.
"Soms onwillig - want Leenta probeer die familie beskerm - het inligting oor die Van Breda's en Du Toits (Teresa se familie) uitgekom. Van die ander susters en vriendinne vertel ook eksklusief van hul laaste geselsies met Teresa."
Die materiaal sluit foto's in wat op mev. Van Breda se selfoon was. Rabie sê die eerste helfte van sy manuskrip is reeds voltooi. Dit skets die agtergrond van die families en vertel wat ná die moorde tot met die begin van die verhoor gebeur het.
"Dit is nie-fiksie, maar lees soos 'n speurverhaal. Ek het probeer spanning inbou in die manier waarop ek die materiaal aanbied."
Die res van die manuskrip sal handel oor die verhoor en die boek sal eers verskyn wanneer uitspraak gelewer is. "Ek doen baie in diepte navorsing, ook sielkundige naleeswerk, omdat dit van toepassing is op Marli en dalk verband hou met haar geheueverlies. 'n Groot gewag word gemaak van die feit dat Henri gegiggel het toe hy die nooddienste ná die moorde gebel het. Ek gaan ook daarop in."
Die eerste drie hoofstukke van die boek was reeds by die uitgewer toe die inbraak die week voor Paasnaweek by Publishing World SA plaasgevind het.
Pieter Loftus, Publishing World SA se Kaapse kantoorbestuurder, het by navraag gesê die dief het 'n ou tafelrekenaar gesteel. "Die persoon het verby verskeie skootrekenaars, duur klanktoerusting en 'n TV geloop en spesifiek hierdie ou rekenaar gevat, vermoedelik onwetend die verkeerde een.
Dit word net vir posbestellings gebruik. Die rekenaar waarop manuskripredigering gedoen word, het voorheen op dieselfde plek gestaan. Alle manuskripte word deesdae op 'n hardeskyf gestoor en nie na-ure op die kantoorperseel gelaat nie."
Volgens Loftus is slegs Rabie se boeke verwyder wat in die vertoonrakke tussen honderde ander was in 'n area wat vir die publiek toeganklik is.
Rabie sê dit is die derde inbraak om dokumente wat met die moordsaak verband hou, te steel. Hy verwys na die beweerde diefstal van 'n afskrif van die polisiedossier uit die motor van 'n prokureur van die beskuldigde, asook 'n inbraak by die Stellenbosse polisiestasie waartydens bewysstukke glo gesteel is.
Rabie, 'n afgetrede sakeman, het verlede jaar twee boeke, Wolf en Sangoma die lig laat sien. Sy derde boek, Swart Luiperd verskyn eersdaags.
'n Jong Henri van Breda nadat hy in 2013 'n marathon voltooi het.
ARTIKEL: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
Van Breda word aangekla van die bylmoorde op sy ouers, Martin (54) en Teresa (55) en sy broer Rudi (22) op 27 Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze Landgoed in Stellenbosch. Sy suster, Marli (16) het die aanval oorleef.
|
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/187652/Georgeinwoner-skryf-boek-oor-De-Zalzemoorde
|
2017-04-26 17:00:00
|
Calitzdorp maak gereed vir Winterfees
|
Gedurende verlede jaar se Winterfees.
Die volledige program en kontaknommers vir besprekings is beskikbaar op die Winterfees-webblad , asook die webblad van Calitzdorp Toerisme of kontak Zelma Kriek by 082 576 5855 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'
SUID-KAAP NUUS - Karoo Krismis is die tema van vanjaar se Calitzdorp Winterfees, wat van 16 tot 18 Junie plaasvind.Die hoof kuierplek van die fees is die Calitzdorpstasie, maar aangesien die hele gemeenskap by die fees betrokke is, word die tema ook elders in die dorp uitgedra. Etes en geleenthede word onder andere ook by Boplaas, De Krans, Calitzdorp kelders en The Queen of Calitzdorp aangebied.Musiek van Emile Minnie en die Donkiekar boereorkes is op die program. Die fees begin met ‘n trompoppie-optog wat deur die dorp beweeg en by die stasie eindig. Teen die tyd dat hulle by die stasie aankom, gaan die stalletjies klaar regstaan met eet- en drinkgoed. Die stalletjies gaan tot laatnag as nagmark besigheid doen.Saterdag 09:00 begin ‘n marathon veerpyltjie-kompetisie wat eers Sondag eindig. En soos wat die spanne die pyltjies gooi, sweet die kleingoed om hul windmaker draadkarre te laat wen. Rieldansers uit die kontrei tree Saterdagmiddag op.Die NG Kerk Calitzdorp hou vanjaar hul basaar tydens die Winterfees waar tradisionele basaargoed ter stywing van die kerk se fonds verkoop word. Om 15:00 Saterdagmiddag tree die Suid-Kaap Kinderkoor van George in die kerk op.Sondagoggend vind die Calitzdorp MTB Classic 2017 plaas. Die 60 km roete deur die asemrowende natuurskoon van Groenfontein en die Rooiheuwels begin en eindig by die stasie.Toegang tot die feesterrein by die stasie is vanjaar gratis.
|
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/186990/Calitzdorp-maak-gereed-vir-Winterfees
|
2017-04-18 10:00:00
|
Hannes Visser 'n nuwe stem
|
Hannes Visser van die Oudtshoorn Courant se gedigte sal eersdaags in Tafelberg se digbundel, Nuwe Stemme 6, verskyn. Foto: Marlene Malan
SUID-KAAP NUUS - Een van Group Editors se redakteurs, Hannes Visser van die Oudtshoorn Courant , is een van 21 digters wat deur Tafelberg gekeur is vir insluiting in die digbundel, Nuwe Stemme 6.
Nuwe Stemme is in 1997 begin om gekeurde digters wat nie voorheen gepubliseer het nie aan lesers bloot te stel. Daar het sover vyf Nuwe Stemme bundels verskyn (een ongeveer elke drie of vier jaar). Nuwe Stemme 6 word in Augustus deur Tafelberg uitgegee en word deur die digters Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé saamgestel.
Digters wat in Nuwe stemme gedebuteer het en intussen bekendheid verwerf het met hulle eie bundels, is onder andere: Danie Marais, Loftus Marais, Bernard Odendaal, Bibi Slippers, Ronelda Kamfer, Tertius Kapp en Toast Coetzer.
"Ek het aan die einde van verlede jaar sewe gedigte vir Nuwe Stemme 6 gestuur," verduidelik Hannes. "Hulle het my in Januarie laat weet dat ek op die kortlys is vir moontlike opname in die bundel.
Ek het 'n keurverslag ontvang en het die sewe gedigte daarvolgens verbeter. Ek het verlede week gehoor dat al sewe my gedigte in die bundel opgeneem gaan word. Hulle het ongeveer 1 800 gedigte van meer as 250 digters ontvang waarvan hulle toe uiteindelik 21 digters gekies het."
"Ek is opgewonde oor die geleentheid om deel te wees van 'n bundel wat deur 'n gerekende uitgewer uitgegee word. Ek wil mense aanmoedig om meer gedigte te lees. Slegs lesers wat digbundels koop kan verseker dat Afrikaanse digkuns ontwikkel."
Oor die volgende maand sal Bibi Slippers, wat hierdie jaar die Eugene Marais-prys vir digkuns gekry het, Hannes se mentor wees om die sewe gedigte verder te verfyn. Slippers is ook een van Hannes se gunsteling digters. Die volledige digbundel waarvan die sewe gekeurde gedigte deel vorm is tans by 'n uitgewer vir oorweging.
Hannes het vir meer as 10 jaar in George gebly, en woon nou in Oudtshoorn saam met sy vrou, Manda. Hannes dig en skryf die afgelope tien jaar en het al sy eie digbundel uitgegee. Hy is ook 'n kunstenaar en 'n geakkrediteerde lewensgids en geleentheidspreker.
Hannes en Manda se kinders, Tanya en Anton, is net so lief vir die skryfkuns en is ywerige lesers.
ARTIKEL: TANYA WATSON, GEORGE HERALD-AANLYNREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/187664/Hannes-Visser-n-nuwe-stem
|
2017-04-26 17:00:00
|
Die weg van die minste weerstand, beteken nie vir almal dieselfde ding nie. In een se boek, is dit die lydsame vredespad. Vir ander is dit protes.
Suid-Arikaners tussen 40 jaar oud en ouer is almal seker vertroud met die rol wat protesaksie in die vorming van ons demokrasie gespeel het. Veral optogte. Alhoewel daar in onse dorpie seker nie veel van ons is wat ruiterlik kan erken dat ons al aan een deelgeneem het nie, is daar altyd 'n uitsondering op die reël.
Soos vandag, Vrydag 7 April.
Baie van ons se studentedae het afgespeel midde-in die brandpunt van politieke onrus en tog, het meeste van ons geglo dat ons demokratiese reg om te stem, die ware weg na 'n meer regverdige toekoms vir almal sou wees. Circumstances however, alter cases. So sê my pa altyd as buitengewone omstandighede dreig om die vertroude weë omver te werp.
Vandag – march ons almal. Of so word daar gehoop.
Vroeër die week, tydens 'n bespreking rakende President Zuma se katastrofiese kabinetskommeling, meen politieke ontleder Max du Preez dat die effek van massa-aksie, soos die landswye protestoptogte beplan deur opposisiepartye, klaaglik sal misluk. Tensy, aldus Du Preez, Suid-Afrikaners daarin slaag om met meer as 500 000 siele solidariteit te toon en die strate in te vaar om President Zuma vir goed uit die kussings te lig.
Soms is die weg van die minste weerstand, iets wat heeltemal buite jou gemaksone en verwysingsraamwerk lê. Soos jare gelede toe my ma ook gemarch het.
Dit moes 1990 gewees het. Die onderwysers van Sandersville en Phiritona het gemarch ter herinnering van die Sharpeville-slagting, vandag herdenk as Mensregtedag(*).
Pa was daardie tyd burgemeester van die klein Vrystaatse dorpie waar ek grootgeword het, dus was sy vrou se deelname aan sodanige geleentheid nie juis binne die toepaslike sosiaal- en polities-aanvaarbare grense nie. Maar dit was immers, om verskeie redes, die weg van die minste weerstand.
Met 'n motortjie vol mede-onderwysers, daag moeder toe by die march op. Tipies aan daardie jare, was daar 'n "sterk polisieteenwoordigheid" om die "skare" onder bedwang te hou. Toe die beamptes moeder se toe reeds bekende roomkleurige Opel Kadet gewaar, beduie hulle dat sy moet stop en die venster moet afdraai.
"Mevrou, draai hier af. Hier is 'n ontsnaproete uit die gemors," sê die beampte besorgd toe hy die res van haar passasiers gewaar.
Soms móét jy. Dis ook die weg van die minste weerstand.
Ek sou vandag wat wou gee om die man uitdrukking op die man se gesig te kon sien toe sy ewe beleefd, dog ferm antwoord: "Nee dankie meneer. Ek gaan nie afdraai nie. Ek is deel van die 'gemors'. Ek kom ook march."(*) Menseregtedag is eers na die verkiesing van President Mandela, so benoem as 'n openbare vakansiedag.
|
http://www.georgeherald.com/viewblog/1790/Soms-moet-jy
| ||
Skole-atlete blink uit in Durban
|
Cohen Gallant van York High het in die seuns o.15-ouderdomsgroep goud in die 100 m gewen en ook brons in die 200 m. Hy was deel van die Wes-Kaapse span wat 'n nuwe SA rekord opgestel het in die 4x100 m-aflos.
SUID-KAAP NUUS - Atletiek SWD se hoërskoolatlete het gepronk by die SA skole-atletiekbyeenkoms wat die afgelope naweek in Durban plaasgevind het.
Die Suid-Kaap het vier goue, agt brons- en vyf silwermedaljes ingeoes.
Die 16-jarige Meike Strydom van Hoërskool Outeniqua, het die gewigstoottitel vir die vierde jaar agtereenvolgens gewen. Haar wenafstand in die o.17-afdeling was 16,38 m.
Sy het vroeer die seisoen by 'n byeenkoms op Oudtshoorn 'n nie-amptelike Suid-Afrikaanse rekord van 17,55 m opgestel.
"Alhoewel ek nie tevrede is met my afstand nie voel ek baie trots op die prestasie wat ek behaal het. My groot droom is om nog vanjaar oor die 18 meter te stoot," het Strydom aan die George Herald gesê.
Cohen Gallant van York High het in die seuns o.15-ouderdomsgroep die 100 m in 10:85 gewen en brons in die 200 m (22:61) verower. Hy was deel van die Wes-Kaapse span wat 'n nuwe SA rekord opgestel het in die 4x100m aflos (42:15).
Die talentvolle Luke Gauche van Glenwood House het 'n silwermedalje ingeoes in verspring vir seuns o.17 met 'n puik afstand van 7,21m.
Die Kwagga Stefan van Wyk het silwermedaljes gewen het in die 1 000 m-wisselaflos (1:55.70) en 4x100 m-aflos (42:97). In die wisselaflos het Wes-Kaap ook die SA rekord verbeter. Nog 'n Kwagga, Ellen Kleinsmidt, het in die o.15-ouderdomsgroep goud gewen het in die 1 000 m-wisselaflos (2:16.40) en silwer in die 4x100 m-aflos (49:18).
Nog 'n leerder van Hoërskool Outeniqua, Nolene van Rensburg, was tweede oor die wenstreep in die 5000 m-stap vir dogters o.17 (27:17.86).
James Pratt van Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal het 'n silwermedalje gewen in die 10000 m-stap vir seuns o.19 (50:19.79).
Antonio Farmer van York High was tweede in die 10000 m-stap vir seuns o.17 in 'n tyd van 53:07.38.
Sherno Pick van Hoërskool Punt het 'n bronsmedalje gewen in hoogspring vir seuns o.19 (1,94 m).
Die belowende Kwagga Simonn Swanevelder het 'n silwermedalje gewen in paalspring vir dogters o.17 met 'n puik hoogte van 3,40 m.
Andreé Roux van Outeniqua (Wes-Kaap) wat in die 4x100 m-aflosspan (o.19) wat 'n bronsmedalje gewen het in 49:05.
Bianca le Grange van Langenhoven Gimnasium (Oudtshoorn) het in die dogters o.19 se 4x400 m-aflossspan wat 'n bronsmedalje gewen het in 4:02.85.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'
In paalspring vir seuns o.19 het Ruan Norman van Outeniqua 'n bronsmedalje verower met 'n hoogte van 2,80 m.
|
http://www.georgeherald.com/news/Sport/Athletics/186322/Skoleatlete-blink-uit-in-Durban
|
2017-04-06 09:00:00
|
Jong man sterf by hospitaal aan meswond
|
GEORGE NUUS - Ryno Windwaai (26) van Makoustraat, Parkdene in Vrydagaand met sy aankoms by die George-hospitaal in 'n ambulans dood nadat hy in Makoustraat met 'n mes gesteek is.
Die voorval het omstreeks 21:40 in Korhaanstraat plaasgevind.
*A 26-year-old man from Parkdene, Ryno Windwaai, died in an ambulance shortly upon arrival at the George Hospital after he was stabbed with a knife in Makou Street. The incident occurred about 21:40 in Korhaanstraat. Police arrested a 31-year-old suspect who appeared in court this week.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
Die polisie het 'n 31-jarige man Saterdagoggend in verband met die moord in hegtenis geneem. Die motief vir die moord is onbekend.
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/186861/Jong-man-sterf-by-hospitaal-aan-meswond
|
2017-04-12 16:00:00
|
Nog aangekeer vir reeks groepverkragtings
|
Generiese foto.
GEORGE NUUS - Die polisie het tot dusver sewe mans aangekeer in verband met 'n vlaag groepverkragtings wat in Januarie in George plaasgevind het.
Drie vroue is in afsonderlike voorvalle in Pacaltsdorp en een in Thembalethu oorval en verkrag. Een van die drie verdagtes wat vir die verkragting van 'n 21-jarige vrou van Thembalethu aangekeer is, was uit op borgtog vir 'n ander verkragtingsaak toe hy die misdryf gepleeg het. Dit is ook juis dié vorige saak wat tot sy arrestasie gelei het nadat hy nie by die hof opgedaag het vir sy ander saak nie.
Die ander twee verdagtes is ook aangekeer, een kort na die voorval in Januarie en die ander een is weke later deur 'n ooggetuie uitgewys. Al drie verdagtes bly in aanhouding en verskyn môre (Vrydag 7 April) weer in die George-hof.
Die slagoffer en haar broer (23) is op 24 Januarie in Nelson Mandela-boulevard deur drie mans oorval en die vrou is in 'n kerkgebou verkrag. Hulle was onderweg na hul ouma se huis in Zone 5 toe hulle voorgekeer is. Die verdagtes het die slagoffers met pangas tot in die kerkgebou gedwing. Die broer moes teen 'n muur staan terwyl twee van die rowers sy suster verkrag.
Een van die mans wat van die verkragting van 'n 30-jarige vrou van Syferfontein verdink word, verskyn op 21 April weer in die hof. Die verdagte (32) is vroeër borgtog geweier. Hy en nog mans het na bewering die nag van 21 Januarie die slagoffer in 'n huis in Kentleystraat, Europe, om die beurt verkrag.
Die saak teen die ander twee mans (29 en 36 jaar) wat vroeër in hegtenis geneem is, is voorlopig teruggetrek vir verdere ondersoek en DNS-uitslae. Nog verdagtes word deur die polisie gesoek.
Persone met inligting kan sers. Y Carolus skakel by 044 803 4621 of 082 335 1200.
Die polisie het ook 'n deurbraak gemaak in 'n ander voorval wat op 21 Januarie in Pacaltsdorp plaasgevind het. 'n Man (41) is aangekeer en sy borgtogaansoek is ook suksesvol teengestaan. Hy verskyn op 3 Mei weer in die hof.
Die verdagte en nog twee mans het die slagoffer (in haar 30's) tussen 01:00 en 02:00 in New Dawnpark voorgekeer en beroof. Sy en 'n vriend is daarna tot in 'n oop veld langs Missionstraat met 'n panga en 'n hamer gedwing waar twee van die mans die vrou verkrag het. Haar vriend kon ontsnap en is later deur die polisie onder bosse gekry waar hy steeds vir die rowers weggekruip het.
Persone met inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte konst. JC Melane skakel by 044 803 4616 of 082 335 1200.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het vandeesweek gesê hul ondersoeke na die voorvalle is in 'n gevorderde stadium. "Nog arrestasies in die twee voorvalle in Pacaltsdorp word verwag."
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/186302/Nog-aangekeer-vir-reeks-groepverkragtings
|
2017-04-06 14:00:00
|
Vergeet die verlede; fokus op nuwe seisoen
|
Outeniquapark is die tuisveld van die SWD Arende.
SUID-KAAP NUUS - Vergeet die verlede en fokus op die nuwe seisoen wat voorlê. Dit, in 'n neutedop, is die boodskap wat die SWD Arende se instaan-afrigter, Rynard van As, by sy beleërde troepe wil laat insink voordat hul veldtog in die reeks om die SuperSport-uitdaagbeker Vrydagaand op Outeniquapark teen die OP Kings afskop.
Dis 'n mondvol gegewe die haglike situasie waarin die span agtergelos is nadat die hoofafrigter, Abe Davids, die trekpas gekry het. Dié het gevolg ná 'n speler-opstand oor sy erg gebrekkige vermoëns as afrigter.
Die Suid-Kapenaars kon slegs ses uit 19 wedstryde wen. Vyf van dié seges was in die kwalifiserende reeks vir 'n plek in die Currriebeker se Premierliga. Die Arende kon daarna net een wedstryd in die Curriebeker se Eersteliga wen.
Destyds het die SWD-rugbyunie in 'n verklaring gesê Davids het weens "persoonlike redes" bedank.
Dis bykans ondenkbaar hoe die unie toegelaat het dat dié situasie só handuit ruk, maar dis nou gedane sake.
Die diplomatiese Van As wou hom glad nie hieroor uitlaat nie en het volstaan met die woorde "ons moet nou kop optel en vorentoe kyk." Hy het ook gesê: "Ons kan ons nie blind staar teen wat gebeur het nie, want dan gaan ons fokus verloor."
Dis meer as 'n steil opdraande wat vir die Arende voorlê, iets wat Van As deeglik besef. Die span het al drie sy opwarmwedstryde verloor waarna Davids vort is. En daarna, vir bykans twee maande, was die Arende nog in geen wedstryd betrokke nie.
"Dis nie die ideale voorbereiding teen 'n teenstander wat die Westelike Provinsie verlede naweek harde bene laat kou het nie," erken die breier.
Maar sy grootste uitdaging, sê Van As, is om die Arende weer in 'n hegte eenheid saam te snoer. "Ons moet weer 'n kultuur by die Arende kweek dat ons wil presteer én wen. Ons teenstanders dink straks ons is kwesbaar en hulle sal dit, ná alles wat die afgelope paar maande hier gebeur het, wil uitbuit.
"Elke speler sal weer in homself moet glo en ons sal ook vinnig moet leer om elke uitdaging met oorgawe saam aan te pak. Ons sal weer 'n hegte band tussen ons moet vestig en leer om vir mekaar te speel. Ons karakter en eenheid moet ons deur die moeilike tye kan dra."
Van As sê Vrydagaand se afskop teen die OP Kings gaan bepalend wees vir die pad vorentoe. "Dit gaan nie nou oor wen of verloor nie, maar hoe ons dié drukkoker-situasie gaan hanteer. Ons kan nie dié kragmeting halfhartig benader nie en ons sal van die afskop af skerp en gefokus moet wees.
"Dit gaan 'n hegte eenheid verg."
ARTIKEL: HUGO REDELINGHUYS, GEORGE HERALD-SPORTREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/Sport/Rugby/187669/Vergeet-die-verlede-fokus-op-nuwe-seisoen
|
2017-04-26 17:00:00
|
'n Skrywer sê: 'Ons bestuur tyd, mors tyd, spandeer tyd en spaar tyd. Ons wens die tyd wil kom, ons wens die tyd wil verbygaan, ons sien hoe die tyd vlieg, ons voel hoe tyd stilstaan. Ons hou horlosies dop en dra kalenders rond en tog beheer God tyd. Hy het tyd geskep en sy skeppings word in sy tyd gelei en deur sy liefdevolle hand gerig.
Ons word deur onverwagte ontwikkelinge verras, maar God word nooit, selfs deur die mees rampspoedige gebeurtenisse, verras nie. Jou lewensuitkyk verander dramaties wanneer jy weet dat God op hierdie presiese oomblik binne in jou werk om sy doel vir jou uit te leef.
Dink hoe jy sou gelewe het as jy verseker was dat God aan die einde van jou sperdatum vir jou wag. Dat selfs met sekondes oor, jy met sekerheid geglo het dat God in jou omstandighede aan die werk is. Die kern van geloof is om te glo dat God daar is en op die punt is om die noodsaaklike te voorsien. 'Jesus Christus bly steeds dieselfde - gister, vandag en vir altyd!' (Hebreërs 13:8 NLV). Tyd kan nie sy liefde of sy krag om in jou lewe te werk, verminder nie. Hy was in die verlede daar, Hy is hier in die hede en Hy sal in die toekoms daar wees.
Vir Hom '...is 'n duisend jaar soos gister, soos 'n nagwaak wat gou verby is!' (Psalm 90:4 NLV). Sy uiteindelike doel is om jou in die ewigheid in te bring, nie net om jou deur hierdie week te kry nie.' Herinner jouself in elke situasie, dat '...Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.'
|
http://www.georgeherald.com/viewblog/1802/God-werk-aan-jou-omstandighede
| ||
Eindspel beslis nie die einde vir Adriaanse
|
Wilna Adriaanse gesels oor Eindspel.
GEORGE NUUS - Die gewilde Afrikaanse skrywer Wilna Adriaanse, het Donderdagaand 6 April haar nuwe boek, Eindspel, in George bekendgestel. Die bekendstelling is aangebied deur Tafelberg Uitgewers en Wordsworth Books.
Na die verskyning van die treffer Dubbelspel, haar eerste misdaadroman, in 2014, kon lesers nie wag vir die opvolg om te verskyn nie. Met hierdie tweeluik het Adriaanse 'n baie suksesvolle genre-verskuiwing gemaak van verhoudingsromans na misdaad.
By die gesellige geleentheid wat in Mugg & Bean gehou is, het Adriaanse se uitgewer Etienne Bloemhoff haar uitgevra oor haar boeke en haar skryfwyse. Soos die geval is met baie fiksieskrywers, is haar karakters vir haar baie werklik; hulle "meld hulleself aan" by haar.
Skrywers is baie soos opgaardamme, sê sy – oral waar hulle kom, neem hulle stemme, gesprekke en gebeure waar en stoor dit in die dam vir latere gebruik. Sy het uitgewei oor hoe sy dit regkry om te skryf terwyl sy tussen die Strand en Botswana pendel, en oor hoe dikwels die interessantste mense oor haar pad kom - mense wat later bronne word vir haar navorsing en storielyne.
Sy sê ook karakters ontwikkel 'n eie identiteit in haar kop, so erg dat sy soms verbaas is omdat hulle "sulke onverwagte dinge doen".
Op die vraag of sy weer misdaadromans sal skryf, antwoord sy beslis, "Ja, maar dit sal altyd vir my oor die menslike aspek gaan eerder as 'harde, forensiese misdaad'."
Wilna Adriaanse (links) en Christa Jackson, bestuurder van Wordsworth Books.
ARTIKEL & FOTO'S: LIRYKE FERREIRA, GEORGE HERALD SUBREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/186725/Eindspel-beslis-nie-die-einde-vir-Adriaanse
|
2017-04-11 15:00:00
|
Het jy ookal 'n haastige besluit geneem waaroor jy baie spyt is? Jy wil so graag die tyd terugdraai om jou daad ongedaan te maak maar helaas dit is onmoontlik...
Norma McCorvey, voormalige 'pro choice' aborsie aktivis is onlangs oorlede in die ouderdom van 69-jaar.
McCorvey was 22-jaar oud toe sy in 1970 swanger geraak het. Alle pogings om 'n dokter te vind om 'n aborsie te doen het egter misluk aangesien dit op daardie stadium onwettig was in die staat van Texas.
Sy het besluit om haar pleidooi vir 'n aborsie tot in die hoogste hof in die VSA te voer. Haar prokureur het daarin geslaag om in 1973 die aansoek voor die Hooggeregshof te bring en die wet is verander na pro choice. Maar dit het te laat gekom vir McCorvey. Sy het toe alreeds geboorte geskenk en haar baba vir aanneming beskikbaar gestel.
McCorvey was egter bitter spyt dat sy haar ooit beywer het om aborsies te wettig. In 1990 het sy haar standpunt oor aborsie radikaal verander nadat sy 'n Christen geword het. (Sy het ook met baie vroue gepraat en gehoor van die negatiewe sielkundige nagevolge op hulle lewens nadat hulle 'n aborsie ondergaan het.)
Sedertdien het sy kragte saamgesnoer met die pro life-beweging, Operation Rescue en gesê "Ek sal die Here dien en vroue help om hulle babas te behou. Ek sal 'n pro-lewe uitkyk hê vir die res van my lewe."
McCorvey word oorleef deur haar dogter, Melissa, en twee kleinkinders.
Voorbeelde wat onder hierdie kategorie van onomkeerbare besluite val is byvoorbeeld om jou maagdelikheid te verloor, 'n swangerskap te beëindig, tatoeëring, iemand op die internet te beledig, 'n orgaan te verwyder en sommige kosmetiese operasies.
Die goeie nuus is dat die genade God nie uitgeput raak deur ons haastige onomkeerbare besluite nie! Hoewel ons met sekere nagevolge sal moet saamlewe, is Hy in staat om ons te vergewe en ons te help om dit te verdra.
|
http://www.georgeherald.com/viewblog/1791/Haastige-onomkeerbare-besluite
| ||
Opvolg: Ongeluk naby Cooper
|
Die ongelukstoneel waarin die rooi voertuig betrokke was. Foto: Dave van der Merwe
Die verkeersbeamptes is sover bekend nie in die ongeluk beseer nie, hoewel van die ander betrokkenes sodanig beseer is dat hulle per lugambulans na hospitale in George afgevoer is.
Na bewering is dit buitelanders wat in die rooi voertuig was.
Kyk na 'n video hieronder:
SUID-KAAP NUUSFLITS - 'n Vragmotor wat blykbaar vroeër in Heidelberg gesteel is, was by die Cooper-veilingskrale op die N2, skynbaar in 'n botsing met 'n rooi voertuig betrokke nadat dit van wetstoepassers probeer vlug het.Volgens bevestigde berigte is drie provinsiale verkeersvoertuie ook in die ongeluk beskadig.'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/186946/Opvolg-Ongeluk-naby-Cooper
|
2017-04-14 19:00:00
|
DA ondersoek klagtes teen raadslid
|
Portefeuljeraadslid vir gemeenskapsontwikkeling en biblioteke, Mercia Draghoender. Foto: Michelle Pienaar
GEORGE NUUS - 'n DA-raadslid wat haar veral vir sopkombuise beywer is dalk self in die sop. Dit volg nadat klagtes teen die portefeuljeraadslid vir gemeenskapsontwikkeling en biblioteke, Mercia Draghoender, by die DA se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) ingedien is.
"Die federale regskommissie (FRK) is tans besig met 'n ondersoek," het Elsabe Oosthuysen, kantoorbestuurder van James Selfe, voorsitter van die DA se federale bestuur, by navraag bevestig.
"Die PUK het dit na ons kantoor verwys met die versoek dat die FRK dit ondersoek. Die FRK is tans besig met daardie ondersoek en sal verslag doen aan die federale uitvoerende komitee sodra dit afgehandel is. Afhangende van die aanbevelings in die verslag, sal daar besluit word hoe om die aangeleentheid te hanteer."
Volgens die munisipale woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, dra die administrasie van George-munisipaliteit nie kennis van enige klagtes of 'n ondersoek nie.
Oosthuysen het nie uitgebrei oor die aard van die klagtes teen Draghoender nie, maar volgens ingeligtes hou dit verband met beweerde inmenging met administratiewe funksies in verskeie direktorate.
Draghoender het gedurende vorige termyne posisies as speaker en burgemeester van die George-raad beklee. Sy het nie op 'n versoek om kommentaar gereageer nie.
* The DA's Federal Legal Commission (FLC) is investigating complaints against the Portfolio Councillor for Community Development and Libraries, Mercia Draghoender. According to Elsabe Oosthuysen, chief of staff to the chairperson of the DA Federal Executive Committee (Fedex) James Selfe, the FLC will submit their report to the Fedex once they have finished their investigation.
"Depending on the recommendations in the report, it will be decided how to handle the matter," said Oosthuysen. Draghoender did not respond to a request for comment. According to informed sources the complaints relate to alleged interference with administrative functions in various directorates.
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/187162/DA-ondersoek-klagtes-teen-raadslid
|
2017-04-20 09:00:00
|
Protesoptog eers op ys
|
Tertuis Simmers.
GEORGE NUUS - 'n Protesoptog wat vir Vryheidsdag, 27 April beplan was, gaan nou moontlik eers op Werkersdag, 1 Mei plaasvind.
Tertuis Simmers, burgemeesterskomteelid van die Eden-distriksmunisipaliteit, het die hoop uitgespreek dat kerkleiers 'n gebedsdag vir vir die regering op 27 April sal lei, asook 'n moontlike optog vir 1 Mei.
Volgens Simmers het die hoeveelheid mense wat aan die onlangse protesoptog teen pres. Jacob Zuma deelgeneem het, almal se verwagtinge oortref. "Ons sou 27 April 'n optog gehou het, maar vir die grootte wat ons beplan - tot en met 3 000 mense - het ons baie logistieke beplanning nodig," het Simmers gesê.
"As 'n publieke verteenwoordiger het ek 'n skrywe aan die kerkleiers gerig om 'n gebedsdag en 'n optog te lei. Dit gaan nie net oor Zuma nie. Die kerk speel 'n groot rol as die morele kompas van die land. Die DA gaan daar wees, as een van die rolspelers, maar ons wil graag hê die kerk moet hierdie inisiatief lei om ons gemeenskap te verenig." Volgens Simmers is die fokus om Suid-Afrika te red.
"Sodra 'n mens dit op 'n sekere persoon mik, is daar dadelik 'n ander konnotasie daaraan. Die probleem is groter as Jacob Zuma. Ons moet opstaan vir ons nageslagte," het hy gesê. Besonderhede sal in die media en by kerke aangekondig word.
* A protest march planned for Freedom Day 27 April, is now possible only taking place on Labour Day 1 May. Tertuis Simmers, a member of the Eden Mayoral Committee, appealed to church leaders to hold a prayer day on 27 April, and lead the march on Freedom Day. The number of people at the march is expected to run into the thousands, and more time is needed for logistical planning, said Simmers.
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/187173/Protesoptog-eers-op-ys
|
2017-04-20 09:00:00
|
Opposisiepartye bekommerd oor George
|
Van links is Piet van der Hoven (ANC), Virgill Gericke (PBI), Nomawethu Jantjies (ANC), Abel Kiwit (AIC), Basil Petrus (SAC), Johan du Toit (ACDP), Gert van Niekerk (VFP) en Wilbur Harris (Icosa).
GEORGE NUUS - Die opposisiepartye is dit eens, “George is in ‘n krisis”.
In net sewe maande sedert die nuwe raad verkies is, word verskeie DA-raadslede ondersoek en is die direkteur en visie-direkteur van siviel en tegniese dienste geskors.
Hierdie verwikkelinge, sowel as duidelike tweespalt in die DA, raadsvergaderinges wat net elke drie maande gehou word en ‘n personeeltekort in die munisipaliteit, belemmer dienslewering.
Só het sewe van die George-raad se agt opposisiepartye tydens ‘n perskonferensie vanoggend gesê. Die partye sluit in die ANC, PBI, SAC, AIC, Icosa, ACDP en VFP. Die EFF was nie na die vergadering genooi nie. Die ander oposisiepartye beskou die EFF as in koalisie met die DA, en sê daar is ‘n vertrouensbreuk.
Die opposisiepartye is van voorneme om ‘n skrywe aan Anton Bredell, minister van plaaslike regering, te rig, met ‘n versoek om hul beweringe te ondersoek.
“Die onstabiliteit binne die DA affekteer die raad se funksionering. Hulle probeer mekaar op ‘n subtiele wyse uitroei en hulle werk teen mekaar,” het Icosa-raadslid Wilbur Harris gesê. “Bo en behalwe die onderlinge geskille tussen DA-lede en voormalige ID-lede wat in die DA opgeneem is, is daar nog twee groeperinge. Die een groep is wit, die ander groep bruin.”
SAC-raadslid Basil Petrus het kommentaar gelewer oor die algemene raadsvergaderings wat net drie maandeliks plaasvind, met spesiale raadsvergaderings wat enige tyd van die week op kort kennisgewing geskied. “Dit is baie frustrerend om ‘n munisipaliteit van hierdie grote so te bestuur en ons het gemeenskappe wat ons moet dien, en hulle probleme ook aanspreek.” VF Plus-raadslid Gert van Niekerk het die stelling gemaak dat dit meer rampbestuur is as werklike bestuur. Van Niekerk het hom ook sterk uitgespreek teen die voorgestelde gemiddelde verhoging van 11% in munisipale belasting.
Ten opsigte van die kwessies in siviel en tegnies, het PBI-raadslid Virgill Gericke homself as volg uitgespreek: “Die raad kan nie misbruik word om ‘n heksejag te voer om geteikende individue uit die sisteem te kry nie. Dié individue sluit amptenare en politici in.” Hy is van mening dat ander direktorate groter misstappe begaan.
“Ons is teleurgesteld dat dienslewering tot stilstand gekom het in ‘n departement soos behuising en daar word geen stappe teen daardie amptenare geneem nie. Mense is vir jare op die waglyste en huise word nie gebou nie.” AIC-raadslid Abel Kiwit het sy kommer uitgespreek oor die kwessies in die departement siviel en tegnies: “Wat vir my belangrik is, is die effek wat die hele petalje het op dienslewering,” het hy gesê.
Die burgemeester Melvin Naik se “gebrek aan beheer oor die raad” was ook tydens die bespreking genoem. Naik kon egter nie vir kommentaar bereik word nie. “Daar is geen politieke leierskap nie,” het ANC-raadslid Piet van der Hoven gesê.
Nomawethu Jantjies, hoofsweep van die ANC, het gesê daar is geen plan om die verskillende gemeenskappe deur die dorp se ontwikkelingsplan te integreer nie. Jantjies en Van der Hoven het hulle misnoë uitgespreek met die manier waarop die DA die oposisie na bewering in die raad hanteer. ACDP-raadslid Johan du Toit het hom sterk uitgespreek teen die probleme wat voortspruit vanwee ‘n personeeltekort in die George-munisipaliteit.
Volgens die DA-kiesafdelingshoof Okkie Terblanche, is George in goeie hande. Hy het die punt gemaak dat George vir etlike jare agtermekaar ‘n skoon oudit kry, en dat George se sakegemeenskap nie klagtes het oor wat in die raad gebeur nie.
“Oenskynlik gaan dit nie baie sleg nie,” het hy gesê. “Ons het ‘n nuwe bestuur gekies en groot spronge gemaak na samewerking toe. Bredell was al twee keer op George. Hy is deeglik betrokke en bewus van dinge. Ek is wel glad nie bewus van ‘n wit en bruin kamp nie. Onthou net waarvandaan hierdie beweringe kom. Dit is die oposisie se taak om te kritiseer. Hulle doen hul plig as hulle kritiseer, so ons verwelkom dit. As hulle spesifieke goed het waaroor hulle wil kla kan hulle na my of die burgemeester kom. Daar is altyd ‘n kans op verbetering. Ek is baie tevrede dat ons groot vordering maak vorentoe.”
Munisipale bestuurder Trevor Botha het die aantygings afgemaak as politiekery. “Dienste word gelewer en ons is besig met talle wesenlike projekte. Die burgemeester het ook oorlog verklaar teen rommel in woonbuurte. Ons dienslewering ten opsigte van behuising gaan goed en aansoeke vir laekostebehuising in Europe naby Delvillepark gaan voort. Ons is ook besig met die opgradering van informele woonbuurte in Thembalethu terwyl aansoeke vir middelinkomste behuising ook gedoen is. Talle waterprojekte is aangepak om te verseker dat verdere ontwikkeling in George kan plaasvind.”
Oor die leemte by siviel en tegnies het hy gesê hy het reeds met die bestuurders vergader en dat die kapasiteitprobleem aangespreek word. “’n Tydelike direkteur sal heel moontlik op ‘n maand tot maand basis aangestel word totdat die ondersoek voltooi is.”
Al die direkteure by George-munisipaliteit se werkskontrakte verstryk einde Augustus en hulle poste is verlede week in die Sondagkoerante adverteer. Wat die driemaandelike raadsvergaderings betref het hy gesê dit voldoen aan wetgewing en dat dienslewering nie daaronder ly nie. “Die verhoging in munisipale belasting is met groot oorleg bepaal en is absoluut nodig om ons hoë standaard te handhaaf.”
Kommentaar van Bredell en Naik word verwag.
Van links is Piet van der Hoven (ANC), Virgill Gericke (PBI), Nomawethu Jantjies (ANC), Abel Kiwit (AIC), Basil Petrus (SAC), Johan du Toit (ACDP), Gert van Niekerk (VFP) en Wilbur Harris (Icosa).
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/187352/Opposisiepartye-bekommerd-oor-George
|
2017-04-21 17:00:00
|
Die rebellie van Lafras Verwey
|
Die gesoute akteur, Tobie Cronjé, vertolk die hoofrol.
GEORGE NUUS - Die bekende radiodrama en verhoogstuk, die rebellie van Lafras Verwey, uit die pen van bekroonde skrywer, Chris Barnard, het op 7 April in teaters landwyd begin draai. Die gesoute akteur, Tobie Cronjé, vertolk die hoofrol.
Hierdie tragi-komedie is gebaseer op die 1971-drama wat deur die oorlede skrywer en sy seun, Simon Barnard, verwerk is in 'n eietydse draaiboek. Dit vertel die verhaal van Lafras Verwey, 'n aardsverlore siel wat nooit die werklikheid rondom hom kon aanvaar nie. Hy werk in die staatsdiens, maar hoor ander musiek in sy ore en droom drome oor 'n wonderlike toekoms.
Hy sien homself as 'n sleutelfiguur in die voorbereiding van 'n groot rebellie wat die gesig van die wêreld sal verander.
Wanneer hy Petra (Chantell Phillipus), 'n jong swanger vrou, onderdak neem, kry die rebellie vir hom nog groter betekenis. Ironies genoeg, begin sy gedroomde revolusie juis die nag wat die baba gebore word. Komedie, drama en elemente van fantasie, word verweef in 'n aangrypende storie, van 'n man wat kans sien om die onmoontlike aan te durf om sy droom, van 'n beter wêreld vir almal, te verwesenlik.
Die rebellie van Lafras Verwey word vervaardig deur die aktrise en regisseur, Katinka Heyns en Genevieve Hofmeyr, onder leiding van opkomende filmmaker, Simon Barnard. Laasgenoemde maak ook sy debuut as regisseur van 'n vollengte speelfilm met dié boeiende verhaal.
Simon, seun van Katinka Heyns en Chris Barnard, het in die vermaakbedryf grootgeword. Sy eerste rol in 'n film, was as die jong Benjamin Komoetie in die treffer, Fiela se Kind. Buiten vir die regie en vervaardiging van 'n dokumentêr oor sy pa vir kykNET en musiekvideos vir Die Heuwels Fantasties, is hy ook die skepper van 60 programme, in samewerking met kykNET en Medihelp, oor geestesgesondheid.
Sy eerste professionele kennismaking met 'n drama was op die stel van Die Wonderwerker, met sy pa as skrywer en ma as regisseur, waar hy fotografie, redigering en regie van materiaal agter die skerms behartig het. Simon is tans mededirekteur van Sonneblom Ateljees, wat in 1975 deur Katinka gestig is.
Bekendes soos, Neels van Jaarsveld, Chantell Phillipus, Cobus Visser, Lionel Newton en Albert Pretorius het ook rolle in dié fliek wat tans by die Garden Route Mall vertoon word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/186720/Die-rebellie-van-Lafras-Verwey
|
2017-04-11 14:00:00
|
Voertuig stamp man van fiets af
|
Christo Rex het skaafwonde aan die linkerkant van sy lyf opgedoen. Hy is deur Eden 911 na Mediclinc George geneem.
GEORGE NUUS - 'n Fietsryer wat verlede Woensdagoggend op die R102 op die Maalgate-brug van sy bergfiets afgestamp is, is op soek na die ooggetuies wat hom op die toneel gehelp het.
Christo Rex van George sê hy was omstreeks 10:20 onderweg terug na George na 'n oefenrit na Sinksabrug toe die ongeluk gebeur het.
Twee voertuie, 'n roomkleurige Nissan X-trail en nog 'n motor, het hom op die brug verbygesteek. 'n Derde voertuig, 'n Tata-trok, het hom met die verbykomslag getref en van sy fiets afgestamp.
"Die Tata-trokkie het aangery en is verder aan deur die nuwerige X-trail afgetrek en ek vermoed ingelig dat hy my getref het. Die bestuurder van die Tata het omgedraai en teruggekeer na die toneel. Ek wil graag kontak maak met die bestuurder van die X-trail en enige ander ooggetuies," het Rex vandeesweek gesê.
Hy het ook twee werknemers van Afrishore, ene Shaun en Wayne, wat by hom gewag het tot die ambulans opdaag, bedank. "Ek is baie dankbaar vir hulle."
Ooggetuies van die ongeluk en die bestuurder van die Nissan X-trail word versoek om Rex te skakel by 071 356 8785.
Die ongeluk word deur die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek.
* A cyclist from George, Christo Rex, who was knocked off his mountain bike last Wednesday morning (29 March) on the R102 is looking for eyewitnesses who helped him on the scene. The accident occurred around 10:20 on the R102 on the Maalgate bridge. Rex can be contacted at 071 356 8785. The police in Great Brak River is investigating the accident.
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/186303/Voertuig-stamp-man-van-fiets-af
|
2017-04-06 12:00:00
|
Strydom oor lief en leed van kunstenaars
|
Dr. Matthys Strydom (links) en dr. Riana Scheepers het op Saterdag onthul dat hulle bo en behalwe 'n liefde vir skryf, kuns en reis ook beide 'n diepe belangstelling het in beesboerdery. Saterdag het hul gesels oor Stories teen my muur die biografie van Suid-Afrikaanse kunstenaars wat geskryf is as staaltjies deur dr. Strydom. By hulle is Dries van der Walt van die kunsgalery waar die bespreking gehou is. Foto's: Pauline Lourens
GEORGE NUUS - In die pioniersjare in 1969 toe Strydoms (Strydom en Jordaan) nog 'n meubelhandelaar was, het dr. Matthys Strydom op 'n kunsskattejag deur die land gereis en persoonlik by al die genooide kunstenaars se huise aangedoen om items te soek vir die Strydoms se jaarlikse kunsuitstalling.
Eers as 'n skildery na 'n paar maande nie verkoop is nie, dan het hy homself die luukse veroorloof om die skildery, beeldhouwerk of keramiekwerk vir sy eie privaat versameling te koop.
Op Saterdag 1 April het Strydom, tydens 'n bespreking van sy boek, Stories teen my muur, by Art@39 Long Street in Groot-Brakrivier die kunstenaars en kunswerke met sy vertellinge laat herleef.
In sy boek, Stories teen my muur, verweef Strydom staaltjies oor hoe hy sekere van sy gunsteling kunswerke bekom het. Oor die jare het hy die kunstenaars en hul omstandighede baie goed leer ken, want na afloop van die uitstalling het hy weer elke item persoonlik terugbesorg. Die 26 kunstenaars in die boek sluit in Gregoire Boonzaier, Irma Stern, Christo Coetzee, Carl Büchner en Tim Morris.
Die bespreking is gelei deur die skrywer, dr. Riana Scheepers, wat hom hoë lof toegeswaai het vir die reguit manier van karakterbeskrywing - amper soos net 'n korrelkop dit sou benader - maar terselfdertyd met groot deernis 'n blik gegee het op die bekende kunstenaars van Suid-Afrika. Die stories word eintlik 'n unieke outobiografie en onthul die besonderse band tussen hom en sy vrou, Helene, wat oor dekades strek.
"Ek het mettertyd besef ek wil nie my hele lewe as 'n dokter praktiseer nie," sê hy en het vroeg 'n passie vir die beeldende kunste ontdek.
Op 'n vraag oor hoe jy te werk moet gaan met die aankoop van kunswerke was sy raad: "As jou benadering is - ek weet niks van kuns, maar ek hou van hierdie werk - volg jou hart en koop dit vir die genot wat dit vir jou sal gee. 'n Mens koop nie kuns as 'n belegging nie."
Hy het egter gemaan dat 'n mens soveel as moontlik moet oplees oor kuns en moeite moet doen om meer te leer oor die onderwerp. Wanneer jy dan 'n kunswerk koop is dit omdat jy daarvan hou en boonop 'n ingeligte besluit neem. Scheepers het Strydom se boek en skryfstyl geprys en mense aanbeveel om dit te lees. "Uit 'n skrywersoogpunt moet ek sê jy skilder voortreflike woordportrette van die kunstenaars en ek voel dit is 'n goeie boek om te lees."
Die Strydoms is privaat mense, daar is nie 'n webwerf nie, maar sy boek kan bestel word deur 'n e-pos te rig aan [email protected] . Die verkoopprys is R298 plus R30 posgeld (binnelands).
Dr. Jeanne Joubert het as openingsspreker by die geleentheid opgetree. Sy was vir nege jaar kurator van die Johannes Stegman-kunsgalery in Bloemfontein. Sy het 'n PhD in kunsgeskiedenis en het onlangs weer in Frankryk klas gegee oor veral Suid-Afrikaanse Kuns.
Saterdag was ook die geleentheid om die werke van plaaslike kunstenaars te geniet in 'n uitstalling genaamd In the Time of Heat wat sal duur tot einde April by Art@39 Long (39 Long Street).
Van die kunstenaars wie se werke uitgestal word is Sheena Ridley, Fiona Rowett, Helen Pfeil, Mien Greyling en Susqya Williams.
Die boekbespreking en kunsuitstalling by Art@39Long in Groot-Brak was 'n gesellige geleentheid waartydens Riebeek Kasteel 'n wynproe aangebied het. Van links is Karen Burke, Welna Conradie, Mariette Maarschalk en Laurinda Smit.
ARTIKEL & FOTO'S: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/186094/Strydom-oor-lief-en-leed-van-kunstenaars
|
2017-04-04 12:00:00
|
Brandenburg Stryktrio speel in George op 6 Mei
|
Avigail Bushakevitz, die bekende viool virtuoos van George (regs) gaan saam met haar eggenote Ernst-Martin Schmidt, en tjellis Andrea Casarrubios van New York optree by die George-kunsteteater. Die egpaar woon tans in Berlyn en toer met optredes deur die land.
GEORGE NUUS - Die George-Musiekvereniging verwelkom met trots Avigail Bushakevitz, die bekende viool virtuoos van George wat nou in die buiteland woon, as deel van die Brandenburg Stryktrio. Avigail is in Israel gebore, maar het grootgeword in George en het gestudeer onder prof. Jack de Wet in Kaapstad.
Die ander twee lede van die Brandenburg Stryktrio wat in 2014 gestig is, is die Duitse violaspeler Ernst-Martin Schmidt, Avigail se eggenoot van Berlyn en tjellis Andrea Casarrubios van Madrid wat tans woonagtig is in New York.
Die lede van die trio het al in die grootste konsertsale moontlik soos Konsert Gebouw in Amsterdam, die Royal Albert Hall in Londen, Carnegie Hall in New York en die Philharmonie in Berlyn opgetree.
Hulle gaan tydens hulle toer vanaf 15 April tot 22 Mei optree in McGregor, Stellenbosch, Kaapstad, Graaff-Reinet, Bloemfontein, Pretoria en Johannesburg. In die begin van die jaar het hulle in Spanje opgetree.
Musiek vir stryktrios gekomponeer deur Beethoven, Henry Purcell, Gideon Klein en Mozart sal opgevoer word.
Hulle tree op Saterdag 6 Mei om 19:30 op in die Oakhurst Insurance George Arts Theatre (Kunsteteater) in Yorkstraat.
Kaartjies vir hierdie uitsonderlike konsert is beskikbaar by 'The Office' langs Mini Pick n Pay in Courtenaystraat of by www.georgemusicsociety.co.za
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/187445/Brandenburg-Stryktrio-speel-in-George-op-6-Mei
|
2017-04-25 11:00:00
|
KKNK: Moenie Uitkampteater mis nie
|
Uitkampteater by KKNK 2016.
SUID-KAAP NUUS - Die KKNK se Uitkampteater is ’n platform vir nuwe kunstenaars en opwindende nuwe idees. "Dit is ook samewerking tussen Nederland en die KKNK wat al 15 jaar gelede begin het.
Dit moedig die uitruil van kreatiewe idees van albei kante af aan," so het Daniël Smit, verteenwoordiger van die Nederlandse Ambassade, by Saterdag 8 April se opening van die Uitkampteater-program in die Queen’s Hotel op Oudtshoorn gesê.
Die 23ste KKNK het Saterdag op dié Klein Karoo-dorp afgeskop en eindig volgende Saterdag (15 April).
Ná die wegholsukses van verlede jaar se eerste Uitkampteater-inisiatief, is die program vanjaar uitgebrei.
Feesgangers kan uitsien na twee innoverende produksies van Nederlandse kortkunsspesialiste, die Eden Dramafees se wenproduksie en opwindende werke van jong en gevestigde teatermakers.
"Die twee produksies wat ons uit Nederland besoek, is Diep en Wentel en dit beloof om jou wêreld om te keer," vertel Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk. Diep is nie-verbale teater met Daan Mathot en Jan-Joost Alberts, wat smokkel met jou kop. Wentel is ruimtelike teater met Sonja Volmer en Dagmar Geerlings, wat jou die wêreld uit ’n nuwe perspektief laat sien.
Die samestelling van die program sorg vir ’n verskeidenheid van genres wat ieder en elk sal vermaak. Uitkampteater kan daagliks voor die Absa Burgersentrum en by Arbeidsgenot gesien word met produksies van 10:00 tot 12:00 en van 15:00 tot 19:00 voor die Absa Burgersentrum in Baron van Reedestraat en van 09:30 tot 15:00 by Arbeidsgenot in Jan van Riebeeckweg.
Uitkampteater is met die kykNET Fiëstas se Blou Stoel bekroon en is deur die paneel beskryf as "Die mees opwindende teaterervaring van die jaar". Maak seker jy beleef vanjaar dié innoverende en unieke teaterstukke. Die Koninklike Nederlandse Ambassabe, Pretoria en Clover is die borge van dié inisiatief.
Die volledige program is beskikbaar by www.kknk.co.za . Kaartjies vir Uitkampteater-produksies kan vooraf by die tentjies of by die spesiale kaartjieverkooppunte gekoop word.
Uitkampteater bied kort produksies in klein tente aan, met ’n gehoor van sowat 25 per vertoning. Feesgangers kan op pad en tussen opvoerings by die kort stukke inloer. Dit is gegrond op die konsep van Tentjestheater in Nederland.'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/Arts--Entertainment/Entertainment/186703/KKNK-Moenie-Uitkampteater-mis-nie
|
2017-04-11 12:00:00
|
Burgemeester komkommerkoel oor George
|
ANC-raadslid Piet van der Hoven (links) maak 'n selfoonoproep na die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, om die dringendheid van die oposisiepartye se versoek om ingryping te bevestig. Foto: Michelle Pienaar.
GEORGE NUUS - George-burgemeester Melvin Naik, beskou die opposisiepartye se bekommernis oor George as "blote politiekery".
Dit volg nadat sewe van die George-raad se agt opposisiepartye hul kommer tydens 'n perskonferensie verlede Vrydag uitgespreek het.
Die partye sluit in die ANC, PBI, Sac, AIC, Icosa, ACDP en VFP. Die EFF was nie na die vergadering genooi nie, glo weens 'n vertrouensbreuk.
Die opposisiepartye wil Anton Bredell, minister van plaaslike regering, vra om hul beweringe te ondersoek. In net sewe maande sedert die nuwe raad verkies is, word verskeie DA-raadslede ondersoek en is die direkteur van siviel en tegniese dienste, Harold Basson en sy adjunk, Lindsay Mooiman, geskors. Die opposisiepartye voer aan dat hierdie verwikkelinge, sowel as duidelike tweespalt in die DA, raadsvergaderings wat net elke drie maande gehou word en 'n personeeltekort in die munisipaliteit, dienslewering belemmer.
"George is in 'n krisis," lui die boodskap wat hulle wil tuisbring.
Volgens Naik is dit 'n poging van die opposisie om verwarring te saai en die DA te diskrediteer. "Die opposisie het die reg tot hulle opinie want ons is 'n demokratiese bestel," het hy gesê. "Hulle soek 'n platform om maandeliks politiek te speel en in die raadsaal gehoor te word." Naik het bevestig dat die DA se fokus op dienslewering is.
"Daar is altyd ruimte vir verbetering... en dit is waarna die DA streef. Die stelselswet sê ons moet ten minste een keer per kwartaal 'n raadsvergadering hou en ons berus daarby."
Oor die skorsings by siviel en tegniese dienste het Naik gesê die direktoraat sal nie tot stilstand kom deur twee amptenare wat dissiplinêr aangekla is nie. "Niemand is onvervangbaar nie. Die munisipale bestuurder het reeds planne in plek om te verseker dat goeie leiding in die afdeling gegee word," het hy gesê. "Die opposisie wil graag 'n breuk in die DA sien, maar ek het nuus vir hulle, hierdie DA gaan groot veranderinge in George te weeg bring. George is in goeie hande."
Icosa-raadslid Wilbur Harris het gesê DA-lede probeer mekaar op 'n subtiele wyse uitroei. "Hulle werk teen mekaar." Hy het gesê daar is wrywing tussen DA-lede en voormalige ID-lede in die DA sowel as tussen wit en bruin.
SAC-raadslid Basil Petrus het gesê drie maandelikse raadsvergaderings maak dit moeilik om die gemeenskap se probleme aan te spreek. VF Plus-raadslid Gert van Niekerk bestempel dit as "rampbestuur".
Van Niekerk het hom ook sterk uitgespreek teen die voorgestelde gemiddelde verhoging van 11% in munisipale belasting.
Ten opsigte van die kwessies in siviel en tegnies, het PBI-raadslid Virgill Gericke gesê die raad kan nie misbruik word om 'n heksejag te voer om geteikende individue uit die sisteem te kry nie. "Dié individue sluit amptenare en politici in," het Gericke gesê. Hy is van mening dat ander direktorate groter misstappe begaan. "Geen stappe word teen behuisingsamptenare geneem nie. Mense is vir jare op die waglyste en huise word nie gebou nie."
AIC-raadslid Abel Kiwit het ook sy kommer uitgespreek oor die kwessies in die departement siviel en tegnies: "Wat is die effek wat die petalje het op dienslewering?" het hy gevra. Naik se "gebrek aan beheer oor die raad" is ook genoem.
"Daar is geen politieke leierskap nie," het ANC-raadslid Piet van der Hoven gesê. Nomawethu Jantjies, hoofsweep van die ANC, het gesê daar is geen plan om die verskillende gemeenskappe deur die dorp se ontwikkelingsplan te integreer nie. ACDP-raadslid Johan du Toit is bekommerd oor die personeeltekort in die George-munisipaliteit.
Munisipale bestuurder Trevor Botha, het benadruk dat talle wesenlike projekte aangepak is en dat dienslewering ten opsigte van behuising goed aangaan. "Ons is ook besig met die opgradering van informele woonbuurte in Thembalethu terwyl aansoeke vir middelinkomste behuising ook gedoen is. Talle waterprojekte is aangepak om te verseker dat verdere ontwikkeling in George kan plaasvind."
Oor die leemte by siviel en tegnies het hy gesê dat die kapasiteitprobleem aangespreek word. "'n Tydelike direkteur sal heel moontlik op 'n maand tot maand basis aangestel word totdat die ondersoek voltooi is," het hy gesê.
Al die direkteure by George-munisipaliteit se werkskontrakte verstryk einde Augustus en hulle poste is twee weke gelede in die Sondagkoerante adverteer. Hy het gesê die verhoging in munisipale belasting is met groot oorleg bepaal. " Dit is absoluut nodig om ons hoë standaard te handhaaf."
DA-kiesafdelingshoof Okkie Terblanche, het die punt gemaak dat George vir etlike jare agtermekaar 'n skoon oudit kry, en dat George se sakegemeenskap nie klagtes het nie. "Oënskynlik gaan dit nie baie sleg nie," het hy gesê.
"Ons het 'n nuwe bestuur gekies en groot spronge gemaak na samewerking toe. Bredell was al twee keer op George en betrokke en bewus van dinge. Ek is baie tevrede dat ons groot vordering maak vorentoe." Bredell het nie op 'n versoek vir kommentaar gereageer nie.
ANC-raadslid Piet van der Hoven (links) maak 'n selfoonoproep na die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, om die dringendheid van die oposisiepartye se versoek om ingryping te bevestig. Bredell het nie die oproep geantwoord nie, maar almal was na dié gebaar in 'n ligter luim. Voor, van links: Nomawethu Jantjies (ANC-hoofsweep) en Basil Petrus (Sac). Agter: Wilbur Harris (Icosa), Gert van Niekerk (VFP), Virgill Gericke (PBI), Johan du Toit (ACDP) en Abel Kiwit (AIC). Foto: Michelle Pienaar.
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/187654/Burgemeester-komkommerkoel-oor-George
|
2017-04-26 17:00:00
|
George se bekendste barbier sterf
|
Louis Botha, wat vir 56 jaar as manshaarkapper op sy pos was in George, is op Maandag 17 April na 'n lang siekbed oorlede. Mense het graag gebruik gemaak van sy flinke diens. Foto: Pauline Lourens
GEORGE NUUS - Louis Botha, George se langsdienende haarkapper, is op Dinsdag 17 April in die ouderdom van 73 oorlede. Botha, wat ten spyte van gesondheidsterugslae getrou tot in Maart 2015 op sy pos by sy oudtydse winkel op die hoek van Meade- en Albertstraat was, was vir 56 jaar 'n instelling in George.
Sy geliefde groen Opel Manta was bykans altyd voor sy winkel en die rooi en wit windmeul was 'n bekende landmerk in George.
Hy het tot drie geslagte se hare onder hande geneem en kliënte het van so ver as Uniondale, Heidelberg en Plettenbergbaai gery vir hul besoek aan "hul" haarkapper.
"Van sy kliënte het mense soos PW Botha, LPR Chris Heunis en die destydse burgemeester, Andrew Swart, ingesluit, wat telkens vir sy staatmakerdiens teruggekom het," vertel sy dogter Mariana Barnard. Sy het bygevoeg dat die kinders hul vader nou 'n pynlose rus gun.
Hy laat sy eggenote Elmie, twee dogters Mariana en Nelita, kleinkinders en agterkleinkinders na. Vir bedrafnisreëlings kontak Elmie by 044 873 2619.
ARTIKEL: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
|
http://www.georgeherald.com/news/News/General/187175/George-se-bekendste-barbier-sterf
|
2017-04-19 17:00:00
|
Van alles en nog wat by HuntEx
|
Die wye verskeidenheid produkte wat by HuntEx vertoon word, is sekerlik een van die groot trekpleisters en weer eens staan ons plaaslike wetenskaplikes, ontwikkelaars en vervaardigers geen tree terug vir enige ingevoerde produk nie.
Zarco
Zarco is ‘n naam wat gereeld in ProAgri gesien word, maar die maatskappy roem daarop dat hulle produk nie raakgesien word nie, wel, in elk geval nie deur wild in die veld nie. Abraham Retief sê navorsing deur die WNNR het getoon dat diere nie in die blou spektrum kleure kan onderskei nie. Mense sien blou egter baie duidelik, self die kleurblindes onder ons. Dit beteken dat jy met so ‘n blou pakkie die bok rustig kan bekruip terwyl jou maters jou duidelik kan sien. Die patroon en skakerings is ook so ontwerp dat dit geen soliede plat vlak bied wat onnatuurlik lyk in die veld nie. Bestel jou kamoefleertoerusting voor jy gaan jag aanlyn by www.safetycamo.com of skakel 012-430-4341.
Republic Arms
Nog n plaaslike ontwikkeling wat by HuntEx bekendgestel is, is dié 9 mm pistool, die REP500, wat deur Jeff Smale van Republic Arms aan besoekers gewys is. Republic Arms is al van 1968 af in die vuurwapenbedryf in SA betrokke en hulle eerste pistool is deur die destydse Spoorwegpolisie gebruik. Die nuwe pistool is ‘n moderne ligter “polimer” weergawe van die oorspronklike.
Cupido
Boogbou is ‘n kuns en dit kan weke neem om een boog op die tradisionele manier te vervaardig. Pierre de Wet van Cupido Boë is die enigste boogbouer wat die Oosterse styl van boogbou navolg. Die boog het ‘n dubbelkurwe in wat jou meer hefboomkrag gee en die pyl het dus meer spoed.
Koel Koeël
As jy klaar jou bokkies geskied het wil jy graag die vleis veilig en vars by die huis kry. Whitey Pieters van Koel Koeël Trailers sê hulle het verkoelwaentjies in ‘n verskeidenheid groottes en kan ook aan spesiale versoeke voldoen.
Garmin
Garmin bly die bekende naam wat jou help om altyd op koers te bly, maar anders as die “GPS-tannie in die selfoon” is Garmin nie beperk tot uitgemerkte paaie nie. Werner Otto sê boere kan baie baat vind by die GPS-stelsel om kaarte op te trek, lande af te meet, roetes op die plaas te bepaal en aan te dui en selfs topografiese kaarte waarop kontoere aangedui word, te skep.
Go UAV
Dit is altyd pret om jou plaas van bo af te bekyk, maar vir al hoe meer boere raak ‘n hommeltuig met sy kamera ‘n noodsaaklike hulpmiddel. Die mense van GO UAV het spesiale boerderypakkette wat jou ook help om die regte besluite te neem met betrekking tot presisieboerdery en om jou lande dop te hou vir enige teken van plantprobleme. En dan kan jy sommer ook die heining bekyk om seker te maak geen draad is geknip of diere het deurgebreek nie, terwyl jy veilig op die stoep staan of in die bakkie sit.
Uthuli
‘n Boer bring baie ure in sy bakkie deur en sy klere is nie altyd ewe skoon nie, maar daar is geen rede waarom jou bakkie se sitplek ghries- of moddervlekke op moet hê nie. Uthuli maak sitplekoortreksels vir enige ryding en jy kan kies hoe dit moet lyk, en of dit van ligte sweetbeskermende katoen of waterdigte seil gemaak moet word. Kontak Chantelle Loubscher of Chreswald Braun om jou oortreksels te bestel by 011-795-1541 of besoek www.uthuli.co.za.
|
http://www.proagri.co.za/van-alles-en-nog-wat-huntex/
|
2017-05-05 12:33:59
|
Lichtenburg se 100ste skou het goed afgeloop
|
Uitstallers by die Lichtenburgskou, wat verlede week gehou is, is aangenaam verras met die ondersteuning van die besoekers wat ondank die betogings in die naburige Coligny opgedaag het om die eeufeesviering van die skou te geniet.
Die hoogtepunt was die Simmentaler Nasionale Skou en veiling en daar is goed sake gedoen! ProAgri het met ‘n paar uitstallers in die landboubedryf gesels.
Stafix
Volgens Lucas Scheepers, gebiedsbestuurder in die Noordwes van Stafix, het hulle net landbouprodukte by die skou uitgestal, onder andere heinings vir drukbeweiding van skape en beeste. Stafix het ook baie sekuriteitstoestelle vir boere wat so onder plaasaanvalle deurloop. Roboguard Wireless Beams is perfek vir boere, want sodra mense in die boer se erf rondbeweeg wat nie daar moet wees nie, gaan die alarm af. Die Roboguard kan rondgeskuif word, dek ‘n hele gebied van 20 meter af weg en is so gestel dat die minimum vals alarms afgaan. Dit werk met batterye wat 3 tot 5 jaar hou en het ‘n 1-jaar waarborg. Stafix het ook kameras wat veral op wildsplase gebruik word om te kyk wat byvoorbeeld by die watergat aangaan.
ARWALD
Waldo en Armand van Staden (op foto) is broers wat die organisasie ARWALD op die been gebring het. Hulle het nuwe mobiele laaibanke by die skou gehad saam met hulle nuutste beperkte uitgawe sleepwaens. Die slaapwaens, naamlik die Long Horn Edition, is vir die eerste keer op ‘n skou uitgestal. Dit is ‘n beeswa wat baie ekstras op het en die kleur is verander. Hulle is beskikbaar is drien lengtes, 3,6 m, 4 m en 5 m. Van elkeen is slegs ses waens gebou.
JoJo Tanks
Mike Theunissen van JoJo Tanks was by die Lichtenburgskou en het hulle produkte bekendgestel. Die fokus was op hulle verskeidenheid tenks, uilhokke en haysavers. Die tenks is baie gewild en bekend onder boere en veral met die droogte het almal geleer dat jy nooit genoeg water kan berg nie.
Valtrac
Tom Snyman van Valtrac sê die T193 en T173 is hulle topverkopers. Die wye reeks Finse Valtra-trekkers word al hoe meer gewild op plase en boere kan nie uitgepraat raak oor Valtrac se legendariese dienslewering nie.
Benetrax Machinery
Volgens Jaco Burger van Benetrax is die masjinerie perfek vir boere, kontrakteurs en myne. Hulle fokus op grondverskuiwing en laaigrawe. Die laaigrawe is veral hulle topverkoper. Hulle het ‘n paar reekse: Die geelmasjiene, swaardiens en agri-reeks vir boere.
Bonnox
Bonnox het hulle draadheinings uitgestal wat perfek is vir die boere. Hulle het 68 verskillende soorte draadheinings vir bees-, skaap- en wildsboere. “Elke boer benodig verskillende tipe draad,” sê Zane van den Berg van Bonnox. Die heining is volversink en gee ‘n leeftyd van 20 jaar en meer.
Yara
Volgens Jeffrey Ncube is Yara verskaffers van voeding vir herkouers. Hulle gewildste produk is Kimtrafos P12 vir skape, beeste en perde. Kimtrafos is ‘n fosfaat spoormineraal-konsentraat en -aanvulling. Dit word as lek gebruik en moet saam met natuurlike groen weidings of met hoë kwaliteit hooi gegee word. Vir perde moet dit saam met sout gemeng word.
Bauernof
Bauernof is onthoringspasta wat boere gebruik op kalwers tot en met drie weke oud en dit voorkom horinggroei. Hierdie maklike pasta maak dat boere nie die horings hoef te brand nie. Dit is baie gewild en veilig en kos slegs R30 per bottel. Binne-in die pasta is ‘n antiseptiese middel en bindingsmiddel. Die boer hoef ook nie die kalf van die koei af weg te hou nie en dit het nie ‘n invloed op die koei se uier nie. ‘n Makliker manier as hierdie kry jy nie.
|
http://www.proagri.co.za/lichtenburg-se-100ste-skou-het-goed-afgeloop/
|
2017-05-04 14:05:23
|
TLU SA: Bewys gronddiefstal en kry R100 000
|
TLU SA se Uitvoerende Komitee het besluit dat hy behoorlik moeg is vir beskuldigings dat boere die land se grond gesteel het en dat dit die rede is waarom al meer stemme opgaan vir die onteiening van grond sonder vergoeding.
Mnr. Louis Meintjes, President van TLU SA, sê dat daar vir eens en vir altyd duidelikheid oor die saak gekry moet word. “Daar word alewig allerhande vae beskuldigings gemaak in die verband, maar nog niemand kon met enige konkrete bewyse van gronddiefstal vorendag kom nie.
“Daarom het TLU SA besluit om ‘n beloning van R100 000 aan te bied aan enigiemand wat bo redelike twyfel kan bewys dat enige kommersiële boer of lid van TLU SA sy grond wederregtelik bekom het, wat diefstal sou kon uitmaak,” sê mnr. Meintjes.
Mnr. Meintjes het bygevoeg dat eiendomsreg stabiliteit verskaf en die basis is vir ekonomiese groei. “Sonder gesonde eiendomsreg sal alle ander regte ook bloot verval. Tog word ons eiendomsreg met ’n leuen van ‘diefstal’ ernstig bedreig, terwyl daar geen bewyse bestaan dat enige grond ‘gesteel’ is nie. Almal wat glo in ekonomiese groei, werkskepping en armoede verligting, moet daadwerklik nou saamstaan en die ernstige bedreiging van populêre leuens weerstaan. Moet nie toelaat dat die leuen aanhou om die rigting te bepaal nie.”
Vir navrae kontak TLU SA by 012-804-8031.
Bron: TLU SA
|
http://www.proagri.co.za/tlu-sa-bewys-gronddiefstal-en-kry-r100-000/
|
2017-05-09 15:42:54
|
Landbou se toekoms ontvou by NAMPO 2017
|
Ná verlede jaar se NAMPO Oesdag halfeeu-vieringe het Graan SA skouer aan die wiel gesit om uitbreidings en vernuwings aan die terrein en die program gereed te hê vir die 51ste Oesdag, wat van 16 tot 19 Mei 2017 buite Bothaville aangebied word.
“Graan SA wil verseker dat NAMPO die landbousektor se beste platform en markplek vir innovasie, tegnologie, inligtinguitruiling en gesprekvoering is. Die uitbreidings en vernuwings, ons 2017-tema, ‘Ontvou die toekoms’ en ʼn splinternuwe NAMPO-logo bevestig dat die organisasie positief is oor die rol van die Oesdag in die toekoms van landbou,” het Toit Wessels, assistent-bestuurder: NAMPO en Bemarking van Graan SA, aan die vooraand van NAMPO 2017 gesê.
Nuwe buite-uitstalruimtes aan die oostekant van die terrein – in die omgewing van die saadplotte – asook by die hoofingang naby die Gedenkmuur bring die totale getal uitstallers op meer as 700 te staan. “In samewerking met insetverskaffers, vervaardigers en verspreiders wat uitstal, bied die Oesdagkomitee die nuutste en mees gevorderde landboutegnologie op een terrein aan. Die fokus van die nuwe, uitgebreide terrein naby die saadplotte, is veral op bewaringslandboutoerusting en tegnologie,” het Cobus van Coller, Oesdagvoorsitter, bygevoeg.
Internasionale belangstelling in die Oesdag neem jaarliks toe. ʼn Kanadese en ʼn Britse pawiljoen asook uitstallers uit Rusland en Brasilië is nuwelinge vanjaar. Uitstallers uit Portugal, Israel, Argentinië, Italië, Frankryk, Pole, die VSA en Indië kan weer eens tydens die Oesdag besoek word.
4×4-entoesiaste kan hulle tande slyp vir ʼn opgegradeerde weergawe van die hindernisbaan wat daagliks deur die voorste vervaardigers se produkte aangedurf gaan word. Nog ʼn nuwe toevoeging is ʼn demonstrasiebaan vir motorfietse, vierwiel-motorfietse en side-by-side’s. Dié kleinboet van die 4×4-program is in die nuwe deel van die terrein oorkant die saadplotte geleë.
Die vee-afdeling spog met tien skaaprasse, vier bokrasse en 28 beesrasse wat ten toon gestel word. Die Saalperdgenootskap en Arabierperd Telersgenootskap neem deel en die Fries- en miniatuurperde sal besigtig kan word. ʼn Internasionale afslaerskompetisie sal vir die eerste keer tydens NAMPO 2017 in die veilingskompleks aangebied word. ʼn Jeugskou vind daagliks in die bees-/perde-arena plaas waartydens die jongspan hulle vernuf toon deur te werk met miniatuurperde, Limousin en Brahman-beeste.
Graan SA en Omnia se Boerepatentekompetisie – ʼn gewilde uitstalling by die Oesdag – kan gerus besoek word. Kom kyk na skeppende planne wat boere in die onderskeie kategorieë geprakseer het om die lewe op die plaas te vergemaklik.
Na ʼn afwesigheid van twee jaar, is die Vroueprogram gedurende die oggende terug met ʼn splinternuwe ligging en ʼn inspirerende program in die groot wit GL-Events tent langs die Polkadot teetuin. Die dames kan ook uitsien na ʼn paar nuwe en selfs meer uitstallings.
Volgens Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder, Graan SA, is NAMPO die plek waar die boerdery-familie mekaar beter leer ken en waar nuwe vennootskappe en vriendskappe gesmee word. “Dit is ook ʼn geleentheid vir Graan SA om waardering teenoor ons lede vir hulle volgehoue ondersteuning te betoon. Ons wil hulle graag tydens die Oesdag bederf en voorkeurbehandeling gee. Opbetaalde lede kry gratis toegangskaartjies en toegang tot ʼn eksklusiewe parkeerarea en die ledelokaal,” het hy gesê.
Die ledelokaal gaan vanjaar onthul word as die Graan SA en NAMPO Belewenissentrum. Met ʼn nuwe ingang aan die kant van die Fanie Ferreira-saal, kan elke besoeker Graan SA se fokusareas besigtig en selfs ʼn fliekteater geniet waar visuele voorstellings van die organisasie se aktiwiteite vertoon word. NAMPO-handelsmerkklere- en promosie-items sal te koop aangebied word en oudergewoonte sal uitspanplek en verversings deur die dag beskikbaar wees. Die landbou-ekonome en ander spesialiste van die Graan SA-span sal deurentyd met raad en daad beskikbaar wees.
Toegangskaartjies is aanlyn beskikbaar by www.ticketpros.co.za teen R85 elk (vir Dinsdag en Vrydag) en R95 elk (vir Woensdag en Donderdag). Kaartjies is ook by die hekke beskikbaar teen R15 duurder as die aanlynpryse. Die hekke open om 07:00 soggens en sluit weer om 17:00. Skakel gerus in op Graan SA Radio op 99.2FM as jy naby kom vir verkeersverslae en aktuele Oesdaginligting.
NAMPO Park kan ook per vliegtuig bereik word en die aanloopbaan en ladingstrook word beman deur lug verkeerleiers en lugowerhede. Lugverkeerbeheer sal operasioneel wees van 7:00-17:00, met die roepsein “NAMPO Tower”. Vervoer sal vanaf die aanloopbaan na die hek aan besoekers beskikbaar gestel word en een van die NAMPO uitstallers sal byderhand wees om enige instandhouding aan vliegtuie te doen indien nodig.
Troeteldiere, fietse, selfaangedrewe karretjies of motorfietse word nie op die terrein toegelaat nie. Besoekers kan gratis gebruik maak van vervoerwaentjies wat deurentyd in drie verskillende roetes op die terrein beweeg.
Vir meer inligting, besoek die webblad by www.nampo.co.za of www.grainsa.co.za. ʼn NAMPO-toep (app) is gratis by jou voorkeur aanlynwinkel beskikbaar.
Uitgereik deur: Graan SA Kommunikasie
|
http://www.proagri.co.za/landbou-se-toekoms-ontvou-nampo-2017/
|
2017-05-03 11:07:35
|
Nog hoogtepunte van HuntEx
|
HuntEx gaan oor jag en wapens, maar een van die groot struikelblokke in die weg van geesdriftiges is al die burokratiese en wetlike rompslomp met betrekking tot vuurwapenlisensies, asook die finansiering en versekering van aankope.
Verskeie diensorganisasies wat hiermee kan help, was ook by die skou.
Legally Armed
Het jy geweet jy kan ‘n bykomende lisensie op jou huweliksmaat se vuurwapen bekom, sodat julle altwee die wapen wettig kan benut? Die span van Legally Armed het baie nuttige inligting soos hierdie op die punte van hulle vingers, sê Bernu van den Heever (tweede van links). Legally Armed kan vanuit hulle hoofkantoor in Bloemfontein of enige van hulle 23 takke help met enige iets rakende die regsapsekte van vuurwapens, sekuriteitsaansoeke, in- en uitvoer van wapens en ondersteuning aan handelaars. Besoek hulle webwerf by www.legallyarmed.co.za.
RifleSure
Jag en enige ander vorm van boerdery is nie goedkoop nie en hou verseker risiko’s in, maar dit is ook waarom daar gespesialiseerde versekering beskikbaar is vir boere en jagters. Frik Nel van RifleSure (Brilliant Broker Holding) sê hulle hanteer enige vorm van landbouversekering, ook oesversekering, en hulle het landwyd kliënte. Meer inligting is beskikbaar by www.riflesure.co.za.
Wildman Hunting & Outdoor
Wildman Hunting & Outdoor was een van die treffende uitstallings by HuntEx wat besoekers sommer by die hoofingang begroet het. Daar is 15 winkels in die groep en hulle fokus veral op jag en gewere. Hulle het ook skietbane en doen skietopleiding asook taktiese- en sportskiet.
Peerfin
By Wildman is daar vele toebehore en toerusting wat enige jagter kan begeer en gelukkig hoef dit nie by begeer te bly nie. Met die finansieringsbeen, Peerfin, kan jy finansiering bekom vir enige aankoop van meer as R10 000. Jy kan kies of jy oor drie, ses of twaalf maande wil terugbetaal en gewoonlik gee dit jou ook kans om jou wapenlisensie vir jou spesifieke aankoop te bekom terwyl die wapen veilig in Wildman se kluis bly. Peerfin gee ook aan beleggers die geleentheid om geld voor te skiet vir ander wat finansiering nodig het waarop ‘n stewige opbrengs van 14% verdien kan word. Dit is ‘n veilige belegging, want die bate bly in Wildman se besit tot dit afbetaal is. Peerfin is ‘n geregistreerde finansieringsmaatskappy, sê Amanda Aldum. Besoek gerus www.peerfin.co.za.
|
http://www.proagri.co.za/nog-hoogtepunte-van-huntex/
|
2017-05-04 18:23:06
|
Dom Boer se lag vir die dag:
|
Wees nou eerlik…
Die enigste pa wat dit regtig bedoel as hy vir sy seun na ‘n plathandpakslae sê “Dit maak my seerder as vir jou” is Pappa Ystervark.
|
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-352/
|
2017-05-02 17:49:12
|
Dom Boer se lag vir die dag:
|
Die wysheid kom met ervaring
Mevrou Fiemies kom by die verfwinkel aan met ‘n eienaardige groengeel plankie. “Ek wil hê julle moet vir my verf van presies hierdie kleur meng om my voorhuis mee te verf,” sê sy.
Die stomme winkelassistent spring aan die werk. ‘n Volle week lank meng hy die een mengsel na die ander, maar mevrou Fiemies is nie tevrede te stel nie. Dan is dit te lig, dan te donker, dan te groen en dan te geel.
Uiteindelik gaan huil die assistent op sy baas, Oukalant, se skouer.
Baas Oukalant: “Toe maar. Los maar mevrou Fiemies se plankie en jou blik gemengde verf net hier. Ek sal die probleem vir jou oplos en môre sal sy tevrede wees.”
Die volgende dag is mevrou Fiemies in haar noppies. Die verf pas perfek by haar voorbeeld.
Eenkant vra Stomme Winkelassistent vir Baas Oukalant hoe hy dit reggekry het om die verf so perfek te meng.
Baas Oukalant: “Die wysheid van baie jare se ervaring. Ek het glad nie die verf gemeng nie. Al wat ek gedoen het, was om mevrou Fiemies se plankie met die verf wat jy gemeng het te verf.”
|
http://www.proagri.co.za/dom-boer-se-lag-vir-die-dag-355/
|
2017-05-05 09:04:52
|
Meer stropers word vanjaar verkoop
|
Stroperverkope van 30 eenhede in April is ongeveer 43% hoër as die 21 eenhede wat verlede April verkoop is. Stroperverkope vir die jaar tot dusver is byna 19% hoër vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.
Trekkerverkope van 398 eenhede in April is net twee eenhede minder as die 400 eenhede wat verlede April verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou net ongeveer 4% laer as verkope verlede jaar.
Oor die algemeen lyk oesvooruitsigte baie goed. Die geraamde mielie-oes van 14,5 miljoen ton is marginaal minder as die rekord-oes van 14,7 miljoen ton in 1981, die hoogste oes wat ooit behaal is. Die mielie-opbrengs van 5,53 ton per hektaar wat geraam word vir die seisoen, is die hoogste opbrengs ooit. Die sojaboon-oes van 1,23 miljoen ton is die hoogste oes wat ooit geproduseer is. Dié uitstekende oesvooruitsigte het egter ᾿n negatiewe uitwerking op gewaspryse. Boere is op dié stadium van die seisoen versigtig optimisties en wag om te sien wat hulle oes presies gaan oplewer.
Volgens verwagtinge vir 2017 sal algehele trekkerverkope minstens so goed wees as verkope in 2016.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
|
http://www.proagri.co.za/meer-stropers-word-vanjaar-verkoop/
|
2017-05-08 10:33:28
|
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.